God se Woord VARS vir jou Vandag

Follow God se Woord VARS vir jou Vandag
Share on
Copy link to clipboard

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord. Vars, vir jou, elke dag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Donate to God se Woord VARS vir jou Vandag


    • Sep 30, 2026 LATEST EPISODE
    • daily NEW EPISODES
    • 2m AVG DURATION
    • 2,087 EPISODES


    Search for episodes from God se Woord VARS vir jou Vandag with a specific topic:

    Latest episodes from God se Woord VARS vir jou Vandag

    Vlug Na Hom Toe

    Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 2:56 Transcription Available


    Send us Fan Mail2 Timoteus 2:13 as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie. Dis nie maklik om te erken dat ons al dikwels vir God en vir onsself teleurgestel gestel het nie; ek praat nou van 'n geheime gewoontetjie, 'n skelwoord, of 'n oomblik van swakheid. En dan op ‘n dag weet ons sommer dat ons hierdie keer te ver gegaan het.In die tagtigerjare het die Amerikaanse TV-evangelis Jimmy Swaggart se morele ineenstorting die wêreld geskok. Sy bediening het oornag verbrokkel. Baie mense het hom heeltemal afgeskryf. Maar in die jare wat gevolg het, het Swaggart deur trane, berou en nederigheid sy lewe stukkie vir stukkie voor God herbou. Die skares het nooit op dieselfde manier teruggekeer nie - maar genade het wel.As jy so daaroor dink, sien jy daar is ‘n stryd tussen ons mislukkings en God se getrouheid. Tot op watter punt het ons te ver gegaan? Tot op watter punt het ons so diep geval dat God nie meer die moeite sal doen om ons te kom soek, te red en weer op te tel nie?Die apostel Paulus het daardie spanning maar alte goed geken toe hy hierdie woorde aan Timoteus, sy dissipel, geskryf het:2 Timoteus 2:13 as ons ontrou is - Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie.Kom ons maak dit duidelik: God se karakter verander nie na gelang van ons gedrag nie. Hy verskoon nooit sonde nie - maar Hy verlaat ook nooit die sondaar wat na Hom terugkeer nie. Sy getrouheid is gegrond op wie Hy is, nie op wat ons gedoen het nie. Dis die rede waarom Jesus vir jou gesterwe het! Hy het die prys betaal vir jou.As jy dus geval het - of as jy op een of ander manier persoonlik gefaal het - moenie van Hom af wegvlug nie. Vlug na Hom toe.Want dié God wat jou geroep het, is nog lief vir jou; Hy wag nog vir jou. Onthou dat sy krag gaan juis in jou swakheid na vore kom. Hy het nie weggeloop nie... en Hy sal jou nooit verlaat nie. Dis God se Woord. Vars... vir jou...vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Moeg vir die Geraas?

    Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 3:07 Transcription Available


    Send us Fan Mail1 Tessalonisense 4:11-12 en laat dit vir julle 'n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie. Skakel jou foon aan, en dis asof die negatiwiteit jou sommer in die gesig klap. Oorloë, skandale, die nuutste skinderstorie, en dan die belaglike debatte ook nog. Elke keer wat jy blaai, trek dit jou emosies weer na 'n ander kant toe. Dis asof jy in 'n storm vasgevang is wat nooit ophou nie, en hoe erger dit raak, hoe swaarder word dit om selfs jou eie gedagtes te hoor, wat nog te sê van God se stem.'n Paar jaar gelede het 'n jong joernalis besluit om vir 'n hele jaar al haar sosiale media af te skakel. Haar vriende het agter haar rug voorspel sy gaan doodeenvoudig irrelevant raak. Maar toe kry sy iets terug wat sy lankal kwyt was, vrede. Sy't weer 'n manier van leef gekry wat persoonlik en gefokus is, met 'n doel wat regtig saak maak, iets wat geen app. of skerm ooit kan vervang nie.Kyk na die soort lewe waartoe Paulus die gelowiges in die woelige stad Tessalonika aangemoedig het:1 Tessalonisense 4:11-12 en laat dit vir julle 'n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.Die vroeë Christene het ook in 'n wêreld vol politieke onrus, en geskarrel geleef - nou nie eintlik baie anders as ons s'n nie. Maar Paulus se raad was baie duidelik: moenie saam met die geroesemoes daarbuite raas nie. Bou liewer vir jou 'n bestendige, rustige lewe, een wat 'n baie kragtiger boodskap as enige plasing op jou skerm of enige betoging op straat uitstuur.Miskien is dit dan nou tyd om die nuus en sosiale media 'n bietjie stiller te maak, en te gaan luister na daardie stil, sagte stem van God. Want in 'n wêreld wat verslaaf is aan geraas, is dit juis die rustige mens wat 'n geseënde lewe lei, en wat die grootste verskil maak.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Leef jy, of Bestaan Jy?

    Play Episode Listen Later Sep 28, 2026 3:11 Transcription Available


    Send us Fan MailKolossense 3:3-4 ...want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. Het jy al ooit gedink daar moet tog meer aan die lewe wees as wat dit vandag vir jou voel? Jy hardloop saam met almal agter sukses, verhoudings en gemak aan, maar selfs wanneer jy dit reeds het, voel dit of iets nog steeds skort. Dis asof jy leef, maar nie eintlik regtig lééf nie. Dit was presies hoe my lewe gevoel het. Ek het hard geswot, hard gewerk, en teen my vroeë tot middel-dertigs het ek darem al party van die dinge wat ek destyds as die moeite werd beskou het, bereik. Maar elke keer as een van daardie dinge my kant toe kom, het ek al hoe leër begin voel.Lank gelede was daar 'n man met die naam Saulus wat ook so gevoel het. Hy het status gehad, opleiding, mag – totdat een ontmoeting alles kom verander het. Op 'n stowwerige pad na Damaskus toe het hy vir Jesus raakgeloop.Die óú Saulus het daardie dag gesterf, en 'n nuwe man, Paulus, is gebore. Nie fisies nie, maar geestelik. Sy lewe, sy waardes, sy hele lewensdoel het totaal verander.Later het hy self verduidelik wat presies met hom gebeur het. En dit is wat met enigiemand kan gebeur wat vir Jesus ontmoet:Kolossense 3:3-4 ...want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.Paulus het nie oor godsdiens gepraat nie, hy het oor wedergeboorte gepraat, dié soort wat jou van binne af verander. Want wanneer jy jou lewe in God se hande sit, verdwyn die óú jy sommer net. Dié een wat gebuk gaan onder skuld, vrees en die gejaag om iets te bereik, verdwyn. En in sy plek begin iets nuuts groei, iets sterker, iets vryer, iets met ewigheidswaarde.As jy dus al lankal 'n nuwe begin begeer, luister mooi hierna: die lewe waarvoor jy gemaak is, is verborge in Christus. En dit wag, reeds op hierdie oomblik, om te begin. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Ly Jy Ter Wille van Christus?

    Play Episode Listen Later Sep 27, 2026 2:58


    Send us Fan MailFilippense 1:29 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Ons almal hou baie van die idee van seëninge – dinge soos goeie gesondheid, sukses, vrede, en miskien 'n bietjie geluk op ons pad. Maar wat sal gebeur as een van God se seëninge glad nie soos 'n seëning voel nie? Wat as dit jou baie kos?Toe die bekende burger-regte-leier Martin Luther King Jr. die pad van vrede gekies het, het hy goed geweet dat dit vir hom baie swaarkry sou bring. Daar was dreigemente, hy is tronk toe gestuur, mense het hom gehaat – en dit het uiteindelik selfs sy dood beteken. Tog het hy daarna verwys as 'n hoë eer om te ly ter wille van dit wat reg is. Sy lewe herinner ons baie duidelik daaraan dat sommige dinge so reg en so heilig is, dat die pyn naderhand deel van die voorreg word. Dit is presies wat die apostel Paulus destyds geskryf het aan die gelowiges in die ou stad Filippi:Filippense 1:29 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.Paulus het hierdie woorde geskryf terwyl hy self in die tronk gesit het. Hy het nie maar net mooi gedagtes probeer skryf nie – hy het dit self elke dag deurgemaak. Sy geloof in Christus het beteken dat hy in kettings gevange gehou is, maar hy het selfs dít as 'n groot eer beskou.Die absolute waarheid is dat om vir Jesus lief te hê, nie oor 'n gemaklike lewe gaan nie; dit vra baie moed. Om Hom te dien beteken dat jy soms heeltemal teen die stroom moet swem. Dit beteken dat jy moet opstaan vir wat reg is, selfs al kos dit jou baie.So, as dit vir jou baie moeilik voel om te volg wat waar en reg is – moenie weghardloop of bang wees nie. Jy is in baie goeie geselskap. Ware geloof vlug nie vir opofferings nie … dit vind juis groot vreugde daarin.God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleenlik deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Stap Jy in die Lig?

    Play Episode Listen Later Sep 26, 2026 3:19 Transcription Available


    Send us Fan MailEfesiërs 5:14 En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied:“Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” Wat kruip in die skaduwees van jou lewe weg? Die dinge waaroor jy glad nie praat nie – die skuldgevoelens wat jy diep wegsteek, die bitterheid wat jy probeer regverdig, die geheime gewoontes wat jou stil-stil beheer. Miskien sien niemand anders hierdie dinge nie, maar jý weet van hulle. En hulle steel jou vrede.Het jy al ooit in 'n donker kamer ingestap nadat jy buite in die helder sonlig was? Vir 'n paar oomblikke kan jy absoluut niks sien nie. Jou oë sukkel om aan te pas, jy huiwer, en selfs bekende dinge lyk skielik vreemd. Maar die oomblik as jy die lig aanskakel, verander alles. Wat onsigbaar was, is dadelik weer sigbaar. Dit is presies hoe dit ook in ons binneste werk. Ons raak naderhand so gewoond daaraan om met klein stukkies duisternis saam te leef – soos die bitterheid wat ons nie wil laat gaan nie, die skaamte wat ons nie wil erken nie, of emosies wat ons diep wegbêre – totdat daardie skaduwees na 'n rukkie vir ons heeltemal normaal voel. Die apostel Paulus het destyds aan die Christene in Efese geskryf. Hulle was omring deur allerhande versoekings en dinge wat verkeerd was. Hy het hulle – en vir ons – uit daardie skaduwees uitgeroep om in die lig te gaan staan:Efesiërs 5:14 En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” Hierdie boodskap is baie eenvoudig maar ook baie dringend: hou op om half aan die slaap deur die lewe te gaan. Hou op om te maak asof die duisternis nie skadelik is nie. Jesus het nie gesterf sodat jy lekker gemaklik in die skaduwees kan bly sit nie – Hy het opgestaan om jou heeltemal in sy helder lig in te bring.Daardie lig wys natuurlik dinge wat ons eintlik baie liewer sal wil wegsteek. Maar daardie selfde lig herstel dinge wat ons nooit op eie stoom sou kon regmaak nie. So, wat is daardie donker kamer in jou lewe – die ding wat jou tot nou toe gekeer het om vir God oop te maak? Skakel vandag die Lig aan. Laat Sy lig heeltemal inkom. Onthou ware vryheid kom nie as jy wegkruip nie … dit kom wanneer jy reguit in die lig instap.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Laat Jy God se Liefde Skyn?

    Play Episode Listen Later Sep 25, 2026 2:59 Transcription Available


    Send us Fan Mail1 Johannes 4:7-8 Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Elke jaar tydens die Chinese Maan-fees kom families bymekaar onder die volmaan. Lanterns gloei, tafels loop oor met kos, en maan-koekies word gedeel as 'n simbool van eenheid, hereniging en liefde. Oor dorpe, stede, selfs kontinente, kyk Chinese mense op na dieselfde maan en onthou diegene vir wie hulle die liefste is.Daardie viering vang iets diep in die menslike hart vas – 'n verlange na verbintenis. Tog, ten spyte van al die tegnologie en nabyheid, voel ware liefde dikwels stukkend, voorwaardelik en broos. En daarom praat hierdie woorde van die apostel Johannes vandag nog só kragtig met ons:1 Johannes 4:7-8 Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.Johannes het hierdie brief aan 'n gemeenskap wat verdeeld was deur konflik en valse leringe, geskryf. Sy boodskap was eenvoudig maar revolusionêr: ware liefde begin nie by ons nie – dit begin by God. Hy is nie bloot liefdevol nie; Hy is Liefde self.Net soos die maan die lig van die son weerkaats, word ons geroep om God se lig in 'n donker en verdeelde wêreld te weerkaats. Die warmte wat ons deel, die genade wat ons gee, die vergifnis wat ons bied – dis hoe mense die ware God ontmoet.So vanaand, as jy toevallig die maan sien, onthou: God lig vervaag nooit nie. Laat Sy liefde deur jou skyn – en kyk hoe die duisternis verdwyn.Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Is Kwesbaarheid Mislukking ?

