POPULARITY
“Om in verbondenheid met Christus te leef, is die hoogste roeping en die diepste vervulling van die menslike bestaan. Hierdie eenwording ontstaan nie deur menslike strewe nie, maar deur 'n selflose oorgawe waarin Christus, deur die krag van Sy opstanding, Sy geregtigheid en Sy lewe in ons openbaar.” “Die uitdrukking ‘in Christus', ‘deur Christus' of ‘met Christus' verskyn meer as 160 keer in die Nuwe Testament — dit is nie bloot 'n teologiese frase nie, maar die absolute kern van die evangelie, die goeie nuus self! Mag die Heilige Gees hierdie heilige geheimenis diep in ons harte, denke, bewussyn en lewensstyl inkerf en anker, sodat ons vas en standvastig kan leef — selfs te midde van 'n wêreld wat al hoe meer onstuimig en donker word.” Notas
Leer die Nuwe Testament ons tog nie dat dit die wil is van God dat geen enkele mense verlore gaan nie, en dat almal gered word?
Send us a textJohannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek probeer my soms indink in ‘n situasie waar ek van 'n kriminele oortreding aangekla word en in 'n hof voor 'n regter en jurie moet staan. Dit sal angswekkend wees. Ek sal beslis moet hoop dat ek 'n goeie prokureur het, of dalk het ek ‘n advokaat nodig, nè? Of ek, of jy, nou skuldig of onskuldig is, nie een van ons wil tronk toe gaan nie. En, kom ons erken dit, terwyl ek en jy terugkyk op ons lewens, is daar soveel dinge waaraan ons ons skuldig gemaak het. Oneerlikheid, bedrog, laster, voortdurende klaery … die lys is oneindig. So, sê my as jy na jou lewe kyk; hoe lyk jou boekie? Wie wen? Jou demone of jy? Wat verdien jy? Is jy skuldig of onskuldig? Die oorspronklike Hebreeuse woord vir “Satan” in die Ou Testament, is “die aanklaer”. Dis regtig gepas, nè? Hy fluister voortdurend in jou oor: “Jy is nie goed genoeg nie. Trouens, jy sal nooit goedgenoeg wees nie. So, gee net moed op met al hierdie ou goedjies, dis tog nie belangrik nie, en dryf saam met die stroom.” Maar dit is gelukkig nie waar dit eindig nie, want die Griekse woord vir die "Heilige Gees" in die Nuwe Testament beteken "die verdediger". Johannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. En die Heilige Gees is die beste advokaat, die beste verdediging wat jy ooit sal hê. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textEfesiërs 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. As iemand vir jou 'n brief met raad oor hoe jy moet lewe, uit ‘n tronk skryf, sal jy daardie raad aanvaar? Ek dink dit hang af... maar jy sal skepties wees, nè?Die meeste gevangenes voel desperaat terwyl hulle hul onskuld in die beskuldigde-bank bepleit. Dink net aan die vrese wat hulle moet beleef: die fisiese gevaar van geweld van ander gevangenes in ‘n tronk en die moontlikheid van maande en jare in gevangenisskap... So, enige raad wat gevangenes vir jou kan gee, klink nie na betroubare raad nie, nè?En wat van die apostel Paulus? Hy was onregverdig in die tronk gestop, bloot omdat hy die Goeie Nuus van Jesus Christus verkondig het. Al was hy geruime tye in die tronk, lang tye daarvan in die dodesel, klink sy brief nie soos die brief wat ‘n mens van ‘n gevangene sou verwag nie! Hy het nooit een keer gekla toe hy die aan die wagte vasgeketting was nie. Hy het nie gekla oor die haglike lewensomstandighede en die verskriklike onreg nie. In plaas daarvan het hy briewe vol goddelike wysheid geskryf. Ja, Paulus het amper die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf. Hy gee raad soos hierdie in:Efesiërs 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.Dit moes baie gekos het vir iemand in sy situasie, om so iets te skryf! Jy kan seker insien dat die Heilige Gees beslis baie hard in sy hart gewerk het?En my vriend, wanneer ons verneder voel; wanneer ons in 'n moeilike situasie is; wanneer ander mense ons seermaak – sal dit beslis ook die krag van die Heilige Gees van ons vra om ‘n gevangene soos Paulus se raad te volg!Hopelik sal ek en jy nooit in ‘n situasie soos Paulus s'n wees nie. Maar moenie jouself bluf nie, jy sal ook probleme ervaar. So, wanneer die lewe nie maklik is nie, vertrou die leiding van die Heilige Gees. Want jy gaan sy krag nodig hê om:Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld mekaar in liefde te verdra. (NLV)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus. Nou is Hy dood, die hoop dat Hy Israel sou verlos van die Romeinse juk is verydel. Om alles te kroon het die berig dat sy liggaam verdwyn het, hulle nog meer ontstel. Sy liggaam is weg, die graf was oop en dan nog die berig dat daar sprake is dat Hy lewe. Maar dan is Jesus werklik ‘n mede-wandelaar. Jesus vra in vers 17: “Waaroor loop julle so met mekaar en redeneer?” Hulle antwoord in vers 18: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?” Jesus vra in vers 19: “Watter dinge?” Dan kom die antwoord in vers 19 en 20: “Dit wat gebeur het met Jesus van Nasaret, ‘n profeet, magtig in woord en daad in die oë van God en die hele volk; en hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word en Hom laat kruisig het.” Hierop gebruik Jesus hierdie saak as inleiding tot ‘n magtige en kragtige preek. Ons lees in vers 27: “Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê” Die prediking fokus op menige profesieë uit die Ou Testament oor die koms van Christus. Ons kan nie werklik die Nuwe Testament verstaan as ons nie die Ou Testament ken nie. Eers dan besef ons die bede : Here bly by ons, by u kerk, nou en tot met die wederkoms. https://youtube.com/live/EY98GAeR_r4
Send us a Text Message.1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om 'n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat behep is met supersterre … met die aantreklike mense, met die suksesvolle mense, met diegene wat toevallig die meeste aandag in die media trek … terwyl die res van ons geïgnoreer word.Hopelik smag jy nie na erkenning nie en hoef jy nie na ander mense se pype te dans nie. Maar aan die anderkant is dit ook nie lekker om geïgnoreer te word nie. Ander mense is in die kollig, maar dit lyk asof niemand jou raaksien nie - jou vermoëns, jou opofferings, jou bydraes is nie vir ander mense belangrik nie.Daar is 'n interessante karakter in die Nuwe Testament van wie die meeste van ons nog nooit gehoor het nie...1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om 'n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV)Wie de drommel is Sostenes? Wel, volgens Handelinge 18:17 was hy die hoof van die sinagoge in Korinte. 'n Woedende skare het tydens Paulus se verhoor voor Gallio, vir Sostenes voor die Romeinse regbank gegryp en aangerand. Dit is al wat ons van hom weet. En hier sien ons dat hy (ten spyte van daardie verskriklike ervaring) saam met die apostel Paulus, een van die Bybel se belangrike manne, reis.Dink jy dat God hom ook nie geken het nie, net omdat ons nie veel van hom weet nie? 'Sostenes' is nie juis 'n algemene naam nie, is dit? Dink jy dat God nie gesien het hoe hy gely het en wat sy bydrae was nie? Dink jy dat hy nie op hierdie oomblik in die Here se Teenwoordigheid is en sy beloning ontvang nie?Nee, ons is nie almal supersterre in die wêreld se oë nie. Ons was nooit veronderstel om te wees nie. Maar ons sterstatus is nie vir Jesus belangrik nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak Wat is jou natuurlike reaksie wanneer struikelblokke op jou pad dreig om jou te pootjie? Hoe hanteer jy hulle? En as jy nou mooi terugdink, hoe suksesvol het jy hulle in die verlede hanteer?Hindernisse skep stres en lyding. Ja, as ons eerlik is, het ons nie onder daardie negatiewe omstandighede altyd die beste keuses gemaak nie. En die ander belangrike ding om te verstaan, is dat nie al die hindernisse daar is om so vinnig as moontlik te oorwin nie. Dikwels is dit iets in jou hart wat eers hanteer moet word.Kom ons kyk na ‘vestings'. Ons is geneig om aan hulle te dink as die een of ander donker geestelike krag of plek buite ons, wat ons moet oorwin. Maar miskien nie. 2 Korintiërs 10:3-5 Ons lewe wel as mense, maar ons voer nie oorlog volgens menslike maatstaf nie; want die wapens van ons oorlogvoering is nie bloot menslik nie, maar hulle het goddelike krag om vestings te vernietig. Ons vernietig argumente en elke trotse struikelblok wat opgerig word teen die kennis van God, en ons neem elke gedagte gevange om Christus te gehoorsaam. (NRSV)Hierdie versie is die enigste plek in die Nuwe Testament waar die woord "vesting" gebruik word. Hier praat dit van die trotse gedagtes in die harte van gelowiges - dit is ek en jy! En daardie vestings daarbinne bedreig ons kennis van God. Skrikwekkend, nè!Ek dink aan so 'n vesting as een of ander opvatting, of een of ander gedragspatroon waaraan ons vasklou, wat in stryd is met dít wat God ons leer. En al probeer ons hoe hard, kan ons onsself nie losmaak daarvan om plek te maak vir die goeie dinge; die wysheid en die seëninge wat God vir ons beplan het nie.Dit is hoekom ons elke gedagte gevange moet neem om Christus te gehoorsaam. En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Psalm 34:18-20 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. Ons lees dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament van God se reddende hand. En dit is goeie nuus. Trouens, dit is wonderlike nuus. Ja, wanneer ons in die moeilikheid is, is God by ons om ons daardeur te help.Ek is seker dat jy, net soos ek, tye in jou lewe gehad toe jy sy reddende hand, sy krag en sy aanmoediging nodig gehad het om jou uit 'n gevaarlike situasie te red. In Psalm 34 besing Dawid, die koning van Israel, God se getrouheid waar hy homself in talle gevaarlike situasies bevind het:Psalm 34:17-19 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.Wat 'n wonderlike bevestiging van God se getrouheid in tye van teëspoed en benoudheid. Hy hoor ons geroep. Hy red ons. Die Here is naby die gebrokenes van hart. Hy help die moedeloses.Halleluja! Maar weet jy, soms doen Hy al daardie dinge deur een van sy kinders, deur een van ons. Soms beplan Hy om iemand deur jou en my te antwoord, te help, te troos en te red.Is jy gereed? Sal jy na Hom luister? Wat 'n voorreg is dit tog om 'n instrument in die Here se Hand te wees, 'n spesiale houer, gereed vir elke goeie werk! Maar weet jy dat dit 'n prys van jou gaan vra? Daar is altyd ‘n prys aan verbonde. Ons is geroep om navolgers van die Here Jesus te wees. Dis wonderlik, maar onthou, Hy het vir ons aan die Kruis gesterf. Nou goed, kan ek jou weer vra? Is jy gereed? Sal jy gaan?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jeremia 31:25 Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed. Jy hoor nie dikwels dat mense wat geestelike werk doen, vir ander mense vertel dat ons moeg word nie. Ek is immers die prediker. Ek is veronderstel om al die gerusstellende antwoorde te hê. Ja! Maar ons word moeg. Baie moeg.En ja, daar is tye wat uitputting en swakheid my baasraak. Al bly ek fiks en gesond, al eet ek gesond, al skep ek tyd om te rus en saam met my gesin deur te bring, is daar tye wanneer alles my net oorweldig.Die rede waarom ek die saak bespreek, is dat ek jou wil gerusstel, jou wil vertel, dat dit nie net jy is, wat so voel nie. Moegheid kom in baie verskillende vorme voor. Dis natuurlik fisies, maar ook emosioneel en geestelik. Soms is dit ‘n volslae aanslag wanneer al drie jou gelyktydig tref.Jy voel swak, jy voel moeg, jy voel heeltemal onmagtig om die wêreld in die oë te kyk. Ek is 'n Christen wat op God vertrou, ek is nie veronderstel om so te voel nie. Wat gaan aan? Wat doen ek dan verkeerd?Maak 'n Bybel oop, lees enigiemand se storie – van Adam en Eva, tot Moses, Abraham, Josef, Dawid … tot by die apostel Paulus in die Nuwe Testament en ja, selfs Jesus – en jy sal ontdek dat moegheid hulle almal getref het. Kan ek dit herhaal? ‘n Honderd persent van daardie belangrike Bybelse karakters het uitputting ervaar. Nouja, wat doen ‘n mens nou? Hier's die antwoord? Jy vertrou op God:Jeremia 31:25 Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Gaan werp jouself op God se getrouheid op die manier wat jy jou op jou bed sou uitstrek, en bring al jou moegheid na Hom.Werp jouself op God wanneer jy moeg en moedeloos is.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
2 Tessalonisense 1:1-3 Hierdie brief kom van Paulus, Silvanus en Timoteus. Ons skryf aan die gemeente in Tessalonika wat aan God ons Vader en die Here Jesus Christus verbonde is. Mag die genade en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus met julle wees. Julle moet onder vervolging volhard. Broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter! (NLV)Hoe weet jy of jou geloof in God groei of nie? Gaan dit agteruit, is dit stagnant, of is daar groei? Wat is die maatstaf waarmee jy jou geloof meet?Die apostel Paulus het byna die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf. Hulle kom na ons toe in die vorm van briewe. Hierdie briewe is óf aan die kerke wat hy geplant het, óf aan dié wat hy wou besoek, gerig.As sodanig begin hulle altyd met 'n hartlike, persoonlike groetewens soos hierdie een, in sy tweede brief aan die kerk in Tessalonika, wat in die noorde van die hedendaagse Griekeland geleë is.2 Tessalonisense 1:1-3 Hierdie brief kom van Paulus, Silvanus en Timoteus. Ons skryf aan die gemeente in Tessalonika wat aan God ons Vader en die Here Jesus Christus verbonde is. Mag die genade en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus met julle wees. Julle moet onder vervolging volhard. Broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter! (NLV)Dit is maklik om vlugtig oor Paulus se groetewense in sy briewe te lees, maar dis dom, want dit bevat dikwels kragtige waarhede; soos hierdie een waarin hy die gemeente se geloofsgroei direk aan die toenemende liefde vir mekaar koppel.Om daardie lastige mense rondom ons lief te hê, kan dikwels 'n ongelooflike moeilike taak wees. Maar hoe meer ons leer om hulle met ons gesindhede, met ons woorde en in die wyse waarop ons hulle behandel, lief te hê, hoe meer demonstreer ons die opregtheid van ons geloof in Jesus.Liefde. Dit is die maatstaf, dit is die maatstaf van ons geloof.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 1:5 Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.Ek sien deesdae nogal baie mense op sosiale media wat beweer dat hulle apostels, profete en soortgelykes is. Ja, dis reg, dit is tog gawes waarvan die Nuwe Testament praat. Maar is hulle eg? Bestaan hulle werklik?Dit is ou nuus dat die waarheid van die Evangelie van Christus vir gemene gewin misbruik en verdraai word. Dit gaan al vir eeue aan.Maar tussen die swendelaars is daar diegene wat werklik deur God gesalf is om sy wil aan die samelewing en in ons lewens te openbaar. Soos ek gesê het, in Efesiërs 4:11 in die Nuwe Testament, is dit baie duidelik dat daar wel begaafde apostels, profete, evangeliste, herders en leraars is.Die dilemma is hoe om te bepaal watter van hulle eg is - wie praat die waarheid en openbaar die wil van God, en wie verdraai die waarheid vir hulle eie gewin?Wel, hier is die antwoord, soos die apostel Paulus in die 1ste eeu n.C. aan die kerk in Rome skryf:Romeine 1:5 Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.Paulus het beweer dat hy 'n apostel is. Die werk van 'n apostel is om mense te lei om in Jesus te glo en Hom te gehoorsaam, en om dit alles te doen om Christus te eer. Ek het al gehoor dat mense sê dat ons 'n profetiese kultuur geskep het, wat verslaaf is daaraan om God te hoor, maar allergies is om Hom te gehoorsaam.Daar steek baie waarheid daarin. As iemand beweer dat hy namens God praat, moet hulle jou tot geloof in Jesus en gehoorsaamheid aan sy Lewende Woord oproep. As hulle dit nie doen nie, moet jy nie na hulle luister nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Wanneer ons emosies opvlam - ons woede, ons vrees of dalk 'n gevoel dat ons nie goed genoeg is nie, wat dit ook al mag wees – beroof dit ons van God se vrede. En in die afwesigheid van vrede, vind ons ons lewens op 'n oorlogsfront.Nouja, wat sou jy verkies, vrede of konstante onmin? Dit spreek vanself, nè? Ons almal smag na vrede; ons wil nie vyandigheid en twis in ons lewens hê nie.En terwyl jy deur die Bybel lees, ontdek jy dat vrede 'n baie groot prioriteit vir God is. Ons lees in die Ou Testament hoe sy mense seën wanneer hulle Hom eer.En vrede is wat Jesus, te midde van die gevaarlike dae wat tot sy kruisiging gelei het, vir sy dissipels belowe het. En vrede is die belofte wat God dwarsdeur die Nuwe Testament vir diegene wat in Jesus glo, gee. Maar hoe ons sy vrede gebruik, is heeltemal 'n ander ding.Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.Kom ons dink daaroor na. Ons kan kies om die vrede van Christus toe te laat om ons denke te oorheers en in ons lewens die deurslag te gee, of om dit nie te doen nie en om ons eie koppe te volg. Wanneer ons besluit om dit nie te doen nie - en ons het al almal daardie keuse gemaak - eindig dit nooit goed nie, of hoe? Wanneer ons op die oorlogspad uit is, maak ons verkeerde keuses wat uiteindelik verskriklike gevolge het. Die lewe is gevul met konflik en konflik is uitputtend, dit maak seer en per slot van rekening is dit nie wat enigeen van ons wil hê nie.Maar wanneer ons toelaat dat die vrede van Christus ons denke lei … bring dit vir ons vrede. En as jy mooi daaraan dink, gaan vrede gepaard met ‘n lewe van oorwinning. Laat die vrede wat Christus gee, jou denke beheer.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Kolossense 1:9 -11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Vandag wil ek iets met jou deel waaroor ek ongelooflik passievol is; iets wat my motiveer en my inspireer om te doen wat ek doen. Dit is om jou te sien groei na volwassenheid in 'n ryk, kragtige en dinamiese verhouding met Jesus. Die apostel Paulus het byna die helfte van die boeke in die Nuwe Testament geskryf. Daardie "boeke" is in die vorm van briewe aan verskillende gemeentes; talle van die gemeentes wat hy en sy medewerkers self geplant het. En dwarsdeur daardie briewe, selfs wanneer hy hulle vermaan, soos hy byvoorbeeld met die Korintiërs en die Galasiërs gedoen het, is sy pastorale hart vir hulle so duidelik waarneembaar - ja, hy het beslis nie ‘n moordkuil van sy hart gemaak nie! Jy kan dit nie miskyk nie. En dis hoe ek oor jou en die talle ander wat deel aan hierdie daaglikse VARS oordenkings het, voel. Toe ek hierdie woorde van Paulus aan die gemeente in Kolosse gelees het, het dit my diep ontroer: Kolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Terwyl ons elke dag saam die VARS-boodskappe deel, bid ek hierdie woorde van Paulus vir jóú. En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.Vandag gaan ons inspring in een van my gunsteling gedeeltes in die Nuwe Testament – dit vertel van die oorgang van ons ou lewens, wat deur sonde geteister word, na ons nuwe lewens, vry van sonde. Absoluut wonderlik!Ek en jy weet albei dat sonde ons lewens verwoes. Daar is altyd pynlike gevolge wanneer ons dit doen, wat sondig is.God het ons, deur die krag van dít wat Christus vir ons aan die Kruis gedoen het, uit die ou lewe van sonde geroep, om ons van daardie pyn vry te maak. Tog het so baie Christene nog nooit daardie waarheid omhels nie, want hulle besef nie wat gebeur het nie. Hulle verstaan nie die wonderbaarlike krag wat losgelaat is, toe hulle hul harte daarop gerig het om Jesus te volg nie. Kyk hier in:Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.Besef jy nie? Die oomblik toe jy geglo het, die oomblik toe jy in Christus gedoop is, het die ou sondige ‘jy' gesterf. Hoekom? Sodat, net soos Christus deur die heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.Ek hou hiervan. Jesus het weer opgestaan om vir jou en vir my 'n hele nuwe lewe te gee. Wil jy daardie nuwe lewe hê? Wil jy vry wees van die verwoestende gevolge van jou sonde? Laat dan toe dat die Heilige Gees, vandag, hier en nou, hierdie Woord op jou hart skryf. Want …dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Om vir mense waarvan jy hou, lief te wees, is redelik maklik - selfs al is daar 'n paar stampe en stote langs die pad. Maar om vir mense waarvan jy nie hou nie, lief te wees … Ek weet darem nie. Moet ek regtig? Móét ek? Jy verstaan mos dis nie maklik nie.Ons word minstens dertien keer in die Nuwe Testament vertel om mekaar met 'n onvoorwaardelike, onfeilbare liefde lief te hê. Ons lees wat Jesus daaroor gesê het in:Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Ja, daar word verseker al in die Ou Testament vir ons vertel hoe ons mekaar moet behandel, maar Jesus gee dit 'n skerp, nuwe fokus. Dit is so ingrypend, dat Hy dit "'n nuwe gebod" noem. Jesus beveel jou om God met alles wat jy is, lief te hê en om jou naaste soos jouself lief te hê. Hierdie nuwe gebod vat die hele Joodse wet en die geskrifte van die Profete saam.Trouens, ons liefde vir mekaar moet so groot wees soos die liefde van Jesus, wat bereid was om vir ons te sterf; want dis die kenmerk van 'n ware Christen. “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is”. Hierdie is nie 'n blote teorie-les nie. Nee, dit vertel ons hoe om ons lewens te leef; hoe ek en jy vir diegene rondom ons moet liefhê. Dit is maklik om selfs traag te word in ons liefde teenoor mense waarvan ons regtig hou. Maar jy weet tog hoeveel meer inspanning dit vra om diegene, van wie ons nie hou nie, diegene wat ons sleg behandel, diegene wat ons verafsku, lief te hê. Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Handelinge 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.Wat beteken die woord “kerk” vir jou? Is dit 'n gebou (vir baie mense is dit). Is dit die tradisionele diens wat jy op 'n Sondag bywoon? Of is dit 'n instelling, 'n gesin, of … wel, wat beteken “kerk” vir jou?Deesdae lyk dit of die tradisionele siening van “kerk” besig is om ineen te stort. Baie van God se mense dryf weg. Party mense sal selfs so ver gaan om te sê hulle is klaar met speletjies. Ander sal jou vertel dat hulle by die kerk seergekry het. Miskien het die onlangse pandemie sy rol gespeel. . . Wat van jou? Wat beteken "kerk" vir jou? Wat is jou verhouding met die familie van gelowiges in Jesus Christus? Terwyl jy jou antwoord op hierdie vraag oorweeg; kom ons kyk hoe dinge in die vroeë kerk gedoen is. Ons lees in: Handelinge 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.Ons word minstens dertien keer in die Nuwe Testament vertel dat gelowiges van "huis tot huis" ontmoet het, of dan meer spesifiek, in onder andere Cornelius of Maria of Lydia of die tronkbewaarder se huis.Wat ook al die vorm is wat jou kerk vir jou aanneem, is daar drie dinge wat jy as gelowige, as dissipel van Jesus Christus, nooit moet verwaarloos nie:Die eerste, is om ‘n kragtige gemeenskaplike doel te hê om as broers en susters in die geloof, mekaar aan te moedig om ander mense van Jesus te vertel. Tweedens, om tyd saam deur te bring, en derdens, net so belangrik, is om met vreugde en vrolikheid in mekaar se huise saam te eet. Ja, kerk behels aanbidding, kerk behels leer, maar kerk is ook om werklik mens te wees, 'n gesin te wees en om 'n gemeenskaplike doel te hê.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.Hoe dikwels het iemand iets positief oor sy vyande te sê? Trouens, hoe dikwels sê jy iets goeds oor jou vyande? Ek skat nie so gereeld nie. Dit is nie omdat ek jou wil beskuldig nie. Dit is maar hoe ons is, nè?Christene hou daarvan om die woord “seën” … baie te gebruik. Almal wil tog God se seën ontvang, nie waar nie? Een van die Griekse woorde wat in die Nuwe Testament vir seën gebruik word, is eulogia. Dit beteken om goed te praat van iemand of om iemand te prys, soos ons sien in 'n lofrede by 'n begrafnis. En dit is daardie woord wat in hierdie Bybelversie voorkom:Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.Vanuit God se perspektief vorm die beginsel om goed te praat van jou vyande en om hulle te seën, ‘n eenheid. Die keuse om jou vyande te seën, is iets wat in die hart begin. Die Iere het 'n pragtige seëngroet wat so lui:Mag die pad jou tegemoet kom.Mag die wind altyd van agter kom.Mag die son warm op jou gesig skyn.Mag die reën sag op jou velde val,en mag God jou in die palm van sy hand houtotdat ons mekaar weer ontmoet,Stel jou voor dat jy in jou hart, met jou woorde, in jou dade en in jou gebede daardie seën oor jou vyande uitspreek. Hoe anders sou jou houding teenoor hulle nie wees nie? Hoeveel meer vrede en vreugde sal jy nie in jou lewe hê nie? Hoeveel genesing sal dit nie vir jou verhouding met hulle bring nie?Spreek goeie wense uit oor diegene wat jou sleg behandel. Vra God om hulle te seën en nie om hulle te vervloek nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hebreërs 13:17 Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.Hoe meer individualisties ons in ons lewensuitkyk raak, hoe meer is ons geneig om gesag te weerstaan en ons leiers te kritiseer. Ons het die afgelope twee jaar tydens die pandemie baie daarvan gesien, nie waar nie? Dit is vir my interessant hoe gereeld ons predikers hoor praat oor 'n persoonlike verhouding met Jesus. En alhoewel dit in die Skrif geïmpliseer word, veral in die Evangelies, word dit nie regtig eksplisiet gestel nie. Inteendeel. Die klem in die Nuwe Testament lê in ‘n groot mate op die kerk; op die liggaam van Christus en op hoe ons as gelowiges, ons Godgegewe gawes, in die konteks van 'n geloofsgemeenskap moet beoefen. Dit gaan dus veel meer oor ons verhoudings, as oor ons individualiteit.Wanneer ‘n mens deel van 'n gemeenskap is, moet daar noodwendig leiers wees. Dit is maar hoe dinge werk. Nou ja, hoe moet ons teenoor daardie leiers optree wanneer die wêreldse gesindheid van individualiteit, meer en meer, in ons harte posvat? Hebreërs 13:17 Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.As iemand wie se natuurlike gawe is, om 'n leier te wees, kan ek jou vertel dat mense baie selde daaraan dink hoe moeilik dit is om te lei. Hulle dink amper nooit aan die persoonlike tol wat leierskap eis op emosies; op verhoudings en op die gesinne van hul leiers nie.Ja, ek weet, leiers is nie perfek nie, en soms is hulle aaklig. Maar oor die algemeen doen hulle hul bes om te lei. Gehoorsaam hulle. Wees gewillig om met 'n positiewe gesindheid te doen wat hulle sê. En hou op om dit vir hulle moeilik te maak.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lees: 1 Petrus 1:17-21. Fokus: 1 Pet 1:20. God se handelinge in die eindtyd. Petrus wil aan die gelowiges in westelike Klein-Asië perspektief op hulle “vreemdelingskap in die wêreld” (1 Pet 1:17) gee. Hulle en die kerk van vandag moet besef dat ons in die “eindtyd” (1 Pet 1:20) leef. As ons weet wat God se handelinge in die “eindtyd” is, dan sal ons die las van “vreemdelingskap in die wêreld” kan dra en by God se handelinge betrokke raak. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat was God se handelinge in die Ou Testament? Wat was God se handelinge in die Nuwe Testament? Wat is God se handelinge in die “eindtyd”?
Johannes 3:34-36 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”Kan ek jou vandag vra, is Jesus jou lewe? Wat ek daarmee bedoel, is dit: is Jesus werklik die Here van jou lewe? Het jy alles wat jy is, alles wat jy het, elke hoop, elke droom tot Sy beskikking gestel?“Jesus is Here” rol redelik maklik van menige Christen se tong af. Maar is dit werklik waar? Die woord "Here" in die Nuwe Testament is afgelei van ‘n woord wat "oppergesag" beteken.Vorm Jesus die belangrikste deel van jou lewe? Is die wil van God jou top prioriteit in jou daaglikse lewe? Want weet jy, dit wat ons glo en dit wat ons doen, is wat Jesus betref, twee kante van een en dieselfde muntstuk.Johannes 3:34-36 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”Jesus sê vir ons wat God sê - Hy is ten volle gevul met die Heilige Gees en Hy het mag oor alles. Met ander woorde, Hy het oppergesag. Hy is oppermagtig. Dit is onteenseglik die volle waarheid.Nou ja, hier is die twee kante van daardie een muntstuk. Luister weer na God:Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”Om te glo, is om te doen en om te doen, is om te glo. Goed, my vriend, noudat ons die waarheid mooi verstaan: dat hoe ons ons lewens leef, die bewys is van ons geloof in Jesus, kan ek jou weer vra: is Jesus werklik die Here van jou lewe? Is Hy jou lewe … of nie?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Efesiërs 1:1 Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. . . Ons het almal al somtyds klein en onbeduidend gevoel - miskien is dit hoe jy nou voel. Klein … onbeduidend. En in hierdie suksesgedrewe wêreld waarin ons leef, dink ons dit is 'n slegte ding.Daar is iets in elkeen van ons wat smag na erkenning. Ons begeer dat mense verblind moet word deur ons sukses. Die apostel Paulus was een van daardie ouens. Voordat hy Jesus op die pad na Damaskus ontmoet het, was sy naam eintlik Saulus. Hy was vernoem na Israel se eerste koning, 'n man wat lank, aantreklik en ydel was. Saulus was uit die stam van Benjamin, 'n lid van Israel se regerende liggaam, die Sanhedrin, en hy het aan die beste skole gestudeer.Hy noem homself 'n Fariseër onder Fariseërs, 'n vervolger van die kerk en hy beskou homself as regverdig onder die wet. As iemand die reg gehad het om suksesvol genoem te word, was dit hy. Maar toe hy Jesus op pad na Damaskus ontmoet het, het die Here vir hom 'n nuwe naam gegee. Hy sou nie meer Saulus wees nie, maar Paulus. En dis die naam wat hy altyd daarna gebruik het.Efesiërs 1:1 Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. . .Nou maar watter verskil maak ‘n naam? Nee, my vriend, dit maak ‘n reuse verskil in die Hebreeuse kultuur. Jou naam het jou as persoon gedefinieer. Jy weet wat die naam "Paulus" beteken? Dit beteken letterlik "klein".Hierdie eens arrogante, beledigende en suksesvolle man, Saulus, moes Paulus word om in die hande van God bruikbaar te wees; om 'n apostel te word wat deur God uitgestuur is om sy werk te doen; om uiteindelik amper die helfte van die boeke van die Nuwe Testament te skryf.Hy moes ‘klein' gemaak word. Hy moes verneder word.Wanneer jy in Christus is, moet jy nooit, nooit bang wees om klein te wees nie. Nederigheid is in werklikheid 'n goeie ding.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In hierdie episode gaan ons aan met die fondasies van ons geloof. Ons gesels hierdie week oor die "oplegging van hande". Ons staan stil by die Ou Testamentiese verwysings na handoplegging te same met die Nuwe Testament se lering daaroor. Ons nooi jou uit om ons notas af te laai en self deur die materiaal te werk, aangesien ons baie vlugtig daardeur gesels. Timestamps: 02:00 - Handoplegging (OT) 12:55 - Handoplegging (NT) As jy hierdie geniet het, deel dit met jou mense! Onthou om te subscribe. Stuur vir ons 'n voicenote via https://anchor.fm/community-kuiers-podcast/message as jy enige vrae het, en so kan jy deelvorm van ons podcast! Besoek ons website vir al ons podcasts, blogs en meer! https://hermanblackie.wixsite.com/community-kuiers Download die podcast notes oor hierdie reeks hier: https://tinyurl.com/community-kuiers-reeks --- Send in a voice message: https://anchor.fm/community-kuiers-podcast/message
In hierdie episode gaan ons aan met die fondasies van ons geloof. Ons gesels hierdie week oor die "onderrig van dope". Ja daar is meer as een. Ons gaan hierdie week bietjie in die Nuwe Testament kyk wat behels die lering van ons geloofdoop tesame met doping met die Heilige Gees. Timestamps: 0:00 - Geloofsdoop 24:40 - Doping met Heilige Gees Ons nooi jou uit om ons notas af te laai en self deur die materiaal te werk, aangesien ons baie vlugtig daardeur gesels. As jy hierdie geniet het, deel dit met jou mense! Onthou om te subscribe. Stuur vir ons 'n voicenote via https://anchor.fm/community-kuiers-podcast/message as jy enige vrae het, en so kan jy deelvorm van ons podcast! Besoek ons website vir al ons podcasts, blogs en meer! https://hermanblackie.wixsite.com/community-kuiers Download die podcast notes oor hierdie reeks hier: https://tinyurl.com/community-kuiers-reeks --- Send in a voice message: https://anchor.fm/community-kuiers-podcast/message
Die erediens is al in die Ou Testament ingestel as die heilige vergadering van God waarin Hy sy kinders oproep om Hom te aanbid. Dit is die weeklikse vergadering van God met Sy kinders om gesamentlik op 'n Sondag te ontmoet om die Woord te hoor en so deur Hom geseën te word met Sy teenwoordigheid, Sy woord en Sy rus. Die erediens is ook die plek waar gelowiges herinner word aan die wet van God, en gee ons die bevestiging van Christus se genadige verlossing van ons sonde. Die aanbidding van ons God vind plaas soos die skrif dit bepaal, onder die ordelike leiding van die kerk se offisiële ampdraers, en bevat altyd die suiwer prediking van die Woord. Die erediens is God se geskenk aan gelowiges, omdat dit ons geestelik voed en die seëning van 'n geloofsgemeenskap as ondersteuning bied. 00:00 Die Erediens: Wat is 'n erediens? 02:20 Oorsig uit Ou Testament 14:30 Oorsig uit Nuwe Testament 24:57 Wat is die fokus van die erediens? 33:20 Wat is die doel van die erediens? 35:26 Vir wie is die erediens? 37:10 Waarom beveel die Here dit? 39:54 Hoekom op 'n Sondag? 44:49 Bepaal my lus my kerkbywoning? 50:51 Virtuele erediens is 'n skynwerklikheid Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer
Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.Waarom het Jesus na hierdie aarde gekom? Waarom vier ons oor 'n week sy koms na die wêreld in die vorm van Kersfees? Hoekom?Die afgelope paar dae het ons gesien dat die doel van Jesus se koms na hierdie aarde was om ons in die koninkryk van God in te lei, en die enigste manier om daardie koninkryk binne te gaan, is om wedergebore te word deur 'n radikale bekering (gebore uit water) en om 'n nuwe lewe te lei (d.w.s uit die Gees gebore te word).Dit gebeur as ons glo dat Jesus gesterf het om ons sonde weg te neem en dat Hy weer opgestaan het om ons ‘n nuwe lewe te gee. Maar hoekom het God Jesus, sy Seun, na hierdie aarde gestuur? Hier is die antwoord in:Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Dit is natuurlik vir baie mense ‘n bekende gedeelte, maar weet ons regtig wat dit beteken?Die Griekse woord wat gebruik word vir ‘wêreld' is 'kosmos'. Dit word 186 keer in die Nuwe Testament gebruik, en elke keer verteenwoordig dit wêreldsheid; sondigheid. Een kommentator skryf: Dis indrukwekkend! God is lief vir 'n sondige wêreld.Ja! God het die sondaar lief. Dit is nie ten spyte van ons sonde dat Christus ons kom red het nie, dit is as gevolg van ons sonde. Daar is 'n massiewe verskil. En die verskil is liefde. 'n Liefde so groot dat dit heeltemal onbegryplik is. Dit is God se motivering. Dis hoekom. En as jy in Jesus glo; as jy werklik met jou hele wese glo, dan sal jy nie verlore gaan nie; jy het reeds die ewige lewe ontvang. Is jy wedergebore?Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Korintiërs10:23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.Jesus het belowe dat as Hy ons vry maak, sal ons werklik vry wees! Regtig, heeltemal vry. En tog beteken vryheid verskillende dinge vir verskillende mense. Wat beteken vryheid vir jou? Dit was beslis ‘n baie interessante tyd toe die Nuwe Testament destyds geskryf is. Dit is die tyd toe die Christendom gebore is uit Judaïsme. Ons nuwe verhouding met God, naamlik die 'Nuwe Verbond' is gebore uit ons ou verhouding met Hom, die 'Ou Verbond'.Dit het beteken dat die nuwe gelowiges, diegene wat geglo het aan die dood en opstanding van Jesus, die Seun van God, vry was van 'n hele klomp ou reëls. Dit was skielik aanvaarbaar om byvoorbeeld varkvleis te eet. Skielik het baie van die godsdienstige rituele van die verlede nie meer saak gemaak nie.Daarom skryf Paulus in:1 Korintiërs 10: 23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.Met ander woorde, jy moet nie jou nuutgevonde vryheid gebruik as lisensie om te doen net wat jy wil nie. Moet dit nie nou sien as die reg om op ander mense te trap nie. Dit was destyds in daardie konteks waar en dit is vandag nog waar.Hopeloos te veel Christene is gefokus op hul vryhede, hul regte, dit waarop húlle geregtig is ... en hulle vergeet dat dit dikwels ander mense kan seermaak wanneer hulle daarop aandring. Ons vergeet dat ons dikwels op ander trap as ons opstaan.As die Seun van die mens (Jesus) jou vrygemaak het, dan is jy inderdaad vry ... Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jesaja 1:16,17 Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.Boosheid vier deesdae hoogty. Aan die eenkant is dit eintlik niks nuuts nie. Dit was nog altyd die geval. Maar het jy opgelet, dat boosheid hand oor hand toeneem? Boosheid word nie net aangemoedig nie, maar ook toegejuig.Dit is nie maklik om te maak asof boosheid nie bestaan nie, is dit? Die temperatuur styg. Dit is asof die vlamme van die hel aan ons voete lek. Onwettige boosheid is nie net die norm nie, dit word gewettig. Dit lyk asof dit oorneem...Wat moet ons as volgelinge van Christus doen? Ek sal jou vertel wat ek baie Christene, miskien selfs ek en jy, sien doen. Hulle veg terug. Hulle skree en bulder: Ek is geregtig op my eie opinie. Ek is geregtig op vryheid van godsdiens. Ek is geregtig ...Die probleem is egter dat die Bybel nie praat oor dinge waarop ek of jy in hierdie wêreld geregtig is nie. Om die waarheid te sê, in beide die Ou en die Nuwe Testament, is die enigste reg wat ons het, die reg om te ly, vir die naam van my Here Jesus Christus. Wat moet ek aan die saak doen? Hoe moet ek en jy reageer op hierdie toename in boosheid?Ons lees in: Jesaja 1: 16,17 Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.God beveel ons, om nie slegs nie soos die bose mense daar buite op te tree nie, máár om eers voor ons eie deur te vee. Om goed te doen. Om mense regverdig te behandel. En dan, ongeag wat die koste is, om ‘n stem te wees vir diegene wat nie vir hulself kan praat nie. Vir die weduwee, vir die weeskind ... vir die ongebore baba.Dit is presies wat Jesus gedoen het, en dit het Hom sy lewe gekos.Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
'n Gelowige leef 'n lewe wat God eer, of ons probeer ten minste. Dis nie altyd so maklik nie, veral as ons nie altyd seker is presies hoe so 'n lewe lyk nie. Ons praat saam oor alledaagse dinge en hoe ons alledaagse dinge ook die Here kan eer.
Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.Ons leef in 'n wêreld wat sukses en prestasie beloon. Ons leef in 'n wêreld waar jy veronderstel is om onafhanklik te wees. Ons leef in 'n wêreld waar ons geleer word dat sukses net van onsself afhang.Soms dra ons soveel pyn in ons binneste rond, dat ons nie daaroor kan praat nie. Of soms raak dinge so ingewikkeld, so verwarrend dat ons nie eers weet wat om vir God te sê nie. Ons weet nie hoe ons moet bid en waarvoor ons moet vra nie.Was jy al ooit in so ‘n situasie? Jou pyn is so erg dat jy nie die krag het om 'n woord te bid nie. Jy wil, maar jy kan net nie. Al wat daar diep uit jou binneste kom, is ‘n kreun.Tweeduisend jaar gelede het die apostel Paulus byna die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf - sommige daarvan terwyl hy in die gevangenis opgesluit was. Daar kan dus geen twyfel bestaan dat hy presies geweet het hoe pyn voel nie. Dis hoe hy dit beskryf in:Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.Ek wil jou troos en sê dat in daardie oomblikke, wanneer jy nie eers weet waar om te begin nie; hang dit nie van jou af nie. God is nie afhanklik van jou, in jou oomblik van swakheid nie. Nee, inteendeel.Wanneer ons ons oë na Christus opslaan, is dit die Heilige Gees wat vir ons intree met gebed wat nie in woorde uitgedruk kan word nie. Wanneer ons net na Jesus kyk, te midde van die woordelose pyn en verlorenheid; dan my vriend, praat ons van ware gebed. En dit is al wat nodig is.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johannes 20:30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.Ek ken baie mense wat sê dat hulle in God glo, en tog is hul lewe nie naastenby wat Hy belowe het, dit sal wees nie. Maar daar is altyd 'n rede daarvoor. Die rede is dat hulle nie 'n persoonlike ontmoeting met Jesus, sy Seun, gehad het nie. Ek wonder, wanneer was die laaste keer dat jy 'n boek van voor tot agter deurgelees het? Verlede week, verlede maand ... miskien baie lank gelede. As jy net een boek kon lees, watter boek sou jy lees? Dis nogal ‘n probleem, nie waar nie? Wie het die tyd? Waar kry jy deesdae tyd om 'n hele boek te lees? Nou ja, hier's 'n uitdaging vir jou: daar is een boek wat net twee uur sal neem om te lees. Ons kan mos almal 'n paar uur afknyp? Dit is een van ses en sestig boeke in 'n versameling wat ons deesdae die Bybel noem. Meer as die helfte van hulle neem minder as 'n halfuur om te lees. Is jy seker jy het geen tyd nie? Hoe dit ook al sy, die een boek wat ek aanbeveel is die Evangelie van Johannes, die vierde boek van die Nuwe Testament. Dit is 'n weergawe van die lewe van Jesus Christus. En dit is geskryf met 'n baie spesifieke doel in gedagte: Luister wat staan in:Johannes 20: 30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. Ongeag wie jy is of wat jy glo, wil ek jou aanmoedig om die een boek - Johannes – in 'n hedendaagse vertaling te bekom en dit te lees. Dit is 'n aangrypende vertelling en jy weet nooit of Jesus, terwyl jy lees, dalk net sal opdaag. Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In hierdie week se Community Kuiers episode gesels ons oor die proses agter Bybelvertalings. Ons kry gereeld die vraag, "Watter vertaling is nou die beste vertaling?". Om ons meer insig rakende hierdie onderwerp te gee, het ons uitgereik na 'n kenner in Nuwe Testament en Grieks. Iemand wat direk by vele Bybelvertalingsprojekte betrokke was in sy lewe. Ons verwelkom Prof. Fika Janse van Rensburg! Kry vir jou 'n koppie koffie, sit terug en #kuierSaam! Timestamps: 0:04:19 - Die proses agter Bybelvertaling. 0:12:00 - Bybelvertaling as 'n spanpoging. 0:17:42 - Hoe word die bronteks gekies? 0:30:55 - Het ons die "oorspronlike" tekste? 0:35:38 - Hoe verskil die Afrikaans 1933/53 en die '83 vertalings? 0:39:31 - Waarom is daar verse in sekere vertalings weggelaat? 0:43:13 - Is daar vertalings op die mark beskikbaar wat ons nie moet lees nie? 0:47:44 - Hoe kies jy die "regte" Bybel om te lees? 0:51:17 - Wie het besluit watter boeke is in die Bybel en watter nie? 0:57:50 - Tot watter mate kan ons Griekse woordeboek-tools (soos eSword ens.) gebruik om die Bybel uit te lê? 1:08:27 - Wat is Prof Fika se persoonlike, lekker-lees Bybel? As jy hierdie geniet het, deel dit met jou mense! Kyk hierdie week se bespreking-video op ons Youtube Channel: Community Kuiers! Besoek ons website vir ons podcast, blogs en meer: https://hermanblackie.wixsite.com/community-kuiers Intro en outro song: Wasted Years by INOSSI Creative Commons — Attribution 3.0 Unported — CC BY 3.0 Free Download
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Hebreërs
"Lukas skryf die langste evangelie in die Bybel. Saam met die boek Handelinge skryf hy ‘n kwart van die Nuwe Testament! Hy is ‘n belangrike stem. Hy staan buite die Joodse tradisie, het Jesus nooit persoonlik geken nie, en as mediese dokter en taalpuris werk hy kronologies met historiese akkuraatheid."
RSG — Hoe moet ons die heilige boeke soos die Bybel en die Koran vandag lees en is alles wat daarin staan waar en onfeilbaar? Jean Oosthuizen gesels met prof Farid Esack, ʼn professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit Johannesburg en doktor Peter Nagel, Senior Lektor: Ou en Nuwe Testament by die Universiteit Stellenbosch, oor Skrifgesag.
Die sogenaamde "Dag van die Here" is 'n konsep wat ons in die Ou-Testamentiese profete vind (o.a. Mal. 4:5, Am. 5:18,20, Sef. 1-3). Ons lees ook daarvan in die Nuwe-Testament (o.a. 1 Kor. 5:5, 1 Thess. 5:2, Hand. 2:20). Kom ons kyk kortliks na die volgende asptekte van hierdie Dag: wat is die dag van die Here? wanneer is die dag van die Here?
Lord you want to partner with us, our prayers, Your answers. Our works Your grace. Our possessions your blessing. Our obedience your call. Our weakness, Your strength. This is a great mystery. I pray help us to make this sacred partnership more seamless and flowing, reciprocal, intimate, and natural. In the same way, Jesus could do nothing without the Father; we can do nothing without the Holy Spirit. Jesus could do nothing without Him seeing the Father do it (John 5:19-20, 30), only doing His will (John 6:38), do only what the Father taught (Joh 8:28), according to what the Father commands (John 12:49). In order for us to live and move by the way of the Spirit, or as ap Paul put it: “walk in the Spirit” (Gal 5:16) we must learn to be holy devoted and depended on the Holy Spirit. We literally can do nothing without Him! In the OT, people lived by the Law, in the NT believers live by the Holy Spirit. It is not by force nor by strength, but by my Spirit, says the Lord of Heaven’s Armies. (Zech 4:6) ALL LIFE IN THE New Testament IS BY THE SPIRIT Know God by the Spirit: No one can know a person’s thoughts except that person’s own spirit, and no one can know God’s thoughts except God’s own Spirit. (1 Corinthians 2:11) Walk according to the Spirit and not gratify the desires of the flesh. It is the power of the Spirit life, that free you from the gravitational downward pull of the flesh and sin. (Rom 8:2-4; Gal 5:16) A new power is in operation. The Spirit of life in Christ, like a strong wind, has magnificently cleared the air, freeing you from a fated lifetime of brutal tyranny at the hands of sin and death.The Message: (Ro 8:2). Set your mind on the things of the Spirit (Rom 8:5-8). Put to death the deeds of the body by the Spirit (Rom 8:13). The main characteristic of being a child of God is being led by the Spirit. (Rom 8:14) Know the Fatherhood of God and subsequent sonship by the Spirit (Rom 8:15-17). Hope in the Spirit (Rom 8:23-25). Pray in the Spirit (Rom 8:26-27). In other passages Paul mentions — (Jude 20) Be filled with the Spirit (Eph 5:18). Serve in the Spirit (Rom 7:6; 15:16). Love by the Spirit (Rom 15:30; Gal 5:22-23; Col 1:8). Know one-another by the spirit. The way of the spirit is more accurate and also quicker! Jesus knew the heart of Nathaniel even before he had met him. (John 1:47) Similarly, the Lord revealed to Ananias not only the change in Saul (Paul) but also his destiny before he met him. (Acts 9:10) Phillip was divinely led to meet the servant of the court of Ethiopia. (Acts 8:26) Jesus knew what was in the Pharisees’ hearts. He knew the woman at the well in the spirit. (John 4) Imagine a church where people know each other in the spirit, where everyone knows their place and function, and naturally work together without complaining and strife because they do not feel threatened by one another. We are taught by that what the Holy Spirit teaches. (1 John 2:27; 1 Cor 1:13) People err, in interpreting the Bible without the Spirit. (2 Cor 3:6) We can only know God, by the Spirit, because He is Spirit. 1 Cor 2:10-12) We cannot be regenerated and born again without the work of the Spirit. (Tit 3:5) The Eternal spirit through the Blood of Christ, cleanse you from an evil conscience. Heb 9:14 Help me to walk, live and have my being in the spirit alone. Let me be able to say like Jesus, I do nothing unless the Spirit, I say nothing unless the spirit. ABIDING IN THE SPIRIT It is only in the spirit that we are safe. It is only in the Spirit, that we cannot be deceived and misled. (1 John 4:1; John 16:13) Words and deeds done in the spirit, (1 Cor 2:13) He will defend. In the Spirit we are accurate. In the Spirit we are holy and perfect. (John 17:17) In the Spirit we are righteous. In the Spirit we will know the way in the Holy of holies. (Heb 9:8) In the Spirit there is liberty. (2 Cor 3:17) In the Spirit we are whole, and able to s
"Indien ‘n mens die Nuwe Testament lees kry jy nie die indruk dat Jesus jou sou uitnooi om godsdienstig te word nie. Hy reageer heftig teen die godsdiens van sy tyd." Theo Geyser