Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Follow Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Share on
Copy link to clipboard

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Arnold Greyling


    • Sep 10, 2025 LATEST EPISODE
    • weekdays NEW EPISODES
    • 29m AVG DURATION
    • 328 EPISODES


    Search for episodes from Bergbron Gereformeerde Kerk Preke with a specific topic:

    Latest episodes from Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

    Woensdag 10 September 2025, Bemoedeginde Boodskap - Pieter de Klerk

    Play Episode Listen Later Sep 10, 2025 7:44


    'n Bemoedigende boodskap uit Matt 5:10-12 deur ouderling Pieter de Klerk.

    Sondag 7 September 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Sep 7, 2025 32:32


    Lees: Eks 16: 2-3; 17: 3; 32: 2-4 en Num 14: 1-4, 26-35. Fokus: Eks 16: 2-3. God het ons vry gemaak in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe.  ·       Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang. ·       “Die tirannie van die bekende.” ·       Die vry mens in Christus sal eerder vergaan in die woestyn terwyl hy besig is om sy skeppingsdoel na te volg, as om terug te keer na slawerny. ·       Vryheid in Christus is nie losbandigheid of wettiesheid nie. ·       Ons is vry in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? ·       Verduidelik: “Die tirannie van die bekende.” ·       Wat behels ons vryheid in Christus?  

    Woensdag 3 September 2025, Bemoedeginde Boodskap - Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Sep 3, 2025 5:30


    'n Bemoedigende boodskap uit Rom 12:3-5 met die tema: Ons het mekaar nodig!

    Sondag 31 Augustus 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Aug 31, 2025 29:50


    Lees: Psalm 16:1-11. Fokus: Psalm 16:8 (AFR53). Wie gelowig die teenwoordigheid van die Here aanvaar, is verseker van ‘n vaste lewenskoers, veiligheid en vreugde. ·       Die belewing van God se teenwoordigheid is ‘n werklikheid, want Jesus Christus het opgestaan uit die dood om saam met sy kerk te leef. ·       Teenwoordigheid van die Here bring veiligheid (v 9). ·       Teenwoordigheid van die Here bring lewenskoers (v 7). ·       Teenwoordigheid van die Here bring lewensvreugde (v 7,9).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Hoe het Jesus Christus Psalm 16 vervul? ·       Waarom is geloof in Jesus Christus se opstanding so belangrik? ·       Wat is die gevolge van die Here se teenwoordigheid in gelowiges se lewens?  

    Woensdag 27 Augustus 2025, Bemoedeginde Boodskap - Chris Raath

    Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 7:42


    Lees Openbaring 3:14-21Bemoedigende Boodskap deur ouderling Chris Raath

    Sondag 24 Augustus 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Aug 24, 2025 35:08


    Lees: Mal 4: 1-6. Fokus: Mal 4: 6 (AFR53). Die eindtyd kerk openbaar die hart van God, vaders en kinders. ·       Die hart van God. ·       Die hart van vaders. ·       Die hart van kinders.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wie is die profeet Elia in ons fokusvers wat gaan kom voor die dag van die Here? ·       Wat is die taak en roeping van die eindtyd kerk? (vgl Luk 1: 17) ·       Wat is die verskil tussen God se openbaring in die OT en die NT? Op watter intieme manier openbaar Jesus aan ons God se hart? ·       Hoekom is die rol van vaders so belangrik in kinders se lewens? ·       Wat beteken dit dat kinders hulle harte terugbring tot hulle vaders? ·       Is God daarop uit om ons met die banvloek te tref?   

    Woensdag 20 Augustus 2025, Bemoedeginde Boodskap - Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Aug 20, 2025 4:39


    n Bemoedigende boodskap uit Hand 2:18,19 met die tema: Die Heilige Gees kom oor ons as dienaars en dienaresse.

    Sondag 17 Augustus 2025 Marno du Toit

    Play Episode Listen Later Aug 17, 2025 29:24


    Lees Psalm 42O my siel, ek's dors!

    Woensdag 13 Augustus 2025 - Bemoedigende Boodskap Gert van Straaten

    Play Episode Listen Later Aug 13, 2025 9:31


    Lees: Jakobus 1: 1-18

    Sondag 10 Augustus 2025 Christiaan Mulder

    Play Episode Listen Later Aug 10, 2025 25:18


    Woensdag 6 Augustus 2025 Bemoedigende Boodskap, Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Aug 6, 2025 5:36


    'n Bemoedigende boodskap uit Joh 9:1-3 met die tema: Hoekom laat God lyding toe?

    Sondag 3 Augustus 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Aug 3, 2025 34:16


    Lees: Gal 5:13-26 (AFR53). Fokus: Gal 5:16-18. Die stryd om die beheer van die siel. As my siel nie in God se rus verkeer nie (ek nie vrede ervaar in my denke en emosies nie), dan kom my vlees met ‘n valse oplossing om beter te voel (alkohol, pornografie, koop, eet, ens). As jy in God se rus verkeer (daar vrede in jou denke en emosies is), dan hou die vlees op om werksaam te wees. Bring vrede vir jou siel deur God se seëning in Christus – dan het die vlees niks te doen nie en al hierdie vleeslike begeertes verdwyn.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en liggaam. ·       Watter deel het nuut geword met ons wedergeboorte (vgl 2 Kor 5: 17) en wat is die invloed daarvan op die res van ons wese?  ·       Hoe kan ons die werke van die vlees in ons lewens oorwin?  

    Sondag 27 Julie 2025 Dankbaarheidsdiens, Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jul 27, 2025 69:06


    Lees: Psalm 105. Fokus: Psalm 105:2. Vertel dankbaar van al die Here se magtige dade!  

    Woensdag 23 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap - Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jul 23, 2025 3:40


    Bemoedigende Boodskap deur Stephan BrielLees Efesiërs 4:26-27

    Sondag 20 Julie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jul 20, 2025 41:50


    Lees: Gen 13. Fokus: Gen 13: 10-13. Geloof is om te kies vir God se beloftes.

    Sondag 13 Julie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jul 13, 2025 35:47


    Lees: Eks 32: 1-14. Fokus: Eks 32: 14(AFR53). Ken ons God se Vaderhart wat ook berou kan hê?

    Woensdag 9 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap - Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jul 9, 2025 6:18


    Lees Matt. 25: 31-34Bemoedigende boodskap deur ds. Stephan Briel.

    Sondag 6 Julie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jul 6, 2025 35:57


    Lees: Gen 18:16-33 (AFR83). Fokus: Gen 18:22,23. Voorbidding is ‘n moontlikheid wat deur die Here self geïnisieer word.  

    Woensdag 2 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap, Chris Raath

    Play Episode Listen Later Jul 2, 2025 6:21


    Bemoedigende Boodskap deur ouderling Chris Raath

    woensdag boodskap bemoedigende
    Sondag 29 Junie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jun 29, 2025 31:06


    Lees: Psalm 25 (AFR53). Fokus: Psalm 25: 2, 3 en 20. Skuil by die Here teen beskaamdheid.  

    Sondag 22 Junie 2025 Christiaan Mulder

    Play Episode Listen Later Jun 22, 2025 26:00


    Met wie se plan is jy besig?Lees: 1 Samuel 13: 1 - 15

    Sondag 15 Junie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jun 15, 2025 28:26


    Lees: Gen 6:1-14. Fokus: Gen 6:8-9. Begenadiges deur die Here!

    Sondag 1 Junie 2025 Hendrik van Deventer

    Play Episode Listen Later Jun 1, 2025 31:34


    Lees :1 Petrus 1:23, Efesiërs 1:17, Efesiërs 3:19

    Sondag 25 Mei 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later May 25, 2025 21:53


    Lees: Gen 4: 1-16. Fokus: Gen 4: 7 en Ef 4: 26, 27. Hoe om jou hart te verander: Goed doen lei tot goeie emosies. ·       Emosies is die deel van ons harte/siele waaroor ons die minste beheer het en is talle kere die oorsaak dat intieme verhoudings tot niet gaan. ·       Die normale vloei is: denke beïnvloed emosies en emosies beïnvloed dade (Fil 4: 8, 9). ·       Dade kan ook emosies beïnvloed: ons voel nie altyd ons weg oop tot goeie optrede nie. Nee, ons doen eerder goed wat lei tot goeie emosies (Gen 4: 7).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Verduidelik die normale vloei van sake in jou hart/siel. ·       Verduidelik hoe jou dade jou emosies kan verander. ·       Hoe is dit moontlik om die gevoels-opdragte in die Bybel na te kom, soos: om te juig en vol vreugde te wees, om jou naaste lief te hê, vrede te hê en om nie vreesagtig te wees nie. Hoe moet ons hierdie Bybelse bevele gehoorsaam as ons nie direk ons emosies kan verander nie?

    Sondag 18 Mei 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later May 18, 2025 25:21


    Lees: Mark 6:7-13 en 30-44. Fokus: Mark 6:34-44. Geloof wat uitloop op wonderwerke! ·       Jesus se rabbynse proses van dissipelskap (Mark 6:7,12-13). ·       Eerstens, Jesus was gedryf deur medelye (Mark 6:34). ·       Tweedens, Jesus het na sy Vader geluister en nie toegegee aan sy dissipels se redenasie dat Hy die skare moet wegstuur nie (Mark 6:36). ·       Derdens, Jesus het die disspels se geestelike blindheid gebruik om hulle te leer in tekens en wonders (Mark 6:37). ·       Vierdens, Jesus het instruksies gegee en die dissipels het gehoorsaam (Mark 6:39,40). ·       Vyfdens, as jy in die geloof die moontlike doen, doen God die onmoontlike (Mark 6:41-44).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Verduidelik Jesus se rabbynse proses van dissipelskap. ·       Verduidelik die vyf riglyne aangaande wonderwerkende geloof wat ons kan leer uit Mark 6:34-44.  

    Sondag 11 Mei 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later May 11, 2025 37:18


    Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (AFR53). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here (deel 2). ·       Volhard ten spyte van te nakoming. ·       Volharding ondanks kompetisie. ·       Volharding te midde van ons geloof wat beproef en ondermyn word. ·       Volharding met die oog op beloning.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:Hoe kan jy met God se hulp volhard: ·       ten spyte van te nakoming, ·       ondanks kompetisie, ·       te midde van ons geloof wat beproef en ondermyn word, ·       met die oog op beloning.

    Sondag 5 Mei 2025 Stephan B riel

    Play Episode Listen Later May 4, 2025 33:15


    Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (AFR53). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here.  

    Sondag 20 April 2025, Opstandingssondag, Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Apr 20, 2025 37:07


    Lees: 1 Kor 15:12-28 en Heid Kat vraag en antwoord 45. Fokus: 1 Kor 15:17-19. Die nut van Christus se opstanding vir ons.  

    Goeie Vrydag 18 April 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Apr 18, 2025 12:55


    Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.Matt. 27: 32 -44

    Sondag 13 April 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Apr 13, 2025 30:01


    Lees: Luk 22:39-53. Fokus: Luk 22:53 (AFR53). Die uur van die duisternis! ·       Kenmerke van die duisternis: Self-gesentreerdheid, godsdiens sonder ‘n kruis en godsdienstigheid. ·       Jesus bly Oorwinnaar omdat Hy die Ou Testamentiese profesieë vervul het (Mat 26:56), voorkennis gehad het (Mat 26:45,46) en deur sy liefde vir mense – selfs vyandelike mense (Luk 22:50,51).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wat bedoel Jesus as Hy verwys na die “uur van die duisternis”? ·       Wie was Satan se medewerkers tydens hierdie uur van duisternis en hoe het die duisternis ‘n houvas op hulle gekry? ·       Hoe bly Jesus Oorwinnaar in hierdie duistere uur van sy gevangenisneming?

    Sondag 6 April 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Apr 6, 2025 29:00


    Lees: Luk 22:39-53. Fokus: Luk 22:44. Van vrees na vrede!

    Sondag 30 Maart 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Mar 30, 2025 30:16


    Lees: Joh 2:1-12. Fokus: Joh 2:11 (AFR53). Christus se heerlikheid lê in sy vermoë om ons te verander.

    Sondag 23 Maart 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Mar 23, 2025 31:05


    Lees: Heb 4: 1-13. Fokus: Heb 4: 12. Wie jy is in Christus maak die verskil. ·       ‘n Mens kan verdeel word in 3 dele: gees, siel en liggaam. ·       Alhoewel jou gees ten volle die heerlikheid van Jesus se vergifnis en reiniging aanvaar by jou wedergeboorte, is jou siel weer baie keer nie gereed om pynlike herinneringe te laat vaar nie (vgl Rom 7: 18, 19). ·       Ons siel dink dit is sy werksbeskrywing om argumente, redenasies en vestings op te rig teen die kennis van God (2 Kor 10: 5). ·       Die Woord sny deur die werking van die HG so diep dat dit die diepste leuens in ons denke, emosies en wil blootlê. ·       Die HG gebruik dan die Woord om daardie leuens in jou siel te vervang met die waarheid van wie jy is in Christus. Dit verander jou lewe. ·       Wie ons aan die buitekant is, is ‘n refleksie van wie ons aan die binnekant is.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Wat is die verskil tussen jou gees en siel? ·       Wat verhoed ‘n persoon wat geestelik wedergebore is om in oorwinning te leef? ·       Hoe kan mishandeling lei tot die oprig van ‘n vesting van perfeksionisme? ·       Wat lê die Woord veral bloot in ons siel? ·       Waar moet ons begin om ons lewens te kan verander?  

    Sondag 16 Maart 2025 Christiaan Mulder

    Play Episode Listen Later Mar 16, 2025 21:38


    Joël 2: 1-24Kern Joël 12,13

    Sondag 9 Maart 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Mar 9, 2025 25:38


    Lees: Ef 5: 1-5 en Mat 22: 34-40. Fokus: Mat 22: 37-39. Ontvang en gee God se liefde deur jouself reg lief te hê in Christus. 1.Verkeerde selfliefde.·       Selfbejammering. ·       Self-beheptheid. 2,Regte selfliefde.·       Om tot regte selfliefde te kom, is dit vir baie Christene eers nodig om hulleself te vergewe. ·       Die regte selfliefde is liefde wat gegrond is in Jesus Christus. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Hoekom moet jy jouself reg liefhê? ·       Watter verkeerde selfliefde is daar in jou lewe? Watter effek het hierdie verkeerde selfliefde op jou verhoudings met God en jou naaste? ·       Dra jy enige wrokke in jou lewe? Hoe kan jy daarvan ontslae raak? ·       Wat beteken dit om jouself reg lief te hê in Jesus Christus? 

    Sondag 2 Maart 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Mar 2, 2025 32:43


    Lees: Gal 4: 1-7. Fokus: Gal 4: 6, 7. Verskil tussen kind en dienskneg in die Vader se huis. ·       ‘n Dienskneg dink wat hy doen bepaal wie hy is. ·       ‘n Kind van God weet wie hy of sy is in Christus, en dit bepaal die kind se lewe! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Noem die kenmerke van ‘n geestelike weeskind of dienskneg in God se koninkryk. ·       Noem die kenmerke van ‘n geestelike kind en erfgenaam van God. ·       Wat is die verskil in denke tussen ‘n kind en ‘n dienskneg in die Vader se huis?  

    Sondag 23 Februarie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Feb 23, 2025 34:19


    Lees: Luk 22:14-23 en Heid Kat So 25(antw 65b – 68). Fokus: Luk22:20 (AFR53). Die wyse waarop geloof versterk word. 1.Versterking deur die Woord.2.Versterking deur die Sakramente. ·       Die sakramente as tekens. ·       Die sakramente as seëls.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Noem die sakramente wat Jesus ingestel het. ·       Wat is sakramente? ·       Wat is die doel van die sakramente?  

    Sondag 16 Februarie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Feb 16, 2025 26:12


    Lees: Rom 7: 13-26. Fokus: Rom 7: 21-23 (AFR53). Identifiseer jouself met die innerlike mens wie jy in Jesus Christus is. ·       Innerlike mens verwys na ons gees; gemoed verwys na ons siel; en lede verwys na ons liggaam/vlees (Rom 7: 22-23). ·       Jy kan nooit deur ‘n wet in jou gemoed oorwinning kry oor die sonde in jou vlees nie. Inteendeel, die sonde in jou vlees sal totale beheer kry oor jou gemoed (denke, emosies en wil). ·       Die eerste stap om die kwaad te oorwin wat ek nie wil doen nie: Moenie jouself met die sonde identifiseer nie (Rom 7: 17-20).·       Die tweede stap om die kwaad te oorwin wat ek nie wil doen nie: Identifiseer jouself met die innerlike gees-mens wie jy in Jesus Christus is (Rom 7: 22).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en vlees. ·       Verduidelik hoe gelowiges baie keer deur ‘n wet in die gemoed die sonde probeer oorwin. Wat is die uiteinde van so ‘n poging? ·       Verduidelik die stappe om die kwaad te oorwin wat jy nie wil doen nie.   

    Sondag 9 Februarie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Feb 9, 2025 29:47


    Lees: Efes 5:6-20. Fokus: Efes 5:8 (AFR53). Ons is lig in die Here.God het jou natuur verander van duisternis na lig.Is jy in ‘n troutrekkery betrokke tussen twee nature? By jou wedergeboorte het God nie slegs ‘n nuwe goddelike natuur by jou ou sondige natuur gevoeg nie. Nee, die Heilige Gees het jou ou sondige natuur vervang met God se natuur. Die Heilige Gees het jou opnuut gebore en jy is getransformeer in iemand wat nie voorheen bestaan het nie: ‘n nuwe skepsel in Christus, ‘n geestelik gebore kind van God, ‘n kind van die lig, ‘n heilige in Christus wat soms sondig! Leef as kind van die lig want jy kan!Jesus gee aan ons sy natuur sodat ons werklik kan wees soos Hy. As kind van die lig is jy nou nie meer langer ‘n verdorwe en hulpelose slaaf van die sonde nie. Dit is in jou vermoë om te kan kies teen die sonde vir God se wil. Ek en jy moet leer lewe in harmonie met ons nuwe natuur om werklik gelukkig te kan wees. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:Besit ons 2 nature wat veg om die beheer van ons lewens? Was julle vroeër in duisternis; en nou is julle in lig in die Here volgens Efes 5: 8? Wanneer het God ons duisternis-natuur vervang met sy eie lig-natuur?

    Sondag 2 Februarie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Feb 2, 2025 34:27


    Lees: Mat 4:1-11.  Fokus: Mat 4:8-10.  Satan se mees geloofwaardige leuens!  God verbied net en is teen genietinge (Gen 3:1).  God is ‘n leuenaar en sy Woord is vals (Gen 3:4).   Saam met God is daar geen lewensvervulling nie (Gen 3:5).  God word slegs gedien vir wat Hy kan gee (Job 1:9-11).   Die lewe op aarde is alles (Job 2:4-5).  God behoort wonderwerke op aanvraag te doen (Mat 4:3).  Buit die beloftes van God uit (Mat 4:6).  Kies ‘n Godsdiens sonder ‘n kruis (Mat 4:8-9).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom is die beheer van ons denke so belangrik en watter strategie gebruik Satan om ons denke te beheer?  Verduidelik die mees geloofwaardige leuens wat Satan gebruik.  Met watter leuens worstel jy die meeste?

    Sondag 26 Januarie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jan 27, 2025 31:15


    Lees: Mat 18: 15-20.  Fokus: Mat 18: 19-20.  Die krag van eenstemmigheid in Jesus onder leiding van die Heilige Gees.  ·       Die krag van verkeerde ooreenkomste (Gen 11: 1-9).  ·       Die krag van eenstemmigheid onder leiding van die Heilige Gees.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat is die Here se gevolgtrekking aangaande die gesamentlike poging van die mense om die toring van Babel te bou?  ·       Wat is die betekenis van die Griekse woord sunago wat in vers 20 met “saam is” vertaal word?  ·       Wanneer verhoor ons hemelse Vader ons gebede?  ·       Wie is die twee of drie persone met wie jy gereeld vergader in Jesus se Naam?   

    Sondag 19 Januarie 2025 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Jan 19, 2025 33:17


    Lees: Luk 2: 41-52 en Joh 15: 1-8.  Fokus: Luk 2: 52.  Bly in Christus om gebalanseerd te groei. Daar is 4 sleutel areas/dissiplines waarin ons ten volle en in harmonie moet ontwikkel: verstandelik, fisies, sosiaal en geestelik.  Ons spandeer te veel tyd om uiterlike gedrag te probeer verander, in plaas van om te verander wat mense glo aangaande God en hulleself.  Die Heilige Gees laat ons vrugte dra as ons in Christus bly deurdat ons weet wie ons is as kinders van God.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Beskryf die 4 dissiplines waarin ons ten volle en in harmonie moet ontwikkel.  Wanneer en hoe ontstaan Christelike wettiesheid?  Hoe vind gesonde en gebalanseerde groei plaas in al 4 dissiplines? 

    Sondag 12 Januarie 2025 Christiaan Mulder

    Play Episode Listen Later Jan 12, 2025 23:48


    Sondag 5 Januarie 2025 Christiaan Mulder

    Play Episode Listen Later Jan 5, 2025 23:37


    Lees: Josua 1. Fokus: Josua 1: 5, 6. God se beloftes aan ons – hoe leef ons dit uit?

    Sondag 29 Desember 2024 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Dec 29, 2024 31:13


    Lees: Mat 2: 1-23.  Fokus: Mat 2: 5, 15, 17, 23.  Kersfees het ‘n kruis-kant, maar Jesus (die Vervuller) bewys God is in beheer.

    Kersfees 25 Desember 2024 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Dec 25, 2024 33:51


    Sondag 22 Desember 2024 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Dec 22, 2024 50:58


    Dankseggingsdiens Lees: Mat. 2: 1 -12 Teks: Mat. 2: 11 ...Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud,wierook en mirre.

    Sondag 15 Desember 2015 Pieter de Klerk

    Play Episode Listen Later Dec 15, 2024 54:11


    Lees: Hand. 4: 32 – 37; 5: 1 – 6; 5: 17 – 42 Wat maak ‘n kerk groot in die oë van die Here?

    Sondag 8 Desember 2024 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Dec 8, 2024 34:53


    Lees: Mat 4:1-11.  Fokus: Mat 4:5-7.  Satan se leuen: Buit die beloftes van God uit. (Deel 2)  Die beloftes van God mag nooit ‘n plaasvervanger word vir getrouheid nie.  Ons interpretasie van die belofte moet in ooreenstemming met die hele Skrif wees.  Ons geloof moet nie morele beginsels oortree nie.  Soek altyd eerstens vir God en nie sy beloftes nie.  Ons moet onthou dat God dalk ‘n groter plan in gedagte mag hê.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Wat is die sleutel tot die verstaan van die duiwel se versoekings?  Wat leer Jesus se reaksie op elke versoeking vir ons aangaande wie Hy is en hoe ons Hom moet volg?  Verduidelik bogenoemde riglyne ivm God se beloftes in sy Woord. 

    Sondag 24 November 2024 Stephan Briel

    Play Episode Listen Later Nov 24, 2024 34:01


    Lees: Luk 4:1-13.  Fokus: Luk 4:3,4.  Satan se leuen: God behoort wonderwerke op aanvraag te doen.  ·       Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en eindig met: “As U die Seun van God is....” (Luk 4:3,10).  ·       Deur Jesus se reaksie en aan die kruis is dit duidelik: Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, nie deur Homself te handhaaf nie, nie deur sy mag en gesag uit te oefen nie, maar langs die weg van nederigheid, diens en lyding volgens sy Vader se wil.  ·       Die regte gesindheid om die versoekings van die duiwel te kan weerstaan en om geestelik te kan groei, is: Fokus verskuif weg van (1) fisiese behoeftes, (2) aardse dinge, en (3) weg van myself af.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat is die sleutel tot die verstaan van die duiwel se versoekings?  ·       Wat leer Jesus se reaksie op elke versoeking vir ons aangaande wie Hy is en hoe ons Hom moet volg?  ·       Waar kry Jesus sy geestelike krag asook ons vandag?   

    Sondag 17 November 2024 Stephan briel

    Play Episode Listen Later Nov 17, 2024 37:46


    Lees: Mark 1:9-20.  Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53).  Christenskap behels dissipelskap (deel 2) Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees.  Jesus se verkondiging van die evangelie van God se koninkryk kom op 4 beginsels neer: (1) die tyd is vervul; (2) die koninkryk van God het naby gekom; (3) bekeer julle; en (4) glo die evangelie.   Christus se metode van dissipelskap was rabbyns: Hy het sy dissipels geleer van die lewe in God se koninkryk en dit dan ook self geillustreer met sy lewe. Dan het Hy hulle ook uitgestuur om die koninkryks-lewe te gaan doen. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Hoe moet ons Jesus se oproep tot bekering verstaan?   Wat beteken en behels dit om die evangelie te glo?  Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk?   Kan jy ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees? 

    Claim Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel