Podlitiek

Follow Podlitiek
Share on
Copy link to clipboard

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek. Die Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Podmedia


    • May 22, 2025 LATEST EPISODE
    • every other week NEW EPISODES
    • 31m AVG DURATION
    • 306 EPISODES


    More podcasts from Podmedia

    Search for episodes from Podlitiek with a specific topic:

    Latest episodes from Podlitiek

    Ep. 268 - Die hinderlaag in die Withuis

    Play Episode Listen Later May 22, 2025 39:10


    In hierdie episode gesels Louis en Arno oor gister se ontmoeting tussen Trump en Ramaphosa, plus 'n paar plaaslike nuusbrokkies aan die einde. Wie was die wenner? En hoekom Trump? Wat gaan die gevolge van die gesprek wees?Podlitiek word aangebied deur Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt

    Ep. 267 - Vlugtelingstatus waaroor die linkses kwaad is

    Play Episode Listen Later May 15, 2025 23:54


    Vandag bespreek Ernst, Louis en Arno die plofbare vlugtelingstatus-onderwerp. Is Trump reg om aan Afrikaners vlugtelingstatus te verleen? Gaan die Podlitiekers self Amerika toe? Hoe lyk die toekoms van die Afrikaners (dié wat bly en die wat gly)?Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt

    Ep. 266 - Nog n News24 flater en Pretoria het net 5 slaggate

    Play Episode Listen Later May 7, 2025 27:02


    In vandag se episode bespreek Louis en Arno News24 se skreiende optrede teenoor Basjan Jooste, die bestuurder van die beroemde Twatterbaas-profiel op X (Twitter). Daarna gesels hulle oor die burgemeester van die Tshwane Metro, Nasiphi Moya, se uitlatings oor slaggate in die stad. Podlitiek word aangebied deur Erns van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt.

    Ep. 265 - Trump se tariewe ontleding en Zimbabwe-boere ontvang vergoeding

    Play Episode Listen Later Apr 10, 2025 26:56


    Ernst en Louis bespreek VSA president Donald Trump se lang lys globale tariewe, asook die Zimbabwiese regering wat dollar-effekte uitreik aan boere ter vergoeding vir grondgrype.

    Ep. 264 - Is Trump reg oor Suid-Afrika Gaan die ANC ingee oor BTW vir die DA

    Play Episode Listen Later Apr 2, 2025 26:08


    Ernst en Louis bespreek AfriForum se nuutste dokumentêr oor raswette, die Onteieingswet, plaasmoorde, en "Kill the Boer, asook waar die debat en stryd oor die nasionale begroting staan.

    Ep. 263 - Trump wil Afrikaners red, Ramaphosa teken Onteieningswet, AfriForum hoogverraad of verset

    Play Episode Listen Later Mar 14, 2025 33:32


    Ernst en Louis bespreek die gebeure van die afgelope 5 weke wat insluit President Cyril Ramaphosa wat die omstrede Onteieingswet onderteken het, President Donald Trump en Elon Musk se druk op die Suid-Afrikaanse regering en ANC, AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Beweging se besoek aan die VSA, die klagtes van hoogverraad teen die laasgenoemde delegasie, en meer.

    Ep. 262 - Regsektor-rasregulasies uitgedaag in hof, Stilfontein situasie lyk rof

    Play Episode Listen Later Jan 17, 2025 27:09


    In die eerste episode van 2025, ontnonens Ernst en Louis die internasionale regsfirma Norton Rose Fulbright se saak teen die regering se nuutste rasregulasies in die regsektor, asook die dodelike stand van sake wat onwettige mynwerkers betref in Stilfontein. Podlitiek is ook op iTunes, Spotify, Twitter, Facebook, Telegram en meer.

    Geloftedag en die Voortrekkers se sabbatsbeskouing - Feesrede by Leeubos Geloftefees 2024 - Louis Boshoff

    Play Episode Listen Later Dec 17, 2024 28:01


    Wat is die oorspronklike bewoording van die Bloedriviergelofte? Hoe het ons gekom by die Afrikaanse weergawe wat vandag gebruik word? Moet ons Geloftedag regtig soos 'n sabbat deurbring? Wat presies het die Voortrekkers bedoel as hulle van 'n sabbat gepraat het?Louis Boshoff gaan delf in die oorspronklike bronne om hierdie vrae te beantwoord en deel 'n paar tydlose lesse uit die Voortrekkers se sabbatsbeskouing.

    Ep 260 Solidariteit en AfriForum skik oor BELA kragtariewe pla min vir NERSA

    Play Episode Listen Later Dec 6, 2024 24:24


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Solidariteit Beweging, wat vir AfriForum insluit, se skikking met die regering oor die BELA-wet, asook NERSA se standpunt oor kragtariefverhogings.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl en Louis Boshoff.

    Ep. 258 - Kroeg wen saak oor vals rassisme klagtes, ramptoestand oor spaza-winkel verdagtes

    Play Episode Listen Later Nov 23, 2024 30:07


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die hooggeregshof in Kaapstad wat beveel het dat Christopher Logan, wat vir Hank's Olde Irish-kroeg valslik van rassistiese gedrag beskuldig het in 2022, altesaam R1,25 miljoen se skadevergoeding moet opdok, asook die regering wat 'n ramptoestand verklaar oor spaza-winkels se produkte wat mense vergiftig.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    EP. 257 - 10 000+ protes teen BELA, Donald Trump die nuwe president van Amerika

    Play Episode Listen Later Nov 22, 2024 32:06


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 10 000-sterk protes teen die Bela-wet by die Voortrekkermonument, asook Donald Trump wat die 2024 Amerikaanse verkiesing wen.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 256 - BELA protes die toekoms van Afrikaans is teminste een dag werd

    Play Episode Listen Later Nov 22, 2024 24:49


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Bela-wet en die Solidariteit Beweging se beplande dag van protes daarteen dien 5de November by die Vootrekkermonument.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 255 - AfriForum gaan aanhou grassny en Gautengers wat onder dalende lewenskwaliteit ly

    Play Episode Listen Later Oct 24, 2024 17:00


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat rug styf maak nadat die EFF aandui dat dit 'n mosie wil kanselleer wat die Tshwane-metro met AfriForum onderteken het, asook 'n nuwe meningspeiling wat aandui dat die inwoners van Gautengers se lewensstandaard aanhou daal.Skakel na die verslag bespreek in die episode: Quality of Life Survey 7 (2023/24) | GCROwww.belaprotes.co.za Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 254 - Panyaza Lesufi se slegte week, presidensiële mediese eenheid wat die beursie breek

    Play Episode Listen Later Oct 11, 2024 35:52


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Gauteng se Premier Panyaza Lesufi wat geïmpliseer word in beweerde toesmeer van korrupsie en dwarsboming van strafregtelike ondersoek, en die presidensiële mediese eenheid se astronomiese rekening.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 253 - Jan Braai fopnuus skok, News24 wat vir Ernst blok, nog geld vir lisensiekaartdrukker opdok

    Play Episode Listen Later Oct 4, 2024 27:59


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die valse rassisme bewerings teen Jan Braai, News24 se amptelike rekening op X wat vir Ernst van AfriForum geblok het, en die nuus rondom 'n tender vir 'n nuwe bestuurslisensiedrukker. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 252 - AfriForum kap vir OKOSA oor Starlink, Ramaphosa moet twee keer oor BELA wet dink

    Play Episode Listen Later Sep 12, 2024 23:46


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat vir OKOSA se rassekriteria uitdaag wat vestiging van Starlink in Suid-Afrika dwarsboom, asook President Ramaphosa wat blykbaar etlike dae weg is van die BELA wetsontwerp teken en wet maak.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 251 - Roman Cabanac in die visier, Telegram-baas agter tronkmuur, Didiza vir Steenhuisen suur

    Play Episode Listen Later Sep 12, 2024 32:36


    In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die "skandaal" rondom John Steenhuisen se nuutste aanstelling as stafhoof, Roman Cabanac, die arrestasie in Frankryk van sosiale media platform Telegram se uitvoerende hoof, Pavel Durov, asook die voormalige minister van landbou wat haar opvolger kritiseer vir sy uitsprake oor wangedrag in die departement.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 250 - Dricus du Plessis weet wat ons weet en AfriForum kry vir NERSA beet

    Play Episode Listen Later Aug 22, 2024 23:10


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die middelgewigkampioen, Dricus Du Plessis se eerste suksesvolle titelverdediging met 'n oorwinning oor Israel Adesanya, asook AfriForum wat vir NERSA geklop het in die hof oor kragtariewe.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

    Ep. 249 - EFF se Floyd Shivambu bedank en MRK se magte deur hof vermank

    Play Episode Listen Later Aug 16, 2024 20:56


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Floyd Shivambu wat aangekondig het dat hy bedank as adjunkpresident van die EFF en as lid van die party, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verloor in 'n hofsaak rakende hulle magte.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

    Ep. 248 - Skool beskuldig van _rassisme_ in Pretoria en AfriForum werf steun in Amerika

    Play Episode Listen Later Aug 1, 2024 29:44


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 12 leerders van Pretoria High School for Girls wat geskors is ná bewerings van rassisme, asook AfriForum en die Afrikanerstigting se steunwerwingstoer in die VSA.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

    Ep. 247 - Verkiesing statisties bekyk en ou video's wat rassisties lyk

    Play Episode Listen Later Jun 27, 2024 30:28


    In hierdie video gesels Louis en Frederik oor Gareth van Onselen se navorsing oor die rasseverdeling van verskillende partye se steun, sowel as die beskuldigings van rassisme teen Renaldo Gouws, Ian Cameron en Andile Mngxitama en of hierdie drie gevalle enigsins dieselfde is.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

    Ep. 246 - Nuwe privaat brandweer in Bloemfontien en Rapport_Beeld gaan dalk verdwyn

    Play Episode Listen Later Jun 14, 2024 22:09


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die nuwe privaat brandweer wat AfriForum in Bloemfontein gestig het, asook Media24 se beweerde planne om die druk van Beeld en Rapport stop te sit.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

    Ep. 245 - 2024 verkiesingsuitslae ontleding

    Play Episode Listen Later Jun 7, 2024 31:28


    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Suid-Afrika se 2024 verkiesingsuitslae. Wie was die wenners en verloorders, en wat moet ons te wagte wees rakende die samestelling van die nuwe regering.

    ernst politiek iec suid afrika verkiesing podlitiek
    Ep. 244 - Plaasmoordsyfers steeds hoog, BELA betoog, regstappe teen NGV beoog

    Play Episode Listen Later May 23, 2024 36:25


    In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die nuutste plaasmoorde- en plaasaanval-syfers, die opposisie teen die BELA-wet wat sterk staan, asook die beplande regstappe vanuit vele oorde teen die NGV.

    Ep. 243 - AfriForum/Solidariteit vir ANC kwaad, Zim-boere sonder vergoeding gelaat, kenners wat oor NGV praat

    Play Episode Listen Later May 10, 2024 32:19


    In vandag se episode bespreek ons AfriForum en Solidariteit se ultimatum aan die regering rakende die BELA-wetsontwerp, die konstitusionele hof se uitspraak rakende Zimbabwe se boere en die SAOG tribunaal en die verrigtinge van AfriForum se onlangse NGV konferensie.

    Ep. 242 - Die Afrikaner Verklaring en NGV openbarings

    Play Episode Listen Later Apr 26, 2024 28:31


    In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die bekendstelling van die Afrikaner Verklaring, Lesufi se nuutste uitlatings oor gesondheidsorg, en die werklikheid van privaat gesondheidsorg in arm gemeenskappe.

    Ep. 241 - Akademia se nuwe Wes-Kaap kampus, e-tol uitgewis, oor nuwe bestuurslisensiekaarte beslis

    Play Episode Listen Later Apr 12, 2024 4:45


    In hierdie week se episode bespreek Ernst, Louis en Arno Akademia se beplande nuwe voltydse kampus in die Wes-Kaap, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aankondiging dat e-tol “iets van die verlede” is, die nuwe bestuurslisensiekaarte wat beplan word, asook Jacob Zuma en se MK-party se oorwinning in die kieshof.

    Ep. 240 - Eskom probeer onthulling keer, regering wil op burgers spioeneer, onteiening gedebatteer

    Play Episode Listen Later Mar 28, 2024 25:17


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné Eskom se desperate terugskop teen AfriForum se wen in die hof oor voorsiening van inligting rakende steenkool- en dieselkontrakte, die vordering van die Suid-Afrikaanse regering se nuwe spioenasiewetsontwerp, asook die onteieningswetsontwerp wat terug Nasionale Vergadering toe gaan vir 'n stemgeleentheid.

    AfriForum will MRK se mag snoei en Zuma se MK-party hou aan groei (64 kbps)

    Play Episode Listen Later Mar 27, 2024 27:20


    In vandag se episode bespreek Ernst en Louis AfriForum se hofsaak om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se magter te beperk, asook die volgehoue groei van Jacob Zuma se MK-party.

    Ep. 238 - Bloemfontein se grondgrype las, regter verkeerd oor ras, AfriForum vat TikTokker vas

    Play Episode Listen Later Mar 8, 2024 28:24


    In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die grondgrype in Bloemfontein, die nuutste feite rakende die regter wat bisarre "hoekom is julle almal wit?" ras-eise gemaak het, en AfriForum se privaat vervolgingseenheid se wen in die hof teen 'n TikTokker wat skuldig bevind is van valse rassisme-bewerings maak.

    Ep. 237 - MRK se saak teen Malema voortgesit en regter vra 'Hoekom is julle almal wit?'

    Play Episode Listen Later Feb 29, 2024 28:03


    In vandag se episode bespreek Ernst, Charné en Arno die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se haatspraaksaak teen die EFF se Julius Malema, asook 'n regter se bisarre ras-eis: 'Hoekom is julle almal wit? Verduidelik!' wat sosiale media laat gons het.

    Ep. 236 - Kaderontplooiing, staatsfondse vermorsing, nuwe nommerplate verknorsing

    Play Episode Listen Later Feb 22, 2024 30:32


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die begrotingsrede, die Gautengse Hooggeregshof se besluit om die aansoek om kaderontplooiing ongrondwetlik te verklaar van die hand te wys, en Panyaza Lesufi se plan om vir Gauteng nuwe nommerplate te gee.

    Ep. 235 - Leë staatsrede, Kaapse vissers ontevrede, SA dokters se werklose hede

    Play Episode Listen Later Feb 8, 2024 30:47


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die president se opkomende staatsrede, Kaapse vissers wat deur die regering in die steek gelaat word, en Suid-Afrikaanse dokters wat sukkel om werk te kry.

    Ep. 234 - Dricus praat reguit, korrupsie ruk handuit, hoe word lisensiebedrog gestuit?

    Play Episode Listen Later Feb 8, 2024 31:33


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné UFC-middelgewigkampioen Dricus du Plessis se uitlatings oor die Suid-Afrikaanse regering, Suid-Afrika se daling in die korrupsie-indeks, en bestuurslisensiebedrog.

    Ep. 233 - Konstruksiemafia intimideer, Starlink in SA word meer, Texas se grenswagte hou aan keer

    Play Episode Listen Later Jan 25, 2024 30:12


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die konstruksiemafia, meer en meer Suid-Afrikaners wat Elon Musk se Starlink kry, asook die gespanne situasie op die grens van Texas.

    Ep. 232 - Zuma voor in MK koor, Transnet ontspoor en private kragopwekking vat voor

    Play Episode Listen Later Jan 18, 2024 26:25


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné Jacob Zuma se teenwoordigheid in die nuwe MK party, Transet se kroniese wanbestuur en rampe, asook die groei van private kragopwekking.

    Ep. 231 - Duitse boere sit voet neer, NSFAS se koffers al leër, en SA regering wil vir Israel keer

    Play Episode Listen Later Jan 18, 2024 30:55


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné OUTA se ontbloting van Blade Nzimande rakende beweerde NSFAS korrupsie, Duitste boere wat massaprotes aanteken teen die Duitse regering se planne om hul belasting te verhoog en subsidies te verlaag, asook die Suid-Afrikaanse regering se klag teen Israel by die Internasionale Geregshof.

    Ep. 230 - AfriForum by die Verenigde Nasies, NGV frustrasies en ANC se elektriese voertuie praatjies

    Play Episode Listen Later Dec 7, 2023 35:23


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se onlangse veldtog by die Verenigde Nasies (VN), Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) se stemmery onsekerheid, asook die Suid-Afrikaanse regering se praatjies van subsidies vir plaaslike vervaardiging van elektriese voertuie.

    Ep. 229 - Valse rassisme klagtes mislei, Transnet se tyd verby en Argentinië verkies Javier Milei

    Play Episode Listen Later Nov 23, 2023 29:43


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se privaatvervolgingseenheid se jongste stryd teen valse rassisme klagtes, Transnet se aansienlike agterstande in Durban se hawe, asook Argentinië se nuwe president Javier Milei.

    Ep. 228 - Rasreëls plaas druk op landbou, misdaad wat nie ophou en hoekom moet ons die goud hou?

    Play Episode Listen Later Nov 23, 2023 29:04


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die Suid-Afrikaanse regering se rasreëls wat boere se uitvoere na Europa teiken, misdaadstatistieke, en die tesourie wat die Reserwebank genader het oor goudreserwes.

    Ep. 227 - Wes-Kaapse referendum gekeer, AfriForum patrolleer en skuldvlakke al meer

    Play Episode Listen Later Oct 19, 2023 31:39


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, Arno en Charné hoe Alan Winde 'n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldvlakke, asook die ATKV se interessante debatsonderwerpe.

    Ep. 226 - Vullisverwydering stadig, Haatspraakwetsontwerp eensydig en Bela-wet venynig

    Play Episode Listen Later Sep 21, 2023 28:54


    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné die Samwu-staking chaos veroorsaak met vullisverwydering, AfriForum se mondelingse kommentaar op die Haatspraakwetsontwerp, en die Bela-wet se implikasies.

    Ep. 225 - Openbare Beskermer waai en plaasmoorde statistieke laat koppe draai

    Play Episode Listen Later Sep 14, 2023 25:37


    Hierdie week het Ernst van Zyl en Arno Roodt van Podlitiek die afdanking van Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane bespreek, asook AfriForum se nuutste verslag oor plaasmoorde wat spesifiek kyk na die vervolgingskoers en nasionaliteit van verdagtes

    Ep. 224 - "Kill the Boer" geveg, Lesufi "misdaadbestryders" is sleg en Johannesburg onreg

    Play Episode Listen Later Sep 7, 2023 42:31


    In vandag se episode gesels die span oor AfriForum se "Kill the Boer" appèlsaak in Bloemfontein, die film Sound of Freedom, Lesufi se "misdaadbestryders" en die gebou wat afgebrand het in Johannesburg se middestad.

    Claim Podlitiek

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel