God se Woord VARS vir jou Vandag

Follow God se Woord VARS vir jou Vandag
Share on
Copy link to clipboard

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord. Vars, vir jou, elke dag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Donate to God se Woord VARS vir jou Vandag


    • Jan 1, 2026 LATEST EPISODE
    • daily NEW EPISODES
    • 2m AVG DURATION
    • 1,797 EPISODES


    Search for episodes from God se Woord VARS vir jou Vandag with a specific topic:

    Latest episodes from God se Woord VARS vir jou Vandag

    Los die Verlede Nou Uit!

    Play Episode Listen Later Jan 1, 2026 3:13 Transcription Available


    Send us a textJesaja 43:18-19  Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Wel, hier is ons. Ek bid vir jou 'n gelukkige en geseënde nuwe jaar toe. Maar voordat ons hierdie nuwe jaar met entoesiasme, afwagting en met geesdrif tegemoet kan gaan, moet ons die spyt en verwyte van die verlede laat vaar. Ons moet dit doen!In die vroeë 20ste-eeu in Sjina, het die Keiserin-weduwee, Longyu, geabdikeer. Sy was die laaste Sjinese koninklike en dit het die keiserlike heerskappy van meer as tweeduisend jaar tot ‘n einde gebring. Haar abdikasie as regent was polities die korrekte ding om te doen vir vrede in Sjina, maar sy het nooit van haar persoonlike verlies van status herstel nie. Vasgevang in die Verbode Stad, het sy haar van mense onttrek; aan haar rituele vasgeklou en oor haar verlore grootsheid getreur.Haar verlies het haar vernietig. Sy was op die ou end totaal vereensaam en gebroke en is net maande nadat sy geabdikeer het, oorlede. Hier was 'n dinamiese vrou wat 'n nuwe rol en 'n nuwe toekoms vir haar land kon gee, maar sy het eerder gekies om haarself in die verlede te begrawe.Weet jy, spyt kom nie ooglopend nader gehardloop nie, dit sluip saggies nader! En as jy te lank na jou eie stem van verwyt luister, sal dit jou in 'n paleis sonder deure toesluit.Jesaja 43:18-19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.Geen hoeveelheid spyt kan verander wat in die verlede gebeur het nie. Dit sal net jou hede vernietig en jou van jou toekoms beroof. Ja, dit sal jou beroof van die lewe van oorvloed wat Jesus vir jou kom gee het.Dis 'n nuwe jaar. God doen iets nuuts! Jy weet dat dit waar is.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Dink baie Deeglik oor Jou Toekoms

    Play Episode Listen Later Dec 31, 2025 3:17 Transcription Available


    Send us a textSpreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV) Wel, hier is ons, op die drumpel van nog 'n nuwe jaar. Die oue is so te sê iets van die verlede en gereed om in die anale opgeteken te word. Die nuwe jaar is op die punt om te begin. Laat my dus toe, om vir jou 'n belangrike vraag te vra: Watter pad beplan jy om in hierdie nuwe jaar te loop? Die eerbare pad of die minder eerbare pad?In 44 v.C. het Marcus Junius Brutus met ‘n dolk in die hand in die skadukant van die Romeinse Senaatsgebou gestaan. Julius Caesar, sy mentor en vriend, het onwetend in die lokval wat vir hom gestel is, geloop. Brutus het geglo dat hy, deur Caesar te vermoor, besig is om die Republiek te red. Maar deur verraad bo dialoog te kies; moord bo genade, het hy chaos ontketen.Rome het nie na vryheid teruggekeer nie; in plaas daarvan het dit in 'n wreedaardige ryk ontaard. Burgeroorlog het gevolg. Brutus het aan sy eie hand gesterf en hy word in die geskiedenisboeke nie as 'n held geëer nie, maar as 'n simbool van verraad. Hy het die verkeerde pad gekies.Watter pad gaan jy vanjaar kies? Sal jy die pad kies wat eerbaar is en ander mense nie sal benadeel nie, of sal jy ‘n onetiese pad kies? Hier is God se liefdevolle raad aan jou, vir die jaar wat voorlê in:Spreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV)Dit is alte maklik om soos Brutus onsself te bluf en ons slegte keuses toe te smeer deur onsself te oortuig dat ons die regte ding doen. Maar sodra die streep in die sand getrek is, is daar geen omdraaikans nie. Die alternatief is om vasberade te bly en met goedheid, integriteit en liefde te leef.Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV)Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Kyk Dieper

    Play Episode Listen Later Dec 30, 2025 3:05 Transcription Available


    Send us a text2 Korintiërs13:5 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie. Is dit vir jou ook ongelooflik moeilik om jou eie foute te erken, om die werklikheid in die gesig te staar; die krake in jou wapenrusting raak te sien en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar? Ja my vriend, as jy dit nie doen nie, gaan jy die wêreld vir jouself onseker en ongemaklik maak.Piero di Lorenzo de' Medici, seun van Lorenzo die Grote, was die rykste man in Florence. Maar anders as sy wyse vader, het die jong Piero waarskuwings geïgnoreer en sy sjarme oorskat. Hy was gekenmerk deur swak dissipline, swak oordeel en ‘n gebrek aan visie. Sy heerskappy het in 1494 aan ‘n einde gekom toe hy lafhartig, sonder slag of stoot vir Florence aan die Franse oorgegee het.Die mense het teen hom gedraai. Hy is verban, verneder en deur sy eie mense verstoot. Hy het homself oor en oor probeer verontskuldig. Trots het hom verblind. En hoogmoed ... wel, hoogmoed kom tot ‘n val.Daardie selfde trots maak ons ook te blind om ons aangebore tekortkominge raak te sien; dit te erken en dit te hanteer. Trots kan sonder twyfel ook tot groot dwalings in ons eie lewens lei. Maar al is dit nie groot dwalings nie, kan 'n reeks kleiner foute saamwerk om ons van die wonderlike lewe wat ons kón geleef het, en die impak wat ons op hierdie wêreld kón gehad het, te beroof. So …2 Korintiërs 13:5 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.Is vandag dalk die dag om jouself van nader te bekyk, om jouself te ondersoek? Is ek werklik wie ek dink ek is? Leef ek werklik vir Jesus? Is Hy werklik die Here van my lewe … of flous ek myself?Dit doen nie skade om so ‘n bietjie van nader te kyk nie!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Asem Diep in

    Play Episode Listen Later Dec 29, 2025 2:45 Transcription Available


    Send us a textKlaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek. Ek is in hierdie paar dae aan die einde van ‘n ou jaar nogal geneig om ‘n bietjie nostalgies te voel en te peins oor die jaar wat verby is, voordat ek my gedagtes kan fokus op die jaar wat voorlê. Dit lyk net altyd vir my na so 'n natuurlike ding om te doen.Ek het gevind dat ek skuldig voel oor die dinge wat ek oor die afgelope twaalf maande gesê en gedoen, of nie gesê en nie gedoen het nie. Het jy ook sulke klein jakkalsies wat aan jou wingerd knaag? Miskien verwyt ons onsself oor die gevolge van ons dade; miskien dink ons ons is in sommige opsigte stief behandel, maar miskien is vandag nie so 'n slegte plek vir ons om 2025 se blaadjie om te slaan nie. Dit word algemeen aanvaar dat dit Jeremia is wat hierdie woorde vir Israel gesê het tydens 'n besonder moeilike tyd in hulle geskiedenis:Klaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.Dit is 'n goeie ding vir elkeen van ons om hand in eie boesem te steek en ‘n bietjie te dink aan waar ons gefaal het; waar ons afgedwaal het; en natuurlik watter foute ons beslis nie in die nuwe jaar weer wil maak nie.Kom ons begin vandag met ‘n skoon bladsy: Ons vermy die slaggate van die verlede; ons neem slim besluite.So, haal almal diep asem. Skep nuwe moed.Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Werklikheid Is Hier!

    Play Episode Listen Later Dec 28, 2025 2:59 Transcription Available


    Send us a textJesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Noudat Kersfees verby is, begin die werklikheid, dat nog 'n jaar so te sê verbygesluip het, ons oorweldig. Nog 'n jaar, kan dit wees? Dit is eintlik net datums op 'n kalender, maar dit laat ‘n mens allerhande gedagtes kry, nie waar nie?Soms bring die nuwe jaar verandering mee, ander kere lyk dit asof dit net op die gewone spoor sal voortstoom. Soms sien ons uit na verandering, ander kere verafsku ons die idee. En al het ons ook in die verlede gedink dat niks gaan verander nie, hét daar toe groot omwentelings plaasgevind. Dit is dus so effens riskant en 'n bietjie verwarrend om oor die jaar wat voorlê te besin, want ons was in die verlede al so verkeerd...Teen die einde van die sewentig jaar van ballingskap in Babilon was die Israeliete in 'n verskriklike groef; hulle was ‘n hele geslag van slawe, wat niks anders geken het nie. Hulle het maar net van dag tot dag, sonder om vir hulself te dink, soos skape voortgeploeter – hulle was eintlik op die ou end heel gemaklik! Toe kom sê God vir hulle deur Jesaja sy profeet:Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.'n Nuwe ding? Watter nuwe ding? Dit kan gevaarlik wees. Wat beteken dit vir my? Dit was die onwillekeurige reaksie van die Israeliete. Verandering, selfs verbetering, kan skrikwekkend, ontstellend en ontwrigtend wees.Kyk, ek en jy het geen idee wat hierdie volgende jaar sal oplewer nie. Maar soos hier, waar God sy volk na die Beloofde Land teruggebring het; bring God dikwels wonderwerke deur seisoene van omwentelinge – nie ten spyte daarvan nie.Verandering mag jou dalk benoud laat voel; ja, ons weet, jy voel asof jy nie kan asem kry nie; maar dit kan dikwels presies die plek wees waar God ‘n wonderlike nuwe begin vir jou beplan.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Winskopies na Kersfees

    Play Episode Listen Later Dec 27, 2025 2:50 Transcription Available


    Send us a textJohannes 1:46 Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?”“Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. Ken jy Na-Kersfees-uitverkopings? Dis interessant om te sien dat hierdie verkopings ook in lande, wat nie tradisioneel Christelik is nie; lande soos China, Japan, Suid-Korea en selfs in dele van die Midde-Ooste, voorkom.Vandag is 'n paar skoene xRand werd. Môre op die uitverkoping is hulle skielik vir halfprys beskikbaar. Wat het verander? Dit is tog dieselfde paar skoene. Die groothandelprys aan die kleinhandelaar het beslis nie verander nie. En tog is hulle gedevalueer, afgemerk, net om hulle vinnig te verkoop. Hoe bepaal die wêreld ‘n persoon se meriete? Met watter standaard meet hulle jou waarde? Johannes 1:46 … Maar Natanael sê vir hom: "Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?""Kom kyk," het Filippus hom geantwoord.Sien jy? Dít was die algemene gesindheid van die mense wat hier in Natanael se woorde weerspieël word. Jesus het nie alleenlik ‘n nederige geboorte in 'n krip gehad nie, maar sy ouers het geen status gehad nie. Om alles te kroon, is Hy in die obskure werkersklas dorp, in Nasaret (ver van Jerusalem, die sentrum van godsdienstige elite), grootgemaak.Uit die wêreld se perspektief het Jesus geen getuigskrif, geen stamboom, geen gesag gehad nie. Tog is Hy "Verlosser, Christus die Here" genoem (Lukas 2:11).Jesus was deur mense ‘afgemerk' soos 'n item in ‘n na- Kersfees-uitverkoping. Dit was ‘n fout! Hy bly tot vandag toe die Verlosser van die wêreld, want Hy het deur sy kruisdood en opstanding die mens van sy sonde kom verlos.Mense sal jou ‘afmerk'. Hulle sal jou verkleineer, jou ignoreer, jou selfs verag. Maar moenie vrees nie – God sien jou, Hy is lief vir jou en Hy het 'n plan om, ten spyte van wat ander mag dink, magtige dinge deur jou te bereik.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Eerste Openbare Getuienis

    Play Episode Listen Later Dec 26, 2025 3:01 Transcription Available


    Send us a textLukas 2:17,18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het Nouja, hoe was jou Kersdag gister? Ek vermoed die meeste van ons het 'n ete saam met ons geliefdes geniet. As jy egter 'n gelowige is; hét jy die geleentheid gebruik om jou geloof tydens die ete te deel? Of het jy 'n bietjie verleë gevoel oor jou onvermoë om betekenisvol oor die werklike rede vir die viering te praat?As jy glo dat dit slegs deur geloof in Jesus is, dat 'n persoon gered kan word van die verskriklike vooruitsig om 'n ewigheid van God geskei te wees (dit is wat 'n Christen glo), behoort jy nie vir mense van Hom te vertel nie?Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek wil nie hê jy moet skuldig voel nie. Dit gaan nie oor 'n skuldgevoel nie. Maar ek wil jou herinner aan die wonderlike geleentheid wat jy het, om wanneer jy die nuutheid van lewe wat sy Gees gee, ontvang het, jy dit met ander kan deel. Jy kan met entoesiasme die vreugde en die vrede wat Jesus bring, deel.Die probleem is dat baie mense verleë is om ander van Jesus te vertel. Jy begin twyfel en verskonings uitdink soos: Sal hulle nie dink ek is 'n godsdienstige fanatikus nie? Sê-nou hulle verwerp my? Ag, ek dink dis soveel beter om die evangelisasie werk aan die kenners oor te laat, of hoe?Onthou jy daardie herders in die veld aan wie God die geboorte van Jesus aangekondig het; die heel eerste besoekers wat Hom in daardie krip gesien het?Lukas 2:17-18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het.Daardie eenvoudige herders, was nie as die belangrike, of hooggeagtes van hulle tyd beskou nie, maar hulle het inderwaarheid die eerste tipe evangeliste geword. God het gewone mense gekies – nie geleerdes nie, nie heersers nie – om die aankoms van die Koning van konings te verkondig. Hierdie wonderlike boodskap van Jesus is nie vir die gekwalifiseerdes gereserveer nie, dit is aan die gewilliges toevertrou.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Lig Verbreek die Duisternis

    Play Episode Listen Later Dec 25, 2025 3:17 Transcription Available


    Send us a textLukas 2:11,12 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Dis Kersdag. Maar eerder as om jou 'n Gelukkige Kersfees toe te wens, is my gebed; my hoop vir jou, dat jy en jou geliefdes 'n waarlik geseënde Kersfees sal hê.Is dit nie wonderlik dat ons vandag 'n gebeurtenis kan herdenk wat meer as 2 000 jaar gelede in 'n obskure hoek van die wêreld plaasgevind het nie. Die geboorte van 'n kindjie in die nederigste omstandighede; iets wat normaalweg ongemerk sou verbygegaan het en in die mis van die geskiedenis verlore sou geraak het.Lukas 2:11,12 ...Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”Dit was die boodskap wat die engele aan die eenvoudige herders vertel het terwyl hulle daardie nag hul kuddes opgepas het. Dit was 'n dag soos elke ander, totdat dit alles verander het! Die Verlosser is daardie dag stilweg, maar triomfantlik gebore.Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!My vriend, in hierdie wêreld vol geraas, pyn, onsekerheid, arriveer God se Antwoord nie met ‘n groot trompetgeskal nie, maar in nederigheid. Die Ewige Hoop van hierdie wêreld word nie in 'n paleis gebore nie, maar in 'n stal.Vandag is 'n spesiale dag. 'n Dag vir ons om te juig. 'n Dag vir ons om in dankbaarheid te herdenk. Maar onthou, dit het as 'n dag soos enige ander begin. Maak hierdie Kersfees vandag ‘n besondere dag; vier dit as die dag wat ons Heiland na hierdie wêreld gekom het. God se plan is nie altyd maklik nie, maar dis altyd goed. God is goed ... en Hy is jou God. Hy het vir jóú na hierdie aarde gekom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Ons dierbare Vader, mag U ons op hierdie dag ryklik seën met u Teenwoordigheid in Jesus Christus. Dankie Jesus, dat U ons Immanuel is. Dankie Here, dat U na hierdie deurmekaar wêreld gekom het om een van ons te word. Dankie ons dierbare Here, dat U verstaan wat ons beleef en dat U ten spyte van ons swakhede, vir ons van ons sonde kom red het. Mag ons elke dag u Teenwoordigheid en u vrede in ons lewens beleef. Aan U al die eer. U alleen is God. Amen. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Sluit dit Uit, nie Af Nie!

    Play Episode Listen Later Dec 24, 2025 2:40 Transcription Available


    Send us a textLukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. My vriend, ten spyte van hoe goed of edel jou lewe is en hoe wonderlik jy jou roeping uitleef, is die versoeking baie groot om wanneer omstandighede teen jou draai, handdoek in te gooi en weg te stap, en net in ‘n balletjie op te krul en die wêreld uit te sluit.Ek dink nie enigeen van ons hou daarvan om teëspoed te beleef nie... Ek hou beslis nie daarvan nie. En tog is dit 'n feit van die lewe. Ek dink die ergste soort, is wanneer ons voel dat die wêreld ons verwerp het; wanneer die mense naaste aan ons ons verwerp het. Jy voel soos 'n weerlose kind wat alleen gelaat is, en daardie gevoel van verlatenheid is net verskriklik.As jy die afgelope week of wat by my VARS-oordenkings ingeskakel het, sal jy weet dat ons gesels het oor die verskriklike teëspoed wat daardie gebeurtenis, meer as twee duisend jaar gelede, wat ons nou "Kersfees" noem, omring het. Hier is 'n vers waarna ek graag wil terugkyk, om dit 'n tweede keer vanuit 'n ander hoek te bekyk:Lukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Jesus was al op dag een deur die wêreld verwerp! Daar was geen plek vir Hom nie, maar dit was alles deel van God se plan. Kom ons dink mooi hieraan: verwerping beteken nie verlating nie. Wanneer deure toegaan, is God steeds daar, Hy het steeds 'n pad vorentoe – selfs al is dit in die nederigste omstandighede, in die ongemaklikste en moeilikste plekke. God het 'n plan.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Lang, Moeilike Pad

    Play Episode Listen Later Dec 23, 2025 2:52 Transcription Available


    Send us a textLukas 2:4-5 En omdat Josef 'n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV) Vandag is dit twee dae voor die viering van Jesus se geboorte. As ons die horlosie sou terugdraai na daardie tyd in die geskiedenis, was Josef en Maria sekerlik nog op pad na Betlehem. Kan jy jou voorstel hoe ongemaklik die reis op pad van Nasaret na Betlehem moes gewees het vir die arme Maria; net om daar aan te kom en te ontdek dat daar geen plek in ‘n herberg was nie?  Ek het oor die jare baie gereis en al klink dit glansryk en opwindend, kan ek jou vertel, reis is harde werk. Om vir 14 uur in die ekonomiese klas in die middelste sitplek ingeprop te wees; by verskillende tydsone-veranderinge aan te pas; om jou pad na jou bestemming te vind; om nie eers van oorvol lughawens en bagasie probleme te praat nie...Maar as ons dink hedendaagse reise is erg, moet ons verstaan dis niks in vergelyking met wat Maria en Josef in gehoorsaamheid aan die Romeinse bevel, om aan die sensus deel te neem, deurgemaak het nie.Lukas 2:4-5 En omdat Josef 'n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV)Sy was nie net swanger nie. Sy was op die punt om geboorte te skenk. Stel jou voor! Heelpad opdraand, net om in 'n stinkende stal oor te bly wanneer jy daar aankom. Kan jy jou vir een oomblik indink hoe uitputtend en ongerieflik dit moes gewees het?Maar dis hoe God gekies het dat dit alles moes gebeur. En die boodskap vir jou en vir my is dat God se bestemming vir ons so dikwels moeilike reise behels. Maar, omdat die pad moeilik is, beteken dit nie dis nie deel van sy plan nie. Hou moed. Dis amper Kersfees.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer God Dinge Omverwerp

    Play Episode Listen Later Dec 22, 2025 2:59 Transcription Available


    Send us a textLukas 1:38 Maria het geantwoord: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word.”Toe het die engel weggegaan. (NLV) Die mensdom strewe na gemak. Ons wil almal 'n sagte, warm bed hê om in te slaap, 'n warm stort wanneer ons wakker word. En ons wil hê die lewe moet voorspelbaar wees. Ja, kom ons sê dit, dit moet perfek wees! Wanneer ons, soos ons die afgelope week gedoen het, na Maria en Josef se eerste gewaarwordinge van Jesus se geboorte kyk, en harde realiteite opweeg, besef ons dat dit alles behalwe gemaklik was.Ons hou daarvan om Kersfees as 'n pantomime wat tot ons voordeel uitgespeel is, te beskou. God stuur sy enigste Seun na hierdie wêreld om ons van ons sonde te red.Ja, dis waar, Hy het, maar dit was nie 'n gemaklike klein pantomime nie. Dit was moeilik. Dit was alles behalwe gerieflik. Daar was soveel onverwagte en baie moeilike eise aan Maria en Josef gestel. Kom ons kyk op ‘n praktiese vlak na die gebeure:Die engel Gabriël het al Maria se groot planne omvergewerp; haar planne vir 'n pragtige tradisionele troue 'n paar maande later, was met een aankondiging tot niet. En hier volg die nuus dat God haar, sonder haar toestemming, swanger gemaak het met die Verlosser van die Wêreld. Hoe sou jy gevoel het as jy Maria was? Kyk hoe Maria gereageer het:Lukas 1:38 Maria het geantwoord: "Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word."Toe het die engel weggegaan. (NLV)Hoe anders sou die ongelooflikste wonderwerk in die geskiedenis van die wêreld nie verloop het, as sy vir Gabriël gesê het sy is op die oomblik baie besig en hy moet weggaan en haar met haar eie planne te laat voortgaan?Nouja, soms gaan God se roepstem jou planne onderbreek en ontwrig. Maar soos Maria (en Josef soos ons verlede week gesien het) word jy genooi om ‘ja' te sê, selfs wanneer dit jou gerief, jou reputasie en jou veiligheid kos.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    ‘n Onverwagte Uitnodiging

    Play Episode Listen Later Dec 21, 2025 2:42 Transcription Available


    Send us a textLukas 2:8-11 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! Wanneer 'n koninklike kind gebore word, is dit 'n tyd van groot feesviering. En dit was beslis die geval toe Prins William, die huidige opvolger van die Britse troon, op 21 Junie 1982 gebore is. So, wie dink jy was die eerste mense wat hom besoek het?Wel, dis nie 'n moeilike vraag nie, nè? Dit was Koningin Elizabeth die Tweede en haar man, die Hertog van Edinburgh, ander lede van die koninklike familie en goeie vriende ... en dis presies wat jy by die geboorte van die toekomstige erfgenaam van die troon sou verwag.Nouja, wie was die besoekers by die Koning van konings, die Here van heersers, die Messias, die Verlosser van die wêreld, toe Hy gebore is?Lukas 2: 8-11 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!Die nuus van Jesus se geboorte is aan uitgeworpenes gegee, nie aan die ‘elite' nie. God het skaapwagters – nederige, dikwels veragte lede van die samelewing – gekies, nie konings of priesters nie. Moet asseblief nooit dink dat jy nie goed genoeg vir Hom is nie. Hy het na hierdie wêreld gekom om jou te red.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Gedoemde Verwerping

    Play Episode Listen Later Dec 20, 2025 2:58 Transcription Available


    Send us a textJohannes 1:11  Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Het jy al ooit in die geselskap van jou eie mense – jou vriende, familie en geliefdes – gevoel dat jy op een of ander manier anders is; op een of ander manier nie in die binnekring hoort nie; op een of ander manier net nie dieselfde is as al die ander nie? En dis 'n eensame plek om op te wees, nè?Ek dink ons het almal al so gevoel. Dit maak nie saak wat enigiemand sê of doen nie, hoeveel hulle jou dalk aanmoedig nie; jy voel steeds verwerp. En dit bedreig jou gevoel van selfwaarde. Vir sommige is dit 'n chroniese gevoel wat hulle dag na dag beleef. Ek weet goed hoe dit voel, want dit is hoe ek vir ongeveer die eerste veertig jaar van my lewe gevoel het.Verwerping. Dis wat dit is. Of dit nou ‘n realiteit, of net verbeelding is, dit maak nie saak nie. Dit maak seer. Vroeër hierdie week het ons, op pad na Kersfees, na hierdie gedeelte gekyk: Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.As jy daaroor nadink, is Jesus simbolies en in werklikheid, as verworpene gebore. Alhoewel Hy die langverwagte Messias was, het die wêreld wat Hy binnegegaan het, Hom nie herken, erken of verwelkom nie.Johannes 1:11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.Jesus het vooraf al hierdie dinge geweet, maar Hy het nogtans hierdie wêreld vir jou binnegekom; om in jou plek van eensaamheid, in jou plek van verwerping by jou te wees. Hy verstaan jou gevoelens heeltemal! Dis waaroor Kersfees gaan. God word een van ons ... vir jou.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (5)

    Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 2:58 Transcription Available


    Send us a textMatteus 2:14,15 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” As ek jou vra om 'n raaiskoot te waag oor hoeveel vlugtelinge daar vandag in die wêreld is, hoeveel sou jy sê? Wel, in totaal is daar ongeveer122.6 miljoen mense wêreldwyd wat die afgelope twaalf maande uit hul lande gevlug het. Dis verstommend, nè?Vlugtelinge word oor die algemeen nie baie goed in ‘n nuwe land ontvang nie. In sommige dele van die wêreld is dit ‘n feit dat die groot aantal vlugtelinge die kapasiteit van selfs die vriendelikste buur-regerings, oortref. En dan is daar dikwels etniese en politieke spanning wat daartoe lei dat hulle selfs baie sleg behandel word.Die woord “verplaas” in die term, "met geweld verplaas", is ‘n mooi manier om die brutale werklikheid te versag. Baie vlugtelinge leef in vrees en onsekerheid. Dikwels moet hulle vir jare aaneen sonder enige hoop op die toekoms in vuil kampe leef. Dis iets wat jy nooit vir jou ergste vyand sou toewens nie, nè? Verbeel jou vir een oomblik hoe jy sou voel as jy en jou gesin vlugtelinge was?En net so is Maria, Josef en Jesus, die Seun van God, weens 'n sluipmoordkomplot na Egipte ‘verplaas.' Israeliete moes vir hulle eie veiligheid na 'n Arabiese nasie vlug! Dink daaraan: Jesus – 'n vlugteling in 'n vyandige land.Matteus 2:14 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”Soms, wanneer ons onsself as vlugtelinge in komplekse, deurmekaar en moeilike omstandighede beskou ... voel dit asof God nie verstaan nie, asof Hy nie omgee nie. My vriend, dit is nie die waarheid nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Desember nuusbrief

    Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 2:55 Transcription Available


    Send us a textDie teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (4)

    Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 2:53 Transcription Available


    Send us a textMatteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” Wanneer ‘n mens in lewensgevaar verkeer, verloor jy fokus op die gewone dinge rondom jou en skielik word adrenalien vrygestel; en daardie vlug-of-veg reaksie wat in ons DNS vasgelê is, skop in.Ek het onlangs met ‘n vriend van my, wie se kanker vir 'n derde keer teruggekeer het, gesels. Sy aggressiewe kanker was hierdie keer erger; dit het groot verleentheid veroorsaak deur 'n paar onaangename en skrikwekkende fisiologiese simptome. Vrees vir die dood het hom 24 uur per dag soos 'n donker wolk omhul.Hy is in sy middel-sestigs, en volgens die wet van gemiddeldes, kan hy verwag om nog twintig jaar of so te leef. En hy weet dat God hom kan genees, maar sal Hy? Daardie onsekerheid is allesoorheersend.Ek weet wat jy dink: "Berni, hoekom praat jy hieroor, net een week voor Kersfees?" Dis ‘n goeie vraag. My antwoord is: want dit was daardie soort vrees, daardie onsekerheid oor hulle lewens wat Maria en Josef beetgepak het kort nadat Jesus – die Verlosser van die wêreld – gebore is.Matteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”Nadat hulle gevlug het, het Herodes alle seuntjies onder die ouderdom van twee jaar, in en om Betlehem, laat doodmaak. Hy wou Jesus dood hê, nog voordat Hy kon praat.Jesus was van die begin af in lewensgevaar. En ons weet dat Hy leweloos aan 'n kruis moes hang, voordat Hy weer in heerlikheid opgestaan het.Maar God weet hoe jy voel wanneer jy in doodsgevaar verkeer. Hy het dit beleef en Hy is nou saam met jou in jou situasie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (3)

    Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 3:11 Transcription Available


    Send us a textLukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Enige vrou wat al ooit geboorte gegee het, weet dat dit ‘n pynlike en emosionele ervaring is om 'n nuwe lewe in hierdie wêreld te bring. En hoewel God vroeg reeds vir Adam en Eva sy rede daarvoor gee, maak dit die proses nie makliker nie.Die meeste mense, ken die storie van die fees wat ons op die 25ste Desember vier. Of hulle dit glo of nie, is ‘n ander saak. Maar hulle het beslis gehoor dat God na bewering menslike vorm aangeneem het, toe Hy meer as tweeduisend jaar gelede in 'n stal in Bethlehem gebore is. En hoewel Kersfees deesdae hoofsaaklik in 'n groot kommersiële uitbuiting verander het, is daardie wonderlike waarheid steeds, vir ons wat glo, ‘n werklikheid.Miskien het jy al dikwels Kersfees gevier. Jy ken die storie al te goed; jy het miskien al dikwels die Kersliedere gesing, en miskien het hierdie wonderlike waarheid van Christus se geboorte net 'n bietjie te veel van ‘n tradisie geword. Maar my vriend, staan asseblief terug en kyk weer na hierdie waarheid – dat dié God wat die heelal geskep het, wat dit alles vir sy eie glorie instandhou, gekies het om 'n mens te word. Is dit nie opwindend en verruklik nie? As ons mooi na die omstandighede van Jesus se geboorte kyk, word dit heeltemal merkwaardig. Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Jesus Christus, ons Here, is nie in ‘n koninklike paleis in gemak of glans gebore nie, maar in 'n stal. Dink vir een oomblik terug aan die ware omstandighede; dit, wat vir jare al as ‘n romantiese Kerskaartjie-toneel uitgebeeld word. Ek wonder hoeveel mense, selfs 2 000 jaar gelede, in stalle gebore is? Ja, die Koning van konings het as 'n gewone burger na die aarde gekom ... vir gewone mense soos ek en jy, om ons te red, om ons lewens vir ewig te transformeer. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (2)

    Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 2:58 Transcription Available


    Send us a textMatteus 1:19-21,24 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” …Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. Daar word deesdae baie oor manlikheid gepraat en geskryf, en in baie kringe word daarmee gespot. ‘n Mens wonder selfs of mans steeds veronderstel is om manlik te wees? Is dit 'n goeie ding, of 'n slegte ding? Wel, dit hang af...Mans is heeltemal anders as vroue gebou. Hulle is nie slegs fisies sterker nie, maar word ook tradisioneel gesien as beskermers en voorsieners. Wanneer mans verantwoordelik optree, is manlikheid baie positief vir die samelewing as geheel, en vir hul vrouens en gesinne, in die besonder.As ons van gesinne praat – diegene van julle wat mans is – verbeel julle julle is verloof aan die vrou van julle drome, en skielik ontdek jy sy is swanger … met iemand anders se kindjie. Om sake te vererger, gee sy vir jou 'n ongelooflike storie oor "die Heilige Gees wat dit gedoen het." Wat doen dit aan enige man se manlike ego?Matteus 1: 19-21 en vers 24 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” …Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou.Weet jy wat dink ek? Ek dink dat Josef se onwrikbare gehoorsaamheid, om by Maria te bly, ten spyte van die skande en skinderstories, een van die mees manlike dade in die hele geskiedenis is. Hy het gedoen wat die Here se engel hom beveel het om te doen.Wat ‘n wonderlike getuienis!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (1)

    Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 3:19 Transcription Available


    Send us a textLukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” Tel jy ook die dae? Net tien dae tot Kersfees. Soveel om gereed te kry, soveel om afgehandel te kry... Of is jy dalk een van daardie mense wat hul Kersinkopies tot op die laaste oomblik uitstel? Hoe lyk dit - hoekom verbaas jy jouself nie vanjaar en begin liewer vroegtydig beplan voordat dit ‘n gejaag afgee nie..Kersfees kan vir party mense 'n uiters ontwrigtende tyd wees en vir ander ‘n wonderlik betekenisvolle tyd. Dit hang af van wat jou omstandighede is, waar jy woon en hoe jy dit hierdie jaar gaan vier. Dis miskien vir jou ‘n omwenteling van jou daaglikse roetine, maar daardie afwagting en voorbereiding het die potensiaal om groot seën te bring.As dit op een of ander manier jou aanloop tot Kersfees beskryf, kom ons kyk wat Maria soveel jare gelede, in hierdie tyd moes beleef het:Lukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”Nouja, dis vir ons baie lekkerder om op die tweede helfte van daardie bekende vers te fokus; die deel wat vertel dat die Seun van God na hierdie wêreld sal kom vir jou en vir my. Dis mos sensasionele nuus! Maar kan jy dink watter onverwagte ontwrigting dit in Maria se lewe sou veroorsaak? Hier ontvang sy die nuus van ‘n skandelike, onbeplande, ongehude swangerskap...Miskien beleef jy spanning in hierdie laaste paar dae ter voorbereiding van Kersfees. Miskien word jou lewe ook ontwrig. Miskien is dinge nie heeltemal so gemaklik nie. Maar so dikwels doen God sy magtigste werk wanneer dinge ongemaklik en ongerieflik lyk. Maar onthou die goeie nuus: Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Werklikheid van Verwerping

    Play Episode Listen Later Dec 14, 2025 2:55 Transcription Available


    Send us a textJohannes 15:20-21 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. Verwerping is een van die pynlikste dinge wat ons ooit kan deurmaak, want ons is gemaak om liefgehê en gekoester te word. Ons is sosiale wesens wat gemaak is om deel te wees van 'n gesin; ‘n familie; deel van 'n gemeenskap. Ja, verwerping kan verwoestend wees, maar dit is nie die einde nie. Verwerping hoef ons nie te definieer nie. Dit hoef ons nie te keer om ‘n vervullende lewe te lei nie.Harriet Tubman is in 1822 in Dorchester County, Maryland in die VSA gebore. Sy is as leier deur die samelewing verwerp. Hulle het haar geminag oor haar ras, en ook die feit dat sy ‘n vrou is.Nadat sy uit Maryland ontsnap het, het sy keer op keer teruggekeer om meer as sewentig mense wat gevange was, via die smokkelroete, bekend as die "Ondergrondse Spoorweg," te red. Sy het haar lewe gewaag en dertien keer teruggekeer, deur geheime roetes en veilige huise in Pennsilvanië en Kanada te gebruik.Haar moed en geloof het vir Harriet 'n blywende simbool van vryheid gemaak. Sy inspireer steeds vandag bewegings vir geregtigheid. Jesus het verwerping só aan sy dissipels verduidelik:Johannes 15:20-21 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.Mense sal julle verwerp omdat julle in Jesus glo; omdat julle weier om deel te neem aan die boosheid van hierdie wêreld; omdat julle liefde betoon te midde van haat. Hulle het dit aan Jesus gedoen, hulle sal dit ook aan julle doen.Volg Jesus in elk geval. Leef ten spyte van verwerping ‘n betekenisvolle lewe.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Deur jou Eie Mense Verwerp

    Play Episode Listen Later Dec 13, 2025 2:45 Transcription Available


    Send us a textLukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan. Verwerping is ‘n verskriklike ding. Maar ek kan jou eerstehands vertel dat wanneer jy deur diegene ná aan jou verwerp word, is dit verwoestend. Woorde kan nie beskryf hoe dit voel wanneer diegene naaste aan jou, die mense op wie jy vertrou, jou in die rug steek en jou bloeiend langs die pad laat lê nie. Miskien weet jy waarvan ek praat? Wat dit erger maak, is wanneer diegene ná aan jou – jou familielede, werkskollegas, mense in jou eie gemeenskap – jou verwerp omdat jy doen wat goed en edel is.‘n Mens kan dit immers verstaan dat mense jou verwerp wanneer jy iets regtig aaklig doen. Maar, die pyn is ondenkbaar wanneer jy net jou beste gedoen het en hulle jou steeds verwerp. Kan enigiemand dit verstaan? Verstaan God selfs?Die eerste ding wat Jesus gedoen het tydens sy openbare bediening, was om in die sinagoge in Nasaret, sy tuisdorp, te preek. Aanvanklik was mense ontsteld oor wat Hy gesê het. Hulle het teen Hom gedraai en wou Hom selfs vermoor.Lukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.Niemand – nie eens 'n familielid – het opgestaan om Hom te verdedig nie. Die mense het selfs probeer om Hom van ‘n krans af te gooi om Hom dood te maak. Miskien sal jy eendag deur jou eie mense verwerp word omdat jy in Jesus glo. Miskien was jy reeds in so ‘n situasie?As, en wanneer dit gebeur, onthou net dat Jesus daar is. Hy verstaan hoe dit voel. Vertrou Hom.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Fokus op Jesus

    Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 3:04 Transcription Available


    Send us a textJesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Soos die lewe sy loop neem en terwyl ons fokus op die dinge wat oor ons pad kom; die afsprake in ons dagboek; ons verpligtinge; ons vermaak en ontspanning; die dinge wat ons dalk wil koop ... is dit so maklik om dié dinge wat werklik saakmaak, uit die oog te verloor. En wanneer dit gebeur, dobber ons soos ‘n klein bootjie doelloos op die water rond.Lodewyk die Sestiende het in 1774, op negentienjarige ouderdom, die troon van Frankryk bestyg. Hy het 'n nasie geërf wat opgebou is deur generasies van konings en staatsmanne wat baie strategiese opofferings gemaak het om hul land se stabiliteit te handhaaf. Maar eerder as om dankbaar daaroor te wees, en voort te bou, het hy hul nalatenskap geringgeag en hom aan buitensporigheid oorgegee terwyl die land ekonomiese ineenstorting in die gesig gestaar het.Hy was min gepla deur die lyding van sy mense, en hy het hervorming weerstaan totdat dit te laat was. Dit het die Franse Rewolusie veroorsaak en uiteindelik het Lodewyk nie net sy troon verloor nie, maar ook sy lewe toe hy onder die guillotine tereggestel is.Daar is vandag mense wat, soos Koning Lodewyk, uit die oog verloor dat Jesus vir hulle deur sy dood toegang tot die Koninkryk van God, verkry het.Dit is immers so maklik om te doen. Kom ons kyk vandag opnuut na hierdie belangrike herinnering aan wat Jesus vir jou gedoen het:Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.My vriend, Jesus het vir jou gely en gesterf. Moet asseblief nooit daardie kragtige waarheid uit die oog verloor en jouself toelaat om jou fokus te verskuif na die wêreld en na jou begeertes nie. Nooit nie. Hou jou fokus op dít wat Jesus vir jou gedoen het, deur na hierdie wêreld te kom.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wees Bereid om 100% te Gee

    Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 3:10 Transcription Available


    Send us a textGalasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Hoe gewillig is jy om ‘n kortpad te kies wanneer dit kom by die dingetjies wat jy elke dag moet doen; jou werk, of die versorging van jou kinders, of wat ook al jou spesifieke verpligtinge is. Sien jy 'n geleentheid en dink jy: Ek wonder of ek daarmee kan wegkom?In 1986, by die Tsjernobil-kernkragsentrale in Oekraïne, het ingenieurs 'n toets op Reaktor No. 4 uitgevoer om kragverlies te simuleer. Om die spoed van die proses te verhoog, het hulle ‘n kortpad gekies: hulle het die belangrikste veiligheidstelsels gedeaktiveer; hulle het nie die standaardprosedures gehoorsaam nie en die waarskuwingstekens geïgnoreer.Die proses het inderdaad vinnig plaasgevind. Binne sekondes het die reaktor ontplof. Twee werkers is onmiddellik dood; dosyne van die nooddienswerkers is aan stralingsiekte dood; meer as 300 000 mense is ontwortel en daar was wydverspreide langtermyn-gesondheidseffekte, insluitend kanker, geboortedefekte en geestesversteurings. Alles omdat mense kortpaaie geneem het!'n Hele klomp mense in hierdie wêreld bely dat hulle in God wat sy Seun, Jesus, na hierdie wêreld gestuur het, glo. Maar kom ons wees eerlik, om Jesus te volg en om ons lewens te leef soos Hy syne geleef het, is harde werk. En met die gevolg dink baie mense by hulleself: waarmee kan ek wegkom? Watter kortpaaie kan ek vat? Die apostel Paulus, se houding is heeltemal anders:Galasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.Jy sien, Paulus was bereid om 100% te gee. Wat is jou ingesteldheid? Wil jy voortdurend kortpad kies, of is jy 100% oorgegee?...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my leweDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wees Jesus vir Ander

    Play Episode Listen Later Dec 10, 2025 2:55 Transcription Available


    Send us a text1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het. Wanneer jy die woord "gehoorsaamheid" hoor, wat kom dadelik by jou op? Miskien 'n lastige gevoel van ‘n verpligting wat op jou geplaas word? Herinneringe aan 'n streng opvoeding? Daardie moeilike baas by die werk? Ek dink vir die meeste van ons het daardie woord, “gehoorsaamheid,” ‘n negatiewe konnotasie.Hoe negatief dit ook al aanvanklik mag lyk; gehoorsaamheid het 'n ongelooflik positiewe invloed. Wie weet hoeveel lewens elke dag gespaar word, net omdat gewone mense soos ek en jy die padreëls gehoorsaam?Laat ons 'n bietjie dieper delf wanneer God ons beveel om Hom te gehoorsaam, voordat ons dit sommer net verwerp.1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.En hoe het Jesus geleef? Hy het die geringstes in die samelewing liefgehad; Hy het teen die godsdienstige skynheiliges opgestaan; Hy het mense aangemoedig; Hy het mense vermaan en Hy het Homself vir ons geoffer.Soveel "Christene" is Sondag-Christene en leef van Maandag tot Saterdag sonder die Here. Dietrich Bonhoeffer, die bekende Duitse geestelike wat vir sy geloof gemartel is, het gesê: Een daad van gehoorsaamheid is beter as honderd preke. En C.S. Lewis het gesê: Gehoorsaamheid is die sleutel wat elke deur oopmaak.Leef soos Jesus as jy ‘n betekenisvolle lewe wil lei. Gehoorsaam Hom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Verag en Verstoot

    Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 3:16 Transcription Available


    Send us a textJesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Dis snaaks hoe ons in hierdie moderne wêreld soveel dinge as noodsaaklik beskou. Dinge soos ‘n goeie regering, 'n eerlike regbank, koue en warm lopende water en natuurlik elektrisiteit. Ja, as jy gewoond is daaraan om dit dag na dag te hê, aanvaar jy dit ongetwyfeld as vanselfsprekend ... totdat dit skielik nie meer daar is nie.Neem byvoorbeeld elektrisiteit. Ons kan ons lewens skaars sonder elektrisiteit voorstel, nè? Ons weet hoe ons voel wanneer die krag skielik afgaan, net wanneer ons moet regmaak om iets belangrik te doen. Wie van ons het nie al beleef hoe ons skielik in die donker onder-in die kas na kerse moet grawe nie?Nikola Tesla is in 1856 in die hedendaagse Kroasië gebore. Hy is in 1943 oorlede. Die arme man het nie tydens sy leeftyd die erkenning vir sy ongelooflike werk ontvang nie. Hy is selfs afgedank en verneder.Ten spyte van armoede en openbare minagting het Tesla se werk met elektrisiteit – veral wisselstroom (WS) – die wêreld verander. Ons moet hom bedank vir die krag wat ons lewens verlig.Wanneer jy die een is wat bespot en ontslaan word, is dit nie 'n aangename ding nie. Dit voel verskriklik; asof jy nooit iets sal bereik nie; asof die lewe waarop jy gehoop het, nooit sal uitwerk nie.Jesaja het hierdie woorde oor Jesus meer as 700 jaar voor sy geboorte geskryf:Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.En dit is presies wat met Hom gebeur het. Jesus se dood en opstanding sal altyd die grootste oorwinning in die menslike geskiedenis bly. Daardeur is mense vergewe en die gawe van die ewige lewe gegee.Net omdat sommige mense jou waarde nie raaksien nie, beteken nie dat God nie wonderlike dinge deur jou sal doen nie. Moenie bang wees vir die wêreld se verwerping nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wees Onkonvensioneel

    Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 3:05 Transcription Available


    Send us a textGalasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie. Sê my, wat maak jou anders as enigiemand anders wat jy ken? Is dit 'n spesifieke talent of vermoë wat jy het; jou motivering, of dalk jou geloof? Sê my: Hoe voel jy daaroor? Is jy gelukkig daaroor of nie?Om anders te wees, is ietwat van 'n tweesnydende swaard. Aan die een kant is daar dalk 'n spesifieke vermoë wat jy het, waarop jy trots is. Wonderlik. Maar aan die ander kant hou ons nie daarvan om te veel uit te staan nie. Dis goed en wel om anders te wees, maar ons wil tog nie hê dat mense in ons geselskap ongemaklik moet voel nie.Dit is tragies, maar daar is baie mense, wat omdat hulle anders is, nie eens in hul eie velle gemaklik voel nie.Een van die wonderlike dinge wat jou baie anders kan maak as diegene rondom jou, is 'n opregte, hartlike geloof in Jesus. Hy was anders ... en mense was so geïntimideerd daardeur en so jaloers daarop, dat hulle Hom aan 'n kruis vasgespyker het.Die apostel Paulus, was aanvanklik ‘n Fariseër, vasgevang in 'n taamlik ekstreme vorm van Judaïsme. Met sy geleerdheid en afkoms het hy groot aansien onder die geestelike elite van sy dag geniet. Toe hy egter vir Jesus Christus as sy Verlosser aangeneem het, was hy deur sy eie mense verwerp, en selfs geslaan. Maar kyk wat skryf hy in:Galasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.Charles Spurgeon het dit so gestel: Daar is verdraagsaamheid vir elkeen wat by die hedendaagse mode inpas; maar geen verdraagsaamheid vir enigiemand wat glo dat die wette van die hemel die lewe op aarde moet bepaal nie.Mense sal jou verwerp omdat jy Jesus volg. Maar wees dapper - wees anders. Volg Hom in elk geval.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Dis Meer as net Vergifnis

    Play Episode Listen Later Dec 7, 2025 3:05


    Send us a textHandelinge 3:19,20 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. Om ‘n byna perfekte lewe te leef, is nie maklik nie. As dit was, sou almal dit gedoen het. Maar ons weet niemand slaag daarin nie. Ja, wel, soms besluit ons om hierdie slegte ou gewoontetjie te laat vaar, of met daardie goeie een te begin, maar uiteindelik word dit alles net te moeilik, en ons gly lag-lag terug in ons ou patroon.Ons was almal al in daardie situasie, of hoe? Met goeie voornemens is dit moeilik genoeg om 'n verandering van gewoonte aan te kweek, maar amper onmoontlik om daarmee vol te hou.Daar is baie mense in hierdie wêreld wat ten minste al die idee om ‘n Christen te word, oorweeg het. Maar dis moeilik. Die meeste ouens is tevrede met 'n afgewaterde: Ja, seker ek glo in God. Maar, my vriend, dit het hul lewens nie in die minste verander nie; dit het hulle nie nader aan die perfekte, gelukkige lewe, wat hulle gehoop het hulle nou sou hê, gebring nie. Die werklikheid lyk anders:Handelinge 3:19,20 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is.Ja, natuurlik begeer ons daardie verkwikking wat kom deur naby aan God te wees. Ons wil dit hê! Maar ons is te papbroekerig om weg te draai van dít wat ons weet verkeerd is; en om terug te keer na God, voordat ons daardie verkwikking sal ervaar.Ons is bereid om tot inkeer te kom sodat ons vergewe kan word - maar is ons bereid om verander te word, om weg te draai van die sonde waaraan ons vasklou, om die verkwikking waarna ons so verlang, vas te gryp en om ‘n lewe tot eer van God te lei?Wel, is jy?Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Herskep in die Wildernis

    Play Episode Listen Later Dec 6, 2025 2:47 Transcription Available


    Send us a textLukas 4:14-15 Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat. Dit voel party dae asof jou swaarkry vir ewig gaan aanhou en nooit gaan ophou nie. Jy sien geen hoop op ‘n uitkoms of selfs verligting van jou situasie nie. Die druk is so groot dat jy vir jouself sê: Dis ondraaglik. Ek kan nie voortgaan nie! Wanneer gaan dit eendag eindig?Diamante, wat wêreldwyd baie werd is, word sowat 190 kilometer onder die oppervlak, diep binne-in die aarde se maag gevorm. Dit gebeur gedurende 'n ontsettende stadige proses onder enorme druk en hoë temperature – ons praat van 60 000 keer atmosferiese druk, en 1 300 grade Celsius.Die diamante word uiteindelik deur vulkaniese uitbarstings deur kimberlietpype na die oppervlak gevoer, waar dit ontgin en as kosbare minerale verkoop kan word.Gister het ons gesien hoe God Jesus in die woestyn “uitgegooi” het – dit was sy besluit om dit aan sy geliefde Seun te doen!Lukas 4:14-15 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.Nadat Jesus die veertig dae van daardie verskriklike tyd van hitte en die druk van satan oorleef het, het daar wonderlike dinge met Hom gebeur.Hy het in sy openbare bediening met die krag van die Heilige Gees begin.Dit lyk asof God se gewoonte is om sy allerbeste – of dit nou 'n diamant of 'n karakter is – onder hitte en druk te vorm. En wanneer jy in daardie woestyn is, gaan die tyd teen 'n ondraaglik stadige tempo verby. Maar hou moed, werk saam met God, en jy sal met die krag van die Heilige Gees anderkant uitkom.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Dit is My Geliefde Seun

    Play Episode Listen Later Dec 5, 2025 2:58


    Send us a textMarkus 1:12-13 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg Jy weet hoe dit gaan. Ons weet dat die lewe sy hoogte- en laagtepunte het, sy stampe en kneusplekke, en dan is daar ook af en toe ‘n haakhou teen die kop. En tog, diep binne-in, hoop ons, verwag ons eintlik, dat dit baie makliker vir ons sal word. Ons is immers spesiaal, of hoe? Natuurlik dink ons elkeen dat ons spesiaal is. Daardie slegte dinge behoort nie met ons te gebeur nie! En tog gebeur dit.Dis moeilik om iemand meer spesiaal as Jesus, God se geliefde Seun, voor te stel. Kyk net na wat gebeur met sy doop.Lukas 3:21-22 Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”Dit het beslis nie by my doop gebeur nie. Het dit by joune gebeur? Nee, ek het nie so gedink nie! Maar kyk wat gebeur onmiddellik daarna met Jesus ...Markus 1:12-13 ... Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.Die woord: “weggevat” in die oorspronklike Grieks sê eintlik dat die Heilige Gees Jesus die woestyn “ingegooi” het. Stel jou voor, Jesus was daar alleen; “gegooi” om veertig dae lank honger te ly en om deur die duiwel versoek te word. Die duiwel versoek Hom om die handdoek in te gooi en hóm te gehoorsaam.As Jesus deur die duiwel versoek kon word, kan dit mos maklik met ons ook gebeur. God sal ons geloof in Hom toets ... en as ons Hom toelaat, sal Hy ons aan die anderkant, sterker en nader aan Hom, uitbring.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Herstel die Skade

    Play Episode Listen Later Dec 4, 2025 3:05 Transcription Available


    Send us a textPsalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV) Om in hierdie onvolmaakte wêreld van ons te oorleef, eis sy tol van elkeen van ons. Jy is vol stampe en kneusplekke, om nie eens van die gevolge van ‘n volstruisskop so af en toe te praat nie! Ja, soms voel ons totaal afgetakel; ons lewensvreugde verdwyn en al wat oorbly, is daardie gevoel van onherstelbare gebrokenheid.Gelukkig voel nie almal só nie – dank God daarvoor. Maar daar is tye wanneer die geswoeg van die lewe (hoe dit ook al in jou omstandighede lyk) jou baie meer, as wat dit behoort, affekteer. Daar is tye wanneer ons onsself afvra … Wat is die betekenis van alles? Watter ramp kom volgende?Eeue, nee, millennia gelede, het die Israeliete hulself in 'n droë woestyn bevind. Hulle was moedeloos, honger en dors en hulle was tot siel en liggaam uitgeput.Jy het seker al af en toe figuurlik in ‘n “droë woestyn” verdwaal; in ‘n situasie waar jy nie her- of derwaarts geweet het nie. Stel jouself so ‘n situasie voor; sien dit in jou gedagtes.Dorre, lewelose, warm, droë sand so ver as wat die oog kan sien; sonder hoop op ontsnapping; jou liggaam, jou siel en jou gees onherstelbaar beskadig; die dood klop aan jou deur... Maar kyk wat gebeur as ons na die Here roep:Psalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV)Soos die 19de-eeuse Skotse pastoor en skrywer Oswald Chambers eens geskryf het: Om jouself alleen met God af te sonder, herstel die skade wat deur die gejaag, geraas en lawaai van die wêreld aangerig is.Wanneer jy verlore is, wanneer jy seer het, wanneer jy gebroke is … bid. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Politiek en Godsdiens

    Play Episode Listen Later Dec 3, 2025 3:08 Transcription Available


    Send us a textMatteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Die afgelope jaar was 'n onstuimige een op die wêreldfront, of hoe? Dink net aan die geopolitieke magte wat oor ‘n magdom van verskillende dinge bots. Hoe reageer die gewone man op straat – mense soos ek en jy – as die dinge om ons so verskriklik deurmekaar en gevaarlik word? Wel, sommige mense trek in hulle dop van eiebelang terug. Watter invloed het die chaos om ons, op my finansies, my welstand, my huisverband of my huur, my kospryse, my toekoms? Ander sien dit egter as 'n geleentheid om hul nasionale belang te verkondig en hul godsdiens en hulle politiek op 'n baie onheilige manier saam in dieselfde mandjie te gooi. Dit klink nogal soos die godsdienstige leiers van Jesus se tyd, die Fariseërs, nè? Hulle het saamgewerk met die Romeine wat hul land beheer het en hul godsdiens op 'n slinkse manier gebruik om hul eie magsbasis te versterk.Hulle het Jesus heftig gekritiseer omdat Hy saam met die skuim van die samelewing; die verlorenes en hopeloses, tyd deurgebring het. Matteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Dit lyk asof die Fariseërs die doel van hul “godsdiens” heeltemal gemis het; iets wat vandag steeds gebeur deur die lelike Christelike nasionalisme wat oral uitbreek. Die Britse teoloog, N.T. Wright, stel dit so: Christelike nasionalisme is verarm omdat dit 'n koninkryk sonder 'n kruis wil hê. Dit jaag 'n oorwinning sonder genade na. Hulle roem op God se krag, eerder as op God se liefde. Vir Jesus het dit nooit oor godsdiens of politiek gegaan nie. Dit het altyd daaroor gegaan om vriendelikheid en liefde aan die verlorenes te bewys en hulle na Homself te trek. Dis mos die model wat enige mens behoort na te volg. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Gaan met Vrymoedigheid na God

    Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 2:39 Transcription Available


    Send us a textHebreërs 4:15,16 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. Daar is 'n groot verskil tussen dapperheid en arrogansie, nè? Dapperheid is 'n kalm selfvertroue gewortel in doelgerigtheid, nederigheid en oortuiging. Arrogansie, aan die ander kant, is gewortel in 'n selfgesentreerde trots.Die kernverskil lê hierin: arrogansie verneder die ander persoon; dapperheid hef hom op. Dapperheid eer God en ander; arrogansie eer bloot die self.Ons bewonder mense wie se dapperheid uit 'n goeie hart kom. Maar ons sal arrogante mense sover as moontlik probeer vermy.Gister het ons gesien hoe Jesus Homself verneder het deur een van ons te word; deur in elke opsig soos ‘n mens versoek en getoets te word, ten spyte van die feit dat Hy die Seun van God is. Hebreërs 4:15-16 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.Waarom kan ons met vrymoedigheid voor die troon van genade kom? Omdat Jesus dit verstaan. Hy het, op ‘n baie dieper vlak, dieselfde beproewinge en versoekings van die lewe as ons ervaar. En wat ontdek ons by die troon van genade? Barmhartigheid en onverdiende guns om ons in ons tyd van nood te help.Moet nooit bang wees om na God terug te kom nie. As jy in Jesus glo, kom gou, kom met vrymoedigheid voor die troon ... want dit is 'n troon van genade.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Aan Versoeking Onderwerp

    Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 2:59 Transcription Available


    Send us a textHebreërs 4:15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Het jy jouself al afgevra waarom die lewe soms so 'n geswoeg is? Waarom moet ek hierdie swaar las dra? Waarom kan my lewe nie sonder probleme wees nie?Baie mense het al seker vir jou vertel dat die lewe nie veronderstel is om maklik te wees nie? Dis alles goed en reg, totdat jy jouself in 'n moeilike situasie bevind. Maar, wag nou, as God inderdaad God is, en as Hy ons liefhet, sal Hy mos nie toelaat dat ons so ly nie?En wat gebeur as die moeilikheid kom? Hy help my nie soos ek gedink het Hy moet nie! Nou kan ek mos my rug op God draai en wegstap, of hoe? Hoe kan Hy ooit verstaan waardeur ek gaan?Hebreërs 4:15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.Ons weet dat Jesus verag en verwerp is, dat Hy selfs aan 'n kruis vasgespyker is. Maar verstaan ons regtig dat Hy ons sonde en ons siekte op Hom geneem het? Begryp ons hoeveel Hy gely het; wat Hy deurgemaak het? As dit jy was, sou jy nie net eenvoudig wou wegvlug om al die lyding te vermy nie?Maar Hy het volhard; en dáárdeur het Hy eerstehands selfs die ergste swaar wat ek en jy ooit, ooit in ons lewens kan beleef, ervaar.Kyk, ek weet nie hoekom die lewe sommige dae so moeilik is nie. Daar is geen mooi, netjiese, eenvoudige antwoorde daarop nie; geen kitsoplossings nie; geen towerstaffie om te swaai om dit alles te laat verdwyn nie. Maar wat ek wel weet, is dit: Jesus verstaan ons swakhede, want Hy was in elke opsig beproef en versoek. Dis 'n groot troos vir my en ook vir jou, want dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Here, Ek Is Jammer!

    Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 2:52 Transcription Available


    Send us a textMatteus 3:7-8 Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Hulle sê woorde wek, maar voorbeelde trek, met ander woorde, daar kan 'n baie groot verskil wees tussen wat ons sê en wat ons doen. Dit klink so goed as iemand onderneem om iets te doen, maar wanneer hy dit moet deurvoer, gebeur daar niks nie.. Destyds toe ek 'n IT-konsultant was, was my taak hoofsaaklik om my kliënte se behoeftes te ontleed en die senior bestuur van hul ondernemings van 'n voorgestelde plan van aksie te voorsien. Ek het nie ‘n probleem gehad om my kliënte te oortuig van oplossings vir hulle probleme nie.Maar toe ek as 'n deskundige getuie in IT-verwante litigasies moes verskyn, was dit nie genoeg om die hof met woorde van iets te oortuig nie. Ek moes bewyse, wat my gevolgtrekkings ondersteun het, lewer. Dit is baie moeiliker om iets te bewys, as om iemand van iets te oortuig. En dit is wat Johannes die Doper hier vir die godsdienstige leiers sê:Matteus 3:7-8 Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.Kom ons kyk nugter na die saak. Ware bekering is nie om net ‘n kort ou gebedjie op te sê en jammer te voel nie – dit vereis 'n verandering van denke wat ‘n verandering van gedrag tot gevolg het. Bekering beteken om weg te draai van sonde en terug te keer na God. Wat Johannes hier in werklikheid sê is: As jy werklik berou gehad het, waar is die bewyse daarvan? Daardie “vrug” van ‘n veranderde lewe? 'n Lewe wat anders lyk, omdat jou hart teruggekeer het na God?Bekering is nie 'n emosie nie – dit is 'n besluit wat tot transformasie lei. En dit is heeltemal betekenisloos as jy nie ophou om dít, waaroor jy sê jy jammer is, te doen nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Kom ons Verstaan Mekaar Mooi!

    Play Episode Listen Later Nov 29, 2025 2:55


    Send us a textJakobus 4:4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Huigelary en ontrouheid is vir ons afstootlik. En tereg. Wie wil geassosieer word met iemand wat ‘n tweegesig is? Iemand wat hul ware motiewe wegsteek? Iemand wat jou uiteindelik sal verraai?John F. Kennedy word onthou as een van Amerika se groot presidente. Hy is in 1953 met Jacqueline Bouvier getroud. Volgens bewering het hy dikwels in die openbaar groot bewondering en liefde vir haar uitgespreek. Hierbenewens het hy ook ‘n groot ophef van haar intelligensie, haar styl en haar belangrikheid in sy lewe gemaak. Maar ten spyte hiervan het hy berugte verhoudings met Marilyn Monroe en 'n hele paar ander vroue gehad.Is dit nie snaaks hoe die geskiedenis bereid is om sy huigelary en ontrouheid oor die hoof te sien nie? Dit is duidelik dat jy nie jou vrou werklik kan liefhê as jy verhoudings aan die anderkant van die draad het nie. Dit is in daardie gees dat hierdie vers geskryf is:Jakobus 4:4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.“Die wêreld” verwys hier na die dinge van hierdie wêreld – rykdom, roem, plesier, die ‘self' en die vasklou aan ons sondige begeertes. Dit is duidelik dat jy God nie werklik kan liefhê as jy daardie dinge aan die wêreld se kant omhels nie. Maar ongelukkig is so baie mense bereid om hul eie skynheiligheid en ontrouheid oor die hoof te sien.Soos A.W. Tozer dit stel: 'n Hele geslag Christene het grootgeword met die oortuiging dat dit moontlik is om Christus te ‘aanvaar' sonder om die wêreld te verlaat.Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Dis Alles Beplan

    Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 2:37 Transcription Available


    Send us a textJesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. Het jy al ooit in die spieël gekyk en gedink: Wel, as ek myself gemaak het, sou ek dit anders gedoen het? En nou praat ons nie net van jou voorkoms nie, maar ook jou persoonlikheid, jou familie, jou lyding langs die pad, jou huidige situasie...Wat sou jy verander het as jy God se krag gehad het?Ons hoef nie te lank na die antwoord te soek nie, want ons het almal dinge wat ons wens God anders sou gedoen het toe Hy ons geskape het en toe Hy ons lewensplan geskryf het.Wil jy my sê ons het die reg om nie met God saam te stem nie? Om sy keuses te bevraagteken en te wens dat Hy dinge net 'n bietjie beter sou gedoen het? Kyk wat die profeet se gevolgtrekking is:Jesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande.Daardie vers is 'n nederige erkenning dat God inderdaad die reg het om ons lewens te vorm, en dat ons aan Hom behoort. Die persoon wat jy geword het en die lewe wat jy geleef het, was nie net die gevolg van 'n lukrake mog-het-troffe poging nie. Alles omtrent jou is liefdevol, versigtig en met 'n beplande doel deur God gevorm; net soos 'n kunstenaar klei op die pottebakkerswiel in iets unieks en kosbaar kan vorm. En jy is deur God aanmekaar geweef – jou gawes, jou omstandighede, jou lyding, jou lewensdoel, jou reis en jou bestemming. Jy is sy handewerk. Bewaar hierdie waarheid in jou hart, wantDis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie

    Play Episode Listen Later Nov 27, 2025 3:01 Transcription Available


    Send us a text1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. Stel jou vir 'n oomblik voor dat iemand 'n orgaan in ‘n oorplanting ontvang wat hul lewe red. Wonderlik. Maar dan, ná die operasie, gaan hulle voort met dieselfde leefstyl wat veroorsaak het dat hul eie orgaan in die eerste plek ingegee het. Nie baie slim nie, of hoe?Wel, is alle mense op hierdie aarde slim? George Best was 'n bekende Ierse sokkerspeler wat in 2002 'n leweroorplanting ondergaan het as gevolg van ernstige lewerskade wat deur alkoholmisbruik veroorsaak is.Tog, ten spyte van hierdie tweede kans, het hy kort daarna weer begin drink en hy is net drie jaar later as gevolg van veelvuldige komplikasies, tragies oorlede.Jy hoef nie te lank te bespiegel oor sy dood om tot die gevolgtrekking te kom dat sy voortgesette alkoholmisbruik absoluut onnosel was nie. En tog wonder ek of ons nie ook soms dieselfde doen nie.1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.Jesus het doelbewus sy lewe opgeoffer om ons van ons sonde te genees. Hy het ons skuld uit die weggeruim; dit beteken dat, omdat Jesus vir ons gely het, ons nie self vir ons sonde gaan betaal nie; en daarom kan ons in gehoorsaamheid aan die wil van God lewe.Waarom sal ons, nadat ons een keer gered is en 'n tweede kans op die lewe gegee is, na die sonde wil terugkeer? Wil ons regtig soos George Best wees en Russiese roulette met ons ewigheid speel?Charles Spurgeon het gesê: Sonde het ons Verlosser doodgemaak; hoe kan ons op vriendelike voet daarmee leef?Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Regte Tyd Sal Aanbreek

    Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 3:10 Transcription Available


    Send us a textHabakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Daar is tye in ons lewens wanneer iets werklik belangriks aan ‘n draadjie hang – 'n kritieke gesondheidsprobleem, 'n huwelik, 'n finansiële krisis, wat dit ook al mag wees. En dit is in daardie tye wat die meeste mense sal bid. Dit is in daardie tye dat mense na God sal uitroep.Ek het 'n goeie vriend wat met 'n slim, suksesvolle vrou getroud is. Trouens, hulle het albei soveel in hul lewens bereik ... en hulle is steeds baie gelukkig en suksesvol. Toe hulle jonk was, wou hulle baie graag kinders hê, maar sy kon nie swanger raak nie. Hulle het gebid en gebid en gebid ... en tog het dit gelyk of God hulle óf nie hoor nie, óf nie omgee nie.Al die jare het hulle kinderloos gebly maar hulle het tot 'n diep en nederige aanvaarding gekom, dat om kinders hê – om watter rede ookal – eenvoudig nie deel van God se plan vir hul lewens was nie.God het vir sy volk, Israel, in 'n ongelooflik moeilike tyd in hul geskiedenis, gesê:Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.Hier is die wrede waarheid van die saak: God verhoor nie altyd ons gebede op die manier waarop ons gehoop het nie, en beslis nie altyd op die tydstip wanneer ons daarvoor gevra het nie. Soms gebeur slegte dinge met goeie mense. Sy planne is nie altyd ons planne nie. Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit. Dit geld natuurlik vir almal wat Hy volgens sy ewige plan gekies het om in Hom te glo. (Rom. 8:28 DB)Wat jy ook al nou deurmaak, daar sal 'n tyd kom wanneer jou trane sal val, nie as gevolg van jou probleme nie, maar omdat God jou gebede verhoor het op 'n manier wat net Hy kon. Daardie tyd sal kom; dit sal nie te laat wees nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Beslis Te Besig!!

    Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 2:46 Transcription Available


    Send us a textLukas 10:39-42 Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” Het jy al opgelet hoe besig mense deesdae is? Om net 'n afspraak met 'n ou vriend te reël, is deesdae ‘n uitdaging! Teen die tyd dat julle twee se dagboeke gekoördineer is, is drie maande verby. Net om dan te vind dat jou vriend die week voor die tyd, die afspraak kanselleer.Weet jy: die manier waarop iemand jou in hul skedule inpas, sê baie oor wat hulle van jou dink. Maar, aan die anderkant weerspieël die manier waarop jy die ander persoon in jou skedule inpas – selfs of jy op hul boodskappe of e-posse reageer – baie oor wat jy van hom dink. Terwyl jy hierdie belangrike saak verwerk, hier is nog 'n gedagte. Ten spyte van sy populariteit; ten spyte van die skares mense wat om Hom saamgedrom en soveel van Hom geëis het, het Jesus nooit haastig gelyk nie. Hy het nooit 'n geleentheid om verhoudings te bou, ter wille van dinge wat gedoen moet word, opgeoffer nie.Lukas 10:39-42 Marta het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”Vra jouself af, wie jy te besig is om in jou skedule in te pas? Miskien is dit tyd om hom te bel.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Selfkennis is die Sleutel

    Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 2:59 Transcription Available


    Send us a textPsalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè?Selfkennis is om te weet wat ons dryf; watter trots of seer uit die verlede en watter selfsug of begeerte in die hede, die rede is waarom ons op ‘n sekere manier optree.Ongelukkig ontwikkel baie mense nooit eintlik ‘n hoë vlak van selfkennis nie. Hulle is nie bereid om onwrikbaar eerlik met hulself te wees oor die onaanvaarbare dinge wat in hul harte aangaan en wat hulle dryf om so op te tree nie.Het jy die laaste keer toe jy 'n moeilike afspraak met iemand moes nakom, jouself vooraf kardinale vrae afgevra: Wat voel ek? Watter vooropgestelde idees dryf my? In watter bui is ek? Jy kan dink dat daardie dinge 'n vergadering en 'n verhouding kan maak of breek. En dít is selfs voordat ons onsself vra oor wat die ander persoon se situasie is; wat hy dalk voel; watter seer hy dalk besig is om te verwerk.Ja, my vriend, ons het almal blinde kolle. Ons is nie in staat om ons eie motiewe en bedoelings te beoordeel nie en dikwels wíl ons dit nie eers oorweeg om eerlik met onsself te wees nie.Dis waarom ons hulp nodig het. En dit is wat Dawid, die koning van Israel, gemotiveer het om hierdie gebed te bid:Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!As jy vermoed dat jou motiewe dalk nie heeltemal suiwer is nie, vra God vir sy hulp om dit uit te sorteer. Hy sal ‘n hemelsbreë verskil maak.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    ‘n Goeie Leier se Profiel

    Play Episode Listen Later Nov 23, 2025 2:36 Transcription Available


    Send us a textNehemia 1:6-7; 4:6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.… Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk. Daar is niks erger as 'n giftige, selfgesentreerde leier nie, want die mag van sy posisie vergroot sy toksisiteit; dit veroorsaak skade; dit saai verwoesting en maak mense wyd en syd seer.Jy hoef nie 'n president, eerste minister, miljardêr of media-magnaat te wees om 'n leier te wees nie. Ons is almal in 'n sekere sin leiers; as ouers, of as mense wat verantwoordelikhede in die werkplek het.Vir my is die kenmerk van 'n ware leier die volgende: hulle aanvaar blaam en deel lof. Hulle is die persone wat wanneer dinge verkeerd loop, verantwoordelikheid daarvoor sal neem en wanneer dinge reg loop, sal hulle krediet gee waar krediet toekom.God het vir Nehemia die ontsaglike verantwoordelikheid gegee om die verwoeste muur rondom Jerusalem te herbou. Dit was 'n reuse-taak. Hy het begin deur sy aandeel aan die skuld te aanvaar:Nehemia 1:6-7 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.En toe die muur gebou was, het hy as leier, die arbeiders erkenning gegee vir hul harde werk:Nehemia 4:6 Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.Dis hoe goddelike leierskap lyk – aanvaar verantwoordelikheid vir die foute en gee erkenning aan die harde werk van ander.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Indien Nie Jy Nie, Wie Dan?

    Play Episode Listen Later Nov 22, 2025 2:33 Transcription Available


    Send us a textMattheus 9:11-13 Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Nie een van ons hou daarvan om tyd saam met moeilike, onbeskofte en ‘toksiese' mense deur te bring nie. Tog voel dit party dae asof ons deur hulle omring word. En ons wil uitroep: Help! Ek moet wegkom van hulle. Jy ken daardie gevoel, nè?Nou ja, daar is mense van wie jy moet wegkom om jouself te beskerm. Soos situasies wanneer jy jouself in 'n vernietigende verhouding bevind, byvoorbeeld: 'n narsistiese baas, of as jy ‘n mishandelende huweliksmaat het. Afgesien van daardie tipe uiterstes, is dit alte maklik om mense te vermy, bloot omdat jy nie van hulle hou nie; of omdat jy vind dat wat hulle glo, sê of doen, vir jou aanstootlik is. Goed, maar as jy, wat vir Jesus aanbid, hulle vermy; hoe sal hulle ooit die vreugde en die vryheid van goddelike goedheid ontdek?By een geleentheid het Jesus besluit om saam met 'n klomp sondaars: tollenaars, diewe, afpersers aandete te eet.Matteus 9:11-13 Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”Jesus se ete saam met daardie sondaars was nie 'n geval van uittarting van die ‘godsdientiges' nie. Dit was 'n daad van radikale, onverdiende genade. Wie is die sondaars in jou lewe wat daardie soort genade nodig het? En as jy nie hierdie liefde en genade aan hulle gaan bewys nie … wie sal dan?Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Spring In: Slaan jou Hand Aan Die Ploeg

    Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 2:59 Transcription Available


    Send us a textMatteus 23:27-28 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.” Sommige mense staan jou beslis nie aan nie. Die oomblik wanneer jy hulle ontmoet, kom jy tot die gevolgtrekking dat jy die res van jou lewe baie gelukkig sonder hulle sal kan deurbring. Hul lewens is deurmekaar. Hul houdings is toksies. Die maklikste ding om te doen, is om van hulle af weg te bly.Nicky Cruz se ouers was in heksery betrokke en hulle het hom fisies en geestelik mishandel. Hy het in sy tienerjare sy ouerhuis verlaat en 'n gewelddadige bendeleier van die gevreesde Mau Maus in New York geword. Toe David Wilkerson, ‘n prediker met die roeping om met bendes en verslaafdes te werk, vir Nicky gesê het dat Jesus hom liefhet, het Cruz hom geslaan en gedreig; maar Wilkerson het met onwrikbare liefde telkens na hom teruggegaan.Uiteindelik was Cruz so diep geraak deur die boodskap van Christus se liefde dat hy sy lewe aan Jesus gegee het en 'n evangelis geword het wat baie mense met die Evangelie bereik het. Dit is die krag van volgehoue Christelike liefde en God se genade om selfs die mees gebroke lewens te transformeer.Jy het 'n keuse om daardie mense, wat jy eerder sou wou vermy, te ignoreer, of lief te hê. Wat sal dit wees?Jesus het gekies om saam met sondaars te eet, om met hulle te kommunikeer, om hulle lief te hê. Dit het baie kritiek ontlok van die Fariseërs, die godsdienstige leiers van die tyd; die godsdienstige ‘hoogheiliges' wat hulle eerder in hul eie elite kringe teruggetrek het. Jesus het hulle aangespreek:Matteus 23:27-28 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer die Bose Jou Aanval (3)

    Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 3:07 Transcription Available


    Send us a textHandelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Dit lyk asof mense deesdae glo dat hoe harder hulle skree, hoe meer sal hulle gehoor word; al is hulle in die minderheid, en al lê selfs dít wat hulle verkondig, êrens tussen waansin en ekstremisme. Maar die ergste is dat wanneer hulle nie met jou saamstem nie, wil hulle jou stilmaak, jou opsy stoot en jou invloed in die gemeenskap afsny. En dis ongelooflik intimiderend.In baie dele van die wêreld het dit onaanvaarbaar geword om te sê dat 'n man 'n man is en 'n vrou 'n vrou. Hoe mal dit ook al mag lyk; daardie eenvoudige stelling, van die duidelik voor die hand liggende waarheid, word deur sommige (slegs deur 'n paar, maar steeds deur sommige) as bevooroordeeld en aanstootlik beskou.En so kan die gemiddelde Jan Alleman geïntimideerd voel om op te staan; om die waarheid te praat. Sy natuurlike reaksie sal dan wees om hom van gesprekke wat saak maak, te onttrek.Daardie vervolging, watter vorm dit ook al mag aanneem (en ek het hier slegs een voorbeeld gebruik) gebeur al sedert die vroegste tye. Vroeë Christene het verskriklike vervolging gely. So hoe het hulle gereageer? Het hulle teruggetrek? Nee. Hulle het gebid. Hier is wat hulle gebid het:Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.Daardie vroeë Christene het nie teruggedeins voor vervolging nie. Hulle het gebid. Hulle het gebid dat God hulle sal help om sonder vrees die Goeie Nuus te deel. Hulle het gebid dat God se krag in hulle en deur hulle sal werk.Wanneer jy geïntimideerd voel, is die antwoord om te bid. En onthou altyd: die Een wat in jou is, is groter as die een wat in die wêreld is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer die Bose Jou Aanval (2)

    Play Episode Listen Later Nov 19, 2025 2:24 Transcription Available


    Send us a textHandelinge 8:9,20-24 In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het. Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.” Toe sê Simon vir die apostels: “Bid júlle tog vir my tot die Here, sodat niks van wat julle gesê het, my tref nie.”Daar is tye wanneer die bose ons heeltemal onverhoeds betrap. Mense, omstandighede, stelsels en sosiale ordes val ‘n mens aan wanneer jy iets goeds probeer doen. Het dit ook al met jou gebeur? Ja, my vriend, daar is op die ou end niks nuuts daaraan nie. Kyk net wat het met Jesus se apostels gebeur terwyl hulle  besig was om goed te doen: Handelinge 8:9 In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het. Die mense was baie beïndruk met sy towerkunsies. Toe Simon, die towenaar, egter die ongelooflik kragtige wonderwerke van die apostels sien, het hy aangebied om hulle te betaal vir hulle ‘geheime krag' wat baie beter as syne was. Handelinge 8:20-24 Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.” Toe sê Simon vir die apostels: “Bid júlle tog vir my tot die Here, sodat niks van wat julle gesê het, my tref nie.”Moenie geïntimideer word wanneer die bose jou aanval nie. Want die Een wat in jou is, is groter as die Een wat in die wêreld is. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer Die Bose Jou Aanval (1)

    Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 2:33 Transcription Available


    Send us a text1 Johannes 3:8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. ‘Boos', is 'n sterk woord. Daar is nie baie dinge in ons lewens wat ons as boos sou bestempel nie. ‘Boos' pas by 'n moordenaar, of 'n kindermolesteerder, nè? Maar dinge in ons eie lewens? Nee, nouja, nie regtig nie.En tog kan ons almal terugkyk na 'n paar besonder slegte dinge wat ons gedoen het – miskien is daar een of twee wat nog steeds in jou lewe voorkom. Dink aan mans wat dikwels onnadenkend hard met hul vrouens praat, en dag na dag daardie kosbaarste verhouding vernietig.Mense in die werkplek wat spog en die krediet neem vir wat ander gedoen het. Ons kan 'n lys, so lank soos môre heeldag, aframmel van gewone, alledaagse dinge wat eintlik, gegewe hul vernietigende impak, as ‘boos' bestempel behoort te word.1 Johannes 3:8 ...wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.God se siening is baie duidelik en ek dink ons sal met Hom saamstem dat ons sonde boos is. Hy draai nooit doekies om nie, Hy verbloem nie die waarheid nie. Maar die goeie nuus van die Evangelie van Jesus Christus is dat Hy gekom het om die duiwel se werk te vernietig.Met ander woorde, die Evangelie verplaas en vernietig die boosheid wat ons van binne-af aanval.Maar hoe werk dit in die praktyk? Wat is die kern van die saak wat van toepassing op ons lewe is? Wanneer ons Jesus in ons lewens toelaat, nie as 'n lekker en gerieflike toevoeging nie, maar as die Een vir wie ons leef, as die Here van ons lewens ... is dít wat Hy doen. Hy vernietig die duiwel se werk van binne.Dit is immers waarvoor Hy gekom het.En dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Volhard en Eer God

    Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 2:50 Transcription Available


    Send us a textGalasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Kom ons wees eerlik, sommige dae voel jy net nie lus om vrolik en opgewek te wees nie; die redes daarvoor kan wissel, maar party dae voel jy net nie lus vir mense en ander aktiwiteite nie. Sommige dae voel dit sommer die beste opsie om in die bed te bly. Sommige dae …Toe ek vandag se boodskap voorberei het, het ek beslis nie lus gevoel om op te spring en te jubel nie. Ek was net besig om oor 'n borsaandoening te kom en ek het aaklig gevoel. Maar wanneer jy verantwoordelik daarvoor is om vir 365 dae per jaar VARS- boodskappe aan ons luisteraars en intekenaars, beskikbaar te stel, moet jy dit biddend skryf en opneem omdat jy jou getroue gehoor daarmee wil seën terwyl jy ook die sperdatums nakom. In tye soos hierdie onthou ek wat een van my wyse, ou dosente by die Bybelskool al daardie dekades gelede vir my gesê het: Party dae, het hy gesê, moet jy God eer en net deurdruk en voortgaan. En as dit ál is wat jy in jou het, is dit ook goed.Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.Dit het baie te doen met deursettingsvermoë. Trouens, dit is een van die belangrike temas in die Bybel. En as jy kyk na die mense wat 'n werklike verskil in hierdie wêreld gemaak het en steeds maak; besef jy dat talent belangrik is, maar dat dit nie die hoofsaak is nie. Dit gaan meer daaroor dat jy op hierdie mense kan staatmaak; hulle is mense wat ten spyte van die feit dat hulle miskien siek, of moeg is, getrou opdaag wanneer hulle regtig nie die krag of die lus het om daar te wees nie.So, moenie moeg word om in jou eie klein hoekie; in jou kring van familie en vriende, werkskollegas en bure, goed te doen nie, want jy sal die oes van die ewige lewe op die regte tyd ontvang. Moenie moed opgee nie, daag op.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Op ‘n Goeie Dag

    Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 2:42 Transcription Available


    Send us a textDeuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV) Die lewe is ‘n fees! Ja, dis ‘n fees wanneer alles vir weke of maande sommer klopdisselboom loop: jou finansies; jou gesondheid, jou familie en jou verhoudings. Alles verloop seepglad. Fantasties!Toemaar, ek besef dat dit dalk nie altyd vir jou voel asof jy in een van daardie mooi, warm, sonnige situasies verkeer nie. Dit lyk vir jou asof daar altyd die een of ander ding is wat jou vrede versteur, nè?Maar wanneer die lewe wonderlik is, wanneer dit goed gaan, is daar 'n risiko – 'n groot risiko – dat jy selfvoldaan sal raak. As jou finansies redelik goed gaan, is dit maklik om deur jou positiewe bankbalans opgebeur te word. As jou gesondheid regtig goed is, voel jy selfversekerd en selfvergenoegd.Die uitbundigheid van 'n goeie lewe kan alte maklik verander in 'n selfvoldane trots. Maar wat gebeur wanneer die onweerswolke opsteek en jou bootjie begin onbeheers op die oopsee ronddobber?  God het Israel oor hierdie gevoel van selfvoldaanheid gewaarsku. Hy het hulle deur Moses voorberei om die Beloofde Land in te neem.Deuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV)Moet dit nooit vergeet nie. Elke goeie ding in jou lewe kom van Hom af. Hy is die Een wat voorsien het; Hy is die Een wat dit moontlik gemaak het; Hy is die Een wat jou geseën het. Eer God op jou beste dag ... want Hy sal beslis by jou wees op jou slegste.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Byt Vas!

    Play Episode Listen Later Nov 15, 2025 2:46 Transcription Available


    Send us a textJakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Ons word omring deur soveel talentvolle mense, nè? Mense wat dinge kan doen wat ons nooit sal kan doen nie; mense wat hoogtes bereik wat ons nooit sal bereik nie; mense wat so perfek lyk, dat dit jou asem wegslaan.Kyk, baie van daardie talent is op een of ander manier deel van hulle; dit spruit uit hul DNS. Ek dink nou aan my vriendin Lorraine, wat ‘n wonderlik begaafde violis is en my ou vriend Laurrie, wat deur sy bediening met liefde en sagmoedigheid ander help om genesing te vind. Daardie mense is in staat tot dinge waartoe ek nooit in staat sal wees nie.En dan ... dan is daar die hele kwessie van versoeking. Jy weet waarvan ek praat, nè? Daardie ander mense lyk almal so voorspoedig en in beheer van alles, terwyl ons ons swakhede ken; ons ons mislukkings sien; ja, ons weet wanneer ons in versoeking gestruikel het en in sonde geval het. Waarom kan ons nie soos hulle wees nie, vra ons onsself af.Maar daar was ook tye toe jy versoeking verduur het; tye toe jy uit 'n diep kennis van die liefde van God vir jou, versoeking weerstaan het; standvastig gebly het ... omdat jy geweet het wat Jesus vir jou gedoen het.Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.Die dilemma met versoeking is dat wanneer dit oor jou pad kom, dit baie lekkerder voel om daaraan toe te gee, as om dit te weerstaan. Maar, my vriend, hier is die waarheid. Jy hoef nie ‘n wonderlike talent van een of ander aard te hê nie, solank jy  standvastig kan bly wanneer jy nie lus het nie, om die kroon van die lewe te ontvang wat die Here belowe het. Staan vas!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Goeie Nuus

    Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 2:42 Transcription Available


    Send us a text1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf!Daardie foute kan swaar op ons gewetes lê, nè? Het jy al ooit ontslae geraak van daardie skuldgevoelens? Het jy jouself al vergewe? Of beroof die gevolge van jou dade jou steeds van jou vrede en vreugde, en hang dit soos 'n donker wolk oor jou toekoms?Watter fout uit jou verlede bly by jou spook? Terwyl jy die las daarvan voel; miskien die pyn weer ervaar; kom ons kyk wat staan in:1 Johannes 1:9  Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.Wat beteken dit om jou sondes aan God te bely? Dit beteken om hulle een vir een op te noem; om verantwoordelikheid vir hulle te neem en om eerlik met jouself en met God daaroor te wees, eerder as om hulle, met die hoop dat hulle sal weggaan, te ignoreer.En wanneer jy dit doen, sal God jou vergewe. Jy kan Hom absoluut vertrou om dit te doen, want Jesus het gesterf om vir jou sondes te betaal. En Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.Nou sal jy, met jou lei heeltemal skoongevee, kan voortgaan met dié lewe wat Hy nog altyd vir jou begeer het. Dis die rede waarom Jesus weer uit die graf opgestaan het: om jou die oorwinning oor sonde en dood te gee; om jou 'n nuwe lewe te laat lei; vir ewig, in sy teenwoordigheid. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer die Duiwel Los Rondloop

    Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 3:05 Transcription Available


    Send us a text1 Johannes 4:4 Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. Volgens die jongste ramings is daar meer as 5 miljoen potgooie en 600 miljoen blogs of webrubrieke daar buite. Hulle publiseer gesamentlik byna 8 miljoen episodes en plasings per dag. Dit is benewens die "tradisionele media" waar ware joernalistiek grootliks vervang is deur sorgvuldig vervaardigde metodes om jou met verwante inligting uit te lok. Daar word soveel inligting, in ons kele afgedruk dat dit moeilik is om te weet wát om te glo en wat nie.Kom ons wees eerlik. Terwyl daar hier en daar briljante inligting is, is daar volop absolute giftige gemors. My vriend, dit voel of óns enkele klein ou kersie met 'n flikkerende vlammetjie van liefde, geen kans staan in die toenemend donker en perverse wêreld nie. Hoe kan enigiemand 'n eenvoudige geloof in Jesus uitleef in 'n wêreld wat hulle toenemend wil afsluit; stilmaak; afskryf? Is daar enige hoop hoegenaamd?1 Johannes 4:4 Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.Wat 'n kragtige waarheid. Al daardie mense wat valse, giftige en toenemend donker en gevaarlike idees daar buite versprei, is reeds verslaan. Hoekom? Omdat Jesus, die Een wat in jou is, groter is as die een wat in die wêreld is.Jesus het gesterf en weer opgestaan en Hy het reeds die stryd vir jou en vir enigiemand anders wat hul vertroue in Hom stel, gewen; want deur aan die kruis te sterf, het Hy die straf geneem wat ek en jy vir ons sonde verdien het. Deur weer op te staan, het Hy vir ons die oorwinning oor sonde en dood gegee om 'n ewigheid in sy teenwoordigheid deur te bring.Die waarheid is dat selfs al kom die hel teen jou, is die hel steeds in die minderheid. Jesus het oorwin.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Claim God se Woord VARS vir jou Vandag

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel