POPULARITY
Die DA sê hy het die voorsitter van die Gekose Komitee oor Veiligheid en Justisie, Jane Mananiso, skriftelik versoek om 'n dringende gesamentlike vergadering met die ministers van Polisie en Korrektiewe Dienste, Senzo Mchunu en Pieter Groenewald, aan te vra. Nicholas Gotsell van die DA sê die vergadering is nodig vir duidelikheid oor die planne teen smokkelnetwerke in hul departemente om 'n einde te maak aan die hoë vlak van misdaad weens bendes en dwelms in die Wes-Kaap, veral op die Kaapse Vlakte:
Die hofsaak oor die verdwyning van Joshlin Smith word voortgesit, te midde van die raaisel oor wat van haar geword het. Die helfte van Suid-Afrikaners word as oorgewig beskou. Donald Trump belowe vuurwerke wanneer hy die Amerikaanse Kongres en Huis van Verteenwoordigers vanaand toespreek. Inwoners van die Kaapse Vlakte vra dat die weermag ontplooi word om bendeweld te beveg.
Die GOOD-party sê die DA-geleide regering in die Wes-Kaap misluk met die aanspreek van die kultuur van bendes op die Kaapse Vlakte. Sewe mense is dié week binne die bestek van twaalf uur doodgeskiet in afsonderlike voorvalle in Kaapstad, wat vermoedelik met bendes verband hou. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die premier Alan Winde en burgemeester Geordin Hill-Lewis moet hulle volledige planne verduidelik om die Kaapse Vlakte reg te ruk:
Die polisie se soektog na die gewapende verdagtes, wat vyf mans in Mfuleni op die Kaapse Vlakte doodgeskiet het, duur voort. Thabazimbi gaan na die stembus ná intensiewe verkiesingsveldtogte wat verskeie partyleiers betrek het. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, voer samesprekings met Nigerië.
Bewerings van 'n ernstige geldnood in die Nood-Kaapse Departement van Onderwys kan beteken dat skole nie in Januarie sal heropen nie. Kinders op die Kaapse Vlakte ervaar trauma omdat hulle dikwels oogetuies van bendegeweld is. In sy weeklikse motorrubriek gee Wessel Pretorius raad oor jou voertuig se gereedheid vir die langpad.
Gemoedere loop hoog nadat 'n 14-jarige tiener gisteroggend in Ravensmead op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is. Die inflasiekoers daal tot 2,8%. Die parlement voer onderhoude met agt kandidate om die pos van adjunk-openbarebeskermer te vul.
Drie tieners sterf op die Kaapse Vlakte in bendeverwante skietvoorvalle. Nege jong kinders word in Mosselbaai in die hospitaal behandel in verband met moontlik vergiftigde kos van spazawinkels. Alle oë is op die Reserwebank wat vandeesweek 'n aankondiging oor rentekoerse sal maak. Dit is vandag die duisendste dag van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne.
Die bekende aanbieder se outobiografie vertel die verhaal van sy onstuimige grootwordjare op die Kaapse Vlakte en hoe hy bo sy omstandighede uitgestyg het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Die bekende aanbieder se outobiografie vertel die verhaal van sy onstuimige grootwordjare op die Kaapse Vlakte en hoe hy bo sy omstandighede uitgestyg het. Maroela Media
Carla Mackenzie kyk na die kleurvolle geskiedenis van wyle Jerry Watt en die internasionaal bekende The Rockets. Dié groep van vyf mans het op die Kaapse Vlakte begin, maar het later jare die verhoog gedeel met internasionale musiektalent soos Usher, Luther Vandross en selfs die Spice Girls! Vir die eerste keer sedert 1971 het die groep sonder Jerry Watt die verhoog betree. Jerry Watt se kleinkind volg in sy oupa se voetspore, en sorg dat die musiek aanhou speel. In hierdie dokumentêr gesels Jerry se vrou, Alison, oor die nalatenskap wat haar oorlede man en The Rockets vir die geslagte nagelaat het. Manuel Losper, sy jarelange vriend, en lid van die Rockets gesels saam. Dr. Victor deel ook herinneringe.
Die Wes-Kaapse premier reageer op kritiek oor kindersterftes op die Kaapse Vlakte. Dit is vandag is Wêreld Trope-dag. Die medestigter van die Encounters dokumentêre rolprentfees, Steven Markovitz, lê ná 26 jaar die tuig neer.
Instansies betreur die inhuldiging van parlementslede wat strafregtelik aangekla word. 'n Duidelike swaai na regs in Europese verkiesings. 'n Projek op die Kaapse Vlakte om die polisie te help om vermiste kinders te soek.
Die voormalige SAL-voorsitter, Dudu Myeni, word begrawe. Ons praat met 'n aktivis oor die dood van kinders op die Kaapse Vlakte, en wat die regering kan doen om die probleem te bekamp.
Groot voorbereidings vir die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa later vanoggend. Action SA kritiseer die DA se beweerde u-draaie oor sy ooreenkoms rakende die Regering van Nasionale Eenheid, terwyl Jacob Zuma se MK-party steeds die strydbyl swaai teen die verkiesingsuitslae. Meer as 300 kinders is in die eerste ses maande van die jaar deur dwaalkoeëls op die Kaapse Vlakte gewond. 'n Jong bankier van Kwazulu-Natal hou sy familienaam hoog met die verbouing van eetbare veldplante.
Agt mense die afgelope 24 uur in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Nege-en-tagtig sake van geslagsgebaseerde geweld word oor 'n tydperk van ses maande van die hofrol verwyder. Verkope van gebottelde water styg skerp.
09.12.2023 - Litha Sam-sam, stigter en projekbestuurder van die Loxion Mobile Library in Vrygrond, een van die armste gemeenskappe op die Kaapse Vlakte op Kopskuif. Loxion Mobile Library het onlangs die ATKV se toekenning vir leesbevordering ontvang. Sam-sam, wat in Vrygrond grootgeword het, glo dat alle kinders verdien om pret te hê en hul kinderjare te geniet, ongeag hul agtergrond.
Kommer oor die impak van beurtkrag op die matriekeindeskamen. Twee mense sterf in 'n brand in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte. Suid-Afrika wil handelsbande met Amerika versterk tydens die AGOA-forum. Die DA sê groot hervorming is nodig om die land se ekonomie te herstel.
Die Johannesburg-metro is steeds besig om besware oor verhoogde eiedomsbelasting te verwerk. Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is opnuut in die kollig. Verbruikersprysinflasie het op 'n jaargrondslag effens gestyg.
Polisiebeamptes wat op die Kaapse Vlakte ontplooi word, word na hulle dood gestuur. 'n Ondersoek na sogenaamde vreemde gedrag onder skoolkinders word. 'n Multimiljoen rand waterpypleiding bring verligting aan Oudtshoorn in die Klein Karoo.
Duisende hektaar weidingsveld is reeds deur veldbrande in Limpopo en die Vrystaat verwoes. Meer polisielede word in Gugulethu op die Kaapse Vlakte ontplooi. Afriforum maak kapsie teen die nuwe voorgestelde regulasies oor watergebruik vir ontspanningsdoeleindes. En, 'n eerste in Amerikaanse geskiedenis...
Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
Die polisie ondersoek 'n massa skietvoorval in Hanover Park op die Kaapse Vlakte. Sakelui verwag dat inflasie vanjaar tot bykans 7% persent kan styg. Navorsing wys Suid-Afrikaners is treurig om geld te spaar. Kommer oor die groot tekort aan maatskaplike werkers.
Nóg 'n bloedige week op die Kaapse Vlakte. Inflasie sak terug - beteken dit die einde van rentekoersverhogings? Museumteater maak sy verskyning in Suid-Afrika.
Aktiviste wil hê die Nama-taal moet by die volkslied ingesluit word. Giorgia Meloni gaan Italië se eerste vroue premier word. Inwoners op die Kaapse Vlakte vrees wraakaanvalle nadat nog 'n lid van die Hard Livings-bende vermoor is.
Bykomende wetstoepassers is in Manenberg op die Kaapse Vlakte ontplooi ná die moord op vier bendelede. Drie nuwe windplase gaan gebou word om groenenergie teen 2024 aan die kragnetwerk te verskaf. Vroue in Iran betoog en verbrand hulle hijabs ná die dood van 'n jong vrou, wat glo die land se hidjab-wette oortree het.
Nuuspod se nuwe saamgeselsprogram, Nuusmakers, het vanoggend afgeskop met 'n gesprek tussen Ian Cameron, Quinton Adams en Nazier Paulsen oor die Kaapse Vlakte nav die EFF se projek EFF on Patrol. Die gesprek het soms warm geraak, maar op die keper beskou, was dit 'n goeie een. Jy kan voortaan elke weeksoggend om 7:00, behalwe Woensdae as die Blink Kant op is, na soortgelyke gesprekke luister. Woensdag se program sal om 7:30 begin.
Die gemeenskap van Delft op die Kaapse Vlakte vra dat meer wetstoepassers in dié gebied ontplooi word om bendegeweld te stuit. Motoriste kan nog 'n daling in die brandstofprys verwag. 'n Verbod is op die verskuiwing van beeste ingestel om die verspreiding van bek-en-klouseer te beperk.
Die metaalwerkersvakbond Numsa gaan voort met sy kongres in weerwil van litigasie en skerp interne meningsverskille. Die Verenigde Nasies ontken dat hy betogers in die DRK doodgeskiet het. Inwoners van Gugulethu op die Kaapse Vlakte word in basiese misdaadtoneel-vaardighede opgelei.
Ian Cameron, die man wat Bheki Cele tot raserny gedryf het, het voorheen vir plaasaanvalle baklei. Deesdae patrolleer hy die rioolvuil en bendegeteisterde strate van die Kaapse Vlakte. Hy gee vir Nuuspod 'n kykie na sy reis van Afriforum na Action Society.
Misdaad in die Kaapse Vlakte wek groot kommer en daar is ook verskeie burgerlike organisasies wat ook hul kommer oor bendegeweld uitgespreek het. Vandag sal die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, die jeug van Khayelitsha by misdaadkwessies betrek tydens die Reaksie-beraad. Die Khayelitsha Ontwikkelingsforum bied die geleentheid aan. Cele se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê dit vorm deel van die reaksie op hoë voorvalle van kontakmisdade wat in die township aangemeld is:
Eskom kondig Fase 4 beurtkrag aan vir vandag en môre, en blameer druk op die kragnetwerk vir gebrekkige opwekkingskapasiteit. Bendegeweld eis nog drie mense op die Kaapse Vlakte. Ons span by die 2022 NAMPO-oesfees in die Vrystaat bring vir ons die jongste oor die gebeure daar.
Sommige lede van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging is omgekrap oor dr. Angelique Coetzee se skorsing as raadslid. 'n Sogenaamde Quantum-bende voer 'n skrikbewind in Macassar op die Kaapse Vlakte. Ons praat oor gebaretaal as 'n medium van kommunikasie tussen horendes en niehorendes.
'n Toename in voorvalle van moord en verkragting. 'n Vrou van Delft op die Kaapse Vlakte gee elke dag gratis ontbyt en motivering aan matrikulante. Wessel Pretorius toets 'n Mitsubishi.
Die ANC sê hy is nie haastig om koalisie-regerings te vorm nie. Menseregte-organisasies sê beter beskerming vir fluitjieblasers is nie onderhandelbaar nie. Die mediumtermynbegroting word Donderdag gelewer - wat kan ons verwag? Laerskoolleerders in Langa op die Kaapse Vlakte het nou toegang tot gevorderde aanlyn-geletterdheidsprogramme. Inwoners van Lichtenburg in Noordwes sit ná ses dae steeds sonder krag.
Wetenskaplikes is baie opgewonde oor 'n sub-bevolking van die mikro- paddaspesie wat in die Nuwejaarsvleiland op die Kaapse Vlakte ontdek is. Dié amfibiër, wat niks groter as jou duimnael is nie, is hoogsbedreig weens habitatverwoesting. Ross Kettels, die projekbestuurder by die Nuwejaarsvleiland se spesiale bestuursgebied, sê die paddas het teruggekom nadat uitheemse plantspesies verwyder is.
Gauteng se aansoekproses vir Graad 8-leerlinge het amptelik begin. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee sê atlete wat medaljes by die Olimpiese Spele ingepalm het, sal beloon word. Bykomende wetstoepassers is in Delft op die Kaapse Vlakte ontplooi. Ons fokus op seerowery aan die weskus van Afrika.
Wetstoepassers krap kop oor afgeslagte katte op die Kaapse Vlakte. Ons bespreek die spanne vir Saterdag se deurslaggewende stryd tussen die Bokke en die Britse en Ierse Leeus.
Dr. Mervyn Coetzee, oorspronklik van Bontehewuwel op die Kaapse Vlakte, is 54 jaar oud. Hy het onlangs sy doktorsgraad in opvoedkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. Sy lewe tot dusvêr was nie maklik nie. Amore Bekker gesels met hom oor sy pad tot sukses.
Die 31-jarige Byrone Pharoah van Kewtown in Athlone op die Kaapse Vlakte, vertel hoe sy liefde vir mode-ontwerp sy lewe die afgelope dekade verander het. Byrone was haweloos, verslaaf aan dwelms en deel van ‘n bende. Hy het in 2010 amptelik met sy eie klerereeks begin.
'n Klimatoloog praat oor Storm Eloise se impak, wat later vandeesweek nóg reën oor die sentrale dele van die land gaan veroorsaak. Laingsburg se vloedslagoffers word 40 jaar later onthou. 'n Taxidiens slegs vir vroue trek die aandag op die Kaapse Vlakte.
Twee donkiekareienaars van die Kaapse Vlakte en Genadendal vertel van hulle interaksie met donkies.
In die Program: Die plundering van verskeie kos -en drankwinkels op die Kaapse Vlakte word veroordeel. Wits universiteit gaan oorskakel na 'n afstand- aanlynonderrigstelsel. Die afkeuring van bykomende finansiering beteken die einde van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en aktiviste groepe wil elke dag kos aan 'n duisend kinders op die Kaapse Vlakte verskaf.
Inwoners van die Kaapse Vlakte word geleer om afvalmateriaal in kreatiewe beeldhouwerke te omskep. Die kunswerke word dan tydelik in openbare ruimtes opgerig, om kunswere meer toeganklik en inklusief te maak. 'n Argitektuur-ateljee in Woodstock het die inisiatief begin. Jean Esterhuizen het meer oor die gemeenskapsprojek.
Nagenoeg 2000 mense het op 'n gewelddadige wyse oor die afgelope ses maande op die Kaapse Vlakte gesterf. Die weermag is verlede maand ontplooi om die polisie te ondersteun. Bykans elke naweek begrawe 'n ma haar kind, en die geweld ken geen einde nie. Annelene Moses berig.
Die organisasie Moms Move for Justice hou 'n optog na die Parlement. Een van die moeders van Hanover Park op die Kaapse Vlakte, Avril Andrews, sê ma's kan nie afsluiting kry nie omdat hofsake jare lank sloer. Andrews se seun, Alcardo is in 2015 vermoor en die saak word vandeesmaand weer aangehoor. Sy het aan Annelene Moses gesê sy is nie alleen in haar stryd om geregtigheid nie.
As jy gewonder het hoekom sommige sosiale media-gebruikers hulle profielfoto's na oranje verander het, hier is jou antwoord. Dit het alles begin by 'n jong sosiale media-aktivis, Sherazaad Liesering van Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Liesering sê die oranje kleur en die hutsmerk Justice For The Cape Flats, is in solidariteit met die gemeenskappe van die geweldgeteisterde Kaapse Vlakte.
Die DA verwelkom die ontplooiing van die Weermag op die Kaapse Vlakte, maar wil weet wat die riglyne hiervoor is. Die DA skaduminister van polisie, Andrew Whitfield sê die parlement moet ingelig word oor die doel van die ontplooiing.
Die EFF sê die ontplooiing van die weermag op die Kaapse Vlakte is nie 'n langtermynoplossing nie. 'n Lid van die EFF se sentrale uitvoerende komitee asook LP, Nazier Paulsen, sê dit kan vrede na die geweldgeteisterde gemeenskappe bring. Paulsen maan egter dat dit van korte duur sal wees, indien sosio-ekonomiese omstandighede nie verbeter nie.
'n Besliste plan om 'n oplossing vir die kwessie van bendegeweld te vind sal na verwagting deur die veiligheidsgroepering van die kabinet bespreek word. Ten minste elf mense is die afgelope naweek in Philippi-Oos vermoor. Twee ander is in Hanover Park op die Kaapse Vlakte dood. Anita Visser het met die DA se woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz, en Lucinda Evans, die voorsitter van die Mitchellsplein gemeenskapspolisiëringsforum gepraat. Maar eers, hierdie verslag van Carmel Loggenberg Roberts.
Die gemeenskap van Delft op die Kaapse Vlakte is pal in die nuus vir die verkeerde redes, maar nou is daar goeie nuus. 'n Ma wat aangeneem het dat haar seun dood is nadat hy ses jaar gelede vermis geraak het buite hulle huis, is met hom herenig. Jane en haar seun, Denzil Daniels, het gister in Kaapstad aangekom. Dit is nadat sy na eSwatini moes reis om Denzil terug te bring. Ons Wes-Kaapse korrespondent, Carmel Loggenberg Roberts het meer besonderhede.
MONITOR se kollegas in Kaapstad berig al vir maande lank oor die geweld op die Kaapse Vlakte. Vrydag het ons die nuus gedra dat die Minister van POLISIE, BHEKI CELE, gesê het dat die weermag beslis nie op die vlakte ontplooi gaan word nie, ten spyte van opposisie politici wat glo die weermag is die antwoord op die voortslepende bende en dwelm-verwante geweld, wat maandeliks nuwe lewens eis. Maar wat is die ROL van die weermag en wat DOEN soldate nou eintlik as hul nie op vredes sendings ontplooi word nie? Is dit nie n praktiese idee om hulle dan juis te ontplooi op die VLAKTE waar die polisie klaarblyklik nie in beheer is van die situasie nie? Ons steek vanoggend kers op by Professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit KRYGSKUNDE aan die Universiteit van Stellenbosch:
Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die Freedom Farm-plakkerskamp op die Kaapse Vlakte gaan ervaar. Sy het daar vir Lluwellyn Adams, alombekend as Ten Thousand, en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy sê, 'n living maak. Sy het gehoor van die eina's van die gemeenskap, maar daar is ook 'n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe kruis Haidee se pad met die opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, oftewel Die Shack-bouer. Hy het hom oor die inwoners van Freedom Farm ontferm en uit sy hart, en meestal ook sy eie sak, vir hulle hutte gebou. En, ten spyte van armoede en haglike omstandighede, is hier ook 'n trots wat die harte van Freedom Farm se inwoners weer laat warm klop.
Die taxi-verenigings Cata en Codeta vra dat die voortslepende taxigeweld op die Kaapse Vlakte moet stop. Minstens tien mense meestal taxi bestuurders, is die naweek dood in taxigeweld. Die geweld gaan glo oor taxiroetes tussen Wynberg en Delft. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Donald Grant sê hy oorweeg dit om twee taxiroetes in Delft te sluit weens die voortslepende geweld. J
Sue Pyler en Ettienne Ludick gesels met Irshaad Ally, Monique Rockman en Benjamin Overmeyer oor die rolprent, Nommer 37, wat oorsee opslae maak. Dit fliek bied 'n ander uitbeelding van gangsters en die lewe op die Kaapse Vlakte.
'n Video wat bende-geweld en misdaad op die Kaapse Vlakte uitbeeld het die sosiale media netwerke aan die gons, en die polisie warm onder die kraag. Die video is nie realiteit nie, maar is as soetkoek opgevreet voordat die man wat dit gemaak het verduidelik het waaroor dit gaan. Die minister van polisie is glad nie hiermee ingenome nie.
Deze B-Unlimited-avond wisselde af tussen literatuur, muziek en gesprek. Het ging over Afrikaanse literatuur, vanuit verschillende invalshoeken, met de auteurs die in Nederland gepubliceerd zijn (Ingrid Winterbach en Willem Anker). Andries Bezuidenhout trad op als singer-songwriter, Amy Jephta droeg voor in Kaaps Afrikaans, de taal van de door drugs- en bendegeweld geteisterde Kaapse Vlakte. Rudie van Rensburg vertelde over zijn oeuvre als thrillerschrijver. Suzie Mathola vertelde over haar werk en het Afrikaans-in-Soweto-project.
Ons vier Vrouemaand, en vanoggend fokus ons op Roegshanda Pascoe van die Manenberg Veiligheidsforum. Sy is 'n bekende teen-bendestryder van die Kaapse Vlakte. Die afgelope naweek het sy op Facebook geskryf oor die doodsdreigemente wat sy uit die tronk van bendeleiers ontvang. Heindrich Wyngaard het haar hieroor uitgevra.
Kirvan Fortuin is jong danser en choreograaf, wat in Macassar op die Kaapse Vlakte grootgeword het en wat sy passie as 'n beroep gekies het. Hierdie passie het hom gelei na verhoë, oorsee en plaaslik.
Sue Pyler het op 'n onderneming op die Kaapse Vlakte afgekom wat vir jongmense vaardighede leer oor hoe om tegnologie te gebruik, 'n besigheid te begin en geld reg te bestuur. Dit word as 'n tipe internetkafee bedryf, en dien ook as 'n bymekaarkomplek. Rlabs het reeds 7,5 miljoen mense se lewens geraak. Dit het as 'n droom van Marlon Parker begin…
Nuus van die Kaapse Vlakte in Ghoema-taal
Hierdie besonderse oudbode en fabriekswerker van die Kaapse Vlakte het sy skreeusnaakse gedigte en lewensverhaal in die geselskap van sy hartsmense, met Haidee Muller gedeel.
Abduragman Adams onthou hoe sy beste vriend op elfjarige ouderdom weens bendegeweld doodgeskiet is, en Irshaad Ally was self 'n bendelid toe hy jonger was.Die twee akteurs speel in die rolprent FOUR COURNERS wat op die Kaapse Vlakte verfilm is. Vir hulle is die storie met die werklikheid verweef...
Suid-Afrika steier van die een groot verkragtingskok tot die volgende. Ons het vroeër berig oor die opspraakwekkende saak van 'n negejarige meisie van Delft op die Kaapse Vlakte wat verkrag en daarna aan die brand gesteek is. Kenners is dit eens dat gewelddadige seksuele misdrywe in Suid-Afrika uiters kommerwekkend is.
Terwyl politici weerskante van die politieke draad antwoorde bied vir die bendeprobleem op die Kaapse Vlakte, probeer die inwoners van Manenberg nog vasstel wat die vraag is. Volgens die skoolhoof van Edendale Primêre Skool in Manenberg moet die daar eers na die dieperliggende probleem gedelf word voordat antwoorde opgedis word.
Gemeenskappe in die Wes-Kaap word geteister deur toenemende bendegeweld en dwelmmisbruik. Baie lewe in vrees dat hulle die volgende slagoffer van bendekoeëls sal word, terwyl al hoe meer kinders die stryd teen dwelms verloor. Manenberg op die Kaapse Vlakte beleef al hoe meer skietvoorvalle. Die gebied veg reeds dekades lank teen dwelm en bendebase.
Armoede, verdrukking en oorbevolking. Dis die kenmerke van die lewe op die Kaapse Vlakte die afgelope paar dekades. Ná 1994 het die dwelmbedryf buite beheer geraak en 'n kontantinspuiting gebied aan bendes in beheer van dié bedryf. Dit het dit net makliker gemaak vir bendes om wapens in die hande te kry en nog moeiliker vir die polisie om gesag af te dwing. Inwoners leef in konstante vrees weens bendegevegte. Vanessa Poonah het die strate van een van Kaapstad se mees berugte bendegebiede, met die ironiese naam Lavender Hill, ingevaar en dié verslag saamgestel.