Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

Jean-Louis gesels met Hendrik Dames, bemarkingsbestuurder van Feedmaster en onafhanklike kundige raadslid op die FMD Support Fund. Wat presies is die FMD Support Fund? Is dit 'n regeringsfonds, wat is die doel daarvan, en waarom is dit belangrik dat ondernemings en die publiek betrokke raak? Hendrik verduidelik hoe Namibiërs kan bydra tot die stryd teen bek-en-klouseer en ondersteuning bied aan die bedryf.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma's Blues Rescue en Irma's Heartbreak Rescue, en hoe emosionele gesondheid 'n belangrike rol in ons algehele welstand speel. Die Irma's Rescue Reeks is ontwerp om ondersteuning te bied tydens moeilike, emosionele en hartseer tye in die lewe. Die Irma's Rescue Reeks is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting, besoek www.irma's.co.za of stuur 'n e-pos aan info@livingnaturally.co.za.

Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou Unie, gesels oor die huidige bek-en-klouseer-situasie in Namibië. Wat kan gedoen word om verdere verspreiding te voorkom, wat beteken die beperkings vir boere en vleisuitvoere, en wat moet verbruikers weet oor vleis, melk en moontlike prysstygings? Luister na die volledige gesprek van Die Ene Ore op Kosmos 94.1.

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië kan ekonomiese gevolge hê wat veel verder strek as net die landbou- en veebedryf. Beperkings op veebewegings, bemarking, slagting en uitvoere kan druk plaas op produsente, vleispryse, werksgeleenthede en die breër ekonomie. Maar hoe groot kan die impak wees indien die situasie voortduur? En wat kan dit vir Namibië se uitvoere en ekonomiese groei beteken? Rome Mostert, medestigter en direkteur van Cirrus Capital, gesels oor die moontlike ekonomiese gevolge van die bek-en-klouseer-uitbreking en wat die langertermyn-impak vir Namibië kan wees.

Goeie nuus vir Namibiese werkers: Sekere voordele van die Maatskaplike Voorsorgkommissie word vanaf 1 Oktober verhoog. Maar wat beteken hierdie veranderinge prakties vir jou? In hierdie gesprek bespreek ons die verhoogde kraam-, siekte-, aftree-, ongeskiktheids- en sterftevoordele. Wie kwalifiseer, hoeveel kan jy ontvang en gaan jou maandelikse bydrae verander? Vandag gesels ons met Ben Nangombe, waarnemende uitvoerende hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, om dié en ander belangrike vrae oor die nuwe voordele te beantwoord.

Jean-Louis Knouwds gesels oor die jongste bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, nadat die siekte onder beeste op 'n kommersiële plaas in die Karasburg Staatsveeartsenydistrik bevestig is. Wat is bek-en-klouseer presies, hoe versprei die siekte en hoe ernstig is dit? Ons kyk ook na die impak van die uitbreking op boere, die Namibiese veebedryf en die breër publiek, asook wat die landwye opskorting van die beweging van gespletehoefdiere en hul produkte beteken.

Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM en hoe dit moontlik kan help met alledaagse liggaamspyn en seer gewrigte. Of jy nou 'n atleet is met seer knieë, of iemand wat daagliks met gewrigspyn en pyn in jou liggaam sukkel – ThreshHold kan moontlik 'n rol speel, maar dit is belangrik om dit korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek om meer uit te vind. Vir meer inligting, besoek www.threshhold.co.za of stuur 'n e-pos aan info@livingnaturally.co.za.

Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder 'n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. 'n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein dade 'n groot verskil in iemand se lewe kan maak.

Op Wêreld-renosterdag gesels ons met Simson Uri-Khob, hoofuitvoerende beampte van Save the Rhino Trust, oor vanjaar se tema: “Keep the Five Alive.” Ons kyk na Namibië se sukses met die bewaring van vrylopende swartrenosters, die grootste bedreigings vir ons renosterbevolking, en hoe plaaslike gemeenskappe, veldwagters en moderne tegnologie 'n belangrike rol speel in die beskerming van hierdie ikoniese diere.

Ter viering van Nasionale Mondgesondheidsweek gesels Laimi met Marceline Robyn oor die belangrikheid van goeie mondgesondheid. Hulle bespreek waarom gereelde tandheelkundige ondersoeke belangrik is, asook praktiese wenke oor hoe om jou tande en glimlag behoorlik te versorg. Goeie mondgesondheid is 'n belangrike deel van jou algemene gesondheid. 'n Bietjie ekstra aandag aan jou tande vandag kan 'n groot verskil aan jou gesondheid môre maak.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN en hoe dit gebruik word as deel van 'n gesonde leefstyl. Hulle bespreek die produk, waarvoor dit gebruik word en waarom dit belangrik is om enige gesondheidsproduk korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek vir meer inligting en praktiese raad.

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, 'n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en 'n hart om terug te gee. Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis 'n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die spore wat 'n mens in ander se lewens kan laat.

Vandag op Gemeenskap Kalender gesels Elmero Strauss met Christelle en Sima oor Walk for Sight, 'n besonderse bewusmakings- en fondsinsamelingsstap wat op 10 Oktober plaasvind. Hulle vertel meer oor waarom hierdie inisiatief so belangrik is, hoe dit 'n verskil maak en hoe die gemeenskap kan saamstap vir 'n goeie doel.

Mark gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Jean-Louis gesels met Patrick de Goede, 'n voorstander van geestelike welstand, oor September as Selfmoordvoorkomingsmaand. Hulle bespreek die waarskuwingstekens waarna ons moet oplet, hoe om 'n gesprek met iemand te begin wanneer ons bekommerd is, en waar mense hulp en ondersteuning kan kry.

Diep, roerend en ontsettend inspirerend!

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die belangrike rol wat die lewer in ons algemene gesondheid speel. Dr Vogel het die lewer die reguleerder van menslike gesondheid genoem. In dié gesprek kyk Jean-Louis en Estie na hierdie kosbare orgaan, hoe ons dit kan ondersteun en na A.Vogel Boldocynara, 'n kruietonikum wat die funksie van die lewer en galblaas ondersteun. A.Vogel Boldocynara is sonder voorskrif by apteke beskikbaar. Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za of stuur 'n e-pos aan info@livingnaturally.co.za.

Elmero Strauss gesels weer met Werner van Zyl op Maak Spore. Hulle vang op ná hul vorige gesprek en kyk na hoe Werner se Bly in Jou Baan-boodskap oor tyd gegroei het. Werner deel wat die afgelope tyd vir hom uitgestaan het, die lesse wat hy geleer het en waarna ons in die jaar wat voorlê kan uitsien.

Jean-Louis en Laimi gesels met Anchen Wille van die Anchen Wille Dance Academy oor hul nuwe produksie, Disney on Stage! Ontdek wat jy kan verwag van hierdie kleurvolle vertoning vol dans, musiek en geliefde Disney-karakters. 'n Gesprek oor die magie van Disney, dans en 'n produksie wat die verhoog by die NTN gaan laat leef.

Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy van Die Voortrekkers Namibië oor 'n besondere mylpaaljaar – 95 jaar van Die Voortrekkers in Namibië. Hulle gesels oor die 2026-jaartema, “Voortrekkers as Ligdraers in die Wêreld”, en die nuwe feesjaarlied, “Rotsvas” deur Adam Tas. 'n Gesprek oor tradisie, waardes, leierskap en die rol van Die Voortrekkers in Namibië.

Laimi gesels met The ELL'S oor hul splinternuwe album, “Salt, Wind & Fire”, wat nou amptelik uit is! Ontdek meer oor die album, die musiek en dalk selfs jou nuwe gunstelingliedjie. Luister saam na die gesprek en vier nuwe Namibiese musiek.

Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Bio-Strath, een van haar mees geliefde produkte. Hulle gesels oor die produk, die unieke samestelling daarvan en waarom dit volgens Estie 'n belangrike deel van 'n mens se gesondheid en welstand kan wees. Bio-Strath is beskikbaar by apteke in stroop- en tabletvorm en is geskik vir die hele gesin. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za of stuur 'n e-pos aan info@livingnaturally.co.za.

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Desiree Eises, 'n rekeninge-konsultant in Windhoek, aspirerende sangeres en 'n vrou wat haar stem gebruik om ander vroue te bemoedig. Hulle gesels oor haar persoonlike reis, die uitdagings en geleenthede wat haar gevorm het, asook die rol van geloof, groei en moed in haar lewe. 'n Eerlike gesprek oor waar sy vandaan kom, waar sy vandag staan en die spore wat sy op pad vorentoe wil maak.

Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Francois Hanekom Jnr. het geskiedenis gemaak deur die jongste speler nóg te word om die Wanderers Ope-toernooi te wen. Op pad na die titel het hy van Namibië se topspelers geklop, insluitend Kyle Kriel, Le-Hugo van Rooyen en die Namibiese nommer een, Arno Diekmann. Ons gesels met die jong muurbalster oor sy merkwaardige oorwinning, die voorbereiding wat hom tot die titel gelei het en sy ambisies en drome vir die toekoms.

Clive Bergh van Let's Go Hiking Namibia vertel van sy unieke reis van vlieënier tot stap- en toergids. Hy deel sy passie vir die buitelewe, die ongelooflike avonture wat hy saam met stappers beleef en hoe hy Namibiërs help om die land vanuit 'n heel nuwe perspektief te ontdek. Van asemrowende landskappe tot uitdagende roetes – hierdie gesprek neem jou saam op 'n avontuur deur die hart van Namibië en wys waarom daar soveel meer aan ons land is wanneer jy dit te voet verken.

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM en hoe dit kan help met pyn en inflammasie. Hulle bespreek die voordele van THRESHHold Real MSM, wat beskikbaar is in beide tablet- en jelvorm. THRESHHold Real MSM-tablette en -jel is by jou naaste apteek beskikbaar. Vir enige navrae, kontak Sanatural by info@sanatural.co.za.

Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die belangrike verband tussen voeding en gesondheid. Hulle bespreek die rol van voeding in algemene welstand en vertel meer oor Bio-Strath, wat in vloeistof- en tabletvorm by plaaslike apteke beskikbaar is. Vir meer inligting, e-pos info@sanatural.co.za of besoek www.livingnaturally.co.za.

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die belangrike verband tussen voeding en gesondheid. Hulle bespreek die rol van voeding in algemene welstand en vertel meer oor Bio-Strath, wat in vloeistof- en tabletvorm by plaaslike apteke beskikbaar is. Vir meer inligting, e-pos info@sanatural.co.za of besoek www.livingnaturally.co.za.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold en hoe dié natuurlike tablette en jel mense kan help wat met knie-, nek-, heup- of enkelpyn sukkel. Luister ook na Wietse se inspirerende verhaal en ontdek hoe ThreshHold hom gehelp het om weer met meer gemak te beweeg. ThreshHold is by apteke regoor Namibië beskikbaar.

Op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Gerhard Fourie oor sy inspirerende lewensreis – van die gasvryheidsbedryf tot op die verhoog van Voice of Namibia 2026. Hy vertel meer oor sy passie vir mense, sy liefde vir musiek en die ervarings wat hom gevorm het.

Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Jean-Louis gesels met John Ekongo, Korporatiewe Sakebestuurder van MTC, oor hoe mobiele datagebruik werk en waarom data soms vinniger opraak as wat gebruikers verwag. Hulle bespreek ook praktiese wenke om jou dataverbruik beter te verstaan en te bestuur, sodat jy die meeste uit jou databundel kan kry.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ysteraanvullings en waarom dit vir baie mense moeilik is om te absorbeer. Hulle bespreek waarom sekere ysteraanvullings ongemak kan veroorsaak, watter simptome met ystertekort gepaardgaan en hoe Bio-Strath Iron 'n alternatief kan bied. Bio-Strath Iron is sonder voorskrif by apteke beskikbaar. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za of stuur 'n e-pos na info@livingnaturally.co.za.

Elmero Strauss gesels met Kirstie Strydom oor haar reis van sosiale media na haar kroning as Ms Face of Hope Namibia 2026. Sy vertel meer oor die uitdagings wat haar gevorm het, wat dié titel vir haar beteken en hoe sy 'n positiewe verskil in Namibië wil maak.

Jean-Louis gesels met Meatco se waarnemende uitvoerende hoof, ambassadeur Albertus Aochamub, oor die maatskappy se komende Jaarlikse Algemene Vergadering (JAV). Hy deel ook insigte oor ander belangrike operasionele sake wat Meatco en sy belanghebbendes raak, en wat dit vir die vleisbedryf en produsente in Namibië beteken.

Diana Viljoen sluit aan vir 'n gesprek nadat sy en Amanda Steenkamp reeds vier oorwinnings by die Statebondspele in Glasgow behaal het. Sy vertel meer oor hul indrukwekkende vertoning, hoe hulle die druk van internasionale kompetisie hanteer en wat hierdie sukses vir die span beteken. Luister saam vir 'n inspirerende terugblik op hul prestasie en wat nog voorlê.

Jean-Louis Knouwds gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Jessica Humphrey het reeds drie nasionale rekords in net drie dae by die Statebondspele in Glasgow verbeter en skryf steeds geskiedenis vir Namibië. In hierdie eksklusiewe gesprek deel sy meer oor haar indrukwekkende prestasies, haar ervaring om op die internasionale verhoog mee te ding en waarna sy volgende uitsien. Moenie hierdie inspirerende onderhoud misloop nie.

Jean-Louis gesels met Dewald van Niekerk, Suid-Afrika se nommer 1 muurbalspeler, tweemalige Namibiese Ope-kampioen, agtvoudige Suid-Afrikaanse kampioen en tans nommer 68 op die PSA Wêreldranglys. Hulle praat oor sy merkwaardige loopbaan, sy tyd in Namibië, en die afrigtingsessies en uitdagings wat hy dié week aanbied om plaaslike spelers te inspireer en hul vaardighede verder te ontwikkel.

Jean-Louis gesels met Nilson Coelho, die Nasionale Afrigter van Namibië se Brazilian Jiu-Jitsu-span, oor die sport wat wêreldwyd vinnig groei en waarom hierdie naweek se Nasionale Brazilian Jiu-Jitsu-kampioenskappe in Windhoek 'n belangrike mylpaal is. Die kampioenskappe by Pionierspark Primêre Skool bied nie net die geleentheid om Namibië se beste talent in aksie te sien nie, maar dien ook as die amptelike keuringsgeleentheid vir die span wat later vanjaar aan die Abu Dhabi Pro (AJP) in Kaapstad gaan deelneem.

Jean-Louis gesels met Henrico, Besturende Direkteur van Tiger Wheel & Tyre, oor die opwindende Tiger Wheel & Tyre & Kosmos 94.1 Padel Liga. Hulle bespreek wat deelnemers en ondersteuners kan verwag, waarom die liga so 'n besonderse geleentheid is, en hoe hierdie vennootskap sportliefhebbers bymekaar bring. Luister saam vir al die besonderhede oor hierdie opwindende padel-inisiatief.

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor die unieke A.Vogel Multiforce Alkaliese Poeier en waarom hierdie produk 'n gewilde keuse is vir mense wat hul gesonde leefstyl wil ondersteun. Hulle bespreek wat hierdie produk besonders maak, die verskillende geure en groottes waarin dit beskikbaar is, asook hoe dit deel van 'n daaglikse roetine kan wees. A.Vogel Multiforce Alkaliese Poeier is beskikbaar in 105g en 225g houers, met geure soos suurlemoen en mango. Luisteraars kan hul vrae stuur na info@sanatural.co.za of besoek die Living Naturally Health Hub vir meer inligting.

Elmero Strauss gesels met Koos van Zyl – musikant, besigheidseienaar en 'n trotse Namibiër. Hulle gesels oor sy lewensreis, die uitdagings wat hom gevorm het, die passie wat hom dryf en hoe hy deur sy musiek en werk 'n blywende bydrae tot Namibië maak. 'n Inspirerende gesprek oor deursettingsvermoë, doelgerigtheid en die mense en ervarings wat sy pad gevorm het.

Elmero Strauss gesels met Dusty Dixon oor sy splinternuwe enkelsnit, "Waar Jou Skape Wei". Hulle praat oor die storie agter die lied, waar die inspirasie vandaan gekom het en die boodskap wat hy deur die musiek wil oordra. Dusty deel ook wat hy hoop luisteraars sal ervaar wanneer hulle na dié nuwe vrystelling luister.

Jean-Louis gesels met die Namibiese sokkerspeler, Paulo Coelho, oor die hoogtepunte van die 2026 Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed Engeland se opwindende oorwinning oor Frankryk in die bronsmedaljewedstryd, Spanje se geskiedkundige eindstrydsege teen Argentinië, Kylian Mbappé se Goue Skoen, Lionel Messi se moeilike eindstryd en die wedstryde en oomblikke wat hierdie toernooi onvergeetlik gemaak het.

Jean-Louis gesels met Joalette de Villiers oor haar Silwerskerm-benoeming as Beste Aanbieder in 'n Leefstylprogram vir Op Pad met My Potjie. Sy vertel meer oor die sukses van die program, haar liefde vir kos, mense en avontuur, en wat hierdie besondere erkenning vir haar beteken.