Podcasts about miskien

  • 17PODCASTS
  • 269EPISODES
  • 5mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • Jun 16, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about miskien

Latest podcast episodes about miskien

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Here Versterk Jou

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 16, 2026 2:52 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Was jy al op 'n punt waar jy geen hoop vir die toekoms gehad het nie? Waar jy gedink het dat jy nie gaan oorleef nie? Waar jy geen geloof in God gehad het nie? Miskien was jy al daar, of miskien het jy al iemand ontmoet wat so moedeloos gevoel het?Vilhjalmur Stefansson was 'n Arktiese ontdekkingsreisiger van Ysland. In 1913 is sy skip vasgekeer en deur pakys vernietig. Hy en sy bemanning was gestrand in een van die mees onherbergsame plekke op aarde. Hulle het hongersnood, wrede storms en totale isolasie in die gesig gestaar, maar Stefansson het met opregte en onwrikbare geloof in God se voorsiening vertrou.Hy het aangepas by die omgewing deur by die inheemse inwoners van die Arktiese streek te leer hoe om te oorleef. So het hy en ‘n handjievol van sy oorspronklike span vir jare op plaaslike hulpbronne die onmenslike koue getrotseer tot hulle uiteindelik deur die bemanning van ‘n Amerikaanse vissersboot opgelaai is. Hy het later getuig dat, toe alle menslike hoop verdwyn het, dit die sekerheid van God se teenwoordigheid en krag was, wat hom die moed gegee het, om te volhard.Ja, en ons sien hoe God, deur sy profeet, Jesaja, sy volk bemoedig het, toe hulle moedeloos was. Dit was teen die einde van sewentig jaar van ballingskap, toe alles verlore gelyk het; toe hulle nie kon sien hoe hulle ooit bevry sou word nie; toe hulle geloof in God teen die mag van die Babiloniese Ryk so kwesbaar gelyk het … Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.Wanneer elke menslike oplossing misluk, troos God se teenwoordigheid jou nie net nie - Hy gee jou die krag, die wysheid en die moed om die vrees te oorwin en om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Aanskou die Heerlikheid van die Here

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 14, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” 'n Vlieënier wat probeer om in 'n verskriklike storm sy vliegtuig te land, moet 'n keuse maak. Daar is geweldige turbulensie, die sigbaarheid is zero en die onbetwisbare gevaar word al hoe groter. Hy moet nóú besluit: hy moet óf instrumente vertrou om hom na die aanloopbaan te lei, óf hy kan paniekerig raak en sy instink vertrou en heel waarskynlik verongeluk. Die beste keuse? Dis nogal voor die hand liggend, maar nie maklik nie, nè?Miskien bely jy, soos ek, geloof in Jesus, en glo (soos die Bybel sê) dat die heerlikheid van God die hele aarde vul. Maar ons weet mos storms kom dikwels voor. Die daaglikse geswoeg mergel jou uit. En nou moet jy, net soos hierdie vlieënier, 'n keuse maak ... een wat onlogies lyk, maar een wat die koers van die res van jou lewe sal bepaal.Jesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”Koning Ussia was 'n magtige koning. Sy dood (ongeveer 740 v.C.) het 'n tyd van nasionale onsekerheid ingelei. Jesaja het hierdie wonderlike visioen van God gehad. Op dié spesifieke dag, toe die Here hom as profeet geroep het, het Jesaja die wonderlike voorreg beleef om vir God as die soewereine, verhewe meester te sien. Jesaja het Hom gesien waar Hy hoog en verhewe, deur engele omring was en waar sy kleed die tempel gevul het. Toe die Here vra wie Hy as boodskapper na die Israeliete kan stuur, het Jesaja Hom vertrou en sonder om paniekerig te raak en koers te verloor, het hy geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” Hoe sal jy op so ‘n vraag reageer?Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

InVia Gemeente
Mites oor genesing: "I will try to fix you" deur Frieda van den Heever

InVia Gemeente

Play Episode Listen Later Jun 12, 2026 27:55


"Miskien is heelheid nie om terug te keer na wie jy was voordat jy “uitmekaar” geval en “gebreek” het nie. Miskien is genesing om uiteindelik te word, eintlik te ont-dek, wie jy nog altyd bedoel was om te wees..."

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vra vir God Vrae

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 5, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 2:3-6 indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos 'n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB) Wanneer ons by die punt kom waar ons glo dat ons alles weet, is daar een ding seker: ons is regtig te onnosel om te weet wat ons nie weet nie! Ons is so verblind deur ons eie opgeblase sin van ons eie slimmigheid, dat ons blind is vir die feit dat ons minder as niks weet nie. En kom ons wees eerlik, ons is almal al deur so ‘n vernederende proses.Die meeste van ons het daardie een ding waarin ons regtig uitblink; daardie een ding waarin ons beter is as die meeste mense rondom ons. Miskien is jy een van daardie mense wat, anders as ek, intuïtief aanvoel hoe ander voel? Dit is dus maklik vir jou om minagtend na iemand anders te kyk wat nie dieselfde talent as jy het nie en te dink: Wat is fout met hom? Ek is soveel beter as hy!Ek kan so vinnig soos die wind skryf. Ek kan komplekse idees bymekaarbring en dit op 'n eenvoudige maar boeiende manier verduidelik. Hoe maklik is dit dan nie vir my, om met my neus in die lug na ander te kyk wat sukkel om vlot te skryf?Wanneer ons so optree, vertroebel ons trots ons oordeel en ons weet mos hoogmoed kom tot ‘n val. So, hier is God se alternatief:Spreuke 2:3-6 ...indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos 'n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB)Slim mense gee slim antwoorde, maar wyse mense vra slim vrae. Hulle is nederig, hulle is leerbaar, en dit is presies wat God van ons verwag. Vra Hom om vir jou kennis en wysheid te gee.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Onverwagte Ontdekking

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 27, 2026 2:55 Transcription Available


Send us Fan MailMatteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. Het jy al ooit daardie aha-ervaring gehad wanneer jy iets verstommends ontdek? 'n Juweel, wat te midde van die skuim van die lewe, alles verander?Hulle beweer dat 'n Ethiopiese bokwagter in die 9de eeu n.C. opgemerk dat sy bokke energiek geword het nadat hulle die rooi bessies van 'n spesifieke struik geëet het. Hy het gewonder hoe hy sal voel as hy self van die bessies eet; en wonder bo wonder, het hy verkwik gevoel. Monnike het later die bessies gebruik om tydens lang gebede wakker te bly. En dit, my vriend,  was die begin van koffie se reis; van wilde plante met rooi bessies tot ‘n besondere drankie wat wêreldwyd geniet word!Deesdae neem ons koffie as vanselfsprekend aan, en ek dink nie vir ‘n oomblik daaraan dat dit deur 'n klomp bokke ontdek is nie!God versteek dikwels skatte - nie om dit van ons te weerhou nie - maar om vir iemand wat opreg daarna soek, toe te laat om dit te vind. Een oomblik van ontdekking kan alles verander. Jesus het dit so gestel in:Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.Waar is die skat van God se koninkryk? Buite in die oopte vir almal om te sien? Nee! Dit is weggesteek in 'n saailand. En daardie skat is so kosbaar dat 'n mens alles sal verkoop net om dit te hê.God het iemand met ‘n soekende hart lief. En sy Woord is vol wonders; wonders wat alles verander; wonders so ongelooflik dat hulle die snuisterye en versiersels van hierdie wêreld waardeloos maak.Miskien is dit hoekom God soveel nader voel, wanneer ons vrae het, as wanneer ons dink dat ons al die antwoorde het. Gaan! Gaan soek die skat!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Volkome Gered

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 20, 2026 3:05 Transcription Available


Send us Fan MailHebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree. Daar is deesdae soveel slegte nuus. Diktators, oorloë, lyding, uitbuiting, misdaad. Dis regtig lelik, nè? So, wat doen ons? Ons kyk noord en ploeter voort op ons eenvoudige manier op soek na ons klein ou kolletjie onder die son. Maar sê-nou daar is meer in die lewe as dit?Blaise Pascal was 'n briljante 17de-eeuse Franse wiskundige, fisikus en uitvinder. Hy het groot bekendheid verwerf vir baie uitvindings, veral vir die een wat Pascal se Driehoek genoem word. Ten spyte van sy akademiese sukses, het hy met innerlike onrus, siekte en 'n gevoel van geestelike leegheid geworstel. Dit het alles verander op een nag toe hy 'n kragtige ontmoeting met Jesus gehad het.Hy het dit sy "nag van vuur" genoem. Hy het daardie nag die Teenwoordigheid van die lewende God ervaar. Hy het sy belewenis van daardie aand op 'n stukkie perkament neergeskryf en in sy jas gebêre - waar dit eers agt jaar ná sy dood, op die ouderdom van 39, gevind is. Daarop was geskryf: My God, my God, waarom het ek U verlaat? Mag ek nooit weer van U geskei wees nie.Hebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.Het jy al jou nag van vuur gehad? Het jy al van aangesig tot aangesig met Jesus, wat vir jou gesterf en weer opgestaan het, gekom? Miskien nie, of miskien het jy, maar dit lyk alles so ver verwyderd van die dinge wat op hierdie oomblik aan die gang is.My vriend, vandag het ek goeie nuus vir jou. In Christus het God jou ontsettend lief. In Christus kan jy gered word. In Christus kan jy vir ewig by God wees, want Jesus leef. Hy is gereed om jou te help wanneer jy Hom vra.Doen dit vandag. Doen dit nou. Wend jou tot Jesus.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Waarde van Jou Siel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 4, 2026 2:51 Transcription Available


Send us Fan MailJohannes 10:10-11 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Het jy al ooit minderwaardig gevoel wanneer jy rondkyk na die uitstaande prestasies wat ander mense bereik het en dit vergelyk met jou eie ellendige, niksseggende bestaan? Miskien is dit 'n bietjie kras, maar is dit nie hoe ons onsself soms beskou nie? Kom ons kyk na voëlmis. Jy dink seker ek is nou die kluts kwyt? Toemaar, ek dink jy sal met my saamstem dat niks op aarde meer nutteloos as voëlmis kan wees nie. Maar in die 19de eeu het hulle ontdek dat dit ryk aan stikstof is. Hierdie guano het witgoud geword; dis wêreldwyd in die landbou as wonderkunsmis gebruik. Kan jy dit glo: Hierdie voëlmis het selfs tot oorloë gelei. Die VSA het Peru se guano-ryke gebiede met die Guano-eilandewet vir die Amerikaners opgeëis. Spanje het die Chincha-eilande in Peru oorgeneem, wat tot 'n oorlog gelei het.'n Dekade later het Chili, Peru en Bolivia in die Oorlog van die Stille Oseaan gebots. Dit was weer eens oor die guano-gebied. Kan jy dit glo! Dit was nie oor olie of goud nie, maar oor voëlmis - die mees onwaarskynlike hulpbron, wat sakke vol geld gemaak het, konflik aangevuur het en die wêreld se oeste bemes het.Daar woed vandag 'n selfs groter stryd oor iets, wat jy dalk as waardeloos en niksseggend wil beskou. Johannes 10:10-11 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.Maar kyk wat Charles Spurgeon gesê het: “Dink na oor hoe kosbaar jou siel moet wees vir Satan om dit onvermoeid te jag, en vir die Koning van die konings om sy eie lewe daarvoor af te lê.” Waardeloos? Nooit as te nimmer nie!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Voorbereid, nie Bederf nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 26, 2026 2:36 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Timoteus 2:3-6 Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. 'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding. Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste 'n deel van die oes te kry. Ons hoop almal om op die ou end ongeskonde aan die anderkant van die opdraande uit te kom tot waar die paadjie gelyk word. Die rit sal waarskynlik met 'n paar stampe en kneusplekke gepaard gaan, maar ons wil almal daardie diep sug van verligting kan slaak: Ek het dit gemaak! Wanneer jy in die oog van die storm is, voel dit dikwels asof jy dit nie gaan maak nie. En waar op dees aarde is God nou? Waarom gryp Hy nie in nie? Waarom steek Hy nie net sy hand uit om my uit hierdie verskriklike moeras te red nie?Miskien lê die antwoord in iets wat die apostel Paulus aan sy dissipel, Timoteus geskryf het:2 Timoteus 2:3-6 Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. 'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding. Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste 'n deel van die oes te kry.Die lewe saam met Jesus beteken nie dat jy nooit opdraandes sal hê nie; dit is 'n geseënde en kragtige vennootskap met Hom. Daar word gesê dat as jy God vra om 'n marathon te wen, Hy vir jou 'n paar tekkies sal stuur, nie 'n medalje nie.Ja, my vriend, Hy is ons helper wat daar is om ons toe te rus, nie te bederf nie; om ons voor te berei, nie om die proses te omseil nie. Hy gee vir ons dít wat ons nodig het om bo uit te kom - nie kortpaaie nie, maar krag.So, wees 'n goeie soldaat van Christus Jesus, en aanvaar jou deel van die probleme wat jou pad kruis.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Nie Gemors Nie. Nie Willekeurig Nie. Nie Alleen Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 3:05 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 8:28-29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.Het jy al ooit in hierdie besige wêreld heeltemal alleen gevoel? Miskien het jy mense rondom jou, dinge waarby jy betrokke is, maar daardie gevoel van eensaamheid en van isolasie, vreet aan jou. So, jy vra jouself af: Hoekom gaan ek hierdeur? Hoekom voel ek asof niemand verstaan waardeur ek gaan nie?Dis nie 'n ongewone gevoel nie. Dit lyk net asof dinge sonder rede met jou gebeur. Jy voel asof dinge buite beheer is. Dinge - slegte dinge en ook hier-en-daar goeie dinge – word net na jou kant toe geslinger. Jy dink later dat jy in die maalkolk van die lewe gegooi is.Ons begin die gevoel van isolasie veral beleef wanneer ons neerslagtig voel en wanneer ons seergekry het. Ons ervaar dit wanneer onbeplande dinge gebeur; ons beleef dit wanneer mense se houdings en gedrag teenoor ons verander.Paulus het in die 1ste eeu n.C. vir die kerk in Rome verseker dat God se motiewe suiwer is:Romeine 8:28-29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.Tim Keller, ‘n Amerikaanse pastoor en teoloog het dit so gestel: Die Christendom weet, in teenstelling met fatalisme is lyding oorweldigend; in teenstelling met Boeddhisme, is lyding 'n  werklikheid; in teenstelling met karma, is lyding dikwels onregverdig; en in teenstelling met sekularisme, is lyding betekenisvol. Daar is 'n doel daarmee, en as dit reg aangepak word, maak dit ons nog liewer vir God en gee dit vir ons meer stabiliteit en geestelike krag as wat jy verwag.Alles werk ten goede saam vir diegene wat God liefhet. Alles.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onstuimige See Veroorsaak Veerkragtige Geloof

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 23, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan MailJakobus 1:2-4 My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer 'n mens se geloof 'n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. (NLV) Dit is ‘n feit dat alle mense op een of ander stadium lyding gaan beleef. Dit is onmoontlik om ons lewens daarsonder voor te stel, al is dit waarvoor ons sou hoop. Maar dis die lewe... So, hoekom laat God dit toe? Meer ter sake, hoekom laat Hy vir jou en vir my ly? Dit is wat ons regtig wil weet! Kyk wat skryf Jesus se broer, vir die vervolgde Jode wat oor die Romeinse Ryk versprei was:Jakobus 1:2-4 My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer 'n mens se geloof 'n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. (NLV)Ek was diep geraak deur iets wat Lowell Wertz, my goeie vriend en sendeling in Afrika oor hierdie einste ding geskryf het:Miskien is daar geen plaasvervanger vir lyding nie. Die ervarings wat God oor ons bring, het altyd 'n doel. Die dissipels het in ‘n storm op die See van Galilea, in vrees vir hul lewens, vir Jesus die storm sien stilmaak. Op ‘n ander geleentheid het hulle Jesus op die water sien loop.Bote, wind, golwe - toe hulle vir hulle lewens gevrees het, was die sterk manne van die see, magteloos. Hulle het in die proses, toe hulle in vrees gebewe het, nederigheid geleer. Hulle het geweet dat hulle nie die see, wat hulle so goed ken, kan beheer nie; en daardeur kon hulle die Here se wonderbaarlike ingryping ervaar.Of, soos Franklin D Roosevelt dit gestel het, 'n gladde see het nooit 'n bekwame seeman gekweek nie.Omarm die stryd, want jy weet dat die toets van jou geloof volharding voortbring; Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Koninkryk Kom, Chaos Wyk

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 20, 2026 3:19 Transcription Available


Send us Fan MailSagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. (NLV) Alexander Solzhenitsyn is in1945 gevange geneem omdat hy die Russiese diktator, Joseph Stalin, in ‘n privaat brief gekritiseer het. Hy was vir agt jaar lank in Sowjet-kampe aangehou. Die gevangenes het in verskriklike koue en in hongersnood dwangarbeid verrig. Die omstandighede in die kampe was so onmenslik dat hy selfmoord oorweeg het. Tydens daardie traumatiese tyd het Solzhenitsyn bewus geword van sy verlorenheid, diep berou gehad en sy hart vir die Here gegee. Na sy vrylating in 1953 (kort na Stalin se dood) het hy geskryf: Dit was eers toe ek daar op die verrottende strooi in die tronk gelê het, dat ek geleer het dat daar ook vir my hoop is.Sy geloof het hom die moed gegee om te volhard, en ná sy vrylating het sy geskrifte die waarheid oor die Sowjet-onderdrukking blootgelê en miljoene mense beïnvloed.Hopelik sal jy en ek nooit ervaar wat Solzhenitsyn deurgemaak het nie. Maar dit beteken nie dat ons nie reeds deur boosheid omring word nie. Ons leef in ‘n wêreld vol mense wat ander mense onderdruk en skade berokken; ja, en dan is daar natuurlik die wêreldstelsels en die georganiseerde korrupsie wat 'n onberekenbare menslike tol eis. Welkom in die wêreld waarin ons leef!Maar daar is hoop, wonderbaarlike hoop vir die toekoms. Kyk wat is reeds in die Ou Testament geprofeteer: Sagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. (NLV)Vroeër of later sal hierdie wêreld aan sy einde kom. Miskien volgende Donderdag ... of oor nog 2 000 jaar. Maar dit sál tot 'n einde kom. God sal die lewendes en die dooies oordeel. Jesus sal terugkeer. Hy sal sy regmatige plek as Koning oor die hele aarde inneem.Die Here sal koning oor die hele wêreld wees. Daardie dag sal almal weet dat Hy die enigste God is. Sy Naam sal die enigste Naam wees wat genoem word. Hy sal sy ere plek inneem en oor alles regeer. Dit is die hoop wat ons in Jesus Christus het.En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Totsiens Ego. Hallo Jesus.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 11, 2026 3:11 Transcription Available


Send us Fan MailGalasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Het jy al gesien hoe jou ego, of te wel jou eie ek, jou al verblind het? Miskien klink dit 'n bietjie melodramaties, maar dis presies wat 'n oordrewe ego sal doen.In 2003, op slegs 19-jarige ouderdom, het Elizabeth Holmes die gesondheidstegnologie maatskappy, Theranos, in die hart van Silicon Valley gestig. Die maatskappy het beweer dat hulle bloedtoetse gaan revolusioneer. Holmes was absoluut gedrewe en het haarself as die volgende Steve Jobs beskou. Maar die maatskappy het nie die resultate opgelewer wat sy voorgehou het nie. Soos die krake in die navorsing gevorm het, het Elizabeth se trots haar gedryf om beleggers, pasiënte en die publiek te mislei, in plaas daarvan om die mislukking te erken. Die maatskappy waarvan die waardasie aanvanklik 9 miljard dollar was, het bankrot gespeel toe die bedrog blootgelê is. Wat as ambisie begin het, het in arrogansie ontaard. As Holmes vroeg genoeg haar foute nederig bely het, sou die skade dalk beperk kon gewees het – maar haar ego het haar gekeer. Paulus skryf in:Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.Totsiens ego, hallo Jesus. Maar my vriend, dit is nie maklik om jou lewe af te lê en om Jesus as jou Here te aanvaar nie, want dit vra dat jy jou ou mens saam met Christus moet kruisig. Laat ons eerlik wees: dit is ‘n groot prys om te betaal.Maar wat volgende kom, is 'n vryheid van die self, van die ego, van ‘n doodse bestaan en die ewige dood, want nou kan ons ons lewens leef deur geloof in die Seun van God, wat ons so liefgehad het dat Hy Homself vir ons geoffer het.Ek is saam met Christus gekruisig; dis nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us Fan Mail1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) Ek voel vandag so ‘n bietjie af. Die lewe kan partykeer  wroeging veroorsaak. Sommige dae voel ons seker almal so ‘n bietjie tam en sonder hoop. Dit is ‘n dag wanneer jy met moeite die een voet voor die ander sit, of wanneer jy stres en spanning, wat buite jou beheer is, ervaar. Wat doen ons daaraan?Ek is geseën met die wonderlikste "werk" in die wêreld, as ek dit so kan noem. Ek doen daagliks werk wat my met absolute vreugde vervul, wanneer ek, 365 dae per jaar, die goeie nuus van Jesus met jou en mense wêreldwyd deel. Dis waarvoor ek gemaak is.Maar sommige dae voel ek ook sommer mistroostig. Miskien is ek 'n bietjie van stryk af; ek ervaar spanning as gevolg van my kleindogter se stryd teen kanker en soms ook as gevolg van die skryf- en produksie-sperdatums van die FRESH-boodskappe. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is absoluut versot op wat ek doen, maar die lewe is nie aldag vir my en vir jou maklik nie.Ons het die afgelope paar dae gepraat oor die wonder en die vreugde van die opstanding van Jesus Christus. En met Paassondag net twee dae gelede, behoort ons tog nog steeds daardie vreugde te ervaar, nie waar nie? Maar hoe verbind jy dit met die realiteite van jou lewe, al die dinge waarmee jy vandag te doen het?1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)Wanneer jy in Hom glo, gee Christus se opstanding jou 'n oorvloedige gawe; 'n kwytskelding, 'n nuwe lewe om van nou af te leef ... te leef tot in ewigheid. En dit, my vriend, is die geheim: want... Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het.Te midde van alles wat in jou lewe aangaan, kan jy vashou aan daardie hoop. Dit leef elke minuut van elke dag in jou hart. Dit sterf nooit, want in Christus is dit 'n lewende hoop.En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur God Verander

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 7, 2026 3:05 Transcription Available


Send a text2 Korintiërs 3:17-18 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. As jy sou terugkyk na hoe jy as persoon, oor die afgelope vyf of tien jaar verander het, sou jy kon aflei dat jy vandag beslis ‘n beter mens is, as wat jy destyds was?Wat beteken dit om 'n beter mens te wees? Miskien het jou selfsug plek gemaak vir vrygewigheid, jou trots vir nederigheid, jou woede vir vriendelikheid. Miskien het jy groter empatie vir ander; miskien help jy hulle, miskien vergewe jy hulle, selfs wanneer hulle dit nie verdien nie. Miskien glimlag jy meer as wat jy frons.Dit wil gedoen wees, nè? Maar dit maak nie saak hoe hard ons daaraan werk om 'n "beter mens" te word nie; is dit moeilik om diepgewortelde houdings en gedrag te verander. Dis amper soos om 'n ernstige siekte te hê en jouself te probeer dokter, in plaas daarvan om na 'n dokter toe te gaan.Daar is natuurlik 'n ander manier; daardie Dokter is Jesus. Laat die groot Geneesheer toe om die geneser van jou hart te wees. Hier is hoe die apostel Paulus dit stel:2 Korintiërs 3:17-18 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.Billy Graham verduidelik dit met hierdie woorde van wysheid: Slegs God kan ‘n mens onselfsugtige liefde vir ander gee, wanneer die Heilige Gees jou van binne verander. Dit is waarom jy Christus moet aanneem; want sonder sy Gees kan jy nooit van die kettings van selfsug, jaloesie en onverskilligheid bevry word nie. Vra jouself af: Sal ander mense Christus se liefde vandag in my lewe sien?Laat Jesus jou verander, van binne af na buite toe.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit Tyd vir Huisskoonmaak

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 16, 2026 2:52 Transcription Available


Send a textPsalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.Het jy ook sulke klein ou dingetjies in jou lewe wat pla en jou sommer ongemaklik en moeg laat voel? Ek praat nie van groot en pynlike dinge wat jou lewe ontwrig nie; maar daardie gevoel van ongemak wat jou permanent gespanne en omgekrap laat voel.Neem byvoorbeeld jou slaap. Jy kan vir 'n rukkie, selfs vir jare, met onvoldoende slaap klaarkom; totdat jy op ‘n dag besef dat dit tot stres, hoë bloeddruk, selfs suikersiekte en hartsiektes bydra. En jy weet dat, tensy jy iets daaraan doen ... dit jou sal doodmaak.Dieselfde geld vir die woelinge wat in jou hart aangaan; die dinge wat emosioneel en geestelik skadelik is en die dinge wat verhoudings belemmer. Neem byvoorbeeld chroniese woede. Dink jy dis goed vir jou vrede, jou huwelik en selfs jou verhouding met God?Dawid het met die probleem van wellus geworstel. Hy het egbreuk gepleeg en selfs ‘n man laat doodmaak sodat hy die ou  se vrou in die hande kon kry. Sy lewe was op 'n afwaartse pad ... totdat hy tot sy sinne gekom het en hierdie gebed gebid het:Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.Wat is daar in jou lewe wat jou van vrede en blydskap beroof? Miskien is vandag die dag vir jou om tot jou sinne te kom. Miskien is vandag die dag vir jou om huis skoon te maak.Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastigDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hou Vas aan die Goeie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 21, 2026 3:14


Send us a textRomeine 12:9 Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is. (NLV) Ons het elke dag baie belangrike keuses om te maak. Dis nogal moeilik. Hoeveel eenvoudiger sou dit nie gewees het om die maklike pad te kies, eerder as die heilige een nie? Om selfsug, woede, oneerlikheid en wraak te kies, eerder as 'n opregte liefde vir ander, en 'n begeerte om genade te bewys?In die 17de eeu gedurende 'n wrede tyd van slawehandel en koloniale verowering, het Koningin Nzinga van Ndongo en Matamba (die huidige Angola) regeer. Portugese invallers het haar mense as slawe weggevoer. Verraad het van alle kante af gekom.Dit sou maklik gewees het om wraak te neem, maar Nzinga het vryheid vir die gevangenes beding, wegloperslawe beskerm en hulle na Christus gelei. Alhoewel sy 'n kryger en 'n vegter was, het sy genade bo wraak gekies. In 'n wêreld waar mag so belangrik was, het sy nietemin geglo dat genade steeds magtiger as mag moet wees.Wanneer ons met die kwaad gekonfronteer word, is ons natuurlikste reaksie: haat, straf en wraak, nie waar nie? En tog weet ons intuïtief dat Koningin Nzinga ‘genade' verstaan het. Romeine 12:9 Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is. (NLV)Drie kort sinne wat so baie sê. Wanneer ek en jy moeilike situasies met 'n opregte liefde benader, gebeur daar twee dinge. Eerstens, kry ons die moed om onwrikbaar vas te staan teen die verkeerde dade, sonder om die skuldiges, te haat.Tweedens, tree ons onbaatsugtig op, hoe moeilik dit ook al mag wees. En daardie goddelike goedheid, gebore uit opregte liefde en 'n haat vir die verkeerde, verander alles.Miskien leef ons in 'n wêreld waar mag belangrik is. Maar die waarheid is, dat om te doen wat goed is, is nog magtiger!Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

HRCO Potgooi Preke
Leef en Droom God se Droom deur Profetiese Openbaring

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jan 18, 2026 77:42


Ons almal droom—van 'n beter lewe, meer sukses, groter invloed en erkenning—maar die meeste drome bly net drome, as jy nie die werk insit om 'n droom te verwesenlik nie.  Baie drome is egter net selfsugtige ambisie is en nie roeping nie. Daar is 'n wêreld se verskil tussen om jou eie droom na te jaag en om God se droom te leef: ambisie bou 'n naam, roeping bou 'n nalatenskap. Ambisie vra wat ek kan kry; roeping vra wat ek kan gee. Miskien voel jy vandag soos Josef in die put, of in kettings, of soos Jesus in Nasaret—ongesien en onderskat. Maar hoor dit: God se droom vir jou lewe is groter as jou huidige seisoen; sy woord oor jou is sterker as jou omstandighede; sy roeping is dieper as jou eie ambisie. Moenie net jou drome droom nie—droom God se droom, en leef dit met geloof, gehoorsaamheid en heilige oorgawe.www.harvestercederberg.co.za/droom-die-here-se-droom-deur-profetiese-input/

God se Woord VARS vir jou Vandag
Asem Diep in

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 29, 2025 2:45 Transcription Available


Send us a textKlaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek. Ek is in hierdie paar dae aan die einde van ‘n ou jaar nogal geneig om ‘n bietjie nostalgies te voel en te peins oor die jaar wat verby is, voordat ek my gedagtes kan fokus op die jaar wat voorlê. Dit lyk net altyd vir my na so 'n natuurlike ding om te doen.Ek het gevind dat ek skuldig voel oor die dinge wat ek oor die afgelope twaalf maande gesê en gedoen, of nie gesê en nie gedoen het nie. Het jy ook sulke klein jakkalsies wat aan jou wingerd knaag? Miskien verwyt ons onsself oor die gevolge van ons dade; miskien dink ons ons is in sommige opsigte stief behandel, maar miskien is vandag nie so 'n slegte plek vir ons om 2025 se blaadjie om te slaan nie. Dit word algemeen aanvaar dat dit Jeremia is wat hierdie woorde vir Israel gesê het tydens 'n besonder moeilike tyd in hulle geskiedenis:Klaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.Dit is 'n goeie ding vir elkeen van ons om hand in eie boesem te steek en ‘n bietjie te dink aan waar ons gefaal het; waar ons afgedwaal het; en natuurlik watter foute ons beslis nie in die nuwe jaar weer wil maak nie.Kom ons begin vandag met ‘n skoon bladsy: Ons vermy die slaggate van die verlede; ons neem slim besluite.So, haal almal diep asem. Skep nuwe moed.Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (3)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 3:11 Transcription Available


Send us a textLukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Enige vrou wat al ooit geboorte gegee het, weet dat dit ‘n pynlike en emosionele ervaring is om 'n nuwe lewe in hierdie wêreld te bring. En hoewel God vroeg reeds vir Adam en Eva sy rede daarvoor gee, maak dit die proses nie makliker nie.Die meeste mense, ken die storie van die fees wat ons op die 25ste Desember vier. Of hulle dit glo of nie, is ‘n ander saak. Maar hulle het beslis gehoor dat God na bewering menslike vorm aangeneem het, toe Hy meer as tweeduisend jaar gelede in 'n stal in Bethlehem gebore is. En hoewel Kersfees deesdae hoofsaaklik in 'n groot kommersiële uitbuiting verander het, is daardie wonderlike waarheid steeds, vir ons wat glo, ‘n werklikheid.Miskien het jy al dikwels Kersfees gevier. Jy ken die storie al te goed; jy het miskien al dikwels die Kersliedere gesing, en miskien het hierdie wonderlike waarheid van Christus se geboorte net 'n bietjie te veel van ‘n tradisie geword. Maar my vriend, staan asseblief terug en kyk weer na hierdie waarheid – dat dié God wat die heelal geskep het, wat dit alles vir sy eie glorie instandhou, gekies het om 'n mens te word. Is dit nie opwindend en verruklik nie? As ons mooi na die omstandighede van Jesus se geboorte kyk, word dit heeltemal merkwaardig. Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Jesus Christus, ons Here, is nie in ‘n koninklike paleis in gemak of glans gebore nie, maar in 'n stal. Dink vir een oomblik terug aan die ware omstandighede; dit, wat vir jare al as ‘n romantiese Kerskaartjie-toneel uitgebeeld word. Ek wonder hoeveel mense, selfs 2 000 jaar gelede, in stalle gebore is? Ja, die Koning van konings het as 'n gewone burger na die aarde gekom ... vir gewone mense soos ek en jy, om ons te red, om ons lewens vir ewig te transformeer. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 3:19 Transcription Available


Send us a textLukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” Tel jy ook die dae? Net tien dae tot Kersfees. Soveel om gereed te kry, soveel om afgehandel te kry... Of is jy dalk een van daardie mense wat hul Kersinkopies tot op die laaste oomblik uitstel? Hoe lyk dit - hoekom verbaas jy jouself nie vanjaar en begin liewer vroegtydig beplan voordat dit ‘n gejaag afgee nie..Kersfees kan vir party mense 'n uiters ontwrigtende tyd wees en vir ander ‘n wonderlik betekenisvolle tyd. Dit hang af van wat jou omstandighede is, waar jy woon en hoe jy dit hierdie jaar gaan vier. Dis miskien vir jou ‘n omwenteling van jou daaglikse roetine, maar daardie afwagting en voorbereiding het die potensiaal om groot seën te bring.As dit op een of ander manier jou aanloop tot Kersfees beskryf, kom ons kyk wat Maria soveel jare gelede, in hierdie tyd moes beleef het:Lukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”Nouja, dis vir ons baie lekkerder om op die tweede helfte van daardie bekende vers te fokus; die deel wat vertel dat die Seun van God na hierdie wêreld sal kom vir jou en vir my. Dis mos sensasionele nuus! Maar kan jy dink watter onverwagte ontwrigting dit in Maria se lewe sou veroorsaak? Hier ontvang sy die nuus van ‘n skandelike, onbeplande, ongehude swangerskap...Miskien beleef jy spanning in hierdie laaste paar dae ter voorbereiding van Kersfees. Miskien word jou lewe ook ontwrig. Miskien is dinge nie heeltemal so gemaklik nie. Maar so dikwels doen God sy magtigste werk wanneer dinge ongemaklik en ongerieflik lyk. Maar onthou die goeie nuus: Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur jou Eie Mense Verwerp

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 13, 2025 2:45 Transcription Available


Send us a textLukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan. Verwerping is ‘n verskriklike ding. Maar ek kan jou eerstehands vertel dat wanneer jy deur diegene ná aan jou verwerp word, is dit verwoestend. Woorde kan nie beskryf hoe dit voel wanneer diegene naaste aan jou, die mense op wie jy vertrou, jou in die rug steek en jou bloeiend langs die pad laat lê nie. Miskien weet jy waarvan ek praat? Wat dit erger maak, is wanneer diegene ná aan jou – jou familielede, werkskollegas, mense in jou eie gemeenskap – jou verwerp omdat jy doen wat goed en edel is.‘n Mens kan dit immers verstaan dat mense jou verwerp wanneer jy iets regtig aaklig doen. Maar, die pyn is ondenkbaar wanneer jy net jou beste gedoen het en hulle jou steeds verwerp. Kan enigiemand dit verstaan? Verstaan God selfs?Die eerste ding wat Jesus gedoen het tydens sy openbare bediening, was om in die sinagoge in Nasaret, sy tuisdorp, te preek. Aanvanklik was mense ontsteld oor wat Hy gesê het. Hulle het teen Hom gedraai en wou Hom selfs vermoor.Lukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.Niemand – nie eens 'n familielid – het opgestaan om Hom te verdedig nie. Die mense het selfs probeer om Hom van ‘n krans af te gooi om Hom dood te maak. Miskien sal jy eendag deur jou eie mense verwerp word omdat jy in Jesus glo. Miskien was jy reeds in so ‘n situasie?As, en wanneer dit gebeur, onthou net dat Jesus daar is. Hy verstaan hoe dit voel. Vertrou Hom.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Jesus vir Ander

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 10, 2025 2:55 Transcription Available


Send us a text1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het. Wanneer jy die woord "gehoorsaamheid" hoor, wat kom dadelik by jou op? Miskien 'n lastige gevoel van ‘n verpligting wat op jou geplaas word? Herinneringe aan 'n streng opvoeding? Daardie moeilike baas by die werk? Ek dink vir die meeste van ons het daardie woord, “gehoorsaamheid,” ‘n negatiewe konnotasie.Hoe negatief dit ook al aanvanklik mag lyk; gehoorsaamheid het 'n ongelooflik positiewe invloed. Wie weet hoeveel lewens elke dag gespaar word, net omdat gewone mense soos ek en jy die padreëls gehoorsaam?Laat ons 'n bietjie dieper delf wanneer God ons beveel om Hom te gehoorsaam, voordat ons dit sommer net verwerp.1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.En hoe het Jesus geleef? Hy het die geringstes in die samelewing liefgehad; Hy het teen die godsdienstige skynheiliges opgestaan; Hy het mense aangemoedig; Hy het mense vermaan en Hy het Homself vir ons geoffer.Soveel "Christene" is Sondag-Christene en leef van Maandag tot Saterdag sonder die Here. Dietrich Bonhoeffer, die bekende Duitse geestelike wat vir sy geloof gemartel is, het gesê: Een daad van gehoorsaamheid is beter as honderd preke. En C.S. Lewis het gesê: Gehoorsaamheid is die sleutel wat elke deur oopmaak.Leef soos Jesus as jy ‘n betekenisvolle lewe wil lei. Gehoorsaam Hom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Beslis Te Besig!!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 2:46 Transcription Available


Send us a textLukas 10:39-42 Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” Het jy al opgelet hoe besig mense deesdae is? Om net 'n afspraak met 'n ou vriend te reël, is deesdae ‘n uitdaging! Teen die tyd dat julle twee se dagboeke gekoördineer is, is drie maande verby. Net om dan te vind dat jou vriend die week voor die tyd, die afspraak kanselleer.Weet jy: die manier waarop iemand jou in hul skedule inpas, sê baie oor wat hulle van jou dink. Maar, aan die anderkant weerspieël die manier waarop jy die ander persoon in jou skedule inpas – selfs of jy op hul boodskappe of e-posse reageer – baie oor wat jy van hom dink. Terwyl jy hierdie belangrike saak verwerk, hier is nog 'n gedagte. Ten spyte van sy populariteit; ten spyte van die skares mense wat om Hom saamgedrom en soveel van Hom geëis het, het Jesus nooit haastig gelyk nie. Hy het nooit 'n geleentheid om verhoudings te bou, ter wille van dinge wat gedoen moet word, opgeoffer nie.Lukas 10:39-42 Marta het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”Vra jouself af, wie jy te besig is om in jou skedule in te pas? Miskien is dit tyd om hom te bel.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Weet Dan Nou Verseker!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 2:51 Transcription Available


Send us a textDeuteronomium 7:9 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam, Jy kan absoluut 100 % seker wees van iets – dood, doodseker – tot ‘n bal jou uit die skeelkant tref; jou heeltemal onkant betrap en jou alles waarvan jy eens so seker was, laat bevraagteken.Die waarheid is dat ons baie dinge as vanselfsprekend aanvaar – ons gesondheid, byvoorbeeld. Alles gaan goed. Nouja, miskien voel jy nie heeltemal honderd persent nie, maar jy voel redelik seker dat jy vandag, môre, die volgende dag oukei sal wees.En dan skielik gebeur daar iets. Miskien is dit 'n hartaanval (soos met my gebeur het), of 'n beroerte, of kanker, of iets anders wat nie net 'n wolk van onsekerheid oor jou toekoms gooi nie, maar jou hele lewe omverwerp. Ons kan soveel dinge as vanselfsprekend aanvaar, maar daar is in werklikheid baie min dinge waarvan ons régtig seker van kan wees. Maar hier is een ding wat verseker absoluut rotsvas staan: Deuteronomium 7:9 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam,'n Verbond is 'n onverbreekbare kontrak wat deur God opgestel en in die bloed van Jesus, sy Seun, onderteken is. As jy jou geloof, jou vertroue in enigiets, of in enigiemand gaan plaas, plaas dit in Hom, eer Hom met jou lewe ... want Hy sal sy verbond, sy kontrak, sy belofte van die ewige lewe met jou en diegene wat na jou kom, hou.“Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Van Aangesig tot Aangesig met God

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 19, 2025 2:53 Transcription Available


Send us a textOpenbaring 22: 3-4 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Dis Sondag. Ek weet nooit of dit vandag die einde van jou week, of die begin van jou nuwe week is nie! Ek hou daarvan om aan Sondag te dink as die laaste dag van my week, voordat ek Maandag weer met ‘n splinternuwe week begin. Kan ek iets bemoedigends, iets ongeloofliks met jou deel om jou week mee af te sluit?Wel, of jy dit bemoedigend vind; en of jy dit wonderlik vind, hang af van wat jy glo met jou gaan gebeur sodra jy jou sterflike dop afskud!Ek het ‘n rukkie gelede 'n nare e-pos ontvang. Dit was vol vloekwoorde en beledigings van ‘n persoon wie se vriend hom vir die grap op ons Christianityworks se poslys ingeskryf het. "Ek haat hierdie godsdienstige gemors," het hy geskryf. Ag nou ja, ek vermoed hy sal nie bemoedig word deur wat ek nou gaan deel nie, maar ek bid dat jy wel bemoedig sal wees!Die apostel Johannes beskryf die visioen wat God hom gegee het van hoe die hemel sal wees:Openbaring 22:3-4Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.Miskien klink dit 'n bietjie bonatuurlik, maar hier is die gevolgtrekking: Niks wat boos of skadelik is, sal daar wees nie. God en Jesus sal egter daar wees, en diegene wat in Hom glo, sal vir ewig van aangesig tot aangesig by Hom wees, en Hom aanbid. Daar sal geen pyn meer, geen siekte meer, geen trane meer, geen boosheid meer wees nie. Net die wonder van 'n ewigheid in die Teenwoordigheid van God ... vir ewig en altyd en altyd.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Ons Moet Almal Gereeld Herinner Word

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 16, 2025 3:07


Send us a textPsalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. Hoe ons onsself sien, het 'n massiewe impak op ons lewens. Dink net aan die stories wat ons vir onsself vertel oor waar ons in die groter prentjie inpas; die vergelykings wat ons tussen onsself en ander tref en hoe ons oor ons vorige mislukkings en huidige swakhede dink. Ja, dit beïnvloed ons vlak van geluk, dit is deurslaggewend in ons verhoudings en dit bepaal ook in watter mate ons ons potensiaal bereik. Stem jy nie saam nie?As ek 'n Rand gehad het vir elke keer wat ek nie na my ouers geluister het nie; elke keer wat ek hulle teleurgestel het; elke keer wat ek nagelaat het om hulle te eer - sê ek vir jou, ek sou ‘n ryk man gewees het! Wat van jou? Maar, kan ek jou vertel dat, ten spyte van my gebrek aan respek en my swak gedrag van toentertyd, wou my 93-jarige moeder op haar sterfbed, net vir een persoon sien, vir my.Al was sy amper twee weke bewusteloos, het sy op die dag voor haar dood haar bewussyn herwin en na my gevra. Dit laat ‘n mens regtig weer ‘n keer mooi dink aan die krag van liefde, en vergifnis nè?Wanneer ons van dag tot dag voortgaan om so verskriklik op onsself te fokus; óf ons nou goeie dinge doen, óf foute maak; en of ons besluit hoe goed of sleg ons teen ander afsteek, en waar ons nou eintlik op die leer van belangrikheid inpas; is dit so maklik om die liefde wat ons omring, uit die oog te verloor.Koning Dawid getuig dat God getrou gebly het, ten spyte van die verskriklike foute wat hy gemaak het:Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.Weet jy, ek dink God se vergifnis en getrouheid is iets waaraan ons almal gereeld herinner moet word. Miskien is jy iewers op jou lewenspad deur iemand verwerp? Of miskien voel jy dat jy nog nooit heeltemal jou volle potensiaal bereik het nie? Maar onthou dit:Here, U is goed vir al u kinders wat tot U bid. U vergewe maklik. U het u kinders baie lief. As hulle na U roep om hulle te help, antwoord U gou.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Besondere Transformasie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 14, 2025 3:08 Transcription Available


Send us a textMarkus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Kom ons kyk vandag na die verskil tussen arrogansie en nederigheid. Hulle is wêrelde van mekaar verwyder, nè? Dink ‘n bietjie mooi – hoe sien ander jou? Is jy arrogant of nederig of êrens tussenin?Dis moeilik om in ons moderne tyd aan 'n meer dramatiese transformasie van arrogansie na nederigheid, as in die lewe van Nelson Mandela, te dink.Mandela was eens 'n vurige, militante leier wat geglo het dat gewapende weerstand die enigste manier was om apartheid te beëindig. Die sewe-en-twintig jaar in die tronk, waar hy volgens sekere bronne tot bekering gekom het, het hom nederig gemaak en hom geduld, vergifnis en die krag van versoening geleer.Toe hy vrygelaat is, het hy vrede bo wraak gekies en met alle mense saamgewerk om Suid-Afrika te verenig en homself nooit bo die gereg gestel nie. As president het hy met nederigheid gelei en nasionale genesing bo enige persoonlike wrokke geprioritiseer. Sy transformasie van 'n uitdagende rewolusionêre jong man na 'n wyse, deernisvolle leier het hom een van die geskiedenis se grootste staatsmanne gemaak.Mandela se verhaal wys net hoe nederigheid óór arrogansie triomfeer. En kyk wat het Jesus vir sy dissipels geleer:Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”Hoe dikwels verlang ons heimlik daarna om koning te kraai – sodat óns begeertes, óns behoeftes, óns gerief en óns perspektief voorrang bo almal s'n sal geniet? Ek vermoed dit gebeur baie meer gereeld, as wat ons wil erken.Miskien, moet ons almal ‘n bietjie kyk na ons houding, ons verhoudings en ons gedrag teenoor ander. Dalk sien ons in die proses 'n paar geleenthede om te herdefinieer wat dit beteken om eerste te wees.Jesus spel die "eerste plek" baie duidelik uit, nè? Dis daardie plek waar ons die heel laaste en almal se dienaar moet wees.”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Waarop Vertrou Jy?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 10, 2025 2:42 Transcription Available


Send us a textFilippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Sou dit nie wonderlik wees as jy met oorwinning en 'n stil, rotsvaste, sterk vertroue deur al die lewe se hoogte- en laagtepunte kan leef nie? Ja, my vriend, dink net hoe goed dit sal voel om 'n vrede, wat alle verstand te bowe gaan, te hê, wanneer groot, lelike, vreesaanjaende, gevaarlike dinge jou bedreig. Sou dit nie fantasties wees nie?Dit klink amper te goed om waar te wees. Miskien klink dit amper onmoontlik as jy dink aan al die dinge wat jou bedreig.Ons het 'n vriendin wat sukkel met kanker wat deur haar hele liggaam versprei het. Sy ondergaan allerhande behandelings. Soms klink sy swak en moeg. Dis te verwagte. Maar daar is 'n blywende veerkragtigheid in haar stem en houding wat werklik verstommend is.Die apostel Paulus het dieselfde vaste geloof gehad toe Hy in 'n dodesel toegesluit was. Hy het gepraat van die verskriklike mense wat hom daar laat opsluit het, en tog, ten spyte van sy desperate omstandighede, het hy ‘n rotsvaste geloof in sy verlossing gehad:Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.Paulus se vertroue in God se genade; ons vriendin se vertroue; en my vertroue, kom van die wete dat God ons eendag deur ons geloof in Jesus uit hierdie deurmekaar wêreld sal lig, en dat ons ons ewigheid in heerlikheid saam met Hom sal deurbring.Dis ware vertroue. Dis ware vrede. En dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gawe van Vrygewigheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 5, 2025 2:47 Transcription Available


Send us a textHebreërs 10:24-25 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. (NLV) Ek hoop jy sal my vergewe as ek jou vandag 'n netelige vraag vra, maar … hoe vrygewig is jy? Nee, ek is ernstig, hoeveel van wat jy het en wie jy is, gee jy weg?Andrew Carnegie, die 19de-eeuse Skotse nyweraar, is arm gebore, maar hy het een van die rykste manne ter wêreld geword. Hy het geglo dat die rykes 'n morele verantwoordelikheid het om hul rykdom tot voordeel van behoeftiges te versprei.Hy het hierdie beginsel uitgeleef en miljarde dollar in vandag se geld weggegee en vervulling gevind in die hulp wat hy aan ander gegee het. Sy vrygewigheid het nie net die samelewing verander nie, maar dit het vir hom met 'n sin van doelgerigtheid geseën.Ek vermoed jy dink nou: Ag nee wat, ek is tog nie een van die rykste mense ter wêreld nie. Miskien sukkel jy selfs dalk om kop bo water te hou. Maar daar is soveel meer wat ons kan gee as net geld.Hebreërs 10:24-25 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. (NLV)Die gawe om mense aan te moedig is 'n onselfsugtige gawe van die sélf. Dit sal jou beslis iets kos, en tog kan dit letterlik die gawe van die lewe vir iemand anders wees – selfs van die ewige lewe! En wanneer jy daardie gawe gee, wanneer jy uitreik, volhard, liefhet, aanmoedig – sal jy ervaar hoe die seën van die Here ook op jou neerdaal.Ons moet aanhou om mekaar aan te moedig.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Spring Aan Die Werk!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 22, 2025 3:16 Transcription Available


Send us a textEfesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Ek is seker ons het almal al op ‘n stadium gedink: "Wel, ek is niks besonders nie. Ek het geen spesifieke vaardighede wat my bo ander laat uitstaan nie. Ek is redelik seker ek sal nooit iets wonderliks in die lewe bereik nie." Ja, soos hulle sê: Ék was ook daar, ek het dit ook gedoen; ek het ook die T-hemp gekry!Srinivasa Ramanujan is in 1887 onder baie arm omstandighede in Indië gebore. Sy pa was 'n eenvoudige klerk in 'n winkel. Hy het Sari's verkoop en sy ma was ‘n huisvrou. Hy het hom nie laat onderkry deur sy omstandighede nie en deur selfstudie in wiskunde, het hy die akademiese wêreld verbaas met sy briljante bydraes tot hoogs gespesialiseerde wiskundige teorieë. Ten spyte daarvan dat hy geen formele opleiding gehad het nie, het hy op sy eie, komplekse stellings ontdek, wat baie later deur kenners as korrek bewys is.Srinivasa se aangebore briljantheid het die aandag van die Britse wiskundige, G.H. Hardy, getrek. Deur hulle samewerking het Srinivasa erkenning ontvang as een van die geskiedenis se grootste wiskundige denkers. Wie sou dit nou ooit kon voorspel?Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.Tweede kanse in die lewe is maar skaars; en tog is 'n tweede kans in die lewe presies wat God aan enigiemand wat hul vertroue in Jesus stel, gee.Miskien sal ek of jy nooit een van die lysie van belangrike uitvinders in die geskiedenisboeke wees nie, maar ons moet beslis woeker met ons unieke gawes en vermoëns wat Hy aan ons gegee het! So, hoe Hy jou ook al gemaak het, wat ook al jou unieke "ding" is, selfs al lyk dit soos niemand anders s'n nie, onthou: God het jou gemaak wat jy nou is: in Christus Jesus het Hy jou geskep om jou lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy jou bestem het. Gaan voort daarmee!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Geskei van God

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 2:46 Transcription Available


Send us a textGenesis 3:23,24 Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. Nadat die Here God hulle uit die tuin verban het, het Hy gerubs oos van Eden aangestel om met 'n vlammende swaard, wat heen en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak. (NLV) Om vyande te maak, is nooit 'n goeie idee nie. Dit maak nie saak hoe kwaad jy vir iemand is oor hoe hulle jou behandel het nie; dit is ook nooit die moeite werd om bande te verbreek nie. En tog het ons dit sekerlik almal al gedoen. Ons het almal al verhoudings verwoes wat gered kon gewees het.Oor die afgelope paar dae het ons gesels oor die verskriklike gevolge daarvan om 'n vyand van God te maak ... nie omdat ek Hom as 'n nare ou man met 'n groot stok wil uitbeeld nie – Hy is immers ‘n God van liefde – maar omdat God se oordeel ‘n werklikheid is, want Hy is immers ook die God van geregtigheid.Gister het ons gesien dat God, nadat hulle aan Hom ongehoorsaam was, vir Adam en Eva uit die Tuin van Eden geskop het, wat beteken het dat hul lewens skielik 'n verskriklike wending geneem het. Miskien lyk dit na 'n wrede manier vir die God van liefde om hulle so te behandel, vir iets so oënskynlik onbenullig soos om 'n stuk verbode vrug te eet, maar kom ons lees verder:Genesis 3:23,24 Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. Nadat die Here God hulle uit die tuin verban het, het Hy gerubs oos van Eden aangestel om met 'n vlammende swaard, wat heen en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak. (NLV)Ongehoorsaamheid aan God is nooit ‘n nietige saak nie. Maak vandag erns met hierdie waarheid, want môre het ek goeie nuus vir jou. Goeie Nuus. Maar vir vandag, wil ek jou aanmoedig om hierdie waarheid diep in jou hart te laat insink. Geen sonde is ooit nietig nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Gevolge – Altyd Gevolge

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 18, 2025 2:53 Transcription Available


Send us a textGenesis 3:17-19  Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om 'n bestaan daaruit te maak. Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet. Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word.” (NLV) Iets wat ek nog nooit verstaan het nie, is hoekom mense in misdaad betrokke raak, terwyl hulle vooraf weet dat daar gevolge vir hulle dade kan wees. Hulle dade het gevolge: minstens gevangenisstraf of selfs baie erger straf. Verstaan jy dit? Ek kan nie. Hier's die oplossing tot daardie raaisel! Die finansiële omset van georganiseerde misdaad wêreldwyd word beraam op meer as 2 triljoen Amerikaanse dollar per jaar. Die Globalised Organised Crime Index het onlangs berig dat 83% van die wêreld se bevolking in gebiede met hoë kriminaliteit woon.Dis verstommend ... maar dit is sekerlik die rede. Dit draai alles om die geld. En nog erger, hierdie groot kriminele ondernemings lyk asof hulle sonder gevolge opereer en jaar na jaar tallose lewens vernietig.Kom ons praat openlik. Miskien ken jy mense wat korrup optree, mense wat oneerlik is, of mense wat ander mense afgryslik behandel en lyk asof hulle daarmee wegkom... Maar toemaar, kierankies sal braai - hulle sal nie vir ewig daarmee wegkom nie. Dis die les wat Adam en Eva in die Tuin van Eden ontdek het toe hulle aan God ongehoorsaam was.Genesis 3:17-19 Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om 'n bestaan daaruit te maak. Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet. Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word.” (NLV)My vriend, God het jou lief, maar onthou … God sien, en vroeër of later sal daar gevolge wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Laat dit aan die Here oor

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Sep 4, 2025 6:07


Miskien kan jy daarmee identifiseer? Om regtig die Here met ʼn saak te vertrou en dit nie weer terug te neem nie, bly ʼn uitdaging.

laat miskien
God se Woord VARS vir jou Vandag
Gebruik Dit Met Oorleg

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 23, 2025 2:56 Transcription Available


Send us a textEfesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.Ek weet nie van jou nie, maar elke nou en dan stop ek om te dink oor hoe lank ek nog op hierdie aarde oor het. Miskien is dit net my grys hare, maar ouderdom het niks met die prys van eiers te doen nie. Nie een van ons het ‘n idee van wanneer ons die weg van alle vlees sal gaan nie. So, hoe gaan jy jou tyd wat jy oor het, deurbring?As jy daaroor nadink, is tyd die enigste bate wat jy spandeer sonder om te weet wat die balans is. Tog mors ons so baie daarvan op nuttelose dinge. Sommige mense spandeer elke week ure en ure op sosiale media.Ek het onlangs 'n paartjie ontmoet wat 'n 169-dag-om-die-wêreld-bootvaart bespreek het. Dit klink heerlik en daar is niks verkeerd met bootvaarte op sigself nie, maar hierdie mense is so vol lewe en hulle het soveel om te bied. Is dit regtig die beste gebruik van hulle tyd wat oorbly? Ek vra maar net. Dit is dalk slim om onsself af te vra: Wat wil ek met die tyd wat vir my oorbly, doen? Watter impak wil ek nog maak? Watter mense wil ek liefhê, help en koester? En hoe balanseer ek dit met die rus en ontspanning wat ons almal nodig het?Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.Wat sê God vandag vir jou in jou situasie, in jou konteks? Wat beteken dit vir jou om wys, nie dwaas, te leef nie? Watter geleentheid het jy om in hierdie bose tyd goed te doen? Kom nou, wat sê God vir jou?Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Probeer Altyd Eers Verstaan

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 18, 2025 2:42


Send us a textEfesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Dit spreek vanself dat ons vriendelik teenoor mekaar moet wees. Dis absoluut voor die hand liggend, nè? Maar hoe kry jy dit reg? Hoe bly jy koelkop sonder om te sê wat jy dink wanneer iemand jou irriteer? En hoe kry jy dit reg om nie deur 'n terloopse, onnadenkende gesigsuitdrukking jou afkeur teenoor iemand te toon nie? Sê my?Dis nie maklik nie, nè? Miskien is jy 'n meer verdraagsame mens as ek, maar ek is seker party mense irriteer jou ook soms, en dan is die versoeking groot om hulle, in die hitte van die stryd, kaalkop die waarheid te vertel. En kom ons wees eerlik, dit eindig nooit goed nie.Ja, my vriend, kyk wat sê Paulus in:Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.Goed, soos ek gesê het, dit is voor die hand liggend, maar hoe leef jy dit uit?Weet jy, daardie persoon wat jou mal maak; die een wat jou irriteer; die een wat jou te na kom, hulle het ook maar hul eie demone om te hanteer. Hulle het hul eie ongeneesde wonde uit die verlede, hulle eie stres en konflik in die lewe – net soos jy!Dis 'n snaakse ding, maar wanneer ons werklik probeer om hulle te verstaan; om te kyk waar hulle vandaan kom en hoekom hulle so optree, word dit baie makliker om niks slegs te sê nie. So kan jy die korrekte, opbouende woorde gebruik om hulle te bevoordeel en om hulle te help groei. Met ander woorde, probeer eers om hulle te verstaan ​​en dan om verstaan ​​te word.Dan sal dít wat jy sê, 'n seën wees vir diegene wat jou hoor.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Oorwinnings in Beproewings

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 11, 2025 3:05


Send us a textRomeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV) Die lyding en beproewings van die lewe kan soms net te veel word vir enige normale mens. Miskien is dit net die laaste paar druppels wat die emmer laat oorloop? Ander kere tref iets jou soos 'n tsoenami. Wat jou omstandighede op die oomblik ook al is; dit maak jou kapoet, of hoe?Die bediening van Smith Wigglesworth, die negentiende en twintigste-eeuse evangelis, is gekenmerk deur wonderbaarlike genesings, kragtige prediking en ‘n diep, diep geloof. En tog, het hy ten spyte van sy kragtige prediking en wonderlike genesingsbediening, self aan 'n paar uiters pynlike gesondheidsprobleme gely. Maar hy het ten spyte van sy eie swak gesondheid volhard. Hy het aangehou om te bedien, en aangehou om in goddelike genesing te glo.Sy dapper en rotsvaste geloof in God se krag inspireer tot vandag toe baie mense. So ... wat het hom aan die gang gehou? Hoe het hy dit reggekry om deur sy stryd te kom en ten spyte daarvan te seëvier?Romeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV)Wigglesworth het dit so gestel: God kan 'n persoon so met sy Gees vul, dat hy te midde van duisende probleme kan lag en glo.Kyk, ons kan nie ons stryd ontken nie; ons kan nie voorgee dat dit nie bestaan nie. Maar wanneer ons ons harte oopmaak vir die Heilige Gees; wanneer ons Hom toelaat om vir ons te oortuig van die waarheid van die groot heerlikheid wat vir ewig op ons wag; en wanneer ons Hom toelaat om ons tot oorlopens te vul, dan is vandag se stryd, in die konteks van die ewigheid, so klein en onbenullig dat ons inderdaad te midde daarvan kan lag en glo.Ja, natuurlik voel ons lyding nou vir ons oorweldigend, maar dit is niks in vergelyking met die groot heerlikheid wat vir ons gegee gaan word nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textFilippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. In die lewe wat net elke dag besiger en besiger word, is dit soms die moeite werd om selfondersoek te doen. Vra jouself af: hoekom het ek daardie ding gedink, gesê of gedoen? Hoekom het ek daardie negatiewe gedagtes oor my suster gehad? Hoekom het ek my huweliksmaat afgejak? Hoekom het ek geld gemors op daardie nuttelose artikel of speelding? Hoekom?Die rede waarom ek dit vandag met jou deel, is omdat ons te dikwels uit selfsug, en soms uit trots, dinge dink, sê en doen. Ja, my vriend, ons weet almal die gemiddelde mens is 'n ongelooflike selfsugtige wese.Dis aaklig! Een van die belangrikste dinge wat ons ons kinders van kleins af moet leer, is, om nie selfsugtig te wees nie. Want mettertyd soos hulle grootword – soos ons ook grootgeword het – verander daardie selfsug so maklik in 'n gevoel van trots.Wees eerlik. As jy dink aan jou hantering van diegene rondom jou, in watter mate het daardie twee karperde – selfsug en trots – jou gedrag beïnvloed? Miskien is dit tyd vir 'n realiteitstoets.Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.Hoe hanteer jy jou selfsug en trots wanneer dit moeilik is om jou emosies te beteuel? Hulle steek immers al te dikwels hul lelike koppe uit - veral wanneer jy onder druk is of wanneer jy selfs seerkry in die proses. Hoe, vra ek jou?Die antwoord is om vir ander om te gee. Stel ongeveins belang in wat in hulle lewens aangaan.Dit is snaaks hoe selfsug en trots verdamp, wanneer jy opreg omgee en opreg besorg is oor die behoeftes van ander.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Vol Selfvertroue in ‘n Donker Tyd

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 8, 2025 2:42


Send us a textMiga 7:8 “Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig. Onthou jy hoe jy as kind bang was vir die donker? Ja, en wanneer die duisternis oor jou lewe toesak, wil daardie emosie van vrees, wat jy destyds gevoel het, jou totaal ontsenu. Maar ek weet diep in my hart dat God jou wil gerusstel in hierdie donker tyd waardeur jy gaan.Irena Sendler was 'n Poolse maatskaplike werkster wat ongeveer twee en 'n half duisend Joodse kinders tydens die Holocaust gered het. Sy het hulle uit die Warskou-ghetto gesmokkel deur hulle in ambulanse, sakke, selfs kiste weg te steek.Sy het haar noukeurige rekords van die kinders se ware identiteit in glasbottels weggesteek en dit in 'n tuin begrawe in die hoop dat hulle eendag met hul gesinne herenig kan word.Sendler is uiteindelik gevang en wreed deur die Nazi's gemartel, deur beide haar bene en voete te breek. Maar sy het nooit enige inligting oor die kinders of haar kamerade bekend gemaak nie. Dit was voorwaar ‘n baie donker tyd in die geskiedenis!Byna drieduisend jaar tevore, gedurende nóg 'n verskriklike tyd in Israel se geskiedenis, het die profeet Miga hierdie woorde geskryf:Miga 7:8 “Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig.Ons het geen idee wanneer die volgende donkerte oor ons lewenspad sal toesak nie. Miskien is jy dalk nou in die middel van een? Maar ek weet dit: dat die God wat triljoene sterre geskep het, sal daar wees as jou Lig in daardie donker plek. Vertrou Hom! Plaas al jou vertroue in Hom!Jy mag dalk nou in die duisternis sit, maar die Here sal vir jou 'n lig wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textHandelinge1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Dit slaan my voete onder my uit wanneer iemand van wie jy dit nie in jou wildste drome verwag nie, iets briljants doen; iets heeltemal onverwags; iets wat niemand kon voorspel nie. Stem jy saam?Toe Susan Boyle in 2009 op die verhoog van die TV-program, "Britain's Got Talent" verskyn, het die gehoor gesug en hul oë gerol. Sy het eienaardig gelyk en eintlik nogal vreemd opgetree. Toe sy vir die beoordelaars sê sy wil 'n bekende sangeres word, het mense gegiggel.Maar, my mens, toe daardie tannie haar mond oopmaak en “I Dreamed a Dream” uit Les Misérables sing, het die gehoor en die beoordelaars ‘n ander deuntjie gesing. Sy het dit soos 'n superster gesing. Die nuus van haar optrede het soos ‘n veldbrand versprei, en meer as 600 miljoen mense het reeds haar optrede op YouTube gekyk. Absoluut merkwaardig!Net so het niemand ooit verwag dat 'n uiteenlopende, ongeletterde klomp vissermanne en tollenaars veel sou bereik, nadat hulle vir drie jaar lank in die geselskap van 'n skrynwerker gesien is nie. Maar Jesus het 'n plan vir hulle gehad wat groter was as enigiets wat enigiemand ooit sou kon dink. Voordat Hy hulle 'n laaste keer uitgestuur het, het Hy vir hulle gesê:Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”Dit is presies wat gebeur het. Hulle het in die krag van die Heilige Gees uitgegaan en die Evangelie verkondig. Volgens skatting is daar agt tot tien biljoen mense in die tweeduisend jaar sedertdien, wat hul harte vir Jesus gegee het.Jy is dalk net 'n gewone, onbelangrike persoon. Miskien dink ander mense selfs dat jy 'n bietjie eienaardig is. Miskien verwag hulle nie dat jy veel in die lewe sal bereik nie.Maar hulle sal verbysterd wees wanneer die Heilige Gees oor jou kom en jou krag gee. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a text2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Soos ons lewens al hoe meer gekompliseerd en besig raak, is dit nogal maklik om perspektief te verloor op dít wat ons geglo het; dít wat ons altyd as onwrikbaar waar beskou het. Ja, die dinge wat in die verlede regtig vir ons saak gemaak het, word verdring deur die dinge wat vandag soveel druk op ons plaas.In die vroeë 17de eeu was die Nederlandse matroos Pieter van der Linde en 'n paar van sy bemanningslede tydens 'n storm van die vloot geskei. Omdat hulle gedink het dat hulle naby die kus was, het hulle voortgeseil en nie besef dat hulle verder van die land af beweeg het nie. Hulle het dae lank op beperkte voorraad oorleef en gedink dat iemand hulle sal red, of dat hulle by die land sal uitkom. Hulle het eers, toe 'n Portugese vaartuig hulle opgemerk en gered het, besef in watter gevaarlike situasie hulle was.Dit was nie so ongewoon om tydens die sogenaamde 'Eeu van Ontdekkingsreise' te verdwaal nie. Die probleem was dat die matrose dikwels nie besef het hoe verlore hulle was, totdat hulle gered is nie. En dieselfde ding kan met ons gebeur. 2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is ongelooflik dat wanneer ons onbewustelik ver weggedryf het, dat ons eers dán besef dat ons besig is om op karige rantsoene te oorleef. Eers dan weet ons dat ons dors na … Jesus, om ons deur die Heilige Gees te red. Miskien is dit selfs wat tans besig is om met jou te gebeur?Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dis Waaroor Dit Gaan

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 3, 2025 3:02


Send us a textMatteus 22:37-39 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel' en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' Hoe vinniger die lewenstempo raak en hoe meer druk daar op ons is deur al die duisende dinge wat ons dag vir dag moet doen … hoe meer onbedagsaam, hoe meer transaksioneel en hoe meer ongevoelig word ons in ons optrede.Wat is iets wat jy dag vir dag outomaties doen? Miskien is dit om die kinders se middagetes te maak en hulle skool toe te neem? Of dalk ry jy elke dag dieselfde roete in dieselfde ellendige verkeer werk toe? Of wat van al die lastige e-posse wat jou aandag nodig het en wat net nooit ophou om in jou in-kassie te verskyn nie?Terwyl jy terugstaan en daardie herhalende, roetine-take objektief oorweeg; dink jy ooit aan die mense rondom jou, jou kinders, die ander bestuurders, diegene wat vir jou die e-posse gestuur het? Dit is so maklik, om daardie prul-takies te doen sonder om ander mense in ag te neem. En, as jy 'n gelowige is, vra jouself af: doen jy dit ook soms sonder om God in ag te neem?Op die vraag van die een of ander jong wetsgeleerde oor wat die belangrikste ding in die lewe eintlik is, het Jesus geantwoord: Matteus 22:37-39 ...“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.''Jesus stel dit so eenvoudig... moenie dinge kompliseer nie. Kom ons gaan terug na die basiese beginsels, na dít wat regtig saakmaak. Maar, my vriend, wanneer jy al daardie dinge in jou dag inprop, bly voortdurend bewus van God se teenwoordigheid.Ja, en pas daardie liefde toe: moenie jou humeur met die kinders verloor nie; moenie jou toeter vir die ander bestuurders blaas nie; en moenie vergeet om 'n woord van bemoediging by daardie e-pos te voeg nie.Wees lief vir God. Wees lief vir ander.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Herskryf jou Draaiboek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 23, 2025 2:46


Send us a textRomeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. As jy byvoorbeeld op tienjarige ouderdom ‘n draaiboek vir jou lewe geskryf het, wat sou daarin gestaan het? Wat sou jou ideale gewees het? Maar wag, die belangrikste vraag is sekerlik: is daardie drome verwesenlik?Ek dink dis redelik veilig om te sê dat dinge vir die meeste van ons nie heeltemal verloop het soos wat ons gehoop het nie. Want as enige een van ons op daardie ouderdom so ‘n draaiboek geskryf het, sou ons nooit die struikelblokke, die seerkry, die beproewings en die versoekings waardeur ons elkeen was, ingesluit het nie.Ons sou ook nie oor die berou wat ons oor ons vorige foute en die impak daarvan op ons lewens en die lewens van diegene vir wie ons lief is, kon geskryf het nie.Ongelukkig is die draaiboek wat baie mense vandag uitleef, op voortdurende selfveroordelende leuens gebaseer. En moenie dink dit gaan net oor sekere mense wat daarmee worstel nie. Ek ken 'n paar prominente, openbare figure, selfs ‘n paar Christene, wat hulself vandag nog verwyt en veroordeel oor dinge uit hul verlede wat hulle oor en oor beleef.Miskien het jou draaiboek steeds ook so 'n bietjie van daardie negatiewe verwyte uit die verlede wat by jou spook. Wel, ek het goeie nuus vir jou, baie goeie nuus. Jesus het gekom om jou vry te maak – heeltemal vry – van daardie veroordeling.Romeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.Ja, my vriend, Jesus het gekom om die draaiboek, van die ewige selfveroordelende leuens uit die put van die hel, wat ons lewens verwoes, heeltemal te herskryf. Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Geen!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Party Kerke is nie So Vriendelik Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 5, 2025 2:52


Send us a textJakobus 2:2-4 Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan 'n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of: “Kom sit hier op die vloer,” sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie? Ons mense is snaakse wesens – ja, hulle is beslis snaaks as dit kom by die aanvaarding van mense wat hulle nie ken nie. Dit is nogal ‘n bewys daarvan dat ons groepswesens is. Ons vorm graag groepe en hou daarby. Dit is 'n goeie ding ... maar soms, laat ons eerlik wees, is dit ook nie so ‘n goeie ding nie.Was jy al ooit in ‘n nuwe skool, of nuut in een of ander sosiale omgewing? Miskien het jy pas 'n nuwe werk begin. Almal daar weet presies hoe die dinge werk. Almal ken die mense. Hulle is 'n groep … en jy moet nog touwys gemaak word. Jy wil deel word van die groep, maar dit is nie altyd maklik nie.Ek en my vrou is al verskeie kere deur die proses om deel van 'n kerkgemeenskap te word. En kan ek vir jou sê, sommige kerke is nie so vriendelik nie – dis hartseer, maar waar. Mense hou daarvan om in hul klieks te bly en soms kan hulle nogal veroordelend wees.Jakobus 2:2-4 Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan 'n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of: “Kom sit hier op die vloer,” sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?Die Britse apologeet Rebecca McLaughlin het onlangs getwiet, My man het drie reëls om mense in te skakel wanneer ons kerk toe gaan. 1. 'n Alleen persoon in ons byeenkoms is 'n noodgeval. 2. Vriende kan wag. 3. Stel 'n nuweling aan iemand anders voor. Kom ons wees almal vandag sendelinge by die kerk.Wees vriendelik. Wees verstandig.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textSpreuke 17:28 en 29:20 Wanneer 'n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.. Jy sien self daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink. (NLV) Sosiale media het vir mense 'n onmiddellike platform gegee om hul sienings aan die wêreld uit te basuin. Dis nou regtig nie iets nuuts nie, want mense skinder al vir jare lank oor die agterste heining met mekaar. Maar het jy agtergekom hoe die sosiale media gereeld mense wyd en syd heeltemal dom laat lyk? Hoe hulle ‘n krater van hulself maak, of soos ons sommer sê: hulle naam met ‘n plank slaan?Ek moet vir jou sê, ek hanteer sogenaamde 'feite' wat aanlyn gepubliseer word, met groot agterdog en met ‘n stewige knippie sout. Nie omdat ek van nature negatief of wantrouig is nie, maar omdat mense dikwels hul totaal ongegronde opinies as feite voorhou en daardeur talle mense van die wal af in die sloot in lei.Jy onthou dalk tydens verlede jaar se Olimpiese Spele toe die venynige opmerkings na Imane Khelif, die Algerynse bokser, geslinger is, omdat sy na bewering 'n transgender; ‘n biologiese man was, wat teen vroue meegeding het.Dit was vet op die vuur vir die sosiale media wat vinnig was om saam met die koor te sing. Tot al die lawaaimakers se verleentheid, sou dit later blyk dat sy nog altyd biologies ‘n vrou was, geen medikasie gebruik het nie en dat dit net negatiewe publisiteit was.Maar die ding wat my regtig pla, is wanneer Christene hulle met hierdie soort hul nonsens ophou en hulle sogenaamde ‘godsdienstige oortuigings' en in ander se kele probeer afdruk. Hierdeur bring hulle die Evangelie van Jesus Christus se liefde in oneer.Spreuke 29:20 Wanneer 'n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.Miskien, is die slimste om maar eenkant te sit en nie ‘n eiertjie te lê oor ‘n saak waaroor ons nie behoorlik ingelig is nie.Spreuke 17:38 Jy sien self daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink. (NLV)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vertrou op die Here

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 3, 2025 3:01


Send us a textJeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Stres, of die behoefte om daarvan ontslae te raak, is die nommer een behoefte in die samelewing vandag. Wat vertel dit ons oor die manier waarop ons ons lewens leef?Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek sal dit weer sê, want ek weet dat dit absoluut waar is. Terwyl druk onvermydelik is, is stres opsioneel.Druk kom van alle kante na ons toe - dis die lewe. Hoe ons daarop reageer is egter ons keuse. Die stresreaksie is maar een van die opsies, hoewel dit ongelukkig vir baie mense die enigste logiese opsie is.Ek verstaan dit heeltemal. Ek was ook in daardie posisie. Maar deesdae, wanneer ek vind dat ek instinktief die eerste paar treë op die ‘strespad' neem, is daar iets wat my keer om dit toe te laat om my lam te lê; iets wat veroorsaak dat ek omdraai en in die teenoorgestelde rigting gaan. Hier is dit:Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.God het my nog nooit, nie een keer al, teleurgestel nie. Hy het my deur moeilike situasies bygestaan. Hy het my elke keer deur die situasie aan die anderkant uitgebring op ‘n manier wat vir my baie beter en baie meer geseënd was; ‘n oplossing waaraan ek nooit eers kon dink nie. Dit maak nie saak hoe moeilik die probleem was; hoe desperaat ek was en hoe ondraaglik daardie tye was nie, op een of ander manier het Hy altyd daarin geslaag om vrug in my lewe te kweek.Die kragtigste teenmiddel vir stres wat aan die mensdom bekend is, is die betroubaarheid van God.Dié mens wat op die Here vertrou, sal geseën word.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Sabbatsrus van God

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 31, 2025 2:52


Send us a textGenesis 2:1-3 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het. Van al die dinge wat ons in die lewe ervaar; die goeie, die slegte, die lelike, almal van hulle... is daar een wat sonder ‘n sweempie van twyfel, die aangenaamste, een van die wonderlikste dinge ter wêreld is ... rus. Daar is niks so behaaglik as om jou kop saans na 'n lang, uitputtende dag op daardie sagte kussing neer te sit nie.Trouens, as jy daaraan dink, is rus absoluut noodsaaklik vir ons oorlewing. Jy kan nie aanhou funksioneer daarsonder nie. Jou liggaam sal uiteindelik aan die slaap raak, dit maak nie saak hoe hard jy probeer om wakker te bly nie. Trouens, lang tye sonder slaap sal jou uiteindelik doodmaak.Maar rus gaan nie net oor slaap nie. Ons moet ons emosies, ons verstand en ons liggame op talle maniere laat uitrus. Een of twee rusdae per week, weg van die werk af, 'n aangename wandeling in die bos, 'n vakansie nou en dan. Ons weet almal hoe belangrik daardie dinge is.En hoekom sê ons rus is belangrik? Dit was immers van die begin af God se plan.Genesis 2:1-3 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.Miskien dink jy ek het hierdie hele rus-ding oor die laaste paar weke te veel beklemtoon. Maar ons weet almal dat ons in 'n wêreld wat aan uitbranding ly, leef. 'n Wêreld waarin mense emosioneel, geestelik en fisies siek is; ‘n wêreld waarin huwelike uitmekaar val; ‘n wêreld waar kinders sonder liefde grootword; lewens gaan tot niet, bloot omdat mense die kuns van rus verleer het.God het die Sabbat geseën, Hy het dit afgesonder vir rus. Sy rus. Jou rus.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vereer die Here met Alles wat Jy Besit

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 23, 2025 3:02


Send us a textSpreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek gaan dit vandag weer sê, want dit is so ongelooflik belangrik. In hierdie lewe is druk onvermydelik. Stres aan die ander kant, is heeltemal opsioneel. Een van die grootste vorms van druk wat ons kan ondervind, is finansiële druk. Is jy gestres oor jou finansies?Jy kan deesdae skaars 'n koerant optel of na 'n nuusbulletin luister sonder om gekonfronteer te word deur finansiële druk waaronder so baie mense verkeer. Ja, hulle praat van inflasie, stygende rentekoerse en baie moeilike besluite wat geneem moet word. Mense voel desperaat wanneer dinge begin knyp.Daar was ook tye in my lewe wat ek eerlikwaar nie genoeg geld gehad het om kos vir volgende week te koop nie. Dit is 'n verskriklike gevoel. En namate sulke finansiële druk toeneem, namate jy dit aan jou lyf begin voel, hoe hoër styg jou stresvlakke. So, wat doen jy wanneer jy breekpunt bereik?Luister na die raad wat koning Salomo, aan sy seuns gegee het:Spreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.In 'n tyd toe dit broekskeur gegaan het met my finansies, was my eerste prioriteit om vir God se werk te gee, voordat ek enige ander uitgawes aangegaan het. Ek het nie veel gehad om te gee nie, maar ek het gegee.Nee, my vriend, my finansies het nie oornag magies verbeter nie. Die druk was steeds daar. Maar die stres het begin verdamp, want soos ek gesien het hoe God dag vir dag vir my voorsien, het my vertroue in Hom begin groei.Druk is onvermydelik. Stres is opsioneel.Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onberispelike Gedrag (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 20, 2025 2:50


Send us a text1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB) Ons leef sonder twyfel in 'n wrede wêreld. Ons sou graag byvoorbeeld wil glo dat slawerny lank gelede uitgeroei is. Maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum was daar in 2021 meer as 50 miljoen mense wêreldwyd wat in toestande van moderne slawerny geleef het. 50 Miljoen, kan jy dit glo!Die konsep van slawerny is onaanvaarbaar en tog het dit deur die geskiedenis algemeen voorgekom. Kyk wat sê hierdie Bybelvers:1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB)Dit klink snaaks, nè? Ek bedoel hoekom sal ‘n God van liefde nie aan die werkers se swaarkry dink, in plaas daarvan om vir hulle te sê om selfs slegte werkgewers te gehoorsaam nie? As God inderdaad God is, wat probeer Hy hier sê?Wel, in die eerste-eeuse Grieks-Romeinse wêreld was slawerny algemeen en baie vroeë Christene was in werklikheid slawe. Dit was dus ‘n sosiale realiteit van die tyd. Die Christene se doel was nie daarop gemik om slawerny af te skaf nie, maar hulle het eerder probeer om die lewens van gelowiges binne daardie bestaande sosiale strukture te transformeer.Miskien word jy op die oomblik onregverdig behandel. Miskien is dit nie in jou vermoë om jou omstandighede te verander nie. God se oproep hier, aan jou en my, is om in elk geval 'n goeie lewe te lei; om voorbeeldige gedrag te toon - dit maak nie saak wat jou situasie mag inhou nie.Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Wat is die waarheid?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 19, 2025 7:52


Wat is waar van ons land? Wat is ʼn perspektief? Miskien kan ons daaroor besin.

waarheid miskien
ToekomsVenster
ToekomsVenster | Hy is op die troon en in beheer

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 7, 2025 4:08


Miskien is jou lewe deurmekaar, maar die lied sê: “Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Here.”