POPULARITY
Georganiseerde arbeid sê migrante moet nie blameer word vir Suid-Afrika se ekonomiese probleme nie. Die sektor glo werkloosheid en armoede word veroorsaak deur ekonomiese mislukkings, korrupsie en swak regering. Vakbondfederasies waarsku toenemende anti-migrantesentiment verdeel werkers en mag nie tot geweld of vergeldingsaanvalle lei nie. Die algemene sekretaris van die vakbondfederasie Saftu, Zwelinzima Vavi, het die beplande protes op 30 Junie teen ongedokumenteerde immigrante verwerp en werkers aangespoor om vir diens aan te meld:
Bongani Bingwa speaks with General Secretary of the South African Federation of Trade Unions (SAFTU), Zwelinzima Vavi, about South Africa’s largest labour federations saying anger over jobs and services is real but warning that migrants are being wrongly blamed for structural economic failures. 702 Breakfast with Bongani Bingwa is broadcast on 702, a Johannesburg-based talk radio station. Bongani makes sense of the news, interviews the key newsmakers of the day, and holds those in power to account on your behalf. The team brings you all you need to know to start your day Thank you for listening. Listen live on Primedia+ weekdays from 6 am to 9 am (SA Time) https://buff.ly/gk3y0Kj For more from the show and catch-up podcasts, visit Primedia+ here https://buff.ly/zEcM35T Subscribe to the 702 Daily and Weekly Newsletters https://buff.ly/v5mfetc Let’s keep the conversation going online: 702 on Facebook: https://www.facebook.com/TalkRadio702 702 on TikTok: https://www.tiktok.com/@talkradio702 702 on Instagram: https://www.instagram.com/talkradio702/ 702 on X: https://x.com/Radio702 702 on YouTube: https://www.youtube.com/@radio702 See omnystudio.com/listener for privacy information.
Jacob Moshokoa speaks to FEDUSA Deputy General Secretary Ashley Benjamin about a new NEDLAC labour statement rejecting claims that migrants are to blame for South Africa’s economic crisis, warning against xenophobia and urging worker unity, stronger state systems and lawful migration management ahead of the 30 June national action.See omnystudio.com/listener for privacy information.
The South African Federation of Trade Unions, SAFTU has strongly condemned US President Donald Trump's threats against Iran, calling them "reckless and dangerous". Trump issued a stark ultimatum to Iran, warning that a "whole civilization will die" if Tehran fails to meet his demands, including reopening the Strait of Hormuz. The federation warns that Trump's rhetoric represents a real and present danger to global peace. We spoke to SAFTU General Secretary, Zwelinzima Vavi...
Die vakverbond Saftu sê die SABC is nie die regerende party se spreekbuis nie en mag dit nooit word nie. Die openbare uitsaaier loop deur onder kritiek oor sy besluit om die gewilde politieke geselsprogram, Face the Nation, weens vermeende politieke druk te sluit. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê hierdie verwikkeling is nie ʼn geïsoleerde voorval nie, maar deel van ʼn lang en ontstellende patroon van politieke inmengery, sensorskap en manipulasie by die SABC:
Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging van meer as 70-persent is. Asive Dyani van Saftu sê hoewel die verhoging volgens prosedure kan wees, is die Parlement nie uitgesluit van politieke en etiese verantwoordelikheid om aan die publiek verslag te doen nie:
Die vakbondfederasie Saftu sê die instorting van die gebou in Ormonde in die suide van Johannesburg weerspieël 'n dieper krisis in die land se bousektor. Agt werkers is Maandag dood toe 'n gedeelte van die gebou wat nog in aanbou was, ingetuimel het. Een persoon word steeds vermis. Woordvoerder Asive Dyani eis 'n nasionale oudit van hoërisiko-bouterreine sowel as die versterking en uitbreiding van die Arbeidsinspektoraat:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van Suid-Afrika se minerale rykdom herhaal, en sê minerale behoort aan die mense, nie aan private mynbougroepe nie:
Die vakbondfederasie, Saftu, sê die land se ekonomie staan nie net stil nie, dis struktureel nie in staat om selfs ʼn deel van die jaarlikse toetreders tot die arbeidsmag te hanteer nie. Volgens die September 2025-verslag oor kwartaallikse indiensneming en vergoeding, het indiensneming in die formele sektor op ʼn jaargrondslag met 79 000 werksgeleenthede afgeneem. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê dis kommerwekkend dat afleggings in talle bedrywe plaasgevind het:
Die vakbondfederasie Saftu sê die regering moet meer doen om die toenemende krisis te verhoed van blootstelling aan plaagdoders, voedselbesmetting en die verwoestende gesondheidsgevolge vir plaaswerkers en landelike gemeenskappe. 'n Onlangse studie het bevind dat 67 plaagdoders, wat reeds in Europa verbied is, steeds na Suid-Afrika uitgevoer en hier gebruik word. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê gevaarlike plaagdoders veroorsaak buitengewoon erge skade aan mense se gesondheid en die omgewing:
Die vakbondfederasie, SAFTU het die beduidende vordering verwelkom wat die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur gemaak het om die boumafia vas te vat. Minister Dean Macpherson het vroeër aangekondig dat sedert die regering se gekoördineerde reaksie in November 2024 begin het, daar 770 aangemelde gevalle van bouverwante afpersing en intimidasie regoor die land was. Asive Dyani van SAFTU sê 241 arrestasies is gemaak en 176 individue is skuldig bevind in verband met die sake:
SAFTU General Secretary, Zwelinzima Vavi has slammed Finance Minister Enoch Godongwana's Medium-Term Budget Policy Statement. Vavi says the budget reads straight from the DA's economic playbook and favours the wealthy and shoves the marginalised majority deeper into unemployment, poverty and inequality. Mr. Vavi spoke to Elvis Presslin to elaborate further on his sentiments.
Die vakbondfederasie Saftu het die deurslaggewende verslag van die G20-paneel van kundiges oor Wêreldwye Ongelykheid verwelkom. Die verslag ondersoek die oorsake en die dryfvere van ongelykheid, en sit deurdagte en pragmatiese stappe uiteen om dit te bekamp. Asive Dyani van Saftu sê Suid-Afrika sal een van die wêreld se ongelyke lande bly totdat die regering afsien van besuiniging, elite-gebaseerde bemagtiging en korrupsie en 'n werkersgeleide sosialistiese transformasie aanvaar wat gegrond is op herverdeling en waardigheid:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het Eskom se aankondiging sterk veroordeel om teen Maart 2026 'n halfmiljoen slimmeters te installeer, ten spyte daarvan dat hulle slegs 278 000 in voorraad het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê dié Eskom-plan is teen-armoede, en 'n inkomstegedrewe obsessiewe beleid wat invordering bo diens, straf bo solidariteit en winste bo mense plaas:
The South African Federation of Trade Unions, SAFTU has condemned the theft and trafficking of essential medicines, including antiretrovirals, discovered in a bus crash in Limpopo that claimed 43 lives. SAFTU says this criminal activity endangers lives and undermines healthcare. Bongiwe Zwane spoke to SAFTU National Spokesperson, Newton Masuku...
Die vakbond Saftu sê president Donald Trump van Amerika se onlangse opmerkings oor klimaatsverandering is roekeloos en kom neer op ʼn gevaarlike vorm van klimaatsontkenning en imperialistiese arrogansie. Trump het vroeër die week in ʼn skerp aanval op die Verenigde Nasies gesê klimaatsverandering is die grootste skelmstreek wat nog ooit op die wêreld afgedwing is. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê terwyl Trump met hernubare energie spot, beleef werkers en arm gemeenskappe ongekende klimaatsrampe:
Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September wat tot 3 500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê die werksverliese word veroorsaak deur neo-liberale beleide, besnoeiings en korporatiewe gierigheid:
Die vakbondfederasie, Saftu, het kommer uitgespreek oor die energiereguleerder, Nersa, se skikkingsooreenkoms van 54-miljard Suid-Afrikaanse rand met Eskom. Dit volg nadat Nersa ʼn fout begaan het in die berekening van die kragvoorsiener se inkomste vir die huidige en volgende twee boekjare. Ná die prysbepaling se hersiening verhoog die tarief in elk van die volgende twee jare met 8,8-persent, wat drie keer hoër is as die verwagte verbruikers-inflasiekoers. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê dis nog ʼn terugslag vir die werkersklas en arm huishoudings:
The South African Federation of Trade Unions, SAFTU has expressed alarm over a new settlement between the National Energy Regulator and Eskom. The agreement grants Eskom an extra R54 billion in revenue over the Sixth Multi-Year Price Determination period. SAFTU says, while the deal corrects technical errors, it places a heavy burden on workers and poor households already struggling with austerity, joblessness and soaring living costs. Joining us now is SAFTU General Secretary, Zwelinzima Vavi, to unpack the implications of this decision...
Saftu doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om 'n nasionale noodvergadering te belê om die besluit van president Donald Trump te bespreek om 'n straftarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê Ramaphosa moet uiteenlopende handel bespoedig, die vryhandelsgebied van die Afrika-vasteland ten volle benut en ekonomiese bande sluit met Latyns-Amerika, Asië en die Globale Suide:
Vier groot federasies, Cosatu, Saftu, Fedusa en Nactu, sê die Trump-era se handelsoorlog ontbloot die gevolge van tariewe wat as wapens gebruik word. Suid-Afrika is een van talle lande wat hoë Amerikaanse tariewe verwag terwyl dié land sy eie vervaardigers en arbeidsmag probeer beskerm. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die antwoord is nie ʼn terugkeer na ongereguleerde globalisering nie, maar ʼn handelstelsel wat gebaseer is op eendragtigheid en gelykheid:
Stephen Grootes discusses the SARB's 25 basis point repo rate cut to 7.25% with Mpho Molopyane, Chief Economist at Alexforbes Investments, Herschel Jawitz, CEO of Jawitz Properties, and Zwelinzima Vavi, General Secretary at SAFTU, exploring the potential impact on the economy. The Money Show is a podcast hosted by well-known journalist and radio presenter, Stephen Grootes. He explores the latest economic trends, business developments, investment opportunities, and personal finance strategies. Each episode features engaging conversations with top newsmakers, industry experts, financial advisors, entrepreneurs, and politicians, offering you thought-provoking insights to navigate the ever-changing financial landscape. Thank you for listening to a podcast from The Money Show Listen live Primedia+ weekdays from 18:00 and 20:00 (SA Time) to The Money Show with Stephen Grootes broadcast on 702 https://buff.ly/gk3y0Kj and CapeTalk https://buff.ly/NnFM3Nk For more from the show, go to https://buff.ly/7QpH0jY or find all the catch-up podcasts here https://buff.ly/PlhvUVe Subscribe to The Money Show Daily Newsletter and the Weekly Business Wrap here https://buff.ly/v5mfetc The Money Show is brought to you by Absa Follow us on social media 702 on Facebook: https://www.facebook.com/TalkRadio702 702 on TikTok: https://www.tiktok.com/@talkradio702 702 on Instagram: https://www.instagram.com/talkradio702/ 702 on X: https://x.com/CapeTalk 702 on YouTube: https://www.youtube.com/@radio702 CapeTalk on Facebook: https://www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: https://www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: https://www.instagram.com/ CapeTalk on X: https://x.com/Radio702 CapeTalk on YouTube: https://www.youtube.com/@CapeTalk567 See omnystudio.com/listener for privacy information.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê vryheid sonder ordentlike werk, ekonomiese geregtigheid, waardigheid, veiligheid, behuising, en toegang tot gehalte openbare dienste is nie werklike vryheid nie. SAFTU se woordvoerder, Newton Masuku, sê Suid-Afrika staan op die rand van 'n mislukking. Hy sê die werklike omstandighede van die werkersklas het tot onverdraagsame vlakke vererger. Masuku sê alhoewel die politieke reg om te stem in 1994 behaal is, is ekonomiese bevryding brutaal uitgestel:
Die vakverbond Saftu vra werkers om die voorgestelde wysigings aan arbeidswette te verwerp, aangesien dit werkgewers bevoordeel en werkersregte verswak. Die organisasie sê die nuwe konsepkode sal onregverdige afdankings toelaat, veral in klein ondernemings, regverdige verhoorprosesse verwyder, en dit makliker maak om werkers op proeftyd of dié wat as onaanpasbaar beskou word, af te dank. Saftu se woorvoerder, Newton Masuku, waarsku dat die veranderings ook die reg op stakings en betogings bedreig:
Stephen Grootes discusses the implications of the unchanged repo rate with Zwelinzima Vavi, General Secretary at SA Federation of Trade Unions, as labour unions push for a shift in the South African Reserve Bank's monetary policy to stimulate economic growth. The Money Show is a podcast hosted by well-known journalist and radio presenter, Stephen Grootes. He explores the latest economic trends, business developments, investment opportunities, and personal finance strategies. Each episode features engaging conversations with top newsmakers, industry experts, financial advisors, entrepreneurs, and politicians, offering you thought-provoking insights to navigate the ever-changing financial landscape.Thank you for listening to The Money Show podcast.Listen live - The Money Show with Stephen Grootes is broadcast weekdays between 18:00 and 20:00 (SA Time) on 702 and CapeTalk. There’s more from the show at www.themoneyshow.co.za Subscribe to the Money Show daily and weekly newslettersThe Money Show is brought to you by Absa. Follow us on:702 on Facebook: www.facebook.com/TalkRadio702 702 on TikTok: www.tiktok.com/@talkradio702702 on Instagram: www.instagram.com/talkradio702702 on X: www.x.com/Radio702702 on YouTube: www.youtube.com/@radio702CapeTalk on Facebook: www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: www.instagram.com/capetalkzaCapeTalk on YouTube: www.youtube.com/@CapeTalk567CapeTalk on X: www.x.com/CapeTalkSee omnystudio.com/listener for privacy information.
Clement Manyathela hangs out with Zwelinzima Vavi, who is the General Secretary of the South African Federation of Trade Unions, to reflect on his life and career. See omnystudio.com/listener for privacy information.
Die vakbond-federasie Saftu veroordeel ten sterkste die vakbond Solidariteit se roekelose oproep op die Amerikaanse president, Donald Trump, om druk op die Suid-Afrikaanse regering te verskerp oor wat hy rassewette noem. Dit volg ná Solidariteit se aanval op beleide soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende optrede. Saftu se woordvoerder, Newton Masuku, sê Solidariteit se optrede weerspieël AfriForum se onlangse misleidende veldtog teen die Onteieningswet, waarin beweer is die wet bedreig eiendomsreg en teiken wit boere.
Zwelinzima Vavi is the General Secretary of the South African Federation of Trade Unions and he joins Dan Corder to express his view that the Zama Zama situation in Stilfontein resembles a massacreSee omnystudio.com/listener for privacy information.
Saftu doen 'n beroep op alle progressiewe magte om aan te sluit by die stryd teen die beëindiging van kontrakte vir werkers van 55-jaar en ouer wat deel is van die Gemeenskapswerkprogram. Saftu se woordvoerder, Mogoshadi Maserumule sê Suid-Afrikaners kan gesamentlik aandring op 'n regering wat mense bo winste stel en waardigheid vir alle werkers verseker, ongeag hul ouderdom. Sy sê baie van hierdie werkers is sedert die ontstaan van die program in 2010 deel daarvan en vul die kritieke leemtes wat deur vakatures in die regering veroorsaak word:
Stephen Grootes speaks to Zwelinzima Vavi, the General Secretary of the South African Federation of Trade Unions about his personal stories of his first jobs, early money lessons, and his approach to managing finances."See omnystudio.com/listener for privacy information.
Saftu sê die regering se strategie van die afgelope 30 jaar kon ongelukkig nie daarin slaag om die ekonomiese groei te bereik wat benodig word om die katastrofiese vlakke van werkloosheid aan te pak nie. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê met die sogenaamde regering van nasionale eenheid, is daar geen moontlikheid vir 'n verandering in die land se ekonomiese rigting nie. Sy sê indiensnemingsyfers in die derde kwartaal se Kwartaallikse Arbeidsmagopname beïndruk die federasie glad nie.
SAFTU eis onmiddellike aanspreeklikheid en geregtigheid vir die slagoffers en families wat deur die listeriose-uitbreking in 2017 en 2018 geraak is, wat die dood van meer as 200 mense veroorsaak en meer as 'n duisend ernstig siek gelaat het. SAFTU se woordvoerder, Mogoshadi Maserumule, sê dit is nou meer as ses jaar sedert die tragedie, maar Tiger Brands ontduik steeds sy verantwoordelikheid en slagoffers word sonder die geregtigheid gelaat wat hulle verdien:
Saftu sê hy bly diep teleurgesteld dat talle leerders in landelike provinsies steeds die bykomende las dra van onvoldoende skoolvervoer. Die woordvoerder van Saftu, Mogoshadi Maserumule sê die federasie doen 'n beroep op die Departement van Basiese Onderwys om dringend aandag aan dié kwessies te gee. Sy sê toeganklike, veilige en betroubare vervoer vir alle leerders is noodsaaklik, en nie net 'n reg nie:
Die vakbondfederasie Saftu het die hoë inkomste van banke se uitvoerende hoofde veroordeel. Die woordvoerder, Mogoshadi Maserumule, sê onlangse syfers het getoon die vergoeding van bestuurslui van die land se vier groot banke beloop miljoene. Sy sê in die 2023-boekjaar het Investec se uitvoerende hoof, Fani Titi, 175-miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar verdien, of 475 452-rand per dag, wat meer as 'n gemiddelde werker se jaarlikse salaris is.
Die vakverbond Saftu sê die Wes-Kaapse onderwys-departement se besluit om 2 400 onderwysposte te skrap sal die onderwyskrisis in die provinsie laat verdiep. Die federasie meen die besnoeiings sal lei tot ernstige onderwysertekorte, oorvol klaskamers, en 'n afname in die gehalte van onderwys, wat 'n negatiewe uitwerking sal hê op leerders en gemeenskappe. Newton Masuku van Saftu waarsku ook teen die ekonomiese nagevolge, omdat die onderwysers wat geraak word aansluit by miljoene mense wat reeds onder die broodlyn leef.
Saftu calls on education department to ensure workers' rights are upheld at Educor colleges by Radio Islam
Die vakbondfederasie, Saftu, sê hy is ontsteld oor die afknouery en kritiek oor die burgerskap van die Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina. Sy is die middelpunt van ʼn polemiek oor haar geskiktheid om aan die kompetisie deel te neem omdat haar pa ʼn Nigeriër en haar ma ʼn Suid-Afrikaner van Mosambiekse afkoms is. Die 23-jarige skoonheid is in die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal gebore en het in Soweto grootgeword. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Adetshina se burgerskap behoort nie bevraagteken te word nie.
Die vakbondfederasie, Saftu, veroordeel adjunkpresident Paul Mashatile se opmerking dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die privaat sektor verkoop word. Hy het in ʼn onderhoud gesê die regering is nie in die lugvaartbedryf nie, daarom is dit dalk beter om privaat spelers aan boord te bring om die SAL weer winsgewend te maak. Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, sê Mashatile se opmerkings is roekeloos en klink soos iemand wat hom ten koste van die publiek in die privaat sektor gewild wil maak:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die Departement van Hoër Onderwys beskuldig dat hy onverantwoordelik is na hy 580 miljoen Suid-Afrikaanse rand se fondse wat nie spandeer is na die Nasionale Tesourie teruggestuur het. Dit het tydens die voormalige minister Blade Nzimande se ampstermyn gebeur. Die geld kon 9 071 studente vir 'n volle akademiese jaar onderhoud het. Die departement het terselfdertyd jaarliks 7 miljoen rand aan 30 geskorste werknemers betaal. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku sê die onderbesteding is wanbestuur aan die kant van die departement:
Die vakbondfederasie Saftu vra 'n onmiddellike vermindering in taxi- en bustariewe in Suid-Afrika ná die jongste verlaging in die brandstofprys. Volgens die federasie bly openbare vervoertariewe onveranderd, ten spyte van laer brandstofpryse, en dit plaas voortgesette finansiële druk op werkersklaspendelaars. Trevor Shaku van Saftu vra die regering om in te gryp en te verseker dat verlaagde brandstofpryse tot laer vervoeruitgawes lei, en sodoende lewenskoste vir werkers verlig:
Saftu bepleit gratis basiese elektrisiteit te midde van Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van 36,15-persent vir volgende jaar. Die federasie is gekant teen die verhoging, soos uiteengesit in 'n vertroulike konsepdokument aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, wat ook daaropvolgende verhogings in 2026, 2027 en 2028 insluit. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê hierdie verhogings, en die onlangse verhogings, hou 'n ernstige finansiële las vir verbruikers in, veral die miljoene werkersklashuishoudings:
Saftu skryf Suid-Afrika se werkskeppingstekorte aan strukturele ekonomiese kwessies toe. Die jongste kwartaallikse indiensnemingstatistieke toon 'n eerste kwartaal-afname van 0,6-persent in formele nie-landbou indiensneming. Die federasie sê ondanks groei in informele handel en sektore soos gemeenskaps- en sakedienste, kwyn werksgeleenthede weens voortdurende afleggings in mynbou en vervaardiging. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ekonomie sukkel om werk vir nuwe werkers te skep te midde van die afleggings:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die brandstofprysverlaging verwelkom en merk op dit bring minimale verligting. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die pryse bly 45-persent hoër as voor die Russies-Oekraïense konflik in 2022 eskaleer het. Hy sê ondanks hierdie verlagings staar Suid-Afrikaners steeds hoë rentekoerse en beurtkrag in die gesig, wat klein ondernemings en huishoudings steeds onder druk plaas:
Saftu sê die Suid-Afrikaanse regering moet alle kleinskaalse vissers beskerm om aan al die regulasies vir veiligheid te voldoen. Elf mense is dood nadat die MFV Lepanto aan die Houtbaaise kus gesink het. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê die federasie is diep bekommerd oor die veiligheid van werkers ter see en vra 'n indringende ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Maritieme Owerheid om die oorsaak van die tragiese ongeluk te bepaal.
Die buurland se vakbondfederasie Saftu sê die regering moet die land se openbare gesondheidstelsel versterk sodat dit aan die akkreditasievereistes van die Nasionale Gesondheidsversekering voldoen. Gesondheids-instellings word landwyd negatief geraak deur besnoeiingsmaatreëls wat veroorsaak dat poste nie gevul word nie en ernstige tekorte aan fondse ontstaan. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die hooffokus moet op primêre sorgvlakke wees, van huishoudings en klinieke na distrikshospitale binne die distriksgesondheidstelsel:
Die vakbondfederasie Saftu doen 'n oproep op die regering om werkgewers te penaliseer wat versuim om pensioenfondsgeld oor te betaal wat van werknemers afgetrek is. Dié oproep volg ná die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor van 'n lys van ongeveer vier-duisend-200 geregistreerde maatskappye bekend gemaak het wat nié pensioenfondsbydraes van altesaam sewe-miljard-rand oorbetaal het nie. Trevor Shaku van Saftu sê, dié nie-nakoming van die Pensioenfondswet is nie net 'n wetlike oortreding nie, maar het ook beduidende maatskaplik-ekonomiese gevolge. Shaku sê baie werkers maak staat op dié fondse vir maatskaplike verligting nadat hulle ophou werk het:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, is verontwaardig oor die Departement van Basiese Onderwys se versuim om 31 000 vakante poste landwyd te vul, en sê dis as gevolg van wanbestuur en besparingsbeleide. Die woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ongevulde poste vererger opvoeders se werklading, wat lei tot uitbranding en negatiewe onderwysuitkomste. Shaku het die slegte gevolge van oorvol klaskamers vir opvoeders en leerders beklemtoon. Hy het die regering gekritiseer omdat hy nie openbare dienslewering prioritiseer nie.
Die buurland se vakbondfederasie Saftu sê hulle speel steeds 'n deurslaggewende rol in die verdediging van die regte van werkers, die stryd teen ongeregtighede in die werkplek en die bevordering van die maatskaplik-ekonomiese belange van werkers. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die teenstrydighede binne die drieparty-alliansie bedreig steeds Cosatu se vermoë om werkers te verteenwoordig:
In die buurland is die vakbond-groep Saftu uiters bekommerd oor die 23-miljard Suid-Afrikaanse rand wat deur die Arbeidaktiveringsprogram toegewys word aan sogenaamde werkskeppingskemas. Die geld kom van die Werkloosheidversekeringsfonds. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê dis moontlik dat hierdie programme nou ingespan word omdat die indiensneming-minister, Thulas Nxesi, en sy meelopers geld vir die verkiesing probeer insamel vir die ANC.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het teenstand uitgespreek teen die vermeende privatisering van energievoorsiening te midde van hervormings in die energiesektor. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê terwyl Eskom direkte privatisering ontken, voer die vakbond aan hervormings kan tot privaat eienaarskap van energieproduksie lei. Hy het Saftu se toewyding tot 'n openbare benadering tot die energiekrisis benadruk, en sê die federasie beywer hom vir Eskom se herlewing en belegging in hernubare energie: