POPULARITY
Die parlement se komitee vir justisie en grondwetlike sake het die Nasionale Vervolgingsgesag ondervra oor die hantering van die saak teen die Nigeriese tele-evangelis Timothy Omotoso. Die komitee is bekommerd omdat hy en sy medebeskuldigdes onskuldig bevind is op 32 aanklagte, insluitend verkragting en mensehandel, ná 'n verhoor wat jare lank voortgesleep het. Die komitee het verskeie kwessies uitgelig, insluitend onvoldoende kruisondervraging. Die NVG se hoof, Shamila Batohi, erken die tekortkominge en het moontlike regsfoute in die verhoor aangehaal:
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, president Cyril Ramaphosa se besluit ondersteun om 'n regterlike ondersoekkommissie in te stel na beweerde vertragings in die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Dit behels ondersoeke van vorige administrasies, wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys is. Sy sê slagoffers se families soek geregtigheid en vergoeding vir onopgeloste sake wat dekades gelede gebeur het:
Die GOOD Party sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die sake wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie aanbeveel is met dringendheid vervolg, aangesien hy dit steeds kan doen. President Cyril Ramaphosa gaan 'n regterlike kommissie van ondersoek aanstel om te bepaal of iemand probeer om die ondersoek of vervolging van misdade te dwarsboom wat die WVK uit die apartheidsera na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys het. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die WVK het meer as 400 sake verwys:
President Cyril Ramaphosa gaan 'n kommissie aanstel om vas te stel hoekom die Nasionale Vervolgingsgesag nie apartheidsmisdade ondersoek het nie. Advokaat Dali Mpofu se tugverhoor word uitgestel - ons praat met 'n kenner oor die aanklagte teen hom. Die wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming ontlok nóg ‘n hofgeding.
Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016. Kubayi het teenoor Newzroom Afrika bevestig dat die regering in die finale stadium is met die proses om te verseker dat Bushiri na Suid-Afrika terugkeer sodat die reg sy gang kan gaan:
Die saak teen ses mans wat aangekla word van die moord op 18 mense in Lusikisiki in die Oos-Kaap is oorgeplaas na die hoërhof in Mthatha. Die saak hou verband met 'n dodelike aanval in die dorp Ngobozana en die moord op die politikus Mncedi Gijana in KwaBhaca verlede jaar. Luxolo Tyali van die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die beskuldigdes staan tereg op onder meer 18 aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg:
Die Streekhof in Skukuza, Mpumalanga, het 'n 38-jarige Mosambiekse burger, Silas Mathebula, tot 30-jaar tronkstraf gevonnis vir misdade wat verband hou met renoster-stropery. Mathebula is skuldig bevind aan betreding, die doodmaak van drie renosters en vuurwapenmisdrywe. Hy is in 2019 aangekeer en het borgtog gekry, waarop hy weer in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is vir 'n soortgelyke oortreding. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, het die vonnis verwelkom:
Twee bykomende beskuldigdes, Iwan Schelbert en Hein Odendaal, het Vrydag saam met Stephanus Grobler in die Handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn vir beweerde bedrog by Steinhoff. Hulle is borgtog van 150 000 Suid-Afrikaanse rand elk toegestaan met streng voorwaardes, insluitend die oorhandiging van paspoortoorte en weeklikse rapportering aan die polisie. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die saak is tot 30 Mei vanjaar uitgestel vir verdere voorbereidings en verhoorreëlings:
Ernstige vrae word gevra oor doeltreffendheid van advokaat Shamila Batoyi, die eerste vrou wat aangestel is as die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag. 'n Politieke ontleder praat oor die toekoms van die Ditsobotla Munisipaliteit in Noordwes, wat volgens die ANC eerder ontbind moet word. Suid-Afrika maak hom gereed om die liggame van weermagsoldate te ontvang, wat in die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het. Wat Donald Trump se strategie met sy uitlatings?
Die staat het diefstal-aanklagte ter waarde van meer as 800 000 Suid-Afrikaanse rand laat vaar teen die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, en die finansiële hoof, Gronie Hluyo. Hulle en die sakeman Trevor Neethling het hul vierde verskyning in die Handelshof in Palm Ridge, Gauteng, gemaak. Albei word egter steeds beskuldig van bedrog en sameswering. Jordaan wil probeer om die saak uitgegooi te kry. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak is tot 15 Augustus uitgestel.
