Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Wessel Pretorius gee wenke vóór jy volgende maand die langpad aandurf.

Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe die Ekuruleni-metropolisie 'n misdaadverdagte glo gemartel, vermoor en in 'n dam gegooi het. ANC- en EFF-parlementslede het harde woorde vir die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. En in ons profielonderhoud vind ons uit dat ekonome ook 'n sagte kant het.

Wessel Pretorius ontleed die jongste motorverkope.

President Donald Trump gaan niemand na die G20-beraad in Suid-Afrika stuur nie. Die FW de Klerk Stigting vra dat bendegeweld as 'n prioriteitsmisdaad verklaar word. 'n Groot eerbewys van die VN aan Sherwin Bryce-Peace, ons korrespondent in die VSA.

Wessel Pretorius toetsry 'n hibriede Chinese sportnutsvoertuig.

'n Web van bedrog span stywer by die Madlanga-kommissie. Twee derdes van die bevolking in Soedan is vlugtelinge weens die burgeroorlog in dié land. Parlementslede besluit dobbel is, 'n euwel en moet strenger beheer word.

Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese kruisvoertuig.

Die besluit om Suid-Afrika van die gryslys te verwyder word wyd verwelkom. Die oudminister van Polisie, Bheki Cele, kritiseer die strafregstelsel. Amerika stel strenger visumregulasies in vir Malawiërs en Zambiërs.

Ons praat met kenners oor die geloofwaardigheid van ons SA Polisiediens en die polisieminister se plan om geweld op die Kaapse Vlakte hok te slaan. 'n Klein wynprodusent praat oor die groot ekonomiese impak van die Trump-administrasie se 30%-tariefverhoging. 'n Wereldbekende klassieke pianis praat oor haar reis om vrede te maak met 'n siektetoestand wat beperkings kan plaas op haar vermoë om die klavier meesterlik te kan bespeel.

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.

Suid-Afrika is nie 'n staat wat misluk nie, die gebreke in die stelsel is dalk bedoel om so te wees, sê 'n professor van Noordwes-Universiteit. Palestyne in Gasa begin met die proses om die brokstukke van hulle lewe aanmekaar te sit. Ons fokus op Fanie du Toit, die aanbieder van, Leefwêreld van die Gestremde.

Wessel Pretorius berig oor September se buitengewoon goeie verkope.

Reaksie op die Konstitusionele Hof se uitspraak dat ouers nou kraamverlof tussen hulle kan deel. Solidariteit lê 'n handelsraamwerk aan die Withuis voor te midde van kritiek deur die Suid-Afrikaanse regering. Medici sê die fyn lyn tussen uitbranding en depressie is besig om te vervaag. 'n Ontdekkingsreis van meer as twee dekades oor die doen en late van 'n onkonvensionele Britse militêre eenheid tydens die Anglo Boere-oorlog word neergepen in 'n boek.

Wessel Pretorius toetsry ‘n Chery Tiggo 7 Legacy.

Ons leer ken die prokureur wat haar toespits op geslagsgebaseerde geweld. September is doofheid-bewustheidsmaand. Die Bokke is slaggereed vir die Poemas in Durban.

Wessel Pretorius toetsry ‘n Ford Ranger XLT.

Die DA bevestig dat Helen Zille die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg is in aanstaande jaar se verkiesing. Die Spesiale Ondersoekeenheid bestee glo meer as R15-duisend per maand om die veiligheid van 'n fluitjieblaser te verseker. Hoekom was die Noord-Kaapse dorp, Kharkams, en Wupperthal in die Wes-Kaap, in die kollig by die Venesië Internasionale Rolprentfees?

Die Springbokke verniel die All Blacks met 'n vernietigende 43-10-oorwinning. Die Wes-Kaapse regering begin die proses om Knysna onder administrasie te plaas. Oudpresident Thabo Mbeki praat oor Suid-Afrika se buitelandse beleid.

Wessel Pretorius bespreek ‘n luisteraarsvraag oor 'n brandstofpomp.

Skok en kommer ná nóg 'n moord op 'n bekende insolvensie-prokureur. 'n Waarskuwing dat bykans 250 000 poste op die spel is weens 'n golf van artikel 189-kennisgewings deur groot werkgewers. Ons ontleed die Bokke se wedstryd teen die All Blacks.

Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraar se vraag oor sy motor.

'n Versoek vir 'n toegewyde beskermingsfonds vir fluitjieblasers. Interpol stig 'n Afrika-komitee om oorgrensmisdaad op die vasteland te stuit. ‘n Chirurg van die Tygerberghospitaal het vir die eerste keer 'n nier suksesvol van 'n lewende skenker verwyder met robottegnologie. Die Temple Boys wil deur hulle musiek 'n positiewe boodskap oor die Bruin-kultuur oordra.

Wessel Pretorius toetsry Ford se Transit Custom Sport-paneelwa.

Die voorsitter van die Portejeuljekomitee op Basiese Onderwys het bedenkinge oor die nuwe BELA-regulasies. Die Menseregtekommissie praat oor die klagtes van sogenaamde aanstootlike plasings op sosiale media van die Minister van Sport, Kuns en Kultuur. David Africa se nuwe roman lees soos 'n spioenasieriller.

Wessel Pretorius toetsry 'n Mahindra XUV 3XO.

We didn't get there - President Trump se woorde ná sy samesprekings met president Wladimir Poetin. Ons praat met advokaat Thuli Madonsela oor die belangrikheid van Vrouemaand.

President Cyril Ramaphosa bring op Nasionale Vrouedag hulde aan die 20 000 vroue wat in 1956 na die Uniegebou opgeruk het. Ons fokus op Vrouedag, en hoor die stemme van verskeie formidabele vroue. Vroue in die rolprentbedryf sê daar is steeds poste wat hoofsaaklik deur mans beklee word.

Die departement van handel, nywerheid en mededinging werk saam met ander departemente om die impak van Amerika se nuwe handelstariewe te versag. Vlieëniers en die FlySafair-lugredery sê albei die afgelope twee weke se staking kon vermy word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie fokus op borsvoeding as 'n maatreel wat kinders se lewens kan red.

Navorsing bevind die publiek se vertroue in die polisie is op sy laagste vlak in 27 jaar. Suid-Afrika sal aanstaande jaar vir die eerste keer 'n toernooi van die LIV Gholfliga aanbied. Die gevierde Hollywood-aktrise en -regisseur, Embeth Davidtz, se rolprent maak sy buiging in Suid-Afrika - 35 jaar nadat sy die land verlaat het.

Wessel Pretorius toetsry 'n Foton Tunland G7 dubbelkajuit-bakkie.

Meer as 200 FlySafair-vlieëniers begin Maandag staak. 'n Politieke ontleder sê president Ramaphosa kom voor 'n perfekte storm te staan. Ter viering van SAUK Nuus se 75ste verjaarsdag, praat ons met 'n ou bekende op RSG.

Die president bring hulde aan voormalige adjunkpresident David Mabuza by 'n staatsbegrafnisdiens. Suid-Afrika se stryd om MIV/Vigs uit te wis, is in die kollig. Die eienaars van plaaslike rolprentteaters sê fliekkaartjies is goedkoper as wat dit in 2019 was.

Wessel Pretorius ontleed Junie se motorverkoopsyfers.

Nóg twee mense word in Mitchell's Plein in Kaapstad, vermoedelik in bendegeweld, doodgeskiet. Die parlement eis 'n onafhanklike oudit van spookwerkers by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadinligtingsafdeling. ‘n Vlugteling uit die Demokratiese Republiek die Kongo vertel haar storie.

Kommer oor 'n krisis in die polisieleierskap ná die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie. Die DA maak vanmiddag 'n aankondiging oor sy weg vorentoe in die Regering van Nasionale Eenheid. 'n Wankelrige begin vir die Proteas in die toets teen Zimbabwe.

Wessel Pretorius evalueer ‘n Ford Ranger Wildtrack X.

'n Nuwe MIV-middel goedgekeur, wat net twee keer per jaar toegedien word. Nuwe navorsing wys 'n afname in renosterstroping. Rassie Erasmus sien uit na die Bokke se eerste wedstryd vanjaar teen 'n sterbelaaide Barbarians.