POPULARITY
Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op tradisionele leiers gedoen om onderlinge geskille uit die weg te ruim wat verdeeldheid saai. Witbooi het Vrydag tydens die opening van die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop gesê verskille moet minsaam opgelos word ter bevordering van maatskaplike vooruitgang, groei en ontwikkeling.
Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om te verenig deur kulturele diversiteit te koester. Witbooi het gister die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop geopen en gesê neigings, uitlatings en praktyke wat verdeel, moet verwerp word. Platforms soos die Nama-fees moet gebruik word om die land se geskiedenis, tradisie en praktyke te vier, het Witbooi gesê.
Die sesde Nama Kulturele Fees het op Keetmanshoop afgeskop. Stalletjies met handwerk eie aan die Namas, tradisionele kos en –kruie pryk op die feesgronde by die Westdene-stadion, waar kultuurgroepe sorg vir vermaak en Nama-musiek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Haman, 'n lid van die Nama Tradisionele Owerheid se tegniese komitee, wat sê hulle sal ook die Nama-volksmoord met die jeug bespreek, want hulle is die toekoms.
Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog 'n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is 'n Namdia-sekuriteitsbeampte, en 'n familielid van twee van die verdagtes wat in die hof verskyn het. PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vir adjunk-eerste minister Natangwe Ithete gevra waarom die regering stil is oor die saak. Natangwe het so geantwoord.
Die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, sukkel voort en dinge by die Naute-dadelprojek naby Keetmanshoop is maar bedroef. Die projek skuld NamWater meer as 4,7 miljoen Namibiese dollar. Die LPM se raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne sê daar was reën skade maar daar is geen toerusting om herstelwerk te bewerkstellig nie. Die arbeidsmag is negatief, veral oor lone. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Keetmanshoop se watertoevoer is herstel behalwe vir die verbruikers in hoogliggende gebiede. Dit kom na ‘n foutiewe klep op die reservoir wat die dorp van water voorsien herstel moes word. Elwin !Gaoseb, die munisipaliteit se woordvoerder sê dinge behoort teen môre te normaliseer.
Die Namibiese Industriële Ontwikkelings-agentskap se jaarverslag vir die boekjare 2018-19 tot 2023-24 wys reuse verliese. Terwyl die agentskap se bates tot 1,37 miljard Namibiese dollar gegroei het en inkomste met 20 persent, is die laste groot. Nida se laaste wins was die 33 miljoen dollar wat in 2020 aangeteken is. Nida beheer onder andere die Naute Besproeiingsprojek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Keetmanshoop landelike kiesafdeling raadslid Willem Labuschagne, wat probleme by die projek uitwys.
Die laaste streeksgedenkdiens vir stigterspresident Sam Nujoma het vandag in Keetmanshoop plaasgevind. Sy kis vertrek môreoggend na Windhoek, vir die res van die begrafnisreëlings. Tydens die diens het adjunk -premier John Mutorwa 'n huldeblyk aan die ontslape president gelewer.
Landbouminister Calle Schlettwein het by die onlangse watersimposium in Keetmanshoop die kwessie van voorgestelde mynbou- en energie-intensiewe projekte in die Omaheke-streek aangespreek. Hy het gesê dit moet so geïmplementeer dat die volhoubaarheid van water- en ander skaars natuurlike hulpbronne verseker word. Een hiervan is uraan-eksplorasie en beoogde ekstraksie daarvan in die Stampriet akwifer, wat beveg word deur onder andere die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of Sauma. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Wolfi Teichert van die Sauma bestuurskommittee.
Die Namibië Streekswatersimposium in Keetmanshoop het vandag geëindig. Tydens die aanbiedings het die adjunkdirekteur vir waterbekkens, Ndila Nashili, gepraat oor die Oranje-Senqu-rivierkom wat oor vier lande in Suider-Afrika strek: Botswana, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika. Die rivier staan bekend as die Senqu in Lesotho, maar verander sy naam na die Oranje in die res van die kom. Tydens die aanbieding het Nashiili beklemtoon dat meer as 60 persent van die rivier se water deur Suid-Afrika gebruik word en Namibië gebruik slegs 1,6 persent.
