POPULARITY
Soms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Skielik besef ons: Die Koninkryk van God werk anders, en dit is vir ons gekondisioneerde manier van dink, kyk en leef moeilik om hierdie verkeerd-om lewe te verstaan, te vertrou en te leef. Kom kry Sondag saam met ons helderheid oor die onbegryplike. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:
deur Pieter Roeloffse Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . As kind, onthou ek, was daar 'n liedjie wat dikwels gespeel is: “My nooi is in 'n nartjie, my ouma is in kaneel, daar's iemand…iemand in anys – daar's 'n vrou in elke geur.” Hierdie geur-geheue-ervarings roep sekerlik 'n hele karakter, belewenis en emosie by die skrywer op. André se gedagtes oor die antieke kontoerlyn van verhouding, met die klem op “God is 'n verhoudingswese” [ luister of kyk die preek hier as jy dit misgeloop het ] my laat wonder oor al die verhoudings deur die loop van my lewe. Oor my geur-geheue van mense in my lewe: Daar is 'n lavender ontvlugting…stof-grondspore…'n na-reën stoepsit… Daar's 'n twak-sak stilte…'n four-seven-eleven omhelsing…'n skaapboud tafel… Daar's 'n koffie-moer-verwelkoming…basilie-oes geselsies…'n tanniene ode… Daar's 'n speelsheid Pleasures, rooi-aas drome, 'n perde-salf troos… …en ek sou vir baie lank nog só kon aanhou met hierdie nostalgiese geur-geheue koester oefening van talle verhoudings deur die jare. 'n Volgende tree vanuit die kontoerlyn van verhouding beweeg my om te wonder: Wat het ek van God en Sy beweging by hierdie geur-geheue-mense in my lewe geleer? Wanneer Pierre du Plessis in sy boek “Jesus ruik na mirre en stof” skryf “Die reuke van ons wêreld het aan Hom afgesmeer en Sy heilige reuk uiteindelik aan ons…” dan wonder ek oor God se openbaringe deur al hierdie geur-geheue-mense in my lewe: Sabbat was 'n méns, lank voor dit 'n dag of 'n opdrag of 'n wysheid vir my was. Genade was 'n kattekwaad-vryspraak by die Buurvrou voor dit 'n eienskap van God was, wat Ds. O'Reilly vir my verduidelik het, en Oom Deon deurlopend beliggaam het. Liefde was besoedel deur 'n duisend Hollywoodstemme – maar verlos, ontdek, geleer en probeer in 'n gallery vol diverse verhoudings. Weerloosheid is groter as perfeksie ontdek ek by Mnr Du Preez, sonder dat hy een van daardie begrippe gebruik het. Getrouheid by Janes. Integriteit by Karel. Dat 'n groot mens se uit-jou-maag-uit-lag heilig is, leer oom Jannie my. Dat huil onkeerbaar én gesond is by soveel mede-rouers. Dat al is ubuntu nie 'n politieke werklikheid nie, is dit steeds waar in my Xhosa kollegas en vriende se buurte. Ek sou so moeilik kon vertrou in 'n Godheid wat nie rus en vier en geniet nie; 'n God wat nie weerloos kan wees nie; nie kan vergewe of genade kon hê nie; wat nie liefde ken nie; nie getrou is nie; nie integriteit het nie; wat nie lag of huil nie; of wat nie t.w.v iets groter as Homself bestaan nie. Lank voor dit Bybeltekste en -gebeure vir my was, is dit by mense wat ek hierdie wonders van die lewe en van God ontdek het. Was die mens-ervarings dalk juis die manier waarop God my jare lank voorberei het om Sy beweging, Sy karakter, Sy lewegewende-aard te herken. Was dit hierdie menslike verhouding ervarings wat my so aangetrokke gemaak het tot Jesus, as God in lewende lywe. Sou jy deur jou verhoudings stap, soos deur 'n kunsgallery, dan wonder ek wat is dit wat jy sou raaksien? Wat is God besig om oor Homself, die lewe, menswees, geloof en oor jouself aan jou te openbaar – juis deur die kunsmedium van jou verhoudings? En as jy hierdie beginsel gaan probeer na-leef, moet asb nie soos ek verstrengel raak in romantiese idees nie. Dit is juis in die alledaagse, in die frustrasie, die misverstand, die eenvoud, die kleine, die roetine, die stil saam-wees (die fluistering-in-die-windstilte) wat ons die wonders ontdek en nie net in die ekstase en trauma ervarings (wind, aardbewing en vuur) in ons verhoudings nie. Dit is die heilige alledaagse in ons verhoudings wat ons geloof uit die bubblewrap van geestelike-perfeksie kom haal, ons nederig maak, God-met-ons openbaar. En dit is waar die Woord weer lewend word. Al is dit is morsig, soos meeste kuns-ateljees, is dít waar die kuns en verwondering geskep word. Mag jou geloofsoog al meer geoefen word om God se beweging in jou verhoudings te herken en mag hierdie verhoudings jou help in jou lag, eet, speel, stoei, gesels…met God. NA-LEEF tekste: “Skielik was daar ‘n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan.” 1 Konings 19:11-13 “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen……….Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.” Matteus 25:40 & 45 NA-LEEF vraag: Probeer in elke interaksie en verhouding in jou lewe vra: Wat op dees aarde is God besig om aan my te bekend te maak?
Send us a textJesaja 41:17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Het jy al ooit uitgedor en afgemat gevoel? Jy weet waarvan ek praat, nè? Daardie gevoel dat die vreugde, die afwagting, die lewenslus wat jy eens vir die lewe gehad het, heeltemal verdamp het. Dis net – weg! Jou gees binne in jou is dor, kurkdroog, bros. Ek dink ons was almal al op 'n stadium daar. Wat het gebeur? Wat het verkeerd geloop? Hoe gaan ek dit oorleef?Die Namib is een van die droogste woestyne ter wêreld. Dit is ‘n sanderige strook van sowat 2 000 kilometer langs die Atlantiese kus. Dit strek vanaf die suidweste van Angola in die noorde, tot die noordweste van Suid-Afrika in die suide. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Henno Martin, ‘n Duitse geoloog en avonturier saam met sy vriend Hermann Korn na die Namib gevlug om internering te vermy. Hulle het in 'n afgeleë kloof skuiling gesoek waar hul water vinnig opgeraak het.Hulle het aan hallusinasies begin ly en was besig om van die dors te sterf. Martin het later onthou hoe hulle met gekraakte lippe en blase op hul voete, gekniel en gebid het. Skielik het dit begin reën. 'n Woestyn-stortreënbui het hulle houers gevul, hulle liggame herstel en hulle lewens gered.Kan jy jou hulle vreugde voorstel? Jy kan hulle net in die reën sien dans.Jesaja 41:17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.Wanneer jy eendag (miskien selfs vandag) jouself in jou eie woestyn bevind, is daar net een ding wat jy moet doen. Bid. Stort jou hart voor God uit. Voor Hom wat jou so liefhet dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om vir jou te ly en te sterf.Selfs op die droogste plek op aarde ... stuur God steeds sy reën. Dis hoe jy die swaarkry oorleef; maar weet jy, dis hoe jy nie net sal oorleef nie, maar hoe jy sal floreer!Want dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Cornelia van Niekerk van Fines4U gesels oor die wet op Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortreedings (Aarto). Volg RSG Geldsake op Twitter
Hannes Wessels – hoof, Binance Suid-Afrika Volg RSG Geldsake op Twitter
Dr Leila Fourie, uitvoerende hoof van Johannesburg Stock Exchange (JSE) gesels oor hulle finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die vryskutjoernalis, Antoinette Slabbert, verduidelik hooekom beurtkrag na 310 dae weer 'n verskyning maak. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die mineraleraad van Suid-Afrika se hoofekonoom, Hugo Pienaar gesels oor mynbou-produksie en die mineraleraad se vooruitsigte. Volg RSG Geldsake op Twitter
Send us a textMarkus 1:23-26 Skielik was daar in hulle sinagoge 'n man met 'n onrein gees wat begin uitroep: “Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou – jy is die Heilige van God!” Maar Jesus het hom bestraf en beveel: “Bly stil, en gaan uit hom uit!” Daarop het die onrein gees hom stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en uit hom uitgegaan.(NLV) As ons maar net rondkyk, sal ons die boosheid oral om ons raaksien. Ja, soms wil ons nie eers meer kyk nie, omdat dit net eenvoudig te erg word. En so gaan ons maar net voort met die lewe... Maar daar is één plek waar ons nie verwag om boosheid te vind nie; waar ons nie eers durf kyk nie.Boosheid is so 'n sterk woord dat ons selde, indien ooit, aan onsself wil dink as boos. Maar hoe dikwels is dit ons self wat konflik veroorsaak? Hoe dikwels is dit ons vooroordele wat keer dat God se liefde deur ons na die lewens van ander vloei? En hoe dikwels is dit ons selfsug wat in die pad van ander se redding kom?Daardie groot duisternis in die siel is 'n verskriklike ding. En dit is daardie einste boosheid (kom ons sê dit kaalkop!) waarvan Jesus gekom het om vir jou en vir my vry te maak. Vry om goed te doen. Vry om ander, ongeag die prys, lief te hê. Vry om te wees wie Hy ons geskep het om te wees; om die impak te hê wat Hy altyd beplan het om déúr ons in hierdie wêreld te maak. Maar hoe kry jy daardie vryheid?Markus 1:23-26 Skielik was daar in hulle sinagoge 'n man met 'n onrein gees wat begin uitroep: “Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou – jy is die Heilige van God!” Maar Jesus het hom bestraf en beveel: “Bly stil, en gaan uit hom uit!” Daarop het die onrein gees hom stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en uit hom uitgegaan. (NLV)Dit maak nie saak in watter vorm daardie boosheid in jou lewe ook al voorkom nie, wanneer Jesus praat, maak Hy jou vry. Soos Hy gesê het: Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees. Daar is sulke krag in sy Woord. Krag om jou vry te maak om alles te wees wat Hy jou gemaak het om te wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Sedert Saterdag, 7 Oktober 2023 is die wêreld se oë op Israel na die brutale terroriste aanval. Skielik praat mense gereeld en baie oor Israel. Die doel van hierdie boodskap is om kinders van God te help om sin te maak van al hierdie gebeure, deur na Israel te kyk deur die lens van die Woord.
Luister na hierdie boodskap deur Ps Dawie Pieterse
Morne Oosthuizen – Welvaarts Bestuurder, PSG Wealth
1 Korintiërs10:23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.Jesus het belowe dat as Hy ons vry maak, sal ons werklik vry wees! Regtig, heeltemal vry. En tog beteken vryheid verskillende dinge vir verskillende mense. Wat beteken vryheid vir jou? Dit was beslis ‘n baie interessante tyd toe die Nuwe Testament destyds geskryf is. Dit is die tyd toe die Christendom gebore is uit Judaïsme. Ons nuwe verhouding met God, naamlik die 'Nuwe Verbond' is gebore uit ons ou verhouding met Hom, die 'Ou Verbond'.Dit het beteken dat die nuwe gelowiges, diegene wat geglo het aan die dood en opstanding van Jesus, die Seun van God, vry was van 'n hele klomp ou reëls. Dit was skielik aanvaarbaar om byvoorbeeld varkvleis te eet. Skielik het baie van die godsdienstige rituele van die verlede nie meer saak gemaak nie.Daarom skryf Paulus in:1 Korintiërs 10: 23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.Met ander woorde, jy moet nie jou nuutgevonde vryheid gebruik as lisensie om te doen net wat jy wil nie. Moet dit nie nou sien as die reg om op ander mense te trap nie. Dit was destyds in daardie konteks waar en dit is vandag nog waar.Hopeloos te veel Christene is gefokus op hul vryhede, hul regte, dit waarop húlle geregtig is ... en hulle vergeet dat dit dikwels ander mense kan seermaak wanneer hulle daarop aandring. Ons vergeet dat ons dikwels op ander trap as ons opstaan.As die Seun van die mens (Jesus) jou vrygemaak het, dan is jy inderdaad vry ... Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
George Kershoff – adjunk-direkteur, Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BER
Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”Hoeveel keer het jy nie gedurende hierdie tyd van die jaar die een of ander prediker hoor vertel van “die ware betekenis van Kersfees” nie? Dieselfde ou storie. En so laat ons nog 'n Kersfees verbygaan. Regtig tragies.Te midde van al die roesemoes en al die dinge wat ons moet doen, kom ons op 'n punt in ons lewens waar ons wonder: Wat doen ek op hierdie aarde? Wat is die doel van die lewe? Waarin lê die vervulling?Op 'n helder sterre nag, tweeduisend jaar gelede, is God se ewige Plan gebore. ‘n Seun. Sy Seun, gebore in ‘n nederige stal. Ons lees in: Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” Wat moes God die Vader op daardie oomblik gevoel het? Was dit onuitspreeklike vreugde om te sien hoe sy Plan om die mensdom te red begin ontvou, of was dit terselfdertyd ‘n groot hartseer, omdat Hy geweet het, dat sy Seun sou moes ly? Maar in daardie nag het God met jou en my gepraat. Hy het gepraat van sy ontsaglike liefde vir ons. Hy het uit een of ander obskure stal in een of ander obskure dorpie ons uitgenooi om in sy Seun te glo.Waaroor gaan die lewe? Waar gaan dit heen? Wat is die doel? Dit is alles simptome van 'n vakuum wat deur God self in die DNA van ons siele geskep is, om met sy Geskenk gevul te word, met Jesus.En dit is presies waaroor Kersfees gaan. Hy smag na jou. Hy het sy Seun vir jou gestuur.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”'n Vriend van my het my ‘n rukkie gelede vertel hoedat hy op ‘n boek waarvan hy heeltemal vergeet het, afkom het, terwyl hy besig was om ou bokse te sorteer. Die titel was “Hoe om jou geheue te verbeter.” Die lewe is gekompliseerd, nie waar nie? Daar is so baie wat ons moet leer en moet weet ... en ons vergeet so maklik dinge wat ons alreeds geleer het. Die lewe is so besig en gejaagd en mal ... en miskien het God jou jare gelede al iets geleer. Was dit ‘n stuk wysheid, of miskien ‘n waarheid wat jou vry gemaak het? Maar op die een of ander manier het dit in die harwar van die lewe vergete geraak. Ek glo dat God 'n hele paar dinge het, wat Hy vir jou wil sê; dinge wat Hy regtig wil hê jy moet hoor. Ons lees in:1 Konings 19: 11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?” Daar is sterk winde, aardbewings en brande in die lewe. So baie geraas. Soveel ontwrigting. Maar te midde hiervan, moet jy stil word om sy stil, sagte Stem te hoor. Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Konings 19:11,12 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.Daar is 'n groot behoefte onder sommige van God se mense, om Hom te hoor praat. Hulle is nie tevrede met kennis oor God nie. Nee, hulle wil God self beter leer ken. Nou-ja, hier is 'n vraag wat baie gelowiges so effens ongemaklik laat voel. Hoe hoor jy God? Hoe sê Hy vir jou wat sy wil vir jou lewe is? Soms hoor jy iemand sê: 'God het vir my dit gesê', of 'God het dat vir my gesê.' Goed, maar hoe het Hy dit of dat vir hulle gesê? Op watter manier het hulle gehoor dat Hy met hulle praat? Ek dink soms verwag ons dat God op 'n groot, flitsende, kragtige manier sal verskyn. En Hy doen dit soms, as dit Hy wil. Maar die meeste kere is glad nie so nie. Die meeste kere is regtig baie anders. Kyk hoe praat die Here met Elia. Ons lees in:1 Konings 19:11,12 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Is dit nie 'n wonderlike prentjie wat God daar vir ons skilder nie? Hy praat nie deur die sterk die wind, wat die berge uitmekaar skeur, nie. Nie deur die aardbewing nie. Nie deur die vuur nie. Maar in ‘n stil, sagte stem. Vandag, waar ons 24/7 met die wêreld in verbinding kan wees; waar ons soveel opsies het, soveel dinge het om ons aandag af te trek, moet ons baie stil raak as ons die stil, sagte stem van God wil hoor. Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”Sê my, is Jesus vir jou ‘n werklikheid? Hoor jy Sy stem elke dag, of is daardie ervaring en intimiteit iets wat jy eendag, lank gelede, ervaar het?'n Vriend het my vertel, dat hy eendag, terwyl hy besig was om van rommel ontslae te raak, 'n boek ontdek het, waarvan hy al heeltemal vergeet het. Dit titel is: "Hoe om jou geheue te verbeter," nogal ironies nè?Is dit nie snaaks hoe ons iets, wat belangrik is, kan vergeet en nie weer daaraan dink nie?Ek het vroeg in my lewe, diep in my hart geweet, dat God 'n ongelooflike ding gedoen het, deur Jesus aan 'n kruis te laat sterf. Maar soos die tyd verbygegaan het, het die wete heeltemal vervaag. En toe ek eendag in 'n geestelike woestyn ronddwaal, het Hy my daaraan herinner.Dit was 'n rustige aanraking, 'n sagte stem wat geleidelik - nie harder nie - maar duideliker geword het, en tot vandag toe, is ons verhouding die belangrikste ding in my lewe.Dit is hoe God werk. Hy nooi ons liefderik nader. Ons lees in:1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Markus 4:37-39 Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.Of ons dit nou wil erken of nie, hoe oulik en sterk ons ook al dink ons is - een of ander tyd gaan dit voel asof die lewe ons oorweldig. Dit gebeur met ons almal. Die vraag is: wat dan?Hallo, namens Berni Dymet en welkom weer by VARS.Het jy al die stories gehoor van mense wat in 'n vaatjie by die Niagara-waterval afgaan? Dit is net 'n storie, totdat jy dit sélf sien. Ek was onlangs daar en het gesien hoe die krag van 345 000 liter water per sekonde, oor die rand stort. Dis net ongelooflik.Toe ek daar staan en kyk na hierdie ontsaglike skouspel, plaas ek myself in my gedagtes, in daardie vat. Dit was vreesaanjaend! Maar weet jy, soms voel die lewe so. Dit voel asof jy in hierdie maalstroom van bruisende water oor die rand van ‘n waterval gejaag word, en daar is absoluut niks wat jy daaraan kan doen nie. Toe ek daar by die Niagara-waterval staan en nat word van die sproei, het ek hierdie verhaal onthou:Markus 4: 37-39 Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.Op daardie oomblik het ek onthou dat die Niagara-valle met al sy krag en wreedheid in vergelyking met die krag van my God, wat die heelal geskep het, slegs 'n druppel in die oseaan is. Terwyl jy miskien eendag op pad is na ‘n situasie wat vir jou voel asof jy in 'n vat oor ‘n waterval stort, moet jy onthou dat op Sy bevel die wind sal stop, en die see kalm sal word.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Aanpassing in enige nuwe land begin maklik en as 'n groot avontuur. Die hele konsep van immigrasie is 'te groot' en die brein dink aan trek as 'n heerlike vakansie. Dan -- skielik -- asof 'n kristalglas in 'n duisend stukkies breek, tref die werklikheid jou op 'n Gewone Woensdag. Skielik sit jy in Piet Verdriet straat en jy roep: "Ek wil huis toe gaan! Ek het dit nie bedoel om vir ALTYD te immigreer nie. Draai tyd terug. Suid-Afrika is eintlik ok, en elkeen van die 50 redes waarom ek getrek het, moet moet moet verkeerd wees."Raad oor aanpassing. Dis normaal. Elke immigrant uit honderde lande sukkel 'n rukkie met die nuwe kultuur van hul nuwe land.Support the show (https://www.patreon.com/AudreyStories)
Wanneer Vasti onttroon word, bestyg Ester die troon. Skielik word hierdie onbekende meisie, ‘n Jood met die naam Hadassa, die koningin van die magtige Persiese ryk. Kunstig vermom in die Persiese kultuur, word sy in die paleis heeltemal geïsoleer van wat aangaan. So goed kamoefleer sy haarself as ‘n Pers dat niemand daarvan sou droom om haar as ‘n Jood te identifiseer nie. En meteens is daar ‘n krisis vir die Joodse volk. Hulle staar uitwissing in die gesig, want die proklamasie van Haman is uitgevaardig in al 127 provinsies. Onwetend leef Ester in die weelde van die paleis. Dit is eers wanneer Mordegai haar daarvan inlig dat sy bewus word van haar unieke posisie en roeping. Aan die hand van Ester se verhaal hoor ons: 1) Ware geloof is herkenbaar 2) Ware geloof antwoord ‘ja’ op die roeping van die Here 3) Ware geloof vertrou op God se plan, eerder as jou eie.
Die skuifdeur na Marius van Dyk (62) se huis agter die petrolstasie waar hy die afgelope 12 jaar as bestuurder van die karwas en sleepwaens gewerk het, staan oop toe ons daar aankom. Asof mens sommer enige tyd welkom is. Sy kollegas en ook van sy oud-kollegas wat help dra aan die sakke kruideniersware stap in en lyk tuis hier waar hulle vriend op die bank sit. “Ons was die 3 M'e,” vertel Marius as hy ons voorstel aan Martin en Madiba. Annemarie, die eienaar Johan Botha en Piet is ook daar. Piet was eintlik nog altyd daar - werk al 25 jaar by die petrolstasie. Marius is so 3 jaar gelede met hartversaking gediagnoseer. Hy het oor ‘n tydperk geleidelik verswak tot waar hy nou fase 4 is en toe hy onlangs in ‘n ernstige toestand in Steve Biko hospitaal opgeneem is, het een van sy oud-kollegas vir ons ‘n briefie gestuur om te hoor of ons nie iets vir hierdie “ware staatmaker en mentor” kan doen nie. Marius moes ophou werk as gevolg van sy gesondheid en is permanent op suurstof. Sy seun, Jeandré (20) werk ook al van net na matriek saam met hom by die karwas. Skielik moet hulle op een salaris van R3500 per maand en die SASSA pensioen uitkom met baie bekommernis en vrae oor of hulle nog hier sal kan aanbly en hoe hulle die somme sal laat klop.
Juanita Aggenbach het met Johann Myburgh oor haar nuwe boek op Radio Helderberg gesels. Gister is verby is ’n deernisvolle verhoudingsroman oor borskanker en die invloed daarvan op verhoudings. Nadine se wêreld stort in duie wanneer ’n doodgewone doktersafspraak ’n skrikwekkende vonnis oplewer. Skielik moet sy nie net borskanker se onmenslike aanslae op haar gesondheid, menslikheid en vroulikheid leer hanteer nie, maar ook die reaksies van hul vriendekring en haar man, Pierre. Maar ook Pierre voel magteloos. Hy soek desperaat na antwoorde en begin stelsematig sy plek in hul verhouding bevraagteken. Hoe het hulle onderskeie rolle binne hulle huwelik verander? Sal hulle ooit eendag ouers kan wees? Hoe leer Nadine en Pierre om mekaar weer opnuut te ondersteun? In Gister is verby wys Aggenbach hoe geliefdes, te midde van talle strukelblokke, kan groei en saam sterk kan word.
'n Opgewonde gesin op 'n Sondagaand op die N1, op pad na 'n vakansiebestemming... Hulle 23-maande-oue dogtertjie is op die agtersitplek in haar babastoeltjie. Skielik is daar donkerte toe haar pa beheer van die voertuig verloor. Daar is nagte in die hospitaal langs haar bed, en nuus dat sy ernstige breinskade opgedoen het. Hulpeloosheid. Spring ses jaar vorentoe na 'n agtjarige dogtertjie wat haar gedagtes in haar boomhuis begin neerskryf. En dan, 21 jaar vorentoe, na die bekendstelling van haar boek: HOOP BESTAAN. Dít is die storie van die 23-jarige Claudine Lombard, wat die afgelope naweek haar hartsgeheime gedeel het, nie net met die wêreld nie, maar ook met haar ma Joan en pa Andre Lombard. Die gesin het by Suna Venter in die ateljee gekuier om te vertel hoe die geheime dagboek hulle lewens verander het.