POPULARITY
Send us a textJohannes 1:46 Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?”“Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. Ken jy Na-Kersfees-uitverkopings? Dis interessant om te sien dat hierdie verkopings ook in lande, wat nie tradisioneel Christelik is nie; lande soos China, Japan, Suid-Korea en selfs in dele van die Midde-Ooste, voorkom.Vandag is 'n paar skoene xRand werd. Môre op die uitverkoping is hulle skielik vir halfprys beskikbaar. Wat het verander? Dit is tog dieselfde paar skoene. Die groothandelprys aan die kleinhandelaar het beslis nie verander nie. En tog is hulle gedevalueer, afgemerk, net om hulle vinnig te verkoop. Hoe bepaal die wêreld ‘n persoon se meriete? Met watter standaard meet hulle jou waarde? Johannes 1:46 … Maar Natanael sê vir hom: "Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?""Kom kyk," het Filippus hom geantwoord.Sien jy? Dít was die algemene gesindheid van die mense wat hier in Natanael se woorde weerspieël word. Jesus het nie alleenlik ‘n nederige geboorte in 'n krip gehad nie, maar sy ouers het geen status gehad nie. Om alles te kroon, is Hy in die obskure werkersklas dorp, in Nasaret (ver van Jerusalem, die sentrum van godsdienstige elite), grootgemaak.Uit die wêreld se perspektief het Jesus geen getuigskrif, geen stamboom, geen gesag gehad nie. Tog is Hy "Verlosser, Christus die Here" genoem (Lukas 2:11).Jesus was deur mense ‘afgemerk' soos 'n item in ‘n na- Kersfees-uitverkoping. Dit was ‘n fout! Hy bly tot vandag toe die Verlosser van die wêreld, want Hy het deur sy kruisdood en opstanding die mens van sy sonde kom verlos.Mense sal jou ‘afmerk'. Hulle sal jou verkleineer, jou ignoreer, jou selfs verag. Maar moenie vrees nie – God sien jou, Hy is lief vir jou en Hy het 'n plan om, ten spyte van wat ander mag dink, magtige dinge deur jou te bereik.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wens lands- en streeksburgers ʼn vredevolle Kersfees toe saam met familie, en hernude hoop vir die jaar wat voorlê. Die raad se hoofsekretaris, Mzwandile Molo, sê hulle dink met dankbaarheid na oor 2025, maar is ook bekommerd oor die toestand in die land en die wêreld. Hy sê hulle hoop Suid-Afrika sal sy probleme oplos:
Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
Kry die nuus soos dit breek.
Baie welkom by Tygerberg Gesinskerk, Durbanville!Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie `n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnSENSUS VORMhttps://gesinskerk.breezechms.com/form/d11c07KONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak. Deur die kontak vorm in te vul, stuur ons graag vir jou 'n welkom boks as jy op ons databasis kom:Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za
Send us a textLukas 2:11,12 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Dis Kersdag. Maar eerder as om jou 'n Gelukkige Kersfees toe te wens, is my gebed; my hoop vir jou, dat jy en jou geliefdes 'n waarlik geseënde Kersfees sal hê.Is dit nie wonderlik dat ons vandag 'n gebeurtenis kan herdenk wat meer as 2 000 jaar gelede in 'n obskure hoek van die wêreld plaasgevind het nie. Die geboorte van 'n kindjie in die nederigste omstandighede; iets wat normaalweg ongemerk sou verbygegaan het en in die mis van die geskiedenis verlore sou geraak het.Lukas 2:11,12 ...Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”Dit was die boodskap wat die engele aan die eenvoudige herders vertel het terwyl hulle daardie nag hul kuddes opgepas het. Dit was 'n dag soos elke ander, totdat dit alles verander het! Die Verlosser is daardie dag stilweg, maar triomfantlik gebore.Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!My vriend, in hierdie wêreld vol geraas, pyn, onsekerheid, arriveer God se Antwoord nie met ‘n groot trompetgeskal nie, maar in nederigheid. Die Ewige Hoop van hierdie wêreld word nie in 'n paleis gebore nie, maar in 'n stal.Vandag is 'n spesiale dag. 'n Dag vir ons om te juig. 'n Dag vir ons om in dankbaarheid te herdenk. Maar onthou, dit het as 'n dag soos enige ander begin. Maak hierdie Kersfees vandag ‘n besondere dag; vier dit as die dag wat ons Heiland na hierdie wêreld gekom het. God se plan is nie altyd maklik nie, maar dis altyd goed. God is goed ... en Hy is jou God. Hy het vir jóú na hierdie aarde gekom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Ons dierbare Vader, mag U ons op hierdie dag ryklik seën met u Teenwoordigheid in Jesus Christus. Dankie Jesus, dat U ons Immanuel is. Dankie Here, dat U na hierdie deurmekaar wêreld gekom het om een van ons te word. Dankie ons dierbare Here, dat U verstaan wat ons beleef en dat U ten spyte van ons swakhede, vir ons van ons sonde kom red het. Mag ons elke dag u Teenwoordigheid en u vrede in ons lewens beleef. Aan U al die eer. U alleen is God. Amen. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê Kersfees sal vanjaar anders voel vir landsburgers na die terreuraanval op Joodse Australiërs tydens 'n Hannukah-viering op Bondi Beach. Die anti-semitiese slagting verlede Sondag het die lewens van 15 mense geëis. Albanese het die land se inwoners in sy Kersboodskap gevra om saam te staan en 'n boodskap van hoop en veerkragtigheid aan te gryp:
Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Geseënde Kersfees vir jou en jou mense! Die digter R.S Thomas skryf in “The coming” van God en Jesus wat uit die ewigheid deur die wasige atmosfeer na die weerlose aarde kyk. Die aarde word beskryf as 'n verrinnerweerde landskap en êrens [...]
Send us a textLukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. My vriend, ten spyte van hoe goed of edel jou lewe is en hoe wonderlik jy jou roeping uitleef, is die versoeking baie groot om wanneer omstandighede teen jou draai, handdoek in te gooi en weg te stap, en net in ‘n balletjie op te krul en die wêreld uit te sluit.Ek dink nie enigeen van ons hou daarvan om teëspoed te beleef nie... Ek hou beslis nie daarvan nie. En tog is dit 'n feit van die lewe. Ek dink die ergste soort, is wanneer ons voel dat die wêreld ons verwerp het; wanneer die mense naaste aan ons ons verwerp het. Jy voel soos 'n weerlose kind wat alleen gelaat is, en daardie gevoel van verlatenheid is net verskriklik.As jy die afgelope week of wat by my VARS-oordenkings ingeskakel het, sal jy weet dat ons gesels het oor die verskriklike teëspoed wat daardie gebeurtenis, meer as twee duisend jaar gelede, wat ons nou "Kersfees" noem, omring het. Hier is 'n vers waarna ek graag wil terugkyk, om dit 'n tweede keer vanuit 'n ander hoek te bekyk:Lukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Jesus was al op dag een deur die wêreld verwerp! Daar was geen plek vir Hom nie, maar dit was alles deel van God se plan. Kom ons dink mooi hieraan: verwerping beteken nie verlating nie. Wanneer deure toegaan, is God steeds daar, Hy het steeds 'n pad vorentoe – selfs al is dit in die nederigste omstandighede, in die ongemaklikste en moeilikste plekke. God het 'n plan.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textLukas 2:4-5 En omdat Josef 'n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV) Vandag is dit twee dae voor die viering van Jesus se geboorte. As ons die horlosie sou terugdraai na daardie tyd in die geskiedenis, was Josef en Maria sekerlik nog op pad na Betlehem. Kan jy jou voorstel hoe ongemaklik die reis op pad van Nasaret na Betlehem moes gewees het vir die arme Maria; net om daar aan te kom en te ontdek dat daar geen plek in ‘n herberg was nie? Ek het oor die jare baie gereis en al klink dit glansryk en opwindend, kan ek jou vertel, reis is harde werk. Om vir 14 uur in die ekonomiese klas in die middelste sitplek ingeprop te wees; by verskillende tydsone-veranderinge aan te pas; om jou pad na jou bestemming te vind; om nie eers van oorvol lughawens en bagasie probleme te praat nie...Maar as ons dink hedendaagse reise is erg, moet ons verstaan dis niks in vergelyking met wat Maria en Josef in gehoorsaamheid