POPULARITY
Inwoners van Coronationville en Westbury eis antwoorde van Johannesburg se burgemeester oor die voortslepende waterkrisis. Die Kraaifontein Gemeenskapspolisiëringsforum sê moord is aan die toeneem in dié Kaapse woonbuurt. Die EFF wil hê drankadvertensies moet verbied word.
Kry die nuus soos dit breek.
Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime organisasie het ‘n verslag gepubliseer waarin beweer word dat bendegeweld in die Wes-Kaap aangevuur word met wapens van beide die Namibiese polisie en die weermag. Aaron Hayman van die navorsingsgroep het in gesprek met Newzroom Afrika gesê dit op die lappe gekom toe vier Namibiese polisiebeamptes in 2022 plaaslik gearresteer is . Destyds is 187 wapens gekoppel aan die saak. Hayman sê daar is inherente oorsig uitdagings in die plaaslike polisiemag.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die balju's van die hof sal binnekort uitsettingskennisgewings aan honderde buitelandse burgers in Openbare Werke se tentkampe in Wingfield in Maitland oorhandig, en Paint City in Bellville, wat deur die stad besit word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het toestemming verleen vir die verskuiwings wat tydens die Covid-19-inperking ingestel is. Hy het aan Newzroom Afrika gesê dat dit herstel sal word tot terreine vir openbare gebruik:
Die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê die Stad Kaapstad het sy aansoek om as 'n Amicus Curiae toegelaat te word in die saak tussen die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging en Kaapstad verwerp. Joan Swart van die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê hulle wou aanvoer dat artikel 214 van die Grondwet billike verdeling van inkomste tussen regeringsafdelings verplig en dat elke afdeling se diensbehoefte in ag geneem moet word:
Kaapstadse biblioteke het bekend gemaak hulle het in die Boetevrye Week gedurende die Julievakansie 10 712 items ter waarde van 1,3-miljoen Suid-Afrikaanse rand teruggekry. Dit sluit boeke, oudioboeke, tydskrifte, DVD's en CD's in. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê diegene wat die items teruggebring het, kan die nuwe kwartaal met 'n nuwe uitneem-hoofstuk begin:
Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne raak. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die metro het die afgelope tien jaar drie seekoeie suksesvol verskuif as deel van voortgesette pogings om natuurlewe te bestuur:
Die Oos-Kaapse regering vra mense om die Springbokke te ondersteun in môre se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Nelson Mandelabaai se eerste toets in vier jaar sal 'n tuiskoms wees vir afrigter Rassie Erasmus en spelers soos Makazole Mapimpi, wat van Mdatsane kom. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die wedstryd is 'n trotse oomblik vir die provinsie en die Bokke is 'n samebindende krag en simbool van nasionale trots:
Die dodetal in die Oos-Kaapse vloede het tot 57 gestyg. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die owerhede verwag dat die syfer verder sal styg. Hy beskryf die situasie in gebiede soos Mthatha as verwoestend en versoek Suid-Afrikaners om nie op gelyk vlaktes te bou nie, aangesien klimaatsverandering rampe sal vererger. Hlabisa vra strenger maatreëls om gemeenskappe te hervestig wat in gevaar verkeer:
Deel 2 van onze speciale Kaapse Brouwers 11e verjaardagsbatch! Dit deden we met een bijzondere podcast collab. Samen met de Belgische podcast Belachelijk Lekker interviewden we alle(!) 12 brouwers van het festival ♥️ Je kunt nu luisteren naar deel 2, waarin we alle Nederlandssprekende brouwers aan de tand voelden
Die dodetal na stortreën en gure weer in die Oos-Kaap het tot nege gestyg. Ses liggame is naby die dorpie, Decoligny, gevind en ʼn sewende liggaam by Tsolo. Gisteraand is nog twee liggame in die Mthatha-area gevind. ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering, Khuselwa Rantjie, sê owerhede soek nog na vermiste leerders nadat die skoolbus waarin hulle was, meegesleur is:
Een nieuwe batch! En wel een hele speciale. We mochten 17 mei de 11e verjaardag van onze vrienden van Kaapse Brouwers samen vieren
Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het kalmte gevra na dodelike gewelddadige aanvalle tussen buitelandse burgers en Suid-Afrikaners in Addo. Drie buitelanders is tydens wraakaanvalle in Addo vermoor ná ʼn gewelddadige betoging wat die naweek uitgebreek het na die moord op ʼn jong Suid-Afrikaanse man. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê geweld en wraak het geen plek in gemeenskappe nie en vererger dikwels verdeeldheid:
Die Kaapstadse Metropolisie het 'n bestuurder met kokaïen ter waarde van ongeveer 35 000 Suid-Afrikaanse rand betrap ná 'n hoëspoed-jaagtog in Brackenfell. Die bestuurder het te voet probeer vlug en ook probeer om beamptes om te koop met byna 7 000 rand kontant. Die polisie het in die afgelope week 310 mense in hegtenis geneem en meer as 25 000 boetes vir verseie oortredings uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die verdagte word aangekla van die besit van dwelms, omkopery en verset teen arrestasie:
Action Society het hul woede uitgespreek nadat dit bekend geword het dat veroordeelde moordenaar Xolani du Preez, wat in 2022 die Kaapse grimeringskunstenaar Suritha Alting vermoor het, na bewering onwettig uit aanhouding vrygelaat is en sedertdien weer misdaad gepleeg het. Du Preez, wat 'n vonnis by Pollsmoor-gevangenis tot Oktober moes uitdien, het onlangs 'n rooftog in Table View gepleeg. Juanita du Preez van Action Society sê die regstelsel het die publiek en Alting se familie in die steek gelaat:
Die Oos-Kaapse polisie sê niemand is nog in hegtenis geneem ná gisteroggend se skietvoorval op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu-universiteit nie. 'n Student is na bewering deur 'n kampuskoshuisbestuurder geskiet tydens 'n betoging oor kwessies, insluitend die haglike toestand van verblyf. Twee ander studente is in die hospitaal opgeneem. 'n Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê hulle sal die skietvoorval deeglik ondersoek:
Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, gesels oor die insluiting van die Kaapse hawe in die regering se versoek om inligting om die private sektor se belangstelling in vennootskappe vir hawens en spoorlyne te toets. Volg RSG Geldsake op Twitter
President Cyril Ramaphosa verwerp ten sterkste die Kaapse Onafhanklikheidsbeweging se beplande reis na Washington DC om die Wes-Kaap se afstigting van Suid-Afrika te bevorder. Hy het beklemtoon dat die land se grondwetlike demokrasie, wat in 1994 gestig is, eenheid en nie-rassisme handhaaf. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het by 'n mediakonferensie 'n oproep gedoen op alle landsburgers om te fokus op die bou van 'n beter Suid-Afrika deur middel van dialoog en beleide wat maatskaplike samehorigheid en gelykheid bevorder, ten spyte van internasionale uitdagings.
Die Cape Independence Advocacy Group sê hy is voornemens om ʼn afvaardiging na Amerika te stuur om amptenare en ander mense met politieke bande te ontmoet. Die groep het aan president Cyril Ramaphosa, die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, geskryf en amptelik oor hul planne ingelig. ʼn Woordvoerder van die drukgroep, Joan Swart, sê hulle aktiwiteite sal deur die Grondwet beskerm word en die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika versterk eerder as benadeel:
Die GOOD-party sê die DA-geleide regering in die Wes-Kaap misluk met die aanspreek van die kultuur van bendes op die Kaapse Vlakte. Sewe mense is dié week binne die bestek van twaalf uur doodgeskiet in afsonderlike voorvalle in Kaapstad, wat vermoedelik met bendes verband hou. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die premier Alan Winde en burgemeester Geordin Hill-Lewis moet hulle volledige planne verduidelik om die Kaapse Vlakte reg te ruk:
Die tragiese voorval by Canopy in die Dorob Nasionale Park waar 'n groep bedreigde Kaapse kormorante opsetlik doodgery is, is steeds nie opgelos nie. 'n Voertuig het hulle doelbewus geteiken terwyl hulle op die strand geslaap het. Bewaringsowerhede het 'n beloning van 10 000 Namibiese dollar aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat 'n opdatering gee van kustoestande asook die kormorante-saak.
Die GOOD-party herhaal sy oproep op die Stad Kaapstad om met bedryfskenners, akademici, mediese dokters en marienebewaringskundiges te skakel oor die toetsprotokolle by die metro se strande. 'n Inwonergedrewe ondersoek het die teenwoordigheid van rioolbesoedeling op sekere Kaapse strande in November en Desember verlede jaar gevind. Suzette Little van GOOD sê Netwerk24 het berig dat die Stormers se senter, Dan du Plessis, het na bewering 'n E. Coli-infeksie opgedoen na hy in Kampsbaai geswem het.
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het bevestig president Cyril Ramaphosa lewer môre die staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. 'n Tweedaagse debat volg Dinsdag voor Ramaphosa se repliek. Didiza beklemtoon die belangrikheid van die staatsrede in die ontwikkeling van ʼn nasionale debat en sy rol om die drie onderafdelings van die staat, die uitvoerende, die wetgewende en die regterlike gesag, te verenig.
Thousands of people descended on Cape Town’s CBD yesterday to witness the Tweede Nuwe Jaar minstrel carnival. Graeme Raubenheimer in for Sara-Jayne Makwala King speaks to Director of the Kaapse Klopse Karnival Association Muneeb Gambeno and Owner of the Juvie Boys Yusuf Gester.See omnystudio.com/listener for privacy information.
Die bekende slangkenner en navorser Francois Theart het sy misnoeë uitgespreek oor die dood van ‘n vier-jarige seun op Uis na hy in sy bed deur ‘n Kaapse kobra gepik is. Volgens Theart het hy in 2018 die parlement toegespreek oor die uitdagings maar hy sê dis duidelik dat die gesondheidsministerie geen belang het om die saak aan te spreek deur te verseker dat klinieke voorberei en opgelei is nie.
Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz) gesels oor die invloed van die sukkelende Kaapstadse-hawe op appel- en peerprodusente in die Wes-Kaap. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die vakverbond Saftu sê die Wes-Kaapse onderwys-departement se besluit om 2 400 onderwysposte te skrap sal die onderwyskrisis in die provinsie laat verdiep. Die federasie meen die besnoeiings sal lei tot ernstige onderwysertekorte, oorvol klaskamers, en 'n afname in die gehalte van onderwys, wat 'n negatiewe uitwerking sal hê op leerders en gemeenskappe. Newton Masuku van Saftu waarsku ook teen die ekonomiese nagevolge, omdat die onderwysers wat geraak word aansluit by miljoene mense wat reeds onder die broodlyn leef.
Die Stad Kaapstad sê Transnet moet privaat sektor betrokkenheid by hawebedrywighede bespoedig, asook die ontwikkeling en onderhoud van 'n vloeibare grootmaat-opgaarterminaal by die Tafelbaaise hawe. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die hawe se prestasie raak 'n verskeidenheid van kritiese produkte - van landbougoedere tot hoë-waarde uitvoere soos wyn en seekos:
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê 121 skole het dringend aandag nodig na die erge storms wat die provinsie getref het. Byna 300 skole het skade aangemeld te midde van voortgesette reën en sterk wind. Bronagh Hammond van die departement sê die infrastruktuurspan werk deurlopend om te besluit watter herstelwerk moet voorkeur kry en seker te maak skole kan so gou moontlik weer normaal werk:
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het talle reëlings getref vir leerders wie se skole deur die gure weer beskadig is. Die departement het leerders, personeel en onderwysers vir die derde termyn verwelkom in deurnat toestande en koue weer. Die woordvoerder van die departement, Bronagh Hammond, sê vyf skole is steeds gesluit weens oorstromings en skade aan die geboue. Die departement koördineer met die weerdiens en rampbestuur:
Die Stad Kaapstad sê daar is vyf bevestigde gevalle van hondsdolheid onder die Kaapse pelsrob-bevolking. Die stad het 'n spesiale inter-regeringskomitee gestig om die omvang van die siekte by die robbe te bepaal en 'n bestuurstrategie in te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, oor of daar enige hondsdolheid onder plaaslike robbe is. Hy sê daar is nog nie enige vreemde gedrag onder die robbe gesien nie.
Action Society doen 'n beroep op die regering om dringend in te gryp en die stygende bendegeweld in brandpunte soos Manenberg en Khayelitsha in die Wes-Kaap aan te pak. Dit volg ná 'n berig oor 333 kinders wat binne slegs 6 maande behandel is vir vuurwapenverwante beserings en 58 wat in skietvoorvalle dood is. Kaylynn Palm van die organisasie vra vir beslissende optrede om bendegeweld uit te roei en die veiligheid van kinders in gebiede wat geraak is, te verseker:
Gekoördineerde pogings deur honde- en Landelike Veiligheidseenhede in die Swartland, Overstrand en Mosselbaai het in een week gelei tot 21 arrestasies. Operasies deur die eenhede, saam met munisipale wetstoepassers en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het gelei tot inhegtenisnemings vir verskeie misdade, waaronder die besit van dwelms, dwelmhandel, en opruiende gedrag. Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig Reagen Allen het die eenhede geprys vir hulle rol in die verbetering van gemeenskapsveiligheid:
Suid-Afrika se uitstalling by die Chelsea-blommeskou in Londen het goud gewen. Die inskrywing is deur die windverwaaide hange van die Kaapse berge geïnspireer. Ontwerper Leon Kluge en kunstenaar Tristan Woudberg het ʼn groep vrywilligers gelei om vanjaar se veelbekroonde uitstalling saam te stel wat groot kleibeelde ingesluit het as agtergrond vir fynbos-snyblomme. Dit is Suid-Afrika se 38ste goue medalje by die Chelsea-blommeskou sedert 1976. Kluge sê hulle het 22 000 stele vir die uitstalling gebruik:
Deon Cloete, besturende direkteur van die Kaapse Wynland-lughawe gesels oor die nuwe Kaapse lughawe. Volg RSG Geldsake op Twitter
Volgens Ocean Conservation Namibia het hulle tot dusver vanjaar meer as 60 Kaapse pelsrobbe wat in plastiek verstrengel is, gered. In Maart het hulle 22 reddings, een waarneming en een ontsnapping gehad, met 'n verhouding van 1,5 reddings per patrollie by Pelicanpunt en 4,5 reddings per patrollie by Kaap Kruis. Die groep is steeds bekommerd oor die gebruik van plastieksak en die skade wat dit aan die seediere aanrig. Twee derdes van die verstrengelings wat in Maart van die robbe versamel is, was spook visvangtoerusting. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, gesels.
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die president se opkomende staatsrede, Kaapse vissers wat deur die regering in die steek gelaat word, en Suid-Afrikaanse dokters wat sukkel om werk te kry.
Action Society vra polisiebestuur in die Wes-Kaap om aandag te gee aan die kommerwekkende kwessies waarmee blitspatrollies te kampe het. Die organisasie sê lede moet hulle eie selfone gebruik weens stukkende tweerigting-radios, wat spesialis-eenhede blootstel in bendegeteisterde gebiede. Hulle eis onmiddellike opgradering van die verouderde radiostelsel. Ian Cameron van Action Society kritiseer bestuur vir sy versuim om aandag te gee aan die kwessies ondanks vroeëre waarskuwings. Hy beweer die minister van Polisie, Bheki Cele, se gebrek aan optrede bedreig polisielede se lewens:
Die Stad Kaapstad sê meer as 120 000 kinders het sedert sy Identikidz-program in middel-Desember op deelnemende strande begin het, ʼn identifikasie-armband ontvang. Die afgelope naweek het meer as 16 000 kinders armbande ontvang en die besigste strande was Mnandi, die Strand en Strandfontein. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê 12 kinders is vermis maar later met hulle ouers herenig:
Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, is optimisties dat die matriekslaagsyfer vir 2023 hoër as 80 persent sal wees. Bykans 100 000 leerders het die Nasionale Senior Sertifikaateksamen in die provinsie afgelê. Die basiese onderwys-minister, Angie Motshekga, sal die nasionale uitslae Donderdag vrystel. Mabuyane prys die samewerkende pogings van leerders, onderwysers en bestuur vir die verwagte positiewe uitkoms. Hy het aan die SABC die samewerkende verbintenis uitgelig om ʼn lofwaardige slaagsyfer in die provinsie te behaal.
Die Suid-Afrikaanse Parlement sê bouwerk aan geboue wat in 2022 deur die brand geraak is, sal vanjaar in die eerste kwartaal begin en behoort teen die einde van volgende jaar voltooi te wees. Dit was Dinsdag twee jaar sedert ʼn brand die gebou van die Nasionale Vergadering verwoes het. Dit sluit die saal en honderde kantore in. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê elke Suid-Afrikaner sal geleentheid kry om hul mening te gee en by te dra tot die besluitnemingsproses wat die ontwerp en funksionaliteit van hulle Parlement betref:
Kaapse owerhede waarsku teen braaivleis-vure. Die privaatsektor en die regering sit koppe bymekaar oor ekonomiese groei, en 'n blinde Paralimpiese swemmer maak geskiedenis met 'n doktersgraad in Handelsreg.
Die Stad Kaapstad sê die jongste kuswatermonsters bevestig weer eens die uitstekende watergehalte by sy gewildste strande dié feestyd. Al agt Kaapstad se Blouvlag-strande toon 100 persent voldoening aan die Blouvlag-watergehalte, volgens die onafhanklike ontleding van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en Omgewing, Eddie Andrews, sê al drie toekomstige Blouvlag-strande voldoen nou ook 100 persent aan standaarde:
Die Referendum Party in Suid-Afrika sê hulle verwerp Julius Malema se verklaring dat sy EFF-party die mag van die staat sal gebruik om Wes-Kaapse onafhanklikheid te stuit. 'n Peiling wat Victory Research namens die Cape Independence Advocacy Group gedoen het, het aan die lig gebring dat 68 persent van die mense wat in die provinsie woon die idee van 'n referendum oor Kaapse onafhanklikheid steun. Die leier van die Referendum Party, Phil Craig, sê Kaapse onafhanklikheid word vreedsaam en demokraties nagestreef binne die grense van die Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel:
Anton Kruger, voorsitter van Fruit SA en uitvoerende hoof van die Fresh Produce Exporters' Forum gesels oor die logistieke probleme by die Kaapse hawe en moontlike oplossings. Volg RSG Geldsake op Twitter
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, Arno en Charné hoe Alan Winde 'n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldvlakke, asook die ATKV se interessante debatsonderwerpe.
Die Stad Kaapstad het bevestig 378 mense is dakloos gelaat nadat 'n brand 75 strukture in die Pholapark-informele nedersetting in Philippi vernietig het. Die woordvoerder van ramprisiko-bestuur in die stad, Charlotte Powell, sê Gift of the Givers, Muslim Hands, Sassa en Beautiful Gate verskaf humanitêre hulp.
Stad Kaapstad sê al sy strande wat weens riool-oorstromings gesluit moes word, is weer aan die publiek oopgestel. Verskeie van die stad se gewildste strande, insluitend die Vishoek, Strand en Small Bay, strande moes tydelik gesluit word na pompstasies probleme ervaar het weens beurtkrag. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Suid-Afrikaanse regering belowe meer herstelwerk sal vanjaar aan die parlement in Kaapstad gedoen word. Die vakbond, Nehawu beskuldig die voorsittende beamptes daarvan dat hulle voete sleep met die herstelwerk, ʼn jaar nadat ʼn brand gedeeltes van die kompleks vernietig het. Die regering verwerp bewerings dat niks sedertdien gedoen is nie. Die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula sê twee assesserings-verslae is sedert die brand afgehandel.
To mark June 16, we unearth Afrikaans' Black roots and focus on contemporary Black Afrikaans. Also, a new book on how Nelson Mandela led Umkhonto weSizwe to war against Africa's strongest army. Chapters: 02:34: Hein Willemse 29:24: Emile YX 41:05: Paul Landau