POPULARITY
Send us a textJohannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Weet jy dat daar deur die eeue heen en, inderdaad vandag nog, in die naam van ‘Godsdiens', onnoembare gruwels gepleeg word? Dit is ‘n feit. So hoe word iets wat bedoel is om goed te wees, uiteindelik boos?Kom ons gebruik die Christene se gedrag as ‘n voorbeeld van hoe iets kosbaar, boos geword het. Tydens die Kruistogte, wat in 1096 begin het, en twee eeue lank geduur het, het hulle tussen 'n paar honderdduisend en 'n paar miljoen mense doodgemaak.Die doel was om die Heilige Land terug te eis van Moslem-beheer en om ‘n veilige deurgangsroete vir Christen-pelgrims op pad na heilige plekke, te verseker. Maar kyk teen watter prys het dit gebeur! Wat het veroorsaak dat dinge so handuit geruk het?Histories is bewys dat wanneer mense probeer het om die boodskap van die Evangelie van Jesus Christus te meng met 'n ander agenda, gaan dit nie meer oor die Evangelie nie, maar oor iets heel anders. Ja, dit kan gaan oor iets soos: 'n sosio-politieke ideologie, nasionalisme, morele meerderwaardigheid, die oplegging van Bybelse wette op sekulêre nasies, die afdwing van Christelike motiewe en praktyke op onwillige deelnemers ... En wat gebeur? Christene sleep die Naam van Jesus Christus deur die modder wanneer die dinge verkeerd loop; wanneer dit boos word.Maar hierdie idee van Jesus-plus iets anders, is niks nuuts nie. Mense wou dit van die begin af hê.Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.Die mense se agenda was beslis anders as Jesus s'n. Hoe het Jesus gereageer? Hy wou Hom nie deur mense van koers af laat bring nie. Daar is 'n kragtige boodskap daarin vir ons, nè? Moenie die Evangelie van Jesus met enigiets anders meng nie - nie met voorvaders, heiliges, materialisme, politiek, nasionalisme, of wat ook al nie. Want wanneer jy probeer om Hom die gelukbringer van jou saak te maak … sal Hy vertrek en na die heuwels gaan.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textRomeine 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Navorsing toon dat ten minste 'n miljard mense tydens die afgelope maand wêreldwyd gebid het. Nouja, die statistieke vertel ons nie vir wie hulle gebid het, of waaroor hulle gebid het nie, bloot dát hulle inderdaad gebid het.Die Pew Research Centre berig dat 55% van Amerikaanse volwassenes in die afgelope 30 dae gebid het. In die Verenigde Koninkryk het byna die helfte van die bevolking ten minste een keer in hul lewe gebid en 28% van hulle het gedurende die afgelope maand gebid. In China beskou net sowat 16% van mense hulself as "godsdienstig" (wat dit ook al beteken), maar 16% van 1,4 miljard is steeds meer as tweehonderd-en-vyftig miljoen mense!Jy verstaan seker waarheen ek op pad is: So, as jy tydens die afgelope 30 dae gebid het, is jy nie die enigste een in hierdie wêreld nie.En weet jy, al wil ons dit nie erken nie, word gebed so dikwels afgeskeep wanneer dinge swaar begin gaan. Baie van die groot helde van die Christelike geloof – Martin Luther, Charles Spurgeon, Moeder Theresa, C.S. Lewis, Watchman Nee – het geskryf van tye van geestelike droogte; tye toe hulle gevoel het dat God hulle verlaat het; tye wat hulle gesukkel het om te bid.So dink jy dat God dit nie weet nie? Natuurlik weet Hy. Hy ken ons swaarkry en ons beperkings …Romeine 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.So, die volgende keer wanneer jy sukkel om te bid, onthou, jy is in goeie geselskap. Sit stil, fokus op God … en Hy sal jou antwoord.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textPrediker 11:5 Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van 'n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is. Terwyl ons aan die toekoms dink, bevind ons onsself in ietwat van 'n dilemma. Aan die een kant smag ons na sekerheid. Ons wil regtig weet hoe dinge vir ons gaan verloop. Maar aan die ander kant, weet ek nie of jy byvoorbeeld wil weet, presies wanneer jou tyd op hierdie aarde sal verstryk nie? Ek dink nie jy wil dit weet nie.Ons leef hier in niemandsland. Ons sit tussen twee vure: tussen ons begeerte na sekerheid, en aan die anderkant vermy ons die idee dat ons toekoms klaar uitgestippel kan wees; en dat niks wat ons kan doen, die uitkoms sal verander nie.Ek wens soms – ja, dis die waarheid – ek wens dat God net sal instorm en vir my sê wat Hy vir my beplan. Hoe gaan dit uitwerk? En wat van daardie ding? Hoe gaan Hy daardie ding laat uitwerk? Die realiteit is egter dat dinge net nie so werk nie; Hy werk nie so nie. Soos die wyse ou koning, Salomo, sowat drieduisend jaar gelede uitgewys het in …Prediker 11:5 Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van 'n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.Daar is soveel dinge wat ons nou eenvoudig nie verstaan nie en weet jy, wat meer is: daar is soveel dinge wat ons waarskynlik nooit sal verstaan nie. Op dieselfde manier weet ons nie wat God gaan doen nie ... en tog is Hy die een wat alles laat gebeur.En dit is 'n goeie ding. 'n Baie goeie ding.Henri Frédéric Amiel, die 19de-eeuse Christelike filosoof, het eenkeer opgemerk: In Onsekerheid neem ons ons toevlug tot Hoop. En wanneer ons ons hoop op God vestig, sal daardie hoop nooit teleurstel nie, dit maak nie saak hoe skraal, hoe onseker ons toekoms mag lyk nie. In Hom is ons hoop verseker.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text1 Johannes 5:18-19 Ons leef egter met die wete dat elkeen wat deur God verwek is, nie aanhou sonde doen nie. God bewaar dié een wat uit Hom gebore is en die bose kry nie vatplek aan hom nie. Ons weet dat ons van God afkomstig is en dat die hele wêreld in die mag van die bose vasgevang lê Mense gedra hulle dikwels baie sleg en hulle neem nie in ag wat die impak van wat hulle sê of doen, op ander mense gaan wees nie. Hoeveel beter sou hierdie wêreld nie gewees het as hulle hulself net gedra het!Ek weet, dit is maklik om die vinger na ander te wys, maar kyk wat doen mense! Mense maak onverskillig hul motordeure in die parkeerterrein oop en veroorsaak 'n duik in jou motor. En wat van jou buurvrou wat haar nare doef-doef musiek kliphard aandraai? Sonder sulke mense sou dit 'n wonderlike wêreld gewees het! Dit sou vir ons onnodig gewees het om ons so oor al daardie mense daar buite te ontstel; as hulle hulself maar net gedra het.Ongelukkig is Christene nogal baie geneig om hul vingers na die wêreld daar buite te swaai. Dink hulle nou dat dit die ander mense se onetiese, losbandige lewenstyl, op een of ander manier sal verander en hulle hul sal genees van hul swak gedrag?Nee wat, wees realisties! Dit werk nie so nie! Dit kan inderdaad nie:1 Johannes 5:19 Ons leef egter met die wete dat elkeen wat deur God verwek is, nie aanhou sonde doen nie. God bewaar dié een wat uit Hom gebore is en die bose kry nie vatplek aan hom nie. Ons weet dat ons van God afkomstig is en dat die hele wêreld in die mag van die bose vasgevang lê.Met ander woorde, verandering kom na diegene wat ‘n persoonlike ontmoeting met Jesus self gehad het. Jy kan nie daardie mense daar buite verander deur jou oortuigings of jou sedes in hul keel af te druk nie. Jy kan net nie.Die 20ste eeuse teoloog en prediker, Martin Lloyd Jones, het dit so gestel – Dit is nie die Christelike Kerk se besigheid om die wêreld aan te spoor om Christelike waardes toe te pas nie, want dit kan nie gedoen word nie. Dit is moeilik genoeg vir die Christen, maar dit is onmoontlik vir die wêreld.Hou op om jou vinger na ander te wys. Fokus op jou eie gedrag.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig hy gaan 'n taakspan skep wat daarop gemik is om wat hy noem 'n "anti-Christelike vooroordeel" binne die federale regering uit te roei. Hy het gepraat by die Nasionale Gebedsontbyt in Washington DC, 'n jaarlikse geleentheid vir godsdiensgroepe en regeringsleiers. Trump sê dat hy 'n uitvoerende bevel sal onderteken en die Amerikaanse prokureur-generaal Pam Bondi sal aanstel om die poging te lei. Hy het ook die Biden-administrasie met onakkuraathede aangeval.
Lees: Luk 2: 41-52 en Joh 15: 1-8. Fokus: Luk 2: 52. Bly in Christus om gebalanseerd te groei. Daar is 4 sleutel areas/dissiplines waarin ons ten volle en in harmonie moet ontwikkel: verstandelik, fisies, sosiaal en geestelik. Ons spandeer te veel tyd om uiterlike gedrag te probeer verander, in plaas van om te verander wat mense glo aangaande God en hulleself. Die Heilige Gees laat ons vrugte dra as ons in Christus bly deurdat ons weet wie ons is as kinders van God. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Beskryf die 4 dissiplines waarin ons ten volle en in harmonie moet ontwikkel. Wanneer en hoe ontstaan Christelike wettiesheid? Hoe vind gesonde en gebalanseerde groei plaas in al 4 dissiplines?
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum doen regstappe teen die Padongelukkefonds oor onbetaalde fakture. Volgens die forum sukkel 'n gestremde sakevrou, met meer as 15 mense in haar diens, reeds langer as 'n jaar met vertraagde betalings, wat salarisse, materiaal en projekte beïnvloed. Die forum se president, Marothi Mashashane wil geregtigheid hê vir die sakevrou en ander wat geraak word deur die Fonds se wanbetaling.
https://www.youtube.com/live/UkJr19nHjG8?si=cJM35zpyCNz76TdL
Send us a text1 Johannes 3:8 Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig. (NLV) Dit is vandag Vrydag die 13de, 'n dag wat in die Westerse kultuur beskou word as ‘n ongelukkige dag. Daar bestaan al vir eeue lank, wêreldwyd, bygelowe soos dat ‘n ongeluk jou sal tref, wanneer: jy onder 'n leer deur loop; 'n swart kat jou pad kruis; 'n spieël breek... Daar word gesê dat hierdie dinge teëspoed bring.As jy mooi daaraan dink, besef jy dat bygelowe hul oorsprong in vrees het. En vrees is een van die negatiefste van alle emosies, want dit spruit dikwels, natuurlik nie altyd nie, uit die bose. En dit is verseker van toepassing op bygelowe.Wat is die oorsprong van vrees? Vrees spruit nooit uit liefde, vriendelikheid, goedheid, en deur die doen van dit wat reg is nie, maar dit spruit beslis uit boosheid - geweld, arrogansie, selfsug en dies meer. Ontelbare vroue en kinders leef in verskriklike vrees, as gevolg van die brutaliteit van die mans in hul lewens.Byna almal glo dat daar 'n geestelike dimensie aan die lewe is. En ons moet mooi verstaan, daardie geestelike dimensie sluit beide goed en kwaad in.Sommige mense beskou die idee dat Satan, die duiwel bestaan, slegs as 'n Christelike weergawe van ‘n bygeloof. Ek glo dit beslis nie, want op talle plekke in die Bybel lees ons dat hy ‘n werklikheid is. In die vier Evangelies sien ons baie duidelik dat Jesus geglo het in die bestaan van die duiwel; 'n duiwel wat vandag nog lewendig en gesond is, wat daagliks verwoesting in die lewens van so baie mense saai.1 Johannes 3:8: Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig. (NLV)My vriend, moenie toelaat dat die duiwel met jou lewe inmeng nie. Moenie dat hy jou in sy bose strikke insleep nie, moenie dat hy duisternis en vrees in jou lewe bring nie, want daar is 'n alternatief. Jesus, wat gekom het om die werke van die duiwel … in jou lewe te vernietig.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra die regering om 'n noodtoestand af te kondig en alle spaza-winkels tydelik te sluit om kinders te beskerm en lewens te red te midde van die krisis weens besmette voedsel. Hulle eis 'n nuwe lisensiëringsproses om strenger beheer te verseker, veral vir ongedokumenteerde winkeleienaars. Die president van die forum, Marothi Mashashane, kritiseer die regering se gebrek aan proaktiewe maatreëls en sê hulle reageer gewoonlik eers nadat tragedies plaasgevind het:
Lees: Daniël 10 Die Geveg Die Bybel is duidelik dat die Christelike lewe ‘n geveg is. As gevolg van die sondeval in die paradys stel God in Gen 3: 15 vyandskap tussen die slang se saad en die vrou se saad. Die geveg is geestelik. Fisiese wapens het geen nut nie. Ons wapen is gebed. Die vyand se teenstand. Die vyand is ondergeskik aan God se mag en het tans ‘n beperkte beweegruimte. Die Christen se antwoord op die teenstand is dat ons moet bid – die uitdaging is dat ons nie kan sien wat in die geestelike dimensie gebeur nie. 5. Ons moet aanhou bid.
Send us a textMarkus 1:21,22 Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV) Ek weet nie hoeveel kerkdienste jy al in jou lewe bygewoon het nie, maar ek kan eerlik nie sê hoeveel ek al bygewoon het nie. Dit het alles vir my as 'n jong kind begin. Om vir 'n uur in ‘n diens stil te sit, was ondraaglik. Die ou wat daar voor gestaan het met sy eindelose, eentonige gebrom het my eindeloos verveel.Ek gee toe dat ek nog jonk was en dat my negatiewe herinneringe seker aan my onvolwassenheid toegeskryf kan word. Maar deesdae, met die media binne ons bereik, en met al die Christelike programme waartoe ons nou toegang het … moet ek ongelukkig sê dat daar steeds baie kragtelose en lewelose prediking is.Kom ons kyk na voorbeelde: Sommige preke is daardie gebrom wat ons almal al tot vervelens toe gehoor het; ander weer, is ‘n aanhoudende geskree; of in nog ander gevalle is dit die gekielie van ons ore deur die prediker met die dinge wat ons graag wil hoor. Maar uiteindelik ontbreek die krag wat ons lewens moet transformeer. En dit is niks nuuts nie.Markus 1:21,22 Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV)Het jy al ooit gewonder wat die doel daarvan is om te preek? Die doel is om ons met die lewensveranderende Woord van God te konfronteer. Die punt is dat ons lewens getransformeer word. Die punt is om ons in staat te stel om ons lewens af te lê, ons kruis op te neem en Jesus te volg. Dit is die punt. Daarom moet jy baie versigtig soek na waar jy die ware boodskap sal hoor. Kyk, as jy nie uitgedaag wil word nie, en jou lewe nie radikaal verander wil hê nie, gaan speel eerder op ‘n Sondagoggend gholf. Maar as jy ernstig is, het jy nie doellose, lewelose verkondiging van die wet nodig nie. Jy het iemand nodig wat met gesag onderrig … soos Jesus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Gerco van Deventer word op 3 November 2017 deur Moslem-ekstremiste in Libië ontvoer. Dit net twee dae ná sy aankoms in die land om as paramedikus op 'n projek te werk. Al-Kaïda in Mali hou hom vir ses jaar aan. In die tyd word hy vir agt maande aan 'n boom vasgeketting as straf oor vermorste water. Verder oorleef hy 'n teregstellingspoging met 'n koeëlwond wat sy voorarm versplinter wat hy dan self moet behandel. Gedurende sy aanhouding in die woestyn word hy fisies, psigies en geestelik tot die uiterste beproef. Sy opleiding as 'n 7 Med-soldaat, sy vrou en kind en sy Christelike geloof dra hom deur die tyd as Suid-Afrikaner wat die langste ooit as gyselaar aangehou is. Luister hoe hy hierdie ses donker jare oorleef het.
Die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages-beweging het 'n openbare vergadering in Windhoek gehou teen die bevordering en wettiging van homoseksualiteit in Namibië. Die organiseerders voer aan dit is strydig met die oortuigings van meeste Namibiërs, kulturele waardes en die Christelike godsdiens. Die beweging beplan ook 'n massabetoging op 9 September in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia.
Die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages-beweging reël 'n openbare vergadering Saterdag by Samora-sokkerveld in Windhoek. Die vergadering sal teenkanting teen die bevordering en wettiging van homoseksualiteit in Namibië aanspreek en dit aanvoer as strydig met die oortuigings van die meerderheid Namibiërs, kulturele waardes en Christelike godsdiens. Dit sal ook 'n massabetoging beplan wat vir 9 September in Windhoek geskeduleer is. Kosmos 94.1 News het met die voorsitter van die beplanningskomitee, Pendapala Nakathingo, gepraat.
Send us a Text Message.1 Korintiërs 1:10-13 En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. Lede van die huisgesin van Chloë het aan my vertel, my broers en susters, dat daar allerlei struwelinge onder julle voorkom. Ek bedoel dat party van julle sê: Ek volg Paulus; ander weer: Ek volg Apollos; nog ander: Ek volg Petrus; en nog ander: Ek volg Christus. Dink julle regtig Christus kan so in stukkies verdeel word? Paulus is tog beslis nie vir julle gekruisig nie! Of is julle dalk in Paulus se naam gedoop? (NLV) Dit maak nie saak watter groep mense jy bymekaar kry nie, so waar as padda manel dra, daar sal meningsverskille ontstaan. Daarna volg argumente en voor jy jou oë kan uitvee, is daar verdeeldheid.Dit gebeur in gesinne, in die werkplek, in gemeenskapsgroepe. En ja, dit gebeur in kerke … ten spyte van die feit dat dit God se passie is dat daar eenheid tussen sy kinders moet wees. Dit is hoekom Hy destyds die apostel Paulus hierdie woorde laat skryf het:1 Korintiërs 1:10-13 En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. Lede van die huisgesin van Chloë het aan my vertel, my broers en susters, dat daar allerlei struwelinge onder julle voorkom. Ek bedoel dat party van julle sê: Ek volg Paulus; ander weer: Ek volg Apollos; nog ander: Ek volg Petrus; en nog ander: Ek volg Christus. Dink julle regtig Christus kan so in stukkies verdeel word? Paulus is tog beslis nie vir julle gekruisig nie! Of is julle dalk in Paulus se naam gedoop? (NLV)So, hoe goed het ons, God se eie kinders, sy hartstogtelike begeerte om verenig te wees; om een te wees, nagekom? Wel, volgens die Sentrum vir die Studie van Globale Christendom bestaan daar vandag meer as 45 000 Christelike denominasies dwarsoor die wêreld. Kan jy dit glo?En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lees: Jer 7:1-15 (AFR83). Fokus: Jer 7:3-8. Valse godsdiens bring ‘n valse gerustheid wat bekering verhinder. Die profeet ontmoet die biddende skare by die tempelpoort met ‘n skokkende boodskap. Die kern van sy onverwagse aanval is gemik teen hulle valse gerustheid. Die kerk en Christene leef alte maklik van so ‘n vanselfsprekende gerustheid. Van waar kom die valse vertroue? Uit die verkeerde gevolgtrekkings wat hulle uit God se verbond en verkiesing maak. Uit hulle slagkrete: “Ons is veilig! Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel!” (Jer 7:4). Dit is ‘n tyd van krisis, van onheile, maar die volk bekommer hulle nie té veel nie, in elk geval nie nadat hulle weer ‘n slag in die tempel was nie! In die tempel word die gemoedere gekalmeer, vrese besweer en elke moontlike sweempie van ‘n skuldgevoel weggepreek en weggeoffer. Hulle is ‘n godsdienstige volk. Die tempel staan in hulle midde as simbool van God se teenwoordigheid en waarborg van sy beskerming. Hy sal hulle nie in die steek laat nie. Juis dié valse gerustheid lei tot ‘n uitwendige godsdiens, wat Jeremia in die skerpste taal aanval. Wat God waarlik vra, naamlik gehoorsaamheid, ontbreek geheel en al. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die volk se valse gerustheid. Wat is die gevolge van die volk se valse gerustheid? Wat word bedoel met “Christelike integriteit”?
Matteus 5:14-16 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! 'n Mens steek ook nie 'n lamp op en maak dit onder 'n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op 'n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” (NLV) Skynheiligheid en selfbedrog gaan hand aan hand. Iemand wie se dade nie met hul woorde ooreenstem nie, is baie beslis 'n huigelaar. Maar weet jy, baie dikwels word daardie skynheiligheid deur selfbedrog aangevuur. Huigelaars kyk in die spieël, maar bly heeltemal blind vir hul ellendige toestand.Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die ergste soort huigelaar 'n godsdienstige een is. En dit is nie net ek wat so dink nie. Jesus het die skynheilige godsdiensleiers van sy dag absoluut aan flarde geskeur. En jy hoef nie baie ver te kyk om te sien dat vir baie, sogenaamde Christene, niks verander het nie. Richard Rohr, ‘n Franciskaanse monnik stel dit so:Christenskap is 'n leefstyl – dit is veronderstel om die lewe ongekompliseerd, nie-gewelddadig en liefdevol te maak en met ander te deel. Maar ons het dit egter in 'n vaste "godsdiens" (en alles wat daarmee saamgaan) gegiet en die verandering van lewenstyl self vermy. 'n Mens kon tydens die grootste deel van die Christelike geskiedenis oorlogsugtig, gierig, rassisties, selfsugtig en ydel wees en tog sê dat Jesus jou "persoonlike Here en Verlosser" is. Maar die wêreld het nie meer tyd vir sulke lawwigheid nie. Die lyding op hierdie aarde is te groot.Jesus het oor hierdie onversoenbare kloof tussen geloof en dade gepraat en gesê:Matteus 5:16 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! 'n Mens steek ook nie 'n lamp op en maak dit onder 'n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op 'n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” (NLV)Tensy ons daardie lig uitstraal, mislei ons onsself. Moenie skynheilig wees nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra die dringende hersiening van die grondwet, en beweer dit bevoordeel rykes en dié met politieke bande, terwyl dit nie gelykheid verseker nie. Hulle onderstreep onduidelike vereistes vir parlementslede; ongelyke behandeling van amptenare in 'n staat van beskuldiging teenoor dié met tronkstraf, en algemene gebrekkigheid. Die president van die forum, Marothi Mashashane, betoog die Grondwet benadeel armes en eis 'n hersiening vir ware gelykheid.
Hebreërs 4:12,13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee. Het jy al ooit gewonder hoekom jy sukkel met die dinge waarmee jy sukkel? Dit lyk asof mnr en mev Super Christen daar oorkant, hulle hele lewe agtermekaar het. Ek? Wel, jy weet …Ons vergelyk ons en voel dat hulle beter as ons is, maar ons is heeltemal onkundig oor die dinge waarmee hulle worstel. En tog, is daar tye wanneer ons self ons eie lot erger maak, bloot deur weg te dwaal van God af en weg te dwaal van sy Woord. Ons mislei onsself deur te besluit dat ons beter weet en dat ons mislukkings ons nie regtig seermaak nie; dat hulle geen gevolge het nie.Tog is daardie selfbedrog 'n instrument in die hande van Satan om ons lewens te beroof van die rykdom wat God aan ons wil skenk. Maar weet, daar is net een pad terug:Hebreërs 4:12,13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.Jack Wellman, ‘n Christelike pastoor som daardie twee verse so op: Wanneer jy die Woord van God ondersoek, ondersoek die Woord van God jou. En hierdeur, lê God die selfbedrog bloot, die sonde waardeur die duiwel ons lewens verwoes. God se doel is om ons vry te maak; om sy liefde aan ons te bewys en om ons nader aan Hom te trek, as wat ons ooit gedink het moontlik sal wees.Moenie die Woord van God verwaarloos nie. Dit het die vermoë om jou te verander.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos 'n rivier wat nooit gaan staan nie. Soos enigiets in die lewe, kan Christenskap omskep word in 'n winsgewende besigheid. Die rykdom van sommige kerke is verstommend. En dit is maklik vir eenvoudige godvresende mense soos ek en jy om daarby ingesuig te word.Ek klink nou ‘n bietjie onsensitief, nie waar nie? Maar ons weet dat die Christelike kerk regoor die wêreld triljoene rande se vaste eiendom en bates besit, en dat dit nie altyd met wysheid gebruik word nie. Ek is seker jy sien volop advertensies op sosiale media vir hierdie konferensie, daardie optrede, hierdie beweging van God en daardie profetiese … wel, daar is soveel dat jy nie kan voorbly met al die inligting nie!Natuurlik het die kerk bates nodig om God se werk te doen. Nouja, daar behoort seker vergaderings regoor die wêreld te wees om God se Woord te bestudeer en Hom te aanbid. Maar jy kan so maklik vasgevang word in die truuks; die selfverheerlikende besigheid van die hedendaagse Christendom, dat jy uit die oog verloor wat God regtig wil hê. Wat wil hy hê?Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos 'n rivier wat nooit gaan staan nie. (DB)Dit is nie alles so ingewikkeld nie. Aanbid God met jou hele hart, met alles wat jy is. Leef jou geloof in liefde uit deur billik en regverdig te wees. En moenie vasgevang word in al die bohaai nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan 'n blinde persoon 'n ander blinde lei? Die eerste sal in 'n sloot val en die ander een saam aftrek.'n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV) Dis ‘n ernstige en gevaarlike situasie wanneer enigiemand hul vertroue in ‘n persoon of enigiets anders as die waarheid van die Evangelie van Jesus Christus stel. Selfs Christene (in werklikheid veral Christene), kan hul geloof tot belaglike en gevaarlike uiterstes neem.Ja, mense word mislei om gewelddadig op te tree; en dit is hoe die Kruistogte, daardie verskriklike godsdiensoorloë tussen 1095 en 1291 ontstaan het; asook die Katolieke Inkwisisie van die 12de tot die middel van die 15de eeu. Ja, en vandag kry ons dit in die vorm van die selfmoordbomaanvallers van ander godsdienstige groeperinge. Vir 'n Christen is die waarheid van die Evangelie 'n onweerlegbare werklikheid. Maar daar is deesdae baie invloedryke leraars, wat Christene oproep om op te staan, om hul regte terug te eis, om hul land (in watter land hulle ook al woon) met mag in 'n Christelike een te verander. Hulle gebruik oortuigende argumente … en tog mis hulle die punt.Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan 'n blinde persoon 'n ander blinde lei? Die eerste sal in 'n sloot val en die ander een saam aftrek.'n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV)Moenie toelaat dat blinde gidse jou op 'n dwaalspoor lei nie. Die doel van die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus Christus, is nie om dit op ander af te dwing nie. Soos iemand eenkeer gesê het, wanneer jy Christenskap met mag begin meng, het jy kort voor lank leiers wat besig is om ‘n kruis op iemand anders se skouers af te forseer, eerder as om dit vir hulself op te neem.Tree dus oordeelkundig op. Kies jou onderwysers versigtig. Ja, ek weet ons moet opstaan teen die kwaad, maar onthou, die Evangelie van Christus is 'n Evangelie van God se liefde, sy vergifnis, sy begeerte om mense na Hom toe te trek.Moenie in die duiwel se slagyster trap nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. In die ou dae was seilskepe die algemeenste vorm van skeepsvervoer. Onverskrokke matrose het met seilskepe die aardbol deurkruis en groot oseane oorgesteek om nuwe wêrelde te ontdek. Hulle was aangedryf deur een ding, en een ding alleen. Die wind.Deesdae is daar natuurlik ook massiewe brandstof-aangedrewe vaartuie. Dit het veroorsaak dat skeepskepe meer van 'n sport en vermaak, as 'n noodsaaklikheid, geword het. En hoewel ek nog nooit baie aangetrokke tot daardie spesifieke sport was nie, moet ek erken dat die paar keer wat ek op 'n seiljag was, nogal opwindend was.Wanneer die wind gaan lê, verloor ‘n seiljag sy krag. Vandag kan dit beteken dat jy 'n wedvaart verloor, maar destyds was 'n windstilte vir almal aan boord verlammend, selfs dodelik.Dit lyk vir my of 'n Christelike lewe sonder die Heilige Gees baie so is. Charles Spurgeon, die negentiende-eeuse Britse prediker en evangelis, het eenkeer gesê dat ons sonder die Gees van God niks kan doen nie. Ons is soos skepe sonder wind, heeltemal nutteloos.Voordat Hy gekruisig is, het Jesus hierdie belofte aan sy dissipels gemaak:Johannes 14:26 … en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.Dink aan die Gees van God as die wind in jou seile. Hy herinner jou aan dinge wat Jesus gesê het, en Hy help jou om alles te word wat Hy jou geskep het om te wees. Dis die magtige hand van God in jou lewe, die hand van sy grootheid, om tot sy eer in jou en deur jou te werk.Hoekom sal ons ooit op ons eie die mas probeer opkom? Ons sal soos skepe in ‘n windstil see ronddobber en uiteindelik sterf. God, die Heilige Gees, is jou Helper.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Christelike hoop is nie dieselfde as die afwesigheid van lyding of swaarkry of mislukking nie. Dit is gegrond in wie Jesus Christus werklik was - in die Kruis en die Opstanding. Ons hoop is nie gevestig op 'n wens dat alles goed sal gaan nie, maar in die krag van God self. Jesus gee ons 'n oorvloed lewe wat ons nie kan opgebruik nie! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message
Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader'? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self. In hierdie post-Christelike era waarin ons leef, het die begrip “waarheid” baie verskillende betekenisse aangeneem. Mense baklei vir hul eie weergawe, hul eie waarheidsnarratief, want elke haan wil op sy eie mishoop koning kraai.Maar weet jy, dis in hierdie rumoer van mededingende "waarhede" wat God steeds vandag die ewige waarheid dat Hy sy Seun gestuur het om ons te red, wil openbaar. Hy smag daarna dat ons sy liefde, sy genade en sy guns deur Jesus sal beleef. Dit is die waarheid. Hoe openbaar Hy dit?Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader'? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.God het sy Waarheid in die vlees vir ons kom bekendmaak. Hy het Homself op ‘n praktiese wyse in ons komplekse, deurmekaar lewens aan ons geopenbaar. Waarheid kan nie geleer word nie, dit moet beleef word. Ons moet dit beleef, net soos die dissipels dit op daardie stofpaaie van die eerste-eeuse Israel saam met Jesus ervaar het.My vriend, Jesus is die Waarheid. En wanneer jy Hom leer ken, in Hom glo, en Hom ervaar … Sal Hy jou lewe verander. Wie My sien, sien die Vader. Dis die waarheid.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” Ek weet nie of jy al ooit verkleineer, verwerp of selfs uitgeskel is omdat jy in Jesus glo nie en weet jy, dis nie 'n lekker gevoel nie. Maar, wanneer jy mooi daaraan dink, is dit ook glad nie verbasend nie.Kom ons beskou die sentrale boodskap van die Christelike geloof objektief; ons almal het gesondig en daarom kan ons nooit op ons eie, goed genoeg wees om deur God aanvaar te word nie. Maar Hy het ons so lief dat Hy Jesus gestuur het om aan 'n kruis te sterf om vir ons sonde te betaal, sodat elkeen wat in Hom glo, in God se oë gereinig is en die ewigheid saam met Hom gaan deurbring.Maar wanneer jy betrokke raak by al die daaglikse uitdagings wat jy moet hanteer, word hierdie hele Christelike lewe vir jou ‘n onbereikbare uitdaging … daardie belydenis klink selfs na onsin. Ag, ek is nie so sleg nie, Hoekom sal God, in elk geval, as Hy my liefhet, my nie net sommer vergewe nie? Waarom moes Hy sy Seun vir my oortredinge laat doodmaak?1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”Ag nee, dit klink sowaar na onsin. Ja, dis hoekom so baie mense probleme met ‘n Christelike lewenswyse het! Dit is hoekom mense jou as 'n swaap beskou omdat jy in Jesus glo. Dis hoekom hulle jou verkleineer, verwerp en beswadder.Maar vir jou, as jy werklik glo, word jy dag vir dag deur jou geloof in Jesus van jou sonde gereinig. Daar is net een ding om te doen wanneer die wêreld vir jou skree dat jy mal is: Hou vas aan die Kruis.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Genesis 3:11-15 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” ‘n Mens hoor baie dikwels predikers soos ek praat oor hoe die perfekte Christelike gesin veronderstel is om te lyk. Maar wat van die disfunksionele gesinne? Wat van die gebroke huisgesinne?Daar is baie gebroke huisgesinne daar buite en as jy toevallig een van hulle is, of ken, dan is vandag se boodskap vir jou. Weet jy, Adam en Eva was gelukkig en tevrede, totdat hulle in opstand gekom het en die vrugte van dié een boom geëet het, wat God hulle uitdruklik verbied het om van te eet.Genesis 3:11-15 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”Sonde skeur gesinne uitmekaar. Wanneer ons God verwerp en kies om ons eie paadjie te loop, is die impak op ons gesinne rampspoedig.In watter toestand jou gesin ook al is, kan jy die verlede nie verander nie, maar jy kan 'n baie beter toekoms omhels. Jy kan sommer nou besluit om jou trots te sluk en die Here jou God met elke asemteug te eer.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hooglied 2:15 “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot. Ons gesinne is ongelooflik belangrik vir ons. Ongelukkig is daar soveel gesinne wat probleme ondervind. Soveel gesinne het, kom ons noem hulle maar ... "issues". En dan is daar baie gesinne wat reeds uitmekaar geskeur het.Die meeste Christelike boodskappe wat jy oor gesinsverhoudings sal vind, val onder die opskrif: "Hoe om 'n Goddelike Gesin te wees" en dit is goed en wel. Ja, ons wil hê dat ons gesinne onder die liefdevolle hand van God moet saamstaan.Maar wat van gesinne wat sukkel? Wat van gesinne met egskeidings, of ontrouheid, of … wel, jy weet? Wat van hulle? Vandag en vir die volgende twee weke, is dit waaroor ons hier op VARS gaan gesels. Sukkelende gesinne. Gebroke gesinne. Enkellopendes. Allerhande dinge waaroor daar nie eintlik baie in Christelike kringe van gepraat word nie.Begin met hierdie werklikheid in:Hooglied 2:15 Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.Daar is heeltemal te veel huwelike wat as gevolg van die kompromieë wat mense maak, uitmekaar geskeur word. Kom ons kyk na ‘n paar sulke kompromieë: Jy flankeer met iemand anders, in plaas van met jou huweliksmaat. Jy laat daardie klein irritasies toe om 'n wig tussen jou en die een vir wie jy lief is, in te dryf. Julle vergeet om tyd vir mekaar te maak. Jy stel meer belang in jou selfoon as in dít wat jou geliefde sê.Hierdie kompromieë is die begin van die einde vir jou gesin. Moet hulle nie toelaat om wortel te skiet nie. Doen iets daaraan!Vang daardie jakkalsies - die klein jakkalsies wat jou wingerd verniel. Want jou huwelik is veronderstel om te blom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Kolossense 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. Tradisies het hul voordele en hul nadele. Aan die een kant gee hulle binne die samelewing 'n morele struktuur aan ons gedrag ... wat 'n positiewe ding is. Aan die ander kant, wel ... kom ons kyk.Ek wonder of jy aan 'n goeie tradisie in jou konteks kan dink; een wat waarde tot die gemeenskap waarin jy woon, toevoeg. Vir my is iets so eenvoudig soos om die deur vir 'n dame oop te maak en haar toe te laat om voor my deur te stap, 'n goeie tradisie (alhoewel selfs dít word deesdae bevraagteken).Maar daar is ander sogenaamde “tradisies" wat openlik beperkend is; daar is byvoorbeeld leiers wat, in plaas daarvan om die mense wat onder hulle is, te dien, oor hulle heers. Sulke reëls is self ontwerpte reëls wat die elite pas. En wanneer dit in 'n Christelike gemeenskap by geloofsake kom, is daar talle selfgemaakte reëls wat ongelooflik gevaarlik is.Toe ek 'n kind was, was ek verplig om die ring aan die biskop se vinger te soen – iets wat ek duidelik geweier het om te doen. Dit blyk dat my instinkte destyds nogal in die kol was.Kolossense 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.Dit is redelik duidelik, nè? Ja, in enige sosiale konteks, ook in ‘n Christelike gemeenskap, is daar, na regte, beperkings op ons gedrag. God vergewe nie slegs al ons verkeerde dade deur die dood en opstanding van Jesus nie, maar Hy beveel ons ook om gehoorsaam te wees.Die beste raad is om maar altyd seker te maak dat ons Hom gehoorsaam – dat ons doen wat Hy in sy Woord, die Bybel, sê – en nie mensgemaakte reëls of menslike tradisies volg nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hebreërs 12:26 b, 27-29 “Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien. Want daar staan ook: “Ons God is 'n verterende vuur.” (NLV) Die onmenslik en wrede aanslag van hierdie wêreld teen die Christene duur al tweeduisend jaar lank. Maar dit het deesdae ‘n hoogtepunt bereik, aangesien meer Christene in die laaste honderd jaar gemartel is, as in die volle19 eeue voor dit tesame.Die argumente wat die wêreld teen die Christelike geloof opper, kan so oortuigend lyk. Die argumente dek ‘n wye front onder andere: die slagveld van seksualiteit; die heiligheid van die lewens van jonk en oud en die eenvoudige argumente van ateïsme, wat almal as skietgoed teen 'n hoogs onvolmaakte kerk gemik is. Ja, my vriend dit is beslis nie maklik om in die 21ste eeu 'n nederige, Bybelgehoorsame Christen te wees nie! Miskien het jy dit ook al beleef?Maar kom ons tree net vir 'n oomblik terug en kry dinge in perspektief:Hebreërs 12: 26-29 “...Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien. Want daar staan ook: “Ons God is 'n verterende vuur.” (NLV)Elke vesting wat teen die koninkryk van God opgerig word, elke argument wat daarteen gemik word, sal eendag vernietig word. Trouens, alles wat geskep is, sal vernietig word en die een ding wat sal oorbly, is die volkome en totaal onwrikbare koninkryk van God.Wel, te midde van hierdie stryd (wat, terloops deur Christus, alreeds oorwin is) is jou en my werk om nie bekommerd te wees nie; om nie terug te deins voor die aanslag nie en om nie hoop te verloor nie – maar om God te aanbid, Hom te eer en om Hom te vrees.Skep dus moed. Die koninkryk van God kan nie wankel nie. Skep moed.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV) Weet jy wat my regtig bang maak? Dis mense wat hulself oortuig het, dat omdat hulle redelike goeie mense is, en hul lewens op "Christelike beginsels" baseer, hulle op die Oordeelsdag gered sal word. Dit maak my regtig bang!Daar is net een antwoord. Jesus is die antwoord. Kyk wat sê:Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV)Dit is die hart van die Evangelieboodskap. Dit is die kern van Christenskap. Jy sal nie gered kan word van die komende oordeel en toorn van God deur 'n goeie lewe te lei nie. Jy sal ook nie 'n vrypas na die hemel kan kry, om die ewige pyniging van die hel te ontsnap, deur jou lewe volgens Christelike beginsels te leef nie.Jy kan slegs gered word deur jou vertroue in Jesus te stel. Glo in Jesus wat aan die Kruis gesterf het om vir jou sondes te betaal en weer opgestaan het om vir jou 'n nuwe lewe; ‘n verhouding met God te gee - 'n verhouding wat oneindig beter sal word wanneer jy uit hierdie lewe na die volgende gaan. Te veel mense sit op die draad wanneer dit kom by vertroue in Jesus. En dit maak my regtig bang. Soos die bekende Amerikaanse country-sanger Johnny Cash dit gestel het: "Ek het geleer dat daar geen draad tussen die hemel en hel is om op te sit nie."My vriend, ek wil jou vandag baie ernstig waarsku. Jou lewe, jou ewigheid hang in die weegskaal. Goedheid en “Christelike beginsels” sal nie – luister na my, sal nie! – op die Oordeelsdag. vir jou red nie! Slegs 'n diep geloof in wat Jesus vir jou gedoen het; 'n geloof wat van 'n lewe wat vir Christus geleef word, getuig, kan jou red. Om op die draad te sit, sal nooit nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ek glo aan (1) een, (2) heilige, (3) algemene Christelike kerk, (4) die gemeenskap van die heiliges. https://youtube.com/live/N39vx5JVcOc
“Ons is ook dinamies en is geestelik en fisiek sterk omdat ons as vroue deur die geskiedenis baie keer dinge moes laat gebeur, selfs met min of uiters beperkte hulpbronne tot ons beskikking.” Só meen Elphi Taljaard, president van die Dameskring. Dit is ʼn Christelike, Afrikaanse organisasie wat vroue wil inspireer en bemagtig om ook 'n verskil in hul gemeenskap te maak. Maroela Media
1 Johannes 4:1 Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.Hier is 'n ontstellende stukkie statistiek: daar is vandag meer as twintigduisend Christelike denominasies in die wêreld. Twintigduisend! Dis belaglik. Hoe is ek en jy veronderstel om die waarheid te ontdek as daar soveel verskillende perspektiewe bestaan?As ek nou sommer ‘n raaiskoot moes waag, sou ek gesê het dat daar miskien een of tweehonderd denominasies bestaan. Miskien hoogstens driehonderd. Maar nie naastenby twintigduisend nie! Oukei, ek weet daar is verskillende kulture, verskillende kontekste en verskillende perspektiewe. Diversiteit is 'n goeie ding, of hoe? Maar twintigduisend?Terwyl baie (hopelik die meeste) van daardie denominasies, en die kerke wat hulle verteenwoordig, die waarheid van die goeie nuus van Jesus verkondig, doen baie dit nie. Maar weet jy, dit is nie iets nuuts nie. Johannes, die Apostel in die eerste eeu nC, het dit so gestel in:1 Johannes 4:1 Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.Vals profete mislei baie mense – onder andere deur die prediking van ‘n vals voorspoedsevangelie en deur selfaangestelde profete, apostels en evangeliste wat net hul volgelinge se sakke leeg tap. So baie mense word mislei! Nouja wat is die antwoord? Hoe maak ek en jy seker dat ons nie in ‘n vals leerstelling ingesuig word nie?Wel, die enigste manier om nie deur valse lering meegesleur te word nie, is om die Skrif self te ken! Maak elke dag jou Bybel oop en laat die Heilige Gees sy woorde vanaf die bladsye uitlig en op jou hart skryf.Dit is die beste toets van almal – wanneer die onfeilbare en onuitwisbare Woord van God, direk deur die Heilige Gees tot jou spreek. Dit is jou toets. Dit is die waarheid, want wees gewaarsku my vriend, daar is baie valse profete in die wêreld daar buite.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 5:7,8 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Vandag is die dag. Dis Goeie Vrydag. Die slegste en die beste dag op die Christelike kalender. Die slegste, want Jesus is aan ‘n Kruis vasgespyker en Hy het gesterf. Die beste, want deur sy offer kan ek en jy volkome vergewe word.Ek sê ‘kan', want dit is en bly ons elkeen se besluit. Indien ons ons vertroue in dit wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het, plaas en ons geloof uitleef deur weg te draai van ons sonde; dan het ons die gratis geskenk van 'n nuwe en ewige lewe. Dit is die lewe wat Hy vir ons gekoop het deur sy dood aan die Kruis. Die keuse is ons s'n. Maar as ons dit nie wil doen nie, dan doen ons dit nie.Dit is 'n baie duidelike en eenvoudige boodskap, maar weet jy, die ding wat my jare lank teruggehou het daarvan om daardie lewensveranderende, ewigheidsveranderende besluit te neem om Jesus te volg, was die skuldgevoelens oor my eie sonde. My lewensstyl was op daardie stadium van so ‘n aard, dat ek geglo het dat ek nooit sal kwalifiseer vir God se vergifnis nie, wat nog te sê van die gratis gawe van die ewige lewe!Maar God het altyd geweet dat mense soos ek, so sou voel. Daarom het Hy seker gemaak dat hierdie twee verse in die Bybel ingesluit is:Romeine 5:7,8 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.Jesus het nie na die Kruis gegaan ten spyte van ons sonde nie, maar as gevolg van ons sonde. En Hy het gely en gesterf vir mense soos ek en jy, as 'n vooruitbetaling vir ons sonde, 'n daad wat op die mees onmiskenbare wyse, die omvang van sy liefde vir sondaars soos ek en jy, gedemonstreer het. Nee, ons is dit nie waardig nie. Maar, verstaan jy? Dis Genade.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Mag die liefde van God vir jou, deur ons Here Jesus Christus, jou wese totaal en al oorweldig en jou lewe van vandag af verander. Mag jy hierdie gratis geskenk van 'n ewige lewe in sy Teenwoordigheid met albei hande aangryp - 'n nuwe lewe wat hier en nou, vandag, begin. En mag jou lewe sy lig laat skyn in die harte van diegene rondom jou. Dit is my gebed vir jou. In Jesus se magtige Naam. Amen! Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 14:9-12 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is. ”Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.Daar is 'n risiko, ja, 'n enorme groot risiko, dat hoe meer ons in ons verhouding met Jesus groei, en hoe meer ons lees en die Bybel leer ken, hoe groter is die kans dat ons so ‘n effe verhewe bo ander kan voel. Dit is een van die lewe se groot paradokse. Christus beveel ons om nederig te wees; om ons kruis op te neem en Hom te volg waar Hy ook al mag lei, wat dit ook al mag kos. Dit is presies wat Hy gedoen het toe Hy sy lewe vir jou en vir my afgelê het. Ek verstaan! Jy kom nou al 'n hele entjie saam met Jesus en jy begin dinge net mooi onder die knie kry. Ja, jy begin nou al gemaklik voel in jou Christus-pak waarmee jy jouself beklee het … net soos die Skrif sê jy moet. . . Ek doen al hierdie Christelike dinge. Ek praat al die regte taal. Ek het dit perfek bemeester! Ag nee, kyk net na daardie vrou wat laat by die kerk ingestap het. Sy het nie eers haar hare behoorlik gekam nie. Kan jy nou meer! Sy moet bykom. Wag. Staan stil en doen selfondersoek :Romeine 14:9-12 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. Wil jy regtig op daardie dag voor die regterstoel jou trots, jou gevoel van meerderwaardigheid teenoor die Here verduidelik? Regtig?! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Matteus 4:23,24 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.Het jy al ooit die verslag van Jesus se openbare bediening in die Evangelies gelees? Dit is nogal opwindend, nè? Daar was genesings, duiwels is uitgedryf, skares het Hom gevolg en daar was wonderlike prediking. Dit was iets besonders, maar daar skuil veel meer daar agter. . . Ja, dit was opwindend. Wanneer die krag van God in hierdie een Man, Jesus, die Seun van God, na vore gekom het, was dit altyd baie opwindend. Matteus 4:23,24 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. En vandag nog sien ons somtyds daardie wonderbaarlike krag wat deurbreek. Maar die gevaar is dat ons voortdurend die opwindende ervarings, wat ons eredienste meer en meer opwindend maak; die flitse, die knalle en die sterretjies, najaag. Ons wil gereeld opwindende ervarings hê as ons Jesus volg. Maar wag ‘n bietjie en kyk na sy openbare bediening. Hy en sy dissipels het honderde kilometers gestap – deur die reën en sonskyn, in hitte en koue, oor heuwels en dale. Soms het mense vir hulle slaapplek gegee. Ander kere het hulle op die harde grond in die oopte geslaap. C.S. Lewis het dit so gestel: Ek het my nie na godsdiens gewend om my "gelukkig" te maak nie, ek het altyd geweet 'n bottel Port sou dit kan doen. As jy 'n godsdiens wil hê om jou regtig gemaklik te laat voel, beveel ek beslis nie die Christelike godsdiens aan nie. Moenie verwag dat jou reis saam met Jesus 'n maklike een sal wees nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Is jou vertroue ALLEEN in die Here. ALLEEN! Ag asseblief moenie 'n Christelike sousie oor jou lewe gooi nie – want dan moet God net jou wense laat waar word. Stel jy jou vertroue alleen op die Here? Nee. Jy vertrou net op jouself. Ons kom nie meer kerk toe om God te loof en prys nie maar uit gewoonte. Waar is die Koninkryk van God in jou lewe sigbaar? Ons fokus en prioriteite sal moet verander. --- Send in a voice message: https://anchor.fm/petrus-botha/message
1 Korintiërs 15:17-19 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense..Miljarde mense het oor die afgelope tweeduisend jaar in die dood en opstanding van Jesus Christus geglo. Dis maklik om in sy dood, te glo. Maar sy opstanding? Nee wat!Nou ja, was daardie miljarde reg? Was daardie miljarde mense wat geglo het dat die dood van Jesus vir hulle sondes betaal het en dat hulle deur sy opstanding die gratis gawe van die Ewige Lewe ontvang het, korrek?Op die keper beskou ... kan dit nogal verwarrend klink. Maar hier is die kern: Die dood en opstanding van Jesus is 'n pakket. Jy kan hulle nie skei nie. Jy plaas óf jou vertroue in Jesus vir beide, óf glad nie. En dit is nie net ek wat dit sê nie. Hier is wat Paulus in ongeveer 60 n.C. gesê het in:1 Korintiërs 15:17-19 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.Die hele uitgangspunt van die Christelike geloof – alles – berus op die waarheid dat Jesus inderdaad uit die dood opgewek is. Ons is nie veronderstel om in Jesus te glo net sodat ons 'n beter lewe op hierdie aarde kan hê nie - alhoewel hierdie nuwe lewe vanselfsprekend ingesluit is - maar vir 'n Ewige Lewe saam met Hom, juis omdat Hy die graf oorwin het.Ons moet in elk geval op Jesus vertrou vir 'n ryker, voller, meer oorvloedige lewe op aarde, maar dis nie vergelykbaar met die wonder wat in die ewigheid saam met Hom op jou wag nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johannes 17:14-17 Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur 'n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (NLV) Tydens Jesus se verhoor het Pontius Pilatus die vraag: “Wat is die waarheid?” gevra. Dit is 'n vraag, wat ek myself dikwels afvra. Ek dink ons behoort dit almal gereeld te vra, sodat ons nie meegesleur word deur die leuens wat om elke hoek en draai van die media-gedrewe-era waarin ons leef, in ons kele af geforseer word, nie.Ek klink 'n bietjie soos 'n sameswerings-teoretikus, nie waar nie? Ek is nie een nie - maar ek dink dis jou plig om dinge wat ander mense as feite en as die waarheid voorhou, te bevraagteken. Aldous Huxley, die 20ste eeuse Britse filosoof met 'n selferkende, sterk anti-Christelike vooroordeel, het gesê: feite verdwyn nie, selfs nie eers wanneer hulle geïgnoreer word nie. Die gedagte word ongelooflik goed uiteengesit in sy boek, "Brave New World" ‘n wetenskapsfiksie werk waarin mense ‘n onmenslike, afgryslike lewe ly. Die held, 'n karakter genaamd Bernard Marx, is die enigste een wat werklik terugstaan en die sosiale manipulasie wat aan die gang is, bevraagteken. Hy word uiteindelik na 'n eiland verban omdat sy gedrag verskil van die standaarde en idees van sy tyd. Om op te staan vir die waarheid was nog nooit 'n gewilde ding om te doen nie. Vra vir Jesus. Hulle het Hom daarvoor gekruisig. Dit is wat Hy in sy gebed vir sy dissipels gebid het:Johannes 17:14-17 Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur 'n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (NLV)As ons na die hoofstroom, die sosiale en politieke denke, of na die vervalle sedes waarin ons gedompel word, kyk, is die waarheid deesdae maar skaars. God se Woord is die waarheid. En dit is vars … vir jou … elke dag. Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Spreuke 2:10-12 Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. Dit sal jou weerhou van 'n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge. (NLV)Vertrou op God. Ja, ons weet ons moet. As jy al ooit 'n Bybel oopgemaak het, het jy God dit al oor en oor en oor hoor sê: Vertrou op my. Maar jy kan nie sê jy vertrou op Hom en dan armpies gevou sit nie. Oor jare in die bediening het ek baie mense in diens geneem. Sommige was wonderlik, maar te veel van hulle was lui. “Wel, dit is 'n Christelike bediening,” was hulle verskoning. “Dit gaan alles oor liefde, dus hoef ek nie hard te werk nie.”Ek het 'n ‘preek' vir alle nuwe werknemers ontwikkel: Ek sê vir hulle dat ek verwag dat hulle foute sal maak. Ons maak almal foute. Dis normaal. Ons tel ons koppe op, ons blameer mekaar nie, ons leer uit ons foute en ons gaan aan. Maar … daar is drie dinge wat ek nie sal duld nie – 'n slegte gesindheid, oneerlikheid en luiheid.Ongelukkig is luiheid nogal algemeen onder Christene. “Wel, ek vertrou God, Hy sal dit hanteer, sodat ek my voet van die pedaal kan afhaal. Ek hoef nie regtig vooruit te beplan nie, dis sy werk, nie waar nie?” Nee, dit is nie!Spreuke 2:10-12 Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. Dit sal jou weerhou van 'n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge. (NLV)As jy met toewyding ‘n ordentlike lewe lei, sal jy wysheid kry. Jy sal dinge leer en dit sal jou vreugde verskaf. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien, met ander woorde vooruitbeplanning sal jou teen onverstandige besluite beskerm. God verwag dus van sy kinders om 'n plan te hê. Hoekom? Want wysheid, kennis, beplanning en begrip sal ons daarvan weerhou om die verkeerde pad te volg. Hulle sal ons selfs beskerm teen diegene wat bose planne het.Moenie lui wees nie. Beplan vooruit.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.Dit voel tans vir party Christene asof hulle in ‘n situasie, wat ek, "die groot verdrukking" noem, leef. Dit voel asof die militante magte in die samelewing, wat die Evangelie teëstaan, erger gemobiliseer het, as ooit tevore.Het jy dit ook al ondervind? Wanneer ons sien hoe regerings deur wetgewing godsdiensvryheid beperk, en ervaar hoe daardie militante magte van die bose meer aktief word en meer aggressief die Christelike stem aftakel ... dan kan dit amper voel asof hulle wen.Ons word eers opstandig, dan moedeloos en sê vir onsself: Dit behoort nie so te wees nie! As God die Koning van die konings is, hoekom doen Hy nie iets hieraan nie? Hoekom voel ek dat ek ter wille van my geloof onregverdig vervolg word?Afhangend van waar jy woon, voel jy dalk nie verdruk nie. Maar, as jy soos ek, iewers woon waar die bevolking histories aangemoedig is om die Christelike boodskap te omhels; kom hierdie stygende gety van teëstand miskien as 'n skok … vandaar die gevoel van "die groot verdrukking."Maar dit behoort glad nie as 'n verrassing te kom nie. Ons sien hoe Paulus al tweeduisend jaar gelede aan Timoteus geskryf het in:2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.Het jy dit raakgesien? "Almal" - dit beteken dat daar geen uitsonderings is nie. As jy aan Christus toegewy is, sal jy vervolg word. En wat van die daardie voorspelling dat dinge erger en erger gaan word? Dit voel regtig nou so, nie waar nie?Maar, hier is die goeie nuus. Daardie bose mense, mislei hulself. En jy weet verseker jou Koning is steeds op Sy troon.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
A new MP3 sermon from Gereformeerde Kerk Bet-el is now available on SermonAudio with the following details: Title: Christelike Sabbat Subtitle: Waarheid Woensdae Speaker: Joseph Oosthuizen Broadcaster: Gereformeerde Kerk Bet-el Event: Midweek Service Date: 9/14/2022 Bible: Exodus 20:8-11; Hebrews 4:9-11 Length: 57 min.
Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos. Dit is soms maklik om in belaglike argumente ingetrek te word. Heeltemal te maklik. En voor jy weet, in plaas daarvan om Jesus te volg, in plaas daarvan om goed te doen, is jy in die slagyster van politieke dogma ingesuig.As jy in Jesus glo en as jy ernstig is om Hom elke dag te volg, gaan die wêreld nie baie in hulle noppies met jou wees nie. En hierdie kritiek lei dikwels daartoe dat Christene die behoefte het om hulself en hul geloof te verdedig.Maar weet jy jou verweer kom dikwels in wettiese, politieke en ideologiese argumente na vore. Philip Yancey stel dit so:C.S. Lewis het opgemerk dat byna alle oortredings van die Christelike geskiedenis ontstaan het, wanneer godsdiens met politiek verwar word. Die kerk kon dikwels nie die versoeking weerstaan om in politiek, wat sonder genade funksioneer, betrokke te raak nie.Ons lees in:Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.Dwase argumente is sinneloos en nutteloos. Het jy dit gesnap? Gebruik liewer jou lewe as getuie. Want dan gaan dit nie oor mag of daaroor om ‘n argument te wen nie. Dit gaan oor genade.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.In baie dele van die wêreld word die huwelik al hoe minder as die ‘regte-ding-om-te-doen' beskou – dit word as ‘n outydse gebruik bestempel. Mense woon net saam, hulle breek die verhouding, gaan aan, vind 'n ander maat … en dit is die lewe. Dit is maar hoe dinge is.In daardie konteks begin die Christelike siening van die huwelik 'n bietjie outyds lyk. In sekere kerke word dit ook glad nie meer as belangrik beskou dat iemand tot hul troudag rein moet bly nie. Maar ons lees in:Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.Ag, kom aan! Regtig? Kan mense vandag nog so dink?! Ek het onlangs 'n interessante artikel gelees van ‘n uitgesproke ateïs en historikus, Tom Holland. Terwyl hy antieke geskiedenis bestudeer het, het hy ‘n baie interessante ontdekking gemaak. Die mense wat eeue gelede gelewe het, was baie wreed en hul waardes was heeltemal vreemd vir hom.‘Die Spartane het gereeld "onvolmaakte" kinders vermoor. Slawe se liggame is gebruik vir die mense met mag se fisiese plesier. Kindermoord was ‘n algemene praktyk. Die armes en die swakkes het geen regte gehad nie.'‘Hoe het ons uit daardie verskriklike lewenstyl tot hier gekom? Dit was Christenskap wat dit veroorsaak het', skryf Holland. ‘Die Christendom het, op die gebied van seks en die huwelik 'n omwenteling teweeggebring. Hulle het geëis dat mans hulself beheer en alle vorme van verkragting verbied. Die Christendom het seksualiteit binne monogamiese verhoudings beperk. Dit is ironies', merk Holland op, ‘dat dit nou daardie einste standaarde is, waarvoor daar deesdae met die Christene gespot word. Dis die Christendom wat vroue verhef het. Dit kom daarop neer dat Christenskap die wêreld totaal verander het'.Die verval van hierdie Christelike waardes waar die samelewing teen die helling van onsedelikheid afgly, dra 'n verskriklike koste: Gebroke gesinne, vaderlose kinders en vernietigde lewens. Maar ons weet dat daar 'n afrekening sal plaasvind.Die huwelik moet deur almal geëer word.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Handelinge 4:12 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”Hoekom is dit, dat Christene en die Christendom soos die tyd aanstap, al hoe meer verafsku word? Al hoe meer op die kantlyn geskuif word? Al hoe meer aanstootlik vir die hedendaagse mens se denkwyse word? Hoekom is dit so?Toe ek 'n seun was, het die meeste mense kerk toe gegaan. Ek weet dit is beslis nie waar in alle lande nie, maar dit was in myne. Die meeste mense het geglo dat die tien gebooie 'n goeie basis is, nie slegs vir die wette van ons land nie, maar vir die lewe oor die algemeen.Maar deesdae, soos die samelewing meer kundig en vernaam geword het en namate persoonlike vryhede vir mense belangriker word, word die Christelike siening gemarginaliseer, selfs ontoeganklik gemaak. In baie lande, insluitend my eie, word dit al hoe moeiliker om openlik oor die dinge van God te praat. Dit word deesdae as aanstootlik beskou.Maar hier is die ding wat vir baie mense ‘n groot struikelblok is:Handelinge 4:12 “Hý (Jesus) bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”Glo jy dit? Ek glo dit beslis. Met my hele hart glo ek dat Jesus die enigste weg na die Vader is; want as jy in Hom glo, weet jy dat sy bloedoffer aan die Kruis vir my en vir jou sondes betaal het.Daardie aanspraak van "eksklusiwiteit" is geweldig aanstootlik vir mense se hedendaagse denkwyse. Hulle is baie meer gefokus op gevoelens en individuele vryheid, as op objektiewe waarheid.Maar die waarheid is dat Jesus die enigste weg is. Moenie toelaat dat die samelewing se besware en vervolgings, al is dit vieslik en kwetsend, daardie waarheid in jou hart afwater nie.Jesus is die enigste weg.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
2 Timoteus 4:1-4 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig. Want daar kom 'n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.Dankie tog dat ons nie almal leraars is nie. Kan jy jou net die situasie indink? Almal praat, niemand luister nie, dit sal absoluut verskriklik wees. En tog, op een of ander manier, is elkeen van ons wat in Jesus glo, tog 'n leraar.Soos ons gister gesien het, word die waarheid van God se Woord, van sy liefde, van sy voorskrifte, van sy genade en barmhartigheid, vandag erger as ooit, aangeval.Christelike idees word van die tafel gevee, want dit pas nie by die sekulêre storie-plan nie. Dit lyk mos asof elkeen sy eie agenda het; hierdie een het 'n kruiwa om te stoot, daardie een het 'n storie om met jou kop te smokkel en so het elkeen iets anders. En weet jy, te midde van al die geskarrel is dit vir iemand wat met sy hele hart in Jesus glo, partykeer maklik om toe te laat dat die Evangelie van Christus stilgemaak word.Maar jy weet, en ek weet, dat die waarheid mense laat floreer. God se waarheid maak mense vry. Nou ja, wat is die antwoord? Kom kyk vandag, na wat Paulus oor hierdie einste onderwerp, aan Timoteus skryf in:2 Timoteus 4:1 tot 4 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig. Want daar kom 'n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.Dit klink nogal bekend, nie waar nie? Nou ja, wat is die antwoord? Die antwoord is om dapper te wees. Die antwoord is, om deur ons lewens, en deur ons keuses, die Woord te verkondig of die tyd daarvoor geleë is of nie.Bly by die waarheid. Leer dit. Wees onverskrokke.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Markus 2:16,17 Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (NLV)Daar is deesdae 'n neiging onder sommige Christene om die Evangelie van Jesus Christus as 'n sertifikaat tot gemak en sukses te sien. Miskien is ‘sertifikaat' nie die regte woord nie. Nee, woorde soos wanopvatting, dwaling en siekte is dalk meer gepas.Daar is talle redes waarom ek nie van die sosiale media hou nie. Maar weet jy, dit gee my tog fassinerende insig oor hoe mense, veral diegene wat hulself "Christene" noem, oor sekere dinge voel.Een van daardie denkrigtings, is dat indien jy in Jesus glo, jy jou gratis bewysbrief tot 'n lewe van gemak gekry het. Ek het onlangs een ‘Christelike' plasing daar raakgeloop wat lui: Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat ek nie drama, konflik of stres in my lewe wil hê nie. Ek wil 'n gerieflike huis en goeie kos hê en deur gelukkige mense omring word.Die persoon het 182 000 ‘likes' gekry. Nou ja, nie een van ons hou van drama, konflik of stres nie. Ons wil almal graag 'n gerieflike huis hê, goeie kos eet en eksklusief omring wees deur gelukkig, juigende mense. Maar as jy in Jesus glo, is dit nie waartoe Hy jou geroep het nie.Markus 2:16,17 Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (NLV)Dit is soms moeilik om in die geselskap van sogenaamde ‘sondaars' te wees. Hulle is ontwrigtend, hulle vloek, hulle het woede-uitbarstings, hulle lieg, hulle steel. En as ek en jy hulle nie van Jesus vertel nie, wie sal?Hy stuur ons nie uit na die ‘goeie mense' nie. Hy stuur ons na die sondaars. Moet dus nie wegskram van hulle af en net in jou gemaksone beweeg nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY