In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ‘n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref. Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans? Vir meer in…
rrRADIO — Dié gesprek kyk diep in die hart van ‘n vrou wat gevoel het sy raak “onsigbaar” omdat haar lewensmaat aan depressie ly. Sy deel jare se hartseer, maar ook wat sy gedoen het om weer vreugde te vind. “My geliefde man, André, het op 30 Mei gekies om hemel toe te gaan.” – Annette de la Porte. Kontakdetail: http://holdontohim.co.za/ Tel. 083 794 3537 annette@holdontohim.co.za Facebook: Hold Onto Him Instagram @annette_de_la_porte http://hospivision.org.za/
rrRADIO — Hoe lyk die verskillende jasse wat depressie aantrek? Kan jy iemand met depressie wat ‘n doodswens het “daaruit praat”? “My geliefde man, André, het op 30 Mei gekies om hemel toe te gaan.” – Annette de la Porte. Annette de la Porte is ‘n maatskaplike werker, Emosionele Logika-afrigter, berader en motiveringspreker van Kaapstad. Kontakdetail: http://holdontohim.co.za/ Tel. 083 794 3537 annette@holdontohim.co.za Facebook: Hold Onto Him Instagram @annette_de_la_porte http://hospivision.org.za/
rrRADIO — Kyk jy in jou geliefde se oë en voel daar is niemand tuis nie? Is jy besorg, terwyl jy self swaarkry? As jy depressie verstaan, veroordeel jy dit nie, en as jy nie veroordeel nie, kan jy ondersteun. Luister na die insigte van ‘n vrou wat 34 jaar met depressie in die huis leef. Annette de la Porte is ‘n maatskaplike werker, Emosionele Logika-afrigter, berader en motiveringspreker van Kaapstad. Kontakdetail: http://holdontohim.co.za/ Tel. 083 794 3537 annette@holdontohim.co.za Facebook: Hold Onto Him Instagram @annette_de_la_porte http://hospivision.org.za/
rrRADIO — Met Covid-19 en inperking voel dit of ons beheer oor ons lewe verloor het. Ons omstandighede wek ook diep vrese – vir alleenwees, die verlies van vryheid, en vir die dood. Dié gesprek help ons sin maak hiervan. Marise Swart is 'n kliniese sielkundige van Pretoria. Kontakdetail Tel. 012 362 6605 (kantoor) - tydens Covid-19: 076 5000 303 www.marise.co.za Facebook: Marise Swart Clinical Psychologist https://www.facebook.com/hatfieldpsychologists
rrRADIO — “Lockdown” kan soos eensame opsluiting voel, en ons verlate, magteloos en depressief laat voel, maar as jy eensaamheid beter verstaan, kan jy dit beter hanteer. Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling is ‘n voorligtingsielkundige en mediator van Johannesburg. Kontakdetail 0824604575 han@emlct.com http://www.drhannetjie.co.za @DrHannetjie Hoe om beter te voel – kyk op https://za.pinterest.com/hannetjie777/ onder Covid-Lockdown Coping en Loneliness Over the Hill Moon: a Guide to Positive Ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013) is op Amazon te koop (elektroniese weergawe)
rrRADIO — Tydens inperking het verhoudingsmaats minder vryheid, minder spasie, ‘n ander roetine en dalk ekstra verantwoordelikhede soos huistakies of kinders besig hou. Moenie dat dit jou verhouding skaad nie - hier is praktiese wenke vir goeie kommunikasie en konflikhantering. Anys Rossouw is ‘n opvoedkundige sielkundige van Pretoria. Kontakdetail Anys Rossouw 012 460 7366
rrRADIO — Maak die lewe vir jou én jou voorskoolse of laerskoolkind makliker met voorspelbaarheid, struktuur en oulike idees vir speel wat terselfdertyd kernvaardighede bevorder. Julle skep sommer ook goeie herinneringe! Anys Rossouw is ‘n opvoedkundige sielkundige van Pretoria. Kontakdetail Anys Rossouw 012 460 7366
rrRADIO — Die Covid-19-krisis en inperking skep angstigheid oor ons gesondheid, nabymense en finansiële oorlewing. Met dié tegnieke kan jy wegholgedagtes in toom hou, beter slaap en jou energievlakke lig. Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling is ‘n voorligtingsielkundige en mediator van Johannesburg. Kontakdetail 0824604575 han@emlct.com http://www.drhannetjie.co.za @DrHannetjie Hoe om beter te voel – kyk op https://za.pinterest.com/hannetjie777/ onder Covid-Lockdown Coping Over the Hill Moon: a Guide to Positive Ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013) is op Amazon te koop (elektroniese weergawe)
rrRADIO — Kom luister saam na ons spesiale, mini-reeks gedurede die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende die onsekere tydperk.
rrRADIO — ‘n Krisis soos Covid-19 hou gevaar in – maar ook geleenthede. Hier is praktiese raad om jou vrese en frustrasies te verminder en jou gereed te maak vir ‘n groeitydperk hierná. Anys Rossouw is ‘n opvoedkundige sielkundige van Pretoria. Kontakdetail Anys Rossouw 012 460 7366
rrRADIO — Om iemand wat besig is om te skei te ondersteun is allermins eenvoudig. Wanneer help jy régtig, en wanneer vererger jy dalk die situasie sonder dat jy dit besef? Hier is sinvolle riglyne oor hulp op emosionele en praktiese gebied, en ‘n vars Bybelse perspektief op egskeiding. Ds. Braam Klopper van Kempton Park is ‘n predikant en pastorale terapeut wat in rou spesialiseer. Kontakdetail info@braamklopper.co.za Inligting oor Braam se publikasies en gesprek-CD’s by http://www.braamklopper.co.za/ Leeg: God se troos na swangerskap of miskraam – gaan na https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796320087
rrRADIO — ‘n Miskraam of stilgeboorte tref ouers in die hart. Wanneer hulle vra hoekom dit met hulle gebeur het, sê mense dikwels hulle kan mos maar “weer probeer”. Ds. Braam Klopper praat oor die omvang van so ‘n verlies, en hoe ons ouers kan ondersteun – selfs jare later. Ds. Braam Klopper van Kempton Park is ‘n predikant en pastorale terapeut wat in rou spesialiseer. Kontakdetail info@braamklopper.co.za Inligting oor Braam se publikasies en gesprek-CD’s by http://www.braamklopper.co.za/ Leeg: God se troos na swangerskap of miskraam – gaan na https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796320087
rrRADIO — Dikwels kruip ‘n man in sy dop wanneer iemand na aan hom sterf, of lyk dit of hy eenvoudig met sy lewe voortgaan. Wat moet ek weet om my lewensmaat, pa of broer onder sulke omstandighede by te staan? Ds. Braam Klopper van Kempton Park is ‘n predikant en pastorale terapeut wat in rou spesialiseer. Kontakdetails: info@braamklopper.co.za Inligting oor Braam se publikasies en gesprek-CD’s by http://www.braamklopper.co.za/ Leeg: God se troos na swangerskap of miskraam – gaan na https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796320087
rrRADIO — Dis vir ouers ontsettend moeilik wanneer hul jong seun pa gaan word. Erna Rheeder, koördineerder by SAVF FAMNET, SAVF Fathers’ Network en SA Male Mentorship Network, praat oor hoe om dit ten beste te hanteer. Erna is ‘n maatskaplike werker van Pretoria. Kontakdetails: erheeder@savf.co.za Facebook: SAVF FAMNET http://famnet.co.za/ http://famnet.co.za/programmes/fathers-network/ www.amato.co.za (voorheen ABBA) https://m2m.org/ http://justdadit.co.za/ https://theparentcentre.org.za/
rrRADIO — Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel.
rrRADIO — Die ma wat hoor haar tienerdogter is swanger, moet die skok hanteer en boonop nie net haar dogter bystaan nie, maar ook haar eie balans behou. Erna Rheeder, koördineerder by SAVF FAMNET, SAVF Fathers’ Network en SA Male Mentorship Network, gee opbouende raad. Erna is ‘n maatskaplike werker van Pretoria. Kontakbesonderhede: erheeder@savf.co.za Facebook: SAVF FAMNET http://famnet.co.za/ http://famnet.co.za/programmes/fathers-network/ www.amato.co.za (voorheen ABBA) https://m2m.org/ http://justdadit.co.za/ https://theparentcentre.org.za/
rrRADIO — Dobbelafhanklikheid word dikwels ten alle koste geheim gehou. Hoe werk dit, en is daar werklik gratis terapie vir dobbelafhanklikes en hul gesinne beskikbaar? Dr Ronél le Roux is ‘n emosionele intelligensie-spesialis en terapeut van Centurion. Gratis, konfidensiële hulplyn van die South African Responsible Gaming Foundation: 0800 006 008 (24/7)
rrRADIO — In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ‘n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref. Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans? Nuwe episodes word elke Dinsdagoggend vanaf 25 Februarie vrygestel.
rrRADIO — As aktrise vorm Je-ani Swiegelaar se voorkoms deel van haar “produk”. Sy praat oor gesonde selfvertroue en leefstylkeuses, en wanneer jy maar samelewingsvoorskrifte vir vroue kan ignoreer. Volg Je-Ani op sosiale media: Instagram @jeaniswiegelaar Facebook Je-ani Swiegelaar Facebook Keelvol
rrRADIO — Kan oefening waarvan jy régtig hou jou lewe op alle vlakke verander, al twyfel jy aanvanklik aan jouself? Teresa Coetzee is 'n joernalis en fietsryer van Johannesburg. Twitter @teresacoetzee Insta teresacoetzee Facebook Teresa Coetzee
rrRADIO — Wil jy ook op die vooraand van jou sewentigste verjaardag lewensenergie en en sjarmante deurleefdheid uitstraal? Marina Beukes gesels oor haar hantering van reuse-uitdagings soos haar man se afdanking en terminale siekte, om ‘n besigheid te bou, en rumatoïede artritis. Marina Beukes is 'n maatskaplike werker en besigheidsvrou van Pretoria. Kontakdetail: www.westernprinters.co.za
rrRADIO — Om lekker te kan dans moet jy ritme hê, ‘n dansmaat wat by jou pas, en veral nie jou naam met ‘n plank slaan nie, reg? Verkeerd. As jy in ‘n emosioneel veilige omgewing kan dans, versterk jy nie net jou selfbeeld en jou konneksie met ander nie, maar help jy boonop om Alzheimer se siekte en demensie te voorkom. Erika du Toit is 'n deeltydse dosent en dansinstrukteur van Pretoria. www.dancingdivas.co.za Instagram: @erikaheartbeat Facebook: Heartbeat Photography - @erikadutoitphotography
rrRADIO — Hoe kan jy leer om weer jou liggaam en die lewe te vertrou ná ‘n uiters pynlike pad met borskanker? Erika du Toit gesels openhartig oor die uitdagings, lewenslesse, en humor van haar en haar gesin se ervaring – en oor hoe sy die lewe opnuut omhels. Erika du Toit is 'n deeltydse dosent en dansinstrukteur van Pretoria. www.dancingdivas.co.za Instagram: @erikaheartbeat Facebook: Heartbeat Photography - @erikadutoitphotography
rrRADIO — Vir baie van ons is dit moeilik om te glo ons is mooi nés ons is. Mariska Venter, wêreldklas rolstoeltennisspeler en nou ook model, vertel hoe sy daarmee vrede gemaak het dat sy nie meer kan staan of loop nie. Wat is die geheim van haar selfaanvaarding en onstuitbare lewenslus? Mariska Venter is 'n Suid-Afrikaanse rolstoeltennisspeler en model van Pretoria. www.mariskaventer.com Instagram: @mariskaventerofficial Facebook: Mariska Venter
rrRADIO — In ons veeleisende wêreld kan jy maklik op die punt kom waar jy voel álles raak net vir jou te veel. Wat moet jy maak as jy – of iemand na aan jou – so voel? Dr. Wilmien Human is 'n kliniese sielkundige en senior dosent van die Wes-Kaap wilmienvs@gmail.com
rrRADIO — Hoe hoog is die verwagtinge wat jy (en ander mense) aan jou stel? Voel jy ook soms die eise is te veel om te hanteer? In hierdie gesprek kyk ons na wat ons regtig wil hê, wat ons regtig kan doen, en hoe ons keuses kan maak wat ons lewe en energie gee. Dr. Wilmien Human is 'n kliniese sielkundige en senior dosent van die Wes-Kaap wilmienvs@gmail.com
rrRADIO — Het jy geweet dis wetenskaplik bewys dat praktyke soos ‘n dankbaarheidsjoernaal jou geluk én jou immuunstelsel ‘n hupstoot kan gee? Dr. Wilmien Human is 'n kliniese sielkundige en senior dosent van die Wes-Kaap wilmienvs@gmail.com
rrRADIO — Ons voel almal soms magteloos in ons verhouding met ons lewensmaat, kind of kollega. Die "victim triangle" is 'n praktiese hulpmiddel wat ons wys wanneer iemand die rol van die slagoffer aanneem, ander mense te na kom, of hulle probeer red. Karin Bronkhorst is 'n opvoedkundige sielkundige van Johannesburg. www.karinbronkhorst.co.za reception@karinbronkhorst.co.za Tel. 071 871 4859, 011 463 4904
rrRADIO — Baie vroue weet nie wat om met die woede binne-in ons te doen nie. Hoe kan ons dit herken en konstruktief hanteer, sonder om ander te skaad? Karin Bronkhorst is 'n opvoedkundige sielkundige van Johannesburg. www.karinbronkhorst.co.za reception@karinbronkhorst.co.za Tel. 071 871 4859, 011 463 4904
rrRADIO — Het jy werklik 'n gebrek aan selfbeheersing, of is dit eerder 'programme' in jou onbewuste wat keer dat jy gewig verloor? Vind uit hoe hipnoterapie hiermee kan help. Karin Bronkhorst is 'n opvoedkundige sielkundige van Johannesburg. www.karinbronkhorst.co.za reception@karinbronkhorst.co.za Tel. 071 871 4859, 011 463 4904
rrRADIO — In ons samelewing is die verwagtig dat ons produktiwiteit voortdurend sal styg, dat ons meer geld sal verdien, dat ons beter verhoudingsmaats sal word - maar eintlik is ons sikliese wesens. Nes ons maandstonde wys dat ons liggame 'n hormonale siklus het, het ons verhoudings en lewensfases ook dikwels 'n begin, middel en einde - en elke einde is 'n nuwe begin. Insig in hierdie siklusse help ons gelukkiger leef. MARI (Mandala Assessment Research Instrument) http://mari-sa.co.za/ Eleen Polson is 'n voorligtingsielkundige: www.eleenpolson.com , tel 072 212 1719
rrRADIO — Ons fokus so op produktiwiteit en om by te hou dat ons vergeet ons kan ons skeppingsvermoë inspan om sommer net te sing, te verf of te beweeg omdat dit lékker is. Die uitkoms maak nie saak nie, solank ons dit geniet. Eleen gee voorbeelde van maklike maniere om ons skeppende self te stimuleer, in die motor of tussen huistakies deur. Eleen Polson is 'n voorligtingsielkundige: www.eleenpolson.com , tel 072 212 1719
rrRADIO — Dis nie net "groot" gebeure soos ongelukke en inbrake wat ons traumatiseer nie, selfs 'n oponthoud in spitsverkeer en die vrees dat jy laat is, kan jou liggaam se veg-, vlug- of vriesreaksie sneller. Eleen Polson stel ons voor aan 'n toeganklike, doeltreffende manier om trauma te hanteer. www.treforafrica.com Eleen Polson is 'n voorligtingsielkundige: www.eleenpolson.com , tel 072 212 1719
rrRADIO — Ons wil graag hê ons dogters moet gelukkig wees, maar ons eie onsekerhede en druk van die samelewing maak dit vir hulle moeilik om 'n gesonde selfbeeld en liggaamsbeeld te ontwikkel. Dr. Melodie de Jager gee perspektief en praktiese wenke vir ma's met dogters van enige ouderdom. Blog met die fiktiewe verhaal: www.theartofcocreating.co.za Dr. Melodie de Jager is 'n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; https://mindynamix.com/; www.seniormindmoves.co.za
rrRADIO — Wie besluit wanneer 'n vrou mooi is? Die konsep het van oertye tot nou verander, en Twiggy het ook 'n rol gespeel. Die groot vraag is: kan jy sélf besluit hoe mooi nou eintlik lyk? Dr. Melodie de Jager is 'n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; https://mindynamix.com/; www.seniormindmoves.co.za
rrRADIO — As jy bereid is om moeite te doen, kan jy jou selfbeeld verander - jy kan letterlik nuwe neuropaadjies skep sodat jy positiewer voel oor jouself. Dr Ansie Gous wys ons hoe! Dr. Ansie Gous is 'n kliniese sielkundige van Johannesburg: Tel 011 672 8055 enansiegous@mweb.co.za
rrRADIO — Kom luister gerus saam na die prettige podsendingsreeks, Tee & Taai Toffies. Ilse Salzwedel gesels met interessante bekendes en glanspersoonlikhede soos Karlien van Jaarsveld en Bok van Blerk, en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los. Ons waarborg ʼn luisterervaring vol deernis en humor!
rrRADIO — Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie nuwe reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Die eerste episode word op 18 Oktober uitgesaai. Daarna sal daar elke tweede Vrydag 'n nuwe episode wees.
rrRADIO — 'n Negatiewe selfbeeld kan van kort na geboorte ontstaan. Dit word veroorsaak deur die manier waarop ouers kinders "op die regte pad hou", wedywering, mislukte pogings om in te pas, perfeksionisme, kritiese selfspraak en 'n handvol ander faktore. Dr. Ansie Gous is 'n kliniese sielkundige van Johannesburg: Tel 011 672 8055 en ansiegous@mweb.co.za.
rrRADIO — Het jy geweet jou liggaamsbeeld - hoe jy vir jouself lyk - is die grootste bepaler van jou selfbeeld? Navorsing wys die meeste vroue kyk te krities na hul liggaam. Gelukkig kan jy aan jou selfbeeld werk! Dr. Ansie Gous is 'n kliniese sielkundige van Johannesburg: Tel 011 672 8055 en ansiegous@mweb.co.za.
rrRADIO — Jy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf - ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe. Episode 1 word op 8 Oktober uitgesaai.
rrRADIO — Delene verduidelik hoe faktore soos erotiese intelligensie, samelewingsverwagtings, selfkennis, en gemaklikheid in jou lyf die vlak van intimiteit in jou liefdesverhouding kan beïnvloed. Delene van Dyk is 'n psigoseksuele opvoeder van Kaapstad. delene@2ndsight.co.za, 083 253 5122, www.MySexualHealth.co.za Facebook: Sex4Adults with Delene van Dyk
rrRADIO — Alle mense is nie óf heteroseksueel óf gay nie. Almal se seksuele gedrag stem ook nie noodwendig ooreen met hul seksuele oriëntasie nie. Die werklikheid is ingewikkelder. Delene van Dyk is 'n psigoseksuele opvoeder van Kaapstad. delene@2ndsight.co.za, 083 253 5122, www.MySexualHealth.co.za Facebook: Sex4Adults with Delene van Dyk
rrRADIO — Al word 'n kind by geboorte as 'n seuntjie of dogtertjie geklassifiseer, "voel" hulle nie noodwendig lewenslank soos 'n lid van die geslag wat aan hulle toegeken is nie. Hulle tree ook nie noodwendig volgens die samelewing se verwagtinge op nie. Delene van Dyk is 'n psigoseksuele opvoeder van Kaapstad. delene@2ndsight.co.za, 083 253 5122, www.MySexualHealth.co.za Facebook: Sex4Adults with Delene van Dyk
rrRADIO — Wat moet mans of vroue met diabetes en hul maats weet, en hoe raak die toestand hul seksuele gesondheid en verhouding? Dr. Elna McIntosh is 'n seksuoloog van Johannesburg. www.MySexualHealth.co.za, www.safersex.co.za, 011 787 1222
rrRADIO — Mariette gesels met dr. Elna McIntosh oor die Menslike Papilloomvirus. Die verskillende soorte MPV gee ons baie probleme - van vratte ('gewoon' sowel as seksueel oordraagbaar) tot servikskanker. Hoe kan jy dit voorkom, en hoe word dit behandel? Dr. Elna McIntosh is 'n seksuoloog van Johannesburg. www.MySexualHealth.co.za, www.safersex.co.za, 011 787 1222
rrRADIO — Mariette gesels met dr. Elna McIntosh oor hoe verskillende vorms van kanker jou liggaam, verhouding en seksuele gesondheid - of jy nou 'n man of 'n vrou is - kan affekteer. En hoe jy jou maat kan ondersteun. Dr. Elna McIntosh is 'n seksuoloog van Johannesburg. www.MySexualHealth.co.za, www.safersex.co.za, 011 787 1222 www.pinkdrive.co.za www.cansa.org.za www.acog.org www.webmd.com
rrRADIO — Mariette gesels met dr. Melodie de Jager oor hou jou sintuie jou sekslewe beïnvloed. Dr. Melodie de Jager is 'n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. Rol af vir frases wat jou kan help om jou maat se primêre sintuig vas te stel. www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; https://mindynamix.com/; www.seniormindmoves.co.za Gereelde gebruik van die volgende of soortgelyke frases kan 'n aanduiding wees van jou maat se primêre sintuig: Ouditief: dis klokhelder, plig roep, jy druk jou so mooi uit, ons is in harmonie, ek is die ene ore, ek het 'n voëltjie hoor fluit, luister tog net, ons praat dieselfde taal Kinesteties: dit gaan teen my grein, ewe koel en kalm, hy bou 'n lugkasteel, kom met my in aanraking, dit gaan hand aan hand, dinge raak nou vuurwarm, ek voel jou pyn, deur my vingers geglip Visueel: ek sien, in 'n oogwink, dit lyk vir my, in die lig van, die volle prentjie, volgens hierdie uitkyk, in my geestesoog, laat val die kollig op, onthul, toe word dit duidelik
rrRADIO — Mariette gesels met dr. Melodie de Jager oor die dieper betekenis van seks. Dr. Melodie de Jager is 'n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. Kyk by www.babygym.co.za by Resources en Senses E-book vir die gratis e-boek. www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; https://mindynamix.com/; www.seniormindmoves.co.za
rrRADIO — Mariette gesels met dr. Elna Rudolph oor transgender kinders en volwassenes. Dr. Elna Rudolph is 'n mediese dokter en seksuoloog van Johannesburg. www.DrElnaRudolph.com, www.MySexualHealth.co.za, www.MySexualHealthSHOP.co.za, 011 568 4844
rrRADIO — Mariette gesels met dr. Elna Rudolph oor die menopouse en seks. Dr. Elna Rudolph is 'n mediese dokter en seksuoloog van Johannesburg. www.DrElnaRudolph.com, www.MySexualHealth.co.za, www.MySexualHealthSHOP.co.za, 011 568 4844