Legislative capital of South Africa
POPULARITY
24 Augustus 2026: Die ANC oorweeg 'n voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt. Duisende onderwysposte is steeds nie gevul nie. Die Springbok-breier maak veranderinge aan die span vir die tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad.
Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend 'n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer 2 500 tot bykans 15 000 items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hierdie resultate toon 'n sterker fokus op verordeningstoepassing en misdaadvoorkoming:
Die GOOD-party sê die Madlanga-kommissie moet 'n permanente nasionale polisie-integriteitstribunaal word om korrupsie en beweerde verbintenisse tussen wetstoepassing en georganiseerde misdaad te ondersoek. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die kommissie het die waarde van oop ondersoeke bewys. Hy glo soortgelyke ondersoeke is nodig in Kaapstad, waar gemeenskappe lank reeds bekommerd is oor beweerde polisie- en bende-samewerking:
Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte lê teen die Noordwes-sakeman Suliman Carrim, nadat hy weer afwesig was. Hy is die eerste getuie wat verwys word na die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy getuienis is sedert April reeds vyf keer uitgestel en sy regsverteenwoordigers voer sy mediese toestand as rede aan. Getuienisleiers het sy afwesigheid bevraagteken nadat hy glo in Kaapstad gesien is besig om inkopies te doen. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het 'n onafhanklike mediese ondersoek gelas:
'n Opgrawings- en repatriasieprogram is tans in Kaapstad aan die gang om die oorskot van voormalige Namibiese Robbeneiland-gevangenes Simon Niilenge en Festus Nehale terug te besorg. Die direkteur van Nasionale Erfenis en Kultuur, Manfred !Gaeb, 'n senior lid van die afvaardiging, sê hul oorskot, insluitend ander voorvaderlike oorskot, sal aan Namibië terugbesorg word.
10 Augustus 2026: Die regering gaan sy pogings verskerp om bendegeweld in Reigerpark en Westbury in Gauteng hok te slaan. Die polisie ondersoek drie massaskietvoorvalle in Kaapstad, wat 11 lewens geëis het. Landbou-organisasies vra vir 'n dringende vergadering met Premier Foods oor die sluiting van sy Tulbagh-inmaakfabriek. Die president vra mans en seuns om vroue teen geweld en misdaad te beskerm.
Op zijn zeventiende tekende Arne Nilis een profcontract bij PSV. Bij Genk werd hij op dat moment als een groter talent gezien dan Kevin De Bruyne. Tien jaar later zat hij drie maanden in een afkickkliniek in Kaapstad, met schulden, een kapotte relatie en geld dat hij van zijn eigen grootmoeder had genomen.In deze aflevering vertelt Arne hoe een onschuldig gokje op zijn dertiende uitgroeide tot een verslaving die zijn carrière, zijn relaties en bijna zijn leven kostte. Over opgroeien als de zoon van Luc Nilis, over een topsportcultuur waar emoties als zwakte gelden, over een vader die met dezelfde verslaving worstelde, en over hoe hij vandaag met Beyond the Bet mensen begeleidt en op scholen het taboe doorbreekt.We hebben het ook over de andere kant: een gokindustrie waarvan het businessmodel draait op mensen die verliezen, streamers en influencers die het aan jongeren verkopen, en wat een overheid daar wél aan zou kunnen doen.Zoals altijd met de typische humoristische touch van Het Perspectief.Meer over Arne: https://www.beyondthebet.be Alle kanalen: https://linktr.ee/podcasthetperspectiefPraat erover. De DrugLijn 078 15 10 20 (ook voor gokken) · SOS Spelen 0800 35 777 · Zelfmoordlijn 1813.
Als je AI een beeldschone wereldstad zou laten ontwerpen, zou je vragen om iets meer realisme als ze met beelden van Kaapstad op de proppen zouden komen. Een stad aan een baai die aan alle kanten een enorme berg omhelst, dat kan nog. Maar die wijnvelden in de stad, die pinguïns op steenworp afstand, de chique boho-satellietdorpen aan de westkust én het perfecte mediterrane klimaat, moesten die nou allemáál? Als je dit ziet, wordt een verhaal over een keiharde stad met een duister verleden niet geloofwaardig. En daarom laten we er bij een nieuwe poging een afbeelding van een koloniaal fort bij plakken, een gevangeniseiland voor de kust, een hoop daklozen bij het Centraal Station en een reusachtige ovale blikvanger als symbool voor grootse sportambities op het wereldtoneel. Maar zelfs dan zou het nog geen recht doen aan de complexiteit van deze van oorsprong Nederlandse creatie. Welkom in Kaapstad, de Herberg van Twee Oceanen. Adverteren in deze podcast, een op maat gemaakte pubquiz als werkuitje of zoek je een andere samenwerking? Mail dan naar info@grotepodcastlas.nl.
4 Augustus 2026: Inwoners van Westbury in Johannesburg eis optrede teen bendegeweld. Opposisiepartye sê 'n leierskapskrisis dreig in die Noord-Kaapse kabinet ná die bedanking van nog 'n LUR. 'n Formele inter-regeringsgeskil is verklaar oor die afwenteling van polisiemagte na die Kaapse Metropolisie. Die gedrag van ouers by skolesportwedstryde onder die vergrootglas.
Nieu-Seeland se plaasvervanger-kaptein, Codie Taylor, sê hulle het geen illusies oor die uitdaging om die Springbokke as wêreldkampioene op 'n tuisveld aan te pak nie. Hy sal die span lei tot die gereelde kaptein, Ardie Savea, by die span aansluit voor die eerste toets op 22 Augustus teen die Springbokke op Ellis Park. Die All Blacks se toer van agt wedstryde skop Vrydag amptelik af teen die Stormers in Kaapstad. Taylor sê hulle weet dit gaan 'n moeilike toer wees, maar hulle is gereed:
Will Harris – uitvoerende hoof, Gmaven Volg RSG Geldsake op Twitter
3 Augustus 2026: Talle partye tree vandag tot die stryd toe in die hooggeregshof in Kaapstad om die grondwetlikheid al dan nie, van die Onteieningswet te bepaal. Voornemende kiesers het nog tot Vrydag om vir die verkiesing te registreer, aar baie kiesers sê hulle gaan wegbly van die stembus weens swak dienslewering.
Saturday Spin with DJ Ready D — Only on KFM 94.5 Buckle up — you're about to experience the freshest in Hip Hop, club bangers, street remixes, and global party trends, all with that unmistakable Kaapstad flavour. Hosted by Grandmaster Ready D, the Saturday Spin brings you feel-good hits, exclusive live mixes, and the infectious energy that unites Cape Town every weekend. Featuring guest DJs like DJ Azuhl on rotation, expect top-tier turntablism, local flavour, and sounds that keep the city moving. From the streets to the airwaves — Saturday Spin is where Cape Town connects, celebrates, and turns up. Every Saturday Only on KFM 94.5 — The Soundtrack to Your Weekend.
3 Augustus 2026: Rooivleisbedryfsdienste sê ‘n miljoen entstofdosisse teen bek-en-klouseer het reeds boere bereik. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor betoë aan oor die grondwetlikheid van die Onteieningswet. 'n Nuwe entstof bring hoop om die stryd teen TB te wen.
Geordin Hill-Lewis – burgemeester, Kaapstad Volg RSG Geldsake op Twitter
SANParke het ʼn duisend duine-spinasie-struike by die Boulders-pikkewynkolonie in Kaapstad aangeplant as deel van ʼn voortgesette veldtog om hulle habitat te herstel. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die saad is by Boulders geoes en by die Kaap die Goeie Hoop-kwekery ontkiem voor dit weer in die kolonie geplant is. Hy sê die struik is ʼn inheemse plant wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom:
27 Julie 2026: Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, word by die Madlanga-kommissie ondervra oor haar gevolgtrekking dat veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting gemanipuleer is. Ons praat oor die verskynsel van amptenare - soos Johnson - wat bedank voor hulle tot verantwoording geroep kan word. 'n Verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die DA-kandidaat-raadslid, Sinovuyo Dyokwe, sal na verwagting vandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.
24 Julie 2026: Die hooggeregshof in Kaapstad beveel dat die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee tydelik gestaak word. Suid-Afrika kry saam met Amerika se grootste handelsvennote straftariewe. Die olieprys stabiliseer onder $100 per vat.
Jean-Louis gesels met Nilson Coelho, die Nasionale Afrigter van Namibië se Brazilian Jiu-Jitsu-span, oor die sport wat wêreldwyd vinnig groei en waarom hierdie naweek se Nasionale Brazilian Jiu-Jitsu-kampioenskappe in Windhoek 'n belangrike mylpaal is. Die kampioenskappe by Pionierspark Primêre Skool bied nie net die geleentheid om Namibië se beste talent in aksie te sien nie, maar dien ook as die amptelike keuringsgeleentheid vir die span wat later vanjaar aan die Abu Dhabi Pro (AJP) in Kaapstad gaan deelneem.
Eskom het bevestig dat geen stralingslekkasie tydens 'n roetine-onderhoud by die Koeberg-kernkragstasie se Eenheid Twee in Kaapstad plaasgevind het nie. Dit volg op drie lugbesoedelingsvoorvalle wat tussen 30 Junie en 7 Julie by die eenheid aangemeld is. Die voorval het plaasgevind tydens 'n proses genaamd Eddy Current Testing, wat bekend is om klein radioaktiewe deeltjies in 'n beheerde omgewing in die lug te verdryf. Eskom-raadsvoorsitter Mteto Nyati sê Koeberg se veelvuldige vlakke van veiligheid en inperking het presies volgens plan gefunksioneer:
Die regering het bevestig dat die oorskot van 84 Namibiërs geïdentifiseer is wat in gevangenisskap in Suid-Afrika oorlede en begrawe is. 'n Hoëvlak Namibiese afvaardiging was vir vyf dae in Kaapstad om 'n historiese sending van stapel stuur om die oorskot van twee bevrydingshelde, Simon Petrus Nilenge en Festus Nehale, meer as 50 jaar na hul dood te repatrieer. Kosmos 94.1 Nuus het met Swapo-veteraan Nahas Angula gepraat.
Inwoners van Kaapstad word genooi om te registreer vir Suid-Afrika se eerste Burgervergadering oor Klimaat, waar 100 ewekansig-gekose deelnemers sal help om die stad se toekomstige vervoer- en klimaatbeleid te vorm. Die inisiatief, wat deur die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit Stellenbosch georganiseer word, is daarop gemik om aanbevelings te ontwikkel vir 'n bekostigbare, betroubare en lae-uitlaatgasvervoerstelsel. 'n Woordvoerder van die UWK se Navorsingsgroep vir Politiek en Stedelike Bestuur, Meshay Moses, sê registrasie sluit op 30 Julie:
15 Julie 2026: Die omstrede sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word tot September uitgestel. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor president Cyril Ramaphosa se aansoek aan om die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee te staak. Die geestesgesondheid van Suid-Afrika se sportsterre is onder die vergrootglas.
Tertius Simmers – provinsiale LUR vir infrastruktuur, Wes-Kaap Volg RSG Geldsake op Twitter
10 Julie 2026: Solidariteit dreig met regsoptrede ná die voorlopige skorsing van die Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler. Kaapstad-metro se kontrak met die shotspotter-program beëindig. Action Society eis aanspreeklikheid van individue wat bewus was van kindermishandeling, maar versuim het om dit te rapporteer.
Kevin van Vliet is journalist en schrijver. Hij woont en werkt in Kaapstad als correspondent voor Trouw en Het Financieele Dagblad. Zijn schrijfstijl wordt gekenmerkt door een provocerende toon. Hij debuteerde met de novelle ‘Wolfsjong'. Daarna volgden romans als ‘Bobbejaanskloof' en ‘Jong en eenzaam', een verwijzing naar Gerard Reve's ‘Oud en eenzaam'. In ‘Jong en eenzaam' keert hij terug naar Nederland om een werkvisum aan te vragen. Daar wordt hij geconfronteerd met zijn vroegere zelf en maakt hij een reis langs de ruïnes van zijn verleden. Atze de Vrieze gaat met Kevin van Vliet in gesprek.
7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om 'n verbod op 'n Amerikaanse doelskieter op te hef ná 'n telefoonoproep van president Trump - nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om die trekpas te kry by die Wêreldbeker-eindtoernooi.
In hierdie inspirerende episode van Radio Cape Pulpit se program Kopskuif (aangebied deur Mirsha Eksteen) gesels die gasheer met Sebastian van Niekerk, ‘n bekroonde jong akteur wat in 2024 die ATKV Tienertoneelfinaal gewen het as Beste Akteur in ‘n Ondersteunende Rol. Hy is ook deel van die ATKV-agent-akteursrol en tans te sien in die televisiereeks Beter as Gister as die karakter Reinhardt. Sebastian deel sy reis van sy eerste tree op die verhoog in graad 5 tot by die Baxter-teater in graad 8, en hoe die ATKV Tienertoneel-kompetisie ‘n deurslaggewende rol in sy ontwikkeling gespeel het. Hy praat oor die waarde van verlies as ‘n groeigeleentheid, die parallele tussen rugby en toneel, en die belangrikheid van asemhaal – wat ook die tema van die 2026 ATKV Tienertoneel-kompetisie is: “Asem”. Hy moedig deelnemers aan om elke oomblik op die verhoog te geniet, want dit is “magies”. Die episode sluit af met inligting oor streeksfeeste wat op 23 Julie 2026 by die Playhouse Drama-teater in Durban afskop, met die nasionale finaal van 28 September tot 3 Oktober 2026 in Kaapstad.
22 Junie 2026: Politici betreur die moord op 'n DA-kandidaat in Kaapstad én 'n ANC-raadslid in Nelson Mandelaaai. Vyfduisend ongedokumenteerde Malawiërs word deur Beitbrug gerepatrieer. Sommige boere bevraagteken waarom die DA die Minister van Landbou, John Steenhuisen, uit sy pos wil skuif.
Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug gereël. Sy sê die Zimbabwiese burgers is met drie busse vanaf Gauteng vervoer, terwyl tien busse, vyf in Durban in KwaZulu-Natal en nog vyf in Kaapstad, ingespan is vir die Malawiese repatriasie-operasie.
Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad beplan om sy eie Metropolisie-speureenheid te stig om misdaadbestrydingpogings te versterk. Tydens die bekendstelling van sy herverkiesingsveldtog het Hill-Lewis gesê baie gemeenskappe word in die steek gelaat weens te min hulpbronne, swak leierskap en korrupsie. Hy sê die voorgestelde eenheid sal sake onafhanklik ondersoek en help om suksesvolle skuldigbevindings van misdadigers te verseker:
15 Junie 2026: Is die ooreenkoms tussen die VSA en Iran volhoubaar? 'n Beoogde wet poog om die polisiediens meer professioneel te maak. Nóg twee kandidate tree toe tot die die stryd om die burgemeesterskap van Kaapstad.
Hokkie: Suid-Afrika wil sy tuisveldvoordeel ten volle inspan in môre se FIH-Nasiesbeker-openingswedstryd teen Frankryk in Kaapstad. Suid-Afrika het vier jaar gelede die heel eerste toernooi gewen, maar Nieu-Seeland het daarna oorheers en opeenvolgende toernooie gewen. Nege spanne sal sake uitspook vir ʼn plek in die FIH-Pro-liga. Suid-Afrika se kaptein, Dayaan Cassiem, sê hulle benadering is om die toernooi wedstryd vir wedstryd aan te pak:
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, en sy Italiaanse ampsgenoot, Francesco Lollobrigida, het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om samewerking in landbou, landbouverwerking, vernuwing en marktoegang te versterk. Die ooreenkoms is in Kaapstad onderteken tydens die eerste Suid-Afrika–Italië Landbou-sakeforum. Steenhuisen sê die vennootskap het ten doel om handel, belegging en waardetoegevoegde landbouvennootskappe tussen die twee lande uit te brei en voedselproduksie te bevorder:
Navorsers van die Universiteit van Kaapstad se Sentrum vir Statistiek, Omgewing en Bewaring het agt blouwalviswaarnemings in Namibiese waters gedokumenteer, insluitend twee kalwers, en 52 vinwalviswaarnemings aangeteken. Dit dui daarop dat Namibië se kuslyn 'n belangrike broei- en kalwingsgebied vir blouwalvisse kan wees. Maar namate walvisbevolkings herstel van die impak van kommersiële walvisjag, groei kommer dat nuwe olie- en gasontwikkelings hul toekoms kan bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het met Ocean Conservation Namibia se Naude Dreyer gepraat.
9 Junie 2026: Politieke partye reageer uiteenlopend op president Cyril Ramaphosa se plan met ongedokumenteerde buitelanders. Die Maquassi Hills-munisipaliteit reageer op skerp vrae van die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys drankmisbruik neem toe onder meisies en jong vroue.
Die Stad Kaapstad sê hy beplan in die komende weke verdere massa-opleidingsessies om die bekendstelling van sy slim-toepassing vir buurtwagte uit te brei en soveel moontlik gebruikers te bereik. Daar is tot op hede 270 groepe wat aangesluit het deur gestruktureerde opleidingsessies, wat byna 1 400 individue verteenwoordig. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê inskrywingsgetalle het die hoogte ingeskiet, van1 072 inskrywings in Maart 2025 tot 4 303 in Maart 2026:
Ronald, Marco en Jelle zijn terug met DigiD, device-code-phishing, residential proxies en de vraag of AI cyberaanvallers echt onhoudbaar maakt. Eerst kort: Marco repareert tijdens een nachtwacht Home Assistant-data met Claude, Jelle bouwt met AI een lesdashboard, en Ronald rijdt in Kaapstad een fox hunt met antennes op de auto. Daarna DigiD. Staatssecretaris Willemijn Aerdts blokkeert de Amerikaanse overname van Solvinity door Kyndryl. Ronald legt uit waarom dit via de Wet ongewenste zeggenschap telecommunicatie loopt, waarom dat juridisch anders is dan VIFO, en waarom Nederland hiermee feitelijk zegt: Amerikaanse jurisdictie en CLOUD Act-risico's zijn voor DigiD te groot. Marco bespreekt RSI, recursive self-improvement, als nieuwe AI-hypeterm. Het idee: AI die zijn eigen training verbetert. De nuchtere conclusie blijft: losse stappen automatiseren lukt steeds beter, maar richting houden, controleren of iets klopt en echt autonoom onderzoek doen blijft lastig. Jelle pakt Kali365: phishing via Microsoft 365 device-code-flows. Het slachtoffer logt in op de echte Microsoft-site, maar autoriseert het apparaat van de aanvaller. Domeinchecken is dus niet genoeg als de context rond de login vergiftigd is. Het eerste hoofdverhaal: ASocks en residential proxies. Politie en NCSC verstoren een botnet met minstens 17 miljoen besmette apparaten, aangestuurd via ongeveer 200 servers in Nederland. Marco vat het scherp samen: het botnet is de infrastructuur, de residential proxy is het product. Aanvallers kopen verkeer vanaf normale thuisverbindingen in plaats van herkenbare datacenters of Tor-exitnodes. Daardoor lijken phishing, credential stuffing, DDoS en brute-force-pogingen op gewoon verkeer van echte gebruikers. Open vraag: zijn de apparaten echt opgeschoond, of vooral de aansturing geraakt? Jelle sluit af met Lennart Maschmeyers paper Deception and Detection. Maschmeyer stelt dat AI aanval en verdediging helpt, maar verdedigers structureel meer kunnen winnen: verdediging draait veel om detectie en patroonherkenning, aanval verderop in de kill chain om misleiding, context en gecontroleerde effecten. De drie zijn kritisch op zijn dwell-time-argument, maar herkennen de kern: je wilt geen autonome agent die in een vijandelijk netwerk creatief gaat improviseren. Tegelijk maakt AI aanvallers wel sneller als copiloot, codegenerator, parser van scanoutput en phishinghulp. Vooral lagere en middelmatige actoren kunnen daarmee sneller opschalen. *Bronnen* DigiD / Solvinity - NOS: https://nos.nl/artikel/2615885-staatssecretaris-verbiedt-amerikaanse-overname-solvinity-bedrijf-achter-digid - Wet OZT: https://wetten.overheid.nl/BWBR0045423 - Wet VIFO: https://wetten.overheid.nl/BWBR0046686 RSI - TechCrunch: https://techcrunch.com/2026/05/28/rsi-is-the-new-agi-and-its-just-as-hard-to-pin-down/ Kali365 - FBI IC3: https://www.ic3.gov/PSA/2026/PSA260521 - BleepingComputer: https://www.bleepingcomputer.com/news/security/fbi-warns-of-kali365-phishing-service-targeting-microsoft-365-accounts/ ASocks / residential proxies - Politie: https://www.politie.nl/nieuws/2026/mei/28/06-politie-en-ncsc-halen-groot-botnetwerk-offline.html - NCSC expertblog: https://www.ncsc.nl/expertblogs/residential-proxies-en-hun-grote-impact-op-de-digitale-veiligheid-in-nederland - NCSC nieuws: https://www.ncsc.nl/nieuws/gezamenlijke-actie-politie-en-ncsc-legt-groot-botnetwerk-plat - Security.nl: https://www.security.nl/posting/938396/Proxy-botnet+van+17+miljoen+apparaten+na+actie+politie+en+NCSC+offline?channel=rss Maschmeyer / AI - CV Maschmeyer: https://www.lennartmaschmeyer.com/CV_Lennart_Maschmeyer.pdf - Paper: https://doi.org/10.1162/isec.a.398 - M-Trends 2025: https://cloud.google.com/security/resources/m-trends
Namibië, Kaapstad en Zimbabwe het 'n strategiese vennootskap gevorm om Suider-Afrika se toerismesektor te versterk. Kaapstad Toerisme sê die ooreenkoms sal streeksamewerking, gesamentlike bemarking en oor-grens reise vir internasionale besoekers verbeter. Die Burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê die inisiatief is daarop gemik om langer verblyf en hoër toeristebesteding deur reispakkette vir veelvuldige lande en gedeelde digitale veldtogte aan te moedig:
Die Stad Kaapstad se direktoraat vir Water en Sanitasie vra inwoners en sakeondernemings om water net vir noodsaaklike doeleindes te gebruik. Dit volg nadat gure weerstoestande groot watersuiweringsoperasies beïnvloed het en druk plaas op grootmaat-watervoorsiening. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die betrokke suiweringsaanlegte is wel in werking, maar volumes is kleiner terwyl spanne daaraan werk om watergehalte se standaard te handhaaf:
Die elektrisiteitspanne van die Stad Kaapstad het reeds op meer as 10 700 stormverwante diensversoeke reageer met meer as 16 000 wat regoor die metro aangemeld is. Die stad sê hulpbronne is herlei na die gebiede wat die ergste geraak is en vra inwoners om nie duplikaatversoeke in te dien nie aangesien dit reaksietye vertraag. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, het die publiek gewaarsku om weg te bly van beskadigde elektriese infrastruktuur en om enige gevaarlike situasies onmiddellik aan te meld:
Kaapstad Toerisme het 'n nuwe binnelandse veldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om Suid-Afrikaners aan te moedig om die stad te herontdek deur middel van storievertellings wat deur die skrywers gelei word. Die veldtog, wat vandeesmaand in vennootskap met Travelstart plaasvind, vertoon Kaapstad se geheime buurtervarings, buitelug-aantreklikhede en kulturele ruimtes, terwyl dit ook afslag op reisaanbiedinge en kitsverkope bied. Briony Brookes van die toerisme-agentskap sê die inisiatief is ontwerp om binnelandse toerisme te bevorder en werksgeleenthede in die sektor te ondersteun:
Die Wes-Kaapse departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die privaat sektor en die algemene publiek wat moontlik kan help, gevra om organisasies sonder winsbejag by te staan waar hulle reageer op weerverwante rampe. Tans het 3 628 mense in die provinsie hul huise verloor en word in gemeenskapsale gehuisves. Die LUR Jaco Londt sê in Kaapstad alleen is 85 512 mense deur die onlangse storms geraak:
Kaapstad se Ramp-risikobestuur sê assesserings toon die afgelope dae se stormweer het 83 184 mense in 21 546 woonplekke geraak. Sedert Maandag het swaar reën, donderstorms, skadelike wind en sneeu in ses provinsies voorgekom en minstens tien lewens geëis. ʼn Woordvoerder van Ramp-risikobestuur, Charlotte Powell, sê hulle verleen hulp in gebiede soos Vygieskraal, Overcome Heights, Khayelitsha en Philippi-Oos:
Kaapstad se Ramprisiko-bestuursentrum sê die kouefront wat die land gister getref het, het aansienlike gevolge gehad. Hewige storms het oorstromings, kragonderbrekings en skade veroorsaak en in Kenilworth is een sterfte aangemeld. Die storm duur voort en alle staat- en spesiale skole in die Wes-Kaap is vandag gesluit. Rampbestuur se woordvoerder, Charlotte Powell, sê spanne sal voortgaan om probleme met dienste te hanteer, maar weens die sterk wind kan vertragings voorkom:
Een persoon is in Kenilworth in Kaapstad dood nadat 'n boom tydens gure weer in die Wes-Kaap op 'n motor geval het. Nog 'n motoris in Parow is in 'n soortgelyke voorval beseer. Stortreën en stormsterk wind teister steeds die provinsie en veroorsaak wydverspreide oorstromings, grondstortings, kragonderbrekings en padsluitings. Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê nood- en humanitêre spanne help betrokke gemeenskappe terwyl die slegte weerstoestande voortduur:
Antoinette Slabbert – joernalis, Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Maltahöhe-gebaseerde Rural Revive, die vlagskipinisiatief van die Wolwedans-stigting se AridEden-projek, is met goud bekroon in die kategorie Regeneratiewe Toerisme by die gesogte 2026 World Travel Market Africa Responsible Tourism-toekennings in Kaapstad. Hierdie erkenning kwalifiseer die projek om in September by die Global Responsible Tourism-toekennings in Londen mee te ding. Projekwoordvoerder Annely Ickua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, deel sy mening oor die markbewegings, Donald Trump se waarskuwing aan Jerome Powell, voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Mahindra se planne om sy bedrywighede in Suid-Afrika uit te brei, en ClearScore se hoofkwartier in Kaapstad. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, moedig alle belanghebbers aan om voortgesette pogings te ondersteun wat die onwettige uitbuiting van Suid-Afrika se marienebronne probeer beveg. Dit volg nadat nege mense aangekeer is toe hulle na bewering marienebronne in die Robbeneiland-beskermingsgebied in Kaapstad wou oes. Aucamp sê sy departement werk saam met die betrokke owerhede om operasies te versterk en die beskerming en volhoubaarheid van mariene-bioverskeidenheid te verseker: