POPULARITY
Categories
Dit is vandag presies ‘n week sedert ‘n brand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park uitgebreek en 81 000 hektaar binne 24 uur verwoes het. Dit het sedertdien oral in die Etosha versprei en bykans ‘n miljoen hektaar, meer as ‘n derde van die park, het reeds afgebrand. Die omgewingsministerie het aanvanklik net parkbeamptes en ‘n weermaglede gebruik om die brand in bedwang te probeer bring. Eers teen Vrydag kon boere en ander vrywilligers toegang verkry om te gaan help. Sean Naude van Namibia Marshall Rangers sê die trae reaksie van die regering is betreurenswaardig:
Send us a textJohannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV) Gebeur wonderwerke nog steeds? Sê my, wanneer laas het jy iets so buitengewoons, so buitengewoons ervaar, dat jy dit as niks anders as ‘n wonderwerk kan beskou nie? Of het sommige mense net 'n ooraktiewe verbeelding om iets wat sommer net toevallig was, as ‘n "wonderwerk" te bestempel?Ek het self nog nooit gesien hoe iemand 'n nuwe ledemaat kry waar een geamputeer is nie. Ek het ook nog nooit gesien hoe 'n glasoog in iemand se oogkas met 'n regte een vervang is nie. En ek het beslis nog nie gesien hoe iemand wat fisies dood was, weer lewendig geword het nie.Lasarus was 'n goeie vriend van Jesus. Hy het gesterf. Hulle het laat weet dat hy siek is, maar Jesus het doelbewus getalm. Teen die tyd dat Hy daar aangekom het, was Lasarus al vier dae in 'n graf. Sy liggaam was teen hierdie tyd nie meer so vars nie! Toe Jesus vir hulle sê om die klip weg te rol, het Marta, Lasarus se suster, geprotesteer: "Dit sal sleg ruik!"Johannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV)Nie alle wonderwerke vind voor jou oë plaas nie. Sommige dinge gebeur in 'n ‘stadige oond'. Eers wanneer jy terugkyk oor die jare, skud jy jou kop en wonder: “Hoe het God dit gedoen?”Sommige dinge gebeur deur wonderbaarlike tydsberekening of voorsiening en jy staan verstom wanneer jy besef dat God aan die werk is, wanneer jy dit die minste verwag.Wat ook al op die oomblik met jou aan die gang is … hou jou oë oop. Want as jy werklik glo, sal jy die heerlikheid van God sien!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ohio State is a 30.5 point favorite against a Bobcats team that just knocked off the EERS in Morgantown. Can they keeo it close or will the Buckeyes come out looking as sharp as they did against Grambling? We have 8 questions for the game. We go over the slate of games and picks and rootig interest for all the biggest.
Send us a textEfesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Dit spreek vanself dat ons vriendelik teenoor mekaar moet wees. Dis absoluut voor die hand liggend, nè? Maar hoe kry jy dit reg? Hoe bly jy koelkop sonder om te sê wat jy dink wanneer iemand jou irriteer? En hoe kry jy dit reg om nie deur 'n terloopse, onnadenkende gesigsuitdrukking jou afkeur teenoor iemand te toon nie? Sê my?Dis nie maklik nie, nè? Miskien is jy 'n meer verdraagsame mens as ek, maar ek is seker party mense irriteer jou ook soms, en dan is die versoeking groot om hulle, in die hitte van die stryd, kaalkop die waarheid te vertel. En kom ons wees eerlik, dit eindig nooit goed nie.Ja, my vriend, kyk wat sê Paulus in:Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.Goed, soos ek gesê het, dit is voor die hand liggend, maar hoe leef jy dit uit?Weet jy, daardie persoon wat jou mal maak; die een wat jou irriteer; die een wat jou te na kom, hulle het ook maar hul eie demone om te hanteer. Hulle het hul eie ongeneesde wonde uit die verlede, hulle eie stres en konflik in die lewe – net soos jy!Dis 'n snaakse ding, maar wanneer ons werklik probeer om hulle te verstaan; om te kyk waar hulle vandaan kom en hoekom hulle so optree, word dit baie makliker om niks slegs te sê nie. So kan jy die korrekte, opbouende woorde gebruik om hulle te bevoordeel en om hulle te help groei. Met ander woorde, probeer eers om hulle te verstaan en dan om verstaan te word.Dan sal dít wat jy sê, 'n seën wees vir diegene wat jou hoor.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Bestuurskenner Marius Kudumo sê dat die verantwoording van verkose streeksraadslede aan aangestelde goewerneurs ondermyn desentralisasie. Sy kommentaar volg op 'n voorstel om die Wet op Streeksrade te wysig om magsdeling toe te laat. Kudumo voer aan dat die eintlike probleem die verkiesing van ongekwalifiseerde leiers is, nie die stelsel nie, en dring daarop aan dat daar gefokus word op die verkiesing van bekwame verteenwoordigers.
Namibië kan moontlik in die toekoms by die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, bekend as Opul, aansluit. Opul se sekretaris-generaal, Haitham al-Ghais, sê die organisasie is in gesprek met verskeie Afrikalande oor moontlike lidmaatskap en Namibië is een van die lande wat potensiaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Hy sê ons moet eerder fokus op ander aspekte.
Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad sal nou teen die einde van Augustus weer aanlyn wees. Daar is aanvanklik verwag dat die eenheid dié maand weer in diens sou wees. Die eenheid van 930-megawatt is tans afgeskakel vir die tweede fase van 'n langtermyn-bedryfsverlenging. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die hersiene tydlyn is te wyte aan foute wat tydens inspeksies en onderhoud gevind is. Sy voeg by die vertraging sal nie die risiko van beurtkrag verhoog nie:
Send us a text2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Soos ons lewens al hoe meer gekompliseerd en besig raak, is dit nogal maklik om perspektief te verloor op dít wat ons geglo het; dít wat ons altyd as onwrikbaar waar beskou het. Ja, die dinge wat in die verlede regtig vir ons saak gemaak het, word verdring deur die dinge wat vandag soveel druk op ons plaas.In die vroeë 17de eeu was die Nederlandse matroos Pieter van der Linde en 'n paar van sy bemanningslede tydens 'n storm van die vloot geskei. Omdat hulle gedink het dat hulle naby die kus was, het hulle voortgeseil en nie besef dat hulle verder van die land af beweeg het nie. Hulle het dae lank op beperkte voorraad oorleef en gedink dat iemand hulle sal red, of dat hulle by die land sal uitkom. Hulle het eers, toe 'n Portugese vaartuig hulle opgemerk en gered het, besef in watter gevaarlike situasie hulle was.Dit was nie so ongewoon om tydens die sogenaamde 'Eeu van Ontdekkingsreise' te verdwaal nie. Die probleem was dat die matrose dikwels nie besef het hoe verlore hulle was, totdat hulle gered is nie. En dieselfde ding kan met ons gebeur. 2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is ongelooflik dat wanneer ons onbewustelik ver weggedryf het, dat ons eers dán besef dat ons besig is om op karige rantsoene te oorleef. Eers dan weet ons dat ons dors na … Jesus, om ons deur die Heilige Gees te red. Miskien is dit selfs wat tans besig is om met jou te gebeur?Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
'n Amerikaanse federale appèlhof het 'n aansoek deur president Donald Trump se administrasie toegestaan om die uitspraak van die Hof vir Internasionale Handel tydelik op te skort. Die hof het Woensdag beslis Trump is ingevolge die Wet op Internasionale Noodekonomiese Magte nie by magte om omvangryke globale tariewe te hef nie. Die beslissing beteken dat die tariewe voorlopig gehef word hangende die hofsaak. Die Withuis-woordvoerder, Karoline Leavitt, sê Trump het nié sy mag oorskry deur die tariewe te hef nie:
Die Amerikaanse president Donald Trump sê wat die wêreld die afgelope 14 weke gesien het, is 'n rewolusie van gesonde verstand. Hy het Woensdag sy 100ste dag in die amp gevier met 'n veldtogstyl-saamtrek in Michigan. Volgens Gallup is Trump die enigste president na die Tweede Wêreldoorlog met minder as die helfte van die publiek se steun na 100 dae in die amp, met 44-persent steun. Trump sê hy begin nóú eers, aangesien hy sy presidentskap gebruik om diepgaande verandering te bewerkstellig:
TransNamib het nie openbare tenders uitgereik om 23 nuwe lokomotiewe te bekom nie, na dit 'n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar daarvoor gekry het. Die entiteit het gesê dat dit reeds 'n betroubare lokomotief-verskaffer het, naamlik General Electric Wabtec. Die AR-leier Job Amupanda het in die parlement gevra of die ooreenkoms heroorweeg sal word weens die Trump-tariewe, aangesien die maatskappy Amerikaans is. Vervoerminister Veikko Nekundi het geantwoord dat General Electric Wabtec nie meer gebruik kan word nie. Hy verduidelik.
“Almal het al gevoel dat iemand hulle wêreld is. Of dit ʼn ouer is wat jy verloor het, of jou lewensmaat vir wie jy baie lief is, almal het dit al ervaar.” Maroela Media
In sy eerste parlementêre toespraak het landbouminister Mac Hengari aangekondig dat die kabinet 'n strategie het om die rooilyn te verwyder en die voorvaderlike grondkwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met PDM-president McHenry Venaani, wat sê die grens met Angola moet eers beveilig word voordat die regering die rooilyn takel.
Adv. Justin Erasmus, voorsitter van die Personal Injury Plaintiff Lawyers Association (PIPLA), bespreek die Gautengse Hooggeregshof se voorstel vir verpligte bemiddeling in siviele sake. Volg RSG Geldsake op Twitter
Send us a textRomeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. Die meeste van ons wil die vryheid hê ons eie keuses te maak en om ons eie begeertes te vervul. Alhoewel ons omstandighede ongetwyfeld baie van mekaar verskil, verstaan ons dit almal. Maar so ‘n selfsugtige leefstyl het onvermydelike gevolge.Vir byna 500 jaar was die Romeinse Ryk die sterkste wêreldmoondheid. Niemand kon hulle aanval nie. Niemand kon hulle verslaan nie. Hulle was die beste wat daar was. Die een keiser na die ander (en altesaam was daar meer as 35 van hulle), het hulle in hul welvaart en absolute gesag verlustig. Maar toe op ‘n dag het die hele stelsel van oorheersing ineengestort ... ja, ons praat van die val van die Romeinse Ryk!Hoe? Waarom het dit gebeur? Hier is die antwoord – deur politieke korrupsie en onstabiliteit, ekonomiese wanbestuur en militêre hoogmoed. Eers het die krake verskyn en verskeie barbaarse stamme het die geleentheid aangegryp om hulle aan te val, totdat ‘n Germaanse opperhoof, 476 nC, die laaste Romeinse keiser, Romulus Augustulus, onttroon het.Hoe belangriker jy is, hoe harder val jy. Dit maak nie saak hoe suksesvol ons in ons eie oë is nie, hoe groot en belangrik (of nie) ons in werklikheid is; hierdie selfsugtige reis na gemak en beheer, het altyd gevolge. En op een of ander tydstip is ons almal skuldig daaraan ... selfs keisers.Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.Ongelukkig wag daar vir sommige mense - trouens vir die meeste mense - 'n val. 'n Groot val. 'n Ewige val. Daar is gevolge. Daar is altyd gevolge. Maar God het Jesus, sy Seun, gestuur om jou te red. Glo in Hom. Leef jou lewe vir Hom.Want God gee ons hierdie gratis gawe – die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Agra waarsku perde-eienaars om nie hul diere teen Afrika-perdesiekte voor Junie in te ent nie, aangesien perde slegs na veelvuldige entstofrondes sterk immuniteit ontwikkel. Jong perde van ses maande en ouer het twee rondes per jaar tot vier jaar oud nodig, maar inentings moet slegs tussen Junie en Oktober gedoen word. Vroeër inentings vergroot die risiko vir uitbrekings, aangesien steekvliegies die verswakte virus in 'n dodelike vorm kan versprei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met veearts Theuns Laubscher van die Windhoek Veearts-kliniek, wat 'n waarskuwing rig.
Die finansministerie het dit duidelik gemaak dat die nasionale begroting eers ter tafel gelê sal word nadat die nuwe parlement saamgestel is, in teenstelling met berigte dat dit vroeër gedoen sal word. Die begroting word tipies voor die einde van Februarie ter tafel gelê, maar vanjaar is die proses vertraag weens die onlangse verkiesings. Die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah word op 21 Maart ingehuldig, waarna sy haar kabinet sal aanstel. Die publiek word versoek om op amptelike regeringskommunikasie staat te maak vir akkurate inligting.Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die finansministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto.
Die inligtingsministerie het verlede Augustus die onderskrywing van die Wet op Toegang tot Inligting No. 8 van 2022-regulasies aangekondig. Lynminister Emma Theofelus het in die parlement gesê die ministerie is besig om met die justisieministerie en die Nasionale Vergadering te skakel om 'n inligtingskommissaris aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die redakteur van Fact Check Namibia, Frederico Links, wat sê dit sal seker eers gebeur wanneer die nuwe regering ingesweer is.
Sikloon Dikeledi woed voort en het vyf lewens in Mosambiek se noordelike provinsie Nampula geëis. Die land se Nasionale Rampbestuursinstituut het bevestig dat meer as 35 000 mense, wat meer as 8 000 huishoudings verteenwoordig, verplaas is. Minimale reën word egter in Namibië en Suid-Afrika verwag. Volgens die AMT-weervoorspelling kan neerslag in Februarie verwag word. Die bekende weerkenner Johan Van den Berg deel meer oor die reënvooruitsigte.
Reaksie word ontvang op berigte dat daar kommer is oor die prys van mieliemeel as gevolg van die styging in die mielieprys in Suid-Afrika. In Julie 2024 was die prys 4 255 Suid-Afrikaanse rand per ton wat nou op 6 785 rand ‘n ton staan, ver bo die 100 dag gemiddeld van 5 871 rand. Plaaslik is 37 872 ton mielies ge-oes, 43,5 persent minder as in 2023 en ver onder die gemiddelde vraag an 178 000 metrieke ton jaarliks. Plaaslike landbou-kenner Wallie Roux sê die werklike impak sal eers in Mei gevoel word.
Na die aankondiging vroeër vanjaar dat G7-sertifisering van nie-Russiese diamante alleenlik in België gedoen sou word is daar plaaslik groot kommer uitgespreek. Intussen het die G7 besluit om ‘n loodsnodus in Botswana te vestig om sertifisering daar te doen. Plaaslik het die lynministerie aangekondig dat 'n besluit oor die land se moontlike G7-diamantsertifisering eers ná Februarie volgende jaar geneem sal word. 'n Onlangse G7-tegniese sending het Namibië besoek om sy gereedheid vir sertifisering te evalueer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Debmarine Namibia, wat meer verduidelik.
Kry die nuus soos dit breek.
Kokkie Kooymam, fondsbestuurder by Denker Capital gesels oor wat verwag kan word van die PwC-verslag oor Steinhoff. Volg RSG Geldsake op Twitter
Through the brutal weather in Morgantown, the Eers pull out another victory versus UCF. Joel and Jordan break down the game and discuss the future, the Big 12, and the final regular season game versus Texas Tech. (Sorry for no listener Q's, they were accidentally discarded with a Discord channel).Advertising Inquiries: https://redcircle.com/brandsPrivacy & Opt-Out: https://redcircle.com/privacy
Die EFF-leier, Julius Malema sê hy is nie geïntimideer of bang vir die voormalige president en MK-partyleier Jacob Zuma nie, en hy voeg by hy is gereed om te veg. Dit volg na die uittog van vooraanstaande EFF-lede na die MK-party, insluitend die voormalige adjunk-president, Floyd Shivambu. Malema sê in 'n party-potgooi daar is geen manier waarop enigiemand die bestaan van die EFF sal bedreig en dan 'n vriend word nie:
Daar is verwarring oor die belastingverligting wat in Oktober in die staatskoerant gepubliseer is. Die finansminister Ipumbu Shiimi het werkgewers opdrag gegee om eers werkers terug te betaal en indien die belasting oorbetaal is, dit dan by NamRA te eis. Die agentskap se kommissaris, Sam Shivute, sê hy kan eers aan die einde van die finansiële jaar geld terugbetaal. Hy verduidelik.
Die Nasionale Vergadering het bekendgemaak hulle kan nie voor die regtersonderhoude ʼn plaasvervanger op die Regterlike Dienskommissie vir die adjunkpresident van die MK-party, John Hlophe, aanstel nie. Dit volg nadat die party Hlophe se benoeming uit die RDK teruggetrek het. Die Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hoewel die proses om ʼn nuwe lid aan te wys sal begin, beteken die tydsberekening met die bedanking dat geen plaasvervanger vir die huidige reeks onderhoude aangestel kan word nie:
Die direkteur van onderwys in Kavango Oos, Christine Shilima, het klasse by Ndama Junior Primêre Skool onbepaald opgeskort weens sanitasiekwessies. Dié optrede het gekom nadat die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, gedreig het om die skool in Rundu te sluit weens sy stukkende toilette en gebrek aan water, wat die afgelope drie weke voortduur. Nantu ondersoek ook 'n ander skool wat soortgelyke toestande ondervind, met planne om dit te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Thomas Niilonga, adjunk-sekretaris-generaal van Nantu, gepraat.
Unam se verbod op politieke aktiwiteite op kampus het sedert Vrydag amok veroorsaak. Eers is 'n geleentheid van die Unam Politieke Wetenskap-vereniging deur sekuriteit stopgesit, glo omdat die PDM-parlementslid Inna Hengari 'n spreker sou wees. Daarna is die Swapo-jeugliga se Unam-tak toegelaat om met verkiesingsverwante aktiwiteite voort te gaan. Beide die PDM en LPM het die Unam-bestuur van vooroordeel beskuldig. Maandoggend het die twee partye se jeugbevele teen die verbod betoog en Unam se ingange versper. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. David Namwandi, stigter van die Internasionale Universiteit van Namibië, oor die instelling se beleid oor politieke byeenkomste op kampus.
Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus. Nou is Hy dood, die hoop dat Hy Israel sou verlos van die Romeinse juk is verydel. Om alles te kroon het die berig dat sy liggaam verdwyn het, hulle nog meer ontstel. Sy liggaam is weg, die graf was oop en dan nog die berig dat daar sprake is dat Hy lewe. Maar dan is Jesus werklik ‘n mede-wandelaar. Jesus vra in vers 17: “Waaroor loop julle so met mekaar en redeneer?” Hulle antwoord in vers 18: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?” Jesus vra in vers 19: “Watter dinge?” Dan kom die antwoord in vers 19 en 20: “Dit wat gebeur het met Jesus van Nasaret, ‘n profeet, magtig in woord en daad in die oë van God en die hele volk; en hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word en Hom laat kruisig het.” Hierop gebruik Jesus hierdie saak as inleiding tot ‘n magtige en kragtige preek. Ons lees in vers 27: “Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê” Die prediking fokus op menige profesieë uit die Ou Testament oor die koms van Christus. Ons kan nie werklik die Nuwe Testament verstaan as ons nie die Ou Testament ken nie. Eers dan besef ons die bede : Here bly by ons, by u kerk, nou en tot met die wederkoms. https://youtube.com/live/EY98GAeR_r4
Quick discussion of U Albany game, the struggles and the high parts. Beer of the week and early line release for the Eers. --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/section304/support
Die verkiesing kom vinnig nader en politieke kommentators hulle teleurstelling uitgespreek omdat meeste partye nog nie hulle manifeste geloods het nie. Tot dusver het nog net die Republikeinse Party sy manifes uitgereik. Die regerende party, Swapo, het by 'n perskonferensie deur monde van sy informasie en kommunikasie beampte, Hilma Nicanor, die datums bekendgemaak vir die verkiesing van sy kandidate en die vrystelling van die manifes.
Dit gaan vinnig begin warm word al sal oggend- en aandtemperature in die komende weke nog koel wees. Dit is volgens die ‘n onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg. Hy gesels oor die volgende paar maande, en oor vooruitsigte vir reën.
James Holley, uitvoerende hoof van Traxtion gesels oor Private sektor treine op Transnet se spoorlyne. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die verhoogde oumens-toelaes, gestremdheid-toelaes en toelaes vir kwesbare kinders wat reeds in April moes in werking moes tree, is vertraag. Dit was volgens 'n aankondiging van die ministerie van armoede uitwissing, wat gesê het die begroting is eers laat deur president Nangolo Mbumba bekragtig omdat hy baie gereis het. Die betalings sal terugdateer word tot April. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lukas Haufiku, die ministerie se woordvoerder, oor of die verhoogde uitbetalings op pad is
Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië se aangekondig dat elektrisiteistariewe onveranderd gaan bly, het implikasies. Cenored het in reaksie hierop aangekondig dat sy tariefverhoging wat op 1 Julie geïmplementeer is, geskrap sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder, wat onderstreep dat dit om middernag vanaand in werking tree. Indien verbruikers voor middernag krag koop, sal die verhoogde prys nog geld.
In hierdie week se AMT-weervoorspelling, moontlik gemaak deur Kosmos 94.1, praat Johan van den Berg, 'n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, oor die koue. Hy sê temperature is besig om te herstel, met min baie koue toestande vir die res van die maand. Dit sal eers weer in die eerste week van Julie erg koud wees.
Van den Berg voeg by dat die winter laat begin het en later sal eindig.
Die Namibiese Werkgewersfederasie, vra dat die loonbevel deur arbeidsminister Uutoni Nujoma oor die nasionale minimumloon teruggetrek word. Die federasie sê in 'n verklaring dat die besprekings, ná die vrystelling van die Loonkommissie se verslag, nog lank nie afgehandel is nie. Sy voorleggings, wat werkgewers se wesenlike bekommernisse uiteensit oor die ernstige implikasies vir indiensneming, is ook nie in ag geneem nie. Elias Shikongo, die federasie se president het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Brendan Jacobs, hoof van Standard Bank se Agribusiness gesels oor die impak van El Nino, en wat om te verwag van La Nina. Volg RSG Geldsake op Twitter
Jan Vermeulen, redakteur van MyBroadband gesels oor die Mededingingstribunaal wat in eMedia se guns beslis. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die oumenspensioen en ander toelae se verhoging soos aangekondig deur die finansminister Ipumbu Shiimi tydens die begroting het nog nie ingetree nie. Die rede hiervoor is omdat die Nasionale Vergadering eers die begroting moet bekragtig en dan sal die betalings inskop, terugwerkend tot 1 April. Lukas Haufiku van die ministerie van armoede-uitwissing verduidelik.
Die Universiteit van Namibië wat die kwalifikasiesertifikate en akademiese transkripsies van studente wat nog geld skuld weerhou, is weer in die nuus. Die geraakte studente eis die universiteit se ingryping en dreig om die komende gradeplegtigheid te boikot as daar nie aan hul eise voldoen word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die universiteit se woordvoerder, Simon Namesho, wat sê sodra agterstallige studente hul transkripsies ontvang, kom hulle nie hul beloftes na om uitstaande skuld te betaal nie.
Beyers Nel, bedryfshoof van Harmony Gold gesels oor sy agtergrond, loopbaan, die industrie waarin hy is, en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter
Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
Volgens die berekeninge van die AA gaan die petrolprys in Suid Afrika vir die derde maand daal, wat goeie nuus is vir vakansiegangers. Daar word verwag dat 95-oktaan petrol met 82 sent per liter gaan sak. Die Brent ru-olieprys het effe versterk maar het steeds in die afgelope 30 dae met amper 6 persent gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, 'n ekonoom van die energie-ministerie gepraat, wat sê Namibië se somme sal eers aan die einde van die maand gemaak word voordat verbruikers 'n aankondiging oor brandstofpryse kan verwag.
Die Vryheidsfront Plus sê die ANC-regering se waan dat dit ʼn groot prestasie is dat miljoene Suid-Afrikaners van maatskaplike toelaes afhanklik is, is skokkend. Fanie du Toit van die party sê die regering spog daarmee dat maatskaplike toelaes die afgelope 25 jaar die hoogte ingeskiet het. Hy sê die werklikheid is dat Suid-Afrika se stelsel vir maatskaplike dienste een van die wêreld se duurste is vir belastingbetalers om te onderhou. Hy sê daar is ongeveer 18-miljoen voltydse ontvangers terwyl sowat tien-miljoen ʼn tydelike noodverligtingtoelaag kry:
Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, beskou die Spanjaard Carlos Alcaraz, die Italianer Jannik Sinner en Holger Rune van Denemarke as die volgende Groot Drie van die spel. Die 36-jarige Serwiër het Sinner gister verslaan om die ATP-jaareindtoernooi vir ʼn rekord sewende keer te wen. Volgens Djokovic wil hy aanhou speel terwyl hy nog die trio kan verslaan.
Plenty to get to on this edition of In the Gun - WVU AD Wren Baker speaks, some former Mountaineers make some noise in the XFL, and Wes and Jed discuss some proposed rule changes to college football.The only College Football Podcast featuring a Signal Caller and a Runaway Beer Truck. Owen Schmitt, Jed Drenning, and Wes Uhler are In The Gun. Part of the Bleav Network.Follow ITG on Twitter, Facebook, and Instagram @InTheGunPodcastVisit www.ITGFootball.comSponsored In Part By: BetOnline, Toothman Ford, Go Mart, and Fortis