AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.
AfriForum het verlede jaar kort voor die nasionale verkiesing 'n memorandumvan verstandhouding met die Tshwane-metro onderteken. Die koalisieregering onderdie DA is egter intussen uit die kussings gelig. 'n Stap wat dié ooreenkoms ingedrang gebring het. Die nuwe burgemeester het egter sedertdien aan AfriForumdie versekering gegee dat dié samewerking sal voortgaan.
Die Tshwane-metro beplan om op 1 Julie 2025 'n omstrede stadsreinigingsheffing in te stel. Hiervolgens sal inwoners wat nie van die stad se vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie, bykans R200 per maand moet opdok om selfs meer tot die metro se begroting by te dra. Arno Roodt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid, gesels in hierdie episode van AfriPod oor hierdie heffing en hoe die metro eerder op alternatiewe wyses die begroting kan laat klop.
'n Vriendskap van 160 jaar tussen Afrikaners en die Seleka Barolong van Thaba Nchu is onlangs gevier. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, gesels in hierdie episode van AfriPod oor dié besonderse verhouding tussen hierdie twee kultuurgemeenskappe.
Die aansoek om 'n vuurwapenlisensie kan 'n gekompliseerder proses word as 'n mens nie weet waarom te begin nie. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe die aansoekproses werk en gee wenke oor wat 'n mens tydens die aansoekproses moet en liefs nie moet doen nie.
Sedert die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aangekondig is bly dié stuk wetgewing 'n warmpatat vir die regering. In hierdie episode van AfriPod verduidelik Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, hoe die NGV gewone burgers kan raak.
AfriForum het kommentaar ingedien op die Wetsontwerp opTradisionele en Khoi-San-leierskap en 'n brief is ook aan die minister van Samewerkende Regering en TradisioneleSake gestuur waarin 'n beroep gedoen word om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, vertel in hierdie episode meer hieroor.
Daar is nog baie onduidelikheid rakende die nuwe Onteieningswet. Rindt Pretorius, regs- en risikobeampte by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe dié wetgewing Jan Alleman kan raak.
Die Desember-vakansie is net om die draai en of jy nou weggaan of met Jan Tuisbly se karretjie ry, AfriForumTV het iets vir jou. Shinelle Brewis, koördineerder by AfriForumTV, gesels vandag oor hoe AfriForumTV werk en oor van die programme wat op hierdie platform gekyk kan word. Dis boonop gratis om in te teken!
AfriForum het 'n vakansiegids aanlyn beskikbaar gemaak met veiligheidswenke vir die vakansietyd. In hierdie episode van AfriPod gesels Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, oor die inhoud van die gids en werp die kollig op 'n paar eenvoudige wenke om veiligheid by die huis of op die paaie te verskerp. Laai die gids hier af.
Vuurwapens wat in 'n boedel agtergelaat word kan maklik in 'n tameletjie ontaard as die regte prosedure nie gevolg word nie. Daar was selfs onlangs gevalle waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens vuurwapens summier gaan afneem het. Daar is egter stappe wat gedoen kan word om persone te beskerm wat vuurwapens erf of in besit is daarvan ná iemand afgesterf het. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod wat gedoen kan word om binne die raamwerk van die wet bly.
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette oftewel die Bela-wet hou 'n groot bedreiging in vir moedertaalonderrig en skole se taal- en toelatingsvereistes. Die Solidariteit Beweging hou op 5 November 'n vreedsame protesoptog oor dié wet om die organisasie en duisende ander mense se teenkanting te wys. Carina Bester gesels met Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, oor hierdie wet, waarom moedertaalonderrig belangrik is en oor die grootste protesoptog van die jaar.
Sluit aan by Katinka Oosthuizen in Platsak tot stinkryk op 'n opwindende reis deur Suid-Afrika! Sy ontdek die land se buitengewone toeriste-ervarings, van die goedkoopste na die mees luukse. Ervaar alles, van bekostigbare treinritte en unieke klein verblyfplekke, tot die luukse Rovos Rail en die weelderige verblyf by Sun City. Kom saam op hierdie onvergeetlike avontuur en ontdek Suid-Afrika op sy beste – van platsak tot stinkryk! Dié reeks kan vanaf 17 Oktober op AfriForumTV gekyk word.
In aanloop tot die verkiesing is migrasie een van die kwessies wat heelwat aandag geniet. Van die kandidate maak uitlatings wat gevaarlik na aan xenofobie klink, terwyl ander Suid-Afrikaners frustrasies met die land se swak grensbeheer verwoord.
Die vraag ontstaan nou hoe ver die land se grootste partye sal gaan om mag te behou of te bekom? Sal daar wel 'n sogenaamde “oordeelsdag-koalisie” tussen die ANC, EFF en oudpres. Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe (MK)-party wees? Of erger, sal die DA 'n koalisie met die ANC aanknoop om die voorgenoemde koalisie te verhoed?
Wat is in 'n pleknaam? Dit hang af wie jy vra. Vir party is 'n pleknaam ook die geskiedenis van die betrokke plek. Dit is die mense wat was, is en nog gaan wees – hoe mooi of lelik dit ook al dalk mag wees. Vir ander is dit sinoniem met onderdrukking en uitsluiting. Hoe dit ook al sy, 'n pleknaam kan nie net lukraak verander word omdat party mense daardeur geaffronteer voel nie.
Politici in Suid-Afrika kan nie net doen wat hulle wil nie – nie hééltemal nie. Elke politikus, hoe magtig en korrup ook al, se dade word beperk deur gewone indiwidue en gemeenskappe se optrede.
Hierdie week se nuuskommentaar is saamgestel en voorgelees deur Carina Bester.
AfriForum bied op 25 Julie 'n onderwysekspo by die AfriForum Teater aan. Dit is 'n gratis geleentheid waartydens AfriForum ook twee gidse gaan bekendstel wat unieke oplossings bied vir die unieke uitdagings wat skole in die gesig staar. Chanté Kelder het met Alana Bailey, Marnus Kamfer en Jacques Broodryk hieroor gesels. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Chanté Kelder
Die Departement van Water en Sanitasie het onlangs hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies in die Staatskoerant gepubliseer. Hierdie hersiene konsepregulasies vereis dat aansoeke om sekere watergebruike te lisensieer, voortaan slegs deur die Departement van Water en Sanitasie oorweeg sal word, mits die ondernemings wat daarvoor aansoek doen, vasgestelde raskwotas nakom. Ischke van Eeden het met Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir Omgewingsake, oor hierdie konsepregulasies gesels. Aanbieder: Ischke van Eeden Vervaardiger: Chanté Kelder
Die aanlyn skoleregistrasieproses om gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2024-skooljaar te registreer, open op 15 Junie. Aansoeke sluit op 14 Julie in die skoolvakansie. Daarom word ouers aangemoedig om dit so gou as moontlik te doen en om ook gesertifiseerde afskrifte van die nodige dokumentasie by skool in te dien. Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, en Melanie Buys, hoof van ontwikkeling van die Skoleondersteuningsentrum, gesels in hierdie AfriPod-episode oor die registrasieproses. Besoek gerus www.skole.co.za vir wenke oor die registrasieproses of stuur 'n e-pos na onderwys@afriforum.co.za indien enige probleme ondervind word. Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Chanté Kelder
Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toe maak, oorgee, val en vergeet. Vergeet van loopbaankeuses, eindeksamen, matriekafskeid, Wian se ondraaglike afknouery, haar kuberboelies en Stefan, haar beste vriend wat toegee aan groepsdruk. Die Val, 'n kortfilm met die doel om hoop te skep by jongmense, is gratis op AfriForumTV beskikbaar. Zel-Marí Gelderblom het met Leandie Bräsler gesels oor die storie agter die film en die belangrikheid van 'n film soos hierdie in die tyd waarin ons leef. Aanbieder: Zel-Marí Gelderblom Vervaardiger: Chanté Kelder
*Hierdie episode het op 27 November 2020 verskyn Dr. Dirk Hermann kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor sy jongste boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika. Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe waarin dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, standpunt inneem teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye én individue teenoor Afrikaners. Dit bied 'n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap die afgelope paar jaar in die gesig staar. Koop hier: Ons sal self
*Hierdie episode het op 19 Mei 2021 verskyn Jacques Broodryk het in Mei 2021 met prof. Koos Malan en Johan Kruger gesels oor die wanbesteding van belastingbetalergeld en of die publiek se frustrasies met die regering oor hierdie wanbesteding kan lei tot 'n belastingopstand. Op 30 Augustus 2021 het AfriForum 'n belastingmanifes gepubliseer waarin die organisasie 'n dispuut met die regering verklaar het oor die vermorsing van belastingbetaler geld en het die organisasie ook gewaarsku dat 'n belastingopstand onafwendbaar is indien die voortdurende plundering van die staatskas en die stoomroller van destruktiewe beleidsidees nie summier gestaak word nie.
AfriForum het onlangs 'n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gedoen waarin verskeie redes aangevoer is waarom die voorgestelde Wetsontwerp vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedoem is om te misluk. Carina Bester gesels met Reiner Duvenage oor sy voorlegging en wat die implimentering van NGV vir Suid-Afrika sal beteken. Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Chanté Kelder
Wie was die Russiese spioen wat so bietjie Afrikaans kon praat? Wie was die twee Boerespioene wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Oos-Afrika teenoor mekaar te staan gekom het? Chanté alias Die Stille Gevaar, gesels met Henning van Aswegen alias Agent Waaghalsige Wapen oor sy nuutste boek Spioenmeesters. Spioenmeesters onthul die feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het. Dit ondersoek ook legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Gerard Ludi se betrokkenheid by dié gebeure. Koop Spioenmeesters hier: https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/spioenmeesters/ Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Chanté Kelder
Weet jy wanneer mag jy foto's van vermeende misdadigers of 'n misdaad versprei? Weet jy wat die gevolge is wanneer jy foto's of video's van misdadigers of 'n misdaad versprei? In hierdie episode gesels ons met Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, oor die verspreiding van foto's en video's op sosiale media. Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Carina Bester
AfriForum het vandeesweek 'n geskiedenisverslag in reaksie op die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag bekendgestel. Hierdie geskiedenisverslag is deur dr. Jackie Grobler en onder leiding van die Opinor-ideesentrum saamgestel. Chanté Kelder het met Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum, gesels oor die geskiedenisverslag. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Chanté Kelder
Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte, gesels oor dié burgerregteorganisasie se nuwe doku-reeks, "Eight Levels of Control," waarin Broodryk dieper delf in die idees en boublokke agter sosialisme in Suid-Afrika. Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger: Andrea van Wyk
Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, gesels in AfriPod se ateljee oor dié burgerregteorganisasie se medaljefonds wat onlangs gestig is om atlete wat presteer het by vanjaar se Olimpiese Spele te vergoed. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Andrea van Wyk
Marnus Kamer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum kuier in die AfriPod ateljee om uit te brei oor die prosesse rondom onteiening sonder vergoeding, grondeise en jou regte as grondeienaar. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger / regisseur: Chanté Kelder
Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum, praat oor die belangrikheid daarvan om 'n sterk immuunstelsel te hê tydens die COVID-19-pandemie. Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger / regisseur: Andrea van Wyk
'n Woede is onder gewone mense aan die opbou oor hulle steeds belasting moet betaal, terwyl hul hardverdiende geld deur die ANC-regering gesteel en deur amptenare aangewend word om hulself te verryk.
AfriForum se privaatvervolgingseenheid is onlangs aangestel om die sogenaamde “Butterfly” in Botswana te vervolg. Dis 'n saak wat ernstige misdrywe soos geldwassery en die finansiering van terrorisme insluit. Andrea van Wyk praat met Natasha Venter, adviseur vir dié eenheid, om te praat oor wat presies dié saak behels. Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger: Chanté Kelder
Die AfriForum Teater is die nuwe tuiste vir die Afrikaanste kunste. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Kallie Kriel sê self die teater is vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap. Carien Bloem, teater bestuurder, kuier by Chanté Kelder in die AfriPod-ateljee om te gesels oor hierdie opwindende nuwe projek.
Vuurwapenamnestie is 'n kwessie wat talle Suid-Afrikaners met hul hande in hul hare laat. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, oor wat presies die vuurwapenamnestie behels en hoe dit jou raak.
Chanté Kelder gesels met Ernst Roets oor AfriForum se versoek aan die Zondo-kommissie dat pres. Cyril Ramaphosa voor dié kommissie moet verskyn en ook oor die voorlegging wat Ernst vandeesweek oor die wysiging van artikel 25 gedoen het.
Carina Bester gesels met Lambert de Klerk oor gemeenskappe se reg tot water en tot watter mate gewone mense die munisipaliteite hiervoor verantwoordbaar kan hou. AfriForum het 'n groot oorwinning vir inwoners van Naboomspruit behaal nadat dié organisasie die Limpopo Hooggeregshof in Pietersburg (Polokwane) dringend genader het om die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit te dwing om water volhoubaar aan Naboomspruit (Mookgophong).
Plaaslike entrepreneurs moes die afgelope jaar meer as ooit wys wat in hulle steek om kop bo water te hou te midde van die COVID-19-pandemie. Só moes AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings - wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou - óók aangepas word. Sanderien van der Walt gesels met Chanté Kelder oor die uitdagings wat oorkom moes word en ook wie die wenners van vanjaar se Tinteltong Toekennings is.
Dit is in die belang van elke boer om 'n veiligheidsplan in plek te hê in die geval van 'n plaasaanval. AfriForum het onlangs sy Beveilig 'n Plaas-veldtog bekendgestel om boere hiermee te help. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer oor hierdie veldtog.
Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Februarie sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens 'n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 'n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het. Andrea Muller van die AfriForum Navorsingsinstituut gesels in die ateljee meer oor dié verslag.
Die gebruik van ivermektien om COVID-19 te behandel het behoorlik die land aan die gons. AfriForum het onlangs 'n skikking met SAHPRA bereik dat dokters wel ivermektien vir menslike gebruik mag voorskryf. Barend Uys kuier in die ateljee om meer hieroor te gesels.
Daar is nog heelwat onsekerheid oor die finansieringsplan vir die entstof-program. Andrea van Wyk gesels met Jacques Broodryk oor die plan wat op die stadium lyk na die waarskynlikste opsie - verhoogde belasting.
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het tydens 'n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel. Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens 'n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.
Forum Sekuriteit staan reg om jou te help met enige opleiding en veiligheidsdienste binne die raamwerk van die sekuriteitsbedryf. Andrea gesels met Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit.
AfriForum verwelkom die feit dat Phillip Schutte en Pieter Doorewaard onskuldig bevind is op alle aanklagte teen hulle in die Appèlhof in Bloemfontein. Sedert die aankondinging was daar gemengde gevoelens op sosiale media en Andrea van Wyk gesels met Kallie Kriel oor die saak, die reaksie en wat gaan volgende gebeur.
Dr. Dirk Hermann kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor sy jongste boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika. Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe waarin dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, standpunt inneem teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye én individue teenoor Afrikaners. Dit bied 'n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap die afgelope paar jaar in die gesig staar. Koop hier: Ons sal self
AfriForum en die vakbond Solidariteit het vandeesweek strafregtelike klagte van laster, sameswering vir die aanhitsing tot geweld en aanranding deur middel van dreigemente by die Lyttelton-polisiekantoor ingedien teen Julius Malema, leier van die EFF.
Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor die standbeeldedebat wat steeds woed en hoe ons die geskiedenis en die bewaring daarvan behoort te benader.
Plaasmoorde is 'n voortslepende probleem in Suid-Afrika. Teen 16 November 2020 was daar reeds bykans 50 slagoffers van plaasmoorde en steeds word daar niks van die regering se kant af gedoen om hierdie misdaad te prioritiseer nie. Ernst Roets en Marnus Kamfer kuier vandag in die ateljee om te gesels oor watter strukture AfriForum in plek het om plaasmoorde die hok te slaan.
AfriForum het 'n verslag oor politieke inmenging in Suid-Afrikaanse krieket aan die Internasionale Krieketraad (IKR) voorgelê. Dié verslag is ook tydens 'n mediakonferensie bekend gemaak en toon politieke inmenging in krieket sedert 1998 aan. Die verslag bied ook statistiese bevindinge oor die impak van dié inmenging. Carina Bester het met Ronald Peters, bestuurder van sport by AfriForum gesels oor hierdie verslag en wat hulle daardeur wil bereik. Vir meer inligting: https://afriforum.co.za/afriforum-stuur-verslag-oor-politieke-inmenging-aan-internasionale-krieketraad/
Dapper Media is passievol oor Afrikaanse musiek en die kunste. Salet Smith, operasionele bestuurder van Dapper Media het kom gesels oor projekte waarmee hulle besig is en waarna kan kykers uitsien in die toekoms. Besoek Dapper Media hier en registreer GRATIS: https://www.dappermedia.co.za/