Podcasts about kolossense

  • 14PODCASTS
  • 105EPISODES
  • 12mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Mar 27, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about kolossense

Latest podcast episodes about kolossense

God se Woord VARS vir jou Vandag
Leef ‘n Oorwinningslewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 27, 2025 2:49


Send us a textKolossense 1:5-6 Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het. (NLV) Verlede jaar het die wêreldwye selfhelpbedryf – boeke, kursusse, afrigting, al daardie goed – inkomste van miljoene gegenereer. Dit sal na verwagting teen 2030 verdubbel. Dit lyk asof baie mense baie hulp soek om hul lewens te verbeter.So, vertel my, wat is daar in jou lewe wat jy wil verbeter? Jou selfvertroue dalk; jou finansiële posisie of jou gesondheid? Wil jy dalk ‘n positiewe indruk skep, jou kommunikasie verbeter, leer hoe om korrek aan te trek om ‘n beeld van sukses te skep?Die hele selfhelp ding is 'n gekompliseerde lokval. Hoe jy dit ook al beskryf, gaan dit oor jouself: ek wil net 'n beter lewe lei. Ek wil hê wat nodig is om bo uit te kom, foute te vermy en 'n goeie lewe te lei.Vir my vorm hoop die kern van ‘n oorwinningslewe. In hierdie lewe maak ek foute wat gevolge het en dinge pootjie my soms onverwags. Wat van jou? Die apostel Paulus bemoedig die gemeente in Kolosse in die 1ste eeu nC met die woorde in:Kolossense 1:5-6 Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het. (NLV)Daardie hoop is 'n vaste hoop; dit is een wat jou voete onder jou sal uitslaan, want dit gaan alles oor God se genade vir jou. En dit versprei soos 'n veldbrand. Wil jy jou lewe verbeter? Reken dan op ‘n God-help-plan, nie ‘n selfhelp-plan nie. Plaas al jou hoop in Jesus.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Eden gemeente Preke
Sê "La vie" - Episode 72 - 'n Kolossense 3:17 Lent-oefening

Eden gemeente Preke

Play Episode Listen Later Mar 10, 2025 19:09


God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit is Waarvoor ons Bid (3)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 7, 2025 2:43


Send us a textKolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.. Voel jy ooit swak, uitgeput, en net … sommer sat vir alles? En om dinge te vererger, stel jy sulke hoë standaarde aan jouself, dat jy selfs te bang is om te erken dat jou krag jou in die steek laat.Ek het onlangs 'n lang rit saam met 'n kollega onderneem. Hy het my langs die pad gevra: "Berni, word jy ooit wakker en voel net ... sat vir alles?" Wel, ons ken mekaar al dekades lank en ek was effens uit die veld geslaan deur sy vreemde vraag.Ek het besef dat die optimisme en selfvertroue wat ek daagliks projekteer, hom laat wonder het. My antwoord was: absoluut! Party dae word ek wakker en voel net mooi sat! Maar elke oggend voordat ek my dag begin, spandeer ek tyd daaraan om te bid. Kolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.Kom ons kyk vandag na die laaste stukkie van daardie gebed. Paulus bid dat God jou met sy groot krag sal versterk, sodat jy geduldig sal wees en nie moed sal verloor wanneer probleme kom nie.Dinge verander wanneer jy bid. Die krag wat jy eens gehad het, keer terug … deur God se krag. Die geduld wat jy nodig het om jou probleme te hanteer, kom weer terug. Dis waar my krag vandaan kom as ek siek en sat vir alles voel!En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit is Waarvoor ons Bid (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 6, 2025 2:52


Send us a textKolossense 1:9-10 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Die verskil tussen reg en verkeerd, goed en sleg, is redelik duidelik, nie waar nie? Ja, dit is … totdat die lewe ingewikkeld raak; totdat dinge deurmekaar raak; totdat die lyne vervaag en jy skielik nie meer seker is watter rigting jy moet inslaan nie.Komaan, wees eerlik. Wanneer dinge in jou lewe ingewikkeld, en onseker raak, voel dit asof dit net jy is wat so voel. Dit lyk asof al die ander mense besig is om loshande deur die lewe te vlieg en dat dit net jou lewe is wat 'n gemors is. Weet jy, dit is eenvoudig nie waar nie, maar dis hoe dit voel.En dit is in daardie situasies waar ons dikwels onder stres en sonder insig verkeerde keuses maak. Wanneer laas het jy jouself in so ‘n situasie bevind? Dink mooi, wanneer jy die saak op die keper beskou, oor watter besluite wat jy destyds geneem het, is jy vandag spyt? As ons kyk na Paulus se gebed vir sy vriende in Kolosse waarna ons gister begin kyk het, kry ons ook 'n oplossing. Hier is die antwoord wat ons, die volgende keer wanneer ons in daardie situasie is, sal keer om daardie selfde swak keuses te maak. Dit is wat hy gebid het...Kolossense 1:9-10 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.Dit is wonderlik hoe jy soveel duidelikheid kry wanneer jy bid. Ewe skielik is jy weer uit jou toestand van vertwyfeling. Ewe skielik is jy weer seker wat God van jou wil hê. Ewe skielik … begin jou lewe weer goeie vrugte voortbring soos jy groei in jou kennis van God.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit is waarvoor ons Bid (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 5, 2025 2:45


Send us a textKolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, Dit is baie raar dat enigiemand, ongeag of hulle gelowig is of nie, sal nee dankie sê as iemand aanbied om vir hulle te bid. Dit gebeur af en toe, maar die meeste mense dink by hulself: Wel, dit kan nie seermaak nie, kan dit?Ek het al in my lewe net te veel antwoorde op gebed beleef en ook in die lewens van ander mense gesien, vir my om nie te glo dat (a) God inderdaad daar is, en (b) dat Hy ons antwoord wanneer ons bid.Die lewe is ingewikkeld, nè? Soms is dit ‘n deurmekaarspul en dikwels so onseker. Hoe hanteer ek dit? Watter kant toe moet ek draai? Kyk wat bid die apostel Paulus in die 1ste eeu nC vir sy vriende in Kolosse wat onder die Romeinse heerskappy in situasies leef wat kompleks, traumaties en gevaarlik is:Kolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,As God bestaan, as Hy inderdaad almagtig en liefdevol is, en as Hy werklik gebede beantwoord, is dit ‘n wonderlike ding om te vra dat Hy ons wysheid en insig sal gee sodat ons seker kan wees van wat Hy wil hê. Hoe? Deur aan ons almal: (Aan wie? Aan almal!) die wysheid en begrip te gee wat ons nodig het.So wanneer die lewe ingewikkeld, traumaties en onseker is, onthou … jy kan bid. En wanneer jy jou hart voor God uitstort, sal Hy jou absolute duidelikheid gee van wat sy wil vir jou is.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Uitverkore Volk

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 30, 2025 2:39


Send us a textKolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees Stel jou voor jy kan die horlosie terugdraai en die vele foute wat jy, net soos ek, in jou lewe gemaak het, ongedaan maak. Wat sou jy verander? Wat sou jy anders doen ... as jy kon oor begin?Die slegte nuus is dat ons nie die horlosie kan terugdraai nie. Ons kan nie ons foute uitvee nie. Ons kan nie daardie slegte besluite in goeies verander nie.So, kom ons blaai die bladsy om na goeie nuus. Ons het vandag nog ‘n geleentheid. Daar lê nog 'n toekoms vir ons voor. Daar is ‘n werklike geleentheid om met die verlede te breek; om dinge anders te doen; om anders te reageer op dié dinge wat ons lelik laat optree het.Maar verandering is moeilik. Ek is van nature ‘n baie selfgedissiplineerde individu, maar tog sukkel ek om my gebreke en my aangeleerde gedragspatrone op my eie te hanteer. Wat van jou? So hier is die goeie nuus:Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.Die doel van God se plan om Jesus na hierdie aarde toe te stuur, was altyd om vir ons 'n nuwe lewe te gee. Dis iets wat ons nie op ons eie kan regkry nie; dit maak nie saak hoe gedissiplineerd ons is nie; dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie.Dit is God self wat ons heilig maak; wat ons as een van sy uitverkorenes aanvaar.En wanneer dit gebeur, wanneer ons ons vertroue in Jesus plaas, begin daardie nuwe lewe bietjie vir bietjie ontvou. 'n Nuwe lewe wat getuig van: barmhartigheid, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld.Dis die nuwe lewe wat God vir jou het. Jesus.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Resep Vir Vrede (5)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 18, 2024 2:56


Send us a Text Message.Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Vrede gaan oor meer as die hantering van dít wat met jou gebeur - die mense, die omstandighede, die uitdagings - al daardie eksterne faktore. Ware vrede behels ook dat jy vrede het met wie jy is; dat jy jou plek in die wêreld verstaan en waardeer.‘n Gesonde eiewaarde is 'n noodsaaklike deel daarvan om die vrede wat God vir jou wil gee, te ervaar. En tog, wanneer ons onsself vergelyk met daardie pragtige, suksesvolle, ryk mense daar buite, met hul gelukkige huwelike en goed aangepaste kinders, skiet ons so dikwels ver te kort.Dit wat ek kan doen, my moontlike bydrae, is so klein, so onbeduidend in vergelyking met al daardie slim mense daar buite.Dit is hoe ons oor onsself voel wanneer ons die wêreld as ons maatstaf vir sukses gebruik. Maar hoe sal ons lewe lyk as ons, eerder as om soos hulle te probeer wees, en om vir daardie wispelturige gehoor daar buite te speel, gekies het om vir 'n gehoor van Een te leef?Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.Jou waarde en my waarde, word nie bepaal deur hoe ons teen die skare opweeg of wat hulle van ons dink nie. Wanneer ons vir daardie gehoor van Een lewe, is ons waarde nooit ‘n faktor nie, want ons weet dat Jesus vir ons gesterf het. Dít bepaal ons waarde ... sy dood vertel jou wat jy werd is!So, En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles … doen dit vir Hom. Leef jou lewe vir Jesus as jou Here. Word meer en meer soos Hy … leef meer en meer vir Hom.En, dank God die Vader, deur Jesus, in alles wat jy doen.Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Resep Vir Vrede (4)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 17, 2024 3:01


Send us a Text Message.Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God singNouja, hoe ervaar jy nou eintlik die stilte, die kalmte, en die vrede van God? Daardie vrede wat Hy vir jou beplan? Sy vrede, wanneer die roesemoes van die lewe jou wil oorweldig; wanneer jy die hele tyd deur die branders van die lewe heen en weer geslinger word? Hoe vind jy daardie vrede op ‘n praktiese vlak?Ek is nie 'n ou wat net droom nie, ek is ‘n doener. Die rede waarom ons bediening "Christianityworks" genoem word, is omdat Christenskap óf werk, óf nie werk nie. En as dit nie werk nie, onthef ons ons hele span van hul poste en hulle is vry om ‘n ander loopbaan te volg, want dan mors ons ons tyd!Wanneer God dus vir ons sy vrede, te midde van teenstand belowe, (soos Hy telkens in die Bybel doen); glo ek met my hele hart dat ons eintlik geskape is om daardie vrede in ons dag-tot-dag lewens te ervaar. En hier is dit …Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.Ja, laat die vrede van Christus jou gedagtes beheer – letterlik in jou hart heers. Maar hoe presies? Hier is dit weer:Wees altyd dankbaar - want my vriend, as jy ‘n gesindheid van dankbaarheid teenoor God het vir alles wat Hy vir jou gedoen het, sal hierdie gesindheid jou perspektief heeltemal verander. Dit maak jou hart oop om Christus se boodskap in jou te laat lewe.Met ander woorde, lees gereeld die Bybel. Dink daaroor na en vul jou gedagtes daarmee. Laat ander toe om jou met goddelike wysheid te leer en raad te gee en sing met 'n dankbare hart 'n nuwe lied tot God se eer.Dit is die wyse waarop jy God se vrede van dag tot dag sal ervaar.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Resep Vir Vrede (3)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 16, 2024 3:02


Send us a Text Message.Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Watter gedagtes oorheers jou denke? Wat beïnvloed jou gedrag en persoonlikheid? Die meeste mense sal sê … hul omstandighede, die mense rondom hulle en die posisies waarin hulle hulself bevind, bepaal dit. Maar weet jy, al te dikwels word ons die soort mense wat ons is, as gevolg van die prikkels waarop óns reageer.Dink daaroor na. As jy grootgeword het in 'n liefdevolle huis met fantastiese ouers, al was hulle ver van volmaak … gaan jy 'n heel ander mens wees as iemand, wat van die een stel pleegouers na die volgende verskuif is, sonder dat iemand hulle ooit regtig liefgehad het.En as volwassenes, bepaal ons omstandighede dikwels op dieselfde manier, ons denke. 'n Veilige werk teenoor werkloosheid; 'n gelukkige huwelik teenoor ‘n egskeiding; goeie verhoudings teenoor verhoudings vol konflik. Al hierdie dinge het 'n groot impak op watter soort mens ons word.Maar is dit die regte ding om toe te laat dat situasies, omstandighede en die mense daar buite, die bepalende motivering in ons lewens is, of is daar 'n beter oplossing?Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.Kom ons erken dit, die lewe daar buite is 'n ware tuimeltreinrit. Jy beleef voor- en teenspoed, storms en orkane, maar rustige dae ook. Wil jy regtig permanent in ‘n tuimeltrein rondgeslinger word? Neewat, dis nie ‘n lewe nie!En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag geeEn terwyl jy met al daardie goed in jou lewe stoei, wees dankbaar; wees altyd dankbaar, want God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.Hoe nader jy aan Jesus kom, hoe meer vrede sal jy in jou lewe hê.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Resep Vir Vrede (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 15, 2024 2:47


Send us a Text Message.Kolossense 3:12-14 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. Weet jy, dit is soms nogal ongerieflik om die waarheid te hoor. Jou houding teenoor die moeilike mense in jou lewe kan jou gevoel van God se vrede versterk, of jou daarvan beroof. Maar my vriend, jy moet verstaan dat jou vrede nie afhanklik van húlle gedrag is nie. Jou vrede word bepaal deur hoe jy kies om op hulle gedrag te reageer. Dis ‘n bietjie ongerieflik, maar absoluut waar.Dit is dalk wat jy nie wil hoor nie. Ja, dit is so maklik om die vinger na daardie mense wat jou van jou vrede beroof, te wys; daardie moeilike mense wie se verskriklike gedrag jou gevoel van vrede en geluk (weereens!) heeltemal ontwrig het.Goed, ek gee toe, hulle moes hulself beslis beter gedra het. Hulle moes jou nie van jou vrede beroof het nie. Maar gedane sake het geen keer nie. Jy kan nooit die oorlosie terugdraai nie.Gister het ons die eerste deel van God se oplossing gesien. Ek verwys na die verhoudings waarvan ek so pas gepraat het: jou houding (en myne ook) teenoor hulle. Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. In plaas daarvan om aanstoot te neem; hersien jou gesindheid - wees vol genade, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, vergifnis … en vrede.Maar daar is iets selfs belangriker wat die basis van so ‘n verhouding vorm:Kolossense 3:14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die resep Vir Vrede (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 14, 2024 2:53


Send us a Text Message.Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Soveel dinge in die lewe kan jou van jou vrede beroof. Maar bo-aan die lys is menseverhoudings. Verhoudings met daardie moeilike mense. Konflik, 'n skerp woord, of selfs 'n skewe kyk, kan jou vrede in 'n oogwink soos mis voor die son laat verdwyn.Jy weet mos hoe dit gaan. Jy klim met ‘n lied in jou hart en met die regte voet uit die bed uit; jy het die beste voornemens om 'n goeie dag te hê en om in die vrede en die vreugde van die Here te lewe... Maar die eerste e-pos wat jy lees; die eerste persoon met wie jy praat … kolskoot! Net daar waai jou voornemens by die voordeur uit.Hoe durf hulle? Ek verdien respek. Ek sal hulle wys!So, hoe gaan jy te werk om jou pad in die vrede wat God vir jou dag beplan het, te leef? Sy vrede is een van sy groot geskenke aan sy kinders.Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.Ek is geregtig op beter behandeling en respek! Dis ons reaksie op daardie moeilike mense wat ons van ons vrede beroof. Maar wat sal gebeur as ons 'n ander gesindheid teenoor daardie mense, wat ons van ons vrede beroof, openbaar?Betoon genade aan ander, wees meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam.Hoeveel genade het God aan jou bewys? En hoeveel keer het Hy jou al vergewe?As jy voel mense het jou kwaad aangedoen, vergewe hulle. Vergewe ander mense, want die Here het jou vergewe.Betoon genade, vergewe en wees vriendelik, nederig en sagmoedig, … en leef in vrede.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Hoop op Heerlikheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 16, 2024 3:11


Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (NLV) Wat deesdae in hierdie wêreld as ‘die waarheid' voorgehou word, is meer en meer ‘n bose konsep wat lewens vernietig. Daarom vermy baie van ons hierdie sogenaamde ‘waarheid', want dit word bykans onmoontlik om te weet wat die regte waarheid is.Miskien klink dit 'n bietjie pessimisties, maar byt vas... Dit gaan baie erger word. Alhoewel kunsmatige intelligensie ongetwyfeld baie voordele vir die samelewing sal inhou, sal dit ook deur bose rolspelers gebruik word om enige idee dat daar 'n onbevooroordeelde waarheid is, verder skade te berokken. Vervalste fop video's – waar jy iemand iets kan laat sê wat hulle nooit gesê het nie – sal net die begin daarvan wees.Maar daar is niks nuuts daarin nie. Vir jare lank al het "die nuus" wat in vervloë dae oor die algemeen 'n objektiewe vertelling van die feite was, verander in ‘n redaksionele mening. Daar is deesdae bitter min nuus op televisie, in die pers of aanlyn, wat nie die een of ander kinkel het nie. Ja, hulle het die een of ander verskuilde agenda!Maar daar is een Waarheid – een glorieryke Waarheid – wat nooit verander nie, wat altyd vertrou kan word, wat jou altyd tot seën sal wees.Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (NLV)Jesus het vir jou gesterf sodat jou sondes vergewe kan word. Hy het weer opgestaan om jou 'n nuwe lewe te gee. En as jy in Hom glo, word daardie geheime waarheid ‘n werklikheid: As jy vir Hom lewe, leef Hy in jou.Christus en Christus alleen is jou hoop op heerlikheid.Nouja… dit is 'n waarheid wat die moeite werd is om aan vas te hou. Want …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Behandel Jy Jou Personeel?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 14, 2024 2:42


Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook 'n Baas in die hemel het. (DB) Enigiemand wat al ooit in 'n leiersposisie was, sal weet dat dit nie maklik is nie. Mense voldoen dikwels nie aan jou verwagtinge nie. En jy raak soms geneig om krities te raak.Nee, my maat, om 'n leier te wees, is nie maklik nie. Soos Steve Jobs, die stigter van Apple, eenkeer gesê het, moenie 'n leier word as jy almal tevrede wil stel nie. Gaan verkoop dan maar eerder roomys!En as gevolg van die druk waaronder leiers hulself dikwels bevind, is hulle geneig om diegene wat hulle lei, sleg te behandel . . . of hulle ten minste af te skeep; nie hulle gevoelens in ag te neem; of genoeg aandag aan hulle te bestee om hul liggaamstaal korrek te lees nie.Of jy nou 'n leier is of nie, hierdie Woord van die Here is werklik belangrik:Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook 'n Baas in die hemel het. (DB)Eerlikheid en regverdigheid. Enigiemand wat onderworpe is aan die leierskap van 'n ander, kan regtig nie vir meer vra nie. Alhoewel ek die bediening van Christianityworks wat FRESH en VARS produseer, lei, is ek onderworpe aan die leierskap van 'n onafhanklike raad.Ja, hulle hou my aanspreeklik en hulle vra moeilike vrae soos hulle veronderstel is om te vra. Maar hulle doen dit eerlik en met ‘n gesindheid van goedheid en regverdigheid. Dis hoe dit hoort en ek probeer met ‘n opregte hart diegene wat skouer aan skouer saam met my in die bediening werk, ook so te behandel.Of jy nou 'n leier is of nie, Christus roep jou om goed en regverdig op te tree teenoor diegene met wie jy werk - teenoor jou ondergeskiktes, jou eweknieë en ja, teenoor jou leiers. Hoekom dink jy dis wat jy moet doen?Julle besef natuurlik dat julle ook 'n Baas in die hemel het. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onthou Jou Beloning

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 13, 2024 2:49


Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met 'n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV) Dit kan jou vir ‘n kort rukkie laat goed voel wanneer jy ander mense beïndruk. As jy jou baas beïndruk, kan jy dalk 'n verhoging, en of, 'n bevordering kry. Maar daar is iets baie belangriker, iets baie groter hier op die spel.Ons het gister in Kolossense 3 gesien dat daar 'n fyn balans bestaan tussen om goeie werk te lewer, en om onder die druk te wees om mense te behaag.Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met 'n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV)Gee onder alle omstandighede slegs die beste in alles wat jy doen. Maar in plaas daarvan om jou Godgegewe talente bloot te gebruik om ander te probeer beïndruk, gebruik dit om God te verheerlik. Dis waar die vryheid lê. Dis waar jy vervulling sal beleef. En dit op sigself kan vir jou korttermyn belonings bring.Maar daar is 'n groter prentjie; 'n baie groter prentjie, vir dit alles:Want as julle werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie, sal Christus julle met 'n erfdeel beloon.Kom ek gee jou die keuse: Sal jy eerder populêr wil wees en mense beïndruk en deur hulle beloon word, of wil jy eerder 'n beloning - of dit nou in hierdie lewe, of in die ewigheid is -  van God ontvang? Dis nie ‘n eenvoudige keuse nie, nè? Ons kan so maklik van koers afdwaal, want die lokmiddel van 'n korttermyn beloning kan baie aantreklik lyk.Eenvoudig gestel, watter beloning sal groter wees? Wie is in staat om jou meer en vir langer - vir die ewigheid - te beloon? Die mense op hierdie aarde, of God self?Onthou dat jy jou beloning van die Here sal ontvang, want dis wat Hy aan sy volk beloof het.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 12, 2024 2:55


Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV) Dit maak nie saak hoe nederig ons dink ons al geword het nie, daar is altyd 'n versoeking wat iewers diep binne-in skuil, wat vir ons vertel hoe wonderlik dit sal wees, as ons ander mense kan beïndruk.Die oomblik as ons aan onsself dink as nederig - ek is nederig! – is ons allesbehalwe nederig. Dit laat my altyd stilletjies lag kry vir myself. Wanneer ons in nederigheid groei; ervaar ons 'n geseënde bevryding van die enorme druk dat ons ander mense moet beïndruk.En kom ons erken dit, ons het ook maar 'n wispelturige gehoor. Die einste mense wat so betower was deur Jesus se kragtige prediking en verstommende wonderwerke, was dieselfde mense, wat toe Hy tydens daardie noodlottige Pasga-viering voor Pontius Pilatus gestaan het, uitgeroep het: “Kruisig Hom! Kruisig Hom! ” Kan ek jou vra om net vir 'n oomblik eerlik met jouself te wees. Mevrou of mejuffrou, in watter mate is die ophef wat jy oor jou hare en jou grimering maak, daar om ander mense te beïndruk? En julle manne, kies jy wat jy kantoor toe, of na ‘n vergadering gaan dra om jou beeld te poets? Hulle sê mos die vere maak die voël? In watter mate maak jy keuses in die lewe met die uitdruklike doel om ander te beïndruk?En weet jy, my vriend, dit lei tot 'n juk van slawerny waaruit God ons kom verlos het.Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV)Gee onder alle omstandighede slegs die beste in alles wat jy doen. Maar in plaas daarvan om jou Godgegewe talente bloot te gebruik om ander te probeer beïndruk, gebruik dit om God te verheerlik. Dis waar die vryheid lê. Dis waar jy die vervulling sal beleef.Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Perspektief: Maart 2024 - Kruistogte en Paasstasies

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 2, 2024 35:04


Christus se lyding was volkome en die prys vir ons sonde is reeds aan die kruis betaal.  Wat sal mensgemaakte paasfees rituele, kruistogte en paasstasies van die wonderlike evangelie boodskap steel, of probeer byvoeg?  Jesus het reeds aan die kruis gesê, "Dit is volbring".  Kolossense 2:6-14: "Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieë oor die kosmiese elemente, en nie op Christus nie. Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik. En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul. In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is. Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het …. Hy het die skuldbewys met sy aanklagte teen ons uitgewis en dit blywend weggeneem, toe Hy dit aan die kruis vasgespyker het."

Vita Dei Podcast
Kolossense 4:7-18

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Mar 12, 2024 13:15


Woordskool 519

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 4:1-6

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Mar 10, 2024 16:39


Woordskool 518

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 3:18-25

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Mar 7, 2024 19:24


Woordskool 517

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 3:17

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Mar 5, 2024 12:03


Woordskool 516

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 3:15-16

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Mar 3, 2024 21:34


Woordskool 515

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 3:12-14

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 29, 2024 17:40


Woordskool 513

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 3:8-11

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 27, 2024 18:30


Woordskool 512

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 3:1-7

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 25, 2024 20:30


Woordskool 511

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 2:20-23

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 18, 2024 19:27


Woordskool 510

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 2:16-19

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 15, 2024 22:25


Woordskool 509

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 2:13-15

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 13, 2024 17:59


Woordskool 508

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 2:11-12

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 11, 2024 16:43


Woordskool 507

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 2:9-10

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 8, 2024 17:15


Woordskool 506

kolossense
Lewendewoord Centurion
Woordskool - Kolossense 4:18

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later Feb 7, 2024 28:02


Geniet vanaand se Woordskool saam met Wouter en Dot van der Merwe. #JesusIsGroter #nuweseisoen #kerkfamilie #kerkaanlyn #SoekGodEerste #thinkrevival #HeiligeGees #HolySpirit #JesusIsGroter #salwing #anointing #koninkrykslewe #kultuur #kingdomculture #groei #snoei #nuwelewe #WouterEnDot

Vita Dei Podcast
Kolossense 3:17

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 6, 2024 12:03


Woordskool 516

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 2:1-8

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 6, 2024 17:21


Woordskool 505

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 3:14

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 4, 2024 17:08


Woordskool 514

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:28-29

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Feb 1, 2024 16:54


Woordskool 504

kolossense
Lewendewoord Centurion
Kolossense 3:17 - 4:1

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later Jan 31, 2024 28:36


Geniet vanaand se Woordskool saam met Wouter en Dot van der Merwe. #JesusIsGroter #nuweseisoen #kerkfamilie #kerkaanlyn #SoekGodEerste #thinkrevival #HeiligeGees #HolySpirit #JesusIsGroter #salwing #anointing #koninkrykslewe #kultuur #kingdomculture #groei #snoei #nuwelewe #WouterEnDot

Vita Dei Podcast
Kolossense 1:26-27

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 30, 2024 16:12


Woordskool 503

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:24-25

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 25, 2024 15:48


Woordskool 502

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:19-23

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 23, 2024 17:04


Woordskool 501

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:18

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 18, 2024 15:27


Woordskool 500

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:16-17

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 16, 2024 15:50


Woordskool 499

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:15

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 11, 2024 23:59


Woordskool 498

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:13-14

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 9, 2024 20:15


Woordskool 497

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:11-12

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 4, 2024 23:48


Woordskool 496

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:10

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jan 2, 2024 23:14


Woordskool 495

kolossense
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jy Kan Daardie Bergpiek Bereik

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 1, 2024 2:40


Kolossense 3:23, 24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. Wanneer laas was jy gekonfronteer deur 'n berg wat so hoog is, dat dit onmoontlik gelyk het om uit te klim? Onthou jy hoe uitdagend dit gevoel het? Jy het voor jou siel besluit dis eenvoudig onuitvoerbaar. In Mei 2016 het 'n man vir wie ek groot respek het, na my toe gekom en gesê: "Ek dink die Here roep jou om 'n daaglikse televisie-boodskap uit te saai." Dit het my presies twee sekondes geneem om tot die gevolgtrekking te kom dat dit heeltemal absurd was. Ek het hom al die redes onder die son gegee waarom ek dit nie kan doen nie … maar teen die tyd wat ons klaar gesels het, het 'n stemmetjie diep binne-in vir my gesê dat dit presies is wat ek moet doen.En hier is ons vandag, sewe en 'n half jaar later, op hierdie eerste dag van die nuwe jaar, op ons 2 500ste Fresh-boodskap. Dit behels twee en 'n half duisend idees, draaiboeke, radio-opnames, televisie-opnames … een op 'n slag.Ek vertel dit nie vir jou om te spog nie, maar om jou aan te moedig … ‘n mens neem net klein treetjies om hoë berge te klim.Kolossense 3:23,24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.Ja, my vriend, die Here beplan beslis iets onmoontlik vir jou om te doen, iets vir jou om mee te begin. Wat dit ook al is, gryp dit met albei hande vas, doen dit vir die Here, een klein treetjie op 'n slag. Want jou beloning kom uiteindelik van Hom af.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Vita Dei Podcast
Kolossense 1:8-9

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Dec 31, 2023 16:58


Woordskool 494

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:5-8

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Dec 28, 2023 26:10


Woordskool 493

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense 1:1-4

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Dec 24, 2023 24:53


Woordskool 492

kolossense
Vita Dei Podcast
Kolossense: Belewenis vs Bekering

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Dec 21, 2023 21:14


Woordskool 491

kolossense
Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: The Chosen en afbeeldings van God

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 11, 2023 25:20


oet christene die TV reeks, The Chosen, waarin Jesus afgebeeld word, kyk?  Mag ons enige afbeeldings van God of Jesus maak, aanbid of navolg? Waaroor gaan die tweede gebod, en wat leer die gereformeerde belydenisskrifte ons oor afgodery en afbeeldings van God? Het God mense of mensgemaakte afbeeldings nodig om Homself te openbaar? Die Seun is die beeld van God volgens Kolossense 1:15, en God wil Sy kinders deur die lewendige verkondiging van Sy woord onderrig.