POPULARITY
21 Augustus 2026: Die Madlanga-kommissie kritiseer die sakeman Stuart Scharnick weens bewerings dat hy 'n joernalis geintimideer het. Fase Drie van president Cyril Ramaphosa se vennootskap tussen die regering en groot besighede word bekendgestel, met die doelwit van een miljoen werksgeleenthede teen 2030. Die bestuurshoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, lewer kommentaar op Solidariteit se Akademia-universiteit.
Send us Fan MailPsalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Ons het almal al foute gemaak wat ons eerder sou wou uitwis. Jy het; ek het; keuses wat ons gemaak het en wens ons kon terugtrek. Maar hoe dikwels hou ons net aan om op dieselfde pad te loop - die een kompromie ná die ander - eerder as om te stop; om te draai en God om genade te smeek?Dit is presies wat met koning Dawid gebeur het. Hy het Batseba se skoonheid gesien, hy het haar begeer en hy het haar geneem. Ongeag die feit dat sy getroud was. Soos jy kan dink, was die gevolge verwoestend. Haar man, Uria, wat onskuldig was in die situasie, is vermoor. 'n Vrou se lewe is verwoes. 'n Koning se hart het verhard in sy rebellie teen God. En vir 'n tyd lank het Dawid aangegaan asof niks gebeur het nie. Klink dit vir jou bekend?God het die profeet Natan gestuur om Dawid tot sy sinne te bring. Dit was toe hy die verskriklikheid van sy dade verstaan het, dat Dawid vir God gevra het om hom te vergewe en hom rein te maak: Psalm 51:12: Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.Dawid wou nie net vergifnis hê nie - hy wou sy verhouding met God herstel. Hy wou daardie vreugde van God se verlossing terughê. Die krag van sy Gees. Hy wou weer in gehoorsaamheid wandel.En dít is God se uitnodiging aan jou vandag. Jy hoef nie vasgevang te bly in kompromieë nie. Jy hoef nie aan te hou om te maak asof alles reg is nie. Jy kan nou dadelik omdraai en God vra om jou skoon te was. Jy kan Hom vra om jou met sy Gees te vul en om die skuldgevoelens en skaamte wat jou vernietig te verwyder en jou vreugde te herstel.Moenie wag nie. Moenie jou skuldgevoelens nog een dag langer dra nie. Jesus het gesterf sodat jy vergewe kan word. Vra God om jou vreugde te herstel en vir jou 'n gees te gee wat gewillig is om Hom te gehoorsaam.Dis God se Woord. Vars... vir jou... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johan Gouws – hoof: welvaartadviesdienste, PPS Volg RSG Geldsake op Twitter
Carel de Jager – uitvoerende hoof, Sixpence Volg RSG Geldsake op Twitter
Die voortdurende vlaag van veediefstal en veeslagtings het hernude oproepe vir 'n gekoördineerde reaksie van wetstoepassing, landbou-unies en private sekuriteitsnetwerke laat ontstaan. Dit kom na die plaaslike unies en NamPol vergader het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê beter toesigmaatreëls, soos in dele van Suid-Afrika toegepas is, is die sleutel tot die beskerming van boere en die land se voedselsekerheid.
Uit Delano Venter se gebrokenheid, vloei nuwe musiek onder die naam "Through Christ", met die hoop dat sy kwesbaarheid vir ander genesing kan bring in Sy teenwoordigheid (Gal 2:20). Die liedjie se naam is "Bones".
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die vraagstuk van vreemdelingehaat en onwettige immigrasie moet beslissend hanteer word. Veldtogte van groepe wat teen onwettige immigrasie en misdaad gekant is, het die afgelope paar maande in felheid toegeneem. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies, soos March and March, het Woensdag 'n betoging teen ongedokumenteerde buitelanders gelei in Pinetown, KwaZulu-Natal. Ntshavheni sê owerhede tree strenger op teen onwettige immigrante:
Die vakbond Solidariteit het 'n nuwe padkaart bekendgestel wat teen 2030 'n rasvrye Suid-Afrika bepleit. Hulle stel voor rasgebaseerde wetgewing moet geleidelik uitgefaseer word en vervang word met beleide wat fokus op armoede, jeugwerkloosheid, vaardigheidsontwikkeling en ekonomiese groei. Corne Mulder van Solidariteit sê die huidige rassewette kon nie werkloosheid en ongelykheid aanspreek nie. Mulder voer aan bemagtiging moet gegrond wees op sosio-ekonomiese behoefte eerder as op ras:
Meer is bekend oor die inligtingministerie se pogings om die wetgewing oor toegang tot inligting te implementeer, na dit reeds in 2022 in die Staatskoerant gepubliseer is. Inligtingminister Emma Theofelus sê burokrasie hou die instelling van die Kantoor van die Inligtingskommissaris terug.
Die land se strewe na groenwaterstof-gebruik, buitelandse energie-eksplorasie en swaar nywerheid tref 'n kritieke knelpunt, naamlik die tekort aan internasionaal erkende sweiskundigheid. Die plaaslike ingenieursfirma Kraatz Engineering sê die land loop die risiko om groot industriële geleenthede te verloor tensy dit plaaslike kapasiteit volgens globale standaarde bou. Nou, deur 'n langtermynvennootskap met Unam en bedryfsliggame, ondersteun Kraatz die land se eerste Internasionale Sweisingenieursprogram. Frank Kernstock, die besturende direkteur van Kraatz, sê die program is daarop gemik om wêreldwyd gesertifiseerde sweisingenieurs, koördineerders en spesialiste op te lei.
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die toename in onwettige besettings van grond en geboue in die land plaas ʼn aansienlike finansiële en administratiewe las op die regering en die privaat sektor. Die regering het die Wysigingswetsontwerp op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Grondbesetting vir openbare kommentaar gepubliseer. Simelane sê die voorgestelde wysiging wil munisipaliteite, staatsinstellings en privaat grondeienaars bemagtig om onwettige besettings en uitsettings meer doeltreffend te hanteer:
Die DA in Gauteng het 'n mosie in die Gautengse provinsiale wetgewer ter tafel gelê om die uitwerking van bek-en-klouseer op boere en voedselsekerheid te bespreek. Die DA-woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, eis 'n duidelike inentingsplan en 'n openbare inligtingspaneelbord om gevalle op te spoor. Die mosie versoek ook die LUR, Vuyiswa Ramakopga, om deursigtigheid verbeter. Engelbrecht is aan die woord:
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië het onlangs 'n begrotinggesprek in die hoofstad aangebied, waar onder andere werkloosheid bespreek is. Gebaseer op die Namibiese Statistieke-agentskap se 2023 Arbeidsmagverslag, staan Namibië se amptelike werkloosheidsyfer op 36,9 persent. Die breër, meer realistiese maatstaf van werkloosheid, wat diegene wat ophou werk soek het insluit, is aansienlik hoër op 54,8 persent. Jesaya Hano-Oshike, die vereniging se voorsitter het 'n oplossing.
Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het tydens die 39ste Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba, Afrika-leiers aangespoor om van 'n basiese eenheid na 'n werkende soewereiniteit te beweeg. Ahmed het selfstandigheid, ekonomiese en tegnologiese eienaarskap, sowel as proaktiewe wêreldwye betrokkenheid beklemtoon. Hy het ook verwys na Afrika se behoefte aan 'n selfversekerde, verenigde AU en strategiese posisionering om die vasteland se toekoms te vorm:
Send a textPsalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.Het jy ook sulke klein ou dingetjies in jou lewe wat pla en jou sommer ongemaklik en moeg laat voel? Ek praat nie van groot en pynlike dinge wat jou lewe ontwrig nie; maar daardie gevoel van ongemak wat jou permanent gespanne en omgekrap laat voel.Neem byvoorbeeld jou slaap. Jy kan vir 'n rukkie, selfs vir jare, met onvoldoende slaap klaarkom; totdat jy op ‘n dag besef dat dit tot stres, hoë bloeddruk, selfs suikersiekte en hartsiektes bydra. En jy weet dat, tensy jy iets daaraan doen ... dit jou sal doodmaak.Dieselfde geld vir die woelinge wat in jou hart aangaan; die dinge wat emosioneel en geestelik skadelik is en die dinge wat verhoudings belemmer. Neem byvoorbeeld chroniese woede. Dink jy dis goed vir jou vrede, jou huwelik en selfs jou verhouding met God?Dawid het met die probleem van wellus geworstel. Hy het egbreuk gepleeg en selfs ‘n man laat doodmaak sodat hy die ou se vrou in die hande kon kry. Sy lewe was op 'n afwaartse pad ... totdat hy tot sy sinne gekom het en hierdie gebed gebid het:Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.Wat is daar in jou lewe wat jou van vrede en blydskap beroof? Miskien is vandag die dag vir jou om tot jou sinne te kom. Miskien is vandag die dag vir jou om huis skoon te maak.Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastigDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textKlaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek. Ek is in hierdie paar dae aan die einde van ‘n ou jaar nogal geneig om ‘n bietjie nostalgies te voel en te peins oor die jaar wat verby is, voordat ek my gedagtes kan fokus op die jaar wat voorlê. Dit lyk net altyd vir my na so 'n natuurlike ding om te doen.Ek het gevind dat ek skuldig voel oor die dinge wat ek oor die afgelope twaalf maande gesê en gedoen, of nie gesê en nie gedoen het nie. Het jy ook sulke klein jakkalsies wat aan jou wingerd knaag? Miskien verwyt ons onsself oor die gevolge van ons dade; miskien dink ons ons is in sommige opsigte stief behandel, maar miskien is vandag nie so 'n slegte plek vir ons om 2025 se blaadjie om te slaan nie. Dit word algemeen aanvaar dat dit Jeremia is wat hierdie woorde vir Israel gesê het tydens 'n besonder moeilike tyd in hulle geskiedenis:Klaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.Dit is 'n goeie ding vir elkeen van ons om hand in eie boesem te steek en ‘n bietjie te dink aan waar ons gefaal het; waar ons afgedwaal het; en natuurlik watter foute ons beslis nie in die nuwe jaar weer wil maak nie.Kom ons begin vandag met ‘n skoon bladsy: Ons vermy die slaggate van die verlede; ons neem slim besluite.So, haal almal diep asem. Skep nuwe moed.Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die bekroonde skrywer Salman Rushdie sê dat kunsmatige intelligensie nooit werklik oorspronklike kuns kan skep nie. Hy sê die kenmerke van kuns is emosie, humor en kreatiwiteit en KI kan net dupliseer wat hy gevoer word. Hy het met Sky News gepraat.
Om dienslewering vir begunstigdes van maatskaplike kontanttoelaes te verbeter, het NamPost 'n toegewyde hulplyn daargestel wat begunstigdes van 'n tolvrye lyn voorsien. NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die inisiatief deel is van NamPost se landwye program, wat daarop gemik is om die uitbetalingsproses van toelaes meer doeltreffend, toeganklik en gerieflik te maak.
Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek AngloGold Ashanti se goudproduksie, Santam se handelsverklaring en Fidelity se moontlike notering. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Pan-Afrika-parlement het weereens sy oproep vir die stigting van 'n Afrika-kredietgraderingsagentskap herhaal. Die stap word beskou as noodsaaklik om die vasteland se afhanklikheid van Westerse graderingstelsels te verminder. Tydens die Sesde Sitting van die parlement in Midrand, Johannesburg, het Namibië se adjunkspeaker, Phillipus Katamelo, die noodsaaklikheid van verpligte deelname van alle Afrikastate aan die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme beklemtoon om ekonomiese geloofwaardigheid en beleggingsvertroue oor die hele vasteland te versterk.
'n Openbare bespreking wat deur die Ekonomievereniging van Namibië georganiseer is het werkskepping, vaardigheid- en arbeidsbehoeftes, en onderwys en opleiding onder die loep geneem. Die uitvoerende direkteur by die finansministerie, dr. Michael Humavindo, glo dat finansiële hulp aan SME's werk sal skep. Humavindo het meer.
MTC en Erongo Red het amptelik die Erongo Red-toep bekendgestel. Die toep stel Erongo Red-kliënte in staat om hul elektrisiteitsdienste maklik te bestuur, rekeninginligting na te gaan en noodsaaklike transaksies uit te voer. Kosmos 94.1 Nuus het met MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi gepraat wat sê die toepassing is daarop gemik om deursigtigheid en diensgehalte te verbeter en kliëntebetrokkenheid te vereenvoudig.
Cobus de Bruyn, hoof van kliëntwaarde-proposisies vir Landbou by Nedbank Kommersiële Banksake, verduidelik hoe e-handel nuwe geleenthede in die landbousektor skep. Volg RSG Geldsake op Twitter
Direkte buitelandse belegging in Namibië beleef ‘n welkome bloeityd, maar dit is beperk tot olie-eksplorasie- en ander mynboubedrywighede, sê die gesoute ekonoom en medestigter van Cirrus Capital, Rowland Brown. Beleggings in ander sektore lyk als behalwe rooskleurig, het Brown tydens die Enhancing Namibia's Competitiveness Through Ease of Doing Business Seminar gesê. Dit voorspel niks goed vir werkskepping nie:
Die Kavango-Wes Onderwysdirekoraat het amptelik Septembermaand bekendgestel as 'n landwye viering van lewenslange leer, kultuur en kreatiwiteit. Onder leiding van die onderwysministerie se lewenslange leer-afdelings, sal al 14 streke geleenthede soos die Volwasse Geletterdheidsweek, Leesmaraton, Erfenisweek en Kunstevieringsweek aanbied. Die ministerie se woordvoerder, Ester Angula, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee meer inligting.
Daneel Rossouw, hoof van landbouverkope by Nedbank Commercial Banking, bespreek die groot geleenthede wat wyntoerisme vir Suid-Afrikaanse wynondernemings inhou. Volg RSG Geldsake op Twitter
'n Plaaslike boervrou het 'n unieke verjaardagkalender saamgestel ten bate van die Droogtehulpfonds, geïnspireer deur pragtige plaasfoto's op 'n weerinligtingsgroep. Met toestemming is 18 oorspronklike foto's, sonder digitale wysiging, deur plaaslike boere gebruik. Reeds is 19 400 Namibiese dollar geborg vir die druk van 300 kalenders, en alle opbrengs gaan direk aan boere wat steeds onder die droogte ly. Verdere verkope behoort 'n waardevolle bydrae tot die fonds te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van die Droogtehulp Namibië gepraat.
Die Amerikaanse tarief van 30-persent is nie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie en die moontlike negatiewe ekonomiese impak moenie onderskat word nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se sakeskool. Hy sê die realiteit in die wêreld is dat die aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid 'n gefragmenteerde wêreldhandelstelsel skep wat ekonomiese onsekerheid aanblaas, verskaffingskettings ontwrig en ekonomiese aktiwiteit strem:
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn ooreenkoms met die Europese Raad onderteken om ʼn spesiale tribunaal saam te stel. Die tribunaal sal senior Russiese leiers teiken vir die misdaad van aggressie, wat die grondslag is vir tallose oorlogsmisdade waarvan Oekraïne Russiese magte beskuldig sedert die begin van die oorlog in Februarie 2022. Zelensky sê hulle wil geregtigheid verseker vir alle slagoffers en beklemtoon dat misdadigers in die Internasionale Strafhof moet teregstaan:
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 'n proaktiewe benadering tot gesondheidsbedreigings versoek en die bekendstelling van Namibië se nasionale gebeurtenisgebaseerde toesigriglyne beklemtoon. Die riglyne is daarop gemik om vroeë opsporing en reaksie op uitbrekings soos malaria en cholera te verbeter. Die riglyne, in lyn met die Afrika-Siektebeheersentrum se raamwerk, sal vroeë waarskuwingstelsels verbeter, met steun van die sentrum.
Die ACDP-party sê die regering sal teen 2035, 7,4-miljoen werkgeleenthede moet skep om tred te hou met die groeiende arbeidsmag. Die party waarsku jeugwerkloosheid kan erger word as die regering nie in arbeidsintensiewe industrieë en vaardigheidsontwikkeling belê nie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir beleggings in arbeidsintensiewe sektore en 'n dubbelbaanstelsel om skoolverlaters vir die veranderende ekonomie voor te berei:
Professor William Gumede van Wits Universiteit het onlangs 'n onderhoud gevoer met State of the Nation, 'n Suid Afrikaanse potgooi wat handel oor die land se politiek. Gumede het oor sy 2009-navorsing, om uit te vind of Swart Ekonomiese Bemagtiging enigsins goed aangewend was in die land, gesels. Sy navorsing het bevind dat om en by meer as 1 triljoen Suid Afrikaanse rand daarna gegaan het maar het in welaf Suid-Afrikaners se sakke beland. Hy sê sedertdien het die probleem veel erger geword.
Go get the albumIs nothing but bangers. Throw Spek a few dollars while you're there.Vaya con Dios everyonegoldennonsense.com
Namibië het ‘n skitterende reënseisoen agter die rug en daar is weer moed in die landbousektor. Die reën het uitkoms in alle vertakkings van landbou gebring en boere kan nou die pad vorentoe beplan, sê andboukenner Wallie Roux. Kosmos 94.1 Nuus het met hom gesels:
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, bespreek werkskepping en indiensneming in die stad. Volg RSG Geldsake op Twitter
Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft, gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê Europese leiers het ingestem oor 'n vierpuntplan om 'n ooreenkoms in Oekraïne te verdedig en vrede te waarborg. Die leiers het gister 'n noodspitsberaad in Londen gehou, na 'n vuurwarm woordewisseling Vrydag tussen die president van Oekraïne Volodymyr Zelensky en sy Amerikaanse ampsgenoot Donald Trump in die Withuis. Starmer sê die plan behels om militêre hulp na Oekraïne aan die vloei te hou en ekonomiese druk op Rusland te versterk:
Suid-Afrika se Onteieningswet sal na verwagting geleenthede skep vir die jeug om aan die ekonomie deel te neem. Die minister vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het die regering se plan aangekondig om werkloosheid onder die jeug oor vyf jaar aan te pak. Sy het tydens die eerste Bemagtig die Jeug-indaba in Johannesburg gesê die regering sal sy presidentskap van die G20 gebruik om jongmense vir toekomstige werksgeleenthede voor te berei.
ʼn Afvaardiging van AfriForum en Solidariteit het Dinsdag by die Withuis in Washington met verteenwoordigers van die Trump-administrasie vergader. Die organisasies het Amerika gevra om druk te plaas op die Suid-Afrikaanse regering oor plaasmoorde, die Onteieningswet en die Bela-wet. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê die regering se gebrek aan erns om diplomatieke bande met Amerika te herstel, skep ʼn al groter krisis vir Suid-Afrika.
Reaksie word ontvang op berigte dat Angola tussen Januarie en November 2024, net minder as 282 000 nuwe werksgeleenthede geskep, wat 'n groei van 2,1 persent op 'n jaargrondslag verteenwoordig. Die mees prominente sektore was handel, konstruksie en eiendom. Volgens die Employment Survey in Angola het die indiensnemingskoers van die bevolking van 18 jaar en ouer van 66 persent in die eerste kwartaal tot 67,4 persent in die tweede kwartaal toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner gepraat oor die syfers en die plaaslike uitdagings.
Die SOS Village het die belangrikheid daarvan beklemtoon om 'n veilige ruimte vir kinders gedurende die feestyd te skep, om te verseker dat hulle 'n betekenisvolle en genotvolle vakansie het. Hierdie oproep tot waaksaamheid kom in die lig van die talle verkragtingsake en onveilige aktiwiteite wat onlangs aangemeld is. Die organisasie doen 'n beroep op ouers en voogde om ekstra versigtig te wees om hul kinders se veiligheid te verseker, insluitend waar hulle speel, saam met wie hulle is en die aktiwiteite waaraan hulle deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Shimaneni, die waarnemende hoof vir fondse en kommunikasie by die SOS Village, wat sê kinders moet te alle tye beskerm word.
Kommer is in 'n gepubliseerde brief geopper oor die groeiende aantal gekwalifiseerde werklose onderwysers regoor die land. Die klaer sê baie onderwysers wat in 2020 gegradueer het, sit steeds sonder werk. Die brief het frustrasie oor die onderhoude-proses onderstreep en vra vir die direkte plasing van onderwysers. Die skrywer sê hulle kan nie hul NSFAF-lenings terugbetaal nie, en die gebrek aan werk kan sommige individue tot desperate maatreëls dryf, soos om hulle tot misdaad of sekswerk te wend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp.
Steenkamp sê hulle ondersoek 'n stelsel met onderrigsessies in die oggende en middae, wat meer onderwysposte kan skep.
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batoyi, sê haar kantoor het nie toegang tot noodsaaklike getuienis wat kan help om staatskapingsake te bespoedig nie. Die justisie-departement word beskuldig dat hy toegang verhinder tot die getuienis wat die staatkapingskommissie ingesamel het. Batohi het aan die SABC gesê hulle ondersoek regsroetes om vrye toegang tot dié getuienis te kry om sake te vervolg wat die kommissie verwys het.
Dr Roelof Botha gesels oor die Amerikaanse ekonomie. Volg RSG Geldsake op Twitter
AfriForum het die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidskwessies in Genève ingelig oor die potensiële gevaar van Engelse oorheersing in Suid-Afrika se onderwysstelsel weens die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Alana Bailey van AfriForum waarsku die wet sal Afrikaanse gemeenskappe negatief beïnvloed en die oorbevolking in skole vererger. Sy vra die internasionale gemeenskap om druk op die regering uit te oefen om taalverskeidenheid in onderwys voorop te stel.
Reaksie word ontvang op die toekenning van drie NamWater pyplyn-projekte aan Chinese maatskappye. Die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar is almal aan Chinese konstruksiefirmas toegeken. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, sê dit is onaanvaarbaar omdat daar genoeg plaaslike maatskappye en, die Chinese skep nie werk nie.
Die digitale era het joernalistiek aansienlik beïnvloed. Verkeerde inligting en waninligting versprei vinnig aanlyn, wat die publiek se vertroue erodeer. Die behoefte aan konstante inhoud en dalende inkomste het joernalistieke integriteit in die gedrang gebring en veranderinge in nuusorganisasies veroorsaak. Hierdie uitdagings bedreig die toekoms van joernalistiek se rol in demokrasie. By 'n geleentheid aangebied deur die Namibia Media Trust, onder die tema: "Die bou van veerkragtige inligting-ekosisteme in Suider-Afrika", het die Deutsche Welle Akademie se direkteur van media-ontwikkeling, Natascha Schwanke, 'n voorstel gelewer om wantroue in joernalistiek te bekamp.
Die Swapo-party het sy verkiesingsmanifes en -veldtog by die Sam Nujoma-stadion in Windhoek geloods, onder die tema “Eenheid in diversiteit: Natuurlike Hulpbronne, Beneficiasie en Jeug. Bemagtiging vir volhoubare ontwikkeling.” Swapo se visepresident en presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die manifes bekendgestel. Sy sê die regering het hom daartoe verbind om meer as 85 miljard Namibiese dollar opsy te sit vir massa-werkskepping oor die volgende vyf jaar. Sy het beklemtoon dat die geld slegs vir regeringsprojekte sal wees.
Die Elektrisiteitsbeheerraad die Nasionale Aansluitingsheffingsbeleid in 'n Nasionale Aansluitingsheffingskode omskep. Dit is daarop gemik om te verseker dat gebruikers wetlik verplig is om gebruik te maak van die kode, wat 'n verpligte regsinstrument is, en om 'n gestandaardiseerde benadering tot kragnetwerkverbindings en gepaardgaande heffings daar te stel. Die raad se hoofbestuurder vir ekonomiese- en markregulering, Pinehas Mutota, sê die kode sal 'n deurslaggewende rol speel om regverdigheid, deursigtigheid en doeltreffendheid in die elektrisiteitsvoorsieningsektor te verseker.