    Play Episode Listen Later Sep 24, 2026 3:02 Transcription Available


    Send us Fan Mail2 Korintiërs 4:7 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. Voel jy soms of jy glad nie meer kan nie? Jy probeer vreeslik hard om vir almal te wys dit gaan goed – maar binne-in is jy doodmoeg, gedaan, en dalk selfs skaam omdat jy nie dinge beter kan hanteer nie. Ons het iewers begin dink dat as jy swak is, jy misluk het. Maar God kyk glad nie so daarna nie.Toe die komponis Ludwig van Beethoven sy gehoor begin verloor het, was hy stukkend. Musiek was sy hele lewe, sy alles, sy hele wêreld. Vir 'n ruk het hy homself in groot hartseer afgesonder. Maar in plaas daarvan om tou op te gooi, het hy aangehou om musiek te skryf – nie ten spyte van sy swakheid nie, maar juis daardeur. Uit daardie moeilike tyd het sy heel mooiste en bekendste werk gekom: Beethoven se Negende Simfonie. Sy groot leemte het die pad geword na iets ongeloofliks.Dit is menslike kwesbaarheid waarvan die apostel Paulus gepraat het toe hy vir die mense van Korinte geskryf het in:2 Korintiërs 4:7 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.In Paulus se tyd was kleipotte goedkoop en broos – maklik gekraak, maklik vervang. En tog kies God ons – brose, gewone mense – om sy lewe en lig in die wêreld in te dra.So, wat van jou? Kom ons kyk na jou innerlike lewe; na jou mislukkings, jou swakhede, jou laste, jou verwarring, jou skaamte, jou wrok, jou vrees wat soms jou hart beetpak; al daardie goed wat jy liewer wil wegsteek. Maar, onthou broosheid is nie mislukking nie; dis bewys dat die krag God s'n is, nie joune nie. Ons is almal – elkeen van ons – net soos daardie gekraakte potte waarna Paulus verwys het. Hou dus op om jou krake te probeer wegsteek. Laat God se lig eerder in jou hart daardeur skyn. Want dis juis wanneer jy swak is dat sy krag op sy mooiste en kragtigste is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    September Nuusbrief 2

    Play Episode Listen Later Sep 23, 2026 3:01 Transcription Available


    Send us Fan MailGoeiedag, 'n Heerlike, geseënde lentetyd vir jou!Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir September.Sjoe, kan jy glo dit is alweer lente? Ons hoop dit gaan sommer baie goed met jou en dat jy die warmer dae en vroeë oggendsonnetjie net soveel soos ons geniet. Die nuwe seisoen bring nuwe energie, en dit is die perfekte tyd om vir 'n oomblik asem te skep en te kyk na al die mooi dinge wat die Here vir ons gee. In hierdie nuusbrief wil ons sommer net 'n bietjie liefde en inspirasie met jou deel—en wys hoe ons intekenaars se terugvoer ons harte warm laat klop!Hier is ‘n getuienis wat ons ontvang het:Joan Kilian sê: Baie dankie vir die "VARS-"boodskappe wat elke oggend vir my soveel betekenis het. So baie daarvan is "spot on."Vanoggend se boodskap "Die vreugde om ja te sê" spreek weer eens tot my.  Ek is besig om Kolossense te lees en dit bevestig juis dat ons God se wil moet doen.   Baie dankie aan almal by Christianityworks wat hierdie boodskappe elke dag uitstuur en spesiaal aan Berni wat GOD gehoorsaam. Mag julle geseënd wees in alles wat julle doen. Jesus liefde.Hier is nog ‘n paar kortetjies: ·      Dankie julle! Ek is absoluut mal oor die praktiese boodskappe. Ek deel dit in my klaskamer, stuur dit vir my vriende aan, en gebruik dit natuurlik vir my eie stilte-tyd saam met die Here.·      Dankie dat julle hierdie daaglikse e-posse stuur, julle ouens is tops!"·      Sjoe! My voete is twee keer in die laaste paar dae sommer onder my uitgeslaan deur julle boodskappe! Ek wil sommer my arms in die lug gooi en jubel oor die Waarheid daarvan. Dit was net die regte vonk om my geloof in Jesus Christus weer nuwe lewe te gee. Baie dankie!·      Hierdie inspirerende boodskappe maak sommer my hele dag. Dit voel altyd of dit my situasie presies aanspreek, nog voor ek selfs weet ek het dit nodig! Julle is amazing!Dankie dat jy deel is van hierdie bediening — jou betrokkenheid en gebede beteken vir ons meer as wat woorde kan sê. Ons nooi jou hartlik uit om jou gebedsversoeke na afrikaans@christianityworks.com te stuur wanneer jy wil hê ons gebedspan moet saam met jou bid. Ons hoor altyd graag van jou; stuur ook gerus jou getuienis of terugvoer oor die materiaal vir ons aan. As die Here dit op jou hart lê om ons Suid-Afrikaanse bediening finansieel te ondersteun, kan jy eenvoudig die skakel hieronder gebruik. So kan jy op ‘n praktiese wyse ook meewerk om die boodskap van die Koninkryk van Jesus Christus tot in die verste uithoeke van die aarde uit te dra.Moenie vergeet om vir jou land te bid nie!Seënwense en mooi loop!Van Jokkie, Annelie en die VARS-span Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Waar lê die Krag?

    Play Episode Listen Later Sep 23, 2026 3:19 Transcription Available


    Send us Fan Mail1 Korintiërs 4:20 Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag.Oral waar jy kyk, praat mense. Op Facebook, op die nuus, op poduitsendings... dis 'n nimmereindigende stroom van opinies. Maar daar is 'n verskil tussen praat en doen. Om mooi dinge oor geloof te sê, is maklik. Maar om dit elke dag in die krag van God uit te leef? Dís wat tel.In die 18de eeu was John Wesley reeds 'n geordende predikant. Hy was welsprekend, gedissiplineerd en mense het hom opreg bewonder. Maar diep binne-in homself, het hy geweet daar ontbreek iets. Hy was geestelik heeltemal uitgebrand en vol twyfel.Dit het alles een aand in Aldersgatestraat in Londen verander. Terwyl hy na 'n voorlesing uit Romeine geluister het, het hy 'n ware, lewende ontmoeting met God self gehad. Wesley het gesê sy hart het skielik "vreemd warm" geword. Hy het besef dat verlossing 'n gratis geskenk van genade is, en nie iets wat deur godsdiens verdien kan word nie. Aldersgatestraat het die simbool geword vir die verskuiwing van kop-kennis na hart-kennis, en dit het die groot Metodiste-herlewing begin wat miljoene lewens wêreldwyd verander het.En weet jy, dit is presies waaroor die apostel Paulus gepraat het toe hy aan die gelowiges in Korinte geskryf het. Daardie kerk was baie trots op hulle leraars, hulle slim argumente en hulle mooi woorde. Maar intussen was hulle verdeeld, geestelik swak en losbandig. 1 Korintiërs 4: 20: Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag.Die koninkryk van God gaan nie oor indrukwekkende woorde of 'n deftige voorkoms nie. Dit gaan oor die onmiskenbare krag van die Heilige Gees. Dit gaan oor die krag wat harte verander, wat verhoudings genees, wat die greep van sonde breek en wat lewe bring waar daar absoluut niks was nie.Vra jouself dus vandag af: is my geloof net mooi praatjies, of het God se krag my werklik verander?Want kyk, wanneer die Gees van Christus in jou woon, dan práát jy nie net van die evangelie nie – jy wýs dit. En dit is die soort krag wat hierdie wêreld eenvoudig nie kan ignoreer nie. Trouens, dit is presies die soort krag wat die wêreld nou nodig het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wen of Verloor Jy?

    Play Episode Listen Later Sep 22, 2026 2:45 Transcription Available


    Send us Fan MailRomeine12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Wat doen jy wanneer iemand jou te na kom? Ek bedoel... jou régtig te na kom? Instinktief wil ons hulle in gelyke munt terugbetaal. Ons wil wys ons is reg, ons wil ons trots beskerm, nè? Maar op daardie oomblik het jy 'n keuse: óf jy slaan terug... óf jy stop die kwaad.Dink aan Corrie ten Boom. Sy het die hel van 'n Nazi-konsentrasiekamp oorleef, maar haar suster het daar gesterf. Toe sy jare later 'n toespraak oor vergifnis hou, stap 'n man na haar toe en steek sy hand uit. Corrie se bloed het koud geword – sy het hom dadelik herken as een van die wreedste wagte uit háár kamp.Sy het alle reg gehad om wraak te neem en hom voor almal te ontmasker. Haar hele wese het geskree om om te draai.Maar sy het geweet sy het 'n keuse. Sy het gebid: Jesus, help my. Toe steek sy haar hand uit en kies vrede bo wraak. Sy het die kwaad gestop.Paulus het aan die Christene in Rome met 'n samelewing deurdrenk van geweld, trots en wraak geskryf. Hy gee vir hulle hierdie radikale opdrag:Romeine 12:21 : Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.Kyk, wraak gooi net olie op die vuur van die kwaad, maar genade blus dit uit.So, wanneer jy weer die versoeking voel om terug te kap, onthou: oorwinning kom nie van terugslaan nie. Dit kom wanneer jy liefhet... veral wanneer dit jou die meeste kos.Want dis hoe die kwaad verslaan word – een goeie daad op 'n slag.Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Gemak of Roeping?

    Play Episode Listen Later Sep 21, 2026 2:50 Transcription Available


    Send us Fan MailHaggai 1:4 Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?Jy ken daardie gevoel wanneer die lewe regtig besig raak – sperdatums, rekeninge, familie, projekte, en voor jy jou kon kry, het God van jou lys afgegly. Nou-ja, jy sê vir jouself dit is net tydelik … dat jy na Hom sal terugkeer sodra dinge bedaar. Maar op een of ander manier gebeur dit nooit nie.Dis presies wat in Israel gebeur het. Hulle het uit ballingskap in Babilon teruggekeer om Jerusalem en natuurlik die Tempel te herbou. Maar soos die jare verbygegaan het, het hulle vasgevang geraak in die bou van hul eie huise; hulle eie sakke gevul en besig geword met hul eie dinge. God het deur sy profeet met sy volk gepraat:Haggai 1:4 Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?God het nie die feit dat hulle hul eie huise gebou het veroordeel nie; Hy het gewys hulle harte is op die verkeerde plek. Hulle wou God se seëninge hê sonder om plek te maak vir sy teenwoordigheid. Die droogtes en die teleurstellings wat daarna gekom het, was God se manier om te sê: Haai, julle het My vergeet.Ons bou dalk nie vandag tempels nie, maar die reël ​​tel steeds. Wanneer ons gerief belangriker as ons ​​roeping word, en wanneer ons planne geen plek vir God se wil het nie, droog ons  geestelik op.So, neem vandag ‘n bietjie voorraad op. Waaraan bestee jy jou energie, jou passie en jou tyd? Wat trek jou - bietjie vir bietjie - weg van God af? Diep binne is daar daardie ongemaklike gevoel, nè? Daar is net nie ware vrede nie, daar is net nie ware vreugde nie.Maar glo my, wanneer jy God eerste stel, val alles in plek. Soek Hom nóg voor jou volgende sperdatum, voor jou volgende afleiding. Kyk hoe herbou Hy dít wat werklik saak maak.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Geduldig Maar Magtig

    Play Episode Listen Later Sep 20, 2026 2:36 Transcription Available


    Send us Fan MailNahum 1:3 "Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete. Dit is snaaks hoe graag ons reg en geregtigheid wil sien - maar net nie wanneer ons fouteer nie. Wanneer mense óns te na kom, wil ons hê God moet dadelik ingryp. Maar wanneer óns droogmaak, wil ons hê Hy moet wag. Hy moet verstaan. Hy moet ons 'n bietjie kans gee. Dit is nogal selfsugtig, nè?Hierdie spanning - genade vir my, maar straf vir hulle - is so oud soos die mensdom self. Dit is presies waaroor dit hier gaan in:Nahum 1:3: Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete.Die profeet Nahum het hier gepraat oor die magtige Assiriese Ryk. Hulle was bekend vir hul verskriklike wreedheid en onderdrukking. God het hulle op vorige geleenthede gebruik om sy eie volk te dissiplineer, maar nou was dit tyd vir geregtigheid. God was nie van plan om hulle geweld vir altyd te ignoreer nie.En tog herinner Nahum ons daaraan dat God lankmoedig is. Hy hou geregtigheid en barmhartigheid in perfekte balans. Dit is iets waarmee óns sukkel. Kom ons wees eerlik: Ons veroordeel ander vinnig, maar verskoon onsself maklik. God werk nie so nie. Sy geregtigheid is heilig en sy barmhartigheid is geduldig.So, voor jy vandag geregtigheid van God eis vir dit wat aan jou gedoen is, stop net vir 'n oomblik. Dank Hom eerder vir sy barmhartigheid teenoor jóú. Want dieselfde Hand wat die kwaad oordeel, reik ook vandag uit om te vergewe.Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Moenie Afgode van jou Drome Maak Nie

    Play Episode Listen Later Sep 19, 2026 2:46 Transcription Available


    Send us Fan MailJona 2:8 Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.Ons het almal drome. ‘n Huis, ‘n goeie loopbaan - die suksesverhaal wat ons stilletjies in ons gedagtes bou. En niks daarvan is verkeerd nie … totdat die droom ons begin besit. Totdat jou eie strewe na geluk stil-stil God se plek in jou lewe inneem.Lank, lank gelede het Jona ook sy eie planne gehad. Maar toe vra God hom om iets moeiliks te doen. Hy moes die mense van Nineve -'n rowwe vyandige stad - gaan waarsku dat God hulle gaan vernietig indien hulle nie hul lewens verander nie. Jona wou niks weet nie. Hy hardloop toe in die teenoorgestelde rigting, klim op ‘n skip, en probeer sy eie storie skryf. Maar toe bars 'n geweldige storm los, en Jona word oorboord gegooi. Ons ken die storie: 'n groot vis sluk hom in. En in daardie drie dae se stikdonkerte het hy uiteindelik tot sy sinne gekom. Uit diep wanhoop, het hy die volgende woorde gebid:Jona 2:8 Wie vals gode aanbid, minag God se goedheid. Jona het besef dat sy eie plannetjies vir hom belangriker as God was. Die oomblik wanneer ons ons sukses, plesier, beheer of selfs ons mooiste drome aanbid, gooi ons ons enigste anker weg.Ons almal het drome vir die toekoms, wat om onsself draai. Maar die moeilike vraag is: het my drome my afgod geword? Stel ek my begeertes bo God se wil?Miskien vra God jou om op te hou om weg te hardloop. Om daardie droom wat sý plek ingeneem het, neer te lê. Want die oomblik wanneer jy omdraai, gaan jy tot dieselfde wonderlike besef as Jona kom: die God vir wie jy gevlug het, is die Een wat jou liefhet, jou red en jou vervul.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer Vertroue te Veel Kos

    Play Episode Listen Later Sep 18, 2026 2:52 Transcription Available


    Send us Fan MailMaleagi 3:10 Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die  Almagtige.Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Het jy al ooit op ‘n punt gekom waar dit net nie vir jou moontlik gevoel het om die regte ding te doen nie? Jy weet presies wat God vra—om te gee, te vergewe, of te laat gaan—maar dit maak net nie sin nie. Die risiko voel te groot, en jou hart fluister: Ek kan dit nie bekostig nie.Dit is presies hoe Israel gevoel het in die tyd van die profeet Maleagi. Die mense het opgehou gee, opgehou vertrou, en net begin opgaar. Dit was moeilike tye, en hulle geloof was op ‘n absolute laagtepunt; hulle het net aan hulself gedink. Maar toe die volk so moedeloos was, sê God iets ongeloofliks. Dit is die teenoorgestelde van al die ander wette wat sê dat jy Hom nié mag toets nie:Maleagi 3:10: Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Kom ons wees eerlik: God het nie gestres oor hulle geld nie. Die Psalmis vertel immers Hy besit die beeste op 'n duisend heuwels. Ja-nee, Hy is nie verleë oor ons ou bydraetjie nie; Hy besit die hele spul!  God wou beslis nie hulle geld hê nie; Hy wou hulle vertroue hê.Wanneer mense Hom uit opstandigheid getoets het, was dit 'n sonde. Maar hier? Hier nooi Hy sy volk om Hom te toets. Wanneer jy met 'n oop hand gee, wys jy dat jou hart glo dat God sal voorsien—ten spyte van hoe desperaat dinge lyk.So, wat is daardie ding wat God vandag van jou vra wat vir jou te ‘duur' voel? Doen dit in elk geval. Want wanneer jy God met oop hande vertrou, sal jy vinnig agterkom: God gee altyd meer as wat jy gee.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Onsigbare Werk van God

    Play Episode Listen Later Sep 17, 2026 3:04 Transcription Available


    Send us Fan MailJob 23:10 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Daar is seisoene in elkeen se lewe wanneer dit voel asof God ver weg is - nou praat ek nie van in teorie nie... maar van die wrede realiteit van die lewe. Jy hou aan om die regte dinge te doen. Jy bid, jy dien, jy druk deur - en tog val alles uitmekaar. Jy kan nie sy hand raaksien nie, jy kan nie sy teenwoordigheid voel nie. En die stilte ...voel soos verlatenheid.Die sendeling, Amy Carmichael, was die laaste twintig jaar van haar lewe bedlêend ná 'n ernstige val. Haar bediening was verby, haar krag was weg. Maar uit daardie siekbed skryf sy: God het my nog nooit in die steek gelaat nie, en Hy sal jou ook nie in die steek laat nie.Ten spyte van haar omstandighede het Amy aangehou skryf, bid en vertrou. Sy het bo haar pyn uitgestyg, en haar boeke het miljoene mense geïnspireer. Toe sy later teruggekyk het, het sy besef: God het nie net haar werk gesuiwer nie, Hy het diep binne-in haar hart gewerk.Job 23:10 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.Job het nie uit 'n leunstoel gepraat nie… hy het letterlik in die as gesit. Hy het sy kinders, sy rykdom, sy gesondheid en sy reputasie verloor. Alles wat sy lewe veilig gemaak het, was weg. En boonop kon hy nie God se stem hoor nie. Tog het hy vertrou dat God steeds besig was met 'n plan wat hy nie kon sien nie.Dit is die groot raaisel van geloof: God doen dikwels sy diepste werk wanneer Hy die stilste is. 'n Toets is nie daar om jou swakheid te wys nie - dit is daar sodat sý krag in jou gesien kan word. Almal van ons leef met hierdie letsels. Jy weet presies waarvan ek praat. Miskien sit jy selfs nóú in so 'n donker tyd. As jy vandag deur die donker stap... hou op om God te “probeer voel”. Begin bloot vertrou dat Hy dáár is. Want selfs in die stilte is God besig om goud te louter.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Skuilplek en Rekenskap

    Play Episode Listen Later Sep 16, 2026 2:39 Transcription Available


    Send us Fan MailNahum 1:7-8 Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in. Chaos, oorloë, korrupsie en onreg. Dis die wêreld waarin ons leef. Hoeveel glo jy vandag nog in God se goedheid op 'n skaal van nul tot tien?In die laat 1940's, ná die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog, het stede in puin gelê. Miljoene mense was sonder heenkome, en die wêreld se morele kompas was stukkend. Tog het daar uit daardie verwoesting iets buitengewoons gekom: die Marshall-plan.In plaas daarvan om hulle vyande te verpletter, het die VSA enorme hulpbronne ingepomp om Europa en Japan te herbou. Daardie besluit het vernietiging in herstel verander; barmhartigheid in plaas van wraak.En hier staan dit in:Nahum 1:7-8 Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in.Die profeet Nahum het dít geskryf toe die wrede Assiriërs sy land verwoes het. Vir God se mense was daar 'n dubbele belofte: beskerming vir almal wat Hom vertrou, maar vernietiging vir diegene wat teen Hom veg.Dit is vandag nog waar. As jy na God toe hardloop, is Hy jou veilige vesting. Maar as jy kies om jou eie pad te loop—vol gierigheid, geweld en trots—sal sy oordeel soos 'n vloedgolf kom.So, op jou eie skaal vandag... hoe goed is jou God? Jou antwoord gaan wys waar jy staan wanneer die storms losbars.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Krag om God in Alles te Eer

    Play Episode Listen Later Sep 15, 2026 3:10 Transcription Available


    Send us Fan Mail1 Samuel 12:24 Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.Voel jy soms asof dinge net nie wil uitwerk nie? Daardie tye toe jy gebid het, gehoorsaam was… en niks verander het nie. Wanneer 'n kompromie makliker lyk, stilte veiliger voel, en om moed op te gee aanloklik klink. Jou hart fluister: Waarom moet ek nog aanhou?In 1555 is Hugh Latimer, die voormalige biskop van Worcester in Engeland, in die tronk gegooi omdat hy tydens Engeland se vervolging van die Protestante die Evangelie verkondig het.Terwyl hy saam met sy medegelowige, Nicholas Ridley, op die brandstapel gestaan het, kon hy sy geloof versaak en so sy lewe behou het.Maar, in plaas daarvan het hy terwyl hy besig is om te sterf, uitgeroep: Wees vol moed, meneer Ridley, en staan jou man; ons sal vandag, deur God se genade, 'n kers in Engeland aansteek wat nooit uitgedoof sal word nie. Hulle standvastige geloof het 'n nuwe vlaag van hoop geïnspireer onder Engelse gelowiges wat geweier het om bes te gee. Hierdie vasberadenheid het 'n vuur aangesteek wat vandag nog brand.1 Samuel 12:24: Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.Dit is die woorde van die profeet Samuel aan Israel toe hulle weggedraai het van God om op 'n koning te vertrou. Samuel het vir hulle gesê: die krag om aan te hou, kom nie uit vrees of uit ‘n mens se eie wilskrag nie. Dit word gebore wanneer jy onthou hoe getrou God nog altyd was.Dit is die kern van die saak — dink aan die groot dinge wat Hy vir jou gedoen het. Wanneer gehoorsaamheid te swaar voel, kyk terug. Onthou sy barmhartigheid, sy geduld, sy kruis. Dankbaarheid laat die moed weer opvlam.So, as dit vandag onmoontlik voel om God te eer, as dit vandag voel asof jy nie kan asem kry nie, hou op spartel en begin onthou. Want dieselfde God wat jou tot hier gedra het … sal jou die res van die pad dra.Onthou die wonderlike dinge wat Hy vir jou gedoen het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Deur Harde Grond Breek

    Play Episode Listen Later Sep 14, 2026 2:59 Transcription Available


    Send us Fan MailHosea 10:12 Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle 'n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.” Wat doen jy wanneer jy agterkom dat jou hart begin hard word? Dit gebeur nie sommer oornag nie, maar so bietjie vir bietjie. Wat doen jy wanneer bitterheid jou hoop steel; wanneer gebed heeltemal nutteloos voel, en wanneer jy wéét iets is fout, maar jy kan nie presies jou vinger daarop lê nie? Jy kan aanhou maak asof alles reg is … óf jy kan begin grawe.Boere weet wat gebeur as jy 'n landery te lank onbewerk laat lê; die boonste laag word kliphard en die water hardloop net weg. Goeie saad kan dan glad nie wortel skiet nie. Gedurende die groot droogte van die 1930's in Amerika – die bekende "Dust Bowl" – het duisende boere hierdie les op die moeilike manier geleer. Omdat die grond oorbewerk en afgeskeep was, kon dit glad nie meer die reën absorbeer nie. Maar die paar boere wat diep geploeg het om die grond weer te herstel, het gesien hoe die groen lote teruggekom het toe die reën uiteindelik geval het.Dit is presies die prentjie wat die profeet Hosea skilder wanneer hy God se volk terugroep na die Here toe:Hosea 10:12: Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle 'n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.”Israel se gerieflike lewe het hulle harte soos daardie harde braakgrond gemaak – droog, hardkoppig, selftevrede. Wat was God se boodskap aan hulle? Moenie vir die reën wag voor julle begin ploeg nie. Breek eers die harde grond oop.Miskien is dit presies waar jy jouself vandag bevind. Miskien het die lewe se druk, teleurstellings en afleidings jou hart kliphard gemaak. Doen jouself 'n groot guns. Tel die ploeg van bekering op. Ploeg die grond van jou siel om. Want wanneer jy Hom regtig eerlik soek, stuur God altyd die reën.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Krag van Kalmte

    Play Episode Listen Later Sep 13, 2026 3:02 Transcription Available


    Send us Fan MailJesaja 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.” Ons leef in 'n wêreld wat heeltyd skree dat ons meer moet doen, harder moet probeer en dinge nóú moet uitsorteer. En ons val elke keer in daardie strik! Wanneer dinge skeefloop, wil ons dadelik oorgaan tot aksie. Ons begin e-posse stuur, oproepe maak en planne beraam. Maar het jy al agtergekom dat hoe meer jy rondskarrel, hoe vinniger waai jou vrede by die venster uit. Dink net aan jou selfoon wat vries. Wat doen jy? Jy begin wild op die skerm tik, swiep en uit frustrasie knoppies druk. Maar dit maak die ding net erger! Totdat jy onthou: wag so bietjie, los hom uit, en gee hom kans om self reg te kom.Soms maak stilte dinge reg wat harde werk nie kan nie. Dit is presies wat God vir sy mense deur die profeet Jesaja wou leer.Jesaja 30:15: So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”Die mense van Juda was destyds in groot gevaar. Maar in plaas daarvan dat hulle na God toe hardloop, het hulle vinnig met die leër van Egipte probeer vriende maak. Hulle het hul eie slim planne meer vertrou as vir God. Hulle wou eerder besig lyk as om stil te raak.Maar God se aanbod was baie duidelik: Kom terug na My toe. Rus. Vertrou. Dít is waar ware krag lê. Nie in paniek en beheer nie, maar in die rustige wete dat God reeds besig is om agter die skerms te werk.So, in watter situasie probeer jy vandag woes planne maak en dinge forseer? Miskien is dit tyd om op te hou veg en net bietjie te rus. Want soms is die kragtigste ding wat jy kan doen... om stil te wees voor God wat reeds vir jóú veg.Onthou hierdie woorde van die Here vandag: Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    ‘n Geskenk vir Elke Seisoen

    Play Episode Listen Later Sep 12, 2026 3:01 Transcription Available


    Send us Fan MailPrediker 3:1-4 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans, ...daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,… 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red,”  Dis genoeg om jou kop te laat draai. Dis direk uit God se Woord. Regtig? Hoe is ek en jy veronderstel om vrede te vind as daar soveel verskillende dinge teenoor mekaar gestel word?Dink so daaraan: Dit is soos om iemand in die gimnasium dop te hou. Hy vertrek sy gesig al te aaklig terwyl hy swaar gewigte optel en baie sweet. Maar aan die einde glimlag hy vol vreugde omdat hy dit reggekry het. In die gimnasium is pyn en krag nie vyande nie; hulle werk saam. Dit is juis daardie verskriklike struikelblok wat jou sterk maak.Prediker 3:1-4 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,Salomo, die wyse koning van Israel, het daardie woorde laat in sy lewe geskryf, toe hy teruggekyk het oor alles wat hy deurgemaak het en besef het dat die lewe se seisoene nie lukraak is nie. Elkeen is deel van God se plan.In 'n kultuur wat obsessief is oor gemak en plesier, wil ons werklik die moeilike seisoene ten alle koste vermy. Tog is dit juis dié tye wanneer God ons die diepste vorm.So, as jy in 'n seisoen van hartseer of stryd is, moenie dit wegwens nie. Laat God dit gebruik. Want binne sy tydsberekening is elke seisoen 'n geskenk. Elke traan word die grond waaruit vreugde groei.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Outomaat-god

    Play Episode Listen Later Sep 11, 2026 3:19 Transcription Available


    Send us Fan MailPsalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Was jy al ooit in die versoeking om God soos 'n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi 'n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan?Charles Colson, destyds een van die magtigste manne in die Nixon-Withuis, was bekend as die president se "laksman" – die meedoënlose politieke handlanger wat die president se vuilwerk moes doen en teenstanders sonder enige gewetenswroeging moes uitskakel. Hy was ambisieus en het homself as onaantasbaar beskou. Maar toe die Watergate-skandaal die leegheid van sy sukses blootgelê het, het hy voor Christus op sy knieë geval en sy lewe aan Hom oorgegee.In die tronk het hy 'n vreugde ontdek wat hy nog nooit vantevore geken het nie. Hy het 'n bediening dwarsdeur die wêreld begin wat hoop sou bring aan talle gevangenes. Dít wat in skande begin het, het verander in 'n getuienis van God se transformerende genade.Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.Dawid het hierdie psalm geskryf wat wys dat die sukses van goddelose mense vinnig verdwyn, maar dat mense wat op God  vertrou, blywende vrede kry. Dit is nie 'n belofte dat God vir ons alles sal gee wat ons wil hê nie. Dit is eerder 'n uitnodiging om Hom toe te laat om ons begeertes te verander.Wanneer ons regtig ons vreugde in die Here vind – wanneer Hy ons middelpunt en ons geluk is – dan gee Hy nie net wat ons vra nie. Hy verander ons wense en gee vir ons selfs beter uitkomste as wat ons kon dink.So, as jou gebede en behoeftes vandag onbeantwoord voel, is dit miskien omdat God jou hart wil verander, en nie sý plan nie.Fokus eers op Hom … en jy sal agterkom dat dít wat jy die hele tyd wou gehad het, net hier is: dis Jesus self.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Leuens wat Ons vir Onsself Vertel

    Play Episode Listen Later Sep 10, 2026 3:13 Transcription Available


    Send us Fan MailPsalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan! Waarom is ons sulke ‘experts' as dit kom by verskonings om ons eie slegte gedrag te regverdig? Ons verloor ons humeur – wel, ‘dis hulle skuld.' Ons skinder – wel, net omdat ons ‘besorg' is. Ons ignoreer iemand se hulpkreet – net omdat ons ‘te besig' is. Dis verstommend hoe maklik ons dinge, wat ons in ons harte weet verkeerd is, kan probeer regverdig.Dis 'n bietjie soos in 'n huwelik, wanneer een maat aanhou verskonings maak. “Ek wou nie my humeur verloor nie.” “Jy is te sensitief.” Met verloop van tyd bou daardie klein verskilletjies en irritasies op. En dit veroorsaak bitterheid. Uiteindelik breek die waarheid deur – en dit maak seer. Want verskonings genees nie verhoudings nie. Eerlikheid wel.Dis presies wat gebeur het toe God sy volk gekonfronteer het. Uiterlik was hulle godsdienstig – hulle het offerandes gebring, samekomste bygewoon – maar hulle lewens het 'n ander storie vertel. En op ‘n dag sê Hy die volgende vir hulle: Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!Hulle het gedink God se geduld beteken dat Hy tevrede is met hulle gedrag. Hulle het gedink sy stilte beteken dat Hy saamstem met hulle lewenswyse. Maar Hy was gereed om rekenskap van hulle te vra. Ja, God het baie geduld. Ja, Hy gee vir ons tyd en kans om self na Hom toe terug te draai. Maar op die ou end, juis as gevolg van sy groot liefde, kom daar 'n einde aan sy geduld. Hierdie genadetyd is nie onbeperk nie.En God gee ons altyd eers die kans om dít wat ons in ons hart ronddra, self te erken en reg te maak.So, is daar dalk iets wat jy altyd as verskoning gebruik? 'n Gesindheid, gewoonte of reaksie wat jy vir jouself wil regverdig? Doen jouself 'n guns. Moenie wag totdat God rekenskap vra nie. Neem dit nóú na Hom toe. Want sy goedheid en liefde sal altyd daar wees wanneer jy eerlik is.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Vreugde daarvan om ‘Ja' te sê vir God

    Play Episode Listen Later Sep 9, 2026 3:05 Transcription Available


    Send us Fan MailPsalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe Wat gebeur wanneer jy uiteindelik ophou om teë te stribbel? Ja, dis reg - dit is asof daar sommer ‘n nuwe vrede oor jou kom. Of dit nou is om iemand, wat jy gesweer het jy nóóit sou vergewe nie, te vergewe, en of dit nou is om uiteindelik daardie stap te neem wat jy so lank al uitstel. Gehoorsaamheid is moeilik, totdat dit die einste ding word wat jou vrymaak.In die vroeë 1900's het die Amerikaner William Borden - erfgenaam van die multimiljoen-dollar Borden-suiwelfortuin - sy welgestelde familie geskok. Hy het alles prysgegee om God se roeping na die sendingveld te volg. Borden is aan Yale en Princeton opgelei, maar hy het sy hele erfenis vir Christelike bediening weggegee en na China geseil om die Moslemwêreld te bereik.Op pad na die Ooste, het hy in Egipte gestop om Arabies te studeer, maar hy het siek geword en is op die vroeë ouderdom van vyf-en-twintig oorlede. Hy het nooit die sendingveld bereik nie. Maar in sy Bybel het hulle ses woorde gevind wat hy geskryf het: Geen voorbehoud. Geen omdraai. Geen spyt. Gehoorsaamheid, selfs al is dit kortgeknip; het sy grootste vreugde geword.Koning Dawid het dit verstaan. Psalm 40 was sy lied van dankbaarheid, wat hy geskryf het nadat God hom uit sy wanhoop verlos het. Psalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.Dawid het nie uit vrees gehoorsaam nie, maar uit liefde vir alles wat God vir hom gedoen het. Toe God se Woord in sy hart wortel geskiet het, het gehoorsaamheid nie 'n las geword nie; dit het ‘n vreugde geword.So, as God jou vandag in ‘n rigting stuur - miskien om daardie een ding prys te gee wat jy wéét verkeerd is, maar sukkel om dit te doen – moet jy nie weerstand bied nie. Los dit. Gee dit aan Hom oor. Want vreugde begin waar weerstand eindig. Mag jy vandag ook kan sê:Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer Stilbly nie Goed is Nie

    Play Episode Listen Later Sep 8, 2026 3:05 Transcription Available


    Send us Fan MailSpreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV) Het jy al opgemerk hoe maklik dit is om stil te bly wanneer jy sien iets loop verkeerd? Jy sien die fout raak; voel die gevaar; jy ervaar daardie drang om iets te sê – maar die makliker uitweg is om stil te bly. Kyk maar anderkant toe, sê jy vir jouself. Maar diep binne weet jy dit is nie reg nie.Toe president Abraham Lincoln die eerste weergawe van ‘n wet voorgestel het, het baie van sy kabinetslede sonder om te murmureer, saamgestem. Dit was 'n gewaagde stap – te gewaagd, het sommige van hulle gedink – maar hulle het nie die moed gehad om te praat nie.Een van sy ministers het egter die moed bymekaar geskraap om vir Lincoln te sê dat die tydsberekening vir die proklamering van die wet verkeerd was. Lincoln het na hom geluister, en die aankondiging uitgestel. Toe hy dit uiteindelik bekend gemaak het – nadat die lug gesuiwer en sy kabinet weer positief was – het hy die nasie oortuig en die verloop van die geskiedenis verander.Die minister se moed om die moeilike raad te gee, het nie net sy president gehelp nie, maar ook sy eie invloed en vriendskap met hom versterk.Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)Ware vreugde kom nie daarvan om ongemaklike dinge te vermy nie. Dit kom wanneer jy die moed het om die waarheid in liefde te praat – op die regte tyd en op die regte manier.Daardie soort direkte raad kan iemand vir wie jy omgee, genees. Dit kan hulle help om 'n koersaanpassing te maak, of hulle bloot te beskerm. So, as God jou vandag aanspoor om jou stem te laat hoor – moet asseblief nie terugdeins nie. Die maklike roete mag jou ongemak spaar, maar 'n moedige woord wat in liefde gesê word, kan alles verander.Wie in jou lewe het daardie tydige woord van jou nou nodig?Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag..Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer iemand anders se gemors jou verantwoordelikheid word

    Play Episode Listen Later Sep 7, 2026 2:59 Transcription Available


    Send us Fan MailGalasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. (20) Wat is jou instinktiewe reaksie wanneer jy gekonfronteer word met die rou, morsige realiteite van iemand anders se lewe? Die vriend wie se huwelik besig is om uitmekaar te val. Die ouer wat in verslawing verval. Die kollega wie se bitterheid elke kamer waarin hy loop, vergiftig. Wanneer sy pyn joune begin raak – leun jy nader … of staan ​​jy terug?Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Clara Barton, 'n jong meisie, gewonde soldate verpleeg. Aanvanklik het sy teruggedeins vir die bloed en pyn – sy wou net omdraai en weghardloop. Maar iets diep binne-in haar het vir haar gesê om te bly.Dag ná dag het sy wonde verbind, die hande van sterwendes vasgehou en verligting vir duisende mense georganiseer. Haar volharding het uiteindelik gelei tot die stigting van die Amerikaanse Rooi Kruis – 'n simbool van medelye wat 'n hele nasie verander het.Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. (‘20)Die apostel Paulus het dit geskryf aan gelowiges wat gesukkel het om ware gemeenskap te ervaar. Sy oproep was eenvoudig maar veeleisend: dra mekaar se laste. Moenie die sorge van ander vermy nie – deel dit, want dit is presies wat Jesus vir ons gedoen het.Miskien het iemand ná aan jou vandag seer, en alles in jou wil jou laat omdraai en vlug; elke instink sê vir jou: Dit is net te veel. Maar liefde hardloop nie weg nie. Liefde bly. Liefde dra.Wie in jou wêreld het jou nou nodig om hulle by te staan? In wie se gebroke lewe roep God jou om te help, sodat jy hul sorge kan help dra? Want onthou, jou liefde kan hulle hele lewe verander.Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Dink Groot

    Play Episode Listen Later Sep 6, 2026 3:02


    Send us Fan MailRomeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. Ons bekommer ons so baie oor ons werk en die dinge wat nou vir ons swaar is. Al voel hierdie dinge op die oomblik groot, is dit klein binne die groter prentjie van God se verhaal.In 1903 het Eugene Aldrin gekyk hoe die Wright-broers die eerste aangedrewe vlug voltooi. Hy was toe nog 'n jong man. Dekades later het sy eie seun, Buzz Aldrin, op die maan geloop. Eugene het albei beleef. Ongelooflik!Een leeftyd het die mensdom se grootste lugvaart-spronge gedek. Dit strek van brose vlerke oor sandduine tot voetspore op die oppervlakte van die maan. Tog is hierdie groot prestasies bitter klein. Dit sal skaars twee druppels in die emmer van die heelal se skepping wees.Romeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.Die heelal strek verder as wat ons kan dink - sterrestelsels, sterre en ligjare wat ons nie eers kan meet nie. En elke deel daarvan verkondig sý majesteit.So, hoekom is ons so dikwels behep met die hier en die nou? Hoekom kyk ons net vas teen die dinge wat dringend is, terwyl die ewige dinge bokant ons skyn? Selfs die maanlanding is niks in vergelyking met die glorie van die Een wat die maan op sy plek opgehang het nie. En hier is die uitdaging. Kyk op. Kyk verby die alledaagse dinge. Moenie net vaskyk teen aardse dinge nie, maar fokus op Christus wat oor alles regeer. Want wanneer jy dit doen, word jou probleme minder, jou hoop groei, en jou hart aanbid. Die hemele verkondig die mag van God. Gaan jy ook oor Hom getuig?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Pasteur se Ontdekking

    Play Episode Listen Later Sep 5, 2026 2:59 Transcription Available


    Send us Fan MailPsalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.(AFR20) Dit is glad nie ongewoon om te hoor hoe mense die wetenskap en geloof teen mekaar afspeel nie - asof jy tussen die twee moet kies. Maar sê nou dit is 'n vals keuse? Sê nou die waarheid in die skepping en die waarheid van Christus is deel van dieselfde storie?Louis Pasteur was 'n bekende wetenskaplike uit die 1800's. Hy het die mediese wêreld verander met sy werk oor kieme, entstowwe en pasteurisasie. Sy ontdekkings het miljoene lewens gered. Ten spyte van al sy kennis, was wetenskap vir hom nooit ‘n vyand van geloof nie.Hy het eenkeer gesê: 'n Bietjie wetenskap neem jou weg van God af, maar baie wetenskap bring jou nader aan Hom. Hoe meer hy studeer het, hoe meer het hy die wonder van ontwerp, orde en wysheid raakgesien - tekens wat hy terugverwys het na die Skepper. Vir Pasteur het die wetenskap nie sy geloof afgebreek nie; dit het dit verdiep. Die psalmdigter skryf in:Psalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend. (AFR20)Die skepping self is die bewys. Om dit te verken beteken nie om weg te stap van God af nie, maar om Hom nog meer intiem te ontdek. Die wetenskap probeer die “wat” en die “hoe” vrae beantwoord, terwyl geloof die “wie” en die “waarom” duidelik maak.Saam vervul hulle ons met die wonder van ‘n God wat alles gemaak het en dit vandag nog versorg. Moenie glo jy moet kies tussen die Bybel en die wetenskap nie. Dieselfde God wat die sterre gemaak het, het deur Jesus mens geword om ons te red. Alle waarheid behoort aan Hom.So, die volgende keer as jy jouself verwonder aan 'n wetenskaplike deurbraak of opkyk na die naghemel, onthou dit: alles wys terug na dieselfde Skrywer. Die wetenskap en geloof is nie vyande nie. Hulle is hoofstukke in een groot storie - sý storie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Sien Verder as Jouself

    Play Episode Listen Later Sep 4, 2026 3:13 Transcription Available


    Send us Fan MailLukas 6:37 “Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.”(AFR20) Ons dink dikwels ons verstaan ander mense. Maar die waarheid is, ons kyk gewoonlik deur ons eie bril - ons eie kultuur, ons agtergrond en die dinge waarmee ons gemaklik is, na hulle. En as dit al is wat ons weet, mis ons heeltemal hoe die lewe lyk vir mense wat 'n totaal ander pad as ons gestap het.Het jy al daardie landkaart gesien wat die wêreld in twee deel? Albei helftes het vier biljoen mense. Die een helfte se mense woon oral oor die wêreld versprei. Maar die ander helfte sit almal saamgepak in 'n klein deeltjie van Asië. Dieselfde aantal mense; maar twee totaal verskillende wêrelde.Dit laat jou regtig twee keer kyk. Ons is so gewoond daaraan om die wêreld net vanuit ons eie hoek te sien, maar hierdie kaart wys hoe min ons eintlik van ander mense se wêrelde weet. En die waarheid is, ons doen presies dieselfde met mense met wie ons in die regte lewe skouers skuur.Ons dink ons sien die hele prentjie, maar intussen dra mense stories saam wat ons glad nie verstaan nie. Juis hier kom sny Jesus reg deur ons blindheid in: Lukas 6:37:“Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.” (AFR20)Agter hierdie woorde is eintlik 'n groot uitnodiging - om ons eie trots en vooroordele 'n bietjie te laat staan, en mense regtig raak te sien. Dis dán wanneer ons, in ‘n klein mate, mekaar se harte begin verstaan. Is daar miskien iemand in jou lewe wat jy heeltemal verkeerd verstaan het, net omdat jy nog altyd uit jou eie oogpunt na hulle kyk?Dink net watter seer, watter moeilike lewe, of selfs watter ongelooflike lewenservaring jy kan ontdek, as jy net vir 'n oomblik stilstaan en na die lewe deur húlle oë kyk!Want wanneer ons anders begin kyk, leer ons om lief te hê net soos Jesus liefgehad het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Hoflikheid van Luister

    Play Episode Listen Later Sep 3, 2026 3:10 Transcription Available


    Send us Fan MailJakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. Het jy al agtergekom hoe min mense deesdae nog regtig na jou luister? Iemand wat jou eintlik net 'verstaan'? Gesprekke voel deesdae amper soos 'n kompetisie van wie die hardste en die vinnigste kan praat, of die slimste dinge kan sê. Maar as niemand luister nie, verloor almal. Geraas vervang respek, en mense hou nét nie op om mekaar in die rede te val nie.Die Britse komediant Rowan Atkinson het gesê: mense praat deesdae net bo-oor mekaar. Dit voel asof elke klein stiltetjie 'n uitnodiging is om iemand in die rede te val. In 'n wêreld waar respek al hoe minder word, is dit eintlik 'n rariteit as iemand regtig na jou luister. Maar dit bly een van die grootste tekens van respek wat jy teenoor iemand kan bewys.Die Japanese het 'n pragtige gewoonte wat hulle ‘ma' noem. Dit is die kuns om eers bietjie stil te bly en te dink oor wat die ander persoon pas gesê het. Om jouself in hul skoene te plaas. Dit is hoe jy respek wys.Jesus was die perfekte voorbeeld van hierdie soort respek. Hy was nooit haastig om mense in die rede te val nie. Hy het geluister na die geroep van die blindes; na die vrae van mense wat antwoorde soek; en selfs na die beskuldigings van sy vyande. Sy broer, Jakobus, het ons later daaraan herinner in:Jakobus 1:19: My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.Hier is dus vandag se uitdaging: Luister jy werklik na die mense in jou lewe? Jou huweliksmaat? Jou kinders? Jou vriende? Selfs diegene wat van jou verskil? Want om te luister is nie 'n swakheid nie - dit is liefde. Dit sê vir die ander persoon: Jy is vir my belangrik genoeg dat ek jou wil hoor.My uitdaging aan jou vir vandag is: moenie ander mense in die rede val nie. Weerstaan die versoeking om elke stilte te vul. Luister net. Want juis in daardie oomblikke van respek, kan jy Christus self hoor praat.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    September Nuusbrief 1

    Play Episode Listen Later Sep 2, 2026 2:59 Transcription Available


    Send us Fan MailGoeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir September.Kan jy onthou wat staan in Jakobus 5:17?  Ja, Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie." Kom ons kyk sommer net na twee voorbeelde van Elia se gemoedstoestand: Hy het op ‘n kol so bang geword toe koningin Isebel gedreig het om hom dood te maak. In plaas daarvan om op God te vertrou, het hy woestyn toe gevlug. Hy het ook aan depressie gely – hy het onder 'n besembos gaan sit en die Here gevra om sy lewe te neem. Maar, toe Elia bid, het God twee menslik onmoontlike wonderwerke gedoen – eers die reën weggehou en toe die reën gebring.  As dít die krag van gebed is, en die feit dat jy nie “'n super-heilige-mens” moet wees voordat God jou gebede gaan verhoor nie, weet ek dat jy met groot vrymoedigheid vir jóú land kan bid.Kom ons staan soos een man saam om in hierdie moeilike tyd waar dinge oor die hele wêreld deurmekaar lyk, vir jou land te bid in die geloof dat gebed die toekoms in die Naam van Jesus kan verander; want ons weet daar staan in Matteus 18:19-20 dat Jesus gesê het:  As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle. Kom ons bid saam:o  dat die leiers van die land gered sal word en tot kennis van die Waarheid sal kom; dat hulle eerlik; met integriteit en met verantwoordelikheid sal regeer.o  dat God se kinders hulleself sal verootmoedig, sal bid, sy aangesig sal soek en hulle sal bekeer van hulle verkeerde weë.o  dat God ons mense se oë sal oopmaak om te sien dat harde werk, deursettingsvermoë en 'n werksetiek van die belangrikste boublokke tot sukses is.o  Dank die Here vir almal wat saam met ons bid, en bid vir hul beskerming teen die Bose.Baie dankie vir jou getroue vennootskap en voorbidding vir VARS; jou gebede dra hierdie bediening elke dag. Indien die Here dit op jou hart lê, kan jy ons ook plaaslike werk finansieel ondersteun. Jou vrygewigheid kan help om die boodskap van die Koninkryk van Jesus Christus tot in die verste uithoeke van die aarde uit te dra.Seënwense en mooi loop!Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Christus op Straatvlak

    Play Episode Listen Later Sep 2, 2026 3:20 Transcription Available


    Send us Fan MailMatteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.'' So baie Christene verlang vandag daarna dat Jesus in heerlikheid moet terugkeer, en dis wonderlik. Ons sing daaroor. Ons preek daaroor. Halleluja! En tog, stap ons baie keer by die arme, die sieke, die vlugteling, die vergetene by Hóm verby, sonder dat ons dit besef. Kyk jy net op na die lug en wag op Jesus se koms, terwyl jy weier om Hom raak te sien in die mense wat nou hier rondom jou swaarkry?Die geskiedenis het al oor en oor gewys hoe rampspoedig dit is as mense blind is vir ander se nood. Vat nou maar die groot aartappel-hongersnood in Ierland gedurende die middel-1800's. Terwyl miljoene mense daar letterlik van die honger gesterf het, het die land aangehou om kos uit te voer na die ryk markte in die buiteland. Die politieke leiers van daardie tyd het allerhande verskonings uitgedink om dit goed te praat. Selfs van die kerke het die mense wat honger ly in die steek gelaat en eerder gekies om die mense met die mag te ondersteun.Heeltemal te veel mense het gesterf omdat ander mense hul eie gerief as belangriker beskou het as om liefde te bewys; en omdat gelowiges bang geword en stilgebly het. Dit was 'n verskriklike fout wat hulle gemaak het om nie vir Jesus ín die mense wat honger was en sleg behandel is, te herken nie. Maar weet jy, Jesus was baie duidelik hieroor! Toe Hy verduidelik het wat op die laaste oordeelsdag gaan gebeur, het Hy hierdie woorde gesê oor die mense wat nie die armes, die behoeftiges en die randfigure wou help nie.Matteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.''Hierdie woorde laat ons sonder enige verskonings. Om Jesus te volg beteken nie net om te sit en wag dat Hy op die wolke terugkom nie. Dit beteken om Hom nou al raak te sien - in die gesig van die vlugteling, in die oë van die boemelaar, en in die nood van mense wat onderdruk word. So hier is die groot vraag: kyk jy net op na die hemel en wens dat Jesus moet kom, terwyl jy Hom miskyk waar Hy reg voor jou staan? Want as jy weier om die geringstes of onbelangrikste mens te help, weier jy om vir Jesus te help. Die opdrag is eintlik baie maklik. Maak jou oë oop. Sien Hom raak. Dien Hom. Wys vir Hom jou liefde deur daardie geringstes lief te hê. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wat Vorm Jou?

    Play Episode Listen Later Sep 1, 2026 3:02 Transcription Available


    Send us Fan MailJakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. Het jy al ooit voor 'n uitdaging te staan gekom wat so groot was dat dit gevoel het of dit jou gaan platvee? 'n Siekte. 'n Verlies. 'n Mislukking. Verraad. 'n Finansiële krisis. 'n Verhouding wat skipbreuk gely het. Dit voel asof ‘n gevaarlike reus reg voor jou staan; jou pad versper en alles binne-in jou wil net weghardloop. Maar soms is dit daardie reuse vir wie ons so bang is, wat God wil gebruik om ons voor te berei vir dít wat voorlê.Hudson Taylor, 'n negentiende-eeuse sendeling in China, het sy eie reuse gehad wat hy in die oë moes kyk. Hy moes teen siekte baklei; hy moes die dood van sy vrou en kinders verwerk. En hierby moes hy nog die mense wat met hom gespot het omdat hy Chinese klere en gewoontes aangeneem het, hanteer. Sy sendingwerk was meer as een keer op die randjie van ineenstorting.Maar deur daardie beproewings was God besig om hom te vorm. Uit sy swaarkry is die China Inland Mission - 'n organisasie wat duisende sendelinge uitgestuur het en miljoene mense met die Evangelie bereik het - gebore. Die reuse in sy lewe het hom voorberei vir die doel wat God vir hom beplan het.Jakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.En dit is waaroor dit gaan. Hierdie reuse uitdagings is nie straf nie. Hulle is voorbereiding. Hulle vorm ons, hulle maak ons sterk en kry ons gereed vir die roeping wat God op ons lewens geplaas het. Toe God vir Dawid koning wou maak, het Hy nie vir hom 'n kroon gegee nie. Hy het vir hom ‘n Goliat gestuur. So kom ek vra jou - watter reus staan vandag voor jou? In plaas daarvan om op moedverloor se vlakte te gaan sit; oorweeg die moontlikheid dat God besig is om dit te gebruik. Want in sý hande is jou grootste uitdaging dalk net die ding wat jou gaan vorm.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Hier is ek Here

    Play Episode Listen Later Aug 31, 2026 2:56 Transcription Available


    Send us Fan MailLukas 5:10-11 Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20) Het jy al agtergekom hoe ander mense se opinies geneig is om jou terug te hou? Wanneer hulle jou ignoreer, jou talente minderwaardig laat klink, of glad nie raaksien wat jou bydrae is nie… is dit so maklik om in jou dop te kruip. Om te wag. Om vir jouself te sê: Wel, ek sal my deel doen wanneer iemand my uiteindelik raaksien.Scott Clary, wat talle wêreldberoemde boeke oor besigheid geskryf het, het nou die dag gesê... Wees jy die een wat uitreik. Stuur eerste daardie WhatsApp. Bel eerste. Beplan eerste. Neem die inisiatief. Vriendskap kos moeite. Liefde vra aksie… Inisiatief is aantreklik.Goed, ek besef hy praat van hoe jou houding in die sake-wêreld moet wees. Maar laat ek jou vertel, Jesus het presies dieselfde van sy dissipels verwag.Lukas 5:10-11: Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20)In die Koninkryk van God is dit natuurlik Jesus wat ons roep. Maar dis steeds so maklik om terug te deins, om heeltemal deur die wêreld se kritiek verlam te word. Jesus het daardie vissermanne geroep om uit hulle gemaksone te klim, hulle nette agter te laat en Hom te volg. Hulle kon met allerhande verskonings vorendag gekom het oor hoekom hulle eerder moes bly waar hulle is. Maar hulle het die inisiatief geneem en Hom gevolg. En dit is vandag ook die roeping vir ons. Nie om sy gesag oor te neem nie, maar om een van die eerstes te wees om sy leiding te volg. Eerste om op te tree. Eerste om lief te hê. Eerste om te lei. Want om ander te lei terwyl jy Jesus volg, is nie hoogmoed nie. Dis gehoorsaamheid.  Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Hou Op om die Stomp Byl te Swaai

    Play Episode Listen Later Aug 30, 2026 3:10 Transcription Available


    Send us Fan MailLukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Het jy al gesien hoe ons soms sommer sonder planne in dinge kan instorm? Ons dink op die een of ander manier dat ons harde werk alleen genoeg sal wees. Maar dan sit ons na die tyd doodmoeg en moedeloos, en wonder hoekom alles so swaar en vrugteloos voel.Abraham Lincoln het eenkeer gesê: Gee my ses uur om 'n boom af te kap, dan sal ek die eerste vier uur gebruik om die byl skerp te maak. Dit klink dalk met die eerste oogopslag heeltemal mal, nè? Maar hy het die groot geheim geken: goeie voorbereiding maak jou impak net soveel groter. Die skerper byl doen immers binne minute dít waarmee die stomp een ure lank sou sukkel.Dieselfde geld vir 'n lewe van geloof. Met die eerste oogopslag lyk dit asof Jesus van een ontmoeting na 'n ander beweeg – hier leer Hy mense, daar genees Hy, en dan gaan Hy aan na die volgende dorpie. Maar as jy van naderby kyk, sal jy sy ritme raaksien: Hy het weggeglip om te bid, na sy Vader geluister en Homself in afsondering voorberei. Lukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.Dit was sý manier om sy byl skerp te maak. Die krag vir alles wat Hy vir mense gedoen het, het in stil gebed begin. Jesus het self gesê dat Hy altyd na sy Vader se stem geluister het. Sy moed vir die kruis het Hy reeds in Getsemane gekry.En hier is die groot vraag vir my en vir jou: probeer ons dalk om met 'n stomp byl deur die lewe te sukkel? Storm ons sommer net sonder gebed, sonder die Bybel, en sonder om te vra wat God wil hê in verhoudings en probleme in? Goeie voorbereiding is vandag nog net so belangrik soos dit in die verlede was. As jy 'n lewe met ware impak wil lei, maak jou byl skerp net soos Jesus gedoen het. Doen dit in gebed. Doen dit deur te luister. En doen dit in gehoorsaamheid. Moenie sommer net in dinge instorm nie. Berei eers voor. Want dit is presies waar jou krag vandaan kom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Deur Christus se Oë

    Play Episode Listen Later Aug 29, 2026 3:14 Transcription Available


    Send us Fan MailJakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en die goeie in hulle raak te sien? Onderwysers het destyds gedink die jong fisikus, Albert Einstein, is hopeloos te stadig en onbevoeg. Sommige van hulle het selfs gesê dat hy nooit enigiets in sy lewe sal bereik nie. Maar daar was een persoon wat gelukkig groot potensiaal in hom raakgesien het. Hierdie persoon het sy nuuskierigheid aangemoedig en vir hom die nodige ruimte gegee om dinge self te ondersoek. En dit was juis daardie aanmoediging wat uiteindelik die genie, wat die wêreld later sou leer ken, ontsluit het.As jy die beste in mense na vore wil bring, moet jy bereid wees om na die beste in hulle te soek. Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.Jesus het hierdie waarheid nie net verkondig nie, Hy het dit self uitgeleef. Hy het na 'n korrupte tollenaar gekyk en dadelik 'n dissipel gesien. Hy het na 'n sondige vrou gekyk en diep geloof raakgesien. Hy het na 'n rowwe visserman gekyk en die rots van sy kerk gesien. Hy het nooit mense se foute geïgnoreer nie, maar Hy het ongetwyfeld altyd God se moontlikhede in hulle gesien.So kom ek vra jou vandag – wie is jy tans besig om met jou kritiek af te breek; miskien is dit selfs net stilweg in jou hart? Wat sal gebeur as jy eerder kies om hierdie mense deur die oë van Jesus te sien, en te glo in dit wat Hý in hulle kan doen? Want wanneer jy jouself verneder om die beste in ander raak te sien, sal jy skielik die vermoë hê om hulle te help om hulle potensiaal te bereik en die beste na vore te bring. Dit is immers hoe Christus dit gedoen het. Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Jou Toekoms Hoef Nie soos jou Verlede te Lyk Nie

    Play Episode Listen Later Aug 28, 2026 3:16 Transcription Available


    Send us Fan MailJakobus 1:5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Wanneer jy bietjie stilstaan en dink, besef jy dat die meeste van ons probleme nie sommer net uit die bloute kom nie. Dit begin amper altyd by 'n besluit. ‘n Besluit wat ons geneem het, ‘n besluit wat ons probeer ontduik, of 'n grens wat ons net nie wil stel nie. Al is dit dalk 'n bitter pil om te sluk, moet ons erken dat dit die reine waarheid is.Almal het geweet wat dat dit die Antarktiese ontdekkingsreisiger, Robert Scott se doel was om die eerste persoon te wees om die Suidpool te bereik. Maar ons weet almal ambisie alleen waarborg nie sukses nie. Scott het goeie raad geïgnoreer, beter maniere van vervoer van die hand gewys, sy sleë oorlaai en sy manne harder laat werk as wat slim was. Hulle het wel uiteindelik by die Suidpool aangekom, net om uit te vind dat ‘n geselskap uit Noorweë hulle reeds voorgespring het. En op pad terug het elkeen van hierdie manne in die ongenadige sneeu en koue gesterf. Verkeerde besluite; geen grense; hardkoppigheid en geen verantwoordelike beplanning nie, het gelei tot die uiteindelike prys wat hulle betaal het: hulle lewens.Dit klink dalk baie dramaties, maar dit is 'n leersame les oor sommige van die verkeerde besluite wat ek en jy ook al langs die pad geneem het.Jakobus 1:5 sê: As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.Die feit van die saak is: jou besluite máák saak, jou grense máák saak, en die keuses wat jy probeer ontduik – maak die heel meeste saak. Maar die goeie nuus is dat jy nie aan jouself oorgelaat is nie. God staan nie op 'n afstand en skud net sy kop nie. In plaas daarvan leun Hy juis nader en gee vir jou die nodige wysheid, krag en moed om anders te kies.  So vandag vra ek jou: wat is die een besluit wat jy al die hele tyd uitstel, of die een grens wat jy te bang is om te stel? Neem dit vandag na God toe. Want met sý wysheid hoef jou toekoms glad nie soos jou verlede te lyk nie.  As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit net van God bid.  Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Christus is By die Hek

    Play Episode Listen Later Aug 27, 2026 3:02 Transcription Available


    Send us Fan MailDeuteronomium 27:19 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee nie! Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!'” Wanneer dinge om ons te vinnig verander, voel dit soms of ons ou tradisies wegraak. Ek dink dis heeltemal natuurlik om dan bang te wees. Politici stry en mense kies kante. Intussen worstel gewone mense soos ek en jy met moeilike vrae: Hoeveel verandering kan ons eintlik hanteer? Waar ontmoet deernis en gesonde verstand mekaar?Terwyl jy oor hierdie vrae dink, kyk na:Deuteronomium 27:19: Vervloek is elkeen wat die reg van 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee skend.Dit is baie kragtige woorde. Dit wys God is doodernstig  oor hoe sy mense die mees kwesbare mense behandel—insluitend die buitestaander en die vreemdeling.Natuurlik is dit ingewikkeld. Regerings moet moeilike besluite neem. Maar vir my en jou, as volgelinge van Jesus, is die opdrag duidelik. Wanneer ons 'n nuwe mens sien, sien ons nie in die eerste plek 'n bedreiging vir ons eie lewenswyse nie. Ons sien iemand wat na die beeld van God geskep is. Ons sien iemand vir wie Christus gesterf het.Onthou ook: die Evangelie self het begin te midde van 'n groot botsing tussen verskillende kulture. Jesus het grense afgebreek deur saam met uitvaagsels te eet, melaatses aan te raak en nie-Jode te verwelkom. Hy was nie bang dat sy kultuur sou verwater nie. Hy het juis 'n nuwe Koninkryk begin waar elke stam en taal saamhoort.Hier is my uitdaging aan jou: Kyk jy na vreemdelinge en nuwelinge deur die lens van vrees, of deur die oë van Christus? Dit is beslis moeilik. Dit mag ons ons eie gemak kos. Maar die kruis was ook nie gemaklik nie.Ons roeping is nie om ons kultuur ten alle koste te beskerm nie. Dit is om Christus ten alle koste te weerspieël. Ons moet regverdig, barmhartig en liefdevol wees—selfs teenoor die vreemdeling by ons poort. Dit is hoe die Koninkryk werk.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Moenie Wag Nie

    Play Episode Listen Later Aug 26, 2026 2:50 Transcription Available


    Send us Fan MailRomeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Het jy al ooit gevoel dat jy net nie goed genoeg is om na God toe te gaan nie? Asof jou sondes te veel is; jou mislukkings te groot; jou gebede te oppervlakkig? Ons almal het al so gevoel. Ons het gevoel dat ons onwaardig is om selfs ons oë na die hemel toe op te lig.Charles Spurgeon het eenkeer gesê: God ken jou situasie so goed asof jy die enigste skepsel is wat Hy nog ooit gemaak het, of die enigste van sy kinders wat Hy nog ooit liefgehad het. Gaan na Hom toe en vind vrede.Is dit nie presies hoe dit is nie? God weet alles van jou - Hy ken jou verlede, jou foute en jou swaarkry. Tog bly Hy lief vir jou, nét soos jy is. Jy is nie net nog 'n gesig in die skare nie. Hy sien jou, Hy ken jou, Hy het jou lief.Die apostel Paulus het dit so gestel in:Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.Het jy dit al verstaan? Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was. Nie nadat ons onsself reggeruk het nie. Nie eers toe ons goed genoeg was nie. Net so, in die middel van ons totale chaos, het Hy die kruis gekies— vir jou en vir my.So, hier is my uitdaging aan jou: Hou op om te wag tot jy waardig voel. Jy hoef nie jou plek in sy teenwoordigheid te verdien nie. Kom net soos jy is—gebroke, gekneus, skuldig. Kom nou dadelik in die Naam van Jesus na Hom toe.Die oomblik wanneer jy dit doen, sal jy vind wat Charles Spurgeon gevind het: 'n God wat jou heeltemal ken, jou perfek liefhet en jou uitnooi om vrede in sy teenwoordigheid te vind.So … waarvoor wag jy? Gaan na Hom toe. Vandag nog.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Hou Aan om sy Lig te Dra

    Play Episode Listen Later Aug 25, 2026 3:07 Transcription Available


    Send us Fan MailMatteus 5:14-16 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Het jy al agtergekom hoe vinnig ons wil argumenteer; iemand van ons standpunt wil oortuig of die debat wil wen? Wanneer dit by geloof kom, wil ons so maklik vir Jesus baklei, in plaas daarvan om Hom net vir mense te wys.Beau Stringer, die Amerikaanse skrywer en spreker, het onlangs gesê: Die kerk is behep daarmee om 'n lig in die duisternis te wees. Maar lig argumenteer nie met die duisternis nie. Lig skyn net. Net so het Jesus nooit mense se harte met argumente probeer wen nie. Hy het eerder wonde genees, hongeres versorg, mense vrygespreek en deur sy eie trane heen 'n pad na hulle toe gevind. Miskien gaan sogenaamde ‘evangelisasie' minder daaroor om enigiemand te oortuig, en meer daaroor om 'n lig te dra na plekke waar godsdiens weier om te gaan.Is dit miskien wat Jesus bedoel het toe Hy dít gesê het in:Matteus 5:14-16 Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 'n Mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie, maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.Lig verdryf die duisternis bloot deur sy teenwoordigheid. Toe Jesus op die aarde geloop het, het Hy gepreek, maar Hy het siele hoofsaaklik gewen deur mense lief te hê – prakties, tasbaar en opreg. Hy het melaatses aangeraak, saam met sondaars geëet en skuldiges vergewe.So, probeer jy mense vir die Koninkryk te wen deur te argumenteer, of dra jy 'n lig in hulle duisternis in? Gaan jy na mense op plekke wat die ‘beleefde' godsdiens vermy? Nee my vriend, mense het nie nog debatte en preke nodig nie. Hulle het liefde nodig wat dáár is vir hulle.En dit is ons opdrag: om so te leef dat Jesus se lig die donker plekke verlig.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Watter Prys sal Jy Betaal?

    Play Episode Listen Later Aug 24, 2026 2:55 Transcription Available


    Send us Fan MailMatteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, Ons leef in 'n wêreld wat behep is met eie belang. Sorg vir jouself. Beskerm jou eie belange. Moenie toelaat dat enigiemand jou misbruik nie. Is dit nie maar hoe die meeste van ons van dag tot dag leef nie?In die vyftien-honderds het Dirk Wilhelms, 'n Nederlander wat weens sy Christelike geloof die doodstraf gekry het, uit die tronk ontsnap. Terwyl hy besig was om oor 'n bevrore grag te hardloop, het een van die tronkwagte wat hom agtervolg het, deur die ys geval. Dirk kon net aanhou hardloop – sy vryheid was binne bereik. Maar in plaas daarvan het hy omgedraai, sy vyand uit die water getrek, en sodoende sy eie lot verseël. Hy is weer in hegtenis geneem en op die brandstapel verbrand.Hoekom sou 'n mens dit doen? Jesus het eenkeer gesê in:Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg.Dit is maklik om met daardie vers saam te stem, maar moeilik om dit te doen. Dirk het dit nie net geglo nie – hy het dit gedoen. Op daardie oomblik het sy liefde baie meer beteken as wat enige preek sou kon beteken.Wat is jy bereid om op te offer om iemand anders te red? Jou tyd? Jou gemak? Miskien jou veiligheid? Ons wil almal 'n rustige lewe hê, maar die waarheid is: Jesus se liefde kos jou altyd iets.So, in vergelyking met wat Jesus gegee het – sy eie lewe vir joune en myne – hoe kan ons enigiets terughou? My vriend, die uitdaging is groot. Sal jy, wanneer dit moeilik is, ‘n ander persoon so liefhê soos Jesus jou liefhet? Wanneer dit seermaak? Wanneer dit jou alles kos? Dit is die prys; dit is jou opdrag!Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Moenie Ophou Nie

    Play Episode Listen Later Aug 23, 2026 3:02


    Send us Fan MailJeremia 33:1-3 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. Die lewe is vol dinge wat ons nie verstaan nie en hoewel ons duidelikheid soek, is God se grootste lesse dikwels reg voor ons weggesteek. Hy wil hê ons moet aanhou soek vir antwoorde in plaas van kitsoplossings, want juis in hierdie onsekerheid groei ons, solank as wat ons nie opgee nie.In 1928 het die Skotse bakterioloog en mediese navorser, Alexander Fleming, van vakansie af teruggekeer en ontdek dat daar skimmel in sy petri-bakkies groei. Die meeste wetenskaplikes sou dit sommer weggegooi het - maar nie Fleming nie. Sy nuuskierigheid het gelei tot die ontdekking van penisillien, 'n lewensreddende deurbraak wat reg voor sy oë versteek was. Die wêreld het verander omdat een man besluit het om dieper te delf.Jeremia 33:1–3 sê: Terwyl Jeremia nog in die binneplaas van die paleiswag gevange gehou is, het die woord van die Here vir 'n tweede keer tot hom gekom: So sê die Here wat die aarde gemaak het, die Here wat die aarde gevorm en gevestig het, wie se Naam Here is: Roep My aan en Ek sal jou antwoord en jou groot en onverstaanbare dinge vertel waarvan jy nie weet nie.Jeremia was agter tralies toe God met hom gepraat het; hy was nie vry nie. Maar selfs in daardie donker plek het God dinge aan hom bekendgemaak. Hy het gesê: Roep My aan en Ek sal jou antwoord. Dit gaan nie oor 'n maklike lewe nie; dit gaan oor vasbyt en aanhou roep, selfs al voel jy vasgevang, deurmekaar of bang.As jy aanhou bid en nie opgee nie, doen jy presies wat Fleming gedoen het; jy ontdek dinge wat jou hele lewe kan verander. God wil graag sy geheime deel met diegene wat aanhou vra, aanhou klop en aanhou soek.Moet dus nie ophou soek nie. Al sit jy nou in jou eie klein tronkie of in die pikdonker; kan jy weet dat Hy klaar besig is om agter die skerms vir jou dinge, wat jou verstand heeltemal te bowe gaan, voor te berei.Dit is sy Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Net Een Gebedjie Ver

    Play Episode Listen Later Aug 22, 2026 2:58 Transcription Available


    Send us Fan MailPsalm 116:1-2 Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (NLV) Almal bid wanneer die nood druk — selfs die ateïs in 'n dokter se wagkamer, of die skeptikus in 'n vliegtuig vol turbulensie. Ons almal roep op 'n manier uit na bo. Maar hoe gereeld voel dit nie of jou gebede nêrens heen gaan nie? Asof God net nie tuis is nie en jy begin wonder of Hy jou selfs kan hoor. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was C.S. Lewis—wat toe 'n uitgesproke ateïs was—tydens die lugaanvalle doodsbenoud. Uit pure wanhoop het hy gebid, al het hy nie geglo dat daar iemand is wat luister nie.Daardie desperate gebed het sy lewe getransformeer. Hy het later vertel dat God hom een aand vasgekeer het terwyl hy besig was om te bid. Die man wat altyd getwyfel het, het een van die grootste voorstanders van die geloof geword; bloot omdat hy die moed gehad het om in sy bangste oomblik na God uit te roep.Psalm 116:1–2Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (NLV) Gebed is nie maar net 'n gewoonte nie; dit is jou redding. God draai nie sy rug op jou as jy roep nie; Hy luister. Al is dit soms vreeslik stil om jou, is Hy reeds besig met dinge wat jy nog nie nou kan sien nie.Wat is die een ding wat nou swaar op jou hart weeg; daardie een vrees, die pyn, of die vraag wat jou wakker hou? Moenie dit opkrop of met besigwees wegdruk nie. Neem dit na Hom toe.Want Hy is nie ver nie. Hy is nader as wat jy dink; Hy wag om jou stem te hoor. En wanneer jy roep - hoor Hy jou. Altyd. Bid terwyl jy besig is om te werk. Bid as angs jou beetkry. Bid as jy kwaad is. Bid as jy baie bly is. Maak gebed deel van alles wat jy doen; want dit verander alles.Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Die Vryheid van Gehoorsaamheid

    Play Episode Listen Later Aug 21, 2026 3:13 Transcription Available


    Send us Fan MailRomeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Gehoorsaamheid en vryheid is twee idees wat voel asof hulle aan teenoorgestelde kante van die straat bly. Gehoorsaamheid klink na reëls, beperkings en "jy mag nie," terwyl vryheid klink na oop velde en "doen wat jy wil." Maar om die waarheid te sê, lei die een sonder die ander altyd na slawerny, na sonde, na chaos of na jou eie-ek. Ware vryheid word juis gevind in gehoorsaamheid aan die ware Meester.Broer Lawrence was 'n 17de-eeuse Franse monnik wat onder streng kloosterreëls met vasgestelde tye vir gebed, stilte en nederige werk in die kombuis, geleef het. Aanvanklik het hy ingeperk gevoel, maar iewers tussen die skrop van potte en die fluister van gebede, het hy vreugde ontdek.In totale gehoorsaamheid het hy totale vryheid gevind—sy gees was ongetem en sy siel was rustig in God se teenwoordigheid.Romeine 14:8sê: As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.Net soos Broer Lawrence, het die apostel Paulus verstaan dat om aan Christus te behoort nie slawerny is nie—dit is bevryding. Wanneer ons die sleutels van ons wíl oorgee, word ons nie meer deur vrees of omstandighede beheer nie. Die lewe is dan nie meer sommer net 'n rigtinglose spul dinge wat gebeur nie; jy kan met groot oortuiging sê: Ek leef vir Jesus. Dit breek die leuen af dat vryheid beteken om net te doen wat lekker voel; — ware vryheid is om te weet aan Wie jy behoort. Gehoorsaamheid is nie 'n tronk nie, maar 'n roeping; — dit wys vir jou wat God se doel met jou is.Jou lewe is nie meer jou eie as jy aan Christus behoort nie; — en dis die beste ding wat met jou kan gebeur. Die Een in wie se hande jy is, het jou volmaak lief en maak jou regtig vry.Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Wanneer Dissipline Genade Word

    Play Episode Listen Later Aug 20, 2026 3:14 Transcription Available


    Send us Fan MailOpenbaring 3:19-20 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. Liefde en dissipline - ons bring die twee amper nooit bymekaar uit nie. Ons wil die liefde hê, maar ons is bang vir die pyn van om vasgevat te word. Ware liefde is egter nie ruggraatloos nie; dit is sterk genoeg om die dinge wat sleg is vir ons, uit te wys.. 'n Ouer wat nooit sy kind reghelp nie, is nie liefdevol nie, maar onverskillig. God se dissipline werk net so: Hy gooi ons nie weg nie; Hy herstel ons.Die boek Openbaring in die Nuwe Testament voel soms nogal vreemd. Die visioene van trone, diere, trompette en sterre lyk soos tonele uit 'n ander wêreld. Dit is skitterend, geheimsinnig en amper buitewêrelds. Tog, agter al daardie vreemdheid lê iets diep mensliks wanneer Jesus met sy mense praat. Nie van 'n afstand af nie, maar hier by ons voordeur.Openbaring 3:19–20 sê: Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.Al is die res van die boek vol ingewikkelde simbole, is hierdie gedeelte doodeenvoudig. Die Here klop saggies aan jou hart se deur. Hy raas nie met ons van ver af nie; Hy staan daar met soveel liefde en vra bloot of Hy mag inkom.Dissipline is nooit lekker op daardie oomblik nie, maar dit ruim die rommel op wat tussen ons en God staan. Dit maak plek vir sy teenwoordigheid wat ons regtig versadig. Wanneer ons die deur oopmaak, wag daar nie 'n pakslae nie, maar 'n intieme kuier saam met Hom. Dit is gemeenskap. Stel jou die prentjie voor: die Koning van die Heelal sit daar reg oorkant jou by die tafel. Hy breek brood, lag saam met jou en fluister woorde van vrede in jou hart. Dit is wat sy teregwysing eintlik doen; dit bring jou nader aan Hom in plaas daarvan om jou weg te stoot. Van nou af tot in ewigheid, vind die Een wat ons in liefde reghelp, dit heerlik om net so saam met ons aan tafel te sit en saam met ons fees te vier.Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Augustus Nuusbrief 2

    Play Episode Listen Later Aug 19, 2026 2:10 Transcription Available


    Send us Fan MailGoeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Augustus. In moeilike tye soos dié waarin ons vandag leef, wil God hê sy kinders – dis nou ek en jy – moet lewens leef wat betekenisvol is, nè?Hy wil hê ons moet in oorwinning leef. Hy wil hê ons moet dapper opstaan vir Christus. Wanneer ek en jy ons geloof met krag en doelgerigtheid uitleef, gebeur iets wonderliks…God werk déúr ons om ander mense nader aan Hom te bring.Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan! Die versoeking is groot om dié idee sommer dadelik af te skryf – Hy kan tog sekerlik nie deur mý werk nie – maar wag net so 'n oomblik. Kyk bietjie hierna: In Numeri 22:28-33 lees ons dat die Here 'n donkie laat praat het om Bileam se lewe te red.Nou wat dink jy daarvan?God het deur 'n pratende donkie gewerk om Bileam se lewe te spaar en hom op 'n nuwe pad te lei. Ons Hemelse Vader het 'n hart wat verlang dat mense nader aan Hom moet kom. Hy moes ‘n donkie gebruik om Bileam se aandag te kry. Wat moet Hy vandag doen om jou aandag te kry?Luister na sy Stem en wees dapper! Gebruik ook die VARS-boodskappe om hoop te versprei. En onthou, God wil deur jou werk.Ons nooi jou uit om deel te word van die span wat hierdie lewensveranderende boodskappe na miljoene bring.Sal jy vandag saam met ons staan?Jy kan bid dat God deur hierdie boodskappe harte sal aanraak.Jy kan gee: Jou finansiële bydrae maak dit moontlik dat ons die Evangelie kan verkondig.En jy kan jou vriende en familie vertel van VARS wat oor die radio, per e-pos en op potgooi beskikbaar is.Seënwense en mooi loop!Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Skoon Huis; Skoon Hart

    Play Episode Listen Later Aug 19, 2026 2:59 Transcription Available


    Send us Fan Mail2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.Daar is niks soos die gevoel wanneer jy by 'n huis instap wat vars skoongemaak is nie - die vloere blink, die lug is skoon en alles is op sy plek. Jy kan weer asemhaal. Die chaos is weg. Dit voel goed, nè? Maar 'n skoon huis gaan nie net oor netheid nie; dit wys liefde vir die mense wat daar bly, en eerbied vir enige iemand wat by die deur instap.Stel jou nou voor jou hart is daardie huis. Die lewe se rommel hoop maar op - bitterheid in die een hoek, kompromieë in 'n ander. Die stof en gemors van ou gewoontes pak oral aan. Dan, op 'n dag, gee God vir jou die besem en sê: 'Kom ons maak hierdie plek weer nuut.” 2 Korintiërs 7:1sê: Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.Watter beloftes? Paulus praat oor dít wat hy net voor hierdie vers geskryf het - God se belofte om onder ons te woon, om vir ons 'n Vader te wees en om ons sy seuns en dogters te noem.En dit is die punt. As die Skepper van die heelal kies om in ons te woon, dan moet ons lewens - ons “huis”- sy teenwoordigheid weerspieël. Om van die gemors ontslae te raak, is nie daar om jou skuldig te laat voel of in reëls vas te vang nie; dit is juis daar om jou vry te maak.Dit is om die leuens uit te vee, die trots af te skrop en die bitterheid wat die siel belemmer, uit te gooi sodat vrede kan intrek en vreugde weer kan asemhaal.Wanneer ons God toelaat om die rommel in ons lewens op te ruim, voel ons nie veroordeel nie, maar ons ervaar 'n diepe rus. Dit voel nie soos dwang nie, maar soos om naby Hom te wees. Dis 'n kosbare soort heiligheid - een wat die geur van genade dra en blink met die eer van 'n hart wat reggemaak is vir Hom. Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Verlore Maar Nie Vergete Nie

    Play Episode Listen Later Aug 18, 2026 3:01 Transcription Available


    Send us Fan MailJeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Het jy al ooit gevoel asof jy; sonder 'n kaart, 'n kompas of enige idee van hoe om by die huis te kom, in die middel van nêrens is? Sover het jy die lewe nog heel goed hanteer - maar skielik lyk niks meer bekend nie. Dit is presies hoe dit voel wanneer planne in duie stort, wanneer verhoudings verander of wanneer die toekoms vaag lyk.Stel jou 'n trekvoël voor wat in 'n storm beland. Die wind waai hom heeltemal uit sy koers uit—kilometers ver weg van sy swerm, omring deur vreemde bome, 'n vreemde lug en vreemde geluide. Maar selfs in daardie verwarring is daar diep binne-in hom 'n instink—'n drang—om aan te hou vlieg. Want op die een of ander manier het die Een wat hom geskep het, ook die vermoë in hom ingebou om sy weg huis toe te vind. Dit is wat God gesê het in:Jeremia 29:11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting.Dit is 'n vers wat baie aangehaal word—maar mense vergeet dikwels dat God dit vir Israel gesê het terwyl hulle nog in ballingskap in Babilon was. Gevangenes. Ontwortel. Verlore. Hy het nie 'n kits-redding beloof nie. Hy het vir hulle gesê om huise te bou, tuine te plant en gesinne groot te maak—om te lééf presies waar hulle was, met die vertroue dat sy plan steeds besig was om te ontvou, selfs dáár in ballingskap.Miskien voel jou lewe op die oomblik 'n bietjie soos Babilon—gedisoriënteerd, vertraag of heeltemal van die spoor af. Maar my vriend, selfs dáár het God jou nie verloor nie. Sy planne is nie op ys nie. Sy kompas se naald het nie geglip nie.So, hou aan vlieg. Hou aan vertrou. Dieselfde God wat vir Israel huis toe gelei het, is ook besig om jou te lei—en sy planne, selfs in die storm, is steeds goeie planne.Dit is sy Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Hoe die Alledaagse Iets Besonders Raak

    Play Episode Listen Later Aug 17, 2026 3:08 Transcription Available


    Send us Fan MailRomeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.Kry jy ook soms die gevoel dat jy net nie inpas nie; dat almal se lewens, behalwe joune, jou gesin s'n of jou situasie, normaal lyk? Wel; jy hoef nie alleen so te voel nie!Daar is iets asemrowends aan 'n pêrel. Dit word gebore uit iets wat nie daar hoort nie; dit vorm wanneer 'n klein korreltjie sand binne-in 'n oester beland. Die meeste oesters filtreer maar net water en is niks besonders nie, maar die een met hierdie "indringer" reageer anders.Dit begin daardie korreltjie laag vir laag oortrek, totdat dít wat aanvanklik gepla het, verander in ‘n absolute pragstuk. Oor die jare word dit heeltemal getransformeer - uniek en anders as elke ander skulp op die seebodem. Op presies dieselfde manier roep God ons om anders as die wêreld om ons te wees. Ons hoef nie soos die wêreld te probeer wees of hulle waardes oor te neem nie. Ons moet God die kans gee om die 'skaafplekke' in ons lewens te omskep in iets wat straal.Romeine 12:2 sê: Julle moenie aan hierdie wêreld gelyk word nie, maar laat julle verander deur die vernuwing van julle denke. Dan sal julle kan onderskei wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.Dit is maklik om maar net saam met die stroom te swem - om soos almal óm jou te dink en te doen net omdat dit makliker is. Maar ware verandering gebeur nie wanneer alles gerieflik is nie; dit gebeur wanneer jy beheer oorgee. Eers wanneer jy God toelaat om jou hele uitkyk en jou prioriteite nuut te maak, begin jou ware skoonheid deurbreek. Om anders te wees laat jou dalk voel soos die vreemde een in die groep, net soos daardie korreltjie sand. Tog is dit juis dáár waar jy krag kry - om sy wil te ken, in sy spore te volg en sy heerlikheid vir die wêreld te wys."Los dit in God se hande; sodat Hy rustig sy pad met jou kan stap. Want wanneer Hy oorneem, verander die alledaagse in iets bonatuurliks.Dit is sy Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    ‘n Teësinnige Bekeerling

    Play Episode Listen Later Aug 16, 2026 2:48 Transcription Available


    Send us Fan Mail2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie Wat vat dit om 'n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis 'n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie.Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narnia-reeks, C.S. Lewis, het homself eenkeer beskryf as die mees teësinnige bekeerling in die hele Engeland.Hy is nie deur emosie oortuig nie, maar deur die werklikheid van God wat eenvoudig deurgebreek het in sy lewe.Terwyl hy met die waarheid geworstel het, het hy besef dié God wat hy probeer ontken het, was nie net 'n idee nie, maar 'n Persoon. Daardie ontmoeting met Christus het alles verander – die skeptikus het een van die grootste Christelike skrywers van alle tye geword.Koning Dawid het presies dieselfde besef:2 Samuel 7:22 sê: Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie.Die punt is dat Dawid vir God in aksie gesien het – en hy het gewéét daar is niemand soos Hy nie. Dis die kern van wat die bekende prediker R.C. Sproul gesê het toe iemand hom gevra het wat die verskil tussen die Christelike God en ander gode is. Sy antwoord was eenvoudig: Die grootste verskil is dit – die God van die Christendom bestaan.Die God wat bestaan, is 'n God wat dinge doen. En in Christus het Hy eens en vir altyd ingegryp om jou te red. Moenie net van Hom weet nie. Ervaar Hom. Kyk vandag hoe Hy in jou eie lewe aan die werk is. Want wanneer jy Hom in aksie sien, sal jy ook nie anders kan as om uit te roep:Daar is niemand soos U nie. Daar is geen God buiten U nie! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Van Intimiteit tot Gehoorsaamheid

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2026 3:01 Transcription Available


    Send us Fan MailPsalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Het jou eie woorde jou al ooit in die moeilikheid gebring? Dink aan 'n aanmerking wat jy gemaak het sonder om te dink, 'n kwaai uitbarsting, of 'n leuen wat aan die begin onskuldig gelyk het, maar later so groot geword het dat jy beheer daaroor verloor het? Ons almal verstaan daardie tipe hartseer en spyt.Gedurende die Watergate-skandaal in die 70's het invloedryke mans in Amerika ontdek presies hoe gevaarlik geheime gedagtes en woorde kan wees. Geheime opnames in President Nixon se kantoor het gesprekke verklap wat sy hele presidentskap laat tuimel het. Woorde wat net vir die binnekring bedoel was, het op die lappe gekom en die magtigste man in die wêreld laat val.Ek en jy loop dieselfde gevaar wanneer ons geheime gedagtes en woorde allesbehalwe eervol is, nè? Koning Dawid het daardie gevaar in sy eie lewe geken. Daarom het hy hierdie gebed gebid:Psalm 19:15: Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Weet jy wat dit is? Dis 'n eerlike uitroep om God te vra vir integriteit. Gister het ons gesien dat diegene wat ontsag vir God het, in sy binnekring genooi word. Dis daar waar Hy sy beloftes met ons deel en ons selfs uit die moeilikheid help. Uit daardie naby vriendskap vloei hierdie begeerte: Here, laat elke woord en elke gedagte van my in lyn wees met U hart. En in Christus word daardie gebed waar. Hy verlos ons; Hy is ons Rots. Deur sy Gees verander Hy dít wat ons regtig wil hê. Hoe nader ons aan Hom kom, hoe sterker word ons verlange om Hom in alles te volg.Moenie net jou tong probeer beheer nie. Soek God se teenwoordigheid op. Smag na daardie intimiteit met Hom. Laat Hy jou hart so verander dat elke woord en elke gedagte vir Hom vreugde bring.Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    God se Voorkomende Beskerming

    Play Episode Listen Later Aug 14, 2026 2:59 Transcription Available


    Send us Fan MailPsalm 25:14-15 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Het jy al ooit vasgekeer gevoel? Asof daar onsigbare nette om jou styftrek, ongeag wat jy doen? Vrees, versoeking, spyt... dit voel soms net onmoontlik om los te breek. Augustinus van Hippo het geweet hoe dit voel wanneer God se vriendskap jou lewe heeltemal omkeer. Vir jare het hy plesier, ambisie en slim planne nagejaag, maar niks kon hom regtig gelukkig maak nie. Sy lewe was vol vrees en moedeloosheid. Maar toe hy Christus ontmoet, het sy oë oopgegaan vir die grootheid van God se waarheid. Hy het verander van 'n slaaf van die sonde tot een van die grootste denkers in die kerkgeskiedenis. Sy bekende boek, Confessions, is die eerlike storie van 'n man wat totaal nuut gemaak is deur sy vriendskap met God.Psalm 25:14-15 sê: Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.Gister het ons gesien hoe vers 14 vertel dat God die mense wat Hom eer, in sy binnekring intrek. Hy deel die geheime van sy onbreekbare beloftes met hulle. Dis hoekom die skrywer so vol vertroue na die Here kyk; hy weet dat God Self vir hom veilig uit elke strik en deur sy moeilikhede sal help.Omdat God sy hart en sy beloftes aan ons bekendmaak, kan ons seker wees daarvan dat wanneer die nette van die lewe styftrek, God Self sal ingryp en ons vrymaak. Wat 'n belofte is dit nie! My vriend, deur Jesus is dit óns werklikheid. Hy het ons verwelkom as God se vriende en by die kruis vir ons gewys hoe groot sy genade is. Wanneer ons met ontsag vir Hom lewe en ons oë op Hom hou, sien ons eerstehands hoe Hy ons beskerm en bevry - 'n vryheid wat net Hy kan gee.Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Claim God se Woord VARS vir jou Vandag

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel