Podcasts about dissipels

  • 20PODCASTS
  • 37EPISODES
  • 34mAVG DURATION
  • 1MONTHLY NEW EPISODE
  • May 8, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about dissipels

Latest podcast episodes about dissipels

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Sién jy die opstanding?

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later May 8, 2026 7:03


“It has to be believed to be seen.” Willy Wonka / U2 Het jy al ooit 'n nuwe woord of konsep, of aangrypende nuwe musiek gehoor, of 'n nuwe kledingstuk of skoene of brand gekoop, of dit selfs oorweeg om 'n nuwe ryding te koop  en dan gebeur die vreemde dat jy hierdie “nuutheid”, wat dit ookal is, om elke hoek en draai sien? Hierdie verskynsel word die “Baader-Meinhof Phenomenon” genoem. Die gedagte is eenvoudig: dat jy meer gereeld herken waaraan jy jou verbind het. Ek sou wou sê: dat jou sintuie ontwaak vir dít waaraan jy jou verbind het. Vanuit ons huidge reeks “Herken die opstanding” wonder ek of dit ook wat die opstanding betref geldig is en hoe dit dan sou werk. 'n Jong getroude paartjie, hoor die ander dag hulle is swanger. Daar is nuwe lewe wat bot. Hul huis word belyn met die koms van die verwagte lewe. Haar eetgewoontes en 'n paar ander gewoontes word belyn met die koms van die nuwe lewe. Sy verander 'n paar ritmes. Die pa maak selfs 'n afspraak met hul finansiële raadgewer en pas maande vooruit hul persoonlike finansies aan. Hulle lees ander artikels, voer ander gesprekke, verander hul dieet, beplan en doen dinge anders. Hul menswees verander nie noodwendig dramaties nie — maar hul verwagting skuif beslis hul bewustheid en hulle leef baie meer gefokus op die nuwe lewe soos wat hulle al swangerder en swangerder word. So is dit ook wanneer jy spreekwoordelik swanger word met die opstanding. Jy kan nie help dat dit jou identiteit, bewussyn, fokus en leefwyse meesleur en vorm nie. Die ander dag besoek ek 'n ma van drie klein asempies en ons gesels diep, verby die oppervlak, oor die lewe en geloof. Tussendeur, nog voor dit gebeur, gee sy hier vir enetjie iets aan, keer sy daar vir 'n ander een, praat sy met elkeen van hulle, maak sy koffie, bottels en 'n speelpark vir die kinders se tuiswees. Sy lees die realiteit rondom haar as 'n moeder en sy tree die heeltyd, amper instinktief, moederlik op. Sy's dieselfde mens maar sy het 'n nuwe, verruimde bewussyn. Sy kan haarself nie help as om alles anders te sien nie. Sy't as't ware 'n nuwe identiteit. So is dit ook met die nuwe lewe van die opstanding. Jy kan nie help om dit herken nie, om toe te laat dat dit jou manier van wees beïnvloed nie. Jy kan dit nie aan en af sit soos wat jy dit nodig kry nie – want dit is iets wat met jou gebeur. Tannie Rosa vertel vandag, met my vra oor oom Chris se aansterk in die hospitaal, 'n klomp wonderlike, mooi, alledaagse geloofstories. Erens vertel sy hoe dankbaar sy is vir haar kinders en hul ondersteuning. Sy vertel van haar seun uit Gauteng wat nou kom kuier en ondersteun het met 'n klompie baie praktiese alledaagse dinge wat sy nie nou voor raad gehad het nie, en hoe hy kon help daarmee. Dan sê sy “Ons bid en vra die Here om ons te help en dan verwag ons 'n engel of iets…maar dan stuur Hy mense om ons te help. En dit is hoe God nog altyd vir ons help, deur mense.” Haar vertroue op God en haar jare lange belewenis van God verander haar seun se besoek tot 'n opdaag namens God. Tannie Rosa en oom Chris het oor jare deur moeilike en wonderskone landskappe deur ontdek hoe dit lyk om saam met die lewende teenwoordige God te leef. Hulle kan nie anders as om die lewe en God se beweging in die alledaagse te herken nie. Frederick Buechner nooi ons uit: “Listen to your life. Listen to what happens to you because it is through what happens to you that God speaks. . . . It's in language that's not always easy to decipher, but it's there powerfully, memorably, unforgettably.” Om die opstanding te herken vra dat jy die eerste opstanding in jou hart moet graveer, jouself as 'n opstandingsmens moet sien en dan op die Gees moet vertrou om jou te help om die herskeppende lewe, waarmee Gód besig is, oral rondom jou en in jou te herken. Ons sien hierdie herkenning langs teleurstelling se wegloop-pad, by 'n bang-wees-wegkruip-plek, in die alledaagse frustrasie van mislukte pogings, by 'n brood breek saam met 'n vreemdeling, 'n visbraai saam met vriende en langs 'n vuur van verleentheid. Wanneer ons later lees van Paulus se botsing met die Opgestane Jesus in Hand. 9 dan sien ons (soos met Maria, die dissipels, Tomas, die Emmaus-gangers en met Petrus) dat daar iets van 'n bekering, 'n rigtingverandering en 'n nuwe self-verstaan in hulle gebeur. Dan kan hulle nie help om die nuwe-lewe-beweging raak te sien en daarby aan te sluit nie. Mag jy die opstanding al meer herken. Na-leef teks “Ons het die Here gesien.” Dissipels aan Tomas “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.” Efesiërs 1:18-20 Na-leef vrae Wat sou jy sê is die herkenbare karaktertrekke van die opstanding? Waar het jy onlangs die opstanding herken? / Waar het jy onlangs 'n behoefte daarna herken? Jesus vra vir 'n blinde Bartimeus “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Waarop Batimeus antwoord “Rabbi, dat ek kan sien.” Om die opstanding te herken het jy dalk nie 'n Geneesheer nodig nie, maar 'n Rabbi wat jou kan leer om dit te herken. Vra die Gees, in jou eie woorde, dat jy die opstandingslewe al meer wil sien.

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 12 April 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Apr 12, 2026 33:14


Lees: 2 Kor 4:16-5:10.Fokus: 2 Kor 4:16-18. Die versekering van toekomstige heerlikheid vul die hede met volharding en moed. ·       Dissipels van Jesus Christus gee nie tou op nie, maar word daagliks innerlik vernuwe (v.16). ·       Teenswoordige verdrukking is deel van die sigbare dinge, maar die heerlikheid van die toekoms hoort by die onsigbare dinge (v.18). ·       Paulus minimaliseer nie die swaarkry van ons fisiese bestaan nie, maar vergroot die ewige heerlikheid (v.17).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wat beteken dit om daagliks innerlik vernuwe te word? ·       Beskryf die drie redes wat Paulus gee in vers 17 waarom ons nie moed verloor nie wanneer ons met lyding en beproewing te doen kry. ·       Hoe kan ons die onsigbare waarneem?  

Vita Dei Podcast
Wanneer dissipels alleen is

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Mar 26, 2026 43:29


Vita Dei 735

wanneer dissipels
Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Die laaste dae

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later May 6, 2025 40:23


Wat gebeur met jou as jy doodgaan?  Is daar lewe na die dood?  Verdien almal om gered te word?  Wat is die eindbestemming van die gelowige en die ongelowige?  Wat is die hemel en die hel, en wie heers oor dit?  Wat gaan gebeur met die laaste oordeel, en vir wie is die poel van vuur?

verdien laaste dissipels
Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Gebed

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 22, 2025 36:41


Hoekom praat christene met God? Waarom beveel God dat Sy kinders bid en aanbid? Wat gebeur as christene bid? Hoe en waarvoor mag ons bid? Is daar krag in gebed?  Waarvoor moet ons oplet om die eer van God voorop te stel? Wat is die hoof fokus van gesprek met God eintlik?  

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Die Bybel is die Woord van God

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 15, 2025 31:50


Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe?  Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?

god sy woord watter bybel die bybel skrif dissipels
Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: 'n Lidmaat van die Kerk

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 8, 2025 32:54


"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....".  Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om 'n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld?

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Glo die Evangelie

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Feb 25, 2025 30:33


Wat (of wie) is die evangelie, en waarvan (van wie) red God ons? Het jy iets om by te dra tot jou redding?  As jy die evangelie glo;  wat presies moet jy glo?  Is geloof kopkennis of 'n gevoel? Hang jou verlossing van jou keuse af?  Wat is heiligmaking?

god hang dissipels
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
1 Konings 21:15-29 In die gebeure na Nabot se moord, wys die HERE ons sy wese. Sy doel? God-gesentreerde dissipels.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Feb 24, 2025 54:01


Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Wie is ek?

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Feb 18, 2025 37:01


Waarin vind ons kennis van onsself as mens? Wat beteken dit om na die beeld van God geskape te wees? Wat is totale verdorwenheid? Drie aspekte is onder bespreking om nuwe gelowiges se basiese kennis van wie ons as mens is voor God die Skepper.  Wat het by die skepping gebeur? Wat het fout gegaan kort na die skepping?  Hoe is dit moontlik om die mens se verhouding met God te herstel?

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Wie is God - Drie-eenheid

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Feb 11, 2025 46:22


Hoe glo ons in die drie-eenheid sonder om die drie-heid of die eenheid van die drie persone in die godheid te onteer? Kan ons Jesus werklik begryp sonder die Vader en sonder die Gees? Hoe kan ons hierdie dinge van God leer ken? Gaan ons glo soos Hy homself in die Woord openbaar?  Is daar verlossing buite die begrip van die drie-eenheid?  Wie is die sentrale waarmaker van die woord van God? 

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Wie is God?

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jan 28, 2025 33:57


Hoe openbaar God homself aan ons? Het God beheer oor alles in die skepping? Wie is die drie persone in die Godheid en hoe kan ons dit verstaan?  Kan God ooit onder verdenking wees, en waaruit vloei Sy geregtigheid?  Hoekom vind ons troos in God se oordeel en in Sy genade?

god sy hoekom dissipels
Lewende Woord Kaap
Wees Dissipels, Maak Dissipels

Lewende Woord Kaap

Play Episode Listen Later Jun 13, 2024 107:31


maak wees dissipels
Lewendewoord Centurion
(Podcast) 28 Mei 2023 - Wouter Vd Merwe - Dissipels Na Apostels

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later May 28, 2023 34:24


(Podcast) 28 Mei 2023 - Wouter Vd Merwe - Dissipels Na Apostels by LWC

Eden gemeente Preke
Sê "La Vie" - Episode 8 - Hoe het één vrou, meer geweet van Jesus as al sy dissipels?

Eden gemeente Preke

Play Episode Listen Later Mar 13, 2023 31:57


NG Kerk Petrusburg
Joh 13:1-17 Jesus was sy dissipels se voete

NG Kerk Petrusburg

Play Episode Listen Later Feb 19, 2023 21:40


Só lyk liefde!

jesus christ dissipels
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hy is Steeds Op Soek Na Dissipels

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 3, 2023 2:48


Matteus 4:21,22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.Waarna sien jy hierdie jaar uit? Gaan hierdie jaar maar weer ‘n herhaling van dieselfde ou, vervelige patroon wees . . .? Dieselfde werk, dieselfde roetine. Of sien jy uit na 'n avontuur? Wat gaan hierdie jaar vir jou inhou? Nouja, ek en jy het regtig geen idee van wat vir ons voorlê nie. Maar terwyl ons oor die drumpel van hierdie nuwe jaar stap, is daar iets wat ons kan doen om dit 'n bietjie interessanter en 'n bietjie meer opwindend te maak. En dit het alles te doen met ‘n borrelende gevoel van afwagting; 'n verwagting dat wanneer ons Jesus in die onbekende volg, dit 'n avontuur gaan wees. Gister het ons gesien hoe Hy Simon Petrus en sy broer Andreas geroep het om Hom te volg en wat hulle gedoen het. Maar Jesus wou nog meer dissipels gehad het. Matteus 4:21,22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg. Kom ons kyk hierna. Jesus het nog twee ouens, Jakobus en Johannes, uit hulle veilige, voorspelbare lewe na ‘n onsekere bestaan geroep. Hulle was gewoond daaraan om aand na aand, dieselfde ding saam met hul pa, Sebedeus, te doen. Hulle het die boot uitgehaal, hul nette laat sak, vis gevang, terugkom, die vis skoonmaak en dan hul vangs op die mark verkoop. Dit was hulle hele lewe. Maar toe Jesus hulle roep, het hulle dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg. Jesus is steeds op soek na dissipels om Hom te volg. Is jy gereed? Sal jy gaan? . . .hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg. Dis God se Woord. Vars . . . vir jou . . . vandag. Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Jesus verskyn aan vroue en sy dissipels (Johannes 20:1-25)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Aug 31, 2022 24:52


Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Eerste dissipels geroep; wonderteken in Kana (Johannes 1:19-2:12)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Jul 12, 2022 25:09


Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Jesus preek; eerste dissipels; 'n besetene word genees (Markus 1:14-28)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Feb 21, 2022 26:49


Radio Scriptura
Dissipelskap: Doop en dissipelskap

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Feb 8, 2022 41:22


Die gereformeerde formulier vir die bediening van die heilige doop aan kinders sê: "Die heilige doop betuig en verseël AAN ons die afwassing van die sondes deur Jesus Christus. " Christen ouers doop hul kinders uit die besef van sonde en uit gehoorsaamheid aan ons dissipelskap opdrag teenoor alle mense en teenoor ons kinders. Ons doop hulle ook uit dankbaarheid vir die genade van vergifnis van sonde en belofte van redding wat God aan ons kinders betoon - en ons kan nie anders as om die opdrag om ons kinders te laat doop te eer en dit voort te sit in die generasies wat na ons volg nie. Dissipels van Jesus dissipel ook hul kinders en voed hulle op in die vrees en in die weë van die Here, sodat hulle ook weer die geloof in God in hul eie lewe kan voortsit. En die formulier lees verder: "Want as ons in die naam van die Vader gedoop word, betuig en verseël die Vader aan ons dat Hy 'n ewige genadeverbond met ons oprig, ons tot Sy kinders en erfgename aanneem, en ons daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer, of tot ons beswil beskik." Doop is dus 'n direkte uitvloei van ons getuienis van ons geloof in die evangelie, en dus ook ons eerste poging om ons kinders te dissipel vir die koninkryk van God. 00:00 Dissipelskap 4 00:40 Doop en dissipelskap 01:34 Timoteus se mentors (2 Tim 1:3-5, 2 Tim 3:15) 03:50 Wat moet ons doen en hoe? (Matt 28) 07:10 Doopouers se verbondsopdrag 09:00 God maak die doopbelofte uit genade 14:00 Wat sê die doopformulier vir ouers? 17:20 Leer hulle om weer ander te leer 18:10 Organiese dissipelskap in die huis 20:00 Amptelike dissipelskap in die kerk 20:40 Kategese 21:44 Wie is verantwoordelik - kerk en ouers werk saam 23:30 Verbondsgeskiedenis van die volk 26:00 Leef vanuit die belofte van jou doop 28:25 Wat verwag God van jong volwassenes in die kerk? 30:37 Geloofsbeleidenis is net die begin 32:18 Hou mekaar verantwoordelik 33:24 Broers en susters in die geloof 35:15 Weet jy hoe om die christelike geloof uit te leef? 37:20 Dissipelskap is lewenslank 38:28 Doel van dissipelskap: leef die evangelie en dra die blye boodskap oor Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema Skrifverwysings: Gen 17:9-14; Matt 28:19,20; Hand 2:39, 2 Tim 3:15; Deut 6:7; 11:9; Ps 71:17; 78:4, Ef 6:4; 2 Tim 3:15; doopformulier, 1 Kor. 7:14; Matt 19:14, 1 Kor 12, 2 Tim 1:5; 2:2, 1 Thes 5:11; Kol 3:16 Relevante artikels en potgooie: http://www.scriptura.co.za/2020/05/waarom-ek-my-siening-oor-die-doop-verander-het/ http://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvrae-uitverkiesing-doop-verbond/ http://www.scriptura.co.za/2019/05/openbare-geloofsbelydenis/ http://www.scriptura.co.za/2018/06/wanneer-ontvang-ek-die-heilige-gees/ http://www.scriptura.co.za/2018/09/3minute1woord-dissipel/ http://www.scriptura.co.za/2018/06/lote-in-god-se-wingerd/

Radio Scriptura
Dissipelskap: Waar maak ons dissipels?

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jan 18, 2022 41:45


Dissipelskap 2:  Waar maak ons dissipels? Aanbieders:  Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn en Jan-Louis Lee Waar maak ons dissipels? Oral, altyd en enige tyd, maar veral in ons daaglikse lewe en wandel, en as ons slaap en as ons opstaan, in ons huise en in ons kerke. Maar terwyl dissipelskap vloei uit die oortuiging en die geloof in die evangelie, is dit ook sinoniem met sending. Ons hoop is op Christus en ons kan nie anders as om dit wyd en suid te deel met almal, naby en ver nie. 00:00 Waar maak ons dissipels? 01:46 Van waar af word ons gestuur? 05:38 Verbond en opdrag van ons Vader 09:35 Getuig oral en altyd 11:45 Almal is dissipelmakers 18:15 Waarheen word ons gestuur? 23:20 Gereformeerde teologie is sendinggerig 25:00 Plaaslike gemeenskap 27:00 Praktiese geleenthede 30:45 Vul jouself met die liefde van die evangelie 31:18 Nasorg en mentorskap 33:02 Begin by daaglikse lewe en werk 34:45 Verband tussen dissipelskap, sending en evangelisasie 37:00 Toerusting 39:44 Nooi mense kerk toe Skakel na evangelisasie toerusting: Wat is evangelisasie? https://youtu.be/Vno4BJYhTlwKursus:  http://solafive.co.za/evangelisasie-kursus/

Radio Scriptura
Dissipelskap: Wat is dissipelskap?

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jan 10, 2022 46:36


In Markus 10:17-21 vra die ryk jong man vir Jesus, "Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?" En Jesus antwoord, "... neem die kruis op en volg My ..." In Johannes 6:68 antwoord Simon Petrus Jesus nadat Hy vir Sy dissipels vra of hulle ook liewer wil tou opgooi en weggaan:  "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe." En dan, "Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is," leer Paulus in 1 Korinthiërs 11:1. Al hierdie skrifgedeeltes maak dit baie duidelik dat die christelike lewe nie apart staan van dissipelskap nie, en dat dit elke gelowige se lewenstaak is om die evangelie te deurlopend te leef en te deel. 00:00 Dissipelskap 1 - Wat is dissipelskap? 04:09 Definisie en konteks 08:00 Christen of dissipel - is daar 'n verskil? 11:50 Dieper as dissiplines en dogma 13:28 Liefde vir Christus = hart van dissipelskap 18:00 Wat is die standaard? 21:35 Dissipels luister, leer en gehoorsaam 21:43 Dissipels ontvang korreksie 25:52 Ondersteun mekaar 26:37 Dissipels verwelkom korreksie 31:10 Dissipels is lief vir Bybel/doktrines 36:20 Mentorskap 39:46 In praktyk 44:10 Praktiese aspekte en doel Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn Skrifverwysings: 1. Wat is 'n dissipel en dissipelskap? (Hand. 11:25, 26; Markus 1:17, 2:14; Joh. 1:42) 2. Dissipels luister na Jesus (Matt. 17:5) 3. Dissipels leer van Jesus (Matt. 11:29; Joh. 6:68, 69) 4. Dissipels gehoorsaam Jesus (dra vrug) (Joh. 14:21, 23; 15:10) 5. Dissipels ontvang korreksie (Matt. 18:15-20; Gal. 6:1) 6. Dissipels jaag heiligmaking na (Rom. 6:12-16; 1 Joh. 1:5-10; Heb. 12:14) 7. Dissipels is lief vir Bybelsedoktrine (2 Tim. 2:15) 8. Dissipels maak ander dissipels (2 Tim. 2:2; Matt. 28:19,20)

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.64 - (Afr.) - Moenie ophou dissipels maak nie, tot die einde toe

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Aug 22, 2021 4:54


Mat 28:18  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 

Vita Dei Podcast
Maak Dissipels

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jul 4, 2021 50:57


06 Vita Dei Woordskool

maak dissipels
Vita Dei Podcast
Wat het die dissipels gedink (Lockdown 07)

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later May 10, 2021 26:56


96 Vita Dei Woordskool

lockdown dissipels
Doxa Deo Fichardtpark Sermons
Groei, Week 1: Maak Dissipels // Christo Fourie

Doxa Deo Fichardtpark Sermons

Play Episode Listen Later Sep 10, 2020 17:31


Groei, Week 1: Maak Dissipels // Christo Fourie by Doxa Deo Bloemfontein

maak christo groei dissipels doxa deo bloemfontein
Doxa Deo Fichardtpark Sermons
Groei, Week 1: Maak Dissipels // Christo Fourie

Doxa Deo Fichardtpark Sermons

Play Episode Listen Later Sep 10, 2020 17:31


Groei, Week 1: Maak Dissipels // Christo Fourie by Doxa Deo Bloemfontein

maak christo groei dissipels doxa deo bloemfontein
Harrismith Moedergemeente's Podcast

Ds Ulrich preek uit Efesiërs 6:10-20 oor al die dinge wat op die oomblik in ons land en dorp aan die gang is en wat die oplossing daarvoor is.

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Die be-LY-denis van die dissipels in God se Koninkryk

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Sep 15, 2018 31:31


Sondag oggend 16 September 2018 se erediens.

denis sondag koninkryk dissipels
Antipas Preke
Jesus se verskeining aan die dissipels

Antipas Preke

Play Episode Listen Later Apr 16, 2017 52:08


Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Dissipels en meelopers - Gassprekers

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Sep 25, 2016 49:12


Message from Riekert Botha on September 25, 2016

dissipels
Antipas Preke
Jesus se selfopenbaring aan die dissipels

Antipas Preke

Play Episode Listen Later Feb 22, 2015 42:55


Afrikaans_Preke
Maak Dissipels - Audio

Afrikaans_Preke

Play Episode Listen Later Nov 4, 2012 30:01


dissipels

maak dissipels
Every Nation Faith City
Maak Dissipels

Every Nation Faith City

Play Episode Listen Later Nov 4, 2012 30:01


dissipels

maak dissipels
SA Gemeente Noordwyk Preke
Kinders van Jesus, Helde of Dissipels?

SA Gemeente Noordwyk Preke

Play Episode Listen Later Aug 22, 2010 26:00


Kinders van Jesus, Helde of Dissipels?

SA Gemeente Noordwyk Preke
Dissipels wat tot inkeer kom

SA Gemeente Noordwyk Preke

Play Episode Listen Later Aug 17, 2003


dissipels