Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Follow Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Share on
Copy link to clipboard

Jaco Strydom gesels met vreemde wesens oor eienaardige dinge

jacostrydom


    • May 19, 2025 LATEST EPISODE
    • monthly NEW EPISODES
    • 43m AVG DURATION
    • 80 EPISODES


    Search for episodes from Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom with a specific topic:

    Latest episodes from Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

    Jaco Strydom gesels met Len Muller

    Play Episode Listen Later May 19, 2025 20:46


    Jare later hoor ek Len Muller en Steff Bos se verwerking van Sarie Marais op die radio en gooi amper die kar om. Die ou se droom het waar geword, het ek gedink en gewens ek kan hom high-five . . .  https://lenmuller.co.za/   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Ivor Swartz en Jaco Strydom oor Eendag Is Te Ver

    Play Episode Listen Later May 13, 2025 55:06


    Ivor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor 'n hordes dinge, o.a.  jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ...  Borg 'n bed in een van die Echo-huise  

    Jaco Strydom gesels met Ashe Steenbok

    Play Episode Listen Later Apr 13, 2025 42:56


    “Hoe word jy toe 'n Anglikaanse priester?” vra ek. “Wel, toe gebeur God!”sê hy.  Hy vertel van die groot indruk wat die woorde van 'n ryloper op sy lewe gemaak het. Die ou het gegroet toe hy hom aflaai en gesê: “So terloops jy doen nie wat jy veronderstel is om te doen nie.”  Hy het die vreemdeling op die snelweg opgelaai maar die ou het toevallig net twee strate van sy tannie af gewoon. “Tien uur daai aand kon ek nie ophou dink aan daai man se woorde nie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Gerald Kamfer

    Play Episode Listen Later Mar 17, 2025 36:31


    “My wêreld het in duie gestort. Ek het net by myself gedink, ek gaan my vrou verloor, ek gaan hierdie rots waarop ek tans staan verloor. En toe, vir so vir 'n wyle, vergeet ek van Jesus, die eintlike rots is in albei van ons se lewens. Vir 'n wyle het ek gesê, Here wat is U besig om te doen. Ek is dan die een wat verkeerd was, die een wat in die wrong was, en nou gebeur dít met my vrou? Wat gaan hier aan? En ek het dit hard en duidelik gehoor, die woorde: ‘Gerald, it's not about you!'  Dit was 'n moeilike duur tyd. Maar dwars deur Gerald se storie loop die goue lyn van mense wat God oor sy pad gestuur het . . . 

    Jacques De Villiers van Joshua na die Reën

    Play Episode Listen Later Feb 17, 2025 40:28


    Jaco Strydom gesels met Jacques De Villiers van Joshua na die Reën   “In graad drie het my ma my eerste kitaar les geboek en toe later vir my 'n keyboard gekoop. In die hoërskool het ek 'n band begin. Dit was uit en uit 'n Worship band met die naam Sovereign, en ons het gesuck!”     Hy, sy vrou Danél en hulle drie kinders woon op 'n plaas tussen Johannesburg en Parys — waar hy geword het. Baie het verander van daardie eerste orkes op skool . . . Bookings: yolandi@jndr.co.za   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Lerisa Meyer oor die see en die kerk en die dieper dors

    Play Episode Listen Later Jan 13, 2025 23:19


    “Ek en Handré bly in Uvongo met ons twee hondekinders, Leo en Teddie,” sê sy en vertel hoe hulle in 2020 van Pretoria as see toe getrek het. Dit was wonderlik en rof. Sy en Handré was pas gertoud en hy het kort daarna Covid gekry. Handré het ook teologie geswot. Hy vandag 'n onderwyser en help dikwels met preekbeurte in die gemeente . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmense

    Play Episode Listen Later Nov 25, 2024 24:48


    Na skool het ek letterlik alle tipe besighede probeer terwyl ek swot. Van ń karwas, tot drom dienste, van besproeiing installeer tot groente verkoop — noem dit en ek het dit probeer! Vandag is ek mede-eienaar van twee suksesvolle besighede in die skrootmetaal bedryf en ek dank die Here vir alles wat ek geleer het uit my vorige probeerslae,” sê Erick van Breda wat onlangs bevestig is as diensleraar by NG Florauna in Pretoria . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Jaco Strydom gesels met Henning Mostert in Ghanzi

    Play Episode Listen Later Nov 8, 2024 33:03


    Henning Mostert is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die kerk, jouself en sommer die hele lewe. Hy is dominee op 'n klein dorpie in Botswana, maar ook 'n meganiese ingenieur, met 'n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil — and that's just scratching the surface!  “Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag hy. “Ons is 1000km van Swakopmund af en 1000km van die Victoria meer af, 1200km van die Vrystaat, 1000 van Johannesburg 1500km van die Kaap.”     Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Ben en Elise Klut oor kerkwees in die stad en die berge

    Play Episode Listen Later Oct 15, 2024 32:03


    Hulle het mekaar in die hart van Hillbrow ontmoet. Vandag kerk die twee tussen die berge. Die gemeente waarvan hulle deel is, is in Winterton in mooie Noord Natal, aan die voet van die Dransberge. “Ons het begin dink dis dalk tyd vir 'n skuif. Toe op 'n dag besluit ons, ons gaan net een CV opstel en sê: ons is 'n package-deal, so of julle vat ons altwee of nie een van ons nie! So toe het hierdie gemeente een dominee-pos in twee gedeel sodat ons elkeen nou 'n halwe pos het ..."   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Charlene Grobler

    Play Episode Listen Later Sep 15, 2024 41:15


    Charlene Grobler is die hoof van Jakaranda en Louis Botha kinderhuise. Jakaranda huisves 200 kinders in 20 huise; Louis Botha 90 kinders in 9 huise. Hulle het 10 maatskaplike werkers en 'n groot klomp ander personeel.  “'n Skoolhoof het een keer vir my gesê, moeilikheid is jou besigheid Charlene! My groot werk is om mense te bestuur en te ontwikkel en die regte sisteme in plek te sit.” Hoe lyk jou tipiese dag? vra ek. “My tipiese dag is redelik nag!” lag sy . . . Lees artikel in Kerkbode

    Scherlize se Ysterplaat storie

    Play Episode Listen Later Aug 19, 2024 24:31


    “Toe dink ek, ja, die saal word nou gebruik en die verhoog lankal ingerig in kamers waar van ons mense bly. Wat kan ons nog gebruik? Ons stoor is nou klaar die kantoor, die ander kantoor is al die maatskaplike werker se plek, Hendriko bly reeds backstage in een van daai ou aantrekkamers, die gat onder die verhoog is die huiswerkkamer en die ou moederskamer is die crèche . . . Wat is daar nog? Toe dink ek, wel, daar is 'n oop stuk teer agter die kerk, en dít  word nog nie gebruik nie., So toe kry ons containers en omskep hulle in 'n koshuis vir die baie van ons kids wat sukkel by hulle huise . . .” vertel Scherlize van der Merwe . . . Meer oor Isibindi Lees artikel in Kerkbode

    Stefaans se nuwe lewe is vol boeke

    Play Episode Listen Later Jul 17, 2024 21:24


    Sy lewe lees soos 'n storie vol erg uiteenlopende genres. En dis 'n verhaal vol eens ondenkbare verassings wat steeds besig is om geskryf te word.  Baie het gebeur in die nege jaar ná Stefaans Coetzee vrygelaat is. Daar was 'n tyd toe jy, as jy sy naam hoor of iewers iets oor hom raaklees, dadelik gedink het aan die verregse tiener bomplanter wat lewenslank in die tronk sit. Toe breek daar 'n nuwe tydperk aan. 'n Tydperk waarin hy bekend word as die ou wat 'n nuwe lewe begin het, wat groentetuine plant in die plakkerskampe en opstaan teen rassisme en ongeregtigheid in Suid-Afrika — Stefaans is na 18 jaar vrygelaat toe van sy slagoffers en hulle familie hom bevriend het en 'n versoek gerig het vir sy parool.  Vandag wanneer iemand die naam, Stefaans Coetzee, hoor is die kans goed dat hy of sy dink “dís mos die boeke-man!” dscoetzee22@gmail.com Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Stefaans Coetzee oor DAKA

    Play Episode Listen Later Jun 21, 2024 19:36


    "En nou gaan ek jou die storie vertel van my dood en hoe ek die hemel en die hel van solitary confinement in die wildernis ontdek het - en  hoe 'n waterwese my gered het . . ." Penguin Random House, Luca Exclusive Books, Bargain Books, Graffiti . . .  LifeFM ondehoud 21/6/2024 Borg 'n bed in een van ons Echo-huise      

    Jaco Strydom gesels met Jacqueline De Lange - Moeder Teresa van die Moot

    Play Episode Listen Later Jun 16, 2024 36:06


    Reeds vroeg in haar lewe het sy kennis gemaak met die wrede kant van die lewe en 'n belangrike besluit geneem. Die storie oor haar kinderjare is tragies, om die minste te sê. Maar ironies genoeg — omdat haar verhaal nie daar eindig nie — is dit ook dié tipe storie wat jou weer in God se goedheid laat glo, en aan die wonderwerk van 'n nuwe begin en dat die lig steeds mag het oor duisternis  . . . Die lewe maak jou bitter of beter. Jacqueline het beter gekies . . . Kontak Jacqueline: jacqueline.delange43@gmail.com Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode  

    Jaco Strydom gesels met Jan Venter oor rugby op Clarens - onder andere

    Play Episode Listen Later May 19, 2024 23:37


    Clarens is nie net 'n mooi plek nie, daar gebeur ook mooi dinge! Soos die storie van die Clarens Eagles. . . . toe Jan weer sien was hy nie net die nuwe dominee op die dorp nie, maar ook die afrigter van 'n rugbyspan bestaande uit jongmanne waarvan meeste nog nooit voorheen op 'n rugbyveld was nie . . . Clarens Eagle op FB Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

    Jaco Strydom gesels met Sharaine Steenberg wat in Nieu-Seeland woon

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2024 23:11


    “As dit maklik is doen jy dit verkeerd!” sê Sharaine Steenberg. “Na 8 jaar dink ek nog baie daaraan om eerder terug te gaan Suid-Afrika toe. Ons het getrek vir 'n toekoms vir ons kinders, en sodat ek naby my ma kan wees - hulle het 'n jaar voor ons getrek. Maar nou dat ek terugkyk, was dit regtig God se plan vir ons. My impulsiewe, en somtyds selfsugtige, neigings het gemaak dat ons op die vliegtuig geklim het, maar sonder om cheezy te wees, God is die een wat my hier hou.” Sy sê die groot besluit is op die ou einde nie om te trek nie, maar om te bly. Want 'n mens wil heeltyd weer terugtrek Suid-Afrika toe . . .   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise        

    Jaco Strydom gesels met die mense van NetACT in Nairobi, Kenia

    Play Episode Listen Later Mar 12, 2024 31:09


    “Waarom doen ek dit? Liefde vir Afrika! En omdat God se liefde my dring. Ek ontdek soveel van myself, van ander mense en van God in hierdie betrokkenheid in Afrika,” sê Hannes Theron, die programkoördineerder van NetACT.  “Ek is eintlik 'n gerehabiliteerde pensionaris,” lag hy en vertel dat hy nooit gedink het hy gaan op sy ouderdom weer 'n draai in die akademie maak nie. Hy was onder andere voorheen predikant by Helderberg gemeente in Somerset Wes en is onlangs bevestig by NG Gemeente Constantia.  Ons gesels in die eetsaal van die Pan Africa Christian University in Nairobi. Saam aan tafel, is Nico Mostert en Daniël de Wet, ook dominees en, soos Hannes, ook deel van NetACT . . .     Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise    

    Jaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het

    Play Episode Listen Later Feb 11, 2024 55:55


    “My boot was rooi van die sand, so ook al die vlaggies op die dek, én my sonpanele. En dis nie goed nie! Want jy is ongelooflik afhanklik van die paar elektroniese goed op die roeiboot,” vertel Peet Botma. Dit was sy tiende dag op die Atlantiese oseaan, reeds meer as 700km van die naaste droë grond af. Daar was 'n sandstorm in die Sahara Woestyn en die Oostewind het dit die diepsee in gewaai.  Christopher Columbus draai sekerlik in sy graf om, het ek gedink toe ek dié storie hoor.  Hy sou dit eenvoudig nooit kon glo nie. Dat iemand presies dieselfde roete as wat hy in 1492 geseil het, oor die ganse Atlantiese Oseaan, manalleen, in 'n roeiboot sou roei! Net soos Columbus het Peet op die Kanarie Eilande naby Marokko weggespring en eers weer voet aan land gesit op die Karibiese eilande, 4800km verder, reg bokant Suid-Amerika - as gevolg van die seestrome en die wind moes hy op die ou einde meer as 5200km roei. Dit het 45 dae gevat . . . https://freedomrower.co.za/ Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Johan Erasmus

    Play Episode Listen Later Jan 12, 2024 43:42


    Johan Erasmus is die leier van 'n geloofsgemeenskap genaamd, Dialogue Community, en een van die stigterslede van Betereinders. Hy vertel hoe hy na skool teologie wou studeer. Maar, soos dit daai jare op Potchefstroom gewerk het, moes hy eers 'n paar vrae van die kuratorium-ooms antwoord. Toe die een dosent vra, waarom hy teologie wil studeer, het hy geantwoord: “want ek wil sien of dit waar is.” Dit was die verkeerde antwoord, toe gaan swot hy geskiedenis en filosofie . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Meer oor Dialogue Community   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Katleho Ncaphe and the NG Kerk

    Play Episode Listen Later Nov 26, 2023 24:14


    "For me to be confirmed as the service minister in NG Kerk is the continuation of what God started before I was born. I am just becoming part of the big picture of God. One wagon of the laager has made space for those, who they used to only reach out too by going on outreaches, but were never included inside the laager. And this for me is the manifestation of God's divine grace. The language of the true kingdom is love that goes beyond color race or gender . . . " More about PEN  Kerkbode

    Maartje en Zander se passie vir die kerk

    Play Episode Listen Later Nov 10, 2023 54:58


    Maartje van der Westhuizen is pas verkies as assessor van die algemene sinode. Sy is  predikant by NG kerk Elarduspark. Zander is predikant by NG Gemeente Tygerpoort;  hy is 'n dominee, radio-omroeper by Groot FM, musikant, skrywer en dien op die Oostelike Sinode se SDR. Om net 'n paar dinge te noem . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Jaco Strydom gesels met Stephan De Beer

    Play Episode Listen Later Oct 6, 2023 74:22


    Ek wens meer dominees en pastore wil na die ou luister sê iemand nou die dag, en ek onthou 'n ander ou wat eenkeer opgemerk het: “David Bosch is dood maar ons het darem nog vir Stephan De Beer!”    Ek vra hom waar alles begin het.   “Die grootste draaipunt was die Elim-kerk in Sunnyside wat afgebrand het op 12 Maart 1992. Dit was 'n skuiling vir straatkinders wat ek help begin het. Agt seuns is die aand dood . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode 

    Jaco Strydom gesels met Johan Robyn

    Play Episode Listen Later Sep 18, 2023 35:51


    “Ek het diep in die oë gekyk van daai ouens wat die gun op my gehad het en ek het regtig daai dag die pyn van armoede gesien, die pyn van swaarkry, die pyn van dis kersfees en ek moet iets huis toe vat ek moet iets hê om vir my kinders te gee,” sê Johan Robyn wat die laaste 23jaar in Hillbrow werk . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

    ek jaco kyk hillbrow
    Jaco Strydom gesels met Rethie Van Niekerk

    Play Episode Listen Later Aug 14, 2023 30:35


    “Ek dink daai broosheid wat ek ervaar het, het my op 'n fundamentele manier gevorm. Ek het geleer om dit te embrace. In daai hele tyd wat ons werkloos was, het ek dit as my taak begin beskou om te werk daaraan om nie hard te word nie. Om sag te bly en toe te laat dat die seerkry my mooi maak. Eerder as lelik. Dis nie eenvoudig nie. Dis vrek harde werk. En om nie bitter te raak nie! Maar ek dink daai broosheid is nou deel van my menswees. Ek verstaan dat die lewe gebeur en dat dit seermaak en dat ons nie altyd in beheer is nie, maar ook van deernis hê . . . " Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise      

    Jaco Strydom gesels met Niel en Marietjie Steyn

    Play Episode Listen Later Jul 17, 2023 54:36


    Marietjie is 'n dominee by die oudste kerk in die land en Neil die leier van een van die jongste geloofsgemeenskappe, Isibindi . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Isibindi

    Jaco Strydom gesels met Ruhan Fourie

    Play Episode Listen Later Jun 16, 2023 34:16


    Die kerk was nog nooit goed met mag nie, en politici het 'n manier om godsdiens tot voordeel van hulle eie groep te manipuleer. Ek voel effe deurmekaar oor die saak en besluit om raad te vra by dié een ou wat ek ken wat die meeste van sulke dinge weet.   Ruhan Fourie, is 'n historikus in Bloemfontein wat al heelwat geskryf het oor die geskiedenis van die NG Kerk en die politiek in Suid-Afrika; hy is tans juis besig met die skryf van 'n boek oor die NG Kerk en die Rooi Gevaar. 'n Artikel op sy blog oor hedendaagse politici se verhouding met kerkgroepe het onlangs weer gesprekke op RSG en ander plekke ontketen.   “Wel, of dit nou destyds was om apartheid of kolonialisme 'n morele legitimiteit te gee, of later om teen onreg te praat, soos byvoorbeeld by mense soos Beyers Naudé, die kerk en politiek in Suid-Afrika is nog altyd diep verweef met mekaar,” sê hy . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise    

    Jaco Strydom gesels met Hanneri De Wet

    Play Episode Listen Later May 12, 2023 36:47


    Sy vertel stories met fotos . . .   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Jaco Strydom gesels met Ronell Bezuidenhout

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2023 34:22


    “Ek is gebore in Welkom, op 'n dag dat dit gesneeu het in Augustus, en vir 'n oomblik is ek omgeruil en vir die verkeerde ma gegee.  My eerste moedersmelk was dus van  'n ‘Mev van Vuuren' af en nie van Mev Bezuidenhout nie; en van daai dag af was ek reeds ‘anders',” vertel Ronell.    Sy was deel van die eerste groep vroue wat destyds in die NGKerk bevestig is as predikant. Ronell het deur die jare 'n hele lot boeke geskryf, kursusse ontwikkel, sy skilder ikone, is vandag 'n predikant in die Lutherse kerk . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Ronell se Blog   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi Swanepoel

    Play Episode Listen Later Mar 17, 2023 54:43


    Nie vervelige mense nie! Jaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi Swanepoel oor hulle 2de TV reeks en die paradoks van dominee- en kerkwees in Suid-Afrika vandag.  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Jaco Strydom gesels met Eddie Le Roux

    Play Episode Listen Later Feb 2, 2023 30:42


    Eddie Le Roux gesels oor sy pad met die kerk, letterlik 'n dag na hy afgetree het as predikant.  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Danie en Esther Van Niekerk, vreemde wesens wat die wêreld 'n beter plek maak

    Play Episode Listen Later Jan 16, 2023 65:02


    “Waar is Danie . . . en waar is ons kruiwa?” het Esther gewonder.  Meer en meer desperate, moeë, moedelose vlugtelinge uit Sirië het elke dag deur hulle stad beweeg. En waar was Danie? Hy was besig om oumense wat te swak is om te loop oor die grens te stoot in hulle kruiwa.  Masedoniërs groet mekaar met die woorde “каде си?” (uitgespreek “kade si?”) wat beteken “waar is jy?” Danie en Esther van Niekerk het besluit om doelbewus met hulle lewens hierop te antwoord: “Ons sal wees waar die moeilikheid is!” . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Ondersteun Danie en Esther se bediening: danie@ourcalling.co.za    

    Jaco Strydom gesels met Danie Mouton oor sy pad met die kerk

    Play Episode Listen Later Nov 14, 2022 38:35


    “Die skool se leuse was ‘Ons eie eerste', 'n leuse waarvan ek my hele volwasse lewe probeer afskeid neem,” sê Danie. Hy was al oral betrokke in die kerkomgewing, van gemeente dominee en hoof van 'n kinderhuis tot die direkteur van Bybel-Media, om net 'n paar plekke te noem, tans is hy die uitvoerende beampte van die Sinode van Oos-Kaapland. Hy is hoopvol oor die toekoms, sien 'n klomp mooi goed raak en sê hy is veral opgewonde oor nuwe jong leiers in die kerk . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Enrique Hermanus

    Play Episode Listen Later Nov 7, 2022 28:30


    Enrique het onlangs sy vier en twintigste verjaarsdag gevier, maar moenie dat sy ouderdom jou bluf nie, hy is een van daai ouens wat dit regkry om 'n groot klomp lewe in 'n kort leeftyd in te pak . . . Hy het onlangs 'n toekenning gekry as een van die Mail & Guardian se twee honderd jongmense wat die grootste verskil in Suid-Afrika maak. As jy sy storie hoor, of 'n kans kry om hom dop te hou, sal jy verstaan waarom.  Kontak hom: e.s.hermanus@gmail.com      

    Johan Brits, die eenvoudige lewensstyl van 'n finansiële slim ou

    Play Episode Listen Later Oct 8, 2022 30:50


    Dis nie net wát Johan Brits doen wat fassinerend is nie, maar veral die plek vanwaar hy kies om dit te doen. As jy byvoorbeeld hoor wat die ou se day-job is, sal jy dink hy ry 'n duur kar en woon in 'n luukse huis van sy eie in 'n veilig omheinde kompleks. Maar Johan is 'n vreemde ou. Hy sal die eerste een wees om uit te wys dat hy is geen St Franciscus van Assisi is nie, maar sy lewensstyl het iets van die selfde appèl op die godsdienstiges van vandag. Dis lynreg teen die materialisme, verbruikersmentaliteit en individualisme waarin soveel van ons, ook in die kerk, deur die eeue dikwels vasval. Wat sy storie nog meer fassinerend maak is die feit die ou meer van besigheid en finansies weet as meeste slim mense op aarde . .    Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Wynand Breytenbach

    Play Episode Listen Later Sep 26, 2022 31:52


    Wynand Breytenbach is predikant met opdrag jongmense en uitreik, sy Facebook blad sê: Story Teller at Durbanville Gemeente. Sy eie storie is vol intriges, verwondering en nuwe ontdekkings, allermins 'n vervelige verhaal . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Retha Kruidenier, die dominee met 'n groot hart

    Play Episode Listen Later Sep 5, 2022 29:31


    'n Mens kan die emosie in haar stem hoor as Retha praat oor die weerlose mense in die gemeenskap, veral die mense wat sy daagliks raakloop in publieke hospitale as deel van haar werk by HospiVisie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Die worsteling en verwondering van Pierre Du Plessis

    Play Episode Listen Later Aug 2, 2022 35:07


    Pierre Du Plessis het destyds modeontwerp geswot, later vir 'n tyd lank in die advertensiebedryf gewerk en onder andere 'n alternatiewe geloofsgemeenskap genaamd 3rdPlace gehelp vestig in Pretoria. Hy was ook al meer as een keer 'n spreker by TED X en hy is 'n skrywer . . . om net 'n paar goed te noem. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise    

    Charlotte Sibanyoni

    Play Episode Listen Later Jun 26, 2022 37:04


    Charlotte Sibanyoni is 'n NG dominee en Hebreeuse dosent by Tuks met 'n fassinerende storie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Nadia en DJ

    Play Episode Listen Later Jun 6, 2022 30:52


    Nadia en DJ is getroud. Albei is dominees, Nadia in 'n gemeente en DJ in die gemeenskap . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Sandile Mnisi

    Play Episode Listen Later May 17, 2022 24:14


    “Ons bly in 'n baie mooi land en die diversiteit maak dit nóg mooier!” sê Sandile Mnisi wat onlangs gelegitimeer is. Hy het teologie studeer by Tuks en preek die afgelope paar jaar amper elke Sondagaand by Melville Kruisgemeente, 'n NG Kerk in Johannesburg. Sondae-oggende is hy by VGK-gemeentes in Soshanguve en op ander plekke . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise      

    Orlog in Moz, Andre en Anna-Marie is steeds daar

    Play Episode Listen Later May 3, 2022 58:50


    Andre en Anna-Marie Thiart se huis in die Noorde van Mosambiek is laasjaar afgebrand, maar hulle is steeds daar. Vir nou woon hulle in 'n konstruksiekamp van TOTAL, net buite Palma, veertig kilometer van die Tanzanië grens af. Soldate uit Rwanda beskerm die kamp. “Dit gaan bietjie beter,” sê Andre, “maar steeds rof.” Hulle het gister gehoor van 'n dorpie daar naby wat geplunder is en 'n weermagkamp 'n ent verder is onlangs aangeval . . . Kontak vir Andre: thiartaa@gmail.com Link na Kerkbode vir artikel en fotos  

    Neil Büchner

    Play Episode Listen Later Apr 11, 2022 46:47


    “Wat doen Neil Büchner nou eintlik?” Hierdie vraag het ek mense al meer as een keer hoor vra. Gewoonlik wonder en bespiegel almal teenwoordig dan bloot hardop. Niemand is heeltemal seker nie. Die probleem is Niel is 'n vrye wese, met buitengewoon baie talente en passies, van musiek en kerk en wyn, tot koffie en media en kosmaak en surf - en 'n hele paar ander . . .  Niel se Youtube Channel   Link na Kerkbode vir artikel en fotos Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Johan Cloete

    Play Episode Listen Later Mar 7, 2022 47:54


    Johan Cloete is deesdae op die agtergrond betrokke by Kerk tussen die Mielielande, 'n gemeente sonder 'n dominee . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Fay Van Eeden

    Play Episode Listen Later Feb 19, 2022 36:16


    “Toe blaas ek die oom se kar se bande af,” sê Fay, “ek het gevoel ek kan nie net níks doen nie.” “Hoe oud was jy?” vra ek. “Twaalf,” sê sy en vertel hoe sy van kleins af 'n passie het om te bewaar en versorg, veral wanneer dit oor die natuur gaan . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Die avonture van Michiel Van der Merwe

    Play Episode Listen Later Feb 3, 2022 45:46


    Michiel Van der Merwe is 'n dominee, 'n skrywer en die uitvoerende hoof van Stabilis, onder andere. Hy is een van daai rare mense wat 'n enorme klomp lewe in een leeftyd inpak - het byvoorbeeld al 23 keer die Argus fietswedren gery.  Én hy ken van klim, hy was al tot by die base-camp van Mount Everest, het al twee keer Kilimandjaro geklim en een keer Mount Kenia, die tweede hoogste berg in Afrika. Nog elke keer doen hy dit om geld in te samel vir een van sy grootste passies in die lewe: gidshond-opleiding. Hy vertel ook graag van die lewenslesse wat 'n mens leer wanneer jy bergklim. Sy boek hieroor met die titel, Klim die berg in jou lewe – vir die uitsig én die insig, verskyn eersdaags.  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Kontak Michiel: mvdm360@gmail.com / stabilis treatment centre   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Erick du Toit en die Skotte

    Play Episode Listen Later Jan 15, 2022 37:04


    Erick is die afgelope 3 jaar in predikant in Skotland . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Jaco Strydom gesels met Marinda van Niekerk

    Play Episode Listen Later Nov 15, 2021 52:27


    Dit was by 'n fontein waar Marinda destyds haar groot ontnugtering gehad het. 'n Tipe ontwaking wat uiteindelik sou bydrae tot haar passie vir die weerlose mense van die middestad van Pretoria . . .    Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Lees meer oor Pen

    Chris de Vries se vreemde studentebediening in Bloemfontein

    Play Episode Listen Later Nov 2, 2021 38:50


    Die dieper dors en die lewende water  "Die uitdaging is om boorgate te boor, fonteine oop te maak . . . eerder as om nog grense tussen mense op te rig," sê Chris De Vries Lees meer oor Kopanong Artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

    Jaco Strydom gesels met Waldemar Stumpfe

    Play Episode Listen Later Oct 12, 2021 29:25


    Waar is Waldemar? Waldemar is present . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,  My Blog: Anderkant die Doringdraad,  

    Jaco Strydom gesels met Deon Meiring

    Play Episode Listen Later Sep 22, 2021 39:21


    Deon Meiring het onlangs Bicycle Sonder 'n Slot saam met Koos Kombuis ge-record vir 'n TV reeks. . . . Sy se musiekloopbaan is reeds vroeg gebore - om dit sag te stel. Hy en 'n paar vriende het Glaskas in graad nege in Hoërskool Nico Malan op Humansdorp begin. Na skool het hy en Bouwer Bosch Dans Dans Lisa geloots en die laaste paar jaar het daar toenemend nuwe solo albums verskyn . . .  Deon Meiring Instagram Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Amos Petersen

    Play Episode Listen Later Sep 5, 2021 34:30


    Ons gesels in Stellenbosch, hy is pas terug uit Malta waar hy onder vlugtelinge gewerk het.  Amos Petersen se pa was 'n VGK predikant op Vredenburg in die Weskaap, sy beste vriend Derik Basson se pa was die NG-dominee op die dorp.  Artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    Claim Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel