Podcasts about kaapstad

Legislative capital of South Africa

  • 121PODCASTS
  • 892EPISODES
  • 15mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Nov 8, 2025LATEST
kaapstad

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about kaapstad

Show all podcasts related to kaapstad

Latest podcast episodes about kaapstad

Nuus
Kaapstad stel eerste hoof-hittebeampte aan

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 8, 2025 0:15


Die Stad Kaapstad het sy eerste hoof-hittebeampte aangestel met die stad wat stygende temperature en meer gereelde buitengewone hittevoorvalle in die gesig staar. Die stad se bestuurder vir veerkragtigheid en klimaatsverandering, Albert Ferreira, sal bewusmakingsveldtogte lei en hitteverwante ingrypings begelei, veral in kwesbare gemeenskappe. Ferreira het inwoners aangespoor om te midde van toenemende klimaatsimpakte, gehidreer te bly, piek-hitte-tye te vermy en om te sien na diegene wat die meeste blootgestel is:

Nuus
Bendegeweld in Wes-Kaap wek kommer - Cyril

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 0:20


President Cyril Ramaphosa sê alle Suid-Afrikaners behoort bekommerd te wees oor die toename in bendeverwante moorde, veral in Kaapstad en die Wes-Kaap. Ramahosa het tydens mondelinge antwoorde op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die moord op sewe jong mans in Philippi demonstreer die brutaliteit waarmee gemeenskappe te doen het. Hy het bygevoeg dat ingrypings sal voortgaan om die geaffekteerde gebiede te stabiliseer en inwoners te beskerm:

Radio Scriptura
Perspektief - Oktober 2025

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 48:06


In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand.  Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om kerke te reguleer.  En laastens het die Grootte kerk in Kaapstad 'n intergeloof byeenkoms gehou vir die geregtigheid van Palistyne wat in die oorlog in Gaza vasgevang is.

Nuus
Kaapstad juig oor hofbevel teen Nersa

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 0:16


Kaapstad verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se bevel dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika nuwe tydlyne moet instel vir sy proses om munisipale elektrisiteitstariewe goed te keur. Die hof het bevind Nersa se proses om die tariewe goed te keur sonder om behoorlike kostestudies en openbare-deelnameprosesse uit te voer, is ongrondwetlik. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê inwoners in alle munisipaliteite sal nou voordeel trek uit groter deursigtigheid in besluite oor die vasstelling van elektrisiteitstariewe:

RSG Geldsake met Moneyweb
Kragpryse: hoe vet is jou munisipaliteit se winsmarge?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 11:15


Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, bespreek sy reaksie op die hofuitspraak wat Suid-Afrikane in staat sal stel om te sien teen watter tariewe plaaslike munisipaliteite elektrisiteit by Eskom koop en teen watter tariewe hulle dit aan verbruikers verkoop. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Kaapstad se riool in see bekommer Cape Independence Party

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 0:12


Die Cape Independence Party sê Kaapstad het ʼn rioolkrisis wat dringend hanteer moet word. Meer as 40-miljoen liter onverwerkte riool word daagliks in die Atlantiese Oseaan gestort deur uitlaatpunte by Groenpunt, Kampsbaai en Houtbaai. Karl Bodin van die party sê hierdie toksiese stortvloed vergiftig strande, bedreig die seelewe en ondermyn Kaapstad se reputasie as bestemming van wêreldgehalte:

Nuus
Creecy besoek Kaapse houerterminaal vir sagtevrugte uitvoerseisoen

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 0:14


Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die houerterminaal in Kaapstad is 'n noodsaaklike komponent in die uitvoer van produkte na wêreldmarkte. Creecy het tydens 'n toesigbesoek om Transnet se gereedheid vir die sagtevrugte-uitvoerseisoen te beoordeel, beklemtoon dat die hawe 'n sleutelspilpunt vir die Wes-Kaap is wat noodsaaklike ekonomiese groei en werkskepping bevorder. Sy voeg by meer as 4 miljard Suid-Afrikaanse rand is landwyd in die opgradering van hawetoerusting belê:

Nuus
Waar's die boeliebeleid?

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 0:18


Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die gebrek aan omvattende anti-boeliestrategieë in skole. Dit volg op die voorval by Milnerton High School in Kaapstad, waar 'n graad 10-leerder geboelie en aangerand is. Agt graad-11 leerlinge het verlede week in die hof verskyn en is aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die voorsitter van die komitee, Joy Maimela, sê die departement moet 'n nasionale beleid ontwikkel om boeliegedrag doeltreffend aan te spreek en te voorkom:

PAGECAST: Season 1
Ten Slotte deur Eben Etzebeth

PAGECAST: Season 1

Play Episode Listen Later Oct 27, 2025 32:32


In hierdie episode van Pagecast gesels Bouwer Bosch met Springbok rugbyspeler Eben Etzebeth oor sy outobiografie, Ten Slotte.  Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en bewonder. Hy is lid van die senior Springbok-leierskapspan, en speel 'n groot rol in 'n ongelooflik suksesvolle era wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers en die groep se huidige posisie van twee jaar boaan die wêreldranglys insluit. In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy nederige kinderjare in Goodwood – 'n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten Slotte die persoonlike kant van sy loopbaan, en wat dit geverg het om 'n wêreldkampioen te word.

Nuus
Massa aanranding van graad 10-leerder veroordeel

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 0:20


Die DA in die Wes-Kaap het die onlangse aanranding van 'n graad 10-leerder van die Hoërskool Milnerton in Kaapstad ten sterkste afgekeur. Agt leerders wat volgens berigte betrokke was by die aanranding, wat op video vasgelê is, is geskors en wag op tugverhore. Elmarie Linde van die DA sê leerders wat afgeknou word, word aangemoedig om hul ouers, onderwysers en skoolhoofde daaroor in te lig:

DJ Azuhl Mixes
KFM Saturday spin (18-10-25)

DJ Azuhl Mixes

Play Episode Listen Later Oct 20, 2025 29:45


De Thomas v/d Leck Podcast
EP182 - Alles Wordt 'Duurder', Jij Bent De L*l

De Thomas v/d Leck Podcast

Play Episode Listen Later Oct 20, 2025 9:02 Transcription Available


Geen "perfecte" setting, gewoon een wandeling in Kaapstad en een gedachte die je aan het denken zet.Socials: YouTube:Youtube.com/@thomasvdleck/videosInstagram: https://www.instagram.com/thomasvdleck/

Spektrum
Spektrum 30 September 2025

Spektrum

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 46:35


Statistieke SA se jongste data wys dat werksgeleenthede in die formele nie-landbousektor met 80 000 afgeneem het. Die hoof van misdaadintelligensie getuig vir 'n tweede dag voor die Madlanga-kommissie in Pretoria. NEHAWU verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag oor die Tembisa-hospitaal in die Ekurhuleni-metro in Gauteng, Klimaatsaktiviste betoog by die Afrika Energieweek in Kaapstad.

Nuus
Toivo ya Toivo-standbeeld pryk op Robbeneiland

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 28, 2025 0:27


‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000 voormalige gevangenes is ook tydens Saterdag se geleentheid onthul. Onderwys- en kultuurminister Sanet Steenkamp het dit bygewoon:

Nuus
Kaapstad se inwoners moet sê oor ontwikkelings

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 24, 2025 0:15


Die Stad Kaapstad dring aan dat inwoners moet deelneem aan die opstel van 'n Plaaslike Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk vir Kensington en Factreton langs die Voortrekkerweg-korridor. Die raamwerk is 'n riglyn vir die metro wanneer hulle besluite neem oor ontwikkelingsaansoeke en grondgebruike in die gebied. Die onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en Omgewing, Eddie Andrews, sê Kensington en Factreton staar verskeie ontwikkelingsuitdagings in die gesig:

Spektrum
Spektrum 22 September 2025

Spektrum

Play Episode Listen Later Sep 22, 2025 49:48


Daar is kommer dat Suid-Afrika se steun vir die Palestyne, handelsgesprekke met Washington kan kelder op die vooraand van 'n hoëvlakbesoek aan Amerika. Afriforum maak beswaar teen 'n sogenaamde rykmantariefheffing in Kaapstad. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, 'verduidelik' Cyril Ramaphosa se DA-aanmerking.

Nuus
Blok selfoonseine uit Pollsmoor, vra burgemeester

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:17


Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, vra vir die gebruik van tegnologie om selfoonseine by Pollsmoor-gevangenis te blok. Die burgmeester het hierdie week aan die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, geskryf en kommer uitgespreek dat kriminele aktiwiteite van binne Pollsmoor gekoördineer word. Hill-Lewis sê hy is tydens 'n onlangse padinspeksieprojek in Bishop Lavis deur 'n kontrakteur ingelig, dat hy die terrein verlaat het as gevolg van 'n afpersingsdreigement deur 'n onderwêreld-figuur vanuit Pollsmoor:

Nuus
Creecy werk aan SA se energiesekerheid

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 18, 2025 0:19


Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het Transnet se Nasionale Hawe-owerheid opdrag gegee om die huurkontrakte by Durban se Island View-gebied te hernu en toegang vir die Sentrale Energiefonds te waarborg. Die 25-jaar-oue opdrag poog om transformasie met energiesekerheid te balanseer en ruimte te skep vir opkomende swart deelnemers. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, het bevestig Creecy het ook 'n nuwe Enkelboei-vasmeerplek gemagtig en Astron Energy se Kaapstad-huurkontrak hernu om energiesekerheid ten opsigte van raffinaderye te versterk:

Monitor
Monitor 15 September 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Sep 15, 2025 50:54


Bendegeweld eis talle lewens op verskillende plekke in Kaapstad. Inwoners van Sodwana in die noorde van KwaZulu-Natal is bekommerd oor die voortbestaan van die Isimangaliso Unesco-park. Die Oos-Kaap word tot orde geroep oor kinderwanvoeding.

Nuus
Ingryping nodig teen bendegeweld in Wes-Kaap

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 8, 2025 0:19


Die Activists and Citizens Forum sê die moorde in die Wes-Kaap, veral in Kaapstad, benodig dringende en drastiese ingryping om die lewens van onskuldige mense in bendegeteisterde gebiede te red. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, sê Suid-Afrikaners hoor amper elke week van massamoorde in townships in Kaapstad. Hy sê die regering moet oorweeg om 'n noodtoestand teen bendegeweld in die Wes-Kaapse gemeenskappe af te kondig:

Nuus
Shalulile maak sokkergeskiedenis in die buurland

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 1, 2025 0:24


Harde werk, toewyding en geloof is die geheim vir sukses, sê Namibië se internasionale sokkerspeler, Peter Shalulile. Shalulile het die naweek Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur sy 130ste doel aan te teken. Die vorige rekord vir die meeste doelskoppe was 129 en het aan Siyabonga Nomvethe behoort. Shalulile, ‘n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het dié rekord tydens ‘n wedstryd teen Stellenbosch FC in Kaapstad gebreek.

Nuus
Buitelanders in Openbare Werke se Kaapse kampe word uitgesit

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 1, 2025 0:11


Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die balju's van die hof sal binnekort uitsettingskennisgewings aan honderde buitelandse burgers in Openbare Werke se tentkampe in Wingfield in Maitland oorhandig, en Paint City in Bellville, wat deur die stad besit word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het toestemming verleen vir die verskuiwings wat tydens die Covid-19-inperking ingestel is. Hy het aan Newzroom Afrika gesê dat dit herstel sal word tot terreine vir openbare gebruik:

Nuus
Uitsettingsbevele uitgereik om staatsgrond terug te kry in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 1, 2025 0:20


Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, het uitsettingskennisgewings uitgereik aan meer as 100 onwettige besetters wat staatseiendom in Kaapstad gekaap het. Twee eiendomme in Goodwood en Khayelitsha wat vir die polisie se gebruik bedoel is, is gesteel en word onwettig beset. Dis deel van Operasie Bring Terug, ʼn landwye veldtog om staatseiendom wat gesteel, gekaap en onwettig beset word, terug te kry. Zikalala sê hulle sien ʼn sterk element van staatsbates wat swak bestuur word:

Nuus
Masemola soek stratgieë teen oorgrensmisdaad

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 0:07


Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola, sê oorgrensmisdaad is besig om toe te neem en hy doen 'n beroep vir groter samewerking deur Interpol. Masemola het by die Interpol Afrika-streekkonferensie in Kaapstad die behoefte vir Afrikastate benadruk om saam te staan, beginnende by die SAOG. Afgevaardigdes het benadruk dat dwelmvervaardigers en verspreiders geteiken moet word eerder as die koeriers. Masemola het ook die kuberruimte as 'n toenemende misdaadfront uitgewys en doen 'n beroep vir strategieë om internasionale sindikate by hulle bronne aan bande te lê:

Monitor
Monitor 28 Augustus 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Aug 28, 2025 46:08


Die Wes-Kaapse regering nader die hof om die geweld tussen strydende taxiverenigings in Kaapstad, te stop. Fedsas sê al hoe meer ouers sukkel om skoolgeld te betaal. Inwoners van Coronationville en Westbury in Johannesburg eis ingryping van die regering in die voortslepende waterkrisis. SASSA gaan verpligte biometriese toetse instel vir alle nuwe aansoekers van toelae.

Nuus
SA polisiehoof vra verenigde front teen misdaad

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:19


Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê diegene wat voordeel trek uit onbestendigheid teiken Afrika se groei en veerkragtigheid. Hy het tydens die 27ste Interpol Afrika-streekskonferensie in Kaapstad die behoefte beklemtoon aan sterker instellings, die deel van intelligensie en geïntegreerde wetsraamwerke. Masemola het die byeenkoms 'n geskiedkundige oomblik genoem en kragtige, samewerkende optrede versoek om Afrika se toekoms te verseker terwyl wêreldwye misdaadnetwerke bekamp word:

Nuus
Green Connection betreur onbillike energie-oorgang

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:20


Green Connection en Natural Justice sê die stryd om te verseker dat Suid-Afrika na 'n billike energie- en ekonomiese toekoms oorskakel, is steeds 'n opdraande stryd. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër vandeesmaand die regering se goedkeuring van TotalEnergies se blok-boorplanne aan die kus tussen Kaapstad en Kaap Agulhas omvergewerp. Shahil Singh van Green Connection sê hulle het gedetailleerde besware ingedien teen Main Street 1549 se konsepverslag oor omgewings- en sosiale impakstudies vir nog 'n voorgestelde olie- en gasopname aan die kus:

Monitor
Monitor 21 Augustus 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Aug 21, 2025 47:36


Die twis tussen die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, en die raad van SA Toerisme het 'n lang aanloop. Besware teen veranderinge aan die beperkings op skenkings aan politieke partye. Ons praat met die voorsitter van die parlementêre polisiekomitee, Ian Cameron, nadat hy en twee ander DA-lede in Phillippi-Oos in Kaapstad aangeval is.

Nuus
Waterbelegging onder loep in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 10, 2025 0:12


Suid-Afrika bied volgende week die Afrika-Unie-AIP Waterbeleggingsberaad in Kaapstad aan. Die beraad het ten doel om Afrika se jaarlikse waterbeleggingsagterstand van 531 miljard rand te vul. Staatshoofde, beleggers en internasionale vennote sal fondse insamel vir 'n klimaatsveerkragtige infrastruktuur. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê belangrike uitkomste sluit in 'n verklaring oor waterbeleggings, beloftes van miljarde dollars en die erkenning van rolspelers wat die transformasie van die watersektor dryf:

Monitor
Monitor 4 Augustus 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Aug 4, 2025 47:07


Die ANC is bekommerd oor die SAKP se besluit om onder sy eie vaandel aan volgende jaar se munisipale verkiesings deel te neem. Die polisie in Gauteng slaan toe op misdaadsindikate in twee provinsies. Die stadsaal in Kaapstad se kloktoring is na 15 jaar weer herstel.

Nuus
Kaapse Onafhanklikheidsparty sê Kaapstad keer nasionale regeringsbefondsing

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2025 0:20


Die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê die Stad Kaapstad het sy aansoek om as 'n Amicus Curiae toegelaat te word in die saak tussen die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging en Kaapstad verwerp. Joan Swart van die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê hulle wou aanvoer dat artikel 214 van die Grondwet billike verdeling van inkomste tussen regeringsafdelings verplig en dat elke afdeling se diensbehoefte in ag geneem moet word:

Nuus
Wes-Kaap meld voëlgriep aan

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 2, 2025 0:16


Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê nuwe uitbrekings van die hoogs aansteeklike voëlgriep is in die provinsie aangemeld. Onlangse uitbrekings is bevestig by hoenders in Noordwes en Mpumalanga, met een pluimvee-uitbraak in die Wes-Kaap wat verlede maand by geteelde eende naby die Paarl opgespoor is. Die departement se woordvoerder, Mary James, sê boonop was die virus verantwoordelik vir vrektes onder groot wit pelikane naby Malmesbury en Hartlaub-meeue in Kaapstad:

Nuus
VF Plus boos oor Stad Kaapstad tariefverhogings

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 23, 2025 0:17


Die VF Plus sê hy sal alle pogings ondersteun om die Stad Kaapstad se buitensporige tariefverhogings om te keer. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars het 'n dringende hofaansoek ingedien om drie tariewe tersyde te stel. Dis die skoonmaakkoste en vaste water- en sanitasiekoste, wat aan die waarde van 'n eiendom gekoppel is. Pieter Jansen van Vuuren van die VF Plus sê die metro moet billike en volhoubare tariewe instel, wat die belange van inwoners dien:

Nuus
Honde-eenheid moet prioriteit geniet met dwelms en bende

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 22, 2025 0:15


Die DA kritiseer die SAPD dat hy sy honde-eenheid eenkant toe geskuif het terwyl bende- en dwelmgeweld op die Kaapse Vlakte vererger. Nicholas Gotsell van die DA het onthul daar is slegs een aktiewe dwelmsnuffelhond in Kaapstad, met ses medies-gekeurde honde wat op opleiding wag, maar met geen opleidingskursusse wat beplan word nie. Hy sê die party dring aan op dringende optrede deur die Provinsiale polisiekomissaris, Thembisile Patekile, om honde te ontplooi en om hulle misdaadbekampingsvermoëns te prioritiseer:

Nuus
Zuma is manteldraaier

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 21, 2025 0:17


Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die party se standpunt oor selfbeskikking vir Wes-Sahara verdedig en die president van die MK-party, Jacob Zuma, beskuldig dat hy 'n manteldraaier is. Hy het gister die party se nasionale werkkomiteevergadering met die Wes-Kaapse provinsiale uitvoerende komitee in Kaapstad bygewoon. Mbalula het gesê hy is nie verbaas oor Zuma se erkenning van Marokko se soewereiniteit in Wes-Sahara nie:

RSG Geldsake met Moneyweb
Sapoa sleep die Stad Kaapstad hof toe oor onwettige munisipale tariewe

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 17, 2025 9:12


Sapoa het 'n dringende aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om drie tariewe wat deur die Stad Kaapstad ingestel is, te laat hersien en tersyde te stel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê hy steun nie die aansoek nie. Volg RSG Geldsake op Twitter

sleep kaapstad wes kaapse
Nuus
Koeberg nou eers einde Augustus aanlyn

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 15, 2025 0:18


Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad sal nou teen die einde van Augustus weer aanlyn wees. Daar is aanvanklik verwag dat die eenheid dié maand weer in diens sou wees. Die eenheid van 930-megawatt is tans afgeskakel vir die tweede fase van 'n langtermyn-bedryfsverlenging. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die hersiene tydlyn is te wyte aan foute wat tydens inspeksies en onderhoud gevind is. Sy voeg by die vertraging sal nie die risiko van beurtkrag verhoog nie:

Nuus
Kaapstad wen weer Beste Stad ter Wêreld

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 15, 2025 0:20


Telegraph-lesers het Kaapstad in die 2025 Telegraph-reistoekennings weer aangewys as die Beste Stad ter Wêreld. Meer as 20-duisend reisigers uit die Verenigde Koninkryk het deelgeneem en vir die sewende keer dié gesogte titel aan Kaapstad toegeken. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad word geloof vir sy pragtige natuurskoon en opwindende stadslewe waarby min ander bestemmings kan kers vashou:

Wat blijft
Grote Geesten - Breyten Breytenbach (16 september 1939-24 november 2024)

Wat blijft

Play Episode Listen Later Jul 13, 2025 49:16


In de podcast Wat Blijft een aflevering over de Zuid-Afrikaanse dichter, schrijver, schilder en anti-apartheidsactivist Breyten Breytenbach. Breytenbach werd geboren in de West-Kaap, maar vestigde zich in de jaren zestig in Parijs omdat zijn huwelijk met een Vietnamese vrouw in Zuid-Afrika niet werd geaccepteerd. Vanuit ballingschap werd hij een fel anti-apartheidsactivist. In de jaren zeventig werd hij tijdens een bezoek aan Zuid-Afrika opgepakt en veroordeeld tot negen jaar gevangenis; in 1982 keerde hij terug naar Parijs waar hij door president Mitterand tot Frans staatsburger werd verklaard. Breytenbach schreef in het Afrikaans en Engels en zijn werk wordt internationaal geprezen.     Presentator Nathan de Vries praat met:      *Adriaan van Dis, collega en vriend van Breytenbach die een deel van zijn werk vertaalde.     *Conny Braam, schrijver en één van de oprichters van de Anti-Apartheidsbeweging Nederland.     *Alfred Schaffer, dichter en docent moderne Nederlandse letterkunde aan de Universiteit van Kaapstad.     *Amanda Strydom, Zuid-Afrikaanse zangeres en kleinkunstenaar. Ze veroorzaakte in 1986 een schandaal in Stellenbosch, in die tijd het ideologische centrum van de apartheid. Tijdens een cabaretvoorstelling balde ze haar vuist en riep de strijdkreet Amandla.  

Nuus
Daar's voordele aan Wêreldbank-klassifikasie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2025 0:38


Nog reaksie is ontvang op Namibië se Wêreldbank-klassifikasie wat van die boonste middelinkomste- na die laer middelinkomste-kategorie aangepas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad gepraat, wat die voordele hiervan beklemtoon.

RSG Geldsake met Moneyweb
Kaapstad is ontsteld oor privaat brandweerdienste

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 9, 2025 9:04


Die Stad Kaapstad beskou Fidelity se privaat brandweerdienste as ongereguleerd. Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity, verduidelik die behoefte aan dié dienste en waarom die Stad dit nie ondersteun nie. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Herwinningskopers moet registreer in Kaapstad

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 7, 2025 0:16


Die Stad Kaapstad raai alle herwinnings-terugkoopsentrums aan om voor 31 Julie vir akkreditasie te registreer om boetes te vermy. Dit is ondernemings wat herwinbare materiaal van afvalversamelaars en herwinningsdiensverskaffers koop. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê herwinningsentrums speel 'n belangrike rol in Kaapstad se sirkulêre ekonomie:

Monitor
Monitor 7 Julie 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Jul 7, 2025 48:46


Senior polisiebeamptes se twis oor beweerde politieke inmenging betrek selfs die Minister van Polisie. Stormweer eis sy tol van informele nedersettings in Kaapstad, soos Vygieskraal, Gugulethu, Mfuleni, Khayelitsha, Du Noon and Athlone. Die eerste intreegesprek vir die Nasionale Dialoog word by Noordwes-Universiteit gehou.

Nuus
Ramprisikobestuur reageer op Kaapstad se oorstromings

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:15


Die Stad Kaapstad reageer op oorstromings in verskeie gebiede, insluitend Parkwood, Imizamo Yethu, Hangberg en Overcome-hoogte, te midde van stortreën weens 'n sterk kouefront. Vloedhulp-pakkies is aangevra in informele nedersettings soos Lwandle, Macassar en Khayelitsha. Die Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê twee kanale het oorstroom, wat wydverspreide verspoelings in strate veroorsaak. Sy versoek inwoners om hierdie gebiede en waterweë te vermy vir hul eie veiligheid:

Nuus
Rassie propvol lof vir Asenathi

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:19


Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het die vaskopstut Asenathi Ntlabakanye se toewyding geloof, wat tot sy insluiting in die nasionale span gelei het. Die 26-jarige Ntlabakanye is een van vier nuwe spelers in die Bok-groep wat die Barbarians Saterdag in Kaapstad pak. Sy ontwikkeling het intensiewe oefeninge ingesluit op die skrumafrigter, Daan Human, se plaas naby Bloemfontein, waar hy op kondisionering en tegniese skrumwerk gefokus het. Erasmus sê Ntlabakanye se toewyding het 'n dramatiese fisieke verandering meegebring:

Nuus
Kaapstad maak reg vir Bokke vs BaaBaas

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:19


Rugby: Die Stad Kaapstad verwag 'n vol Kaapstad-stadion vir Saterdag se geskiedkundige kragmeting tussen die Springbokke en die Barbarians. Die wedstryd is die eerste ontmoeting tussen die twee spanne sedert 2016 en die eerste een op Suid-Afrikaanse bodem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê meer as 40 000 toeskouers word verwag en dit sal die verkeer beïnvloed:

Nuus
Barbarians-stryd sal toon aangee vir Bokke se seisoen

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 0:21


Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Tony Brown, sê Saterdag se wedstryd teen die Barbarians is 'n ideale toets vir die span wat die toon sal aangee vir die komende seisoen. Die wedstryd op die Kaapstad-stadion is die eerste ontmoeting tussen die Bokke en die BaaBaas sedert 2016. Brown sê aspekte van Suid-Afrika se speelstyl sal deur die seisoen ontwikkel terwyl hulle daarop fokus om aanhoudend te verbeter:

Nuus
SAPD, onderwys rol veiligheidsprotokolle by skole uit, 28 moorde in 2023/24

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 24, 2025 0:19


Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, sal vandag die Veilige Skole-protokol in Kaapstad bekendstel. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die protokol pak toenemende geweld aan, wat 28 moorde by skole in 2023/2024 insluit; bevorder samewerking tussen skole en die polisie; en betrek die burgerlike samelewing en ouers. Hy het bevestig die omvattende plan sluit gesamentlike oudits en wetstoepassing rondom skole in:

Nuus
Bek-en-klouseer sal verbruikers in SA raak

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 13, 2025 0:14


Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku die uitbreking van bek-en-klouseer sal verbruikers in die korttermyn raak. Hy het tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se 31ste konferensie in Somerset-Wes in Kaapstad aan die media gesê 900 000 dosisse entstof sal beskikbaar gestel word sodra dit vanaf Botswana se Entstof-instituut ontvang is. Die minister sê vleisvervoerbeperkings het 'n ekonomiese invloed op slagpale:

Nuus
Groenwaterstof: Wie loop voor en wat is die vooruitsigte?

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 13, 2025 0:20


Alhoewel dit te vroeg is om definitief te sê dat Namibië die "wedloop" in groenwaterstof gewen het, is die land 'n duidelike leier in die streek en word beduidende vordering gemaak. Maar, Suid-Afrika vorder ook. President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat vier nuwe vlagskip-groenwaterstofprojekte voorberei word vir voorlegging aan die kabinet. Hy het op die Afrika Groenwaterstof Spitsberaad in Kaapstad gesê hierdie projekte sal bou op die vordering wat reeds gemaak is, insluitend die Coega Groen-Ammoniakprojek in die Oos-Kaap en die loodsprojek by Sasolburg in die Vrystaat wat reeds groenwaterstof vir plaaslike gebruik produseer: