POPULARITY
'n Rede uit die Verlede-episodeHistorici wat fokus op gender-geskiedenis argumenteer dat die rol van vroue in historiese konteks te lank deur navorsers geïgnoreer was. 'n Mens kan daarmee saamstem wanneer die biografie van Johanna Brandt bestudeer word. Anna le Grange, 'n Meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit, het so pas haar navorsing oor Johanna Brandt voltooi. Haar werk stel hierdie besonderse vrou in 'n nuwe perspektief, maar laat Le Grange self verder oor Brandt vertel (in skrif en via die amptelike Eensgesind-opname):Wanneer die naam "Johanna Brandt" genoem word, flits terme soos "profeet", "spioen", "geneser" en "predikantsvrou" dikwels deur 'n mens se gedagtes. Dit is egter belangrik om die historiese figuur agter hierdie persepsies in gedagte te hou. Dit was die doel van my navorsing oor Johanna Brandt, of Johanna Brandt-Van Warmelo, soos sy na haarself verwys het.Van Kindsbeen tot PatriotJohanna is op 18 November 1876 in Heidelberg gebore. Sy was die vierde kind van Nicolaas Jacobus van Warmelo en Maria Magdalena Elizabeth van Warmelo (n. Maré). Nicolaas van Warmelo is oorspronklik van Nederland, maar het in 1862 begin met predikantswerk binne die Hervormde Kerk van Suid-Afrika. Die feit dat Johanna se vader van Nederland afkomstig was, het haar mening oor Nederland duidelik van ʼn jong ouderdom af gevorm.Sy is later ook self met ʼn Nederlander, Louis Brandt, getroud. Johanna se moeder stam uit ʼn lang bloedlyn Afrikanerpioniers wat uiteindelik die atmosfeer geskep het vir Johanna om ʼn sterk proto-nasionalistiese en nasionalistiese sentiment vir die Afrikanervolk en Afrikanertradisies te koester. Onder die invloed van sy vrou het Nicolaas van Warmelo ook sterk opvattings oor die Boere gevorm. Tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) het Johanna se vader as ‘n groot patriot vir die Boere opgetree. Dit het uiteindelik ook ʼn invloed gehad op die kinders in die Van Warmelo-huis, aangesien hulle jongste dogter, Johanna, dieselfde sentimente in haar vroeë volwassenheid gekoester het.Hoewel Johanna vandag geken word vir haar twee groot profetiese publikasies, Millennium (1918) en The Paraclete, or Coming World Mother (1936), en haar mediese skrywes oor die genesing van kanker, Die Druiwekuur (1948), is daar verskeie fasette van hierdie historiese figuur wat in ag geneem moet word. Die studie oor Johanna het verskeie elemente van hierdie historiese figuur geopenbaar - die belangrikste is dat sy 'n groot liefde vir haar medevolksgenote gehad het. Sy het op haar eie manier 'n bydrae gelewer tot die vorming van 'n nasionale bewussyn onder die Afrikaner - 'n nasionale bewussyn wat uiteindelik met die 1948-verkiesing 'n piek sou bereik.Lewe na die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)Johanna het na die ABO by verskeie maatskaplike opheffingsinisiatiewe betrokke geraak. Hoewel sy in 1902 na Nederland vertrek het om daar met Louis Brandt te gaan trou, het sy haar man voortdurend herinner aan die naoorlogse nood in Suid-Afrika. 'n Groot aantal Afrikaners het ná die oorlog verstedelik. In hierdie vroeë stadiums van industrialisasie, gepaard met die naoorlogse opbou, het grootskaalse armoede in die stede geheers. Van die blanke armoede was werklik ernstige Afrikanerarmoede. Hierdie besef het veral onder kerkleiers en leraars posgevat soos Louis en Johanna, as Hervormde predikant en predikantsvrou. Die armblankeprobleem het Afrikaneridentiteit en behoefte aan nasionalisme te verskerp. Binne hierdie erge armoede in die stede het Johanna haar nasionalisme laat uiting vind deur maatskaplik betrokke te raak by armoedeverligting deur middel van organisasies soos die SAVF en die Vroue Nasionale Party. Na 1916 neem haar maatskaplike betrokkenheid egter af, maar dit wat tussen 1899 en 1916 vir die Afrikaner bereik is in terme van armoedeverligting en algemene maatskaplike betrokkenheid, kan nie ontken word nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Rede uit die verlede-artikelGedurende 2017 het die televisieprogram Carte Blanche ondersoek ingestel na die stand van sake in Johannesburg se museums. Die lae gehalte van die uitstallings en die onkundigheid van veral die departemente verantwoordelik vir die stad se museums, was skokkend – om die minste te sê. ‘n Mens kan dan seker die vraag vra: as dit so power in die Goudstad se museums gaan, hoeveel swaarder moet dit nie vir ‘n dorpsmuseum of enige ander museum wees wat van donasies afhanklik is nie? Die uitdagings is meervoudig en Suid-Afrika se museumkundiges moet regtig hare op hulle tande hê om hulle uitdagings daagliks aan te pak.Dit is moeilik om 'n begrip te vorm van die uitdagings wat museumkundiges daagliks ervaar, omdat die saak min aandag in die media geniet. Nou en dan is die uitsaaiwese vriendelik genoeg om 'n kort insetsel te verfilm vir 'n program wat op 'n positiewe geheel van die spesifieke museum wil fokus, in plaas van die struikelblokke wat die museum se deure dalk permanent kan sluit. Eensgesind het geargumenteer dat dit nou tyd is om 'n kurator uit te vra oor wat die spesifieke struikelblokke is en waarom ons in die eerste plek 'n verskeidenheid museums in ons land het. Ons het toe so gemaak deur middel van 'n ware in diepte gesprek; wat hopelik die kompleksiteit van die situasie, waarin die land se museums tans is, behoorlik verduidelik.Johan Wolfaardt is die kurator van die President M.W. Pretorius huismuseum, Potchefstroom, en het in 'n vorige opname oor geheime organisasies bewys dat hy 'n bron van inligting is wat die nodige perspektief vir Jan Alleman duidelik kan skets. Die eerste gedeelte van die onderhoud volg die gesprek oor die geskiedenis van museums in Suid-Afrika, hoe Suid-Afrikaners oor die laaste twee eeue inspirasie uit museums kon kry en wat die huidige kwessies is. Ook sal die luisteraar presies kan hoor hoe die breër publiek kan help met die instandhouding van ons land se museums en hoe elke besoeker (plaaslik of internasionaal) welkom in 'n museum behoort te voel.Kyk net na die eerste gedeelte van die woord “Museum”. Muse. Die nege Muses was die bonatuurlike wesens (gewoonlik uitgebeeld as vroulik) in die Griekse mitologie wat verantwoordelik was vir die mense se inspirasie om enige vorm van kuns te skep en wetenskap te deurgrond. Klio was die muse verantwoordelik vir die mens se nuuskierigheid oor die verlede. Museums is dus die plek waar leer lekker moet wees en as ‘n mens die verskillende dorpsmuseumpies besoek, moet jy ‘n plan maak om die groot uitstalareas van die gevestigde Suid-Afrikaanse museums (in privaat of staatsbesit) te ontdek. Deur figuurlik deur ‘n huismuseum se tasbare historiese omgewing weggevoer te word, kan die verlede weer springlewendig voor jou geestesoog word.Dan sal jy dalk rede uit die verlede kan vind vir ons eie teenswoordige uitdagings, omdat die gemeenskappe van vervloeë dae, soos wat in 'n museum uitgebeeld word, ook dieselfde soort uitdagings moes oorkom. Maar onthou, die museums van ons land, soos die President MW Pretorius huismuseum, wag gretig om jou welkom te heet. 'n Besoek is net die regte ding om te doen om die museum te ondersteun, veral as daar iets nuuts uitgestal word.In die tweede gedeelte sluit Johan Wolfaardt by 'n vorige gesprek van Eensgesind aan oor geheimsinnige organisasies en hoe 'n mens daaroor kan besin. Dit sal gelukkig nie die laaste geselsie met Johan wees nie, want ter afsluiting van die gesprek het ons saam 'n ander interessante gesprekspunt geopen. Dit sal oorstaan vir 'n toekomstige potgooi-episode van Rede uit die Verlede. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Eensgesind is Francois Rossouw en Ben Bester se breinkind. In November 2017 is Emile Coetzee betrek en daardeur het ʼn nuwe onderneming begin wat vandag die 100ste episode op Eensgesind se klanklêerkanaal vrystel.Om hierdie merkwaardige mylpaal te vier, gesels die drie vermelde menere oor alles wat die laaste twee jaar gebeur het sodat die ideaal van 100 episodes bereik kon word. Daar word gelag, geskerts en ook ernstig gepraat oor die lesse wat geleer is, wat Eensgesind se toekomsplanne is en die potensiaal wat klanklêerreekse en episodes vir die uitsaaiwese en besigheidswêreld het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
In hierdie episode gesels Dirk met Emile Coetzee van Eensgesind. Hulle praat oor die toekoms van podsendings, die geskiedenis en nog vele meer.
Die biografie van kolonel Koos van Heerden is tans nie alombekend nie. Hierdie episode van Eensgesind se reeks: Helde beoog om dit te verander.Kolonel Van Heerden het diens gedoen gedurende die Angolese Grensoorlog (1966-1989) en saam met Taakmag Zulu het hy ʼn gedugte krygsman geword. Dus, wat behels sy lewensverhaal? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
HELDE10 Oktober was voorheen bekend as Heldedag. Maar het Suid-Afrika helde en heldinne? Uiteraard is dit belangrik om ʼn geëerde persoon se lewensverhaal te ken om te kan bepaal of die persoon ʼn held is of nie.Dit is die fokus van hierdie reeks deur Eensgesind, genaamd: Helde.Ter aanvang van die reeks word die eerste opgetekende geval nagegaan van 'n krygsman wat deur die Khoi-gemeenskap by Tafelbaai as ʼn militêre held beskou was. Maar was hy ook 'n held vir die Portugese wat hy aangeval het? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
GRONDEensgesind het 'n splinternuwe reeks geskep wat die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika onder die vergrootglas plaas.Eerstens is dit belangrik om te bepaal hoe grondbesit as sodanig in Suid-Afrika begin het en hoe dit aanleiding gegee het tot eiendomsbesit in die moderne tydperk waarin ons tans in leef.Luister gerus saam na hierdie inleidende episode van Eensgesind se reeks: Grond. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
EggenotesOm Vrouemaand behoorlik te herdenk, skop Eensgesind af met ʼn nuwe reeks oor die eggenotes van Suid-Afrikaanse staatshoofde. Om elke biografie die aandag te gee wat dit verdien, sal hierdie episode fokus op die lewe van Annie Botha (née Emmett) wat generaal Louis Botha se vrou was.Sy was van Ierse afkoms, maar het in die Oranje-Vrystaat grootgeword. Daar het sy vir Louis ontmoet en saam met hom ʼn aksiebelaaide getroude lewe gelei.Diegene wat saamluister, sal verbaas wees oor die uitdagings wat Annie Botha, die eerste Premiersvrou, moes oorkom. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Die OB opnamesHierdie is 'n opvolgepisode van Die Lang Generaal vertel...Deel 1, as deel van Eensgesind se OB-opnamereeks. In die tweede gedeelte van die gesprek wat met generaal Hendrik van den Berg deur historiese navorsers gevoer is, vertel hy en sy geselsgenote alles wat hulle ervaar het as lede van die Stormjaers en sodoende die Ossewa-Brandwag. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Die OB OpnamesIn hierdie episode van Eensgesind se reeks oor die Ossewa-Brandwag-opnames, vertel generaal Hendrik van den Berg waarom hy by die OB aangesluit het. Saam met ʼn paar van sy voormalige OB-kollegas fokus hierdie gesprek ook op ʼn rooftog wat hulle uitgevoer het, wie hulle verraai het en wat hul sabotasieplanne was.Generaal Van den Berg was later bekend as die hoof van B.O.S.S. (Bureau of State Security) en ʼn persoon waarop eerste minister John Vorster waarlik kon steun. As gevolg van die lengte van die opname met generaal Van den Berg, sal sy onderhoud in twee dele vrygestel word. ʼn Kort biografie oor die generaal word wel kortliks gedeel, waarna die opname sal volg. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
In hierdie episode (wat deelvorm van Eensgesind se 2019 verkiesingsreeks), bespreek ek die trias politica leerstuk (ook bekend as die skeiding van magte leerstuk) , met spesifiek fokus op die samestelling en funksionering van die Suid Afrikaanse wetgewer (i.e. die parlement)Die skeiding van magte leerstuk voorveronderstel 'n skeiding tussen die drie bene van staatsmag, naamlik die uitvoerende gesag, die wetgewende gesag en die regsprekende gesag. Die leerstuk se praktiese implikasies was as volg opgesom in die Grondwet sertifisering saak:“the principle of separation of powers, on the one hand, recognises the functional independence of branches of government. On the other hand, the principle of checks and balances focuses on the desirability of ensuring that the constitutional order, as a totality, prevents the branches of government from usurping power from one another. In this sense it anticipates the necessary or unavoidable intrusion of one branch on the terrain of another. No constitutional scheme can reflect a complete separation of powers: the scheme is always one of partial separation."Die bespreking dek verskeie onderwerpe, ondermeer, (i) die trias politica leerstuk, (ii) die samestelling van die nasionale vergadering, (iii) die samestelling van die nasionale raad van provinsies asook (iv) die wisselwerking tussen die nasionale vergadering en die nasionale raad van provinsies.Spesifieke fokus word geplaas op die verskillende stempersentasies wat van toepassing is op wetsontwerpe wat poog om die Grondwet te wysig. Hierdie aspek van die bespreking is natuurlik uiters relevant met betrekking tot die moontlike wysiging tot artikel 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening van eiendom sonder vergoeding. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
In hierdie episode gesels ek met Emile Coetzee van die Eensgesind span (https://eensgesind.com/)Dankie aan die borg vir hierdie episode: Is Moz Bos - http://www.ismozbos.co.za/Vir meer Dirk Scheepers Program inhoud teken in op hierdie kanale sodat jy nie 'n episode misloop nie! Dirk Scheepers Program se webtuiste ► https://www.spreaker.com/show/3316210Dirk Scheepers Program op Facebook ► https://www.facebook.com/DSProgram1/Dirk Scheepers Program op SoundCloud ► https://soundcloud.com/dirk-scheepers-2Dirk Scheepers Program op iTunes ►https://itunes.apple.com/za/podcast/ds-program/id1148322902?mt=2Dirk Scheepers Program op YouTube ► www.youtube.com/channel/UC_btVO6kpQXZTEWGv8QYM4A
VERKIESINGSIn hierdie episode gesels Emile en Johan oor hoe verskiesings in die historiese Boererepublieke gehou is.Dit is interessant om te verneem dat daar nie enige partye as sodanig was waarvoor burgers kon stem nie, maar die fokus was eerder op ʼn individu wat verkiesbaar was - nie net vir die Volksraad nie, maar ook vir die posisie van die staatshoof. Die fout moet nie gemaak word om te dink dat die ZAR se verkiesings op presies dieselfde wyse gehou is as die van die Oranje-Vrystaat nie.Met ander woorde, in die lig van ʼn komende verskiesing in Mei vanjaar, begin Eensgesind se Verkiesing 2019-reeks met ʼn episode oor die dinamika van Suid-Afrika se eerste demokratiese kiesstelsels in die voormalige Boererepublieke. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Doodloopspore-episodeIn hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes van twee rooftogte wat wye mediadekking geniet het en die rowers in die oë van die Suid-Afrikaanse publiek soos helde laat lyk het. Die eerste saak is die Oppenheimer-juwelesaak van 1955. Eensgesind het onlangs die saak kortliks in die reeks Dossier bespreek. In hierdie episode word die verloop van die saak verder noukeurig behandel met ʼn waardevolle konteks.Die tweede saak het in 1977 voorgekom. Suid-Afrika is een van die min lande waar onbekende bankrowers ʼn tonnel gegrawehet om ʼn bankroof uit te voer. In Mei 1977 het die alombekende “Grand Bank Snatch” plaasgevind waartydens R413 000 geroof is - alles deur middel van ʼn tonnel. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Om die 50ste episode van Eensgesind se klanklêers te vier, begin ons met ʼn splinternuwe reeks: Doodloopspore.Soos voorheen geadverteer, word die reeks deur die gesoute joernalis, Wouter Botes, aangebied. In hierdie episode verduidelik hy presies wat die Krugermiljoene is en kan 'n mens verwag om dit dalk iewers te vind? In hierdie episode gesels Wouter met professor Fransjohan Pretorius oor die Krugermiljoene en wat akademici oor die legende dink. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Special EpisodeToppling governments, political assassinations and cannibalism, these are just a few of the false accusations that have been levelled against South African private military contractors Executive Outcomes (EO). In the revised edition of Executive outcomes: Against all Odds, author Eeben Barlow sets the record straight, providing a chronicle of EO’s operations, his own experiences with the company and exposing the bad actors that threatened its existence and slandered its name with malicious conjecture.Prior to starting Executive Outcomes, Eeben served in various conventional and covert units of the SADF including 32 Batalion and the controversial Civil Cooperation Bureau. Founded in 1989 as a training company providing services for South African Special Forces, EO soon evolved, gaining notoriety for the pivotal role they played in assisting the FAA to defeat UNITA forces in Angola, and later crippling the rebel RUF forces in Sierra Leone. As their prominence grew, so did the threat they posed to certain foreign and domestic interests who had more sinister objectives in mind than stabilising war ravaged African countries. With very few men and even less equipment, EO proved extremely effective in every theatre of battle, forcing the international community to take notice and question the status quo of peacekeeping in Africa. But, even though this was a force that had achieved what few national armed forces could, there was one enemy it could not slay. Eeben left Executive Outcomes in 1997 and was appointed as Chairman of STTEP International in 2009As founder and former chairman, Barlow is able to provide more than just a soldier’s perspective on this daunting industry. Along with detailing operations in Angola, Sierra Leone and Indonesia, Barlow also recounts of truly bizarre requests from rogue agents and corrupt foreign leaders, as well as the various assassination attempts on his life. Everything is not as it seems and when it comes to the state of affairs in Africa, you should be prepared to have your preconceptions challenged.His book is more than just a biography of a private military company. It is sobering perspective on the state of conflict in Africa and the masters it serves. As Africans solving Africa’s conflicts, the men of EO truly achieved great triumphs against all odds.In this special episode of the Eensgesind podcast, we discuss some parts of Eeben's book, the involvement of STTEP in assisting the Nigerian army to drive out Boko Haram of Nigeria and Eeben addresses the increasing fragile political trajectory that South Africa is facing. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
’n Dossier-episodeIn Oktober 1964 het ʼn grusame moord in Johannesburg plaasgevind. ʼn Paartjie was besig om by die Boksburg dam te stap, toe hulle skielik ʼn tas gewaar wat op die water dryf. Dit het vir hulle vreemd gelyk. Toe hulle die tas uit die water haal, vind hulle dit...Dis vreemd dat die Boksburgdam-saak nie so bekend is nie. As dit nie ʼn ware saak was nie, dan sou dit ʼn merkwaardige gruwelverhaal gewees het. Luister gerus na Eensgesind se episode oor hierdie saak en hoe dit die Suid-Afrikaanse Polisie vier jaar geneem het om die raaisel op te los. Hierdie saak het ook geskiedenis in die forensiese wetenskappe gemaak.Die slagoffer was Catherine Burch, maar waarom het dit so lank geneem om haar te identifiseer? Wat het met die moordenaar gebeur? Die antwoorde en meer kan in hierdie episode gevind word. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
ShoptalkJaarliks vermeerder die getal graduandi. Daar word van elkeen wat ʼn graad verwerf verwag om ʼn konstruktiewe bydrae tot die samelewing te maak deur oplossings te vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Dit is dus nodig vir ware “Renaissance-manne en -vroue” met hul nuwe en behoorlike nagevorste idees om weer die leisels van private instansies, besighede en selfs die regering oor te neem; ʼn wêreld waar deskundigheid en ervaring koning kraai!Een hedendaagse Renaissance-man is dr Burgert Senekal. Hy het ʼn reeks grade agter sy naam en het die boonste sport van die akademiese leer bereik. Tans is hy besig om EPOG verder uit te bou as ʼn navorsingsinstituut van formaat wat in die nabye toekoms 'n groot hulp vir Afrikaner-aangeleenthede kan wees. Eensgesind het met hom gaan gesels en uitgevind hoe ʼn akademikus soos hy tans ʼn rol buite en binne die universiteitswêreld speel. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Dossier-episodeSuid-Afrika is ʼn land wat swaar onder misdaad gebuk gaan. Dit is nie ʼn onlangse verskynsel nie. Suid-Afrika het ʼn misdaadgeskiedenis wat selfs eeue terug in die verlede strek. Met hierdie nuwe reeks, Dossier, wil Eensgesind die stories agter bekende, en dalk nie so bekend nie, sake vertel. Ons eerste episode handel oor die Jacoba “Bubbles” Schroeder-saak.In 1949 was Bubbles Schroeder ʼn jong meisie in Johannesburg wat haar jongmenslewe geniet het. Sy het niemand enige kwaad aangedoen nie. Sy was altyd lus vir ʼn partytjie en was baie gesteld op haar voorkoms. Sy was aantreklik en het die belangstelling van die kêrels (oud en jonk) geniet.Nadat haar verhouding met Phillip Stein, ʼn 54-jarige besigheidsman, op die rotse geloop het, het sy meer tyd met Morris Bilchik begin spandeer, wat haar ouderdomsgenoot was. Dit sou egter David Polliack en Hyman Liebman, Bilchik se maats, wees wat haar ondergang sou bewerkstellig. Hoe? Luister saam na hierdie eerste episode van Dossier. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Geskiedenis 101Na ons laaste episode in GES 101 is die aankoms van goewerneur Jan van Riebeeck kortliks bespreek. Maar wat het na die tyd gebeur? Wat moes hy doen om sy missie by die Kaap suksesvol te maak? Hoe was dit om in die Kaap te bly gedurende die eerste jare van VOC-bestuur? Dit is die kern van hierdie episode van Eensgesind se reeks, Geskiedenis (GES) 101.Natuurlik moes Van Riebeeck en sy bemanning sorg vir skuiling, voedsel en goeie verhoudinge met die plaaslike bevolkings. Dit was deel van die VOC se bepalings wat ontvang is toe die vyf skepe na Suid-Afrika vertrek het.Maar hoe het hulle ʼn skuiling gebou om hulself te beskerm teen die elemente en moontlike vyandige gemeenskappe? Wat was hulle planne om genoeg voedsel te bekom om hulle en enige besoekende skip se bemanning te voed? Miskien is die treffendste vraag: Was die verhoudinge tussen die VOC aan die Kaap en die plaaslike bevolkingsgroepe van 'n goeie aard, of is dit deur iets versuur? Luister gerus saam oor hoe die lewe aan die Kaap was toe die VOC hul nedersetting gestig het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Geskiedenis 101Die uitsaaiwese in Suid-Afrika het in die 20ste eeu beslag gekry. Veranderinge in die uitsaaiwese het maar stadig in Suid-Afrika plaasgevind. Waar die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in 1936 met net twee radiostasies begin het, was die SAUK nie eerste in die ry met die verkryging van ʼn televisiediens nie. Om die waarheid te sê, Suid-Afrika was een van die agterosse. In ons teenswoordige tyd is die publiek besig om hul eie inhoud te skep. Wat beteken dit vir die toekoms van die SAUK?In hierdie Eensgesind-klanklêerepisode word kortliks gekyk na die ontwikkeling van die uitsaaiwese in Suid-Afrika gedurende die 20ste eeu. Hierdie episode sal nuttig wees vir enige student wat kommunikasie of joernalistiek studeer. Die oogpunt is om die basiese narratief, aldus storie, van Suid-Afrika se radio- en televisie- geskiedenis te vertel; insluitend spesifieke teorieë te bespreek oor waarom televisie-uitsendings eers in 1975 in Suid-Afrika begin het.Noudat die publiek deur middel van nuwe tegnologiese uitvindsels hul eie klank- en visuele inhoud kan vervaardig en versprei, kan 'n mens maar net wonder of staatsinstellings soos die SAUK se dae getel is? Die feit dat inligting deur die druk van ʼn knoppie verkry kan word op databasisse of van VPN-dienste, laat 'n mens ook wonder of private televisiekanale se tyd ook verby is?Vanuit ʼn positiewe oogpunt kan 'n mens dalk argumenteer dat mense wat voorheen nie ʼn bestaan in die uitsaaiwese kon maak nie, nou die kans het om hulle eie kanaal of stasie oop te maak vir spesifieke groepe luisteraars en intekenaars.Luister saam na Eensgesind se selfvervaardigde klanklêerepisode oor die ontwikkeling van ons land se uitsaaiwese. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Padlangs - MpumalangaSoos wat 'n mens op die N4-hoofweg oos ry, is dit onmoontlik om die monument net buite Belfast te sien. Dit is die Berg-en-Dal-monument waar die laaste konvensionele slag van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) plaasgevind het. Eensgesind bespreek die storie agter hierdie monument in hierdie episode van Padlangs.Van 21 tot die 27 Augustus 1900 het die Boerekommando’s onder generaal Louis Botha hul verdedigingsposisies gekies om die magtige Britse Ryk vir die laaste keer in ʼn konvensionele geveg uit te daag. Digby die dorpie Belfast moes generaal Botha president Paul Kruger beskerm wat by Waterval-Onder geskuil het. Indien Botha en sy kommando’s deur die Britse magte oorweldig word, sou Kruger nie genoeg tyd hê om weg te kom nie. Indien generaal Botha die Britse magte by Berg-en-Dal kon stuit, sou dit dalk moontlik wees om die Britse magte te herinner dat hulle onwelkom is, dat hulle moet padgee en die Boererepubliek van Transvaal erken as ʼn onafhanklike staat. Alles was op die spel.Die uiteinde? Luister na Emile en Johan se gesprek oor hierdie slag wat nie juis so bekend is soos ander gevegte by Colenso, Magersfontein of Spioenkop nie. Berg-en-Dal was die Boererepubliek se Thermopylae en die Britse magte was die Persiese mag wat die kans gehad het om elke Boerekommando op die slagveld te vernietig. Die ZARPS, die voormalige ZAR se polisiemag, is hier uitgeroei en daarom is dit nie verbasend dat hulle in die monument, wat deur die Suid-Afrikaanse Oorlogsgraftekommissie in die 1970's opgerig is, herbegrawe is nie. Hierdie monument is nie net ʼn slagveldmonument nie maar ook een van Suid-Afrika se polisiemonumente. Dit is wel nie die enigste een op die slagveld nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
ʼn Shoptalk-episodeAs jy jou kinderjare gedurende die laat 1980s en vroeë 1990''s geniet het, dan sal jy verseker Lochner de Kock se stem op een van TV1 se kinderprogramme gehoor het. Hy was die stem van Sarel Seemonster, Karel Kraai, Bennie Boekwurm, een van die kouse, Petrus Padda en sy eendmaatjie. Eensgesind het met hom gaan gesels om te hoor wat hy deesdae doen.'n Mens kan Lochner se stem steeds oor die radio hoor. Hy is deel van die SAUK se span wat radiodramas uitsaai, maar vir die wat nie geweet het nie, hy is ook ʼn kok van formaat. Nie net dit nie, hy het ook sy eie reeks sout- en speseryprodukte met sy eie handelsmerk, Cordon Boer, wat hy saam met die Ramkampmanne by verskillende feeste verkoop.Dis nie al nie. As 'n mens in die Goudstad ʼn plekkie nodig het om oor te bly, dan is die Agterplaas B&B in Melville die beste plek. Dit is Lochner en sy vennoot, Jannie du Toit (die sanger van onder meer "Liedjie vir jou"), se gastehuis en al twee tree steeds as sangers op. Lochner sing saam met Richard van der Westhuizen in die duetgroep wat hulle al amper 30 jaar gelede gestig het (onthou jy nog hul treffer Tussen treine?)Soos 'n mens in die episode sal hoor, is dit 'n feit dat Lochner 'n loopbaan in die uitvoerende kunste gehad het wat net eenvoudig as opwinded beskryf kan word. Van 'n tronkwag in die bekende dramareeks Vyfster, tot Pottie in die reeks Getroud met Rugby. Hy is ook 'n skrywer van veral kookboeke. Die man sit nie stil nie en is die vergestalting van die Latynse spreekwoord Carpe Diem. Sy lewe bewys dat diversiteit in jou se loopbaan die wenresep vir ʼn opwindende en vervullende lewe is. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Rede uit die verledeSoms kry 'n mens merkwaardige historiese bronne. Eensgesind het onlangs in verbinding getree met meneer Jan de Beer wat tans in Kanada bly. Sy broer, Frikkie, het in die 1970's hul ouma Hester de Beer se ervaringe in die konsentrasiekampe opgeneem. Jan de Beer was gaaf genoeg om Eensgesind die reg te gee om sy ouma se herinneringe vir die eerste keer aan die publiek bekend te stel.Hester de Beer is in 1885 op Brandvlei, Transvaal, gebore en is op 15-jarige ouderdom deur die Britse magte in die konsentrasiekamp by Turffontein geplaas. Sy het al die swaarkry en ellende van die kamp beleef en dit het ʼn permanente indruk op haar gelaat. 70 jaar later kon sy haar wedervaringe nog duidelik onthou en haar haar kleinkind vertel.Dit is natuurlik moontlik om deur middel van 'n historiese teks ʼn goeie prentjie van gebeure te skilder. Maar wanneer 'n mens 'n ooggetuie hoor praat, word daardie historiese gebeurtenis nog duideliker.Indien enige van ons luisteraars meer belangstel oor die De Beer familie kan hulle hier klik vir meer inligting.Luister saam met Eensgesind na oorlede tannie Hester de Beer se ervaringe. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Rede uit die verledeBy die Bloemfonteinkampus van die Universiteit van die Vrystaat heers tans ʼn brandende kwessie oor die president M.T. Steyn-standbeeld. Die vraag is of die beeld moet bly waar dit tans staan, en of dat dit verwyder moet word. Maar wie was M.T. Steyn en het sy teenswoordige kritici ʼn goeie argument om te handhaaf? In hierdie episode van Rede uit die Verlede gesels Emile en Johan van Eensgesind oor die lewe van president Steyn.In die laaste 20 jaar het Suid-Afrikaanse monumente die teiken geword van brandende sosiale kwessies. Monumente kon of heeltemal beskadig word, soos die CR Swart-standbeeld wat by Kovsies gestaan het, of verwyder word, soos die Cecil Rhodes-monument by die Universiteit van Kaapstad of die Totius-beeld by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie keer het die Universiteit van die Vrystaat ʼn ware aktiewe en deursigtige benadering gevolg om die lot van die MT Steyn-monument te bepaal.Maar wie was MT Steyn?Noudat die publiek deel kan wees van die bespreking en debatte oor die standbeeld, is dit natuurlik van kardinale belang dat Jan Publiek presies weet wie MT Steyn was. 'n Mens behoort die biografie van oorlede prof. M.C.E. van Schoor noukeurig bestudeer, maar ter aanvang is hierdie episode die regte plek om te begin. Hoe anders sal 'n mens jou eie argument kan vul met die korrekte feite oor die oud-president se lewe? Dalk kan almal dan ʼn punt van Eensgesindheid bereik ten opsigte van die MT Steyn-beeld en selfs die honderde ander monumente in die land. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n GES 101-EpisodeOp 6 April 1652 het die kommandeur van ʼn vloot VOC- skepe en bemanning by Tafelbaai voet aan wal gesit. Hierdie gebeurtenis was hoog op die historiese kalender tot en met 1994. Dit het as Stigtersdag bekend gestaan. Wat is die geskiedenis agter hierdie merkwaardige gebeurtenis? Eensgesind vertel dit kortliks in hierdie episode van GES 101.Nog voordat die VOC vir Jan van Riebeeck na die Kaap de Goede Hoop gestuur het, was daar reeds Europese seevaarders wat by Tafelbaai en elders langs die weskus voet aan wal gesit het. Die enigste verskil was dat hulle nie so lank gebly het soos die Van Riebeeck-sending nie. Die VOC het eers in 1651, met die nodige inligting, planne beraam om ʼn verversingstasie (wat ook handel met plaaslike bevolkings ingesluit het) by Tafelbaai op te rig. Waar het die inligting vandaan gekom? Die VOC se instruksies aan Van Riebeeck is duidelik aan hom gekommunikeer, maar die implementering daarvan was nie so maklik nie.Die lewe vir die VOC- amptenare en bemanning by Tafelbaai was uitdagend om die minste te sê. Wat het Van Riebeeck en sy bemanning by die Kaap gedoen om te verseker dat hulle elke probleem wat hom voorgedoen het, die hoof kon bied? Hoe het Van Riebeeck probeer om orde te skep en te handhaaf? Wat van 'n basiese vraag soos: Wie was Jan Anthoniszoon van Riebeeck nou eintlik? Dit is maar net ʼn paar temas wat in hierdie episode behandel word.Let op dat die historiese en kulturele erfenis van die Van Riebeeck-tydperk steeds in Suid-Afrika sigbaar is. Nee, ek bedoel nie die Kasteel De Goede Hoop in Kaapstad nie. Dit is eers na Van Riebeeck se tydperk as goewerneur gebou. Die aankoms van Van Riebeeck word selfs ver bo in die noorde van Suid-Afrika die erkenning gegee wat dit verdien. Kyk mooi na Tukkies se universiteitswapen en jy sal sien dat dit o.m. drie goue ringe bevat. Simbolies verteenwoordig hulle die lewe en loopbaan van ʼn man wat die hooffokus van hierdie episode is. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Geskiedenis 101: Proloog'n Mens hoor mos gedurig vanuit staats- en burgerlike geledere dat die gewone Suid-Afrikaner bitter min, indien enigiets, van ons land se geskiedenis weet. Geskiedenis word binnekort weer 'n verpligte skoolvak. Eensgesind wil help.Eensgesind het dit goed gedink om ʼn nuwe reeks te skep waarin die land se geskiedenis tematies en kronologies vir die gewone man op straat vertel word. Selfs skoolkinders en studente sal hierby baat vind. In die gemak van elkeen se motor, kantoor of tydens vryetydbedrywe word die verlede gedeeltelik herontdek. Die vertroue is dat elke luisteraar so bemagtig sal word dat elkeen self die storie sal kan vertel, die feite kan nagaan, die relevante erfenisgebiede besoek en uiteindelik hul eie feitgebaseerde opinie kan vorm.In hierdie proloog van Geskiedenis 101 word die aankoms van Europese maritieme magte in Suid-Afrika bietjie onder die vergrootglas geplaas.Dit is natuurlik nie wys om te argumenteer dat “Geskiedenis” eers begin het toe die Portugese of die Nederlanders hier voet aan wal gesit het nie. Eensgesind erken natuurlik dat daar reeds politieke en militêre magte in Suid-Afrika teenwoordig was duisende jare voordat die Europeërs die suidelike punt van Afrika bereik het. Gesprekke oor hierdie magte sal in die nabye toekoms deel vir deel die inhoud vorm van ander Geskiedenis 101-episodes.Weens die feit dat die teenswoordige regime, en veral hul voormalige president, die stelling gemaak het dat alle probleme wat Suid-Afrika tans ervaar, met die aankoms van Europeërs begin het, is dit dalk nodig dat die geskiedenis van die Europese samelewing in Suid-Afrika, en natuurlik die historiese rol van hul afstammelinge, weer bestudeer moet word. Dit is natuurlik ʼn swak argument om te glo dat daar geen konflik voor 1488 of 1652 was nie, maar glo dit of nie, dit is presies wat die teenswoordige regime probeer propageer. Hierdie punt word selfs in die Addo-Olifant Nasionale Park se geskiedenisuitstalling in die hoofkamp se uitstalruimte genoem. As dit dan tyd is vir Eensgesindheid oor die verlede, dan moet elkeen mos toegang hê tot dieselfde feite.Maar wat sal die resultaat wees as die feitgebaseerde geskiedenis in gedeeltes aangebied word in ʼn reeks klanklêer- episodes wat die verloop van die geskiedenis eenvoudig vertel? Hoe ryker sal die vertelling wees wanneer dit met die relevante erfenishulpbronne verbind word, sodat 'n mens weet dat die geskiedenis nie ʼn abstrakte idee is nie?Geskiedenis 101 beoog om so 'n reeks te wees wat drasties ʼn groot leemte moet vul.Hiermee die proloog vir die Geskiedenis 101-reeks en hier kyk ons na die geskiedenis van die aankoms van die Portugese en Nederlandse seevaarders wat aan ons kuslyn voet aan wal gesit het. Wie was die eerste Europeërs wat hier aangekom het en wat was die rede vir hul maandelange reis oor die Atlantiese Oseaan om die suidpunt van Afrika te bereik? Was dit regtig vir die doel om te koloniseer? Was daar enige konflik tussen hulle en Suid-Afrikaanse gemeenskappe? Hierdie vrae word kortliks in hierdie proloog behandel. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
ʼn Padlangs Limpopo-episodeAndries-Ohrigstad was eers die dorp se volle naam. Dis vernoem na Andries Potgieter en natuurlik Georgius Ohrig, twee historiese figure (uit die Voortrekkerdae) wie se verhouding tot dusver maar min aandag gekry het.Sekerlik herken jy, veral van jou skoolgeskiedenishandboek (al was dit die vervelige UGO- kurrikulum) of na 'n besoek by die Voortrekkermonument, wie Andries Potgieter was. Voortrekkerleier wat hare op sy tande moes hê met sy trekgemeenskap, hulle deur rivier, drif en veldslag gelei het om later verewig te word met die POT van Potchefstroom. Wie was Ohrig dan?Suid-Afrika is strategies vir enige besigheid in die wêreld. Die VOC het dit verstaan, dalk selfs die Guptas, maar in die vroeë 1800’s het ʼn Nederlandse handelaar, Georgius Gerardus Ohrig, ook besef dat dit wys sou wees om met die Voortrekkers in die binneland van Suid-Afrika handel te dryf. Hulle praat sy taal, is gewillig om met hom te handel en kry dit reg om primêre hulpbronne te verskaf. Dis enige handelaar wat wil uitvoer, se droom.Die einste Ohrig en 'n kêrel met die van Smellekamp het eens probeer om die Republiek Natalia aan die Nederlandse koning te bied as 'n kolonie van Nederland natuurlik.Potgieter was ook nie blind vir die feit dat hy nie sommerso op sy eie met Ohrig kon handel nie. Die Voortrekkers onder sy leiding, wat teen daardie tyd Potchefstroom verlaat het om nader aan die Portugese by Delagoabaai (dis nou Maputo vandag) te trek, het hul eie “gemeenskaps”- besigheid geskep sodat elkeen kon deel in die te voorsiene welvaart. Met Ohrig se besigheid Klijn en Kie. het hulle geglo dat hulle sukses sou bereik.In hierdie episode van Padlangs Limpopo, vertel Eensgesind in ʼn neutedop die storie van die dorp Ohrigstad gedurende die tyd van Voortrekkerbesetting. Dan reis ons oor die streek van die Mpumalanga-provinsie om by Ohrigstad te kom, wat so te sê op die grens van die Mpumalanga- en Limpopo-provinsie lê, om te vertel wat 'n mens Padlangs kan vind op die pad tussen Ohrigstad en Burgersfort; want in Ohrigstad kan 'n mens die einste Voortrekkers besoek wat eens daar gelewe en gesterf het .'n Mens kan nog ʼn oorspronglike muur sien wat die Voortrekkers gebou het om hulle teen enige aanval te beskerm.Wat Eensgesind ook geprikkel het om die dorpie te besoek, was die Voortrekkerbegraafplaas, die laaste rusplek van die vorige “aandeelhouers” van die maatskappy wat eens daar welvaart moes skep. Nie net is hierdie begraafplaas van belang vir Suid-Afrikaanse sosiale-politieke geskiedenis nie, maar ook vir Suid-Afrikaanse ekonomiese (lees ook besigheids-) geskiedenis. Ja-nee, Eensgesind het gou agtergekom 'n mens kan nie te “orig” in Ohrigstad wees nie, want die geskiedenis verbaas jou om elke draai. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Selde GesprekOp 7 en 8 Junie 2018, het die Afrikanerbond 'n honderd jaar se bestaan gevier in die Paarl, Wes-Kaap. Die verrigtinge is bygewoon deur onder andere President Cyril Ramaphosa, Mnr Mmusi Maimane en vele ander bekende gesigte vanuit die politieke en sake sfeer. Met die Eeufeesviering agter die rug het Eensgesind met mnr Jan Bosman, die hoof-sekretaris van die Afrikanerbond, gesels oor die onstaan en ontwikkeling van die Broederbond, die fases van opheffing waarop die organisasie gekonsentreer het vir die Afrikaner, die doel en werking van die Afrikanerbond en wat die organisasie se toekomsplanne behels.Vir meer oor die Afrikanerbond se geskiedenis lees gerus Broederskap deur O.J.O Ferreira. Ons gaan ook vir een gelukkige luisteraar 'n getekende kopie van hierdie boek weggee. Jy moet die volgende doen om ag geneem te word vir die prys:Like Eensgesind op Facebook;Teken aan op die Eensgesind Castox, Apple Itunes of Stitcher kanaal en los jou kommentaar oor hierdie of enige ander van ons episodes. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Padlangs Gauteng-episodeDit is die middel 1930's. Soos die res van die wêreld, gaan Suid-Afrika gebuk onder ʼn genadelose depressie. Suid-Afrika het dit natuurlik moeiliker gehad as gevolg van generaal Hertzog se hardkoppigheid met die Goudstandaard. ʼn Nuwe generasie jong Afrikaners wie se ouers of grootouers deel van die Anglo-Boereoorlog was, het begin wonder waarom hulle steeds moes verskoning vra vir hul taal en kultuur en waarom hulle die uitgediende idee van die “Empire” moes navolg. Gefrustreerd, maar met toekomsideale, word die Ossewa-Brandwag (OB) in 1939 gestig. Dit was veronderstel om ʼn kultuurorganisasie vir die Afrikaner te wees, maar het met die politieke kwessies van die dag verstrengel geraak.Een van die hoof politieke kwessies in 1939 was die versterking van Herr Hitler se nasionaal-sosialistiese regime in Duitsland.Na ʼn besoek aan Duitsland en ʼn kort handdruk van Hitler het die leier van die Ossewa-Brandwag, dr. J.F. (Hans) Janse van Rensburg, besluit dat nasionaal-sosialisme ook die weg tot die heropkoms van 'n Suid-Afrikaanse Republiek moes wees. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 is die OB toe as ʼn gevaarlike organisasie bestempel, omdat dit ʼn simpatiseerder, indien nie ʼn ondersteuner nie, van die Nazi-regering was. Terwyl Suid-Afrikaners in Oos- en Noord-Afrika geveg het, was die OB besig, soms met ander nasionaal-sosialistiese bewegings, om die Smutsregering slapelose nagte te besorg. Manne soos advokaat B.J. Vorster en Lang Hendrik van den Bergh is geïnterneer as gevolg van hul lidmaatskap van die OB (en natuurlik wat die OB alles gedoen het sedert die begin van die oorlog).En in Centurion lê 'n paar van die oud-OB-stryders begrawe. Die voormalige leier van die OB lê begrawe in ʼn besonderse en unieke “ronde” graf in die OB-begraafplaas. Tussen al sy oudstryders, met H.S. van Blerk, die laaste een wat hier te ruste gelê is, kan 'n mens dr Van Rensburg aan die hoof sien staan in die “helde-akker” van ʼn organisasies wat sy einde gevind het in die 1950's.Sonder die bedagsame en bekwame hulp van die Erfenisstigting sou hierdie unieke historiese terrein al lankal tot niet gegaan het as dit vergelyk word met ander begraafplase onder die Tshwane-munisipaliteit se beheer.In hierdie episode van Padlangs gesels ons met Johan Wolfaardt oor die OB, waarna Eensgesind vertel hoe die OB-begraafplaas in Centurion daar uitsien. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Rede uit die verledeHy is in 1992 die “Held van Potchefstroom”genoem toe die KP daardie kiesafdeling in ʼn tussenverkiesing gewen het. Niemand het verwag dat die NP Potchefstroom sou verloor nie, maar Andries Beyers (voormalige KP-hoofsekretaris) het die NP tot ander insigte gebring.Grootgeword in ʼn “Nasionale Party-huis” en geskool in die teorieë van Staatsleer, het Andries Beyers die gemeenskap van Lichtenburg as hulle LPR, onder dr Ferdi Hartzenberg LV, gedien. Maar net soos met die ander “KP's” was die ontnugtering met Eerste Minister P.W. Botha sterk genoeg om hul bedankings teen 1982 in te dien.Beyers sou die Konserwatiewe Party (KP) vir ʼn volle dekade dien voordat hy met vyf ander KP-LV's ʼn skeur in die amptelike opposisie sou veroorsaak en die Afrikaner Volksunie (AVU) tot stand sou bring. Dit het ook in 1992 gebeur. Beyers sou wel nie 1992 afsluit as leier van die AVU nie en het ʼn ander heenkome gekry.Amper twintig jaar sedert sy politieke loopbaan tot ʼn einde gekom het, was mnr. Beyers gewillig om met Eensgesind te gesels. Sy loopbaan vertel die storie van ʼn pragmatiese politikus gedurende moeilike tye in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis. Luister en bepaal of u saamstem of nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
Naby die Hartbeespoortdam is die Owl Rescue Centre. Dit is hier waar twee doelgerigte bewaarders, Brendan en Danelle Murray, alles in hul vermoë doen om beseerde uile te help.Die Owl Rescue Centre is ʼn Nie-winsgewende Organisasie (NWO) wat met behulp van kundige en toegewyde veeartse na beseerde uile omsien terwyl hulle aansterk. Eiesoortig is hierdie sentrum, geleë op 'n kleinhoewe langs die Magaliesberge, waar beseerde uile hulle tweede kans kan kry.Om ʼn NWO in ons huidige ekonomiese situasie te bedryf, is nie maklik nie. Dit is een ding om jou eie besigheid te wil begin, maar dit is heeltemal iets anders as ʼn mens dieselfde metodes van so ʼn besigheid moet volg sonder die bedoeling om wins te genereer. Dit is die lot van 'n NWO.Dit is juis wat die Owl Rescue Centre doen om te verhoed dat Suid-Afrika se 12 uilspesies heeltemal tot niet gaan.Hoe maak 'n mens dan met so 'n NWO? Wat inspireer 'n mens en hoe kry die Owl Rescue Centre dit reg om wel te kan voortbestaan in hierdie tyd? Eensgesind het met Danelle Murray van die Owl Rescue Centre gesels om meer uit te vind oor die uitdagings van haar NWO. Die gesprek is in Engels opgeneem vir die gerief van die ondervraagde. Eensgesind is oortuig daarvan dat u na hierdie episode anders sal kyk na die stryd wat NWO's moet voer om kop bo water te kan hou en ook hoe kosbaar ons uilspesies vir 'n gesonde ekosisteem is.Beeldmateriaal uit Danelle Murray se persoonlike versameling. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
ʼn Rede uit die Verlede-episodeMet die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ook bekend as Transvaal) in 1852, het nuwe staatkundige instellings die lig gesien wat die eenheidstrewe van die Transvaalse burgery moes sentraliseer. Ten opsigte van die burgery se geestelike bearbeiding, moes daar ʼn “Staatkerk” wees wat na hulle geestelike ontwikkeling kon omsien; ʼn kerk wat nie deur die Murray-predikante uit Kaapland beïnvloed was nie. Die antwoord vir die Transvalers was die Nederduitsch Hervormde Kerk.In sommige kringe het dit bekend gestaan as die “Voortrekkerkerk”Die geskiedenis van hierdie kerk, oor die laaste 160 jaar, is besonder interessant, omdat baie invloede en moontlikhede die geskiedkundige roete van hierdie kerk se ontwikkeling bepaal het. Struwelinge tussen spesifieke predikante en gemeentes, die diens van die kerk gedurende Volksraadsvergaderings en die ligging van gemeentes is maar net ʼn paar kwessies wat kerkrade en predikante moes hanteer. Dalk die belangrikste gebeurtenis wat die geskiedenis van hierdie kerk bepaal het, was die begeerte om saam te werk met ander Calvinistiese kerke en dan weer later in individuele strome voort te beweeg.Met die einde van ʼn hartverskeurende oorlog in 1902 moes hierdie einste kerk begin help bou aan die lewens van hul gemeentelede. Hoe het hulle dit reggekry? Wat het hulle alles bemagtig na die Vrede van Vereeniging? 'n Mens kort ʼn kerkhistorikus om die antwoorde netjies en verstaanbaar uit te lê. Ds. Carel-Johann du Bruin is net die regte persoon vir hierdie taak. Hy het met Eensgesind gesels en ons is seker u sal saamstem dat hy sy veld goed ken. Noudat Hemelvaartdag in Mei gevier word, het ons dit goed gedink om hierdie opname nou vry te stel. Gelowig of nie, die geskiedenis van die Hervormde kerk is interessant en laat 'n mens baie dink oor die ou dae in Transvaal. Luister graag saam. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Selde Gesprek episodeOp 13 April 2018 het die VSA, die Verenigde Koninkryk en Frankryk 'n gewapende aanval op sekere chemiese wapenfasiliteite in Sirië geloods in reaksie op president Bashar al-Assad se gebruik van chemiese wapens in die distrik Douma in suidwes-Sirië. Hierdie aanval was, volgens bogenoemde state, genoodsaak ten einde verdere chemiese wapenaanvalle in Sirië te voorkom.Artikel 2(4) van die Verdrag van die Verenigde Nasies bepaal soos volg -"All members shall refrain in their international relations from the threat or use of force against the territorial integrity or political independence of any state, or in any other manner inconsistent with the Purposes of the United Nations".In hierdie episode van 'n Selde Gesprek gesels Eensgesind met professor Christo Botha oor die regmatigheid (al dan nie) van bogenoemde state se optrede in Sirië. Professor Botha is 'n hoogleraar aan die Universiteit van Pretoria. Hy is aangestel in die Departement van Publiekreg en spesialiseer onder meer in wetsuitleg en internasionale humanitêre reg.Die gesprek handel oor verskeie onderwerpe in internasionale reg, insluitend die bronne van internasionale reg, die afdwingbaarheid van internasionale reg, die verskil tussen jus ad bellum en jus in bellio, state se reg op selfverdediging soos vervat in artikel 51 van die Verdrag van die Verenigde Nasies, en state se sogenaamde "resposibility to protect/R2P". See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
'n Rede uit die Verlede-episodeCecil de Villiers is nie net ʼn gewone senior burger van die Republiek van Suid-Afrika nie. Hy het dwarsdeur sy lewe die land in verskillende kapasiteite gedien, selfs toe die druk van die hoogste vlakke van die land se bestuur sy werk bemoeilik het.De Villiers het sy lewe in Kaapland begin toe die Depressiejare van die vroeë 1930's reeds sy impak op die Suid-Afrikaanse burgery getoon het. Generaal Hertzog was steeds aan die stuur van sake saam met sy “kameraad”, generaal Jan Smuts in die Verenigde Party. Die wêreld was vinnig op pad na ʼn globale krisis onder Herr Hitler en die opgang van Afrikanernasionalisme was sterk op pad om die stemgeregtigde bevolking te oortuig dat dr Malan en sy Gesuiwerde Nasionale Party ʼn beter plan vir Suid-Afrika het as die “Sappe”. Dit is die omstandighede waarin De Villiers sy lewe begin het. Moeilike tye ja, maar die moeilikheid van die makro-omgewing sou nie verdwyn toe hy volwassenheid bereik het nie.Geleenthede was daar wel vir hom en sy mede-“Baby Boomer”-generasie, maar De Villiers het elke geleentheid wat hom voorgedoen het, met volle oortuiging en wilskrag aangegryp. Sodoende het hy met die politieke “reuse” van sy tyd saamgeloop en binnekringkennis opgedoen wat nou vir die eerste keer gedeel word.Dit is hopelik nie die laaste keer dat De Villiers se verhale opgeneem en versprei word nie, maar Eensgesind hoop dat hierdie uurlange potgooi-episode u as luisteraar net so sal verbaas soos dit die onderhoudvoerder sprakeloos gelaat het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.