POPULARITY
Send us a Text Message.1 Korintiërs1:7 Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms. (NLV) Sommige mense hou vreeslik baie daarvan om geskenke te ontvang - dis hoe hulle gemaak is. Dit is hulle liefdestaal; dit is die manier waarop hulle liefde en toegeneentheid ontvang. Ander mense is nie so erg daaroor nie. Wat van jou? Is jy 'n ‘geskenkmens', of nie?As jy daarvan hou om geskenke te ontvang, is dit wonderlik. Daar is absoluut niks mee verkeerd nie. Ek, aan die anderkant, gee nie om of ek vir die res van my dae hier op hierdie aarde ooit weer 'n verjaardag- of Kersgeskenk ontvang nie. Dis net nie my ding nie.Maar alhoewel ek so bedraad is, was daar 'n tyd in my lewe toe ek niks gehad het nie - alles was verlore, ek was desperaat. En dis toe dat ek die grootste geskenk van almal ontvang het. 'n Geskenk wat my lewe totaal en al verander het. Kyk net wat skryf die apostel Paulus in die 1ste eeu n.C. aan die gemeente in Korinte: 1 Korintiërs 1:7 Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms. (NLV)Wat bedoel jy, met elke genadegawe? Wel, wanneer ons in Jesus glo, het ons alles wat ons nodig het, alles wat werklik saakmaak in die lewe: Wysheid, vermoëns, God se genade, sy liefde, sy Gees in ons … elke gawe.Selfs die persoon wat, volgens die wêreld se standaarde gemeet, niks het nie ... ontvang, wanneer hulle in Jesus glo, alles, elke gawe.Kom ons sit net vir 'n oomblik saam en dink na aan hierdie belofte, die werklikheid daarvan. Elke geskenk. Dit is wat jy het, as jy in Jesus glo. Dis wat op jou wag, as jy in Jesus wil glo.Elke genadegawe. Dit is God se belofte. Dis Sy waarheid.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Handelinge 2:38,39 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy op een van jou werklik belangrike verjaarsdae, een van daardie met 'n nul aan die einde, 'n geskenk van die persoon vir wie jy die liefste is, ontvang. Dis pragtig toegedraai met 'n groot rooi strik om. Sjoe! Dit bring sommer trane in jou oë. Nouja, wat doen jy? Jy sit dit, net so toegedraai, in 'n kas en vergeet daarvan. Regtig? Dit sal beslis nie sin maak nie, nè?En dis hoe baie Christene met die gawe van die Heilige Gees maak. Handelinge 2:38,39 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”Hoekom doen ons dit? Miskien omdat ons nie ons harte en lewens wil verander nie. Miskien verstaan ons nie regtig wie of wat die Heilige Gees is nie. Miskien voel ons bedreig deur die krag van God wat deur sy Gees in ons woon. Of miskien … miskien dink ons nie eers daaraan nie.Weet jy, dat as jy in Jesus glo, begeer Hy om jou lewe te transformeer; Hy wil jou van die sonde wat jou bind, vrymaak. Hy wil jou vergewe en bemagtig om 'n nuwe lewe te lei; 'n lewe as een van sy kinders.En as jy Jesus as jou Verlosser aanneem, en indien jy onderneem om jou hart en jou lewe vir Hom te gee … dan sal Hy jou vergewe. Dan sal Hy jou die gawe van die Heilige Gees gee.Ja, my vriend, hierdie geskenk is vir jou. Haal die strik af en maak dit oop … ter wille van die Naam van Jesus!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Genade En Geloof - Deel 2 - Dieselfde Geskenk Vir Almal - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Die Suid-Afrikaanse Departement van Minerale Bronne en Energie is aktief besig om aandag te skenk aan ‘n agterstand in mynbouverwante permitaansoeke. Die adjunk-direkteur-generaal, Tseliso Maqubela, sê hulle beoordeel tans die meer as 2 500 aansoeke wat gedurende die 2023/20-boekjaar ontvang is. Maqubela sê suksesvolle aansoekers moet ‘n omgewings-impak-beoordeling ondergaan, en dit verleng die finaliseringsproses:
The acronym VUCA, which stands for Volatility, Uncertainty, Complexity, and Ambiguity, can be translated to Afrikaans as: Volatiliteit (V) Onsekerheid (U) Kompleksiteit (C) Ambiguïteit (A) Dit is hoe mens elke dag VOEL - ONSEKER en MAGTELOOS Jesus verkondig 'n nuwe leefstyl! 'n Gans anderse perspektief en blik op die wêreld! “Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Mat 6:33 Kom LEER en ondek JESUS se geheim vir 'n vervulde LEWE!
Geopende Deure weet dat in baie lande waar Christene as gevolg van hul geloof vervolg word, Kersfees juis een van die gevaarlikste tye van die jaar vir gelowiges is, en dit sluit ongelukkig nie kinders uit nie. Elizabeth Botha van Geopende Deure Suider-Afrika gee die getuienis van 'n tweeling uit Ethiopië en verduidelik ook hoe jy vervolgde Christenkinders hierdie Kersfees kan ondersteun. Maroela Media
Ons verantwoordelikheid teenoor hulle is onbeskryflik groot. Dank die Here dat die Gees ons daarin bystaan.
“Ons is elkeen geskape na die beeld van God, niks meer hoef gesê te word nie.” Maroela Media
“Ek wil hê my kleinkinders moet eendag lees hoe hulle oupa uitgestyg en een van die beste polisiemanne in die land geword het.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Ek wil hê my kleinkinders moet eendag lees hoe hulle oupa uitgestyg en een van die beste polisiemanne in die land geword het.”
2 Korintiërs 9:6,7 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.Laat ‘n geskenk wat jy uit liefde gee, jou hartseer voel? Voel jy asof jy iets verloor het? Nee, nooit nie! Dit is nie hoe dit werk nie, is dit? ‘n Geskenk wat uit liefde gegee word, bring tog vreugde, beide vir die een wat ontvang, en vir die een wat gee.Met ons kleindogter se geboorte, het ek en my vrou, Jacqui, vir haar 'n bankrekening geopen en elke maand 'n klein bedraggie daarin begin wegsit, want jy weet mos wat die spreekwoord sê: klein begin groot gewin.Elke maand wanneer daardie geld van ons rekening na hare oorgeplaas word, verskyn daar 'n kennisgewing op my foon. En elke keer as dit gebeur, ervaar ek hierdie borrelende uitbarsting van vreugde in my hart. Dis hoe dit voel, wanneer jy uit liefde 'n geskenk gee.As ons sê dat ons God liefhet, sal ons nie dieselfde emosie ervaar wanneer ons ‘n bydra gee nie? Ons lees in:2 Korintiërs 9:6,7 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.Daar moet mos vreugde wees wanneer ons bydra tot God se werk; hetsy dit van ons hulpbronne; van ons tyd of van ons Godgegewe gawes en vermoëns is? Wanneer dit 'n hartsbesluit is; 'n doelbewuste keuse is om te gee uit die vreugde van ons verlossing; uit die vreugde daarvan om daagliks saam met Jesus te wandel, dan is dit absolute vreugde.Jy mag dalk dink, ek het nie veel om te gee nie. Maar weet jy - as jy 'n klein akkertjie plant, gaan dit eendag 'n magtige eikeboom word.Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Johannes 3:16b 25 Desember 2021
BOODSKAPPE_LABEL from Lenrou Jacobs on Dec 25, 2021
BOODSKAPPE_LABEL from Garth Langeveld on Dec 19, 2021
BOODSKAPPE_LABEL from Lenrou Jacobs on Dec 12, 2021
BOODSKAPPE_LABEL from Garth Langeveld on Dec 5, 2021
Meer as 160 wêreld leiers en afgetrede politici het ‘n beroep op eerste-wêreld lande se regerings gedoen om onmiddellik oortollige entstowwe na armer lande te stuur. Daar word beraam dat daar meer as ‘n miljard dosisse in die lande is wat oortollig is. Die inisiatief is deur die voormalige Britse premier Gordon Brown gedoen.
Lukas 1:78,79 danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”Met al die wel en wee wat ons die afgelope maande deurgemaak het; die ontwrigting en onrus soos nog nooit in menseheugenis beleef is nie, kan die ou, ou verhaal van Jesus vir ons soms minder en minder relevant voel.Dit is waar. Vir baie van ons is dit nie altyd maklik om die verband tussen die Jesus-verhaal en dit wat in ons lewens gebeur, in te sien nie. Dit lyk asof die realiteit van ons alledaagse lewens oorneem. Ons denke word al hoe meer oorheers deur die druk wat ons ervaar, die onrus wat ons wêreldwyd sien.Namate die duisternis naby ons lyf kom ... begin ons moedeloos word. Jesus? Watter moontlike verband kan daardie verhaal, daardie Persoon, hê, te midde van wat jy vandag deurgaan, hm?Sagaria, Johannes die Doper se pa, het ‘n voorspelling aangaande Jesus gemaak. Ons lees in:Lukas 1: 78,79 danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”Ja, daar was gedurende die afgelope maande ʼn duisternis oor ons almal. En vir baie was die vrees vir die dood ‘n werklikheid. En is dit nie verskriklik hoe die pandemie onrus oor die hele wêreld veroorsaak het nie? Dit behoort ons glad nie te verbaas nie!En in hierdie werklikheid, in ons werklikheid, spreek God sy liefdevolle genade oor ons uit, 'n genade wat diep uit sy groot en magtige hart kom. En in hierdie omstandighede wil God, deur Jesus, ons hoop gee. In die donkerte skyn Jesus soos 'n lig. Te midde van die onrus, lei Jesus ons na Sy vrede.In jou duisternis, in jou vrees, in jou onrus, is Jesus die antwoord. Jesus.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.Dit is snaaks hoe maklik dit is om te praat oor "die genade van God." Christene sê dit die hele tyd. Maar hoe dikwels dink ons regtig aan wat dit eintlik beteken? Die genade van God....Ek dink nogal dat om 'n orgaanskenker te word, een van die mees voor die hand liggende dinge is, wat ‘n mens kan doen.Ek bedoel, as ek môre in 'n motorongeluk omkom, waarom kan iemand anders nie die geskenk van die lewe deur my niere of lewer of hart hê nie? Ek het hulle beslis nie meer nodig nie. Vir my is dit 'n vanselfsprekende ding om 'n orgaanskenker te wees.Maar weet jy, ek het groot bewondering, vir diegene wat 'n nier aan 'n vriend of familielid skenk, terwyl hulle nog lewe. Dit klink oukei genoeg om jou organe weg te gee as jy dit nie meer nodig het nie, maar terwyl jy nog leef, is dit regtig 'n groot geskenk - ‘n groot offer.Kom ons neem dit een stap verder. Stel jou voor dat jy nie net 'n ekstra orgaan skenk nie, maar jou hele lewe vir iemand anders gee. Dit is onbegryplik. Dis waarom ek nie maklik kon verstaan, wat Jesus aan daardie kruis vir my gedoen het nie.Die Seun van God is wreed aan 'n kruis vasgespyker; Hy het daar gely; gehyg na asem; en toe pynlik gesterf om te betaal vir al my dom foute ... daar is net geen woorde om te beskryf hoe ek voel nie.'n Geskenk van lewe? Dié gawe van die lewe. Ewige lewe. In Romeine 6:23 sien ons: Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.Dis die genade van God in Jesus Christus. En weet jy, dit het Hom alles gekos. Alles; om die ewige lewe vir ons te gee - alles - vir jou en vir my.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”Hoeveel keer het jy nie gedurende hierdie tyd van die jaar die een of ander prediker hoor vertel van “die ware betekenis van Kersfees” nie? Dieselfde ou storie. En so laat ons nog 'n Kersfees verbygaan. Regtig tragies.Te midde van al die roesemoes en al die dinge wat ons moet doen, kom ons op 'n punt in ons lewens waar ons wonder: Wat doen ek op hierdie aarde? Wat is die doel van die lewe? Waarin lê die vervulling?Op 'n helder sterre nag, tweeduisend jaar gelede, is God se ewige Plan gebore. ‘n Seun. Sy Seun, gebore in ‘n nederige stal. Ons lees in: Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” Wat moes God die Vader op daardie oomblik gevoel het? Was dit onuitspreeklike vreugde om te sien hoe sy Plan om die mensdom te red begin ontvou, of was dit terselfdertyd ‘n groot hartseer, omdat Hy geweet het, dat sy Seun sou moes ly? Maar in daardie nag het God met jou en my gepraat. Hy het gepraat van sy ontsaglike liefde vir ons. Hy het uit een of ander obskure stal in een of ander obskure dorpie ons uitgenooi om in sy Seun te glo.Waaroor gaan die lewe? Waar gaan dit heen? Wat is die doel? Dit is alles simptome van 'n vakuum wat deur God self in die DNA van ons siele geskep is, om met sy Geskenk gevul te word, met Jesus.En dit is presies waaroor Kersfees gaan. Hy smag na jou. Hy het sy Seun vir jou gestuur.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Groei, Week 2: Geskenk Van Genade // Danie Roodt by Doxa Deo Bloemfontein
Groei, Week 2: Geskenk Van Genade // Danie Roodt by Doxa Deo Bloemfontein
Ons inspirasie vir die dag is uit die hart van Charles van Onselen - sy tema is: “Alles geskenk” uit 2 PETRUS 1:3-4,“Sy Goddelike krag het ons ALLES GESKENK wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien”
Kosmos 94.1 — Die Informele Behuising Federasie van Namibië het 30 miljoen doller ontvang vir die 2019/20 finansiële jaar. Die fondse is beskikbaar gestel deur die Ministerie van Stedelike en Landelike Ontwikkeling met die hulp van die Ministerie van Werke en Vervoer om staats-befondsde huise meer bekostigbaar te maak vir teikengemeenskappe. Edith Mbanga, die federasie se Voorsitter het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Was jou hande... Bemoediging vir groot en klein gedurende krisistye. Inspirasie vir 2-10 jariges! Gebruik die werkskaarte vir praktiese applikasie. "Moenie bang wees nie. Ek is by jou. Moenie bekommerd wees nie. Ek is jou God. Ek versterk jou. Ek help jou. Ek hou jou vas. Met my hande red Ek jou (Jesaja 41:10).
Alhoewel die Wet op Kindersorg (Wet 38 van 2005) baie duidelik en voorskriftelik is, is daar baie vooroordele en stigmas oor paartjies van dieselfde geslag wat kinders aanneem. Drie maatskaplike werkers deel hulle kundigheid en ervarings van ouers van dieselfde geslag, wat kies om kinders onvoorwaardelik aan te neem. 'n Gay pa vertel van die voorreg en groot vreugde om drie kinders te kon aanneem. En 'n Lesbiese paartjie praat oor hulle aangenome seuntjie wat nie dieselfde ras as hulle is nie.
22 - 12 - 2019_Storietyd_Die storie van die grootste geskenk by Eden Gemeente
Message from Johan Delport on December 25, 2019
03 - 02 - 2019_EK LEEF_Jou grootste geskenk by Eden Gemeente
Week 4
Redding, Om vry te lewe op hierdie aarde
Week 3
Oorleef Jy of Leef Jy
9 Desember 2018 - Jou geskenk aan Jesus by lewendewoordmidrand
Maak die Geskenk Oop!
Week 1
Jesus Geopenbaar
Jesus, die geskenk wat aanhou gee
Watter geskenk gaan ek vir Jesus gee
Geskenk
Geskenk van die Heilige Gees
Geskenk van God: Sy Woord
Geskenk van God: Sy Woord