aan die Romeinse bevel, om aan die sensus deel te neem, deurgemaak het nie.Lukas 2:4-5 En omdat Josef 'n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV)Sy was nie net swanger nie. Sy was op die punt om geboorte te skenk. Stel jou voor! Heelpad opdraand, net om in 'n stinkende stal oor te bly wanneer jy daar aankom. Kan jy jou vir een oomblik indink hoe uitputtend en ongerieflik dit moes gewees het?Maar dis hoe God gekies het dat dit alles moes gebeur. En die boodskap vir jou en vir my is dat God se bestemming vir ons so dikwels moeilike reise behels. Maar, omdat die pad moeilik is, beteken dit nie dis nie deel van sy plan nie. Hou moed. Dis amper Kersfees.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textLukas 1:38 Maria het geantwoord: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word.”Toe het die engel weggegaan. (NLV) Die mensdom strewe na gemak. Ons wil almal 'n sagte, warm bed hê om in te slaap, 'n warm stort wanneer ons wakker word. En ons wil hê die lewe moet voorspelbaar wees. Ja, kom ons sê dit, dit moet perfek wees! Wanneer ons, soos ons die afgelope week gedoen het, na Maria en Josef se eerste gewaarwordinge van Jesus se geboorte kyk, en harde realiteite opweeg, besef ons dat dit alles behalwe gemaklik was.Ons hou daarvan om Kersfees as 'n pantomime wat tot ons voordeel uitgespeel is, te beskou. God stuur sy enigste Seun na hierdie wêreld om ons van ons sonde te red.Ja, dis waar, Hy het, maar dit was nie 'n gemaklike klein pantomime nie. Dit was moeilik. Dit was alles behalwe gerieflik. Daar was soveel onverwagte en baie moeilike eise aan Maria en Josef gestel. Kom ons kyk op ‘n praktiese vlak na die gebeure:Die engel Gabriël het al Maria se groot planne omvergewerp; haar planne vir 'n pragtige tradisionele troue 'n paar maande later, was met een aankondiging tot niet. En hier volg die nuus dat God haar, sonder haar toestemming, swanger gemaak het met die Verlosser van die Wêreld. Hoe sou jy gevoel het as jy Maria was? Kyk hoe Maria gereageer het:Lukas 1:38 Maria het geantwoord: "Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word."Toe het die engel weggegaan. (NLV)Hoe anders sou die ongelooflikste wonderwerk in die geskiedenis van die wêreld nie verloop het, as sy vir Gabriël gesê het sy is op die oomblik baie besig en hy moet weggaan en haar met haar eie planne te laat voortgaan?Nouja, soms gaan God se roepstem jou planne onderbreek en ontwrig. Maar soos Maria (en Josef soos ons verlede week gesien het) word jy genooi om ‘ja' te sê, selfs wanneer dit jou gerief, jou reputasie en jou veiligheid kos.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Geseënde Kersfees (Merry Christmas) to the SAVETHEM Family! It's been a wild 2025.Source video: https://youtu.be/Nu018_9wF7k?si=fAsmd-KaVMzx8lBi
Send us a textJohannes 1:11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Het jy al ooit in die geselskap van jou eie mense – jou vriende, familie en geliefdes – gevoel dat jy op een of ander manier anders is; op een of ander manier nie in die binnekring hoort nie; op een of ander manier net nie dieselfde is as al die ander nie? En dis 'n eensame plek om op te wees, nè?Ek dink ons het almal al so gevoel. Dit maak nie saak wat enigiemand sê of doen nie, hoeveel hulle jou dalk aanmoedig nie; jy voel steeds verwerp. En dit bedreig jou gevoel van selfwaarde. Vir sommige is dit 'n chroniese gevoel wat hulle dag na dag beleef. Ek weet goed hoe dit voel, want dit is hoe ek vir ongeveer die eerste veertig jaar van my lewe gevoel het.Verwerping. Dis wat dit is. Of dit nou ‘n realiteit, of net verbeelding is, dit maak nie saak nie. Dit maak seer. Vroeër hierdie week het ons, op pad na Kersfees, na hierdie gedeelte gekyk: Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.As jy daaroor nadink, is Jesus simbolies en in werklikheid, as verworpene gebore. Alhoewel Hy die langverwagte Messias was, het die wêreld wat Hy binnegegaan het, Hom nie herken, erken of verwelkom nie.Johannes 1:11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.Jesus het vooraf al hierdie dinge geweet, maar Hy het nogtans hierdie wêreld vir jou binnegekom; om in jou plek van eensaamheid, in jou plek van verwerping by jou te wees. Hy verstaan jou gevoelens heeltemal! Dis waaroor Kersfees gaan. God word een van ons ... vir jou.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Vragmotorbestuurders langs Namibië se belangrikste vervoerkorridors sal gratis gesondheidskontroles ontvang voor Kersfees. Die Walvisbaai-korridorgroep, in vennootskap met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en die gesondheidministerie, sal die Truckers Wellness Day-veldtog op 18 en 19 Desember by die Swakopmund-padblokkade loods. Op 23 en 24 Desember sal die diens by die Okapuka-padblokkade aangebied word. Dit sluit in gratis oog- en bloeddruktoetse, cholesterol- en bloedsuikerkontroles, sowel as MIV-toetsing en -behandeling. Die groep se waarnemende uitvoerende hoof, Edward Shivute, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
“Ek wil elke gesin uitdaag om regtig moeite te doen om tyd te neem om op die boodskap van Kersfees te fokus.” Maroela Media
“Dit klink dalk soos ʼn cliché, maar dit is wat ons aan ʼn ewige hoop verbind. Ons enigste troos in lewe en dood is om aan Jesus Christus te behoort. Dít is waaroor Kersfees gaan.” Maroela Media
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel 'n nat Kersfees en Nuwejaar, met 'n waarskuwing van 'n La Niña-weerverskynsel. Die meerderheid van Suid-Afrika se water is nie geskik om te drink nie. Die drama oor onwettige mynboubedrywighede in Bapong in Noordwes, verdiep.
Send us a textMatteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” Wanneer ‘n mens in lewensgevaar verkeer, verloor jy fokus op die gewone dinge rondom jou en skielik word adrenalien vrygestel; en daardie vlug-of-veg reaksie wat in ons DNS vasgelê is, skop in.Ek het onlangs met ‘n vriend van my, wie se kanker vir 'n derde keer teruggekeer het, gesels. Sy aggressiewe kanker was hierdie keer erger; dit het groot verleentheid veroorsaak deur 'n paar onaangename en skrikwekkende fisiologiese simptome. Vrees vir die dood het hom 24 uur per dag soos 'n donker wolk omhul.Hy is in sy middel-sestigs, en volgens die wet van gemiddeldes, kan hy verwag om nog twintig jaar of so te leef. En hy weet dat God hom kan genees, maar sal Hy? Daardie onsekerheid is allesoorheersend.Ek weet wat jy dink: "Berni, hoekom praat jy hieroor, net een week voor Kersfees?" Dis ‘n goeie vraag. My antwoord is: want dit was daardie soort vrees, daardie onsekerheid oor hulle lewens wat Maria en Josef beetgepak het kort nadat Jesus – die Verlosser van die wêreld – gebore is.Matteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”Nadat hulle gevlug het, het Herodes alle seuntjies onder die ouderdom van twee jaar, in en om Betlehem, laat doodmaak. Hy wou Jesus dood hê, nog voordat Hy kon praat.Jesus was van die begin af in lewensgevaar. En ons weet dat Hy leweloos aan 'n kruis moes hang, voordat Hy weer in heerlikheid opgestaan het.Maar God weet hoe jy voel wanneer jy in doodsgevaar verkeer. Hy het dit beleef en Hy is nou saam met jou in jou situasie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textLukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Enige vrou wat al ooit geboorte gegee het, weet dat dit ‘n pynlike en emosionele ervaring is om 'n nuwe lewe in hierdie wêreld te bring. En hoewel God vroeg reeds vir Adam en Eva sy rede daarvoor gee, maak dit die proses nie makliker nie.Die meeste mense, ken die storie van die fees wat ons op die 25ste Desember vier. Of hulle dit glo of nie, is ‘n ander saak. Maar hulle het beslis gehoor dat God na bewering menslike vorm aangeneem het, toe Hy meer as tweeduisend jaar gelede in 'n stal in Bethlehem gebore is. En hoewel Kersfees deesdae hoofsaaklik in 'n groot kommersiële uitbuiting verander het, is daardie wonderlike waarheid steeds, vir ons wat glo, ‘n werklikheid.Miskien het jy al dikwels Kersfees gevier. Jy ken die storie al te goed; jy het miskien al dikwels die Kersliedere gesing, en miskien het hierdie wonderlike waarheid van Christus se geboorte net 'n bietjie te veel van ‘n tradisie geword. Maar my vriend, staan asseblief terug en kyk weer na hierdie waarheid – dat dié God wat die heelal geskep het, wat dit alles vir sy eie glorie instandhou, gekies het om 'n mens te word. Is dit nie opwindend en verruklik nie? As ons mooi na die omstandighede van Jesus se geboorte kyk, word dit heeltemal merkwaardig. Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Jesus Christus, ons Here, is nie in ‘n koninklike paleis in gemak of glans gebore nie, maar in 'n stal. Dink vir een oomblik terug aan die ware omstandighede; dit, wat vir jare al as ‘n romantiese Kerskaartjie-toneel uitgebeeld word. Ek wonder hoeveel mense, selfs 2 000 jaar gelede, in stalle gebore is? Ja, die Koning van konings het as 'n gewone burger na die aarde gekom ... vir gewone mense soos ek en jy, om ons te red, om ons lewens vir ewig te transformeer. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textLukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” Tel jy ook die dae? Net tien dae tot Kersfees. Soveel om gereed te kry, soveel om afgehandel te kry... Of is jy dalk een van daardie mense wat hul Kersinkopies tot op die laaste oomblik uitstel? Hoe lyk dit - hoekom verbaas jy jouself nie vanjaar en begin liewer vroegtydig beplan voordat dit ‘n gejaag afgee nie..Kersfees kan vir party mense 'n uiters ontwrigtende tyd wees en vir ander ‘n wonderlik betekenisvolle tyd. Dit hang af van wat jou omstandighede is, waar jy woon en hoe jy dit hierdie jaar gaan vier. Dis miskien vir jou ‘n omwenteling van jou daaglikse roetine, maar daardie afwagting en voorbereiding het die potensiaal om groot seën te bring.As dit op een of ander manier jou aanloop tot Kersfees beskryf, kom ons kyk wat Maria soveel jare gelede, in hierdie tyd moes beleef het:Lukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”Nouja, dis vir ons baie lekkerder om op die tweede helfte van daardie bekende vers te fokus; die deel wat vertel dat die Seun van God na hierdie wêreld sal kom vir jou en vir my. Dis mos sensasionele nuus! Maar kan jy dink watter onverwagte ontwrigting dit in Maria se lewe sou veroorsaak? Hier ontvang sy die nuus van ‘n skandelike, onbeplande, ongehude swangerskap...Miskien beleef jy spanning in hierdie laaste paar dae ter voorbereiding van Kersfees. Miskien word jou lewe ook ontwrig. Miskien is dinge nie heeltemal so gemaklik nie. Maar so dikwels doen God sy magtigste werk wanneer dinge ongemaklik en ongerieflik lyk. Maar onthou die goeie nuus: Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Wat Verwag Jy Van Kersfees? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Jesus vra steeds: “Verstaan julle?”. Dit is ʼn vraag wat groei en diepte van elke gelowige eis. Hierdie is die laaste ToekomsVenster-oordenking vir 2025. Nuwe oordenkings sal vanaf Maandag 12 Januarie 2026 beskikbaar wees. Geseënde Kersfees en voorspoed vir die Nuwejaar.
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Waarvoor help kaneel — 'n gewilde Kersfees-spesery — volgens navorsing om natuurlik te stabiliseer? >Crohn's and Colitis Awareness Week >16 Days of Activism >Gesprek met Taleen Heath – oor 16 Days of Activism >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week
In hierdie inspirerende episode gesels Adri-Marie van Heerden oor die vier kernwaardes van Advent: hoop, vrede, vreugde en liefde. Advent, die voorbereidingseisoen vir Kersfees, begin die vierde Sondag voor Kersdag en bring elke week 'n nuwe fokus en betekenis. Adri-Marie deel insiggewende tekste, idees en geestelike perspektiewe om luisteraars te help om elke tema op 'n dieper en meer betekenisvolle manier te beleef. Hierdie episode is ideaal vir enigiemand wat die Adventstyd met groter bewustheid, refleksie en geloofsdiepte wil vier.
Ruhan du Toit en Corlea Botha oor 'Op Pad Na Kersfees'.
SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike bedreigings. Hy sê dis al bewys dat lugoperasies suksesvol is wanneer daar baie besoekers is soos tydens Paasfees, Kersfees en Nuwejaar:
Manchester United se mede-eienaar, Jim Ratcliffe, sê die klub se geld sou teen Kersfees op gewees het as maatreëls nie ingestel is nie. 'n Styging in sommige kaartjiepryse in die middel van die seisoen, wat onder-16s en pensioenarisse raak, en honderde werknemers wat afgedank is, is onder die maatreëls wat die klub getref het en wat gekritiseer is. Ratcliffe het aan BBC Sport gesê sy missie is om United die wêreld se mees winsgewende klub te maak en om dit te doen, moes moeilike besluite geneem word:
Die Gautengse Departement van Gesondheid en Welstand het bevestig onder die 387 babas wat op Nuwejaarsdag gebore is, was daar 31 tieners tussen die ouderdomme van 15 en 19 wat geboorte geskenk het in die onderskeie staatsgesondheidsgeriewe. Die woordvoerder, Motalatale Modiba lig ook uit dat 780 babas tussen Kersfees en Nuwejaar in Gauteng gebore is. Hy spreek kommer uit oor die toename in tienerswangerskappe, en beklemtoon die belangrikheid van opvoedkundige bewustheid van seksuele voortplanting:
Tussen 24 en 29 Desember is ses selfmoorde aangemeld in die land. Selfmoord is 'n voortslepende probleem in Namibië en het epidemiese proporsies bereik. Teen Oktober vanjaar het die gesondheidsministerie 679 selfmoordgevalle aangemeld vir die jaar – net meer as twee gevalle daagliks. Van die was 559 mans en 91 vroue. Onder die 29 kinders wat selfmoord gepleeg het, was 18 seuns. Die bekende maatskaplike aktivis Zack Itodo sê geliefdes moet na vore tree.
Die Namibiese Polisiemag het 'n verdrinking in die Otjozondjupa-streek in die Kersfees misdaadverslag gerapporteer, asook twee verdrinkings in die Kavangorivier net voor Kersfees. Die 17-jarige Festus Lawrens de Bruin het op die middag van 26 Desember by die Otjiwa Lodge verdrink terwyl hy in 'n groot waterpoel geswem het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Percy Openshaw van Crisis Emergency and Response Services, wat wenke oor waterveiligheid gee.
Debt Rescue se jongste opname oor finansiële nood het aan die lig gebring talle Suid-Afrikaanse huishoudings sal moontlik nie die feestyd kan geniet nie. Baie verbruikers het hierdie jaar uitdagend gevind omdat hulle worstel met groot bekostigbaarheidsbeperkings. Die uitvoerende hoof van Debt Rescue, Neil Roets, het aan SABC News gesê baie mense kies om hul Kersbesteding te verminder om verdere finansiële probleme in die nuwe jaar te verhoed.
Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kerfees, die koms van Jesus Christus, in gedagte hou. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by plaaslike pastoor Brian Philander. wat 'n boodskap van hoop en liefde deel.
Namibiërs wat hulle Kersfees en vakansie in die hoofstad spandeer hoef nie verveeld te word nie, want die Stad Windhoek het seker gemaak hulle het plek om te ontspan. Harold Akwenye, die Stad se korporatiewe bestuurder vir kommunikasie, sê hulle het hard gewerk om parke vir die gemeenskap in die hoofstad op te knap vir die feesseisoen. Akwenye het meer.
Die bekende Namibiese musikant Gazza, regte naam Lazarus Shiimi, wens alle Kosmos 94.1-luisteraars 'n geseënde Kersfees toe. Hy moedig almal aan om verantwoordelik fees te vier.
Die land se paaie is steeds uiters besig met duisende mense wat reis om tyd saam met hul geliefdes deur te bring. Wetstoepassingsagentskappe doen 'n beroep op motoriste om by die padveiligheidsreëls te bly. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en wens alle Namibiërs 'n veilige feesseisoen en nuwe jaar toe.
Boodskappe van welwillendheid stroom in soos die Kersseisoen ontvou. Ongwediva burgemeester Tarah Shanyefu het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om minderbevoorregtes in gedagte te hou in hierdie tyd van feesviering. Hy doen 'n beroep op die publiek om liefde te versprei en vriendelikheid te betoon aan behoeftiges, en om te verseker dat niemand tydens die vakansie agterbly nie. Shanyefu vra ook dat almal veilig bly terwyl hulle tyd saam met familie en vriende geniet.
In hierdie week se AMT Namibiese Weer-oorsig, geborg deur Kosmos 94.1, bespreek die landbouweerkundige Johan van den Berg die moontlikheid van 'n nat Kersfees vir dele van Namibië. Hy beklemtoon ook dat verbeterde weerstoestande van Januarie tot Maart verwag word. Intussen sê Landwater Tropiese sikloon Chido tans net oos van die suidelike deel van die vasteland het 'n wesenlike kans om goeie neerslae na Namibië te bring met goeid donderstorm-ontwikkeling oor Suid-Afrika én Namibië, en 'n smal kanaal deur Botswana.
Die inwyding van die nuwe Reho Spa in Rehoboth is uitgestel weens onvoorsiene omstandighede. Rehoboth burgemeester Justin Coetzee is egter opgewonde oor die Kersfees-skou môre, wat ook die Rehoboth dorpsraad se laaste geleentheid van die jaar is. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en moedig plaaslike entrepreneurs aan om van die skou gebruik te maak om hul produkte ten toon te stel en geld te maak tydens die feesgeleentheid.
Die gesinne van die Suid-Afrikaanse ingenieurs Frik Potgieter en Peter Huxham pleit by die regering van Ekwatoriaal-Guinee om hulle voor Kersfees vry te laat. Die Verenigde Nasies beskryf hulle aanhouding as arbitrêr en onwettig, terwyl gesinne smeek om deernis aangesien hul vrylating hierdie feestyd hoop en genesing sal bring. Woordvoerder Francois Nigrini vertrou hulle sal hierdie Kersfees weer bymekaar wees na twee jaar se skeiding.
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië, NamBTS, bied Saterdag die laaste Saterdagklinieke vir die jaar aan en moedig mense aan om te skenk in die aanloop tot Kersfees. Huidige bloedvoorraadvlakke is op hul laagste sedert 2020, met slegs vier dae se voorraad oor. Dit sal na verwagting in die komende weke aansienlik daal, wat dalk 'n tekort kan veroorsaak. NamBTS doen 'n beroep op alle bloedskenkers om te help, met die finale klinieke wat in Windhoek, Walvisbaai, Okahandja en Ongwediva aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frieda Vatileni-Asino, die diens se onderwysbeampte.
Diewe in die noorde van Engeland het verdwyn met 'n voertuig met 2 500 pasteie, ter waarde van meer as 570 000 Namibiese dollar. Die Michelin-ster-sjef, Tommy Banks, sê die pasteie was gelaai en gereed om by die York Kersmark afgelewer te word. Hy het per video 'n boodskap aan die diewe gestuur en gesê hulle sal nie die pasteie kan verkoop nie aangesien sy handelsmerk daarop is. Hy het hulle toe gevra om in die gees van Kersfees die regte ding te doen...
Namibia Breweries Limited en Unam het samewerking begin om verantwoordelike drankgebruik onder studente te bevorder. Die inisiatief sluit in interaktiewe werkswinkels, seminare en veldtogte by sleutelstudentegeleenthede. Die projek is by Unam se “Kersfees in Oktober”-geleentheid van stapel gestuur en opleidingsessies vir 200 portuuropvoeders sal in Desember begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Surihe Gaomas-Guchu, die brouerye se woordvoerder, wat meer het.
Die organisasie bied tans sy jaarlikse fondsinsameling aan met die titel “Kersfees in Julie,” wat op 20 Augustus eindig. Leoni Futter, die volhoubaarheidsdirekteur, gee meer inligting.
Die jaar 2023 was uitdagend, maar kom nou vinnig tot 'n einde. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, wens Namibiërs 'n geseënde Kersfees toe en sterkte vir die res van die jaar. Hy hoop dat almal 'n voorspoedige 2024 sal beleef.
Luister na die kort stukkie!