Luister na stukkies ekonomiese nuus en kommentaar

Statistieke Suid-Afrika het gister die nuuste inflasiekoerssyfer aangekondig en dit het effens gestyg vanaf 3,3% in Augustus to 3,4% in September. Hier en daar sê iemand dit is ʼn groot terugslag vir Novembermaand se repokoers besluit, maar ekis nie so seker nie.

Dit is ses maande na die aankondiging van President Trump se wederkerige tariewe op “Liberation Day” en die impak op die ekonomie van die VSA is nie naastenby so groot as watekonome verwag het nie.

Van die eerste dinge wat ʼn persoonlike finansies self-help boek sê is begroot en spaar. Daarna herinner dit jou aan die sogenaamde hedoniese trapmeul. Dat die nut en vreugdewat ons kry uit die verbruik van goedere, soos die nuwe iPhone of Prado nie so lank hou soos die vreugde van ervarings nie. The Economist het hierdie week ʼn interessante artikel wat presies dit wys.

As jy gewonder het hoekom jy nie veel van die ANC se nuwe 01-punt ekonomie plan hoor nie, is dit omdat dit nie veel van ʼn plan is nie. Dit sê hoofsaaklik dat die regering van die dinge wat hulle al lankal mee besig is vinniger en beter gaan probeer doen, maar nie regtig hoe nie.

Ek wou eers praat oor die ANC se nuwe 10-punt ekonomiese plan, maar dit kan wag, want die goudprys het hierdie week deur die $4000 per fyn ons vlak gebreek.

Ekonome is besig om hoë-frekwensie aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan, fyn dop te hou. In die derdekwartaal het sakevertroue en verbruikersvertroue indekse gedaal. September se aankopebestuurdersindeksdata en voertuigverkope het almal verras.

Verbuikersvertroue het verswak in die eerste kwartaal, verbeter in die tweede kwartaal en toe weer effens afgeneem in die derde kwartaal. Dit is in negatiewe terrein op -13 punteen ver onder die langtermyn gemiddeld.

Die goudprys mik vir $3800, die rand-dollar wisselkoers verhandel rondom R17,30 en die JSE stel rekord hoogtepunte op, maar opnamedata wys 'n ander storie.

Die Reserwebank se Monetêre beleidskomitee het gister die repokoers onveranderd gelaat op 7%. Daar was ʼn aantal aanwysers wat my en ander ontleders laat dink het dat hulledalk met 25 basispunte sou sny, maar dit het nie gebeur nie. Die verduidelik in hulle verklaring is nogals ingewikkeld.

Die Minuut is terug op die lug na ‘n lekker lang ruskans en vandag wil ek graag praat oor die BBP syfers wat die afgelope week bekend gemaak is.

Een week na daardie 30% tarief ingestel is op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA bly die storie in die nuus. Daar is berigte oor die sogenaamde hulppakket en oor maatskappye wat in die handelsoorlog spervuur beland, wat my laat wonder of hulle sinvol gehelp kan word. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics* Let wel, die Minuut vat 'n kort vakansie en sal weer op die lug wees in September.

Daar was die afgelope week ʼn mengsel van ekonomiese nuus om dop te hou. ABSA en die Buro seaankopebestuurdersindeks vir Juliemaand staan net bo die neutrale punt op 50.8 punte. Dit lyk of binnelandse en internasionale vraag sterker was in Julie en nuwe verkope het toegeneem. Daar is steeds heelwat onsekerheid watvervaardigers bekommerd het die vooruitsigte vir besigheidsaktiwiteit oor die volgende ses maande het verswak. S&P Global se indeks, wat ook dienstebedrywe insluit staan op 50,3 punte.ook ondersteun deur binnelandsevraag.

Die ou sê-ding is dat as Amerika nies kry die wêreld verkoue en op die oomblik is dit moeilik om te diagnoseer wat met Amerika aangaan. In hierdie episode wil ek graag praatoor hulle ekonomiese groeikoers, werkskepping, en inflasie. Dit alles is belangrik vir rentekoerse daar en hier.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Die afgelope week is gekenmerk deur hoë vlakke van beleidsonsekerheid. Op die ou einde is President Trump se 30% tarief op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA met ʼn weekuitgestel en die Monetêre beleiskomitee het die repokoers met 25 basispunte gesny.Die meer interessante nuus is dat die Reserwebank saammet verlede week se repokoers-verlaging ook aangekondig het dat toekomstige beleidskomitee besluite oor die repokoers geanker gaan word aan ʼn inflasiemikpuntvan 3%.

Met die Monetêrebeleidskomitee nog aan die vergader en President Trump se tarief nog in die lug ten tye van my opname het ek gedink om eers iets anders te gesels. Ditgaan oor die regulering van plant-gebasseerde vleis alternatiewe.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

President Trump se 30% tarief is oppad soos ʼn vragtrein (ok, dalk nie een in Suid-Afrika nie) en ekonome raai oor wat die repokoers besluit gaan wees. Daar is ook aankopebestuurdersindeksdata en nuwe voertuigverkopesyfers die week. Hier is ʼn kort opsomming van die ekonomiese nuus.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Statistieke Suid-Afrika het die week Juniemaand se VPI inflasiesyfer bekend gemaak en die inflasiekoers het gestyg vanaf 2,8% tot 3%. Die belangrikste drywer was hoërvoedselpryse en laer jaar-op-jaar brandstofpryse het die styging help teenwerk. Die inflasiekoers is veilig onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband en markte verwag nog een 25 basispunte verlaging van die repokoershierdie jaar. Maar gaan dit by volgende Donderdag se vergadering gebeur?Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Daar is internasionale ekonomiese aanwysers en plaaslike politieke nuus wat die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed. Hier is van die belangrikste hoogtepunte.Hierdie episodeword ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Met die dat dit lyk of Msibisi Jonas nie ons saak in die VSA beredder nie, is ons enigste hoop die TACO hipotese.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

Ek het die afgelope week of wat die kans gekry om ʼn ekonomie praatjie te lewer by twee feeste en dit was interessant om te hoor wat mense vra. Die ekonomiese nuus het ʼn groot klomp mense bedruk, maar baie hou nog moed.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Die nuutste nuus bly die 30%-tariefskok wat Suid-Afrika miljarde in uitvoere en tien- tot honderduisende werksgeleenthede kan kos. Op 1 Augustus gaan dieTrump-administrasie 'n 30 persent tarief hef op alle Suid-Afrikaanse goedere wat die VSA binnekom. Die openbarerede? Om Amerika se handelsbalans te verklein. Die ware rede? Washington wil hê Pretoria moet sy swart ekonomiese bemagtigingsvereistes laat vaar, die klousule oor onteiening sonder vergoeding hersien, en selfs toesig hou oor 'nbevrydingslied.Dit plaas President Cyril Ramaphosa in 'n hoek: aanvaar 'n tarief wat die ekonomie seermaak, of gee toe op beleid wat die ANC as nie-onderhandelbaar beskou. Is daar 'n middeweg? Ek het o.3 gevra vir 'n plan wat Washington tevrede kan hou terwyl Suid-Afrika se kernbelange beskerm word. Gee my vyf minute.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

President Trump het gister aangekondig dat ʼn 30% tarief gehef gaan word op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA vanaf 1 Augustus. Dit is ʼn terugslag vir ons ekonomie.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Na verlede week se verbetering in verbruikersvertroue is daar nog ʼn paar aanwysers wat mens bietjie moed laat skep.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Die laaste paar weke is daar ʼn lekker warm debat oor Suid-Afrika se werkloosheidskoers. Die amptelike syfer uit die Kwartaallikse Arbeidsmagopname staan op 32,9%, of tewel 8,228 miljoen mense wat werkloos is uit ʼn arbeidsmag van 25,015 miljoen mense. Capitec se uitvoerende hoof, Gerrie Fourie, het gesê die koers is dalk nader aan 10%, en ander kommentators het ingespring om te sê dat die waardheid iewers tussenin is.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch

As mens hoor dat Israel vir Iran aanval en die VSA tree toe tot die stryd wonder jy of jy dalk maar moet naslaan wat Nostradamus hieroor te sê gehad het, maar blykbaar hetdie markte ophou nuus kyk en steur hulle nie aan sieners nie.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Johan Fourie het gister ʼn interessante blog inskrywing gemaak waar hy die teenstellende idees oor die ekonomie en die rol van die regering omskryf. Aan die een kant is daardie siening dat die land ontbloot, gedeïndustrialiseer en sogenaamd “financialised” is, terwyl die regering inkrimpende fiskale beleid en mark-vriendelikehervormings najaag. Aan die ander kant is die siening dat Suid-Afrika se agteruitgang nie die gevolg is van vryemarkte nie, maar van regeringsmislukking, pagsoekery en beleidsonsekerheid. Die vraag wat by my opkom is of inklusiewe groei die middeweg is?Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Met die dat ons hoop is dat verbruikers ekonomiese groei moet dryf is hierdie week se April kleinhandelsyfers en die Buro se tweede kwartaal kleinhandel opname belangrik en kommerwekkend.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Verlede week was ʼn dol een in die markte soos wat daar gereageer is op die handelsoorlog en die regte oorloëtussen Rusland en Oekraïne en ook Israel en Iran. Dit het die rand, olieprys en goudprys geraak.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Op ʼn dag tot dag ,of week tot week basis is dit moeilik om te sê hoe dit met die ekonomie gaan. Opname data is eers na ʼn lang sloering beskikbaar. Dan gebruik ons of modelle,of die markte, om die storie te vertel en die week is dit nie maklik om te lees nie.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

In Begroting 3.0 het die Minister van Finansies dievoorstel om die BTW-koers te verhoog, teruggetrek, maar dit beteken ook dat hy nie die lys van nulkoers-voedselitems uitgebrei het nie. Dit gaan beslis genoem word in hierdie week se debat oor die fiskale raamwerk.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Stadige ekonomiese groei is die grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Na die syfer van 0,1% groei in die eerste kwartaal die week bekend gemaak is het ekonome op hulle tande gekners en die son het weer op gekom, maar ek dink dit is belangrik om te verduidelik hoekom lae groei saak maak.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

Gereelde luisteraars sal weet dat praat af en toe oor ʼn stryd van idees in Suid-Afrika, spesifiek die groot vraagstuk van hoe ons die ekonomie moet laat groei. ʼn Klompie stigtings beplan ʼn groot saamtrek in Juliemaand op te praat oor die toekoms van beleid en die land en ek het ʼn nuwe blog begin vir ʼn ekonomiese perspektief op die gesprek. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Baie ekonome het gehoop dat die Monetêre beleidskomitee die repokoers verminder maar was heimlik bekommerd oor internasionale onsekerhede en die komitee se konserwatiewe benadering. Gelukkig vir ons almal die repo toe met 25 basispunte gesny.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.Lees ook my nuwe blog: econdialogue.blog

Na al die opwinding van Begroting 3.0 en die Presidente se ontmoeting in die Withuis sluit ons die maand af met ʼn repokoersbesluit. Die Monetêre beleidskomitee vergader van vandag af en maak Donderdag middag die repokoersbesluit bekend.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Daar is heelwat goeie kommentaar oor die Begroting en die luisteraars wat fyn lees sal sien dat daar baie geskryf word oor die sogenaamde fiscal slippage. Dit is die feit dat die Minister meer moet leen as wat die medium-termyn raamwerk en selfs die Maart Begroting voorsien het. Die staatskuld-tot-BBP verhouding is veronderstel om ʼn piek te bereik, maar dit is op die hoër vlak van 77,4%. Dit is die moeite werd om te verduidelik hoekom dit so belangrik is.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Dit is ʼn week waarin ons asem ophou vir Begroting 3.0 en die samesprekings tussen Presidente Trump en Ramaphosa. Dit is belangrik gegewe die tekens dat die ekonomie beginmomentum verloor.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Hierdie week se werkloosheidsyfer was kommerwekkend. Daar is 245 000 werksgeleenthede verlore kwartaal tot kwartaal en daar is ʼn baie hoë jeugwerkloosheidskoers. Dit is eintlik nie nuus nie, maar dit is of daar so bietjie paniek in die lug is en die debat oor indiensnemingskwotas is baie skril. Dit is wat gebeur wanneer die ekonomie nie groei nie.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Fase 2 van Operasie Vulindlela het verlede week afgeskop maar daar is bekommernis oor die taak wat hulle opgelê is.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Donald Trump sê dat hy wil weet waar sy pakke klere vandaan kom en wanneer mense terug verlang ʼn tyd van goedkoop, hoë kwaliteit klere wat in jou eie land gemaak is, is daar vinnig steun vir tariewe op invoere. Alex Tabarrok het ʼn goeie antwoord hierop geskryf op die Marginal Revolution blog.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

In vandag se episode wil ek graag gesels oor plaaslike en internasionale aanwysers en weereens, hoekom onsekerheid so sleg is vir die ekonomie.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Dit is amptelik, Die Minister van Finansies gaan op 21 Mei weer probeer om die Begroting goedgekeur te kry.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Ek gesels meestal oor makro-ekonomiese vraagstukke maar vandag wil ek graag praat oor my kollega Derick se geliefde Liverpool en hulle oorwinning in hierdie jaar se premierliga. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Verbruikers en almal wat graag sê dat hulle veg vir die armes, vier fees nadat die voorstel vir ʼn 0,5 persentasiepuntverhoging van die BTW koers geskrap is. Dit los ons met interessante vraagstukke.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Ek hou nie eintlik daarvan om bangmaak episodes te maak nie. Dit is om te praat oor dinge wat baie sleg kan uitspeel, hoe wel die waarskynlikheid dat dit gebeur laag is nie. Maar deesdae weet mens nie en ek voel ek moet iets sê oor President Trump en die Fed.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Met baie van die dinge in die nuus, soos President Trump se tariewe of die moontlikheid van ʼn resessie in die VSA, kan die impak op Suid-Afrika maklik genoeg verduidelik word met die logika van ekonomiese teorieë. Om iets te kan sê oor die omvang van die impak het jy egter ʼn simulasiemodel nodig. Dit is dan lekker wanneer die Reserwebank die resultate van hulle modellering van verskillende scenario's met ons deel, soos in die Monetêre beleidsoorsig.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Na die afgelope week se ekonomiese nuus chaos lyk dinge rustiger. Meeste markte is stadig besig om verliese op te maak, maar soos die uitdrukking sê, as jy een keer gebyt is, is jy dubbel so versigtig.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Vir die oomblik lyk dit of die krisis van President Trump se wederkerige tariewe afgeweer is. Dit lyk tog of die handelsoorlog wat tussen die VSA en Sjina gebroei het nou openlik geveg gaan word. Wat gebeur wanneer die wêreld se grootste verbruikersmark en die wêreld se grootste fabriek kwaad is vir mekaar?Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Hierdie episode gaan nie oor President Trump se tariewe nie. Ek wil eerder gesels oor die gedagte van ʼn hersiening van owerheidsbesteding. Mense sal maklik sê ons het ook ʼn DOGE nodig. Ek wonder wat ons kan leer by Argentinië se President Milei.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Na uitgerekte onderhandelinge en debat is die Begrotingsraamwerk goed gekeur sonder die DA se steun en President Trump stel toe daardie tariewe in.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

Hierdie week is 'n goeie tyd om oor beleidsonsekerheid te praat — iets waarop ekonome altyd let. Onsekerheid, in ons wêreld, beteken dat mens nie altyd weet wat die waarskynlikheid van die uitkomste van sekere besluite of gebeure is nie. En soms weet ons nie eers wat die moontlike uitkomste kan wees nie. Hierdie week stem die Suid-Afrikaanse parlement oor die nasionale begroting. Terselfdertyd is daar toenemende bekommernisse wêreldwyd, met president Trump wat moontlik 'n handelsoorlog aan die gang sit deur nuwe tariewe op ingevoerde voertuie. Die Beleidsonsekerheidsindeks, van die NWU, is op 'n historiese hoogtepunt vir die eerste kwartaal van die jaar.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Die einde van die eerste kwartaal beteken ongelukkig nie dat ons al veel van ʼn prentjie het van hoe die ekonomie vaar in 2025 nie, maar daar is interessante aanwysers waaroor ek graag wil gesels.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.