POPULARITY
Adv. Annamarie van der Merwe – uitvoerende voorsitter: FluidRock Governance Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Gesondheid en Maatskaplike Welsyn is in die Ohangwena-streek op soek na antwoorde oor waarom tienerswangerskappe hoog bly ten spyte van adolessente-gesondheidsprogramme. Die komitee word ingelig oor jongmense se toegang tot gesinsbeplanningsdienste, MIV-voorkoming en reproduktiewe gesondheidsorg. Verpleegster-in-Beheer by die Ohangwena-kliniek in Omafo, Frieda Shikongo, sê die fasiliteit staar volgehoue tekorte aan geboortebeperkingsvoorrade, insluitend kondome, in die gesig.
17 Julie 2026: Die Openbare Beskermer bevind dat munisipale owerhede in Gauteng se beheer oor spazawinkels ontoereikend is - dit is nadat ses kinders in Oktober 2024 in Soweto dood is. Ons praat met 'n regskenner oor sieknotas. Die vierde beraad van die Suid-Afrika/Namibië Bi-nasionale Kommissie vind plaas.
Pensioenfonds BpfBouw staat op het punt van beheerder te wisselen. Het gaat om veel geld: €70 mrd aan pensioenvermogen. Meerdere kanshebbers zijn afgevallen, het lijkt erop dat er nog twee partijen in de race zijn. Wat staat er op het spel, en waarom is de uiteindelijke keuze zo belangrijk voor de pensioenen van bouwvakkers? Redacteur pensioenfondsen Maaike Noordhuis vertelt erover. Lees: MN en Goldman Sachs vallen af in de race om pensioenmiljarden BpfBouw Er komt minder geld binnen bij exportkredietverzekeraar Atradius Dutch State Business. De premie-inkomsten waren in 2025 nog slechts een fractie van vijf jaar eerder. Sinds 2023 financiert ADSB op verzoek van de politiek geen fossiele projecten meer, wat voor minder inkomsten zorgt. De topman blijft optimistisch. Collega Thom Degreef interviewde hem en legt uit waar dit optimisme vandaan komt. Lees: De verzekeraar van de bv Nederland zit in een dip, maar de topman maakt zich geen zorgen Cijfers van de Amerikaanse chipmaker Micron stelden beleggers gerust in een week waarin chipaandelen in de verkoop gingen. Micron verwacht dat de vraag naar geheugenchips ten minste tot 2028 groter blijft dan het aanbod en heeft voor miljarden aan langlopende contracten afgesloten. Aanjager is de sterke vraag naar AI-chips. De cijfers voeden het vertrouwen dat chipaandelen opnieuw sterk zullen stijgen. Collega Felice de Man vertelt over het goede nieuws voor Micron. Lees: Micron herstelt vertrouwen in AI-chipmarkt met onverzadigbare vraag Redactie en montage: Sophia Wouda, Hanna van Spijk en Nelleke van der Heiden Presentatie: Nelleke van der HeidenSee omnystudio.com/listener for privacy information.
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering ignoreer nie immigrasie-kwessies nie, maar is stewig in beheer van die uitdagings. Die tussen-ministeriële komitee op Migrasie, wat president Cyril Ramaphosa gestig het, gee besonderhede oor maatreëls om migrasie-uitdagings te pak te midde van voortgesette betogings teen onwettige immigrante in dele van die land. Kubayi sê die Grensbestuursowerheid het sekerheidsmaatreëls verskerp op alle land-, lug- en see-grensposte:
Deze week wordt stellair, met de grootste beursgang aller tijden! SpaceX, het ruimtevaart- en AI-bedrijf van Elon Musk, trekt vrijdag tegen een start waardering van meer dan 1700 miljard dollar naar de beurs. Een kleine stap voor de mens in Musk, een reuzensprong voor de kleine belegger?Centrale gast deze week is Tristan De Blick. Met zijn 29 jaar nog piepjong, en toch al oprichter van zijn eigen beleggingsfonds De Blick Capital én, academisch directeur van de Antwerp Management School. Luisteraar Sil heeft een vraag rond hype en momentum: wanneer stap je in, en wanneer stap je uit? Ontdek het in de nieuwste aflevering van De Beursvoyeurs! Heb je zelf een vraag voor De Beursvoyeurs of wil je je graag kandidaat stellen als superfan? Mail naar podcast@tijd.be! Host: Tomas De Soete Gasten: Tristan De Blick, Simon Renty en Ellen Vermorgen Redactie en productie: Karel Dierickx en Anne-Sophie MoermanSee omnystudio.com/listener for privacy information.
President Cyril Ramaphosa sê onwettige migrasie, indien dit nie beheer word nie, hou 'n risiko in vir Suid-Afrika se veiligheid, bestendigheid en ekonomiese vooruitgang. Hy het gister die nasie toegespreek oor die regering se benadering tot onwettige migrasie en die onlangse toename in protesoptogte teen buitelandse burgers. Ramaphosa sê die regering erken die uitdagings wat burgers in die gesig staar, insluitend hoë vlakke van werkloosheid, armoede en onvoldoende toegang tot geleenthede. Hy sê frustrasie kan maklik gerig word op diegene wat as mededingers vir werk en hulpbronne beskou word:
Send us Fan MailPsalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die ligte midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV) Vind jy ook dat mense al hoe meer gewetenloos word? Hoe gereeld sien jy groot finansieringsinstellings, soos banke, wat hulself met warm, gesinsvriendelike advertensies uitbeeld om nuwe kliënte te lok? Maar wat gebeur, die eerste keer wat iemand sukkel om hul terugbetalings op hul huis te maak? Hulle verkoop die huis onder hulle uit. En ons weet, dis nie net die banke wat skuldig is nie.Kom ons praat van 'n groot gewetenlose bedryf waar die slim ouens al die slenters en slagysters ken om die gewone ou mee te verlei. Rentekoerse is baie hoog, kontrakte is noukeurig en waterdig opgestel; en pasop - die fynskrif is waar hulle werklike wins lê.Maar dan is daar een firma wat anders werk. Hulle verhoog nie rentekoerse op kwesbare kliënte se lenings nie. Hulle plaas nie onnodige druk op die klein outjie nie. In plaas daarvan, bied hulle billike terme. Hulle gee genade as dit moet, en ly af en toe self verlies. Hulle kliënte vertrou hulle.Die ander ouens in die bedryf lag hulle uit en sê: Kyk maar, sulke ouens speel voor jy jou oë kan uitvee, bankrot. Maar dan kom die gevreesde ineenstorting. Markte val. Krediet droog op. Kliënte kan nie hulle verpligtinge nakom nie. En die bloedsuiers? Hulle is paniekerig. Elkeen is besig om sy eie bas te red – hulle dagvaar; hulle spook; hulle stort in duie.Maar hier is die verrassing - daardie een firma na wie daar so minagtend gekyk is! Die een wat genade betoon het! Dis die een na wie kliënte hardloop. Want in die donker onthou mense wie die lig gehad het.Psalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV)Ja, ons weet dat dinge soms moeilik is. En die versoeking is altyd daar om eerste jou eie nes reg te skrop; om daardie maklike wit leuen te vertel. Hoekom nie? Wie gaan dit agterkom?Maar wat ook al jou omstandighede is, wat ook al jou rol is, bestuur jou sake met integriteit, want ... Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is tans geen teken van ʼn groter hantavirus-uitbreking nie. Die situasie kan egter verander weens die virus se lang ontkiemingstyd. Die WGO het tot dusver nege gevalle van die virus bevestig nadat mense die MV Hondius-passasierskip verlaat het. Drie mense wat op die skip was, is dood. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daar kan in die komende weke meer gevalle wees:
Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro, gesels oor die oorname van Mediclinic. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Ware Karakter Van God - Deel 2 - Is God In Beheer Van Alles? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Die DA sê president Cyril Ramaphosa moet dringend bepaal of die huidige samestelling en leierskap van die komitee vir die beheer van konvensionele wapens bevoeg is om hul statutêre en grondwetlike verpligtinge na te kom. Volgens die party volg hulle versoek na voortslepende bestuursmislukkings. Die komitee het in 2025 slegs sewe keer vergader. Chris Hattingh van die DA sê ʼn statutêre komitee wat vertrou word met die regulering van ʼn uitvoersektor wat ʼn multimiljard-rand beloop, kan nie vir ʼn kwart van die jaar net verdwyn nie:
Send a textJosua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. Was jy al ooit so bang dat dit jou gekeer het om die regte ding te doen? Daardie ding wat jy geweet het jy behoort te doen? Of, miskien was jy te versigtig om die regte ding te doen. Omdat ek al in so ‘n situasie was, en die skaamte en teleurstelling beleef het, weet ek dat ons elkeen hoop dat ons volgende keer 'n bietjie meer moed aan die dag sal lê.Toe God uit die brandende bos vir Moses opdrag gegee het om terug te gaan na Egipte, het hy in plaas daarvan om dadelik in te stem, met God geargumenteer; want hy was bang. Moses het gevrees dat die Israeliete hom sal verwerp; dat hulle nie na hom sal luister nie en nie sal glo dat God hom gestuur het nie.Ten spyte van Moses se aanvanklike huiwering en vrees, het God met geduld en gerusstelling gereageer. God het beloof dat Hy by Moses sal wees; Hy het wonderbaarlike tekens gedoen om Moses te oortuig; en Hy het praktiese hulp aangebied in die vorm van Moses se broer, Aäron, om namens hom te praat. Moses het uiteindelik gehoorsaam; sy vrese in die gesig gestaar; en voortgegaan om sy roeping as leier, wat sy volk uit Egipte moet lei, te vervul.Na Moses se dood moes Josua die Israeliete die Beloofde Land inlei. Dit was 'n baie gevaarlike situasie, want die land was vol van vyandige heidense nasies in die gebied wat hulle moes inneem. Die toekoms van Israel het in die weegskaal gehang. Toe sê God vir hom …Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.En dis hoe God werk. Wanneer God jou roep om dít te doen waarvoor Hy jou geroep het, en jy gehoorsaam, sal Hy met jou wees waar jy ook al gaan. Moenie in vrees terugdeins nie. Moenie toelaat dat vrees jou terughou van dít wat goed is, en van dít wat reg is nie. Moenie toelaat dat vrees die besluite in jou lewe neem nie.Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die toekoms van kunsmatige intelligensie kan nie in die hande van 'n paar lande of die giere van 'n paar miljardêrs oorgelaat word nie. Hy het op die KI-beraad in Nieu-Delhi, Indië, gepraat oor die begin van 'n nuwe era waarin KI die menslike beskawing ingrypend kan verander. Guterres is bekommer oor negatiewe gevolge indien KI-groei nie beheer word nie:
Die DA in Gauteng is bekommerd oor die gebrek aan planne om die uitbreking van bek-en-klouseer in die provinsie te bestry. Die party sê hy het verskeie ernstige tekortkominge geïdentifiseer in die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se jongste aanbieding oor die bestuur van die siekte. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê volgens die departement se eie syfers is daar honderde uitbrekings in Gauteng:
Wat komt erbij kijken als je een landgoed in bezit hebt? Hoe beheer je dat en zorg je ervoor dat het ook nog economisch rendabel is? Margje Fikse gaat erover in gesprek met Liesbeth Cremers, zij is mede-eigenaar van Landgoed Vilsteren.
Nick Serfontein, voorsitter van Sernick, bespreek die bek-en-klouseer, die hantering daarvan en die impak op boere. Volg RSG Geldsake op Twitter
Kry die nuus soos dit breek.
Die bek-en-klouseer-uitbraak in Suid-Afrika toon geen teken van afname nie, met 274 gevalle wat steeds landwyd onopgelos is. Terwyl die land 'n landwye inentingsveldtog vir sy 7,2 miljoen beeste van stapel stuur, wys die plaaslike landboukundige Wallie Roux daarop dat Suid-Afrika lank sukkel om doeltreffende beheermaatreëls soortgelyk aan dié wat in Namibië gebruik word, te implementeer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit grootliks te wyte is aan die land se vroeë gebrek aan belangstelling in vleisuitvoere.
⚜️ Bestel hier je tickets voor 9 dec: https://www.goldrepublic.com/thefutureofgoldIn deze bijzondere jubileumaflevering duiken we diep in het verhaal achter 15 jaar GoldRepublic. Marleen Everts deelt openhartig hoe een onzekere periode, een fietstocht langs de Amstel en pure vastberadenheid leidden tot het bouwen van een platform dat uitgroeide tot meer dan €1,1 miljard aan edelmetaal.Van technische crisismomenten, persoonlijke uitdagingen, groei, cultuur en de kracht van een hecht team — dit is het eerlijke, ongefilterde verhaal achter een van de meest opvallende ondernemingen in de Nederlandse goudmarkt.Een inspirerend gesprek over ondernemerschap, leiderschap, geopolitiek, crisisbestendigheid en de toekomst van fysiek goud.⚜️ Open nu een account bij GoldRepublic:
Reaksie word ontvang op die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet wat beheer oor Namibië se olie- en gassektor te sentraliseer onder die president. Die stap is daarop gemik om besluite te versnel en 'n toegewyde regulatoriese eenheid vir die stroomop-bedryf in die Presidensie te vestig. Die eenheid sal ‘n direkteur-generaal hê en alle besluite sal berus by hom of haar. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat, Graham Hopwood wat sê die tekens was daar dat sy dit sou doen. Hy sê verder hy glo president Netumbo Nandi-Ndaitwah se bedoeling is goed maar kan wel in die toekoms deur toekomstige presidente misbruik word.
Die PDM-parlementslid Winnie Moongo het strenger beheer oor taxi-registrasie aangevra te midde van toenemende rooftogte en aanvalle in Namibië wat voertuie met vals of gekloonde nommerplate betrek. Moongo het vanmiddag in die Nasionale Vergadering 'n beroep gedoen op strenger toesig om die onwettige duplisering en verkoop van nommerplate en taxi-identifikasie te bekamp, en het die vervoerministerie versoek om dringende maatreëls te implementeer om die publiek se vertroue in die voertuigregistrasiestelsel te herstel.
Die mynbou-ontleder Dawid van Wyk bespreek Botswana se planne om beheer oor De Beers-aandele te verkry. Volg RSG Geldsake op Twitter
Jan van Niekerk, finansiële direkteur van Goldrush, deel sy insigte oor die skerp toename in die gewildheid van dobbelary in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
Er zijn alsmaar meer family offices die het vermogen van rijke families helpen investeren. Het gaat om 40 miljard euro aan activa in België. Reden genoeg om ons oor te luisteren te leggen bij Patrick Claerhout van Trends. In Trends podcasts vind je alle podcasts van Trends en Trends Z, netjes geordend volgens publicatie. De redactie van Trends brengt u verschillende podcasts over wat onze wereld en maatschappij beheerst. Vanuit diverse invalshoeken en met een uitgesproken focus op economie en ondernemingen, op business, personal finance en beleggen. Onafhankelijk, relevant, telkens constructief en toekomstgericht. Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
Hendrik du Toit – uitvoerende hoof, Ninety One & Herman Bester – sakereddingspraktisyn, Tygerberg Trustees. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die staat se gebrekkige vermoë om die bek-en-klouseer-uitbreking doeltreffend te beheer. Die siekte is in minstens vier provinsies aangemeld. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê die beweging van lewende hawe sonder behoorlike beheermaatreëls vererger die situasie terwyl ekonomiese druk op boere toeneem. Hy sê die huidige regulatoriese raamwerk verhoed die privaat sektor om betrokke te raak by die vervaardiging en verspreiding van entstowwe:
Cosatu versoek die parlement om die Wet op die Beheer van Tabak en Elektroniese Afleweringstelsels te versterk. Die vakbond sê hy sal verseker amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Polisie, die Valke en Staatsveiligheid is opgelei en toegerus om die oorlog teen onwettige handel te wen. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die vakbond het ook die Parlement se portefeuljekomitees vir Gesondheid en Finansies aangespoor om gereelde toesigvergaderings te hou:
Corné Welman, welvaartbeplanner by Portfolium, gesels oor die belangrikheid daarvan dat vroue beheer oor hul finansies neem. Volg RSG Geldsake op Twitter
Brandbestryders van die omgewingsministerie en die weermag is op die toneel suidwes van Okaukuejo waar ‘n brand oornag van Mooiplaas aangrensend aan die park ontstaan het. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndeshipanda Hamunyela, die omgewingministerie se woordvoerder gepraat.
Die DA in Gauteng sê hy is bekommerd dat groepe wat teen migrante gekant is soos Operasie Dudula en March and March toenemend beheer verkry oor verskeie hospitale en klinieke in die provinsie. Die party sê dit is onwettig en plaaslike sekerheidswagte, misdaadbewaarders en polisie moet ingryp. Jack Bloom van die DA sê hy is by ‘n kliniek in die ooste van Johannesburg voorgekeer deur sogenaamde gemeenskapsaktiviste en vir sy ID gevra:
Die landbou-organisasie TLU SA sê bek-en-klouseer is buite beheer in Suid-Afrika en die regering moet hulpbronne ontplooi om die uitbreking te bekamp. Die organisasie sê hoewel daar in sekere provinsies met inentings begin is, word nuwe gevalle steeds op sommige plase aangemeld. Bennie van Zyl van TLU SA sê dis noodsaaklik dat streng biosekerheidsmaatreëls afgedwing word op plase waar die siekte voorkom:
Maatskaplike welsyn-minister Emma Kantema het 'n video op sosiale media veroordeel waar 'n man gesien word hoe hy 'n jong meisie, vermoedelik sy dogtertjie, dwing om 'n hookah-pyp te rook. Die polisie ondersoek twee klagte, van oortreding van die Wet op Kindersorg en Beskerming, asook van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Die voorval het na bewering op Saterdag, 14 Junie in 8ste Laan in Otjimuise plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die woordvoerder van die LPM se jeugvleuel, William Minnie.
Die onwettige vang van sardyne het in weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat die landbouministerie onlangs 'n verklaring oor die kwessie gelewer het. Volgens omgewingminister Indileni Daniel word geen sardyne wettig gevang nie weens die moratorium daarop om die bevolking te laat herstel. Sy sê die regering werk daaraan om onwettige vissers aan te keer. Sy het ook verwys na kommer oor toenemende byvangste van sardyne.
Die regering sê die aankoms van entstof om die hardnekkige bek-en-klouseersiekte te bestry sal help teen die verspreiding van die siekte en biosekuriteit verbeter. Altesaam 900 000 entstofampules wat van die Botswana Entstofinstituut verkry is, het verlede week in die land aangekom. Die siekte is in KwaZulu-Natal aangemeld wat die ergste geraak is, asook Gauteng, Noordwes en Mpumalanga. 'n Regeringswoordvoerder, Kgomotso Ranoto sê inenting en die plasing van besmette eiendomme onder kwarantyn het begin:
Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, gesels oor die werkloosheidskoers en sê die grootste werksverliese was in die konstruksie- en handelsbedrywe. Volg RSG Geldsake op Twitter
Vandag is Wêreld-Chagas-siektedag, met die fokus op die tema: 'Voorkom, Beheer, Versorg: Almal se Rol in Chagas-siekte. Chagas-siekte, wat dikwels die 'stil siekte' genoem word, raak ongeveer sewe miljoen mense wêreldwyd, met meer as tien duisend sterftes jaarliks. Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, het die belangrikheid van vroeë opsporing en behandeling van hierdie tropiese siekte beklemtoon om ernstige hart- en spysverteringskomplikasies te voorkom:
Die onderwysersunie, Sadou, sê onafhanklike opvoedkundige instellings se skole moet aanspreeklik bly teenoor die staat, leerders en ouers. Dit kom ná 'n verkragtingsvoorval van 'n sewejarige graad 1-leerder by die Bergville Kollege in Matatiele, in die Oos-Kaap, in Oktober verlede jaar. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi sê die indiensneming van onderwysers en personeel by privaat instansies moet ooreenstem met openbare skole se beleid, insluitend verpligte vergelyking van name met die Nasionale Register van Seksoortreders:
Die presidensie het politieke groepe gewaarsku teen optrede wat diplomatieke spanning met die VSA kan vererger oor die terugkeer van ambassadeur Ebrahim Rasool. Hy dring aan op selfbeheersing in beplande verwelkomingsaamtrekke, en beklemtoon die noodsaak om verhoudings versigtig te bestuur. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het tydens 'n media-inligtingsessie die regering se verbintenis tot diplomatieke skakeling herbevestig ten einde verdere spanning te voorkom.
Die Namibiese druiwebedryf maak staat op water van die Oranje-rivier maar volgens die nuutste hidrologiese bulletin van die week vertoon die Oranje-rivier vlakke van Blouputs en Sendelingsdrif redelik swak. Die vlakke staan tans onderskeidelik op minder as 0,34 en 0,19 meter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hoof hidroloog van die Namibiese Hidrologiesedienste. Sy sê Suid-Afrika beheer die vloei.
Onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, bespreek Suid-Afrika se inflasiesyfer en die hoofredes wat moontlik tot 'n verlaging in rentekoerse kan lei. Volg RSG Geldsake op Twitter
AfriForum moedig die Suid-Afrikaanse Grensbestuursowerheid en wetstoepassingsagentskappe aan om pogings te verskerp teen mense wat die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika onwettig oorsteek. Mosambiek loop deur onder geweld en ontwrigtende betogings ná sy omstrede verkiesing in Oktober verlede jaar. Jacques Broodryk van AfriForum sê Suid-Afrika moet ʼn veelvlakkige benadering toepas om die krisis te hanteer. Dit sluit in dat sekerheid by alle grensposte verskerp word.
What's your horse name? In this episode, Al baits Dee with horses and pulls the ol' switcheroo to talk about the history of the pension and how it's all fucked up now. Plus, a lot of really silly stuff about horses. Like, a lot. Sorry about that. Main Ad: https://www.youtube.com/watch?v=_uQOchrK7NA Local Ad: https://www.youtube.com/watch?v=O46ealsqlDs Sources: https://www.adcreeps.gay/sources-1/419-cbhorse
Cosatu verwelkom die indiening van die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Beheer oor Elektroniese Leweringstelsels by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac. Dit volg na toenemende druk van die sakesektor, arbeid en verskeie partye in die regering van nasionale eenheid. Matthew Parks van Cosatu sê dit is 'n belangrike wetsontwerp om die regering se vermoë te versterk om 'n bedreiging vir openbare gesondheid te bestuur.
Demokraat Kamala Harris het haar veldtog vir die Amerikaanse presidensie in Philadelphia ook in Pennsilvanië soos Donald Trump, afgesluit. Amerikaners stem vandag. Oprah Winfrey het net voor Harris gepraat en die skare aangemoedig om hulle stemme uit te bring.
Namibië se ekonomie het in die tweede kwartaal met 3,5 persent gegroei, maar staar verskeie uitdagings in die gesig. Droogtetoestande sal nog vir 'n wyle 'n rol speel en daar word laer vraag verwag in die uraan- en diamantmynsektore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, wat kommentaar lewer op die sektore.
Die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge vra streng stelsels en interne beheer in die Gesondheid- en Justisie-departement om die staat teen bedrieglike regsfirmas te beskerm. Die Spesiale Ondersoekeenheid het onthul hy het voorkom dat die staat 3 miljard Suid-Afrikaanse rand aan bedrieglike mediese regseise verloor. Skoor se voorsitter, Songezo Zibi, sê dis ook belangrik om kennis te neem van baie geldige eise wat behoorlik verwerk moet word:
Die minister van Elektrisiteit en Energie Kgosientsho Ramokgopa het voortgesette samewerking bevestig met SALGA en munisipaliteite om 'n robuuste elektrisiteitsprysplan te ontwikkel. Ramokgopa het Suid-Afrikaners verseker van sy toewyding aan die vind van 'n oplossing vir die stygende koste van elektrisiteit. Hy beklemtoon die belangrikheid van samewerking met Nersa om verbruikers te beskerm, onder wie armes en gemarginaliseerdes, terwyl bekostigbaarheid en mededingendheid behou word:
Build One South Africa sê die regering van nasionale eenheid het ʼn onbedoelde gevolg wat die Parlement se aanspreeklikheidsrol verswak. Tans is 70-persent van die Parlement deel van die regering van nasionale eenheid en een uit elke vyf parlementslede is ministers of adjunkministers. BOSA se onderleier, Nobuntu Hlazo-Webster, sê die regering moenie aanspreeklikheid opoffer vir eenheid in die regering nie: