Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Wanneer word skolesport ʼn belegging in kinders, en wanneer word kinders ʼn belegging in skolesport? Maroela Media

Vir baie mense kom ʼn ADHD-diagnose eers in volwassenheid, nadat jare se uitstel, wanorganisasie en oorweldiging begin opstapel. ʼn Kenner sê die simptome was dikwels reeds in die kinderjare daar, maar is eenvoudig nie raakgesien of begryp nie. Maroela Media

Is Afrikaanse skole besig om kinders vir môre se werkswêreld voor te berei, of werk ons steeds volgens ʼn model wat vir gister ontwerp is? Maroela Media

“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons vandag is.” Maroela Media

Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het. Maroela Media

Om kinders groot te maak is nie net ʼn werk vir die skool of ʼn werk vir ouers nie. “Dit is regtig ʼn vennootskap,” sê die onderwysnavorser Johnell Prinsloo in Maroela Media se ateljee. Maroela Media

“Bakkies speel ʼn groot rol in die Suid-Afrikaanse kultuur, veral omdat mense se voertuie ʼn deel van hul identiteit uitmaak.” Maroela Media

“Ons is dankbaar vir die vryheid wat ons platemaatskappy ons gee om met ons musiek te eksperimenteer.” Maroela Media

“Ek het baie mense aangemoedig om vir vanjaar se kompetisie in te skryf, juis omdat die ervaring vir my so waardevol was.” Maroela Media

Jou kind kan dalk al tot 100 tel, maar is hy of sy emosioneel gereed vir die eerste jaar van ʼn skoolloopbaan? Maroela Media

“Elke keer wat ons vir die Here sing, elke keer wat ons ons fokus rig na die troon, sit ons ʼn hemelse kultuur hier op aarde. En soveel te meer in ons eie taal.” Maroela Media

“Dis ʼn goeie idee om, voordat julle aftree, behoorlik te gesels oor wat elkeen se verwagtings oor aftrede is, want daar is ʼn groot kans dat die idees nie met mekaar strook nie. Deur dit te bespreek, kan albei se behoeftes in ag geneem word en verseker word dat die paartjie konstruktief besig bly.” Maroela Media

Om die regte skool vir ʼn kind op die outismespektrum te kry, kan ʼn reuse-uitdaging wees as ʼn ouer nie weet waar om te begin nie, sê prof. Suzanne Bester. Maroela Media

Christia Visser het haar jongste digbundel, “Vir weer”, geskryf terwyl sy deur ʼn egskeiding gegaan het. Sy probeer sin maak van verlies, verandering en van voor af begin, en met die digitale bundel deel sy haar “rouste vorm” met luisteraars. Maroela Media

Die besluit dat een ouer tuisbly om kinders groot te maak, klink vir baie gesinne na die ideale oplossing. Huweliksberader Louise Ehlers waarsku egter dat dié reëling dikwels onbedoelde druk op ʼn huwelik kan plaas. Maroela Media

Skoolgeld bly vir baie Afrikaanse skole die verskil tussen oorlewing en agteruitgang. Tog verstaan ouers nie altyd hoe afhanklik openbare skole van dié inkomste geword het nie. Dít is die fokus van die jongste episode van die #SkoolSlim-podsending waarin dr. Leandie Bräsler van die Skoleondersteuningsentrum met Carl van Rooyen, prokureur en beheerliggaamvoorsitter, gesels oor skoolgeld, kwytskelding en ouerverantwoordelikheid. Maroela Media

Afrikaanse skole staan onder toenemende finansiële en regulatoriese druk, terwyl staatssteun afneem en administratiewe vereistes toeneem. In dié episode van "SkoolSlim" gesels dr. Leandie Bräsler met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum, oor waarom langtermyn finansiële beplanning noodsaaklik geword het vir skole wat volhoubaar wil bly. Maroela Media

“By ‘Bemagtig ʼn kind' bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.” Maroela Media

“Die moeilikste deel van die proses is om te vergewe en weer vertroue op te bou. Absolute eerlikheid van albei se kant af is ook nodig vir die herstelproses.” Maroela Media

Agter elke matriekpunt skuil ʼn storie van harde werk. Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die erkenning vir die land se top- Afrikaanse matrikulante en uitvind wat hul sukses vir skole en gemeenskappe beteken Maroela Media

“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee. Maroela Media

Alle huwelikspare loop die gevaar om mettertyd uitmekaar te dryf, maar volgens ʼn huweliksberader kan dit oorkom word, mits iets ergers nie plaasgevind het nie. Maroela Media

“Ek wil deur die liedjie die hoop bring dat mense in ʼn soortgelyke situasie iemand sal vind wat daardie seer deur liefhê sal laat verdwyn. Ek het nie weer iemand gekry nie, maar ek het dit in God gevind.” Maroela Media

Maroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak. Maroela Media

“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik en ouerskap stap, is in Mei terug in Suid-Afrika met nuwe boeke en ʼn vars boodskap van hoop vir elke gesin. Maroela Media

“Ek dink ek is dit aan die mense verskuldig om myself so elke nou en dan ongemaklik te maak. Dit maak ʼn mens beter.” Maroela Media

“Ek hou van die liedjie, want dit klink anders as wat ek nou skryf. Ek weet nie eers of ek nog só skryf nie. Dit is ʼn hele ander styl.” Maroela Media

Kom luister hier hoe Margolé Riekert, hoof van Solidariteit Helpende Hand se projekte, die hart agter HelpJag verduidelik. Maroela Media

Waar hy verlede jaar kykers laat bloos het as ʼn sagmoedige spiertier in “Khaki Fever”, hoop die akteur Abel Knobel om nou met sy nuwe rol harte te raak en moontlik groter bewustheid oor AGHS onder volwassenes te skep. Maroela Media

Haar man is geskiet, haar vriende het haar heeltemal verstoot en sy moes met ʼn baba uit Afghanistan vlug. Tog sê Zakie* sy het in haar donkerste oomblikke “die God gevind wat my raaksien”. Haar verhaal werp lig op die werklikheid van miljoene Christen-vroue wat wêreldwyd vir hul geloof vervolg word. Maroela Media

“Riku het ʼn baie spesiale plek in my hart, en dit was vir my belangrik om hom deur die liedjie te vereer.” Maroela Media

“Ek hoop dat ek deur die liedjie mense sal kan bewus maak van die seer wat hulle ervaar, en dat dit dalk tot die besluit sal lei dat hulle met iemand sal gaan praat en genesing soek.” Maroela Media

“Ons wou ʼn gemaklike, glansryke platform skep waar vroue van verskillende ouderdomsgroepe bymekaar kan kom, ʼn heerlike tyd kan hê en terselfdertyd ʼn verskil kan maak.” Maroela Media

“Ek wou nog altyd ʼn musiekvideo in ʼn teater skiet.” Maroela Media

Sy het al bykans duisend Transvaalse meubelstukke opgespoor, maar glo daar is nog juwele wat ontdek moet word. Maroela Media

“Met ʼn terugblik op die vriendskap het ek egter besef dat sy eintlik baie selfbewus was, en dit het vir my voorgekom asof sy baie omgegee het vir haar beeld en met wie sy vriende was.” Maroela Media

“Ek het dit aanvanklik as ʼn liefdesbrief aan my dogter geskryf.” Maroela Media

“Ons land is in ʼn situasie waar boere oorsee moet gaan werk om te oorleef, terwyl dit dalk nooit die plan was nie.” Maroela Media

“Alles vir ʼn oomblik” is nie jou deursnee-liefdesliedjie nie, aangesien dit ʼn mengsel van angstigheid en positiwiteit oor die liefde bevat. Maroela Media

“Ek weet nie of kinders nog baie oor die Groot Trek op skool leer nie, so kom ons sing daaroor.” Maroela Media

“Daar is te min nuwe Afrikaanse stories vir kinders. Ek het ʼn lekker klomp stories wat nooit gaan opraak nie.” Maroela Media

“Ons almal wil iets goeds doen, almal wil ʼn verskil maak. Daar is drie goed wat jy kan gee: iets, jou tyd of geld.” Maroela Media

“Wat my hierdie keer veral opgewonde maak, is dat die tweede seisoen meer ligte oomblikke, maar ook genoeg donker oomblikke bevat.” Maroela Media

Deon gesels met Mizanne van Wyk in Maroela Media se ateljee oor sy nuwe album, die duur lesse wat hy in sy loopbaan geleer het en waaruit hy sy inspirasie put. Maroela Media

“‘Bosveldnooi' het ʼn Appel- Afrikaanse musiekgevoel. Dit is ʼn kommersiële Afrikaanse liedjie met ʼn kinkel. Daar is eintlik net een manier om dit te beskryf, en dit is HKJK.” Maroela Media

Die duo verwys na hul aande van musiekmaak op die plot as “stam-aande”, en dis hoeka by een van hierdie sessies wat Johan, Zander en Die Heuwels Fantasties saam aan “Middel van die nag” geskryf het. Maroela Media

“Die plan en droom van die begin af, was om die storie verder te vertel. Ons het al in die skryfproses vir die eerste seisoen storielyne vir ʼn tweede reeks gehad en dit het sommer vinnig ʼn lewe van sy eie gekry.” Maroela Media