In Alle Ernst

Follow In Alle Ernst
Share on
Copy link to clipboard

Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense. Wees die slimste meneer of dame rondom die braaivleisvuur hierdie naweek.

Ernst van Zyl


    • Mar 25, 2022 LATEST EPISODE
    • monthly NEW EPISODES
    • 15m AVG DURATION
    • 45 EPISODES


    Search for episodes from In Alle Ernst with a specific topic:

    Latest episodes from In Alle Ernst

    Onderhoud 16: Reiner Duvenage | AfriForum keer R50 miljoen-skenking aan Kuba

    Play Episode Listen Later Mar 25, 2022 21:55


    Die burgerregteorganisasie AfriForum het hierdie week suksesvol 'n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van 'n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelte van AfriForum se regsoptrede teen die skenking. Die tweede deel behels 'n hersieningsaansoek op 'n latere datum om die regering se besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer.Die hof het bykomend ook beveel dat die respondente die koste van die aansoek moet betaal. Volgens regter Neukircher verteenwoordig AfriForum die publiek se breër belange en daar is geen rede waarom AfriForum hand in eie sak moet steek nie.Ek en Reiner Duvenage, Veldtogbeampte by AfriForum, gesels in hierdie episode oor AfriForum se groot wen.

    Ep. 29 - Media se reaksie op AfriForum v Malema/EFF-hofsaak spreek boekdele

    Play Episode Listen Later Mar 16, 2022 9:07


    In hierdie episode bespreek ek hoe die verwerplikste aspek van die AfriForum vs EFF “Kill the Boer”-saak sekerlik baie dele van Julius Malema se ontstellende getuienis onder eed was, die reaksies van die media en lede van die Suid-Afrikaanse rubriekskrywersgarde 'n verbasend sterk tweede plek ingeneem het.

    Ep. 28 - Ramaforie en Zumafobie: Moenie geflous word deur 'n nuwe sondebok nie

    Play Episode Listen Later Feb 11, 2022 7:01


    In hierdie episode bespreek Ernst die maak van nuwe sondebokke in die Ramaphosa-era, en evalueer President Ramaphosa se rekord sedert hy aan bewind gekom het.

    Ep. 27 - ANC korrupsie: Moet nie val vir voortdurende vinger-wysery nie

    Play Episode Listen Later Feb 1, 2022 3:48


    Ek bespreek krities en evalueer President Ramaphosa se onlangse bewering dat daar ‘n “persepsie” bestaan dat die ANC ‘n korrupte party is, maar dat dit nie waar is nie.

    Ep. 26 - Die laer is nie ons permanente woning nie

    Play Episode Listen Later Jan 20, 2022 4:35


    Ernst bespreek hoe dit ‘n natuurlike reaksie is om op die verdediging te gaan wanneer jou gesin of gemeenskap bedreig word, maar dat meeste verdedigingstrategieë nie permanente oplossings is nie.

    Ep. 25 - Die noodsaaklikheid van beginselvastheid in stormagtige tye

    Play Episode Listen Later Nov 18, 2021 4:01


    In hierdie episode bespreek ek die belangrikheid van om beginselvas te wees in stormagtige tye.

    Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide

    Play Episode Listen Later Oct 11, 2021 9:30


    Die beleid van onteiening sonder vergoeding, wat in 2018 aan die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê is, het 'n vurige nasionale beleidsdebat ontketen wat in 2021 steeds in die middel van die nasie se politieke diskoers staan. In Suid-Afrika, en die Westerse wêreld in die algemeen, word die liberale demokratiese paradigma toenemend bevraagteken. Baie van hierdie uitdagings spruit uit 'n nuwe golf populisme, van sowel links as regs, wat momentum kry in die Weste en die globale Suide. Daarom het ek my meesterstesis geskryf oor die kwessie van herverdelende populisme, 'n vorm van linkse populisme, asook privaat eiendomsregte. In hierdie stuk bied ek 'n bondige oorsig van my bevindings.My tesis gaan oor die volgende vraag: Is herverdelende populisme 'n volhoubare langtermynroete na ekonomiese groei, die vermindering van armoede en ongelykheid, en demokratiese konsolidasie, of bied die beskerming en toepassing van eiendomsregte 'n beter alternatief om hierdie doelwitte te bereik? Om 'n antwoord te kry, het ek vier gevallestudies vergelyk: Venezuela en Zimbabwe, as voorbeelde van herverdelende populistiese regimes waar eiendomsregte wesenlik verminder is; en Uruguay en Botswana, as voorbeelde waar eiendomsregte beskerm en toegepas is.

    Ep. 23 - Emigrasie en die Groot Bou

    Play Episode Listen Later Sep 6, 2021 8:13


    In hierdie episode bespreek ek die onderwerp van emigreer uit Suid-Afrika, asook die planne vir die toekoms van diegene wat kies om te bly en te bou.

    Ep. 22 - Suid-Afrika Onluste: Die ANC vermors nooit 'n krisis nie

    Play Episode Listen Later Aug 6, 2021 4:25


    In hierdie episode gesels ek oor hoe ek reken die ANC die 2021 onluste en plundery gaan uitbuit om hul eie agenda te dien.

    Ep. 21 - Die dag toe AfriForum met die Black Management Forum vergader het

    Play Episode Listen Later Jun 7, 2021 9:49


    Ek bespreek AfriForum se deelname aan die Black Management Forum se paneelgesprek, hoekom Swart Ekonomiese Bemagtiging as beleid vernietigend en immoreel is, asook die lesse wat ek geleer het.

    Onderhoud 15: Paul Maritz | Dis KapiTaal

    Play Episode Listen Later Jun 3, 2021 40:29


    Ek gesels met my vriend Paul Maritz, die Bestuurder van Solidariteit Jeug en medeaanbieder van die Podlitiek podsending. Ons gesels oor hoe jou taal jou gemeenskap ryk maak en hoe taal kapitaal genereer.

    Onderhoud 14: Alana Bailey | Moedertaalonderrig en Taalstryd

    Play Episode Listen Later May 18, 2021 21:45


    Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor die belangrikheid van moedertaalonderrig, asook die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se appèl teen AfriForum se oorwinning met die saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by Unisa.

    Ep. 20 - Mag: Hoe om die ANC te dekodeer, te beveg

    Play Episode Listen Later May 11, 2021 6:20


    Soms kom mens nog mense teë wat sê hulle is in die war oor die ANC se beleidsvoorstelle. Hulle kan eenvoudig nie kop of stert uitmaak van hoekom die ANC so sterk aandring op beleide wat teen basiese ekonomiese beginsels, gesonde verstand en die werklikheid indruis. Ek het ’n eenvoudige praktiese reël gekry wat enigiemand sal help om sin te maak uit wat werklik die ANC se besluitneming rig en motiveer.

    Onderhoud 13: Hügo Krüger | Groen Propaganda

    Play Episode Listen Later May 6, 2021 57:23


    Hügo keer terug as 'n gas op In alle Ernst. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek die propaganda en leuens rondom onderwerpe soos klimaatsverandering en groen energie, asook ware, volhoubare oplossings vir die toekoms.

    Ep. 19 - Die lewe is 'n stryd, maar...

    Play Episode Listen Later Apr 19, 2021 6:38


    Die lewe is vol gesukkel, maar dit beteken nie ons hoef sukkelaars te wees nie. Ons moet onsself veel eerder sien as stryders.

    Onderhoud 12: Johan Nortje | AfriForum se Burgerregte-Indeks

    Play Episode Listen Later Apr 6, 2021 56:05


    Ek gesels met Johan Nortje, 'n Navorser by AfriForum Navorsing oor hulle nuutste burgerregte-indeks se inhoud en bevindinge.

    Ep. 18 - Gee vir Cyril wat hom toekom?

    Play Episode Listen Later Feb 22, 2021 4:32


    Ek bespreek die ophoping van mislukkings vir die Ramaphosa administrasie, sprake vanaf die ANC van 'n belastingverhoging om entstowwe aan te koop, en die Nuwe Dagbrekers se groeiende verleentheid.

    Wie is die Afrikaners?

    Play Episode Listen Later Feb 4, 2021 63:51


    Ek bespreek die Afrikaner-kultuur met Ruan Goosen. Ons gesels oor die kultuur se hoof uitdagings in die 21ste eeu, asook Afrikanerkultuur se waardes, helde, geskiedenis, en simbole.

    Ep. 17 - Moed is die entstof vir vrees en onsekerheid

    Play Episode Listen Later Feb 2, 2021 4:19


    Moed is dus nie die afwesigheid van vrees nie maar eerder die houding dat iets anders meer werd is as dit. Bewaar en koester daardie brose vlammetjie van hoop in jou hart, want dit sal jou moed gee om staande te bly teen die storms wat woed daarbuite, sodat jy dapper kan leef vir die en vir dit waarvoor jy lief is. Hou moed, hou koers, behou jou geloof, dink vir jouself en dink vooruit.

    Ep. 16 - Wag ons dalk tevergeefs vir die leier op 'n wit perd?

    Play Episode Listen Later Jan 25, 2021 3:42


    Ek gesels oor leiers en leierskap in die Afrikaner gemeenskap in die 21ste Eeu.

    Ep. 15 - Tweede Inperking: Die ANC Goederekultus (Deel 2)

    Play Episode Listen Later Dec 8, 2020 5:53


    Ek bespreek hoe die ANC en sy goederekultusleier, president Cyril Ramaphosa, volhard met hulle goed gevestigde kontrolelys van rituele, en hoe die party in 2020 ’n tweede golf splinternuwe rituele aanvaar het.

    Ep. 14 - #VoetsekANC en hoe om jou gemeenskap staatsbestand te maak

    Play Episode Listen Later Sep 29, 2020 4:11


    Die aanpak van die uitdaging om jou gemeenskap staatsbestand te maak sal veel meer doen om die ANC se monopolie op mag af te water as 'n hutsmerk, aangesien staatsbestandheid beteken die regering se tentakels sukkel om jou gemeenskap binne te dring. So hoe bevorder jy staatsbestandheid in jou gemeenskap?

    Onderhoud 10: Carien Bloem | Belangrikheid van Moedertaalonderrig

    Play Episode Listen Later Sep 7, 2020 24:11


    Ek gesels met Carien Bloem, bestuurder vir onderwyssake by AfriForum, oor hoekom moedertaalonderrig belagrik is, en wat tans gedoen word om dit te bevorder.

    Ep. 13 - Die saak ten gunste van Kommunitarisme

    Play Episode Listen Later Aug 26, 2020 9:08


    In hierdie episode bespreek ek die saak ten gunste van Kommunitarisme, 'n wêrelduitkyk met die gemeenskap as kern, eerder as die individu.

    Onderhoud 9: Alana Bailey | Afrikaans sal bly! (Unisa)

    Play Episode Listen Later Jul 8, 2020 24:04


    Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor AfriForum se oorwinning met die Hoogste Hof van Appèl saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

    Onderhoud 8: Hügo Krüger | Wat sê die COVID-19 kenners?

    Play Episode Listen Later May 19, 2020 26:09


    Hügo verskyn weer op In alle Ernst om oor COVID-19 te gesels. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.

    Onderhoud 7: Steve Hofmeyr | Die Smeltkroes van 'n Krisis

    Play Episode Listen Later May 5, 2020 35:00


    Ek gesels met Steve Hofmeyr oor die krisis waarin Suid-Afrika en Afrikaners hulself tans vind. Ons bespreek groepskuld, die verlede, hoekom protesliedere so kragtog is, en meer.

    Onderhoud 6: Hügo Krüger | Wat het ons sover geleer oor COVID-19?

    Play Episode Listen Later Apr 23, 2020 24:36


    Hügo keer terug as 'n gas op In alle Ernst. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.

    Onderhoud 5: André (Onrehabiliteerbare Afrikaner) | Digters en Digkuns

    Play Episode Listen Later Apr 21, 2020 22:55


    Ek gesels met André, anders bekend as Onrehabiliteerbare Afrikaner op Twitter, oor sy nuwe Afrikaanse digbundel, hoe skryf terapeuties kan wees, hoe die gewone persoon sy gemeenskap kan ondersteun en help gedurende die staat van inperking, en meer.

    Onderhoud 4: Ruan Goosen | Die ekonomiese gevolge van die staat van inperking

    Play Episode Listen Later Apr 17, 2020 24:47


    Ek gesels met Ruan Goosen, die aanbieder van die Goosenomics Podsending en Ekonomie Student (Meesters), oor wat die staat van inperking se invloed op die Suid-Afrkaanse ekonomie kan of gaan wees.

    Onderhoud 3: Ernst Roets | Staat van inperking verleng

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2020 22:41


    Die staat van inperking en grendelstaat in Suid-Afrika is onlangs met 'n verdere 2 weke verleng. Ek gesels met AfrForum se Hoof van Beleid en Aksie, Ernst Roets, oor AfriForum se standpunt rakende die verlenging, asook wat hy reken die gewone persoon kan doen om by te dra tot sy gemeenskap in hierdie tyd.

    Onderhoud 2: Dirk Hermann | Solidariteit Beweging Noodfonds

    Play Episode Listen Later Apr 10, 2020 25:22


    Die Solidariteit Beweging het 'n noodfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig. Die noodfonds word onder meer ondersteun deur AfriForum, die vakbond Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand en die FAK.Ek gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof by Solidariteit, oor die noodfonds, gemeenskapswaardes, en Afrikaners se geskiedenis van krisisbestuur.

    Onderhoud 1: Hügo Krüger | Beste beleidsmedisyne vir Covid-19?

    Play Episode Listen Later Apr 8, 2020 27:15


    In die eerste In alle Ernst onderhoud, gesels ek met Hügo Krüger, 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek beleidsverskille tussen Frankryk en Suid-Afrika, asook wat Hügo reken die beste beleids- en persoonlike benadering tot die virus beveg is.

    Ep. 12 - Wit skuld en erfsonde

    Play Episode Listen Later Apr 1, 2020 8:48


    Vir my as ’n jong Afrikaner in Suid-Afrika steek dit dwars in die krop om ’n sondebok vir ander te wees, wat gewillig geoffer mag word op die altaar van sosiale geregtigheid, met historiese groepskuld as verskoning.

    Ep. 11 - Koronavirus: Wat jy moet weet

    Play Episode Listen Later Mar 18, 2020 6:16


    Die wêreld is tans in rep en roer oor die Korona virus, of COVID-19, wat vinnig besig is om oral te versprei. Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds die virus ‘n globale pandemie verklaar en toilet papier word min soos mense paniekerig hulle spense volmaak en regmaak vir die ergste. Maar hoe ernstig is die virus rêrig? Watse gevare is werklik, en watter is slegs in ons verbeelding?

    Ep. 10 - Wat is die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR)?

    Play Episode Listen Later Mar 4, 2020 5:38


    Die ANC definieer sy agenda amptelik as die Nasionale Demokratiese Revolusie of NDR. Maar wat is die Nasionale Demokratiese Revolusie? En hoekom is hierdie konsep vandag meer relevant en insiggewend as ooit?

    Ep. 9 - Is Suid-Afrika die volgende Zimbabwe?

    Play Episode Listen Later Feb 17, 2020 11:33


    Baie mense glo dat Suid-Afrika op ‘n glybaan na ‘n Zimbabwe scenerio is. Daar bestaan beslis ooreenkomste tussen die twee lande en hul regerende partye. Maar hoe akkuraat is hierdie vergelyking? In hierdie episode bespreek ek die 30 verskille tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, wat in Flip Buys se 2019 boek, Die Pad na Selfbestuur, uiteengesit word.

    Ep. 8 - Vryheid van Spraak

    Play Episode Listen Later Feb 5, 2020 6:07


    In hierdie episode bespreek ek hoekom vryheid van spraak jou belangrikste reg is, asook hoe dit vandag bedreig word. Hoë profiel figure wat die ontneming van 'n platform en sensorskap van diegene wat hulle nie meer saamstem nie ondersteun en toejuig word ook bespreek.

    Ep. 7 - Die ANC Goederekultus

    Play Episode Listen Later Jan 23, 2020 6:39


    In die eerste episode van 2020 gesels ek oor wat 'n goederekultus is en die ooreenkomste tussen die ANC regering en sulke goederekultusse.

    Ep. 6 - Andrew Breitbart se 13 reëls

    Play Episode Listen Later Dec 12, 2019 9:36


    Ek het hierdie jaar Andrew Breitbart se boek, Righteous Indignation, gelees en dit baie insiggewend en vermaaklik gevind. In hierdie episode word Breitbart se 13 reëls bespreek vir enige persoon wat die stryd betree teen die hoofstroom media en teen die heersende zeitgeist wat ver na links geruk het. “Ek hou van baklei vir dit waarin ek glo. En ek hou daarvan om pret te hê terwyl ek dit doen.”

    Ep. 5 - Suid-Afrika benodig Patriotte

    Play Episode Listen Later Nov 27, 2019 7:21


    In episode 5 van In alle Ernst word die idees van leierskap, patriotisme en beginselvastheid ondersoek en bespreek. Suid-Afrika kort patriotte, maar wat beteken dit om een te wees?

    Ep. 4 - Wat beteken Links en Regs op die politieke spektrum?

    Play Episode Listen Later Nov 12, 2019 6:29


    In hierdie episode gesels Ernst van Zyl oor die politieke terme "Links" en "Regs". Daar word dieper gedelf in wat hierdie terme beteken, die geskiedenis daarvan, asook voorbeelde van elk.

    Ep. 3 - Wat is Alternatiewe Media?

    Play Episode Listen Later Oct 17, 2019 6:11


    In hierdie episode gesels Ernst van Zyl oor wat “alternatiewe media” is, asook die impak van die internet in die informasie era.

    Ep. 2 - Wat is die NGV en hoekom moet jy omgee?

    Play Episode Listen Later Oct 2, 2019 6:19


    In hierdie episode bespreek ek wat die NGV (Nasionale Gesondheidsversekering) behels, asook die ANC se deurlopende omgekeerde Midas-aanraking wat die bestuur van staatsbeheerde ondernemings betref.

    Ep. 1 - Die wêreld is mal

    Play Episode Listen Later Sep 17, 2019 6:04


    In die inleidings episode van die In alle Ernst podsending kyk ek na die wêreld rondom ons en verduidelik hoekom dit dalk nie so mal en chaoties is soos dit partykeer voorkom nie.

    Claim In Alle Ernst

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel