Podcasts about die da

  • 97PODCASTS
  • 878EPISODES
  • 15mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Aug 19, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about die da

Latest podcast episodes about die da

Spektrum
Spektrum: DA se Mark Burke reageer op aantygings

Spektrum

Play Episode Listen Later Aug 19, 2026 52:28


19 Augustus 2026: Die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, reageer op die aantygings teen hom. Pas op vir vervalste gewisverliesmedikasie - jy kan tronk toe gaan! Afriforum en March and March gaan saamwerk.

Nuus
DA verwelkom hofuitspraak oor uitsaairegulasies

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 16, 2026 0:15


Die DA het die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom waarvolgens sleutelaspekte van Okosa se verkiesingsuitsaairegulasies ongrondwetlik en onwettig verklaar is. Ashor Sarupen van die DA sê die hof het verligting toegestaan deur 'n dringende meganisme te skep vir geskille oor politieke advertensies en partyverkiesingsuitsendings wat afgekeur is. Hy sê daar is ook bevind dit is onwettig en ongrondwetlik om lede van die publiek en openbare belange-organisasies uit te sluit om politieke uitsendings uit te daag of af te keur: 

Nuus
DA druk Gayton oor projekte se R3 miljoen

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 15, 2026 0:19


Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, om saam te werk met 'n voortgesette ondersoek na sowat drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir Sentraal-Karoo-projekte ingesamel is tydens sy termyn as burgemeester. Dave Bryant van die party sê die provinsiale regering probeer steeds om vas te stel of die geld in die munisipaliteit se rekeninge inbetaal is en vir die beoogde doel aangewend is:

projekte druk die da suid afrikaanse gayton mckenzie patriotic alliance
Nuus
DA eis dat dissiplinêre stappe teen Toerismeraadhoof afgehandel word

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 14, 2026 0:18


Die DA doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Toerismeraad om die voortslepende saak waarby die geskorste uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe, betrokke is, vinnig af te handel. Guliwe het 2,3-miljoen Suid-Afrikaanse rand se salaris en voordele ontvang terwyl sy sedert Augustus verlede jaar tot op hede voorlopig geskors is. Haseena Ismail van die DA sê Guliwe kan nie vir ewig teen aanspreeklikheid beskerm word nie:

Nuus
DA sê net ekonomiese groei kan werkloosheid aanspreek

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 12, 2026 0:15


Die DA sê dit is duidelik dat Suid-Afrika se werkkrisis slegs vererger aangesien ekonomiese hervorming veels te stadig plaasvind om groei vinnig genoeg aan te spoor om werk te skep. Die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat die land se amptelike werkloosheidsyfer met 0,9-persentasiepunte gestyg het, van 32,7-persent in die eerste kwartaal van hierdie jaar tot 33,6-persent in die tweede kwartaal. Die DA-leier Geordin Hill-Lewis, sê ekonomiese groei moet die prioriteit wees:

groei suid afrika die da geordin hill lewis werkloosheid
Naweekaktueel
Naweekaktueel: Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake

Naweekaktueel

Play Episode Listen Later Aug 8, 2026 49:04


8 Augustus 2026: Die DA stel sy verkiesingsmanifes vir die plaaslike regeringsverkiesing bekend, met groot beloftes van betroubare en goedkoper krag- en watervoorsiening. Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake. Die pasaangestelde Nasionale Raad vir Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord moet die regering se strategiese plan teen dié verskynsel oor die volgende drie jaar implementeer.

Nuus
DA eis antwoorde na burgemeester Wêreldbeker bywoon

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:20


Die DA in Gauteng het die burgemeester van Rand West City, William Matsheke, gevra om 'n belangeverklaring aan die Kantoor van die Speaker te voorsien. Jacques Julius van die party sê tydens 'n onlangse Spesiale Raadsvergadering het die burgemeester volgehou dat sy onlangse besoek aan die Fifa Sokkerwêreldbeker in die Verenigde State van Amerika met sy eie fondse betaal is. Hy het aangehaal dat hy 'n gevestigde sakebelang gehad het om vir hierdie reis te betaal:

Nuus
DA se hofsaak teen onteiening skop vandag af

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:22


Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party begin vandag met sy grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Hy sê hulle is in die hof omdat die reg om eiendom te besit fundamenteel is vir vryheid, waardigheid en ekonomiese geleenthede. Hill-Lewis sê geen regering moet vae en omvattende magte kry om sonder vergoedng te vat wat aan Suid-Afrikaners behoort nie:

teen hy skop die da vandag suid afrikaners geordin hill lewis
Nuus
DA gaan self Nsfas-vergrype ondersoek

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 31, 2026 0:23


Die DA gaan self ondersoek instel na beweerde luukse verblyf, dubbele besprekings en buitensporige reisuitgawes van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se administrasie. Volgens Daily Maverick het die administrateur, Hlengani Mathebula, se verblyf van vier nagte in die Pepperclub Hotel en Spa in Mei belastingbetalers 9 200 Suid-Afrikaanse rand gekos, en hy het ook vier raadgewers aangestel vir byna 10 miljoen rand. DA-woordvoerder Delmaine Christians sê studente sukkel intussen met laat betalings, onvoldoende toelaes en verblyfkrisisse:

Nuus
DA eis dat Manamela verantwoording doen oor Nsfaf-loon

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 30, 2026 0:14


Die DA het sy oproep herhaal vir volle deursigtigheid oor elke aanstelling by die huidige Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, insluitend die vergoeding, mandate en goedkeuringsprosesse vir adviseurs en konsultante. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se voorgestelde vergoedingspakket van 11-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die Nsfas-administrateur Hlengani Mathebula verwerp het. Delmaine Christians van die DA sê Manamela moet die Parlement antwoord oor hoe hy hierdie voorstel as aanvaarbaar beskou terwyl studente steeds vertraagde befondsing ervaar:

Spektrum
Spektrum: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh

Spektrum

Play Episode Listen Later Jul 30, 2026 47:21


30 Julie 2026: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh. Die DA sê die president se Nasionale Water Aksie Plan is gebrekkig. 'n Prysskok vir dieselverbruikers volgende week.

Nuus
Onverskilligheid 'grootste bedreiging vir omgewing'

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 29, 2026 0:20


Die DA sê onverskilligheid is die grootste bedreiging vir omgewingsbeskerming en vra vir sterker optrede om biodiversiteit te beskerm. Dave Bryant van die party sê die Wes-Kaap het sy beskermde gebiede met meer as 81 000 hektaar uitgebrei met 25 nuwe natuurreservate oor die afgelope jaar. Bryant sê samewerking tussen die regering, grondeienaars en gemeenskappe is die sleutel tot die beskerming van die land se natuurlike erfenis en die bekamping van omgewingsmisdaad:

Nuus
Operasie Prosper se verslag is broodnodig - DA

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 20, 2026 0:23


Die DA het 'n aansoek ingedien onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die langverwagte tussentydse Operasie Prosper-verslag van die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te bekom. Nicholas Gotsell van die DA sê daarsonder kan geen antwoorde of tasbare oplossings gebied word aan gemeenskappe wat daagliks onder die beleg van bendegeweld leef nie. Hy sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het voorheen erken dat na drie maande se ontplooiing nie 'n enkele bende ontbind is nie:

Naweekaktueel
Naweekaktueel: Rooibossaad gaan ruimte toe!

Naweekaktueel

Play Episode Listen Later Jul 18, 2026 46:22


18 Julie 2026: Die DA eis verpligte leefstyloudits op staatsamptenare, veral binne wetstoepassingsagentskappe. Ondanks 'n groeiende behoefte, bly tuisversorging 'n minder gewilde beroepskeuse in Suid-Afrika. Rooibossaad gaan vir die eerste keer ooit op 'n ruimtesending.

DNEWS24
Die da oben, die da draußen. Medienlupe mit Peter Lewandowski in DNEWS24

DNEWS24

Play Episode Listen Later Jul 17, 2026 25:15


#Medienlupe #PeterLewandwoski #DNEWS24 #Leihmutterschaft #JensSpahn #KaiWegner #CDU #FIFAWM #JürgenKlopp Welche moralischen Maßstäbe gelten für CDU-Politiker? War die FIFA-WM ein Erfolg für den Fußball? Wird Jürgen Klopp zum Retter des deutschen Fussballs?Eine Analyse des Publizisten Peter Lewandowski.

Nuus
DA vra proklamasie vir leefstyloudits

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 16, 2026 0:17


Die DA vra president Cyril Ramaphosa om dringend ʼn proklamasie uit te vaardig wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om saam met die Staatsveiligheidsagentskap verpligte leefstyloudits uit te voer, veral in wetstoepassing en die strafregstelsel. Die Madlanga-kommissie het gehoor slegs vyf uit 823 senior leiers in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope vyf jaar leefstyloudits ondergaan. Lisa Schickerling van die DA sê die ondersoekeenheid moet die bevindings van leefstyloudits verifieer, onverklaarde rykdom ondersoek en sake vir vervolging verwys:

Nuus
DA hof toe na Tshwane-speaker glo met stemme lol

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 14, 2026 0:20


Die DA het die Hooggeregshof dringend genader nadat Tshwane se raad stadsbestuurder Johann Mettler geskors en besluit het bewerings teen die finansiële hoof, Gareth Mnisi, is minder ernstig. Woordvoerder Cilliers Brink beweer die speaker het die uitslag van die stemming onregmatig verdraai deur stemme af te trek om die ANC en die EFF te bevoordeel. Hy wil hê die hof moet die oorspronklike uitslae herstel of 'n nuwe raadsvergadering gelas:

Spektrum
Spektrum: DA hof toe om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer

Spektrum

Play Episode Listen Later Jul 14, 2026 49:57


14 Julie 2026: Die DA nader hof om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer. ANC-veteraan en voormalige burgemeester van eThekwini, Zandile Gumede, loop oor na MK-party. Solidariteit se Onderwysernetwerk eis dat Gauteng se Departement van Onderwys alle uitstaande skooltoelaes onmiddellik uitbetaal.

Nuus
Vervanging van Steenhuisen sal nie BKS aanspreek nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 22, 2026 0:23


Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die vervanging van die minister van Landbou, John Steenhuisen, sal nie die bek-en-klouseer-krisis in die land oplos nie. Die DA-leier Geordin Hill-Lewis het president Cyril Ramaphosa gevra om Steenhuisen uit sy pos te verwyder en met die huidige minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, te vervang. TLU SA se president, Bennie van Zyl, sê die regering moet sy gesentraliseerde inenting- en verkrygingsbeleid verander en die privaat sektor toelaat om hierdie BKS-krisis oor te neem:

cyril ramaphosa zyl die da bks steenhuisen geordin hill lewis
Wegfinder – Jesus folgen in einer komplexen Welt

Über Macht, Eliten und Verschwörungsdenken in Politik und Kirche.

Nuus
Net die speaker kan Ramaphosa se hofaansoek betwis

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 19, 2026 0:19


Die DA sê die parlement se ampsklagkomitee het nie die regsgesag om president Cyril Ramaphosa se hofaansoek om die skrapping van die ampsklagproses te betwis nie, net die speaker van die Nasionale Vergadering. Die parlement se Grondwetlike en Regsdienstekantoor beveel aan die aansoek moet teengestaan word. Die DA-parlementslid Glynnis Breytenbach sê die speaker moet hofstukke teen die interdik-aansoek indien voor vandag se sperdatum. Sy beklemtoon enige vertragings kan die parlement se grondwetlike verantwoordelikhede ondermyn:

Nuus
Ernstige misdaad in Gauteng wek kommer: DA

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 19, 2026 0:24


Die DA in Gauteng sê talle gemeenskappe loop steeds deur onder ʼn kommerwekkende toename in ernstige misdaad, ondanks ʼn algemene afname in sekere belangrike kategorieë in die vierde kwartaal van die huidige boekjaar. Dit sluit in ontvoering, vragmotorkapings, voertuig-verwante misdaad en seksuele oortredings. Woordvoerder Crezane Bosch sê premier Panyaza Lesufi moet met die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, beraadslaag om intelligensie-geleide operasies te verskerp om ontvoering- en vragmotorkaping-sindikate te ontbloot:

Nuus
DA sê 56% van polisiestasies kan nie per telefoon bereik word nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 19, 2026 0:14


Die DA sê 56-persent van die land se polisiestasies kan nie per telefoon bereik word nie. 'n Landwye oudit het bevind 571 uit meer as 1 000 polisiestasies het nie hul gelyste amptelike nommers beantwoord nie. Limpopo het die swakste reaksiekoers getoon, gevolg deur die Vrystaat. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die bevindings beklemtoon voortdurende uitdagings in die polisiediens, insluitend personeeltekorte, verouderde tegnologie en kommunikasieprobleme:

Monitor
Monitor: Reaksie op die DA se minister-skommelinge

Monitor

Play Episode Listen Later Jun 18, 2026 49:07


18 Junie 2026: Reaksie op die DA se minister-skommelinge. Nóg 'n reddingsboei om die suikerreus Tongaat Hulett te red. Meer besonderhede oor Amerika en Iran se vredesooreenkoms.

Nuus
Hill-Lewis skommel span in GNU, Steenhuisen afgedank

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 17, 2026 0:22


Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, het John Steenhuisen verwyder as minister van Landbou ná 'n hersiening van die party se span in die regering van nasionale eenheid. Steenhuisen neem oor as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging in die plek van Alexandra Abrahams. Die huidige minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, volg Steenhuisen op en David Maynier sal vir Aucamp vervang. Yusuf Cassim is nou die adjunkminister van Hoër Onderwys, en Jack Bloom die adjunkminister van Water en Sanitasie. Hill-Lewis sê die veranderings was nodig:

water handel span die da steenhuisen geordin hill lewis
Nuus
DA-leier sê jeug moet registreer om te stem

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 17, 2026 0:18


Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, doen ʼn beroep op alle jongmense om te registreer en ʼn Suid-Afrika te bou wat vir almal werk. Hy het gister die party se Rock the Registration Jeugdag-saamtrek in Durban, KwaZulu-Natal, toegespreek. Die Verkiesingskommissie bied die naweek geleentheid om as kiesers te registreer as voorbereiding vir die munisipale verkiesing in November. Hill-Lewis sê jongmense het voorheen die land van koers laat verander en daardie gees is vandag weer nodig:

Nuus
RNE-vennote moet saamwerk teen xenofobie: DA

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 16, 2026 0:18


Die DA het die vennote in die regering van nasionale eenheid versoek om saam te werk aan gekoördineerde stappe om wetstoepassing te versterk, grensbeheer te verbeter en verdere geweld te voorkom. Glynnis Breytenbach van die party sê die parlement se veiligheidsgroeperings moet dringend 'n gesamentlike sitting byeen roep om te reageer op groeiende kommer oor aanvalle op buitelandse burgers en gemeenskapsonrus. Breytenbach het bygevoeg verenigde reaksie deur die regering is nodig om gemeenskappe te beskerm en wet en orde te handhaaf:

Nuus
Kaapstad stig eie speureenheid vir stad

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 15, 2026 0:20


Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad beplan om sy eie Metropolisie-speureenheid te stig om misdaadbestrydingpogings te versterk. Tydens die bekendstelling van sy herverkiesingsveldtog het Hill-Lewis gesê baie gemeenskappe word in die steek gelaat weens te min hulpbronne, swak leierskap en korrupsie. Hy sê die voorgestelde eenheid sal sake onafhanklik ondersoek en help om suksesvolle skuldigbevindings van misdadigers te verseker:

stig hy kaapstad die da geordin hill lewis tydens
Nuus
DA kla by Menseregtekommissie oor statutêre verkragting

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 14, 2026 0:20


Die DA sê duisende tienerswangerskappe beklemtoon 'n ernstige ineenstorting in die regering se stelsel vir die aanmelding en vervolging van seksuele misbruik van kinders. Die party het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien omdat baie gevalle van statutêre verkragting nie soos deur die wet vereis, behoorlik aangemeld word nie. Angel Khanyile sê dié versuim beteken baie misbruikers word nie ondersoek of vervolg nie, wat kwesbare kinders onbeskermd laat:

Nuus
Ontplooiingstrategie van Wes-Kaapse polisie moet hersien word

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 9, 2026 0:19


Die DA in die Wes-Kaap vra 'n hersiening van polisie-ontplooiingsstrategieë ná die noodlottige skietery van drie mans in Philippi-Oos. Die party voer aan die polisie se padversperrings en deur-tot-deur-operasies is ondoeltreffend sonder betroubare misdaadintelligensie en behoorlike samewerking. Die DA-lid, Benedicta van Minnen, sê polisie-operasies teiken dikwels nie misdaadnetwerke nie en ontwrig nie bende-bedrywighede nie, ten spyte van hulpbronne wat reeds oorbelas is:

Nuus
SA het nasionale krisis met kinderswangerskappe

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 8, 2026 0:20


Die DA sê hy bly diep bekommerd dat die nasionale krisis van kinderswangerskappe en statutêre verkragting nie deur die regte persone in die regering aangespreek word nie. Angel Khanyile van die party sê statistiek wat die afgelope week in die Parlement voorgelê is, toon dat 1 900 sake van statutêre verkragting sedert 2021 deur die polisie en aanklaers laat vaar is. Sy sê die party sal nie aanvaar dat jong meisies in stilte verkrag en seksueel mishandel word nie:

Nuus
DA het kommer oor toenemende vertragings in operasies in Gauteng

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2026 0:19


Die DA in Gauteng sê meer as 3 000 operasies is sedert Januarie verlede jaar by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg gekanselleer. Volgens die party is een uit elke vier geskeduleerde operasies afgelas, wat pasiënte met lang vertragings en groeiende agterstande laat. Jack Bloom van die DA sê Ortopediese dienste het die grootste agterstand, met meer as 1 000 pasiënte wat tot 18 maande wag, terwyl byna 500 kinders ook steeds op die waglys is:

Nuus
Skole in die Wes-Kaap loop deur onder misdadigheid

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2026 0:20


Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly en misdadigheid by skole aan te meld. Dit volg na 'n toename in vandalisme en diefstal by skole regoor die provinsie, insluitend 'n onlangse inbraak by Sir Lowry's Pass Laerskool, waar die diefstal van toerusting en ander skade van nagenoeg 72 000 Suid-Afrikaanse rand aangerig is. Peter Johnson van die DA sê herhaalde voorvalle kos skole honderde-duisende-rand en ontwrig onderrig en leer:

Nuus
DA betreur 'ineenstorting' in Nsfas bestuur

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2026 0:20


Die DA is onthuts oor die ineenstorting van 'n beplande parlementêre portefeuljekomiteevergadering by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, waar die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, die parlement sou inlig oor Nsfas se plasing onder administrasie. Die vergadering kon nie voortgaan nie omdat die departement en Nsfas nie die vereiste aanbiedings ingedien het nie. DA-woordvoerder Delmaine Christian sê dit weerspieël 'n toenemende krisis in bestuur en verantwoordbaarheid:

Haken dran – das Social-Media-Update
DIE DA OBEN!

Haken dran – das Social-Media-Update

Play Episode Listen Later May 20, 2026 56:00 Transcription Available


Tag 3 der re:publica bricht an. Wir haben uns deswegen Flo Gregorzyk geschnappt, der Angela Merkel interviewt hat, spekulieren, was Friedrich Merz möchten könnte und schauen auf das Ende des Verfahrens zwischen Musk und OpenAI - oder ist das erst der Anfang? ➡️ Angela Merkel im Interview mit Florian Gregorzyk und Carolin Bredendiek: https://www1.wdr.de/politik/merkel-0630-interview-100.html ➡️ Mit der "Haken Dran"-Community ins Gespräch kommen könnt ihr am besten im Discord: http://hakendran.org

Nuus
DA vra toegewyde omgewingsmisdaad-howe

Nuus

Play Episode Listen Later May 19, 2026 0:20


Die DA sê toegewyde howe is nodig om omgewingsmisdaadsake in die Wes-Kaap te behartig. Die party beweer die omvang van biodiversiteitsmisdaad het 'n gespesialiseerde benadering in die regstelsel nodig om sterker vervolging te verseker. Meer as 2 miljoen gestroopte inheemse plante en miljoene sade is sedert 2018 gekonfiskeer. Dave Bryant van die DA glo gespesialiseerde howe sal skuldigbevindingsyfers verbeter en help om georganiseerde misdaadsindikate te teiken wat vir die onwettige handel verantwoordelik is:

Nuus
Glynnis Breytenbach nuwe DA hoofsweep

Nuus

Play Episode Listen Later May 18, 2026 0:21


Die DA het Glynnis Breytenbach as sy nuwe hoofsweep in die Nasionale Vergadering aangestel. Die party sê sy beskik oor 12-jaar se parlementêre ervaring en dekades se ervaring as senior staatsaanklaer. Breytenbach sal saam met die adjunkhoofsweep, Baxolile Nodada, werk. Die DA se parlementêre leier, George Michalakis, sê Breytenbach sal toesig hou oor die party se parlementêre prosedures en as een van sy hoofonderhandelaars in die regering van nasionale eenheid dien:

Nuus
DA het lof vir Steenhuisen se landbou-begroting

Nuus

Play Episode Listen Later May 18, 2026 0:20


Die DA sê die minister van landbou, John Steenhuisen, se begrotingsrede weerspieël sterk landbouwinste, onder meer dat Suid-Afrika die wêreld se voorste sitrusuitvoerder geword en Spanje verbygesteek het. DA-woordvoerder Beyers Smit sê uitvoere het 2,9 miljoen ton in 2025 bereik. Die sektor het ook 268,7 miljard Suid-Afrikaanse rand in uitvoerverdienste aangeteken en ondersteun byna 950 000 werksgeleenthede. Hy sê die regering het die invoer van bek-en-klouseer-entstof versnel en marktoegang uitgebrei, ook in China, wat uitvoere, belegging en landelike werksgeleenthede 'n hupstoot gegee het:

Nuus
DA verwelkom afdanking van Tolashe

Nuus

Play Episode Listen Later May 15, 2026 0:12


Die DA sê president Cyril Ramaphosa het die regte ding gedoen om die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, af te dank omdat haar posisie in die Kabinet onverdedigbaar was. Sy het versuim om twee luukse Chinese voertuie te verklaar wat laat in 2023 aan die ANC-vroueliga geskenk is. Tolashe word ook beskuldig dat sy die onregmatige aanstelling van haar personeelhoof en gewese direkteur-generaal toegelaat het, en personeel wat deur die staat betaal word, misbruik het. DA-leier Geordin Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners verdien ʼn bevoegde en geloofwaardige minister:

chinese anc sy cyril ramaphosa kabinet die da suid afrikaners geordin hill lewis
Nuus
Gauteng premier se werkverskaffings-projekte faal: DA

Nuus

Play Episode Listen Later May 13, 2026 0:20


Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se werkverskaffings-projekte misluk, aangesien die werkloosheidsyfer met 1,1-persent tot 34,1-persent gestyg het vanaf die vierde kwartaal van verlede jaar. Die jongste arbeidsmagopname vir die eerste kwartaal van vanjaar toon die provinsie is 67-duisend werksgeleenthede kwyt. Die DA-lid, Mike Moriarty, sê beleggers trek weg uit die provinsie weens die regering se mislukking om misdaad, infrastruktuurmislukkings en diensleweringskrisisse aan te pak:

Nuus
Cyril se hersiening van Artikel 89-verslag moenie vertraging veroorsaak nie

Nuus

Play Episode Listen Later May 12, 2026 0:13


Die DA sê president Cyril Ramaphosa se besluit om die Artikel 89-verslag oor die Phala Phala-saak op hersiening te neem, moenie gebruik word om die Parlement se werk te vertraag nie. Die Konstitusionele Hof het bevind die Parlement het in Desember 2022 irrasioneel opgetree toe hy gekeer het dat die president se optrede na ʼn ampsklagkomitee verwys word. Die DA-leier Geordin Hill-Lewis sê Ramaphosa moet enige hersieningsaansoek spoedig indien:

Nuus
DA sê Franse lening aan Transnet is goeie ding

Nuus

Play Episode Listen Later May 11, 2026 0:16


Die DA verwelkom die aankondiging van 'n nuwe leningsooreenkoms ter waarde van 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand tussen die Franse Ontwikkelingsagentskap en Transnet om die koolstofuitstralings van die spoor- en hawewerksaamhede te verminder. Andrew de Blocq van die party sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste buitelandse belegger. Hy sê hierdie fondse sal gebruik word om oor te skakel na 'n lae-koolstof-bedryfsmodel en om operasionele doeltreffendheid vir die vragbedryf te verseker, wat op sy beurt die koolstofvoetspoor kleiner sal maak:

Nuus
Da lê sy BEE-vervangingswetsontwerp vandag voor

Nuus

Play Episode Listen Later May 7, 2026 0:19


Die DA sal vandag sy Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in die Parlement voorlê. Die party se beleidshoof, Mat Cuthbert, sê Swart Ekonomiese Bemagtiging het na 30 jaar misluk om breë insluiting te lewer, en bevoordeel 'n klein elite terwyl miljoene steeds uitgesluit is. Hy sê die Wetsontwerp vervang rasgebaseerde reëls met 'n uitkomsgedrewe stelsel wat fokus op werksgeleenthede, belegging, vaardighede en kleinsakegroei, en versterk aanspreeklikheid:

Nuus
Zille kap Stad Johannesburg oor finansiële krisis

Nuus

Play Episode Listen Later May 7, 2026 0:20


Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê die Stad het belangrike munisipale finansiële wette oortree en herhaalde waarskuwings deur die Nasionale Tesourie geïgnoreer. In 'n media-inligtingsessie het Zille gesê 'n brief van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het verskeie oortredings uiteengesit, insluitend die goedkeuring van 'n onbefondsde begroting en die versuim om onreëlmatige en verkwistende besteding te voorkom. Sy waarsku hierdie oortredings kan die stad se finansiële krisis vererger en verdere ingryping deur Tesourie tot gevolg hê:

Nuus
DA kap Malema oor landdros-belediging

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 18, 2026 0:20


Die DA sê EFF-leier Julius Malema se opmerkings na vonnisoplegging hou die gevaar in om die publiek se vertroue in die regbank te ondermyn. Die party sê Malema se beskrywing van landdros Twanet Olivier in die KuGompo City-hof as 'n rassis, is 'n ongegronde bewering wat vertroue in die regstelsel kan ondermyn. DA-woordvoerder Glynnis Breytenbach sê openbare aanvalle op regs-amptenare is roekeloos en bedreig die oppergesag van die reg:

Nuus
Gauteng moet BKS-plan skep - DA

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 16, 2026 0:18


Die DA in Gauteng het 'n mosie in die Gautengse provinsiale wetgewer ter tafel gelê om die uitwerking van bek-en-klouseer op boere en voedselsekerheid te bespreek. Die DA-woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, eis 'n duidelike inentingsplan en 'n openbare inligtingspaneelbord om gevalle op te spoor. Die mosie versoek ook die LUR, Vuyiswa Ramakopga, om deursigtigheid verbeter. Engelbrecht is aan die woord:

Nuus
DA verwelkom Meyer se aanstelling in VSA

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 16, 2026 0:18


Die DA sê Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika is ʼn goeie keuse, gegewe die behoefte aan ervare diplomasie om die gespanne verhouding tussen die twee lande te herstel. Die 78-jarige ervare onderhandelaar volg Ebrahim Rasool op, wat verlede jaar uit Amerika geskop is. Ryan Smith van die DA sê Meyer se sukses kan en sal slegs gemeet word aan sy vermoë om deur verskeie diplomatieke dooiepunte te breek wat onder die Trump-administrasie in Washington bestaan:

Nuus
Gauteng-owerhede bied nie oplossings vir geweldsmisdaad nie

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 16, 2026 0:13


Die DA sê inwoners van Gauteng leef in vrees met geweldsmisdaad wat steeds in die provinsie toeneem. Volgens die party weerspieël onlangse skietvoorvalle en ander gewelddadige voorvalle in verskeie gebiede, insluitend Johannesburg, Westbury, Soweto en Boksburg, 'n ineenstorting van wet en orde. Michael Sun van die DA sê gemeenskappe word geraak deur verbyry-skietvoorvalle, ontvoerings en georganiseerde misdaadbedrywighede. Sun beskuldig die provinsiale regering daarvan dat hulle nie behoorlike oplossings bied nie:

Nuus
DA skop vas teen nuwe damregulasies

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 14, 2026 0:17


Die DA vra gemeenskappe om die Departement van Water en Sanitasie se damregulasies teen te staan en sê dit bedreig inwoners wat langs damme woon se ekonomiese voortbestaan. Die regulasies stel strenger beheermaatreëls in rondom toegang tot staatsdamme en ander waterwerke. DA-woordvoerder Igor Scheurkogel sê indien die regulasies in werking tree, sal alle ondernemings langs damme 'n privaat-openbare vennootskap moet teken:

Nuus
Gauteng-skole voldoen nie aan veiligheidsvereistes nie

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2026 0:18


Die DA het teenstrydighede in skoolveiligheidsmaatreëls in Gauteng gekritiseer en waarsku dat sommige hoërisiko-skole minder patrolleerders het as laerisiko-skole. Dit volg nadat die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, bevestig het dat 34 skole nie aan veiligheidsregulasies voldoen nie. Sergio Isa Dos Santos van die party sê dit wek ernstige kommer oor hoe hulpbronne toegeken word en of leerderveiligheid behoorlike voorkeur kry: