Podcasts about frankryk

  • 28PODCASTS
  • 216EPISODES
  • 16mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • Jun 17, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about frankryk

Latest podcast episodes about frankryk

Nuus
Trump kritiseer Bibi by G7

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 17, 2026 0:39


Amerikaanse president Donald Trump het sy kritiek op Israeliese president Benjamin Netanyahu se optrede in Libanon hernu by die G7-beraad in Frankryk. Hy het tydens sy ontmoeting met die Emir van Katar aan joernaliste gesê "jy hoef nie 'n woonstelblok af te breek elke keer as jy iemand soek nie," en het vroeër gesê Netanyahu het geen oordeel nie en Sirië sal Hisbolla beter kan hanteer. Netanyahu is ook nie geken in die laaste vredesamesprekings met Iran nie. Netanyahu weier om Israeliese magte uit Libanon te onttrek, wat die voorlopige ooreenkoms in gevaar stel. Sky News se Adam Parsons lewer kommentaar uit Jerusalem.

Nuus
Aanvalle op Iran kan hervat, waarsku Trump

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 17, 2026 0:21


Amerikaanse president Donald Trump waarsku dat die Iran-ooreenkoms, wat Vrydag formeel in Switserland onderteken gaan word, nie finaal is nie. Hy het aan joernaliste by die G7-beraad in Frankryk gesê Amerika kan aanvalle hervat as die Iranese hulself nie gedra nie. Luister self.

Nuus
Iran sal nie kernwapen kry, of hel sal op hulle reën: Trump

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 16, 2026 0:40


Amerikaanse president Donald Trump het by die G7-spitsberaad in Frankryk gepraat en dring daarop aan dat die Straat van Hormuz "tolvry" sal oopmaak ingevolge die VSA se ooreenkoms met Iran om die oorlog te beëindig. Hy het ook gesê Iran sal "nooit 'n kernwapen hê nie" en het Israel oor sy aanvalle op Libanon gekritiseer. Trump sê al wat eintlik vir hom saakmaak is dat Iran nie 'n kernwapen sal maak of koop nie, anders sal die hel op hulle reën.

Spektrum
Spektrum: Nuwe hospitaal om 1 Mil te vervang?

Spektrum

Play Episode Listen Later Jun 15, 2026 52:10


15 Junie 2026: Vusimuzi "Cat" Matlala en sy medebeskuldigdes weer in die hof. Versoeke dat daar eerder 'n nuwe hospitaal in die plek van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebou word. Die G7-beraad begin in Frankryk.

Nuus
Vier lande stel sanksies in oor Wesoewer besetting, geweld

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 10, 2026 0:23


Brittanje, Australië, Kanada, Frankryk en Noorweë het sanksies en ander maatreëls ingestel teen netwerke wat betrokke is by die finansiering en ondersteuning van geweld teen Palestynse burgerlikes in die Wesoewer. Die gekoördineerde sanksies teiken ses firmas en een individu. Volgens die Verenigde Nasies is daar net in 2025, 1 835 aanvalle teen Palestyne aangemeld. Die Britse minister van Buitelandse Sake, Yvette Cooper, sê sogenaamde setlaars tree reeds te lank straffeloos op met ondersteuning van die Israelse regering:

Nuus
SA hokkiespan wil weer FIH-Nasiesbeker vir mans wen

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 10, 2026 0:12


Hokkie: Suid-Afrika wil sy tuisveldvoordeel ten volle inspan in môre se FIH-Nasiesbeker-openingswedstryd teen Frankryk in Kaapstad. Suid-Afrika het vier jaar gelede die heel eerste toernooi gewen, maar Nieu-Seeland het daarna oorheers en opeenvolgende toernooie gewen. Nege spanne sal sake uitspook vir ʼn plek in die FIH-Pro-liga. Suid-Afrika se kaptein, Dayaan Cassiem, sê hulle benadering is om die toernooi wedstryd vir wedstryd aan te pak:

Nuus
Africa Forward-beraad bied energie-geleenthede vir besighede

Nuus

Play Episode Listen Later May 15, 2026 0:31


Namibië het deelgeneem aan die 2026 Afrika-Frankryk-beraad in Kenia. Die land het geleenthede buite tradisionele mynbou ten toon gestel, met die fokus op groenwaterstof, energie-oorgang, landbou, vervaardiging en digitale tegnologie. Sven Thieme, voorsitter van die Ohlthaver & List-groep, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die privaatsektor nou moet oorweeg om handel met Frankryk te verdiep, veral in energie.

Nuus
Macron raak warm onder die kraag in Nairobi

Nuus

Play Episode Listen Later May 12, 2026 0:37


Franse president Emmanuel Macron wat in Kenia is vir die Africa Forward-beraad, het 'n spreker op die verhoog in Nairobi onderbreek om die rumoerige gehoor te vra om stil te bly. Die beraad het meer as 30 Afrika-leiers, sakebestuurders en jong entrepreneurs bymekaar gebring terwyl Frankryk poog om ekonomiese en politieke bande reg oor die vasteland te versterk. "Daar is 'n totale gebrek aan respek," het Macron aan die gehoor gesê.

Nuus
Premlall breek rekords met DP World-titel

Nuus

Play Episode Listen Later May 11, 2026 0:13


Yurav Premlall van Suid-Afrika het sy eerste DP World-toertitel verower nadat hy die Katalonië-kampioenskap in Barcelona met 14 houe gewen het . Hy is 598ste gekeur in die wêreld en het op 28 onder baansyfer geëindig en die grootste wenmarge vir 'n eerste DDP World-toertitel behaal. Sy landgenoot Shaun Norris was tweede. Nog 'n Suid-Afrikaner, JC Ritchie, het die derde plek gedeel met Spanje se Alejandro Del Rey en Frankryk se Oihan Guillamoundeguy. Premlall sê hy het hard gewerk vir die oorwinning:

Nuus
DA sê Franse lening aan Transnet is goeie ding

Nuus

Play Episode Listen Later May 11, 2026 0:16


Die DA verwelkom die aankondiging van 'n nuwe leningsooreenkoms ter waarde van 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand tussen die Franse Ontwikkelingsagentskap en Transnet om die koolstofuitstralings van die spoor- en hawewerksaamhede te verminder. Andrew de Blocq van die party sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste buitelandse belegger. Hy sê hierdie fondse sal gebruik word om oor te skakel na 'n lae-koolstof-bedryfsmodel en om operasionele doeltreffendheid vir die vragbedryf te verseker, wat op sy beurt die koolstofvoetspoor kleiner sal maak:

God se Woord VARS vir jou Vandag
God is Aan Jou Kant

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 3, 2026 2:58 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. Die wêreld is deesdae skerp verdeeld tussen outoritêre regimes aan die een kant, en sogenaamde liberale demokrasieë aan die ander kant. Tog is daar 'n groterwordende grys area in die middel, waar sensuur die basiese mensereg van vryheid van spraak ondermyn.'n Onlangse Britse regeringsverslag genaamd: Geloof en Oortuiging in Moderne Brittanje, verklaar dat: Dit heeltemal aanvaarbaar is om die Christendom in die openbaar te bespot of te verag. 'n Geopende Deure-verslag oor Wes-Europa, het bevind dat 30% tot 40% van jong Christene erken dat hulle hul geloof geheimhou, uit vrees vir bespotting of professionele gevolge.Daar is tydens verlede jaar meer as 'n duisend anti-Christelike dade soos brandstigting van kerkgeboue, ontheiligings en aanrandings, in Frankryk aangemeld. Die Kanadese aktivis Chris Elston, bekend as Billboard Chris, is in Australië in hegtenis geneem omdat hy doodstil in 'n openbare winkelsentrum gestaan het met 'n plakkaat wat lui: Kinders kan nie self toestemming gee vir puberteitsblokkeerders om hormoon produksie te stop nie.Vervolging is aan die toeneem. Jy kan dit sommer voel. Jy kan dit sien. So, wat moet ons doen? Paulus skryf in die 1ste eeu n.C. in:2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.Vervolging ís aan die toeneem. Ek weet nie waar jy woon, en onder watter regeringstelsel jy leef nie, maar moenie verbaas wees om te sien, dat hierdie vloedgolf van vervolging ook al in jou omgewing afspeel nie. Nie almal glo in die Here nie, weet jy?Moenie ontsteld wees nie, moenie bang wees nie, want: Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Taaltoffie
Biltong, baguettes en ʼn Afrikaanse hart

Taaltoffie

Play Episode Listen Later Apr 25, 2026 21:30


“Ek mis my taal die meeste wanneer ons lang tye in Frankryk deurbring. Ons het aan die begin selde, indien ooit, Afrikaans gehoor.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

PAGECAST: Season 1
Biltong en Dior deur Louis Jansen van Vuuren (met Hanlie Retief)

PAGECAST: Season 1

Play Episode Listen Later Apr 20, 2026 30:10


In hierdie episode van Pagecast is Hanlie Retief in gesprek met Louis Jansen van Vuuren oor sy nuutste boek, Biltong en Dior: Avonture van 'n Afrikaanse Fransman. Meer oor die boek: As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag 'n château in die Franse platteland sou besit nie. Louis se kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis en raad vir hoe om te oorleef in 'n samelewing met 'n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes. Uiteindelik gee dié Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde hom ook 'n nuwe waardering vir dit wat hom uniek Suid-Afrikaans maak. #Pagecast #LouisJansenvanVuuren #BiltongenDior

Nuus
Blitsbokke begin van voor af in Hongkong

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 14, 2026 0:11


Die Springbok-sewesspeler, David Brits, sê selfs al het hulle vanjaar se Wêreld-Sewesreeks gewen, begin hulle die naweek in Hongkong van voor af in die eerste van drie Wêreldkampioenskap-toernooie. Die ander twee toernooie vind in Valladolid, Spanje, en Bordeaux, Frankryk, plaas voordat ʼn groot kampioen gekroon word. In Hongkong kom die Blitsbokke in Groep A teen Argentinië, Spanje en Uruguay te staan. Brits sê hulle is reg vir die uitdaging en om nuwe herinneringe te skep:

RSG Geldsake met Moneyweb
Die privaatsektor beloof om R415 miljard in die SA ekonomie te belê

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 1, 2026 9:07


Sebastien de Place, president van buitelandse handelsadviseurs vir Frankryk in SA en vennoot by Forvis Mazars, deel sy insigte oor verwagtinge vir Suid-Afrika se beleggingskonferensie. Volg RSG Geldsake op Twitter

Spektrum
Spektrum 27 Maart 2026

Spektrum

Play Episode Listen Later Mar 27, 2026 49:03


Frankryk ontken dat hy onder druk van Amerika was om Suid-Afrika se uitnodiging na die G7-beraad in Junie terug te trek. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het harde woorde oor die polisiediens. Die Suid-Afrikaanse Bloeddiens vra mense om voor die Paasnaweek bloed te skenk.

Magalies Potgooi
[185] Moet kinders van sosiale media verban word?

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Mar 3, 2026 49:29


Australië verban nou kinders van sosiale media, en ander lande soos die VK en Frankryk oorweeg om dieselfde te doen.Tobie vertel ons meer daarvan, en ons tob oor of dit 'n goeie idee is.Hoofstukke00:00; Agtergrond en studies07:53; Geslagsverskille12:31; SM voordele, politieke sensuur22:06; Vergelyking met drankwette, highlight reels31:34; Aus is eerste, wie met dit afdwing? Weer politieke sensuur; 39:00; Platforms sit in ander lande42:42; ID vir pornografie; Opsomming

Nuus
SA se Jarvis vat SA Ope, bespreek plek in Meesters, Britse Ope

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 2, 2026 0:14


Die plaaslike gunsteling, Casey Jarvis, het die Suid-Afrikaanse Ope in Stellenbosch met drie houe gewen en agtereenvolgende Europese Toer-seges behaal nadat hy verlede Sondag ook die Keniaanse Ope gebuit het. Die 22-jarige Jarvis het drie onder 67 in die laaste ronde aangeteken. Die Spanjaard Francesco Laporta, Frederic Lacroix van Frankryk en die Suid-Afrikaner, Hennie du Plessis, deel die tweede plek. Jarvis, wat nou sy plek in die Meesters en die Britse Ope bespreek het, sê dit sal spesiaal wees om in Augusta te speel:

Nuus
Franse op pad na Grand Slam in Sesnasies

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 23, 2026 0:16


Frankryk het in die Stade Pierre-Mauroy in Lille ʼn 33-8-bonuspuntoorwinning oor Italië behaal en is ʼn stap nader aan ʼn Sesnasies Grand Slam en agtereenvolgende titels. Les Bleus het vyf drieë gedruk teenoor die een van Italië. Frankryk reis na Edinburgh om Saterdag, 7 Maart, teen Skotland kragte te meet. ʼn Bonuspunt-oorwinning op Murrayfield sal die titel vir Fabien Galthie se span beklink. Frankryk se verdedigingsafrigter, Shaun Edwards, sê dit was ʼn taai wedstryd:

edinburgh scotland grand slam lille itali franse maart les bleus murrayfield skotland shaun edwards saterdag frankryk stade pierre mauroy fabien galthie
God se Woord VARS vir jou Vandag
Haat Alles wat Verkeerd Is

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 20, 2026 2:53 Transcription Available


Send us a textRomeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Is dit nie uiters ontstellend wanneer diegene met mag korrup is nie? Dis so verkeerd! Die onskuldiges kry swaar omdat die mense wat veronderstel is om hulle te beskerm en vir hulle te sorg, korrup is. Die klein mensies – die armes en die behoeftiges is die mense wat die meeste ly onder die magsbehepte leiers. Dis wat reg onder ons neuse besig is om te gebeur. En nou is die versoeking daar om die leiers te haat, eerder as om die sonde wat hulle doen, te haat.Jacques Lusseyran was 'n blinde tiener toe die Nazi's Frankryk beset het. Hy het by die weerstandsbeweging aangesluit en gehelp om 'n geheime netwerk te lei wat ondergrondse koerante versprei het. Hy is egter verraai en na die Buchenwald-konsentrasiekamp gestuur. Daar het hy geweier om toe te laat dat die haat wat hom omring, sy siel vergiftig.Hy het, ten spyte van sy gebrek, sy medegevangenes aangemoedig om positief te bly en geweier om die wagte te haat. "Haat," het hy later geskryf, "verblind ons meer as enige blindheid." Hy kon sien wat baie siende mense nie kon sien nie: dat die kwaad weerstaan moet word en dat mense steeds liefgehê moet word.Kom ons kyk weer na:Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.Hoe fassinerend. Hier lees ons in die Bybel, van liefde en dit wat sleg is, alles in een asem. As dit nie vir die eerste deel was nie – Die liefde moet opreg wees – sou dit maklik gewees het om die tweede deel – dit wat sleg is – te interpreteer as 'n lisensie om mense te haat.Maar dis glad nie korrek nie. Ja, ons weet, die kwaad moet weerstaan word. Maar die mense moet steeds liefgehê word.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Blitsbokke kom vyfde in Dubai

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 0:14


Die Springbok-sewespan het vyfde gekom by die Dubai-sewes. Suid-Afrika het Groot-Brittanje met 34-0 afgeransel en Spanje met 21-12. Intussen het Nieu-Seeland Australië met 26-22 geklop om die toernooi te wen terwyl Fidji derde is nadat hy Frankryk met 24-7 verslaan het. Die Blitsbokke se afrigter, Philip Snyman, sê hulle het nie volgens hul eie verwagting presteer nie, maar beklemtoon hulle sal die naweek in die Kaapstad Sewes daarvoor opmaak:

Nuus
Oekraïne moet sê oor Oekraïne

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 0:23


President Volodymyr Zelensky van Oekraïne maan internasionale bondgenote om hul veiligheidsondersteuning te handhaaf nadat Europese leiers ʼn alternatiewe voorstel vir die Amerikaanse vredesplan van 28 punte voorgelê het. Hy het gister ʼn vergadering van die Leiers van die Koalisie van Gewilliges toegespreek wat die leiers van die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland virtueel bygewoon het. Die kwessie van veiligheidswaarborge is slegs een van die sake waaroor Moskou en Kiëf verskil. Zelensky sê veiligheidsbesluite oor Oekraïne moet Oekraïne insluit:

Nuus
VN stem vir tydelike internasionale mag in Gaza

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 0:22


Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het ʼn resolusie deur Amerika aanvaar, wat ʼn vredesplan vir Gaza en ʼn tydelike internasionale mag in die gebied goedkeur. Dertien lande, insluitend Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Somalië, het die resolusie gesteun terwyl Rusland en China buite stemming gebly het. Die resolusie se doel is om internasionale legitimiteit te verleen aan president Donald Trump van Amerika se 20-punt Gaza-plan. Amerika se ambassadeur by die VN, Mike Waltz, sê die resolusie is ʼn belangrike stap na bestendigheid in Gaza:

Nuus
Bok-hulpafrigter sê Italianers is gevaarlik

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 0:21


Die Springbok-hulpafrigter Tony Brown sê hulle neem Italië nie ligtelik op nie, omdat hulle 'n gevaarlike span is. Albei spanne is vol selfvertroue vir Saterdag se botsing in Turyn, met Suid-Afrika wat Frankryk met 32-17 geklop het, terwyl Italië 'n oorwinning van 26-19 oor Australië behaal het. Brown sê die Italianers is 'n groot bedreiging by die afbreekpunte, en ook baie gevaarlik wanneer hulle ruimte en geleenthede kry:

Nuus
Rassie verwag 'n taai stryd teen Frankryk

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 0:12


Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê keurders het die beste span gekies vir môre se kragmeting teen Frankryk in Parys. Daar is ses veranderinge aangebring aan die span wat Japan verlede naweek op Wembley verslaan het. Boan Venter vervang die beseerde Ox Nche op loskopstut, terwyl Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit en Damian Willemse almal na die opdrafspan terugkeer. RG Snyman is op die bank. Erasmus sê hulle maak gereed vir ʼn taai wedstryd:

Nuus
Aantygings van Franse inmenging in Afrika-verkiesings

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 0:17


Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat op 92-jarige ouderdom herkies is, en die Ivoorkus se 83-jarige Alassane Ouattara verteenwoordig verouderde magstrukture wat deur Frankryk gesteun word. Baloyi doen 'n beroep op die AU om te verseker dat toekomstige verkiesings vry en regverdig is:

Nuus
Strawwe jaareindtoer net wat Bokke nodig het: Flannery

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:19


Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Jerry Flannery, sê hulle jaareindtoer gaan ʼn groot en uitdagende toets vir die span wees. Suid-Afrika draf in November uit teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die Bokke skop hul vyf-toets toer Saterdag af met ʼn kragmeting teen Japan op die Wembley-stadion in Londen. Flannery gee toe dat vyf toetse binne vyf weke die wêreldkampioen fisies en geestelik gaan uitdaag, maar glo dis presies die soort toets wat die groep nodig het:

Monitor
Monitor 13 Oktober 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Oct 13, 2025 49:53


Die ontslape Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, word as 'n sleutelfiguur in die betrekkinge tussen president Cyril Ramaphosa en Emmanuel Macron beskryf. Mthethwa is gister by sy familietuiste in KwaMbonambi aan die noordkus van Kwazulu-Natal begrawe. Die ANC oorweeg dit straks om voor die verkiesing hulle burgemeesterskandidate bekend te maak. Dosyne vragmotors met kos en ander voorrade vir Palestyne beweeg in Gasa in, terwyl die wereld wag op die vrylating van gyselaars.

Nuus
Ramaphosa toon medelye met Mthethwa se familie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:18


President Cyril Ramaphosa betreur die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, wat in Parys op die ouderdom van 58 oorlede is. Ramaphosa het sy meegevoel betuig met sy vrou, Philisiwe Buthelezi, sy familie en kollegas. Hy het Mthethwa geloof vir sy diens in die kabinet as minister van Sport, Kuns en Kultuur, en Polisie. Die woordvoerder vir die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die volk betreur 'n toegewyde dienaar wie se lewe tragies en te gou geeïndig het:

Nuus
Alcaraz onttrek aan Sjanghai Meesters

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:20


Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, het aan die Sjanghai Meesters onttrek nadat hy sy linker-enkel beseer het. Die 22-jarige Spanjaard het sy enkel in sy eerste wedstryd by die Japannese Ope beseer, maar deurgedruk, die toernooi voltooi en met sy agste ATP Toer-titel van die seisoen weggestap. Corentin Moutet van Frankryk neem Alcaraz se plek in Sjanghai in. Alcaraz sê hy kies om te rus en te herstel voor die seisoen se finale fase:

alcaraz carlos alcaraz meesters frankryk
Monitor
Monitor 1 Oktober 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 49:39


Die jongste oor die dood van SA se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa. 'n Amerikaanse regeringsluiting tree in werking - 'n ekonoom verduidelik wat dit behels. Ons praat met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oor sy sakebesoek aan die VSA.

monitor ons amerikaanse vsa frankryk alan winde wes kaapse
Nuus
Oud-SA polisiehoof pleeg vermoedelik selfmoord in Parys

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 0:16


Die internasionale betrekkinge-ministerie het die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, bevestig. Die 58-jarige diplomaat, wat voorheen as polisieminister en sportminister gedien het, is in Parys dood en Franse owerhede stel tans ondersoek in na die omstandighede. Franse media berig hy het vermoedelik van die 22ste verdieping van die Hyatt Hotel gespring, na sy vrou hom as vermis aangegee het. Mthethwa is onlangs in die Madlanga-kommissie geïmpliseer oor vermeende politieke inmenging. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die verlies van Mthethwa word nie net tuis gevoel nie, maar ook in die wêreldwye diplomatieke gemeenskap:

franse hyatt hotels parys suid afrika mthethwa frankryk chrispin phiri
Nuus
Israel reageer op Frankryk, en ander, se erkenning van Palestina

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 0:22


Frankryk en Saoedi-Arabië het Maandag talle wêreldleiers in New York byeengebring om steun vir 'n tweestaatoplossing in Israel te werf, met verskeie van hulle wat na verwagting 'n Palestynse staat formeel sal erken. Israel en Amerika boikot die beraad. Die Amerikaanse administrasie het gewaarsku teen moontlike gevolge vir diegene wat stappe teen Israel neem, insluitend Frankryk, wie se president Emmanuel Macron die beraad aanbied. Israel se verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Danny Danon, het met verslaggewers oor die beraad gepraat.

Nuus
Israel reageer op Frankryk, en ander, se erkenning van Palestina

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 0:18


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Tien nuwe ambassadeurs vir Namibië aangewys

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:37


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Donderdag tien ambassadeurs vir 'n vierjaartermyn aangestel en globale onstabiliteit as 'n sleuteluitdaging genoem. Tonata Emvula gaan na China, Monica Nashandi na Rusland, en Wilbard Shihepo na die VSA. Ander poste sluit in Sophia Nangula na Swede, Benjamin Kandanga na Finland, Jerobeam Shaanika na Duitsland, Sabine Moller na Frankryk, Lebbius Tobias na Kuba, en Elvis Shiweda na Switserland. Sipapela Cletius Sipapela bly in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Nuus
Vakbond woedend oor R20 miljoen vir verdediging-reise

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:19


Die Vereniging van Staatsamptenare het die jongste verslag van die Departement van Verdediging en Militêre Veterane oor 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand se reiskoste, gekritiseer. In 'n geskrewe antwoord op 'n vraag in die parlement, het minister Angie Motshekga 'n ontleding gegee van hoe sy, haar twee adjunkte en ondersteuningspersoneel belastingbetalers se geld bestee het om 22 internasionale reise na Rusland, Angola, China, Saoedi-Arabië, Frankryk en ander lande te onderneem. Claude Naicker van die vakbond sê Motshekga is duidelik nie bekwaam om die eise en kompleksiteit van die departement te hanteer nie:

Nuus
Swys sê Bok-vroue kan leer uit nederlaag teen Frankryk

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:21


Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het 'n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De Bruin sê Frankryk is vierde op die wêreldranglys en dit was duidelik omdat hulle baie klinies was en elke geleentheid in punte omskep het:

Monitor
Monitor 2 September 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Sep 2, 2025 46:22


Byna 6 000 afleggings in twee dae bekendgemaak. Kommer oor hoe professioneel bankbedrog deesdae gepleeg word. Die Vroue-Bokafrigter, Swys de Briun, praat oor hulle Wêreldbekersukses en spankeuses teen Frankryk.

Nuus
E3 soek sanksies teen Iran

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 0:32


Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk het Donderdag 'n meganisme aan die gang gesit om sanksies teen Iran te hervat, na 'n reeks vergaderings nie daarin geslaag het om 'n ooreenkoms oor die Iranse kernprogram te bereik nie. Die drie Europese lande, bekend as die E3, waarsku Teheran al vir weke dat die Verenigde Nasies se sanksies teen Oktober heringestel kan word, wanneer die 2015 kernooreenkoms tussen Teheran en groot magte verval. Al Jazeera se VN-korrespondent Gabriel Elizondo verduidelik.

Nuus
China kry Chenin Blanc-bederfie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 25, 2025 0:21


Die 2025 Chenin Blanc-uitdaging se toptien-wenners is aangekondig en word later vanjaar op ProWine Shanghai in China vertoon. Stellenbosch oorheers weer en spog met vier van die tien inskrywings. Boonop is drie van die vier van Stellenrust Wines, wat die gereeldste wenners in die kompetisie is. Standard Bank, wat die kompetisie borg, se hoof van landbou-sake, Brendan Jacobs, sê 80-persent van alle chenin-wingerde in die wêreld is in Suid-Afrika en Frankryk:

Nuus
Erkenning van Palestynse staat bemoedig Hamas - VSA-gesant

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 6, 2025 0:20


Amerika se gesant by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, sê terwyl druk op Hamas nodiger as ooit is, het sommige begin om Hamas aan te moedig en onderhandelaars se pogings te ondermyn. Dit volg nadat lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Kanada planne aangekondig het om Palestina amptelik as staat te erken in die hoop om vrede in die Midde-Ooste te bewerkstellig. Shea sê Palestyne in Gaza moet toegelaat word om ʼn nuwe hoofstuk sonder Hamas te begin:

Nuus
Brittanje sal Palestynse staat erken, mits...

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 30, 2025 0:21


Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal Palestina in September as ʼn staat erken tensy Israel stappe doen om die situasie in Gaza te beëindig en ʼn skietstilstand bereik. Ongeveer 140 lande erken amptelik ʼn Palestynse staat en verlede week het Frankryk beloof om in September tydens ʼn vergadering van die Verenigde Nasies die eerste G7-land te wees wat dit doen. Starmer sê die VK se doel bly ʼn veilige Israel langs ʼn lewensvatbare en soewereine Palestynse staat:

Nuus
Frankryk sal Palestina as staat erken - Macron

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2025 0:36


Franse president Emmanuel Macron het aangekondig dat Frankryk Palestina as 'n staat sal erken. Macron sê in 'n plasing op X dat hy die plegtige besluit by die VN se Algemene Vergadering in September sal formaliseer en voeg by dat daar geen alternatief is nie. “Die dringende behoefte vandag is om die oorlog in Gaza te beëindig en die burgerlike bevolking te red,” lees die plasing. Dit kom te midde van berigte dat meesal kinders in die strook van wanvoeding sterf, wat Israel ontken. SkyNews het met chirurg Maynard Nick gepraat, wat sê selfs sy kollegas by die Nasser Hospitaal in Gaza ly honger.

Nuus
Starmer en Macron beklink 'een in, een uit' migrante-ooreenkoms

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 11, 2025 0:34


Britse eerste minister Sir Keir Starmer het op 'n gesamentlike nuuskonferensie met Franse president Emmanuel Macron gesê dat onwettige immigrante wat in klein bootjies vanaf Frankryk aanland, binne weke onder 'n nuwe loodsskema na Frankryk teruggestuur sal word. Onder die 'Een in, een uit'-ooreenkoms sal sommige aankomelinge aangehou word en na Frankryk terugbesorg word. In ruil daarvoor sal Brittanje 'n ekwivalente aantal asielsoekers uit Frankryk aanvaar, onderhewig aan sekuriteitskontroles en mits hulle nie probeer het om die land onwettig te betree nie. Hulle sal ook 'n konneksie met Brittanje moet hê, soos familie. Macron het Frankryk se kant gestel.

Nuus
All Blacks vervang twee vir Hane-toets

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 11, 2025 0:18


Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, moes twee veranderinge maak aan sy opdrafspan vir Saterdag se tweede toets teen Frankryk in Wellington. Patrick Tuipulotu vervang kaptein Scott Barrett, wat op die kantlyn is weens ʼn geskeurde kuitspier, terwyl Caleb Clarke instaan vir Sevu Reece wat in die eerste toets harsingskudding opgedoen het. Die All Blacks het dié toets 31-27 gewen. Onderkaptein Ardie Savea sal die span lei. Robertson sê hy het baie respek vir die Franse afrigter, Fabien Galthié:

Nuus
All Black-groep het 5 nuwelinge vir Hane-toetsreeks

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 23, 2025 0:21


Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het vyf nuwelinge ingesluit by sy groep van 33 vir volgende maand se drie tuistoetse teen Frankryk, met Scott Barrett wat terug is as kaptein. Die nuwelinge is Brodie McAlister, Ollie Norris, Fabian Holland, Du'Plessis Kirifi en Timoci Tavatavanawai. Samisoni Taukei'aho en Quinn Tupaea, wat onderskeidelik in 2023 en 2022 laas vir Nieu-Seeland uitgedraf het, is ook terug in die groep. Robertson sê hulle moes kontinuïteit en geleentheid balanseer:

Nuus
Namibië moet nog oor vyf hekkies om van gryslys af te kom

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 14, 2025 0:43


Ná die Finansiële Aksie-taakmag Namibië op sy gryslys geplaas het in Februarie verlede jaar, het die land reeds agt van die strategiese tekortkominge op die mag se aksieplan reggestel. Die taakmag het die land hiervoor geprys by sy plenêre vergadering in Straatsburg, Frankryk. Die oorblywende vyf moet teen Mei 2026 afgehandel wees sodat die land van die gryslys verwyder kan word. Zenobia Barry, die adjunkdirekteur van regsake, beleid en afdwinging by die Finansiële Intelligensie-sentrum, verduidelik wat nog reggestel moet word.

moet namibi straatsburg finansi frankryk
Nuus
Namibië praat oor oorgrens waterbronne in Nice

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2025 0:38


Die landbouministerie se uitvoerende direkteur Ndiyakupi Nghituwamata, is in Nice, Frankryk by die VN se Oseaneberaad. Sy het, onder andere, 'n oorsig gegee van Namibië se vordering in sy raamwerk vir oorgrens watersamewerking en het melding gemaak van die Okavango- en Orange-Senqu-rivierkomme.

sy vn praat okavango namibi frankryk
Nuus
VN-hoof sê gierigheid mag nie toegelaat word om aarde se lot te bepaal nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 11, 2025 0:19


Die VN-sekretaris-generaal, António Guterres, moedig wêreldleiers aan om invloedryke instansies wat die seelewe vernietig met onwettige visvangs en platstiekbesoedeling te konfronteer. Die derde Verenigde Nasies Oseaankonferensie, 'n hoëvlak spitsberaad onder voorsitterskap van Frankryk en Costa Rica, word tans in Nice, Frankryk gehou. Meer as 60-persent van see-ekosisteme is verswak of word onvolhoubaar gebruik. Guterres sê die oseaan is onder beleg en gierigheid is die oorsaak:

Nuus
Engeland se Cara Gainer lei sterk groep by Joburg Vroue Ope

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 3, 2025 0:19


Gholf: Die topgekeurde speler in die Vroue Europese Toer, Cara Gainer, sê sy sien uit om deel te neem aan die Johannesburgse Vroue Ope wat vandag by die Modderfontein-gholfklub afslaan. Die beroepspeler van Engeland neem die eerste keer sedert 2023 deel. Vanjaar se geleentheid sluit in die verdedigende kampioen, Chiara Tamburlini van Switserland, die Suid-Afrikaner Casandra Alexander, en Lucie Malchirand van Frankryk. Gainer sê sy sien uit om haar jaar se goeie begin voort te sit.