Desember verlede jaar was die warmste maand sedert 1991, volgens die Meteorologiese Diens se jongste klimaatbulletin. 'n Nuwe maksimum temperatuur is by Gobabis in die Omaheke-streek op 40,4 grade Celsius aangeteken, met 14 opeenvolgende dae wat 37 grade oorskry het en drie dae wat 40 grade oorskry het. Keetmanshoop het ook 'n nuwe rekord maksimum temperatuur van 42,9 grade aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Beata Iipinge, die meteorologiese tegnikus by die Meteorologiese Diens, wat meer inligting gee.
Joseph Isaaks, die voorsitter van die Keetmanshoop Dorpsraad, het aan Kosmos 94.1 Nuus insig gegee in die raad se planne vir die eerste kwartaal van die jaar. Isaaks beklemtoon dat die raad fokus op projekte wat daarop gemik is om werkloosheid, armoede en honger in die gemeenskap uit te roei. Een van die beoogde projekte het te doen met ontwikkeling by die Neckartaldam, maar die dorpsraad wag nog op goedkeuring voordat hulle met implementering kan voortgaan.
Die Karas-streek het talle uitdagings waaronder bendebedrywighede in Keetmanshoop. In 2023 was verskeie lede van die Hosh Hosh-bende in aanhouding maar is sedertdien vrygelaat, tot groot kommer van die gemeenskap. In Desember is twee moorde in Keetmanshoop aangeteken, waarvan een bendeverwant was. Dit gons egter op sosiale media oor die moorde en ander misdade, maar kommissaris Marius Katamila, bevelvoerder van die Karas-polisie, sê baie van die bewerings en klagtes is onvanpas. Kosmos 94.1 Nuus het met Katamila gepraat, wat verduidelik.
NamWater se jongste dambulletin is uit daar is 17,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien, op van 9,8 persent 'n week gelede. Von Bach het gestyg van 9,8 persent vol na 23,5 persent na inloop van 6 070 000 kubieke meter, en Swakoppoort staan op 24,4 persent teenoor 15,9 persent verlede week. Die Omatako wat leeg was het 1 027 000 kubiek gevat en is 2,4 persent vol. In die Suide is Hardap op 14,8 persent vanaf 5,5 persent na inloop van 27 419 000 kubieke meter water. Neckartal is 77,8 persent vol vanaf 76,8 persent. Naute by Keetmanshoop is op 29,7 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 31,8 persent water na inloop van 380 000 kubiek. Die Ooste se totale bronne is op 2,1 persent, vanaf 0,9 persent verlede week met die Otjiverodam op 1,5 persent. Die twee Viljoendamme het effe inloop gehad en is op 1,4 en 11,2 persent. In die Noorde is die Olushandjadam op 38,8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Nashikaku, 'n weerman by die Namibië Meteorologiese Diens, oor die reënval en verwagtinge vir die res van die week.
Die Keetmanshoop Hospitaal het 'n endoskopiese masjien saam met die uitreik mediese span van die Onandjokwe Hospitaal bekend gestel. Die Keetmanshoop hospitaal se mediese beampte, Bako Motinga, sê die masjien sal medici bystaan met die diagnose en behandeling van gastro- en ingewande-siektes. Twee-en-twintig pasiënte het reeds van die masjien gebruik gemaak. Motinga sê dit is belangrik vir die vroeë opsporing van siektes wat uit die maag- en dermkanale ontstaan. Die endoskopiese masjien bedien tans die Karas-streek, maar pogings is aan die gang om ook die Hardap-streek te bedien.
Namate Namibië se olie- en gassektor uitbrei, sal lughawens in Lüderitz en Keetmanshoop infrastruktuuropgraderings nodig hê om die groter vraag van reisigers, goedere en bedryfsverwante dienste te hanteer. Dit sluit in uitbreiding van terminale, opgradering van aanloopbane en verbetering van vragfasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy, wat hul planne uiteensit.
Danie Naudé, 'n navorsingsassistent aan die Universiteit van die Vrystaat, het by die Keetmanshoop-streekkongres van die Namibië Landbou-unie en Veeprodusente-organisasie 'n tekort aan Namibiese skape by Suid-Afrikaanse slagplase bespreek. Hy was deel van 'n navorsingspan wat Suid-Afrikaanse wanpersepsies wat Namibië blameer vir swak speenkalf- en skaappryse bestudeer het. Dit spruit deels uit Namibië en Botswana se grensbeheer vir sekere gewasse, wat volgens Suid-Afrikaners strydig is met die SACU-ooreenkoms. Die studie het bevind Namibiese skape is van kritieke belang vir sommige abbatoirs, met een slagplaas wat 90 persent van sy deurset van Namibië verkry. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat meer inligting gee.
Spesiale stemme in die verkiesing word vandag uitgebring by die 35 Namibiese diplomatieke missies in die buiteland, en ook by 33 stemlokale regoor die land. Ter plaatse kom die Namibiese Polisie, Namibië Korrektiewe Dienste, Namibië Weermag, en seegaande personeel in aanmerking vir spesiale stemme weens die aard van hul werk. Sowat 8 000 kiesers het vir spesiale stemme geregistreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Duminga Ndala van die Landless Peoples Movement, wat sê daar was swak beplanning deur die Namibië Verkiesingskommissie in Keetmanshoop.
Die voltooiing van die Keetmanshoop Beroepsopleidingsentrum in November is 'n betekenisvolle ontwikkeling vir die gemeenskap. Met befondsing van 'n lening van 103 miljoen Namibiese dollar van die Afrika-ontwikkelingsbank, sal hierdie instelling lewensbelangrike opleidingsgeleenthede bied. Beroepsopleidingsentrums is van kardinale belang om mense toe te rus met die vaardighede wat nodig is vir verskeie ambagte, wat uiteindelik plaaslike indiensneming en ekonomiese groei bevorder. Die sentrum sal waarskynlik 'n positiewe uitwerking op die streek hê deur arbeidsmagvermoëns te verbeter en praktiese loopbane te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het oor die sentrum gesels met Monica Imene, die skakelbeampte van die Keetmanshoop-dorpsraad.
Karas-goewerneur Aletha Frederick het onlangs gesê boere moet toenemend hul bedrywighede moderniseer, herbelyn en diversifiseer, veral in die lig van die langdurige droogte wat landbou regoor die land erg skade aangedoen het. Sy het by die Hervestigingsboeredag in Keetmanshoop haar tevredenheid uitgespreek dat die boere 'n platform en 'n dag van hul eie geskep het om nuttige kennis uit te ruil oor produktiewe boerdery en die diversifikasie van landboumetodes, in reaksie op veranderende omgewingstoestande. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike landboukenner, Wallie Roux, wat ander probleme beklemtoon.
Verskeie geleenthede is vir hierdie week geskeduleer om die tiende bestaansjaar van Unam se Suidkampus in Keetmanshoop te herdenk. Een van die hoogtepunte is die formele opening môre van die moderne tegnologie-laboratorium, wat deur Rhino Resources en Halliburton geborg is. Die baanbrekersfasiliteit is daarop gemik om navorsing en innovasie in die streek te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Namesho, Unam se woordvoerder, wat meer inligting verskaf.
Die vise-kanselier van die Unam professor Kenneth Matengu het sy jaarlikse rede oor die stand van sake by Unam op Keetmanshoop vanoggend gelewer. Hy het veral klem gelê op die wetenskaplike navorsing van die instansie en sê maatskaplike wetenskappe en mediese navorsing loop ver voor.
Die 33-jarige Xavier Francois Jantjies is Saterdag in 'n brand in 'n informele nedersetting in Keetmanshoop dood. Volgens die polisie het die brand omstreeks 10-voor-5 die oggend by die VTC-kampterrein in Noordhoek uitgebreek. Na bewering het die brand in een informele struktuur ontstaan en vyf is vernietig. Jantjies is onherkenbaar verbrand, maar sy identiteit is bevestig aangesien mense hom om hulp hoor skree het, maar weens die intensiteit van die vlamme kon hy nie gered word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Willem Labuschagne, Keetmanshoop landelike kiesafdelingsraadslid, wat sê die brande ontstaan weens mense se ekonomiese laste.
Die Namibiese Landbou Unie het vandeesweek hulle jaarkongress gehou in Otjiwarongo en Keetmanshoop, en gaan môre afsluit in Windhoek by die NG Kerk Suiderhof Gemeente. Günther Kahl, een van die uitvoerende raadslede en boer in die Kalkveld omgewing, sê die kongres in Otjiwarongo en Keetmanshoop het goed afgeloop. Kahl het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee 'n oorsig.
Keetmanshoop landelike kiesafdeling raadslid Willem Labuschagne het 'n beroep op inligtingminister Emma Theofelus gedoen om Starlink se aansoek by die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, te ondersteun. Labuschagne beklemtoon dat Starlink internetdienste kan aanbied sonder dat uitgebreide konstruksie nodig is, wat dit geskik maak vir Namibië, veral in landelike gebiede. Hy het die toenemende belangrikheid van e-dienste in beide openbare en private sektore, insluitend onderwys, beklemtoon en die regering aangemoedig om gevorderde kommunikasietegnologie soos Starlink in die nasionale onderwysstelsel te integreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Labuschagne gesels, wat meer insig gee.
Die goewerneur van die Karas-streek, Aletha Fredericks, het tydens haar streeksrede in Keetmanshoop suksesse in misdaadvoorkoming uitgelig. Die vermeende leier van die omstrede Hosh-Hosh bende is aangekeer, asook 38 vermeende onwettige mynwerkers by Ysterput plaas in die Noordoewer-omgewing. Hulle is gearresteer met blou agaat-minerale ter waarde van 'n beraamde 8,3 miljoen Namibiese dollar. Hulle was in besit van edelgesteentes en toerusting wat vermoedelik vir mynbou gebruik is sonder 'n permit van die myn-ministerie. Fredericks is aan die woord.
Die arbeidsonrus by die Nida-dadelprojek naby Naute is onder beheer na onlangse protesaksies vir beter voordele en salarisse. Die werknemers het ‘n verhoging van 5,4 persent aanvaar. Maar, volgens die LPM se raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne, is dit nie tot voordeel van almal nie want hulle is al jare, sommige vir 20 jaar, deeltydse of seisoenale werkers.
Die onderwysministerie beskuldig Michael Amushehelo en die LPM-party van die verpolitisering van onderwyskwessies. Dit kom na die partylede saam met ouers die hekke by die Minna Sachs-laerskool vanoggend in Keetmanshoop gesluit het en toegang vir leerders verbied het. Dit kom na die party sê die skoolhoof is onregverdig aangestel. Die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp.
Jaco Erasmus, lead elder of My Family Church in Keetmanshoop, Namibia, joins us this week at Douglas North. Jaco shares on the Perseverance of the Saints, encouraging us to run and not grow weary, by keeping your eyes on Jesus and overcoming as He will finish the work he has started.
Inwoners van Keetmanshoop leef in konstante vrees, aangesien die bekende “Hosh-Hosh" kriminele bende hulle steeds terroriseer met rooftogte, gewapen met messe. Kommissaris Marius Katamila, bevelvoerder van die Karas-polisie, sê die vermeende bendelede is tussen 15 en 23 jaar oud. Hy sê die polisie kan hulle nie arresteer nie aangesien mense nie die misdade aanmeld nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Katamila gesels, wat sê afwesige ouers speel 'n rol in die gedrag.
Nog ‘n plaasaanval is in die Karas-streek aangemeld. Vanoggend om twee-uur, ongeveer 10 kilometer buite Keetmanshoop, het vier mans by ‘n plaas ingebreek en wapens en die kluis geteiken. Hulle het nie daarin geslaag om enigiets te steel nie maar het gevlug. Adjunk-kommissaris Nikodemus Mbango het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Meer as 600 werknemers van die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, het 'n 5,4 persent eenmalige verhoging-voorstel deur die bestuur aanvaar. Dit volg op onderhandelinge wat verlede week tussen die bestuur en Namibia Food and Allied Workers Union-verteenwoordigers gevoer is, nadat streek- en hoofkwartierpersoneel gestaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Keetmanshoop landelike raadslid, Willem Labuschagne, wat sê al het die werkers die betalingsvoorstel aanvaar, is hulle nie gelukkig nie.
Die land se damme is almal baie leeg, behalwe die reuse Neckartaldam by Keetmanshoop. Volgens NamWater se weeklikse damverslag is die dam 81,4 persent vol en 1,4 miljoen kubieke meter water is skoonveld. Dit volg op vorige verslae wat ook aangedui het dat groot volumes water uit die dam weg is. In een geval was dit meer as 2 miljoen kubieke meter water. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, wat verduidelik.
Die nuwe kragtariewe, wat Maandag in werking tree, is vanoggend deur die Elektrisiteitsbeheerraad bekend gemaak. Cenored het 6 persent ontvang met Cenored-Okahandja wat 6,2 ontvang het. Cenored Omaheke gaan op met 1,5 persent. ErongoRED het 6,6 persent verhoging gekry terwyl Keetmanshoop se krag met 6,4 persent opgaan. Oshakati het 6 persent en Rehoboth 6,4 persent. Nored en Stad Windhoek kry geen verhogings nie. Beide is skuldig aan nie-nakoming van bepalings. Die waarnemende uitvoerende hoof Petrus Johannes het meer daaroor.
Inwoners van die Oranjemund-kiesafdeling stel voor dat die Karas-streek in twee streke verdeel word. Hulle voer aan die streke, genaamd Karas-Suid en Karas-Noord, sal dienslewering vaartbelyn. Die Oranjemund-kiesafdelingsraadslid, Lazarus Nangolo, het die voorstel tydens die tweede dag van Grensafbakeningskommissie se openbare konsultasies in Keetmanshoop voorgelê. Nangolo is aan die woord.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die naweek in die Suide gekuier en gesê die Keetmanshoop-lughawe kan in die toekoms verander na die Karas Internasionale Lughawe. Dit is weens die opkomende olie- en gasbedrywe in die Suide, wat beleggers lok. Volgens haar is die herlewing van die nasionale lugdiens, Air Namibia, ook nie uitgesluit nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, woordvoerder van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, wat sê dit maak nie sin nie en politici moet ophou om mense hoop te gee net om stemme te werf.
Die weeklikse dam bulletin deur Namwater het aangedui dat meer as 4,3 miljoen kubieke meter water verlede week uit die Neckartal-dam vrygelaat is. Die dam is tans 83 persent vol. Keetmanshoop landelike kiesafdeling raadslid Willem Labuschagne sê daar is waarskynlik 'n versoek deur boere stroom-af van die dam en Namibia Wildlife Resorts gerig vir water in die Visrivier. Toeriste wat die Visrivier-canyon stap, sal ook baat vind by die water. Labuschagne het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Wynand du Toit, die oud-soldaat van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag wat bekend geword het nadat hy in 1985 tydens die grensoorlog by Cabinda in Angola gevange geneem is, is op pad na Namibië. Hy gaan sy nuutste boek met die titel "Argon - Die begin van die einde" bekend stel en sy eerste stop is môre in Keetmanshoop, waarna hy verskeie dorpe gaan aandoen vir boekbekendstellings en praatjies. Hy beplan om op die 29ste November in Windhoek wees. Du Toit het meer:
Die Elektrisiteitsbeheerraad sê hy hersien nog aansoeke vir tariefverhogings van verskeie plaaslike owerhede, veral vir die wat aansoeke laat ingedien het. Die raad sê hy het Windhoek se aansoek vir ‘n 14 persent verhoging, Kalkrand, wat 25 persent vra, Keetmanshoop op 8 persent, Mariental op 9,9, Osire se 12,3 en Oshakati se 10 persent ontvang. Terwyl daar onderneem is om verlede week aankondigings te maak, sal dit na verwagting eers aan die einde van die week gedoen word soos woordvoerder Ferdinand Molale verduidelik.
Die nuus dat rondom 43 kapitaalprojekte deur die Namibiese regering laat vaar is, lok steeds reaksie uit. Luidens ‘n verslag deur die ministerie van werke is die waarde van die projekte rondom 990 miljoen Namibiese dollar en die minister, John Mutorwa, sê die skuld lê by die kontrakteurs, al is hulle deur die regering aangestel. Onder die projekte is behuising, hospitale, skole en meer. Volgens die verslag is die konstruksie van 326 huise in die hoofstad, ter waarde van 45 miljoen dollar, reeds in 2017 laat vaar terwyl die kontrakteur wat aangestel is om die Keetmanshoop-hospitaal op te gradeer, nie die kapasiteit of vaardighede daarvoor gehad het nie. Die projek, met ‘n beraamde waarde van 23 miljoen dollar, is reeds in 2016 laat vaar. Die president van die opposisie, die PDM, McHenry Venaani sê dit bewys net weer die mislukking van die Swapo-regering.
Follow along with my first Namibia tour for 2023 as we visit the Quiver Tree Forest and deserted diamond mine tours at Kolmanskop and Elizabeth Bay. Details on blog: https://mbp.ac/813 Music by Martin Bailey
Follow along with my first Namibia tour for 2023 as we visit the Quiver Tree Forest and deserted diamond mine tours at Kolmanskop and Elizabeth Bay. Details on blog: https://mbp.ac/813 Music by Martin Bailey
‘n Helikopter word dringend gesoek om water uit die Nautedam by Keetmanshoop te skep om die veldbrande in die omgewing van Karasburg te help blus. Sean Naudé van die Namibian Marshal Rangers sê daar is reeds mense beseer en een persoon is hospitaal toe geneem. Verliese aan vee en wild, asook skade aan weiding en infrastruktuur is aangemeld. Naudé sê aan Kosmos 94.1 Nuus die veldbrand is besig om na die suid-oostelike grens aan Suid-Afrika te versprei.
Die hoof van die Namibiese polisie inspekteur-generaal Joseph Shikongo het lede van die mag op Keetmanshoop toegespreek. Hy het harde woorde vir beamptes gehad en hulle gewaarsku oor swak prestasie. Hy sê daar is geen onderhandeling nie. Die mag is die mag en misdaad kan nie in kantore voorkom word nie.
Namibiese leerders wat met busse op pad is na die Cosassa Balspele in Potchefstroom in Suid-Afrika, was volgens bekommerde ouers by Keetmanshoop en die Ariamsvlei-grenspos gestrand nadat die busse en sekere dokumentasie glo nie in orde was nie. Kosmos 94.1 Nuus het die sportminister Agnes Tjongarero gekontak wat ontsteld is omdat sy nie van die kwessie ingelig is nie. Sy het onderneem om later terugvoering te gee. Leerders sal aan sokker, netbal, hokkie, vuisbal, tennis en rugby in die Cosassa Balspele deelneem. Een van die afrigters, Ina Fransman, het vanaf die grenspos met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Keetmanshoop-munisipaliteit het 'n vennootskap met Leo Canopus aangegaan wat gratis Wi-Fi aan inwoners sal verseker. Luidens 'n verklaring van die munisipaliteit, sal die gemeenskap van Keetmanshoop teen einde Augustus die gratis Wi-Fi kan begin gebruik. Keetmanshoop-inwoners sal vir een maand onbeperkte gratis toegang tot Wi-Fi hê en sal dan elkeen 1 GB komplimentêre data per toestel per maand ontvang. Keetmanshoop-munisipaliteit se woordvoerder, Dawn Kruger gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Namibiese polisie het lede van die gemeenskap geloof vir inligting en bystand. Dit kom na die inhegtenisneming van ‘n verdagte op Keetmanshoop, vir die Windhoek-moord van die 28-jarige Charmaine Saron, ‘n LPM-jeugleier wat 24 keer met ‘n mes gesteek is. Haar liggaam is agter die ELCIN Hosianna-kerk vroeër die maand gevind. Die Khomas-streek bevelvoerder, kommissaris Ismael Basson het met Kosmso 94.1 Nuus gepraat.
Boere in die suide van die Namibië is besig om teen die vierde vlaag van sprinkaanswerms te veg. Die episentrum van die sprinkaanplae is by Karasburg en Aus in die Karas-streek wat na Bethanie, Berseba, Tses, Oranjemund en Keetmanshoop uitgebrei het. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is besig om die stryd teen die sprinkane te wen.
Sommige raadslede van die Landless People's Movement van die Keetmanshoop-dorpsraad het die installering van 'n voorafbetaalde waterbeheerstelsel deur NamWater naby die dorp se reservoir gestaak. NamWater het vroeër vanjaar die raad gedreig om weens wanbetaling watertoevoer na die dorp deur 'n voorafbetaalde waterstelsel te begin rantsoeneer. Die burgemeester van Keetmanshoop, McDonald Hanse, is aan die woord.
Die Universiteit van Namibië se vise-kanselier, professor Kenneth Matengu, het aan jong mense gesê hulle moet kla en verantwoordelikheid neem om verandering in die wêreld mee te bring. Hy het by die gradeplegtigheid van Unam se suidelike kampus op Keetmanshoop gepraat.
Jeug in Keetmanshoop wat deel vorm van die groep wat die Nasionale Jeugraad se groentetuin op die dorp bedryf, sê daar is uitdagings. Die tuine is deur die Minister, Agnes Tjongarero op die been gebring in al die streke van die land om jeug aan die werk te kry en voedsel sekerheid te verbeter. Die Keetmanshoop projek is in November geloods. Die Karas Streekskoördineerder van die Nasionale Jeugraad Raymond Kaffer gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die projek
Die Namibiese Omgewing Beleggingsfonds, oftewel die EIF en die Groen Klimaatsfonds het 22 miljoen doller se toelaes geallokeer aan die klimaatsverandering veerkragtigheidsprojek in Keetmanshoop. Keetmanshoop ervaar swakker reënvalsyfers as een van die oorsake van klimaatsverandering. Lot Ndamanomhata, Hoof van Kommunikasie en Korporatiewe Dienste het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het vanmiddag in die Covid-19 kommunikasiesentrum in Windhoek bevestig dat daar vandag 27 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië aangeteken is. Daar is 7 gevalle in Windhoek, 4 in Luderitz, 1 in Keetmanshoop, 4 in Swakopmund en 1 in Omaruru. Minister Shangula met die res van die besonderhede...
Die Namibiese Swakara-bedryfsforum hou vandag hulle algemene jaarvergadering vanaf half-9 tot 4-uur in die Schutzenhaus Hotel in Keetmanshoop. Vanjaar is daar geen toekenningsete nie. Louisa Campbell van Lovedale Swakara Farming het meer oor die geleentheid...
Just back from this year's Complete Namibia Tour, today we start a series of travelogue-style episodes to walk you through our antics as my group and I traveled this majestic land. Details on blog: https://mbp.ac/621 Music by Martin Bailey.
Just back from this year's Complete Namibia Tour, today we start a series of travelogue-style episodes to walk you through our antics as my group and I traveled this majestic land. Details on blog: https://mbp.ac/621 Music by Martin Bailey.
Wir erkunden Namibia, das Land der Wüsten auf einer Yamaha XT Ténéré. In der Hauptstadt Windhoek erzählt Pfarrer Lorenst, wie das Zusammenleben unterschiedlicher Volksgruppen funktioniert. Nicki, eine Deutsch-Namibianierin stellt uns die Bikerszene in Karibib vor. In der Nähe von Keetmanshoop müssen wir unseren Hinterreifen flicken. Wir werden Zeugen eines Motorradunfalls auf einer völlig versandeten Straße und ändern unsere Reiseroute. Auf dem Weg zur Küste fahren wir an den Wüstenpferden vorbei und übernachten in Lüderitz an der Küste. Überall begegnen uns die Spuren der deutschen Kolonialzeit. Zum Schluss der Reise stellen wir mal wieder fest, dass wir noch viel mehr Zeit in diesem wunderschönen Land verbringen könnten. Musik: Windhoek Warrior: Bots Classic, Gasnoprod: Orient De Volkanz
Today we start a travelogue series to walk you through my 2017 Complete Namibia Tour, starting with the Quiver Tree Forest and Kolmanskop. Details on Blog: https://mbp.ac/578 Music by Martin Bailey.
Today we start a travelogue series to walk you through my 2017 Complete Namibia Tour, starting with the Quiver Tree Forest and Kolmanskop. Details on Blog: https://mbp.ac/578 Music by Martin Bailey.
This week I share a slideshow of photographs from Namibia with around 80 photographs and a number of short videos to depict this beautiful land and her amazing people. Video on blog: https://mbp.ac/522 Music by Martin Bailey
This week I share a slideshow of photographs from Namibia with around 80 photographs and a number of short videos to depict this beautiful land and her amazing people. Video on blog: https://mbp.ac/522 Music by Martin Bailey
Today we visit a quiver tree forest in Keetmanshoop and an abandoned diamond mining village called Kolmanskop, kicking off a travelogue series from Namibia. Images and Text: https://mbp.ac/486 Music by the Staff of the Kulala Lodge in Sossusvlei - Thank you!
Today we visit a quiver tree forest in Keetmanshoop and an abandoned diamond mining village called Kolmanskop, kicking off a travelogue series from Namibia. Images and Text: https://mbp.ac/486 Music by the Staff of the Kulala Lodge in Sossusvlei - Thank you!
This is part 1 of a series of travelogue style accounts of my recent trip to Namibia. I'll select up to 10 favorite images each week and talk you through them. Text and Images: https://mbp.ac/372
This is part 1 of a series of travelogue style accounts of my recent trip to Namibia. I'll select up to 10 favorite images each week and talk you through them. Text and Images: https://mbp.ac/372