
Vandag saam met SG Ons begin vandag 'n reeks oor die Gees, ons hoop jy kom saam met ons op reis om God se Gees opnuut te ontdek en iets van die misterie te verstaan. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” Efesiërs 1:18-23 “Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.” Efesiërs 4:10 Hemelvaart en Pinkster word beskryf as die skarnier-oomblik in die Jesus-beweging: Jesus na die hemel — Die Gees na die aarde. Ons hoor iets van die skarnier by Paulus as hy skryf dat dieselfde kragtige werking in ons aan die werk is, as die kragtige werking wat Jesus uit die dood opgewek, en geneem het na die regterhand van God. (1:19-20) Met Hemelvaart onthou ons Jesus se troonbestyging as Koning: Jesus word verhef hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy. Alles word aan Hom onderwerp. Hy word bo alles verhef. Hy word aangestel as die hoof die kerk. (1:21-22) Met Hemelvaart onthou ons die geboorte van die kerk as die liggaam van Christus: Die kerk is Sy liggaam. Nie sóós Sy ligaam of 'n uitbeelding van Sy liggaam nie. “Die kerk ís Sy liggaam.” Om dit te laat insink beskryf Paulus die omvang daarvan: “Die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” Ons het dus nodig om ons self af te vra: Hoe het die volheid gelyk wat Jesus kom wys het? Want dít is die volheid wat Hy deur ons in almal wil vervul. Soos Philip Yancey skryf: “When Jesus departed, He left the keys of the kingdom in our fumbling hands.” Wanneer jy, soos ek, wil terugdeins voor hierdie skrikwekkende idee dat ons Sý volheid in alles en almal moet vervul is dit belangrik om twee goed te onthou: Ons moet onthou dat Jesus regeer. Dat Hý die hoof van die liggaam is. Dat Hy in beheer is. Dat Hy die aard/styl van die beweging bepaal. Dat die liggaam met Hóm moet sinkroniseer. Ons moet onthou hoe het hierdie volheid van Jesus lyk – deur die styl, ritme, aard van Sy beweging aan te leer. Onthou Sy volheid was soms net te gewoon vir party, net te omhelsend vir ander, net te liefdevol, te genadig, te aards… Natuurlik sou ons verkies het dat Jesus fisies self hierdie volheid oral, in almal, kom vervul en dit nie deur ons “fumbling hands” wil doen nie. Onthou Hy gee die belofte by Sy troon-bestyging: “En onthou, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Mag Augustinus se woorde ook vir jou waar wees hierdie Hemelvaart: “You ascended from before our eyes, and we turned back grieving, only to find you in our hearts.” Daarom bid ons, soos ons saam met die dissipels die berg af, na die lewe toe stap: Die eerste tree, Here, loop ek agter U aan en kyk mooi wat U doen. U het nie mag gesoek nie, nie rykdom of byval nie. U het mens geword In die gestalte van een van die nederigstes, misverstaan en verag. Hulle het oor U die kop geskud, hulle het agter die hand oor U gepraat. Hulle het gesê U is gevaarlik en U voor die regter gesleep. Hulle het U geslaan en bespuug en U doodgemaak. My eer, Here, is die kiem van die tweedrag tussen my en die mense. My trots is die kiem van haat. Maar U kniel voor my en was my skoon en maak my vry. Daarom het God U verhef en U as maatstaf gestel vir alle mense. Ek is nog maar aan die begin, nog besig met die eerste tree. Nou vrees ek vir my reputasie en dat ek verag gaan word. Neem my hierdie tree met U saam Dat ek deur U vry kan word. Here, U buig U voor my. Ek buig voor die geheimenis van u pad. — deur Jorg Zink Luister ook saam na hierdie lied, spesiaal geskryf deur Stephan Cloete en Heléne Burger, om saam Hemelvaart te vier.

Vandag saam met SG Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in 'n lewe saam met die Tuisteskepper-God? – Pieter … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

“It has to be believed to be seen.” Willy Wonka / U2 Het jy al ooit 'n nuwe woord of konsep, of aangrypende nuwe musiek gehoor, of 'n nuwe kledingstuk of skoene of brand gekoop, of dit selfs oorweeg om 'n nuwe ryding te koop en dan gebeur die vreemde dat jy hierdie “nuutheid”, wat dit ookal is, om elke hoek en draai sien? Hierdie verskynsel word die “Baader-Meinhof Phenomenon” genoem. Die gedagte is eenvoudig: dat jy meer gereeld herken waaraan jy jou verbind het. Ek sou wou sê: dat jou sintuie ontwaak vir dít waaraan jy jou verbind het. Vanuit ons huidge reeks “Herken die opstanding” wonder ek of dit ook wat die opstanding betref geldig is en hoe dit dan sou werk. 'n Jong getroude paartjie, hoor die ander dag hulle is swanger. Daar is nuwe lewe wat bot. Hul huis word belyn met die koms van die verwagte lewe. Haar eetgewoontes en 'n paar ander gewoontes word belyn met die koms van die nuwe lewe. Sy verander 'n paar ritmes. Die pa maak selfs 'n afspraak met hul finansiële raadgewer en pas maande vooruit hul persoonlike finansies aan. Hulle lees ander artikels, voer ander gesprekke, verander hul dieet, beplan en doen dinge anders. Hul menswees verander nie noodwendig dramaties nie — maar hul verwagting skuif beslis hul bewustheid en hulle leef baie meer gefokus op die nuwe lewe soos wat hulle al swangerder en swangerder word. So is dit ook wanneer jy spreekwoordelik swanger word met die opstanding. Jy kan nie help dat dit jou identiteit, bewussyn, fokus en leefwyse meesleur en vorm nie. Die ander dag besoek ek 'n ma van drie klein asempies en ons gesels diep, verby die oppervlak, oor die lewe en geloof. Tussendeur, nog voor dit gebeur, gee sy hier vir enetjie iets aan, keer sy daar vir 'n ander een, praat sy met elkeen van hulle, maak sy koffie, bottels en 'n speelpark vir die kinders se tuiswees. Sy lees die realiteit rondom haar as 'n moeder en sy tree die heeltyd, amper instinktief, moederlik op. Sy's dieselfde mens maar sy het 'n nuwe, verruimde bewussyn. Sy kan haarself nie help as om alles anders te sien nie. Sy't as't ware 'n nuwe identiteit. So is dit ook met die nuwe lewe van die opstanding. Jy kan nie help om dit herken nie, om toe te laat dat dit jou manier van wees beïnvloed nie. Jy kan dit nie aan en af sit soos wat jy dit nodig kry nie – want dit is iets wat met jou gebeur. Tannie Rosa vertel vandag, met my vra oor oom Chris se aansterk in die hospitaal, 'n klomp wonderlike, mooi, alledaagse geloofstories. Erens vertel sy hoe dankbaar sy is vir haar kinders en hul ondersteuning. Sy vertel van haar seun uit Gauteng wat nou kom kuier en ondersteun het met 'n klompie baie praktiese alledaagse dinge wat sy nie nou voor raad gehad het nie, en hoe hy kon help daarmee. Dan sê sy “Ons bid en vra die Here om ons te help en dan verwag ons 'n engel of iets…maar dan stuur Hy mense om ons te help. En dit is hoe God nog altyd vir ons help, deur mense.” Haar vertroue op God en haar jare lange belewenis van God verander haar seun se besoek tot 'n opdaag namens God. Tannie Rosa en oom Chris het oor jare deur moeilike en wonderskone landskappe deur ontdek hoe dit lyk om saam met die lewende teenwoordige God te leef. Hulle kan nie anders as om die lewe en God se beweging in die alledaagse te herken nie. Frederick Buechner nooi ons uit: “Listen to your life. Listen to what happens to you because it is through what happens to you that God speaks. . . . It's in language that's not always easy to decipher, but it's there powerfully, memorably, unforgettably.” Om die opstanding te herken vra dat jy die eerste opstanding in jou hart moet graveer, jouself as 'n opstandingsmens moet sien en dan op die Gees moet vertrou om jou te help om die herskeppende lewe, waarmee Gód besig is, oral rondom jou en in jou te herken. Ons sien hierdie herkenning langs teleurstelling se wegloop-pad, by 'n bang-wees-wegkruip-plek, in die alledaagse frustrasie van mislukte pogings, by 'n brood breek saam met 'n vreemdeling, 'n visbraai saam met vriende en langs 'n vuur van verleentheid. Wanneer ons later lees van Paulus se botsing met die Opgestane Jesus in Hand. 9 dan sien ons (soos met Maria, die dissipels, Tomas, die Emmaus-gangers en met Petrus) dat daar iets van 'n bekering, 'n rigtingverandering en 'n nuwe self-verstaan in hulle gebeur. Dan kan hulle nie help om die nuwe-lewe-beweging raak te sien en daarby aan te sluit nie. Mag jy die opstanding al meer herken. Na-leef teks “Ons het die Here gesien.” Dissipels aan Tomas “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.” Efesiërs 1:18-20 Na-leef vrae Wat sou jy sê is die herkenbare karaktertrekke van die opstanding? Waar het jy onlangs die opstanding herken? / Waar het jy onlangs 'n behoefte daarna herken? Jesus vra vir 'n blinde Bartimeus “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Waarop Batimeus antwoord “Rabbi, dat ek kan sien.” Om die opstanding te herken het jy dalk nie 'n Geneesheer nodig nie, maar 'n Rabbi wat jou kan leer om dit te herken. Vra die Gees, in jou eie woorde, dat jy die opstandingslewe al meer wil sien.

Vandag saam met SG “Wat as ‘n opstandingslewe baie meer toeganklik of beskikbaar is, as wat ons dink? Jy hoef nie een of ander spesiale wonderwerk te beleef of geestelike hoogtepunt te bereik om te ervaar hoe die opstanding ook in jou gebeur nie. Jy sal hopelik vandag ervaar en sien dat die opstanding in ons alledaagse lewens herkenbaar is.” – Deon … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Vandag saam met SG 'n Vrede wat wonde vermy, verdoof of ignoreer, is nie vrede nie – dit is net vertraagde verweer. 'n Opstandingsgeloof weier, al is dit vrek moeilik, seer, ongemaklik en selfs twyfelagtig, om met hierdie fatalistiese houding óf met vermyding te leef. Die opstanding bekeer ons idee oor wonde-as-littekens na wonde-as-wondertekens. Jesus nooi ons, soos vir Tomas “Kom in voeling met my wonde en wees nie langer ongelowig nie, maar gelowig.” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Vandag saam met SG “En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?” Lukas 24:30 … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Vandag saam met SG 10:00 Erediens, Kinderbediening begin! 11:15 Boerie-braai, as jy nie geRSVP het nie, kom kuier en eet steeds saam, daar is altyd genoeg om te deel! 17:00 Tienerkerk in die Klubhuis In 'n gesprek met Eugene Peterson oor die opstanding vra hulle vir hom wat oortuig hom van die opstanding. Sy antwoord, twee dinge: “Simply Jesus…” en “I've seen it too many times, not to believe it.” Dadelik maak dit die opstanding soveel wyer, groter, dieper — soveel meer tasbaar en minder abstrak as wat ek nog altyd gedink het. Dit laat jou wonder “Waar het ek onlangs die opstanding, die nuwe God-bedoelde lewe, in lewende lywe gesien of ervaar?” Kom gee die eerste tree saam met ons in die nuwe reeks “Herken die opstanding”. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense…Johannes 1 . Kyk hier saam na die Goeie Vrydag-diens:

Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, ‘n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of kyk na die lewendige diens net na die kindergedagte. . Vir die kids op Goeie Vrydag: . Kyk hier saam na die Goeie Vrydag-diens:

“Ons loop die gevaar in hoe die wêreld nou lyk dat ons harte verhard. Dat ons op die maat van die wêreld in die naam van God op verwoestende kruistogte gaan en dan is ons verras dat ons maar min van die nuwe wêreld sien. Om 'n aktiewe sagmoedige in hierdie wêreld te wees vra dat jy geweldig groot en sterk moet wees. Jy sal moet vertrou dat God in beheer is. Jy sal hierdie Paasfees helder moet sien wat Sy herstel-plan vir die nuwe, herskepte aarde is: dat genoeg mense die man op die geleende donkie sal volg…want so sal ons die nuwe aarde ontvang.” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Gelukkig is jy wat huil… Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is 'n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van huil en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Gelukkig is jy wat huil Gelukkig is jy wat huil want jou siel is nie verdor nie. Gelukkig is jy wat huil want jou hart is nie versteen nie. Gelukkig is jy wat huil want jou lyf is nie verwyderd nie. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verklap jou menslikheid, jou afhanklikheid, ons nog maar oppad wees. Gelukkig is jy wat huil met trane, of net 'n sug, want jy ontdek weer jou eie weerloosheid, jou klein, afhanklik, kind wees. Gelukkig is jy wat huil want jou trane ontbloot wat vir jou belangrik is. Gelukkig is jy wat huil want jou trane dwing jou verby die oppervlak van jou bestaan. Gelukkig is jy wat huil want jou trane stop jou geskarrel, vra jou om hier te wees, verlos jou van ontvlugting. Gelukkig is jy wat huil oor 'n geliefde se dood, want hul lewe het gewig gehad, jou hart bewoon, meer as net jou sintuie geraak. Julle was die rare wonder van geliefdes-van-mekaar. Gelukkig is jy wat huil oor ander se seer, want hulle dra dit nie alleen nie. Gelukkig is jy wat huil oor 'n gebroke werklikheid, want jy behoort aan 'n groter heelheid: 'n geloof in goedheid, 'n hoop op herstel, 'n liefde vir skoonheid. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verlos jou van die greep van tydelikheid. Gelukkig is jy wat huil want jy sal kan glo in 'n God wat huil — 'n God met 'n hart, 'n teenwoordige God, 'n God wat saam treur, 'n God wat hoop. Gelukkig is jy wat saam met ander kan huil, want jy sal ook saam met hulle lag, saam met hulle vier. Gelukkig is jy wanneer jy erken — dit is swaar om te huil. Want diep in ons almal woon 'n verlange na 'n wêreld waar trane net lagtrane of trane van verwondering is. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.” Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het 'n versteekte wysheid, 'n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?

Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Geseënd is dié wat huil (1) Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is 'n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van al nege die saligspreuke en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Geseënd is dié wat huil Geseënd is dié wat huil wanneer die gewig van die lewe deur hul skanse breek, hul voorgee stroop en die waarheid tot trane vloei — want dit is hier waar ons onthou ons was nooit bedoel om die wêreld alleen te dra nie. Geseënd is dié wat huil oor wat verloor is — 'n geliefde stem wat stil geword het, 'n stoel wat leeg staan by die tafel, 'n lewe wat skielik verander het— want rou is liefde wat nêrens anders het om heen te gaan nie— as om te besef hoe hul liefde jou gevind het nie. Geseënd is dié wat huil, wat weier dat die wêreld hul verhard. In 'n tyd wat eis 'n rots-van-Gibraltar, deurweek trane die hart, tot vrugbare grond wat nooit sal versteen nie. Geseënd is dié wat huil omdat hul ontsteld word oor wat verkeerd is in die wêreld— geweld waar daar vrede moet wees, gierigheid waar daar genoeg moet wees. Hul trane verlang na heelheid — verbind hul aan 'n ander moontlikheid, sleur hul mee tot geregtigheid . Geseënd is dié wat huil met die trane van 'n ander se seer. Wanneer ander se trane in jou hart loop lê beweeg God se genade reeds, omhelsend, verby alle twyfel heen. Geseënd is dié wat huil wanneer waarheid illusie deurbreek— die stof afwas van vensters van die siel— dat ons helder kan sien wat in ons gerief vermy, geklee, vertroetel word. Geseënd is dié wat huil eerder as om terug te slaan; wat in die middel, eerder as aan 'n kant, gaan staan; wat vrede se ewigheidspas bo kits kunsmatige wraak verkies. Hul trane hou beide die pole vas, skilder waterwerf landskappe wat die verbeelding van almal verras. Geseënd is dié wat huil omdat hul ten koste van hulself probeer om reg te doen — want trane troos teleurstelling, voed verlange, vloei tot ‘n volgende tree op die pad wat lewe gee. Geseënd is dié wat huil wanneer hul liefdesoffer misbruik word want hulle sal onthou— liefde se krag, liefde se vreugde, liefde se lewe, leef in die gee. Geseënd is dié wat huil — want hulle sal ontdek, onthou, glo in 'n God wat huil oor 'n wêreld wat verward is oor wat seën werklik is. Mag jou elke traan in die lewegewende stroom van God se trane drup. Mag jou elke sug uitnooi na inasem van 'n Gees-deurweekte lewe. Al is dit snikkend. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.” Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het 'n versteekte wysheid, 'n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?

“Psalms of lament are powerful expressions of the experience of disorientation. They express the pain, grief, dismay, and anger that life is not good. They also refuse to settle for things as they are, and so they assert hope.” – Walter Brueggemann … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Naleef-gedagte: …wie help jou om mens te word? Ek lees vanoggend 'n aanhaling van die Iranese skryfster, Azar Nafisi wat sy in 2022 geskryf het. Dit klink of sy dit vanoggend kon geskryf het “My worry is that this polarization, along with more and more dependance on virtual reality, prevents us from connecting with other human beings and with the real world. This lack of connection dehumanizes not just others but also ourselves.” Loop ons ook die gevaar om ons menslikheid te verloor? Wat kan ons as die volgelinge van die God-wat-mens-word daaraan doen? In 'n era van eksponensiële tegnologiese ontwikkeling en totale magsmisbruik, soos wat ons op die oomblik sien, loop ons die gevaar om onbewustelik deel te word van die kultuur van ontmensliking. Soos in alle gruweldade teen die mensdom deur die geskiedenis gebeur die dehumanising nie net met die slagoffers nie, maar ook met die boosdoeners en die omstanders van die ongelukstoneel. In hierdie era klink Jesus se uitnodiging “Geseënd is die wat arm van gees is, wat weerloos is, wat mens is, wat sag is, wat breek wanneer ander gebreek word…” klok-helder soos 'n doktersvoorskrif, maar totaal teen-intuïtief. Wat maak ons hiermee as ons nie regtig so “arm van gees” voel nie? In plaas daarvan om my eie verwarde gedagtes op jou te kom neer stort, lees ons eerder 'n gedeelte uit Jean Vanier se boek “Becoming human” en vra eenvoudig 'n vraag aan die einde: “Like all of us, I have my story. Mine began as a young person of thirteen when I journeyed from Canada to England and joined the Royal Naval College in 1942. It was the middle of the war with Nazi Germany, and I had decided to prepare myself to serve on warships. I spent eight years in the navy. I left the navy in 1950 searching for another road to peace. I went to live in a small Christian community near Paris. We worked manually, we pursued studies in philosophy and theology, and we prayed together. Then in April 1964 I went to visit a holy priest — a man of God. He was chaplain to a small institution for people with intellectual disabilities. It was there I discovered the plight of men and women who had been put aside, looked down upon, sometimes laughed at or scorned. They were seen as misfits of nature, not as human beings. Touched and hurt by the way so many were treated, I was able to buy a little house in a village north of Paris and to welcome two men with disabilities from a sad and violent institution. Philippe Seux and Raphael Simi had each had a viral disease when they were children. The result of their illnesses had left them with significant disabilities. They never went to school, and when their parents died they were put into this dismal asylum. And so the first community of L'Arche was born. Today, forty-four years later, there are 134 such communities in thirty-five different countries. In these communities men and women with disabilities can develop in a spirit of freedom. We live together — those with disabilities and those who wish to have a deep and sometimes lasting relationship with them. We laugh and cry and sometimes fight with one another; we work, we celebrate life, and we pray together. Believe it or not, it has been this life together that has helped me become more human. Those I have lived with have helped me to recognize and accept my own weaknesses and vulnerability. I no longer have to pretend I am strong or clever or better than others. I am like everybody else, with my fragilities and my gifts.”- Jean Vanier (uit: Becoming human) Na-leef teks “Gelukkig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.” Matteus 5:3 Na-leef vraag Watter arm-van-gees mense moet jy nader aan beweeg sodat hulle jou kan help om mens te bly?

Soms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Skielik besef ons: Die Koninkryk van God werk anders, en dit is vir ons gekondisioneerde manier van dink, kyk en leef moeilik om hierdie verkeerd-om lewe te verstaan, te vertrou en te leef. Kom kry Sondag saam met ons helderheid oor die onbegryplike. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — 'n Sodat/omdat benadering? Nou die aand sit ek langs Pierre om die ou aan te moedig om sy Gr 7 Ekonomie-opsommings te maak. Êrens in een van die gedagtes oor geld en ekonomie is daar 'n sinnetjie wat iets klink soos “mense werk sódat hulle meer geld kan kry, sódat hulle meer goedere kan koop”. Die presiese bewoording ontgaan my nou, maar wat my opgeval het was die woord “sodat” en die rilling deur my siel oor hierdie wêreld waaraan hy en ons blootgestel word. Hierdie “sodat-wêreld”. 'n Wêreld waarin jy moet perform so hard en so goed as wat jy kan, selfs bo wat gesond is, sodat jy kan kry, kan vermag, gereken kan word. Dit is 'n uitputtende wêreld. 'n Wêreld wat leeg tap. Wat opgebruik. Wat 'n valse selfvertroue kweek. Wat jou verskraal tot 'n objek, 'n rat in 'n masjien. Sodat jy kan kry wat jou kwansuis sal gelukkig maak. Heinrich se Sondag-boodskap uit die saligspreuk (Matt 5:6) oor “Gelukkig is die wat honger en dors na geregtigheid want hulle sal versadig word” en sy keuse om die geregtigheid te verstaan as die ou gedagte dat ons in die regte – kindskap – verhouding met God kan leef, het my laat dink aan die onverwagse (lees versadigende) omdat-lewe wat Christus vir ons kom gee. Hierdie omdat-aard van ons geloof, verlossing en kindskap het my herinner aan jare gelede: Ongeveer 'n jaar na my ma en my stiefpa getroud is het ek 21 geword. 'n Interessante fase in my lewe, waar ek so onafhanklik as moontlik wou word, om 'n nuwe kindskap aan te leer. Met my mondigwording roep Oom Steve (my aangetroude pa) my eenkant en gee vir my 'n geskenk in 'n klein boksie. Opgewonde, half onbeholpe met die intieme oomblik tussen ons, maak ek dit oop om die kosbare geskenk van 'n Kruger-rand te ontvang. Hy verduidelik die simboliese waarde van die geskenk met “Ek het vir elkeen van my kinders 'n Kruger-rand gegee toe hul 21 geword het en ek wil graag vir jou ook een gee want ek wil hê jy moet weet, daar is vir my geen onderskeid tussen jou en my kinders nie.” Wat 'n kosbare geskenk!!! Omdat ek aan my ma behoort, behoort ek ook aan hom en hierdie behoort is nie iets wat ek moes doen, moes verdien of moes bereik nie. Oom Steve het my ook mooi laat verstaan dat hy nie my lojaliteit probeer koop nie – maar vir my 'n omhelsing, 'n sekerheid, 'n behoort wou gee. Die Kruger-rand-geskenk was nie die eintlike ding nie, dit was bloot die simbool van iets ver bo die waarde van wat die goud-prys ookal was. Soos met die Kruger-rand moes ek hierdie kindskap, en al die wonders daarvan, eenvoudig net ontvang. Dit het ons verhouding verander van 'n sodat na 'n omdat. Hierdie omdat het my vry gemaak, gevorm, veilig laat voel, waagmoed gegee, tuis laat kom, laat wees…omdat hy my sy kind gemaak het. Sodat-verhoudings is kunsmatig, het bymotiewe, is op jouself gefokus. Omdat-verhoudings gee sekerheid want die grond van hierdie verhouding lê nie in jou nie – maar in die onvoorwaardelike verbintenis van iemand aan jou. Sodat-verhoudings is 'n transaksie wat eis. Omdat-verhoudings is 'n verbintenis wat gee. Sodat-kindskap sê “As jy…dan kan jy…” Omdat-kindskap sê “Aangesien jy is…wees nou…” Ons hele wêreld is gebou en gerat op hierdie sodat-benadering. Dit maak dit moeilik om die omdat-lewe wat Christus vir ons kom gee te aanvaar, te onthou en na te leef. Pierre is in 'n belangrike oorgangsjaar van sy lewe. Meer as enige iets anders hoop ek hy kan hierdie omdat-lewe ontdek: Hê lief omdat, nie sodat nie. Werk hard omdat, nie sodat nie. Glo in en volg Jesus omdat, nie sodat nie. Hê respek vir alle mense en die ganse skepping omdat, nie sodat nie. Omdat vul jou met verwondering en dankbaarheid. Dit maak jou bewus van heiligheid. Sodat verskraal die lewe tot jou self en die lewe word 'n masjien, projek, tog…waardeur jy een of ander mitiese gelukkigheid of seën gaan bereik en intussen mis jy wat reeds is en altyd sal wees. Die saligspreuke begin elkeen met “Geseënd is…” nié met “Geseënd sal jy wees as jy…” In Lukas 15 kon albei die verlore seuns, die een wat tuisgebly het en die een wat op ‘n lang verdwaalreis gegaan het, eers regtig tuiskom omdat hulle ontdek het wie en hoe hulle pa is en dat hulle aan hom behoort. Na-leef teks “Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune.” Lukas 15:31 Na-leef vraag Het jy 'n sodat- of 'n omdat-verhouding met God? Watter verhoudings in jou lewe het nodig om te skuif van 'n sodat-benadering na 'n omdat-benadering? En hoe gaan jy die verskil leef? Waarom werk jy…Sodat of Omdat? Hoe sou die verskillende benaderings vir jou lyk?

Ons begin vandag met 'n nuwe reeks: Onverwags, 'n reeks wat handel oor die Saligsprekinge en ook die eerste boodskap van Jesus aan die volk. Ons wil almal salig (geseënd/blessed) wees, die Here se seën ontvang, in Matteus 5 leer Jesus ons wat dit sal kos om Sy seëninge te ontvang. Oor die volgende paar weke staan ons stil, en brei meer uit, oor hierdie Saligsprekinge. Reis saam met ons. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Naleef-gedagte: …in-wording (onder konstruksie) Deon se gesels oor die Hebreeuse woord, die kern van Israel se geloof, die Shema (Deut 6) ,en die postuur van luister, het my laat dink aan die luisteryke “Heilige familie kerk” (La Sagrada Familia) in Barcelona. Die bouwerk aan hierdie indrukwekkende Katedraal, ontwerp deur die Spaanse Argitek Antoni Gaudí, het in 1882 begin. Hulle beplan om na 144 jaar in Junie 2026 die bouwerk klaar te maak — 100 jaar na Gaudi se dood! Met Gaudi se dood in 1926 was die bouwerk maar ongeveer 20% ver. N.a.v kritiek oor die lang bouproses het hy blykbaar opgemerk “My client is not in a hurry.” Na sy dood was daar 'n Spaanse burgeroolog in 1936 en Gaudi se oorspronklike planne en modelle is vernietig en 'n hele paar argitekte ná hom moes namens Gaudi die planne en modelle rekonstrueer. Hoewel die bouery al vir jare voortduur ,en nog nie klaar is nie, is die Katedraal al lankal in gebruik. Die Pous het die gebou geheilig en as 'n UNESCO erfenisgebied verklaar. Selfs al word daar beplan om in Junie vanjaar die buitekant van die argitek-wonder te voltooi, word daar beweer dat die die afronding met standbeelde, lig en kuns eers in 2034 voltooi sal wees. Hierdie bou-proses, wat na 'n ewigheid voel, en die postuur van luister – 'n openheid om te hoor en te leer ge-hoor-saam leef – het my laat wonder: Kinders raak soms goed kwyt of vang onbesonne dinge aan…en ons glimlag en dink “Siestog, hulle is nog net kinders, hulle leer nog, hulle is nog in wording.” Ons maak spasie vir hierdie wording se vrae, wonder en foute. Ons moedig dit selfs aan. Maar is groot-mense regtig afgehandel, wanneer ons so vol kritiek, ‘n foutlose perfektheid van mekaar verwag? Of, veroorsaak die plooilose kunsmatige intillegensie dat ons só min genade met onsself het: “Ek moes van beter geweet het! Hoe kon ek so dom wees? Teen die tyd behoort ek mos te weet, in beheer te wees…Die wêreld, die kerk, my werk en my mense verwag dit immers van my!” Dan bestaan daar natuurlik ook die afgehandeldes: Klaar gedink, klaar besluit – selfversekerde ék-weet-mense. Dalk steek hierdie afgehandeldheid maar kop uit by elkeen van ons. Dalk hét ons nie ruimte vir leer, groei, verander…of selfs die moontlikheid dat ek nog altyd verkeerd was oor 'n saak, 'n persoon of gebeure nie. Afgehandeldes verwag natuurlik ook afgehandeldheid by ander! Dit maak nogal die lewe, 'n beroep en 'n verhouding spanningsvol as jy moet voorgee dat jy perfek, afgerond, kant-en-klaar is. Veral as jy voor jou siel weet “Ek weet nie. Ek is nie in beheer nie. Ek sukkel met dit, daai en die ander…” Ek en jy is, wanneer ons eerlik kan wees met onsself, soos Gaudi se meesterwerk: onafgehandeld – vir ewig in-wording. Hoe anders sal jou lewensbenadering en verhoudings lyk wanneer jy hierdie “in-wording” genade ook dáár kan uitleef: Jy vra dalk meer vrae as wat jy stellings maak; Jy haal die juk van perfektheid se angs van jou skouers af en word oral bekend as 'n ewige student; In plaas van kritiek en verwerp, sien jy “Siestog, hy leer nog, hy groei nog, hy ontdek nog…” en dan nie op 'n beterweterige manier nie, maar op ‘n ek-is-ook-nog-in-wording manier. Wat help kla en skel en self-marteling oor onafgehandeldheid? Dit is soos om na 100 jaar die meesterlike katedraal af te breek omdat dit nou nog nie klaar is nie. Dis tog absurd! Om 'n onafgehandelde verder af te breek, maak tog geen sin nie. ‘n Beter benadering is dalk eerder “Hoe word ek deel van die in-wording storie van God met jou? In-wording beteken nie, in onbruik nie. In-wording beteken nie, minder heilig of indrukwekkend nie. In-wording beteken nie, laat staan maar soos dit is nie. Paulus skryf vir die gemeente in Korinte, ‘n gemeente wat nog duidelik in-wording is. Hy sluit 'n lang gesprek oor die sluier-van-ons-gebrokenheid af met die mooi woorde in 2 Kor 3:18 “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” Die woorde “Ons word al meer verander” se tydsgleuf is tot in die oneindigheid…m.a.w dit beteken letterlik “vir-ewig-in-wording” en so ook die woorde “die heerlikheid van ons uitstraal neem steeds toe”. Ek is nog nie klaar nie, jy is nog nie klaar nie, die kerk is nog nie klaar nie…ons is vir ewig nog in wording en die argitek-bouer is die Here, wat die Gees is en die manier hoe die Gees primêr in die Bybel werk is deur mense. Mag ons al meer met die genade leef van “My client is not in a hurry.” omdat ons vertrou dat 'n meesterstuk soms langer as 'n ewigheid neem. Na-leef teks: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” 2 Korintiërs 3:18 Na-leef vrae Waar in jou lewe is jy nog in wording? Wat gaan jou help om jou kind-wees, jou openheid vir wording, te onthou? Wat gaan jou help om ruimte te maak vir ander se ewige wording?

Ons kan heeldag in isolasie Bybel lees en die groot geskenk van Saam mis, dan mis ons die plek waar geloof en liefde beoefen word. Ons kan verbruikers van geloofsgemeenskap wees en steeds mis dat ons siele is met ‘n diep soeke na betekenis. Ons kan al die kennis oor geloof hê en steeds nie anders leef binne die kultuur van ons dag nie. Vandag se kontoerlyn is een van die mees invloedryke tradisies in Joodse geskiedenis omdat dit funksioneer as ‘n geloofsbelydenis en ‘n loflied waarmee God geprys word. – Deon Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte: As-Woensdag — 'n off-beat ritueel deur Pieter Roeloffse “Jesus is an alternative to the dominant ways of the world, not a supplement to them.” Eugene Peterson Elke jaar doen die kerk iets vreemd. Ons neem die oorblyfsels van verlede jaar se Palmsondag — die takke waarmee ons “Hosanna!” gesing het — en ons verbrand dit. Die takke wat eens tekens van oorwinning en hoop was, word as. En met daardie as begin ons Lydenstyd. Dit is nie toevallig nie. Dit is teologies briljant. Die ironie van die skare Op Palmsondag stap Jesus Jerusalem binne. Die skare waai palmtakke. Hulle roep “Hosanna! “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” (Matt 21:1-11, Mark. 11:1-11; Luk. 19:28-38; Joh. 12:12-19) Hulle verwag 'n Messias wat hul vyande sal oorwin, die regte mag sal herstel, die regte koninkryk sal vestig. 'n Paar dae later is daar weer 'n skare. En hulle roep: “Kruisig Hom! Kruisig Hom.” (Matt 27:15-26, Mark. 15:6-15; Luk. 23:13-25; Joh. 18:39 – 19:16) Dieselfde stad. Dieselfde fees. Waarskynlik meeste van dieselfde mense. Wat het verander? Jesus het nie by hulle script ingepas nie. Hy het nie mag oorgeneem soos hulle verwag het nie. Hy het nie Rome omver gewerp soos hulle verwag het nie. Hy het nie die soort oorwinning gebring wat hulle wou hê nie. En toe Hy nie inpas by hul verwagtinge nie, draai die skare. Ons is nader aan die skare as wat ons dink. As-Woensdag begin met “Onthou jy is stof” en 'n as-kruis merk op jou voorkop of pols. Hoekom? Omdat ons ook palmtakke dra — ons eie verwagtinge het van hoe God moet werk; hoe verlossing moet lyk. Ons eie planne van die mooi en goeie lewe het. Ons juig maklik vir 'n Jesus wat óns drome bevestig. Maar 'n Jesus wat selfopoffering vra? 'n Koning wat op 'n donkie ry? 'n God wat alle mense liefhet? 'n Messias wat leer en leef “sterf van jou ekkigheid dan kom daar nuwe lewe”? Dis net té anders, té vreemd, té ongemaklik. Die as van Palmsondag-takke herinner ons: selfs ons aanbidding kan soms besoedel wees (vgl. Miga 6:6-8; Amos 5:21-24). 'n Heilige onderbreking Wanneer die palmtakke verbrand word, word triomf in stof verander. Dit nooi ons: Moenie hoop op jou eie namaaksel van God en jou eie weergawe van oorwinning nie. As-Woensdag help ons om eerlik te word oor iets diep in ons harte — ons wil graag hê God moet ons idees, oortuigings en storie versterk — nie dit herskryf nie. Maar Jesus kom nie om ons storie te verbeter nie. Hy kom om 'n ander een te gee: 'n Storie waar die eerste laaste is. Waar mag lyk soos diens. Waar oorwinning deur selfopoffering kom. Waar lewe deur die dood breek. Wanneer die as op ons voorkop in die vorm van 'n kruis geteken word, hou dit Palmsondag en Goeie Vrydag saam. Dit sê: Moenie te vinnig juig nie. Moenie te vinnig veroordeel nie. Moenie dink jy staan buite die skare nie. Dit nooi ons om ons afhanklikheid te erken. Te erken dat God en Sy manier anders is as wat ons graag sou verkies. Te onthou dat God en Sy anderster manier verlossing, vryheid, lewe gee — vir alles en almal! As-Woensdag vra nie: Is jy opgewonde oor Jesus? nie. Dit vra: Sal jy Hom volg wanneer Hy nie in jou verwagtinge pas nie? Sal jy Hom vertrou wanneer Hy nie jou vyande veroordeel nie? Sal jy leer om 'n ander soort oorwinning lief te hê? Van palmtak tot as — van triomf tot waarheid — van skare tot dissipel Mag hierdie As-Woensdag en Lydenstyd ons help om nie net mense te wees wat “Hosanna!” roep wanneer dit maklik is nie, maar mense wat gevorm word deur die kruis. Na-leef teks: “22Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 23maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, 24maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 25Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.” 1 Korintiërs 1:22-25 Na-leef vrae Kan jy dit in jouself raaksien hoe jy soms Jesus en Sy weg, soos die skare, wil verander om by jou agenda en idees in te pas? Watter deel van Jesus se “Neem jou kruis op en volg my.” Is vir jou moeilik? Hoe sal jy dit eerlik in 'n kaalvoet-gebed verwoord?

Soms voel dit met goeie rede of daar 'n grootskaalse erosie op die landskap van die lewe gebeur. Asof daar 'n meesleurende stroom, onkeerbaar deur ons uitsigte vloei. Ons is nie uniek nie, dis 'n eeu-oue patroon. In elke selfvernietigende era was daar individue en groepe wat keerwal kontoere geleef het en die storme help opdam het tot plantasies. Hulle was anders, “heilig” is die Bybelse woord. In Eks 33 pleit Moses dat die Here saam met hulle deur die woestyn moet gaan en hulle nie moet los nie. Hy sê in :16 “Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.” Kom onthou Sondag langs die kontoerlyn van die Nagmaaltafel dat God en Sy lewegewende weg anders is en kom laat toe dat die Gees jou tot hierdie anders-wees beweeg. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

'n Gesprek wat jou nooi om saam te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Pieter reflekteer op die afgelope week se preek oor die kontoere van die siel [ Kyk/luister hier as jy die preek misgeloop het ] Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte – sielsverlange 'n Vriend vertel jare gelede die storie van 'n jagervaring in die Kalahari. Sedert die eerste aanhoor het ek die storie al dikwels uit ander monde gehoor: Om in die Kalahari te jag is ver skiet. Dit is 'n wye uitgestrekte land. Die Khoisan mense, met hul geplooide skrefies oë, het oor geslagte heen die vaardigheid ontwikkel om die landskap soos 'n boek te lees. Tekens te sien, spoor te volg, 'n aanvoeling te besit wat dorp- en plaasjapies met nuutste jag-tegnologie nog nie kon bemeester nie. Voor die netjies ingerigte bakkie het die klomp bloedorstiges dus 'n Khoisan man wat oor die duine en vlaktes draf, besig om 'n spoor te volg en hulle in die regte rigting te lei. Erens is daar darem 'n dors of 'n medemenslikheid wat hul laat stop om net hul asems terug te kry. Na so 'n korterige stop voor hul verder vorentoe wil beur, is die Khoisan man steeks. “Nee”, sê hy ewe beleefd, “ons kan nog nie verder nie — ons het nou so vinnig en ver gevorder ek wag nog vir my siel om my in te haal.” Het jy al die storie gehoor? Die storie van stop, rus, wag…dat jou siel kan opvang met die haastige pas waarteen ons leef. Hoor of ervaar jy dit dalk daagliks? In die eerste week van Februarie loop ek 'n ma, van 'n vars ingeskryfde Gr. 1-dogtertjie, raak en sy vertel hoe oorweldigend die tempo van die jaar al klaar is. Hoe hulle met 'n skok hul kind moes beperk tot net vier buitemuurse aktiwiteite in die eerste kwartaal, want sy wil aan alles deelneem en nie uitmis nie. Wanneer ek by die pa-en-seun naweek 'n gemeentelid vra hoe die jaar vir hom begin het, is sy eerste woorde hoe hy moet keer dat hulle gesin nie maar net met einde 2025 se tempo voort vaar nie, en hoe moeilik dit is. Hy maak die opmerking “Besig-wees het mos 'n status-simbool geword.” Ervaar jy dit ook só en hoekom sou ons stadiger, minder, spasie, rus…assosieer met sielvol. Hoekom word sekere ervarings – van musiek, tot geregte, tot mense, tot plekke – as sielvol beskryf en ander nie? Waak miskien vir 'n oomblik, as 'n oorgestimuleerde wese, daarteen om te besef dat dit by sielvol nie noodwendig gaan oor nuwe ervarings of blootstelling nie. Dit gaan dalk juis nie oor novelty se verleiding nie, maar oor 'n oer-roering wat jou stroop van al die toevoegsels wat ons met lewe verwar. Dit het dalk juis met minder as met meer te doen, met gestroop as met nog en nog en nog…Dis meer soos om 'n ou hout tafel te restoureer en jare lange verf-lae sorgvuldig af te stroop om die grein, geur, kleur, die karakter en oorsprong vry te laat as om 'n nuwe gadget of laag verf op die tafel aan te bring. Vanoggend val die welkome verligting van somerreën op die sinkdak van die kantoor. 'n Luidrugtige verrassing! So uitbundig dat dat ek my stil-word musiek afsit om na die reën te luister. My gebed? “Dankie Here vir 'n sinkdak. Dankie dat vanoggend se verlange nie gedemp kan word met moderne *fieterjasies nie, dat my Maandag-skarrel tot bewus-wees oorreed word.” Aanvanklik, op die spoor van André se boodskap van die afgelope Sondag [luister hier daarna as jy dit misgeloop het], het ek beplan om kreatief te probeer skryf oor die siel. Natuurlik om jou te help om 'n greep te kry op die onbegryplike misterie van jou God-geasemde jy. Die reën het my gryp gulsige pogings verstil tot eenvoudig ervaar en aanvaar dat daar 'n dors is na 'n stroom wat dieper as seisoene lê, wyer as my dagboek en doen vloei en minder besoedel is deur my giere, gyte en gedagtes. Parker Palmer verwoord my klankdigte bewussyn goed wanneer hy sê “We sense that something is missing in our lives and search the whole world for it, not understanding that what is missing is us.” Ek nooi jou dus om, vir 'n oomblik saam met my, jou vasgeklemde-gryp-na-verstaan-en-beheer hande oop te vou asof dit iets vry laat…Om eenvoudig in voeling te kom met jou oop-hand verlange na lewe, na geur, na kleur, na raaksien, na hoor, na voel…die ewige pols van lewe wat met ons is, in ons is en selfs deur ons lyf wil kry. Oor hierdie verlange skryf David Whyte “Longing calls for a beautiful, grounded humiliation, the abasement of what we thought we were, and strangely the giving up of central control while being granted a new, watchful, scintillating, peripheral discrimination.” Wat help jou om in voeling te kom met hierdie verlange? Ons kan beslis nie die reën skep of manipuleer nie, maar ons kan ten minste sorg dat ons buite of onder 'n sinkdak is wanneer dit kom. Dalk kan jy eenvoudig begin om jou verlange te verwoord “Oorrompel my soos 'n Bolandse donderbui, verstof my siel tot lewe.” * ‘n Onnodige versiering of bykomstigheid. Na-leef teks “Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God.” Psalm 42:2-3 “’n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ‘n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.” Spreuke 27:7 (AFR53) Na-leef vrae Waar val die reën vir jou? M.a.w, waar word jy bewus van jou verlange en dors na iets verby die oppervlak-geskarrel? Wat moet jy doen om meer gereeld daardie plek/oomblik te besoek? Hoe sou jy hierdie Godsoomblikke in jou alledaagse kon verweef?

Siel is 'n woord wat jou hele menswees beskryf… “Soul carries with it resonance of God-created, God-sustained and God-blessed. It is our most comprehensive term for designating the core being of men and women.” – Eugene Peterson Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

'n Gesprek wat jou nooi om saam te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Pieter gesels met Helène Smit. “Kom ons gesels saam oor die prentjies wat ons het van mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk help dit ons om saam die volheid van God se skepping te ontdek. Natuurlik is hierdie tipe gesprekke soms ongemaklik. En as jou huis en omgewing ‘n veilige spasie is waar jy nie regtig hoef te kies vir ongemak nie, kan ons dit maklik vermy. Maar verloor ons nie dan ‘n stuk van God se “voluit lewe” geskenk nie?” – Helène Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Die veelkleurige skepping beweeg my… – Helène Smit Hulle sê dat ‘n liefde vir voëlkyk jou onverhoeds betrap met die ouderdom. En aangesien ek groot geword het in ‘n familie met verkykers en voëlboeke, het die onvermydelike toe ook met my gebeur. Saam met die voëlkyk die laaste 10 jaar, het ek so diep onder die indruk gekom van die diversiteit van die skepping. Dit voel vir my al meer of God soveel pret gehad het toe hy al die verskillende voëls uitgedink het. Kyk net na die Paradysvlieevanger of Rooiborslaksman! En dan praat mens nog nie eens oor al die vreemde insekte, wonderlike fynbos en belaglike diepsee kreature nie! As ek kyk na al die verskillende persoonlikhede, eienskappe en talente van die mensdom, sien ek beslis ook God se kreatiwiteit en sin vir humor. Dit is dalk nie heeltemal teologies korrek nie, maar ek is oortuig God het die skepping so divers gemaak vir ons genot. Dan wonder ek: As ek kyk na die mense om my, die mense wat naby my bly, saam met my kerk toe gaan, dieselfde plekke oefen as ek, dan voel dit of hulle maar meestal lyk soos ek. Daar is beslis nie dieselfde diversiteit in my vriendekring as wat daar is in hierdie mooie dorp van ons nie. Ons weet almal dat dit is as gevolg van ons land se geskiedenis-storie. Maar dit voel of ek uitmis op ‘n groot stuk genot wat God dalk vir my beplan het. Want dink net hoe my prentjie van Hom sou kon verander as ek meer gereeld saam met iemand wat totaal anders as ek lyk en grootgeword het en dink, die Bybel kan lees! Maar sjoe – dis moeilik om regtig kontak te maak! Ons het soveel vooropgestelde idees oor mekaar. As ek iemand sien wat ek nie ken nie, maak ek aannames oor hulle op grond van geslag, ras, klere. En dit verander dadelik hoe wyd my arms oop is vir hulle. En of ek dalk ongemerk eerder seker maak my motordeur is gesluit in die verkeer… Ek sou beslis kon sê dat my wêreld heeltemal veelkleurig genoeg is met werk en gesin en vriende en stokperdjies en dat ek nie regtig die res van die skepping mis nie. Dit is mos nie regtig nodig om te gaan soek na nog meer kleure en geure en geluide nie? Is daar enige gevaar daarin om maar net dit wat ek reeds om my het, voluit te geniet? Dan dink ek egter aan die nuwe lied wat ek al harder en meer gereeld hoor wêreldwyd: Ek staan op vir MY mense. Ek maar seker dat MY mense OK is. Die Bybel sê ek moet lief wees vir my bure – so ek gaan veg vir my buurt. Ek dink egter dat ons dalk hier keuses begin maak wat kies teen ‘n deel van God se hart? Ek wonder wat sê die Bybel oor nationalisme? Oor menswees bo ras en taal en al die ander verskille en diversiteit. Daarom wil ek jou uitnooi om saam met my te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Kom ons gesels saam oor die prentjies wat ons het van mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk help dit ons om saam die volheid van God se skepping te ontdek. Natuurlik is hierdie tipe gesprekke soms ongemaklik. En as jou huis en omgewing ‘n veilige spasie is waar jy nie regtig hoef te kies vir ongemak nie, kan ons dit maklik vermy. Maar verloor ons nie dan ‘n stuk van God se “voluit lewe” geskenk nie? So hier is jou uitnodiging: kom gesels saam. In ‘n veilige spasie waar jy mag sê wat jy voel, al voel dit nie heeltemal reg nie. Kom ons ontdek ons dorp se volle kleure saam. Ek het dit n paar jaar terug begin doen. Ongemak gekies deur mense te volg op sosiale media wat my bitter kwaad maak. Spasies gekies waar mense anders lyk as ek. Boeke en TV reekse deur mense van ander rasse en kulture as ek. Ek het diversiteit gekies! En wow – ek het sooooooveel gewen! En ek is boonop nou BAIE minder ongemaklik. Ek voel baie minder skuldig. Dit voel of ek tools het om verskil te maak. Kom kuier saam. Kom ontdek die volle geskenk van diversiteit en die God wat dit uitgedink en geskep het en steeds so lief het. Word deel van ons reis binne SG om met groter verwondering tuis te kom en te leef met diversiteit van mense in ons lewe: Versoeningsgesprek – 'n oop, veilige saam-gesels ruimte oor die wonders, uitdagings en misverstande oor ras en diversiteit. Donderdag 12 Feb om 18:30 by kantoor [elke 2e Do van die maand] Becoming human – 'n werkswinkel wat doelbewus geloof en diversiteit in gesprek bring met mekaar. Donderdag 26 Feb om 18:30 by die kantoor [elke laaste Do. van die maand] Church walk – 'n pelgrimstog deur die geskiedenis van Stellenbosch en ons storie. Sat 21 Mrt 8:00-12:00, vanaf Aunt Sophie by die Ou Landbou-saal. Volg hierdie skakel om deel te word van die WA-groep

'n Nuwe stem en gesig by SG! Ons verwelkom vir Heinrich Dry terug by die gemeente wat hy 25 jaar gelede help vorm het! Ons sien uit na hierdie nuwe journey saam met jou en jou gesin! ” Jesus leer ons dat Hy self die waarheid is, en Hy openbaar Homself aan ons op, en deur verskillende maniere. Ons ervaar Hom deur Sy Woord, deur gebed, die sakramente maar ook deur verhoudinge. Gemeentelewe is verhoudingslewe, en saam ondek ons die waarheid oor onself, ons doel en Ons Vader se pad wat hy met ons stap.” – Heinrich Saam vorm die kontoere vir ons n duideliker prentjie van die landskap waarop ons beweeg. Eerskomende Sondag gaan Heinrich met ons gesels oor die ontdekking van Waarheid in Gemeente-belewenis. Sien jul daar! ( En as jy nie weet wie Heinrich is, kom ontmoet hom Sondag) [ Ontmoet vir Heinrich Dry en sy gesin – Lees hier ] Maak kontak met Heinrich: heinrich@sg.org.za Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

deur Pieter Roeloffse Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . As kind, onthou ek, was daar 'n liedjie wat dikwels gespeel is: “My nooi is in 'n nartjie, my ouma is in kaneel, daar's iemand…iemand in anys – daar's 'n vrou in elke geur.” Hierdie geur-geheue-ervarings roep sekerlik 'n hele karakter, belewenis en emosie by die skrywer op. André se gedagtes oor die antieke kontoerlyn van verhouding, met die klem op “God is 'n verhoudingswese” [ luister of kyk die preek hier as jy dit misgeloop het ] my laat wonder oor al die verhoudings deur die loop van my lewe. Oor my geur-geheue van mense in my lewe: Daar is 'n lavender ontvlugting…stof-grondspore…'n na-reën stoepsit… Daar's 'n twak-sak stilte…'n four-seven-eleven omhelsing…'n skaapboud tafel… Daar's 'n koffie-moer-verwelkoming…basilie-oes geselsies…'n tanniene ode… Daar's 'n speelsheid Pleasures, rooi-aas drome, 'n perde-salf troos… …en ek sou vir baie lank nog só kon aanhou met hierdie nostalgiese geur-geheue koester oefening van talle verhoudings deur die jare. 'n Volgende tree vanuit die kontoerlyn van verhouding beweeg my om te wonder: Wat het ek van God en Sy beweging by hierdie geur-geheue-mense in my lewe geleer? Wanneer Pierre du Plessis in sy boek “Jesus ruik na mirre en stof” skryf “Die reuke van ons wêreld het aan Hom afgesmeer en Sy heilige reuk uiteindelik aan ons…” dan wonder ek oor God se openbaringe deur al hierdie geur-geheue-mense in my lewe: Sabbat was 'n méns, lank voor dit 'n dag of 'n opdrag of 'n wysheid vir my was. Genade was 'n kattekwaad-vryspraak by die Buurvrou voor dit 'n eienskap van God was, wat Ds. O'Reilly vir my verduidelik het, en Oom Deon deurlopend beliggaam het. Liefde was besoedel deur 'n duisend Hollywoodstemme – maar verlos, ontdek, geleer en probeer in 'n gallery vol diverse verhoudings. Weerloosheid is groter as perfeksie ontdek ek by Mnr Du Preez, sonder dat hy een van daardie begrippe gebruik het. Getrouheid by Janes. Integriteit by Karel. Dat 'n groot mens se uit-jou-maag-uit-lag heilig is, leer oom Jannie my. Dat huil onkeerbaar én gesond is by soveel mede-rouers. Dat al is ubuntu nie 'n politieke werklikheid nie, is dit steeds waar in my Xhosa kollegas en vriende se buurte. Ek sou so moeilik kon vertrou in 'n Godheid wat nie rus en vier en geniet nie; 'n God wat nie weerloos kan wees nie; nie kan vergewe of genade kon hê nie; wat nie liefde ken nie; nie getrou is nie; nie integriteit het nie; wat nie lag of huil nie; of wat nie t.w.v iets groter as Homself bestaan nie. Lank voor dit Bybeltekste en -gebeure vir my was, is dit by mense wat ek hierdie wonders van die lewe en van God ontdek het. Was die mens-ervarings dalk juis die manier waarop God my jare lank voorberei het om Sy beweging, Sy karakter, Sy lewegewende-aard te herken. Was dit hierdie menslike verhouding ervarings wat my so aangetrokke gemaak het tot Jesus, as God in lewende lywe. Sou jy deur jou verhoudings stap, soos deur 'n kunsgallery, dan wonder ek wat is dit wat jy sou raaksien? Wat is God besig om oor Homself, die lewe, menswees, geloof en oor jouself aan jou te openbaar – juis deur die kunsmedium van jou verhoudings? En as jy hierdie beginsel gaan probeer na-leef, moet asb nie soos ek verstrengel raak in romantiese idees nie. Dit is juis in die alledaagse, in die frustrasie, die misverstand, die eenvoud, die kleine, die roetine, die stil saam-wees (die fluistering-in-die-windstilte) wat ons die wonders ontdek en nie net in die ekstase en trauma ervarings (wind, aardbewing en vuur) in ons verhoudings nie. Dit is die heilige alledaagse in ons verhoudings wat ons geloof uit die bubblewrap van geestelike-perfeksie kom haal, ons nederig maak, God-met-ons openbaar. En dit is waar die Woord weer lewend word. Al is dit is morsig, soos meeste kuns-ateljees, is dít waar die kuns en verwondering geskep word. Mag jou geloofsoog al meer geoefen word om God se beweging in jou verhoudings te herken en mag hierdie verhoudings jou help in jou lag, eet, speel, stoei, gesels…met God. NA-LEEF tekste: “Skielik was daar ‘n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan.” 1 Konings 19:11-13 “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen……….Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.” Matteus 25:40 & 45 NA-LEEF vraag: Probeer in elke interaksie en verhouding in jou lewe vra: Wat op dees aarde is God besig om aan my te bekend te maak?

Ons ervaring van menslike verhoudings is waarskynlik die bron van ons grootste vreugde én seer in die lewe. Die landskap van verhoudings maak ons bewus van ons diep soeke na konneksie, maar ook ons diep worsteling met belonging. Verhouding is egter ook 'n beskrywing van wie God is: Vader, Seun en Gee in verhouding met mekaar. Hoe kan verhouding 'n kontoerlyn word wat ons prentjie van God verhelder, definisie gee aan spiritualiteit en ons nooi tot betekenisvolle konneksie met mekaar? Ons probeer hierdie vraag antwoord – dit sal goed wees om jou daar te sien. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Hier aan die begin van die jaar waar die lewe soos 'n wonderlike ongerepte landskap voor ons lê, soek ons na vastigheid en rigting terwyl 'n skare stemme ons wil oorrompel met “Leef hierlangs!” In hierdie landskap fluister God deur die eeu-oue kontoerlyne vir ons 'n voetpad na die lewe — die kontoerlyne van God se beweging. Kom volg Sondag saam met ons die eerste kontoerlyn van Die skepping. “In light of the Genesis story, we would say that the possibility of this universe overflowed into actuality as God, the Creative Spirit, uttered the original joyful invitation: Let it be!” Brian McClaren Ritme: • Hoe kan jy groei in die wysheid dat alles met God begin, en dat als wat jy doen in aansluiting is tot sy beweging? Vorm: • Hoe kan jy 'n gasvrye, lewegewende ruimte skep waarbinne jy inhoud kan gee aan die lewe? Inhoud: • Hoe kan jou woorde en aksies vrygewig en lewegewend wees, eerder as versamelend en absorberend? Verbondenheid: • Hoe kan jy meer bewus wees van die inter-afhanklikheid van alles en almal? Hoe raak jy oortuig dat groei, vooruitgang en voorspoed wat ten koste van iets of iemand anders gebeur, nie werkliklik vooruitgang is vir enige van ons nie? Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

“Agter só baie van die dinge wat ons doen skuil die verwagting om erkenning te kry vir wie ons is, vir wat ons doen. Die uitnodiging van Bybelse spiritualiteit is egter die volgende: Gee dit prys, neem 'n postuur in waar hierdie verwagting nie eens 'n opsie is nie; gaan sit heel agterhierdie verwagting nie eens 'n opsie is nie; gaan sit heel agter…” – André Serfontein Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Nadat ons kon terugkyk op ‘n jaar wat verby is wil ons ons uitstrek na wat voor ons lê, ‘n nuwe jaar met nuwe kanse. ‘n Nuwe begin, nuwe voornemens, nuwe ideale. Ek kon leer uit die vorige jaar en daag op met nuwe hoop. Ons wil soos Moses sê: Here ons wil nie van hierdie plek verder gaan as U nie saam met ons gaan nie. So wil ons ‘n oomblik stilstaan om onsself weer te belyn met dit waarmee God besig is. – Deon Botha Hierdie kort opname nooi jou tot 'n refleksie op 2026, luister hier: en/of lees hier: Nuwe Jaar refleksie

"Daar is 'n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang. Ons beleef die oorgang van een jaar na 'n ander. 'n Oorgang het 'n unieke karakter: dit begin met 'n einde. Wat impliseer dit vir jou reis van 2025 na 2026? Hierdie kort opname nooi jou tot [...]

Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Geseënde Kersfees vir jou en jou mense! Die digter R.S Thomas skryf in “The coming” van God en Jesus wat uit die ewigheid deur die wasige atmosfeer na die weerlose aarde kyk. Die aarde word beskryf as 'n verrinnerweerde landskap en êrens [...]

Kom stap saam met ons hierdie Advent na die krip in die stal in Betlehem en ontvou saam met ons die geskenk van Vrede, Hoop, Vreugde en Liefde wat mens word. 10:00 Erediens saam met Deon 11:00 Koffiekuier Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van [...]

Kom stap saam met ons hierdie Advent na die krip in die stal in Betlehem en ontvou saam met ons die geskenk van Vrede, Hoop, Vreugde en Liefde wat mens word. 10:00 Erediens saam met André 11:00 Koffiekuier Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van [...]

Kom stap saam met ons hierdie Advent na die krip in die stal in Betlehem en ontvou saam met ons die geskenk van Vrede, Hoop, Vreugde en Liefde wat mens word. 10:00 Erediens saam met Pieter 10:00 Kinderkerk: Kids kom eers saam sing en gaan dan na verskillende klasse vir jaarafsluiting 11:00 Koffiekuier Luister [...]

“Every great moral and spiritual tradition points to the truth that in the giving of self lies the discovery of a deeper self. When that happiness, security and well-being of others become real to us, we come into our own. Creativity, meaning, resilience, health and even longevity can be enhanced as a surprising byproduct of [...]

Want aan U...Dankdiens By die besef van God se teenwoordigheid, sorg, verlossing, begeleiding…reageer mense dieselfde op verskillende maniere: Jakob bou 'n altaar; Mirjam maak musiek; Israel sing; Dawid dans uit sy klere; Een melaatse draai om, juig, kniel en erken die wonder in dankbaarheid. Hierdie dankbaarheids-geloof, lees ons, het hom gered. “Die Here is God, [...]

Dieselfde hoop wat in Dawid en Jesus se harte geleef het, leef in ons. Hulle het beide vir ons gewys hoe hierdie hoop in aksie lyk. Hoe kan dit vir my en jou lyk? - Deon Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van vanoggend [...]

“Kingdom people seek first the Kingdom of God and its justice; church people often put the church work above concerns of justice, mercy and truth. Church people think of how to get people in church; Kingdom people think about how to get the church into the world. Church people worry that the world might change [...]

“Their service is offered in the form of the ongoing life of the Christian community in shops, villages, farms, cities, classrooms, homes, law offices, in counselling, politics, statecraft, and recreation.” - David Bosch Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van vanoggend se erediens: https://youtube.com/live/_19kTz8H8As?feature=share

"Ons leef in 'n tyd waarin gerief en beheer as die hoogste waarde en daarom strewe gesien word. Heel menslik vermy ons pyn, verdoof verlies en meet sukses en vooruitgang aan hoe gerieflik jou lewe is. Laat ek dit weer sê: Hierdie maak in terme van ons leeftyd heeltemal sin, dit is heel menslik." - [...]

"Ons verlang meeste vir die tyd vir vrede vir onsself, en ons doen alles in ons vermoe om dit te soek. Maar as die ander — wieookal die ander is – hulle heelheid en shalom ervaar, het dit ook 'n effek op jou heelheid en rustigheid." - Pieter Roeloffse Luister hier saam na die [...]

Ons begin vandag met ‘n reeks wat gaan fokus op hoe ons elke dag die koninkryk van God kan reflekteer. Ons hou daarom God se Woord ook as spieël op om te sien waar en wanneer ons nie so lyk nie - want net soos Jona moet ons ook daagliks in onsself sterf om ‘n [...]

“En die Here sal jou oorvloedig laat wees in voorspoed, in die vrug van jou moederskoot... Die Here sal Sy goeie skatkamer oopmaak... om al die werk van jou hande te seën.” - Deuteronomium 28:11–12 Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van vanoggend se erediens: [...]

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” - 2 Korintiërs 3 Luister hier saam [...]

…deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede. (Efesiërs 4:2-3 ) Wat as die grootste waarde in ‘n hiper-kunsmatige wêreld dalk juis ons omhelsing van menslikheid sou wees? - Pieter [...]

Vergeet van “Hulle weet nie wat ons weet nie” en ontdek weer “Ons weet nie wat ons nie weet nie…” — behalwe as God iemand stuur om dit vir my te kom wys en ek leerbaar genoeg is om die misterie van Christus te ontdek. - Pieter Roeloffse Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname [...]

“The stranger is not simply one that needs us. We need the stranger. We need the stranger if we are to know Christ and serve God, in truth and love.” - Parker J Palmer Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van vanoggend se erediens: [...]

Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van vanoggend se erediens: https://youtube.com/live/s5vxxJVwL08?feature=share

“If the world is to change for the better, it must start with a change in human consciousness, in the very humanness of modern man.” - Václav Havel Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van vanoggend se erediens: https://youtube.com/live/SCOOZl8J-Ck?feature=share