Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel k…
REDE UIT DIE VERLEDENet om die woorde “Hensoppers” en “Joiners” met betrekking tot die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) te hoor, maak baie mense warm onder die kraag. Net die gedagte dat ʼn medeburger die wapen opgeneem het om sy eie mense te dreig en in ʼn oorlog dood te skiet, is bykans ondenkbaar. Maar selfs die verraaiers in ons midde het hul eie unieke geskiedenis wat vertel moet word.In hierdie episode van Rede uit die verlede praat Emile en Johan oor die motiewe van sekere Transvaalse en Oranje-Vrystaatse burgers wat oorgegee het (Hensoppers) en die wat by die Britse magte aangesluit het (Joiners). Ook wat met hulle na die oorlog gebeur het, is deel van die gesprek. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Rede uit die verledeRobey Sidney Leibbrandt is 55 jaar na sy dood steeds ʼn historiese figuur wat akademici en geskiedenisentoesiaste se aandag trek. Leibbrandt was ʼn komplekse persoon wat eenvoudig nie deur een bepaalde perspektief beskou kan word nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
VSA/RSAOp 30 April 1789 word George Washington die eerste president van die Verenigde State van Amerika. Sedert sy presidensie het 44 verkose Amerikaanse burgers hom opgevolg. Elkeen was uniek en party kontroversieel. Binnekort moet die Amerikaners weer stem ten gunste van 'n tweede termyn vir die 45ste Amerikaanse president, of om nommer 46 kans te gee om te regeer.In hierdie episode van Rede uit die Verlede word die ampstermyne van sekere Amerikaanse presidente kortliks bespreek, naamlik John Adams (pa en seun), James Monroe, Abraham Lincoln, Andrew Jackson, Ulysses S. Grant, Teddy Roosevelt, Woodrow Wilson, Franklin Roosevelt, John F. Kennedy, Richard Nixon en Ronald Reagan. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DOSSIEROp 2 Junie 1989 word Sandra Smith na die galg gelei. Met die voltrekking van haar vonnis word sy die laaste vrou wat in Suid-Afrika die doodstraf gekry het. Op dieselfde dag is Yassiem Harris ook gehang omdat hy in 1986 ʼn wrede moord saam met Smith gepleeg het.Sandra Smith was ʼn getroude vrou en ʼn ma van twee toe sy en Yassiem Harris mekaar ontmoet het. Omdat haar man gereeld uitstedig was, was dit maklik om ʼn buite-egtelike verhouding met Harris aan te knoop. Terselfdertyd het Yassiem ook ʼn verhouding met Jermaine Abrahams gehad, wat dalk die jaloesie in Smith laat ontketen het? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DOSSIERVan 1983 tot 1987 het Zola Mahobe, bekend as Mr Cool, ʼn koninklike lewe gelei. Eens die eienaar van die bekende Suid-Afrikaanse sokkerspan, Mamelodi Sundowns, was dit hierdie seun van Soweto se droom om meer as net die NSL-trofee te wen.Met sy maatskappy, Power Promotions, was hy in die posisie om in die 1980's met die elite van Suid-Afrika om te gaan. Sy besigheidsportefeulje het stelselmatig uitgebrei, maar teen 1987 was die spreekwoordelike koeël deur die kerk vir Mr Cool.Waarom? Luister gerus na hierdie episode van Dossier. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
VSA/RSA: Deel 6Dit is September 1899 en die Amerikaners in Transvaal moet planne maak om uit die land te kom. Oorlog blyk onafwendbaar te wees en die Amerikaanse konsuls in Pretoria en Kaapstad moet hul burgers help om uit Transvaal te kom.Hierdie episode handel juis oor die redes waarom sekere Amerikaners in Transvaal besluit het om liewers pad te gee, as om aan die oorlog tussen die Boererepublieke en die Britse Ryk deel te neem. En natuurlik ook hoe hulle Transvaal verlaat het.Washington D.C. het natuurlik ʼn spesifieke beleid gehad met betrekking tot Transvaal en die Oranje-Vrystaat, terwyl beide state in ʼn oorlog teen die Britse Ryk gewikkel was. Dit word verduidelik om sodoende presies te bepaal wat die administrasie van president McKinley se beleid ten opsigte van die oorlog in Suid-Afrika was. Luister gerus verder: See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
VSA/RSA'n Paar maande voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was die verhouding tussen die ZAR en VSA nie op 'n baie goeie voet nie. Alhoewel die OVS vir ʼn geruime tyd diplomatieke verteenwoordiging in die VSA gehad het, het die ZAR die fout begaan om nie ʼn konsul in die VSA aan te stel nie.Dit lyk asof die Transvaalse leeu en die Amerikaanse witkoparend van 1898 tot 1899 vir mekaar gegluur het. Dr. W.J. Leyds het alles in sy mag gedoen om die ZAR se beeld in die buiteland te versterk, maar mense soos John Hay en John Hays Hammond met hulle anti-Boersentimente het die taak bemoeilik.Daar het ook onsmaaklikhede in die ZAR voorgekom waarby Amerikaners betrokke was, wat glad nie die goedkeuring van die Amerikaanse konsul in Pretoria, Charles Macrum, of sy regering weggedra het nie.Luister gerus verder: See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DEEL 4Dit is 1898 en die spanning in Transvaal word elke dag erger. Sommige Amerikaanse burgers in Transvaal, waarvan die meeste in die mynbedryf werksaam is, het anti-Paul Krugeroortuigings en is lus vir ʼn bakleiery saam met die ander “Uitlanders”. Ander is pro-Boer en werk saam met die Amerikaanse konsulaat in Pretoria om vir president Kruger ʼn mooi geskenk vir sy verjaarsdag te koop.Die Amerikaanse burgery hou gebeure in Transvaal met ʼn valkoog dop. Verskillende sprekers lewer lesings oor die Boere en die Boererepublieke regoor die VSA, maar anti-Boeraktiviste skryf vir enige belangstellende tydskrif of koerant waarom die Britse Ryk die hele Suid-Afrika moet regeer.Die Amerikaanse regering van president McKinley hoor gereeld negatiewe stories oor Transvaal deur mense soos John Seymour, ʼn prokureur van Wallstraat in New York, en John Hay die VSA se Staatsekretaris. Maar Mckinley se ware bekommernis is of die Krugerregering Amerikaanse burgers vir diens te velde sal opkommandeer. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Indien die Verenigde State van Amerika so magtig en pro-Boer was, waarom het die VSA nie die twee Boererepublieke in 1899 kom help nie? Dit is ʼn billike vraag en een wat kortliks in hierdie episode bespreek word.Dit is waar dat Anglofobie in Amerikanergeledere gedurende die eerste 50 jaar van die 19de eeu geheers het. Hoe anders as 'n mens die Amerikaanse Rewolusie en die oorlog van 1812 in berekening bring? Hierdie gevoel het weer vlamgevat toe Britse skeepsmaatskappye gewillig was om skepe vir president Davies se regering te bou.Maar na die Washington Verdrag van 1871 het die VSA en die Britse Ryk mekaar gou weer vergewe en mekaar in die 1890’s ondersteun: eers met die grensgeskil met Venezuela en toe die oorlog in Kuba, om twee voorbeelde te gee.Gou het die VSA agtergekom dat Washington nie op Londen se tone moes trap nie. Het dit dalk ʼn rol gespeel in die VSA se “neutraliteit” ten opsigte van die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
VSA/RSAIn hierdie episode van VSA/RSA word die rol van Amerikaners in die Jameson-inval van 1895-1896 kortliks bespreek. U sal ook hoor wat Amerikaners in die algemeen van die Boererepublieke gedink het.Name van vooraanstaande Amerikaners (in Transvaal en in die VSA) soos John Hays Hammond, Richard Olney en Theodore Roosevelt word in die bespreking genoem en hoe hul woorde en dade gedurende die middel van die 1890's veral die ZAR belemmer of gesteun het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
VSA/RSADie Verenigde State van Amerika (VSA) en Suid-Afrika stap al ʼn lank pad saam. Dit is 'n geskiedenis wat oor eeue strek en ʼn diplomatieke verhouding wat nie altyd ewe vriendelik was nie.Wanneer ‘n mens veral die middel tot laat 19de eeu in oënskou neem, is daar oorgenoeg interaksie tussen die twee lande om belangstelling in die diplomatieke geskiedenis tussen die VSA en Suid-Afrika te wek. Amerikaners het ‘ʼn impak op Suid-Afrika gemaak – van sendelinge soos eerwaarde Daniel Lindley tot mynbeamptes soos John Hays Hammond. Suid-Afrikaanse state soos die twee Boererepublieke het ook die aandag van die VSA geniet.In hierdie episode word die diplomatieke verhoudinge tussen die VSA en die twee Boererepublieke kortliks behandel, naamlik van die stigting van die Boererepublieke tot net so voor die Jameson-inval van 1895. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDEOnderkaptein, militêre aanvoerder, bendeleier, diplomaat, bloedvergieter - dis hoe Jan Jonker Afrikaner (1798-1861) beskryf word. In Windhoek en later Okahandja, was Afrikaner beslis die sterkste militêre en politieke magsfiguur in Namibië tussen die 1840's en1850's, net voordat die Duitse Ryk die streek gekoloniseer het.Daar is nogtans sprake dat Jonker Afrikaner verantwoordelik was vir grootskaalse moord op die Herero’s. Maar daar is ook gevalle waar hy barmhartigheid teenoor die Booi-gemeenskap betoon het. Hoe kan 'n mens Jonker Afrikaner probeer verstaan? Hoe besonders is sy historiese nalatenskap vir die land Namibië? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Rede uit die Verlede-episodeHistorici wat fokus op gender-geskiedenis argumenteer dat die rol van vroue in historiese konteks te lank deur navorsers geïgnoreer was. 'n Mens kan daarmee saamstem wanneer die biografie van Johanna Brandt bestudeer word. Anna le Grange, 'n Meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit, het so pas haar navorsing oor Johanna Brandt voltooi. Haar werk stel hierdie besonderse vrou in 'n nuwe perspektief, maar laat Le Grange self verder oor Brandt vertel (in skrif en via die amptelike Eensgesind-opname):Wanneer die naam "Johanna Brandt" genoem word, flits terme soos "profeet", "spioen", "geneser" en "predikantsvrou" dikwels deur 'n mens se gedagtes. Dit is egter belangrik om die historiese figuur agter hierdie persepsies in gedagte te hou. Dit was die doel van my navorsing oor Johanna Brandt, of Johanna Brandt-Van Warmelo, soos sy na haarself verwys het.Van Kindsbeen tot PatriotJohanna is op 18 November 1876 in Heidelberg gebore. Sy was die vierde kind van Nicolaas Jacobus van Warmelo en Maria Magdalena Elizabeth van Warmelo (n. Maré). Nicolaas van Warmelo is oorspronklik van Nederland, maar het in 1862 begin met predikantswerk binne die Hervormde Kerk van Suid-Afrika. Die feit dat Johanna se vader van Nederland afkomstig was, het haar mening oor Nederland duidelik van ʼn jong ouderdom af gevorm.Sy is later ook self met ʼn Nederlander, Louis Brandt, getroud. Johanna se moeder stam uit ʼn lang bloedlyn Afrikanerpioniers wat uiteindelik die atmosfeer geskep het vir Johanna om ʼn sterk proto-nasionalistiese en nasionalistiese sentiment vir die Afrikanervolk en Afrikanertradisies te koester. Onder die invloed van sy vrou het Nicolaas van Warmelo ook sterk opvattings oor die Boere gevorm. Tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) het Johanna se vader as ‘n groot patriot vir die Boere opgetree. Dit het uiteindelik ook ʼn invloed gehad op die kinders in die Van Warmelo-huis, aangesien hulle jongste dogter, Johanna, dieselfde sentimente in haar vroeë volwassenheid gekoester het.Hoewel Johanna vandag geken word vir haar twee groot profetiese publikasies, Millennium (1918) en The Paraclete, or Coming World Mother (1936), en haar mediese skrywes oor die genesing van kanker, Die Druiwekuur (1948), is daar verskeie fasette van hierdie historiese figuur wat in ag geneem moet word. Die studie oor Johanna het verskeie elemente van hierdie historiese figuur geopenbaar - die belangrikste is dat sy 'n groot liefde vir haar medevolksgenote gehad het. Sy het op haar eie manier 'n bydrae gelewer tot die vorming van 'n nasionale bewussyn onder die Afrikaner - 'n nasionale bewussyn wat uiteindelik met die 1948-verkiesing 'n piek sou bereik.Lewe na die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)Johanna het na die ABO by verskeie maatskaplike opheffingsinisiatiewe betrokke geraak. Hoewel sy in 1902 na Nederland vertrek het om daar met Louis Brandt te gaan trou, het sy haar man voortdurend herinner aan die naoorlogse nood in Suid-Afrika. 'n Groot aantal Afrikaners het ná die oorlog verstedelik. In hierdie vroeë stadiums van industrialisasie, gepaard met die naoorlogse opbou, het grootskaalse armoede in die stede geheers. Van die blanke armoede was werklik ernstige Afrikanerarmoede. Hierdie besef het veral onder kerkleiers en leraars posgevat soos Louis en Johanna, as Hervormde predikant en predikantsvrou. Die armblankeprobleem het Afrikaneridentiteit en behoefte aan nasionalisme te verskerp. Binne hierdie erge armoede in die stede het Johanna haar nasionalisme laat uiting vind deur maatskaplik betrokke te raak by armoedeverligting deur middel van organisasies soos die SAVF en die Vroue Nasionale Party. Na 1916 neem haar maatskaplike betrokkenheid egter af, maar dit wat tussen 1899 en 1916 vir die Afrikaner bereik is in terme van armoedeverligting en algemene maatskaplike betrokkenheid, kan nie ontken word nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DIE SIRKUSBOERGeneraal Piet Cronjé word nie so hoog geag soos ander Anglo-Boereoorloggeneraals (1899-1902) nie. Sy oorgawe by Paardeberg op 27 Februarie 1900 kan waarskynlik die rede wees. Sekerlik is daar veel meer wat ʼn mens oor generaal Cronjé kan sê?In hierdie episode word die lewe van Piet Cronjé onder die vergrootglas geplaas. Sy aandeel aan die beleg van Potchefstroom se fort en hoe hy dr. Jameson uit Johannesburg gehou en die inval gestuit het, is deel van die narratief. Natuurlik is sy loopbaan in die Verenigde State van Amerika as ʼn toneelspeler in ʼn rondgaande sirkus ook baie interessant. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Padlangs NoordwesWat het gebeur?Op 11 Oktober 1899, presies om vyfuur die middag, het die ultimatum van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) aan die Britse Ryk verstryk. Die Britse Ryk het die stipulasies van die ultimatum geignoreer en daardeur geimpliseer dat hulle bereid was om oorlog teen die ZAR te voer. Agt dae voor die verstryking van die ultimatum is burgers van die ZAR en die Oranje-Vrystaat reeds vir kommandodiens opgeroep. Die dorpie Lichtenburg moes natuurlik ook 'n kommando byeenroep onder generaal Koos de la Rey. Hulle eerste taak was om weswaarts te ry om die treinspoor tussen Kimberley en Mafeking (Mahikeng vandag) te beskadig, sodat laasgenoemde dorp geen versterkings kon kry nie.Op 12 Oktober 1899 het 'n trein, bekend as die Mosquito, by Kraaipan ontspoor as gevolg van die feit dat die Boerekommando onder generaal De la Rey die spore afgehaal het. Toe die trein die grond met 'n harde slag tref, het die eerste skote van die oorlog geklap. Ene veldkortnet JC Coetzee van Lichtenburg was die eerste kryger wat sy geweer afgevuur het. Coetzee sou nie die oorlog oorleef nie. Hy lê begrawe by die Magersfontein Burgermonument net duskant Kimberley waar hy gedurende die Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899 gesneuwel het.Geen Boerekryger of Britse soldaat het by die Slag van Kraaipan gesterf nie, maar twee swart werknemers wat op die trein gewerk het, het wel gesterf en die eerste twee ongevalle van die oorlog geword. Na hulle oorwinning by die treinspoor het generaal De la Rey en sy kommando net 'n entjie verder aangery en by die nabygeleë pan gaan rus (sien kaart hieronder). Beide hierdie twee historiese terreine kan vandag besigtig word en sodoende kan 'n mens die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog besoek (en die gebeurtenisse van daardie aand van 12 Oktober 1899 "beleef").Padlangs gevindOmtrent 73 kilometer suidwes van Mahikeng is die presiese plek waar die Slag van Kraaipan plaasgevind het. Kraaipan het vir Suid-Afrikaners dieselfde betekenis as wat die veldslae van Lexington, Concord en Bunker Hill vir die Amerikaners beteken, nl. waar 'n oorlog met Groot-Brittanje amptelik begin het.Dis net jammer dat die presiese plek waar die Mosquito deur die Lichtenburgse kommando ontspoor is, steeds so verlate in die ope veld staan. Gelukkig is daar 'n driepaneelmonumentjie op die heuweltjie net reg langsaan, maar selfs die monumentjie is te nederig vir belangstellendes om na Kraaipan te stroom. As jy wel die afrit van die N18 af na Kraaipan neem en die 18 kilometer na die gehuggie van Kraaipan toe ry, sal die plaaslike museumuitstalling oor die veldslag jou ongeveer 40 minute neem om te besigtig. 'n Kort entjie verder van die museum is die amptelike monument van die slag en ook die enigste oorlogsgrafte by Kraaipan. Hierdie oorlogsgrafte is nie van die geveg van 12 Oktober 1899 nie, maar van ander gevegte in die gebied tussen Boer en Brit tydens die ABO. Tesame met die presiese plek van ontsporing, die De la Rey-kamp en 'n basiese uitstalling in die plaaslike museumpie, is daar iets in Kraaipan wat die belangstelling padlangs kan prikkel. Kraaipan was maar net die begin van 'n oorlog wat drie jaar lank sou woed, maar wat beide Boer en Brit duur te staan gekom het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDENet anderkant Wakkerstroom is generaal Piet Joubert (1831-1900) se mausoleum. Dit is geleë op die plaas Rustfontein wat eens aan Joubert behoort het. In die tweede helfte van die 19de eeu was generaal Joubert ‘n bekende politieke figuur en ook ‘n beroemde veldheer. Maar soos Romulus en Remus wat in stryd met mekaar was, was Joubert en staatspresident Kruger ook teenstanders - daar moes beslis word watter een van hulle Transvaal sou regeer.Dit was juis na die Slag van Majuba dat Joubert opgang as ‘n gesagsfiguur gemaak het en sy plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis bevestig het. Hy is ook vereer deurdat die dorp Pietersburg na hom vernoem is en selfs die klomp Randlords het Joubert hoog geag.Wie was hierdie Transvaalse veldheer van weleer? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Padlangs Noordwes-artikelWat het gebeur?Maak enige geskiedenisboek oor die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) oop en 'n mens lees sommer gou oor die drie beleerde Britse dorpe, nl. Kimberley, Mafeking en Ladysmith. Jy sal gelukkig wees om te lees van die minder bekende beleg van Elandsrivier wat plaasgevind het waar die dorpie van Swartruggens tans is.Selektiewe feite en temas is ʼn kwessie waarmee historici daagliks stoei. Indien so, waarom kry die beleg van Elandsrivier nie dieselfde aandag as die ander drie nie? Die aantal manskappe betrokke, die duur van die beleg en selfs die nasionaliteit van die troepe wat die beleg moes deurgaan, is genoeg redes waarom die beleg van Elandsrivier (ook bekend as Brakfontein) nie dieselfde aandag gekry het as die bogenoemde gevalle waar Britse magte beleër is nie. Kom ons kyk dan wat het hier gebeur, sodat onkunde nie langer meer koning kraai nie.Teen Augustus 1900 was lord Roberts in Pretoria. Vanuit die voormalige hoofstad moes hy Transvaal beheer en regeer totdat dit behoorlik by die res van die Britse Ryk kon inskakel.ʼn Doring in sy vlees was die Boerekommando's wat steeds te velde was en glad nie belang gestel het om oor te gee nie. Die kommando onder generaal Koos de la Rey dien as voorbeeld en het in daardie maand na ʼn teiken gesoek wat die Britse magte kon verras. Die roete van Pretoria na die hoofstad van die Britse Protektoraat van Betsjoeanaland, Mafeking, het deur Rustenburg en Zeerust geloop. Tussen hierdie dorpe moes konvooie beskerm word deur buiteposte wat deur Britse soldate (maak nie saak of hulle van Brittanje, Australië, Nieu-Seeland ens. gekom het nie) beman was. Een van hierdie buiteposte, wat redelik groot was in vergelyking met die ander in Groot-Marico en Zeerust, was by die Elandsrivier geleë. Die dorp Swartruggens het toe nog nie bestaan nie.Generaal De la Rey het gesien dat die Elandsrivierbuitepos maklik vanaf 'n afstand aangeval kon word. Die buitepos was omring deur die heuwels wat Swartruggens sy naam gegee het en grofgeskut kon die Britse troepe dae lank bombardeer sonder enige risiko. Generaal Christiaan de Wet was aan die begin van Augustus 1900 ook in Transvaal en wou weer terugkeer na die Vrystaat. Die Britse magte wou hom wel vastrek as gevolg van die aksies wat hy teen hulle geloods het in die Vrystaat. De la Rey moes die Britse magte se aandag aftrek deur ʼn aanval op ʼn buitepos, sodat hulle nie sou agterkom dat De Wet op pad terug was na die Vrystaat nie. Van 3 tot 16 Augustus 1900 het De la Rey die Elandsrivierbuitepos bestook met die grofgeskut wat hy gehad het en die Britse troepe moes hard probeer om te oorleef met wat hulle gehad het. Dit was soos die beleg van die Alamo in San Antonio, Texas, waar Amerikaanse troepe en vrywilligers hulself vir ʼn geruime tyd in ʼn onvoldoende fortifikasie moes verdedig, met die hoop dat hul redding van buite spoedig sou kom. Vir die Britse troepe by Swartruggens het die redding van buite nooit gekom nie. Roberts wou hulp stuur, maar het sy besluit verander as gevolg van die verkeerde aannames van ʼn lafhartige bevelvoerder genaamd Frederick Carrington.Padlangs gevindReg langs die N4 wanneer 'n mens weswaarts ry tot by die oostelike ingang van Swartruggens, is die historiese terrein van die beleg van Elandsrivier . Daar is geen padteken wat die afdraai aandui nie, maar as jy verby die pragtige NG Kerk gery het, het jy klaar die afdraai gemis. Gewoonlik staan die hekke oop omdat die plaaslike owerheid geen moeite doen om na die historiese terrein om te sien nie (daar is dus nie 'n hekwag nie).Dit is asof hulle dit letterlik aan die voëls van die hemel en die diere van die veld oorgelaat het om dit weer deel van die aarde te maak. Hoewel die skrywer nog nie enige haweloses daar teegekom het nie, is tog bewyse van nagtelike verblyf daar aangetref.. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Rede uit die verlede-artikelGedurende 2017 het die televisieprogram Carte Blanche ondersoek ingestel na die stand van sake in Johannesburg se museums. Die lae gehalte van die uitstallings en die onkundigheid van veral die departemente verantwoordelik vir die stad se museums, was skokkend – om die minste te sê. ‘n Mens kan dan seker die vraag vra: as dit so power in die Goudstad se museums gaan, hoeveel swaarder moet dit nie vir ‘n dorpsmuseum of enige ander museum wees wat van donasies afhanklik is nie? Die uitdagings is meervoudig en Suid-Afrika se museumkundiges moet regtig hare op hulle tande hê om hulle uitdagings daagliks aan te pak.Dit is moeilik om 'n begrip te vorm van die uitdagings wat museumkundiges daagliks ervaar, omdat die saak min aandag in die media geniet. Nou en dan is die uitsaaiwese vriendelik genoeg om 'n kort insetsel te verfilm vir 'n program wat op 'n positiewe geheel van die spesifieke museum wil fokus, in plaas van die struikelblokke wat die museum se deure dalk permanent kan sluit. Eensgesind het geargumenteer dat dit nou tyd is om 'n kurator uit te vra oor wat die spesifieke struikelblokke is en waarom ons in die eerste plek 'n verskeidenheid museums in ons land het. Ons het toe so gemaak deur middel van 'n ware in diepte gesprek; wat hopelik die kompleksiteit van die situasie, waarin die land se museums tans is, behoorlik verduidelik.Johan Wolfaardt is die kurator van die President M.W. Pretorius huismuseum, Potchefstroom, en het in 'n vorige opname oor geheime organisasies bewys dat hy 'n bron van inligting is wat die nodige perspektief vir Jan Alleman duidelik kan skets. Die eerste gedeelte van die onderhoud volg die gesprek oor die geskiedenis van museums in Suid-Afrika, hoe Suid-Afrikaners oor die laaste twee eeue inspirasie uit museums kon kry en wat die huidige kwessies is. Ook sal die luisteraar presies kan hoor hoe die breër publiek kan help met die instandhouding van ons land se museums en hoe elke besoeker (plaaslik of internasionaal) welkom in 'n museum behoort te voel.Kyk net na die eerste gedeelte van die woord “Museum”. Muse. Die nege Muses was die bonatuurlike wesens (gewoonlik uitgebeeld as vroulik) in die Griekse mitologie wat verantwoordelik was vir die mense se inspirasie om enige vorm van kuns te skep en wetenskap te deurgrond. Klio was die muse verantwoordelik vir die mens se nuuskierigheid oor die verlede. Museums is dus die plek waar leer lekker moet wees en as ‘n mens die verskillende dorpsmuseumpies besoek, moet jy ‘n plan maak om die groot uitstalareas van die gevestigde Suid-Afrikaanse museums (in privaat of staatsbesit) te ontdek. Deur figuurlik deur ‘n huismuseum se tasbare historiese omgewing weggevoer te word, kan die verlede weer springlewendig voor jou geestesoog word.Dan sal jy dalk rede uit die verlede kan vind vir ons eie teenswoordige uitdagings, omdat die gemeenskappe van vervloeë dae, soos wat in 'n museum uitgebeeld word, ook dieselfde soort uitdagings moes oorkom. Maar onthou, die museums van ons land, soos die President MW Pretorius huismuseum, wag gretig om jou welkom te heet. 'n Besoek is net die regte ding om te doen om die museum te ondersteun, veral as daar iets nuuts uitgestal word.In die tweede gedeelte sluit Johan Wolfaardt by 'n vorige gesprek van Eensgesind aan oor geheimsinnige organisasies en hoe 'n mens daaroor kan besin. Dit sal gelukkig nie die laaste geselsie met Johan wees nie, want ter afsluiting van die gesprek het ons saam 'n ander interessante gesprekspunt geopen. Dit sal oorstaan vir 'n toekomstige potgooi-episode van Rede uit die Verlede. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Rede uit die verlede-episodeDie afgelope drie jaar het verskillende Suid-Afrikaanse monumente die teiken geword van aktiviste wat hulle ontevredenheid wou aandui. As gevolg van hulle persoonlike frustrasies (polities, ekonomies, sosiaal of 'n kombinasie van die verskillende bronne) is monumente verwoes, verniel of verwyder.Dit laat 'n mens dink aan die woorde van die Romeinse offisier, Marcellis, aan sy Griekse slaaf, Demetrius uit die 1942-boek, The Robe, van LC Douglas:“I say, damn all men who make war on monuments!The present may belong to the Roman Empire by force of conquest; but, by all gods, the past does not! A nation is surely of contemptible and cowardly mind that goes to battle against another nation’s history! It did not take much courage to come up here and hack the ear off old Pericles!...There is not much dignity left in a nation that has no respect for the words and works of geniuses who gave the world whatever wisdom and beauty it owns!”Suid-Afrika het honderde monumente en 'n groot verskeidenheid historiesie terreine, museums en slagvelde. Dit beteken dat die nuuskierigheid wat die algemene Suid-Afrikaanse burger dalk het, ten volle bevredig kan word met elke naweekeksursie of vakansie "road trip".Die benadering tot ons monumentale erfenis kan kompleks wees wanneer dit verstrengel word met afgunstige politieke ideologieë, maar dit kan ook leersaam en genotvol vir oud en jonk wees. Dit is selfs behulpsaam met die lewenslange soektog na 'n mens se eie identiteit en kulturele verbintenis met ander mense.Ek het met 'n ware kenner oor Suid-Afrikaanse monumentale erfenis gaan gesels oor die hedendaagse vraagstukke oor ons land se erfenis. Dr Jackie Grobler, afgetrede dosent van die Universiteit van Pretoria, is Suid-Afrika se ware "monumentjagter". Sy jongstewerk is Oor berge en dale: Op reis met 'n monumentjagter.Luister saam na ons gesprek soos wat ons saam sinvolle gevolgtrekkings probeer maak oor ons toekomstige benaderings tot die gebruik van ons land se groot aantal monumente, historiese terreine en museums; asook die ondersteuning van die instanies wat na ons erfenis omsien. Ons vertrou dat dit jou weetgierigheid sal prikkel en jou sal oortuig om stelselmatig in die voetspore van ons eie monumentjagter te loop. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Padlangs Noordwes EpisodeWat het gebeur?Geheime organisasies bestaan al etlike jare in Suid-Afrika. Hierdie organisasies ontmoet gedurende spesifieke geleenthede wat gewoonlik in die geheim gehou word deur lede wat nie hul verbintenis met so 'n organisasie vrylik bekend wil maak nie. Daar is wel verskillende kategorieë waarin sulke eksklusiewe organiasies ingedeel kan word. Hierdie organisasies kan geheimsinnig wees, met spesifieke rituele, simbole en binnekringkennis, maar die organisasie self of ander belangstellende individue (lede of nie-lede) sal inligting aan die publiek beskikbaar maak indien nodig.Die ander moontlikheid is 'n organisasie wat streef om onbekend te bly en wat geen inligting oor sy bedrywighede of ledetal aan enige persoon bekend sal maak nie. Dit is in die ware sin van die woord 'n geheime organisasie.Spesifieke lede van die algemene publiek glo gewoonlik dat organisasies van beide kategorieë ʼn soort mag of selfs invloed in die verskillende regerings van die wêreld het. In sommige gevalle mag dit wel so wees. Wat tog interessant is, is dat daar monumente is wat betrekking het op die verskillende geheime organisasies wat in Suid-Afrika ʼn rol gespeel het, of steeds vandag 'n rol speel. Kan jy dalk een in jou tuisdorp vind?Een van die organisasies met geheime wat al driehonderd jaar bestaan (circa. 1717-2017), en eeue lank in Suid-Afrika bedrywig is, staan bekend as die Vrymesselary. In sy spekulatiewe formaat het hierdie broederskap (omdat net mans mag aansluit) stelselmatig oor die land versprei met die stigting van losies (die ontmoetingsplekke van Vrymesselaars). Deur die tentoonstel van verskillende simbole op die fasade van hul losies, kan enige lid en die ingeligte lede van die publiek presies bepaal waar die plaaslike losie sy maandelikse ontmoetings hou. Die hoofstad van Noordwes, Mahikeng, het ook so 'n losie wat reeds in 1895 gestig is. Dit is nou die oudste staande gebou in die stad. Dit was ook eens gebruik as 'n krygsgevangenekamp waar Boerekrygsgevangenes aangehou is wat gedurende die Beleg van Mafikeng (1899-1900) deur die Britse magte gevang is. Een van die Boerekrygsgevangenes was 'n ene luitenant Sarel Eloff, kleinseun van president Paul Kruger.Padlangs gevindIn Tillardstraat, in die historiese gedeelte van Mahikeng, staan die dorp se eie Vrymesselaarslosie skuins oorkant die ou stadsaal wat nou die plaaslike museum is. Wit geverf met pikswart staalheinings by die straatkant, kan die geboutjie maklik uitgeken word, al is daar maar net ʼn onduidelike padteken langs die straat. Dit lyk eintlik soos ʼn gewone dorpshuis op ʼn erf - so lank dat dit die hele erf beslaan. Dit word nou deur woonstelblokke omring en ook die plaaslike kantoor en die Mormoonse kerk.Behalwe vir 'n klein geroeste bordjie teen die gebou, sal geen besoeker of verbyganger ooit vermoed dat die losie eens deel van die Britse krygsgevangenekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog was nie. Dat een van die kleinseuns van president Paul Kruger in die einste gebou moes bly totdat hy na Kaapstad weggestuur kon word om na St. Helena vervoer te word, is 'n onbekende feit vir elke siel wat daagliks verby die witgeverfde geboutjie ry of loop. Net die geheime simbool (of is daar dalk verskillende simbole wat net lede kan uitken?) word openlik vertoon.Die geheimsinnigheid van die Vrymesselaarslosie in Mahikeng strek dus nie net tot die geheime van 'n "organisasie met geheime" nie. Daar is heelwat meer om uit te vind as net die gewone samesweringsteorieë oor wat agter geslote deure mag, of dalk nie, gebeur. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Padlangs Noordwes EpisodeWat het gebeur?Die eerste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR, ook bekend as Transvaal) was ʼn man met die naam Marthinus Wessel (MW) Pretorius. Hy was die seun van generaal Andries Pretorius wat bekendheid verwerf het by die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), hoewel hy ook slaags geraak het met die Britse militêre magte by Congella (te Durban) en by Boomplaats (in die Suid-Vrystaat). Selfs na hierdie nederlae kon generaal Andries Pretorius in 1852 daarin slaag om by die Sandrivier (ook in die Vrystaat) ʼn verdrag met die Britse ryk aan te gaan wat lewe sou skenk aan ʼn republiek noord van die Vaalrivier.Generaal Pretorius sou uiteindelikie nie sy republiek in vrede kon lei nie, want na sy dood in 1853 het sy seun, MW, die leisels oorgeneem. MW moes ʼn nuwe republiek lei as deel van 'n nuwe generasie leiers wat die Groot Trek beleef het en hulleself in die binneland van Suid-Afrika gevestig het. MW Pretorius was veronderstel om soos 'n "George Washington" vir Transvaal te wees. Hy moes die basiese werk doen om ʼn nuwe staat van die grond af op te bou en die resultaat dan aan die volgende generasie te oorhandig. Hierdie scenario kan vergelyk word met die verantwoordelikheid van die teenswoordige millenniale generasie wat later hierdie eeu Suid-Afrika van die ouer generasies sal erf en dan die Suid-Afrikaanse Staat verder moet versterk tot voordeel van hulle opvolgers.Maar MW het 'n massiewe taak gehad; het hy daarin geslaag? MW Pretorius was ʼn dromer en wou Transvaal (met die hoofstad in Potchefstroom) met die Vrystaat (republiek sedert 1854) verenig as een “Boererepubliek” bo die Oranjerivier (Gariep). Sy droom het in ʼn burgeroorlog in Transvaal ontaard toe generaal Stephanus Schoeman nie van Pretorius se droom en langdurige verblyf in Bloemfontein gehou het nie. Pretorius het wel as oorwinnaar uit die stryd getree, maar sy reputasie was geskaad. Die staat wat president Thomas F. Burgers in 1872 van Pretorius moes oorneem, het potensiaal gehad soos wat Burgers geglo het, maar Transvaal was glad nie 'n sterk en goed ontwikkelde (of selfs ontwikkelende) staat nie.Padlangs gevindIn Potchefstroom kan MW Pretorius se historiese nalatenskap gevind en eerstehands beleef word. Die eerste plek om te stop is die huismuseum in Thabo Mbekiweg. Daar het Pretorius sy kantoor gehad waar hy enige tyd ʼn besoek van ʼn afgevaardigde kon verwag. Sy wamakery is ook te siene, want Pretorius het nie sy brood en botter alleenlik uit die politiek verkry nie - hy moes na sy ampstermyne 'n inkomste uit sy ambag as wamaker maak. Gub jouself so'n uur om die huis en die verskillende artikels te besigtig en ook met die belese en kundige kurator, mnr. Johan Wolvaardt, ʼn geselsie aan te knoop. Daar is nie ʼn beeld van MW Pretorius in Potchefstroom nie. Om dit te sien, moet 'n mens al die pad na Pretoria toe ry waar sy enigste beeld reg voor die standbeeld van sy pa op Pretorius-plein staan; maar Pretorius se laaste rusplek is wel in Potchefstroom.Omdat hy die eerste president van die ou Transvaal was, kan 'n mens mos verwag om ʼn graf te vind wat tot 'n nasionale besienswaardigheid verhef kan word, soos George Washington en sy gade se laaste rusplek te Mount Vernon in die VSA. Dit is bejammerenswaardig dat die nie die geval met MW Pretorius is nie. Suid-Afrika is bekend daarvoor dat die laaste rusplekke van bekende figure uit die verlede verwaarloos word. ʼn Graf is mos die naaste wat 'n lewende persoon aan die wese van enige historiese figuur kan kom. Ongelukkig is dit tans moeilik om by MW Pretorius se driekanongraf uit te kom. Dis in die historiese begraafplaas by Alexanderpark, duskant Olënpark (die tuiste van die Noordwes Luiperde rugbyspan), in Potchefstroom.Wees versigtig indien jy belangstel om te sien of die president wel daar lê. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Padlangs Noordwes-artikelWat het gebeur?Die dorpie Zeerust (oorspronklik bekend as Coetzeerust) was eens die laaste dorpie in die noordweste van die ou ZAR (Zuid-Afrikaansche Republiek of Transvaal) voordat 'n mens die Britse protektoraat van Betsjoeanaland (Botswana) sou bereik het. In 1867 is die dorp gestig as gevolg van die handelinge van die plaaslike "grondbaron", Diederik Coetzee (1802-1891).Coetzee het die reg gehad om twee plase vir homself uit te lê soos Transvaal se eerste grondwet gestipuleer het. Elke Transvaalse burger wat die Groot Trek meegemaak het, kon twee plase vir homself opeis en ook ʼn erf in die naaste dorp. Coetzee het toe besluit om sy plase by die Klein-Maricorivier te gaan uitlê volgens sy eie afmetings. Die naaste dorpe aan hom sou Rustenburg of Potchefstroom gewees het, waar hy sy dorpserf kon hê. As gevolg van die dood van sy neef en swaer, Casper Coetzee, het Diederik Coetzee dit reggekry om vier plase op sy naam te registreer en die Transvaalse regering het eers ʼn dekade later ʼn bohaai daaroor gemaak. Hy is in 1866 ingelig dat hy van twee plase afstand moes doen, omdat hy wel geregtig was op twee (hy was immers deel van die Andries Potgieter-trekgeselskap). Coetzee het toe ʼn plan gemaak om munt uit die situasie te slaan. Hy het besluit om die plaas Hazenjacht te gebruik om ʼn dorp te stig wat sy naam sou dra. Sy oorlede neef wou ook 'n dorp op hierdie plaas uitgelê het en het selfs 'n ene Walter Seymore oorreed om 'n kerk en 'n fort op die plaas te bou, maar niks het van hierdie planne gekom nie. Waar Casper se drome geëindig het, het Diederik tot aksie oorgegaan.Net met osrieme toegerus, het Diederik Coetzee die erwe van sy beplande dorp uitgelê. Van 20 Maart 1867 af kon belangstellendes 'n erf in "Coetzee-rust" by die amptelike aangestelde verkoper in Potchefstroom koop en registreer.Diederik kon natuurlik die beste moontlike watererf in sy nuwe dorp vir homself toeëien. Hy het ook ʼn erf oorhandig aan die Hervormde Kerk en sodoende dit moontlik vir hom gemaak om sy nagmaal sommer so buite sy voordeur te kry, in plaas daarvan 'n lang reis na Potchefstroom te onderneem om die naaste kerk te besoek. Met die nuutgestigte dorp kon hy ook ʼn markplein skep sodat alles wat hy op sy ander twee plase sou verbou, verkoop kon word en hy persoonlik daaruit kon baat. Coetzee se storie bewys hoe ʼn probleem in 'n geleentheid omskep kan word. In sy geval was die eindresultaat die dorpie Zeerust.Padlangs gevindOp die N4 weswaarts en net voordat 'n mens oor die Klein-Maricorivier ry en dus Zeerust bereik, is die graf van Diederik Coetzee en sy broer Casper, en albei word as die dorpstigters van Zeerust erken. Daar is ʼn padteken aan die linkerkant van die snelweg wat die posisie van die graf aandui en genoeg spasie om af te draai en veilig stil te hou. Die ou familiebegraafplaas kan maklik gevind word sodra 'n mens deur die nou ingangspoortjie stap. In hierdie stadium is net drie grafstene leesbaar, waaronder die van Diederik en Casper, omdat ʼn erfeniskomitee sewentig jaar gelede oor die grafte van die dorpstigters besorgd was. Ongelukkig kan dieselfde nie gesê word van die hedendaagse plaaslike regering nie.Hierdie monument kan vergelyk word met die een vir Piet Potgieter in Makopane (die ou Potgietersrus) en die Andries Pretoriusgraf (in die heldeakker in Pretoria), waar historiese figure waarna die dorp vernoem is, in die dorp of distrik rus. Maar nie Potgieter of Pretorius het die spel gespeel soos Coetzee nie, wat as "grondbaron" ʼn dorpstigter geword het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Padlangs Noordwes EpisodeWat het gebeur?Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) geniet nog nie dieselfde vlak van belangstelling as die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 nie. Met die eeufeesvieringe van die eersgenoemde oorlog amper verby, is dit dalk nodig dat die gewone burger kennis neem van Suid-Afrika se belangrike rol in die eerste "totale oorlog" van die 20ste eeu. Dit sal handig te pas kom wanneer 'n mens die merkwaardige storie van onderkorporaal Wijnand "Vic" Hamman bestudeer.Hamman het in die dorpie Lichtenburg grootgeword. Hy het die Anglo-Boereoorlog oorleef en sy militêre opleiding met die Transvaal Scottish Regiment (TS) voltooi. Na sy diensplig het hy eers ʼn paar jaar lank vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk tot met sy aansluiting by die 2de Suid-Afrikaanse Infanterieregiment in 1915. Hy het net-net die Slag van Delvillebos misgeloop, maar sedert sy aankoms in Frankryk het hy saam met die Delvillebos-veterane in die noordelike streke van Frankryk geveg. Hy is in Oktober 1916 as onderkorporaal aangestel en het op 12 April 1917 by die dorpie Fampoux gesneuwel.Padlangs gevindWat maak hom so besonders? Hamman se oorskot is by Fampoux begrawe (by die Brown's Copse Statebond Grafkommissie-begraafplaas), maar sy moeder, Johanna Hamman, het vir hom 'n graf uitgelê met 'n grafsteen daarby in Lichtenburg se historiese begraafplaas (waar generaal Koos de la Rey ook begrawe is). Wijnand "Vic" Hamman het dus twee grafte, maar teoreties lê sy oorskot net in een. Die vraag is dus: Lê daar wel iets begrawe in sy Lichtenburggraf?Vir meer inligting oor Vic Hamman, besoek die volgende skakel:http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/26218om die akademiese artikel te besigtig. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDEBethulie, Jamestown en die dorpie Wepener het iets gemeen. Elkeen het ʼn monument ter ere van Louw Wepener. Wepener het op 15 Augustus 1865 by Thaba Bosiu (geleë in vandag se Lesotho) gesterf toe die Oranje-Vrystaat en die Basotho-koninkryk van koning Moshweshwe I in 'n oorlog gewikkel was.In Afrikanergeledere word Wepener as ʼn held beskou en sy dade tydens die slag van Thaba Bosiu is legendaries. Twee militêre medaljes en ʼn Suid-Afrikaanse Weermagregiment is selfs na hom vernoem.Die vraag is dus: waarom is Louw Wepener se lewensverhaal so merkwaardig dat hy nog vandag steeds so hoog geag word? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDEGedurende die 1930's besoek sir Alan Cobham se Flying Circus Suid-Afrika. ʼn Jong tienerseun, Bob Rogers, kry die geleentheid om in een van Cobham se vliegtuie sy eerste vlug te beleef. Die jong seun wou eintlik ʼn mediese dokter word, maar die Tweede Wêreldoorlog het daardie droom van hom verander.Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) en die Koreaanse Oorlog (1950-1953) het van Bob Rogers ʼn legende gemaak. Daar is na Rogers verwys as Suid-Afrika se eie “Rooi Baron”, soos Manfred van Richthofen, ʼn legendariese Duitse vegvlieënier gedurende die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918).Rogers het die bynaam gekry omdat hy ʼn ware Suid-Afrikaanse “Ace” in die Tweede Wêreldoorlog en in die Koreaanse oorlog was. Hy het tot in 1979 in die Suid-Afrikaanse Lugmag gedien en gehelp om die Suid-Afrikaanse Lugmag voor te berei vir diens tydens die Grensoorlog (1966-1989). See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDEGeneraal-majoor Evered Poole het die Slag van El Alamein beleef. Hy was ook teenwoordig by Monte Cassino. Hy was soos Suid-Afrika se eie Montgomery. Dit is vreemd dat sy storie nie alombekend is nie.Gebore net na die Anglo-Boereoorlog in 1902 in die distrik Overberg, was Poole deel van ʼn militêre familie. Hy het in sy vader se voetspore gevolg en ʼn loopbaan in die Unie Verdedigingsmag uitgekerf. As gevolg van sy jeugdigheid kon hy nie diens in die Eerste Wêreldoorlog doen nie, maar hy het amper 20 jaar gehad om homself voor te berei vir die uitmergelende Tweede Wêreldoorlog.In daardie oorlog het hy sy pligte as soldaat en bevelvoerder met uitnemendheid uitgevoer. Sy glorieryke sukses en beroemdheid sou tot in 1948 duur. In daardie jaar het sy lewe onherroeplik verander. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EGGENOTESDie Pretoria News skryf op 13 Augustus 1982 die volgende oor Suid-Afrika se premiersvrou, Elize Botha:“The day [13 Augustus 1982] PW’s wife had the Golden Circle slickers bedazzled. It is not often that the elegant rich of Annabel’s 100 Club leap to their Gucci clad feet for a speaker, but an hour long speech heavily laced with early humour, patriotism and motherliness from the Prime Minister’s wife clearly bowled them over.”Elize Botha (1922-1997) het nie net die elite van Johannesburg betower nie, maar sy en PW was 'n kragtige politieke egpaar wat mense van verskillende agtergronde beïndruk het. Sonder Elize sou PW waarskynlik nie daarin kon slaag om so ʼn roemryke loopbaan in die politiek te bou nie. Elize het nie net in PW se skadu gestaan nie. Sy het langs hom gestaan en was deel van al die hoogtepunte en laagtepunte in sy lewe.Luister gerus saam: See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EGGENOTESSusan Strijdom, née De Klerk, was reeds deel van ‘n “politieke familie” voordat sy met advokaat JG (Hans) Strijdom getroud is. Susan was Hans se tweede vrou, en hulle was gelukkig getroud.Susan was die suster van oudsenator Jan de Klerk en dus die tante van oudpresident F.W. de Klerk. Terwyl De Klerk nog ‘n student by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys was, het Susan Strijdom die jonge F.W. en sy nooi, Marike, na Libertas genooi. Daar het twee Suid-Afrikaanse staatshoofde se eggenotes mekaar vir die eerste keer ontmoet - ‘n vriendskap wat 40 jaar lank sou duur. Ook het Susan Strijdom haar man met 40 jaar oorleef.Maar wat behels Susan Strijdom se lewensverhaal? Wat weet ons reeds en waar kan verdere navorsing gedoen word? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EGGENOTESMargo Diederichs (née Potgieter) was die derde staatspresidentsvrou van die Republiek van Suid-Afrika. As dr. Nico Diederichs se eggenote was sy bekend vir haar elegansie, maar ook vir haar fier en trotse houding.Barbara Barnard het die belese mevrou Diederichs soos volg beskryf:“She was a very elegant looking woman, rather shy that made her appear aloof. She was an elegant lady and I enjoyed working with her and appreciate the opportunity she gave me to do so.”Dit blyk dat sy nie so gewild soos haar twee voorgangers was nie. Spruit die rede daarvoor dalk uit haar lewensverhaal? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EGGENOTESLetta Rhoda “Lettie” Fouché (née McDonald) het Nellie Swart as staatspresidentsvrou opgevolg. Sy was die eggenoot van staatspresident Jim Fouché, wat na dr. Dönges se dood staatspresident geword het. Sy is in 1993 soos volg beskryf:‘n Boervrou wat bekend was vir haar sang, die LV- vrou wat kniediep in die politiek en samelewing gestaan het, die administrateursvrou wat self gesorg het vir die gebak en blommerangskikking by onthale, en die sjarmante ministersvrou met die smaakvolle hoede wat sy self ontwerp het.Lettie Fouché was ‘n veelsydige staatspresidentsvrou. En dit is juis waarom sy Jim Fouché kon bystaan. Maar wat behels haar lewensverhaal? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EGGENOTESCornelia Wilhelmina "Nellie" Swart (née De Klerk) was die vrou van staatspresident C.R. Swart. Net soos hy was sy 'n Vrystater en saam met hom het sy die politieke gebeurtenisse van die vroeë 20ste eeu beleef. As staatspresidentsvrou was daar sekere verantwoordelikhede wat sy moes nakom.Volgens die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) het sy haar verantwoordelikhede nagekom en het UOVS vir haar in 1969 'n eredoktorsgraad gegee. Kobie Coetsee, voormalige minister van Justisie, het gesê: "Sy het die status en beeld van CR Swart altyd ondersteun en help vergestalt".Luister gerus saam na die lewensverhaal van Nellie Swart en waarom daar nog heelwat navorsing gedoen moet word oor die eerste presidentsvrou van die 20ste eeu. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HOEKFIGUREEensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Piet Retief (1780-1838).Retief word onthou as ʼn martelaar wat op 6 Februarie 1838 by KwaMatiwane (Moordkoppie) deur die Zulumagte van koning Dingane vermoor is. Net so word hy onthou as die eerste goewerneur van die Voortrekkers en Natal was sy keuse as die setel van die nuwe Voortrekkerrepubliek. Dit is ook bewys dat hy die Kaapkolonie verlaat het as gevolg van sy finansiële probleme. Is dit genoeg rede dat ʼn hoekfiguur aan hom gewy is? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HOEKFIGUREEensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument versinnebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Pretorius (1798-1852).Pretorius word beskou as die held van die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), die heldhaftige generaal wat sir Harry Smith by Boomplaats geopponeer het en die Britse magte by Congella beleër het. Hy het die Sandrivierkonvensie op 17 Januarie 1852 onderteken, wat die Voortrekkers die reg gegee het om ʼn nuwe staat bo die Vaalrivier te stig. Is dit waarom een van die hoekfigure aan hom gewy is? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HOEKFIGUREEensgesind se reeks genaamd Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Hendrik Potgieter (1792-1852).Potgieter word beskou as die held van die Slag van Vegkop (16 Oktober 1836), die bevelvoerder van die sogenaamde Vlugkommando en was ook 'n vername dorpstigter. Die stigting van Potchefstroom, Andries-Ohrigstad, Lydenburg en Zoutpansbergdorp word aan Potgieter toegedig. Is dit waarom hy op een van die hoeke van die Monument uitgebeeld word? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HOEKFIGUREDie Voortrekkermonument (VTM) vier hierdie maand die 70ste herdenking van die monument se inwyding in 1949. Die VTM is sekerlik een van die interessantste monumente ter wêreld, met ʼn kenmerkende fasade en die langste fries in die wêreld. ʼn Besoek aan die VTM is altyd die moeite werd. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DOSSIERAndré Stander en sy bende was berugte en legendariese bankrowers. Van Oktober 1983 tot Februarie 1984 was Suid-Afrikaners verbyster deur André Stander, Patrick Lee McCall en Allan Heyl se waaghalsige bankrooftogte.Stander het reeds as 'n polisieman met sy misdaadloopbaan begin toe hy ʼn kaptein by Kemptonpark se polisiestasie was. Hy het aanvanklik alleen opgetree, totdat hy twee manne in die Zonderwater Gevangenis ontmoet het, wat sy bendelede sou word. Na hul ontvlugting in 1983 het hulle ʼn reeks rooftogte onderneem wat hulle name in Suid-Afrika se misdaadsgeskiedenis sou verewig. Die bendelede se lotgevalle was uiteindelik uiteenlopend. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Eensgesind is Francois Rossouw en Ben Bester se breinkind. In November 2017 is Emile Coetzee betrek en daardeur het ʼn nuwe onderneming begin wat vandag die 100ste episode op Eensgesind se klanklêerkanaal vrystel.Om hierdie merkwaardige mylpaal te vier, gesels die drie vermelde menere oor alles wat die laaste twee jaar gebeur het sodat die ideaal van 100 episodes bereik kon word. Daar word gelag, geskerts en ook ernstig gepraat oor die lesse wat geleer is, wat Eensgesind se toekomsplanne is en die potensiaal wat klanklêerreekse en episodes vir die uitsaaiwese en besigheidswêreld het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DOSSIERDit is nie net desperate mense wat misdade pleeg nie. Selfs die welgesteldes onder ons is tot moord in staat. Die 1970-saak, die Staat versus Ronald Cohen, bewys dit.Op 5 April 1970 was Ronald Cohen saam met sy vrou, Susan, in hul Constantia-huis se studeerkamer toe sy vermoor is. Alhoewel Cohen vir die polisie vertel het dat ‘n inbreker sy vrou vermoor het, was hy die hoofverdagte.Maar waarom sou Cohen sy vrou wou vermoor? Hy het oorgenoeg geld gehad en daar was geen teken van vyandigheid of wrywing tussen hulle nie - aldus hul vriendekring.Die doel van hierdie Dossier-episode is om ‘n moontlike antwoord op die tergende vraag te vind. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DOSSIEROp 13 Januarie 1925, net na 17:00, het Petrus Hauptfleisch uit sy huis op die dorpie Richmond (Wes-Kaap) gehardloop op soek na hulp. Hy het sy ma bewusteloos in hul huis se kombuis gekry. In ʼn ommesientjie was die polisie by sy huis en al die bure het kom kyk waaroor die bohaai gaan.Hauptfleisch, ʼn veteraan van die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918), was bekend op die dorp as ʼn alkoholis en was al voorheen vir onbetaamlike gedrag gearresteer. Dae voor sy ma se dood het die hele dorp geweet dat hulle ʼn rusie gehad het. Nou is sy dood en Petrus se storie maak nie sin nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
DOSSIERDit was Dinsdag 3 Mei 1927 toe Stephanus Swart onverstandig en roekeloos opgetree het. Dit het gelei tot ʼn tragiese gebeurtenis in die distrik Charlestown in die noorde van Natal. Gewapen en verby die punt van redelike denke, het Swart op die polisie losgebrand.Sy slagoffers was nie net polisielede nie, maar ook onskuldige Charlestown-burgers. Dit is ʼn tragedie wat vandag dalk heeltemal vergete is, maar in die buitewyke van Charlestown staan ʼn monument wat die lewe van een van Swart se slagoffers herdenk.Maar waarom het Stephanus Swart so opgetree? Wat het hom breekpunt laat bereik? Was Stephanus Swart regtig net ʼn “malboer”? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDEIn Bloemfontein is ʼn voorstad genaamd Dan Pienaar. Bloemfontein is nie die enigste stad met ʼn voorstad wat na generaal-majoor Dan Pienaar genoem is nie. Wie was Dan Pienaar? En waarom was dit vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap van die 1940's belangrik om hom te herdenk deur nuwe ontwikkelde voorstede na hom te vernoem?Was hy ʼn held uit die Twee Wêreldoorlog (1939-1945) of moet hy beskou word as ʼn tragiese figuur omdat hy op 19 Desember 1942 in ʼn vliegtuigongeluk gesterf het? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDECarel Birkby se biografie oor luitenant-generaal George Brink, beter bekend as Uncle George, lewer 'n beknopte narratief oor die einste krygsman se lewe en loopbaan.By die Ditsong Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis, in Johannesburg, is daar ʼn uitstalruimte wat na generaal Brink vernoem is, 'n aanduiding dat hy eens op ʼn tyd ʼn belangrike persoon in Suid-Afrika was. Sekerlik is dit so wanneer mens sy dienste gedurende die twee wêreldoorloë, sy betrokkenheid by die Spesiale Diens Bataljon en die opleiding wat hy by die Militêre kollege in Pretoria behartig het, behoorlik bestudeer.Dalk is George Brink die bewys dat mens ook "helde" in die logistieke uitvoering van 'n beplande veldtog kan kry. Net soos wat 'n flank die bal in die losgemaal kry sodat die agterlyn die punte kan aanteken, net so was offisiere soos Brink verantwoordelik vir die Unie Verdedigingsmag se voorrade, bewapening en taktiese beplanning. Sonder hulle sou Suid-Afrika nie daarin kon slaag om Oos-Afrika en Noord-Afrika te bevry nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Die biografie van kolonel Koos van Heerden is tans nie alombekend nie. Hierdie episode van Eensgesind se reeks: Helde beoog om dit te verander.Kolonel Van Heerden het diens gedoen gedurende die Angolese Grensoorlog (1966-1989) en saam met Taakmag Zulu het hy ʼn gedugte krygsman geword. Dus, wat behels sy lewensverhaal? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDE10 Oktober was voorheen bekend as Heldedag. Maar het Suid-Afrika helde en heldinne? Uiteraard is dit belangrik om ʼn geëerde persoon se lewensverhaal te ken om te kan bepaal of die persoon ʼn held is of nie.Dit is die fokus van hierdie reeks deur Eensgesind, genaamd: Helde.Ter aanvang van die reeks word die eerste opgetekende geval nagegaan van 'n krygsman wat deur die Khoi-gemeenskap by Tafelbaai as ʼn militêre held beskou was. Maar was hy ook 'n held vir die Portugese wat hy aangeval het? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
GRONDMet die stigting van die nuwe Boererepublieke moes spesifieke beleide, reëls en regulasies gevolg word vir die bekom en bestuur van eiendom.Een beleidsbepaling het dit vir voormalige Voortrekkerfamilies selfs moontlik gemaak om meer eiendom te bekom as families wat nie aan die Groot Trek deelgeneem het nie.Die resultaat daarvan was 'n klasseverskil wat 'n groot invloed op Transvaal en die Oranje-Vrystaat se binnelandse politiek gehad het. Of was dit werklik die geval? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
GRONDHierdie episode van Grond handel oor die geskiedenis van grondbesit deur gemeenskappe wat hulle na 1820 noord van die Oranje- (Gariep) rivier gevestig het.Gedurende hierdie tydperk het die Groot Trek plaasgevind en sodoende het die reëls en regulasies verander ten opsigte van grondverkryging en die gebruik en besit daarvan. Dit was nie net die Voortrekkers wat veranderinge in die binneland meegebring het nie. Die Britse Ryk en ander vorste in die binneland het ook daartoe bygedra. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
GRONDIn hierdie episode van Grond word kortliks gepraat oor die grondbesitstelsel in die Kaap de Goede Hoop van 1657 tot 1835.In 1657 het die Vryburgers die reg gekry om leenplase te bewerk. Die klein groepie Vryburgers het vermeerder en gevolglik was daar 'n groter aanvraag na meer plase.Wat het toe gebeur en wat was die gevolg tot en met die begin van die Groot Trek in 1835? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
GRONDEensgesind het 'n splinternuwe reeks geskep wat die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika onder die vergrootglas plaas.Eerstens is dit belangrik om te bepaal hoe grondbesit as sodanig in Suid-Afrika begin het en hoe dit aanleiding gegee het tot eiendomsbesit in die moderne tydperk waarin ons tans in leef.Luister gerus saam na hierdie inleidende episode van Eensgesind se reeks: Grond. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EggenotesIn hierdie episode word die lewe van dr DF Malan se eggenote, Maria Malan (née Louw), behandel.Beide was betrokke by die uitbou van die Nasionale Party in Kaapland. Dr Malan, as NP- leier in die vermelde provinsie, het Maria gereeld by funksies ontmoet.Wat het gebeur toe sy in 1948 die premiersvrou word? Luister gerus saam na hierdie episode van Eggenote. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EGGENOTESHierdie episode handel oor die lewensverhaal van Mynie Hertzog (née Neethling), generaal Barry Hertzog se eggenote.Haar man het vir 15 jaar regeer en sodoende moes Mynie vir meer as ‘n dekade in die politieke kollig wees. Net soos Isie Smuts het sy ook in spesifieke kringe beweeg, maar die ervaringe gedurende die Anglo-Boereoorlog het haar altyd bygebly. Verseker het sy ook deel gehad aan die voorbereiding van haar seun, dr Albert Hertzog, se politieke loopbaan.Mynie Hertzog is dalk deesdae nie so bekend soos Isie Smuts nie, maar sy het ook ‘n biografie wat aandag moet geniet. Wat behels hierdie biografie? Luister gerus saam. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
In hierdie episode word gekyk na die lewe van Sybella Margaretha Smuts (née Krige), beter bekend as Isie Smuts.As die premiersvrou van generaal Smuts het sy ‘n reeks bekende mense ontmoet en met hulle gekorrespondeer. Sy was bekend vir haar maatskaplike projekte, veral gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945). See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.