Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
Anel Wood is een van die snaakse aktrises waarmee ek al ooit gewerk het. Sy het 'n lang lys van karakters wat sy al gespeel het maar dis haar karakter as mens wat my die meeste inspireer. As jy haar naam ooit in 'n teaterproduksie of 'n TV reeks sien kan jy maar weet jy gaan 'n lieflike tyd hê om na haar toneelspel te kyk. Anel is te sien in Die Affêre wat 28 September 20:00 op Kyknet wys. Kyk na die ons gesprek op YouTube hier - https://youtu.be/F3Q2PzBRJDs
Reynhardt Hugo is nie net een van ons land se gewildste akteurs nie maar ook die persoon agter die treffende Kyknet program "Net Mens", waar hy kort en kragtige dokumentêre skiet oor persone in die vermaakbedryf. Reynhardt is ook nie skaam om te gesels oor sy persoonlike uitdagings rondom ADHD nie, iets wat gewoonlik onder mans taboe is om oor te praat. Click hier om na die gesprek op youtube te kyk - https://youtu.be/sWP6lcJMSOk
Solomon Cupido is een van ons land se juwele. Al kon hy 'n loopbaan as 'n professionele rugby speler gevolg het, het sy drome van stories vertel hom gelei tot 'n loopbaan in die teater, film en TV industrie. Ons gesels bietjie oor sy eerste rol in Egoli, sy liefde vir "feel good" stories en sy vriendskap met Bradley Olivier en hulle film Frankie en Felipe. Solly gesels eerlik oor verlies, geestelike welstand en sy pad vorentoe. As kollegas van Solly weet ons hoe briljant hy as mens, as akteur en nou as vervaardiger is. Frankie en Felipe is 23 Februarie in 'n bioskoop naby jou.
Dan Corder is someone who's voice needs to be heard. Apart from his great radio voice, his views and opinions help shape and educate millions of listeners on a daily basis. Apart from being the host of the 5fm morning breakfast show, he makes incredible historical content on Tiktok and also has an amazing podcas called "The Issue with Dan Corder" where he has been sitting with heavy hitters like Mmusi Maimane and Herman Mashaba and talking about life and politics. Go check out Dan Corder on social media platforms and spread the word of this fun episode!
Duan Wanty het sy loopbaan begin met ‘n droom om ‘n akteur te word. Na sy drama graad by Tukkies het hy met sterre in sy oë die industrie probeer aanvat. Al het hy al verkynings gemaak in meeste van ons geliefde sepies, het Duan uiteindelik by sy ware droom arriveer toe hy deelgeneem het aan die Tropika realiteits-kompetisie. Van daar af het hy besef hy kan al sy akteurs-kennis gebruik om ‘n indhouds-regisseur vir realiteits programme te word en so sy droom van storie verteller uit te leef. Ons gesels met Duan oor die opwindende nuwe KykNet realiteitsprogram: “Die Brug” en sy interessante werk agter die skerms, sy grootword jare in die Oos Moot, en hoe hy glo mens moet altyd die deur vir opkomende storievertellers oop hou. Duan se vervaardiger werk is te sien in die riller-komedie “Thrift tot die Dood” wat hierdie jaar by die Silwerskermfees premiere het.
Reggie Hufkie is ‘n musikant, skrywer, regisseur en akteur. Reggie is in die proses om ‘n autobiografie te skryf, werk aan ‘n hele paar enkelsnitte en het onlangs, saam met Frankie Opperman die toekenning vir beste regie vir ‘n kort dokumenter by die Silwerskermfees ontvang vir hulle film - “Langafstand”. Reggie staan beter bekend as “Reggie Peace” op al sy sosiale media en musiek platforms; ons gesels met hom oor sy verlede, sy drome, sy liefdes en wat vrede waarlik vir hom beteken. As jy lus het om jou dag lekker te begin – gaan luister gerus Reggie se “Nuwe Lewe” – dit vang sy positiewe uitkyk en “aanhouer wen” gesindheid perfek vas.
Mandri Sutherland is ‘n aktrise, skrywer, en teatermaker. In die afgelope 2 jaar het Mandri die land verstom met haar een vrou vertoning; “Vrou Ens.” Mandri het besluit om nie langer vir goedkeuring te wag nie en haar teater stuk na mense se sitkamers, motorhuise en stoepe toe te vat – sy het die idee van ‘n “huiskonsert” ten volle aangegryp en gewys dat om stories te deel belangriker is as die plek waar jy die storie vertel. Mandri se verskeie karakters is ook te siene op haar gewilde sosiale media blaaie waar sy bekend staan as “Vroudrie”. As jy ooit ‘n video wat met “Hello Sussa” begin raak “swipe” – hou aan kyk want Mandri het ‘n manier om ‘n Afrikaanse tannie perfek vas te vang. Mandri hou van platform Crocs, see lug en haar fyn balans tussen spot, verstaan en respekteer maak seker sy vertel stories uit haar hart uit. Jy kan haar ook sien in die gewilde Magda Louw en die nuwe, opkomende reeks: Taktiek.
Mel is 'n inhoudskepper, komediant, skrywer en aktrise. Ons gesels oor haar aanslag tot stories, haar eenvrouvertoning waarmee sy tans besig is en hoe sy kritiek hanteer wanneer mense jou uit die bloute aanvat op sosiale media.
Ek en Johan Fourie gesels oor sy nuwe boek "Skatryk" wat handel oor hoekom ons beter as ons voorsate lewe. Jy kan Johan se boek nou aanlyn bestel of in enige goeie boekwinkel koop. Dit is 'n ongelooflike interessante lees oor die geskiedenis en waarom dit soveel beter gaan in die wêreld vandag, al voel dit soms nie so nie.
Glen Biderman-Pam is an actor, comedian and director. He is well known for his role as Rael Rosen in the South African hit – Tali's Diary and for his viral reimagining of “My Octopus Teacher” as “My Kreepy Teacher”. Glen's comedic talents are on display in everything he does; whether it be on the stage as an actor or comic, or as half of the extremely successful agency: Panther Punch. His love for languages closely matches his love for his alma mater -Bishops. Glen is currently taking a break from the beautiful beaches of Camp's Bay to film “The Great South African Bake Off” which will be released later this year. Glen is a recent Padel Tennis convert and an absolute pleasure to be around! Thanx to our epic sponsors who makes this episode possible! Dermalhealth and King Price Insurance - insurance.kingprice.co.za/narratief - click here for a quote www.dermalhealth.store
Mienke Ehlers is 'n aktriese en stilis. Mienke is die definisie van 'n "go getter"- sy pak alles met passie en selfvertoue aan. Haar liefde vir storievertelling is te siene in haar verskeie karakters - soos Dalena in "Die Dinge van 'n Kind" en haar eie sosiale media projek - "Minuut Monoloe". Al is sy 'n stilis vir die sterre, gee sy ook raad oor klere in haar gewilde "Outfit Angs" segmente op haar Instagram en TikTok. Sy gesels graag oor haar familie, vriende, drome en geloof. Mienke se positiewe uitkyk op die lewe is niks anders as aansteeklik nie. Dankie aan ons borge King Price Insurance en Dermal Health wat hierdie podcast moontlik gemaak het. Vir meer inligting oor hulle ongelooflike produkte click op die skakels hieronder. insurance.kingprice.co.za/narratief www.dermalhealth.store
Regardt Visser is 'n kunstenaar, regisseur, skrywer en skaatsplank liefhebber van Veldrif wat homself tans in Johannesburg bevind waar hy woeker met sy stories, musiek en videos wat hy maak. Hy is nie net een van my goeie vriende nie maar ook 'n skrywer en regisseur wat nog diep spore gaan stap in die vermaak bedryf. Dankie aan ons borge King Price Insurance en Dermal Health wat hierdie podcast moontlik gemaak het. Vir meer inligting oor hulle ongelooflike produkte click op die skakels hieronder. https://insurance.kingprice.co.za/narratief https://dermalhealth.store
Wynand Kotze verstaan wat dit is om die "underdog" in die lewe te wees en dit is wat ek dink in my opinie hom so goed maak in wat hy doen. Met jou rug teen die muur kan 'n mens net vorentoe gaan en Wynand is besig om, met die stories wat hy vertel en karakters wat hy vertol, Afrikaners en ons taal vorentoe te vat. Jy kan hom gerus op sosiale media gaan volg onder @Wynvirdiepynnnnn Baie dankie aan ons ongelooflike borg King Price Insurance - click op hierdie link vir 'n gratis kwotasie waar jy dalk net 'n ekstra paar rand kan spaar per maand - insurance.kingprice.co.za/narratief
Ruan Wessels se storie is uniek. Hy is al amper 20 jaar 'n akteur maar hy is nou maar eers 25 jaar oud. Min mense se storie voor die kamera het al op 8 jarige ouderdom begin. Ruan deel sy unieke storie met ons rondom sy liefde vir toneenspeel, lees en die lekkerste van alles, skaatsplank ry. Hierdie episide word moontlik gemaak deur ons borg King Price Insuranc - klink op hierdie link vir 'n gratis kwotasie - www.insurance.kingprice.co.za/narratief
Die term "intimacy coordinating" is iets waarvan ek niks geweet het nie, maar dankie aan mense soos Maude Sandham wat kom gesels het op die podcast kon ons nou duidelikheid kry oor wat hierdie term en beroep behels. Maude is 'n storieverteller, aktrise en regisseur wat nog diep spore gaan trap in die vermaaklandskap van die wêreld. - Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons borg King Price Insuranc - click op hierdie link vir 'n gratis kwotasie - www.insurance.kingprice.co.za/narratief
Charlie Bouguenon is een van ons land se voorste akteurs, wat al van films, teater tot TV, van die mees unieke karakters lewe gegee. Hy is een van daai mense wat nie bang is vir harde werk as dit kom by die kunste nie en hy het keer op keer al bewys dat soms is jy die beste jy, wanneer niemand anders in jou glo nie en jou rug teen die muur is. Hierdie flippen lekker episode was moontlik gemaak deur ons borg King Price Insurance - click op hierdie link as jy belangstel in 'n gratis kwotasie -https://insurance.kingprice.co.za/narratief
Roberto Pombo is een van ons land se voorste teatermakers. Van sy wye verskeidenheid komiese karakters tot sy diep emosionele tonele op die verhoog, Roberto is beslis een van Suid Afrika se kunstenaars wat nog diep spore gaan loop in die vermaakbedryf. Ons gesels oor sy tyd in Italië, improvisasieklasse, sy eerste rol in 'n sepie asook waarmee hulle tans besig is by die Mark Teater in Johannesburg. Hierdie episode word trots geborg deur my vriende by King Price Insurance - click hier vir 'n gratis kwotasie - https://insurance.kingprice.co.za/narratief - die kans is baie goed dat hulle goedkoper as jou huidige versekering is.
EPISODE 75: DAVID VIVIERS (AKTEUR & SKRYWER) by BOUWER BOSCH
Ruhan Fourie kom kuier vir die derde keer en soos altyd raak die gesprek elke tweede onderwerpe onder die son aan. Ons gesels soos gewoonlik oor moeilike konsepte rondom die verlede, die toestand van die land tans, Orania, Tinder, Koer, Christen dating apps en Afrikaners en kernkrag. As jy die gesprek geniet het, deel hom gerus met jou vriende en familie.
Pietie Beyers kom kuier vir 'n tweede keer op die show en die keer delf ons bietjie dieper in die geskiedenis as gewoonlik. Ons gesels oor Suid Afrika, die kunste, jaloesie en die egte huisvroue van Pretoria.
Die eerste episode van 2023 skop af met 'n baie lekker gesprek met die veelsydige aktrise en verevaardiger Laura-Lee Mostert. Ons het gesels oor haar grootword jare in Ottosdal, haar studentejare by UCT en nou waar sy maar soos ons almal maar net hustle in die kunste.
Ek gesels met die ongelooflike musikant en skrywer Majozi oor sy lewe, loopbaan, passie vir musiek en hoe hy musiek aanpak in 'n tyd van TIKTOK dansies en viral videos.
Ek het met Jaco Strydom 'n gesprek gevoer by die boekvrystelling van sy derde boek getiteld "Alle sondaars welkom".
Ek en Augusta Zietsman het oor 'n magdom onderwerple gesels. Films, musiek, spiritualiteit, Afrikaans, die dood en die opwindende projekte waarmee sy besig is.
Ek en Lidia het gesels oor haar liefde en passie vir versoening en die maatskappy "Bloom Enterprise" wat sy begin het om gesprekke en denkwyses te fasiliteer met die doel op versoening. Jy kan meer van Bloom Enterprise hier lees - https://www.bloomenterprise.co.za
EPISODE 67: RUHAN FOURIE(PhD-STUDENT IN GESKIEDENIS) by BOUWER BOSCH
EPISODE 66: GAZELLE(KUNSTENAAR EN MUSIKANT) by BOUWER BOSCH
Ek en Gielie Hoffman het met Leon Wessels gesels oor sy grootwordjare, sy tyd as politikus by die Nasionale Party, apartheid en menseregte. Leon het ook 'n boek onlangs vrygestel getiteld "Encountering Apartheid's Ghosts" wat nou landswyd beskikbaar is.
EPISODE 64: JANA MARX (DIEPTEVERSLAGGEWER VIR NETWERK24) by BOUWER BOSCH
EPISODE 63: BARBARA BRASINGTON - KOMEDIANT EN AKTRISE by BOUWER BOSCH
Deon het by my kom kuier vir vier dae sodat ons 'n nuwe Dans Dans Lisa EP kan record en ons het toe sommer die instrumente een kant toe geskuif om bietjie te gesels oor al die dinge op ons hart deesdae. Die betekenis van die lewe, afrikanerskap, christenskap, en musiek. Jy kan vir Deon Meiring op sosiale media platforms kry by @DeonMeiring
Monique Taute is die hoof van Afriforum se Veldtogte afdeling. Ons het gesels oor musiek, afrikaners, die regering, wat haar werk alles behels asook hoekom Straatligkinders se nuwe album nie so hard is nie. Ek moet erken, dit was 'n goeie vraag van haar kant af. Ek het haar belowe dat ons volgende album harder sal wees.
Peach van Pletzen is een van ons beste vervaardigers en musikante in Suid Afrika. Ek het met hom gesels oor die sukses van sy nuuste projek "Van Pletzen" en waar die huidige musiekbedryf homself bevind.
Loufi is tans een van my gunsteling kunstenaars in Suid Afrika. Ons het gesels oor sy liefde vir die kunste, sy geskiedenis met dwelms asook hoe musiek sy lewe verander het. Ek en Loufi het al 3 liedjies saam uitgebring en ons nuutste een "#Blessed" kan jy nou aanlyn gaan luister.
Ek het met Ansu Visser gesels oor haar loopbaan, haar idees rondom haar geloof en hoe sy die Bybel sien en ervaar asook net spiritualiteit in die algemeen.
Ek by Elma gaan koffie drink en beskuit eet en gesels oor haar ongelooflike loopbaan tot dusver, die goeie ou MK dae, hoe om te snorkel asook hoe lyk spirituele ervarings vir haar.
Ek gesels met De Klerk Oelofse oor sy lewe as akteur, trauma rondom die dood van 'n ouer, watter rol die spirituele speel in ons lewens en ons dink sommer saam wat dit is van die kunste wat so 'n groot impak op mense se lewens het.
Ek gesels met Almero oor sy musiek, idees en gedagtes rondom hoe hy die wêreld sien en beleef.
Mila Guy is 'n aktrise al die pad van Nelspruit se wêreld af maar sy het van 14 jarige ouderdom in Nieeu-Seeland gebly en haar hoërskoolloopbaan daar voltooi. Ek het met haar gesels oor haar passie vir toneelspel, hoe uitdagend die vermaakbedryf kan wees asook geloof en spiritualiteit.
EPISODE 53: BEER ADRIAANSE (SKRYWER, MUSIKANT EN AKTEUR) by BOUWER BOSCH
Louis van der Riet het onlangs geskiedenis gemaak toe hy as die eerste openlike gay leraar van 'n NG Kerk bevestig is. Ek het met Louis gesels oor sy liefde vir die kerk, Jesus en ook hoe hy probeer sin maak van al die warboel rondom sy bevestiging.
Wynand Claassen is 'n voormalige rugbyspeler wat vir Natal(Sharks) en die Blou Bulle gespeel het as student. Hy was die Springbok-kaptein tydens die bekende 1981 toer na Nieu-Seeland waar die wedstryde deur betogers ontwrig was. Ons het gesels oor politiek in sport, die toer in Nieu-Seeland en waar sy liefde vir rugby vandaan kom.
Lucinda was 16 jaar oud toe sy en haar band Die Melktert Kommissie JIP Rockspaaider gewen het. Ons het gesels oor haar loopbaan in musiek en sommer net oor die dinge van die lewe.
Benjamin de Jager is 'n kitaarspeler en liedjieskrywer van Potchefstroom en jy sal hom dalk beter ken as die kitaarspeler vir Straatligkinders sowel as Mosesmetroman. Ek het met Ben gesels oor waar musiek vir hom begin het asook die goeie en slegte tye wat saam met musiek en die lewe kom.
Hein Kruger is die tweelingbroer van Ruan Kruger en hy is die baskitaarspeler vir Straatligkinders. Ek het met Hein gesels oor waar musiek vir hom begin het, hoe dit sy lewe verander het.
Ek skop die Straatligkinders reeks af met Ruan Kruger ons drummer. Jy kan ons vyfde album solank hier pre-order - https://itunes.apple.com/za/album/verdwyn/1439677260 - die res van die album is beskikbaar vanaf 16 November.
Jy kan hier meer inligting kry oor Johan Stegmann se werk. - https://www.everard-read.co.za/exhibition/80/exhibition_works/1062
The more difficult converstations we have, the less difficult they will be. This was one of those difficult conversations. Listen with an open heart. http://www.realtalk.org.za - https://www.facebook.com/betereinders
Bennie Fourie is 'n skrywer en 'n akteur en een ook my kreatiewe spanmaat in baie van ons films en komediesketse wat ons aanpak deesdae. Bennie is ook een van die regisseurs en skrywers van die komediereeks op Kyknet, Hotel.
Ons het met Adriaan Vlok gesels oor apartheid, sy storie rondom vergifnis en versoening, Frank Chikane en hoe die kerk die bal moes vat en hardloop na die Die Waarheid-en-versoeningskommissie om aan te hou met versoening in Suid Afrika vandag.
Ek was deel van 'n paneelgesprek by Aardklop wat oor sosiale media gegaan het. Die goed en sleg van dit asook die wette rondom jou as verbruiker.