POPULARITY
Amanda Strydom oor State of the Heart - 30 Jaar in Atterbury Kollig. Die bekroonde Amanda Strydom het “State of the Heart” in 1993 geskryf, die eerste van tot dusver ses eenvrouvertonings uit haar pen. Vanjaar is hierdie stuk – wat kultusstatus bereik het – 30 jaar oud, maar nog lank nie koud. Kom vier hierdie mylpaal by die Atterbury Teater! “State of the Heart” het die Dalro en Showtime toekennings gewen vir beste kabaret, “Cabaret of the year” en “Show of the year” in 1994 en sy voer dit steeds op publieke aanvraag op. Strydom het “State of the Heart” oor die lengtes en breedtes van Suid-Afrika opgevoer – in groot en klein teaters, skoolsale, sitkamers, stoepe, tente, 'n grot in Hermanus en op ‘n trein tussen Johannesburg en Bloemfontein. Ook in Namibië en Nederland is sy staande toegejuig vir haar eg Suid-Afrikaanse meesterstuk. Hierdie tydlose liefdesverhaal steek op ‘n teer wyse die draak met ou Afrikaner tradisies en kyk na die geskiedenis van Suid Afrika van die twintiger- tot sewentigerjare. Mense se vooroordele word tegelykertyd subtiel, skreeusnaaks en hartverskeurend bekyk. Die wreedheid van oorlog, die passie van ‘n hart wat bly glo, ten spyte van teenslae, dat die liefde sál seëvier, word ook in hierdie kabaret blootgelê. Dit was ‘n tyd toe vrouens hulle plek moes ken, hulle velle gebleik het as hulle sproete gehad het (want sproete was glo kômmin), mans kruisbande gedra het, Springboktwak gerook het en Boeremeisies net met Boerseuns getrou het. Dit was ook in hierdie tyd dat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Wanneer die heldin van die verhaal, die Afrikaanse Maxie de Meyer, op ‘n Engelse loods, Raymond G.Bartlett, verlief raak, spat die vonke behoorlik en ontplooi daar ‘n liefdesdrama in die tradisie van die ou Springbokradiovervolgverhale. Strydom vertolk op meesterlike wyse ál die rolle – van die knorrige Oupa Dikdaniël, die heldin Maxie, haar kindervriend Sipho Motsepe, Stoffelina du Plooy van die Langekloof en die hele orkes uit die Baviaanskloof wat by haar troue musiek moet maak, Dolly Parton, Maxie se broer Willie, die stywe bolip Frances Pennington-Smythe en ‘n horde ander karakters. Amanda sing in ses tale, naamlik Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Hollands en Zoeloe. “Hierdie is Strydom se kabaret meesterstuk”, skryf Janine Morris (Metro), “Dit weerspieël die vrou se talent as aktrise, sangeres, skrywer en bowenal as storieverteller. 'n Mens hang behoorlik aan haar lippe”. “You will leave with your heart singing” – Diane de Beer, Pretoria News.
Medelye stroom in ná die dood van Zoeloe-koning Goodwil Zwelethini. Studente betoog steeds oor studentegelde en toelatingsfooie. Politieke rolspelers loop deesdae oudpresident Jacob Zuma se drumpel deur by sy woning in Nkandla - ons vra wat al die besoeke beteken.
ZONDAG 7 MAART 2021: JEROEN VAN MERWIJK Aankondiging Jeroen (Jekkers) Harrie Jekkers 0’42 Van de cd Jekkers & Jeroen Cornelis 22 503554 2 Ik ben een vrouw (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 2’16 van de cd Ik ben een vrouw F 25101916 Als na mijn dood (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 2’33 van de cd Ik ben een vrouw F 25101916 Synchroon (Van Merwijk) Mylou Frencken 2’03 Van de cd Leve van Merwijk! Eigen beheer Interview over vrouwen 2’21 Even iemand doodslaan (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 2’36 Van de cd Even iemand doodslaan ND121255 Enige bespiegelingen omtrent de vrouwtjes (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 5’57 Van de cd Van Merwijk legt het nog één keer uit TBA HG 110755 Zuid-Afrika (Van Merwijk) Karin Bloemen 3’53 Van de cd Karin in concert 3’’53 BMG 74321 173602 Interview over Zuid-Afrika 1’38 Dat vinden jongens leuk Jeroen van Merwijk 3’08 Van de cd Even iemand doodslaan ND121255 ZOAB Sketch (Van Merwijk) Jack Spijkerman, Erik van Muiswinkel, Diederik van Vleuten 3’37 Eigen opname Ik heb de woorden niet (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 2’42 Van de cd Zelfportret met elektrische gitaar TBA HG 281098 Interview waarom hij het doet Idealen 3’46 Een oorlog tegelijk (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 3’06 Van de cd Van Merwijk goes the Blauwe zaal TBA HG 301194 Dinsdagmiddag drie uur (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 1’30 Van de cd Lucky LVM130716D De lente (J. v. Merwijk) Jeroen van Merwijk 1’48 Van de cd Maartse buien QS 900.881-2 Krappe schoenen (Van Merwijk) Jeroen van Merwijk 3’45 Van de cd Jekkers & Jeroen Cornelis 22 503554 2 Het wachten (J. v. Merwijk) Jeroen van Merwijk 2’48 van de cd Maartse buien QS 900.881-2 Zoeloe liedje Jeroen van Merwijk 0’41 Van de cd Van Merwijk goes the Blauwe zaal TBA HG 301194
In hierdie episode gesels Dirk met Sihle Ngobese, oftewel Big Daddy Liberty, oor ras, kultuur, vryheid en geloof. Teken in deur subscribe te druk langs die DS Program op jou foon.
Kort op die hakke van die Zoeloe dreigemente van sesessie kom die aankondiging hierdie week dat Afriforum met Koning Zwelithini van die Zoeloes ontmoet het om grondonteiening sonder vergoeding te bespreek en selfs sy verjaarsdag-banket by te woon. https://www.thesouthafrican.com/afriforum-meet-with-zulu-king-zwelithini-discuss-land-expropriation/En vir die van julle wat nie die saga volg nie, soos ons se op die internet die tldr, too long didn’t read, die oorvereenvoudiging van die saak was dat Ramaphosa voorgestel het dat die Ingonyama trust nie die beplande onteiening wet sal vryspring nie. Daarop het die Zoeloe koning sy gat gewip en sy krygers en Impi saamgeroep en verskeie dreigemente gemaak in Ulundi. Ramaphosa moes toe bietjie terugval om sy gat te red en belowe die Zoeloe land sal nie gevat word nie, maar nie dieselfde beloftes gemaak aan die Afrikaners nie En toe hierdie week ontmoet die leiers van Afriforum en Solidariteit met die Zoeloe koning en regter Ngwenya wat as voorsitter van die Ingonyama trust dien. En die kommentare op Twitter, terloops ek dink die kommentare is van hoër gehalte nadat Twitter sy onlangse skoonmaaksessie gehad het, was dat hierdie skuif ‘n gevoel gehad het van die “vyand van my vyand is my vriend.”
Die DinGaan nie werk vir die Zoeloe’s nie, sit die SA terug in SAL, en Suid-Afrika se Korrupsie-Glipsie.
In hierdie episode kyk ons na die uitsprake van die Zoeloe koning en of die reënboognasie-idee dalk net bietjie verder besig is om sy gat te sien. Wat is jou opinie oor die idee van afstigting/sesessie?Twitter: @DSProgramWelkom aan die nuutste Afrikaanse politiek-podsending: @Podlitiek
Die gevierde Johnny Clegg, wat vanoggend 'n ateljeegas op Monitor was, is bekend vir sy sang in Engels en Zoeloe, kitaarspel en tradisionele danspassies. Maar wat minder bekend is, is dat hy ook 'n liedjie met Afrikaanse lirieke op sy 2006-album "One Life" opgeneem het. Heindrich het hierdie bydrae saamgestel.
Die ekonoom Dawie Roodt sê aan Heindrich Wyngaard die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini sit die pot mis met sy aandrang op 'n groter salaris oor die Zoeloes se bydrae tot die land se belasting-inkomste.