POPULARITY
Send us a textJeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Stres, of die behoefte om daarvan ontslae te raak, is die nommer een behoefte in die samelewing vandag. Wat vertel dit ons oor die manier waarop ons ons lewens leef?Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek sal dit weer sê, want ek weet dat dit absoluut waar is. Terwyl druk onvermydelik is, is stres opsioneel.Druk kom van alle kante na ons toe - dis die lewe. Hoe ons daarop reageer is egter ons keuse. Die stresreaksie is maar een van die opsies, hoewel dit ongelukkig vir baie mense die enigste logiese opsie is.Ek verstaan dit heeltemal. Ek was ook in daardie posisie. Maar deesdae, wanneer ek vind dat ek instinktief die eerste paar treë op die ‘strespad' neem, is daar iets wat my keer om dit toe te laat om my lam te lê; iets wat veroorsaak dat ek omdraai en in die teenoorgestelde rigting gaan. Hier is dit:Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.God het my nog nooit, nie een keer al, teleurgestel nie. Hy het my deur moeilike situasies bygestaan. Hy het my elke keer deur die situasie aan die anderkant uitgebring op ‘n manier wat vir my baie beter en baie meer geseënd was; ‘n oplossing waaraan ek nooit eers kon dink nie. Dit maak nie saak hoe moeilik die probleem was; hoe desperaat ek was en hoe ondraaglik daardie tye was nie, op een of ander manier het Hy altyd daarin geslaag om vrug in my lewe te kweek.Die kragtigste teenmiddel vir stres wat aan die mensdom bekend is, is die betroubaarheid van God.Dié mens wat op die Here vertrou, sal geseën word.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textGenesis 2:1-3 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het. Van al die dinge wat ons in die lewe ervaar; die goeie, die slegte, die lelike, almal van hulle... is daar een wat sonder ‘n sweempie van twyfel, die aangenaamste, een van die wonderlikste dinge ter wêreld is ... rus. Daar is niks so behaaglik as om jou kop saans na 'n lang, uitputtende dag op daardie sagte kussing neer te sit nie.Trouens, as jy daaraan dink, is rus absoluut noodsaaklik vir ons oorlewing. Jy kan nie aanhou funksioneer daarsonder nie. Jou liggaam sal uiteindelik aan die slaap raak, dit maak nie saak hoe hard jy probeer om wakker te bly nie. Trouens, lang tye sonder slaap sal jou uiteindelik doodmaak.Maar rus gaan nie net oor slaap nie. Ons moet ons emosies, ons verstand en ons liggame op talle maniere laat uitrus. Een of twee rusdae per week, weg van die werk af, 'n aangename wandeling in die bos, 'n vakansie nou en dan. Ons weet almal hoe belangrik daardie dinge is.En hoekom sê ons rus is belangrik? Dit was immers van die begin af God se plan.Genesis 2:1-3 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.Miskien dink jy ek het hierdie hele rus-ding oor die laaste paar weke te veel beklemtoon. Maar ons weet almal dat ons in 'n wêreld wat aan uitbranding ly, leef. 'n Wêreld waarin mense emosioneel, geestelik en fisies siek is; ‘n wêreld waarin huwelike uitmekaar val; ‘n wêreld waar kinders sonder liefde grootword; lewens gaan tot niet, bloot omdat mense die kuns van rus verleer het.God het die Sabbat geseën, Hy het dit afgesonder vir rus. Sy rus. Jou rus.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textSpreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek gaan dit vandag weer sê, want dit is so ongelooflik belangrik. In hierdie lewe is druk onvermydelik. Stres aan die ander kant, is heeltemal opsioneel. Een van die grootste vorms van druk wat ons kan ondervind, is finansiële druk. Is jy gestres oor jou finansies?Jy kan deesdae skaars 'n koerant optel of na 'n nuusbulletin luister sonder om gekonfronteer te word deur finansiële druk waaronder so baie mense verkeer. Ja, hulle praat van inflasie, stygende rentekoerse en baie moeilike besluite wat geneem moet word. Mense voel desperaat wanneer dinge begin knyp.Daar was ook tye in my lewe wat ek eerlikwaar nie genoeg geld gehad het om kos vir volgende week te koop nie. Dit is 'n verskriklike gevoel. En namate sulke finansiële druk toeneem, namate jy dit aan jou lyf begin voel, hoe hoër styg jou stresvlakke. So, wat doen jy wanneer jy breekpunt bereik?Luister na die raad wat koning Salomo, aan sy seuns gegee het:Spreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.In 'n tyd toe dit broekskeur gegaan het met my finansies, was my eerste prioriteit om vir God se werk te gee, voordat ek enige ander uitgawes aangegaan het. Ek het nie veel gehad om te gee nie, maar ek het gegee.Nee, my vriend, my finansies het nie oornag magies verbeter nie. Die druk was steeds daar. Maar die stres het begin verdamp, want soos ek gesien het hoe God dag vir dag vir my voorsien, het my vertroue in Hom begin groei.Druk is onvermydelik. Stres is opsioneel.Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB) Ons leef sonder twyfel in 'n wrede wêreld. Ons sou graag byvoorbeeld wil glo dat slawerny lank gelede uitgeroei is. Maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum was daar in 2021 meer as 50 miljoen mense wêreldwyd wat in toestande van moderne slawerny geleef het. 50 Miljoen, kan jy dit glo!Die konsep van slawerny is onaanvaarbaar en tog het dit deur die geskiedenis algemeen voorgekom. Kyk wat sê hierdie Bybelvers:1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB)Dit klink snaaks, nè? Ek bedoel hoekom sal ‘n God van liefde nie aan die werkers se swaarkry dink, in plaas daarvan om vir hulle te sê om selfs slegte werkgewers te gehoorsaam nie? As God inderdaad God is, wat probeer Hy hier sê?Wel, in die eerste-eeuse Grieks-Romeinse wêreld was slawerny algemeen en baie vroeë Christene was in werklikheid slawe. Dit was dus ‘n sosiale realiteit van die tyd. Die Christene se doel was nie daarop gemik om slawerny af te skaf nie, maar hulle het eerder probeer om die lewens van gelowiges binne daardie bestaande sosiale strukture te transformeer.Miskien word jy op die oomblik onregverdig behandel. Miskien is dit nie in jou vermoë om jou omstandighede te verander nie. God se oproep hier, aan jou en my, is om in elk geval 'n goeie lewe te lei; om voorbeeldige gedrag te toon - dit maak nie saak wat jou situasie mag inhou nie.Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Wat is waar van ons land? Wat is ʼn perspektief? Miskien kan ons daaroor besin.
Miskien is jou lewe deurmekaar, maar die lied sê: “Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Here.”
Send us a textFilippense 4:11-12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV) Goed, vandag is die dag wat ek ‘n moeilike en teer sakie gaan aanraak... Hoe spandeer jy jou geld? Belangriker nog, watter kriteria pas jy toe om óf die goedkoper; óf die duurder item te kies; óf hoe word jy beïnvloed deur daardie onnodige item wat vir jou skree … “koop my!”As jou finansies iewers tussen boomskraap en krities is, is die antwoord redelik eenvoudig – jy koop net wat jy moet. Maar selfs dan is die versoeking nog steeds baie groot om geld onoordeelkundig uit te gee en nie genoeg oor te hou vir die noodsaaklikhede nie.Te oordeel aan die snuisterye en gemors wat in enige digitale of fisiese winkelsentrum beskikbaar is, is die probleem dat baie van diegene wat 'n bietjie beter daaraan toe is, dat hulle geen diskresie aan die dag lê nie. Hulle ... koop en versamel en huur dan stoorfasiliteite vir hul oortollige rommel.Miskien is dit tyd om jou besteding te heroorweeg. Die apostel Paulus, wat in 'n Romeinse kerker op sy doodsvonnis gesit en wag het, het dit geskryf:Filippense 4:11,12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV)Sien jy, Paulus se tevredenheid was nie deur sy besittings bepaal nie, maar deur God self!Waarop spandeer jy jou geld? Hoekom spandeer jy dit? Het jy regtig daardie 'ding' nodig? Regtig? Wat dit ook al is, hoeveel dit ook al kos, dit sal jou nooit die tevredenheid en die vervulling waarna jy soek, bring nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text1 Petrus 4:10-11 Derdens: God het aan elkeen van julle 'n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen. (NLV) Dit is nie maklik om altyd die regte ding te doen nie. Om teen die stroom te swem, is harde werk. Jy wil net opgee, in 'n klein balletjie opkrul en wegkruip vir die wêreld.Ons het almal rus nodig, dis verseker; ‘n tydjie om net op ons eie te wees; weg van die druk en gewoel en gewerskaf van die daaglikse lewe. Geen e-pos, geen boodskappe, geen telefoonoproepe, net rus; hoe klink dit? Hemels nè?Maar die gevaar lê in die versoeking om heeltemal te onttrek. Ek verdien my rus. Los my net uit! Ek het lank genoeg na ander se pype gedans. Ek het genoeg opgeoffer. Maar as jy onttrek, hou jy op om jou Godgegewe gawes en vermoëns te gebruik om ander te help, te seën en aan te moedig.Miskien voel jy vandag 'n bietjie uitgebrand, so laat ek jou aanmoedig; laat ek jou bemagtig; laat ek jou so ‘n hupstootjie gee - nie deur enigiets slims wat ek dalk kan sê nie, maar deur die lewende Woord van God.1 Petrus 4:10-11 Derdens: God het aan elkeen van julle 'n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)Wat is jou talent? Wat is daardie idee, daardie vlammetjie wat God in jou hart geplaas het? Hy kan dit neem en kragtig gebruik. Wees gehoorsaam, wees oop, wees beskikbaar vir God, met ‘n bereidheid om te gaan en te doen wat God van jou vra. Want die res van ons het jou werklik nodig.Gebruik enige gawe wat Hy vir jou gegee het op 'n manier wat ander die beste sal dien.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textSpreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is. Hier is nou ‘n vraag oor ‘n baie interessante kwessie: wat is erger as om nie die spesifieke huweliksmaat te vind waarna jy smag nie? En die antwoord is: trou met die verkeerde een!Nouja, miskien is jy nie tans op soek na 'n sielsgenoot nie. Miskien is jy reeds gelukkig getroud, en dis wonderlik, maar dalk is daar op die oomblik iemand in jou vriendekring wat daarna smag om getroud te wees.In my laat dertigerjare was ek weer enkellopend. Ek het gesmag na 'n sielsgenoot nadat ek 'n paar jaar van hartseer en die trauma van verraad en verlies moes hanteer. Een of twee “geskikte troubare kandidate” – as ek hulle so mag noem – het hulself “aangemeld.” Een van hulle het ek uitgevind was van baie losse sedes. Sy was ook nogal “dors,” en as sy eers aan die drink was, het sy te veel gedrink. Maar sy was mooi en ek was eensaam. Kan sy dalk die een wees? Miskien kan ek haar verander?Ek was baie kwesbaar en kon maklik in daardie strik getrap het. Maar 'n paar godvresende, getroue vriende het my gewaarsku om nie by haar betrokke te raak nie. Gelukkig het ek tot besinning gekom en na hulle geluister.Spreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.Op die oud end het daardie selfde vrou 'n verhouding met 'n getroude man gehad. Wys jou net! Heelwat later het God vir Jacqui oor my pad gebring – ‘n wonderlike godvresende vrou. Ons is nou al amper 27 jaar getroud!Of dit nou jy is wat dit moet hoor, of iemand in jou vriendekring, luister na hierdie raad van iemand wat omgee: Dis beter om lank te wag as om verkeerd te trou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Wat is jou verwagting aan die begin van hierdie week waarin ons Paasfees vier? Waarna sien jy uit? Miskien is dit vir jou net nog 'n langnaweek; of miskien beteken dit vir jou 'n bietjie van 'n blaaskansie; of miskien bied dit jou 'n verskoning om ‘n bietjie meer sjokolade te eet as wat jy waarskynlik behoort te eet? Sê my, wat is jou verwagtinge van hierdie Paasfees?Nouja, kan jy enige ooreenkoms tussen sjokolade-Paaseiers aan die eenkant en die dood van Jesus aan die Kruis aan die anderkant sien? So wat verwag mense van hierdie feestyd wat vir sommige Christene so spesiaal is?Destyds in Jesus se tyd het die Israeliete ook onrealistiese verwagtinge gehad.Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.Die Israeliete het gesoek na 'n ooreenkoms tussen Jesus en een van die profete of 'n magtige krygsman (soos Dawid). Hulle het gedink die Messias sou kom om hulle van die wrede Romeinse oorheersing in hulle Beloofde Land te bevry. Hulle wou Jesus op húlle voorwaardes koning maak.Hy het wel koning geword – maar ‘n ander soort koning; die koning van ons lewens. ‘n Koning van ons almal, nie net ‘n koning van die Israeliete nie. Hy het gekom om te red – maar Hy het gekom om elkeen van ons van ons sonde te red, nie om 'n nasie te red nie.So dikwels wil ons Jesus net op ons voorwaardes aanneem, net om ons wêreldse probleme op te los, net om ons ellendige struikelblokke uit te wis. Hy doen dit wel, maar dit is nie die rede waarom Jesus gekom het nie. Hy het gekom om jou lewe van nou af tot in alle ewigheid te red. Hy het vir jou gekom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 9:1-3 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. Het jy al ooit gevoel asof jy aan die agterspeen gesuig het en asof geluk jou die rug toegekeer het? Miskien blameer jy die gene wat jy van jou ouers en voorouers geërf het, wat jou gesondheidsprobleme gee of teëspoed veroorsaak het. En blameer jy dalk sommige van die houdings of gedrag van jou voorouers wat jou steeds teister. Ja, ek weet nie alles wat ons geërf het en aan ons oorgedra is, is klopdisselboom nie.Dit klink miskien 'n bietjie pessimisties, maar selfs al het jy, soos ek, wonderlike ouers gehad - was hulle nie perfek nie. My ma het haar hele lewe lank aan angs gely. My pa was 'n roker en 'n diabeet - wat uiteindelik op die ouderdom van net 74, waarskynlik sy dood veroorsaak het.En weet jy, snaaksgenoeg praat die Bybel van vloeke van die voorgeslagte. Soveel so, dat mense (in Johannes 9) vir Jesus gevra het of ‘n sekere man se blindheid veroorsaak is deur ‘n vloek van sy voorgeslagte: Johannes 9:1-3 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.Watter vloek ook al aan jou oorgedra is, Jesus het gekom om jou vry te maak. En jou aandeel daarin? Die Ghanese pastoor Mensa Otabil stel dit so: Dikwels is sogenaamde vloeke van die voorgeslagte bloot mense wat dieselfde keuses en patrone herhaal wat hulle by hul ouers gesien het. Jy eet dieselfde kos wat jou pa geëet het, en jy vind dat jy dieselfde siektes as hy kry. Dikwels is die oplossing om bloot 'n keuse te maak om jou lewe anders te leef as die voorbeelde wat jy gesien het.So, breek daardie siklus. As jy nie uit 'n goeie familie kom nie, maak seker dat jou gesin 'n goeie gesin is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textLevitikus 19:32 “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here. Hoe ouer ek word – en ek is nou nie eintlik so oud nie – hoe meer besef ek hoe noodsaaklik dit is om ons voorgeslag te respekteer en te eer. Daar is iets wat binne-in jou hart gebeur, wanneer jy besef dat die suksesse wat jy in die lewe behaal het, nie aan jou eie persoonlike briljantheid toe te skryf is nie. Wanneer ons praat van ons voorgeslag, kan die meeste van ons nie eintlik iets oor hulle vertel nie. Miskien het jy jou oupas en oumas geken, of dalk het jy stories van hulle gehoor, soos dit deur ander oorgedra is, maar in die meeste gevalle is dit omtrent sover as wat ‘n mens se kennis oor jou voorgeslag strek.En tog is dit ‘n realiteit dat my lewe en joune die gevolg is van dít wat ons voorvaders gedoen het. As jy net sewe geslagte teruggaan – na jou agter-agter-agter-oupagrootjies – gee dit jou meer as 200 jaar en 128 voorouers. En nou praat ons nie van al die ooms, tannies, neefs en niggies nie … want hulle het almal op een of ander wyse ‘n rol in jou vorming gespeel; hulle het bepaal wie jy vandag is; en ‘n invloed gehad op die posisie wat jy nou beklee.Dit is 'n ontnugterende, maar ek dink ook, 'n nederige gedagte. God het ons ongelooflik geseën deur diegene wat voor ons gegaan het – deur hul stryd, hul opofferings, selfs deur hul mislukkings. Kyk wat staan in:Levitikus 19:32 “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.In 1675 het Isaac Newton, die bekende fisikus, geskryf: As ek verder as ander mense in die toekoms vooruit kon sien, is dit omdat ek op die skouers van reuse gestaan het.Moenie die reuse in jou lewe vergeet nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textSpreuke 21:23 Wie 'n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (NLV) Onlangse navorsing het aan die lig gebring dat woede-uitbarstings geweldig baie skade aan jou liggaam, veral aan jou hart, kan aanrig. Ons weet intuïtief dat ons emosies en die metabolisme van ons organe inherent gekoppel is. Dit behoort dus nie 'n verrassing te wees dat woede ongelooflik skadelik kan wees nie.Woede is 'n emosie wat ons almal van tyd tot tyd ervaar. En behalwe dat dit ons gesondheid beskadig, kan dit ons ook in allerhande moeilikheid laat beland. Wanneer jy iemand 'n kwaai woord toegesnou het, of met wraak losgebrand het, kan jy dit nooit terugneem nie.Ontelbare verhoudings en lewens word elke dag deur woede-uitbarstings verwoes.Miskien het jy daardie wyse raad gehoor om wanneer jy kwaad word, eers tot tien te tel voordat jy reageer. Dit blyk dat dit nie sulke slegte raad is nie.Spreuke 21:23 Wie 'n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (NLV)Ja, my vriend, ‘n mens voel na die tyd hartseer wanneer jy onnadenkend in woede uitgebars het. Dink daaroor na. Hoe voel jy wanneer iemand op ‘n kwaai en afbrekende wyse met jou praat? Komaan, dink mooi: hoe laat dit jou voel?Voel jy seergemaak, verneder, misken, dalk skaam? Dit verander beslis hoe jy oor daardie persoon voel. Dit kan jou verhouding vorentoe ondermyn. En dit kan selfs veroorsaak dat jy in woede reageer, en net dáár versleg die situasie drasties. Dit is wat gebeur wanneer iemand in woede uitbars. Maar, kom ons wees eerlik: die beste ding wat ek en jy soms kan doen, is om ons monde toe te hou en tjoepstil te bly.Sit ‘n wag voor jou mond en bly stil; hou jouself uit die moeilikheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textFilipense 1:9-10 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, Verantwoordelikhede, druk en pligte voel asof hulle ons wil vasdruk en verswelg. Ja, dis die werk, die kinders, die huishouding … Ek moet dit doen, ek moet dat doen. Ek is seker jy het ook al daardie onophoudelike, versmorende gevoel van verpligtinge ervaar!‘n Rukkie gelede het die pastoor by ons kerk oor hierdie einste ding gepraat. Hy het iets gesê wat my regtig getref het; dit het my laat besef dat dit in 'n groot mate ons eie houding is wat baie van hierdie druk veroorsaak.Hier is die kern wat hy gesê het: "Ek kom daarby uit” is belangriker as "ek moet daarby uitkom."Ek bid vir my vriende, nie … ek moet vir my vriende bid nie. Ek is vrygewig teenoor diegene by die werk, nie ... ek moet vrygewig teenoor hulle wees nie. Ek help my vriend wat swaarkry, nie ... Ek moet my vriend wat swaarkry help nie.Daar is baie meer vreugde, meer vryheid, meer potensiaal in "ek kom daarby uit" as "ek móét daarby uitkom". Miskien is dít wat die apostel Paulus besef het, toe hy hierdie wonderlike gebed vir sy vriende vanuit sy kerker in die dodesel gebid het:Filippense 1:9-10 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,"Ek moet" skep laste. "Ek doen dit" skep potensiaal.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textLukas 15:1-7 Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.”Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.' Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.” Die wêreld is vol goedkoop nabootsings; vervalsings van duur artikels met groot handelsmerke wat voorgee om die ware Jakob te wees. En kyk maar self, hulle laat jou letterlik in die steek wanneer jy op hulle staatmaak.Miskien is geluk ook 'n tipe nabootsing van die ware ding - vreugde. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ons het almal dinge wat ons gelukkig maak en dit is 'n goeie ding. Maar geluk is vlugtig. Geluk verdamp gedurende die moeilike tye. Aan die ander kant ervaar ons vreugde, deur voor- en teëspoed.Blydskap is iets wat God vir ons belowe. Maar het jy al ooit gewonder of God self bly is; Is Jesus ooit bly? Hier is 'n storie wat Hy eenkeer vertel het om daardie einste ding te verduidelik:Lukas 15:1-7 Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: "Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle." Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: "Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: 'Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.' Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie."Toe Jesus jou gevind het, toe Hy jou as kind aangeneem het, was Hy met vreugde vervul. Ja, wanneer Hy na jou kyk, word sy hart met vreugde oorweldig. Hy is so lief vir jou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textEksodus 3:7-8 Die Here sê toe vir hom: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry. Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is 'n land met oorgenoeg kos. (NLV) As jy na alles kyk wat op die oomblik in die wêreld aan die gang is, is dit genoeg om jou moedeloos te laat voel! Byna een miljard mense wêreldwyd ly aan die een of ander geestesversteuring. Meer as 800 miljoen het nie genoeg om te eet nie. Armoede neem toe terwyl die gaping tussen ryk en arm al hoe groter word.Dit is inderdaad ontstellende syfers. Maar ons praat nie net van statistieke nie. Ons praat van mense, individue net soos ek en jy – mense met dieselfde behoeftes, dieselfde hoop en drome as wat ons het. En as ons dit persoonlik maak, kan ons ook getuig dat ek en jy albei al deur ons eie tye van lyding gegaan het. Miskien ly jy op die oomblik...Wat doen ons aan die saak? Vra ons vrae? Hoekom laat God dit toe? Ek bedoel kyk na wat die afgelope tyd in Israel en Gasa gebeur. As Israel werklik God se uitverkore volk is, hoekom laat Hy dit toe? En wat van al die onskuldiges wat in oorlogstyd verskriklik ly?Ek is nie van plan om een of ander briljante antwoord op sulke verwarrende vrae te gee nie, maar in 'n tyd toe die nasie Israel in slawerny gely het....Eksodus 3:7-8 Sê die Here vir Moses: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry. Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is 'n land met oorgenoeg kos. (NLV)My vriend, God sien ook jou lyding raak en Hy sal jou op die regte tyd daarvan verlos.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text2 Petrus 1:3,5-9 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is. Vandag wil ek graag 'n ontstellende stukkie nuus met jou deel. Dit is dalk nie iets wat jy wil hoor nie, maar dit is iets wat jy moet hoor. So luister asseblief. Dit is regtig belangrik.Hier kom die goeie nuus eerste! As jy in God glo, het jy reeds alles wat jy nodig het om jou droomlewe te lei.2 Petrus 1:3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.Fantasties! Kom ons kyk net gou weer na die dinge wat jy moet doen om met Hom saam te werk, om jou jou droomlewe te laat lei. Ons het die afgelope week indringend na elkeen van hulle gekyk. Miskien staan een of twee van hulle nou vir jou uit.2 Petrus 1:5-8 Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer kenDit is die wonderlike nuus, maar, jy moet regtig vandag hoor wat gebeur met diegene wat nie met God in dié seëninge wat Hy reeds aan hulle gegee het, saamwerk nie.2 Petrus 1:9 Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.Moet asseblief, nie een van daardie kortsigtige mense wees nie. Moenie jou kosbare lewe verkwis nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om ‘n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV) Goeie nuus is deesdae baie skaars. 'n Messteek hier, 'n skietery daar; rentekoerse wat styg, die aandelebeurs wat daal … jy ken die storie. Miskien is dit hoekom so baie mense verskriklik opgewonde raak wanneer die Springbokke oorwinnings behaal. Die meeste van die tyd is dít omtrent die enigste goeie nuus wat ons gaan kry.Om te wen, moet die sportspanne en individue natuurlik hard oefen om te kan meeding en hopelik hul opponente te klop. En ons geniet die spanning. Ons beleef die op- en afdraandes saam met dié span wat ons ondersteun en ons noem dit … vermaak.Daardie kompeterende ingesteldheid is iets wat deel van ons geword het. Ons wil wen; ons wil sukses behaal met alles wat ons aanpak. En vir mense soos ek, wat van nature gedrewe is, was dit vir baie jare lank ‘n strik waarin ek keer op keer getrap het. Vir my was die hele lewe 'n kompetisie. Ek het geglo dat God my sou aanvaar as ek wen, en dit was vir my ondenkbaar dat Hy my sou aanvaar net soos ek is.Diep binne-in het ek geweet dat ek in die verlede soveel foute gemaak het. Hopelik maak ek deesdae minder... maar ek skiet nog steeds op 'n gereelde basis tekort, nie waar nie? Maar hier is die goeie nuus:2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om ‘n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV)Jou verhouding met God hang nie af daarvan of jy wen of verloor nie. Dit gaan nie daaroor om die opposisie te klop nie. Dit gaan nie daaroor om volgens sy onbereikbare standaard te presteer nie. Dit gaan alles oor sy genade, want my vriend, Jesus het die prys vir al jou, en al my, tekortkominge betaal …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textMarkus 12:29-31 Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.' Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.” (NLV) Wel, hier is ons op die negende dag van die jaar 2025! Is dinge in jou lewe goed en heeltemal terug na normaal? Is dinge terug in volle swang, wat dit ook al vir ons elkeen beteken? Maar, sê my, het jy nou net teruggeklim in dieselfde groef waarin jy verlede jaar was, en hoop jy nou dat dinge anders sal uitwerk; dat dit ‘n beter uitkoms sal gee?Dit is 'n bietjie van 'n neerdrukkende gedagte, is dit nie? Hulle sê, die definisie van kranksinnigheid is om dieselfde ding oor en oor te doen, maar tog 'n ander resultaat te verwag. Maar ongelukkig is soveel van ons tog so koppig en weerstandig teen verandering. Daar is 'n mate van troos in die bekende; in die verslete ou paadjie wat ons trap, al is dit ver van ideaal.Op een of ander manier lyk dit of ons identiteit bepaal word deur die manier waarop ons dinge nog altyd gedoen het en vir baie mense impliseer verandering - selfs 'n klein ou veranderinkie - dat hulle al die tyd in die verlede, verkeerd moes gewees het...Komaan, sê my wat is jou fokus vir hierdie nuwe jaar? Hoe gaan jy ‘n diepe tevredenheid met jou omstandighede ontwikkel? Is jy dalk al 'n rukkie ontevrede met jou situasie?Miskien is dit tyd om jou fokus te verskerp, om terug te keer na die basiese beginsels en te fokus op dít wat werklik saakmaak. So, wat maak regtig saak? Wat is die belangrikste ding in jou lewe?Markus 12:29-31 Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.' Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.” (NLV)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos 'n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) Dis hier! 2025 is hier! Kan ek jou op hierdie eerste dag van die nuwe jaar 'n waarlik geseënde jaar toewens? En, weet jy in hierdie deurmekaar wêreld, het nie een van ons ‘n idee wat hierdie jaar gaan oplewer nie.Op hierdie dag, presies ‘n 100 jaar gelede, het 'n man genaamd Edwin Hubble, 'n wetenskaplike referaat by 'n obskure konferensie aangebied. Maar, wat net nog 'n gewone dag was, net nog 'n kalenderblaadjie wat omgeblaai is, was op die ou end ‘n dag wat deur die Discover Magazine as "een van die mees buitengewone datums in die geskiedenis van die wetenskap" bestempel is.Deur noukeurige navorsing en waarneming het Hubble aangekondig dat daar ander sterrestelsels buite ons eie is; dat die Andromeda-nebula of newel, nie bloot nabygeleë gaswolke was nie, maar hele sterrestelsels wat deur die ruimte gewentel het. Dit was letterlik die dag wat die Heelal ontdek is.Ons kyk op na die miljoen of so sigbare sterre van die Melkweg, en weet dat hulle net 'n handvol van die ontelbare sterre in die heelal is – en ons weet nie eers waar dit eindig nie.Dit laat ons son, ons aarde, ons lewens, ons probleme so oneindig klein lyk, so ongelooflik onbelangrik, nie waar nie? En weet jy God … God het hulle almal geskep.Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos 'n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV).Soms kan die jaar 'n bietjie wankelrig begin. Miskien tref ons padblokkades langs die pad. Maar die realiteit is dat die God wat daardie "leërmag" in die lug geskep het; Hy wat elke ster op sy naam ken, dieselfde God is wat jou ongelooflik liefhet. En Hy het die begeerte om jou deur alles wat in jou toekoms oor jou pad kom, te lei.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Stel jou voor dat jy alles wat jy besit saam met jou in twee tasse moet ronddra. Soos jy meer goed koop, word hulle swaarder, en hulle word oorvol. Dan koop jy 'n rugsak, en dan ‘n skouersak. Uiteindelik trek die verskriklike vrag jou rug so krom, dat jy skaars kan asemhaal, wat nog te sê van vorentoe beur.As jy die afgelope paar dae by my kon aansluit, sal jy weet dat ons nogal baie gepraat het van oor hoe belangrik dit is om die verlede agter te laat. Miskien dink jy … Hoekom karring hy so baie hieroor?Wel, die rede waarom ek so aangaan hieroor, is omdat die proses om die verlede agter te laat, miskien een van die moeilikste dinge is wat ons ooit sal moet doen. So hier, op hierdie laaste dag van die jaar, gaan ons 'n laaste keer aan die ou koeie en die sloot dink. Hier is goeie nuus! Het jy geweet dis nie jou werk nie? Jy hoef nie daaraan te werk om die seerkry te vergeet en jou wonde te genees nie!Want dit is iets waarvoor Jesus gekom, gesterf en opgestaan het om dit vír jou te doen. Is jy gereed?2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.As dit voel asof die laste van jou verlede jou keel toedruk en dat jy nie asem kan kry nie; as jy voel asof jy nie eers die krag het om te dink oor hoe jy die nuwe jaar moet aanpak nie, weet verseker dat die oomblik wat jy jou vertroue in Jesus plaas, jy 'n nuwe mens word. Die verlede is verby. Alles het nuut geword. Jesus verander alles.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak. Vir baie mense is God net ‘n terloopse faktor in hul lewens. Miskien dink hulle so nou en dan aan Hom; stuur hulle so af en toe ‘n skietgebedjie op, maar te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, is dit omtrent al waaruit hul verhouding met God bestaan. Hoe lyk jou verhouding met Hom?‘n Probleem wat baie mense het om God te leer ken, is die feit dat jy Hom nie kan sien nie. Jy kan nie, soos jy met 'n vriend, op dieselfde, tasbare, fisiese manier gaan sit vir 'n geselsie oor 'n koppie tee of koffie nie.Niemand het God nog ooit gesien nie, so hoe kan jy jou lewe aan Hom toewy? Hoe kan jy selfs glo wat Hy sê?Johannes 1:18: Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.Wat sê God hier deur Johannes, een van Jesus se eie dissipels? Wel, hy erken eenvoudig ons probleem. Niemand het God nog ooit gesien nie … behalwe “God die enigste Seun” … behalwe Jesus self.Dis die rede waarom God vir Jesus gestuur het om 'n mens te word – dit wat ons 'n paar dae gelede met Kersfees herdenk het – Jesus, wat God gesien het, wat self God is, wat ná aan die Vader se hart lê om … God vir ons te wys.Wil jy weet hoe God is; hoe Hy dink, hoe Hy reageer, wat Hom opgewonde maak, wat Hom kwaad maak, hoe magtig Hy is, hoe vriendelik en liefdevol Hy is? Kyk net na Jesus wat...God se Woord is. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Hier is ons. Dit is Kersdag. Laat ek dus ons tyd saam afskop deur vir jou en almal vir wie jy lief is, 'n waarlik geseënde Kersfees toe te wens – want wat ook al jou situasie is, wat ook al jou omstandighede is, vandag is 'n ongelooflike spesiale dag ... vir jou.Nouja, ek weet jy hét al 'n hele paar keer voorheen Kersfees gevier. Miskien word dit selfs 'n bietjie … eentonig. Maar al is Kersfees 'n jaarlikse fees, wat elke jaar op dieselfde datum op die kalender gevier word, is dit soveel meer.Laat ek jou vra, as God jou aandag wou trek, as Hy met jou wou praat, en as Hy wou hê jy moet weet presies hoe lief Hy jou het, hoe kan Hy dit die beste doen? Hoe sou dit lyk? Wel, dit sal nogal baie soos ‘n Kersfees lyk.Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.Waarom verwys Johannes na Jesus as “die Woord”? Want Jesus, die Seun van God, is God wat met ons praat in 'n taal wat ons kan verstaan. Jesus is God wat op 'n diep persoonlike en intieme manier na ons uitreik – na jou en na my – en sê: “Dit is wie Ek is. Dit is hoe lief Ek jou het. Ek het na die aarde gekom sodat jy My kan ken. Sodat jy deur te glo in wat Ek deur my dood aan die Kruis gedoen het, vergewe kan word. Sodat jy deur my opstanding 'n nuwe lewe, 'n oorvloedige lewe, 'n ewige lewe kan hê”.Jesus is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. Oukersaand. Hoe voel jy werklik oor Kersfees? In 'n sekere sin eis vanaand 'n antwoord van ons elkeen op die vraag: wat gaan jy môre vier? 'n Familie- of godsdienstige tradisie, of iets meer?Kyk, ek het geen idee wat jou standpunt oor Kersfees is nie. Ek weet nie of jy glo, of nie glo, dat ons môre die koms van Jesus, die Seun van God, herdenk nie. Jesus wat ons kom red het van onsself; van ons rebellie teen Hom en van 'n ewige skeiding van Hom.Gister het ons gesels oor die realiteit dat baie mense Jesus doelbewus óf deur geringskatting verwerp het; óf miskien het hulle Hom as deel van 'n fabel beskou … óf dalk het hulle dit nooit oorweeg om meer oor Jesus uit te vind en wat Hy kom doen het nie.Miskien beskryf een van die vorige moontlikhede hoe jy voel … of dalk is jy iemand wat reeds jou lewe aan Jesus oorgegee het; iemand wie se hart swel van 'n onbeskryflike vreugde oor die blote vermelding van sy Naam.Hoe jy ook al voel, my gebed is dat jy sal toelaat dat hierdie woorde, God se Woorde, vandag met jou praat:Johannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.Die oomblik wat jy vir Jesus ‘ja' sê, word jy 'n kind van God en alles – alles – verander … nou en vir alle ewigheid. Mag daardie waarheid jou help om jou vrae te beantwoord.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 1:10,11 Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Vir baie mense is die viering van Kersfees, ‘n dag om sommer maklik te ignoreer – om Hom te ignoreer. Ag, kry tog net klaar met die aaklige bome, die versierings, die pronkery en kalkoene … dit sal alles vinnig verby wees, en dan kan ons met ons lewens aangaan.Ek het onlangs 'n man met die naam van Andrew ontmoet. Hy het my gevra wat ek doen. Toe ek hom vertel dat ek 'n predikant is, het hy sy gesig op ‘n plooi getrek en my vinnig geantwoord: “O, ek glo nie in al daardie gemors nie. Dis net 'n fabel.”Ek het op daardie oomblik nie beledig gevoel nie; ek was net hartseer oor hom. Want dis presies hoe ek jare gelede, voordat ek Jesus as my Verlosser aangeneem het, sou reageer het. En dit is hoe die wêreld die afgelope tweeduisend jaar lank reageer. Johannes was daar! Hy het gesien hoe mense Jesus misken:Johannes 1:10,11 Hy [Jesus] wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.Miskien is jy 'n bietjie soos Andrew. Indien wel, wees verseker dat ek vir jou bid, soos ek vir Andrew bid. Hoekom bid ek? Omdat Jesus bestaan. Hy is lief vir jou. Hy het gekom om jou te red. En my gebed is dat jy Hom sal leer ken as jou Verlosser en die Here van jou lewe. Jou ewigheid hang daarvan af!Of miskien ken jy reeds vir Jesus, en het jy iemand soos Andrew in jou lewe. Bid asseblief elke dag vir daardie persoon en as die Here die deur oopmaak, vertel hom wat Jesus in jou lewe gedoen het. Sy ewigheid hang daarvan af.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textRomeine 5:6-8 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. 'n Persoon sal kwalik bereid wees om vir 'n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir 'n besonder goeie mens te sterf. God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (NLV) Terwyl ons aan Kersfees dink, is daar iets wat vir baie mense 'n struikelblok is, iets wat hulle keer om werklik die vreugde van Kersfees te beleef.Vir baie jare het die idee van Kersfees my met afgryse vervul, want dit het my skuldig laat voel. Dit het vir my gevoel asof Kerstyd, op die sondige manier waarop ek my lewe lei, fokus. Ek kon dit destyds nie so uitdruk nie, maar ek weet vandag dat ek onwaardig gevoel het.Diep binne-in my hart het ek geweet dat die boodskap waar is. Dié boodskap, dat Jesus die Seun van God is; dat Hy as mens gebore is om aan 'n kruis vasgespyker te word om vir al my sondes te betaal, sodat God my sal vergewe.Maar met die sondige lewe wat ek gelei het, wou ek nie hê dat daardie kollig op my moet skyn nie. My reaksie op Kersfees was 'n diep gevoel van onwaardigheid en van skaamte. Ek wonder hoe jy in die lig van wat Jesus vir jou kom doen het, oor jou lewe voel. Terwyl jy daaroor dink, wil ek jou aanmoedig om hierdie woorde met jou te laat praat:Romeine 5:9 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. 'n Persoon sal kwalik bereid wees om vir 'n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir 'n besonder goeie mens te sterf. God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (NLV)Dit is beslis iets om oor na te dink, want …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textRomeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV) As jy vandag ‘n lys moes maak van al die dinge in jou lewe, wat jy wens nie daar was nie; hoe sal jou lysie lyk? Wat is die goed wat jy sommer onmiddellik van die lys sou wou uitvee?Ons het almal ten minste 'n paar items op ons lys, of hoe? Miskien is dit net 'n paar klein dingetjies, of miskien is daar een of twee baie groot items wat jou lewe heeltemal verwoes.Hoe groot of hoe onbenullig die dinge op jou lysie ook al mag lyk, daardie dinge is geneig om jou te dreineer en van jou vrede, jou vreugde, jou gevoel van verwondering en afwagting en jou lewenslus te beroof. En hier, waar Kersfees net ‘n paar dae weg is, laat dit jou nogal wonder hoe jy dit moontlik kan vier?Gister het ons gesien hoe die apostel Paulus saam met sy vriende in Rome bly was oor al die wonderlike dinge wat hulle geloof in Jesus vir hulle gegee het. Vrede. Genade. Seën. Vreugde. Hoop. Glorie. Fantasties! Maar in die volgende asem skryf hy in:Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV)My vriend, wees verseker dat Jesus mét jou is deur jou moeilikhede, te midde daarvan en in baie opsigte, as gevolg daarvan. Hoe kan jy dit weet? Omdat Hy sy liefde uitgestort het om jou hart te vul deur die Heilige Gees wat Hy aan jou gegee het. Hou vas aan daardie waarheid. Want …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text1 Johannes 3:7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; Om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak, is deesdae nie so maklik nie. Die lewe het aan die eenkant óf besig en transaksioneel, óf aan die anderkant, vir baie mense, stil, geïsoleerd en eensaam geword. Maar moenie moed verloor nie, tegnologie het altyd 'n antwoord gereed.Maatsoek-toeps bestaan nog net 'n paar jaar lank, maar hulle het reeds byna 'n halfmiljard gebruikers wêreldwyd en ‘n inkomste van honderde miljarde Amerikaanse dollars. Hoekom is dit?Wel, dit word inderdaad al hoe moeiliker vir mense, oues sowel as jonges, om maats te ontmoet en betekenisvolle verhoudings te vorm. Miskien is dit omdat so baie mense deesdae permanent met hul neuse in hul selfone sit.En so is daar ook dié mense wat, eerder as om saam met vriende uit te gaan of saam met mense in hul kerkgroep te kuier... aanlyn inkopies doen vir geselskap. Die gevaar daarmee is dat jy so maklik ‘n kat in die sak kan koop...Hier is 'n opregte woord van waarskuwing: Jy kan op so ‘n aanlyn-verhoudings-toep 'n sosiopaat ontmoet. Jy kan ook by iemand wie se waardes en norme hemelsbreed van jou verskil, betrokke raak. En so ‘n verhouding is nie slegs in die aanlyn-wêreld onwenslik nie, maar dit kan in die lewe, as sulks, verwoestende gevolge hê. 1 Johannes 3:7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is;Soos Thomas Brooks, die 17de-eeuse Puriteinse prediker, eenkeer gesê het, laat jou beste vriende dié wees wat Christus, as hul beste vriend het. Met ander woorde, kies jou vriende versigtig. Ja, kies diegene wat jou sal beïnvloed om nader aan Christus te leef, sodat jy uiteindelik sal doen wat reg is.Liewe vriende, moenie toelaat dat iemand jou op die verkeerde pad lei nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textHebreërs 6:18 Daar is nou twee dinge wat soos 'n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. (DB) Daar is een ding in hierdie wêreld waarop ons absoluut kan staatmaak. Dit maak nie saak watter storm woed nie, of hoe kwaai dit mag wees nie; ons kan absoluut seker wees van die vaste grond onder ons voete … totdat dit begin skud.Is een van die dinge in jou lewe wat jy absoluut as vanselfsprekend aanvaar; die vaste grond onder jou voete? Wat van jou gesin, jou huis, jou loopbaan … die dinge wat jou nooit in die steek sal laat nie?En tog, al probeer jy om nie daaraan te dink nie, weet jy diep in jou hart dat elkeen van daardie dinge eendag sal verbygaan.Iets wat ek, soos baie ander gelowiges, as 'n absolute gegewe beskou, is die getrouheid van God. Nouja, ek is tog 'n prediker! Maar het jy opgelet hoe wankelrig selfs dít lyk, wanneer jy in 'n haglike situasie is; wanneer vrees jou geloof ondermyn; wanneer daardie dreigende ramp 'n onvermydelike realiteit word?Miskien is dit vandag vir jou broodnodig om krag en bemoediging te kry uit die woorde van:Hebreërs 6:18 Daar is nou twee dinge wat soos 'n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. (DB)En dit … dit is hoekom ons 100% kan staatmaak op sy beloftes in die Bybel. Want wanneer God iets sê, is dit waar. Hy kan nie lieg nie. So my vriend, ek moedig jou aan, hardloop na Hom vir veiligheid en hou vas aan die vaste hoop wat joune is. Want …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textPsalm 73:27,28 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel. Elektriese voertuie raak al hoe meer populêr. Ja, maar weet jy, nadat ek ‘n rukkie gelede so effens paniekerig geraak het toe my selfoon se battery pap geraak het, moet ek jou sê, ek is maar so 'n bietjie versigtig vir hierdie nuwe motors. Wat van jou?Natuurlik is ‘n kragprobleem van ‘n elektriese motor nie anders as wanneer jou brandstof in ‘n gewone kar op raak nie. Hulle kom altwee op dieselfde onvermydelike feit neer: as jy te ver en te lank van jou kragbron af dwaal, gaan jy tot stilstand kom.Dieselfde geld vir die lewe. Gister het ons gesels oor die feit dat namate ons volwasse word en ons bewus word van ons eie swakhede en kwesbaarheid, raak ons minder op onsself aangewese. Ons vlees en ons hart kan ingee, maar God kan vir ewig die kragbron wees.Goeie nuus. Wonderlike nuus. Maar dis nie so lekker om hierdie nuus te hoor as jy te ver en te lank afgedwaal het nie:Psalm 73:27,28 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.Te veel mense wat hul geloof in God bely het, dwaal te ver en te lank van God self af weg. Miskien kan jy jou daarmee vereenselwig? Indien wel, verstaan dan dat daar in die Bybel staan: Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.Kom nader aan God. Moenie afdwaal nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Miskien huil jy vandag. Jy huil oor ʼn geliefde wat deur die dood weggeneem is, die verlange is tasbaar, die heimwee onhanteerbaar.
Send us a textJohannes 7:37-39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. Was jy al ooit tot oorlopens toe vol vreugde? Die soort wat nie weggaan in tye van moeilikheid nie? Ek praat van soveel vreugde dat jy selfs wanneer jy swaarkry, wil sing. Miskien wonder jy … hoe kan ek in tye van moeilikheid vreugde hê? Dis onmoontlik! Wag! Moenie weggaan nie.Ek weet dit klink onlogies, maar die bittersoet ervaring van vreugde wanneer jy in die moeilikheid is, is regtig ‘n wonderlike ding. Almal sal jou vertel dat mense in moeilike tye, veronderstel is om morbied en somber te voel, nie waar nie? Ons gesonde verstand vertel ons dit ook. En tog hoef dit nie so te wees nie.Tydens 'n groot fees in Jerusalem het Jesus opgestaan en vir die skare gesê:Johannes 7: 37 -39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie.Ja-nee, geen wonder dat die godsdienstige leiers Hom wou doodmaak nie – Hy het in werklikheid beweer dat Hy God is en dit was vir hulle absoluut ‘n valse leer. Maar toe vertel Jesus hulle nog boonop dat sy Heilige Gees dié wat in Hom glo, sal vul met 'n vloedgolf van seën. Nie net een rivier nie – nie net 'n Jordaan of ‘n Eufraat, 'n Nyl of 'n Amasone nie – maar riviere van lewende water!Die Heilige Gees. God self stroom in jou hart in. Maar weet jy, soos die dorstiges na Jesus gekom het om te drink; vloei sy Gees deur ons na ander mense uit, want ons kan dít wat Hy vir ons gee, nie keer nie. Riviere! Pure vreugde. 'n Vloedgolf van seën. Dis wat Jesus vir jou het.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. Ek onthou hoe dit my lank gelede geïrriteer het wanneer Christene gepraat het oor Jesus, sonde, vergifnis, "om gered te word" en die ewige lewe. Al daardie goed, was vir my absoluut irrelevant en van geen toepassing op my lewe nie. Dit het gevoel asof hulle beslis van Mars af was...Miskien noem jy jouself 'n Christen, miskien nie. Wat jy ook al glo; hoe meer jy teen elke bult wat jou pad kruis, kop onderstebo harder moet trap net om die dag te oorleef, hoe meer irrelevant kan al daardie Christen-dinge vir jou voel. Maar weet jy, dit was dieselfde in Jesus se tyd. Die lewe was moeilik, my vriend. Dit was hoofsaaklik bestaansboerdery en hulle moes raap en skraap om aan die lewe te bly. Boonop was daar die wrede Romeine wat hulle land beset het; en asof dit nie genoeg was nie, was daar die skynheilige godsdiensleiers wat al hoe meer reëls, meer en meer beperkings, op mense geplaas het.Dit is onder hierdie moeilike omstandighede, wat Jesus hierdie woorde gesê het:Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.En verstaan jy dat die Ewige Lewe reeds hier is vir jou? Dis hier vir jou as jy Jesus aangeneem het en die Heilige Gees toelaat om jou deur al jou vreugdes en uitdagings, te lei. Ja, ons hét ook die Ewige Lewe wanneer ons ons laaste asem uitblaas en na daardie plek gaan, waar daar geen dood, of hartseer, of trane, of pyn meer is nie. ‘n Ewige Lewe in God se Teenwoordigheid, vir ewig en altyd.Sy Naam is Jesus. Glo. Hy is God se ewige geskenk aan jou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Miskien is die beste bydrae wat ons tot die konflik in die wêreld kan maak, natuurlik benewens gebed, om goeie verhoudinge met die mense wat ons pad kruis te handhaaf.
Send us a textMatteus 7:12 Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” Empatie is een van die mees aangrypende en kragtigste uitdrukkings van liefde. Om dáár te wees vir iemand; saam met hulle seer te ervaar … of inderdaad om saam met hulle fees te vier; spreek van liefde soos niks anders nie.Ja, my vriend, empatie is 'n wonderlike ding. En tog vergeet ons dikwels om empatie teenoor ander te bewys. In die daaglikse gewoel en gewerskaf van die lewe raak jy so besig met jou eie uitdagings, waar jy probeer om alles gedaan te kry en om jou eie emosies te hanteer, dat jy nie aan ander mense dink nie. Oorweeg net vir ‘n oomblik jou omgang met die mense rondom jou gedurende die laaste dag of wat. Het jy gedink aan hoe hulle gevoel het terwyl jy met hulle gepraat het? Of hoe hulle dit ervaar het toe jy hulle vermy het? Of saam met hulle gewerk het? Sê my: Het jy ooit hulle emosies raakgesien? Het jy vir hulle gewys dat jy verstaan hoe hulle voel?Miskien klink dit alles 'n bietjie wollerig en sentimenteel. Ek bedoel, jy sukkel genoeg om sin te maak van jou eie emosies met alles wat in jou gekompliseerde lewe aangaan! Wag, laat ons prakties raak en hierdie woord ‘empatie' mooi bekyk. Jesus het dit so gestel:Matteus 7:12 Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.”Dit is Jesus se opdrag: verstaan en voel wat die ander persoon voel, en om dit eenvoudig te stel; beteken dit dat jy hulle moet behandel soos jy behandel wil word. En as jy daaroor nadink, is dit die wese van empatie.Empatie is 'n praktiese wyse wat ondubbelsinnig kommunikeer dat jy werklik verstaan; dat jy regtig voel wat iemand anders voel.Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a Text Message.Galasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. As ons heeltemal eerlik met onsself is, sal ons ruiterlik erken dat baie van die dinge wat ons in hierdie wêreld begeer selfsugtig, misleidend … en eenvoudig verkeerd is. En ons weet, dat selfsug moeilik is om nek om te draai.Wou jy al ooit ‘n punt bewys en teen iemand uitvaar, bloot omdat jy jou vir die persoon vererg het? Of wou jy meer geld hê, terwyl jy regtig meer as genoeg het en iemand wat jy ken, hulp broodnodig nodig het? Het jy al ooit … toemaar, jy verstaan, nè?Ons het elkeen soveel sulke begeertes wat op die oog af goed lyk ... totdat jy besef dat dit alles oor "my" gaan. My behoeftes, my begeertes. En die wêreld moedig jou aan en sterk jou in jou kwaad: Dis reg, jy verdien dit. Jy is belangrik. Klim in, vat dit.En so, regeer en verwoes selfsug ons lewens. Miskien glo jy in Jesus, maar jy is, wie jy is. Jy wil hê wat jy wil hê en jy gaan dit kry.Die apostel Paulus het 'n heel ander benadering:Galasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.Wat beteken dit om saam met Christus gekruisig te wees? Dit is beslis ‘n radikale stap om te neem. Dit beteken om aan die ‘eie ek' te sterf en vir Christus te lewe. En onthou, Jesus het gesê dat elkeen wat Hom wil volg, nie net een keer nie, maar elke dag sy kruis moet opneem, want selfsug het die neiging om onverwags na die oppervlak te kom.Soos iemand eenkeer gesê het: jy moet daagliks aan jouself sterf, om ten volle vir Christus te kan lewe, sodat jy, soos Paulus, waarlik kan sê ... dis nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a Text Message.Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. Daar is tye in die lewe wanneer God 'n miljoen kilometer ver weg voel. En dit is 'n ontstellende gevoel. Selfs as jy God nie regtig ken nie; as jy nog nooit jou hart met oorgawe aan Jesus gegee het nie, weet jy steeds dat iets skort.Miskien wil jy vandag hê ek moet praat oor God se seën, die groot toekoms wat Hy vir jou beplan het, die goeie dinge wat Hy in jou lewe wil laat gebeur? En hoewel al hierdie dinge waar is, kry jy vandag nie een van daardie boodskappe nie!Ek moet vandag konsentreer op die kern oorsaak van ons skeiding van God: die besluit om ons eie pad te loop. Ons lees in die Bybel dat dit sonde is en dat ons nie daardeur vir God eer nie ... maar dit was duisende jare gelede van toepassing. Dinge het verander. Ek weet nou van beter. Ek sal daardie gedeelte uit my Bybel uitskeur en my eie pad loop. Het jy al gesien dat dinge bietjie vir bietjie begin skeefloop en voor jy weet, is jy in 'n groot gemors en dit lyk of God 'n miljoen kilo's ver is. Hier is hoe dit gebeur het:Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.Wat is die slotsom? God seën nie wat sy Woord verbied nie.Omdat Hy jou liefhet, sal Hy nooit jou sonde goedpraat, seën of ignoreer nie. Maar deur Jesus, sal Hy jou vergewe as jy van daardie sonde af wegdraai en na Hom toe terug kom. En binne 'n oomblik is Hy nader as die diepste geheim van jou hart, want …Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a Text Message.Jesaja 55:10,11 Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV) Kom ons wees eerlik, hierdie ding wat die Christene "die Bybel" noem, bevat 'n hele paar baie vreemde, baie moeilik verteerbare stories. Jesus wat water in wyn verander en op water loop. Regtig? Miskien is dit net 'n sprokie?Volgens die verslag van die wêreldwye bediening aan vervolgde Christene, The Voice of the Martyrs, is Bybels in sowat 52 lande dwarsoor die wêreld moeilik of slegs op gevaarlike wyse bekombaar. Bybels is in daardie lande onwettig en skaars en moet dikwels in die geheim ingesmokkel word. Nouja, wat dink jy, as die Bybel net 'n sprokie is, hoekom word dit in 52 lande verbied? Soos iemand eenkeer opgemerk het, hoekom gaan jy nie tronk toe as jy Aspoestertjie of Sneeuwitjie lees nie? So, hoekom word die Bybel verbied? Dit maak geen sin nie.Dit word verbied omdat dit jou kan vrymaak en omdat dit die kragtigste, mees transformerende waarheid wat aan die mensdom bekend is, bevat! Dit is verbode, want wanneer God deur sy Woord met gewone mense soos ek en jy praat, ontketen Hy sy krag om sy doel te bereik.Jesaja 55:10,11Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV) Dis die ware rede waarom dit in daardie lande verbied word. Nee, dit is nie 'n sprokie nie. Dit is die instrument wat jou lewe heeltemal kan verander. Dit ontketen die krag van God om ín jou en déúr jou te werk en om so tot sy eer sy doel te bereik.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a Text Message.Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. Jy weet hoe ‘n angswekkende ervaring dit is om iewers vasgevang te wees! Stel jou voor dat jy vasgevang is in die kajuit van 'n sinkende skip. Stel jou voor dat jy iewers ondergronds vasgevang is. Stel jou voor …Nou nie 'n baie vrolike gedagte nie, is dit? Maar die realiteit is dat baie mense vandag op een of ander manier vasgevang is. Miskien is daar op die oomblik iets in jou omstandighede wat jou so laat voel.Ek het dikwels tydens die COVID-pandemie toe baie van ons in ons huise toegekluister was, gedink aan vrouens en kinders wat in nare situasies van gevangenskap, mishandeling en misbruik vasgevang is.Maar soms is die mure wat ons vasgevang hou, daar as gevolg van ons eie toedoen. Soms sluit ons onsself, heeltemal deur ons eie toedoen, in daardie situasie toe.Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.Wat God hier vir ons sê, is dat vrees op sigself die strik is. Mense voel byvoorbeeld vasgevang in hul werk; in 'n moeilike finansiële situasie; in 'n gesondheidskrisis. Ja, en wat van ‘n situasie waar hulle 'n terminale diagnose ontvang het?Die lewenspad het soms allerhande moeilikhede en teëspoed. Maar laat ons heeltemal nugter daarna kyk: eendag sal dit alles verby wees, ons sal aan die einde van ons lewe op hierdie aarde kom. Dis beslis wat gaan gebeur.Of ons deur omstandighede vasgevang voel, en of ons, ten spyte daarvan, so vry soos 'n voël op ‘n tak voel, dit het alles te doen met hoe ons dit ervaar: met vrees … of in vrede.As jy jou verbeel dat jy op jou eie in hierdie gekompliseerde lewe staan, as dít jou patroon vir die lewe is, sal vrees jou strik wees - die tronksel waarin jy jouself opsluit.Maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a Text Message.Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan 'n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV) Sal jy vandag saam met my terugreis in tyd? Onthou jy daardie onverwagte kinkels en draaie, die lang droë woestynpaaie en die aangename wandelings deur die bos, die koue nat dae en die helder sonskyndae, die diep donker valleie en die lafenis van die bergtoppe?Die lewe, was tot dusver nogal 'n interessante reis, of hoe? As jy aan die begin van jou lewe ‘n draaiboek moes skryf, sou dit ongetwyfeld nie lyk na die lewe wat jy tot op hierdie punt gelei het nie.Miskien het jy jou lewe sonder 'n gerusstellende wete van God se Teenwoordigheid geleef. Miskien het jy nog altyd geglo. Of, miskien soos in my geval, het dit iewers langs die pad eers vir jou ‘n werklikheid geword.Waar jy ook al was, waar jy ook al nou is en, nog belangriker, waarheen jy ook al op pad is, daar is een waarheid wat deur alles heeltemal onveranderd bly:Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan 'n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV)Deur al daardie vet jare en deur al daardie maer jare, of ons dit nou besef het of nie, was die Here ons God met ons. Hy het ons deurgedra al was dit hoe koud en nat, hoe donker en hopeloos. Hy was saam met ons verheug oor die goeie tye, al het ons dit nie geweet nie. Hy het getreur toe ons gehuil het.Hy laat die son elke oggend opkom ongeag wat die vorige dag gebeur het. ‘n Mens kan op God vertrou. Hy is elke oggend daar. Hy is getrou.Terwyl jy die toekoms tegemoet gaan, mag jy altyd vir jouself sê: My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a Text Message.1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” Kan ek jou vandag ‘n bietjie vra: hoe slim is jy? En terwyl jy terugdink aan jou lewe: hoe lyk jou lewenspad? Getuig dit van wysheid? Miskien het jy redelik goed gevaar. Maar jy het waarskynlik, nes ek, daarin geslaag om meer as een keer die pad, met rampspoedige gevolge, byster te raak.Wysheid is 'n onberekenbare ding. My wysheid is dalk anders as jou wysheid - ons is immers baie verskillende mense met baie verskillende lewenservaring, verskillende agtergronde, selfs met verskillende kulture.En aangesien wysheid met verloop van tyd deur die een ervaring op die ander ontwikkel, kan ek en jy heel verskillende sienings hê oor wat wysheid regtig is.In my jonger jare het ek gedink ek is redelik slim. As jy my destyds gevra het om my wysheid op 'n skaal van nul tot tien te plaas, sou ek myself 'n 8 ½ gegee het … 'n baie duidelike bewys dat ek alles behalwe wys was; trots, is waarskynlik meer in die kol, as wys. Toe op ‘n dag het alles skeef geloop en ek het bedroë daarvan afgekom ... maar tydens daardie verskriklike, pynlike tyd, het ek 'n nuwe wysheid ontdek wat my wêreldse wysheid heeltemal vernietig het:1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”Dit maak nie saak hoe slim ons dink ons is nie; dit maak nie saak hoe dwaas ons ook al gedink het al die Christen-dinge was nie, die wysheid van die Kruis van Christus, die opoffering van God self om mense soos ons te red, is die krag, die enigste krag, wat ons van onsself kan red en tot in alle ewigheid kan neem.Jesus verander alles.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a Text Message.1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV) Ek wonder hoe dit vir 'n sportman of -vrou moet voel om gekies te word om hul land tydens 'n internasionale kompetisie te verteenwoordig. Die eer, die voorreg... Wonderlik!Miskien is jy gekies om so 'n eer te ontvang, of, soos ek ... miskien nie. Die meeste van ons is slegs bekend aan 'n hegte kring van familie, vriende en kollegas. Ons is maar net ‘n naamlose individu en (laat ons eerlik wees) ons word dikwels geïgnoreer deur Jan en Alleman.Miskien is dit waarom so baie mense na betekenis smag, maar dat min dit ooit vind. Dit is nogal tragies, want wanneer jy met omtrent enigiemand gesels; as jy maar net onder die oppervlak kan kom, ontdek jy 'n wonderlike individu met 'n geskiedenis en 'n agtergrond, wat jou dikwels verstom.Natuurlik het God nie nodig om met ons te praat om dit te ontdek nie. Hy weet dit reeds. En jy is in sy oë, so belangrik; so waardevol dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf, sodat jy van nou af tot in alle ewigheid by Hom kan wees.En as dit 'n boodskap is wat by jou aanklank vind; as jy dit met jou hele hart glo, kyk wat Paulus vandag ook vir jou skryf:1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV)Het jy dit geweet? Jy is deur Hom gekies om een van sy uitverkorenes te wees; afgesonder vir 'n spesiale doel; om deel van sy familie te wees; om Hom in hierdie verlore en stukkende wêreld te verteenwoordig. My vriend, God het jou deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep om sy eie kind te wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. Miskien het jy al van ensieme gehoor, maar onthou jy wat hulle doen? Wel, dit is proteïene wat as biologiese katalisators optree deur chemiese reaksies te versnel. Trouens, in sommige gevalle kan die reaksie nie sonder die ensiem plaasvind nie.Toemaar, ontspan. Dis nie 'n hoërskool wetenskapklas nie, net 'n bietjie van 'n gelykenis. Ensieme is wonderlik. Hulle neem nie deel aan die chemiese reaksie nie, maar hulle maak dit moontlik en bespoedig dit.In 'n baie werklike sin, is dít wat die Heilige Gees in ons lewens doen. Hy maak dinge, wat ons op een of ander manier nie op ons eie kan laat gebeur nie, moontlik en versnel dít wat behoort te gebeur. 2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.Alles wat God vir ons sê om te doen, is goed vir ons. En die dinge wat Hy vir ons sê om nie te doen nie (en daar is nie so baie van hulle nie), maak ook sin. So hoekom dink jy dat ons nie in staat is om die dinge te doen wat Hy ons beveel nie, en weg te bly van die dinge wat Hy vir ons sê om nie te doen nie? Dis waar die Heilige Gees inkom. Hy is die ensiem, die katalisator na heiligheid, na gehoorsaamheid - Hy maak die reaksie moontlik en versnel dit.Hy stel ons in staat om sy dienaars te wees. Nie deur die reëls te volg nie, maar deur sy Gees. Want die wet bring dood, maar die Gees maak lewend!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (NLV) Wat deesdae in hierdie wêreld as ‘die waarheid' voorgehou word, is meer en meer ‘n bose konsep wat lewens vernietig. Daarom vermy baie van ons hierdie sogenaamde ‘waarheid', want dit word bykans onmoontlik om te weet wat die regte waarheid is.Miskien klink dit 'n bietjie pessimisties, maar byt vas... Dit gaan baie erger word. Alhoewel kunsmatige intelligensie ongetwyfeld baie voordele vir die samelewing sal inhou, sal dit ook deur bose rolspelers gebruik word om enige idee dat daar 'n onbevooroordeelde waarheid is, verder skade te berokken. Vervalste fop video's – waar jy iemand iets kan laat sê wat hulle nooit gesê het nie – sal net die begin daarvan wees.Maar daar is niks nuuts daarin nie. Vir jare lank al het "die nuus" wat in vervloë dae oor die algemeen 'n objektiewe vertelling van die feite was, verander in ‘n redaksionele mening. Daar is deesdae bitter min nuus op televisie, in die pers of aanlyn, wat nie die een of ander kinkel het nie. Ja, hulle het die een of ander verskuilde agenda!Maar daar is een Waarheid – een glorieryke Waarheid – wat nooit verander nie, wat altyd vertrou kan word, wat jou altyd tot seën sal wees.Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (NLV)Jesus het vir jou gesterf sodat jou sondes vergewe kan word. Hy het weer opgestaan om jou 'n nuwe lewe te gee. En as jy in Hom glo, word daardie geheime waarheid ‘n werklikheid: As jy vir Hom lewe, leef Hy in jou.Christus en Christus alleen is jou hoop op heerlikheid.Nouja… dit is 'n waarheid wat die moeite werd is om aan vas te hou. Want …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Genesis 41:41,42,44 Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.” Toe haal die farao sy seëlring af en steek dit aan Josef se vinger. ...Toe het die farao vir Josef gesê: “Ek bly die farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit nie.” Het jy al ooit die moontlikheid oorweeg dat God jou deur al jou swaarkry voorberei vir iets buitengewoons? Miskien is dit moeilik vir jou om só daaraan te dink terwyl dinge swaar gaan. Josef is een van die belangrikste karakters van die Ou Testament. Sy broers was so jaloers op hom dat hulle hom wou doodmaak. Hulle het hom in ‘n put gegooi, maar op die ou end het hulle hom toe vir twintig silwerstukke in slawerny aan Ismaelitiese handelaars verkoop.Hy is as ‘n slaaf in boeie na Egipte geneem, waar het hy valslik van verkragting beskuldig is en jare lank in die tronk weggekwyn het. Maar elke keer wanneer die lewe hom onregverdig en wreed behandel het, het Josef net aangehou om goed te doen; hy het aangehou om sy natuurlike gawes en vermoëns tot God se eer te gebruik.En, soos die spreekwoord sê, die goeie wyn het nie ‘n kransie nodig nie. Die mense rondom hom het sy vaardigheid en sy goedheid gesien … en God het dit ook gesien. Hy was besig om Josef vir 'n buitengewone rol voor te berei, want ons lees in:Genesis 41:41,44 Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.” Toe haal die farao sy seëlring af en steek dit aan Josef se vinger... Toe het die farao vir Josef gesê: “Ek bly die farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit nie.”C.S. Lewis het beweer dat swaarkry dikwels gewone mense voorberei vir 'n buitengewone rol. Nouja, miskien sal jy nie Eerste Minister van Egipte word nie, maar laat ek jou ‘n geheim vertel, jou beste jare lê nog voor.In die aangesig van alles wat jy beleef, hou net aan om goed te doen, want God maak jou dalk gereed vir iets buitengewoons.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie 'n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV) Hoe ver beweeg jy elke dag? Miskien pendel jy werk toe en terug. Miskien gaan jy ook uit om te draf of te stap. Elke nou en dan gaan jy dalk op 'n langer reis. Dink ‘n bietjie: hoe ver beweeg jy gemiddeld elke dag?Volgens 'n onlangse artikel in die BBC se ‘Science Focus Magazine' beweeg die aarde daagliks sowat 2,5 miljoen kilometer op sy wentelbaan om die son, en19 miljoen kilometer in verhouding tot die middel van die Melkweg, ons sterrestelsel.Afhangend van jou perspektief, beteken dit dat jy, sonder dat jy dit ooit besef, ook elke dag tussen twee en 'n half en negentien miljoen kilometer deur die ruimte beweeg. Dit is die werklikheid van hoe jy deur die lewe reis. Slaan dit nie jou asem weg nie? Dit laat my spraakloos!Hier is nog 'n ewe verstommende waarheid oor hoe enigiemand wat in Jesus glo, deur die lewe reis:2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie 'n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV)God – die Skepper van die Heelal – het sy Heilige Gees gestuur om in elkeen wat deur geloof, hul lewens vir Jesus gegee het, te woon. Met al daardie krag, met al daardie liefde, met al daardie selfbeheersing – meer as wat ek en jy ooit nodig sal hê – het Hy genoeg krag in sy kragsentrale voorberei vir jou om die lewe, wat Hy vir jou beplan het, ten volle te kan leef.My vriend, wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, is jy nooit alleen nie. Jy het altyd al die krag, liefde en selfbeheersing wat jy ooit nodig sal hê om deur die versoekings en beproewings van hierdie wêreld te kom.Moet dus nie bang wees nie. Jy het dit alles.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Johannes 5:3-5 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? Waarom laat God pyn en lyding in ons lewens toe? Waarom sukkel jy met dit waarmee jy nou te doen het? Behoort dinge nie vir diegene wat in Jesus glo net 'n bietjie makliker te wees nie?Miskien het ons deesdae die ware sin; die werklike doel en die diepere betekenis van lyding in ons lewens verloor. Lyding is universeel deel van die menslike ervaring. Daar is geen wegkom kans nie.Ryk of arm, in verdrukking of vry, in oorlog of in vrede, jy sal weer en weer ly. God, hoekom laat U toe dat dit met my gebeur?Ek sou vir jou die korrekte teologiese antwoord kon gee - dat die mensdom se sonde, wat begin het met Adam en Eva en daardie stukkie verbode vrugte, die hoofoorsaak van alles is. Help dit jou om sin te maak van jou lyding? Waarskynlik nie. Miskien sal dit:1 Johannes 5:3-5 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?God wil hê jy moet die oorwinning wat Jesus deur sy lyding aan die Kruis vir jou behaal het, ervaar. Hy wil hê jou karakter moet gevorm, verfyn en gesuiwer word terwyl jy te midde van die ontbering van jou lyding, in gehoorsaamheid aan Hom leef.Die grootste beloning wat alles in jou lewe oortref … is die feit dat jou geloof sterker en sterker word.Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is. Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Miskien dink jy soos so baie mense om jou dat dit so verouderd is dat dit glad nie meer van toepassing op jou is nie. Wel, ek kan nie daarmee saamstem nie.Die 66 boeke van die Bybel is onder verskillende omstandighede deur verskillende mense, oor sowat 1 500 jaar geskryf. Dwarsdeur daardie tydperk en in die sowat 2 000 jaar sedertdien, het mense altyd daarteen gestry.God se eie volk, die Israeliete, het die profete wat Hy vir hulle gestuur het, verwerp. En onthou jy, hulle het Jesus, die Seun van God, gekruisig! Die kerk self het menigmaal deur die jare die Bybel teëgestaan. Die kerk het byvoorbeeld vir William Tyndale in 1536 op die brandstapel verbrand, omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het.Ja, die Bybel het 'n moeilike pad geloop, en tog is dit steeds met ons. Dit word steeds as God se boodskap aan ons geëer. Hoekom is dit?1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.Ek stem heelhartig saam met die teoloog R.C. Sproul, wanneer hy skryf: “Ons het geen reg om uit die perspektief van die 21ste eeu na 'n Bybelse teks te kyk en die betekenis daarvan te verander nie. As die perspektief van die 21ste eeu nie by die Bybel pas nie, is dit die perspektief wat verkeerd is, nie die Bybel nie.”die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig. En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die antwoord van so ‘n onthullende oefening is, wanneer jy jouself afvra: wáároor jy dink.Vir sommige mense is dit geld en finansiële sekuriteit. Vir ander, 'n verhouding. Soms word ons gedagtes oorheers deur loopbaanaspirasies. Ander kere is daar 'n enkele probleem wat ons in die gesig staar wat dikwels in ons gedagtes opduik. Wat is daardie ‘ding' op hierdie oomblik vir jou? Wat oorheers jou gedagtes?Dit kan 'n bietjie konfronterend wees, as jy in Jesus glo en God liefhet, om te besef dat baie van jou denke oorheers word deur die dinge wat jy wil hê. Jy dink die meeste van die tyd aan die dinge van hierdie wêreld, eerder as dit wat God wil hê – sy wil vir jou lewe. Miskien is dit tyd om hand in eie boesem te steek?Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.Wat wil God vir jou hê? Wel, dit kan 'n verskeidenheid van op- en afdraandes inhou. Maar wat ook al sy plan vir jou lewe is, jy kan absoluut seker hiervan wees: dat sy wil goed, perfek en volmaak is. Jy kan vir niks beter vra nie.Indien jy dalk in jou gedagtes en verlange van Hom af weggedryf het, roep God jou vandag terug.Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe - met 'n nuwe manier van dink.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV) Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in 'n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur 'n gevoel van selfgeregtigheid, word die neiging om aanstoot te neem, ‘n outomatiese reaksie.Maar laat ons net ‘n bietjie stilstaan en aan die kere wat ons ons sleg gedra het, dink. Wat het veroorsaak dat ons so opgetree het? Wel, dit kan een van talle dinge wees. Miskien het ‘n situasie 'n ou wond uit die verlede oopgekrap, 'n sensitiewe plek in ons harte aangeraak of miskien selfs 'n litteken?Of dalk het ons onder die druk, waaronder ons so dikwels verkeer, geknak. Of dalk is dit die feit dat ons onvolmaakte mense is wat foute maak.En daardie redes geld nie net vir jou en my nie, maar ook vir diegene rondom ons, wat van tyd tot tyd verkeerd optree. Daardie outomatiese reaksie om aanstoot te neem lyk al hoe minder geregverdig, of hoe? Miskien is daar 'n ander manier.Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV)Ons kan dus aanstoot neem, of ons kan die mense wat ons te nakom met hul probleme help. Ons kan hulle help om hulle snellers, hulle gevoel van minderwaardigheid en hulle mislukkings te hanteer, deur nie te oordeel nie, maar om empatie te hê.Die meeste mense is nie slegte mense nie. Hulle slegte gedrag word altyd deur iets anders veroorsaak. Hoe hanteer ons so ‘n situasie? Word ons hooghartig en veroordeel hulle of neem ons aanstoot? Dis tog onaanvaarbaar. . .Soos iemand eenkeer gesê het: jy hoef nie met kwaadwilligheid en met voorbedagte rade te beplan om mense seer te maak nie. Die afwesigheid van empatie en begrip is meer as voldoende om dit reg te kry!Help hulle met hul probleme. As jy dink jy is te belangrik om dit te doen, flous jy net jouself.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY