Podcasts about swaarkry

  • 20PODCASTS
  • 34EPISODES
  • 28mAVG DURATION
  • ?INFREQUENT EPISODES
  • Sep 15, 2024LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about swaarkry

Latest podcast episodes about swaarkry

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 15 September 2024 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Sep 15, 2024 33:50


Lees: Jak 1:1-8.  Fokus: Jak 1:2-4.  Verheug jouself in beproewings!  As ons Vader in Christus omskep God al ons swaarkry en moeilikhede in beproewings om ons karakter te vorm en ons geloof te suiwer. God se genade is so groot dat Hy selfs die swaarkry wat jy self vir jou veroorsaak het deur aan versoekings toe te gee, tot beproewings omvorm en dit so tot jou beswil laat dien. Swaarkry en moeilikhede skep die ruimte dat ons geloof gesuiwer en sterker word om te volhard.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Hoe is dit moontlik om blydskap of vreugde te hê wanneer allerlei beproewings oor jou kom?  Wat is die doel van beproewings?  Wat is die eerste ding wat jy vir God moet vra wanneer allerhande beproewings oor jou kom? 

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Howel hy swaarkry, bly Paulus die Here dien (Efesiërs 3:7-13)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Apr 8, 2024 24:18


die n paulus swaarkry
HRCO Potgooi Preke
Chantal Oosthuizen bedien die Woord van die Here om ons te bemoedig in tye van swaarkry en nood! Jesus se aanraking was altyd sag en liefdevol,

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jan 22, 2024 55:01


Chantal Oosthuizen bedien vanoggend die Woord van die Here om ons te bemoedig in tye van swaarkry en nood! Jesus se aanraking was altyd sag en liefdevol, Hy sien dieper as die menslike oog. Hy sien jou!

Nuus
Geingob gee geen erkenning aan swaarkry, armoede, in Oujaarstoespraak nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 1, 2024 0:57


In sy Oujaarstoespraak het President Hage Geingob geen melding gemaak van die verbuisterende amper 50 persent jeugwerkloosheid nie, en ook nie van die 25 persent van Namibiese kinders wat gesondheidsuitdagings ervaar as gevolg van voedseltekorte nie. Die toenemende armoede in die land is ook oorgesien. Hy het ook nie gepraat oor die meer as 3 000 veediefstalsake wat in die 2021-boekjaar aangemeld is en tot op hede onverpoosd voortduur nie. Hy het sy toespraak gebruik om die globale kommoditeitskrisis van 2015, die droogte tussen 2016 en 2019 en die uitdagings van die pandemie uit te lig en sy regering se lofliedere gesing. Hy het weer gesê dat hy die land in ‘n beter toestand los as wat hy dit gevind het en het 2024 as die jaar van verwagtinge verklaar.

Lewendewoord Centurion
18 Junie 2023 - Wouter Vd Merwe - Swaarkry Bou Karakter

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later Jun 18, 2023 30:52


Wouter vd Merwe gesels vanoggend, veral met die Pa's, oor hoe "Swaarkry karakter bou" In die diens gaan hy die volgende punte aanraak: 1. Swaarkry is deel van die lewe wat die Here tot ons voordeel gebruik as ons hom dien 2. Wat doen ander met swaarkry? 3. Wat doen ons in waarkry? Skakel ook 17:00 aanlyn in vir ons diens, ons het 'n bedieningspan beskikbaar indien jy gebed benodig: Church Online: https://lwc.online.church/ Preeknota's is hier beskikbaar: http://bible.com/events/49090965 Webtuiste: https://www.lwc.org.za/ YouTube: https://buff.ly/3b67yKD Facebook: https://buff.ly/2KwMh1q Laai vandag nog ons APP af en kyk saam: https://subsplash.com/lewendewoordcenturion/app Laai vandag nog ons APP af en kyk saam: https://subsplash.com/lewendewoordcenturion/app . . #JesusIsGroter #nuweseisoen #kerkfamilie #kerkaanlyn #SoekGodEerste #thinkrevival #HeiligeGees #HolySpirit #JesusIsGroter #salwing #anointing #koninkrykslewe #kultuur #kingdomculture #groei #snoei #nuwelewe #WoutervanderMerwe #Toerusting #WoutervdMerwe #Verheerliking #HeiligeGees

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vreugde Te Midde van Swaarkry

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 15, 2023 3:14


Psalm 119:143 Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. (NLV) Kan ek jou ‘n vraag vra: wat gee jou vreugde in jou lewe? Wat is daar in die diepste hoekie van jou hart, in die kern van jou wese, wat jou met vreugde vul? En wat gebeur met daardie vreugde wanneer dinge in die lewe skeef loop?Een van die dinge wat vir my groot vreugde gee, is wanneer my driejarige kleindogter by ons huis aankom op dae wanneer my vrou haar oppas. Ek sit gewoonlik in my studeerkamer en werk; maar dan skielik hoor ek hoe die deur oopgaan en die volgende oomblik hardloop sy in die gang af met 'n luide "Oupaaaaaaa" en  gee my 'n wonderlike drukkie. Wat 'n vreugde!Maar eendag gaan sy groot word. Eendag is sy dalk nie heeltemal so opgewonde soos sy vandag is om haar Oupa te sien nie? En dit is hoe dit is, dis verganklik - selfs die heel beste dinge wat hierdie wêreld vir ons kan bied, verander. Eendag …En dan, aan die ander kant van die spektrum, is daar daardie tye van swaarkry waardeur ons almal van tyd tot tyd gaan. Ek praat van die werklike moeilike tye, wanneer die lewe 'n malhuis is. Kan jy dink aan iets, enigiets, wat jou te midde van daardie swaarkry, vreugde bring? Hm? Die psalmdigter skryf in:Psalm 119:143 Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. (NLV)Jy weet, daar is iets baie spesiaal daaraan om goed te doen. Dit is om God se wil, in daardie moeilike situasie, wanneer jou pyn besig is om jou van binne te verteer, te doen. Tye wanneer jy kies om God se roeping op jou lewe te volg. Tye waar jy Hom eer deur sy weë te volg - al is elke tree seer. En om bo alles sy opdragte uit te voer.Terwyl daar in daardie verskriklike situasie, trane oor jou gesig stroom, kan jy die blydskap van die Here, waarskynlik nog dieper as op enige ander tyd, ervaar.Al het ek probleme en al ervaar ek moeilike tye, gee u bevele my vreugde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Swaarkry Dien ‘n Doel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 29, 2022 2:48


Job 23:10,11 Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit 'n vuur. Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai. (NLV)Die vraag wat in ons gedagtes maal wanneer ons, soos almal, van tyd tot tyd, deur ‘n moeilike tyd gaan, is: Hoekom gebeur dit met my? Hoekom gebeur dit? Lyding is ‘n universele deel van ‘n mens se lewe. Daar is nie een enkele persoon wat vandag lewe, wat nog nie gely het nie. Daar is die pyn en ongemak van geboorte, die stampe en stote van grootword, die moeilike tienerjare … volwassenheid. Trouens, ek sal verbaas wees as jy nie nou, terwyl ek hierdie prentjie van lyding skets, gedink het aan een van daardie moeilike, lastige of pynlike tydperke in jou lewe nie. God, hoekom? Hoekom ek? Hoekom nou? As jy al ooit die boek Job in die Ou Testament gelees het, sal jy weet dat dit oor 'n man se lyding handel. Job was 'n regverdige man. Hy het God geëer in alles wat hy gedoen het. En tog het God hom verskriklik laat ly. Hoofstuk na hoofstuk vra hy sy vriende, vra hy God … hoekom?! Maar op 'n stadium beantwoord hy uiteindelik daardie vraag vir homself: Job 23:10,11 Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit 'n vuur. Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai. Dit kom daarop neer, dat alhoewel Job vir God geken het, al het hy sy lewe geleef soos God wou hê hy moes en al het hy nooit opgehou om God te volg nie … was die Here besig om hom te toets. Wanneer ons deur ‘n moeilike tyd gaan, toets God ons geloof in Hom. Hy toets hoe opreg ons begeerte is om Hom, ten spyte van ons omstandighede, bo alles te eer. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

HRCO Potgooi Preke
Hou aan REG doen in tye van Swaarkry.

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later May 17, 2022 46:36


Elke dag bestaan uit tientalle beslissings, besluite, transaksies, ooreenkomste, konfrontasies en oordele. Hoe behou 'n mens koers deur die warboel van uitdagings, siektes, verlies, afleggings, ongelukke, misdaad en natuur rampe? Jesus leer in Mat 7:24-26 dat die mens wat Sy WOORDE HOOR EN DOEN is soos iemand wat sy huis op die rots gebou het! Ontdek in hierdie preek God se voorsiening vir jou in moeilike tye!! #doenreg

ToekomsVenster
ToekomsVenster: Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Dec 3, 2021 2:30


Dié teks bring perspektief op ons lyding. Dit is oorweldigend en onverstaanbaar maar dit gaan verby en daar kom ʼn dag waarin alles herstel, volmaak herstel sal word.

dit gering swaarkry
Radio Scriptura
Wat sê die Vers? Jeremia 29:11

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 16, 2021 32:28


Wat sê die Vers?  Jeremia 29:11 Wat het Jeremia 29:11 werklik vir Israel beteken in daardie tyd en in hulle konteks en situasie? Die verbondsvolk was ongehoorsaam aan God, en Hy het hulle weggevoer en in ballingskap geplaas in Babel. Die Here was besig om Israel te tugtig as gevolg van hul sonde, en dit het swaar gegaan met die volk. Jeremia het 'n brief geskryf om aan hulle die pragtige, kosbare belofte te gee dat indien hulle gehoorsaam sal word en God sal dien, hulle wel 'n hoopvolle toekoms sou beërf. Die teks kan nie op sy eie gelees word nie, en word vandag dikwels buite konteks misbruik vir eie gewin. Die ware boodskap lê in die konteks en raamwerk van die hele boek. Israel se toekomstige welvaart het nie betrekking op ons eie persoonlike rykdom of welvaart van vandag nie. Die teks mag nie misbruik word as 'n soort "voorspelling" dat God ons net altyd materialisties gaan seën nie, want God heers soewerein oor ons swaarkry ook. Dit voorspel nie vir ons elkeen aardse welvaart of voorspoed nie, maar verwys wel na die hoop wat ons van God ontvang in die verbond wat Hy met Sy kinders het om ons te seën in die ewigheid. Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer, Marnix Boersema 00:00 Wat sê die vers episode 3 01:18 Jeremia 29:11 "Ek weet wat ek vir julle beplan, sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting." 04:04 Twee misbruike: versie hermeneutiek en voorspoedsteologie (Prosperity light) 06:55 Wat is voorspoedsteologie? (name it and claim it) 10:33 Misbruik van die teks mag geloofsvertwyfeling meebring 11:49 Konteks van Jeremia 29:11 18:04 Valse profete van Jeremia se tyd het ook voorspoedsteologie gepreek en net welvaart voorspel 19:24 God heers soewerein oor ons swaarkry 21:22 Wat word bedoel met hierdie voorspoed? 22:37 Rom 8:18 sê twee dinge: die swaarkry wat ons nou beleef weeg nie op teen die toekomstige heerlikheid nie 24:14 Beeld van die twee stede: stad van ballingskap, en stad van God wat nog kom 26:13 Voorspoed is om by God te wees en in vrede met Hom te leef 27:21 Moet ook nie die Here se seën en sorg onderspeel nie 30:57 Ons kan vasgryp aan die beloftes van God Skrifverwysings: Jes 42-43, Jer 29-30, Joh 17

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer Iemand Anders Swaarkry

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 8, 2021 2:56


1 Samuel 1:4,5 Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee. Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly.Hoe reageer jy as iemand anders ly? Dit is nie maklik, nè? Aan die een kant voel jy hulpeloos, en aan die anderkant, as jy sou inwillig om te help, besef jy jou hulp gaan baie van jou vra. Nou ja, hoe reageer jy?Gister het ons vir Hanna in die Ou Testament ontmoet. Waar Elkana se ander vrou vrugbaar was, was Hanna nie in staat om vir hom kinders te baar nie. Ons sien in:1 Samuel 1: 2 Hy het twee vrouens gehad. Die een vrou se naam was Hanna en die ander die vrou s'n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.Wat Hanna se lyding erger gemaak het, was Peninna se gespot en vernedering. Ag nou ja, ek is so bly dat ek net een vrou het. Maar destyds was dit nie die geval nie.Dit sou seker vir Elkana makliker gewees het om Peninna bo Hanna te verkies. Dit was immers Peninna wat vir hom kinders gegee het. Dit was asof Peninna sy guns verdien het, terwyl Hanna neerslagtig en huilerig was. Ja, dit lyk vir ons asof dit baie makliker sou gewees om Peninna meer aandag te gee en om vir Hanna te vermy. Maar Peninna was nie die een wat Elkana verkies het nie. In 1 Samuel 1: 4,5 staan: Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee. Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly.Elkana het Hanna liefgehad. Ek is seker dat dit nie aldag vir Elkana maklik was om haar buie te hanteer nie. Sy liefde kon nie die leemte van 'n kind in Hanna se hart vul nie. Maar Elkana was besorg, geduldig en liefdevol teenoor haar. Om iemand met ‘n groot seer in hulle lewe lief te hê, is 'n belegging. Dit vra baie opoffering van jou kant af. Dit is hoe dit bestem is om te wees.En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Geen Lekkerkry Sonder Swaarkry Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 6, 2021 2:52


Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, is dit baie maklik om uit die oog te verloor dat God met jou karaktervorming besig is. Hou moed, God doen iets goeds ... iets wonderliks!As daar iets in die lewe is, wat ek regtig verpes... is dit om te hardloop. Tydens my militêre opleiding destyds, moes ons baie hardloop en ek wil jou vertel dat dit iets is waarvoor my liggaam beslis nie gebou is nie. Ek onthou nog die pyn in my bene, die gehyg na asem, die gevoel dat my longe gaan ontplof.Snaaks genoeg jy kon my 'n swaar rugsak en masjiengeweer gee en ek sou dae lank oor berg en dal stap, terwyl baie van daardie hardlopers, wat my in die stof laat byt het destyds, tydens die staptog van uitputting omgekap het. Dit kom neer op uithouvermoë en ek dink ons ​​verskil almal op die manier waarop ons dit ontwikkel ... maar soos ons ‘sa'majoors' (God seën hulle!) op ons geskree het: Geen lekkerkry sonder swaarkry nie! In Romeine 15: 4 staan: Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.Die woord standvastigheid beteken letterlik uithouvermoë of deursettingsvermoë. En die ‘sa'majoors' het gelyk, daar is net een manier om uithouvermoë te kweek en dit is die moeilike manier, die pynlike manier, die manier waarop jou longe amper sal ontplof. Daar gebeur iets wonderliks wanneer ons daardie uithouvermoë ontwikkel, terwyl God ons deur sy Woord aanmoedig…Die Here ons God wek 'n hoop in ons harte wat ons nooit verlaat nie. 'n Hoop wat nooit teleurstel nie. ... sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Hoop in swaarkry (1 Petrus 1:6-9)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Sep 28, 2020 26:12


hoop petrus swaarkry
Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Inleiding; Die omstandighede en swaarkry van Petrus se lesers (1 Petrus 1:1-2)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Sep 24, 2020 25:50


Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Die rolle gaan verander: heidennasies wat Juda laat swaarkry het gaan deurloop (Joël 3:1-8)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Sep 21, 2020 24:50


Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 20 September 2020 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Sep 20, 2020 48:10


Lees: Rom 15:1-13. Fokus: Rom 15:4. Hoop vir almal! Gebruik die Skrif van standvastigheid en bemoediging teen die volgende hoop-dempers: Swaarkry en lyding. Wettiesheid. Stryd en verdeeldheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken die “hoop” in ons fokusvers? Hoe gee die Skrif vir ons standvastigheid en bemoediging? Hoe kan ons die Skrif van standvastigheid en bemoediging gebruik in swaarkry en lyding? Video by; https://www.youtube.com/watch?v=F7WaLNBVmNM

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Heb. 12:12-17| Hebreërs Reeks: Die reaksie op ons swaarkry

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Aug 23, 2020 35:56


(1) Christene wat platgeslaan en moeg is word bemoedig en aangespoor, om weer op te staan (2) met dit wat God reeds gegee het en (3) Hy wys ook drie sondes uit wat ons in die stryd kan verhinder

god hy reeks christene swaarkry reaksie
Emmanuel Church Windhoek
Hoe om Swaarkry te Hanteer

Emmanuel Church Windhoek

Play Episode Listen Later Aug 9, 2020 52:19


swaarkry
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Hebr. 12:3-11| Hebreërs Reeks: Die rede vir ons swaarkry

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Jul 26, 2020 41:25


Na ’n (1) ’n Vaderlike vermaning leer ons, dat ons die rede vir swaarkry (2) net verstaan binne die Vaderlike verhouding en (3) hoor ons dat ons die goeie vrug van die Vaderlike dissipline kan verwag

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Tug en swaarkry roep ons terug na God toe (Hebreërs 12:1-11)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Jul 16, 2020 25:33


terug swaarkry
Doxa Deo Fichardtpark Sermons
Thats A Great Question, Week 1: Waarom laat God al die swaarkry toe? // Danie Roodt // Bloem

Doxa Deo Fichardtpark Sermons

Play Episode Listen Later Apr 18, 2020 16:19


Thats A Great Question, Week 1: Waarom laat God al die swaarkry toe? // Danie Roodt // Bloem by Doxa Deo Bloemfontein

god waarom laat great questions danie bloem swaarkry doxa deo bloemfontein
Doxa Deo Fichardtpark Sermons
Thats A Great Question, Week 1: Waarom laat God al die swaarkry toe? // Danie Roodt // Bloem

Doxa Deo Fichardtpark Sermons

Play Episode Listen Later Apr 18, 2020 16:19


Thats A Great Question, Week 1: Waarom laat God al die swaarkry toe? // Danie Roodt // Bloem by Doxa Deo Bloemfontein

god waarom laat great questions danie bloem swaarkry doxa deo bloemfontein
Eden gemeente Preke
27 - 10 - 2019_As die jaar te lank word_Is daar sin in al die swaarkry

Eden gemeente Preke

Play Episode Listen Later Oct 29, 2019 37:59


27 - 10 - 2019_As die jaar te lank word_Is daar sin in al die swaarkry by Eden Gemeente

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Swaarkry sal in veesvreugde verander (Jesaja 25:6-26:21)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Oct 14, 2019 25:36


HRCO Potgooi Preke
Verwesenlik Die Seën Van Die Here

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Feb 16, 2019 39:55


Gelowiges is ‘n seën vir die mensdom, en spreek ‘n seën oor mense. Die Jode groet mekaar met die woord Shalom. Gideon het nadat hy sy roeping ontvang het, en die engel aan hom verskyn het, ‘n altaar gebou Jehowa Shalom. God van Vrede. H3073. שָׁלוֹם יְהוָֹה yehōwāh šālôm: A proper noun designating Jehovah Shalom, a name designating an altar, “the Lord (is) peace” (Judg. 6:24). It was built by Gideon, a famous judge of Israel, because the Lord confirmed to Gideon that He was calling him to deliver Israel. It stood for many years. Hy het die Jode verlos van die mag van die Medianiete, en daar was vir 40jr vrede. Die Here het vir Moses en Aaron ‘n opdrag gegee om mekaar te seën met die woorde. Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhooren aan julle vrede gee! “So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.” (Numbers 6:24-27)In die NT seëngroet die Apostels die gemeente met. “Genade en vrede” (Rom 1:7; 1 Cor 1:7; 1 Pet 1:2; 2 John 1:3). Hierdie apostoliese seëngroet verenig die gemeente, en dra krag. Dit is ‘n geloof uitspraak. Bob Dylan wrote these words in ‘Forever Young’: ‘may God bless and keep you always,’ and pronounced the Aaronic blessing over people in this song. (On his album ‘Planet Waves’)Die rykdom en guns wat die Here gee, is onombeerlik. Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie.(Proverbs 10:22) 'n Pelgrimslied. Van Salomo.As die Here die huis nie bou nie,swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs.As die Here die stad nie beskerm nie,waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.Tevergeefs dat julle vroeg opstaanen laat gaan slaapom met moeite 'n bestaan te maak.Vir dié wat Hy liefhet,gee die Here dit in hulle slaap. (Ps 127:1-3)Wie kan diegene wat die Here kies om te seën, vervloek? (Numbers 23:8)Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan (3 John 1:2) Die Here se seën en guns is ongetamineerd en nie ten koste van ons siel nie. Die rykdom wat kom deur korrupsie, en die hand van die vlees lei na verderf. Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrik vir die koning van Assirië en die menigte by hom nie. By ons is meer as by hom. By hom is menslike mag, by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg.” (2 Chron 32:5-9) Dit is uit vrees dat ons as mens geneig is om onsself te probeer red. Die arm vd vlees is nie standhoudend nie. Menslike krag hou nie. Jy kan net solank iets uit eie krag doen, dan raak jy moeg. “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” (Zech 4:6)Seënspreuke wat ons begin uitroep het teenoor mekaar. True christians are going to become the employable people on the planet. This region will become God delightful Eden and place of refuge. Ons is saam met Christus geseën met elke geestelike seën in die hemel. (Eph 1:3)Ons skinder nie van mekaar nie, ons kritiseer nie wat ons nie bereid is om te konfronteer nie. Ons loop in waarheid en liefde met mekaar. Wanneer iemand ons seën, spreek ons ‘n apostoliese seën oor hulle uit. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. (Phil 4:18-19) Ons kan ook die seën van die Here oor onsself bid. “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” (1 Chron 4:10) Sommige mense is ongemaklik met rykdom. Hulle wil net genoeg hê. Hulle is bang

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Ds Ulrich preek uit Handelinge 16:16-34, oor Paulus en Silas in die tronk.

Oakhill Sermon Podcasts
Sukses In Swaarkry

Oakhill Sermon Podcasts

Play Episode Listen Later Nov 11, 2018 48:31


sukses swaarkry
Kruiskerk Stellenbosch
Roep na God met die hart 1

Kruiskerk Stellenbosch

Play Episode Listen Later Oct 14, 2018 34:00


hart pyn swaarkry
Lewendewoord Centurion

Wouter deel met ons oor swaarkry, waar is jou fokus en op wat moet dit wees? Waarheen is ons oppad? Wouter van der Merwe 17 September 2017 09:00

SA Gemeente Londen Preke - video

In Daniel 3 is die vraag: Op watter punt gaan jy opgee op jou geloof? Swaarkry, lyding en siekte maak soms dat ons wonder of dit nog die moeite werd is om te bly glo in God. In v 18 antwoord Sadrag, Mesag en Abednego dat net God kan red en selfs al red Hy hulle nie uit die oond nie, sal hulle bly glo! Hulle ontdek dan hoe God in die oond (juis as dit 7 x warmer en erger is) by hulle is. Geloof is die oortuiging dat God altyd by ons is…

SA Gemeente Londen Preke - Audio & video

In Daniel 3 is die vraag: Op watter punt gaan jy opgee op jou geloof? Swaarkry, lyding en siekte maak soms dat ons wonder of dit nog die moeite werd is om te bly glo in God. In v 18 antwoord Sadrag, Mesag en Abednego dat net God kan red en selfs al red Hy hulle nie uit die oond nie, sal hulle bly glo! Hulle ontdek dan hoe God in die oond (juis as dit 7 x warmer en erger is) by hulle is. Geloof is die oortuiging dat God altyd by ons is…

SA Gemeente Londen Preke - Audio & video

In Daniel 3 is die vraag: Op watter punt gaan jy opgee op jou geloof? Swaarkry, lyding en siekte maak soms dat ons wonder of dit nog die moeite werd is om te bly glo in God. In v 18 antwoord Sadrag, Mesag en Abednego dat net God kan red en selfs al red Hy hulle nie uit die oond nie, sal hulle bly glo! Hulle ontdek dan hoe God in die oond (juis as dit 7 x warmer en erger is) by hulle is. Geloof is die oortuiging dat God altyd by ons is…

SA Gemeente Londen Preke - audio
Daniël - Week3 (audio)

SA Gemeente Londen Preke - audio

Play Episode Listen Later Aug 10, 2014


In Daniel 3 is die vraag: Op watter punt gaan jy opgee op jou geloof? Swaarkry, lyding en siekte maak soms dat ons wonder of dit nog die moeite werd is om te bly glo in God. In v 18 antwoord Sadrag, Mesag en Abednego dat net God kan red en selfs al red Hy hulle nie uit die oond nie, sal hulle bly glo! Hulle ontdek dan hoe God in die oond (juis as dit 7 x warmer en erger is) by hulle is. Geloof is die oortuiging dat God altyd by ons is…

Antipas Preke
Christenwees en swaarkry

Antipas Preke

Play Episode Listen Later Mar 6, 2011 34:36


swaarkry