Podcasts about vsa

  • 204PODCASTS
  • 990EPISODES
  • 23mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Oct 31, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about vsa

Show all podcasts related to vsa

Latest podcast episodes about vsa

Nuus
Trump beveel Pentagon om kernwapens te toets, na Russiese toets

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 0:17


Die Amerikaanse president Donald Trump het die weermag gelas om onmiddellik toetse van Amerikaanse kernwapens te hervat ná 'n 33-jaar gaping. Die bevel is minute voor die aanvang van 'n vergadering met die Chinese president Xi Jinping uitgereik. Trump het gesê hy het die Pentagon opdrag gegee om die Amerikaanse kernarsenaal op 'n gelyke basis met ander kernmoondhede te toets. 'n Senior Russiese parlementslid sê Trump se besluit sal 'n nuwe era van onvoorspelbaarheid en konflik inlui. China se ministerie van Buitelandse Sake het die VSA versoek om te hou by 'n moratorium op kerntoetse. Trump het voor die bevel met joernaliste op Air Force One gepraat:

Spektrum
Spektrum 31 Oktober 2025

Spektrum

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 48:03


Die Europse Unie hou die Nederlandse verkiesingsuitslag fyn dop te midde van die opkoms van verregse partye. President Donald Trump gee opdrag dat die VSA kernwapentoetse hervat. Lui dit 'n nuwe, gevaarlike tydvak in? Vrystaat Landbou is bekommerd oor die stand van infrastruktuur in die provinsie.

Nuus
Lande sal nie toetree om vrede in Gaza af te dwing nie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:34


Indien lande gevra word om vrede in Gaza af te dwing as hulle ingevolge die Trump-skietstilstandplan ontplooi word sal hulle weier, het koning Abdullah van Jordanië aan die BBC gesê. Dit weerspieël kommer van die VSA en ander nasies dat hulle in 'n voortgesette konflik tussen Hamas en Israel, of Hamas en ander Palestynse groepe, ingetrek kan word. Op 'n vraag of Jordanië gewillig sou wees om soldate na Gaza te stuur, het Abdullah so geantwoord.

Nuus
Dinge lyk nie goed vir November se brandstofprys nie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:39


Dis byna die einde van die maand en die komitee wat oor die brandstofpryse besluit, gaan Donderdag vergader om November se pryse te bepaal. Die aankondiging kan moontlik Vrydag verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat sê die VSA se sanksies teen twee Russiese oliemaatskappye gaan nie die olieprys veel beïnvloed nie. Hy het meer:

Nuus
Newsom het sy visier op die Withuis

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 27, 2025 0:18


Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het sy oog op die Withuis in 2028. Hy gee president Donald Trump baie gas aanlyn en het ‘n liefling van Demokrate in die VSA geword. Hy het met CBS Sunday Morning gepraat en sê hy wil eers verseker dat Demokrate beheer van die Huis kry in volgende jaar se verkiesings.

Die ekonomie minuut
Die impak van Trump tariewe op die VSA

Die ekonomie minuut

Play Episode Listen Later Oct 21, 2025 1:45


Dit is ses maande na die aankondiging van President Trump se wederkerige tariewe op “Liberation Day” en die impak op die ekonomie van die VSA is nie naastenby so groot as watekonome verwag het nie.

RIO radijska igra za otroke
H. Ch. Andersen: Cvetlice male Ide

RIO radijska igra za otroke

Play Episode Listen Later Oct 12, 2025 23:35


"Moja domovina, Danska, je poetična dežela, polna ljudskih pripovedk, starih pesmi in bogate zgodovine … Veljal sem za nenavadno bistrega otroka, ki da zaradi tega ne bo mogel dolgo živeti; mojo zgovornost so mi plačevali s pripovedovanjem pravljic. Vsa moja bližnja okolica je služila samo temu, da mi je polnila fantazijo." Tako v svoji avtobiografiji razmišlja eden največjih svetovnih pravljičarjev Hans Christian Andersen. Pisal je romantično ljubezensko, domoljubno in otroško poezijo, drame in romane. Napisal je nekaj realističnih pripovedk, po motivih iz danskih, nemških in grških pravljic, legend, ljudskih sag, zgodovine in književnosti. V njih pridejo do izraza njegova bogata domišljija, izbrušen slog, izreden dar za opazovanje in neizčrpna vera v zmago dobrega. Ob okrogli obletnici, aprila 2025 smo namreč praznovali 220. obletnico njegovega rojstva, nedeljska oktobrska jutra zaznamuje Cikel radijskih iger za otroke Hansa Christiana Andersena. Kot druge iz tega slušnega kroga so njegove Cvetlice male Ide. Ida ima cvetlice samo v vazi, njihove dehteče glavice pa ji v zimskem času največ pomenijo in povedo. Prevajalec: Rudolf Kresal Režiser: Jože Vozny Tonska mojstrica: Metka Rojc Glasbeni opremljevalec: Borut Trekman Pripovedovalec – Rudi Kosmač Produkcija Uredništva igranega programa. Posneto v studiih Radiotelevizije Ljubljana decembra 1969.

Podlitiek
Ep. 280 - Malema se sanksies, singery en skietery.

Podlitiek

Play Episode Listen Later Oct 8, 2025 24:23


In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor drie kwessies wat met die EFF se CIC (Convicted in court) Julius Malema te doen het:1. Die sing van Kill the Boer op die Puk-kampus. Podlitiek verduidelik waarom dit 'n groter probleem is as Kill the Boer gesing word in die leerruimte van Afrikaanse studente as net in 'n stadion by 'n EFF saamtrek.2. Malema wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte wat verband hou met die onverantwoordelike hantering van 'n vuurwapen.3. Malema se dossier wat oorhandig is aan verskeie hooggeplaastes in die VSA.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffErnst van ZylArno Roodt

RSG Geldsake met Moneyweb
Agoa kom tot ‘n einde, al is daar ‘n aanduiding dat dit verleng kon word

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 7:59


Lambert Botha, handelsregspraktisyn en direkteur by Hilton Lambert, gesels oor die onsekerheid wat die beëindiging van AGOA vir Suid-Afrika en ander Afrikalande se handel met die VSA kan inhou. Volg RSG Geldsake op Twitter

Monitor
Monitor 1 Oktober 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 49:39


Die jongste oor die dood van SA se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa. 'n Amerikaanse regeringsluiting tree in werking - 'n ekonoom verduidelik wat dit behels. Ons praat met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oor sy sakebesoek aan die VSA.

Botrstvo
Tjašina zgodba: Nenehno me je bilo strah, da mami ne bom znala pomagati in jo bom videla umreti

Botrstvo

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 10:46


Že vrsto let študentka Tjaša živi le z mamo, s svojim očetom nima stika, drugih bližnjih sorodnikov nimata, a je z mamino skrbnostjo in iznajdljivostjo ter s Tjašinim honorarnim delom življenje teklo po ustaljenih tirnicah. Do usodne diagnoze, ki mami iz tedna v teden bolj jemlje sposobnost gibanja, hranjenja, tudi dihanja.Tjaša je morala poleg skrbi za redni študij in zaslužek v celoti prevzeti skrb še za mamo: »Večkrat se je dušila in sem se bala, da bom jaz ta, ki jo bom videla umreti, ker nimam medicinskega znanja, kako pomagati človeku s tako hudo boleznijo.« Kljub vse zahtevnejši skrbi za hranjenje, nego, številne preglede in iskanje vsaj začasne pomoči je Tjaši uspelo opraviti vse izpite na fakulteti. Moči za sicer zelo želeno nadaljevanje študija ji zdaj jemljejo skrbi. Mamino življenje se nezadržno izteka, ostala bo sama, brez bližnjih sorodnikov, brez finančne varnosti, brez najbližje in edine osebe, ki ji pomeni dom. KAKO LAHKO POMAGATE TJAŠI: Pošljite SMS z besedo BOTER5 ali BOTER10 na številko 1919 ali donirajte v poljubnem znesku na spodaj navedeni sklic in pripis za Tjašo. Vsa sredstva bodo brez slehernih odbitkov porabljena za Tjašino izobrazbo in lažje življenje. Podatki za nakazilo: ZVEZA ANITA OGULIN IN ZPMPROLETARSKA CESTA 1, 1000 LJUBLJANAIBAN: SI56 0201 2002 0297 991KODA: CHARNAMEN:TJAŠINA ZGODBASKLIC: SI 736 Kontaktni podatki:info@boter.si ali 070698642ali novinarka Vala 202 Jana Vidic: jana.vidic@rtvslo.si

RSG Geldsake met Moneyweb
SA sluit ‘n handelsooreenkoms met die VSA

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 7:44


Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor vandag se markbewegings, Suid-Afrika se handelsooreenkoms met die VSA en die kans dat die land van die gryslys verwyder kan word. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Hawe, infrastruktuur aanloklik vir VSA-beleggers

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 28, 2025 0:25


Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.

Nuus
Trump sê sanksies teen Turkye sal opgehef word

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 0:36


President Donald Trump het laat blyk dat die VSA sanksies teen Turkye kan ophef en dit toelaat om Amerikaanse F-35 vegvliegtuie te koop, terwyl hy Donderdag samesprekings met die Turkse president Tayyip Erdogan begin het. Hy het gesê as hulle 'n goeie vergadering gehad het, sanksies byna onmiddellik opgehef kan word. Hy het egter tydens 'n perskonferensie in die Oval Office gesê hy wil hê dat Ankara moet ophou om Russiese olie te koop terwyl Rusland die oorlog in Oekraïne voortsit.

RSG Geldsake met Moneyweb
Probeer ons nog baklei teen die VSA tariewe?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 8:57


Neil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (SACCUSA), bespreek die jongste verwikkelinge in handel tussen Suid-Afrika en die VSA, te midde van die nuwe tariewe en die moontlikheid dat Agoa binnekort tot 'n einde kan kom. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Twee ore, een mond, so luister twee keer meer as praat

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 0:30


Die akteur en voormalige goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, het met CNN gepraat oor politieke verdeeldheid in die VSA. Dit kom na die debakel met TV-aanbieder Jimmy Kimmel en president Donald Trump wat sê hy haat sy vyande. Schwarzenegger sê God het ons twee ore gegee en een mond – so ons moet dubbel soveel luister as wat ons praat.

RSG Geldsake met Moneyweb
Beurs en rand onder druk ná vakansiedag

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 6:28


Johan Gouws, hoof van adviesdienste by PPS, gesels oor die markte in die VSA en die rentekoers in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Trump sê parasetamol veroorsaak outisme

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 0:20


Dokters in die VSA sal binnekort aangeraai word om nie die pynverligter Tylenol aan swanger vroue voor te skryf nie. Dit is volgens Amerikaanse president Donald Trump. Hy het die aankondiging Maandag saam met die minister van gesondheid, Robert F. Kennedy Jr., gemaak. Trump beweer dat die gebruik van parasetamol, die hoofbestanddeel in Tylenol, ook in die VSA bekend as asetaminofeen, nie goed is nie en verband hou met die voorkoms van outisme.

Nuus
Trump sê parasetamol veroorsaak outisme

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 0:30


Dokters in die VSA sal binnekort aangeraai word om nie die pynverligter Tylenol aan swanger vroue voor te skryf nie. Dit is volgens Amerikaanse president Donald Trump. Hy het die aankondiging Maandag saam met die minister van gesondheid, Robert F. Kennedy Jr., gemaak. Trump beweer dat die gebruik van parasetamol, die hoofbestanddeel in Tylenol, ook in die VSA bekend as asetaminofeen, nie goed is nie en verband hou met die voorkoms van outisme.

Nuus
Trump sê TikTok-kwessie opgelos, Beijing bly vaag

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 20, 2025 0:33


Amerika se president Donald Trump het Vrydag gesê hy het ‘n ooreenkoms met sy Chinese eweknie Xi Jinping bereik oor die verkoop van TikTok-bedrywighede in die VSA aan plaaslike beleggers. China wou egter nie Trump se aankondiging bevestig nie en het bloot gesê Xi verwelkom TikTok-onderhandelinge. Trump het later die dag met die media gepraat:

Nuus
Solidariteit gaan red sake in Amerika

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:18


Die Solidariteit Beweging het 'n uitgebreide gemeenskapsbesoek aan die VSA van stapel gestuur. Die voorsitter, Flip Buys, sê die regering en die ANC het bande met Washington beskadig en kan nie vertrou word om alleen die verhoudings te herstel nie. Die afvaardiging sal federale en staatsrolspelers ontmoet om voorspraak vir die ekonomie en werkers te doen. Hy voer aan swak diplomasie benadeel gewone Suid-Afrikaners en die burgerlike samelewing moet help om die vertroue te herbou:

Nuus
Tien nuwe ambassadeurs vir Namibië aangewys

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:37


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Donderdag tien ambassadeurs vir 'n vierjaartermyn aangestel en globale onstabiliteit as 'n sleuteluitdaging genoem. Tonata Emvula gaan na China, Monica Nashandi na Rusland, en Wilbard Shihepo na die VSA. Ander poste sluit in Sophia Nangula na Swede, Benjamin Kandanga na Finland, Jerobeam Shaanika na Duitsland, Sabine Moller na Frankryk, Lebbius Tobias na Kuba, en Elvis Shiweda na Switserland. Sipapela Cletius Sipapela bly in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Nuus
TikTok tik voort in Amerika - vir nou

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2025 0:19


Die Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika en China het 'n ooreenkoms oor TikTok bereik, met Washington wat sê beheer oor Tik-Tok moet na VSA-beheerde eienaarskap skuif. Die ooreenkoms is oor twee dae in Madrid bereik tussen Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, en die adjunk-eerste minister van China, He Lifeng. TikTok het nagenoeg twee-miljard gebruikers wêreldwyd en behoort aan die Chinese maatskappy ByteDance. 'n Amerikaanse federale wet wat die koop of verbanning van TikTok op grond van nasionale sekerheid vereis, sou die dag voor Trump se inhuldiging in werking tree, maar Trump het dit tydelik gestop.

Nuus
Rand bult spiere teen Amerikaanse dollar

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2025 0:40


Die rand het dié week nuwe hoogtepunte teenoor die Amerikaanse dollar bereik, danksy toenemende verwagtinge van rentekoersverlaging in die VSA. Dit het beleggers laat stroom na ontluikende mark-effekte, wat die plaaslike geldeenheid verder versterk het. Die rand, en daarmee saam die Namibiese dollar, verhandel tans teen 17,38 teenoor die Amerikaanse dollar, wat die sterkste vlak in geruime tyd is. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Roodt gesels, wat voorspel dat die rand vir die afsienbare toekoms op hierdie koers sal bly.

Nuus
Katar se eerste minister sê oor Doha-aanval

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 10, 2025 0:35


Israel se aanval op Hamas-leiers in Doha, die hoofstad van Katar, maak steeds opslae. Die eerste minister van Katar, Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, het in 'n televisietoespraak gesê die VSA het hulle gewaarsku oor die aanval tien minute nadat dit begin het. Dit is ondanks die Withuis wat gesê het dat hulle Katar voor die tyd kennis gegee het van die komende aanval.

Nuus
Hamas reageer op Trump se 'laaste waarskuwing'

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:40


Hamas sê dit het 'n paar idees van die VSA ontvang deur middel van bemiddelaars oor hoe om 'n Gaza-wapenstilstandooreenkoms te bereik. Die groep sê hulle bespreek die idees, maar is gereed om die 48 oorblywende gyselaars in Gaza vry te stel in ruil vir 'n duidelike verklaring wat die oorlog sal beëindig. Dit kom na die Amerikaanse president Donald Trump Hamas wat hy noem 'n laaste waarskuwing gegee het om tot 'n ooreenkoms in te stem. Volgens Trump het Israel sy voorwaardes aanvaar, sonder om besonderhede te gee. Rami Khouri, 'n vooraanstaande genoot aan die Amerikaanse Universiteit van Beiroet, sê daar is paniek in Washington.

Nuus
Dr. Ndume se streeks-oogkampe vorder steeds

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:32


Namibië se stryd teen voorkombare sig verlies het sopas 'n groot hupstoot gekry. Dr. Helena Ndume het haar 2025 Oogkamp afgesluit, met 'n suksesvolle sessie by die Onandjokwe-hospitaal in die Oshikoto-streek. Die internasionaal bekroonde oogarts het gratis sigherstellende operasies uitgevoer. Met die ondersteuning van vennote in die VSA, Oostenryk en Duitsland, het dr. Ndume die impak van vanjaar se uitreik in 'n TikTok-opdatering gedeel.

RSG Geldsake met Moneyweb
JSE ry wipplank te midde van internasionale onsekerheid

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 9:01


Dr. Steve Minnaar, portefeuljebestuurder by Abax Investments, gesels oor die plaaslike beurs en die SA Poskantoor wat pakkiedienste na die VSA beëindig. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Stryd teen prysmonster vorder, sê Reserwebank

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 26, 2025 0:18


Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê sentrale banke vorder met die verlaging van wêreldwye inflasie. Kganyago het na sy terugkeer van die Jackson Hole Ekonomiese Simposium in die VSA, aan SABC News gesê gevare bestaan egter steeds, insluitend handelstariewe wat pryse kan verhoog. Hy is bekommerd oor die hoë lewenskoste wêreldwyd en voeg by die uitdaging is om 'n afname in die inflasiekoers te behou terwyl nuwe ekonomiese druk gemonitor word:

RSG Geldsake met Moneyweb
Mozal oorweeg dit om 'n smelter te sluit

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Aug 14, 2025 6:36


Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, bespreek die markte se reaksie op genl. Rudzani Maphwanya se kommentaar oor Suid-Afrika se buitelandse beleids­standpunt rakende Iran en die VSA, asook Mozal Aluminium wat 'n smelter wil sluit. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Standard Bank verdien R24 miljard in ses maande

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Aug 14, 2025 12:27


Standard Bank het vandag winssyfers vir die eerste helfte van die jaar bekend gemaak. Die wesensverdiens het met 8% gestyg en die direksie het die tussentydse dividend met 10% verhoog. Die groep se uitvoerende hoof, Sim Tshabalala, bespreek die resultate en deel sy mening oor die VSA se nuwe tariewe. Volg RSG Geldsake op Twitter

Podlitiek
Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke

Podlitiek

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 28:58


In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken. Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan weer 'n kakkerlak te noem, aangesien dit op haatspraak sou neerkom. Terwyl dit vir Malema steeds baie belangrik is dat die hof bepaalde ander uitlatings nié as haatspraak beskou nie.Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt

Nuus
Ontleder werp lig op Trump se planne met Putin

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 0:39


Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het laat gisteraand gesê ná 'n vroeëre telefoongesprek met Amerikaanse president Donald Trump dat die druk op Rusland werk, en dit is uiters belangrik dat "hulle ons nie mislei nie". Zelensky het bygevoeg dat dit "lyk asof" Rusland neig na 'n wapenstilstand. SkyNews se VSA-korrespondent in Washington, David Blevins, lewer kommentaar.

RSG Geldsake met Moneyweb
SA besighede baie ontevrede oor die nuwe tariewe

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 9:13


Neil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (SACCUSA), bespreek die VSA se nuwe tariewe. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Die JSE beur weér deur 100 000

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Aug 6, 2025 8:33


Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die JSE se indeks van alle aandele wat weer tot meer as 100 000 punte gestyg het, die Reserwebank se inflasieteiken, en Sibanye-Stillwater se voorstel wat aan die VSA toegang bied tot Afrika se kritieke minerale. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
VSA-tariewe kan SA-groei negatief raak

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 5, 2025 0:19


Die regering sê die nuwe 30-persent tariewe wat deur die VSA ingestel is kan Suid-Afrika se groei met 0,2-persent verminder. In 'n gesamentlike media-inligtingsessie van die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en van Handel, Nywerheid en Mededinging het hulle kommer uitgespreek oor die ekonomiese impak op belangrike uitvoersektore soos motorvoertuie, sitrus, en wyn. Minister Parks Tau sê die verhoogde onsekerheid het 'n negatiewe uitwerking op beleggersvertroue en handelstabiliteit:

Nuus
Hervorm SA ekonomie nou, vra DA

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 5, 2025 0:20


Die DA sê die ANC se mislukking om 'n sterk handelsooreenkoms met die VSA te sluit het Suid-Afrikaanse uitvoerders blootgestel aan skadelike nuwe tariewe. Die party blameer die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola dat hulle nie vroeër opgetree het nie, met besighede wat nou 30-persent tariewe in die gesig staar terwyl buurlande slegs 15-persent betaal. Ryan Smith van die DA doen 'n beroep op dringende hervormings om burokrasie te verminder:

Nuus
Harris sê die ingee en toegee aan Trump is kommerwekkend

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 4, 2025 0:41


Kamala Harris het ‘n onderhoud, die eerste sedert haar nederlaag as presidentskandidaat teen Donald Trump, met CBS gevoer. Verskeie kwessies het onder die loep gekom sowel as wat sy as die verbrokkelende demokrasie in die VSA beskryf. Sy sê daar is baie van Trump verwag maar wat sy nie gesien kom het nie, is dat almal eenvoudig sal toegee, ingee en maak soos hy beveel.

Nuus
SA sal handelsbelange verdedig, sê Lamola

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 4, 2025 0:20


Die regering sê hy sal Suid-Afrika se nasionale handelsbelange verdedig na die VSA se besluit om 'n 30-persent-tarief op plaaslike uitvoere in te stel. Nagenoeg agt-persent van Suid-Afrika se totale uitvoere gaan na die VSA, wat dit die land se derde grootste handelsvennoot maak. In 'n gesamentlike media-inligtingsessie het die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, gesê die tariewe ignoreer Suid-Afrika se minimale 0,25-persent-aandeel van totale Amerikaanse invoere en hou geen bedreiging in vir Amerikaanse nywerhede of nasionale veiligheid nie:

Podlitiek
Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer

Podlitiek

Play Episode Listen Later Aug 1, 2025 29:34


In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.)Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl

Nuus
VSA-inflasie styg dalk nie na tariewe: ekonoom

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 1, 2025 0:36


President Donald Trump se tariewe tree vandag in talle lande in werking met kritici wat sê inflasie sal in die VSA styg saam met die pryse van goedere. William Lee, die hoof-ekonoom van die Milken-instituut het met CNN gepraat en hy meen inflasie sal nie so groot kwessie wees nie.

Nuus
Engeland sukkel met stygende masels-gevalle

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 1, 2025 0:32


Masels-gevalle in Engeland is aan die styg, terwyl masels-inentingsyfers hul laagste vlak in 16 jaar bereik het. Masels-uitbrekings en verskeie sterftes is in die VSA aangemeld, meestal omdat anti-inenters nie hul kinders laat inent nie, maar dit blyk nie die geval te wees in Brittanje nie. Die kindergesondheidskundige professor Helen Bedford verduidelik aan SkyNews waarom ouers nie hul kinders inent nie.

Nuus
SA se handelsooreenkoms met VSA, teen Vrydag, nie uitgemaakte saak nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 30, 2025 0:20


Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê dit is nie 'n uitgemaakte saak dat Suid-Afrika teen Vrydag 'n gunstige handelsooreenkoms met Amerika sal sluit nie. Dangor het tydens 'n lesing voor die Kgalema Motlanthe Stigting in Sandton gewaarsku dat eise oor binnelandse beleide soos swart ekonomiese bemagtiging die proses bemoeilik. Hy het kommer uitgespreek dat die VSA druk uitoefen op Suid-Afrika om sy soewereiniteit te beperk om die ooreenkoms te verseker:

Podlitiek
Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies?

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jul 24, 2025 29:38


In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt

Nuus
GOOD sê SA sal nie swig onder Amerikaanse druk nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 24, 2025 0:19


Die GOOD-party sê die regering mag nie swig onder druk van die VSA nie, selfs al is dit teen 'n prys. Dit volg nadat die Amerikaanse Kongres 'n wetsontwerp goedgekeur het wat kan lei tot nuwe strafhandelstariewe. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron het AfriForum en Solidariteit gekritiseer dat hulle 'n skuif ondersteun wat Suid-Afrika straf vir sy bande met BRICS, die ondersteuning van Palestina en pogings om die onregte van die verlede aan te spreek:

Nuus
Impak van Trump se tariewe gering

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 21, 2025 0:34


Namibië se uraan, diamante en ander belangrike uitvoere na die VSA staar hoë tariewe in die gesig onder nuwe handelsmaatreëls wat deur president Donald Trump aangekondig is. Terwyl Namibië se landbouprodukte tans beskerm word onder die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, neem kommer toe oor die toekoms van breër handelsbetrekkinge. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, beleggingsontleder by Sisedi Investment Group gepraat.

Nuus
DA, ANC opnuut haaks

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 20, 2025 0:17


Die DA sê sy lid Emma Powell se onthulling oor Mcebisi Jonas het 'n ernstige geloofwaardigheidskwessie vir president Cyril Ramaphosa geskep. Die party sê Ramaphosa het Jonas aangestel om Suid-Afrika se diplomatieke, handels- en bilaterale belange met die VSA te bevorder nadat ambassadeur Ebrahim Rasool uitgeskop is. Willie Aucamp van die DA sê sedert Powell se onthulling is die weiering van Jonas se VSA-visum nie ontken nie, nie deur die Presidensie of die ANC nie:

Nuus
EU probeer handelsoorlog met VSA voorkom

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 17, 2025 0:30


Die Europese Unie berei 'n pakket tariewe voor wat op goedere ter waarde van 84 miljard Amerikaanse dollar teen die VSA gehef sal word, terwyl hy pogings verskerp om 'n handelsooreenkoms te bereik en 'n trans-Atlantiese handelsoorlog met president Donald Trump te voorkom. Dit kom na president Donald Trump 30 persent tariewe opgelê het, geldig vanaf 1 Augustus. Dr. Gillian Tett, Britse skrywer en hoof van Kings College in Londen sê so ‘n handelsoorlog sal uiters skadelik wees vir die wêreldekonomie.

Podlitiek
Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jul 2, 2025 33:24


In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop.Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt

Podlitiek
Ep. 272 - Dis wat Amerika van SA-regering eis en DA-adjunkminister word die deur gewys

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 33:39


In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die jongste Afrikanerafvaardiging se werksaamhede in die VSA en die DA-adjunkminister wat afgedank is. Opwindende tye vir Suid-Afrikaanse politiek ...Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl