Die ekonomie minuut

Follow Die ekonomie minuut
Share on
Copy link to clipboard

Luister na stukkies ekonomiese nuus en kommentaar

Waldo Krugell


    • Sep 18, 2026 LATEST EPISODE
    • weekdays NEW EPISODES
    • 2m AVG DURATION
    • 2,118 EPISODES


    Search for episodes from Die ekonomie minuut with a specific topic:

    Latest episodes from Die ekonomie minuut

    Rentekoersbesluite

    Play Episode Listen Later Sep 18, 2026 2:20


    Die Amerikaanse Fed het Woensdag hulle beleidskoers met 25 basispunte verhoog en dit het die nuus gehaal, omdat dit vir President Trump so kwaad maak, maar dit het ook belangrike gevolge vir ons eie repokoersbesluit volgende week.

    Nog druk in die pyplyn

    Play Episode Listen Later Sep 15, 2026 1:41


    Dit is die middel van September en daar is reeds bekommernis oor die onderverhaling van die brandstofprys en die Amerikaanse Fed se rentekoersbesluit die week.

    Vandag se groeisyfer is belangrik

    Play Episode Listen Later Sep 8, 2026 1:40


    Ekonome hou vandag asem op vir die tweede kwartaal se BBP syfer. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,5% gegroei. Daarna het die brandstofprysskok en enkele repokoersverhoging verbruikers ʼn knou toegedien. Aanwysers soos aankopebestuurdersindekse, verbruikers- en sakevertroue is alles laer. Ekonome verwag ʼn goeikoers van 0,1 of 0,2% vir die tweede kwartaal.

    Ons buitelandse lenings

    Play Episode Listen Later Sep 4, 2026 2:07


    Die Suid-Afrikaanse regering het sedert 2018 ongeveer R288,8 miljard by internasionale instellings soos die IMF en Afrika Ontwikkelingsbank geleen. Baie mense het twee bekommernisse. Een is of dit bydrae tot ʼn onvolhoubare fiskale posisie. Die ander is of ons beleid dan nou gedikteer word deur internasionale instellings. Nie een van die twee bekommernisse moet jou wakker hou nie.

    nie imf baie die suid afrikaanse
    Die wisselkoers en brandstofprys

    Play Episode Listen Later Sep 1, 2026 2:01


    Die rand-dollar wisselkoers is die laaste paar weke in die nuus en bly interessant. Die wisseklkoers is nou weer effens swakker. Die dryfveer is die Fed voorsitter Kevin Warsh se toespraak by die Jackson Hole byeenkoms

    Aanwysers

    Play Episode Listen Later Aug 28, 2026 1:55


    Hierdie week se aanwysers gaan oor ekonomiese aktiwiteit en oor inflasie.

    Amerikaanse staatskuld en rentekoerse

    Play Episode Listen Later Aug 25, 2026 2:23


    Vandag se onderwerp is dalk bietjie tegnies, maar interessant as jy wil weet hoekom die rand relatief sterk is.

    'n Bietjie laer inflasiekoers

    Play Episode Listen Later Aug 21, 2026 2:00


    Wanneer die inflasiekoers relatief hoog is en die ekonomie nie groei nie is huishoudings se begrotings onder druk en ons almal voel dit. Statistieke Suid-Afrika het hierdie week Juliemaand se VPI inflasiekoers bekend gemaak en dié is nog bo die 3% mikpunt, maar het afgeneem vanaf 5% in Junie tot 4,3%.

    Uitvoere en AGOA

    Play Episode Listen Later Aug 18, 2026 2:02


    In hierdie week se nuus is dat die kans goed lyk dat AGOA hernu gaan word vir nog twee jaar. Die Amerikaanse wet gee vir uitvoerprodukte uit Afrika en Suid-Afrika tariefvrye toegang tot die Amerikaanse mark. Die wet moet nog terug na die Huis van Verteenwoordigers en dan na President Trump, maar dit is ʼn positiewe teken dat die Amerikaners nog belangstel in groei en geleenthede in Afrika. Presies wat dit vir Suid-Afrikaanse uitvoere beteken is ʼn ingewikkelde storie.

    Dele van die ekonomie is onder druk

    Play Episode Listen Later Aug 7, 2026 1:35


    Dit is nie maklik om te sê die gaan goed of sleg met die ekonomie nie. Die ekonomie het baie dele. Ons weet dat die reele inkomste van middelklas verbruikers is onder druk.Die afgelope week was daar nuus wat wys dat vervaardiging steeds swaar trek en die landbou-sektor staar uitdagings in die gesig.

    Die Big Mac indeks op 40

    Play Episode Listen Later Aug 4, 2026 1:56


    The Economist tydskrif se Big Mac indeks is 40 jaar oud maar so vars soos altyd in die debatte of ʼn land se geldeenheid oor- of onder gewaardeer is. President Trump is ʼn teenstaandervan goedkoop Asiese geldeenhede en Frankryk se President Macron het onlangs gesê dat die onder-gewaardeerde Sjinese Yuan onhoudbaar is.

    Die middeklas onder druk

    Play Episode Listen Later Jul 31, 2026 1:55


    Wanneer die ekonomie ophou groei en inflasie styg kom die middelklas vinnig onder druk. Ou Mutual se spare en beleggingsverslag wat hierdie week gepubliseer is het ʼn klompie insiggewende syfers in.

    Rentekoerse en die rand

    Play Episode Listen Later Jul 28, 2026 1:54


    Wanneer ekonome gesels oor die verwantskappe tussen die repokoers, ander rentekoerse en die wisselkoers klink dit baie keer soos goed wat net in handboeke saak maak, maardaar was in die afgelope week ʼn interessante berig oor hoe dit in finansiele markte uitwerk.

    Repokoers onveranderd!

    Play Episode Listen Later Jul 24, 2026 2:06


    Die inflasiekoers het in Junie maand van 4,5% tot 5% gestyg en is nou redelik ver bo die Reserwebank se teiken. Tog het die Monetêre Beleidskomitee gistermiddag vriend en vyand verras deur die repokoers onveranderd te laat.

    Die krisis by munisipaliteite

    Play Episode Listen Later Jul 21, 2026 1:57


    Dit word oral in die nuus genoem dat die Nasionale Tesourie oorbetalings aan 69 munisipaliteite gestaak het, en dat dit deel is van Operasie Vulindlela se hervormingsproses,maar waar staan sake? Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek het ʼn verslag uit wat van die knelpunte verduidelik.

    Dit gaan oor meer as Hormuz

    Play Episode Listen Later Jul 17, 2026 1:55


    Die konflik tussen die VSA en Iran duur voort en die olieprys is rondom $85 dollar. Dit is rede om bekommerd te wees oor ons eie brandstofprysvooruitsigte, maar ek het die week ʼn paar interessante dinge raakgelees.

    Mededingendheid sal die ekonomie meer veerkragtig maak

    Play Episode Listen Later Jul 14, 2026 1:58


    As die skote klap in die straat van Hormuz is ekonome se voorspellings oor brandstofpryse, die wisselkoers, inflasie, rentekoerse en ekonomiese groei baie moeiliker om te maak, maar kom ons kyk na een of twee dinge wat ons weet.

    Ekonome se voorspellings

    Play Episode Listen Later Jul 10, 2026 1:57


    Die ou grappie is dat ekonome voorspellings maak om weervoorspellers beter te laat voel, maar al is ons gereeld verkeerd hou ons aan probeer. The Economist tydksrif is ʼn redelike gesaghebbende bron wat uitsprake maak oor politiek, die markte en die ekonomie. Hulle het onlangs hulle akkuraatheid in oënskou geneem en die resulaat is interessant.

    Die prys van 'n rugbykaartjie

    Play Episode Listen Later Jul 7, 2026 2:52


    Verlede Saterdag het die Springbokke teen Engeland uitgedraf voor 'n stampvol Ellispark. Maar die Dinsdag vantevore was daardie stadion op koers om half leeg te wees.Kaartjies het by R950 begin, verkope was traag, en ondersteuners het die somme gemaak: 'n gesin van vier, as jy vervoer en 'n boereworsrol bytel, het teen die vyfduisend rand gestaar. Toe swig SA Rugby. Hulle het die goedkoopstekaartjies tot R650 verlaag, party blokke tot R450, en die stadion het volgeloop.Hoe dink ekonome dan oor kaartjiepryse?

    Hoë frekwensie aanwysers

    Play Episode Listen Later Jul 3, 2026 1:53


    Die draai van die maand het twee hoë frekewensie aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan: ‘naankopebestuurdersindeks en voertuigverkope.

    Skade aan die handelsmerk

    Play Episode Listen Later Jun 30, 2026 1:42


    Daar is baie te sê oor vandag se beplande grootskaalse betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Een ding wat ekonome verseker weet is dat markte nie hou vangrootskaalse betogings nie. Daar is maar altyd ʼn kans vir geweld, skade en lewensverlies en dit is sleg vir beleggersentiment. As almal bekommerd is en endie dag by die huis bly is dit ook ʼn dag se verlore besigheid.

    Verbruikers trek swaar

    Play Episode Listen Later Jun 26, 2026 2:13


    Die afgelope week was daar ʼn paar aanwysers wat kommer wek. Dit wys dat brandstofprysskokke gevolge het.

    Die informele sektor gaan informeel bly

    Play Episode Listen Later Jun 23, 2026 2:13


    Elke dorp en stad het hulle — die stalletjies met iets te ete, spazawinkels, en haarsalonne. Klein besighede wat gesinne aan die gang hou. Die regering het groot planne virhulle: om 11,000 ondernemings geformaliseer, 26,000 te ondersteun, en R215 miljoen te gee in toerustingtoelaes. Maar 'n nuwe Wêreldbank-studie, gebaseer op 75 van hierdie mikro-ondernemings, stel 'n skerp vraag oor of enige van ditsal werk.

    Die goeie nuus episode

    Play Episode Listen Later Jun 19, 2026 1:44


    As alles volgens plan verloop teken die VSA en Iran vandag die 60 dae vredesooreenkoms en die Straat van Hormuz word weer oopgemaak. Dan val die olieprys en brandstofpryse en so is ons amper terug in die goeie ou dae van Februariemaand. Maar is dit so eenvoudig?

    Die toekoms behoort aan jongmense...

    Play Episode Listen Later Jun 16, 2026 3:49


    ...wat weet hoe om AI goed te gebruik.

    Verbruiksbesteding skuif

    Play Episode Listen Later Jun 12, 2026 1:38


    Hoewel die verlaging van die dieselprys verlede week ʼn bietjie verligting bied vir sommige huishoudings en sektore moet mens nie onderskat dat die gevolge April en Meimaand se brandstofprysskokke nog vir ʼn tydlank met ons gaan wees nie. Ekonome se groot bekommernis is dat dit tot meer algemene prysstygings sal lei en rentekoerse verder verhoog kan word. Dit sit huishoudings verder onder druk, maar hoe reageer hulle? Ons praat van ʼn substitusie-effek.

    Die toekoms van geld is digitaal

    Play Episode Listen Later Jun 8, 2026 1:31


    Ek was onlangs deel van ʼn span veldwerkers wat met dagloners en straatkosverkopers gesels het. Ons het ook ʼn fotograaf op die span gehad en een van die skote wat hy wou kry is ʼn handvol kleingeld. Groot was ons verbasing dat kontant baie skaars is en die kiosk met kota's langs die groot pad in die nywerheidsgebied verkies dat jy met jou kaart of foon betaal. Dit gaan natuurlik oor die misdaadgevare van omkontant by jou te hê, maar daar is ʼn groter storie.

    Sakevertroue val

    Play Episode Listen Later Jun 5, 2026 1:36


    Ek het in die vorige episode vertel dat ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks het in Mei-maand met 1,8 punte verswak, maar is steeds net-net in uitbreidende terrein. Intussen is RMB en die Buro sesakevertroue-indeks vir die tweede kwartaal bekend gemaak en dit is ongelukkig ʼn ander storie.

    Aanwysers

    Play Episode Listen Later Jun 2, 2026 1:34


    Die draai van die maand bring nuwe aanwysers en dié is aan die positewe kant. Die nuus van ‘n langer skietstilstand tussen die VSA en Iran het die ru-olieprys die naweek laat afneem to amper $90 per vat, maar onsekerheid rondom die ooreenkoms het dit daarna weer effens laat toeneem tot rondom $93 per vat. Dit is hopelik die begin van goeie nuus.

    Die repokoers styg

    Play Episode Listen Later May 29, 2026 1:48


    Die Reserwebank se Monetêre beleidskomittee het gistermiddag die repokoers met 25 basispunteverhoog. Jou huisverband en motorfinansiering gaan nou meer kos.

    Moody's is positief oor ons

    Play Episode Listen Later May 26, 2026 1:44


    In Suid-Afrika is ons so gewoond om bekommerd te wees oor ekonomiese vooruitsigte dat ek half verbaas was to die kredietgraderingsagentskap Moody's hulle vooruitsig virSuid-Afrika verander het van stabiel na positief. Mens wil vra of hulle seker is.

    Ekonomie in alles

    Play Episode Listen Later May 22, 2026 1:48


    Ek het al baie gepraat oor die impak van die oorlog tussen due VSA, Israel en Iran op die Suid-Afrikaanse ekonomie, en ons almal hou asem op vir die komende week serepokoersbesluit, maar daar is ook ander interessante ekonomie stories.

    Olie en rentekoerse knyptang

    Play Episode Listen Later May 19, 2026 1:51


    Een week na my aanwysers episode en dinge lyk so bietjie meer onseker. Olie verhandel nou nader aan $110 per vat en die rand is nader aan die R16,60 omgewing. Die JSE endie goudprys is laer.

    Die aanwysers en die repokoersbesluit later die maand

    Play Episode Listen Later May 12, 2026 2:19


    Luister na hoekom ek dink hulle nog een keer die repo onveranderd moet los.

    Stadiger groei in Sjina

    Play Episode Listen Later May 8, 2026 1:38


    Sjina het onlangs hulle ekonomiese groeiteiken vir die jaar aangekondig en vir die eerste keer in jare is dit laer as 5%. Sjina is ons enkele grootste uitvoerbestemming virhoofsaaklik mynbou- en landbouprodukte en as die wêreld se fabriek stadiger groei het dit gevolge vir ons uitvoer en ekonomiese groei.

    Olie en die brandstofprys

    Play Episode Listen Later May 5, 2026 2:07


    Die week se brandstofprysverhogings is ʼn skok vir insetkoste en huishoudings se begrotings. Die groter bekommernis is dat 'n verlengde sluiting van die Straat van Hormuz nog nie ingeprys is nie.

    Wat word van top-presteerders?

    Play Episode Listen Later May 4, 2026 2:35


    Spesifiek internasionale olimpiade medalje wenners in Wiskunde, Fisika en Rekenaarwetenskap? Hulle kans om 'n miljardêr te wees is 1500x beter as die gewone ou!

    Groei sou genoeg wees

    Play Episode Listen Later Apr 28, 2026 2:35


    Vryheidsdag lei elke jaar tot nadenke onder die kommentariaat. Een artikel vra gister, Is dit hoe bevryding veronderstel was om te lyk? Dit maak die argunment datongelykheid, werkloosheid en mislukte dienslewering is ʼn vorm van strukturele geweld wat mense se waardigheid wegkalwe. Wat ek mis is die belangrike punt datSuid-Afrika se ekonomie het sedert 1994 te stadig gegroei vir bevryding.

    Die inflasiekoers styg 'n bietjie in Maart

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 2:05


    Statistieke Suid-Afrika het die afgelope week Maartmaand se inflasiesyfers bekend gemaak. Dit is nie onvanpas om dit te beskryf as die stilte voor die storm nie.

    Nog olie, die markte

    Play Episode Listen Later Apr 21, 2026 2:16


    Amper twee weke nadat ʼn skietstilstand tussen die VSA en Iran aangekondig is, bly die uitkomste en die gevolge vir die ekonomie onduidelik.

    Vibesession, inflasie en die olieprys

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2026 1:32


    Daar word op die oomblik baie gesê oor die skietstilstand en die VSA se onderhandelinge met Iran. Ek los dit vir die kundiges. Wat ons redelik seker weet is dat dieolieprys nie gaan daal voor skepe nie vrylik deur die Sraat van Hormuz kan vaar nie. ʼn Blokkade skep die soort druk wat die Amerikaners sal laat onderhandel, en Iran besef dit.

    Werk-van-die-huis-af kan help

    Play Episode Listen Later Apr 7, 2026 3:50


    Onlangse brandstofprysverhogings laat weer 'n ou maar belangrike vraag ontstaan: as meer mense wat van die huis af kán werk, dit vir 'n deel van die week doen, hoeveelverskil kan dit maak? Die antwoord is dat dit 'n betekenisvolle verskil kan maak, veral vir mense wat gereeld pendel, hoewel dit nie 'n volkome oplossing vir hoër brandstofkoste is nie.

    Oor voedselprysskokke

    Play Episode Listen Later Mar 31, 2026 2:22


    Ek moes gister noodgedwonge by ʼn plek wag en luister toe na hoe mense gesels oor hulle bekommernis oor die brandstofprys en voedselprysinflasie. Hulle is dit eens datR1000 nie meer veel kruideniersware koop nie. Die een ou het later wel gesê dat hy moet by al drie etes ʼn dag vleis eet, en verduidelik waar kry mens lekker t-been kan kry, ‘maar jy gaan moet betaal'. Dit het my laat dink dat terywl onswag vir die skokke om te tref kan ek praat oor wat my eie navorsing oor voedselpryse bevind en dalk help dit iemand om ʼn paar aanpassings te maak wat geld spaar.

    Moet nie met prysseine mors nie

    Play Episode Listen Later Mar 27, 2026 1:57


    Ons staar volgende week reuse brandstofprysverhogings in die gesig. Dit lyk soos amper R6 per liter petrol en meer as R10 per liter diesel. Daar was menigte oproepe om die impak hiervan te versag deur die vehogings in die brandstofheffing en koolstofbelasting uit te stel, of selfs te skrap. Die styging in die heffings is saam 21 sent per liter. Ek sien nie so vinnig ʼn betroubare raaiskoot van hoeveel ekstra belasting-inkomste die verhoging begroot is om te lewer nie, maar een raming is rondom R2,13 miljard. In die totale Begroting is die nie baie nie en deur net uit te stel kan die regering net ʼn deel daarvan verloor. Dit lyk egter nie of dit gaan gebeur nie en daar is belangrike redes om nie met prysseine te mors nie.

    Pryselastisiteit

    Play Episode Listen Later Mar 24, 2026 1:37


    Met 20% van die wêreld se olie-aanbod is aan die verkeerde kant van die Straat van Hormuz, is dit tyd om te praat oor die pryselastisiteit van vraag.

    Voedselpryse, hongerte, en strukturele hervorming

    Play Episode Listen Later Mar 20, 2026 2:42


    Op 'n tydstip dat ons bekommerd is oor 'n brandstofprysskok wat tot inflasie lei, spesifiek voedselinflasie, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die eerste tweedae van 'n nasionale ondersoek na Suid-Afrika se voedselstelsel op 13–14 Maart by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg gehou. Volgens die 2024 Huishoudingopname het ongeveer 14 miljoen Suid-Afrikaners daardie jaar honger bed toe gegaan, wat sowat 22,2% van huishoudings verteenwoordig.

    Die olieprysskok, inflasie, en Japan 1973

    Play Episode Listen Later Mar 17, 2026 2:26


    Die nuus gaan op die oomblik oor Israel en die VSA oorlog met Iran en Iran se oorlog met die wêreldekonomie. Die olieprysskok gaan lei tot inflasie en jou arm maak, lei dieeen opskrif. Die is nie onmoontlik nie, maar daar is baie dinge wat ons nie verseker weet nie.

    Bekostigbaarheid

    Play Episode Listen Later Mar 13, 2026 3:37


    Suid-Afrikaners staar moontlik die grootste maandelikse brandstofprysverhoging in die geskiedenis in die gesig wanneer April aanbreek. Die Midde-Ooste-konflik hetBrent-ru-olie al verby $115 per vat laat styg — hoewel dit die week darem onder $100 gebly het. Voeg daarby 'n rand-dollar-wisselkoers tussen R16,50 en R16,80  en nuwe brandstofbelastingverhogings van 21 sent per liter vanaf 1 April, en ons kyk na 'n petrolprysverhoging van enigietstussen R2,50 en R8 per liter, afhangend van hoe lank die ru-olieprys hoog bly. Maar hierdie skok tref nie gesonde huishoudings nie. Suid-Afrikaners is kwesbaar.

    BBP syfers en drywers van groei

    Play Episode Listen Later Mar 10, 2026 3:01


    Met die vierde kwartaal BBP-syfers wat later vandag bekend gemaak word, gaan ons hoor dat die ekonomie wel in 2025 gegroei het, maar veels te stadig om werk te skep ofarmoede te verminder. Ekonome is dit eens dat hervormings nodig is om die groeikoers te verhoog, maar presies hoe moet daardie hervormings lei tot ekonomiese groei? Ek het die afgelope week ʼn interessante konferensie van Economic Research Southern Africa bygewoon.

    Die res van die aanwysers

    Play Episode Listen Later Mar 6, 2026 2:16


    Kom ons vergeet vir n oomblik van die oorlog in Iran. Hoe gaan dit andersins met die ekonomie?

    Oorlog, olie, en alles anders

    Play Episode Listen Later Mar 3, 2026 2:21


    Die VSA en Israel se aanval op Iran is hoofnuus op die oomblik. Die ekonomiese impak is reeds sigbaar in die hoër olieprys en swakker rand dollar wisselkoers. Hoe kan dit verder uitspeel?

    Claim Die ekonomie minuut

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel