POPULARITY
Die diefstal uit Suid-Afrikaanse bankrekeninge het 'n kritieke vlak bereik. Willem Venter, ondersoekondersteuningspesialis by die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC), bespreek die verantwoordelikhede van banke en reguleerders om kubermisdadigers vas te trek. Volg RSG Geldsake op Twitter
'n Openbare bespreking wat deur die Ekonomievereniging van Namibië georganiseer is het werkskepping, vaardigheid- en arbeidsbehoeftes, en onderwys en opleiding onder die loep geneem. Die uitvoerende direkteur by die finansministerie, dr. Michael Humavindo, glo dat finansiële hulp aan SME's werk sal skep. Humavindo het meer.
Die UDM sê president Cyril Ramaphosa se viering van Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys ignoreer die werklikheid. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê terwyl die president tegniese voldoening en beleggersvertroue prys, staar miljoene Suid-Afrikaners honger, werkloosheid en vrees in die gesig. Hy sê tegniese mylpale moet deur sigbare verandering in mense se lewens geëwenaar word:
Die Suid-Afrikaanse rand het versterk tot net bo 17 teenoor die Amerikaanse dollar nadat Suid-Afrika van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder is. Die ontwikkeling volg op die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy maatstafkoers te verlaag met 25 basispunte, wat vraag na die Amerikaanse geldeenheid afdwing en dus verswak dit. Plaaslike ekonoom Josef Sheehama het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ontwikkeling nie net positief is vir Suid-Afrika nie, maar ook vir Namibië.
Namibië het internasionale erkenning ontvang vir sy vordering in die bekamping van finansiële misdade. Die Finansiële Aksie-taakmag het amptelik Namibië se derde vorderingsverslag aangeneem en die land geprys vir die oplossing van 11 uit 13 strategiese tekortkominge sedert dit in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, Bryan Eiseb, sê die prestasie weerspieël sterk politieke wil en nasionale koördinering. Twee oorblywende kwessies, gekoppel aan ondersoeke na geldwassery en terrorismefinansiering, sal na verwagting teen Mei 2026 volledig aangespreek word.
Kāpēc par problēmām ar naudu runāt ir tikpat grūti kā par problēmām seksā? Tāpēc, ka abas tēmas prasa ievainojamību, atklātību un drošību. Kad tās sarunā trūkst, tad katra no šīm tēmām var kļūt par attiecību grāvējiem.Sistēmiskā ģimenes psihoterapeite Nansija Lībiete šajā sarunā parāda, ka gandrīz visi konflikti par naudu sākas ar vienu problēmu – nesarunāšanos. Mēs pieņemam, ceram, domājam, ka "gan jau viss nokārtosies", bet nerunājam. Un tad pēkšņi atklājas, ka viens ir taupītājs, otrs – patērētājs, vienam vajag drošības spilvenu, otrs dzīvo šodienai, viens slēpj pirkumu cenas, otrs jūtas nenovērtēts.Nauda pati par sevi pārus neizšķir. Bet nespēja par to runāt godīgi – tā gan.Sarunu ierakstījām, lai palīdzētu saprast, kā atpazīt sarkanos karogus, ko darīt, ja viens pelna daudz vairāk nekā otrs, kas ir finansiālā vardarbība, kā aizsargāt sevi, kad esi finansiāli atkarīgs no partnera un citām problēmām, kas saistītas ar naudu.Galvenais secinājums? Runāt, runāt un vēlreiz runāt ar otru. Jo tikai caur sarunām mēs varam atrast risinājumu, kas palīdz un der mums abiem.Šo epizodi filmējām Power-Up SPACE Rīgas centrā. Te ir viss, kas nepieciešams – moderni aprīkotas studijas un arī daudzpusīgas telpas pasākumiem, kur rīkot apmācības, prezentācijas, filmu vakarus un pat konferences ar skaistu skatu uz Rīgu. Piesakies iepazīšanās tūrei!SARUNAS PIETURPUNKTI:0:00 Ievads3:43 Kāpēc par naudu runāt ir tikpat grūti kā par seksu8:58 Kad viens pelna vairāk: kas notiek ar varu attiecībās12:48 Kad sieviete pelna vairāk nekā vīrietis15:08 Otra maiņa mājās – kad viens dara mājas darbus, bet otrs nepalīdz16:19 Kā finanšu nesaskaņas grauj intimitāti22:00 Taupītājs un patērētājs vienās attiecībās – vai tas var izdoties?25:20 Sarkanie karogi: kā tos laicīgi pamanīt32:51 Kad viens grib mainīt rīcību, bet otrs saka "mēs vienmēr tā darījām"40:17 Power-Up SPACE ir vieta, kur īstenot savus radošos projektus. Te ierakstījām šo Cilvēkjaudas epizodi. Piesakies iepazīšanās tūrei: powerupspace.eu41:25 Individuālais un kopīgais budžets – kā to sabalansēt49:00 Finansiālās vardarbības piemērs52:37 Kā organizēt budžetu, ja ir liela ienākumu atšķirība57:57 "Kas tu esi par veci…" – pārmetumi, kas ievaino59:43 Otra monētas puse: vīrieši, kas smok no atbildības sloga1:04:27 Finansiālā atkarība: kad viens ir pilnībā atkarīgs no otra1:07:27 Laulības līgums – aizsardzība, nevis laulības nāves spriedums1:10:26 Kad vīrs uzstāj, lai sieva nestrādā1:17:36 Kad sieviete grib palikt mājās, bet vīrs nejūtas finansiāli droši1:20:04 Kas ir finansiālā vardarbība attiecībās1:23:05 Pieauguša cilvēka atbildība – domāt par savu dzīvi
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê daar is ʼn behoefte aan finansiële geregtigheid. Hy sê dit beteken die internasionale finansiële argitektuur moet hersien word om dit regverdiger en geskik vir vandag se realiteite te maak. Hy het gister deelgeneem aan die G20-vergadering van Buitelandse ministers in New York. Guterres sê wanneer uitleenkoste daal en fiskale ruimte verbreed, kan regerings in ontwikkeling en veerkragtigheid belê en krisisse voorkom:
Namibiese verbruikers verkeer onder toenemende finansiële druk, met inflasie, werkverliese en hoë behuisingskoste hul grootste bekommernisse, volgens TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie. Ekonoom Josef Sheehama het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n mengsel van beleide dringend nodig is, wat wissel van monetêre maatreëls om inflasie te bekamp tot verbeterde behuisingsbekostigbaarheid. Hy het ook gevra vir 'n herstruktureerde SME-herstelskema.
Finansiële stres word 'n stille krisis in Namibiese werkplekke, met die 2024 Old Mutual Financial Services Monitor wat onthul dat meer as die helfte van werkende Namibiërs sukkel om kop bo water te hou. Volgens Ashante Manetti, stigtings- en kleinhandelbemarkingsbestuurder by Old Mutual Namibia, bly hierdie stres nie by die huis nie, dit volg werknemers werk toe, wat hul fokus, spanwerk en algehele prestasie beïnvloed.
Die 2025 Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum het vandag amptelik in Swakopmund geopen en meer as 800 afgevaardigdes van regoor die wêreld bymekaargebring. Sentrale banke, finansiële reguleerders, beleidmakers en tegnologie-innoveerders het byeengekom om die toekoms van finansiële insluiting te vorm. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het tydens die opening finansiële insluiting beskryf as 'n kragtige katalisator vir bemagtiging en volhoubare groei.
Adriaan Bester, uitvoerende bestuurder van begrafnisprodukte en -dienste by AVBOB, gesels oor die geskiedenis van die maatskappy. Volg RSG Geldsake op Twitter
Lelané Bezuidenhout, uitvoerende hoof van die Finansiële Beplanningsinstituut van Suider-Afrika, gesel oor haar agtergrond, loopbaan, industrie, en wat sy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter
Jac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, verduidelik hoe om seker te maak dat jou finansiële- en beleggingsplan al die belangrikste elemente bevat en jou behoeftes voldoende aanspreek. Volg RSG Geldsake op Twitter
Gerhard van Deventer, hoof van ondersoeke by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), bespreek 'n beleggingsbedrogspul wat op Telegram en WhatsApp bemark word. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Bank van Namibië sê dat hul nuwe maandlange Finansiële Insluitingsbewustheidsveldtog daarop gemik is om bewustheid te verhoog, finansiële opvoeding te verbeter en verbruikersbeskerming te versterk. Die veldtog dien as ondersteuning vir die komende Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum in Swakopmund. Die bank se kommunikasiepraktisyn, Josefina Oskar, het meer besonderhede oor die veldtog en die forum met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die jongste peilings toon dat 52 persent van die land se werksmag ervaar finansiële druk wat op sy beurt gesondheid en toekomstige stabiliteit kan raak. Belangrike oorsake sluit in stygende lewenskoste, stagnante salarisse en die ondersteuning van beide kinders en ouers. Mignon du Preez, die hoof van openbare sake en volhoubaarheid by Old Mutual het meer.
Daar is meer inligting bekend oor die Namibiese Statistieke-agentskap se finansiële insluitingsopname se loodsprojek wat volgende week begin in Khomas. Dit is ‘n klein opname met die doel om die data-insamelingsinstrumente, veldprosedures en die algehele metodologie voor die hoofopname te toets. Esther Simasiku, kommunikasiebeampte by agentskap, het meer.
Jac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, verduidelik hoe beleggers tussen gewaarborgde lewensannuïteite en/of lewende annuïteite moet kies. Volg RSG Geldsake op Twitter
Gerhard van Deventer, hoof van ondersoeke by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), gesels oor hul jongste verslag en die pad vorentoe. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het onthul hy het in die afgelope boekjaar boetes van byna 120-miljoen Suid-Afrikaanse rand opgelê. Dit is 'n afname ná die vorige jaar en word toegeskryf aan die feit dat grootskaalse bedrogsake, soos dié van Steinhoff, afgehandel is. Die finansiële waghond het voortgesette pogings uitgelig om mark-integriteit te versterk en verbruikers binne Suid-Afrika se finansiële sektor te beskerm. Die kommissaris, Unathi Kamlana, sê die owerheid streef daarna om sy prosesse te verbeter:
Old Mutual Namibia het 'n gratis finansiële opvoedingsmeesterklas bekendgestel. Twee streke sal gekies word vir die eerste sessies in September en Oktober vanjaar. Die program is daarop gemik om finansiële vaardighede landwyd te bevorder en word volgende jaar na alle streke uitgebrei. Mignon du Preez, die volhoubaarheidsbestuurder by Old Mutual het meer.
Gerhard van Deventer, hoof van ondersoeke by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), gesels oor die sake wat hulle ondersoek. Volg RSG Geldsake op Twitter
Reana Steyn, hoofombud en uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Ombudskema (NFO), gesels oor die tipe klagte wat hulle ontvang het, en die aantal beslissings in die guns van verbruikers. Volg RSG Geldsake op Twitter
Beyond the Field, aangebied deur John Deere Financial en gefasiliteer deur Anrich Herbst, bring Antois van der Westhuizen (besturende direkteur, John Deere Financial) en Pieter Pienaar (kredietverkope en bemarking, John Deere Financial) saam om met kundiges te gesels oor finansiële vennootskappe en boerdery as besigheid.Corné Louw (landbou-ekonoom, Graan SA) en Marlene Louw (senior-ekonoom, Absa) deel ekonomiese insigte, terwyl Luan du Toit (Senwes Equipment) en William Nichols (Afgri Equipment) die praktiese kant van tegnologie en ondersteuning bespreek.Die episode bied strategiese idees, oplossings en waardevolle insigte vir elke boer wat volhoubaar wil groei, met John Deere Financial as betroubare vennoot.#BeyondTheField #JohnDeereFinancial #BoerderyAsBesigheid #LandbouToekoms
Ná die Finansiële Aksie-taakmag Namibië op sy gryslys geplaas het in Februarie verlede jaar, het die land reeds agt van die strategiese tekortkominge op die mag se aksieplan reggestel. Die taakmag het die land hiervoor geprys by sy plenêre vergadering in Straatsburg, Frankryk. Die oorblywende vyf moet teen Mei 2026 afgehandel wees sodat die land van die gryslys verwyder kan word. Zenobia Barry, die adjunkdirekteur van regsake, beleid en afdwinging by die Finansiële Intelligensie-sentrum, verduidelik wat nog reggestel moet word.
Die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa, het amper 448 000 Namibiese dollar aan onderrig-, kulturele- en maatskaplike inisiatiewe beskikbaar gestel as deel van sy program vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en belegging. Dit ondersteun skole, gemeenskapsrade en verskeie ontwikkelingsprojekte en bevorder finansiële geletterdheid en tegnologie in die fintech-sektor. Namfisa se woordvoerder, Victoria Raymond.
Adv Jan Augustyn, senior operasionele bestuurder vir monitering, inspeksie en handhawing by die Finansiële Intelligensiesentrum, gesels oor die FIC-regulasies vir casinos. Volg RSG Geldsake op Twitter
Dit is vandag die sperdatum vir nakoming van voordelige eienaarskapsverklaring met besighede wat reeds sedert 1 Mei gederegisteer word. Die verklaring van voordelige eienaarskap is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder...
Die bedryfshoof van Equites, Riaan Gous, bespreek die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die ingefaseerde deregistrasie van maatskappye wat nie voordelige eienaarskap verklaar het nie is deur Bipa begin en die sperdatum is 16 Mei. Die verklarings is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder.
Bipa het begin met die ingefaseerde deregistrasie van maatskappye wat nie voordelige eienaarskap verklaar het nie. Die sperdatum is 16 Mei. Die verklarings is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder.
WeBuyCars het vandag 'n handelsopdatering bekend gemaak. Willem Klopper, hoof van strategie, bespreek die opdatering. Volg RSG Geldsake op Twitter
Hannes van den Berg – konsultasie hoof, Momentum Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Bank van Namibië en Namfisa het die jaarlikse finansiële stabiliteitsverslag vrygestel onder die tema "Beveiliging van finansiële stabiliteit in 'n veranderende globale landskap”. Die sleutelverslag kontroleer die gesondheid van die finansiële stelsel deur onder andere risiko's te ontleed, banke te stres-toets en die stelsel se gereedheid vir plaaslike en wêreldwye ekonomiese skokke te beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josefina Oskar, mediapraktisyn by die Sentrale Bank, wat meer inligting gee.
Schalk Louw – welvaartbestuurder, PSG Old Oak Volg RSG Geldsake op Twitter
Christopher Malan, uitvoerende bestuurder vir nakoming en voorkoming by die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC), gesels oor traagheid in sekere sektore wat SA op die gryslys kan hou. Volg RSG Geldsake op Twitter
Christopher Malan – uitvoerende bestuurder: nakoming en voorkoming, Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) Volg RSG Geldsake op Twitter
Mia Kriegler, direkteur vir batebestuur by Kruger Internasionaal, gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die DA en ANC heroorweeg hulle deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid. Die vryspreking van die evangelis Timothy Omotoso ontlok wye kritiek. 'n Twis ontwikkel in die Boland, wat klubrugby se grense kan herskryf. Finansiële markte daal skerp in reaksie op president Donald Trump se nuwe heffings op ingevoerde goedere.
Trustco Life Limited sal voortaan onder die handelmerk Stanbury Life sake doen, ná goedkeuring van die Namibiese Regulerende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa. Dié stap volg op ‘n terugkooptransaksie van aandele ter waarde van 468 miljoen Namibiese dollar in die moedermaatskappy, Legal Shield Holdings. Uitvoerende hoof Annette Brand het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Implementering van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima, staar verdere vertragings in die gesig terwyl parlementslede vra vir groter toesig oor sy regulasies. Die voorsitter van die parlementêre begroting- en finansieringskomitee, Phillipus Katamelo, dring daarop aan dat die finansminister afdeling 465 ter tafel lê wat mikro-versekering definieer en regulatoriese kriteria stel, voor die wet geïmplementeer word. Wetgewers beveel ook aan dat alle wetsontwerpe 'n klousule bevat wat parlementsgoedkeuring van regulasies voor implementering vereis. Katamelo dring daarop aan dat hierdie aanbeveling binne 90 dae afgedwing word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Wilson Shikoto, die finansministerie se woordvoerder, wat verduidelik wat nou sal gebeur.
Marthinus Visser, die bestuurshoof van OUTsurance, bespreek die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
Namibië gaan voort om vordering te maak met die aanspreek van die strategiese tekortkominge wat in sy Finansiële Taakmag-aksieplan geïdentifiseer is na aanleiding van sy gryslys notering op 23 Februarie verlede jaar. Die land het op 7 Maart sy tweede vorderingsverslag ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het met Bryan Eiseb, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, gesels, wat ‘n opdatering verskaf het oor Namibië se vordering.
Reana Steyn, hoofombud van die Finansiële Ombudskema, bespreek 'n nuwe sekuriteitsrisiko vir banktoepassings op slimfone Volg RSG Geldsake op Twitter
Plaaslike ondernemings in staatsbesit het aansienlike uitdagings om hul jaarlikse finansiële verslae betyds in te dien. Namcor se webwerf wys dat die laaste verslag vir die 2021/2022 boekjaar was, wat die vertragings in finansiële verslagdoening weerspieël. Die Namibiese Industriële Ontwikkelings-agentskap, Nida, het onlangs sy eerste jaarverslag in ses jaar ingedien, wat leemtes in deursigtigheid en aanspreeklikheid beklemtoon. Belangrike kwessies wat hiertoe bydra sluit in onvoldoende finansiële bestuurskapasiteit, swak interne beheermaatreëls, politieke inmenging en ingewikkelde finansiële transaksies. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo gesels.
Namibië maak goeie vordering om die probleme wat deur die Finansiële Aksie Taakmag uitgewys is toe hy die land op sy gryslys geplaas het, aan te spreek. Die taakmag het by sy vergadering in Parys die land se tweede vorderingsverslag hersien. Dit wys dat vier aksie-items grootliks aangespreek is, die meeste ander is gedeeltelik aangespreek en een is nog nie aangepak nie. 'n Sleutel-prioriteit vir die volgende verslagdoening op 7 Maart is die indiening van voordelige eienaarskapinligting by Bipa. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum.
Namibië maak vordering met die aanspreek van strategiese tekortkominge wat deur die Finansiële Aksie Taakmag geïdentifiseer is toe die land in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Volgens die taakmag se jongste oorsig op 21 Februarie vanjaar is vier van die 13 aksie-items grootliks aangespreek, met die oorblywende items wat gedeeltelik voltooi is. 'n Belangrike aspek is die indiening van voordelige eienaarskapinligting by die Besigheids- en Intellektuele Eiendom-owerheid, Bipa. Dit is van die uiterste belang om so gou moontlik van die gryslys gehaal te word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ockert Jansen, Bipa se woordvoerder, oor hoe indienings vorder.
Cosatu het die regering se vordering geloof met die verwydering van die land van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys. Suid-Afrika is in Februarie 2023 op die gryslys geplaas omdat hy nie aan internasionale standaarde voldoen het nie wat verband hou met geldwassery en onwettige geldvloei. Die Nasionale Tesourie het 20 van die 22 aksie-items op sy aksieplan suksesvol afgehandel. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê dit is noodsaaklik vir die regering om toe te sien dat Suid-Afrika teen Oktober van die gryslys verwyder is.
Finansiële probleme kan voortspruit uit verskeie faktore, insluitend onverwagte uitgawes, ekonomiese afswaai en oormatige afhanklikheid van krediet. Kosmos 94.1 Nuus berig weekliks oor die miljoene wat deur banke in die mosiehof in verstekvonnisse opgeëis word as gevolg van wanbetaling. Onvoldoende begroting en versuim om vir toekomstige uitgawes voor te berei kan lei tot finansiële wanbestuur, terwyl onvoorsiene koste, soos mediese rekeninge of noodherstelwerk, reserwes vinnig kan opgebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eddie King, die krediet-uitvoerende beampte by Bank Windhoek, wat verduidelik wat nodig is om probleme te verhoed.
Namibië was gasheer van die vergadering van die Finansiële Aksie Taakmag, FATF, se gesamentlike groep vir Afrika in Windhoek van 6 tot 11 Januarie. Dit is bygewoon deur hoëvlak-afvaardigings van 11 Afrika-lande, taakmagverteenwoordigers en streeksliggame. Lande op die taakmag se gryslys het vorderingsopdaterings oor die aanspreek van strategiese tekortkominge in hul aksieplanne aangebied. Namibië het ook sy eerste verpligte verslag voorgelê. Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, gee meer inligting.