Boots & Alles Podcast

Boots & Alles Podcast

Follow Boots & Alles Podcast
Share on
Copy link to clipboard

Afrikaanse rugby podcast wat gesels oor Springbok rugby en vele meer 🇿🇦 Aandbieders: - Nicolaas Barnard - Andre Huisamen - Daniel Swiegers - Neil Els

Boots & Alles


    • Nov 21, 2024 LATEST EPISODE
    • monthly NEW EPISODES
    • 49m AVG DURATION
    • 28 EPISODES


    Search for episodes from Boots & Alles Podcast with a specific topic:

    Latest episodes from Boots & Alles Podcast

    Boots en Alles - S2 Episode 8 - Ben-Jason Dixon

    Play Episode Listen Later Nov 21, 2024 47:14


    Lekker boys! Ons is terug vir 'n spesiale recording met die Springbok Ben-Jason Dixon voor die naweek se toets teen Wallis in Cardiff. Die manne vra bietjie vir Ben-Jason uit oor sy jaar by die Bokke en al die lesse wat hy daaruit geleer het. Hy gee ook lekker insights oor hoe Rassie Erasmus operate en die presence wat die senior spelers in die groep het. Ons kyk dan vinnig na die Bokspan vir Saterdag en Ben-Jason verduidelik wat ons moontlik van Cameron Hanekom kan verwag op sy debut. Die boys gee ook 'n paar wille predictions vir die game! Dis die laaste Bok game vir die jaar; trek jou Groen en Goud aan en kom luister saam na 'n baie lekker en interessante episode! #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots en Alles - S2 Episode 7 - All Blacks deep dive

    Play Episode Listen Later Sep 6, 2024 50:18


    Dis BokVrydag en die Bok leef behoorlik! Die manne maak gereed vir 'n massive toets in Kaapstad die naweek en praat in diepte oor die Bokke se groot oorwinning op Ellis Park. Ons kyk na 'n paar van die spelers wat uitgestaan het in die game en analiseer ook Rassie se span vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks. Ons is trots om te partner met Brannas Draught vir hierdie episode - luister gerus saam oor hoe jy jou hande op 'n lekker hamper brandy kan kry. #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots & Alles - S2 Episode 6 - All Blacks op Ellis Park Preview

    Play Episode Listen Later Aug 29, 2024 49:22


    Springbokke vs All Blacks op Ellis Park - die epitome van internasionale rugby. Daar is min geleenthede in wêreldrugby so groot so die! In hierdie week se episode van Boots & Alles gesels die manne in diepte saam oor die ongelooflike geskiedenis en respek tussen die twee sterktes rugbylande ooit! Ons kyk na Rassie Erasmus se span vir Saterdag se toets wat 'n nuwe kombinasie op slot het en wat dit gaan vat vir die Bokke om 'n statement-wen te behaal. Ons praat ook oor die unpredictability wat tans in die All Blacks kamp is en die manne gooi elkeen 'n paar moeilike predictions. Kom luister saam! #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots en Alles - Wallabies Debrief

    Play Episode Listen Later Aug 14, 2024 40:59


    Ons nuwe episode is live! Neila skop vir ons af met 'n paar mooi vocals terwyl Stephan Lewies ons weer join op die show die week. Die manne ontleed die Bokke se groot sege op Suncorp teen die Wallabies en kyk na 'n paar van die groot oomblikke van die game. Ons praat ook oor die nuwe Bokspan vir die naweek se toets wat tien veranderinge in hom het en gooi weer 'n paar lekker predictions. Ons eindig af met Lewies wat 'n paar interessante vrae van ons luisteraars beantwoord. Julle wil nie die een mis nie! #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots & Alles - Wallabies Preview met Stephan Lewies

    Play Episode Listen Later Aug 7, 2024 47:19


    Welkom by nog 'n episode van die Boots en Alles Podcast!   Hierdie week kuier ons vriend Stephan Lewies weer op die show en bespreek die manne met groot opwinding die Springbokspan vir Saterdag se eerste Rugby Championship toets teen die Wallabies in Brisbane. Ons klim op die Sacha bandwagon en praat oor als wat ons wil sien van die Bokke teen hierdie nuwe Aussies span. Die manne gooi ook 'n paar interessante predictions. Kom luister saam!   #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots en Alles - Ierland Recap & Portugal Preview

