POPULARITY
Send us a textEfesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie deur middel van tegnologie kan kommunikeer nie.In die 1950's, toe my pa, wat ná die oorlog uit Europa na Australië geëmigreer het, vir my ma, wat nog in Oostenryk was, wou vra om te trou, het dit byna drie maande geneem vir sy brief om haar te bereik en vir haar antwoord om by hom uit te kom.Kom ons vergelyk dit met die blits-kommunikasie van vandag: Ek was onlangs in 'n raadsvergadering in Sydney, toe ek per foon van ons Afrika-direkteur, wat 'n radiostasie in Zanzibar besoek het, 'n boodskap ontvang het. Dit is maklik om dit deesdae as vanselfsprekend te aanvaar, maar dink daaraan - dit is eintlik ongelooflik!Maar hoe vinniger en geriefliker ons kommunikasie raak, hoe meer geïsoleerd raak ons. Hoe gerieflik is dit nie vandag om ‘n onpersoonlike boodskap, sommer uit te stuur, sonder om eers aan die persoon te dink?Sommige van die e-posse wat ek ontvang; die teksboodskappe; die kommentaar op sosiale media, is nie slegs kortaf nie, maar sommer onbeskof. Dit is regtig ‘n kwessie. Dink ‘n bietjie aan die manier waarop jy jou digitale kommunikasie gebruik en vergelyk dit met hierdie raad in:Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)Of, soos een van my Facebook-vriende onlangs gesê het: trap suutjies en verstandig oor die klippertjies. Lewer ‘n positiewe bydrae, moenie verdeeldheid saai nie. Gaan jou feite na. Weerstaan dit om die spot te dryf of iemand te verneder. Skep pragtige inhoud. Moenie deel wees van die bitterheid van hierdie wêreld nie; wees positief, selfs wanneer jy nie saamstem nie.Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
'n Plaaslike boervrou het 'n unieke verjaardagkalender saamgestel ten bate van die Droogtehulpfonds, geïnspireer deur pragtige plaasfoto's op 'n weerinligtingsgroep. Met toestemming is 18 oorspronklike foto's, sonder digitale wysiging, deur plaaslike boere gebruik. Reeds is 19 400 Namibiese dollar geborg vir die druk van 300 kalenders, en alle opbrengs gaan direk aan boere wat steeds onder die droogte ly. Verdere verkope behoort 'n waardevolle bydrae tot die fonds te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van die Droogtehulp Namibië gepraat.
Die Amerikaanse tarief van 30-persent is nie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie en die moontlike negatiewe ekonomiese impak moenie onderskat word nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se sakeskool. Hy sê die realiteit in die wêreld is dat die aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid 'n gefragmenteerde wêreldhandelstelsel skep wat ekonomiese onsekerheid aanblaas, verskaffingskettings ontwrig en ekonomiese aktiwiteit strem:
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn ooreenkoms met die Europese Raad onderteken om ʼn spesiale tribunaal saam te stel. Die tribunaal sal senior Russiese leiers teiken vir die misdaad van aggressie, wat die grondslag is vir tallose oorlogsmisdade waarvan Oekraïne Russiese magte beskuldig sedert die begin van die oorlog in Februarie 2022. Zelensky sê hulle wil geregtigheid verseker vir alle slagoffers en beklemtoon dat misdadigers in die Internasionale Strafhof moet teregstaan:
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 'n proaktiewe benadering tot gesondheidsbedreigings versoek en die bekendstelling van Namibië se nasionale gebeurtenisgebaseerde toesigriglyne beklemtoon. Die riglyne is daarop gemik om vroeë opsporing en reaksie op uitbrekings soos malaria en cholera te verbeter. Die riglyne, in lyn met die Afrika-Siektebeheersentrum se raamwerk, sal vroeë waarskuwingstelsels verbeter, met steun van die sentrum.
Die ACDP-party sê die regering sal teen 2035, 7,4-miljoen werkgeleenthede moet skep om tred te hou met die groeiende arbeidsmag. Die party waarsku jeugwerkloosheid kan erger word as die regering nie in arbeidsintensiewe industrieë en vaardigheidsontwikkeling belê nie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir beleggings in arbeidsintensiewe sektore en 'n dubbelbaanstelsel om skoolverlaters vir die veranderende ekonomie voor te berei:
Professor William Gumede van Wits Universiteit het onlangs 'n onderhoud gevoer met State of the Nation, 'n Suid Afrikaanse potgooi wat handel oor die land se politiek. Gumede het oor sy 2009-navorsing, om uit te vind of Swart Ekonomiese Bemagtiging enigsins goed aangewend was in die land, gesels. Sy navorsing het bevind dat om en by meer as 1 triljoen Suid Afrikaanse rand daarna gegaan het maar het in welaf Suid-Afrikaners se sakke beland. Hy sê sedertdien het die probleem veel erger geword.
