POPULARITY
Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete sal die naweek aan die 54ste Twee Oseane-marathon deelneem. Saterdag se ultra-marathon strek oor 56 kilometer van Nuweland tot by die Universiteit van Kaapstad aan die voet van Tafelberg. Die half-marathon van 21,1 kilometer vind Sondag plaas. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê 89 lande sal verteenwoordig word.
Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, sê iets is besig om te gebeur. Suid-Afrika het Pakistan met tien paaltjies afgeransel om die tweede toets op Nuweland in Kaapstad te wen en die reeks met twee-nul te beklink. Dis die Proteas se sewende agtereenvolgende oorwinning. Suid-Afrika se sege verseker dat hulle in Junie in die Wêreld-toetskampioenskap se eindstryd teen Australië te staan kom nadat hulle in die tweejaar-siklus boaan die punteleer beland het. Bavuma sê hulle is ten spyte van die sukses nog nie ʼn goed geoliede masjien nie.
Krieket: Pakistan het Suid-Afrika met 81 lopies geklop in die tweede eendagwedstryd op Nuweland in Kaapstad. Dit gee hulle 'n twee-nul voorsprong in die reeks van drie wedstryde. Die nuweling Kwena Maphaka het vier paaltjies ingeoes, terwyl Mohammad Rizwan 80 aangeteken het toe die besoekers uitgeboul is vir 329. In antwoord was Heinrich Klaasen se 97 nie genoeg nie en is die Proteas uitgehaal vir 248. Die laaste eendagstryd is Sondag op die Wanderers. Kaptein Temba Bavuma sê hulle was nie op hulle beste nie.
Krieket: Die Protea-vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, glo hulle het die talent om vandag die verdedigende kampioen, Australië, in Dubai te klop in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die twee spanne het verlede jaar op Nuweland in Kaapstad in die eindstryd kragte gemeet toe Australië sy sesde titel gebuit het na ʼn oorwinning met 19 lopies. Die ander halfeindstryd vind môre plaas tussen die Wes-Indiese Eilande en Nieu-Seeland. Wolvaardt sê hulle sal hul beste spel moet opdis.
Krieket: Sunrisers Eastern Cape se kolwer, Jordan Hermann, sê persoonlike doelwitte wat bereik word, het slegs betekenis as die span wen. Hy het die Sunrisers na hulle eerste oorwinning in die tweede SA20-seisoen gelei toe hulle MI Cape Town met vier lopies op Nuweland verslaan het. Die 22-jarige Hermann het ʼn indrukwekkende honderdtal aangeteken en die besoekers het 202 vir twee op die telbord geplaas. Die tuisspan is daarna beperk tot 198 vir vyf. Hermann sê hy is tevrede met sy spel.
Opwinding én haakplekke op die eerste dag van die nuwe skooljaar vir binnelandse leerlinge. Indië dreig om beheer van die kriekettoets op Nuweland te neem.
Nuweland Gallery’s presentation at this year’s Cologne Fine Art & Design Fair featured an exhibition of ceramic vases by South ...
Kritiek dat die regering se landelike beveiligingsplan faal, ná nog 'n plaasmoord. Borskankertoetse word afgeskeep. En, die room van Suid-Afrikaanse rugby pak mekaar vanmiddag in 'n Groen teen Goud-wedstryd op Nuweland. See omnystudio.com/listener for privacy information.
Die voorspeler Sikhumbuzo Notshe is opgewonde oor sy insluiting as op agtesteman in die Springbokke se sogeneemde Goud span. Die Groen span en die Goud span pak mekaar Saterdag op Nuweland in Kaapstad. Notshe oor sy insluiting....
Hierdie week analiseer SuperSport kommentator Marco Botha en rugby skakelbeampte Jaco van Wyk die Springbokke se 23-12 sege oor Engeland in Bloemfontein om die reeks te beklink. Ons gesels oor moontlike spankeuses vir die laaste toets en die feit dat dit die laaste toets op die ikoniese Nuweland-stadion gaan wees. Beast Mtawarira se 100ste toets word gevier en ons kyk na Schalk Brits se toekoms in die Bok-trui. Hardloop tyd: Deel 1: Bok-sege en besprekingspunte Deel 2: Australië en Nieu-Seeland se uitslae teen Ierland en Frankryk. Deel 3: Die Junior Bokke wens brons by die Junior Wêreldtoernooi. Beskikbaar op: * Apple iTunes * Apple Podcasts * Overcast * Android * SoundCloud Jy kan my kontak by: sportmalpodcast@gmail.com
In hierdie week se episode van Sportmal bespreek ons die Bulle se indrukwekkende sege oor die Sharks en wonder wat op Nuweland met die Stormers teen die Chiefs gebeur het. Ons analiseer ook die naweek se tweestryde en kyk na watter spelers hulle Springbok-kanse versterk het. Rassie Erasmus se kiesbeleid word ook onder oë geneem voordat ons vinnig kyk na wat die week in Europese rugby plaasgevind het. Running order: Deel 1: 00m 35s Deel 2: 21m 48s Deel 3: 54m 06s
Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman oor die Stormers se indrukwekkende sege oor die Bulls op Nuweland, die Sharks se wen oor die Highlanders en die Lions wat weer kleitrap. Ons praat ook in diepte oor die toekoms van Superrugby en of al die Suid-Afrikaanse spanne nie maar in Europa moet gaan speel nie. Deel 1: Ons analiseer die naweek se drie Superrugby wedstryde waarin die SA spanne betrokke was. (40s) Deel 2: Die toekoms van Suid-Afrikaanse spanne in Superrugby en toekoms van die Sanzar vennootskap. (33m 07s)
Kort voor George van der Spuy begin sing het in Taxi Violence, het hy en Willim mekaar een aand in J-Bay gedurende ’n drug bust ontmoet. George kom kuier 12 jaar later in die garage en vertel hoe sy pa hom leer drums speel het, hoe hy amper ’n drie op Nuweland gedruk het en hoe sy eerste band, Drain, begin het in Paul Roos toe hy 13 jaar oud was. Hy vertel van sy jobs in London, sy legendary rehearsal studio Kill City Blues, hoe hy van kleins af wys geraak ivm met record deals, Taxi Violence se DIY approach en wat toe nou eintlik gebeur het met sy supergroup band: Goodnight Wembley. Hierdie episode is geborg deur Bongalong.co.za