Podcasts about kaapse

  • 36PODCASTS
  • 195EPISODES
  • 18mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • May 30, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about kaapse

Latest podcast episodes about kaapse

Kopskuif
Leon Ferreira se Geloofsreis, Kankeroorwinning en Musiekbediening | Kopskuif op Radio Kaapse Kansel

Kopskuif

Play Episode Listen Later May 30, 2026 41:45


In hierdie inspirerende episode van Kopskuif op Radio Kaapse Kansel gesels Meersha Eksteen met die geliefde Christelike kunstenaar Leon Ferreira oor sy meer as 30 jaar lange musiekloopbaan, die ontstaan van bekende liedjies soos My Pa is die Koning en Hang 'n Lap oor die Maan, en sy passie om hoop deur musiek te bring. Leon deel ook sy persoonlike getuienis van geloof, God se liefde en die diep geestelike insigte wat sy lewe gevorm het. Hy vertel openhartig oor sy kankerdiagnose, die uitdagende pad van behandeling, die ondersteuning van sy vrou en hoe geloof, hoop en liefde hom deur die moeilike seisoen gedra het. Met wysheid en eerlikheid moedig hy luisteraars aan om hul gedagtes op God se beloftes te rig, hoop te koester en elke dag met vertroue te leef. 'n Kragtige gesprek oor geloof, genesing, musiek, volharding en die kopskuif wat nodig is om God se liefde en teenwoordigheid in elke omstandigheid te ervaar.

god hang ferreira lap hy koning maan kaapse christelike my pa
Nuus
Kaapse stormskade waarskynlik in die miljarde: Winde

Nuus

Play Episode Listen Later May 19, 2026 0:19


Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die volle omvang van verlede week se verwoestende storms word nog bepaal en die koste sal waarskynlik miljarde Suid-Afrikaanse rand beloop. Swaar reën, oorstromings en sterk wind het elf lewens in die provinsie geëis. Die provinsiale regering het aansoek gedoen dat die provinsie tot rampgebied verklaar word om te help met verligting en die herbou van gemeenskappe wat geraak is. Winde sê ʼn lang herstelproses lê voor:

winde suid afrikaanse kaapse alan winde
Nuus
Miljoene bottels wyn in Kaapse oorstromings verlore

Nuus

Play Episode Listen Later May 14, 2026 0:39


Die oorstromings in die Robertson-vallei, veral met die Breede-rivier, reuse skade aangerig. Van Loveren-wyne se besturende direkteur Phillip Retief, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat oorstromings 1,3 miljoen bottels wyn in hulle kelder vernietig het en, dat sommige sê dis die ergste oorstromings in meer as ‘n eeu.

robertson kosmos nuus kaapse
Nuus
Miljoene bottels wyn in Kaapse oorstromings verlore

Nuus

Play Episode Listen Later May 14, 2026 0:06


Kry die nuus soos dit breek.

kry kaapse
PAGECAST: Season 1
Op die spoor van die Stasiemoordenaar deur Julian Jansen (met Heindrich Wyngaard)

PAGECAST: Season 1

Play Episode Listen Later May 11, 2026 32:04


In hierdie episode van Pagecast gesels die meningsvormer en leier van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum Heindrich Wyngaard met die bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer Julian Jansen oor sy nuwe boek Op die Spoor van die Stasiemoordenaar. Jansen, wat ook die skrywer is van boeke soos Moord op Stellenbosch en Die De Zalze-moorde, is bekend vir sy aangrypende, diep menslike joernalistiek en hierdie roerende gesprek het net weer bewys waarom hy bekend is daarvoor dat hy altyd die storie agter die storie gaan haal. Van 1986 tot 1994 het die sogenaamde Stasiemoordenaar die mense van die Kaapse vlakte geterroriseer – 22 seuns en jong mans, die meeste tussen 9 en 14 jaar oud, is naby treinstasies ontvoer, seksueel aangerand en vermoor. Norman Simons is in 1995 skuldig bevind aan een van die moorde en is in 2023 op parool vrygelaat, maar steeds spook tergende vrae oor die saak. Jansen het op die spoor van die seuns en die destydse polisieondersoeke gegaan om lig te werp op hierdie donker raaisel. "Ons moet die kind se identiteit, sy menswees onthou," sê Jansen. Agter elke naam in hierdie verhaal was 'n lewe, 'n gesin, 'n toekoms wat weggeruk is.

RSG Geldsake met Moneyweb
Kaapse Metro reageer met teleurstelling op uitspraak oor heffings volgens eiendomswaarde

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 7, 2026 12:50


Geordin Hill-Lewis – burgemeester van Kaapstad Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Die Kaapse Wynland-lughawe maak gereed om op te styg

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 6, 2026 22:10


Deon Cloete – besturende direkteur, Cape Winelands Airport Volg RSG Geldsake op Twitter

maak kaapse
Nuus
Kaapse Epstein-slagoffer praat

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 16, 2026 0:21


Die Suid-Afrikaanse slagoffer van Jeffrey Epstein, Juliette Bryant, het die ontslape veroordeelde seksoortreder as 'n meesterbrein en hoogs manipulerend beskryf. Sy is in 2002 deur Epstein in Kaapstad gewerf as 'n 20-jarige eerstejaar-universiteitstudent en aspirant-model. Sy sê hy het haar verskeie kere tussen 2002 en 2004 op sy privaat eiland in die Karibiese Eilande, en sy plaas in Nieu-Mexiko, mishandel. Bryant het aan Newzroom Afrika gesê sy is nie met ander mans gedeel nie, maar herhaaldelik deur Epstein verkrag:

RSG Geldsake met Moneyweb
Dít is hoekom die Kaapse Metro Airbnb's teiken

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Feb 10, 2026 9:32


Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, bespreek die stad se besluit om kommersiële tariewe op Airbnb en soortgelyke eiendomme te hef. Volg RSG Geldsake op Twitter

airbnb metro kaapstad hoekom geordin hill lewis kaapse
RSG Geldsake met Moneyweb
Sterk Kaapse winde waai dalk groot skade-eis na Transnet se kant toe

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Feb 4, 2026 13:17


Jabu Mdaki, uitvoerende hoof van Transnet Hawe-terminale, gesels oor probleme by die Kaapse hawe wat die uitvoer van steenvrugte vertraag. Volg RSG Geldsake op Twitter

Afternoon Drive with John Maytham
The Kaapse Klopse: Everything to know with Carlo Peterson

Afternoon Drive with John Maytham

Play Episode Listen Later Jan 5, 2026 10:38 Transcription Available


To unpack what actually happened on the ground, Amy MacIver turns to Carlo Petersen, EWN journalist, who has been tracking developments closely. From a partially restored historic route ending in Wale Street, to a memorandum handed to the provincial legislature, the parade was about more than celebration — it was also about protest, recognition, and access. At the centre of the dispute are calls from minstrel associations for transparent funding, free public parades, and fair access to venues, amid ongoing tensions between rival carnival bodies and the City. Afternoon Drive with John Maytham is the late afternoon show on CapeTalk. Presenter John Maytham is an actor and author-turned-talk radio veteran and seasoned journalist. His show serves a round-up of local and international news coupled with the latest in business, sport, traffic, and weather. The host’s eclectic interests mean the program often surprises the audience with intriguing book reviews and inspiring interviews profiling artists. A daily highlight is Rapid Fire, just after 5:30 pm. CapeTalk fans call in to stump the presenter with their general knowledge questions. Another firm favourite is the humorous Thursday crossing with award-winning journalist Rebecca Davis, called “Plan B”. Thank you for listening to a podcast from Afternoon Drive with John Maytham Listen live on Primedia+ weekdays from 15:00 to 18:00 (SA Time) to Afternoon Drive with John Maytham broadcast on CapeTalk https://buff.ly/NnFM3Nk For more from the show, go to https://buff.ly/BSFy4Cn or find all the catch-up podcasts here https://buff.ly/n8nWt4x Subscribe to the CapeTalk Daily and Weekly Newsletters https://buff.ly/sbvVZD5 Follow us on social media: CapeTalk on Facebook: https://www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: https://www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: https://www.instagram.com/ CapeTalk on X: https://x.com/CapeTalk CapeTalk on YouTube: https://www.youtube.com/@CapeTalk567 See omnystudio.com/listener for privacy information.

Monitor
Monitor 5 Januarie 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Jan 5, 2026 52:31


Die Verenigde Nasies hou vandag 'n noodvergadering oor Amerika se aanval op Venezuela. Brandstofpryse daal vandeesweek. Twintigduisend mense word by die Kaapse karnaval in Groenpunt verwag.

Update@Noon
Cape Town streets come alive with the vibrant Kaapse Klopse carnival.

Update@Noon

Play Episode Listen Later Jan 5, 2026 7:26


Cape Town's streets are buzzing with music, colour and festivity today as thousands of minstrel's parade through Green Point for the annual Kaapse Klopse carnival. This proud display of Cape Coloured cultural heritage features rhythmic beats and traditional songs. The event, organised by the Kaapse Klopse Karnival Association, proceeds following a recent court dispute between the Cape Town Minstrel Carnival Association and the City over the withdrawal of provisional approval for Vygieskraal Stadium in late 2025. Sakina Kamwendo spoke to Clayton Morar, PR Manager at the Kaapse Klopse Karnival Association

Afternoon Drive with John Maytham
Will the Kaapse Klopse celebrations commence?

Afternoon Drive with John Maytham

Play Episode Listen Later Dec 29, 2025 8:27 Transcription Available


Graeme Raubenheimer is joined by EWN correspondent Camray Clarke, we get the latest insights on the court proceedings and the cultural tensions surrounding the parade. Clarke explains that the Minstrel Carnival Association insists its parade should not be confused with the Kaapse Klopse carnival, which will take place on Monday, 5th of January along Somerset Road. The association has also voiced concerns about changes to historical routes by other carnival groups, emphasizing the significance of preserving the heritage and legacy of the slave route. Presenter John Maytham is an actor and author-turned-talk radio veteran and seasoned journalist. His show serves a round-up of local and international news coupled with the latest in business, sport, traffic and weather. The host’s eclectic interests mean the program often surprises the audience with intriguing book reviews and inspiring interviews profiling artists. A daily highlight is Rapid Fire, just after 5:30pm. CapeTalk fans call in, to stump the presenter with their general knowledge questions. Another firm favourite is the humorous Thursday crossing with award-winning journalist Rebecca Davis, called “Plan B”. Thank you for listening to a podcast from Afternoon Drive with John Maytham Listen live on Primedia+ weekdays from 15:00 and 18:00 (SA Time) to Afternoon Drive with John Maytham broadcast on CapeTalk https://buff.ly/NnFM3Nk For more from the show go to https://buff.ly/BSFy4Cn or find all the catch-up podcasts here https://buff.ly/n8nWt4x Subscribe to the CapeTalk Daily and Weekly Newsletters https://buff.ly/sbvVZD5 Follow us on social media: CapeTalk on Facebook: https://www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: https://www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: https://www.instagram.com/ CapeTalk on X: https://x.com/CapeTalk See omnystudio.com/listener for privacy information.

The Morning Review with Lester Kiewit Podcast
COCT reviews application for major Kaapse Klopse route change in 2026

The Morning Review with Lester Kiewit Podcast

Play Episode Listen Later Dec 26, 2025 39:21 Transcription Available


The City of Cape Town’s Events Permit Office is currently reviewing an application from the Kaapse Klopse Karnival Association (KKKA) to significantly alter the traditional Minstrel Parade route for 2026.The KKKA has applied for the parade to bypass its historical route, which typically runs from the Grand Parade to the Bo-Kaap. Instead, the association proposes marching down the Fan Walk on Somerset Road and concluding at the DHL Stadium. Views and News with Clarence Ford is the mid-morning show on CapeTalk. This 3-hour long programme shares and reflects a broad array of perspectives. It is inspirational, passionate and positive. Host Clarence Ford’s gentle curiosity and dapper demeanour leave listeners feeling motivated and empowered. Known for his love of jazz and golf, Clarrie covers a range of themes including relationships, heritage and philosophy. Popular segments include Barbs’ Wire at 9:30am (Mon-Thurs) and The Naked Scientist at 9:30 on Fridays. Thank you for listening to a podcast from Views & News with Clarence Ford Listen live on Primedia+ weekdays between 09:00 and 12:00 (SA Time) to Views and News with Clarence Ford broadcast on CapeTalk https://buff.ly/NnFM3Nk For more from the show go to https://buff.ly/erjiQj2 or find all the catch-up podcasts here https://buff.ly/BdpaXRn Subscribe to the CapeTalk Daily and Weekly Newsletters https://buff.ly/sbvVZD5 Follow us on social media: CapeTalk on Facebook: https://www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: https://www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: https://www.instagram.com/ CapeTalk on X: https://x.com/CapeTalk CapeTalk on YouTube: https://www.youtube.com/@CapeTalk567See omnystudio.com/listener for privacy information.

Nuus
Geen drank op Kaapse strande toegelaat nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:20


Die Stad Kaapstad doen 'n beroep op inwoners en besoekers om strande en openbare ruimtes alkoholvry te hou teneinde openbare veiligheid te verseker. Byna 3 000 liter alkohol is onlangs by die Ndabeni-skut vernietig nadat dit gekonfiskeer is by mense wat in die openbaar drink. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, waarsku enigiemand wat met alkohol in hierdie gebiede betrap word, sal moontlik boetes en beslagleggingsfooie moet betaal:

Nuus
Kaapse owerhede sê 'moenie 'n padvark wees nie'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:17


Die Stad Kaapstad sê hy gaan in die feestyd sy “Moenie 'n padvark wees nie”-veldtog voortsit wanneer verkeersvolumes toeneem. Die veldtog sal voorkombare verkeersopeenhopings bekamp wat veroorsaak word deur bestuurders wat kruisings versper. Dis ʼn oortreding van verkeersregulasies en lei tot verkeersknope. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê 140 boetes is uitgereik sedert die veldtog begin het:

Nuus
Bewaringsgebied in die Wes-Kaap brei uit met 47 000 hektaar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 0:18


Die Wes-Kaap het sy bewaringsgebied met 47 000 hektaar uitgebrei, insluitend twee nuwe natuurreservate, Waterkloof en Zebraskop in die Klein Karoo, die uitbreiding van Anysberg in dieselfde streek en Knersvlakte in Namakwaland. Luke Folb van CapeNature sê die toevoegings beskerm bedreigde plante en natuurlewe, insluitend Kaapse bergsebras, en verbeter landskaps-verbinding. Hy voeg by die uitbreiding ondersteun bioverskeidenheid, klimaatsveerkragtigheid en die 30-persent grondbewaringsteiken teen 2030:

hy brei kaap kaapse capenature
Monitor
Monitor 5 Desember 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Dec 5, 2025 49:50


Gauteng se onderwysdepartement sê ouers moet deels die blaam dra vir die skoleplasingskrisis. Kommer oor skietvoorvalle buite howe in die Kaapse-metro. Die vernuwing van die ANC in Johannesburg is hoog op die agenda by sy streekskonferensie. Eskom beplan om nog 'n kernkragsentrale op te rig.

The Morning Review with Lester Kiewit Podcast
A Mountain Divides - a debut book on the vibrant Kaapse Klopse culture

The Morning Review with Lester Kiewit Podcast

Play Episode Listen Later Dec 5, 2025 13:04 Transcription Available


Clarence Ford spoke to Fine art photographer Ajay Lalu about his Kaapse Klopse memories in his debut book titled A Mountain Divides. Views and News with Clarence Ford is the mid-morning show on CapeTalk. This 3-hour long programme shares and reflects a broad array of perspectives. It is inspirational, passionate and positive. Host Clarence Ford’s gentle curiosity and dapper demeanour leave listeners feeling motivated and empowered. Known for his love of jazz and golf, Clarrie covers a range of themes including relationships, heritage and philosophy. Popular segments include Barbs’ Wire at 9:30am (Mon-Thurs) and The Naked Scientist at 9:30 on Fridays. Thank you for listening to a podcast from Views & News with Clarence Ford Listen live on Primedia+ weekdays between 09:00 and 12:00 (SA Time) to Views and News with Clarence Ford broadcast on CapeTalk https://buff.ly/NnFM3Nk For more from the show go to https://buff.ly/erjiQj2 or find all the catch-up podcasts here https://buff.ly/BdpaXRn Subscribe to the CapeTalk Daily and Weekly Newsletters https://buff.ly/sbvVZD5 Follow us on social media: CapeTalk on Facebook: https://www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: https://www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: https://www.instagram.com/ CapeTalk on X: https://x.com/CapeTalk CapeTalk on YouTube: https://www.youtube.com/@CapeTalk567See omnystudio.com/listener for privacy information.

Afternoons with Pippa Hudson
On the Couch: Photo book documents the Kaapse Klopse and their communities

Afternoons with Pippa Hudson

Play Episode Listen Later Dec 4, 2025 15:11 Transcription Available


Pippa speaks to fine art photographer Ajay Lalu,about an incredible new photographic collection called A Mountain Divides. It’s a documentary photobook, exploring the story of the Kaapse Klopse and the communities behind the tradition. Lunch with Pippa Hudson is CapeTalk’s mid-afternoon show. This 2-hour respite from hard news encourages the audience to take the time to explore, taste, read and reflect. The show - presented by former journalist, baker and water sports enthusiast Pippa Hudson - is unashamedly lifestyle driven. Popular features include a daily profile interview #OnTheCouch at 1:10pm. Consumer issues are in the spotlight every Wednesday while the team also unpacks all things related to health, wealth & the environment. Thank you for listening to a podcast from Lunch with Pippa Hudson Listen live on Primedia+ weekdays between 13:00 and 15:00 (SA Time) to Lunch with Pippa Hudson broadcast on CapeTalk https://buff.ly/NnFM3Nk For more from the show go to https://buff.ly/MdSlWEs or find all the catch-up podcasts here https://buff.ly/fDJWe69 Subscribe to the CapeTalk Daily and Weekly Newsletters https://buff.ly/sbvVZD5 Follow us on social media: CapeTalk on Facebook: https://www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: https://www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: https://www.instagram.com/ CapeTalk on X: https://x.com/CapeTalk CapeTalk on YouTube: https://www.youtube.com/@CapeTalk567 See omnystudio.com/listener for privacy information.

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Hendrico Ockhuys se bediening in Ysterplaat

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 14:33


Hendrico Ockhuys is deesdae ietwat van 'n legende in die Kaapse kerkomgewing, 'n mens loop hom orals raak.    “Ek woon in Ystrplaat by Isibindi. Ons “huis” is uniek want dit is gebou op die verhoog van die kerksaal, my kamer is agter die verhoog in die aantrek kamers — omdat ek te dramaties is om op die stage te bly,” lag hy.   Hy is 'n leier by die koshuis op die terrein vir jongmense in nood, help by die nasorg-projek en is verantwoordelik vir die hawelosebediening. Onder andere. Henrico is 'n besige man . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Nuus
Kenner sê oor dol robbe by Pelican-punt

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 27, 2025 0:41


Die Veeartseny Direktoraat het bevestig drie gevalle van hondsdolheid onder Kaapse pelsrobbe is by Pelican-punt aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gepraat, wat wenke vir die publiek het.

Nuus
Nog hondsdolheid bevestig in robbe by Walvisbaai

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 0:33


Die Direktoraat van Veeartseny het 'n opdatering uitgereik rakende die voorkoms van hondsdolheid in Kaapse pelsrobbe in Walvisbaai. Die eerste aangemelde geval was in Junie by die Walvisbaai-strandmeer. Sedertdien is drie bykomende gevalle by Pelican-punt in Walvisbaai tussen 8 en 13 November aangemeld, met monsters wat positief bevestig is deur die Sentrale Veeartsenykundige Laboratorium in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die landbouministerie, Simon Nghipandulwa, gepraat wat die publiek aanspoor om versigtig te wees.

Nuus
Landboudepartement waarsku oor hondsdolheid

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 0:17


Die Departement van Landbou het 'n waarskuwing uitgereik oor hoërisikogebiede vir hondsdolheid in Suid-Afrika, waar die siekte onder honde, Kaapse pelsrobbe en ander soogdiere voorkom. Hondsdolheid is 'n dodelike virussiekte wat alle soogdiere aantas en in die speeksel van besmette diere na mense kan versprei. Die departement se woordvoerder, Prince Mtsweni, sê daar was vanjaar menslike sterftes in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Limpopo wat toegeskryf kan word aan hondsdolheid:

Nuus
Kameras help Kaapse wetstoepassers

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 0:20


Die Strategiese Toesigeenheid van die Stad Kaapstad se Metropolisie het 'n styging van 35-persent aangemeld in gevalle wat die afgelope jaar danksy sy geslotekring televisiemonitors opgespoor is. Meer as 1 200 kameras werk nou in die stad, ondersteun deur 1 000 lyfkameras wat wetstoepassers dra. Die stelsel het 59 526 insidente uitgewys wat tot 458 arrestasies gelei het. Die burgemeesterskomiteelid JP Smith sê tegnologie verseker verantwoordbaarheid deur wetstoepassers tydens optredes:

Nuus
Creecy besoek Kaapse houerterminaal vir sagtevrugte uitvoerseisoen

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 0:14


Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die houerterminaal in Kaapstad is 'n noodsaaklike komponent in die uitvoer van produkte na wêreldmarkte. Creecy het tydens 'n toesigbesoek om Transnet se gereedheid vir die sagtevrugte-uitvoerseisoen te beoordeel, beklemtoon dat die hawe 'n sleutelspilpunt vir die Wes-Kaap is wat noodsaaklike ekonomiese groei en werkskepping bevorder. Sy voeg by meer as 4 miljard Suid-Afrikaanse rand is landwyd in die opgradering van hawetoerusting belê:

sy kaapstad transnet suid afrikaanse vervoer besoek kaapse barbara creecy
Nuus
San- en Khoi-groepe moet gedrag aanpas - Kaapse Forum

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 0:17


Die Kaapse Forum sê die land se Khoi- en San-groepe moet begin optree op wyses wat 'n einde kan maak aan die bespotting wat van hulle gemaak word oor ondermeer onderlinge geskille oor posisies en tradisies. Die forum se voorsitter, Heindrich Wyngaard, sê indien die Khoi- en San-groepe ernstig is oor die bewerkstelling van 'n inheemse renaissance, moet 'n paar stappe gedoen word:

Monitor
Monitor 11 September 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Sep 11, 2025 49:03


Inwoners van Coronationville en Westbury eis antwoorde van Johannesburg se burgemeester oor die voortslepende waterkrisis. Die Kraaifontein Gemeenskapspolisiëringsforum sê moord is aan die toeneem in dié Kaapse woonbuurt. Die EFF wil hê drankadvertensies moet verbied word.

Nuus
NamPol, NDF wapens dryf Kaapse bendegeweld aan

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 10, 2025 0:46


Kry die nuus soos dit breek.

kry kaapse
Nuus
NamPol, NDF wapens dryf Kaapse bendegeweld aan

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 10, 2025 0:43


Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime organisasie het ‘n verslag gepubliseer waarin beweer word dat bendegeweld in die Wes-Kaap aangevuur word met wapens van beide die Namibiese polisie en die weermag. Aaron Hayman van die navorsingsgroep het in gesprek met Newzroom Afrika gesê dit op die lappe gekom toe vier Namibiese polisiebeamptes in 2022 plaaslik gearresteer is . Destyds is 187 wapens gekoppel aan die saak. Hayman sê daar is inherente oorsig uitdagings in die plaaslike polisiemag.

hayman kaapse
Nuus
Buitelanders in Openbare Werke se Kaapse kampe word uitgesit

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 1, 2025 0:11


Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die balju's van die hof sal binnekort uitsettingskennisgewings aan honderde buitelandse burgers in Openbare Werke se tentkampe in Wingfield in Maitland oorhandig, en Paint City in Bellville, wat deur die stad besit word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het toestemming verleen vir die verskuiwings wat tydens die Covid-19-inperking ingestel is. Hy het aan Newzroom Afrika gesê dat dit herstel sal word tot terreine vir openbare gebruik:

Nuus
Kaapse Onafhanklikheidsparty sê Kaapstad keer nasionale regeringsbefondsing

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2025 0:20


Die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê die Stad Kaapstad het sy aansoek om as 'n Amicus Curiae toegelaat te word in die saak tussen die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging en Kaapstad verwerp. Joan Swart van die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê hulle wou aanvoer dat artikel 214 van die Grondwet billike verdeling van inkomste tussen regeringsafdelings verplig en dat elke afdeling se diensbehoefte in ag geneem moet word:

keer kaapstad grondwet amicus curiae kaapse
Nuus
Boetevrye Week lewer 10 712 items by Kaapse bib op

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2025 0:16


Kaapstadse biblioteke het bekend gemaak hulle het in die Boetevrye Week gedurende die Julievakansie 10 712 items ter waarde van 1,3-miljoen Suid-Afrikaanse rand teruggekry. Dit sluit boeke, oudioboeke, tydskrifte, DVD's en CD's in. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê diegene wat die items teruggebring het, kan die nuwe kwartaal met 'n nuwe uitneem-hoofstuk begin:

Nuus
Kaapse seekoei vind nuwe tuiste in Plet

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2025 0:19


Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne raak. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die metro het die afgelope tien jaar drie seekoeie suksesvol verskuif as deel van voortgesette pogings om natuurlewe te bestuur:

vind kaapse
Nuus
Oos-Kaapse regering vra Bok-ondersteuners om toe te tree

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 11, 2025 0:20


Die Oos-Kaapse regering vra mense om die Springbokke te ondersteun in môre se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Nelson Mandelabaai se eerste toets in vier jaar sal 'n tuiskoms wees vir afrigter Rassie Erasmus en spelers soos Makazole Mapimpi, wat van Mdatsane kom. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die wedstryd is 'n trotse oomblik vir die provinsie en die Bokke is 'n samebindende krag en simbool van nasionale trots:

Nuus
Oos-Kaapse dodetal styg verder

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 13, 2025 0:19


Die dodetal in die Oos-Kaapse vloede het tot 57 gestyg. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die owerhede verwag dat die syfer verder sal styg. Hy beskryf die situasie in gebiede soos Mthatha as verwoestend en versoek Suid-Afrikaners om nie op gelyk vlaktes te bou nie, aangesien klimaatsverandering rampe sal vererger. Hlabisa vra strenger maatreëls om gemeenskappe te hervestig wat in gevaar verkeer:

verder hy suid afrikaners kaapse
Nuus
Dodetal in Oos-Kaapse oorstromings styg tot nege

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 11, 2025 0:18


Die dodetal na stortreën en gure weer in die Oos-Kaap het tot nege gestyg. Ses liggame is naby die dorpie, Decoligny, gevind en ʼn sewende liggaam by Tsolo. Gisteraand is nog twee liggame in die Mthatha-area gevind. ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering, Khuselwa Rantjie, sê owerhede soek nog na vermiste leerders nadat die skoolbus waarin hulle was, meegesleur is:

ses kaapse woordvoerder
Nuus
Oos-Kaapse premier vra kalmte na dodelike geweld

Nuus

Play Episode Listen Later May 27, 2025 0:20


Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het kalmte gevra na dodelike gewelddadige aanvalle tussen buitelandse burgers en Suid-Afrikaners in Addo. Drie buitelanders is tydens wraakaanvalle in Addo vermoor ná ʼn gewelddadige betoging wat die naweek uitgebreek het na die moord op ʼn jong Suid-Afrikaanse man. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê geweld en wraak het geen plek in gemeenskappe nie en vererger dikwels verdeeldheid:

premier drie addo suid afrikaanse suid afrikaners kaapse oscar mabuyane
Nuus
Kaapse polisie vind R35 000 se kokaïen na hoëspoed-jaagtog

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2025 0:18


Die Kaapstadse Metropolisie het 'n bestuurder met kokaïen ter waarde van ongeveer 35 000 Suid-Afrikaanse rand betrap ná 'n hoëspoed-jaagtog in Brackenfell. Die bestuurder het te voet probeer vlug en ook probeer om beamptes om te koop met byna 7 000 rand kontant. Die polisie het in die afgelope week 310 mense in hegtenis geneem en meer as 25 000 boetes vir verseie oortredings uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die verdagte word aangekla van die besit van dwelms, omkopery en verset teen arrestasie:

Nuus
Moordenaar vrygelaat, pleeg weer misdaad

Nuus

Play Episode Listen Later May 16, 2025 0:17


Action Society het hul woede uitgespreek nadat dit bekend geword het dat veroordeelde moordenaar Xolani du Preez, wat in 2022 die Kaapse grimeringskunstenaar Suritha Alting vermoor het, na bewering onwettig uit aanhouding vrygelaat is en sedertdien weer misdaad gepleeg het. Du Preez, wat 'n vonnis by Pollsmoor-gevangenis tot Oktober moes uitdien, het onlangs 'n rooftog in Table View gepleeg. Juanita du Preez van Action Society sê die regstelsel het die publiek en Alting se familie in die steek gelaat:

Nuus
Niemand vas na skietery by Oos-Kaapse universiteit nie

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 16, 2025 0:20


Die Oos-Kaapse polisie sê niemand is nog in hegtenis geneem ná gisteroggend se skietvoorval op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu-universiteit nie. 'n Student is na bewering deur 'n kampuskoshuisbestuurder geskiet tydens 'n betoging oor kwessies, insluitend die haglike toestand van verblyf. Twee ander studente is in die hospitaal opgeneem. 'n Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê hulle sal die skietvoorval deeglik ondersoek:

RSG Geldsake met Moneyweb
Die Kaapse hawe wil gou 'n private operateur hê

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 7:31


Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, gesels oor die insluiting van die Kaapse hawe in die regering se versoek om inligting om die private sektor se belangstelling in vennootskappe vir hawens en spoorlyne te toets. Volg RSG Geldsake op Twitter

private kaapstad hawe geordin hill lewis kaapse operateur
Nuus
Cyril verwerp Kaapse Onafhanklikheidsbeweging se reis na VSA

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 21, 2025 0:20


President Cyril Ramaphosa verwerp ten sterkste die Kaapse Onafhanklikheidsbeweging se beplande reis na Washington DC om die Wes-Kaap se afstigting van Suid-Afrika te bevorder. Hy het beklemtoon dat die land se grondwetlike demokrasie, wat in 1994 gestig is, eenheid en nie-rassisme handhaaf. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het by 'n mediakonferensie 'n oproep gedoen op alle landsburgers om te fokus op die bou van 'n beter Suid-Afrika deur middel van dialoog en beleide wat maatskaplike samehorigheid en gelykheid bevorder, ten spyte van internasionale uitdagings.

Nuus
Beweging vir Kaapse onafhanklikheid reis na VSA

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 18, 2025 0:20


Die Cape Independence Advocacy Group sê hy is voornemens om ʼn afvaardiging na Amerika te stuur om amptenare en ander mense met politieke bande te ontmoet. Die groep het aan president Cyril Ramaphosa, die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, geskryf en amptelik oor hul planne ingelig. ʼn Woordvoerder van die drukgroep, Joan Swart, sê hulle aktiwiteite sal deur die Grondwet beskerm word en die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika versterk eerder as benadeel:

amerika reis cyril ramaphosa beweging grondwet suid afrika kaapse woordvoerder ronald lamola alan winde wes kaapse
Nuus
GOOD sê Kaapse regering misluk met bendegeweld

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 14, 2025 0:19


Die GOOD-party sê die DA-geleide regering in die Wes-Kaap misluk met die aanspreek van die kultuur van bendes op die Kaapse Vlakte. Sewe mense is dié week binne die bestek van twaalf uur doodgeskiet in afsonderlike voorvalle in Kaapstad, wat vermoedelik met bendes verband hou. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die premier Alan Winde en burgemeester Geordin Hill-Lewis moet hulle volledige planne verduidelik om die Kaapse Vlakte reg te ruk:

regering kaapstad geordin hill lewis kaapse alan winde kaapse vlakte
Nuus
Ocean Conservation sê dit gaan moeilik wees om kormorante-saak op te los

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 7, 2025 0:32


Die tragiese voorval by Canopy in die Dorob Nasionale Park waar 'n groep bedreigde Kaapse kormorante opsetlik doodgery is, is steeds nie opgelos nie. 'n Voertuig het hulle doelbewus geteiken terwyl hulle op die strand geslaap het. Bewaringsowerhede het 'n beloning van 10 000 Namibiese dollar aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat 'n opdatering gee van kustoestande asook die kormorante-saak.

Nuus
Rioolbesoedeling in see maak Stormers-speler siek

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 6, 2025 0:18


Die GOOD-party herhaal sy oproep op die Stad Kaapstad om met bedryfskenners, akademici, mediese dokters en marienebewaringskundiges te skakel oor die toetsprotokolle by die metro se strande. 'n Inwonergedrewe ondersoek het die teenwoordigheid van rioolbesoedeling op sekere Kaapse strande in November en Desember verlede jaar gevind. Suzette Little van GOOD sê Netwerk24 het berig dat die Stormers se senter, Dan du Plessis, het na bewering 'n E. Coli-infeksie opgedoen na hy in Kampsbaai geswem het.

Nuus
Cyril lewer môre staatsrede in Kaapse stadsaal

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 5, 2025 0:19


Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het bevestig president Cyril Ramaphosa lewer môre die staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. 'n Tweedaagse debat volg Dinsdag voor Ramaphosa se repliek. Didiza beklemtoon die belangrikheid van die staatsrede in die ontwikkeling van ʼn nasionale debat en sy rol om die drie onderafdelings van die staat, die uitvoerende, die wetgewende en die regterlike gesag, te verenig.

Nuus
Theart sê kind se dood na slangbyt was onnodig

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 21, 2024 0:36


Die bekende slangkenner en navorser Francois Theart het sy misnoeë uitgespreek oor die dood van ‘n vier-jarige seun op Uis na hy in sy bed deur ‘n Kaapse kobra gepik is. Volgens Theart het hy in 2018 die parlement toegespreek oor die uitdagings maar hy sê dis duidelik dat die gesondheidsministerie geen belang het om die saak aan te spreek deur te verseker dat klinieke voorberei en opgelei is nie.

dood uis kaapse