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê hy gaan voort met strafregtelike en dissiplinêre optrede teen nege polisielede wat verbind word met die moord op 'n speurder van Kaapstad se teen-bende-eenheid, Charl Kinnear, in 2020. Die direktoraat het sy verslag gedeklassifiseer en sewe polisielede uitgewys asook twee van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke. Hoofondersoeker Mario September sê die direktoraat werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om 'n vroeëre besluit om nie te vervolg nie, te hersien.
Die DA sê hy het die Wetsontwerp op die Een-en-Twintigste Wysiging van die Grondwet, ook bekend as die teen-korrupsiewetsontwerp, in die parlement ter tafel gelê. Glynnis Breytenbach van die DA sê soos beloof in die party se 2024-verkiesingsmanifes, wil die wetsontwerp 'n teen-korrupsiekommisie instel as 'n onafhanklike Artikel 9-instelling, net gefokus op die ondersoek en vervolging van ernstige korrupsiesake. Sy sê op die oomblik is die Nasionale Vervolgingsgesag die enige instelling met die mag om diegene te vervolg wat aangekla word van ernstige korrupsie en hoëvlak georganiseerde misdaad.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik versoek die regering om befondsing vir sleutelliggame teen korrupsie, soos die Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid, te vergroot. Hulle waarsku 'n gebrek aan toesig in openbare-private vennootskappe kan aanleiding gee tot vermorste belastingbetalersgeld en ondoeltreffendheid. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, kritiseer die mediumtermyn-begrotingsrede van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, omdat dit nie voorrang gee aan die stryd teen korrupsie en finansiële wangedrag nie.
Die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, het die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit gekritiseer om niemand in die Phala Phala-aangeleentheid te vervolg nie. Die voormalige spioenbaas Arthur Fraser het 'n saak teen president Cyril Ramaphosa en die voormalige hoof van sy presidensiële beskermingseenheid, Wally Rhoode, geopen. Dit was oor die beweerde toesmeerdery van die diefstal van buitelandse valuta op die president se Limpopo-wildplaas in 2020. Hlophe sê die NVG se besluit bewys dat geregtigheid in Suid-Afrika net vir die elite beskore is:
Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om ʼn afgetrede regter aan te stel om ʼn dringende ondersoek na die Nasionale Vervolgingsgesag te lei. Dit moet die gebrek aan prestasie en verwoestende uitwerking van staatskaping ondersoek wat die vervolgingsgesag lamlê en ondersoeke na hoëprofiel-korrupsie kniehalter. Die sentrum se woordvoerder, Ann Bernstein, sê die teleurstellende vertoning van die NVG veroorsaak ʼn oorheersende gevoel van wanhoop dat die staat nie die wet kan toepas nie.
Die DA in Gauteng sê hy het die volledige uitspraak van 196-bladsye oor die Life Esidimeni-ondersoek bestudeer en gaan druk uitoefen op die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n wye reeks aanklagte binne ‘n kort tydraamwerk uit te reik. Woordvoerder Jack Bloom sê daar is ‘n reuse-hoeveelheid getuienis wat gebruik moet word om almal te vervolg wat uitgewys is - nie slegs die voormalige LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, en die eertydse direkteur van Geestesgesondheid, Makgabo Manamela, wat aanspreeklik bevind is vir die dood van nege pasiënte nie.
‘n Vrou is in die hof in Pretoria tot drie maal lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord op twee van haar minnaars en haar 17-jarige seun. Die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die 47-jarige Pamela Selani van Olievenhoutbosch en haar destydse kêrel, Michael Changisa, het in 2016 ‘n argument gehad nadat sy ‘n oordraagbare siekte van hom opgedoen het. Sy het ‘n ander kêrel, Gift Phiri, gevra om te help om Changisa te vermoor:
Die Vryheidsfront Plus kritiseer die Nasionale Vervolgingsgesag vir 'n vertraging van vyf maande met die haatspraaksaak teen die leier van die EFF, Julius Malema. Die klagte, wat in Julie verlede jaar ingedien is, raak Malema se gebruik van die liedjie "Kill the Boer, Kill the Farmer" en die uitdrukking "shoot to kill" tydens die EFF se tienjaarvierings. Die partyleier Pieter Groenewald sê ondanks die afhandeling van die polisie-ondersoek in Desember verlede jaar het die Vervolgingsgesag nog nie opgetree nie.
Die Oos-Londense-streekhof het die korrupsiesaak teen 'n voormalige senior staatsamptenaar, Neil Naidoo en die sakelui, Kenny Govender en Matthew Pillay, tot September vir verhoor uitgestel. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê hulle staan tereg op verskeie korrupsieaanklagte en een van dwarsboming van die gereg, na beweerde pogings om twee ondersoekbeamptes met 3.5 miljoen Suid-Afrikaanse rand om te koop.
Suid-Afrika se nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, sê die Nasionale Vervolgingsgesag het reeds aansienlike vordering gemaak met die heropbouproses, ná die era van staatskaping. Sy het prestasies uitgelig in die vestiging van leierskap, die verhoging van vermoë en samewerking met die burgerlike samelewing en internasionale kundiges. Batohi het tydens 'n mediagesprek in Pretoria uitdagings erken, insluitend die stadige vordering in sommige staatskaping-verwante sake. Batohi is aan die woord.
Die DA sê die Departement van Gesondheid het sy verantwoordelikheid versuim om die nakoming van regulatoriese standaarde te verseker. Die party sê slegs 53-persent van die land se 117 patologie-eenhede het sertifikate van bevoegdheid ontvang, weens swak en gebrekkige infrastruktuur sowel as ongesonde en onveilige toestande. Michele Clarke van die DA sê ontoereikende forensiese eenhede belemmer die Polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag om vinnig kriminele ondersoeke te doen en geregtigheid te verseker in sake insluitend moord en verkragting:
Die Palestina Solidariteitsveldtog in Suid-Afrika het 'n klagte by die polisie gelê en die Nasionale Vervolgingsgesag ingelig oor 'n Suid-Afrikaner wat na bewering in die Israeliese Besettingsmag dien. Die klaer, Usuf Chikte, noem moontlike oortredings van die Statuut van Rome en die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hy dring aan op 'n onmiddellike ondersoek, vervolging en uitlewering van individue wat betrek word, en diegene wat in konflikte dien wat nie deur Suid-Afrika ondersteun word nie:
Suid-Afrika se Nasionale Vervolgingsgesag beplan om nog 'n beskuldigde by die korrupsiesaak teen die voormalige speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula te voeg. Sy het na haar bedanking verskyn in die landdroshof in Pretoria waar sy vrygelaat is op borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand. Sy word beskuldig van die ontvang van meer as 2 miljoen-rand se omkoopgeld toe sy die minister van verdediging was. Die saak is uitgestel tot 4 Junie. Staatsaanklaer Bheki Manyathi sê hulle sal nie Mapisa-Nqakula in die land beperk nie, maar sy moet teen Maandag haar paspoort inhandig.
Cosatu verwelkom die optrede deur die Nasionale Vervolgingsgesag om pogings om geweld aan te hits te hanteer voor die verkiesing van 29 Mei. Dit volg nadat die senior uMkhonto weSizwe-partylid Visvin Reddy aangekla is nadat hy met geweld gedreig het sou die Verkiesingskommissie en die howe negatiewe besluite neem teen die voormalige president Jacob Zuma. Die waarnemende woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê die land kan nie politieke geweld bekostig nie.
Oor na die buurland en die Batebeslagleggingseenheid in Pretoria het drie bevele ter waarde van18-miljoen Suid-Afrikaanse rand van die hof verkry, vir die verbeuring van eiendom wat behoort aan individue wat betrokke is by 'n beweerde onwettige goudsindikaat in Khutsong, Carletonville. Die streekvoorsitter van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana... Lumka Mahanjana maandag
Die GOOD-party het die buurland se justisie-departement se aankondiging verwelkom dat vier veiligheidspolisielede uit die apartheids-era moet teregstaan vir die moord op die MK-kader, Jameson Mngomezulu, in 1985. Die party is ook tevrede met die heropening van die geregtelike ondersoek na die moord op die Cradock-vier – Mathew Goniwe, Sparrow Mkonto, Fort Calata en Sicelo Mhlauli – in 1985. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die Waarheids-en-versoeningskommissie het 21 jaar gelede in sy finale verslag sowat 300 sake na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys vir ondersoeke en vervolgings.
Ondersoekers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag nadat hulle ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van die 29-jarige Willem Kruger van Groblersdal in Limpopo, wie se lyk in November verlede jaar uit die Vaalrivier gehaal is, in ‘n moordondersoek verander het. Polisiewoordvoerder Selvy Mohlala sê die polisie in samewerking met die NVG kyk nou na moontlike aanklagte van regsverydeling sowel as aanklagte van meineed teen sekere persone van belang, wie se identiteit nie in hierdie stadium bekend gemaak kan word nie. Kruger was by ‘n rampartytjie van 'n vriend op 'n plaas naby Morgenzon, en sy lyk is later in ‘n wit Toyota-bakkie in die Vaalrivier ontdek.
SANParke het die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga geloof nadat ‘n renosterstroper ‘n vonnis van tien-jaar gevangenisstraf opgelê is. Friday Ngoveni is in 2017 in die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem en aangekla van onder meer betreding en die besit van onwettige vuurwapens. Hy het skuld erken. Isaac Phaahla van SANParke loof die voortgesette geslaagde vervolging van stropers en die toewyding van wildbewaarders wat die land se natuurlike erfenis beskerm.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik kritiseer die Nasionale Vervolgingsgesag dat hy Suid-Afrikaners in die steek gelaat het nadat die korrupsiesaak teen die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, en 18 ander van die rol geskrap is in die Streekhof in Middelburg, Mpumalanga. Die saak gaan oor bewerings van kontrakte van miljarde rand vir werk by die Kusile-kragstasie wat na bewering maatskappye bevoordeel wat met Koko se vriende en familie verbind word. ʼn Woordvoerder van Outa, Stefanie Fick, is teleurgesteld en stel voor die hof doen ondersoek om vas te stel of daar ʼn onredelike vertraging was.
Aanklagte is beteken op 65 mense in verband met die onrus en openbare geweld in KwaZulu-Natal in Julie 2021. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê die aanklagte sluit in sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg, terrorisme, opstoking en sameswering om moord te pleeg. Sy sê die beskuldigdes is uit op borgtog.
Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, sê die Phala Phala-sage is nie verby nie omdat die land nog die Nasionale Vervolgingsgesag, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Reserwebank se mening moet hoor. Die Nasionale Vergadering het Dinsdag teen die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag gestem. Die paneel het bevind Ramaphosa het moontlik die Grondwet geskend toe geld in 2020 op sy plaas in Limpopo gesteel is. Makgoba sê Ramaphosa se geloofwaardigheid het 'n knou gekry.
Die vier verdagtes en drie maatskappye in die SA Express-tender-korrupsiesaak van 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand het gister in die Molopo-landdroshof in Noordwes verskyn. Hulle staan tereg op 34 aanklagte, insluitend bedrog, en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in die provinsie, Henry Mamothame, sê die saak hou verband met beweerde ongerymdhede tot so ver terug as 2014, toe die provinsiale regering begin het met 'n proses om weer kommersiële vlugte in te stel na die provinsie se twee lughawens met 'n subsidie van 400 miljoen rand:
Een-en-sestig vermeende aanstigters van die openbare geweld in KwaZulu-Natal in Julie verlede jaar moet oor ses maande weer in die Landdroshof in Durban verskyn. Hulle was gister in die hof op aanklagte van openbare geweldpleging, en sal met waarskuwings op borgtog bly terwyl verdere ondersoeke aan die gang is. Natasha Ramkisson-Kara van die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die saak is tot 12 Mei uitgestel:
Daar bestaan 'n 85-persent kans dat die Finansiële Aksietaakmag Suid-Afrika op 'n gryslys gaan plaas. Dit is volgens navorsing in opdrag van Business Leadership South Africa. Die land staar dié probleem in die gesig omdat dit nie die waghond oor globale geldwassery en finansiering aan terrorisme se beleide nakom nie. Business Leadership SA se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê sy is bemoedig deur Nasionale Tesourie en die Nasionale Vervolgingsgesag se ingrypings:
Die Afrika-spoornywerheidsvereniging het die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika se vordering met die Transnet-korrupsiesaak verwelkom. Die NVG sê sy ses-maande plan om staatskaping by staatsondernemings aan te pak, is goed op koers. 'n Paar sake is aan die gang en die saak van 398,4 miljoen Suid-Afrikaanse rand waarby die voormalige uitvoerende hoof, Brian Molefe, en die finansiële hoof, Anoj Singh, betrokke is, is 'n prioriteit. Die vereniging se woordvoerder, Mesela Nhlapo, sê korrupsie by Transnet raak die hele bedryf:
Die landdroshof in Molopo in Noordwes het die saak teen vier verdagtes wat by tender-korrupsie van 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand rakende SA Express betrokke is, tot 1 Desember uitgestel. Die verdagtes, insluitende drie maatskappye, staan tereg op 34 aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê die provinsiale regering het 'n diensverskaffer aangestel om weer kommersiële vlugte by Mahikeng- en Pilanesberg-lughawens in te stel. Hy voeg by die aankoop-ketting is nie behoorlik bestuur nie.
Die vragmotorbestuurder wat betrokke was by die ongeluk op die N2 wat Vrydag die lewens van 20 mense geëis het, het vandag in die landdroshof op Pongola in KwaZulu-Natal verskyn. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê die 28-jarige Sibusiso Siyaya staan tereg op 20 aanklagte van strafbare manslag.
Die Hooggeregshof in Durban, KwaZulu-Natal het 'n bedrogsaak van 3,5 miljard Suid-Afrikaanse rand vir 'n voorverhoorkonferensie teen sewe bestuurders van Tongaat Hulett, tot Februarie volgende jaar uitgestel. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara word Peter Staude, Murray Hector Munro, Michael Deighton, Rory Wilkinson, Kamasagrie Singh, Samantha Shukla en Gavin Dykes Kruger daarvan beskuldig dat hulle na bewering tussen 2015 en 2018 met 'n gemeenskaplike doel opgetree het om bedrog ten opsigte van sowat 69 eiendomstransaksies te pleeg:
Die Suid-Afrikaanse minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, sê die Nasionale Vervolgingsgesag vorder met sake wat met staatskaping verband hou. Die NVG is gekritiseer oor vertragings met die vervolging van staatskapingsake, en baie mense wonder of die instelling self gekaap is. Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, het in Mei vanjaar gesê hulle stel nege sleutel-staatskaping-korrupsiesake voorop. Lamola sê arrestasies kan binnekort verwag word:
Die Landdroshof in Groblersdal in Limpopo het Corrie Pretorius se aanrandingsaak uitgestel. Hy word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat sy rusie met 'n 16-jarige seun opgeneem en op sosiale media versprei is. Hy word ook aangekla dat hy 'n vuurwapen op die tiener gerig het by 'n winkelsentrum in Groblersdal. Mashudu Malabi-Dzhangi van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak sal Vrydag aangehoor word:
Die polisie in Mpumalanga wag op die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit oor of die minister van finansies, Enoch Godongwana, aangekla gaan word. Dit volg nadat 'n personeellid by die Krugerwildtuin 'n saak van seksuele aanranding teen Godongwana aanhangig gemaak het. Daar word beweer sy is aangerand terwyl sy die minister 'n massering in sy kamer gegee het. 'n Polisiewoordvoerder Selvy Mohlala sê al die nodige verklarings in die saak is verkry.
Die landdroshof in Groblersdal in Limpopo het die saak van 'n 52-jarige man wat van die aanranding van 'n tiener aangekla word, uitgestel. Corrie Pretorius het na bewering by 'n vetkoekwinkel 'n vuurwapen op die 16-jarige seun gerig omdat hy gevra het vir dieselfde geurmiddels as hy. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, het die beskuldigde woedend geword en die minderjarige aangerand en hom uit die winkel gestamp.
Die Kaapstadse landdroshof het die saak teen die beweerde brandstigter by die parlement, Zandile Mafe, tot 9 Junie uitgestel. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê dis omdat al die staat se ondersoekverslae nog nie voltooi is nie. Volgens Ntabazalila moet 'n deeglike inspeksie uitgevoer word om die omvang en koste van die skade in die Nasionale Vergadering te bepaal. Mafe is in Januarie in hegtenis geneem en staan op verskeie aanklagte tereg, insluitende terrorisme en brandstigting.
Die Hooggeregshof in Bloemfontein hoor vandag en môre betoë aan vir bevestiging van 'n tussentydse beperkingsbevel teen die Gupta-familie se bates wat in Junie verlede jaar ten gunste van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat toegestaan is. Die NVG wil seker maak die bates bly in die staat se bewaring. Dit hou verband met bates wat aan Atul en Rajesh Gupta en hulle vennoot, Iqbal Sharma, behoort. Die NVG se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê Sharma se bates beloop altesaam meer as 13 miljoen Suid-Afrikaanse rand terwyl die Guptas se bates meer as 30 miljoen rand is:
Raeesa Pather van Daily Maverick skryf dat die Nasionale Vervolgingsgesag onder leiding van adv Shamila Batohi op hul louere rus terwyl misdadigers skotvry loop. Volgens Pather het bedenklike besluitneming, swak leierskap en politieke inmenging die openbare vertroue in die NVG geskaad. Ek het aan Llewelyn Curlewis van die Universiteit van Pretoria gevra of die kritiek geregverdig is.
Die Gautengse Hooggeregshof beslis dat die nasionale AARTO wet en wysigingswet ongrondwetlik is. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, word wyd gekritiseer ná 'n ope brief wat beskou word as aanval op die geloofwaardigheid van die land se howe en regters. Daar is egter diegene wat meen sy het die brief nie self geskryf nie. 'n Toegewyde taakmag is deur die Nasionale Vervolgingsgesag op die been gebring om vermeende staatskapers strafregtelik te ondersoek en te vervolg. Klimaatsverandering word as die hoofgevaar uitgewys in die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarlikse risikoverslag.
Altesaam 35 vermeende onwettige mynwerkers het in die landdroshof in Orkney, Noordwes, verskyn op aanklagte van onwettige mynbou, poging tot moord, die onwettige besit van verbode vuurwapens en ammunisie, die onwettige besit van goud, diefstal en sameswering om 'n misdryf te pleeg. Henry Mamothame van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak is tot 8 November uitgestel.
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, advokaat Shamila Batoyi, sê hulle sal onafhanklik bly met enige vervolgings in verband met die onlangse onluste. Die moontlike uitstel van die munisipale verkiesings bly 'n onderwerp van intense debat.
Meer as 'n honderd sake oor die aankoop van persoonlike beskermde toerusting is na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Versoeke dat die afdanking van die Wes-Kaapse speurhoof, Jeremy Vearey, ondersoek word. The Green Connection lê 'n amptelike klag oor die omgewingsimpakstudie wat gedoen is vir 'n voorgestelde kragskipprojek in Saldanhabaaihawe.
Die Westminister-landdroshof in Londen in die Verenigde Koninkryk het bepaal die uitleweringsverhoor van die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas, sal op 20 en 21 Desember plaasvind. Lomas is verlede maand in hegtenis geneem weens beweerde bedrog in 'n multi-miljoen Namibiese dollar onderduimse kontrak. Vier ander Suid-Afrikaners is ook in hegtenis geneem en sal na verwagting in Junie in die hof verskyn. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Sindisiwe Seboka, sê Suid-Afrikaanse en Britse owerhede het onverpoos aan die saak gewerk.
Die DA het 'n vorderingsverslag van die Nasionale Vervolgingsgesag aangevra oor sy ondersoeke na aanleiding van die Zondo-kommissie. Die Suid-Afrikaanse opposisieparty wil inligting hê oor die vervolging van die individue wat by staatskaping betrek word. President Cyril Ramaphosa het 'n spesiale direktoraat aangestel om bewyse wat by die Staatskapingskommissie aan die lig kom, te ondersoek. Glynnis Breytenbach van die DA sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet watter optrede gaan volg ná die onthullings voor die kommissie.
AfriForum in Suid-Afrika se eenheid vir private vervolging sê hy ondersoek die saak van ‘n pa wat in hegtenis geneem is nadat hy glo die aandklokreël oortree het om melk vir sy pasgebore baba te koop. Naas le Roux is in hegtenis geneem nadat hy eenuur die oggend formulemelk vir sy twee dae oue dogtertjie gaan koop het. Ondanks die feit dat Le Roux die strokie as bewys gehou het, is hy steeds 500 meter van sy huis af in hegtenis geneem omdat hy nie die aandklokreël nagekom het nie. Die burgerregte-organisasie se Kallie Kriel het op ‘n mediakonferensie aangekondig dat danksy hulp van AfriForum se Gerrie Nel die Nasionale Vervolgingsgesag die klagtes teen Le Roux laat vaar het.
Uitspraak in die verhoor teen die voormalige Adjunk-polisiekommissaris in die Noordwes, Generaal Mzondase Mpembe, en drie ander senior polisiebeamptes word op 29 tot 31 Maart gelewer. Die verhoor hou verband met die vyf moorde in Marikana op Augustus 2012 tydens ‘n loonstaking deur Lonmin-mynwerkers. ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê die staat en die verdedigingspan het Donderdag slotbetoë gelewer.
Die organisasie teen belastingmisbruik in Suid-Afrika glo die huidige en toenemende geloofwaardigheid van die Nasionale Vervolgingsgesag en die Valke dui daarop dat bewerings teen die ANC se Sekretaris-generaal, Ace Magashule, ernstig is. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik in verband met beweerde korrupsie in die omstrede asbes-kontrak van 255-miljoen Namibiese doller terwyl hy premier in die Vrystaat was. Outa se Woordvoerder, Stefanie Fick sê Magashule moet aanspreeklik gehou word:
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) in Suid-Afrika verwelkom die lasbrief vir die ANC-Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, se inhegtenisneming en sê dit bou vertroue in die buurland se regstelsel. OUTA sê die tyd dat Magashule verantwoordelik gehou word vir grootskaalse korrupsie, het lankal aangebreek. OUTA sê dat Magashule die volle mag van die wet in die gesig moet staar en moet antwoord verskaf op die beskuldigings van korrupsie wat aan hom gerig word. OUTA se Uitvoerende Direkteur, Advokaat Stefanie Fick, sê hulle glo dat die huidige en verbeterde geloofwaardige Nasionale Vervolgingsgesag en die Valke voorstel dat Ace ernstig geïmpliseer moet word.
Die borgaansoek van twee van die vier aangeklaagdes in die Deacon-moorde is tot aanstaande week uitgestel. Solidariteit stel 'n omvattende werkherstelprogram bekend. Die Openbare Beskermer sê die Nasionale Vervolgingsgesag wil nie saamwerk met haar kantoor nie.
Die Orlando Pirates-sokkerspeler in Suid-Afrika, Tembinkosi Lorch, het in die Midrand-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Lorch is verlede maand in hegtenis geneem nadat hy sy meisie na bewering aangerand het. Die slagoffer het die voorval by die polisie aangemeld, wat gelei het tot Lorch se inhegtenisneming. Sy saak is tot 27 Oktober uitgestel. Woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, sê die hof het borgtog van 2-duisend rand aan hom toegestaan.
Nog sewe verdagtes verskyn na verwagting in die hof in verband met die VBS Bank-debakel. Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, sê die tyd van straffeloosheid is verby.
Die ANC se Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, het sy prokureurs opdrag gegee om by die Nasionale Vervolgingsgesag duidelikheid te kry oor berigte dat hy binnekort in hegtenis geneem gaan word. Volgens die berigte het die Valke 'n lasbrief uitgereik vir sy inhegtenisneming, maar die eenheid sê dis fopnuus. Dit hou verband met die voortslepende ondersoek na die Vrede-suiwelplaas-projek terwyl Magashule die Vrystaatse Premier was. Die ANC-woordvoerder, Pule Mabe, sê hy het die saak met Magashule bespreek.
Mense word gewaarsku om nie in 'n konflik met wildstropers betrokke te raak nie; ons praat met die die Nasionale Vervolgingsgesag oor nuwe regulasies wat ondersoek na staatskaping raak; en die Wes-Kaapse verkeershoof Kenny Africa tree vandag af.
Podlitiek kyk hierdie week na die nuutste IRR en Ipsos verkiesingspeilings, Jiba en Mrwebi se moeilikheid by die Nasionale Vervolgingsgesag asook as deel van ons politieke ekstrale reeks na die VF+, ZACP en COPE.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
Ten spyte van deurlopende beurtkrag, kon Podlitiek iewers die geleentheid vind waar ons ateljee nie net beskikbaar was nie maar waar Eskom toevallig so gaaf was om ook elektrisiteit te verskaf. Die week bespreek ons die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK en die verslag deur die Grondwetlike Hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
In hierdie week se skitterende episode ontduister Podlitiek se twee gereeldeaanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis, drie snaakse fenomene: Lyste met plase in gevaar, media-foefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, ene Shaun Abrahams.
Die organisasies Corruption Watch, Freedom Under Law en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet het die hooggeregshof in Pretoria genader vir 'n bevel wat die verwydering van die voormalige baas van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mxolisi Nxasana, nietig sal verklaar. So 'n bevel sal ook die aanstelling van Shaun Abrahams, die dienende hoof, ongeldig maak. In hofstukke word beweer dat Nxasana sewentien miljoen rand aangebied is na hy uit sy pos as hoof van die nasionale departement van openbare vervolgings bedank het.
Die situasie by die Nasionale Vervolgingsgesag is 'n groot bron van kommer vir die geskorsde hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal-majoor Johan Booysen. Dit volg nadat die adjunkdirekteur van die NVG, Nomgcobo Jiba, en die hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, Lawrence Mrwebi, verlede week van die advokaterol geskrap is.
Die sakesektor en die vakbondwese het laer getrek om die minister van finansies, Pravin Gordhan, nadat hy gevra het dat die publiek hom en die nasionale tesourie teen die aanslag van ander staatsagentskappe moet beskerm. Sowel die Presidensie as die Nasionale Vervolgingsgesag ontken dat daar sprake is dat Gordhan weens spioenasie in hegtenis geneem sal word, maar dis uit Gordhan se verklaring duidelik dat hy die ergste vrees. Gordhan, wat sedert die jare sewentig by die ANC betrokke is, sê dis vir hom pynlik om die volgehoue aanvalle te aanskou op eerlike en hardwerkende mense wat die demokrasie versterk. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die adjunkuitvoerendedirekteur van Agri SA, Christo van der Rheede, en die sekretarisgeneraal van die vakverbond Fedusa, Dennis George.
NUUS Zuma verloor appel en wil nou Konstitusionele Hof nader ANC wil Nasionale Vervolgingsgesag wetgewing hersien Polisie BBP eenheid veroorsaak N3 ongeluk Benoni slagoffer van beweerde BBP eenheid brutaliteit verskyn in hof Twee Suid Afrikaners betrokke by London kontantvervoer rooftogte Germiston Binnelandse Sake kantoor weier om gay huwelik te bevestig Generaal Manuel Noriega van Panama dien 19 jaar tronkstraf uit, maar VSA weier om hom vry te laat JURIESAAK Hoe moet bates verdeel word na huwelik van 27 jaar? ANDER SAAK Die Zuma beslissing in die kollig
NUUS Zuma verloor appel en wil nou Konstitusionele Hof nader ANC wil Nasionale Vervolgingsgesag wetgewing hersien Polisie BBP eenheid veroorsaak N3 ongeluk Benoni slagoffer van beweerde BBP eenheid brutaliteit verskyn in hof Twee Suid Afrikaners betrokke by London kontantvervoer rooftogte Germiston Binnelandse Sake kantoor weier om gay huwelik te bevestig Generaal Manuel Noriega van Panama dien 19 jaar tronkstraf uit, maar VSA weier om hom vry te laat JURIESAAK Hoe moet bates verdeel word na huwelik van 27 jaar? ANDER SAAK Die Zuma beslissing in die kollig