Podcasts about bybelse

  • 31PODCASTS
  • 109EPISODES
  • 33mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Aug 12, 2024LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about bybelse

Latest podcast episodes about bybelse

InVia Gemeente
Siel-Kundig: Seën my siel deur Frieda van den Heever

InVia Gemeente

Play Episode Listen Later Aug 12, 2024 24:25


"Jou siel het seën nodig. En nodig om te seën. Dis nie net ‘n Bybelse ding nie, dis ‘n mensding. Dis nie net ‘n geestelike daad nie, dit sluit die liggaam en hart en verstand in."

Nuus
Bybelse beginsels in skole 'kan help teen swak gedrag'

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 2, 2024 0:25


Toenemende afknouery, dwelmgebruik en rassisme in skole is nie net 'n probleem in Namibië nie, maar ook in ander lande. Die Suid-Afrikaanse Christenforum wil hê gebedsbyeenkomste en Bybelstudie moet heringestel word, want dit kan leerlinge se gedrag en moraal verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries Namibia gesels, wat sê dit is belangrik dat Bybelse beginsels weer in die Namibiese skole ingestel word.

Radio Scriptura
Berading: Medegelowiges wat beraad

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jul 23, 2024 41:51


Berading in sy eenvoudigste vorm is die bediening van God se genade aan iemand in nood.  Bybelse berading ontken nie algemene genade soos medisyne vir sielkundige of psigiatriese siektes nie, maar wys ook na God vir die heelingsproses.  Hoe kan gelowige vriende vir ons sielkundige of emosionele berading bied?  Hoe onderskei ons tussen goeie en slegte raad van vriende?  Het ons nog ruimte en tyd in ons besige lewens vir ons naaste om hulle te beraad in tye van trauma en nood?  Is kognitiewe gedragsterapie die enigste antwoord vir sielkundige probleme?  Hoe lyk ons probleme in die lig van God se woord?  Is dissipelskap nog prioriteit in ons kerke?  Reflekteer ons die liefde en genade van Jesus in ons verhoudings met mense?

Radio Scriptura
Berading: Die rol van die plaaslike gemeente en Bybelse prediking

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jul 16, 2024 33:51


Die erediens is een van die belangrikste instrumente in God se hand om genesing vir Sy kinders te bewerk. Wat is die rol van die plaaslike gemeente en bybelse berading in die lewe van die lidmate? Hoe kan en moet die liggaam van Christus funksioneer om sielkundige leiding en ondersteuning te bied?  Leef ons bewustelik en gehoorsaam onder bybelse prediking in die gemeenskap van die heiliges?  Vertrou ons die volle raad van God vir wysheid en insig in ons lewe, en preek ons dit nog? Glo ons nog dat die Woord - veral die Psalms - genesing bring vir die siel?

HRCO Potgooi Preke
7 Dodelike Sondes en hulle Bybelse Teenmiddel

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jun 23, 2024 46:58


Tye verander maar SONDE is nog steeds net so vernietigend soos altyd! Sonde verwoes verhoudings, dit is direkte ABUSE van die mees kwesbare mense naaste aan jou. Niemand is sonder sonde nie. (Rom 3:23) In die volgende 7 weke gaan ons elkeen van hierdie sondes onder die soeklig van God se Woord plaas, maar ook die Bybelse TEENMIDDEL vind om dit te oorwin! Hoogmoed (Pride) NEDERIGHEID Gierigheid (Greed) VRYGEWIGHEID Afguns (Envy) VERGENOEGDHEID Luiheid (Sloth) TOEWYDING Woede (Wrath) SELFBEHEERSING Wellus (Lust) DANKBAARHEID Gulsigheid (Gluttony) SOBERHEID Hierdie week begin ons met HOOGMOED: https://hrco.co.za/preke/7-dodelike-s...

HRCO Potgooi Preke
'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jun 16, 2024 58:10


'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verbrokkel nie. Wat is die pad vorentoe? Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) geneig is om na uiterstes oor te slaan – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdomherverdeling voorstaan – bied die Bybel 'n middelpad. Hierdie benadering kombineer persoonlike verantwoordelikheid met gemeenskaplike mededeelsaamheid, en lê klem op die ontwikkeling van innerlike waarde en karakter. Ek sien in die geloof dat die Here besig is om 'n koninkryk-gedrewe Christus-waarde-gesentreerde - Praktiese PLAN in verskillende dorpe in Suid Afrika te vestig wat nie net praat oor oplossings nie, maar dit demonstreer!

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Ander Perspektief

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 16, 2024 3:04


1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is. Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Miskien dink jy soos so baie mense om jou dat dit so verouderd is dat dit glad nie meer van toepassing op jou is nie. Wel, ek kan nie daarmee saamstem nie.Die 66 boeke van die Bybel is onder verskillende omstandighede deur verskillende mense, oor sowat 1 500 jaar geskryf. Dwarsdeur daardie tydperk en in die sowat 2 000 jaar sedertdien, het mense altyd daarteen gestry.God se eie volk, die Israeliete, het die profete wat Hy vir hulle gestuur het, verwerp. En onthou jy, hulle het Jesus, die Seun van God, gekruisig! Die kerk self het menigmaal deur die jare die Bybel teëgestaan. Die kerk het byvoorbeeld vir William Tyndale in 1536 op die brandstapel verbrand, omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het.Ja, die Bybel het 'n moeilike pad geloop, en tog is dit steeds met ons. Dit word steeds as God se boodskap aan ons geëer. Hoekom is dit?1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.Ek stem heelhartig saam met die teoloog R.C. Sproul, wanneer hy skryf: “Ons het geen reg om uit die perspektief van die 21ste eeu na 'n Bybelse teks te kyk en die betekenis daarvan te verander nie. As die perspektief van die 21ste eeu nie by die Bybel pas nie, is dit die perspektief wat verkeerd is, nie die Bybel nie.”die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig. En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Taaltoffie
Dié Afrikaanse spreekwoorde het Bybelse wortels

Taaltoffie

Play Episode Listen Later Jun 13, 2024 4:32


Iemand nie van Adam se kant af ken nie, Adam en Eva se skoene aantrek, ʼn Simsonsversugting slaak … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die geloofslewe sê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Radio Scriptura
Perspektief: April 2024 - Konferensies

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 30, 2024 33:19


Wat is die voor- en nadele van teologiese konferensies?  Dien dit 'n goeie doel, of is dit net 'n gepraat wat die plaaslike gemeente uitsluit?  Gereformeerde Sessies 2024 het reeds in April plaasgevind en was grootliks susksesvol met baie goeie basiese Bybelse riglyne en preke. Wat is 'n meerdere vergadering of sinode vergadering, en wat is die oorspronklike doel daarvan binne ons kerkverband? Die Woord Konferensie vind hierdie jaar plaas van 7-9 Junie 2024, te Gereformeerde kerk Daspoort, en die tema is:  Hoe ken ek God? Hoe baat die plaaslike kerk en gereformeerde predikante by hierdie konferensies? 

god die n bybelse perspektief gereformeerde
Monitor
Monitor 11 Maart 2024

Monitor

Play Episode Listen Later Mar 11, 2024 50:03


Die IVP sê poste wat min of geen vaardighede vereis, moet vir Suid-Afrikaners gereserveer word. Die ACDP wil nuwe Bybelse wetgewing ter tafel lê. Al Jama-ah sê hy gaan die onwettige uitvloei van geld uit Suid-Afrika beveg. Die rolprent, Oppenheimer, is die groot wenner by vanjaar se Oscar-toekennings.

Stellenbosch Gemeente
Preek, Sondag 25 Februarie | André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 25, 2024 35:36


"Know before Whom you stand" Wat ons in hierdie reeks gesien het, is dat wysheid 'n bepaalde intensie of bedoeling het: dis lewegewend. Ek dink dis 'n billike samevatting vir die uitkoms van Bybelse geloof ook. Dis bedoel om nuwe lewe te bring. - André Vandag saam met SG 10:00 Oggenddiens & Kinderkerk 18:30  Tienerkerk [...]

Nuus
Hamas moet sy tonnels vernietig, gyselaars vrylaat

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 15, 2024 0:14


Die ACDP se leier, Kenneth Meshoe, glo regeringspogings sal nie die oorlog in Gaza oplos nie en stel voor Hamas moet beïnvloed word om gyselaars vry te laat as ‘n oplossing. Hy het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om te eis Hamas moet sy tonnels vernietig en Israel se bestaansreg erken. Hy het ‘n waarskuwing uitgereik deur middel van Bybelse aanhalings:

God se Woord VARS vir jou Vandag

Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV) Hier is ontstellende navorsingsdata. Ons sal gemiddeld byna 17 jaar van ons lewens met ons neuse in ons selfone deurbring. Dit is 145 800 uur of 33% van ons wakker ure. Dit is ontstellend en laat jou kop duisel.Kom ons kyk net weer na daardie syfers. Oor 'n 24 uur periode gaan ons, kom ons sê, agt uur slaap. Dit laat ons met 16 wakker ure. As ons die helfte van hulle vir vyf dae per week by die werk deurbring en 'n derde van hulle op ons fone, laat dit bitter min ure per dag vir al die ander dinge oor. Beslis nie veel nie!Wat doen dit aan ons verhoudings? Wat doen dit aan jou verhoudings? Huwelike val uitmekaar. Kinders word afgeskeep. Diepgewortelde sielkundige en sosiale probleme versprei soos 'n wêreldwye pandemie. Dit is 'n somber prentjie.Wat kan ons doen om daardie siklus te breek? Kom ons pas 'n paar pre-tegnologie, outydse, Bybelse, goddelike wyshede op hierdie desperate sosiale siekte toe:Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV)Met ander woorde, maak die tyd, gee jouself die emosionele ruimte, om empatie te toon. Stop. Vier jy werklik jou kind se oorwinning op die sportveld, of 'n mylpaal in ballet? Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is.En wanneer iemand swaarkry, ly in jou hart saam met hulle. Wees by hulle, sit by hulle en huil soms saam met hulle.Empatie, om 'n ander persoon se vreugde of pyn te voel, is ongelooflik kragtig. Dit is 'n brug tussen twee mense wat vir 'n leeftyd sterk sal staan. Dit is 'n brug tussen twee mense waaroor Jesus, so dikwels, kies om oor te loop.Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Maak Kinders Groot om Veerkragtig te Wees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 5, 2023 2:58


Spreuke 23:13 Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe. Die ou Bybelse spreekwoord dat diegene wat die roede spaar, die kind bederf, word deesdae as polities nie korrek beskou nie. En, ja, daar is baie beter maniere om ons kinders te dissiplineer as om hulle te slaan. Maar ons moet hulle dissiplineer. Ons moet!Ek het tydens my leeftyd ‘n aandeel daarin gehad om vyf kinders groot te maak ... en daar is twee dinge wat ek jou sommer baie gou kan vertel. Nommer een – ek was ver van die perfekte pa af. Nommer twee – om kinders groot te maak, is een van die moeilikste opdragte wat jy ooit in die lewe teëkom.Daar is goeie tye, baie van hulle! Maar party dae verg die proses senuwees van staal. En dit is 'n maraton, wat vlakke van uithouvermoë, waartoe nie een van ons ooit gedink het ons sou opgewasse voor wees nie, vereis.Maar dit is 'n belegging wat ongelooflike dividende kan oplewer. Dit is vir my ‘n groot bron van dankbaarheid om te sien hoe my kinders grootgeword het. Hulle is vandag ordentlike, respektabele, verantwoordelike lede van die samelewing en self ook ouers.Maar weet jy, om daardie dividend te kan kry, moet jy die belegging maak … en dit is nie altyd maklik nie.Spreuke 23:13 Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.Soos ek gesê het, ek dink daar is deesdae inderdaad meer effektiewe maniere om kinders te dissiplineer, maar ons moet hulle dissiplineer. Die hedendaagse neiging om kinders te bederf, lei tot bedorwe volwassenes. Dit lewer mense sonder die veerkragtigheid wat hulle nodig het om die lewe in die oë te kyk.Soos Michael Anderson van Focus on the Family dit stel: Vir die meeste van ons kinders sal hul lewe moeiliker wees as wat hulle verwag. En dit is ons taak om hulle veerkragtig genoeg te kry om daardie moeilike omstandighede te kan hanteer.Korrigeer jou kinders wanneer hulle dit nodig het. Jy kan heel moontlik hul lewens red.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Perspektief: November 2022

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 28, 2023 33:26


Scriptura werp Bybelse lig op die nuwe regulasies vir landbou-uitvoere vir blanke boere, die voorgestelde Bela wetsontwerp vir onderwys en skole, en Nederland se regse politieke party wat hul kultuur verdedig en stry teen massa immigrasie.  Mag enige wet, taal of kultuur in die pad van die evangelie staan? Hoe kan ons die staat verantwoordelik hou vir goeie regering, ekonomiese bestuur, vryheid van geloof en ons goddelike mandaat vir die opvoeding van ons kinders?

Radical Life
Hoekom Haat Mense Die Jode So?

Radical Life

Play Episode Listen Later Nov 16, 2023 66:12


Hierdie insiggewende boodskap gee bepaalde Bybelse perspektief oor die haat teen die Jode, wat veral in die laaste paar weke meer sigbaar word.  Die Bybel voorspel hierdie haat teen die Jode en ons leef in die tyd waar ons dit voor ons oë sien waar word.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Jeremia 31:25 Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed. Jy hoor nie dikwels dat mense wat geestelike werk doen, vir ander mense vertel dat ons moeg word nie. Ek is immers die prediker. Ek is veronderstel om al die gerusstellende antwoorde te hê. Ja! Maar ons word moeg. Baie moeg.En ja, daar is tye wat uitputting en swakheid my baasraak. Al bly ek fiks en gesond, al eet ek gesond, al skep ek tyd om te rus en saam met my gesin deur te bring, is daar tye wanneer alles my net oorweldig.Die rede waarom ek die saak bespreek, is dat ek jou wil gerusstel, jou wil vertel, dat dit nie net jy is, wat so voel nie. Moegheid kom in baie verskillende vorme voor. Dis natuurlik fisies, maar ook emosioneel en geestelik. Soms is dit ‘n volslae aanslag wanneer al drie jou gelyktydig tref.Jy voel swak, jy voel moeg, jy voel heeltemal onmagtig om die wêreld in die oë te kyk. Ek is 'n Christen wat op God vertrou, ek is nie veronderstel om so te voel nie. Wat gaan aan? Wat doen ek dan verkeerd?Maak 'n Bybel oop, lees enigiemand se storie – van Adam en Eva, tot Moses, Abraham, Josef, Dawid … tot by die apostel Paulus in die Nuwe Testament en ja, selfs Jesus – en jy sal ontdek dat moegheid hulle almal getref het. Kan ek dit herhaal? ‘n Honderd persent van daardie belangrike Bybelse karakters het uitputting ervaar. Nouja, wat doen ‘n mens nou? Hier's die antwoord? Jy vertrou op God:Jeremia 31:25 Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Gaan werp jouself op God se getrouheid op die manier wat jy jou op jou bed sou uitstrek, en bring al jou moegheid na Hom.Werp jouself op God wanneer jy moeg en moedeloos is.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Shofar Secunda | Afrikaans Preke
Maree Verhoef – Bybelse manier van dissipline

Shofar Secunda | Afrikaans Preke

Play Episode Listen Later Sep 24, 2023 53:51


Diens slides: https://bit.ly/3LDBbHX

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Foute Wat Vrouens Maak (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 20, 2023 3:04


Spreuke 21:19; 27:15 Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.… Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf.Om beskryf te word as ‘n ‘twisgierige vrou' is baie onaangenaam en ‘n onwelkome stereotipe wat baie vroue sal ontstel. En dis geregverdig. Maar daar is sommige vroue wat só aan hul mans neul, dat dit hul huwelike skade berokken.Kyk, as 'n man sê hy sal iets doen, sal hy. Dit is nie nodig om hom elke ses maande daaraan te herinner nie!!! Ja, toemaar, ek weet ons mans kan uiters frustrerend wees. Hoeveel keer het 'n vrou al vir haar man gevra om iets te doen en hy doen dit nie; of om iets nie te doen nie, en hy doen dit!Maar hier is die vangplek, vrouens - as jy jou man as jou eie, persoonlike selfdoen-verbeteringsprojek begin sien! Hy is stukkend. Hy moet reggemaak word! En dit … dit is waar die gekerm begin. En hoe meer sy neul, hoe meer sal hy 'n Bybelse reaksie hê en haar ignoreer. Ja, dit staan in die Bybel! Glo jy my nie? Hier in:Spreuke 21:19 Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.… Hierop kan vrouens met verontwaardiging uitroep: "Dit moes 'n man gewees het wat dit geskryf het!" Ja, dit was! Maar dit is waar. Kyf sal haar verhouding met hom nog verder versuur, want dit beroof hom van sy rus en vrede.Spreuke 27:15 Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf.Ja-nee, dis ook deur 'n man geskryf – dapper koning Salomo, wyse ou kêrel wat hy was! Grappies op ‘n stokkie, daar is 'n paar dinge wat 'n vrou nooit aan haar man sal verander nie (en dit werk ook omgekeerd). ‘n Gedurige geneul vernietig huwelike.Dis jul besluit vrouens: sal julle hom liefhê net soos hy is, met al sy gebreke en swakhede, of sal julle jul huwelik dood-neul?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radical Life
Moeilike Gesprekke / Difficult Conversations

Radical Life

Play Episode Listen Later Jul 29, 2023 61:59


Almal van ons het by tye 'n moeilike gesprek met iemand anders.  Leer in hierdie video hoe om dit op die regte en Bybelse manier te hanteer.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Outydse Wysheid (3)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 16, 2023 2:54


Titus 2:5 ...en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)Goed, vandag … vandag kry jy 'n super dosis van die polities aanvegbare medisyne. En dit kom reguit uit God se Woord. Trouens, dit is ‘n twispunt tussen 'n Bybelse en 'n hedendaagse sekulêre wêreldbeskouing. Ja, ons praat inderdaad van die rol van 'n vrou in vandag se wêreld. Wel, dit hang nogal baie daarvan af waar jy vandaan kom. Kulture het verskillende uitgangspunte in hierdie verband. Deesdae is daar al hoe meer dames wat twee rolle vertolk – dié van 'n beroep en ook dié van tuisteskepper. Gister het ons gesels oor die rol van die ouer vroue om rolmodelle vir die jonger vroue in die samelewing te wees en om hulle te leer wat goed is. Maar nou kom ons by die intens, polities aanvegbare gedeelte in: Titus 2:5 en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)Toe dit in die 1ste eeu nC geskryf is, was 'n vrou se rol in die huis; om te kook, skoon te maak, babas te kry en groot te maak. Dinge het nogal baie verander sedertdien. Nouja… wat maak ons hier in die 21ste eeu nC, met hierdie vers in die Bybel, hm? Al het die konteks verander, het vroue steeds 'n kragtige, prominente rol in die gesinslewe. As man, is ek lief daarvoor om my vrou te dien. En as vrou, is my vrou lief om my te dien. Ons doen dit op ‘n heel verskillende wyses, maar tog dien ons mekaar; ons sorg vir mekaar soos wat ons altyd veronderstel was dit om te doen. Vroue, wees wys. Wees rein. Sorg vir julle huise. Wees vriendelik en wees bereid om julle mans te dien. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Meer en Meer Soos Jesus

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 16, 2023 3:07


Romeine 8:28,29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.Sê my, hoe verander jy 'n waarheid - selfs 'n Bybelse waarheid - in 'n leuen? Maklik! Jy sny dit in die helfte, of haal dit uit konteks aan of verkieslik albei. Kyk net na die duiwel. Die vader van leuens. Hy het dit in 'n kunsvorm verander! Hier is 'n voorbeeld:Romeine 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Halleluja, loof die Here, dis mos hoe die lewe moet lyk. Zippedy-doodah! Dit klink wonderlik … totdat jy die volgende vers lees:Romeine 8:29 God het hulle geken voordat Hy die wêreld gemaak het. En hy het besluit dat hulle soos sy Seun sou wees. Dan sou Jesus die eersgeborene van baie broers en susters wees. Wat het God besluit? O! Dat ons soos sy Seun moet wees; daardie bebloede, mismaakte Verlosser wat leweloos aan die Kruis gehang het. Ja, die beproewings wat ons in die lewe deurmaak, is nie daar om ons persoonlike doelwitte van gemak en sukses te bereik nie, maar dit is bedoel om ons meer en meer soos Jesus te maak. Die kruisiging kom altyd voor die opstanding. Dit gaan seermaak, want die heiligmaking waarna God in my en jou lewe, deur al die angswekkende op- en afdraandes, kinkels en draaie werk, het 'n baie hoër doel. Soos iemand eenkeer gesê het: Ek het gevind dat om meer soos Jesus te word, baie beter resultate lewer as om 'n beter ‘ek' te word. God het jou uitgekies voor die grondlegging van die aarde. En Hy sal ín jou en déúr jou en vir Sy koninkryk, alles ten goede laat meewerk deur elke beproewing wat jy in die gesig staar. Hoekom sal Hy dit doen? Om jou meer en meer soos Jesus te maak. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radical Life
Bybelse Beginsels Vir Eenheid - Deel 2

Radical Life

Play Episode Listen Later Jan 30, 2023 43:59


Nog noooit in die geskiedenis was daar soveel verdeeldheid tussen gelowiges soos in die tyd waarin ons leef nie.  Dit is so hartseer want daarmee gaan ons getuienis verlore.  Die duiwel se nommer een strategie is om verwyderling en verdeeldheid tussen gelowiges en in die liggaam van Christus te bring.  Juis daarom is dit so noodsaaklik dat ons sal besef dat eenheid tussen gelowiges en in die liggaam van Christus ontsettend belangrik vir Jesus is.   Waar daar nie eenheid is nie, gaan die getuienis verlore.  Elke volgeling van Jesus kan of die eenheid skade doen of dit bevorder. In hierdie twee boodskappe leer ons hoe om eenheid te bevorder en te beskerm.

Radical Life
Bybelse Beginsels Vir Eenheid - Deel 1

Radical Life

Play Episode Listen Later Jan 30, 2023 46:30


Nog noooit in die geskiedenis was daar soveel verdeeldheid tussen gelowiges soos in die tyd waarin ons leef nie.  Dit is so hartseer want daarmee gaan ons getuienis verlore.  Die duiwel se nommer een strategie is om verwyderling en verdeeldheid tussen gelowiges en in die liggaam van Christus te bring.  Juis daarom is dit so noodsaaklik dat ons sal besef dat eenheid tussen gelowiges en in die liggaam van Christus ontsettend belangrik vir Jesus is.   Waar daar nie eenheid is nie, gaan die getuienis verlore.  Elke volgeling van Jesus kan of die eenheid skade doen of dit bevorder. In hierdie twee boodskappe leer ons hoe om eenheid te bevorder en te beskerm.

Radio Scriptura
Gebed: Laat U wil geskied ...

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Oct 11, 2022 30:58


In hierdie sewende episode van Scriptura se gebedsreeks word die derde bede van die Onse Vader bespreek.  Wat beteken dit as ons bid “Laat U wil geskied”?  Waar soek ons die wil van God?  Moet ons onsself verloën om God se wil te vind?  Wat is die Bybelse begrip van ons roeping, en die roeping van die kerk binne die koninkryk van God?  Ons is gered om om sout en lig te wees as individue en as die kerk.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Psalm 42: 2,3 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?Daar is 'n ontstellende wanbegrip wat vandag onder Christene voorkom. Dit gaan oor die verskil om gered te word en om die gawe van die ewige lewe te hê. En ek vermoed dat baie mense op die oordeelsdag ontnugter gaan word.Nou goed, as ek jou vra, of jy in Jesus glo. Is jou antwoord miskien "ja". Mooi. Tik die boksie. Nou ja, wat is die probleem? Hier is hoe A.W. Tozer dit stel: Die leerstelling van vryspraak deur geloof is inderdaad 'n Bybelse waarheid. Die beginsel is dat dit die mens van ‘n steriele wettisisme en vergeefse verantwoordelikheid vrymaak. Maar dit het in ons tyd sy betekenis verloor, deurdat dit maklik geïnterpreteer word op so ‘n manier dat dit mense eintlik van die kennis van God weerhou. Godsdienstige bekering het meganies geword. Jy kan jouself as ‘n gelowige beskou sonder 'n verandering in jou morele lewe en sonder skuldbesef oor jou sondige natuur wat van Adam af kom. ‘n Mens kan Christus ‘ontvang' sonder om enige spesiale liefde vir Hom te hê. Die persoon is “gered”, maar hy is nie honger of dors na God nie. Trouens, hy word eintlik geleer om tevrede te wees en selfs aangemoedig om met min tevrede te wees.Hier kom ons by die kernvraag: Het jou geloof in Jesus jou lewe verander, of is die ou "jy" nog springlewendig en sterk? Het jy jouself met passie aan Hom verbind, of trek die aanloklikhede van die wêreld jou nog steeds weg?Psalm 42: 2,3 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?Die hart wat smag na Christus is seker van sy redding. Die een wat nie na Hom smag nie, is nie. Smag dus na Hom!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Apologetics on SermonAudio
Bybelse Apologetiek

Apologetics on SermonAudio

Play Episode Listen Later Sep 5, 2022 54:00


A new MP3 sermon from Gereformeerde Kerk Bet-el is now available on SermonAudio with the following details: Title: Bybelse Apologetiek Subtitle: Waarheid Woensdae Speaker: Arne Verster Broadcaster: Gereformeerde Kerk Bet-el Event: Midweek Service Date: 8/31/2022 Bible: 1 Peter 3:14-16; Proverbs 26:4-5 Length: 54 min.

HRCO Potgooi Preke
Die gevaar van 'n samelewing sonder STRAF

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Aug 7, 2022 46:48


Na COVID 19 wil niemand enige iets hoor oor INPERKING, straf of oordeel nie. Tog sal baie mense getuig dat dit soms 'n dramatiese insident of ongeluk gekos het, om tot die besef te kom EK SAL MY LEWE MOET VERANDER!!! Ons as mens verander nie maklik 'n slegte gewoonte, totdat ons soms nie met die harde werklikheid van 'n ernstige siekbed gekonfronteer word nie!! STRAF vanuit 'n BYBELSE oogpunt is nie die finale oordeel nie, inteendeel dus 'n intervensie, om jou te probeer red van die pad na selfverwoesting! Luister na hierdie boodskap van NUGTERE HOOP en PRAKTIESE daadwerklike VERLOSSINGSDADE om jou te help om koers te hou in die tye van KOSMIESE STRAF. "Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie." (1 Joh 4:18)

HRCO Potgooi Preke
Helde van Geloof Reeks 1 Die Ridders van St John v Malta

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jun 21, 2022 47:44


HISTORIESE STORIES VAN MOED Die geskiedenis van die Johannes Orde is een van die merkwaardigste verhale van moed, uithouvermoë en heersende geloof sedert Bybelse tye. Ook bekend as "die Ridders van Malta," het hulle drie keer hul standpunt ingeneem teen sommige van die magtigste Islamitiese leërs in die wêreld. Toe hulle soveel as honderd teen een oortref het, het hulle geweier om terug te trek. Gegewe geen hoop deur vriende of vyande nie, het hulle hul man gestaan totdat hulle die oorhand gekry het, tot die verbasing van die hele wêreld. #lovecastsoutfear #BelieveInGod #fearisaspirit

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Haggaï 1:5| Hoe doen ek Bybelse selfondersoek?

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later May 9, 2022 30:10


God wil dat ons in egte verhouding met Hom lewe -hiervoor moet ons onsself gedurig ondersoek en “ter harte neem wat met ons gebeur”.   https://youtu.be/KoFzflOswSQ 

NG Kerk Petrusburg
Joh 20:24-29 Twyfel jy ook soms?

NG Kerk Petrusburg

Play Episode Listen Later May 1, 2022 26:23


Bybelse geloof is nie om oortuig te wees deur onomstootlike feite nie, maar om oorrompel te word deur die Persoon van Jesus Christus.

NB Publishers
Lux Verbi-boekgesprek: Morné Mundey gesels met Barend Vos oor Rut en Boas

NB Publishers

Play Episode Listen Later Apr 14, 2022 14:43


Morné Mundey van Radio Helderberg gesels met die skrywer Barend Vos oor sy roman, Rut en Boas. Dr. Barend Vos is 'n bekroonde Christenskrywer en predikant. Waarom het Barend Vos hierdie Bybelverhaal gekies vir sy roman? Waaroor gaan Rut en Boas? Rut is 'n jong weduwee. Wanneer haar skoonma Naomi ─ self ook 'n weduwee ─ wil teruggaan na Betlehem waar sy vandaan kom, volg Rut haar. In Betlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab ─ dié Ragab wat 'n rooi tou uit Jerigo se muur laat hang het. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar empatie met die prostitute buite Betlehem se poorte gee. Oor alles heen waak die oudstes met hulle eie agendas, dikwels selfverryking of onregmatige bevoordeling. Hieruit triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en 'n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare ménse maak. Bestel Rut en Boas: 'n liefdesverhaal deur Barend Vos by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796322623

Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke?

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 12, 2022 30:45


Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke? “Visit many good books, but live in the Bible.” Charles H. Spurgeon 01:30 Vraag: Wat is die Bybelse perspektief op selfhelpboeke? 03:15 Wat is selfhelpboeke? 10:06 Hoe verstaan ons heiligmaking? 11:44 Hoekom is daar 'n toename in gewildheid van selfhelpboeke? 15:05 Sekulêre selfhelpboeke en christelike selfhelpboeke 17:57 Is daar 'n leemte in die kerk, prediking en praktiese applikasie 25:15 Wat is die Bybelse perspektief op selfhelpboeke? 27:28 Algemene raad of geestelike raad? 29:04 Wat is die fokus van die boek? Skrifverwysings: Spreuke, nuwe testament briewe van Paulus. Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn

God se Woord VARS vir jou Vandag

Spreuke 24:27 Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou. (NLV)Baie mense ly aan ‘Blou-Maandag-sindroom.' Dit is hierdie gevoel van swaarmoedigheid, van ‘n nare voorgevoel wat jou aan die begin van die week beetpak. Dit is regtig nie 'n goeie manier om die week te begin nie.Miskien hou jy nie van jou werk nie, of dalk is jy afgetree en die vooruitsig van nog 'n vervelige week wat voorlê, is nie iets wat jou opgewonde maak nie. Ek is baie lief vir my werk, maar daar is dikwels dae wat ek voel ek het net te veel om te doen.Dit is hoekom ek myself gedissiplineer het om orde uit die chaos te skep; om my agenda vas te vat deur my week te beplan. En dit, snaaks genoeg, is die perfekte Bybelse ding om te doen. Kyk wat staan in:Spreuke 24:27 Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou. (NLV)Dit is goeie raad, nè? Kry jou goed uitgesorteer, beplan die volgorde en doen die dinge in die regte volgorde. God is tog 'n God van orde - ons gesels môre meer daaroor. Vir my werk dit baie goed as ek is vroeg elke Maandagoggend omtrent ‘n uur gebruik om my week te beplan.Ek vra myself: Watter dinge het ek verlede week beplan om te doen, en nie afgehandel nie? Wat is die dringende dinge vir hierdie week? Watter dinge is belangrike dinge? Op hierdie manier, blok ek dit in my dagboek, en maak seker ek gee aandag daaraan. En as ek aan die einde van die week kom en sien ek het ongeveer twee derdes daarvan gedoen, is ek baie gelukkig – want dinge gebeur nie altyd soos jy dit beplan nie.Deur die tyd te neem om jou week te beplan, verlig jy die las en dit gee jou 'n gevoel van hoop en vrede.Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou.Dit is 'n ongelooflike goddelike ding om te doen.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Die Erediens: Bybelse prediking

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Mar 15, 2022 56:26


00:40 Sentrale element van die erediens - bybelse prediking 03:07 Mandaat van bybelse prediking 12:40 Wat is die taak van die prediker? 15:30 Hoe lyk 'n skrifgetroue preek? 24:18 Insig van die Heilige Gees 33:24 Christosentriese inhoud 42:58 Preek die volle raad van God 46:18 Berei jouself voor vir die erediens Skrifverwysings: Rom 10:8, Hand 9:22, 6:9, 1 Kor 2, Psalm 1, Joh 15, Dordtse leerreëls, 1 Tim 4

Radio Scriptura
Dissipelskap: Toerusting en Praktyk

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Feb 21, 2022 44:07


Dissipelskap - Toerusting en Praktyk Jesus Christus het vir sy eie dissipels die opdrag gegee in Mattheus 28:19, en gesê: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." Elke christen is 'n dissipel, en het 'n belangrike taak om dissipels te maak. Daar is net een Redder en daar is net een Hoop: ons het die besondere opdrag van God ontvang om die liefde van Christus met almal om ons te deel, en so kan hulle ook tot geloof kom en gered word. Daarom is die kerk ook deur Christus daargestel om elke kind van God te leer en te lei, en deur die Woord op te bou in geloof tot geestelike volwassenheid; 'n proses van dissipelskap onder goddelike leiers. 00:00 Dissipelskap - Toerusting en Praktyk 03:50 Alle christene is dissipels 07:24 Kerkraad moet God se gesag bedien 10:32 Leer ander mense om Jesus te volg 13:30 Volg jy Hom? 16:00 Mentorskap 27:08 Bybelse begeleiding teenoor dieselfde geslag 35:40 Sentrale missie - gehoorsaamheid aan Christus 41:00 Belê tyd in mense - wend tegnologie wys aan Skrifverwysings: Matteus 28, 1 Petrus 5, 1 Timoteus 3 Aanbieders: Jonker Venter en Marnix Boersema  

ToekomsVenster
ToekomsVenster: Moenie jou tyd mors nie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Feb 7, 2022 3:08


Dit is dus 'n Bybelse beginsel om die geleenthede wat God ons gee aan te gryp en sy oorvloedige seëninge te geniet.

Radio Scriptura
2021 in Perspektief

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Dec 14, 2021 52:11


Scriptura kyk terug oor drie groot kwessies en gebeure wat die christelike geloofsgemeenskap regoor die wêreld erg uitgedaag het hierdie jaar.  Transgender agenda en die geslagskwessies, covid regulasies van die regering vir eredienste, en dan die geweldige vrees vir die dood wat posgevat het, of ontbloot is, as gevolg van die pandemie. Jesus het in Mattheus 10:28 gesê: "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel." Lê daarom liewer jou lewe af vir Christus en vir die koninkryk van God. Aanbid en verheerlik Hom, ons Skepper God, bo alles. Hy wat die dood reeds oorwin het en alle mag oor alles het. Hy wat ons vrygekoop het van sonde en dood, sodat ons nie aan die verganklike kort lewe en ons misleidende hartsbegeertes uitgelewer is nie, maar 'n vaste hoop op die ewige lewe kan hê. 00:00 2021 in Perspektief 01:25 "Transgender" agenda en die geslagskwessies 07:20 God se skepping - man en vrou 09:45 Identiteitskrisis onder kinders 11:55 Seksuele revolusie 16:08 Wat is die waarheid oor geslag? 16:55 Hoe leer die publieke skoolkurrikulum? 18:42 Keer terug na die basiese Bybelse beginsels 19:20 Covid regulasies van regering vir eredienste 19:25 God se wette bo die staat se covid regulasies 21:10 Stryd in die kerk 24:49 Wat beteken kerkwees in hierdie tyd? 26:42 Oorvergeesteliking van ons geloof 28:44 Twee virusse: covid en die magvirus 29:28 Semper reformanda 30:36 Beelde en sakramente in die Bybel is konkreet en tasbaar 33:02 Waarvoor is ons werklik geroep? 34:56 Te "versigtig" om kerk toe te gaan? 36:10 Dubbelhartigheid 37:05 Doodsvrees het mense wêreldwyd beetgepak 38:30 Vrees vir die dood 39:23 Illusie van beheer oor die dood 41:19 Wat beteken naasteliefde? 42:40 Jesus het die dood oorwin 44:30 Ons werklike roeping 46:08 Neem jou kruis op en volg Jesus 47:50 Normale sosiale interaksie word gekriminaliseer 51:07 Ons behoort aan Christus in lewe en in sterwe Teksverwysings: Rom 1 en 13, Deut 6, 2 Joh, Daniel, 1 Kor, Heb 2:14-15, Fil 1, Jon 11, Mark 8, Apostoliese Geloofsbeleidenis. Skakels: http://www.scriptura.co.za/2018/08/huwelik-en-gesin-die-satan-se-stille-aanslag-op-die-kerk/ http://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/ http://www.scriptura.co.za/2021/09/et-cetera-september-2021-week-3/ https://semperreformanda.co.za/ https://www.youtube.com/watch?v=m2HOjrpP9yk http://www.scriptura.co.za/2021/01/perspektief-januarie-2021-eredienste-en-huidige-regulasies-van-die-regering/ Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn en Marnix Boersema

InVia Gemeente
Geloof/Sekerheid: Sekerheid sonder Geloof deur Theo Geyser

InVia Gemeente

Play Episode Listen Later Oct 13, 2021 17:35


"Daar word baie gepraat van die eerste helfte van jou lewe en die tweede helfte van jou lewe. Ontreddering help jou om die essensie van ons lewe in God raak te sien. En alles raak te sien wat ons dink ons kan red. Hierdie fase vra vir nederigheid, en die erkenning van my eie ego-kragte (in Bybelse terme: vlees) wat aan my Vryheid belowe."

Baptist Church Kempton Park (South Africa) /  Baptistekerk Kemptonpark
Afrikaans | Bybelse Dissipline (Efesiërs 6:4)

Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark

Play Episode Listen Later Oct 13, 2021 54:53


Familie, Huisgesin en Huwelik Reeks

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dis Nie Regtig so Gekompliseerd Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 8, 2021 2:50


Romeine 13:9,10 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.Deesdae lyk die grens tussen reg en verkeerd baie wyer en veel gryser. In werklikheid is dit maklik om na iets te kyk en regtig nie meer te weet of dit nou reg of verkeerd is nie.Dit is waar, nè? Mense wil die grens tussen reg en verkeerd uitwis. Dit was vroeër swart en wit, maar deesdae is dit een groot grys massa, met  so ‘n spikkeltjie swart daar êrens en 'n klein wit randjie aan die ander kant.Al die outydse Bybelse beginsels waarop ons regstelsel gegrond was,  is neusie verby! Dit is natuurlik niks nuuts nie. Solank daar sondaars soos ek en jy op hierdie die aarde is, word begrippe van sedelikheid, etiek en gedrag daagliks verder verwater.Al wat verander het, is dat dit soveel ingewikkelder geword het. Ons moet almal op eiers loop; ons moet so versigtig wees dat ons nie vir iemand aanstoot gee met ons spesifieke vorm van reg en verkeerd nie. Maar eintlik is dit werklik nie so ingewikkeld nie. Dit is regtig nie moeilik nie. Kyk wat staan in:Romeine 13: 9,10 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.Ons weet daar is reëls en soms wil mense dit verander; dit bietjie na links of 'n bietjie na regs, of 'n bietjie op, of bietjie af skuif. Ek en jy stem dikwels nie saam met die veranderinge nie. Soms ontstel dit ons, maar jy weet, hier is die kern van die saak. Dit is so eenvoudig:“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” selfs as jy nie met hulle saamstem nie. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Here gee my groter geloof! - Bybelse Idiome - Deel 7

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Sep 15, 2021 33:13


Ds Johan preek oor die idiom, geloof se groot soos 'n mostert saadjie op 12 September 2021.

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Ek voel vere - Bybelse Idiome - Deel 6

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Sep 6, 2021 39:40


Deel 6 van Bybelse Idiome met Chris Heunis. Kyk die preek reeks aanlyn by www.youtube.com/gesinskerk

HRCO Potgooi Preke
Bybelse AntiVirus Vir Gedagtes Wat Verwoes

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Aug 30, 2021 71:05


Ons gedagtes is so kragtig dat hulle die verloop van ons lewens kan bepaal. Mag ons altyd waaksaam en nugter wees en ons gedagtes waaksaam bewaar teen skynbaar willekeurige of negatiewe gedagtes wat nie aan Christus onderwerp word nie. “Want soos hy in sy hart dink, so is hy.” - Spreuke 23: 7 https://hrco.co.za/sermons/biblical-antivirus/

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Witgepleisterde Grafstene - Bybelse Idiome - Deel 5

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Aug 30, 2021 31:33


Deel 5 van Bybelse Idiome met Johan Delport. Kyk die preek reeks aanlyn by www.youtube.com/gesinskerk

Radio Scriptura
Pastoraal: Konflikhantering

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Aug 24, 2021 36:03


Aanbieders:  Gerhard van Rhyn en Jan-Louis Lee00:00   Pastoraal:  Konflikhantering01:21   Oorsig03:52   Wat sit dikwels agter konflik? (selfsug, woede, wraak, ens)04:38   Hoe toets ek my hart tydens konflik? 06:48   Bybelse riglyne15:58   Hoe hanteer ons konflik?19:20   Is alle konflik verkeerd? 24:00   Konflikvermyding kan liefdeloos wees.26:00   Persoonlikheidsverskille.33:24   Konflik kan ‘n geleentheid wees vir groei.34:51   Hou vas aan die waarheid en liefde.  Skrifgedeeltes:Galasiërs 2:13, Efesiërs 4:25-27, Mattheus 18, 2 Korintiërs 13, Handelinge 15:36-41, 1 Korintiërs 6

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Hoe om minder klippe te gooi - Bybelse Idiome - Deel 4

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Aug 22, 2021 35:12


Message from Riaan le Roux on August 22, 2021

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Wat is die doring in jou vlees? - Bybelse Idiome - Deel 3

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Aug 15, 2021 33:52


Message from Johan Delport on August 15, 2021

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Kan `n Luiperd sy kolle verander? - Bybelse Idiome - Deel 2

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Aug 8, 2021 33:43


Message from Johan Delport on August 8, 2021

Radio Scriptura
Perspektief: Julie 2021

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Aug 3, 2021 52:25


In hierdie episode beskou Scriptura 'n paar aktuele sake en nuusgebeure van die afgelope maand vanuit 'n Bybelse perspektief. 00:00  Julie 2021 in Perspektief 01:30  Onluste en eredienste 09:55  Gereformeerde term, Sphere sovereignty, beginsel van soewereiniteit in eie gesagskring:  gesin, kerk, regering 11:30  Nederlandse Geloofsbeleidenis artikel 36:  die plek van die regering  16:20  Statisme - staat kry oppermag oor alles 18:43  Hoofpunte:  - Die antwoord oor eredienste kan nooit wees:  So sê die regering nie.  - Kan die kerkraad ‘n lidmaat bind deur te sê:   Jy kan nie vandag die 4de gebod gehoorsaam nie, en die erediens bywoon nie? - Virtuele dienste is nie eredienste nie - Die kerkraad moet realistiese evaluasies doen  24:40  Inentingspaspoorte en beperking van beweging van die wat nie ingeënt is nie -  Patroon van die narratief -  Ingeligte besluit teenoor ‘n aktivistiese besluit -  Onderskei tussen eredienste en inenting 40:40 Inent of nie: ‘n saak van skeiding tussen gelowiges? Skrifverwysings:  Spreuke 29: 2 en 18, Amos, Psalm 96:10, Openbaring, Jakobus, Romeine 14, 1 Kor 8-10, 1 Kor 10:31 Aanbieders:  Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee Photo geneem deur:  Andre Swart/AP Photo