    Play Episode Listen Later Jul 18, 2024 33:31


    In hierdie week se episode unpack die manne die Bokke se teleurstellende nederlaag teen Ierland in Durban en gee elkeen sterk opinies oor waar dinge verkeerd gegaan het teen Andy Farrell se span. Ons preview die naweek se historiese toets in Bloemfontein en kyk bietjie na al die nuwe manne in die Bokspan vir die game teen Portugal. Neila toets ook sommer sy Spaanse/Portugese woordeskat in die proses... #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots en Alles - Ireland Preview 2.0

    Play Episode Listen Later Jul 12, 2024 40:58


    Die manne gesels oor 'n historiese dag op Loftus en bespreek al die belangrike punte van die Bokke se wen oor Ierland in die eerste toets. Dan en Andy deel bietjie hul ervaringe van Pretoria en dan kyk ons na 'n paar van die veranderinge wat Ierland gemaak het vir Saterdag se decider in Durban.   Kom luister saam!   #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots en Alles - Ierland Preview

    Play Episode Listen Later Jul 5, 2024 37:18


    Die manne is terug en ons maak gereed vir 'n massive naweek van Bokrugby in Pretoria. Nick, Neila en Andy bespreek bietjie die Bok en Ierland spanne wat Saterdag mekaar gaan aanpak op Loftus en kyk na 'n paar van die interessante battles wat gaan plaasvind.    #BootsenAlles 

    Boots en Alles | Steven Kitshoff - Chasing the Sun Review

    Play Episode Listen Later Mar 30, 2024 48:04


    Die Boots en Alles podcast is terug vir 'n Seisoen 2 mini series waar ons vir die volgende paar weke Chasing the Sun 2 van SuperSport sal review saam met 'n paar van die Springbokke. Ons het hierdie week die absolute groot voorreg gehad om die legende Steven Kitshoff op die show te hê waar ons bietjie terug gekyk het na die eerste episode van die documentary. Hy deel met ons baie interessante stories van hoe hulle die hele reeks geskiet het, wat Rassie Erasmus so kwaad gemaak het in die kleedkamer en hoe Malcolm Marx beseer geraak het vroeg in verlede jaar se Wêreldbeker.   #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots & Alles - Episode 19 - Back to Back World Champions

    Play Episode Listen Later Nov 3, 2023 38:04


    Wêreldkampioene vir die 4de keer! Die Springbokke het verlede Saterdag al ons drome laat waar word en hul plek in Wêreld Rugby se geskiedenisboeke beklee. Met al die emosies en celebrations van die afgelope week kyk die Boots en Alles manne terug na 'n historiese aand in Paris. Nick deel bietjie sy persoonlike ervaring van hoe dit was om die finaal by te woon, terwyl Dan en Andy ook hul insette oor die game gee. Die manne bespreek dan ook 'n paar belangrike oomblikke van die game en wat die oorwinning vir Suid-Afrikaners beteken het. BokRugby mag wel nou klaar wees maar die celebrations sal nog lank voortduur. Geniet die naweek met 'n lekker episode waar ons debrief oor wat die Bokke sopas bereik het. #BootsenAlles #Skitterend #BackToBack

    Boots & Alles - Episode 18 - RWC Final Preview ft. Willem Alberts

    Play Episode Listen Later Oct 27, 2023 65:20


    Bok Vrydae raak nie groter as hierdie nie en ons begin die naweek met die 18de episode van Boots & Alles. Ons staan op die vooraand van geskiedenis waar Suid-Afrika die eerste land ooit kan word om die Rugby Wêreldbeker vier keer te wen. Met alles op die spel het ons hierdie week die voorreg gehad om die Springbok Willem Alberts op die podcast te hê. Hy gesels lekker saam oor die Bokke se kanse vir Saterdag se final en vertel 'n paar baie snaakse stories vanuit sy plaaslike en Sprinbokloopbaan. Die manne deel ook elkeen hul opinies oor die span vir die game en wat ons kan verwag van die 7-1 split. Kry jou familie en vriende om die vuur, skink die glase en kom luister saam na 'n spesiale episode voor die Bokke weer Wêreldkampioene word. #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack

    Boots& Alles - Episode 17 - World Cup Knockouts

    Play Episode Listen Later Oct 20, 2023 54:02


    Dis Vrydag en die Bokke speel die naweek in 'n Wêreldbeker semi-finaal! Na 'n riller van stryd teen Frankryk, waar party manne eers laat in die bed gekom het, ontleed ons hierdie week hoe die Bokke aan die wen kant van een van die beste quarter-finals nog beland het. Ons vriend Johnny Hubert Meyer kuier weer by ons op die show en praat saam oor al die emosies wat hy tydens die game ervaar het. Nick, Neila en Andy gee elkeen hul opinies oor hoe goed die Bokke in knockout rugby is en kyk ook vinnig na Saterdag se groot game teen Engeland waarvoor Rassie en Jacques presies dieselfde span gekies het. Die Bokkoors is besig om serious momentum te kry en 'n plek in World Cup final is die naweek op die spel. Trek jou Groen & Goud aan en kom luister saam. #BootsenAlles #Skitterend

    Boots & Alles - Episode 16 - Schalk Brits

    Play Episode Listen Later Oct 12, 2023 58:55


    Episode 16 is live en hierdie week het ons die voorreg gehad om die legende Schalk Brits by ons op die show te hê.  'n Groot gees in die rugbywêreld en een van die niceste mense daar buite, Schalk entertain ons met 'n klomp classic stories van sy tyd by die Springbokke en Saracens. Hy deel ook bietjie met ons hoe Rassie Erasmus se kop werk en wat hierdie Bokgroep so spesiaal maak. Neila gooi dan 'n paar sponsorless 'rapid fire' questions sy kant toe om onder andere uit te vind wat sy golf handicap is, wat sy braaibroodjie resep is en hoe hy en Owen Farrell kamermaats was na hul bietjie vuiste geswaai het. Andy en Dan gee dan ook vinnig hulle predictions vir die naweek se World Cup quarter-final games. As jy bietjie wil lag en 'n paar interessante stories wil hoor - kom luister saam. Hierdie episode was 'n spesiale een. #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack  

    Boots & Alles - Episode 15 - RWC Pool Stages

    Play Episode Listen Later Oct 6, 2023 59:16


    Die 15de Episode van Boots en Alles is live en die boys reflect op die Pool stages van die Rugbywêreldbeker. Die manne deel elkeen baie snaakse stories van hul eie ervaringe by die afgelope paar games. Die Bokke het 'n ongelooflike following regoor die wêreld en daar was so ver baie Bokondersteuners in Frankryk gewees - ons het selfs 'n reaksie uit Rory McIlroy oor die Bokke by verlede naweek se Ryder Cup gekry. En moet ook nie 'n Bokondersteuner se commitment aan Brandy in die buiteland onderskat nie. Die manne kyk dan ook na die span se performance teen Tonga en wie moontlik die quarterfinals gaan haal met Ierland en Skotland was nog Saterdagaand teen mekaar speel. Daar is geen Bokrugby die naweek nie so kom luister saam na 'n paar baie interessante stories van die Wêreldbeker. #BootsenAlles #Skitterend 

    Boots & Alles - Episode 14 - Stephan Lewies

    Play Episode Listen Later Sep 28, 2023 51:57


    Episode 14 is Live!  Stephan Lewies join die paneel saam met Neil en Nicolaas. Andy en Dan is bietjie op vakansie en hou die biere koud. Die manne gaan in diepte oor Saterdag se wedstryd teen Ierland en gee hulle opinies oor waar die coaches dit dalk takties verkeerd gekry het. Dit gesê, wat ‘n ongelooflike wedstryd was dit en Nicolaas praat bietjie oor die atmosfeer. Ons bespreek ook watter tipe Handre Pollard moontlik gaan opdaag Sondag teen Tonga en kyk na die span in meer detail. Kom luister saam terwyl ons reg maak vir 'n groot naweek van Bokrugby. Bonus punt is belangrik.

    Boots & Alles - Episode 13 - Ireland Preview

    Play Episode Listen Later Sep 22, 2023 42:57


    Dis BokVrydag en Episode 13 is Live! Saterdag pak die Bokke die Iere in a massive World Cup game en die manne sit al hul fokus op ons kan verwag. Neila gee vinnig sy insette oor wat Handré Pollard se insluiting vir Manie Libbok beteken terwyl Andy bietjie praat oor die groot reaksie tot die Bokke se 7-1 split op die bench. Dan deel met ons hoe die vibe in Frankryk is op die oomblik; hy en Nick kyk Saterdagaand die game live in Paris. Kom luister saam terwyl ons reg maak vir 'n groot naweek van Bokrugby! #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack

    Boots & Alles - Episode 12 - John-Hubert Meyer

    Play Episode Listen Later Sep 14, 2023 50:53


    Episode 12 is live en die manne unpack die Rugbywêreldbeker wat nou volstoom aan die gang is! Voormalige Sharks-stut en goeie vriend van die Boots & Alles Podcast, Johnny Meyer, kuier by ons op die show en chat bietjie saam oor alles wat die eerste naweek in Frankryk gebeur het. Hy deel ook bietjie van sy persoonlike ervaringe tydens sy tyd in Durban en Béziers. Met die Bokke wat Sondag teen Romania speel en die groot nuus dat Malcolm Marx beseer is, gee die boys hul opinies oor die span en verwag hulle klomp drieë in Bordeaux. Skink vir jou 'n koffie of 'n dop en kom luister saam na nog 'n lekker episode van Boots & Alles. #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack

    Boots & Alles - Episode 11 - World Cup Special

    Play Episode Listen Later Sep 7, 2023 59:35


    2023 RUGBYWÊRELDBEKER! Vir Kitch, vir Kraaifontein, vir Schalla, vir AFFIES. For those who came before us. For Bethlehem and for the Bomb Squad. Vir die Kranse and for the call. Vir Loftus, vir Bloem. For Crowded House and College Road. Vir die laaities met die hot step. Vir Os, vir Beast en vir Bakkies. For KES boys. Vir die Strand honde. Vir James Small, Chester Williams en Joost. For Ian Mac. Vir Bredasdorp en vir die hele Karoo. For my country. Mzansi! Ons dedicate hierdie episode aan die Springbokspan in Frankryk.  Soos Bongi altyd sê: "Dis tyd om die honde los te maak" #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack 

    Boots & Alles - Episode 10 - Robert Du Preez

    Play Episode Listen Later Aug 31, 2023 54:48


    Die 10de episode van Boots & Alles is uit en ons celebrate 'n bekende sege oor die All Blacks met Rob du Preez as gasspreker. Nick, Dan, Neila en Andy praat oor hoe beïndruk hulle was met die Bokke se vertoning op Twickenham en die manne deel ook hoe ongelooflik die experience was om die game live te kyk. Rob du Preez gee sy insette oor die Bokke se besluit om 'n 7-1 split op die bank te kies en die reaksie wat dit hierdie week in die rugbywêreld ontlok het. Verder vertel hy bietjie vir ons van sy lewe by Sale Sharks en deel 'n paar lekker stories uit Engeland. Kom luister saam terwyl ons gereed maak vir Wêreldbeker wat nou slegs een week weg is.  #BootsenAlles #Skitterend    

    Boots & Alles - Episode 9 - Neethling Fouché

    Play Episode Listen Later Aug 23, 2023 51:04


    Ons 9de episode is live en die manne maak gereed vir die groot toets op Twickenham Vrydag teen die All Blacks. Die Stormers-stut Neethling Fouché kuier bietjie saam met ons op die show en dit raak duidelik hoekom hy so 'n goeie storieverteller is. Hy deel bietjie insights van hoe dit is om saam (of teen) ouens soos Steven Kitshoff en Frans Malherbe te speel en vertel die mooi storie van wat dit vir hom en sy familie beteken om vir die WP te speel. Nick, Neil, Dan & Andy kyk dan na die Springbokspan vir Vrydag met 'n paar van die Boots & Alles manne wat self op Twickenham gaan wees vir game. Kan die Bokke hul momentum behou na 'n groot sege oor Wallis? Bokkoors loop blykbaar hoog in London die week so kom luister saam in voorbereiding vir Vrydag. #BootsenAlles #Skitterend  

    Boots & Alles - Episode 8 - Wales Preview

    Play Episode Listen Later Aug 17, 2023 45:32


    Episode 8 van Boots & Alles is live en ons het 'n full-house van aanbieders wat saamgesels!  Die manne maak dit duidelik wat hulle persoonlik van Owen Farrell dink na al hierdie week se kontroversie rondom die Engelandkaptein en bespreek die Springbokspan vir Saterdag se toets teen Wallis op die Millennium Stadium. Ons kyk na 'n paar belangrike selections, onder andere Siya Kolisi, Jaden Hendrikse en Ox Nche wat terug is in die Bok setup, asook RG Snyman wat 'n well-deserved start kry. Dan, Andy, Neil en Nick gee dan hul predictions vir die game en praat bietjie oor wat ons moontlik kan verwag van Warren Gatland se span. Dis die Bokke se tweede laaste warm-up game voor die World Cup begin so kry vir jou 'n bier en kom luister saam. #BootsenAlles #Skitterend

    Boots en Alles - Episode 7 - World Cup Squad

    Play Episode Listen Later Aug 10, 2023 42:40


    Boots & Alles - Episode 6 - Rugby Champs Review

    Play Episode Listen Later Aug 3, 2023 47:43


    Ons 6de episode is live en die manne lewer sterk opinies! Ons kyk terug op die Rugby Championship en verlede naweek se performance teen Argentinië, en voer 'n redelike heated debate oor waar die Springbokke tans staan. Die manne analiseer die span vir Saterdag se game in Buenos Aires en wat ons moontlik kan verwag van die Argentyne. Andy, Nick, Dan en Neila stamp dan bietjie kop oor die Springbokke se reliance om utility spelers te kies en wat dit beteken voor die Rugby World Cup squad volgende week aangekondig word. Watse spelers los jy uit en wie verdien om Frankryk toe te gaan? Skink maar vir jou iets sterks en kom luister saam na die week se episode - Bokrugby is besig om ernstig te word.   

    Boots & Alles - Episode 5 - Stephan Lewies

    Play Episode Listen Later Jul 27, 2023 50:32


    Episode 5 is live! Die Springbok en Harlequins-kaptein Stephan Lewies gesels bietjie hierdie week met ons op die podcast. Hy deel ‘n paar classic stories van sy tyd in Engeland en vertel hoe Joe Marler perongeluk in ‘n Covid Testing Centre op Twickenham Stoop geslaap het die aand wat Quins die Gallagher gewen het. Hy deel ook hoe incredible sy Springbok debut was in 2014. Nick, Andy en Dan kyk dan bietjie na Springbokspan vir Saterdag se toets teen Argentinië en gee elkeen hul predictions vir die game. Sit maar solank jou bier op ys vir die naweek en kom luister saam na ‘n baie snaakse episode.

    Boots & Alles - Episode 4 - Jean Kleyn

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2023 48:50


    Episode 4 is live en dis 'n massive een! Hierdie week kuier die Springbokslot Jean Kleyn by ons op die show. Hy vertel hoe 'n oproep van Rassie Erasmus hom weer by die Springbokke beland het en hoe ongelooflik die afgelope paar maande vir hom was met al die emosies wat hy ervaar het toe hy sy debut teen die Wallabies op Loftus gemaak het. Hy verduidelik ook wie vir hom daai blou oog in oefening gegee het. Andy, Dan en Nick reflect dan oor die Bokke se teleurstelling teen die All Blacks en Neil vertel vir ons hoe spesiaal dit was om die game live in Auckland te kyk. Deel die Podcast met jou vriende en familie - julle wil nie hierdie episode mis nie.  

    Boots & Alles - Episode 3 - Andre Esterhuizen

    Play Episode Listen Later Jul 14, 2023 50:15


    Episode 3 Hierdie week kuier die Springboksenter André Estherhuizen saam op die show en vertel vir ons uit New Zealand uit wat alles in die Bokkamp aan die gang is voor Saterdag se groot toets teen die All Blacks. Hy beantwoord ook 'n paar interessante vrae wat deur van ons followers op Instagram gestuur is. Nick, Dan en Andy bespreek dan die Springbokspan vir die game en Neil vertel vir ons bietjie van hoe die vibe in Auckland lyk. Dis Bok Vrydag - trek jou Groen en Goud trui aan en kom luister saam na nog 'n episode van Boots & Alles #BootsenAlles #Skitterend #DraDieDing

    Boots & Alles - Episode 2 - Evan Roos

    Play Episode Listen Later Jul 5, 2023 60:18


    Die manne is almal terug vir Episode 2 van Boots & Alles Hierdie week het ons vir Evan Roos op die show wat vir ons bietjie insights gee oor hoe 'n toetsweek lyk en wat hy dink van die nuwe Springbok-Nike trui. Nick, Andy, Dan en Neil bespreek die Springbokke se span vir Saterdag se Rugby Championship opener teen Australia op Loftus en gee hul voorspellings vir die game, asook wat ons moontlik kan verwag van Eddie Jones se span. Gryp jou bier uit die yskas en kom luister saam, want Bokrugby is amptelik terug

    Boots & Alles - Episode 1 - Launch

    Play Episode Listen Later Jun 29, 2023 55:08


    Welkom by die heel eerste episode van die Boots & Alles podcast! Ons skop af met 'n vinnige bekendstelling van al ons aanbieders en verskaf bietjie konteks vir hoe hierdie podcast op die been gebring is. Die Cheetahspeler Reinhardt Fortuin is ons eerste gas op die show en vertel ons bietjie van al die feesvieringe in Bloemfontein na die naweek se Curriebekereindstryd. Ons sluit dan af met 'n analise van die Springbokke se Rugby Championship squad en wat ons moontlik kan verwag in die wedstryde teen Australia en New Zealand. Sit terug en geniet hierdie podcast saam met ons. Gesels ook saam op ons sosiale media platforms!

    Claim Boots & Alles Podcast

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel