HRCO Potgooi Preke

Follow HRCO Potgooi Preke
Share on
Copy link to clipboard

“Commanded to Love Commissioned to Go” “Beveel om lief te hê, afgevaardig om uit te reik” Harvester vervul die Groot Opdrag van Jesus om te GAAN, en dissipels te maak van al die nasies (Mat 28:19) en gehoorsaam Sy bevel om ons medemens LIEF te hê. (Joh 13: 34-35; Joh 15: 12-14; James 2:8)

Harvester Reformerende Kerk Olifantsriviervallei


    • May 18, 2025 LATEST EPISODE
    • every other week NEW EPISODES
    • 44m AVG DURATION
    • 316 EPISODES


    Search for episodes from HRCO Potgooi Preke with a specific topic:

    Latest episodes from HRCO Potgooi Preke

    Immigreer of nie? Dit is 'n kwessie v.d. HART.

    Play Episode Listen Later May 18, 2025 48:20


    Onlangs, tydens Dr. Braam Hanekom se besoek, het hy vermaan dat immigrasie nie maklik is nie en teen 'n groot prys kom. Baie mense kan ook nie immigreer nie… maar 'n groter tragedie is om in RSA te bly, terwyl jy in jou hart alreeds geëmigreer het!Die teendeel is ook hartseer: hoe baie Suid-Afrikaners is tans in vreemde lande, maar hulle hart is eintlik hier! “Want ons weet dat as ons aardse huis, hierdie tentwoning, afgebreek word, ons ‘n gebou van God het, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele. Want in hierdie woning sug ons ook, terwyl ons verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word—… Want ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie…”As gelowiges is ons ALMAL pelgrims… mense van die WEG… nie mense wat iewers VERTOEF nie. Ons Burgerskap is in die HEMELE! Dit beteken egter nie dat ons hande sit en vou, en wag vir die wegraping nie!! Ons is aangewese AMBASSADEURS om waar God ons ookal plaas SY KONINKRYK en EDEN-wêreld te leef en te demonstreer! Preeknotas:#immigrasie #immigreer #xpats #foreigners #immigrants #calling #roeping

    Meer as LIEFDE... ingestel om te harmoniseer

    Play Episode Listen Later Apr 27, 2025 41:16


    In 'n wêreld waar mense elke dag nader aan mekaar behoort te leef, voel dit soms asof ons verder en verder uitmekaar dryf…

    Herdenk die Nagmaal as jou Bevrydingsmaaltyd

    Play Episode Listen Later Apr 20, 2025 56:39


    Die volk Israel, vasgevang as slawe in Egipte. Hulle werk hulleself dood, kry geen respek, geen regte, niks. Toe stuur God vir Moses om hulle uit slawerny te lei. Net voor hulle vry kom, gee God vir hulle 'n spesiale ete: die Pasga. Hulle moes 'n perfekte lam slag, die bloed aan hulle deurposte smeer, en die ete eet soos mense wat reg is om op 'n oomblik se kennis te vlug. Daardie nag beskerm God elke huis met bloed aan die deur, en Egipte sê uiteindelik: “Gaan!”Daardie maaltyd was nie net kos nie – dit was bevryding op 'n bord.Net voor Sy kruisiging hou Hy ook 'n Pasga-maal met Sy vriende. Maar Hy gee dit 'n nuwe betekenis:

    Die opstanding van Jesus Christus

    Play Episode Listen Later Apr 20, 2025 45:14


    Die opstanding van Jesus Christus was die historiese vonk wat die Jesus-beweging ontbrand het — die begin van die Kerk — en dit bring al byna 2000 jaar lank lewe, geloof en transformasie aan volgelinge regoor die wêreld. Meer nog… die opstandingskrag van die Here gee ons nie net hoop vir die lewe ná die dood nie — dit is ook die morele, heilige, goddelike transformerende krag van God wat nou reeds in ons werk. Dit is die genade van God wat in ons in werking kom wanneer ons aan die einde van onsself gekom het. Die einde van al ons eie geregtigheid, selfverbeteringspogings en vleeslike mensgerigte godsdiens. In daardie plek van total oorgawe, waar ons niks meer het om te bewys nie, begin sy opstandingslewe kragtig in en deur ons werk!

    WEERSTAAN DIE STORMS van die Lewe in Christus

    Play Episode Listen Later Apr 6, 2025 35:31


    Sedert die COVID-pandemie verander die wêreld teen 'n ongekende tempo. Natuurrampe soos aardbewings, brande en orkane neem toe, terwyl politieke en ekonomiese krisisse wêreldwyd verskerp. President Donald Trump het op 2 April 2025 “Liberation Day” aangekondig met nuwe handelstariewe tot Amerika se voordeel. In Suid-Afrika is daar toenemende spanning oor die moontlike ineenstorting van die Regering van Nasionale Eenheid, uitgestelde begrotingsgoedkeuring en diplomatieke druk van die VSA. Intussen sukkel burgers met beurtkrag, hoë lewenskoste en onsekerheid. Tog gaan die lewe aan—met werk, gesinne en gesondheid as daaglikse prioriteite. Gelowiges bly standvastig, gewoond aan teenspoed en hoopvol te midde van chaos.

    In verbondenheid met Christus

    Play Episode Listen Later Mar 30, 2025 50:59


    “Om in verbondenheid met Christus te leef, is die hoogste roeping en die diepste vervulling van die menslike bestaan. Hierdie eenwording ontstaan nie deur menslike strewe nie, maar deur 'n selflose oorgawe waarin Christus, deur die krag van Sy opstanding, Sy geregtigheid en Sy lewe in ons openbaar.” “Die uitdrukking ‘in Christus', ‘deur Christus' of ‘met Christus' verskyn meer as 160 keer in die Nuwe Testament — dit is nie bloot 'n teologiese frase nie, maar die absolute kern van die evangelie, die goeie nuus self! Mag die Heilige Gees hierdie heilige geheimenis diep in ons harte, denke, bewussyn en lewensstyl inkerf en anker, sodat ons vas en standvastig kan leef — selfs te midde van 'n wêreld wat al hoe meer onstuimig en donker word.” Notas

    Die toekoms van n gelowige

    Play Episode Listen Later Mar 23, 2025 33:47


    Wat hou die toekoms vir ons in?  Dis 'n vraag wat in hierdie tyd al hoe meer in ons harte opkom. Daar is vandag geen tekort aan doemprofete nie—mense wat voortdurend die einde van die wêreld aankondig. Soms, as ons luister na die chaos van die nuus, die verwarring van politieke ontleders, en die morele verval in die samelewing, vul ons harte met angs en onsekerheid. En dan wil die wêreld ons nog vertel hulle weet wat kom? Die sogenaamde “toekomsvoorspellers” kan nie eers 'n plaaslike verkiesing reg voorspel nie, maar wil namens ons hoop of wanhoop verkoop. In Rom 13:8-14 gee Paulus vir ons 'n padkaart na 'n vaste en seker hoop en toekomsverwagting. Luister gerus hierdie boodskap om jou siel te versterk in Christus Jesus ons Here!

    Praktiese maniere om God se stem te onderskei

    Play Episode Listen Later Mar 9, 2025 40:35


    'n era van internet soek enjins en AI maak ons nog tyd om God te raadpleeg? Vra ons na Sy Raad? Soek ons Sy wil? Hoor ons Sy stem? Om God se stem te hoor en te herken, is 'n kernonderwerp in byna elke kerk wêreldwyd. Ten spyte van ons verskille, is dit die diepste rede hoekom ons kerk toe kom—ons begeer om God se wil vir ons lewens te verstaan. Ons wil Hom beter leer ken, Sy hart begryp, en self Sy stem hoor! Dit is nie net 'n aspek van geloof nie, maar die hartklop en middelpunt van ons bestaan as kerk.  Vir die wat ORE HET OM TE HOOR hier volg 'n paar praktiese maniere om God se stem te onderskei, in 'n wêreld van te veel stemme en geraas.

    OM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS

    Play Episode Listen Later Feb 16, 2025 44:13


    OM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS“Ordinary Radicals” The Church needs to do three things right to have lasting cultural impact: BELIEF - BELONG - BEHAVIOR. Hoe vaar ons in hierdie snelbewegende inligtingsera om mense te laat voel dat hulle werklik behoort? Het ons dalk die kuns verloor om ‘n diep, betekenisvolle gemeenskap te skep? Sonder ‘n egte gevoel van behoort, bly geloof dikwels abstrak en intellektueel, en mense sukkel om ‘n werklike transformasie in Christus te ervaar. Behoort is nie ‘n bysaak nie—dit is die konteks waarin dissipelskap, groei en geestelike verandering plaasvind. HERE BOU U KERK!!!

    Teruggeval, afgedwaal, moeg geraak in die wedloop van die geloof?

    Play Episode Listen Later Feb 9, 2025 44:56


    DRAAI VANDAG TERUG NA DIE HERE!Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan. "Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!”Ek worstel soms met die hardheid van mense se harte in ons gemeenskap. Vir 25 jaar het ons die Woord van die Here met eerlikheid en egtheid bedien—op elke moontlike manier, vanuit gebroke kruike. Ons sien vrug, daar is sukses, maar steeds bly so baie mense koud en ongevoelig teenoor die geloof. Dit bly ‘n diepe hartseer en ‘n roepe tot aanhou bid en werk.Ek word egter bemoedig deur die Woord, wat my herinner dat hierdie teenstand niks nuuts is nie. Selfs die Volmaakte Een, Jesus die Heilige, is deur mense verwerp. As hulle Hom, die Lig van die wêreld, nie wou aanvaar nie, hoe veel meer sal ons weerstand ervaar? Tog weet ek: Sy Woord keer nooit leeg terug nie.Kom ons kyk na die redes wat die mense aangevoer het, hoekom hulle nie glo nie, en selfs die wat eens geglo het, afvallig geword het. Die Woord geeLIG!

    Ek kyk op na die berge

    Play Episode Listen Later Feb 2, 2025 32:39


    Ek kyk op na die berge Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 121:1-2 Hou jy ook daarvan om op 'n hoogte, 'n berg te gaan sit en die uitsig te bewonder? Sedert die begin van menslike geskiedenis het berge ‘n simboliese betekenis gedra van mag, gesag en die woning van die gode. Van die hoë pieke van die Himalajas tot die piramides van antieke beskawings, het die mens natuurlik hoë plekke geassosieer met geestelike verheffing, transendensie en nabyheid aan die gode. Ondek in hierdie preek hoe Jesus God se berg van heerskappy in ons harte oprig!! #oorwinning #deurbrake #geloof #NuweHoogtes

    Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG.

    Play Episode Listen Later Jan 26, 2025 35:59


    Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG. Die meeste mense hou glad nie van wag nie. Geestelike mense, daarenteen, is geoefen in 'n houding van geduldige afwagting op die Here. Hulle leer om in afhanklikheid te wag totdat Hy die teken gee, en beweeg dan met oortuiging en krag in Sy wil en tydsberekening. #oorwin #Sukses #akkuraatheid #Heiligmaking #Ootmoed #meekness

    Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart?

    Play Episode Listen Later Jan 12, 2025 41:42


    Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart? Een van die grootste misleidings in die lewe is om so besig te raak met dinge wat onbelangrik is, maar skynbaar dringend lyk, dat ons die werklik belangrike aspekte van die lewe verwaarloos. Neem byvoorbeeld die opvoeding van kinders—dit behoort die nommer een prioriteit te wees vir regerings en sakelui, aangesien dit die fondament van ons samelewing en toekoms vorm. Tog staan dit in die meeste gevalle laaste op die lys van belangrikheid. Kyk maar net na hoe en waar geld gespandeer word. Jesus se hele bediening is gefokus op die hart—die kern van wie ons is, die bron van ons denke, gevoelens en keuses. Tog is ons as samelewing geneig om ons fokus op die intellek te plaas. Ons spandeer die meeste van ons geld in kinder opvoeding op hulle intellekteule ontwikkeling! (Skool, universiteit en akademiese prestasies) Verder belê ons groot bedrae geld in die versorging van ons liggame—of dit nou deur gesondheid, skoonheid of fisieke prestasie is—maar ons vergeet dikwels van die hart. Die hart is die oorsprong van ons geestelike lewe, en om dit te verwaarloos, is om die belangrikste aspek van ons menswees agterweë te laat. "Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe." (Spreuke 4:23)

    5 wesenlike vaardighede om te FLOREER in Christus

    Play Episode Listen Later Jan 5, 2025 44:53


    "The world has yet to see what God can do with a man fully consecrated to Him." Dwight L Moody Soos ons gereed maak vir 'n nuwe jaar, vol belofte en uitdagings, moet ons ons prioriteite eerste reg kry! Om te leef vanuit SY geregtigheid is die absolute deurbraak en oorwinning vir elke gelowige! Trotseer elke uitdaging, krisis, onsekerheid, donker boosheid in jou lewe IN SY GEREGTIGHEID! Ons gaan in hierdie preek 1 Johannes 2:1-15 bestudeer en oopbreek.

    Laaste Samekoms in persoon van 2024! Vrolikheid | Vreugde | Blydskap Die beste ontspanning te wêreld IN CHRISTUS!

    Play Episode Listen Later Dec 15, 2024 29:50


    Last Gathering in person of 2024 ! “Cheerfulness” “Joy” “Gladness” The best relaxation in the world IS IN CHRIST! The Lord does not want us to serve Him like slaves without joy. (Deut 28:47) That is why the Jewish Calendar was filled with 7 festivals. God wants us to be able to celebrate! (Ezra 6:22) Who doesn't like PLEASURE and FUN? However, it is sad to see, how few people are "happy" and "stay" without tools like alcohol, drugs and wild parties!?! Children of the LORD have access to an inner source of “Joy” “Joy” “Gladness” in Christ, which helps us to see the silver lining in every dark cloud. #Vreugde #Pret #Plesier #Vrolikheid #Blydskap #Ekstase

    #6 Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice.

    Play Episode Listen Later Dec 1, 2024 42:37


    Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice. Our victory in this life begins with hearing God's voice. When we, like Jesus, just do and say what we hear from the Lord, we will never commit mistakes. The ability to listen deeply is becoming a lost art! In this sermon, learn how to break down the barriers that prevent you from hearing God's voice. Preeknotas:

    #5 Leef in oorwinning- VAN SMEEKGEBEDE TOT PROFETIESE VERKLARINGS

    Play Episode Listen Later Nov 24, 2024 43:30


    Gebede vanuit ‘n regeerders-posisie Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar 'n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil. In Jakobus 5:16-18 lees ons van Elia, 'n man wat "soos ons aan gevoelens onderworpe was," maar wat met oortuiging en gesag gebid het, en die hemel het gereageer. Hy het wat God klaar vir Hom beveel het met geloof verklaar. Hierdie boodskap is 'n uitnodiging om jou gebedslewe te herkalibreer—van smeekgebede na kragtige verklarings, gebaseer op God se wil en beloftes. Hoe bid jy? As 'n bedelaar of as 'n mede-erfgenaam, kind van God? #Gebed #intersessie #oorwinning

    #4 Leef in Oorwinning - 'n goddelike verbeelding

    Play Episode Listen Later Nov 17, 2024 39:49


    Jesus het die mees ondenkbare lyding verduur, deurdat Hy alreeds die heerlikheid en oorwinning gesien het. Droom weer opnuut nuwe drome saam met die Here, en laat toe dat Hy jou verbeelding vernuwe en heilig om te sien wat Hy sien. Preek Notas: #geloof #sien #droom #openbaring #heerlikheid

    Die Outoriteit van die Gelowige

    Play Episode Listen Later Nov 3, 2024 46:43


    Die kerk geskiedenis is ryk aan uitstaande geloofshelde wat nie net onverskrokke in God se roeping en woord geglo het nie, maar presidente en konings getrotseer het, en selfs regeringsbesluite help verander het. Dink aan William Wilberforce, Hans Hauge, David Livingstone, Moeder Sabrina en onlangse figure soos Reinhardt Bonke en Billy Graham. Die teendeel is ongelukkig ook waar, Christene is 'n reuse groot getal mense regoor die aarde, en die meeste wandel nie in die gesag en outoriteit wat die Here vir ons in Christus beskikbaar gestel het nie. Hierdie boodskap volg op die vorige twee boodskappe, want iemand wie se innerlike wêreld gesond is, en hom of haarself oefen in godsaligheid in die geestelike formering gimnasium sal wandel in die gesag wat God vir elkeen bestem het, volgens ons onderskeie roepings. Veral in 'n tyd soos hierdie is dit soveel te meer belangrik dat ons in Sy gesag sal lewe en wandel. Preeknotas:

    #2 Geestelike Gimnasium

    Play Episode Listen Later Oct 27, 2024 50:35


    Deel 2 van die reeks oor LEEF IN OORWINNING Ons leef in 'n tyd met al hoe meer mense wat worstel met geestesgesondheidskwessies ten spyte van al die tegnologiese uitvindsels van die moderne wêreld. In hierdie boodskap beklemtoon Jan Oosthuizen die geestelike praktyke soos gebed, meditasie, gemeenskap en selfrefleksie, en nog baie meer wat volgens studies 'n beduidende afname in spanning en angs toon, terwyl dit terselfdertyd 'n verhoogde sin van betekenis en innerlike vrede bevorder. Kom sluit aan in God se GEESTELIKE GIMNASIUM vir geestelike groei.

    #1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn

    Play Episode Listen Later Oct 20, 2024 51:02


    #1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het.  In die Bybel word ons identiteit, bewussyn, emosies, begeertes, gedagtes, wil en bedoelings dikwels met die woord "hart" geassosieer en vertaal wat sentraal tot 'n persoon se verhouding met God en ander staan.    Hoe ons, ons HART bestuur en orden bepaal ons oorwinnning in die LEWE. Leer in hierdie boodskap die ranglys en prioriteite van hoe om jou innerlike wêreld te orden en in LYN te bring met die WIL van GOD. PreekNotas

    Jesus, die Lig in ‘n donker werêld

    Play Episode Listen Later Sep 29, 2024 54:54


    Chantál Oosthuizen bedien die Woord van die Here.“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”” JOHANNES 8:12 AFR83

    Hoekom die regte vriende saak maak

    Play Episode Listen Later Sep 22, 2024 61:48


    HOEKOM DIE REGTE VRIENDE NOODSAAKLIK IS. Hoe om die regte vriende te maak en hulle te behou! Onlangs op 'n internasionale platform saam met Trevor Noah, het die bekende spreker en leierskap spesialis Simon Sinek verras met sy huidige fokus. Hy het beklemtoon hoe belangrik "die behoud van kwaliteit vriendskappe" vir hom geword het, veral namate sy lewe met roem besiger geword het. Wat verrassend was, is hoe hierdie prioriteit vir hom mettertyd gegroei het, eerder as om af te neem. Beide Trevor en Simon het benadruk dat dit 'n doelbewuste keuse vir hulle geword het om meer kwaliteit tyd met hul vriende deur te bring, ten spyte van hul besige skedules. Baie mense het oor die laaste tyd vriende verloor wat as gevolg van die uitdagings van die lewe vervaag het. Mag ons weer veg vir die behoud van die regte vriende!!

    Die oorwinning wat die wêreld oorwin het - jou GELOOF

    Play Episode Listen Later Sep 16, 2024 58:57


    Dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1 John 5:4 Ons leef in 'n tyd van groot vertwyfeling en skeptisisme. Alles word bevraagteken – van ons geloofsoortuigings tot die basiese waarhede wat eens onwrikbaar was. Ons oorwinning in die lewe, oor sonde en omstandighede, is deur geloof. Om swak in geloof te wees, is dus 'n geleentheid vir sonde om in te sluip. Om 'n oorwinnende lewe op alle vlakke te leef, moet ons vol geloof bly. Geloof is 'n heilige oortuiging van 'n hemelse werklikheid.

    Hoe om reg te oordeel

    Play Episode Listen Later Sep 8, 2024 48:34


    In 'n wêreld vol misverstande, verskille en oppervlakkige aannames, het ons as Christene 'n verantwoordelikheid om anders te oordeel as wat die wêreld doen. Ons word geroep om met wysheid, regverdigheid en liefde te oordeel, en nie op grond van voorkoms of vinnige gevolgtrekkings nie. Jesus waarsku teen die gevare van oppervlakkige oordeel en daag ons uit om die hart en motiewe van mense te fynkam voordat ons moontlik 'n verkeerde oordeel vel. Daar is niks so sleg as om deur veral die mense wat jou die beste behoort te ken, verkeerd beoordeel te word. #oordeel #vooroordeel #verwerping #aanklag #klagtes Preek Notas:

    “Die Here se definisie van Seën” #4 Bergpredikasie Reeks

    Play Episode Listen Later Sep 1, 2024 44:43


    Die wêreld dink hulle is geseënd as hulle iewers bietjie geld verniet kry, of 'n groot geskenk, 'n nuwe motor of huis bekom, of sukses, aansien of status verkry! Jesus het heeltemal 'n ander definisie van die seën van die Here! Kom leer vanoggend saam met Chantál Oosthuizen wat God as geseënd beskou, en word verryk met Sy genade en guns!! #Seën #Blessing #Genade #Guns #Waarheid

    Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander?

    Play Episode Listen Later Aug 25, 2024 49:30


    #3 Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander?

    Hoe om toksiese mense met liefde te neutraliseer

    Play Episode Listen Later Aug 18, 2024 47:19


    Ons almal ken die natuurlike neiging: As iemand jou seermaak, wil jy terugseermaak. As iemand onreg teenoor jou pleeg, wil jy geregtigheid hê. Dis hoe die wêreld werk—daar is 'n sterk gevoel van "oog vir 'n oog." Maar Jesus kom en stel 'n totaal ander beginsel voor: Liefde vir jou vyand. Hoe radikaal is dit nie? Jesus sê in Matteus 5:44: "Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê, en bid vir dié wat julle vervolg." Hierin lê die grootste geheim tot oorwinning oor die bose. Dis nie deur wraak, geweld of verwydering nie, maar deur liefde. Notas: www.harvestercederberg.co.za/hoe-om-toksiese-mense-met-liefde-te-neutraliseer/

    Die een karakter eienskap waarsonder ons samelewing nie kan bestaan nie - BETROUBAARHEID

    Play Episode Listen Later Aug 11, 2024 49:34


    Jesus se benadering is eenvoudig: Heilig die mens-tot-mens, van aangesig-tot-aangesig interaksie. Elke mens wat in die beeld van God geskape is kyk mekaar in die oë en onderhandel met mekaar totdat 'n ooreenkoms bereik is - dan word daar 'n besluit geneem wat vir elkeen wederkerig reg en waar is. Hierdie interaksie is heilig en bindend! "Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee. Enigiets meer as dit is uit die bose." (Mat 5:33-37)

    #7 Vraatsug - DISSIPLINE

    Play Episode Listen Later Aug 4, 2024 47:56


    Die liggaam is soos 'n ongetemde dier: Ons moet leer om elkeen ons eie liggame te leer ken, sy seine en siklusse te verstaan, en soos 'n sportsman/vrou onsself te ontwikkel om voluit in Sy volheid die potensiaal wat die Here ons gegee het te ontsluit. Ons het ALMAL by 'n sekere lekker-eet-geleentheid te veel voedsel verorber!! BRASSERY!! Maar vraatsug kan 'n lewenstyl raak, en sodoende 'n mens geheel en al immobiliseer om jou gegewe potentiaal te bereik! Kom ondek saam met ons die subtiele plan van satan om ons gevange te hou met leuens en misleiding. www.harvestercederberg.co.za/7-vraatsug-dissipline/ #7DodelikeSondes #Vraatsug #Gulsigheid #Verslawing #Alkoholisme #Vetsug

    #6 Wellus - HEILIGE INTIMITEIT

    Play Episode Listen Later Jul 29, 2024 53:07


    'n Mens sou dink dat, met die samelewing se tegnologiese vooruitgang en toegang tot meer inligting en hulpbronne as ooit tevore, ons seksuele immoraliteit sou kon beheer deur beter ingeligte besluite te neem. Maar die teendeel is waar – seksuele immoraliteit neem drasties toe!'n bad sonder die propWat my die meeste verras oor die mensdom, is dat ons verveeld raak met ons kinderjare en haastig is om groot te word, om dan wanneer ons oud is weer verlang om kinders te wees. Dat ons in die proses om geld te maak ons gesondheid verloor om dan weer al ons geld spandeer om weer gesond te word. Dat ons lewe asof ons nooit sal sterf nie en sterf asof ons nooit geleef het nie. https://www.harvestercederberg.co.za/wellus-heilige.../

    #5 Woede - SELFBEHEERSING

    Play Episode Listen Later Jul 21, 2024 55:08


    #5 Woede - SELFBEHEERSING Die wêreld is vol van verkeerde woede. Verbale aggressie met afbrekende en neerhalende woorde het al menige lewens verwoes. Gesinsgeweld, aanranding en gereelde woedeuitbarstings verander die huis wat bedoel is as ʼn plek van veiligheid in ʼn oorlogsveld. Ons is meestal negatief ingestel teenoor enige vorm van woede. As iemand sy of haar stem verhef, begin ons dadelik om onsself te verdedig of in ons dop te kruip. Die wêreld se stoompot van woede bly aan die oorkook en ons lees al meer van geweldsmisdaad, padwoede, passiemoord en geweld teen kinders. Kom word in hierdie preek bemagtig om deur die Gees van SY GENADE SELFBEHEERSING te ontvang om jou woede reg te kanaliseer. Webjoernale vir meer INLIGTING https://www.harvestercederberg.co.za/... https://diebestelewe.co.za/afrikaanse...

    #4 Hebsug - Vergenoegdheid

    Play Episode Listen Later Jul 15, 2024 45:48


    Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Exo 20:17) Die realiteit van die lewe toon, dat almal nie eerste kan wees nie... die vraag is kan jy vrede maak om tweede aangewys te word – en te aanvaar dit is die wil van God? Wanneer iemand naby jou bevorder word, word die ware aard van die vriendskap blootgelê. Wat is jou onmiddellike reaksie? Is dit een van oorstelpte vreugde of diep ongelukkigheid of weerwraak? https://www.harvestercederberg.co.za/...

    7 Dodelike Sondes - #3 Luiheid - Pligsgetrouheid

    Play Episode Listen Later Jul 8, 2024 42:02


    Luiheid is soos 'n parasitiese kanker wat moderne mense verlam, met 'n voorliefde vir toenemende gerief en luuksheid. Moderne geriewe en tegnologie, bedoel om take te vereenvoudig en fisiese arbeid te verminder, lei dikwels tot inaktiwiteit. Soos samelewings gewoond raak aan gerief en luuksheid, ontwikkel mense 'n afkeer teen pyn en handearbeid. Dit verminder veerkragtigheid en werkvermoë, wat ons toenemend afhanklik maak van tegnologie. Ironies genoeg raak ons tegnologie slimmer terwyl ons menslike vermoëns verswak. #Luiheid #Pligsgetrou #Pligsbesef Besoek gerus ons nuwe Webtuiste!!! https://www.harvestercederberg.co.za/...

    7 Dodelike Sondes Reeks - GIERIGHEID - VRYGEWIGHEID

    Play Episode Listen Later Jun 30, 2024 51:45


    Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie. Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewigheid! Kom saam met ons op 'n innerlike reis met die hulp van die Heilige Gees en die Woord van God. Laat ons ons harte was en reinig van alle geheime sondes wat ons lewens verwronge en donker maak.

    7 Dodelike Sondes en hulle Bybelse Teenmiddel

    Play Episode Listen Later Jun 23, 2024 46:58


    Tye verander maar SONDE is nog steeds net so vernietigend soos altyd! Sonde verwoes verhoudings, dit is direkte ABUSE van die mees kwesbare mense naaste aan jou. Niemand is sonder sonde nie. (Rom 3:23) In die volgende 7 weke gaan ons elkeen van hierdie sondes onder die soeklig van God se Woord plaas, maar ook die Bybelse TEENMIDDEL vind om dit te oorwin! Hoogmoed (Pride) NEDERIGHEID Gierigheid (Greed) VRYGEWIGHEID Afguns (Envy) VERGENOEGDHEID Luiheid (Sloth) TOEWYDING Woede (Wrath) SELFBEHEERSING Wellus (Lust) DANKBAARHEID Gulsigheid (Gluttony) SOBERHEID Hierdie week begin ons met HOOGMOED: https://hrco.co.za/preke/7-dodelike-s...

    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal

    Play Episode Listen Later Jun 16, 2024 58:10


    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verbrokkel nie. Wat is die pad vorentoe? Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) geneig is om na uiterstes oor te slaan – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdomherverdeling voorstaan – bied die Bybel 'n middelpad. Hierdie benadering kombineer persoonlike verantwoordelikheid met gemeenskaplike mededeelsaamheid, en lê klem op die ontwikkeling van innerlike waarde en karakter. Ek sien in die geloof dat die Here besig is om 'n koninkryk-gedrewe Christus-waarde-gesentreerde - Praktiese PLAN in verskillende dorpe in Suid Afrika te vestig wat nie net praat oor oplossings nie, maar dit demonstreer!

    8 Bestandele vir 'n Gesonde Lewe

    Play Episode Listen Later Jun 9, 2024 43:30


    'n Gesonde lewe behels gesonde gewoontes! Ons sien in Jesus se lewe die perfekte balans om na liggaam, siel en gees gesond te wees, en God daardeur te verheerlik. Soos die bestandele in 'n sop is hierdie 8 fokus areas van wesenlike belang om gesond te wees en te bly. 1 Skakeling - Verhouding met God, self en naaste2 Oefening - Wat ons nie gebruik nie verloor ons 3 Rus - Slaap, afskakel, middagslapie 4 Voeding - Jy is wat jy eet5 Werk - Ledigheid is satan se oorkussing6 Leer - Bly voortdurend nuwe dinge bemeester7 Gee - Help en gee van jouself vir ander8 Speel - Geniet die lewe en ontspanhttps://hrco.co.za/preke/8-bestandele-vir-n-gesonde-lewe/

    Sy HEERLIKHEID in gebroke kruike

    Play Episode Listen Later Jun 2, 2024 54:22


    Die heerlikheid van die mens vergaan soos politieke partye kom en gaan… maar die heerlikheid van Christus IN en ONDER ons wat Hy deur Sy Gees in ons harte uitgestort het… kan nie vergaan nie!! Dit is die KRAG en WONDER van die NT Evangelie “goeie nuus” boodskap! Jesus die Hoop op heerlikheid. (Col 1:27) Hierdie koninkryk se heerlikheid kan nie geskud word nie (Heb 12:24) inteendeel die kom juis tot Sy volheid in swaarky en lyding. (2 Cor 4:17-18) Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee (Joh 17:22) KOM HIERDIE SONDAG EN DEEL JOU GETUIENIS en WORD VERSTERK DEUR ANDER SE STORIES VAN GOD SE HEERLIKHEID IN en ONDER ONS!! Notas: https://hrco.co.za/preke/sy-heerlikheid-in-aardse-kruike/#Fadingglory #EternalGlory #ChristWithin #JesusChrist

    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe

    Play Episode Listen Later May 28, 2024 34:35


    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe. Ons innerlike lewe is 'n weerspieëling van ons verhouding met God en beïnvloed hoe ons die eksterne wêreld hanteer. Deur te fokus op aspekte soos selfgesprek, gesonde Christus gesentreerde selfbeeld, teenwoordigheid van gees, God-Binne-My-bewussyn, die gawes van die Gees, die vrug van die Gees kan ons 'n gesonde innerlike lewe kweek wat God verheerlik en ander seën. #InnerLife #ChirstWithin Notas: https://hrco.co.za/preke/die-innerlik...

    God se droom oor die HEMEL

    Play Episode Listen Later May 19, 2024 48:55


    Ons begeerte na die hemel, is meestal met 'n lens van, wat is in dit vir my? Gaan dit lekker wees? Pyn vrye sondelose bestaan klink mos immers hemels! Tog is dit duidelik dat die Hemel die kulminasie is van God se storie met die mens. En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en júlle sal vir My 'n volk wees. (Lev 26:11-12) En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle vir my 'n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. (Ezek 37:27–28). Skakel gerus in, om die laaste van hierdie reeks oor die HEMEL te luister. Preek Notas: https://hrco.co.za/preke/god-se-droom...#Hemel #Heaven #eternity #Hiernamaals #LifeAfterDeath #afterlife

    DIE RESTORASIE VAN ALLE DINGE

    Play Episode Listen Later May 14, 2024 32:47


    Ons lewe in 'n wêreld van toenemende wanhoop!! Ons jongmense het nie iets konkreet positief waarna hulle kan uitsien nie: Aardverwarming, Populasie aanwas, Ekonomiese uitdagings, politieke onsekerheid, wêreldkonflik laat mense sonder HOOP! Ons sien hierdie tragiese realiteit in die toenemende hoeveelheid mense wat selfmoord pleeg, en die gebruik van antidepresante! JESUS KONDIG 'n VOLKOME NUWE RESOURASIE AAN!! DIe herskepping en wedergeboorte van alle dinge - 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde! Hoe lyk die Hemel, wat sal ons daar doen, wie sal ons daar ontmoet? Hoe weet ons dat hierdie boodskap nie net 'n godsdienstige fabel is nie? Kom vind uit!! HY MAAK ALLES NUUT https://hrco.co.za/sermons/the-restor...#Heaven #HeavenIsReal #New #Restoration

    Die HEMEL is 'n werklikheid

    Play Episode Listen Later May 5, 2024 45:15


    'n Nuwe wetenskaplike studie van naby-dood ervarings BEWYS onteenseglik "daar is LEWE na die DOOD. (Evidence of the Afterlife | Largest NDE study reveals proof of life after death | The science of Near-Death Experiences | Jeffrey Long & Paul Perry). Van die 1300 mense wat aan die studie deelgeneem het is die volgende stories konsekwent waargeneem: 1. Buite-liggaamlike ervaring (BLE): Skeiding van bewussyn van die fisiese liggaam 2. Verhoogde sintuie 3. Intense en oor die algemeen positiewe emosies of gevoelens 4. Beweeg deur 'n tonnel 5. Ontmoet 'n mistieke of briljante lig 6. Ontmoet oorlede familielede of vriende (selfs diegene wat jy nie geweet het al dood is nie) 7. 'n Gevoel van verandering van tyd of ruimte 8. Lewensoorsig 9. Ontmoet onwêreldse (“hemelse”) wesens 10. Ontdek of leer spesiale kennis 11. Kom by 'n grenslyn of hindernis 12. 'n Terugkeer na die liggaam, óf vrywillig of onvrywillig Van hierdie persone was blind, ek kon tydens die ervaring hulle eie liggame en omgewing sien. Mense wat naby-dood-ervarings het, kom van regoor die wêreld, oor die spektrum van Oosterse of Westerse godsdienstige, en ook geen religieuse agtergrond, ryk en arm, geletterde en ongeletterd, en selfs kinders onder 10jr oud! Almal het baie werklike ervarings van 'n ANDER wêreld waar tyd nie bestaan nie. Leer meer hiervan in hierdie REEKS Preke - Jan Oosthuizen #NDE #NearDeathExperiences #AfterLife #Eternity #EternalLife #Spirituality

    Gebede wat Beantwoord Word

    Play Episode Listen Later Apr 28, 2024 44:40


    Die laaste tyd voel ek in my gees, 'n groter dringenheid om te bid. Ons beleef natuurlik ook meer nood en drama, en gevolglik roep ons die Here aan in hierdie tye van nood. Maar hoe beweeg ons van versoeke bid tot die Here tot praklamasies en dade waar ons een is met die Here om Sy wil te doen? Gebede dus wat beantwoord word! Luister na hierdie boodskap as jy jou gebedslewe wil vernuwe!

    Work Through Your Pain

    Play Episode Listen Later Apr 15, 2024 31:27


    Work Through Your Pain, or in other words, MATURE through your pain. Pain is not pleasant for anyone! No one human being is exempt from suffering the pain of all kinds of loss. Some numb the pain and ignore it, but then it only escalates and becomes bigger. "He sent a man before them— Joseph—who was sold as a slave. They hurt his feet with fetters, He was laid in irons. Until the time that his word came to pass, The word of the LORD tested him." Psalm 105:18 Joseph, as a type of Christ, shows us a path to not only work through our pain, but overcome it and use it to redeem others!

    Redes hoekom ons altyd SELFVERTROUE in Christus kan hê.

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2024 47:57


    https://hrco.co.za/sermons/reasons-why-we-can-always-be-confident/

    What happened while Jesus was in the Grave for 3 days?

    Play Episode Listen Later Mar 31, 2024 44:12


    What happened while Jesus was in the Grave for 3 days?

    His EMPOWERING Grace

    Play Episode Listen Later Mar 10, 2024 41:42


    Many among us are wrestling with the Goliaths of economic hardship and health challenges, battles that test our faith, endurance, and existence. In most cases, these calamities were not our fault, and we have not brought these hardships upon ourselves! Sometimes, we are at fault and also need mercy and grace. Nevertheless, knowing what caused the hardship does not always get us out of trouble. Sometimes, bad habits must be acknowledged and replaced by healthy ones. But to get out of trouble, one needs a solution, a means of deliverance; we all need HIS ABILITY to empower us to change and move from victim to victor! How to receive His EMPOWERING Grace in times of loss of health or income. His grace empowers us to do what is right. hrco.co.za/sermons/his-empowering-grace/

    Learn Critical Thinking Skills from the MASTER

    Play Episode Listen Later Mar 3, 2024 59:14


    In the unfolding journey of life, the way we harness our thoughts not only carves our path to success but also aligns us with the discerning gaze of the Lord, who examines the depths of our minds and hearts. Who better to guide us in mastering this art than the Master Himself—Jesus Christ? In the modern world and the current information revolution of increasing Social Media Echo Chambers, Misinformation and Fake News, Political Polarization and group identities, Consumer Choices and Environmental Impact, Health and Wellness Misconceptions, the shortcomings of Educational Systems, poor Financial Decisions and Investment Scams it has become of paramount importance that we learn to THINK!! #Think #Logic #Reason #MentalAttitude #Sober #RightMind

    Play Episode Listen Later Feb 26, 2024 47:51


    Maintaining the MIND of Christ in ALL circumstances. Our biggest battle is in the Mind. We can't always prevent what happens to us, but we can determine how we will think and respond to what has happened! “As a man thinks so if he” Believers have received the MIND of CHRIST as part of His righteousness as a gift. The battle is to keep this gift and remain in the Spirit of your mind in Christ! This sermon is a VITAL RESOURCE in your life survival kit! Learn how to cultivate CHRISTLIKE thinking in all circumstances!

    Wat is die voordele om Jesus te volg?

    Play Episode Listen Later Feb 19, 2024 41:54


    Daar is geen groter voorreg en seën in hierdie lewe, as om 'n kind van God genoem te wees nie! Onder baie druk en spanning vergeet ons soms hierdie sentrale realiteit - ek is 'n kind van God! Luister vandag na Chantal Oosthuizen as sy jou inspireer en innerlik versterk om te sien wat God sien, en jouself te anker in Sy liefde! Ons verwelkom ook vandag 7 jongmense van Experience Mission VSA, wat vir 'n maand lank in ons gemeenskap gaan werk en bedien!! https://experiencemission.org   / experiencemission   Ons is ook dankbaar vir elkeen se getroue finansiële ondersteuning in ons gemeente en bediening. https://hrco.co.za/donasies/ https://pay.yoco.com/harvesterchurch Rekening naam: Harvester Gemeente Cederberg Rekening Nommer: 4107732514 Tak Kode: 632005 Bank: ABSA Clanwilliam (Havester is 'n geregistreerde NPC)

    Claim HRCO Potgooi Preke

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel