POPULARITY
Jacques Papenfus van Moeggesukkel en Dr. Roedolf Botha, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Zander gesels oor Diensbaarheid, Roeping en Die Vrug van die Gees. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Pastoor Louie Giglio van Passion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag saam met Charonike gebid. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Marinus Hayes van Every Nation, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor God se lewensdoel vir jou. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Ds Vian Louw van die NG Gemeente Stilbaai, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag saam met Charonike gebid. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Lynette Leibach, Direkteur van Open Doors SA, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor die vervolgde Kerk. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Hugo van Niekerk van Kingdom Global group, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor die vervolgde Kerk. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Susan van der Walt van PEN het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor gebed vir ons stad. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Herman Steynberg van U-Turn het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor gebed vir ons stad. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Emile Raubenheimer van PopUp het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor gebed vir ons stad. Francois Botha sluit ook ons Biddag 2025 met worship en gebed. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Prof Chris de Wet, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Zander gesels oor Dissipelskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Ellen Bekker van Hoërskool Centurion oor hulle betrokkenheid by GROOTfm 90.5 se Biddag.
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
GROOTfm 90.5 kollegas maak hart oop oor antwoord op gebed of selfs nie... Charonike Nel se ma is onlangs aan kanker oorlede. Elrica Smith leef met 'n unieke veltoestand. Anneke Hudd moes haar kind aan die dood afstaan. Anel Kruger deel meer oor haar kankerreis. Elsamé Nel het haar broer as kind verloor, en haar gesin het onder die trauma geswig.
Radioman Martin Bester kuier by GROOTfm 90.5 en vertel ons meer oor twee nuwe enkelsnitte “Bietjie Asseblief” en “Forever Summer”.
Sandra Jacobs, Innibos se Media- en Bemarkingsbestuurder kuier Innibus by GROOTfm 90.5 in Nelspruit.
Lindi Strydom, stigter van GROOTfm 90.5 se #HOOPstoot, gesels met Venita Engelbrecht en Sonet Stofberg oor HOOP! Sy het telefonies ingeskakel al die pad vanaf Somerset Wes, en inspireer ons met Sy Ewige waarheid waarin Sy en ons volhoubare hoop lê.
Annelie gesels met Leraar Christo Venter en Ds. Ivor Swartz oor Eenheid.
Trauma-dokter, Dr Jaco van Niekerk en sy vrou, Esmaralda, en befaamde paramedikus, Xander Loubser, kuier saam met Venita Engelbrecht en Sonet Stofberg, en gesels as deel van die GROOTfm 90.5 GROOT Biddag oor gesondheidsorg.
GROOTfm 90.5 se Algemene Bestuurder, Roelien Potgieter, oor die hart agter die stasie se 24uur Biddag wat op Maandag, 29 April 2024 plaasvind.
Pieter se radioloopbaan het in 2010 by 'n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê. Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het. Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg. In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show' by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie'. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol'-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
SterStatus aanbieder Leigh-Ann Fourie oor Seisoen 5 en die GROOTfm 90.5 uitdaging.
Beskerm jou hart. Dié jaar gesels ons saam oor hoe om jou hart te beskerm. Kom gesels en kuier saam met Nadia Beukes, radio omroeper en motiveringspreker Suné-Chari Sutton, aktrise Christel van den Berg, omroeper Sue Pyler, kasbeplanner en stillis Nadia Potgieter en verloskundige en ginekoloog Dr Sandy Koen. Met spesiale gaste: Komediant Hannes Brümmer en sangeres Deidre Barnard. Die oggend gaan propvol lag, hartsake deel, hoop en bederf wees, ter viering van Vrouwees. Ons vat hande met die Blissful Cleft Foundation om bewusmaking te skep oor Spleet defekte en gebruik graag die geleentheid om geld in te samel om vir nog ‘n kind ‘n vir ewig glimlag te kan skenk. In samewerking met die Atterbury Teater, Atterbury Trust en GROOTfm is die dag spesiaal beplan om saam as vrouens ons harte en menswees te kan vier. Met spesiale dank aan 1659 Wine Estate, Plaaslik, Stephnie's, Rooi Rose, Soek Sonbrille, Trouvaille Boutique Spa, Miekeraai, Whisk Away, Glare Modern Vintage, Nicole's Macaroons, Konfetti Love, One Fine Day, Nova Medical Aesthetics & Lamelle wat reg staan om elkeen te bederf met alles van gekenkpakke tot ‘n in-huis markie, verwelkomingsdrankies en die heerlikste soet en sout bederfies. Moenie die oggend misloop nie! Bespreek julle kaartjies aanlyn by die Atterbury Teater vir 9 Augustus en kom kuier saam om jou hart met liefde te vul en top tips te kry oor hoe om jou hart te beskerm. Deure open reeds 9:30 vir verwelkomingsdrankies en ‘n ligte versnappering wat ingesluit is in jou kaartjie prys.
Ruben Delmage het met Simon Riekert gesels wat regstreeks die Bokke teen Australië se wedstryd gaan uitsaai op GROOTfm 90.5 se app en hulle het ook regstreeks oorgeskakel wimbledon toe om met JL de Jager te gesels oor hoe dit daar gaan. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met sirkulasie en amputasie gehad het, was sy dood ‘n groot en skielike verrassing. Wanda se hart is nog baie seer, en trek tans baie swaar met die dat sy ‘n klein inkomste verdien wat aan haar en veral haar seun se behoeftes moet voorsien. Wanda se man, Craig, het op ‘n dag siekgeword en gekla oor lyfseer. Hulle was dokter toe, waarna die dokter hulle na die hospitaal verwys het. Hulle het nie medies nie, en is na Steve Biko toe. Dinsdagoggend het hulle na die hospitaal vertrek, met hulle seun wat gehelp het om sy pa in die voertuig te laai. Toe hulle by ongevalle arriveer, moes Craig eers ‘n Covid-toets doen. Craig, wat reeds ‘n geamputeerde toon gehad het as gevolg van sy diabetes, het genoem dat hy nie sy bene kan voel nie. Uiteindelik is hy na ‘n lang proses van Covid-vrywaring in ‘n hospitaalkamer in. Hy is gelukkig toe op ‘n bed, maar nog steeds in isolasie as gevolg van ‘n vermoede dat hy aan breinvliesontsteking ly. Die dokters het toe agtergekom dat daar ‘n bloedklont in sy rug in geskiet het. Die dokter het vir Wanda later geskakel en ingelig dat hulle sy ‘gesonde' been gaan amputeer. Hy het na hierdie amputasie septisemia gekry, wat gevolg het op ‘n rooi uitslag op sy vel. Wanda noem dat, toe die septisemia behandel is, dit baie beter gegaan het. Sy sê na 53 dae het sy vir die eerste keer hoop gehad! Maar, dis ongelukkig nie hoe hierdie verhaal eindig nie…GROOTfm 90.5 het gaan kuier.

Gerrie Scheepers gesels oor tuisversorging en deel ook meer GROOTfm 90.5 en Caressa se GROOT versorger-kompetisie.

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil... baie. Saans as niemand my hoor nie, want ek ontstel hul net. Dis meestal van pyn. Na die trane wat my siel skoon was sit ek by Vader se voete, dis waar ek berusting kry. Daai trane genees ook baie ánder dieperliggende emosies waarvan mens nie weet nie. Soooo... Ek is nie altyd so braaf nie! But God.....” Lalie het verlede jaar in ‘n hek-paal vasgeloop, waarna sy na haar been gekyk het, en moes aanskou hoe haar been vir haar ‘gaap' as gevolg van ‘n groot sny wat sy opgedoen het as gevolg van ‘n geroeste paal wat uit die hek uitgesteek het. Haar vriende het haar in die huis ingedra, en sy haar geheue verloor. Vrydagoggend is sy na ‘n dokter toe vir steke, anti-biotika en ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Daardie aand het sy nie geslaap nie, en die volgende dag is sy terug na die dokter toe vir nog ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Met tuiskoms het sy aan die slaap geraak, en haar vriende het haar gelos, sodat sy slaap. Dis hier waar sy in ‘n koma beland het. Haar been het intussen pers geword en blase gevorm. Haar vriende het haar na die hospitaal toe gejaag waar hulle haar op ‘n ventilator gesit het. Dokters het vir haar suster gesê hulle moet haar groet. Lalie kan niks onthou nie. Die dokters het met haar suster meegedeel dat sy ‘n vleisetende bakterie opgetel het en dat hulle dadelik haar been moet amputeer. Lalie het in Januarie vanjaar begin spaar vir prostese. Sy sê sy is iemand wat nie kan stilsit nie, en sonder ‘n been, is die vooruitsig van beweging waaraan sy gewoond is, ondraaglik. Min wetend, dat die fondse wat sy so proaktief bymekaarmaak sou gebruik word vir nog ses amputasies… Na aanleiding van ‘n hulpkreet gerig deur ‘n baie goeie vriendin, Petra Nortje, het GROOTfm 90.5 gaan kuier…

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir sy eksamen leer…Ashleigh van Dyk het ‘n hulpkreet aan ons gerig nadat haar man, Etienne, nie net sy werk tydens Covid verloor het nie, maar sy eie besigheid moes prysgee nadat hy twee beroertes gely het. Ashleigh van Dyk, haar man Etienne, hulle seun Owen, skoonma en Ashleigh se ma is in nood gedompel. Ettiene, wat die broodwinner was, vat elke dag stap vir stap in sy pad na genesing na hy in September-maand vier beroertes gely het. Hulle mediese onkostes strek bo R90 000, maar hulle het ‘n dak bo hul koppe. Vyf mense is afhanklik van hierdie veilige vesting, en hulle huur is ook agterstallig. Ettiene het al baie vordering getoon, en loop nie meer met sy kierie nie. Dokters-verslae toon ook geen tekens van brein- of permanente skade nie, alhoewel hy weer van voor af moet leer loop en praat. Hulle ontdek ook vier bloedklonte. Ons is dankbaar vir Ashleigh se inkomste, wat skaars die maandelikse elektrisiteit en kruideniersware kan dek. Sy is moeg en moedeloos, maar verklaar die heeltyd dat “die Here in beheer is”. Hulle gesin is ‘n gelukkige gesin, en hulle besef die pad na genesing en herstel is nog lank. Hulle is dankbaar vir mekaar, vir elke mens wat deelvorm van hulle ondersteuningsnetwerk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe' nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en dogter. Morelife het op die jong ouderdom van 22 ‘n groot besluit gemaak, ten koste van homself, en ter wille van sy vrou en kind, en homself besig gehou met los werkies, en elke sent wat hy verdien het, huis toe gestuur. Een aand, toe hy die geleentheid gehad het om nog geld te verdien, deur geld op die spel te sit tydens ‘n snooker-meedinging, het sy lewe drasties verander. Voordat ons ‘n oordeel vel oor die woord, taverne of ‘shebeen', kom ons dink aan hoeveel keer ek en jy ‘n bedrag op ‘n ‘ooreenkoms' gesit het. Morelife het die spel gewen, en voor hy sy wenprys kon neem, is hy met ‘n baksteen oor die kop geslaan, en met ‘n mes gesteek. GROOTfm 90.5 het binne-in die hartjie van die informele nedersetting, Plastic View, gaan kuier. Ons glo in ‘n Magtige God, wat wonderwerke kan verrig. Ons besef opnuut dat geweld, en swaarkry, en armoede nie ‘n ‘race' ding is nie, maar ‘n ‘human race' ding. Mag ons, wat EEN Vader het, EEN Hemelse en Waardige Koning, al Sy kinders eerbiedig, liefhê en dien – soos wat Hy doen. Mag ons opnuut bewus wees van die Grootheid van Sy liefde en genade, en besef dat ons verantwoordelikheid om ‘n verskil te maak, nie grense het nie. Morelife het ‘n nuwe vertrekpunt. Ons is dankbaar vir Operation Healing Hands se Dr Helene Basson, wat Morelife wil sien vir ‘n konsultasie. Vir SPAR wat ons die geleentheid gegee het om vir Ezekiël te kon Seën met ‘n geskenkbewys om vir Morelife te sorg met kos. Mag sy vooruitsig weer dit word. ‘n Vooruitsig van ‘n beter lewe vir hom, sy vrou en hulle pragtige kind. Ons vertrou en hoop en glo saam met jou, Morelife! En ons hou die goeie nuus dop! As iemand Morelife en sy familie kan ondersteun met kos, asb stuur ‘n epos na info@grootfm.co.za.

Wat ‘n voorreg om julle voor te stel aan besonderse mense. Mamma Lisa, Pappa Kobus, Sussie Zaskia en Boetie Zavian! Daar is soveel vreugde en liefde in hierdie huis en tussen hierdie huisgesin, maar, hiermee saam is daar ook bekommernisse. Die groot bekommernis oor wanneer dit hulle seuntjie, Zavian, net meer as een-jaar oud, se laaste dag saam met hulle is. Alhoewel hierdie bekommernis nie gesag dra nie, is dit onvermydelik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Zavian Ainslie is gebore op 16 Julie 2021 met ‘n hart-kwaal wat bekendstaan as Tricuspid Valve Atresia en PDA. Dit beteken dat die klep tussen die twee regterkantste hartkamers het nie ontwikkel nie. Hy het ‘n gat in sy hart, wat eintlik ironies genoeg sy lewe gered het. Genevieve Ellis, Mamma Lisa se Ma, het verlede jaar ‘n versoek aan ons gerig om te help met finansiering vir ‘n hartoperasie, wat ongeveer R 348,333.32 sou kos. Lisa en Pappa Kobus het ongelukkig eers na Zavian se geboorte by ‘n mediese fonds aangesluit, wat beteken het dat die fonds nie hierdie operasie goedgekeur het nie. Die oggend van die 16de Julie, wat veronderstel was om ‘n vreugde- en vredevolle ervaring moes wees, het in ‘n geweldige traumatiese oomblik ontaard. Nadat Zavian gebore is, was hy nie dadelik by sy mamma, Lisa nie. Lisa sê sy het gewonder wat aangaan, en toe Pappa Kobus by die kamer instap, het sy geweet iets is fout. Sy het vir Zavian eers die volgende dag in die Intensiewe Sorgeenheid gesien, vol pypies – ‘n prentjie wat nog vlak in Lisa se geheue lê. Lisa en Kobus besoek elke twee maande die hartspesialis om Zavian se vordering dop te hou. In April vanjaar het hulle weer ‘n besoek afgelê, en die nuus ontvang dat dokters niks meer vir Zavian kan doen nie. In die presiese woorde: “Zavian is not a candidate for further operations.” Hierdie weerlose, liefdevolle ouers het gehoor dat sy suurstof gaan minder word, en dat hulle elke oomlik met hom moet geniet. Dit kan weke tot maande wees, óf hy kan lewe tot op die ouderdom van 7-10 jaar. Zavian se suurstoftelling tydens die laaste ondersoek en besoek was 75% - dieselfde as twee maande terug. Mamma Lisa en Pappa Kobus is baie dankbaar vir die stabilisering van sy suurstofinhoud, en bid dat dit so sal bly. Sy ouers, saam met sy sussie, Zaskia, is onbeskryflik lief vir hom, en dankbaar vir hulle familie en ondersteuningsnetwerk wat vir hulle so baie beteken. Lisa en Kobus werk albei voldag, om al hulle onkostes ted ek. Hulle fokus op sy gesondheid, en verklaar daagliks dat hy veel ouers as 10 jaar gaan word. Hulle koester elke oomblik en geleentheid saam, en is gerig daarop om soveel moontlike herinneringe te kweek terwyl hulle saam is. Hulle grootste wens is om Zavian se voete in die seesand te sit en te sien! Ons weet hulle smag na geleenthede om herinneringe te kweek, en, het ons het vir Rynard en Therien, ons goeie vriende van ATKV Oorde, vertel van die gesin se behoefte. Hulle Seën graag vir Lisa, Kobus, Zaskia en Zavian met vier nagte se verblyf by ATKV Klein Kariba vir juis daardie herinneringe. Ons is dankbaar dat ons ook vir hulle, met behulp van SPAR, ‘n R1 500-geskenkbewys kon gee en ‘n R500 brandstof-geskenkbewys. Ons weet dat geen prognose of diagnose, geen aardse voorspelling of vooruitsig ons Vader se almag, Sy gesag, en Sy genesingskrag oorheers nie. Ons beaam en verklaar die volgende woorde van Leeland in hulle liedjie, ‘Waymaker', wat lees: “You are, Waymaker, miracle worker, promise keeper, light in the darkness! You are here, touching every heart, healing every heart, turning lives around, mending every heart.” En wat ‘n voorreg om as GROOT-familie en GEEmeenskap ook nou deel van jou ondersteuningsnetwerk te kan wees, wat saam glo, hoop, vertrou en verklaar!

Tannie Charmaine le Roux sien tans om na vyf bejaardes wat met kanker gediagnoseer is, wat op hulle sterfbed lê. Dis nie net wat sy doen nie, dis haar hart! Mens sal dink daar is nie meer plek in die huis of onder haar versorging nie. Maar, met Tannie Charmaine is daar is altyd plek vir nog iemand. Hierdie iemand is Sharon Victor en haar drie kinders – Caitlyn, Luane en Kyle. GROOTfm 90.5 het ‘n epos ontvang van iemand wat Sharon as haar ander ma beskou, en, in hierdie epos het (óók) Charmain vir ons gevra om by die gesin in te loer. Ons het gaan kuier. Tannie Charmaine, by wie Sharon en haar drie kinders tans woon, praat met baie lof oor Sharon. Sy is hardwerkend, sagmoedig en ‘n besonderse mamma vir haar kinders. Elke oggend stap sy saam met al drie haar kinders skool toe, skole wat baie ver van mekaar af geleë is. Nadat Sharon die kinders veilig by die skool gekry het, meld sy aan by ‘n restaurant in Pretoria-Noord waar sy ‘n inkomste verdies as ‘n karwag. Haar grootste wens is dat haar kinders se lewe anders sal lyk as hare. Alhoewel sy sê dat sy nie haar lewe anders sou wou hê nie, as gevolg van haar kinders. Sharon is gekwalifiseerd om vir ‘n sekuriteitsmaatskappy te werk, en hoop vir ‘n eerbare werk en ‘n standvastige inkomste. Haar wil is ongetwyfeld daar. Hierdie mamma sal enigiets doen om haar kinders te beskerm, aan hulle te voorsien, en aan hulle ‘n beter lewe as nou te kan gee. Sharon se boodskap aan iemand wat deur dieselfde teëspoed gaan, is om aan te hou glo en hoop, en dat daar mense is wat deur Hom gestuur word om te help. Kos, ‘n yskas, klere vir die kinders en ‘n wasmasjien is tans haar grootste behoeftes. Bo alles, ‘n volhoubare werk. Sy smag daarna om weer op haar voete te kom, op hierdie stadium met behulp van die engelvlerke van Tannie Charmaine.

Katrien en GROOTfm 90.5 gesels reeds van verlede jaar af…Katrien se hulpkreet se titel was: ‘Geen geld net ‘n ENGIN vir ons Bakkie'. Katrien en Rudi is in ‘n diep gat. Verlede jaar, met ‘n kuier by Rudi se ma in Vanderbijlpark, het ‘n groot deel van hulle inkomste weggeval toe die enjin van hulle voertuig breek. Rudi het nie net vullisverwydering gedoen vir hulle eie brood en botter nie, maar ook vir ‘n man wat op straat woon vir wie julle ‘n werkie kon bied. Katrien en Rudi is al ‘n wyle in hierdie gat. Rudi is verlede jaar Februarie afgelas as gevolg van Covid-19, maar, was daarna proaktief toe hy begin met die vullisverwydering. Sonder ‘n voertuig, is dit nie meer moontlik nie. Na die uitstuur van ‘n magdom CV's om vir Rudi ‘n nuwe werk te kry, en geen reaksie nie, sit hulle met hulle hande in hulle hare, met bekommernisse, maar ook met hoop. Dis min, maar dis daar! Ja, soms is dit maklik om te sê dat iemand ‘n plan moet maak en moet proaktief wees. Maar soms, het iemand net ‘n HOOPstoot nodig, ‘n vertrekpunt na ‘n volgende hoofstuk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier.

Dit gaan bitter swaar met Mari en Drikus van der Merwe. Dis asof hulle omstandighede net te veel en te groot geraak het. Hulle wil opgee, maar ons weet, soos in Romeine 5:3 - 5 staan, “dat swaarkry volharding kweek, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie.” Want, dis presies wat hulle het. Hoop. Madeleen se epos lees as volg: “Ek rig die verdien namens ‘n dierbare vriendin en oud-kollega – Mari en Drikus Van Merwe.Mari is ‘n gekwalifiseerde kleuterskool juffrou wat haar werk voor Covid al verloor het weens velkanker wat by haar gediagnoseer is. Weens die feit dat hul geen medies het nie en afhanklik is van staatsbehandeling, en die feit dat sy ‘n diabeet is, het sy haar voet verloor. Haar man, wat ook sukkel om werk te kry, probeer maar om die pot aan die kook te hou deur privaat werke te doen. Sy het aansoek gedoen vir Sassa, maar is afgekeur want volgens die owerhede, kan sy ‘n ‘sittende werk' kry. Op die oomblik gaan dit vreeslik sleg by hulle. Albei het geen inkomste, geen vervoer, geen kos en is uitgesit uit hul plek weens agterstallige huur. Geen noodsaaklike medikasie of voedsame kos het nou sy tol begin eis.” Haar WhatsApp status het die oggend van ons kuier gesê: "Here sit asb iemand op ons pad.... Ons het regtig hulp nodig ek bid uit my hart uit". Na aanleiding van ‘n vriendin en oud-kollega, Madeleen, het GROOTfm 90.5 gaan kuier om hulle te help met ‘n #HOOPstoot.

Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers. Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kaylea, een van die tweeling het begin siek voel. Sy was moeg en het hoofpyn begin kry. Sy het laat middag saam met haar sussie en boetie geswem toe sy ‘n “aanval” kry in die swembad. Gelukkig het sy haar “life jacket” aangehad. Sy was lam, kon glad nie beweeg nie en haar regter been het styf getrek. Mamma Deolien neem haar toe dadelik na ongevalle toe, waar sy opgeneem word. Die Pediater doen toetse, MRI en ‘n “Lumber Puncture”. Die MRI-verslag wys konvulsie, en dat die linkerkant van haar brein geswel is. Na al die toetse kan die Pediaters nog steeds nie vasstel wat fout is met haar nie, alhoewel haar diagnose dui op ‘n Neurologiese immuunsiekte is (ADEM), “Optic Neoritis”. Sy word tans behandel met onder andere sterk kortisoon. Haar lyfie en gemoed het drasties verander. In Junie 2022 het Kaylyn die ander tweeling-sussie begin hoofpyn kry en bewe. Die Neurologiese Pediater bevestig dat Kaylyn dieselfde simptone toon as Kaylea. Haar diagnose is gedeeltelik ook “Optic Neuritis”. Hulle beweer dis geneties. Die tweeling se diagnose is steeds onbekend, en blyk dit neurologies van aard is. Die toestand val hulle ogies aan, en kan die tweeling blind word indien daar nie spoedig ‘n diagnose gemaak word nie. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…

Janie Denyssen het vir ons ‘n epos gestuur om haar vriendin en kollega, Marietjie van Wyk, met agterstallige skuld te help. Sy het haar oorlede broer se seun, HO, aangeneem en is hy vir die afgelope 10 jaar in haar en die Oord PV3 se sorg. By die Oord, saam met ander mense wat soos HO, met Down's Sindroom gediagnoseer is, kan hy homself wees. Die oord, waarvoor Marietjie ontsaglik dankbaar is, kos maandeliks baie duur. Marietjie, wat ook intussen afgetree het, sukkel om dit te bekostig. ‘n Paar weke gelede het ons die nuus gehoor dat HO oorlede is. Nie net is Marietjie se hart aan't skerwe as gevolg van hierdie verlies nie, maar hang die agterstallige skuld swaar oor haar kop. Sy probeer haar beste om by die betalings te bly, want soos sy sê, ‘doen sy dit vir die ander mense wat nog daar bly en ook die hulp nodig het'. Marietjie het intussen ‘n derde van haar pensioen onttrek om ‘n groot gedeelte van die agterstallige bedrag te delf. Sy skuld nog R60 000. GROOTfm 90.5 het gaan inloer om Marietjie te vertroos en haar storie te hoor…

Ons het ‘n epos ontvang wat lees: “Ek het net weereens die naweek besef hoe bevoorreg ons is. My seuntjie se maatjie, Llewelyn, het die naweek by hom kom speel. Dit was die maatjie se eerste keer wat hy genooi was om by iemand te kom speel en die seuntjie en sy gesin het in my hart in geklim. Mamma noem dat maatjies hom nie nooi nie omrede hy 'n spraak agterstand het en die maatjies hom nie verstaan nie. Sy mamma, Ann, is moedeloos en het nie die nodige finansies vir 'n konsultasie by 'n opvoedkundige sielkundige om te bepaal of hy medikasie nodig het of wat hy nodig het om sy skooljaar te kan voltooi nie. Haar bekommernisse rakende ‘n spesiale skool vir Llewelyn raak ook meer aangesien hierdie skole in die algemeen min tot geen subsidie bied.” GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Llewelyn se pappa, Pieter, was 'n paar jaar terug in motorfiets-ongeluk waartydens 'n gedeelte van sy linkerkant verlam gelaat is. Hy is ook tydens die inperking ontslaan van die werk. Hy het in tussen werk gekry in Midrand, maar toe ry 'n dame in hom vas en omrede hulle alreeds met finansiële uitdagings gelaat is het hulle nie versekering nie en dus word hul enigste kar afgeskryf. Die kar staan tans in hulle erf en leen hul 'n familielid se kar. Mamma Ann probeer sover moontlik proaktief wees om vir haar gesin te sorg en aan hulle behoeftes te voorsien. Sy is dankbaar vir haar werk, waar sy kort-kort moet geld leen om kop bo water te hou.

In this episode we listen to an interview between Doepie from GrootFM and Dr Richard Botha, CEO of Novaseek about Success and Leadership. If you enjoy the podcast and you'd like to subscribe to getting more information from us. please go to https://www.novaseek.co.za/subscribe/
In hierdie episode luister ons na 'n onderhoud tussen Annelie Bouwer van GrootFM en Dr Richard Botha oor sukses.Vir meer inligting oor Novaseek besoek: www.novaseek.co.za