POPULARITY
Iewers in ‘n kelder by die nasionale uitsaaisentrum in Aucklandpark lê ‘n skatkis. ‘n Skatkis met pêrels van uitsaaiwese, wat strek oor langer as ‘n eeu. Dié skatte behoort aan elke Suid-Afrikaner. Dis volksbesit. Elsje van Jaarsveld ontdek weer hierdie juwele. Hier tref sy die voetspoere van wêreldklas joernaliste en vermaaklikheidsterre van ouds aan. Dis ‘n roete tussen geskiedenis, mensestories, opinies en ligte oomblikke, wat weer herleef word. Die argief is nie net ‘n plek waar ou opnames geberg word nie. Dit is ‘n plek waar ou stories, nie oud word nie.
Hennie Fourie, welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria-Oos, gesels oor die aftreeouderdom in Suid-Afrika en hoe die gemiddelde Suid-Afrikaner genoeg fondse kan bymekaarmaak vir aftrede. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die motorfietsrenjaer Michael Docherty het die tweede Suid-Afrikaner geword om 'n skof by die Dakar-tydren te wen. Met sy oorwinning in Sneltrajek 10 volg hy in die voetspore van Alfie Cox, wat dit laas in 2003 gedoen het. Toyota Gazoo Racing se Henk Lategan en Brett Cummings is ook weer voor op die algehele ranglys, 2 minute en 27 sekondes voor Yazeed Al Rajhi in sy Overdrive Toyota Hilux. Lategan is aan die woord.
Die Namibiese polisie het in Desember 308 000 kilogram dagga, 10 031 Mandrax-tablette, 307 eenhede crack-kokaïen en 8 859 gram kokaïen-poeier gekonfiskeer. Daar is 126 verdagtes gearresteer met 118 Namibiërs, vier Angolese, een Suid-Afrikaner, twee Zambiërs en een Tanzaniër. Volgens die voormalige dwelmhoof by die polisie Hermie van Zyl, is die syfers beduidend van handelaars wat voorraad opbou vir Desember.
Die 19-jarige Suid-Afrikaner, Saood Variawa, het skof drie van die Dakar-veldtydren tussen Bisha en Al Henakiyah in Saoedi-Arabië gewen. Variawa het die wenstreep met ʼn speling van 23 sekondes oorgesteek en die jongste wenner in die topmotor-kategorie van ʼn Dakar-skof geword. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Henk Lategan wat die skof in die twaalfde plek voltooi het, is steeds die algehele voorloper, gevolg deur Katar se vyfmalige wenner Nasser Al-Attiyah en die Sweed, Mattias Ekstrom. Lategan sê hy het ʼn goeie wedren gehad:
Krieket: Heinrich Klaasen van Suid-Afrika het die duurste speler in die geskiedenis van die Indiese Premierliga geword met wie 'n kontrak gesluit is. Sunrisers Hyderabad het die paaltjiewagter en kolwer vir 48-miljoen Namibiese dollar aangestel vir die 2025-seisoen, saam met kaptein Pat Cummins en Travis Head van Australië. Nog 'n Suid-Afrikaner, Faf du Plessis, is nie deur Royal Challengers Bengaluru gekontrakteer nie. Die verdedigende kampioene, Kolkata Knight Riders, het sy kaptein, Shreyas Iyer, laat gaan. Klaasen sê hy is opgewonde om steeds vir die Sunrisers te speel.
Patrice Motsepe, die president van die Afrika Sokkerfederasie, CAF, sê hy hoop om 'n tweede termyn te wen. Nadat sy voorganger, Ahmad Ahmad van Madagaskar, die eerste CAF-president geword het wat deur FIFA verban is weens onetiese gedrag, insluitend geldverduistering, het die Suid-Afrikaner by 'n krisisgeteisterde organisasie ingetree. Afrika-sokker se beheerliggaam, wie se presidensiële verkiesing vir Maart 2025 vasgestel is, blyk op pad te wees na finansiële stabiliteit onder Motsepe se leierskap. Die kommunikasiedirekteur van die Namibiese Sokkervereniging, Cassius Moetie, sê hulle ondersteun Motsepe.
Die Suid-Afrikaanse roei-ster, Kira Bester, het die algehele Wêreldtitel verower by die Wêreldkampioenskap vir Oseaanwedvaart vir Kano's in Madeira, Portugal. Die 22-jarige het die wedvaart van 21 kilometer in net minder as twee uur afgelê en mede-Suid-Afrikaner, Michelle Burn, met 22 sekondes verslaan. Ana Swetish van Amerika was derde. Bester beskryf haar oorwinning as ʼn droom wat bewaarheid is.
Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, sê die besoedeling van waterbronne bly een van die grootste bedreigings vir watersekerheid en volhoubaarheid. Seitlholo het gepraat tydens die bekendstelling van die Vaalrivier Anti-Besoedelingsforum wat daarop gemik is om die langdurige besoedeling uit te wis, wat die watergehalte in die Vaalrivier beïnvloed. Hy sê die besoedeling van die land se waterbronne is belangrik vir elke Suid-Afrikaner en elke bedryf.
Die Verenigde Rugbykampioenskap skop hierdie naweek af met ses wedstryde. In een van die wedstryde vanaand sal Ulster gasheer wees vir die Glasgow Warriors. Ulster het nou 'n nuwe Suid-Afrikaner in hul midde in die persoon van Werner Kok. Die Sharks-vleuel en voormalige Wêreldrugby-sewesspeler van die Jaar het 'n tweejaarkontrak met die Ierse span gesluit. Die 31-jarige sê hy hoop om 'n verskil by sy nuwe klub te maak.
Gerco van Deventer word op 3 November 2017 deur Moslem-ekstremiste in Libië ontvoer. Dit net twee dae ná sy aankoms in die land om as paramedikus op 'n projek te werk. Al-Kaïda in Mali hou hom vir ses jaar aan. In die tyd word hy vir agt maande aan 'n boom vasgeketting as straf oor vermorste water. Verder oorleef hy 'n teregstellingspoging met 'n koeëlwond wat sy voorarm versplinter wat hy dan self moet behandel. Gedurende sy aanhouding in die woestyn word hy fisies, psigies en geestelik tot die uiterste beproef. Sy opleiding as 'n 7 Med-soldaat, sy vrou en kind en sy Christelike geloof dra hom deur die tyd as Suid-Afrikaner wat die langste ooit as gyselaar aangehou is. Luister hoe hy hierdie ses donker jare oorleef het.
Wie is Frankryk se nuwe Eerste Minister? 'n 91-jarige tannie van Potchefstroom se kleindogter bewaarheid haar droom om die toets in Kaapstad te kyk en, 'n Suid-Afrikaner wat in Nieu-Seeland bly, praat oor die belangrikheid van die Haka.
Nóg 'n brandende gebou in Johannesburg eis lewens. 'n Nuwe inisiatief om vroue en kinders wat erg getraumatiseer is deur geslagsgebaseerde geweld, by te staan. 'n 72-jarige Suid-Afrikaner stel sy eerste rolprent as regisseur vry.
Die DA verwelkom die regering van nasionale eenheid se aankondiging dat 'n brandstofprys-ingrypingsplan binnekort by die kabinet ingedien sal word. Kevin Mileham van die DA sê dit is 'n oorwinning vir elke Suid-Afrikaner wat die knyp van hoë brandstofpryse voel. Hy sê die regering kan dit eenvoudig nie langer meer bekostig om die lot van verbruikers te ignoreer nie, op 'n tydstip dat talle mense sukkel om brood op die tafel te sit:
Die vakbondfederasie, Saftu, sê hy is ontsteld oor die afknouery en kritiek oor die burgerskap van die Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina. Sy is die middelpunt van ʼn polemiek oor haar geskiktheid om aan die kompetisie deel te neem omdat haar pa ʼn Nigeriër en haar ma ʼn Suid-Afrikaner van Mosambiekse afkoms is. Die 23-jarige skoonheid is in die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal gebore en het in Soweto grootgeword. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Adetshina se burgerskap behoort nie bevraagteken te word nie.
Die swem-ster Tatjana Smith het Suid-Afrika se eerste goue medalje in Parys gewen. Sy was eerste in die 100 meter borsslag vir vroue, gevolg deur China se QT Tang met silwer en Ierland se Mona McSharry wat die brons verower het. Intussen het Alan Hatherly die bronsmedalje in die bergfietsry vir mans gewen. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat 'n medalje in die sport wen sedert die land se terugkeer in 1992, ná internasionale isolasie. Smith sê sy het geswem vir almal wat in haar glo:
Daar is meer as 2 000 onopgeëisde lyke in die staat se lykshuise. Strafregtelike klagte is teen die burgemeester van die Matjhabeng-munisipaliteit, Thanduxolo Khalipha, aanhangig gemaak. 'n Suid-Afrikaner vertel van haar ervaring op 'n vliegtuig op pad Tel Aviv toe, terwyl Israel se weermag missiele moes afweer. Ons fokus op die rol van die media ná 30 jaar van demokrasie.
Die Palestina Solidariteitsveldtog in Suid-Afrika het 'n klagte by die polisie gelê en die Nasionale Vervolgingsgesag ingelig oor 'n Suid-Afrikaner wat na bewering in die Israeliese Besettingsmag dien. Die klaer, Usuf Chikte, noem moontlike oortredings van die Statuut van Rome en die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hy dring aan op 'n onmiddellike ondersoek, vervolging en uitlewering van individue wat betrek word, en diegene wat in konflikte dien wat nie deur Suid-Afrika ondersteun word nie:
Die parlement stem ten gunste daarvan om twee regters te skors. 'n Video van 'n Suid-Afrikaner wat sy lot in Ierland bekla, ontketen 'n debat op sosiale media. Honderde veteraanmotors, presies soos die dag toe hulle vervaardig is, word onder 'n dik laag stof in 'n skuur ontdek.
Eskom KRY nog n nuwe baas. Anita Visser praat met 'n Suid-Afrikaner in Grindjaviek en ons het vandag 'n gas uit Amsterdam, Nederland.
Tienie du Plessis, skaapskeerder van T24 Shearing gesels oor die skeerrekordpoging wat hy aaanpak. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Suid-Afrikaanse Parlement sê bouwerk aan geboue wat in 2022 deur die brand geraak is, sal vanjaar in die eerste kwartaal begin en behoort teen die einde van volgende jaar voltooi te wees. Dit was Dinsdag twee jaar sedert ʼn brand die gebou van die Nasionale Vergadering verwoes het. Dit sluit die saal en honderde kantore in. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê elke Suid-Afrikaner sal geleentheid kry om hul mening te gee en by te dra tot die besluitnemingsproses wat die ontwerp en funksionaliteit van hulle Parlement betref:
Die ANC doen ‘n beroep op elke Suid-Afrikaner om eenheid en wedersydse begrip te bevorder gedurende die feestyd, en oor verskille heen uit te reik en ‘n gees van inklusiwiteit en samehorigheid te koester. Die party sê, in die blywende gees van sy stigters, verbind hy hom opnuut tot die beginsels van verdraagsaamheid, vrede en harmonie. Die ANC sê, die feestyd bring ook uitdagings na vore wat die nasie in die gesig staar. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, is aan die woord.
Ons praat met militêre en politieke ontleders, en 'n Suid-Afrikaner in die hart van die bloedvergieting in Israel. Saartjie Botha praat oor vanjaar se Woordfees-hoogtepunte.
Die sopraan, Emma Renzi, was die eerste Suid-Afrikaner wat in die La Scala Operahuis in Milaan gesing het. En om in dié heiligdom van opera suksesvol te wees, vereis baie harde werk en toewyding. Sy het op 8 April vanjaar 97 jaar oud geword.
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê nog 'n cholera-geval is bevestig in 'n man wat van Pakistan na Durban gereis het. Die 24-jarige Suid-Afrikaner het net meer as 'n week gelede by die King Shaka Internasionale Lughawe geland nadat hy in Karachi was. Die departement sê die man het twee dae tevore reeds buikkrampe, braking en diarree ervaar nadat hy 'n maaltyd geëet het. Hy is in 'n Durbanse hospitaal opgeneem en het positief vir die siekte getoets. Die departement sê nie een van die man se gesinslede toon cholera-simptome nie.
Die KVBA beslis dat ras nie die enigste faktor mag wees, en dat niemand afgedank mag word nie. 'n Rolprentmaker werp lig op 'n Suid-Afrikaner wat glo 'n kind by 'n ruimtewese gehad het. Ons skakel oor na InniBos.
Johannesburgers looi hulle burgemeester wat lyf wegsteek. Onderhandelings vir die vrylating van die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, is in 'n sensitiewe stadium - ons hoor van iemand wat jare gelede in dieselfde posisie was. Die minister van polisie is positief oor die vierde kwartaal se misdaadstatistiek.
'n Suid-Afrikaner sukkel om haar nagmerrie-ervaring in Soedan te verwerk. Eskom se skuld word afgeskryf. Rol op jou moue en knyp toe jou oë... dis tyd vir jou jaarlikse griepinspuiting.
'n Misdaadaktivis beweer Thabo Bester het die tronk verskeie kere verlaat voor sy finale ontsnapping in Mei verlede jaar. Ons praat oor verskeie van die vrae oor dié storie, asook die mislukte uitlewering van die Guptas ontstaan. 'n jong Suid-Afrikaner kry die geleentheid om dalk eendag aan die Formule 1-kampioenskap deel te neem.
Ahmore Burger Smidt, prokureur by Werkmans gesels oor die FBI wat 'n oud-Suid-Afrikaner gryp oor die manipulasie van die rand.
Die burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê Eskom se aankondiging van nog beurtkrag tot Saterdag moet elke Suid-Afrikaner diep bekommer. Daar word geraam dat elke fase beurtkrag die nasionale ekonomie 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand per fase per dag kos. Hill-Lewis sê die stad sit pogings voort om beurtkrag met verloop van tyd uit te skakel en om die koste van elektrisiteit vir sy kliënte te verlaag. Hy sê hulle is byna op die punt om tegniese voorleggings te evalueer vir die tender vir onafhanklike kragprodusente om nuwe opwekking by die netwerk te voeg:
Die burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê Eskom se aankondiging van nog beurtkrag tot Saterdag moet elke Suid-Afrikaner diep bekommer. Daar word geraam dat elke fase beurtkrag die nasionale ekonomie 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand per fase per dag kos. Hill-Lewis sê die stad sit pogings voort om beurtkrag met verloop van tyd uit te skakel en om die koste van elektrisiteit vir sy kliënte te verlaag. Hy sê hulle is byna op die punt om tegniese voorleggings te evalueer vir die tender vir onafhanklike kragprodusente om nuwe opwekking by die netwerk te voeg:
Ahmore Burger Smidt – prokureur, Werkmans
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad het bevestig dat daar een sterfte aangemeld is nadat 'n Suid-Afrikaner 'n Johnson en Johnson Covid-inenting ontvang het. Sahpra sê dit is die eerste sterfte uit 160 sterftes ná 'n inenting waar die oorsaak regstreeks met inenting verbind kon word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt ...
‘n Suid-Afrikaner in Taiwan verwelkom vir Nancy Pelosi, die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, op die eiland. Sy het pas veilig in Taiwan geland, ondank waarskuwings van Chinese President Xi Jinping. China sê vanweë Pelosi se status as die nommer-drie amptenaar van die Amerikaanse regering, sal 'n besoek aan Taiwan, ‘n ernstige politieke impak hê. Eddie Viljoen gesels met Kosmos 94.1 Nuus uit Taichung in Taiwan.
Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse swemmer Lara van Niekerk het 'n nuwe Spele-rekord opgestel toe sy haar uitdun in die 50 meter-borsslag in Birmingham in 29,82 sekondes gewen het. Sy het haar beroemde landgenoot, Tatjana Schoenmaker, geklop, wat vier jaar gelede goud in die 100 en 200 meter-borsslag ingepalm het, sowel as goud met 'n nuwe wêreldrekord op verlede jaar se Olimpiese Spele in Tokio. Beide vroue het deurgedring na die halfeindronde, saam met nog 'n Suid-Afrikaner, Kaylene Corbett. Van Niekerk is oorstelp oor haar prestasie.
Luister in die jongste episode van ons podsending na Jonathan Amid se gesprek met Hannes Barnard oor sy aksiebelaaide spanningsroman, Die wet van Gauteng. Waaroor gaan Die wet van Gauteng? Kaptein Cindie McKelly, 'n forensiese spesialis van Randfontein Polisiestasie, word een oggend in Februarie na 'n misdaadtoneel in Kagiso ontbied. Daar vind sy die oorskot van drie slagoffers in 'n verwaarloosde klinkersteenhuis: Twee Somaliese vroue en een Suid-Afrikaner – laasgenoemde met 'n koeëlronde gat waar sy linkeroog behoort te wees. Vroeg April ontvang Cindie 'n oproep van kaptein Awande Mhlanga, speurder in Parktown, oor drie moorde wat blykbaar ooreenstem met haar eie ondersoek. En 'n paar dae later vind hulle nóg 'n slagoffer met dieselfde modus operandi, op Muldersdrift. 'n Taakmag word saamgestel om die Oogarts, soos die media na die skerpskutter verwys, vas te trek. Ten spyte van 'n onbekwame brigadier en ewig krimpende begrotings, begin Cindie en Awande geleidelik 'n komplekse netwerk ontrafel wat staatskaping laat lyk na swieties steel in die hoekkafee. Die wet van Gauteng, Hannes Barnard se debuutspanningsroman, het 'n verweefde, eg Suid-Afrikaanse intrige: politieke faksiegevegte, aartskorrupsie én geldwassery. 'n Hoogs leesbare politieke riller, aksiebelaaid en meesleurend. Hierdie gesprek is oorspronklik in April 2022 hier op Netwerk24.com uitgesaai: https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/vir-jou-dagboek-hannes-barnard-gesels-oor-sy-nuwe-politieke-riller-20220401 Bestel Die wet van Gauteng (Human & Rousseau) deur Hannes Barnard by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Musiek: “Hard to Love” deur HoliznaCC0 (https://freemusicarchive.org/music/holiznacc0/music-from-the-vault/hard-to-love/)
Die aandag word op Wereld Waterdag op brougroen alge in besoedelde water gevestig; 'n Suid-Afrikaner wat pas uit Rusland teruggekeer het vertel van sy ervaring; en die kredietburo Transunion kan 'n boete van tot tien miljoen rand kry na kuberkrakers toegang tot mense se persoonlike inligting gekry het.
Die Oos-Kaapse Onderwysdepartement moet alle uitstaande leermateriaal voor die einde van die maand by skole aflewer. Suid-Afrika kan dalk sy eie olie begin vervaardig. Die parlementêre proses om die Openbare Beskermer te verwyder gaan voort. Nog 'n hofsaak dreig oor die verlenging van die ramptoestand. Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, sê vredesamesprekings met Rusland vorder flink. 'n Skildery van 'n Suid-Afrikaner inspireer 'n wêreldbekende komponis om musiek te skryf.
In this episode the SAFFA-manne head back to their “moedertaal” and host a very special guest Wereldwyd.co.za an initiative of Afriforum. Wereldwyd is die ideale platform vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in voeling met sy geboorteland wil bly en juis daarom het ons met Sue-Ann opgevang om meer inligting te bekom oor verskillende aspekte wat die platform bied. Aspekte wat die volgende insluit: - Blogs van ervaring en meer inligting oor Suid-Afrikaners tans in die buiteland - Nuus gebeure uit die buiteland soos vertolk deur Suid-Afrikaners - Vermaak (kykgenot, leesgenot ens.) - Die sogenaamde Wereldgids waar jy rondrits op ‘n wereldkaart opsoek na Suid Afrikaanse bedrywe en bedrywighede in sekere lande - Die “Kom huis toe” veldtog en Wereldwyd se bystand daartoe Sit terug en geniet hierdie fantastiese Afrikaanse episode saam die ouens. SAFFA Index: Kleuterskool Follow us on: Instagram: @onsvirjoupodcast Facebook: Ons vir jou podcast Website: onsvirjoupodcast.com Shout outs: Music and sound editing: Etienne Swanepoel (from @africa_withet).
'n Brandstofprysskok wag op Suid-Afrikaners. 'n Suid-Afrikaner praat oor die oorlog in Oekraïne.
Die konflik tussen Rusland en Oekraïne bly op die voorgrond. Ons hou jou op hoogte van die jongste nuus en bied heelwat reaksie op die situasie. Die Vrystaatse premier lewer haar provinsiale rede, maar gaan dit 'n gejaag na wind wees? Ons vra 'n kenner. 'n Brandstofprysskok wag op Suid-Afrikaners. Suid-Afrika is in 'n goeie posisie om 'n eerste toetsreeksnederlaag teen Nieu-Seeland te vermy. 'n Suid-Afrikaner in Bela-Rusland sê hulle is bang dat die konflik tussen Rusland en Oekraïne na hulle sal oorspoel.
'n Suid-Afrikaner is in Nieu-Seeland tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die molestering en seksuele aanranding van 'n minderjarige meisie. Die weerdiens waarsku dat ontwrigtende reën vandag oor groot dele van die land verwag word. Die gemiddelde nasionale damvlak het gestyg van 92,3% verlede week na 94,7%. Die verbruikersprykindeks het in Desember tot 5,9% gestyg.
Huldeblyke stroom van regoor die wêreld in vir Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu wat vanoggend in Kaapstad op die ouderdom van 90 oorlede is. Tutu was alombekend vir sy anti-apartheid standpunt en het in 1984 die Nobel Vredesprys gewen, destyds die tweede Suid-Afrikaner na Albert Luthuli dit in 1960 ontvang het. Tutu het tydens sy kerkloopbaan, wat in 1956 begin het, altyd gesê kerke op die vasteland moet opstaan teen onderdrukking. Hy was ook een van die 17 kommissarisse van die Waarheid en Versoeningskommissie van Suid-Afrika. Sy seun Trevor het vanoggend op Twitter gesê Tutu se vrou Leah was by hom tydens sy afsterwe. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes het so hulde aan Tutu gebring.
Die stigter van Gift of the Givers in Suid-Afrika, Imtiaz Sooliman, is benoem as die Daily Maverick se Suid-Afrikaner van die jaar. Dié erkenning kom op 'n tydstip waar die nie-regeringsorganisasie die afgelope weke aan die voorpunt was met bystand aan verskeie provinsies wat moeilike rampe in die gesig staar wat mense se lewens raak. Die organisasie bestaan reeds vir 29 jaar waartydens 3,8 miljard Suid-Afrikaanse rand se hulp mense in 44 lande bereik het. Sooliman verduidelik hoekom hy baie hou van wat hy doen:
Die familie van Reeva Steenkamp sê hulle is bereid om met die veroordeelde Oscar Pistorius oor parool te praat. 'n Suid-Afrikaner kry 'n Oscar-toekenning in die studente-afdeling. Ekonoom Mike Schussler waarsku oor werksverliese indien beurtkrag voortduur, en sê 350 000 werksverliese vanjaar is 'n groot moontlikheid. Die Good Party besluit om eerder in die opposisiebank te wees.
'n Voormalige DA-burgemeester sê die die party moet dalk tog koalisies met die ANC in stadsrade oorweeg. 'n Suid-Afrikaner het die afgelope week die Britse Booker-prys vir letterkunde gewen.
Swart kandidate in verkiesings is nie iets wat die gemiddelde Suid-Afrikaner met die Vryheidsfront Plus sal assosieer nie, maar die party het dit stil-stil reggekry om regoor die land bruin en swart kandidate te werf met die oogmerk om minderheidsregte aan te spreek. Nuuspod het met Manicks Mpunwana van Bela Bela gepraat oor sy besluit om as kandidaat vir die Vryheidsfront Plus te staan.
Izak gesels met Geordin Hill-Lewis, die DA se nuwe burgermeesterskandidaat. Hy sê hy is 'n trotse Suid-Afrikaner wat nie alleen Kaapstad nie, maar die hele Suid-Afrika wil suksesvol maak. Sy ambisie is om misdaad te bestry, armoede te beveg en Kaapstad te bevry van die tirannie van Eskom se beurtkrag debakel.