Podcasts about laaste

  • 51PODCASTS
  • 162EPISODES
  • 14mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Aug 1, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about laaste

Latest podcast episodes about laaste

Naweekaktueel
Naweekaktueel: Laaste kans om te registreer as kieser

Naweekaktueel

Play Episode Listen Later Aug 1, 2026 49:23


1 Augustus 2026: Voornemende kiesers kan vandag, tydens die OVK se tweede registrasiedag, by hulle stemlokale registreer vir die plaaslike verkiesings op 4 November. Die SAUK vier sy 90ste verjaarsdag. Suid-Afrika het nou 25 medaljes by die Statebondspele, nadat hulle gisteraand nog twee gewen het.

Francois van Rensburg
Route326: Elkin Topkin van die IEC - laaste naweek van registrasie om te stem

Francois van Rensburg

Play Episode Listen Later Jul 31, 2026 2:10


Elkin Topkin van die IEC - laaste naweek van registrasie om te stem.

stem elkin iec laaste topkin
Magalies Potgooi
[204] Pop! Bruce Willis flieks

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Jul 21, 2026 45:31


Ons vra, het Bruce Willis vir ons 'n goeie voorbeeld gegee van braafheid en om op te staan vir geregtigheid, of is hy 'n voorbeeld van toxic manlikheid? Maar meestal is ons maar net nostalgies oor al sy vermaaklike flieks.Nog Pop! episodes: Magalies - PopHoofstukke:00:00; Spiere, seks, 12 Monkeys06:25; Komedierolle, cartoons, flieks met nommers09:55; 6th Sense, Friends, sy grootwordjare13:39; Die Hard, Striking Distance19:22; Laaste flieks en siekte23:17; Red die wêreld27:59; Lucky Number Slevin33:17; Rolmodel of Toxic?40:23; Nostalgie na eenvoudiger tye

Nuus
Laaste dag vir registrasie vir Skaap-indaba

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 15, 2026 0:40


Die LPO doen 'n beroep op skaapprodusente om deel te neem aan die Skaap-indaba wat die toekoms van die land se skaapbedryf kan beïnvloed. Produsente sal op 22 Julie in Mariental byeenkom om die vestiging van 'n produsentebesigheid binne die skaapwaardeketting en die potensiële ontwikkeling van 'n skaapuitvoerslagpale te oorweeg. Produsente word aangemoedig om vandag, op die laaste dag, te registreer om te help met beplanning. Gert Martins, voorsitter van die Namibië Landbou Unie se jongboerkomitee, is aan die woord:

indaba laaste
RSG Geldsake met Moneyweb
Murray & Roberts se laaste bates vir R1.3 miljard verkoop

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 1, 2026 8:14


Mark Salmon – hoof van spesiale situasies, Differential Capital Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Kan die huidige bek-en-klou-pandemie Suid-Afrika se laaste een wees?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 19, 2026 5:59


Dr Frikkie Maré – uitvoerende hoof, Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Volg RSG Geldsake op Twitter

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Hemelvaart herinner ons die graf het nie die laaste woord nie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 11, 2026 3:10


Dit is volbring! Nou kyk ons vorentoe met verwagting.

RSG Geldsake met Moneyweb
Woensdag is die laaste dag voordat die skote dalk klap.

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 21, 2026 8:27


Dr Steve Minnaar, portefeuljebestuurder by Abax Investments, deel sy mening oor die markte, Afrimat se handelsverklaring, en voormaige Naspers uitvoerende beampte se afsterwe. Volg RSG Geldsake op Twitter

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

#GROOTtrauma | 17 Desember Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter toestel word gebruik om bloeddruk te meet? >Dick Van Dyke is 100 – gaan ons ook word? – Hy deel sy geheime vir 'n lang lewe >Blue Christmas en wat dit beteken vir ons nooddiens-personeel >Human van Dyk gesels oor die Emergency Services Appreciation Drive >Dr Jaco se LAASTE wenk vir die JAAR!!!

Francois van Rensburg
Route326: Taleen Heath tydens die laaste 'Liggaam Siel en Gees' vir die jaar

Francois van Rensburg

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 28:25


Maatskaplike werker Taleen Heath tydens die laaste 'Liggaam Siel en Gees' vir die jaar.

jaar siel gees laaste tydens
Nuus
Starlink: Laaste dag van insette

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 0:41


Dit is vandag die laaste dag vir insette van die publiek en belanghebbendes oor Starlink se lisensie-aansoek by Cran. Tanja Dahl, die Namibië Landbou-unie se skakelbeampte, herinner Namibiërs aan die noodsaaklikheid van die bekostigbare, betroubare diens, veral op plase en in afgeleë gebiede.

Nuus
Laaste langbaanrenne stel nie teleur nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 0:49


Die langbaanrenne op Tony Rust die naweek, die laaste been van die 2025 Nasionale Baanrenkampioenskappe, het nie teleurgestel nie. Oudergewoonte van Francois Lottering van Motor Media Namibia daar.

stel laaste
RSG Geldsake met Moneyweb
Vodacom en Remgro kry hulle laaste groenlig

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 9:01


Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek die positiewe dag op die markte en die transaksie tussen Vodacom en Remgro. Volg RSG Geldsake op Twitter

pps vodacom hulle laaste remgro
Retief Burger's Podcast
The Last Meter / Die Laaste Meter

Retief Burger's Podcast

Play Episode Listen Later Nov 19, 2025 41:00


meter laaste
Nuus
Ronaldo sê 2026 Wêreldbekertoernooi is sy laaste

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 0:21


Sokker: Die Portugese doelskieter Cristiano Ronaldo sê volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Kanada, Mexiko en Amerika is beslis sy laaste. Die 40-jarige, wat in Saoedi-Arabië vir Al-Nassr speel, het 953 doele vir sy klubs en land aangeteken en is die eerste manlike speler ooit wat doele aangeteken het in vyf Wêreldbekertoernooie. Ronaldo het in 'n onderhoud op die Toerismeberaad in Riaad gesê dis spesiaal om die geleentheid te hê om in sy sesde Wêreldbekertoernooi te speel:

Nuus
Sesde Nasionale Raad begin laaste sitting

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 0:33


Die laaste sitting van Namibië se 6de Nasionale Raad het vanoggend amptelik geopen. Dit is die afsluiting van die raad se termyn van 2020-2025. Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha het lede versoek om die prestasies te konsolideer wat die Raad se werk oor die afgelope vyf jaar gedefinieer het. Die sitting sal middeltermyn-begrotingsdebatte en verslae van verskeie parlementêre staande komitees insluit en sal tot volgende week Dinsdag duur.

Nuus
JD Vance blameer Demokrate vir dooiepunt oor befondsing

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 0:21


Amerika se visepresident JD Vance glo die federale regering sal sluit indien die dooiepunt oor fondse voortduur. ʼn Laaste wanhopige vergadering gister tussen president Donald Trump en Demokratiese leiers in die Kongres het min vordering gemaak. Die Demokrate weier om die Republikeinse Party se wetgewing oor voortgesette befondsing ná vandag te steun, tensy dit verskeie gesondheidsbepalings insluit. Vance blameer die Demokrate wat aandring om oor gesondheidsorg-befondsing te onderhandel om die regering oop te hou:

Nuus
Omusati Ras Sheehama se laaste rusplek

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 20, 2025 0:20


Wyle Ras Sheehama, die Namibiese reggae-legende, word vandag in die Onamulunga-nedersetting in Omusati begrawe. Sheehama het vroeër vandeesmaand sy eie lewe in Windhoek geneem. ‘n Gedenkdiens vir die musikant is Vrydag in die nedersetting gehou, bygewoon deur familie, vriende, bewonderaars en hooggeplaaste regeringslui. Avo Emilio, wat in 1999 by die Ras Sheehama-groep aangesluit het toe sy net 19 jaar oud was, onthou hom só: 

Nuus
Voordelige eienaarskap - dis vandag die laaste dag

Nuus

Play Episode Listen Later May 16, 2025 0:37


Dit is vandag die sperdatum vir nakoming van voordelige eienaarskapsverklaring met besighede wat reeds sedert 1 Mei gederegisteer word. Die verklaring van voordelige eienaarskap is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder...

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Die laaste dae

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later May 6, 2025 40:23


Wat gebeur met jou as jy doodgaan?  Is daar lewe na die dood?  Verdien almal om gered te word?  Wat is die eindbestemming van die gelowige en die ongelowige?  Wat is die hemel en die hel, en wie heers oor dit?  Wat gaan gebeur met die laaste oordeel, en vir wie is die poel van vuur?

verdien laaste dissipels
RSG Geldsake met Moneyweb
Warren Buffett se laaste jaarvergadering 'n einde van 'n unieke era

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 5, 2025 11:48


Kokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, gesels oor Warren Buffett as persoon en belegger, asook sy denke oor wat tans in die wêreld aangaan met betrekking tot tariewe. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Nujoma was laaste bevryder, maar stryd vir vryheid is nie verby nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 14, 2025 0:42


President Sam Nujoma was nie net Namibië se stigterspresident nie, maar, was ook die laaste van die groot bevrydingstrydrosse. Sy naam word verbind met name soos Kenneth Kaunda, Julius Nyerere, Nelson Mandela en meer, sowel as met die dekolonisering van Afrika. Maar, professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in Afrika-aangeleenthede sê die stryd vir vryheid is nie verby nie.

maar afrika nelson mandela sy stryd namibi julius nyerere kenneth kaunda vryheid laaste
Nuus
Pohamba vertel van laaste besoek aan Nujoma

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 11, 2025 0:33


Voormalige president Hifikepunye Pohamba, 'n dekadeslange vriend van stigterspresident Sam Nujoma, sê hy was nie verbaas om van sy sterwe te hoor nie. Die twee leiers se paaie het die eerste keer in 1960 in Dar es Salaam in Tanzanië gekruis. Pohamba het met plaaslike media gepraat by sy huis in Okanghudi ka Pohamba in die Ohangwena-streek.

dar salaam vertel laaste besoek
Nuus
Sewende parlement se laaste sitting skop af

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 5, 2025 0:37


Die sewende parlement se laaste sitting voordat die nuwe administrasie ingesweer word het afgeskop. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, het 'n openingstoespraak gehou om die parlementariërs by die nuwe jaar se werksaamhede te verwelkom. Hy het kennis gegee dat president Nangolo Mbumba in Maart in die Nasionale Vergadering sal wees om die 7de parlement amptelik af te sluit. Daar lê harde werk voor in die sitting weens 'n rits wetsontwerpe en mosies wat afgehandel moet word, na daar op verskeie geleenthede verlede jaar nie kworums was nie.

Nuus
Lategan tweede op laaste dag van Dakar

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 17, 2025 0:29


Dit was ʼn geval van so naby en tog so ver. Die Saoedi-jaer, Yazeed al-Rajhi, het algeheel die voortou geneem in die motorafdeling by die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Dit beteken hy is in die algehele klassifikasie nou voor Henk Lategan van Suid-Afrika. Rajhi was twee-minute-27-sekondes agter Lategan in sy Toyota. Hy begin die laaste skof nou ses-minute-11-sekondes voor Lategan op die laaste dag van die Dakar. Lategan sê hy kon nie meer doen as wat hy gedoen het nie.

Nuus
Voorbereidings op dreef vir laaste sessie van huidige parlement

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 14, 2025 0:36


Die Nasionale Vergadering is besig om gereed te maak vir die nuwe jaar, met parlementêre sittings wat in Februarie sal begin. Die publiek kan egter nou deel wees van die prosesse by die parlement deur voorstelle te stuur om hul dienste te verbeter. Voorstelle kan aan beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad gerig word op die parlement se webwerf, by parliament.na. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die parlement, wat meer inligting gee.

kosmos parlement nuus laaste
Nuus
En toe, per ongeluk, kry die SAPD die laaste Lusikisiki-verdagte

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 6, 2025 0:18


Die laaste verdagte wat verbind word met die massaskietery in Lusikisiki is in King Williams Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Siphokazi Mawisa sê na deeglike ondersoek het die polisie ʼn bus, wat op pad was na Kaapstad, by King Williams Town se bus-depot deursoek. Hulle het die 20-jarige man gevind wat die enigste verdagte in die Lusikisiki-massaskietery is wat nog op vrye voet was:

Nuus
En toe, per ongeluk, kry die SAPD die laaste Lusikisiki-verdagte

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 6, 2025 0:18


Die laaste verdagte wat verbind word met die massaskietery in Lusikisiki is in King Williams Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Siphokazi Mawisa sê na deeglike ondersoek het die polisie ʼn bus, wat op pad was na Kaapstad, by King Williams Town se bus-depot deursoek. Hulle het die 20-jarige man gevind wat die enigste verdagte in die Lusikisiki-massaskietery is wat nog op vrye voet was:

Nuus
Laaste Vasbyt was reuse-sukses

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 29, 2024 0:48


Die sesde en laaste been van die Weskus 4x4 Vasbyt is met groot sukses op Walvisbaai aangebied. Daar was 20 voertuie met drie spanne uit Suid-Afrika wat net vir die pret deelgeneem het, soos Francois Lottering verduidelik.

Nuus
Einde van 'n era: Laaste Beeld ooit vandag op straat in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 20, 2024 0:22


Vanoggend het die Afrikaanse dagblad Beeld vir die laaste keer op straat verskyn na sy eerste uitgawe op 16 September 1974. Rapport, wat in 1970 gestig is, en uit Die Beeld as Sondagkoerant gebore, sal die naweek sy laaste keer op straat verskyn. Dit is in werklikheid, die einde van ‘n era. Daar is uitdagings regoor die wêreld met gedrukte media en aanlynkoerante raak al hoe meer gewild. Ben Roodtman van die Suid-Afrikaanse Persklub sê hy hoop dat aanlynpublikasies nou die nodige ondersteuning sal ontvang.

HRCO Potgooi Preke
Laaste Samekoms in persoon van 2024! Vrolikheid | Vreugde | Blydskap Die beste ontspanning te wêreld IN CHRISTUS!

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Dec 15, 2024 29:50


Last Gathering in person of 2024 ! “Cheerfulness” “Joy” “Gladness” The best relaxation in the world IS IN CHRIST! The Lord does not want us to serve Him like slaves without joy. (Deut 28:47) That is why the Jewish Calendar was filled with 7 festivals. God wants us to be able to celebrate! (Ezra 6:22) Who doesn't like PLEASURE and FUN? However, it is sad to see, how few people are "happy" and "stay" without tools like alcohol, drugs and wild parties!?! Children of the LORD have access to an inner source of “Joy” “Joy” “Gladness” in Christ, which helps us to see the silver lining in every dark cloud. #Vreugde #Pret #Plesier #Vrolikheid #Blydskap #Ekstase

RSG Geldsake met Moneyweb
Anglo American smous sy laaste steenkoolbates

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 25, 2024 6:48


Wilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder by Rozendal Partners gesels oor Anglo American wat sy laaste steenkoolbates verkoop. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
IPC gesels oor laaste pogings, planne vir die land

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 15, 2024 0:37


Politieke partye maak gereed vir hul laaste veldtog-byeenkomste voor die verkiesings. Hierdie naweek hou die Independent Patriots for Change hul finale veldtog in die Erongo-streek. Volgens 'n advertensie van die IPC het dit al hoe moeiliker geword om besigheid te doen in Namibië, wat 'n afname in werksgeleenthede tot gevolg het. By 'n onlangse paneelbespreking deur die politieke partye het Christine !Aochamus, die IPC se nasionale sekretaris-generaal, gesê hul oplossing vir werkloosheid is om Namibiërs beter op te lei.

Nuus
Laaste been van tydren kampioenskappe op Swakop

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2024 0:45


Vrydag begin die vyfde en laaste been van die nasionale tydren kampioenskappe op Swakopmund. Die aksie skop af by die M+Z vertoonlokaal met M+Z Motors wat ook die hoofborg is. Francois Lottering het meer. 

mz vrydag laaste
Nuus
MotoGP-titel sal in laaste resies beslis word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 4, 2024 0:12


Motorsport: Die verdedigende wêreldkampioen, Francesco Bagnaia, kan steeds sy MotoGP-titel behou nadat hy die Maleisiese Grand Prix gewen het. Die Italianer het drie sekondes voor sy kampioenskapsmededinger, Jorge Martin, geëindig, met Enea Bastianini derde. Brad Binder van Suid-Afrika was in 'n ongeluk betrokke en kon nie klaarmaak nie. Die kampioenskap sal later die maand in die laaste wedren van die seisoen beslis word, met Martin wat tans met 24 punte voorloop. Bagnaia sê hy geniet die mededinging om die titel.

Nuus
Harris, Trump skarrel om laaste kiesers te oortuig

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2024 0:32


Met ses dae oor voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, het beide Kamala Harris en Donald Trump in die swaaistaat Noord-Carolina byeenkomste toegespreek. Harris was in die stad Raleigh, waar sy verskeie beleidspunte herhaal het, en beroepe gedoen het op eerstekeer-kiesers en "jong leiers" van Amerika, wat volgens haar "ongeduldig" is vir verandering. Hier praat sy oor Trump:

Nuus
Harris, Trump skarrel om laaste kiesers te oortuig

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2024 0:34


Kry die nuus soos dit breek.

Radio Scriptura
Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeel

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Oct 29, 2024 36:56


Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige  Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwqg met die wederkoms van Christus?  Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak dit dan nog saak hoe ons leef, of is daar nog 'n tweede kans om reg te maak met God? 

RSG Geldsake met Moneyweb
Is kaderontplooiing die laaste spyker in die ANC se doodskis?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 10, 2024 15:30


Pieter Du Toit, skrywer en assistent-redakteur en joernalis by News24 gesels oor sy boeke. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Laaste Dr. Hage Geingob-beker toernooi op 19 Oktober

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 6, 2024 0:40


Die 10de en laaste uitgawe van die Dr. Hage Geingob-beker toernooi vind op 19 Oktober by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek plaas. Sedert sy ontstaan ​​in 2014 het die toernooi gegroei tot 'n simbool van nasionale trots en eenheid, en die laaste uitgawe beloof om onvergeetlik te wees. Die wenner van die Debmarine Namibië Premier Sokkerliga, African Stars, sal met die PstBet NFA-beker titelhouer Eeshoke Chula Chula kragte meet, terwyl Ongos Ladies in die vroue-byeenkoms teen Girls and Goals sal meeding. Die opbrengste van die geleentheid sal aan die Geingob-familie geskenk word om die stigting van die Dr. Hage Geingob-gedenkbiblioteek te ondersteun. Die voorsitter van die reëlingskomitee, Amos Shiyuka, het met die NBC gesels oor Geingob se liefde vir sport.

goals girls nbc windhoek laaste hage geingob
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Psalm 68:6| ...jou eerste en laaste woorde... ooit!

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Aug 26, 2024 33:19


Ek en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons gemaak het... dis immers die eerste persone wat oor ons gebuig het en met wie ons in kontak gekom het. Maar daar was toe ook alreeds n ander Persoon teenwoordig wat oor ons 'gebuig' het en Homself oor ons ontferm het - ons Hemelse Vader! Iemand wat permanent na my gaan omsien... Vraag is: Hoe ervaar ek Hom as Vader in my lewe? Dat hy oor my buig? En na my omsien? Dat Hy die eerste naam op my lippe moet wees as ek alleen is of in nood verkeer... Herken en erken ek Hom as dié Vader van my lewe? Onthou: Hy het as Vader opgetree en ons (weeskinders) Syne gemaak toe Hy sy Seun Jesus na hierdie wereld gestuur het... Hy Jesus, Vader-verlate aan die kruis gesterf sodat ons as sy kinders nooit weer stom en alleen hoef te voel nie... Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorde sal wees...!   https://youtube.com/live/nR_mZDfNoDc 

Nuus
Harris spreek Demokrate toe op laaste dag van konvensie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 23, 2024 0:42


Kamala Harris het haar langverwagte toespraak by die afsluiting van die Demokrate se konvensie in Chicago gelewer. Sy het amptelik die geskiedkundige nominasie as presidentskandidaat aanvaar. Sy het verskeie kwessies aangespreek, onder andere, reproduktiewe regte.

Nuus
Harris spreek Demokrate toe op laaste dag van konvensie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 23, 2024 0:32


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Maak 'n draai, dis die laaste dag van die Biomassa-skou

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 10, 2024 0:39


Die hekke by die Standard Bank Biomassa-skou het pas oopgemaak en vandag is die laaste dag om die geleentheid by te woon. Dit vind plaas by die Sekelbos/TOPS-terrein op die pad na die Otjiwarongo kleinhoewes. Dit is die ideale omgewing om meer te leer oor bosbiomassaprodukte en -tegnologie en Kosmos 94.1 is ook daar. Progress Kashandula, die uitvoerende hoof van die Namibiese Biomassa Industrie-groep nooi almal uit.

Nuus
NV verdaag sonder kworum op laaste dag

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 9, 2024 0:27


Die Nasionale Vergadering het tot September verdaag nadat 'n spesiale sessie vandeesweek gehou is om agterstallige sake af te handel. Die sittings het egter weer geëindig met geen stemkworum vir die staande komiteeverslae wat ter tafel gelê sou word nie. Die laaste item was die oorweging van 'n komiteeverslag oor toesigbesoeke aan groenskemas en landbouprojekte in die Karas- en Hardap-streke. Adjunkspeaker Loide Kasingo het die 9de parlementêre sitting verdaag.

Nuus
Biden het Covid en JD Vance sê Trump is laaste hoop

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 18, 2024 0:43


Die Withuis het bevestig president Joe Biden het positief getoets vir Covid-19 en het ligte simptome. Die 81-jarige Biden sal hom by sy Delaware-woning in Rehoboth Beach isoleer in ooreenstemming met die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming se riglyne. Intussen woeker die Republikeine in Wisconsin met vandag die vierde en laaste dag van die byeenkoms. Die adjunk-presidentskandidaat JD Vance het die konvensie toegespreek.

Nuus
Howe het laaste sê oor anti-gay wette se grondwetlikheid

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 8, 2024 0:37


Dit is 'n jaar sedert die Nasionale Vergadering die anti-gay wetsontwerpe wat deur Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo ingedien is om die term gade te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig, goedgekeur het. Die president het hulle nog nie onderteken nie, maar verlede week het binnelandse sake-minister Albert Kawana, nog 'n wysigingswetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat poog om die Huwelikswet te vervang. Die wetsontwerp spesifiseer dat gades slegs van die teenoorgestelde geslag mag wees, wat selfdegeslaghuwelike onwettig maak in die land, ongeag waar hulle wetlik voltrek is. Die grondwetlikheid van die wetsontwerpe word egter in twyfel getrek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dianne Hubbard, regskonsultant by die Regshulpsentrum, oor of die grondwetlikheid van die wetsontwerpe in 'n geregshof getoets kan word.

Nuus
Tories sleep vir Boris nader in laaste poging om stemme te werf

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 3, 2024 0:36


Brittanje stem môre in sy algemene verkiesing met alle peilings wat toon dat die Arbeidersparty ‘n reuse oorwinning sal behaal na 14 jaar van Tory-beheer. Die Tories het oudpremier Boris Johnson ingeroep in ‘n laaste poging om stemme te werf.

Nuus
Bela is laaste vertrouensbreuk met Afrikaners

Nuus

Play Episode Listen Later May 3, 2024 0:18


Solidariteit sê die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette is 'n laaste vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap. Volgens die vakbond sentraliseer die wetsontwerp, wat met die ANC se meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, besluite oor taal- en toelatingsbeleide, wat minderheidsregte ondermyn. Die vakbond beloof om in samewerking met ander organisasies, regstappe in te stel om die wetsontwerp te betwis. Johnell Prinsloo van Solidariteit sien die wysigings as 'n front wat daarop gemik is om Afrikaans te marginaliseer en rassekwotas af te dwing in skole:

Nuus
Nadal veg hard terug, deur na laaste 16

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 30, 2024 0:17


Die vyfmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die laaste 16 by die Madrid Open terwyl hy van ʼn besering herstel. Hy het Pedro Cachin van Argentinië in net meer as drie ure met 6-1, 6-7 en 6-3 geklop. Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner, is steeds op dreef om sy vierde titel van die jaar te wen nadat hy die Rus, Pavel Kotov, met 6-2 en 7-5 verslaan het. Casper Rudd van Noorweë en Daniil Medvedev van Rusland spog ook met oorwinnings. Nadal vertel hoe hy die wedstryd beleef het: