Podcasts about homself

  • 26PODCASTS
  • 126EPISODES
  • 13mAVG DURATION
  • 1MONTHLY NEW EPISODE
  • Jun 1, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about homself

Latest podcast episodes about homself

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textMattheus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” As daar ooit 'n tyd in die mens se geskiedenis is wanneer gewone domkoppe soos ek en jy weer die kuns van rus moet herontdek, dan sal dit nóú wees, vandag. Met al die tegnologie waarmee ons gebombardeer word; ons konstante verbinding met die buitewêreld, die klein bloulig-skermpies wat ons slaappatrone ontwrig … ja, vandag is die dag wat ons mooi moet dink...Tussen e-posse, SMS'e, WhatsApps, Facebook, Twitter (of ‘X' soos dit nou genoem word) om nie eers te praat van die goeie, outydse telefoonoproepe en al daardie daaglikse stres van die lewe nie, is daar genoeg om ons dag en nag na ander mense se pype, te laat dans.Dit hoop op. Dit maak jou moeg en moedeloos. Dit voel asof jy asemnood het.Ons het die afgelope paar weke nogal baie oor druk, stres en rus gepraat. Maar vandag wil ek dinge afsluit met die belangrikste ding, die kragtigste ding wat ek moontlik met jou kan deel. Ware rus, nie daardie rus wat jy kry deur weg te hardloop van dinge nie, maar deur dit te ontdek te midde van alles wat om jou aangaan. Jesus het gesê...Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.Hoe langer ons gedwing word om só te lewe en om die hele wêreld se laste te dra, hoe swaarder word dit. Maar Jesus wat vir jou gely en gesterf het, en weer opgestaan het om jou 'n nuwe lewe te gee, roep jou vandag na Homself toe. Luister weer na Hom, mooi en doelbewus. Laat dit insink...Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoedDis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

RSG Geldsake met Moneyweb
Die geskiedenis herhaal homself: Tariewe het 'n groot rol in die Groot Depressie gespeel

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 8, 2025 10:49


Dr Christie Viljoen, senior ekonoom van PwC, gesels oor die Groot Depressie. Volg RSG Geldsake op Twitter

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.24 (02.04.25) - (Afr.) - Dit is goed vir my om naby God te wees

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Apr 2, 2025 2:39


Al beswyk my vlees en my hart—God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid. Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel. (Ps. 73:26-28)Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. (Fil. 1:21)Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (Gal. 2:20)

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.16 (05.03.25) - (Afr.) - Jesus is die volle wapenrusting van God

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Mar 5, 2025 4:07


Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— (Ef. 6:13-17)Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (Gal. 2:20)Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. (Fil. 4:13)

Nuus
SA 'kan homself bewys' by G20 sonder VSA

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 9, 2025 0:20


Die president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika, Niel Diamond, sê die afwesigheid van die VSA by die G20 is 'n kans vir Suid-Afrika om sy geopolitieke toepaslikheid in Afrika te bewys. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Marco Rubio het aangekondig hy sal nie die spitsberaad bywoon nie, oor verskille rondom die Wet op Onteiening. Diamond het aan eNCA gesê sy afwesigheid is 'n geleentheid vir Suid-Afrika om klem te lê op die belangrikheid van multilaterale diplomasie.

Nuus
Diamante gebuit by Namdia, rowers skiet werker dood, een rower skiet homself

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 19, 2025 0:44


Die Namibiese polisie bevestig twee is dood in Saterdagaand se gewapende roof by Namdia in die hoofstad. Lede van die polisie, die spesiale reserwemag, G4S en ander sekuriteitspersoneel was op die toneel. Yanna Smith het meer.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dis Hoe Verandering Plaasvind

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 15, 2025 3:02


Send us a textJesaja 55:8-11 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. My vriend, wat word van die wêreld? Ons sien heeldag en aldag hoe oorloë die nuus oorheers en hoe beeldskone sterre op rooi tapyte pronk-trippel. Wat gaan aan? Hier waar ons eie lewens ook die een struikelblok na die ander oor ons paadjie gooi, word dit nogal moeilik om te glo dat daar ‘n liefdevolle God is. Iemand wat soos die een of ander sirkusbaas in beheer van hierdie sirkus is. Party mense sukkel nogal om aan God se goedheid te glo.Ek kan dit verstaan, want dit was beslis vir my baie jare ook onmoontlik om aan sy goedheid te glo. Die twee konsepte: 'n chaotiese wêreld aan die een kant en 'n liefdevolle, almagtige God aan die ander kant; lyk teenstrydig en heeltemal belaglik.Nouja kom ons gee God ‘n kans om meer oor Homself te vertel:Jesaja 55:8-11 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.Ons hou miskien nie van storms met reën en sneeu nie, maar sonder hulle, is daar nie kos om te eet nie. En terwyl God se weë dikwels nie vir ons sin maak nie, gebeur dinge wanneer Hy praat. As Hy praat, dan gebeur dinge!So asseblief, doen jouself 'n guns, laat Hom toe om sy liefde en sy krag in jou lewe uit te stort, selfs op daardie dae wanneer dit net nie sin maak nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Vriendskap met God

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 20, 2024 2:45


Send us a textRomeine 5:9,10 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV) Kersfees is 'n tyd wanneer ons saam met familie en vriende, met klatergoud en kalkoen, met klokkies en snuisterye feesvier. Maar daar is een Vriend wat ons al te dikwels vergeet om na die tafel te nooi.Is jy al ooit deur 'n vriend verraai? Dit is 'n verskriklike ding. Ek kan jou sê, die diepste litteken wat ek dra, is van die verraad van 'n vriend. Dit het baie, baie jare geneem vir die wond om te genees … en vandag nog is daardie litteken deel van wie ek is.In werklikheid het ons almal vir God verraai - in ons gedagtes, woorde en dade. So, om daardie verhouding te herstel, het Hy self in ons wêreld ingestap, om ons letsels op Hom te dra. Soos ons gister gesien het...Romeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie!Soos die profeet Jesaja baie vroeër geskryf het, is ons deur sy wonde genees. Maar hoekom? Wat was God se uiteindelike doel?Romeine 5:10 Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV)God se doel was, en is steeds, om ons met Homself te versoen; om ons nader te bring; om die gaping te oorbrug deur ons sonde te vernietig deur Christus se offer aan die Kruis ... sodat ons sy vriende kan wees.Terwyl ons God se vyande was, het hy met ons vriende gemaak deur sy Seun se dood. Moet asseblief nie vergeet om hierdie Vriend na jou tafel te nooi nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.96 (08.12.24) - (Afr.) - Verheerlik julle huweliksonthaal Christus?

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Dec 8, 2024 8:38


Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig,… Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente. In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig. (Ef. 5:25+31-33)

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 24 November 2024 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Nov 24, 2024 34:01


Lees: Luk 4:1-13.  Fokus: Luk 4:3,4.  Satan se leuen: God behoort wonderwerke op aanvraag te doen.  ·       Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en eindig met: “As U die Seun van God is....” (Luk 4:3,10).  ·       Deur Jesus se reaksie en aan die kruis is dit duidelik: Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, nie deur Homself te handhaaf nie, nie deur sy mag en gesag uit te oefen nie, maar langs die weg van nederigheid, diens en lyding volgens sy Vader se wil.  ·       Die regte gesindheid om die versoekings van die duiwel te kan weerstaan en om geestelik te kan groei, is: Fokus verskuif weg van (1) fisiese behoeftes, (2) aardse dinge, en (3) weg van myself af.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat is die sleutel tot die verstaan van die duiwel se versoekings?  ·       Wat leer Jesus se reaksie op elke versoeking vir ons aangaande wie Hy is en hoe ons Hom moet volg?  ·       Waar kry Jesus sy geestelike krag asook ons vandag?   

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textTitus 2:13,14 ...terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. So baie mense is swartgallig in hul uitkyk op die lewe. Jy kon dalk ook in die verlede so negatief gevoel het, of dalk voel jy op die oomblik so. . .Toemaar, ek verstaan heeltemal, want weet jy, ek was ook al desperaat en vreeslik depressief. Die vraag is, hoe verander jy dit?Kyk, jy kan in oorvloed lewe en tog deur 'n gevoel van hopeloosheid oorval word. Daardie desperate gevoel het my tot op die rand van selfmoord gedryf.Kom ons kyk: op 'n skaal van nul tot tien, hoe hoopvol en hoe positief voel jy oor jou toekoms? Terwyl jy daaroor nadink; sê my of jy saamstem met hierdie stelling:Hoe ons ons lewens daagliks leef, gaan 'n groot impak hê op hoe ons oor ons toekoms voel. Stem jy saam?Kies jy om dag vir dag die goeie te doen, of laat jy toe dat die slegte gedrag, waarin ons so maklik kan verval, jou dag oorheers? Titus 2:13,14  ...terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.Dit het alles vir my begin verander, op daardie dag toe ek op die randjie van selfvernietiging was en Jesus na my uitgereik het. Op daardie dag wat ek in geloof vir Jesus Christus as my Verlosser aangeneem het. Maar weet jy, my uitkyk op die lewe het nie onmiddellik van nul na tien verander nie. Dit het progressief gebeur, soos Hy my, dag na dag, gelei het om goeie besluite te neem. Dit is 'n reis waarop ek steeds is. Wat van jou?My vriend, vertrou op Jesus. Hy het gesterf om jou uit die mag van sonde te bevry. Laat Hy jou reinig en lei om meer en meer soos Hy te word.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Selfs Nog Meer Genade

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 3, 2024 2:56


Send us a textJakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Dit lyk asof mense deesdae glo dat dit maar slegs 'n leefstylkeuse is wanneer 'n vrou haar man los vir 'n ander een, of 'n man sy vrou op dieselfde manier los. Hoe kan dit moontlik wees?Ek het nou die dag 'n artikel in my sosiale media raakgeloop met die titel "Hoe om 'n suksesvolle egskeiding te hê." Dit klink vir my ‘n bietjie vergesog... Kyk ek verstaan daar is uitsonderings. In sommige gevalle, waar daar mishandeling, geweld en herhaalde ontrouheid voorkom, is egskeiding uiteindelik die beste van al die slegte opsies.Maar hierdie losse siening van die band tussen 'n man en 'n vrou in die huwelik, die belangrikste van alle menseverhoudings, is 'n ongelooflike tragiese ding. Enigiemand wat ‘n slagoffer van egbreuk was, kan dit vir jou sê.En dit is dieselfde wanneer ons aan die eenkant bely dat ons in God glo, maar aan die anderkant flankeer met dinge wat Hy sê sonde is. Op dié wyse probeer jy Hom in werklikheid bedrieg.Jakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”Kyk, óf jy glo in Hom met alles wat jy is en kies om jou lewe opreg vir Hom te leef, óf nie. En wanneer daardie toutrekkery tussen jou wêreldse weë en sy weë alles te veel word, luister! Luister baie mooi.Hy gee ons (nog) meer genade. Jy is nie alleen nie! Byt vas.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 27 Oktober 2024 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Oct 27, 2024 34:33


Lees: Job 1: 1-22.  Fokus: Job 1: 9-11 (AFR53).  Satan se leuen: God word slegs gedien vir wat Hy kan gee.  Satan se leuen suggereer: God is in Homself nie waardig om gedien te word nie. Uitstaande kenmerke van Satan (v 6-12): hy is sinies, arrogant en smalend-beledigend.  Satan suggereer: Dit kom slegs voor dat mense God dien, maar eintlik gaan dit om hulleself vir die tydelike belonings wat God hulle kan gee. Dit is nie God se verhewe eienskappe wat hulle lojaliteit uitlok nie.  Kenmerke van God (v 6-12): Hy is trots op sy kinders, liefdevol en soewerein.  In Jesus Christus het die eienskappe van Wie God is (soos deur die Skrif beskryf), prakties en sigbaar gestalte gekry.  Satan se leuen suggereer: Geloof bestaan eintlik nie. Satan suggereer dat vertroue word gebou op sien alleen. Geloof bestaan eintlik nie.  As opregte gelowige het Job in tye van voorspoed as volg gereageer: “Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy” (v 1). Hy was ook duidelik die geestelike leier van sy gesin (v 5).  In ‘n tyd van die grootste teenspoed, het Job as volg gereageer: hy rig sy oë op God (v 20), hy kyk na binne (v 21a), hy kyk verder as wat die oog kan sien (v 21b).  Die realiteit van Jesus Christus maak dit vir ons moontlik om God te vertrou te midde van die storms van die lewe.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom is die beheer van ons denke so belangrik en watter strategie gebruik Satan om ons denke te beheer?  Verduidelik die leuen wat Satan in Job 1: 9-11 verkondig.  Wat is die rede waarom jy God lief het en Hom dien?  Wat beteken geloof? (vgl Heb 11: 1)  Hoe reageer gelowiges in tye van teenspoed? 

Nuus
Forbes sê hy reis vir dorp, nie homself

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 9, 2024 0:26


Walvisbaai-raadslede is ontevrede met burgemeester Trevino Forbes omdat hy 'n vergadering in Ethiopië bygewoon het sonder om hulle te raadpleeg. Forbes was by die Verbond van Burgemeesters in Afrika suid van die Sahara, wat van 4 tot 6 September by die Africa Urban Forum plaasgevind het. Raadslede het hul kommer tydens 'n raadsvergadering geopper. Hoewel 'n raadsvergadering geskeduleer was om die reis te bespreek, het dit nie plaasgevind voor Forbes se vertrek nie. Forbes het sy optrede verdedig sê dat sy bywoning van sulke byeenkomste bedoel is om die dorp tot voordeel te strek.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Psalm 68:6| ...jou eerste en laaste woorde... ooit!

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Aug 26, 2024 33:19


Ek en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons gemaak het... dis immers die eerste persone wat oor ons gebuig het en met wie ons in kontak gekom het. Maar daar was toe ook alreeds n ander Persoon teenwoordig wat oor ons 'gebuig' het en Homself oor ons ontferm het - ons Hemelse Vader! Iemand wat permanent na my gaan omsien... Vraag is: Hoe ervaar ek Hom as Vader in my lewe? Dat hy oor my buig? En na my omsien? Dat Hy die eerste naam op my lippe moet wees as ek alleen is of in nood verkeer... Herken en erken ek Hom as dié Vader van my lewe? Onthou: Hy het as Vader opgetree en ons (weeskinders) Syne gemaak toe Hy sy Seun Jesus na hierdie wereld gestuur het... Hy Jesus, Vader-verlate aan die kruis gesterf sodat ons as sy kinders nooit weer stom en alleen hoef te voel nie... Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorde sal wees...!   https://youtube.com/live/nR_mZDfNoDc 

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a Text Message.1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV) Ek wonder hoe dit vir 'n sportman of -vrou moet voel om gekies te word om hul land tydens 'n internasionale kompetisie te verteenwoordig. Die eer, die voorreg... Wonderlik!Miskien is jy gekies om so 'n eer te ontvang, of, soos ek ... miskien nie. Die meeste van ons is slegs bekend aan 'n hegte kring van familie, vriende en kollegas. Ons is maar net ‘n naamlose individu en (laat ons eerlik wees) ons word dikwels geïgnoreer deur Jan en Alleman.Miskien is dit waarom so baie mense na betekenis smag, maar dat min dit ooit vind. Dit is nogal tragies, want wanneer jy met omtrent enigiemand gesels; as jy maar net onder die oppervlak kan kom, ontdek jy 'n wonderlike individu met 'n geskiedenis en 'n agtergrond, wat jou dikwels verstom.Natuurlik het God nie nodig om met ons te praat om dit te ontdek nie. Hy weet dit reeds. En jy is in sy oë, so belangrik; so waardevol dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf, sodat jy van nou af tot in alle ewigheid by Hom kan wees.En as dit 'n boodskap is wat by jou aanklank vind; as jy dit met jou hele hart glo, kyk wat Paulus vandag ook vir jou skryf:1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV)Het jy dit geweet? Jy is deur Hom gekies om een van sy uitverkorenes te wees; afgesonder vir 'n spesiale doel; om deel van sy familie te wees; om Hom in hierdie verlore en stukkende wêreld te verteenwoordig. My vriend, God het jou deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep om sy eie kind te wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
MK-party beskou homself as amptelike opposisie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 25, 2024 0:17


Die MK-party beskou homself as die amptelike opposisie en beplan samewerking met die EFF en ATM. Die nuwe lid van die Parlement, John Hlophe, wat pas ingehuldig is, wys op die tandekryprobleme met die regering van nasionale eenheid en skryf dit toe aan verskillendes waardes van partye. Hlophe sê hy het nog geen besluit geneem oor of hulle ‘n voorstel sal steun om president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-skandaal in ‘n staat van beskuldiging te plaas nie.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV) Die sentrale boodskap van die Evangelie – die 'Goeie Nuus'– is dat Jesus, die Seun van God, 'n mens geword het en vir ons sondes gesterf het, sodat die prys wat God se geregtigheid eis, betaal sou word, en as ons in Jesus glo, dan het ons die gawe van die ewige lewe. Dis dit.Dit is voorwaar goeie nuus. Trouens, dit is die beste nuus wat die mensdom – wat ek en jy – ooit sal ontvang. En as dit 'n boodskap is wat jy nog nie ontvang het nie, wil ek jou aanmoedig om vandag jou hart daarvoor oop te maak, om in Jesus te glo, met alles wat jy is.Die vraag is, sodra jy dit gedoen het, sodra jy finaal besluit het om te glo dat Jesus die weg, die enigste weg, na die Vader is, wat kom volgende? Hou ons net aan om die lewe te leef soos gewoonlik? Glad nie.Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV)God roep ons – om dit wat Hy vir ons gedoen het deur Homself te laat kruisig – om sy voorbeeld te volg; om dieselfde ding te doen. Om ons lewens as 'n lewende offer aan Hom te gee - 'n offer wat vir God welgevallig is.Jesus het die finale prys vir jou betaal. Die regte reaksie, die enigste reaksie daarop, is om jou lewe as 'n lewende offer aan Hom te bring; ‘n daaglikse offer wat uit jou hart uit kom. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gevaar van Godsdienstigheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 22, 2024 2:59


Johannes 5 :16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB) Dit is regtig merkwaardig, hoe maklik dit is om God se barmhartigheid en genade - alles wat wonderlik is - te neem en dit in 'n klomp reëls en wette te verander. Wat kry jy as jy dit doen? Godsdiens.In sekere opsigte is dit verstaanbaar, want die Goeie Nuus van Jesus behels God se barmhartigheid en genade, maar dit vra ook 'n reaksie van ons – aanvaarding deur geloof en bekering. En hoe meer vasbeslote ons is om weg te draai van ons sonde, hoe makliker trap ons in die strik om 'n klomp reëls op te stel om ons op die pad te hou.Hoe harder ons probeer, hoe meer misluk ons. Hoe meer ons misluk, hoe meer word ons op die wettiese pad van georganiseerde godsdiens gelei. Die logiese gevolgtrekking daarvan lyk soos volg:Johannes 5:16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB)Jesus het 'n verlamde man op die Sabbat genees, maar al wat die godsdiensleiers gedoen het, was om Hom aan te val. Hulle was woedend omdat Hy nie net besig was om die Sabbatswet te oortree nie, maar dat Hy het ook gelyke status met God geëis het.Hierdie godsdienstige manne het Hom gehaat en besluit om Hom te vermoor. Is dit regtig logies? Hy het dan sopas iets goeds gedoen, Hy het ‘n man genees!Bono, die wêreldbekende popster het op ‘n slag gesê: godsdiens is al wat oorbly, wanneer die Heilige Gees die gebou verlaat het! Moet asseblief nie God se genade in reëls en wette verander nie!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Trots is Vernietigend

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 10, 2024 2:40


Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Sê my, geniet jy dit om saam met 'n trotse persoon te woon of te werk, of om deur ‘n paar van hulle omring te word? Dit is nie baie pret nie, is dit?Een van die mees vernietigende van alle denkwyses is beslis een wat gewortel is in trots, want vir die trotse persoon gaan alles oor hulleself. Hulle is die middelpunt van die heelal – hoe húlle voel, wat húlle wil hê en wat die mense van húlle dink.Dit lei daartoe dat hulle verblind word vir die behoeftes, die gevoelens, die vermoëns en die bydraes van ander. Hulle sal jou vertrap om húlle doel te bereik. Hulle sal jou ignoreer, jou verraai en saamsweer teen jou, om hulself, in hul eie oë en in die oë van ander, belangrik te laat lyk.God weerstaan altyd die hoogmoediges en betoon genade aan die nederiges. Kyk wat staan in die Bybel oor trots:Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)Voorwaar wyse raad. Ons moet ons trots oorwin as ons Jesus wil volg, want Hy het, alhoewel Hy die Seun van God was, Homself tot in die dood, ja, die dood aan die kruis, verneder.Maar dit is ook 'n heilsame les oor die keuse van mense wat ons kies om onsself mee te omring. Soos iemand eenkeer gesê het, wees versigtig wie jy op jou skip laat klim, want sommige mense sal die hele skip laat sink, net omdat hulle nie die kaptein kan wees nie.Wie is die mense met wie jy jouself omring? Moet hulle hoegenaamd op jou skip wees?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Ministerie moet homself regruk

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 9, 2024 0:36


Diensstasie-eienaars is woedend vir die energie ministerie oor die kort kennisgewing van die brandstofprys-verhogings vir April. Volgens die eienaars het sommige nie tyd gehad om brandstof in te vul nie, aangesien elke motoreienaar hul na vulstasies gehaas het om vol te maak. Die ministerie het op 'n Dinsdag veranderinge in brandstofpryse vir April aangekondig, wat om middernag in werking getree het. 'n Vulstasie-eienaar van Oshikango, Jafet Nakanue, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy kommer uitgespreek.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Straf God Ons Steeds?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 8, 2024 2:37


Straf God sy kinders? Haal Hy sy groot kosmiese liniaal uit en klits jou oor jou kneukels wanneer jy iets verkeerd gedoen het, as jy weet dit was verkeerd? Dit is 'n goeie vraag om te vra en 'n baie goeie een om te beantwoord, want in hierdie wêreld van oorsaak en gevolg verwag mense baie dikwels dat hulle gestraf moet word. Maar hier is die ding. As jy glo dat Jesus aan die Kruis gesterf het om die prys vir jou sonde te betaal, dan weet jy dat Hy vir eens en altyd jou straf op Homself geneem het. Dit sal dus nie sin maak dat God jou weer daarvoor straf nie, of hoe? Jesus sê dan self in: Openbaring 3:19,20 Ek berispe en straf almal wat Ek liefhet. Kry lewe en kom tot inkeer! Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet. Straf God ons nog? Nee. Bestraf en dissiplineer Hy ons uit sy groot liefde? Absoluut. Hoekom? Om ons te leer, om ons te herstel en om in gemeenskap met ons te verkeer. Daar is 'n groot verskil tussen dissipline en straf. Bekroonde skrywer L.R. Knost het dit so verduidelik: Dissipline is om 'n kind te help om 'n probleem op te los. Straf laat 'n kind ly omdat hy 'n probleem het. Jesus fokus op die oplossing, nie op die probleem nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Heeltemal Verslaan, Maar Tog…

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 30, 2024 2:52


Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status en belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. (DB) Paas-Saterdag. Is dit ‘n noemenswaardige dag? Dit is ‘n soort van ‘tussen-in-dag' tussen die verskriklike gebeure van Goeie Vrydag en die skouspelagtige, wonderlike gebeure van Opstandingsondag.Wat dink jy het die dissipels op daardie eerste Paas-Saterdag gedoen? Net rondgelê en die Sabbatsrus geniet? Het hulle gewag vir die Opstandingsdag sodat hulle kon feesvier? Nee wat, ek betwyfel dit sterk!Miskien het hulle Jesus se voorspellings dat Hy uit die dood sou opstaan, onthou? Maar heelwaarskynlik was hulle so getraumatiseer deur die gebeure van gister en so bevrees vir hul eie lewens, dat hulle weggekruip het.'n Paar jaar tevore het Jesus vir hulle gesê dat Hy nederig van hart is. Jare later sou die apostel Paulus aan die kerk in Filippi skryf dat Jesus Homself tot die dood aan 'n kruis verneder het.Ja, Jesus, die Seun van God, die Skepper van die heelal, het Homself laat kruisig om vir jou en vir my te red. Dit was die grootste daad van nederigheid ooit. Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status en belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. (DB)God is konsekwent. Hy is so lief daarvoor om nederigheid te beloon. En hier, op hierdie ‘tussen-in-dag' tussen Goeie Vrydag en Opstandingsondag, is dit amper asof daardie vers praat van die grootste wonderwerk wat op die punt was om te gebeur.Die grootste vernedering in die ganse menslike geskiedenis, was op die punt om die grootste oorwinning in alle ewigheid te word, want die Here kroon die nederiges met oorwinning!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is 'n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp. Ons het in die weermag 'n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur.Ag nou ja, ons weet almal dat daardie "maak gou en wag"- irritasie nogal baie in die lewe voorkom. Jy voel onder druk om iewers te kom, om iets te doen … en net daar word jy, deur omstandighede buite jou beheer, vertraag.In ons 24/7 aanlyn-digitale-wêreld verwag ons dat dinge onmiddellik moet gebeur. Hoe tree jy op wanneer jy vir ‘n halfuur lank na 'n oproepsentrum se ‘ons-is-nou-by-u' boodskap moet luister? Ja, ons weet. Ons is nie meer so geduldig om vir dinge te wag nie.En tog, om redes wat net aan Homself bekend is, is die idee om te wag vir God belangrik. Nie die soort wat ons laat murmureer, terwyl ons na daardie herhalende boodskappe luister nie, maar dié soort wat ons geduld bou, wat 'n ontvanklike hart in ons kweek.Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is 'n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.Ja, terwyl ons wag vir 'n antwoord op gebed, wag Hy ook. Hy wag om genade aan ons te betoon. Hy wil ons seën. Nou waarvoor wag Hy?Ons kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek is redelik seker Hy wag vir die regte tyd, sy tyd, die tyd wanneer ons hart uiteindelik gereed is. Hy sal die regte ding op die regte tyd doen. Hy sal elkeen seën wat op sy hulp wag.So … wag daarvoor.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wie moet Wraak Neem?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 28, 2024 3:01


Romeine 12:17-19 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.” Wat is die een ding wat jy begeer wanneer iemand jou, of iemand vir wie jy omgee, kwaad aandoen; wanneer jy so briesend kwaad is, dat jy wil ontplof? Jy begeer wraak. Soete wraak.Die begeerte na wraak klink so ‘n bietjie mal, nè? Maar daardie  begeerte kom uit ons sin vir geregtigheid. Ons is immers na die beeld van God gemaak en daarom raak ons opstandig teenoor die onreg waarmee ons gekonfronteer word.En daardie sin vir geregtigheid eis dat dit wat verkeerd is, reggestel moet word. Dit beteken dat die skuldige persoon gestraf en die boete betaal moet word. En dis presies waarom Jesus vir jou en vir my aan die Kruis gesterf het; om ons verkeerde optrede reg te stel; om die straf wat ons oor en oor verdien, op Hom te neem.God het, eerder as om Homself op ons te wreek, omdat ons teen Hom in opstand gekom het, self, deur Jesus se kruisdood, die prys vir ons sonde, wat deur sy geregtigheid vereis word, betaal. As jy daaraan dink, is dit 'n merkwaardige reaksie op ons bose optrede, wat die dood verdien. 'n Reaksie wat uit sy groot liefde vir ons kom.Dink mooi! Dis beste ding wat ons kan doen, is om die straf aan Hom oor te laat in plaas daarvan om wraak te sweer:Romeine 12:17-19 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.”Met ander woorde, die beste manier om wraak te hanteer, is om glad nie wraak te neem nie. Vergewe, en gaan aan met jou lewe en moenie soos diegene wat jou seergemaak het, word nie. God sal hulle met sy woede straf indien en wanneer Hy goeddink.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.15 (28.02.24) - (Afr.) - God se woorde is baie naby, en hulle is nie moeilik nie

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Feb 28, 2024 3:00


Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.(Deut. 30:11-14)Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.(Gal. 2:20)Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.(1 Joh. 5:3)

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.09 (07.02.24) - (Afr.) - In Hom bestaan ons

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Feb 7, 2024 3:38


En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.(Hand. 17:26-28)Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.(Gal 2:20)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Wel, die eerste week van die jaar is amper verby. Sê my, wat is jou plan vir die tweede, die derde, die vierde week? En nog belangriker, wat dink jy is God se plan vir jou lewe?Dis nou 'n interessante vraag. Ons kan so besig raak met ons eie hoop en drome, dat dit nie eers in ons gedagtes opkom dat God ook hoop en drome vir ons lewens koester nie. Watter ouer het nie?Dink jy nie dat God baie hoop, drome en planne vir jou lewe het nie? Dink net wat Hy alles vir jou gedoen het: Hy het jou nie net geroep nie, Hy het jou vergewe deur die dood van Jesus aan die Kruis en deur sy opstanding uit die graf boonop vir jou 'n nuwe en ewige lewe geskenk. Die apostel Paulus skryf aan sy vriende in Filippi:Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.Ek wonder of ons nie in daardie een vers God se plan vir jou lewe ontdek het nie? Hy het inderdaad deur jou geloof in Jesus, 'n goeie werk in jou begin: Hy het jou na Homself geroep, Hy't jou skoon gewas van jou sonde en jou met sy Heilige Gees, sy Teenwoordigheid wat in jou woon, gevul.En wat is sy plan? Om daardie wonderlike werk te voltooi. Om voort te gaan om jou te verfyn, jou te laat groei, en jou nog nader te trek deur die op- en afdraandes wat Hy vir jou lewe beplan het. Ja, om sy goeie en magtige werk in jou te voltooi, totdat jy tot in alle ewigheid in sy teenwoordigheid kan jubel.So, moenie deur allerhande dinge afgelei word nie. Hou jou oog op sy einddoel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

1 Korintiërs 2:1-5 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie 'n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God. Die boodskap dat Jesus aan 'n kruis gesterf het sodat die sondes van die wêreld – van almal wat in Hom glo; joune, myne en enigiemand anders s'n – vergewe sou word, voel so skokkend in die konteks van die moderne 21ste eeu waarin ons lewe.Aan die eenkant lyk dit asof elke moderne mens 'n selfoon in hul sak het. Aan die anderkant, is daar ‘n ou verhaal van 'n man wat beweer dat hy God is; Homself aan 'n kruis laat vasspyker het en na bewering weer opgestaan het. Soos ek gesê het, dit klink mos verskriklik!Maar weet jy, die boodskap van Jesus het mense nog altyd aanstoot gegee! Jesus het mense aanstoot gegee. Dis waarom hulle Hom gekruisig het. En dit is hoekom die apostel Paulus die volgende geskryf het in:1 Korintiërs 2:1-5 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie 'n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.Die Korintiërs, was beslis nie positief oor dit wat Paulus verkondig het nie. Maar soos Charles Spurgeon dit eenkeer gestel het: Laat die honde blaf, dis in hul aard. Gaan voort om Christus as die gekruisigde te verkondig.Soms voel ons senuweeagtig om mense van Jesus te vertel. Paulus was swak en het gebewe van vrees. Ander kere voel ons dat ons nie die woorde of die wysheid het nie. Maar wanneer ons die wonderlike waarheid van die kruis deel, het ons bomenslike krag. Die krag van die Heilige Gees.My vriend, hou aan om mense van Jesus te vertel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Waarheid Geopenbaar

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 27, 2023 2:58


Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader'? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self. In hierdie post-Christelike era waarin ons leef, het die begrip “waarheid” baie verskillende betekenisse aangeneem. Mense baklei vir hul eie weergawe, hul eie waarheidsnarratief, want elke haan wil op sy eie mishoop koning kraai.Maar weet jy, dis in hierdie rumoer van mededingende "waarhede" wat God steeds vandag die ewige waarheid dat Hy sy Seun gestuur het om ons te red, wil openbaar. Hy smag daarna dat ons sy liefde, sy genade en sy guns deur Jesus sal beleef. Dit is die waarheid. Hoe openbaar Hy dit?Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader'? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.God het sy Waarheid in die vlees vir ons kom bekendmaak. Hy het Homself op ‘n praktiese wyse in ons komplekse, deurmekaar lewens aan ons geopenbaar. Waarheid kan nie geleer word nie, dit moet beleef word. Ons moet dit beleef, net soos die dissipels dit op daardie stofpaaie van die eerste-eeuse Israel saam met Jesus ervaar het.My vriend, Jesus is die Waarheid. En wanneer jy Hom leer ken, in Hom glo, en Hom ervaar … Sal Hy jou lewe verander. Wie My sien, sien die Vader. Dis die waarheid.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Filippense 2:7-9 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, Dit is lekker wanneer ander mense jou waardeer – vir die mens wat jy is, vir wat jy gedoen het en dalk selfs vir die potensiaal wat hulle in jou sien. Dit is lekker. Maar die tragedie is dat ons in 'n wêreld, wat op sy kop staan, leef.Om meer soos Jesus te word, is nie iets wat oornag gebeur nie, ten minste nie vir my nie. Wat van jou?Goed, nou dat ons mekaar verstaan, kom ons vra mekaar wat doen ons met daardie natuurlike begeerte om populêr te wees, om gerespekteer te word, of om toekennings vir ons voortreflikheid te ontvang?Dit is immers een ding om deur ander gewaardeer te word. Dit is heeltemal ‘n ander ding om na erkenning en belonings te smag. Wat het Jesus gedoen?Filippense 2:7-9 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam isWat dit vir my sê, is dat die grootste daad van nederigheid in die hele geskiedenis vir Jesus die grootste eer en beloning besorg het. En daardie beginsel geld vandag ook vir mense soos ek en jy.Soos jy op jou reis saam met Jesus voortbeur – al is dit party dae een tree vorentoe, twee treë terug – ontdek jy dat hoe nederiger jy is, hoe meer erkenning ontvang jy. En weet jy dat wanneer jy vrykom van die begeerte tot wêreldse erkenning, hoe meer word jy vry van die druk om mense te beïndruk; jy hoef nie meer erkenning te kry nie; jy hoef nie meer te wen nie.Maar hoe meer jy jouself verneder, hoe meer seën God jou op maniere wat jy nooit sou kon dink nie. Verneder jouself.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Waarmee is jy Besig?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 13, 2023 3:02


1 Korintiërs1:30,31 Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. Soos die Skrif dit stel: “Die persoon wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.” (NLV) Vra jouself met groot erns en eerlikheid af: waar staan jy in terme van jou geloof in Jesus? Is jy heeltemal koud, dalk lou, of aan die brand? Waar jy ook al tans in jou verhouding met Jesus staan, sal jy my vandag die geleentheid gee om iets met jou te deel? Laat ek jou van myself vertel! Ek was voorheen heeltemal koud. My maat, ek het daardie Christene gehaat! Hulle was so eiegeregtig, asof hulle al die antwoorde het. Ek het geld gehad, ek het ‘n goeie reputasie gehad en ek het sukses gehad. Ek het nie 'n kruk nodig gehad om op te leun nie.Tot op ‘n dag toe my wêreld in duie gestort het. Tot ek op 'n balkon op die 8ste vloer gestaan het en gereed was om af te spring. Totdat Jesus my op daardie gevaarlike, donker, eensame plek ontmoet het. En die ding wat ek vandag met jou wil deel, is die grootheid van God se liefde vir jou.Want soos Hy my gered het, wil Hy jou ook so graag van jou swakhede, jou mislukkings, jou ... sonde red; dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om aan 'n Kruis te sterf om die prys vir jou sonde, te betaal. En wanneer jy Hom vertrou om dit te doen, dan word hierdie woorde vir jou ‘n werklikheid…1 Korintiërs 1:30,31 Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. Soos die Skrif dit stel: “Die persoon wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.” (NLV)Wat is die kruks van die saak? Jesus verander alles. Hy neem 'n trotse man soos ek, wat dertig jaar gelede op die rand van selfvernietiging gestaan het; ‘n man wat Hy geroep het, om vandag hierdie beroep op jou te doen:Plaas jou vertroue in Jesus … want Hy verander alles!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Onpeilbaarheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 11, 2023 2:52


1 Korintiërs 1: 22-25 Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense. Dit sal my baie goed pas as God meer aan my verwagtinge sal voldoen; as Hy dinge sal doen op die manier wat ek van Hom verwag. Voel jy ook so? Nee, my vriend, Hy doen dit beslis nie soos ons verwag nie. Maar weet jy, dis ook maar goed so! Nouja … hoekom tree God nie ten aanskoue van almal op nie? Hoekom wil Hy nie net Homself aan almal openbaar, die mense se probleme uitsorteer, vrede herstel en klaarkry daarmee nie? Dit is tog nie onredelik nie. Dis wat ek en jy waarskynlik sou doen, nè? As ons al God se krag en al sy liefde gehad het, sou ons ingespring het en vir eens en vir altyd al die gemors van die wêreld opgeruim het. Jy kan dus verstaan, waarom diegene wat nie in Jesus glo en nie die feit aanvaar dat God Hom gestuur het om aan die Kruis te sterf nie, so skepties teenoor God is. Hulle wag vir 'n teken; ‘n bewys dat dit waar is. 1 Korintiërs 1:22-25 Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense. Al lyk dit vir sommige mense na dwaasheid, het God Homself aan almal op die planeet geopenbaar. Hy het 'n weg voorsien om dinge reg te maak. Hy het sy krag vir ons beskikbaar gestel om in vrede te leef … maar Hy doen dit op so 'n liefdevolle manier dat ons elkeen self kan kies. Jy kan kies om in Jesus te glo, of nie. Hy is die weg; die enigste weg. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe om God se Vyand te Wees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 5, 2023 2:55


Jakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”Ek weet nie wat jy oor die bestaan van 'n almagtige, liefdevolle God glo nie, maar veroorloof my die geleentheid om hierdie volgende vraag te vra: As Hy wel bestaan, sou jy regtig sy vyand wou wees? Sou enigiemand?Om God se vyand te wees. . .Dis 'n skrikwekkende gedagte. En tog het so baie mense sy vyande geword. Selfs diegene wat hul geloof in Jesus, wat gesterf het om vir hul sondes te betaal en weer opgestaan het om aan hulle 'n nuwe, ewige lewe te gee, bely. Hoe kan dit moontlik wees? Wel, kyk wat is die oorsaak in:Jakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”Hoe meer ons die dinge van hierdie wêreld liefhet – die gemak, die geld, die status, die erkenning, die vervalle sedes, die opsetlike leuens – hoe nader kom ons daaraan om God se vyande te word. Ja, ons weet almal hoe ongelooflik maklik dit deesdae is om in daardie strikke te beland, nè?Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”Stel jou dus voor ... hoe sou jou lewe lyk indien jy jouself verneder, jou wêreldse trots laat vaar en getrou aan God bly?Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou 'n vyand van God maak nie? (NLV)Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Ek het al oor die jare 'n paar baie slim, suksesvolle mense teëgekom. Wat van jou? Mense wat soveel meer kan bereik as wat ek of jy ooit sou kon bereik. Maar daar is een ding wat baie van hulle in die voet skiet.Die probleem is dat jy terselfdertyd slim en wreed kan wees. Jy kan ook terselfdertyd ongelooflik suksesvol en ongelooflik onaangenaam wees. Jy kan selfs terselfdertyd groot oorwinnings behaal en groot verliese ly. Dit is 'n vreemde kombinasie, maar ons sien dit tog die hele tyd in soveel mense voorkom.Dit is regtig tragies, want wanneer trots sy kloue in ‘n persoon inslaan, loop dit op ontworteling uit. Ek het eenkeer iemand hoor sê dat trots elke deug van sy waarde voor God beroof, en ek sal byvoeg, ook voor mense.Jy kan die slimste persoon op die planeet wees, maar ook die eensaamste persoon omdat ander mense (om nie van God self te praat nie) jou trots afstootlik vind. Daarom is dit so belangrik om die trots in jou hart uit te roei, voordat dit jou vernietig, want dit sál jou vernietig. Hoogmoed kom altyd voor die val. En wat is die beste manier om trots te vernietig? Kom ons kyk in:Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.49 (28.06.23) - (Afr.) - As ons met Christus gesterf het, sal ons met Christus lewe

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jun 28, 2023 3:25


Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid. Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe. As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën. As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie. (2 Tim. 2:10-13)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Efesiërs 5: 18 b,19,20 Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV) Het jy al op ‘n dag terneergedruk gevoel, en toe kom daar iemand na jou toe met 'n eenvoudige woordjie van bemoediging en net daar het jou dag dalk selfs jou lewe, verander? Kom ons stop net daar en verbeel ons, dat ek en jy vandag, of dalk môre, daardie inspirerende persoon in iemand anders se lewe is, wat ‘n daadwerklike verskil maak. Weet jy, dat die Heilige Gees daarna smag om ons, as ons in Jesus glo en as ons onsself Christene noem, begeer om ons met 'n vloedgolf van sy blydskap te vul.  En dit is 'n tsunami wat lewe kan bring vir menige dorre, seer harte om jou. Maar ongelukkig voel ons nie altyd asof ons genoeg van ons eie vreugde het om te deel nie, wat nog te sê om van oor te borrel! Kyk wat staan hier in … Efesiërs 5: 18 b,19,20 Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV) Musiek is so 'n wonderlike geskenk van God. Die gesange en liedjies wat oor die radio, of deur die een van die baie digitale kanale uitgesaai word, is so kragtig. En God gee nie om hoe vals jou sang vir die menslike oor mag klink nie, Hy verlustig Homself daarin wanneer jy sy lof besing. Hy waardeer dit wanneer jy in jou hart musiek maak. Hy is dol daaroor wanneer jy Hom vir alles in Christus se Naam dank! En as jy Hom met oorgawe loof, sal daardie vloedgolf van vreugde, wat uit jou uitborrel, vir diegene om jou, wat dit so broodnodig het, as kragtige aanmoediging dien! Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Plek Waar Jy Guns Geniet

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 17, 2023 2:55


Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. Onthou jy, hoe moeilik daardie jare gevoel het, toe jy 'n tiener was? Daar was jy - nog vis nog vlees. Dit was dikwels so verwarrend en niemand het jou verstaan nie. . . Daar is niks erger as om misverstaan te word nie! Jy voel asof niemand anders al ooit deur die moeilike tyd is, waardeur jy nou gaan nie. Hulle het tog nie die dinge met hul eie oë gesien of die dinge gevoel wat jy nou voel nie … En ten spyte van die feit dat jy deur 'n groep mense met goeie bedoelings omring word, voel jy eensaam en desperaat. En dis presies hoe dit vir ander mense voel, wanneer ek en jy hulle nie verstaan nie. Ja, voordat ons probeer om onsself in hulle posisie te plaas en om werklik te probeer begryp wat in hul koppe en in hul harte aangaan, veroordeel ons hulle so maklik. Gister het ons gesels oor die feit dat alhoewel God reeds alle dinge weet en verstaan, Hy gekies het om 'n mens, Jesus, te word. Hy het gekies om in elke opsig net soos ons, versoek te word en om Homself in ons posisie te plaas. Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. Daarom (omdat Hy ook ‘n mens was) kan ons sy troon nader. En syne is nie ‘n troon van oordeel nie, maar van genade. Ja, in ons uur van nood hoef ons nie bedees en bang na Hom te gaan om genade en guns en hulp te bedel nie, ons kan dapper en met vrymoedigheid gaan. Halleluja! Maar dink net – wag, dink net – hoe wonderlik sal dit wees as die mense in ons lewens dieselfde genade by ons sou kon ontvang? Ja, as hulle seker was van die feit, dat wanneer hulle na ons toe kom, hulle 'n veilige ruimte binnegaan - dat ons hulle nie sal veroordeel nie, maar met barmhartigheid en genade sal help? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

2 Korintiërs 5: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Daar is tye in ons lewens wanneer ons iets vir iemand anders moet doen, iets wat baie van ons sal vra; iets wat baie opoffering sal behels. En sonder uitsondering maak dit seer.Jy het dit seker soos ek, ook al ervaar. En voor die einde van ons lewens het ons ongetwyfeld ook nog 'n paar van dié offers om te bring. Ja, maar kan jy jou vir 'n oomblik indink wat dit gevra het om die laste van die hele wêreld op jou skouers te neem?Ons weet hoe moeilik dit kan wees om die laste van net een persoon te dra; en twee of drie op dieselfde tyd kan ondraaglik wees. Nou praat ons van die hele wêreld. Regtig? Maar dit is presies wat Jesus vir jou en my gedoen het toe Hy aan die Kruis gesterf het.2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.Jesus het aan die Kruis al die sondes van al die mense wat op daardie tydstip op die aarde geleef het; dié wat reeds gesterf het en ook dié wat nog sou lewe, op Homself geneem. Dit was nie genoeg dat Hy fisies op so 'n ontstellende manier moes ly nie. Nee. Hy het die sondes van die wêreld fisies gedra, ‘n daad wat ons op geestelike en emosionele vlak onbegryplik vind.En hoekom … hoekom het Hy dit gedoen? Sodat ek en jy in Christus deur God vrygespreek kan wees.Sodat ons ons lewens na die voet van die Kruis kan neem, en vergewe kan word. Sodat ek en jy deur geloof in Jesus vrygemaak kan word om die mense te word wat Hy ons geskape het om te wees. Dit is die goeie nuus van Jesus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. Wat sê jy: het jy God gekies, of het Hy jou gekies? Wat het eerste gekom, die hoender of die eier? Dit is 'n verwarrende vraag, maar nie 'n onberekenbare een nie. Kom ons sit koppe bymekaar. . . Hierdie vraag oor wie vir wie gekies het, is 'n hewige debat, en nie slegs onder Christene nie! Vanuit 'n ateïs se perspektief is die idee dat God die mense wat in Jesus glo, uitkies, en dat hulle in die hemel, eerder as in die hel beland, 'n ondenkbare idee.En omgekeerd, lyk die idee dat ons God kan kies, sonder dat Hy ons kies, na ‘n ondermyning van sy absolute soewereiniteit. Nouja, kom ons kyk wat Jesus hieroor sê:Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.Dit is duidelik dat dit God is wat (a) vir Jesus gestuur het om ons te red en (b) dat Hy ons na Christus toe trek sodat dié wat in Jesus geglo het, op die laaste dag opgewek sal word. Dit is hulle beloning in Christus. En wat van die ander mense?Wel, daar was 'n tyd in my lewe toe God die Vader my geroep het, maar ek het Hom verwerp. En baie mense doen presies dieselfde ding. Ek kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek het 'n voorgevoel dat God op een of ander stadium feitlik almal deur Jesus na Homself roep. Sommige van ons aanvaar die uitnodiging, ander verwerp dit. God het altyd geweet hoe ons sal reageer, maar dit keer Hom nie om die uitnodiging te rig nie. Wel, as jy nog nooit uitgenooi is nie - vandag is jy! Sal jy Jesus volg? Kies jou lot.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Uit ‘n Put, nie van ‘n Troontjie Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 17, 2023 3:14


 Lukas 15:8-10 Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.' Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”Daardie gevoel van algehele ontoereikendheid voor God is een wat baie, baie mense, ek inkluis, al ervaar het. Wat van jou? Jy weet jy is nie waardig nie. Jy weet jy sal nooit goed genoeg wees nie.Jesus het dit geweet, daarom het Hy verskeie gelykenisse gebruik om ons gerus te stel en vir ons vrede in ons harte te gee. Hier is een van hulle:Lukas 15: 8-10 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.' Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”Jesus sal altyd – altyd – agter die één aan gaan. Die één verlore skaap. Die één verlore muntstuk. Die één verlore kind. Die verlore jy. Die verlore ek. Dié een! En nie noodwendig die "beste" een nie. Ek het onlangs op die woorde afgekom wat hierdie kragtige waarheid by my tuisgebring het:God het Gideon in 'n parskuip, waar hy weggekruip het, gevind. Hy het Josef in 'n tronk gekry. Hy het Daniël in 'n leeukuil gevind. Hy het 'n eienaardige gewoonte om te midde van moeilike omstandighede op te daag, nie in die afwesigheid daarvan nie. Waar die wêreld ‘n mislukking sien, sien God ‘n toekoms. Volgende keer as jy onbevoeg voel om deur God gebruik te word, onthou dit - Hy is geneig om mense vanuit ‘n put te werf, nie van ‘n troontjie af nie.Wanneer God jou kry en jou nader aan Homself trek, maak dit nie saak waar jy is, hoe erg jou mislukking is en hoe onbelangrik jy mag voel nie – wees verseker – daar is altyd vreugde in sy hart oor die één verlore een.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: The Chosen en afbeeldings van God

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 11, 2023 25:20


oet christene die TV reeks, The Chosen, waarin Jesus afgebeeld word, kyk?  Mag ons enige afbeeldings van God of Jesus maak, aanbid of navolg? Waaroor gaan die tweede gebod, en wat leer die gereformeerde belydenisskrifte ons oor afgodery en afbeeldings van God? Het God mense of mensgemaakte afbeeldings nodig om Homself te openbaar? Die Seun is die beeld van God volgens Kolossense 1:15, en God wil Sy kinders deur die lewendige verkondiging van Sy woord onderrig.

Boodskappe van hoop
Hy het opgestaan!

Boodskappe van hoop

Play Episode Listen Later Apr 9, 2023 15:21


Waarom het God ons lief..., so lief, dat Hy bereid was om nie alleen te sterf nie, maar ook om al ons foute, haat, gierigheid, selfverheerliking, selfsug, ja al ons sondes op Homself te neem en so al ons sondes in ons plek te betaal?   Hoekom het God ons so lief, dat Hy bereid was om dit te doen? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God se Woord VARS vir jou Vandag

Joël 2:25-27 Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het. Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie 'n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.Wanneer ons deur moeilike tye gaan en wanneer ons die gevolge van ons eie sonde dra, is dit maklik om te dink dat God daar bo in die gemak van die hemel sit, en Homself verlekker as Hy sien hoe ons swaarkry. Maar dit is beslis nie die waarheid nie.Daardie Germaanse idee van schadenfreude – die vreugde wat jy daaruit put om te kyk hoe iemand besig is om deur sy eie toedoen swaar te kry – is iets wat ons almal al ervaar het. Dis tog hulle verdiende loon! Of hoe? Nee, God werk nie so nie.Maar wag, ons moenie ‘n fout maak nie - ons het immers gister gesien dat Hy ons die gevolge van ons sonde laat dra; maar, en dis die groot máár - sy begeerte is altyd - altyd! – om ons te verlos. Hy wil ons terug in sy arms hê. Hy wil ons, soos enige goeie vader, met sy liefde seën.Dít is die belangrike beginsel wat Hy deur die profeet Joël vir sy mense wil leer:Joël 2:25-27 Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het. Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie 'n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.My vriend, luister na my. As jy deur jou sonde van God weggedwaal het; en as jy jouself deur jou sonde in ‘n verskriklike wildernis bevind, dan praat God vandag van sy verlossende liefde met jou. Vandag roep God jou na Homself terug.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Besef Jy is Kosbaar

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 10, 2023 3:03


Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”Het jy al ooit soos weggooigoed gevoel? Het jy al gevoel asof die wêreld jou gekou en uitgespoeg het?! Al die ander mense is gelukkig en goed aangepas; hulle gaan aan met hulle lewens, maar jy … jy is daar buite op die vullishoop.Dit hoef nie 'n volskaalse, katastrofiese ramp te wees om ons so te laat voel nie. Daardie gevoel van waardeloosheid kan aan ons vreet, bloot omdat al die mense daar buite soveel meer effektief en meer suksesvol as ons lyk.As ons na hulle kyk, lyk dit asof hulle lewens impak het en dan wonder ons of enigiets wat ons doen, hoegenaamd enige positiewe uitwerking op mense se lewens het. Ja, my vriend, daar is baie mense wat met sulke negatiewe gevoelens rondloop.Of dalk is jy, so effens verby die fleur van jou lewe, as ek dit so mooi kan stel. Al daardie jongmense wat soveel slimmer, soveel vinniger lyk, hulle laat jou voel asof jy tegnologies agtergebly het, en dat hulle soveel beter as jy kan presteer.Maar wag nou – as jy toelaat dat hierdie nare negatiewe gedagtes soos ‘n kanker aan jou vreet, kyk wat Jesus oor hierdie einste onderwerp sê in:Lukas 12:6,7“Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”Dis so 'n eenvoudige prentjie, maar dis tog so kragtig. Dit is Jesus se boodskap vir jou. En weet jy, dit was nie net woorde om jou beter te laat voel nie, Hy was bereid om vir jou te sterf.Hy het gegaan en Homself vir jou aan daardie Kruis laat spyker, sodat jy die ewigheid saam met Hom kan deurbring. Moet dus nie bang wees nie. Jy is vir Hom baie meer werd, as wat jy ooit gedink het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.Kan ek vandag pynlik eerlik met jou wees? Ek dink nie dat diegene van ons, wat onsself Christene noem, enigsins genoeg tyd spandeer om opgewonde te raak oor die Goeie Nuus van Jesus en Hom genoeg daarvoor eer nie.Ek onthou 'n dosent van my – Ian Pennicook – van jare gelede, toe ek nog in die Bybel Kollege was, wat elke keer wanneer hy van die Kruis van Christus gepraat het, in sy trane verstik het. Die erns van dit wat Jesus vir hom gedoen het, het hom totaal oorweldig.Ek onthou hoe hy eendag, deur sy trane, gesê het: “Ek is jammer. Ek kan nie sommer net oor die kruis praat nie. Ons moet roem in die kruis.” Die erns van daardie stelling het sedertdien by my gebly. Deur al die voor- en teëspoed, deur die sleurwerk van die alledaagse, het die loutere heerlikheid van die Kruis van Christus my hart gevul.Maar nie net dit nie. Vir almal wat in Jesus glo, hulle sonde bely en weggedraai het van dít wat hulle weet verkeerd is, gaan daardie heerlikheid tot in alle ewigheid na hul lewens oorspoel.Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.Alles wat Christus aan die Kruis verwerf het, sal vir alle ewigheid deur Sy krag, ons s'n word.Ek weet nie wat jou omstandighede is nie – dalk is vandag een van daardie alledaagse dae vir jou, of dalk is jy gedaan, of dalk verkeer jy in ‘n desperate wanhoop – maar watter soort dag jy ook al beleef, onthou die Kruis. Beroem jou daarop. En weet jy, dat daardie heerlikheid vir ewig en altyd joune sal wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Boodskappe van hoop
Kersfees 2022 God gee Homself

Boodskappe van hoop

Play Episode Listen Later Dec 25, 2022 10:15


Modern oorvertaal, wil Johannes van Jesus se geboorte die volgende sê: · As ons grootste behoefte inligting was, sou God vir ons ‘n opvoedkundige gestuur het. · As ons grootste behoefte tegnologie was, sou God vir ons ‘n wetenskaplike gestuur het. · As ons grootste behoefte geld was, sou God vir ons ‘n ekonoom gestuur het. · Maar aangesien ons grootste behoefte verlossing en vergifnis is, het God vir ons ‘n Verlosser gestuur. --- Send in a voice message: https://anchor.fm/petrus-botha/message

Boodskappe van hoop
God se gesin

Boodskappe van hoop

Play Episode Listen Later Nov 13, 2022 15:30


Efesiërs 2:19: 19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar mede-burgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. God is ons VADER – en as Vader versorg Hy ons, hou Hy sy verbond, sy beloftes met ons in stand. As Vader word ons sy erfgename, sy naam draers, sy kinders. Jesus is die Seun van God: Kolossense 1:20: Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. En as Jesus die Seun van God is en ons is kinders van God, lede van die huisgesin van God – is Jesus ook ons broer. Die Heilige Gees word deur die Bybel beskryf in terme van 'n Moeder: Die Heilige Gees rus ons toe, gee gawes, is ons Trooster, gee nuwe lewe, versterk ons, lei ons. Romeine 8:26: 26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En soos Galasiërs 5:22 dit opsom: 22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Soos 'n mamma. En dit is die mamma wat geboorte skenk – Johannes 3:5-6: 5Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees --- Send in a voice message: https://anchor.fm/petrus-botha/message

God se Woord VARS vir jou Vandag
Daar is Net Een Weg

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 27, 2022 2:58


1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.Hoekom kritiseer die samelewing Christenskap deesdae so dikwels? Wat maak die Goeie Nuus van Jesus vir so baie mense aanstootlik? Dit voel asof die vervolging van Christene besig is om toe te neem. Hoekom is dit so?'n Ruk gelede het ek 'n klein bybelstudiegroepie van uiteenlopende mense uit verskillende tradisies en perspektiewe bygewoon. Ek was dus nie verbaas oor die verskillende opinies nie.Daar was een man daar wat vas geglo het dat die Bybel net een van baie rigtingwysers na God is. Hy het Boeddhisme en die Koran bestudeer. Hy het allerhande verskillende maniere ywerig ondersoek. Hy het honderde dollars op CD's van ghoeroes en ander materiaal spandeer.Toe ons die Evangelie van Johannes bestudeer, was hierdie man se opinie dat dit slegs figuurlik gestel is, as 'n soort metafoor. En dat dit belaglik is om te glo dat Jesus werklik water in wyn kon verander! En daardie stukkie waar Jesus sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kan na die Vader kom behalwe deur My nie” … is volgens hom beslis verkeerd vertaal en oorgedra. Daar is volgens hierdie man ook baie maniere om na God te kom. Maar weet jy, dit is nie wat God sê nie.1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.Net omdat ons 'n waarheid ontken, maak dit dit nie minder waar nie. Dis die offer van Jesus aan die Kruis wat betaal het vir jou sonde en myne, Sy dood en opstanding het die deur wawyd oopgegooi na 'n ewige verhouding met God. Daar is slegs een manier. Jesus. Dís die waarheid.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
SAKP: Reuse-taak lê vir ANC voor om homself te red

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 29, 2022 0:20


Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê daar lê 'n reuse-taak voor vir die ANC om homself te red van die krisis wat hy tans mee te kampe het. Die SAKP se sekretaris-generaal, Solly Mapaila, het op die 6de ANC Nasionale Beleidskonferensie in Gauteng gesê, die ANC moet die nasionale demokratiese revolusie red en fokus op die kwessies wat die land en die regerende party raak.