Go get the albumIs nothing but bangers. Throw Spek a few dollars while you're there.Vaya con Dios everyonegoldennonsense.com
Namibië het ‘n skitterende reënseisoen agter die rug en daar is weer moed in die landbousektor. Die reën het uitkoms in alle vertakkings van landbou gebring en boere kan nou die pad vorentoe beplan, sê andboukenner Wallie Roux. Kosmos 94.1 Nuus het met hom gesels:
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, bespreek werkskepping en indiensneming in die stad. Volg RSG Geldsake op Twitter
Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft, gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê Europese leiers het ingestem oor 'n vierpuntplan om 'n ooreenkoms in Oekraïne te verdedig en vrede te waarborg. Die leiers het gister 'n noodspitsberaad in Londen gehou, na 'n vuurwarm woordewisseling Vrydag tussen die president van Oekraïne Volodymyr Zelensky en sy Amerikaanse ampsgenoot Donald Trump in die Withuis. Starmer sê die plan behels om militêre hulp na Oekraïne aan die vloei te hou en ekonomiese druk op Rusland te versterk:
Suid-Afrika se Onteieningswet sal na verwagting geleenthede skep vir die jeug om aan die ekonomie deel te neem. Die minister vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het die regering se plan aangekondig om werkloosheid onder die jeug oor vyf jaar aan te pak. Sy het tydens die eerste Bemagtig die Jeug-indaba in Johannesburg gesê die regering sal sy presidentskap van die G20 gebruik om jongmense vir toekomstige werksgeleenthede voor te berei.
ʼn Afvaardiging van AfriForum en Solidariteit het Dinsdag by die Withuis in Washington met verteenwoordigers van die Trump-administrasie vergader. Die organisasies het Amerika gevra om druk te plaas op die Suid-Afrikaanse regering oor plaasmoorde, die Onteieningswet en die Bela-wet. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê die regering se gebrek aan erns om diplomatieke bande met Amerika te herstel, skep ʼn al groter krisis vir Suid-Afrika.
Skep moed, die Here is by jou.
Reaksie word ontvang op berigte dat Angola tussen Januarie en November 2024, net minder as 282 000 nuwe werksgeleenthede geskep, wat 'n groei van 2,1 persent op 'n jaargrondslag verteenwoordig. Die mees prominente sektore was handel, konstruksie en eiendom. Volgens die Employment Survey in Angola het die indiensnemingskoers van die bevolking van 18 jaar en ouer van 66 persent in die eerste kwartaal tot 67,4 persent in die tweede kwartaal toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner gepraat oor die syfers en die plaaslike uitdagings.
Die SOS Village het die belangrikheid daarvan beklemtoon om 'n veilige ruimte vir kinders gedurende die feestyd te skep, om te verseker dat hulle 'n betekenisvolle en genotvolle vakansie het. Hierdie oproep tot waaksaamheid kom in die lig van die talle verkragtingsake en onveilige aktiwiteite wat onlangs aangemeld is. Die organisasie doen 'n beroep op ouers en voogde om ekstra versigtig te wees om hul kinders se veiligheid te verseker, insluitend waar hulle speel, saam met wie hulle is en die aktiwiteite waaraan hulle deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Shimaneni, die waarnemende hoof vir fondse en kommunikasie by die SOS Village, wat sê kinders moet te alle tye beskerm word.
Kommer is in 'n gepubliseerde brief geopper oor die groeiende aantal gekwalifiseerde werklose onderwysers regoor die land. Die klaer sê baie onderwysers wat in 2020 gegradueer het, sit steeds sonder werk. Die brief het frustrasie oor die onderhoude-proses onderstreep en vra vir die direkte plasing van onderwysers. Die skrywer sê hulle kan nie hul NSFAF-lenings terugbetaal nie, en die gebrek aan werk kan sommige individue tot desperate maatreëls dryf, soos om hulle tot misdaad of sekswerk te wend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp.
Steenkamp sê hulle ondersoek 'n stelsel met onderrigsessies in die oggende en middae, wat meer onderwysposte kan skep.
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batoyi, sê haar kantoor het nie toegang tot noodsaaklike getuienis wat kan help om staatskapingsake te bespoedig nie. Die justisie-departement word beskuldig dat hy toegang verhinder tot die getuienis wat die staatkapingskommissie ingesamel het. Batohi het aan die SABC gesê hulle ondersoek regsroetes om vrye toegang tot dié getuienis te kry om sake te vervolg wat die kommissie verwys het.
Dr Roelof Botha gesels oor die Amerikaanse ekonomie. Volg RSG Geldsake op Twitter
AfriForum het die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidskwessies in Genève ingelig oor die potensiële gevaar van Engelse oorheersing in Suid-Afrika se onderwysstelsel weens die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Alana Bailey van AfriForum waarsku die wet sal Afrikaanse gemeenskappe negatief beïnvloed en die oorbevolking in skole vererger. Sy vra die internasionale gemeenskap om druk op die regering uit te oefen om taalverskeidenheid in onderwys voorop te stel.
Reaksie word ontvang op die toekenning van drie NamWater pyplyn-projekte aan Chinese maatskappye. Die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar is almal aan Chinese konstruksiefirmas toegeken. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, sê dit is onaanvaarbaar omdat daar genoeg plaaslike maatskappye en, die Chinese skep nie werk nie.
Wendy Petersen, uitvoerende hoof van SA Olives gesels oor die internasionale olyftekort. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die digitale era het joernalistiek aansienlik beïnvloed. Verkeerde inligting en waninligting versprei vinnig aanlyn, wat die publiek se vertroue erodeer. Die behoefte aan konstante inhoud en dalende inkomste het joernalistieke integriteit in die gedrang gebring en veranderinge in nuusorganisasies veroorsaak. Hierdie uitdagings bedreig die toekoms van joernalistiek se rol in demokrasie. By 'n geleentheid aangebied deur die Namibia Media Trust, onder die tema: "Die bou van veerkragtige inligting-ekosisteme in Suider-Afrika", het die Deutsche Welle Akademie se direkteur van media-ontwikkeling, Natascha Schwanke, 'n voorstel gelewer om wantroue in joernalistiek te bekamp.
Jan Vermeulen, redakteur van MyBroadband gesels oor Amazon se 'Shop Mzansi'. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Swapo-party het sy verkiesingsmanifes en -veldtog by die Sam Nujoma-stadion in Windhoek geloods, onder die tema “Eenheid in diversiteit: Natuurlike Hulpbronne, Beneficiasie en Jeug. Bemagtiging vir volhoubare ontwikkeling.” Swapo se visepresident en presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die manifes bekendgestel. Sy sê die regering het hom daartoe verbind om meer as 85 miljard Namibiese dollar opsy te sit vir massa-werkskepping oor die volgende vyf jaar. Sy het beklemtoon dat die geld slegs vir regeringsprojekte sal wees.
John Anderson, uitvoerende hoof van oplossings en bemagtiging by Alexforbes gesels oor spaarpot onttrekkings. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Elektrisiteitsbeheerraad die Nasionale Aansluitingsheffingsbeleid in 'n Nasionale Aansluitingsheffingskode omskep. Dit is daarop gemik om te verseker dat gebruikers wetlik verplig is om gebruik te maak van die kode, wat 'n verpligte regsinstrument is, en om 'n gestandaardiseerde benadering tot kragnetwerkverbindings en gepaardgaande heffings daar te stel. Die raad se hoofbestuurder vir ekonomiese- en markregulering, Pinehas Mutota, sê die kode sal 'n deurslaggewende rol speel om regverdigheid, deursigtigheid en doeltreffendheid in die elektrisiteitsvoorsieningsektor te verseker.
Die Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, is na ‘n klopjag by Durban Westville besorg oor smokkelary in tronke. Beamptes het beslag gelê op selfone, geld en dwelms, insluitend dagga en heroïen. Dit volg op soortgelyke onlangse klopjagte in Kaapstad en Johannesburg. Die kommissaris onderneem om uit te vind hoe gevangenes hierdie items kon bekom en waarsku bewaarders wat betrokke is, kan afgedank word.
President Cyril Ramaphosa het bekendgemaak die Infrastruktuurfonds sal nuwe benaderings ten opsigte van gemengde finansiering vir infrastruktuurprojekte ondersoek. Hierdie inisiatief moet vinnige en inklusiewe ekonomiese groei aanvuur, werk skep, armoede verlig en 'n regverdige samelewing kweek. Ramaphosa het gewys op die belangrikheid van samewerking met die privaatsektor deur middel van Infrastruktuur Suid-Afrika om belegging en implementering in infrastruktuur te verbeter:
Windhoek, wat 16 persent van Namibië se bevolking bevat, is die grootste mark in die land vir internet-verbindings. By 'n onlangse geleentheid wat deur die stad aangebied is, het die voorsitter van die stadsraad se bestuurskomitee, Sam Shafiishuna Nujoma, gesê dat kommersialisering van die veselnetwerk 'n beduidende sakegeleentheid bied, wat moontlik 'n broodnodige inkomstestroom vir die Stad sal skep. Die strategiese inisiatief sal die raad se bedryfsdoeltreffendheid verbeter en diens vebeter aan inwoners, besighede en beleggers. Die skuif na vesel sal ook aanlyntransaksies vergemaklik. Nujoma gee meer inligting oor die beplande veselnetwerk.
Die Suid-Afrikaanse jeug is aangemoedig om ywerig te bly in hul entrepreneurskapsreis. Green Youth Indaba se voorsitter, Sanele Zulu, het die noodsaaklikheid beklemtoon om geleenthede te bied en die hoë werkloosheids-probleem aan te pak. Zulu het met die SABC gepraat en die belangrikheid van entrepreneurskapsopvoeding en begrip van wetgewende bepalings vir ondernemings beklemtoon. Hy het 'n beroep op jong entrepreneurs gedoen om proaktief geleenthede te soek om die ekonomie te verbeter en werkloosheid aan te spreek:
Pieta Meyer, handelsmerkdirekteur van Lulalend gesels oor bemarking vir klein ondernemings. Volg RSG Geldsake op Twitter
'n Afrika Ekonomiese Vooruitsig-verslag deur die Afrika Ontwikkelingsbank skat dat 17 miljoen werksgeleenthede elke maand tussen nou en 2063 geskep moet word om die werk- en werkloosheidsyfers van Afrika-jeug konstant te hou. 'n Arbeidskenner het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die plaaslike boubedryf is een van die sektore waarin werk vir die jeug geskep kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tuafi Shafombabi, die woordvoerder van die Nasionale Behuisingsonderneming, oor of die konstruksiebedryf werkloosheid sal kan bekamp.
Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
Weiding by die Osire-vlugtelingkamp het 'n probleem vir die owerhede in die Otjozondjupa-streek geword. Osire is 'n vlugtelingkamp in sentraal-Namibië, 200km noord van Windhoek langs die C30-hoofpad van Gobabis na Otjiwarongo. Dit is in 1992 gestig om vlugtelinge uit Angola, Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Rwanda en Somalië te akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, vir 'n opdatering oor die weidingkwessie.
Hendrik du Toit, uitvoerende hoof van Ninety One gesels or die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die president van die Namibiese Landbou-unie Thinus Pretorius het die afgevaardigdes by die Landbou Werkgewersvereniging se jaarkongres wat tans aan die gang is, toegespreek. Hy het ook melding gemaak van die nuwe minimumloon maar sê daar is ‘n geleentheid.
Kry die nuus soos dit breek.
Sean Walsh, uitvoerende hoof van die KAL-groep gesels oor die groep se winssyfers en Shell wat uit SA onttrek. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het sy 20ste bestaansjaar herdenk. Die bank se uitvoerende hoof John Steytler, het onthul dat die bank oor die afgelope twee dekades meer as 115 000 werksgeleenthede gegenereer het deur sy befondsing van projekte. Hy voeg by dat sedert sy stigting tot Februarie vanjaar het die bank lenings van 20,38 miljard Namibiese dollar goedgekeur.
Die internasionale tegnologiemaatskappy Yango en Pupkewitz Toyota het kragte saamgesnoer om opwindende entrepreneursgeleenthede vir Windhoek se inwoners te skep, in 'n gedeelde strewe om Namibiese entrepreneurs te bemagtig. Hierdie strategiese vennootskap bied 'n unieke geleentheid om vir jouself te werk deur die betroubare Toyota Vitz en Yango se rit-roep platform. Enigiemand kan 'n Vitz by Pupkewitz Toyota kontant of deur die bank koop vir 2 900 Namibiese dollar per maand en dit by Yango registreer, en 'n minimum van 15 000 dollar per maand verdien. Die veldtog duur tot 25 Mei. Shawapala Kandjabanga, handelsmerkbestuurder by Pupkewitz Toyota, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Reg of verkeerd, die polisiemag word as een van die grootste werkgewers in die land geag en word na deur die regering beskou as 'n strategie om jeugwerkloosheid te verlig. Binnelandse sake minister Albert Kawana het tydens sy begrotingsverklaring in die Nasionale Vergadering gesê die kadetkonstabels wat verlede jaar gewerf is, sal hul opleiding in Mei voltooi. 'n Bykomende 1 700 kadetkonstabels sal vanjaar gewerf word weens 'n groot aantal polisiebeamptes wat die mag verlaat.
Maatskaplike toelae bly in die nuus. Die toelaag vir kwesbare kinders is onlangs verhoog, asook pensioenbetalings. Die regering bestee meer as 6 miljard Namibiese dollar ‘n jaar op toelae, maar baie mense sê dit doen niks om armoede aan te spreek nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gepraat, wat sê die ekonomie moet getransformeer word om meer werk te skep, wat op die ou end armoede in die land effektief sal aanspreek.
Tax Justice South Africa waarsku oor potensiële verhogings in sondebelasting wat in volgende week se begroting aangekondig sal word, kan die weg baan vir misdaad-netwerke en Suid-Afrika in die rigting van ‘n mafia-staat stuur. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting beduidende aksynsbelastingverhogings op alkohol en tabakprodukte aankondig. Die stigter, Yusuf Abramjee, sê onvolhoubare aksynsbelasting en onbeheersde onwettige handel kos die land jaarliks 100 miljard Suid-Afrikaanse rand. Abramjee vra bestaande wette moet afgedwing word om ondernemings, werksgeleenthede en noodsaaklike inkomste te beskerm:
Met verkiesings wat vir November vanjaar geskeduleer is, begin politieke partye hul voorbereidings in alle erns. Die president van Independent Patriots for Change, Panduleni Itula, het die party se grondmobiliseringskommando's vir die Khomas-streek amptelik in Windhoek geloods. Die mobiliseerders is daar om mense op voetsoolvlak op te voed oor politiek om 'n beter begrip te verseker van hoekom hulle by die party moet aansluit voor die verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die party se woordvoerder, wat sê dat hierdie jaar moeisaam sal wees aangesien die party se groepmobiliseerders ywerig werk.
Die meeste van ons sukkel om vreugde, vrede, betekenis en konneksie in ons lewens te vind. Skep 'n raamwerk vir jou lewe wat jou opgewonde maak, jou siel energie gee en jou in staat stel om by die huis en by die werk te floreer! Sonder ‘n raamwerk, gebeur die lewe met jou in plaas daarvan dat jy intensioneel leef. Ontwikkel 'n duidelike plan om doelbewus te lewe en geniet elke oomblik daarvan! Maak seker om elke Woensdag om twintig voor vyf in te skakel waar Marco Haasbroek van Framework to Flourish wenke deel om jou toe te rus vir ‘n vreugdevolle lewe. Vir meer inligting gaan na: flourishworkshops.co.za
ICYMI: Die meeste van ons sukkel om vreugde, vrede, betekenis en konneksie in ons lewens te vind. Skep 'n raamwerk vir jou lewe wat jou opgewonde maak, jou siel energie gee en jou in staat stel om by die huis en by die werk te floreer! Sonder ‘n raamwerk, gebeur die lewe met jou in plaas daarvan dat jy intensioneel leef. Ontwikkel 'n duidelike plan om doelbewus te lewe en geniet elke oomblik daarvan! Maak seker om elke Woensdag om twintig voor vyf in te skakel waar Marco Haasbroek van Framework to Flourish wenke deel om jou toe te rus vir ‘n vreugdevolle lewe. Vir meer inligting gaan na: flourishworkshops.co.za
Hoevember, saamgestel deur die bekroonde kunstenaar La-Toya Mwoombola, beter bekend as Lioness, is 'n jaarlikse geleentheid wat daarop gemik is om die veiligheid van vroue en die LGBTQI+-gemeenskap in Namibië te vereer. Die dag is geskep om vroue en die gemeenskap 'n wêreldklas ervaring van lewendige vermaak, mode en kos te gee. Die vierde uitgawe vind eerskomende Saterdag by Palm Tree Park in die hoofstad plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Lioness gepraat oor die belangrikheid van die geleentheid. Sy verduidelik dat dit 'n veilige ruimte vir vroue en lede van die LGBTQ+-gemeenskap wil skep.