POPULARITY
Send us a textHandelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy vir hulle sondes gesterf het en weer opgestaan het, besig is toe te neem.Nouja, miskien dink jy dat hierdie idee van ‘n toenemende gety van vervolging jou nie raak nie. Die lewe is goed, die wêreld gaan aan; hoekom praat Berni dan hieroor?In 2023 het Geopende Deure ('n bediening aan vervolgde Christene) berig dat meer as 360 miljoen Christene weens hul geloof, hoë vlakke van vervolging en diskriminasie - insluitend geweld, tronkstraf, verlies van eiendom en sosiale uitsluiting - ervaar.In daardie selfde jaar is die aantal Christene wat vir hul geloof vermoor is, op meer as 5 000 geskat - 'n effense afname van vorige jare; maar dit wys ons dat geweld teen Christene steeds ‘n werklikheid is.Gister het ons gesien hoe sommige eerste-eeuse Christene, onder leiding van Petrus en Johannes, gereageer het op die vervolging wat hulle ly. Hulle het gebid vir vrymoedigheid om voort te gaan om mense van Jesus te vertel, en vir God gevra om hulle ook wonders te laat doen om mense van sy krag te oortuig. So … wat het op die ou end gebeur? Hoe het God gereageer?Handelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.God het hulle gebed verhoor. Hy het die aarde geskud. Hy het hulle met sy Heilige Gees vervul. Hy het hulle presies gegee waarvoor hulle gevra het – die vrymoedigheid om die Woord van God in die openbaar te verkondig.Daar is net een soort gebed waarvan die Bybel ons leer – die soort wat kragtige resultate het. So wanneer jy dalk vervolging in die gesig staar … bid vir vrymoedigheid en weet dat ons getroue God hoor!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textHandelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Vir die meeste van ons is vervolging iets waaraan ons nie te dikwels wil dink nie. Op ander plekke in die wêreld waar mense aktief vir hul geloof vervolg word, is dit so deel van hul lewe dat dit nie vir hulle vreemd is nie. Wat ons skok, is wanneer vervolging, wat tot dusver op ‘n veilige afstand was, op ons eie middelklas drumpel beland.Op 26 Julie 2016 is Vader Jacques Hamel, 'n 85-jarige Rooms-Katolieke priester, vermoor terwyl hy ‘n diens in 'n klein dorpie in Normandië, Frankryk, gehou het. Twee terroriste het die kerk binnegekom en nadat hulle gyselaars geneem het, het hulle vader Hamel gedwing om voor sy gemeente te knie en hom net daar tereggestel.Alhoewel dit skokkend is, is daar niks nuuts daaraan nie. Dit gebeur sedert die eerste eeu reeds met Christene.Gister het ons gesels oor Petrus en Johannes wat gearresteer en met die dood gedreig was omdat hulle mense van Jesus vertel het. Hulle het nie teruggedeins vir dreigemente nie; ook nie voldoen aan die eise van hul vervolgers nie, maar hulle het met selfvertroue van God, wat mense lief genoeg gehad het om sy enigste Seun, Jesus, na hierdie wêreld te stuur, getuig. En hulle het voortgegaan om so te bid:Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”Hulle het gevra vir vrymoedigheid om te midde van die vervolging voort te gaan om die Goeie Nuus van Jesus te verkondig. Wees dapper wanneer vervolging oor jou pad kom, want God is by jou in daardie situasie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textHandelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde. Dit is nie lekker as mense nie met jou saamstem nie. Maar wanneer hulle jou vervolg of veroordeel as gevolg van jou oortuigings, is dit ‘n heel ander saak. Dit is net menslik om ontsteld, verneder, teleurgesteld en verslae te voel as mense jou op dié wyse behandel. Maar ons lees in die Bybel dat die vervolging nog baie erger gaan word.Die vervolging van minderhede vind al eeue lank plaas. Kyk na die Joodse nasie. Deur hul geskiedenis, van die antieke tyd tot die slagting van die twintigste eeu, tot die hedendaagse konflik waarmee hulle te kampe het, het hul vyande nog altyd probeer om hulle van die aarde af te vee. Weet jy dat meer Christene in die afgelope eeu gemartel is as in die vorige negentien eeue saam? Destyds is die apostels Petrus en Johannes gearresteer en gedreig omdat hulle mense van Jesus vertel het.Handelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde.Maar hoe het hulle op die vervolging gereageer? Het hulle teruggedeins; het hulle dinge gelate aanvaar en het hulle hul klere geskeur? Nee! Hulle het hul stemme verhef om God se heerskappy oor hul vyand te verkondig. Halleluja. Ons Koning regeer!Mense kan jou dalk vervolg omdat jy in Jesus glo. Wanneer dit gebeur, praat met God, vertrou Hom, verkondig sy magtige Naam.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Ivor Jefferies
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Ivor Jefferies
Send us a textHandelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. Volgens die media is die kerk besig om te sterf. Dit laat menige belangegroepe van vreugde juig. Wat egter selde genoem word, is dat die kerk in baie dele van die wêreld vandag floreer, en inderdaad groei.So, wat dink jy? Is jy opgewonde om te sien hoe meer mense na Jesus kom, of sien jy dit dalk as die horlosie wat teruggedraai word na die slegte ou dae? In watter kamp jy ook al is, onthou dat Christene dwarsdeur die wêreld dié mense was wat weeshuise, hospitale, skole, universiteite, sorg vir armes, vir mense wat deur die gemeenskap na die kantlyn geskuif is, begin het.Die probleem is egter dat sogenaamde Christene deur die eeue hulself ook sleg gedra het. Die Kruistogte – verskriklik! Die inkwisisie – afgryslik! Moderne finansiële en kindermishandeling skandale – gewetenloos! Daarenteen, al het God se kinders, ook deur die eeue, soveel goed gedoen, soos hulle vandag nog doen – is dít grootliks ongesiens.So, wat is die oorsaak dat een kerk groei, terwyl die volgende op die wingerdstok verlep? Ons het gister alreeds na hierdie gedeelte gekyk:Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.Sommige mense sê dat die vroeë kerk destyds ‘n herlewing beleef het. Nouja, wat lees ons in hierdie versie? Wat het veroorsaak dat die gelowiges wat van huis tot huis bymekaar gekom het, vermeerder het? Wel, hulle het vrede gehad, hulle het God geëer en gehoorsaam en daarom is hulle deur sy Heilige Gees geseën en bemagtig.Dit blyk dat herlewing plaasvind wanneer Christene begin om God te eer en sy Woord te gehoorsaam!En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textHandelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. Ons leef in onstuimige tye. Jy tel 'n koerant op en lees dikwels van mense in gesagsposisies se skokkende gedrag en van kerke deurspek met finansiële en nog veel erger skandale. Wat gaan aan?Kyk, ek weet nie of jy 'n kerkganger is of nie, maar weet jy, kerke en Christene … is nie perfek nie! Trouens, hulle was nog nooit nie … reeds in die eerste eeu moes die apostel Paulus streng vermanings aan eiesinnige en swak gedissiplineerde kerke skryf.Dit is tragies, ‘n mens sou dit graag nie so wou hê nie. ‘n Mens sal tog nie dink dat die Christene, van al die mense op die planeet, so behoort te wees nie, of hoe?Hoe hanteer jy dit? Hoe stel jy dit reg, soos wat dit veronderstel is om te wees? Die vroeë kerk het swaargekry – die gelowiges was hewig vervolg. Vandag neem vervolging al hoe meer toe. Maar kyk wat was daardie eerste gelowiges se geheim: Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.Om God te vrees beteken nie om vir Hom bang te wees nie, dit beteken om Hom te respekteer, om Hom te eer, om Hom te gehoorsaam. Nouja, vir 'n buitestaander lyk sommige van die dinge wat Christene glo, snaaks of onaanvaarbaar. Maar weet jy, hierdie een ding is seker: wanneer God se kinders Hom eer, in plaas daarvan om “godsdiens te speel”, gebeur goeie dinge, werklik goeie dinge.En al haal hulle nie die pers nie, is daar baie wonderlike dinge aan die gang. Dit is wat gebeur wanneer God se kinders in die vrees van die Here wandel.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Handelinge - Amo- O'Kennedy - O6 October 2024 by Shofar George Sermons
Handelinge - Amo - O'Kennedy - 22 - September - 2024 by Shofar George Sermons
Amo - O'Kennedy - Handelinge - 15 - September - 2024 by Shofar George Sermons
Send us a textHandelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Ons weet baie keer alte goed dat ons lewens nie is, wat dit behoort te wees nie; dat ons in sekere areas beter moet vaar. Maar dit is so moeilik as jy so baie hooi op jou vurk het. Iets bly altyd in die slag.En wat doen jy om voor te bly? Jy neem ‘n kortpad hier en maak 'n kompromie daar, net om kop bo water te hou. En as jy in Jesus glo, wel … dan eis Hy nog boonop gehoorsaamheid van jou. Hy sê ons moet aaklige mense liefhê en selfs 'n goddelike voorbeeld stel. Die eise lyk eindeloos. Jy probeer al hoe harder en op die ou end is jy stokflou. En wat gebeur nou? Jy voel skuldig en jy verwyt jouself oor al jou mislukkings.Ja, my vriend, daardie druk om op verskeie terreine te presteer, vreet aan jou. Dit eis sy tol. As ek maar net 'n beter mens kon wees. As ek net baie meer soos Jesus kon wees. Maar kom sê my, presies op watter stadium het jy tot die gevolgtrekking gekom dat dit alles van jóú afhang; dat jý dit alles alleen moet doen?Hoe het Jesus sy getraumatiseerde dissipels bemoedig? Hy het hierdie manne, wat beleef het hoe Hy onregverdig skuldig bevind, wreed gekruisig en wonderbaarlik opgewek is, getroos met die woorde:Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”En daardie Heilige Gees krag is ook vir jou, en vir my en inderdaad vir elkeen wat op Jesus vertrou, beskikbaar. Krag om Heilig te leef. Krag om die persoon te word wat Hy jou gemaak het om te wees. Krag om goed te doen, lief te hê, om sy Lig in hierdie verlore en seer wêreld te laat skyn.Jy hoef dit nie alleen aan te pak nie. Jy sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor jou kom,Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Amo - O'Kennedy - Handelinge - 11 - Augustus - 2024 by Shofar George Sermons
Send us a Text Message.1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om 'n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat behep is met supersterre … met die aantreklike mense, met die suksesvolle mense, met diegene wat toevallig die meeste aandag in die media trek … terwyl die res van ons geïgnoreer word.Hopelik smag jy nie na erkenning nie en hoef jy nie na ander mense se pype te dans nie. Maar aan die anderkant is dit ook nie lekker om geïgnoreer te word nie. Ander mense is in die kollig, maar dit lyk asof niemand jou raaksien nie - jou vermoëns, jou opofferings, jou bydraes is nie vir ander mense belangrik nie.Daar is 'n interessante karakter in die Nuwe Testament van wie die meeste van ons nog nooit gehoor het nie...1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om 'n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV)Wie de drommel is Sostenes? Wel, volgens Handelinge 18:17 was hy die hoof van die sinagoge in Korinte. 'n Woedende skare het tydens Paulus se verhoor voor Gallio, vir Sostenes voor die Romeinse regbank gegryp en aangerand. Dit is al wat ons van hom weet. En hier sien ons dat hy (ten spyte van daardie verskriklike ervaring) saam met die apostel Paulus, een van die Bybel se belangrike manne, reis.Dink jy dat God hom ook nie geken het nie, net omdat ons nie veel van hom weet nie? 'Sostenes' is nie juis 'n algemene naam nie, is dit? Dink jy dat God nie gesien het hoe hy gely het en wat sy bydrae was nie? Dink jy dat hy nie op hierdie oomblik in die Here se Teenwoordigheid is en sy beloning ontvang nie?Nee, ons is nie almal supersterre in die wêreld se oë nie. Ons was nooit veronderstel om te wees nie. Maar ons sterstatus is nie vir Jesus belangrik nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Algemene Sinode van die GKSA is 'n bybelse instelling wat Paulus reeds in Handelinge 15 begin het. Wat is 'n gereformeerde sinode, en hoekom is dit nodig dat afgevaardigdes vergader? Wat is die binnewerke van hierdie kerklike vergaderings? Hoekom moet kerke van dieselfde denominasie bymekaar kom om te vergader oor kerklike sake? Verskillende denominasies het verskillende soorte kerkbestuurstelsels. Hoekom is ons oortuig dat ons kerkbestuurstelsel reg en belangrik is, en watter gesag het die sinode?