Podcasts about frankryk

  • 27PODCASTS
  • 183EPISODES
  • 16mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • Oct 1, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about frankryk

Latest podcast episodes about frankryk

Nuus
Ramaphosa toon medelye met Mthethwa se familie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:18


President Cyril Ramaphosa betreur die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, wat in Parys op die ouderdom van 58 oorlede is. Ramaphosa het sy meegevoel betuig met sy vrou, Philisiwe Buthelezi, sy familie en kollegas. Hy het Mthethwa geloof vir sy diens in die kabinet as minister van Sport, Kuns en Kultuur, en Polisie. Die woordvoerder vir die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die volk betreur 'n toegewyde dienaar wie se lewe tragies en te gou geeïndig het:

Nuus
Alcaraz onttrek aan Sjanghai Meesters

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:20


Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, het aan die Sjanghai Meesters onttrek nadat hy sy linker-enkel beseer het. Die 22-jarige Spanjaard het sy enkel in sy eerste wedstryd by die Japannese Ope beseer, maar deurgedruk, die toernooi voltooi en met sy agste ATP Toer-titel van die seisoen weggestap. Corentin Moutet van Frankryk neem Alcaraz se plek in Sjanghai in. Alcaraz sê hy kies om te rus en te herstel voor die seisoen se finale fase:

Monitor
Monitor 1 Oktober 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 49:39


Die jongste oor die dood van SA se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa. 'n Amerikaanse regeringsluiting tree in werking - 'n ekonoom verduidelik wat dit behels. Ons praat met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oor sy sakebesoek aan die VSA.

Spektrum
Spektrum 1 Oktober 2025

Spektrum

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 50:07


Afriforum verwelkom die skuldigbevinding van Julius Malema weens die onverskillige afvuur van 'n vuurwapen. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Onmin heers in Vredendal aan die Weskus waar skoolseuns KI-gemanipuleerde foto's van skoolmeisies versprei het.

Nuus
Oud-SA polisiehoof pleeg vermoedelik selfmoord in Parys

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 0:16


Die internasionale betrekkinge-ministerie het die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, bevestig. Die 58-jarige diplomaat, wat voorheen as polisieminister en sportminister gedien het, is in Parys dood en Franse owerhede stel tans ondersoek in na die omstandighede. Franse media berig hy het vermoedelik van die 22ste verdieping van die Hyatt Hotel gespring, na sy vrou hom as vermis aangegee het. Mthethwa is onlangs in die Madlanga-kommissie geïmpliseer oor vermeende politieke inmenging. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die verlies van Mthethwa word nie net tuis gevoel nie, maar ook in die wêreldwye diplomatieke gemeenskap:

Nuus
Israel reageer op Frankryk, en ander, se erkenning van Palestina

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 0:22


Frankryk en Saoedi-Arabië het Maandag talle wêreldleiers in New York byeengebring om steun vir 'n tweestaatoplossing in Israel te werf, met verskeie van hulle wat na verwagting 'n Palestynse staat formeel sal erken. Israel en Amerika boikot die beraad. Die Amerikaanse administrasie het gewaarsku teen moontlike gevolge vir diegene wat stappe teen Israel neem, insluitend Frankryk, wie se president Emmanuel Macron die beraad aanbied. Israel se verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Danny Danon, het met verslaggewers oor die beraad gepraat.

Nuus
Israel reageer op Frankryk, en ander, se erkenning van Palestina

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 0:18


Nuus
Vakbond woedend oor R20 miljoen vir verdediging-reise

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:19


Die Vereniging van Staatsamptenare het die jongste verslag van die Departement van Verdediging en Militêre Veterane oor 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand se reiskoste, gekritiseer. In 'n geskrewe antwoord op 'n vraag in die parlement, het minister Angie Motshekga 'n ontleding gegee van hoe sy, haar twee adjunkte en ondersteuningspersoneel belastingbetalers se geld bestee het om 22 internasionale reise na Rusland, Angola, China, Saoedi-Arabië, Frankryk en ander lande te onderneem. Claude Naicker van die vakbond sê Motshekga is duidelik nie bekwaam om die eise en kompleksiteit van die departement te hanteer nie:

Nuus
Tien nuwe ambassadeurs vir Namibië aangewys

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:37


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Donderdag tien ambassadeurs vir 'n vierjaartermyn aangestel en globale onstabiliteit as 'n sleuteluitdaging genoem. Tonata Emvula gaan na China, Monica Nashandi na Rusland, en Wilbard Shihepo na die VSA. Ander poste sluit in Sophia Nangula na Swede, Benjamin Kandanga na Finland, Jerobeam Shaanika na Duitsland, Sabine Moller na Frankryk, Lebbius Tobias na Kuba, en Elvis Shiweda na Switserland. Sipapela Cletius Sipapela bly in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Nuus
Swys sê Bok-vroue kan leer uit nederlaag teen Frankryk

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:21


Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het 'n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De Bruin sê Frankryk is vierde op die wêreldranglys en dit was duidelik omdat hulle baie klinies was en elke geleentheid in punte omskep het:

Monitor
Monitor 2 September 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Sep 2, 2025 46:22


Byna 6 000 afleggings in twee dae bekendgemaak. Kommer oor hoe professioneel bankbedrog deesdae gepleeg word. Die Vroue-Bokafrigter, Swys de Briun, praat oor hulle Wêreldbekersukses en spankeuses teen Frankryk.

Nuus
E3 soek sanksies teen Iran

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 0:32


Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk het Donderdag 'n meganisme aan die gang gesit om sanksies teen Iran te hervat, na 'n reeks vergaderings nie daarin geslaag het om 'n ooreenkoms oor die Iranse kernprogram te bereik nie. Die drie Europese lande, bekend as die E3, waarsku Teheran al vir weke dat die Verenigde Nasies se sanksies teen Oktober heringestel kan word, wanneer die 2015 kernooreenkoms tussen Teheran en groot magte verval. Al Jazeera se VN-korrespondent Gabriel Elizondo verduidelik.

Nuus
China kry Chenin Blanc-bederfie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 25, 2025 0:21


Die 2025 Chenin Blanc-uitdaging se toptien-wenners is aangekondig en word later vanjaar op ProWine Shanghai in China vertoon. Stellenbosch oorheers weer en spog met vier van die tien inskrywings. Boonop is drie van die vier van Stellenrust Wines, wat die gereeldste wenners in die kompetisie is. Standard Bank, wat die kompetisie borg, se hoof van landbou-sake, Brendan Jacobs, sê 80-persent van alle chenin-wingerde in die wêreld is in Suid-Afrika en Frankryk:

Nuus
Erkenning van Palestynse staat bemoedig Hamas - VSA-gesant

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 6, 2025 0:20


Amerika se gesant by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, sê terwyl druk op Hamas nodiger as ooit is, het sommige begin om Hamas aan te moedig en onderhandelaars se pogings te ondermyn. Dit volg nadat lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Kanada planne aangekondig het om Palestina amptelik as staat te erken in die hoop om vrede in die Midde-Ooste te bewerkstellig. Shea sê Palestyne in Gaza moet toegelaat word om ʼn nuwe hoofstuk sonder Hamas te begin:

Nuus
Brittanje sal Palestynse staat erken, mits...

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 30, 2025 0:21


Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal Palestina in September as ʼn staat erken tensy Israel stappe doen om die situasie in Gaza te beëindig en ʼn skietstilstand bereik. Ongeveer 140 lande erken amptelik ʼn Palestynse staat en verlede week het Frankryk beloof om in September tydens ʼn vergadering van die Verenigde Nasies die eerste G7-land te wees wat dit doen. Starmer sê die VK se doel bly ʼn veilige Israel langs ʼn lewensvatbare en soewereine Palestynse staat:

Nuus
Frankryk sal Palestina as staat erken - Macron

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2025 0:36


Franse president Emmanuel Macron het aangekondig dat Frankryk Palestina as 'n staat sal erken. Macron sê in 'n plasing op X dat hy die plegtige besluit by die VN se Algemene Vergadering in September sal formaliseer en voeg by dat daar geen alternatief is nie. “Die dringende behoefte vandag is om die oorlog in Gaza te beëindig en die burgerlike bevolking te red,” lees die plasing. Dit kom te midde van berigte dat meesal kinders in die strook van wanvoeding sterf, wat Israel ontken. SkyNews het met chirurg Maynard Nick gepraat, wat sê selfs sy kollegas by die Nasser Hospitaal in Gaza ly honger.

Nuus
Starmer en Macron beklink 'een in, een uit' migrante-ooreenkoms

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 11, 2025 0:34


Britse eerste minister Sir Keir Starmer het op 'n gesamentlike nuuskonferensie met Franse president Emmanuel Macron gesê dat onwettige immigrante wat in klein bootjies vanaf Frankryk aanland, binne weke onder 'n nuwe loodsskema na Frankryk teruggestuur sal word. Onder die 'Een in, een uit'-ooreenkoms sal sommige aankomelinge aangehou word en na Frankryk terugbesorg word. In ruil daarvoor sal Brittanje 'n ekwivalente aantal asielsoekers uit Frankryk aanvaar, onderhewig aan sekuriteitskontroles en mits hulle nie probeer het om die land onwettig te betree nie. Hulle sal ook 'n konneksie met Brittanje moet hê, soos familie. Macron het Frankryk se kant gestel.

Nuus
All Blacks vervang twee vir Hane-toets

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 11, 2025 0:18


Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, moes twee veranderinge maak aan sy opdrafspan vir Saterdag se tweede toets teen Frankryk in Wellington. Patrick Tuipulotu vervang kaptein Scott Barrett, wat op die kantlyn is weens ʼn geskeurde kuitspier, terwyl Caleb Clarke instaan vir Sevu Reece wat in die eerste toets harsingskudding opgedoen het. Die All Blacks het dié toets 31-27 gewen. Onderkaptein Ardie Savea sal die span lei. Robertson sê hy het baie respek vir die Franse afrigter, Fabien Galthié:

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textPsalm 119:66-67  Gee my 'n wakker verstand en 'n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB) Dit is nogal verstommend hoe maklik ons emosies ons goeie gesonde verstand kan uitknikker. Alles ván trots tót vrees, van woede tot eensaamheid, kan veroorsaak dat ons baie verkeerde besluite neem; besluite waaroor ons uiteindelik baie spyt sal wees.In 1812 het Napolean Bonaparte, die selfaangestelde keiser van Frankryk, 'n massiewe militêre veldtog teen Rusland geloods. Hy het met 600 000 soldate van verskeie Europese lande, een van die grootste leërs wat nog ooit in Europa versamel is, onder sy beheer, bymekaargemaak vir die aanval op Rusland.Hy het die geografiese grootte van Rusland heeltemal onderskat; die strawwe klimaat geïgnoreer en nie rekening gehou het met die Russe se slim taktiek nie. Napoleon het geglo dat sy voortreflike militêre bekwaamheid en die blote grootte van sy Grande Armée 'n vinnige oorwinning sou verseker.Napoleon se grootheidswaan het daartoe gelei dat hy, met rampspoedige gevolge, die waarskuwings en advies van sy eie generaals geïgnoreer het …. Sy leër is deur die vreeslike koue, hongersnood, siektes en voortdurende aanvalle deur Russiese magte vernietig. Slegs 100 000 van sy manskappe het lewend teruggekom Frankryk toe. Nie ‘n baie suksesvolle veldtog nie, of hoe!So dink ‘n bietjie, wanneer laas het jy jou emosies toegelaat om jou goeie gesonde verstand te oorheers? En sê my, hoe goed het dit vir jou uitgewerk?Psalm 119:66-67 Gee my 'n wakker verstand en 'n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB)God het jou onbeskryflik lief. Die laaste ding wat Hy wil hê, is dat jy die een flater na die ander moet maak. Vra Hom, want Hy sê – vra en vir julle sal gegee word. Vra dus: Here gee my 'n wakker verstand.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
All Black-groep het 5 nuwelinge vir Hane-toetsreeks

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 23, 2025 0:21


Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het vyf nuwelinge ingesluit by sy groep van 33 vir volgende maand se drie tuistoetse teen Frankryk, met Scott Barrett wat terug is as kaptein. Die nuwelinge is Brodie McAlister, Ollie Norris, Fabian Holland, Du'Plessis Kirifi en Timoci Tavatavanawai. Samisoni Taukei'aho en Quinn Tupaea, wat onderskeidelik in 2023 en 2022 laas vir Nieu-Seeland uitgedraf het, is ook terug in die groep. Robertson sê hulle moes kontinuïteit en geleentheid balanseer:

Nuus
Namibië moet nog oor vyf hekkies om van gryslys af te kom

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 14, 2025 0:43


Ná die Finansiële Aksie-taakmag Namibië op sy gryslys geplaas het in Februarie verlede jaar, het die land reeds agt van die strategiese tekortkominge op die mag se aksieplan reggestel. Die taakmag het die land hiervoor geprys by sy plenêre vergadering in Straatsburg, Frankryk. Die oorblywende vyf moet teen Mei 2026 afgehandel wees sodat die land van die gryslys verwyder kan word. Zenobia Barry, die adjunkdirekteur van regsake, beleid en afdwinging by die Finansiële Intelligensie-sentrum, verduidelik wat nog reggestel moet word.

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Afdraande Resies

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 13, 2025 3:17


Send us a textMatteus 23:5-7 Alles wat hulle (die skrifgeleerdes en Fariseërs) doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi' aangespreek te word. Die basiese resep om sukses te bereik, is deesdae ‘n klim-patroon: jy klim en klim en klim op daardie leer, totdat jy die top bereik. Ag nou ja, jy sal op pad boontoe op ‘n paar mense moet trap, maar dis net die prys wat die besigheidswêreld van ‘n mens vra, dis nie ‘n probleem nie, dis nou maar hoe dit werk. Of hoe?Napoleon Bonaparte is in1769 gebore. Hy was 'n taktiese genie en 'n groot leier. Hy was so suksesvol dat hy homself teen 1804 tot keiser van Frankryk uitgeroep het en sy ryk oor Europa uitgebrei het. Maar namate sy mag toegeneem het, het sy trots en sy oortuiging dat hy onoorwinbaar is, ook toegeneem, en dit het gelei tot 'n paar verkeerde strategiese besluite.Sy trots het toe tot ‘n val gekom. Hy is uiteindelik ná sy nederlaag met die Slag van Waterloo na die afgeleë eiland Saint Helena in die Suid-Atlantiese Oseaan verban, waar hy basies weens sy verwaandheid in 1821 as 'n eensame misbaksel gesterf het. Dit wys jou wat gebeur met ‘n mens wat ten alle koste die leer van sukses probeer klim.Jesus het hewige kritiek teen die trotse godsdiensleiers van sy tyd uitgespreek. Hulle was die belangrike mense in die gemeenskap; die oënskynlike suksesvolle leiers. Hy het hulle skynheiligheid ontmasker en gesê ...Matteus 23:5-7 Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi' aangespreek te word.Trots is 'n lelike ding, en daarom is die hoogste rang wat jy ooit in God se koninkryk kan bereik, die van ‘dienaar'. Dit beteken ‘n lewe wat nie daarop gerig is om op die top van die leer te staan waar jy aandag trek nie, maar ‘n onopsigtelike plek in te neem, waar jy in nederigheid kan dien.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Namibië praat oor oorgrens waterbronne in Nice

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2025 0:38


Die landbouministerie se uitvoerende direkteur Ndiyakupi Nghituwamata, is in Nice, Frankryk by die VN se Oseaneberaad. Sy het, onder andere, 'n oorsig gegee van Namibië se vordering in sy raamwerk vir oorgrens watersamewerking en het melding gemaak van die Okavango- en Orange-Senqu-rivierkomme.

Nuus
VN-hoof sê gierigheid mag nie toegelaat word om aarde se lot te bepaal nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 11, 2025 0:19


Die VN-sekretaris-generaal, António Guterres, moedig wêreldleiers aan om invloedryke instansies wat die seelewe vernietig met onwettige visvangs en platstiekbesoedeling te konfronteer. Die derde Verenigde Nasies Oseaankonferensie, 'n hoëvlak spitsberaad onder voorsitterskap van Frankryk en Costa Rica, word tans in Nice, Frankryk gehou. Meer as 60-persent van see-ekosisteme is verswak of word onvolhoubaar gebruik. Guterres sê die oseaan is onder beleg en gierigheid is die oorsaak:

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textHandelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Vir die meeste van ons is vervolging iets waaraan ons nie te dikwels wil dink nie. Op ander plekke in die wêreld waar mense aktief vir hul geloof vervolg word, is dit so deel van hul lewe dat dit nie vir hulle vreemd is nie. Wat ons skok, is wanneer vervolging, wat tot dusver op ‘n veilige afstand was, op ons eie middelklas drumpel beland.Op 26 Julie 2016 is Vader Jacques Hamel, 'n 85-jarige Rooms-Katolieke priester, vermoor terwyl hy ‘n diens in 'n klein dorpie in Normandië, Frankryk, gehou het. Twee terroriste het die kerk binnegekom en nadat hulle gyselaars geneem het, het hulle vader Hamel gedwing om voor sy gemeente te knie en hom net daar tereggestel.Alhoewel dit skokkend is, is daar niks nuuts daaraan nie. Dit gebeur sedert die eerste eeu reeds met Christene.Gister het ons gesels oor Petrus en Johannes wat gearresteer en met die dood gedreig was omdat hulle mense van Jesus vertel het. Hulle het nie teruggedeins vir dreigemente nie; ook nie voldoen aan die eise van hul vervolgers nie, maar hulle het met selfvertroue van God, wat mense lief genoeg gehad het om sy enigste Seun, Jesus, na hierdie wêreld te stuur, getuig. En hulle het voortgegaan om so te bid:Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”Hulle het gevra vir vrymoedigheid om te midde van die vervolging voort te gaan om die Goeie Nuus van Jesus te verkondig. Wees dapper wanneer vervolging oor jou pad kom, want God is by jou in daardie situasie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

RSG Geldsake met Moneyweb
'n Opwindende wynreis van Frankryk tot in Stellenbosch

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 29, 2025 12:23


Naretha Ricome, besturende direkteur van Advini SA, vertel die storie agter Advini en gesels oor haar agtergrond, loopbaan en haar gunstelingwyn. Volg RSG Geldsake op Twitter

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar

Wiele2Wiele

Play Episode Listen Later May 16, 2025 23:49


In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman Johann Zarco, wat die naweek se MotoGP-ren in Frankryk gewen het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Nuus
Engeland se Cara Gainer lei sterk groep by Joburg Vroue Ope

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 3, 2025 0:19


Gholf: Die topgekeurde speler in die Vroue Europese Toer, Cara Gainer, sê sy sien uit om deel te neem aan die Johannesburgse Vroue Ope wat vandag by die Modderfontein-gholfklub afslaan. Die beroepspeler van Engeland neem die eerste keer sedert 2023 deel. Vanjaar se geleentheid sluit in die verdedigende kampioen, Chiara Tamburlini van Switserland, die Suid-Afrikaner Casandra Alexander, en Lucie Malchirand van Frankryk. Gainer sê sy sien uit om haar jaar se goeie begin voort te sit.

Nuus
Dis te vroeg om sanksies teen Rusland te lig - Starmer

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 28, 2025 0:12


Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê daar moet toenemend druk op Rusland uitgeoefen word met nuwe en strenger sanksies, byvoorbeeld op energie-inkomste. Meer as 30 Europese lande het gister in Parys vergader. Brittanje en Frankryk het ooreengekom om ʼn militêre afvaardiging na Oekraïne te stuur om saam met Kiëf se weermag te werk en vir die toekoms te beplan. Starmer sê dis duidelik dat Rusland speletjies speel omdat hy nie instem tot ʼn tydelike skietstilstand van 30 dae nie:

Nuus
Vroue-gholfspelers skop Platinum Dames Ope af

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 19, 2025 0:11


ʼn Sterk veld van 86 spelers het byeengekom vir die Platinum Dames Ope wat vandag by die Blair Atholl Gholf- en Perdelandgoed afslaan. Die totale prysgeld is 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Dit sluit in die Suid-Afrikaners Danielle du Toit, Casandra Alexander en Kaiyuree Moodley, Engeland se Hayley Davis, en Lucie Malchirand van Frankryk. Die Skot, Lorna McClymont, wat aan haar derde toernooi deelneem sedert sy vroeër vanjaar by die beroepspelers aangesluit het, sê haar broer het haar oortuig om gholf te speel:

Nuus
Indian Wells: Alcaraz is deur na halfeindronde

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 14, 2025 0:16


Die tweemalige kampioen Carlos Alcaraz het sy vierde agtereenvolgende halfeindronde in die Indian Wells-meesterstoernooi gehaal. Hy het Francisco Cerundolo van Argentinië geklop. Alcaraz kom nou teen die Brit Jack Draper te staan, wat die Amerikaner Ben Shelton uitgeskakel het. Daniil Medvedev van Rusland het Frankryk se Arthur Fils verslaan. In die vroueafdeling is die verdedigende kampioen, Pole se Iga Swiatek, en Rusland se Mirra Andreeva deur na die halfeindronde. Alcaraz sê hy geniet die toernooi:

Nuus
KI moenie oorreguleer word nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 12, 2025 0:17


Die Amerikaanse visepresident JD Vance het gewaarsku dat oormatige regulering die vinnig-groeiende kunsmatige intelligensie-bedryf sal doodmaak. Hy het Dinsdag wêreldleiers en tegniese bestuurders by die Kunsmatige Intelligensie-aksieberaad in Parys, Frankryk, toegespreek. Vance sê die VSA beoog om die leiers op die gebied van KI te bly en die Europese Unie se streng regulatoriese benadering gekritiseer. Hy sê Amerika wil hê KI moet vrygestel wees van ideologiese vooroordeel:

Nuus
Wallis-afrigter Gatland weet hy's op dun ys

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 14, 2025 0:17


Rugby: Wallis se afrigter, Warren Gatland, is onder druk en sê hy aanvaar ‘n verandering is moontlik indien die span nie gedurende die Sesnasies ‘n verbetering toon nie. Wallis kon nog nie weer ʼn toets wen sedert hulle Georgië tydens die Wêreldbeker in 2023 geklop het nie. Die span is versterk met die terugkeer van Taulupe Faletau, Liam Williams en Josh Adams en hulle eerste wedstryd is op 31 Januarie teen Frankryk in Parys. Volgens Gatland is die vraag of hulle bo kan uitkom.

Nuus
Blitsbokke gereed vir Dubai Sewes-uitdaging

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 29, 2024 0:19


Rugby: Die Blitsbokke is slaggereed vir die begin van die nuwe sewesseisoen hierdie naweek in Dubai. Hoofafrigter Philip Snyman sê sy groep is goed voorberei met die fokus op sterk verdediging en om besit om te keer. Suid-Afrika speel teen Australië, Kenia en Frankryk in Groep A. Volgens Snyman wil hulle voortbou op die bronsmedalje op die Olimpiese Spele in Parys.

Nuus
Bokke berei voor vir 'n taai stryd Sondag

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2024 0:17


ie Springbok-senter, Andre Esterhuizen, sê hulle maak gereed vir ʼn taai wedstryd wanneer hulle Sondag op Murrayfield in Edinburgh teen Skotland uitdraf. Die Bokke is weens diepte en beserings steeds onseker oor verskeie belangrike posisies in die span. Afrigter Rassie Erasmus sal Vrydag sy groep vir die wedstryddag aankondig. Esterhuizen sê hulle effense rustyd-voorsprong van ses-drie in verlede jaar se eerste Wêreldbeker-groepwedstryd in Frankryk, wys hoe mededingend toetse teen Skotland kan wees:

RSG Geldsake met Moneyweb
Wat dink die Franse van nuwe visumreëls?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 28, 2024 7:59


Sebastian de Place, president van die buitelandse handelsadviseurs vir Frankryk in SA en vennoot by Forvis Mazars gesels oor SA se nuwe visumreëls. Volg RSG Geldsake op Twitter

Monitor
Monitor 16 Oktober 2024

Monitor

Play Episode Listen Later Oct 16, 2024 48:32


'n Moontlike styging in die brandstofprys in November. Rand Water vra munisipaliteite om dringend waterverliese te beperk om te verhoed dat krane opdroog. Brittanje, Duitsland, Frankryk en Italië vra Israel om nie VN-vredesmagte in die suide van Libanon aan te val nie.

Nuus
All Blacks kondig groep aan vir jaareind-to

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 7, 2024 0:19


Rugby: Die skrumskakel Cam Roigard is ingesluit in Nieu-Seeland se groep van 36 spelers vir hulle jaareind-toer. Noah Hotham is daarom uitgelaat, terwyl die veterane Sam Cane, TJ Perenara en die nuweling Cortez Ratima hulle plekke behou in hoofafrigter Scott Robertson se groep. Die All Blacks se toer begin op 26 Oktober teen Japan in Yokohama voordat hulle te staan kom teen Engeland, Ierland, Frankryk en Italië. Robertson sê 'n balans tussen ervaring en vars talent is deurslaggewend.

Nuus
Libanon: Beroep vir skietstilstand van 21 dae

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 26, 2024 0:21


Amerika en Frankryk werk saam om dringend ʼn tydelike skietstilstand van 21 dae te bewerkstellig tussen Libanese Hezbollah-militante en Israel in Libanon. Sedert Maandag is meer as 600 mense in Israelse lugaanvalle dood en duisende is ontheem. Frankryk glo ʼn diplomatieke oplossing is moontlik. Intussen sê Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, indien Hezbollah ophou om vuurpyle op Israel af te vuur, sal daar geen wraakaanvalle wees nie:

Nuus
Namibiese skieters vat 2de plek in Colorado

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2024 0:40


e nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, het tweede geëindig by die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap in Colorado in die VSA. By die vorige wêreldkampioenskap twee jaar gelede in Frankryk het Namibië algeheel sewende geëindig. Karola Marais, die sekretaris van die Namibiese Sportskiet-federasie het meer.

Nuus
Nasionale presisie-skietspan blink uit by Wêreldkampioenskap

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 16, 2024 0:41


Die nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, neem aan die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap deel in Colorado in Amerika. Die kompetisie eindig môre. Span Namibië bestaan ​​uit Dirk Sauber, Michael Barlow, Janus van der Merwe, Keiran Mans, Liebies Liebenberg en Francois Marais. Hulle neem almal in die Ope-afdeling deel. By die vorige wêreldkampioenskap twee jaar gelede in Frankryk het Namibië algeheel sewende geëindig, met Dirk Sauber wat individueel die sewende plek behaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zandré Duvenhage, 'n mede-skut, wat sê Namibië vaar baie goed.

Nuus
TVET-graduandi verg mentorskap, finansies vir sukses in besigheid

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 15, 2024 0:33


Namibië se ambassadeur in Frankryk, Albertus !Aochamub, sê daar is 'n behoefte aan deurlopende ondersteuning vir studente wat in tegniese en beroepsvaardigheidsvakke gradueer. !Aochamub het met die nasionale uitsaaier gepraat aan die kant van die 47ste WorldSkills Internasionale Kompetisie in Lyon. Hy beklemtoon daar moet meer gefokus word om toestande te skep wat gegradueerdes in staat stel om sukses in die mark te behaal.

Podlitiek
Ep. 251 - Roman Cabanac in die visier, Telegram-baas agter tronkmuur, Didiza vir Steenhuisen suur

Podlitiek

Play Episode Listen Later Sep 12, 2024 32:36


In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die "skandaal" rondom John Steenhuisen se nuutste aanstelling as stafhoof, Roman Cabanac, die arrestasie in Frankryk van sosiale media platform Telegram se uitvoerende hoof, Pavel Durov, asook die voormalige minister van landbou wat haar opvolger kritiseer vir sy uitsprake oor wangedrag in die departement.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

Nuus
Nuwe sanksies teen Iran oor Rusland

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2024 0:20


Amerika, Brittanje, Frankryk en Duitsland het nuwe sanksies teen Iran ingestel omdat hy ballistiese missiele aan Rusland verskaf het om teen Oekraïne te gebruik. Amerika het ook sanksies ingestel teen Russiese en Iranse amptenare en maatskappye wat betrokke is by die wapenoordrag. Iran het reeds honderde hommeltuie aan Rusland voorsien wat teen Oekraïne gebruik is. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Rusland het ballistiese missiele van Iran ontvang en sal dit waarskynlik binne weke gebruik:

Nuus
Coco Gauff 'plaas geen druk' op haarself

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2024 0:20


Tennis: Die verdedigende vrouekampioen op die Amerikaanse Ope, Coco Gauff, sê sy plaas geen druk op haarself nie. Die Amerikaner het haar veldtog goed begin toe sy Varvara Gracheva van Frankryk 6-2, 6-stroop verpletter het. Die wêreld-nommer-twee, Aryna Sabalenka van Belarus, het die Australiese kwalifiseerder Priscilla Hon 6-3, 6-3 geklop, terwyl 2017 se kampioen, Sloane Stephens van Amerika, teen Clara Burel van Frankryk verloor het. Gauff sê haar spel teen Gracheva was die beste in ʼn lang tyd.

Nuus
Veranderings aan 2027 Rugby-wêreldbeker

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 14, 2024 0:18


Wêreld-Rugby het veranderings aan die formaat vir die 2027 Wêreldbekerkampioenskap vir mans in Australië aangekondig en het die aantal spanne van 20 tot 24 te vermeerder. Twaalf spanne, insluitend Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Ierland en Engeland het regstreeks gekwalifiseer deur in die boonste drie van hulle onderskeidelike groepe by verlede jaar se Wêreldbeker in Frankryk te eindig. Die uitvoerende hoof van Wêreld-Rugby, Alan Gilpin, sê die 12 ander lande sal 'n internasionale kwalifiseringsproses ondergaan:

Nuus
Blitsbokke onder druk in Frankryk

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2024 0:19


Die Springbok-sewes het albei hulle groepwedstryde verloor op die eerste dag van die Rugby-sewestoernooi in Parys. Hulle het met 10-5 teen Ierland verloor en daarna met 17-5 teen Nieu-Seeland die knie gebuig. Die Blitsbokke kan steeds die kwarteindronde haal as twee van die beste geplaaste spanne in die derde plek. Hulle moet egter vandag Japan klop en hoop die ander uitslae tel in hulle guns. Afrigter Philip Snyman sê hulle moet beter speel:

Nuus
Pogacar loop steeds voor in Frankryk

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 19, 2024 0:18


Die Belgiese jaer Victor Campenaerts het van twee ander voorlopers weggebreek om die 18de skof van die Tour de France in te palm. Dit is die 32-jarige lid van die Lotto-Dstny-span se eerste skofoorwinning in die tydren. Tadej Pogacar het sy algehele voorsprong van drie-minute-elf-sekondes behou. Die 25-jarige Sloweniër, wat oor drie dae die wenner van die moordende tydren kan wees, sê hy is steeds vol vertroue:

Nuus
Euro-kroon enigste nog nie op Mbappé se rak nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2024 0:19


Sokker: Die Europese kampioenskap in Duitsland het die voorlaaste ronde bereik. Nederland speel môreaand teen Engeland, en vanaand word 'n reusestryd verwag tussen Frankryk en Spanje in München. Spanje het sy laaste ses wedstryde gewen en Frankryk het twee gewen en vier gelykop gespeel. Frankryk se kaptein, Kylian Mbappé, het nog net een doel aangeteken in Euro 2024, maar hoop om sy span na die eindstryd te laat deurdring.

Nuus
Top vier mans vandag in Frankryk in aksie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 7, 2024 0:19


Die manshalfeindronde word vandag op die Franse Ope beslis. Die vierde gekeurde Duitser, Alexander Zverev, kom teen die sewende gekeurde Noorweër, Casper Ruud, te staan met albei wat hulle eerste Grand Slam-titels wil verower. Voor dié kragmeting is daar groot afwagting vir 'n moontlike titaniese stryd tussen die tweede gekeurde Jannik Sinner van Italië en die derde gekeurde Carlos Alcaraz van Spanje. Alcaraz sê hy sien uit na die uitdaging: